Cooper NO en Andere v Meester van die Hooggeregshof OVS en 'n Ander (254/90) [1992] ZASCA 10; [1992] 2 All SA 20 (A) (5 March 1992)

80 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Insolvency — Preference of creditors — Special notarial bond — Appellants, as trustees in an insolvent estate, treated a claim by the second respondent (Sentraalwes) as a concurrent claim without preference — Sentraalwes contended it held a preferential claim based on a special notarial bond over certain movable assets — Legal issue whether Sentraalwes, as the bondholder of a registered notarial bond over assets still in the possession of the debtor, had any preference over other concurrent creditors regarding the proceeds from the sale of those assets — Court held that Sentraalwes did not have a preferential claim as the bond was not enforceable against the proceeds due to the debtor retaining possession of the assets until insolvency.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1992
>>
[1992] ZASCA 10
|

|

Cooper NO en Andere v Meester van die Hooggeregshof OVS en 'n Ander (254/90) [1992] ZASCA 10; [1992] 2 All SA 20 (A) (5 March 1992)

IN :DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPÉLAFDELING
In die saak tussen:
BRIAN ST CLAIR COOPER NO
Eerste Appellant
HENDRIK JACOBUS
FREDERIK STEYN N O
Tweede Appellant
DIE TRUST BANK VAN AFRIKA
BPK
Derde Appellant
en
DIE MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF O V
S
. . Eerste Respondent
SENTRAALWES (KOöPERATIEF) BPK
Tweede Respondent
Coram
: JOUBERT, E M GROSSKOPF, VIVIER, F H GROSSKOPF ARR
et
VAN COLLER Wnd AR.
Verhoor
: 7 November 1991
Gelewer
: 5 Maart
1992
/2....
2
UITSPRAAK JOUBERT
AR :
Hierdie is 'n appèl
teen die afwysing deur OLIVIER R (met wie SMUTS R P saamgestem het) van
die
appellante se aansoek teen die respondente in die Oranje-Vrystaatse
Provinsiale Afdeling. Die uitspraak van die Hof
a quo
is gerapporteer as
Cooper N O en Andere v Die Meester en 'n Ander
, 1991(3) S A 158 (0). Met
verlof van die Hof
a quo
kom die.appellante tans in hoër beroep na
hierdie Hof.
Die relevante feite is eenvoudig en gemene saak. Op 1 Aprii 1985
is 'n notariële verband in die Akteskantoor te Bloemfontein
geregistreer.
Daarin het ene Aldrich as verbandgewer 'n verband oor sy roerende sake, soos
beskryf in Bylae "A" daartoe, as sekuriteit
vir 'n bedrag van R150 000-00 aan
die tweede respondent ("Sentraalwes")
/3....
3
as verbandnemer verleen. Hierdie verband is derhalwe 'n
spesiale notariële verband oor bepaalde roerende sake wat nie aan
Sentraalwes as verbandhouer gelewer is nie
. Die boedel van Aldrich is op 30
April 1987 gesekwestreer. Tot op daardie tydstip was Aldrich in besit van die
beswaarde roerende
sake. Sentraalwes was as verbandnemer op geen stadium in
besit van die beswaarde roerende sake nie.
Die opbrengs van die beswaarde
roerende sake soos deur die appellante per openbare veiling verkoop, was R138
895-50. Sentraalwes het
as verbandhouer uit hoofde van die spesiale
notariële verband 'n eis van R148 128-38 teen die insolvente boedel bewys.
Die eerste
twee appellante het as trustees in hul eerste en finale likwidasie -
en distribusierekening (die "boedelrekening") in die insolvente
boedel
Sentraalwes se eis van R148 128-38 as 'n gewone konkurrente eis met geen
preferensie daarop nie behandel. Hulle het
/4....
4
aan Sentraalwes 'n konkurrente dividend van R6 540-28 daarvoor
uit die vrye oorskotrekening van R138 895-50 toegeken.
Op 8 Augustus 1988 het
Sentraalwes beswaar teen die eerste twee appellante se boedelrekening
aangeteken. Sy beswaar was dat hy op
grond van sy spesiale notariële
verband 'n voorkeur op die R138 895-50 as opbrengs van die beswaarde roerende
sake het.
Die Meester wat homself gebonde geag het aan die uitspraak in die
saak
Vrede Koop Landboumaatskappy Bpk v Uys
, 1964(2) SA 283 (O), het die
beswaar van Sentraalwes gehandhaaf en die eerste twee appellante opdrag gegee om
hul boedelrekening
te wysig ten einde uitvoering aan die beswaar te gee.
Die eerste twee appellante het egter in terme van art 111 (2)(a) van die
Insolvensiewet 24 van 1936 (die "1936 Insolvensiewet") die
Meester se beslissing
op
/5.....
5
hersiening in die Hof
a quo
geneem en o.a. 'n
verklarende bevel gevra dat die spesiale notariële verband geen preferensie
op die opbrengs van die beswaarde
roerende sake aan Sentraalwes verleen
nie.
Die derde appellant ("Trustbank") het 'n eis van R2032 880-83 gebaseer
op 'n notariële verband (wat
per incuriam
in die boedelrekening as
'n notariële algemene dekkingsverband beskryf is) in die insolvente boedel
bewys. Dit is deur die eerste
twee appellante as 'n konkurrente eis behandel
waarvoor 'n konkurrente dividend van R89 757-28 toegeken is. Die standpunt van
Trustbank
is dat hy deur die Meester se beslissing benadeel word aangesien sy
konkurrente dividend daardeur verminder word indien Sentraalwes
geregtig sou
wees op h voorkeur bo ander konkurrente skuldeisers t.o.v. die vrye oorskot.
Die regsvraag in die onderhawige geval
/6....
6
is of Sentraalwes as verbandhouer van 'n geregistreerde
notariële verband oor bepaalde roerende sake wat in die besit van die
verbandgewer Aldrich gebly het totdat sy boedel gesekwestreer is, enige
preferensie of voorrang het bo ander konkurrente skuldeisers
t.o.v. die opbrengs
van die te gelde gemaakte beswaarde roerende sake wat die vrye oorskot uitmaak.
Die gemene reg
.
In die Romeinse reg is 'n verband (
hypotheca
)
deur 'n verbandooreenkoms tussen verbandgewer en verbandhouer gevestig om aan
laasgenoemde saaklike sekerheid te verleen oor die
beswaarde saak vir 'n
skuldvordering van die verbandhouer teenoor die verbandgewer. Uit hoofde van die
verband het die verbandhouer
'n saaklike reg (
ius in re aliena
) oor die
beswaarde saak. Anders as by pand (
pignus
) waar die verpande saak in die
besit van die pandhouer is, bly die beswaarde saak in die besit van die
verbandgewer. Die
/7.....
7
verbandhouer kon egter sy saaklike reg oor die beswaarde
saak
beskerm of handhaaf met sy saaklike
actio quasi serviana
/
actio hypothecaria
indien die beswaarde saak in die besit
van 'n
derde party beland. Inst. 4.6.7, Cod. 8. 13 (14),
15 et 18. Deurdat die
verbandgewer in besit van die
beswaarde saak was, kon hy agtereenvolgens
meerdere verbande
daaroor vestig. Daarom het die Romeinse reg
voorsiening
gemaak vir 'n rangorde van verbandhouers. Hierdie rangorde
is
gebaseer op die tydstip van 'n verband se vestiging :
qui
prior est
in tempore
,
potior est in iure
. Dit word
hoofsaaklik in D 20 tit 4
en Codex 8 tit 18 (19) behandel.
Die verbandhouer wat eerste in rangorde is
en sy skuldvordering
afdwing, kry voldoening daarvan indien die opbrengs van
die
beswaarde saak voldoende is. Enige balans van die
opbrengs word tussen
die ander verbandhouers volgens hul rangorde verdeel. As daar dan nog 'n balans
oor is, kom dit toe
/8....
8
aan die verbandgewer. In die latere Romeinse reg is sekere
gepriviligeerde verbande wat veral legale verbande (
hypothecae legales
)
was as uitsonderings op die prioriteit in tyd beginsel erken. Raadpleeg
Buckland,
A Text-Book of Roman Law
, 2e druk, p 475-481, Van Oven,
Leerboek van Romeinsch Privaatrecht
, 3e druk, p 176-182, Hijmans,
Romeinsch Zakenrecht
2e geheel herziene druk, 1926, p 306-311.
Na die
resepsie van die Romeinse reg in die Nederlande het die vernaamste indeling van
verbande of hipoteke in provinsie Holland en
Wes-Friesland uit twee groepe
bestaan, nl. bedonge of konvensionele verbande gebaseer op h uitdruklike
verbandooreenkoms tussen verbandgewer
en verbandhouer, en legale of stilswyende
verbande (
hypothecae legales
/
tacitae
) wat van regsweë
ontstaan.
Die Hollandse juriste het na 'n verband verwys as
verband
,
hypotheecg
,
onderzetting
,
hypotheca
.
/9.....
9
Soms het hulle dit selfs
pignus
genoem wat baie
verwarrend
is omdat die verbandhouer anders as die pandhouer nie in
besit
van die beswaarde saak is nie.
Die bedonge of konvensionele verbande
het uit die volgende soorte bestaan
al na gelang die aard
van die beswaarde saak of sake :
1. generale verband (
generalis hypotheca
) oor al die goedere en regte van
die verbandgewer, (De Groot 2.48.23; Van Leeuwen R H R 4.12.3, C F 1.4.7.7; Voet
20.1.6; Lybrechts,
Redenerend Vertoog over 't Notaris ampt
, 2e deel 36
hoofstuk para 7). Wat beswaarde roerende sake betref, het dit dieselfde werking
gehad as 'n spesiale verband oor bepaalde
roerende sake wat nie in die
verbandhouer se besit is nie. (De Groot 2.48.23, Van der Keessel ad Gr 2.48.23).
Wat beswaarde onroerende
sake betref,
/10....
10
het dit alleen regskrag gehad indien dit voor enige gereg in provinsie
Holland en Wes-Friesland verly en geregistreer is. Hierdie
vereiste is gestel
deur die Hollandse juriste na aanleiding van art 35 van die Politieke
Ordonnansie van 1 April 1580, 1 Groot Placaat
Boek ("G.P.B.") 330. Raadpleeg De
Groot 2.48.23, Voet 20.1.10, Van Leeuwen C F 1.4.7.9. 'n Verdere vereiste is
gestel deur plakkaat
Waerschouwinge van die Staten van Holland en Wes-Friesland
van 5 Februarie 1665 (3 G.P.B. 1005-1006) wat betaling van die 40 ste
penning
vereis het alvorens 'n generale of spesiale verband preferensie of voorrang oor
beswaarde roerende of onroerende sake kon
verleen (behoudens sekere
uitsonderings). Raadpleeg Van Leeuwen R H R 4.12.4, Voet 20.1.10 et 12, Van der
Keessel ad Gr 2.48.23,
Van der Linden 1.12.3.
/11....
11
Die saaklike sekerheid wat 'n generale verband aan 'n
verbandhouer verleen, verdwyn indien die verbandgewer die beswaarde roerende
of
onroerende sake aan h verkryger
titulo oneroso
sou vervreem. (De Groot
2.48.24, Van Leeuwen C F 1.4.7.9, Van der Keessel ad Gr 2.48.24). 2. spesiale
verband (
specialis hypotheca
) oor bepaalde
onroerende sake moes volgens keiser Karel V se plakkaat van 10 Mei 1529 (1
G.P.B. 374) "voor den Rechter ende ter Plecken daer die
goeden gelegen zyn"
verly en geregistreer word anders sal dit "nul, egeen ende van onwaerden" wees
met die uitsondering van leengoedere.
'n Verdere vereiste is die betaling van
die 40 ste penning volgens die plakkaat Waerschouwinge van 5 Februarie 1665. (De
Groot 2.48.30,
Van Leeuwen C F 1.4.7.6, R H R
4.12.4,
/12.....
12
Voet 20.1.9, Van der Linden 1.12.3
in fine
, Van der
Keessel ad Gr 2.48.30). Die geregistreerde spesiale verband het die beswaarde
bepaalde of spesifieke onroerende saak "geaffekteer"
sodat dit daarmee beswaar
bly al sou die verbandgewer dit vervreem. Sodoende verleen dit van al die
bedonge geregistreerde of konvensionele
verbande die grootste saaklike sekerheid
aan die verbandhouer. Hoe dit deur preferensie of voorrang geraak word, sal ek
straks aandui.
3. spesiale verband (
specialis hypotheca
) oor bepaalde
roerende sake wat nie in besit van die verbandhouer is nie. Solank die beswaarde
roerende saak in besit van die verbandgewer
is, kan die verbandhouer dit teenoor
hom en sy erfgename afdwing selfs waar dit deur middel van 'n privaat dokument
geskep is
/13......
13
solank die 40 ste penning volgens die plakkaat Waerschouwinge van 5 Februarie
1665 by die aangaan van die verband aan die
fiscus
betaal is. Waar die
verbandgewer in besit van die beswaarde roerende sake is, kan die verbandhouer
die saaklike sekuriteit teenoor
ander skuldeisers handhaaf indien die spesiale
verband voor getuies of 'n notaris en twee getuies aangegaan is. (De Groot
2.48.28,
Van der Keessel
ad
Gr 2.48.28, Van Leeuwen C F 1.4.7.8, Voet
20.1.12). Dog indien die verbandgewer die beswaarde roerende saak vervreem dan
geld die
Germaanse stelreël
mobilia non habent sequelam ex causa
hypothecae
sodat die verband sy saaklike sekuriteit teenoor 'n
bona
fide
koper verloor. (De Groot 2.48.29, Voet 20.1.13, Lybrechts,
op.cit
., 2.36.8, Van der Keessel ad Gr 2.48.29).
/14......
14
In die praktyk is dikwels 'n
clausule vande generale
hypotheecque
(
clausula hypothecae generalis
) in spesiale verbande
gevoeg soos o.a. blyk uit art 35 van die Politieke Ordonnansie van 1 April 1580
en Van der Keessel
ad
Gr 2.48.30 ejb 40. Dit het die vorm geneem
waarvolgens die verbandgewer "generaal zijn persoon en alle zijne goederen"
teenoor die
verbandhouer verbind, soos bv. blyk uit 4
Observationes
Tumultuariae
3307. Ek sal daarna verwys as die "algemene klousule"
(
general clause
) soos dit in Suid-Afrika bekend was totdat dit met ingang
van 1 Januarie 1917 deur art 87(1) van die Insolvensiewet 32 van 1916 sy
preferensie ontneem is. Die effek van die algemene klousule was dat dit 'n
generale verband oor al die goedere en regte, bestaande
sowel as toekomstige,
van die verbandgewer in die lewe geroep het. Ek het reeds
supra
met die
regsgevolge van 'n generale verband volgens die Romeins-Hollandse reg
gehandel.
/15.....
15
Waar 'n algemene klousule in 'n spesiale verband gevoeg is,
behoort die verbandhouer eers die spesiale verband af te dwing alvorens
hy
kragtens die algemene verband optree. Van der Keessel ad Gr 2.48.32.
Amsterdam
.
Die Staten van Holland en Wes-Friesland het deur verskeie
handveste privilegies aan Amsterdam ter wille van die handel verleen waarvolgens
daar op verskeie aspekte van die gemene reg betreffende verbande ten gunste van
die Romeinse reg afgewyk is. Raadpleeg Groenewegen
ad
Cod 8.18(17).6, Van
der Keessel ad Gr 2.48.28, 38, 39. Vir doeleindes van hierdie uitspraak is dit
nie nodig om daarop in te gaan
nie.
Preferensie en Voorrang
.
Ek het reeds
supra
daarop gewys dat daar
/16....
16
in die Romeinse reg voorsiening gemaak is vir 'n rangorde van
verbandhouers waar daar 'n botsing van belange tussen meerdere verbandhouers
an
selfs ander skuldeisers ontstaan. Wat die preferensie (j
us praelationis
)
van verbandhouers betref, is daar onderskei tussen
hypothecae
privilegiatae
/
hypothecae cum privilegio
en
hypothecae non
privilegiatae
/
hypothecae sine privilegio
. Die
privilegium
was nie gebaseer op tydsberekening nie maar weens die rede (
causa
) vir
die verlening van die verband soos uitgedruk deur die juris Paulus in D 42.5.32
: Privilegia non ex tempore aestimantur, sed
ex causa - - - - . Die rangorde van
die verbandhouers is wel gebaseer op die tydstip van die verbande se vestiging
of verlening volgens
die beginsel :
qui prior est tempore
,
potior est
jure
. Die hele aangeleentheid word besonder volledig behandel deur die
bekende Duitse juris Von Gluck (1755-1831) in sy
Ausführliche
Erläuterunq der Pandecten
,
/17.....
17
band 19, 1818, ad D 20 tit 4 para 1093-1097. Aangesien die
Romeins-Hollandse reg met sekere aanpassings betreffende preferensie en
voorrang
van verbandhouers op die Romeinse reg gebaseer is, is ek nie van voorneme om die
Romeinse reg op hierdie gebied te ontgin
nie.
Dit moet in gedagte gehou word
dat in die Romeins-Hollandse reg kon daar 'n kompetisie tussen meerdere
verband-houers ontstaan waar
'n verbandhouer beslag lê op die beswaarde
saak en dit te gelde laat maak of waar die verbandgewer insolvent is. Die
onderwerp
word behandel deur Van Leeuwen R H R 4 deel
13, C F 1.4
cap 11; Voet
20 tit 4; Kersteman,
Hollandsch Rechtsgeleert Woordenboek
, 1768, s.v.
Praeferentie; Wassenaer,
Practyck Judicieel
, 1729, cap 22, nr 44 seqq.
Matthaeus 11
De Auctionibus libri duo
, 1653, lib 1 cap 19. Waar 'n
botsing van belange tussen meerdere verbandhouers is, vind daar 'n
proces van
praeferentie en concurrentie
(
iudicium
/18....
18
concursus aut praelationis
) plaas waar die
verbandhouers hul verbande moet bewys en hul reg van preferensie vasgestel moet
word. Voet 20.4.10. By sy bespreking
van die preferensies van verbande het Voet
20.4.17
in fine
homself soos volg bekla:
Qua de causa etiam ex hoc creditorum labyrintho & tortuosis ac salebrosis
Juris-consultorum in hac materia aufractibus non aliter
felicius me evasurum
credidi, quam si primo loco illos recensuerim, quibus in re singulari hypotheca
cum privilegio nata est, simulque,
quoad ejus fieri potest, definiverim, quid
juris sit, si forte plures concurrant, qui in eadem re ex causis diversis
hypothecam specialem
habent praelationem.
(Gane se vertaling: "For that reason I am also persuaded that I shall only
escape with happiness from this maze of creditors and
from the sinuous and
uneven turnings of the jurists on this subject after I have in the first place
run over those for whom a hypothec
with privilege has been
created
/19......
19
over an individual thing; and have at the same time settled, so far as that can
be done, what is the law if perchance a number of
persons compete who hold a
special hypothec and preference over the same thing on different
causes."
Weens praktiese en doelmatigheidsoorwegings
ag ek dit gerade om die rangorde van betalings uit die opbrengs van die
tegeldegemaakte
beswaarde saak in die volgende groepe in te deel, nl.
Groep
1
behels items soos koste van tegeldemaking asook
doodskulde waaronder medisyne, mediese uitgawes, begrafnisonkoste wat op die
verbandgewer betrekking het. Van Leeuwen R H R 4.13.9,
Van der Keessel
ad
Gr 2.48.14, Matthaeus 11 lib. 1 cap 19 nrs 1 - 9, Wassenaer, cap 22 nr 54, 1
Observationes Tumultuariae
77, 2
Observationes
Tumultuariae
/20......
20
1155, 1166. Hier geld die beginsel
qui prior est tempore
potior est iure
glad nie.
Groep 2
bestaan uit sekere
hypothecae
legales cum privilegio
wat minder in getal as in die Romeinse reg was. Die
vernaamste in hierdie groep was die
fiscus
se
hypotheca legalis
vir die verbandgewer se agterstallige belastings oor al die sake van die
verbandgewer. Die Hooge Raad het in 1
Observationes Tumultuariae
58 vir
die laaste 3 jaar se agterstallige belastings preferensie verleen maar in 2
Observationes Tumultuariae
1208 vir die laaste 5 jaar. Verder kan daardie
bevoorregte legale verbande oor bepaalde beswaarde sake vermeld word soos die
verhuurder
s'n oor
invecta et illata
, vir geld of materiaal wat verskaf
is vir die opbou van vervalle huise of die bou van 'n skip asook vir timmerliede
en
/21......
21
messelaars se reparasies van geboue. By hierdie groep bevoorregte legale
verbande het die beginsel
qui prior est tempore potior est iure
gegeld.
Raadpleeg Voet 20.4.19, 20.2.28 et 29, Van Leeuwen R H R 4.13.7,12, Wassenaer
cap 22 nr 55, 59, 60, Matthaeus 11 lib 1 cap
19 nrs 12-45, Neostadius, decis 35,
1
Observationes Tumultuariae
444,
2
Observationes Tumultuariae
1166,
1187,
3
Observationes Tumultuariae
Novae
1610.
Groep 3
bestaan uit nie-bevoorregte verbande
(
hypothecae
sine
/
absque privilegio
). Hulle word ook
hypothecae
simplices
genoem. Hulle het uit bedonge sowel as legale of stilswyende
verbande bestaan. Wassenaer cap 22 nr 61, Matthaeus 11 lib 1 cap 19
nr 46.
Laasgenoemde was daardie
hypothecae legales
wat nie bevoorregte verbande
(
hypothecae
/22......
22
privilegiatae
) was nie. Wat rangorde betref, is die Romeinse beginsel
gui prior est tempore potior est jure
gehandhaaf tussen meerdere bedonge
verbande
inter se
sowel as tussen meerdere niebevoorregte legale verbande
inter se
. De Groot 2.48.35, Voet 20.4.28, Van der Linden 1.12.4, Van der
Keessel ad Gr 2.48.35. Insgelyks het die beginsel
qui prior est tempore
potior est jure
ook gegeld om die rangorde tussen bedonge verbande en
nie-bevoorregte legale verbande te bepaal. De Groot 2.48.36, Voet 20.4.28. 1
Hollandsche Consultatien 247, De Blécourt-Fischer,
Kort Begrip van het
Oud-Vaderlands Burgerlijk Recht
, 6e druk p 253. Dog hierdie regsreël
was aan die volgende uitsondering onderhewig:
Volgens art 35 van die Politieke Ordonnansie
/23......
23
van 1 April 1580 het 'n geregistreerde spesiale bedonge verband oor
onroerende sake preferensie bo vroeëre generale (bedonge)
verbande verleen.
Van Leeuwen R H R 4.13.18, Groenewegen ad Cod 8.18(17).6. In 3
Observationes
Tumultuariae Novae
1254 het die Hooge Raad op 17 Maart 1774 beslis dat 'n
spesiale bedonge verband oor grond van 1767 preferensie geniet bo 'n ouer
legale
verband van 1765 oor al die goedere van die verbandgewer. Dog op
18 Maart 1785 het die Hooge Raad in 3
Observationes Tumultuariae Novae
1733 beslis dat art 35 van die Politieke Ordonnansie van 1 April 1580 verwys
na bedonge verbande en nie na legale verbande
/24.....
24
nie soos Voet 20.1.16 en 4 Hollandsche Consultatien 189 nr 6
aangetoon het. Gevolglik geniet 'n algemene
legale
verband van 1772
preferensie bo 'n jonger spesiale bedonge verband van 1773 oor twee huise.
Groep 4
word saamgestel deur
chirographarii creditores
wat nie verbandskuldeisers
(creditores hypothecarii
) is nie. Voet 20.4.36
et 37, Matthaeus 11 lib 1 cap 20. Hulle behoef geen spesiale aandag nie omdat
hulle in dieselfde posisie as
gewone skuldeisers met persoonlike vorderings teen
die skuldeiser is. Hier geld die beginsel
qui prior est tempore potior est
jure
nie. In konkurrensie met medeskuldeisers deel hulle
pro rata
parte
net soos gewone skuldeisers. Van der Linden 1.12.4
in
fine
.
Hierdie onderwerp van
preferensie en rangorde
/25......
25
kan afgerond word deur daarop te wys dat daar baie plaaslike
wetgewing (
keure
) in provinsie Holland en Wes-Friesland was wat daarmee
gehandel het. Van der Keessel ad Gr 2.48.44 (band 3 p 485
seqq
) ontleed
die nuwe keur van Haarlem wat oor hierdie aangeleentheid handel.
Uit die
voorgaande blyk dit dat 'n spesiale bedonge verband oor bepaalde roerende sake
in 'n
proces van praeferentie en concurrentie
'n nie-bevoorregte verband
was wat in Groep 3 (
supra
) tuishoort waarop die beginsel
qui prior est
tempore potior est iure
toepaslik is en wat 'n preferensie in rangorde bo
gewone skuldeisers verleen het waar die verbandgewer in besit van die roerende
beswaarde sake was by beslaglegging daarvan of toe die verbandgewer insolvent
geraak het.
Suid-Afrikaanse regspraak tot 1910
.
Plakkaat Waerschouwinge van 5 Februarie
/26....
26
1665 was 'n fiskale wet wat nooit aan die Kaap toegepas is
nie.
In Re Insolvent Estate of Loudon. Discount Bank v Dawes
,
(1829) 1
Menz 380
op p 388. Dit is ook nooit elders in Suid-Afrika toegepas nie.
By
die bespreking van die relevante regspraak moet in gedagte gehou word wat die
registrasie-formaliteite van bedonge verbande sowel
as die bepalings van die
toepaslike insolvensiereg is.
Wat die registrasie van generale bedonge
verbande asook van spesiale bedonge verbande oor bepaalde onroerende sake en
spesiale bedonge
verbande oor bepaalde roerende sake sedert 1685 in Suid-Afrika
betref, is dit gebaseer op die registrasiestelsel wat in provinsie
Holland en
Wes-Friesland in swang was. Vergelyk Wessels,
History of the Roman-Dutch
Law
, 1908, p 498-499,
Houtpoort Mining & Estate Syndicate Ltd v
Jacobs
,
1904 TS 105
op p 109,
Coronel's
/27......
27
Curator v Estate Coronel
,
1941 AD 323
op p 338. (a)
Kaap
.
Aanvanklik was bedonge verbande aan die Kaap voor Commissarissen
van die Raad van Politie aangegaan. Die Proklamasie van 19 Junie
1714 het egter
vereis dat verbande oor onroerende sake voor Commissarissen van die Raad van
Justisie aangegaan moes word en deur
die Sekretaris in die Register van Skulde
geregistreer word. Versuim om hieraan te voldoen, sou meebring dat
ongeregistreerde verbande
oor grond hul preferensie bo ander skuldeisers
verloor. Raadpleeg
Statutes of the Cape of Good Hope 1652 - 1905
, vol 1,
p 1-2. In 1793 het notarisse hul verskyning aan die Kaap gemaak en aan die einde
van daardie jaar is die eerste notariële
algemene verband geregistreer. Die
afskaffing van die Raad van Justisie (Court of Justice) het meegebring dat
Ordonnansie 39 van
1828 (K) op 19 Januarie 1829 die amp van Registrateur
/28......
28
van Aktes met sy Akteskantoor te Kaapstad in die lewe geroep
het. Geo. Denoon,
The Development of the Methods of Land Registration in
South Africa
, 1943 S A L J p 182-183, 457, 463,
Statutes of the Cape of
Good Hope 1652-1905
, vol 1 p 35. Ordonnansie 21 van 1846 (K) het aangedring
op die registrasie van bedonge verbande. Art 4 daarvan verwys na "general
or
special" bedonge verbande wat toekomstige verbandskulde betref.
Statutes of
the Cape of Good Hope 1652-1905
, vol 1 p 411-413.
The Tacit Hypothec
Amendment Act 5 of 1861 (C) het in arts 2 tot 5 sekere legale verbande van die
gemene reg aangepas by omstandighede
aan die Kaap. Sekere gemeenregtelike legale
verbande is deur art 8 afgeskaf.
Volgens art 4 van Wet 19 van 1891 (K) moes
die regters regulasies opstel om die registrasie van verbande deur die
registrateur van
aktes voor te skryf. Die
/29......
29
regulasies was nie vir my beskikbaar nie.
Wat insolvensie
betref, is die gemene reg toegepas. Arts 33 en 38 van Ordonnansie 6 van 1843 (C)
het by die distribusie van 'n insolvente
boedel onderskei tussen preferente
skuldeisers en gewone konkurrente skuldeisers. Die preferensie moes aan die hand
van die gemene
reg bepaal word.
'n Ongeregistreerde notariële verband
wat bepaalde roerende sake beswaar wat nie aan die verbandhouer in besit verleen
is nie
en wat 'n algemene klousule bevat het om al die roerende en onroerende
sake van die verbandgewer te beswaar, was ter sprake in
In re Insolvent
Estate of Loudon
(
supra
). Die Kaapse Hof het daarop gewys dat anders
as in die provinsie Holland en Wes-Friesland het die gewoonte-reg aan die Kaap
registrasie
van 'n notariële verband vereis ten einde preferensie oor
bepaalde roerende sake te verleen
/30......
30
wat nie aan die verbandhouer in besit gelewer was nie (p 390).
Tereg is daar beslis dat die betrokke notariële verband geen preferensie
aan die verbandhouer verleen het nie. Insgelyks kon die algemene klousule in die
betrokke notariële verband geen preferensie
oor al die roerende sake van
die verbandgewer verleen nie. Die verbandhouer was derhalwe slegs 'n konkurrente
skuldeiser.
In
Mangold Brothers v Eskell
,
(1884) 3 S C 48
, het die
Kaapse Hof van appèl tereg beslis dat 'n geregistreerde notariële
verband oor bepaalde gereedskap wat nie aan
die verbandhouer Eskell in besit
gelewer is nie en waarop Mangold Brothers as vonnis-skuldeiser van die
verbandgewer Johnstone Bros
beslag gelê het, geen regskrag teenoor Mangold
Brothers het nie.
In
Hare v Trustee of Heath
,
(1884) 3 S C 32
, was die posisie dat die
verbandgewer Heath gedurende
/31......
31
Mei 1882 'n spesiale bedonge verband oor 'n sekere stuk
grond
ten gunste van Hare passeer het met 'n algemene klousule
waarvolgens
hy al sy roerende en onroerende sake beswaar het.
Dieselfde dag het Heath 'n
tweede spesiale bedonge verband
oor dieselfde stuk grond ten gunste van Louw
passeer met 'n
spesiale klousule waarvolgens hy bepaalde roerende sake beswaar
het sonder
om hulle aan Louw in besit te lewer. Toe Heath
se boedel sekwestreer is, was die bepaalde roerende sake
nog in sy besit.
Die opbrengs daarvan is in die distribusie-
rekening deur die trustee aan
Louw toegeken. Die Kaapse
Hof het Hare se aansoek om die distribusierekening
te wysig
tereg toegestaan. Hare was immers die verbandhouer van
'n geregistreerde spesiale bedonge verband oor 'n sekere stuk
grond wat ook 'n algemene klousule bevat het waarvolgens hy
h algemene verband oor al die roerende sake van die verbandgewer
Heath het. Deurdat hierdie algemene verband ouer in tydsorde
/32......
32
as Louw se spesiale verband oor bepaalde roerende sake was,
volg dit dat Hare op preferensie bo Louw geregtig was volgens die gemene
reg se
beginsel
qui prior est tempore potior est iure
. Raadpleeg Groep 3
(
supra
). Dit is ook volkome in ooreenstemming met die beslissing in
In
re Russouw
,
(1830) 1 Menz. 479
, dat 'n vroeëre algemene verband
preferensie geniet bo 'n latere spesiale verband van bepaalde roerende sake wat
in die besit
is van die verbandgewer wanneer sy boedel sekwestreer word.
Insgelyks volg dit dat Hare gemeenregtelik preferensie geniet het bo
konkurrente
skuldeisers wat in Groep 4 (
supra
) val. (b)
Transvaal
.
Die
transport van grond en verbande oor grond "en andere dokumenten van gelijken
aard" is volgens die aanhef van Ordonnansie 3 van
1866 (T) onderteken en
registreer deur landdroste van die distrikte waar hulle gepasseer
/33.....
33
is. Ordonnansie 3 van 1866 (T) het voorsiening gemaak vir die
aanstelling van 'n Registrateur van Aktes met 'n akteskantoor. Die funksie
van
landdroste is nie uitgeskakel by die aangaan en registrasie van transportaktes
en verbande oor grond nie maar hulle het alleen
regskrag verkry deurdat die
Registrateur van Aktes hul deur sy handtekening bekragtig (art 7).
Wet 8 van
1880 (T) het vereis dat transportaktes en verbandaktes oor grond deur 'n
transportbesorger (conveyancer) opgestel moes word
alvorens die Registrateur van
Aktes hul deur sy handtekening registreer (arts 1-4, 8). Verder is hy gemagtig
om dokumente te registreer
wat "gewoonlijk voor Notarissen gepasseerd worden"
(art 1). Die funksie van die transportbesorger is egter deur art 17 van Wet 5
van 1882 (T) uitgeskakel.
Volgens art 2 van Wet 5 van 1882 (T) het
/34......
34
die Registrateur van Aktes alle transportaktes en verbandaktes
oor grond geregistreer. Alle transportaktes, verbandaktes oor grond
en alle
notariële verbandaktes moet deur hom geregistreer word alvorens hulle
regskrag het (art 5). Die tussenkoms van 'n aktevervaardiger
of notaris om
transportaktes of verbandaktes op te stel, was egter nie nodig nie. Art 1 van
Wet 3 van 1874 het elke burger gemagtig
om sy transportakte of verbandakte "uit
te maken".
Art 1 van Wet 8 van 1895 het 'n sertifikaat van 'n verbandgewer
verlang dat hy die betekenis van h algemene klousule wat in die betrokke
spesiale verband opgeneem is, verstaan.
Vir Transvaal as 'n Britse Kolonie het art 5(1)(d) van Wet 25 van 1909 (T)
die bevoegdhede van die registrateur van aktes in breë
trekke vermeld.
Volgens Insolvensiewet 13 van 1895 (T)
/35......
35
moes alle sekwestrasiekoste eers uit die opbrengs van die
bates betaal word maar die koste van tegeldemaking van bates onderhewig
aan
spesiale verbande moes uit die opbrengs van sodanige bates betaal word (art 70
en 113). Eers het preferente skuldvorderings aan
die beurt gekom en daarna
konkurrente skuldvorderinge (art 70). Die distribusierekening moes eers die
preferente skuldeisers in die
rangorde van hul "wettige preferenten" vermeld
gevolg deur die konkurrente skuldeisers (art 114). Dit was 'n simplistiese
navolging
van die gemene reg. Vergelyk Groep 3 en Groep 4 (
supra
).
Hierdie benadering was in ooreenstemming met die regspraak soos blyk uit
Francis v Savage and Hill
, (1881) 1 S A R 33, wat beslis het dat 'n
geregistreerde notariële verband oor bepaalde roerende sake wat in die
besit van die
verbandgewer ten tyde van sy boedel se sekwestrasie is 'n
preferensie aan die verbandhouer bo die konkurrente skuldeisers verleen.
/36......
36
Sien ook
Meyer v Botha and Hergenröder
, (1881) 1 S
A R 47.
Vir die preferensie en rangorde van verbande in Transvaal raadpleeg
Maurits Josson,
Schets van het Recht van de Zuid-Afrikaansche Republiek
,
Gent, 1897, p 488-489.
Waar die verbandgewer van spesiale verbande oor
onroerende sake solvent is en die eerste verbandhouer die verband oproep,
beslaglegging
en eksekusie bekom terwyl daar 'n tweede verbandhouer of meerdere
verbandhouers is, geld die beginsel
qui prior est tempore potior est
jure
. Vergelyk
Nederlandsch Z.A. Hypotheek Bank v Marais
,
1907 T S
28.
(c)
Natal
.
Ordonnansie 2 van 1846 (N) het 'n registrasie van
akteskantoor in die lewe geroep en dieselfde metode van registrasie as in die
Kaap
ingevoer.
Art 122 van Insolvensiewet 47 van 1887
/37.......
37
(N) het 'n generale verband asook 'n algemene klousule se
preferensie oor enige bates in 'n insolvente boedel wat nie in die besit
van die
verbandhouer was ten tyde van die sekwestrasie nie, ontneem. Verder het 'n
spesiale verband aan die verbandhouer 'n preferensie
verleen oor die beswaarde
saak behalwe teenoor ouer spesiale verbande (art 119, 123). In die
distribusierekening moes eers preferente
skuldeisers se skuldvorderinge in
rangorde van preferensie volgens die gemene reg vermeld word en daarna die
konkurrente skuldeisers
se skuldvorderinge (art 128, 137). Benewens
statutêre preferente skulde was verskuldigde lone van werknemers gedurende
'n tydperk
van 6 maande voor die sekwestrasie tot h bedrag van E50 preferente
skulde (art 129).
Volgens die beslissing in
London & South African Bank v The Trustees
of the Estate of T P James
,
1869 N L R 129
, het h geregistreerde spesiale
notariële verband
/38....
38
oor 12 bote wat in die besit van die insolvent was toe sy
boedel gesekwestreer is, 'n preferensie aan die verbandhouer verleen bo
konkurrente skuldeisers.
In Natal, anders as in die Kaap, Transvaal en die
Oranje-Vrystaat, het 'n spesiale notariële verband oor bepaalde roerende
sake
aan die verbandhouer wat nie in besit daarvan was nie, preferensie verleen
oor die opbrengs van die beswaarde sake behalwe teenoor
ouer spesiale verbande,
ongeag of die verbandgewer insolvent of solvent was. Die verbandhouer was
gevolglik in 'n analoe "posisie
met 'n verbandhouer wat 'n spesiale verband oor
bepaalde onroerende sake gehad het. Raadpleeg
In re Umlaas Wool Washing and
Milling Co Ltd (in liquidation) (1)
,
1934 N P D 18
op p 21. (d)
Oranie-Vrystaat
.
Hoofstuk 104 van die
Wetboek van den Oranje
-
/39......
39
Vrijstaat 1891
het insolvensie gereël. Die basis
vir distribusie van die bates van 'n insolvente boedel was eerstens aan die
preferente skuldeisers
volgens hul rangorde van preferensie soos deur die gemene
reg gereël en daarna die konkurrente skuldeisers.
Ordonnansie 33 van
1902 (0) het voorsiening gemaak vir 'n registrasie van akteskantoor te
Bloemfontein (art 2). Regulasies skryf die
wyse voor waarvolgens verbande
geregistreer word. Hierdie regulasies was nie vir my beskikbaar nie.
Wetgewing na 1910
.
Uit die voorgaande blyk dit dat die beginsels van die Romeins-Hollandse reg
ten aansien van verbande
/40......
40
en insolvensie aanpassing aan inheemse Suid-Afrikaanse
omstandighede en behoeftes geverg het. Gebrek aan eenvormigheid het die aandag
van die Unie wetgewer geverg.
Insolvensiewet 32 van 1916
.
Dit het op 1
Januarie 1917 in werking getree. Vir doeleindes van hierdie uitspraak kan die
volgende relevante aspekte van Insolvensiewet
32 van 1916 aangestip word:
1. 'n Algemene klousule in 'n spesiale verband wat na 1 Januarie 1917
geregistreer word, verleen geen preferensie oor onroerende
sake nie (art 87
(1)).
2. 'n Algemene klousule in 'n spesiale verband wat na 1 Januarie 1917
geregistreer word, verleen geen preferensie ten aansien van
roerende sake wat
nie aan die verbandhouer gelewer is by die aangaan van die verband en in sy
besit tydens die bestaan van
/41
41
die verband gebly het nie (art 87 (1)).
3. 'n Generale of algemene verband wat na 1 Januarie 1917 geregistreer word,
verleen geen preferensie ten aansien van onroerende
sake nie (art 87 (1)).
4. Preferensie "in regard to any claim in an estate under sequestration shall
mean the right to have assets of the estate applied
in satisfaction of that
claim in preference to other claims " (art
2 s v "preference").
5. Vrye oorskot beteken "that portion of an estate
under seguestration which
is not subject to any
right of preference by reason of any special
mortgage,
pledge, or right of retention " (art 2 s v "free
residue").
Hierdie omskrywing was egter gebrekkig
omdat dit weens 'n oorsig nagelaat het
om naas spesiale
verband, pand (
pignus
) en retensiereg (
ius
retentionis
)
/42
42
ook na legale verband, wat in art 86 gemeld word, te verwys. Die wetgewer het
dit egter deur art 3 van Wet 29 van 1926 reggestel
deur "legal hypothec" in die
gewysigde omskrywing van "free residue" in art 2 op te neem.
6. Geen omskrywing van 'n spesiale verband word gegee nie sodat die vraag
ontstaan het of dit na 'n spesiale verband van onroerende
sake sowel as 'n
spesiale notariële verband van roerende sake verwys.
7. Geen omskrywing van sekuriteit word verstrek nie. Insgelyks word geen
omskrywing van 'n versekerde vordering (
secured claim
) gegee
nie.
Na die tegeldemaking van die insolvente boedel
se bates word daar by die distribusie van die opbrengs onderskei tussen die
opbrengs
van sekuriteite en die opbrengs van nie-sekuriteite wat die vrye
oorskot uitmaak.
/43
43
(a)
Opbrenqs van sekuriteite
. Sekuriteite is daardie bates waaroor die
volgende versekerde vorderinge bestaan, nl. :
(i) die verhuurder se legale of stilswyende verband oor die huurder se
invecta et illata
op die gehuurde perseel vir agterstallige huurgeld (art
86). (ii) spesiale verband. Raadpleeg art 88(1)
gelees met art 89(1). (iii) pand (
pignus
). Raadpleeg art 88(1) gelees
met art 89(1). (iv) retensiereg (
ius retentionis
). Raadpleeg
art 88(1) gelees met art 89(1). In die omskrywing van "security" in art 2, soos
gewysig deur art 3 van Wet 29 van 1926, het die wetgewer
vermelde versekerde
vorderinge opgeneem
/44
44
met die volgende kwalifikasie : "but shall not
include property over which the creditor has, or purports to have, a preferent
right
by reason of a mortgage or pledge of the general assets of the estate or
of the general assets of any business belonging to the estate".
'n Algemene
verband verleen nie 'n versekerde vordering nie. Dit verleen wel ten aansien van
die vrye oorskot 'n preferensie oor
roerende sake bo konkurrente skuldeisers
soos
infra
sal blyk.
Uit die opbrengs van sekuriteite word eerste
sterfbedkoste en begrafniskoste gedelg indien die vrye oorskot ontoereikend
daarvoor
is (art 82). Daarna word die koste vir die onderhoud, bewaring en
tegeldemaking van die beswaarde bates bestry (art 88(1)). Vervolgens
word die
opbrengs van elke beswaarde bate tot die betaling van die
/45
45
versekerde vordering daarop ooreenkomstig die rangorde
van preferensie aangewend (art 89(1)). Die rangorde
van preferensie word
behandel deur prof Wille in
sy
Mortgage and Pledge in South Africa
,
1920,
p 423-440 asook in sy
Mercantile Law of South Africa
,
1925, p 153-156.
Prof Wille het in eersgenoemde handboek pp 423, 447 en in
laasgenoemde handboek p 156 die standpunt gehuldig dat 'n spesiale
notariële
verband oor roerende sake wat in die besit van die verbandgewer
is ten tyde van die sekwestrasie van sy boedel nie onderhewig aan
'n versekerde
vordering is nie. Volgens hom het 'n dergelike spesiale verband egter 'n
preferensie verleen ten aansien van die vrye
oorskot bo konkurrente skuldeisers.
Dog die Natalse volle hof het
In re Insolvent Estate Carter
, 1923
/46
46
N P D 248, beslis dat die uitdrukking "special mortgage" in die
Insolvensiewet 32 van 1916 nie alleen op 'n spesiale verband van onroerende
sake
betrekking het nie maar ook op 'n geregistreerde spesiale notariële verband
van bepaalde roerende sake wat in die besit
van die verbandgewer gebly het
totdat sy boedel gesekwestreer is sodat sodanige roerende sake met 'n versekerde
vordering beswaar
is en die opbrengs daarvan nie deel van die vrye oorskot
uitmaak nie (p 253). Die Hof
a quo
het tot dieselfde gevolgtrekking
geraak (p 167 B). In hierdie Hof het die partye se advokate nie die korrektheid
van hierdie gevolgtrekking
betwis nie. Myns insiens is dit vir doeleindes van
hierdie uitspraak nie nodig om daaroor uitsluitsel te gee nie.
/47
47
(b)
Vrye oorskot
. Dit bestaan uit die opbrengs van nie-sekuriteite asook
die balans van sekuriteite se opbrengs nadat daar aan die versekerde vorderings
en arts 82 en 88(1) voldoen is. Die rangorde van preferensie wat distribusie van
die vrye oorskot betref, is die volgende:
(i) sterfbedkoste en begrafniskoste indien die vrye oorskot toereikend daarvoor
is (art 82). (ii) sekwestrasiekoste (art 83). (iii)
eksekusiekoste (art 84).
(iv) salarisse van werknemers (art 85). (v) generale of algemene verband
geregistreer
na 1 Januarie 1917 ten aansien van
roerende sake. Wille,
Mortgage and Pledge in South Africa
, p 447,
Mercantile Law
/48
48
of South Africa
, p 256, met verwysings
na art 87(1). Sien ook omskrywings
van "free residue" en "sekuriteit" in
art 2. (vi) konkurrente skuldeisers in
verhouding
tot hul bewese vorderinge (art
89(2)).
Die Hof
a quo
het afdoende gehandel met die wysigings wat deur
Wet 29 van 1926 aangebring is (p 168 G-169 E) asook met die strekking van die
Wet
op Notariële Verbande (Natal) 18 van 1932 (p 169 F-H).
Insolvensiewet 24 van 1936
.
Hierdie wet wat op 1 Julie 1936 in werking
getree het, is gewysig deur Wet 16 van 1943.
Die relevante woordomskrywings in art 2 is die volgende:
'sekuriteit', "met betrekking tot die vordering
/49
49
van 'n insolvente boedel, beteken goed van daardie boedel waarop die
skuldeiser 'n preferente reg het
kragtens 'n spesiale verband, stilswyende
hipoteek
van 'n verhuurder, pand of retensiereg."
'preferensie', "met betrekking tot 'n vordering
teen 'n insolvente boedel,
beteken die reg op betaling
van daardie vordering uit die
bate
van die
boedel
met voorkeur bo ander vorderings, en 'preferent'
het 'n daarmee ooreenstemmende betekenis."
(My onderstreping. Die woord
bate
behoort
bates
te wees. Vergelyk die aanwending van
assets
in
die Engelse teks van
die woord "preference" in art
2.)
'spesiale verband' "beteken 'n verband wat enige
onroerende goed verhipotikeer of 'n notariële verband
wat losgoed spesiaal daarin beskryf verhipotikeer
/50
50
ingevolge artikel
een
van die Wet op
Notariële Verbande
(Natal) 1932 (Wet No 18 van 1932), maar sluit nie
in enige ander verband wat losgoed verhipotikeer
nie" (soos ingevoeg deur art 2(c) van Wet 16 van
1943).
'vrye oorskot', "met betrekking tot 'n insolvente
boedel, beteken daardie deel van die insolvente
boedel wat nie aan 'n preferente reg onderhewig is
nie op grond van 'n spesiale verband, stilswyende
hipoteek, pand of retensiereg" (soos gewysig
deur art 2(a) van Wet 16 van 1943).
Aangesien die
wetgewer die legale of stilswyende verband (
hypotheca
legalis
/
tacita
) 'n stilswyende hipoteek noem, sal ek dit
gerieflikheidshalwe ook doen.
Daar behoort gelet te word op die volgende
relevante aspekte van die Insolvensiewet 24 van 1936:
/51
51
1. 'n Algemene klousule in 'n spesiale verband wat na 31 Desember 1916
geregistreer word, verleen geen preferensie ten aansien van
enige sake nie (art
86).
2. 'n Algemene verband wat na 31 Desember 1916 geregistreer word, verleen geen
preferensie ten aansien van onroerende sake nie (art
86).
3. Die omskrywing van "spesiale verband" in art 2, soos ingevoeg deur art 2(c)
van Wet 16 van 1943, sluit 'n spesiale notariêle
verband van roerende sake
(behalwe in Natal kragtens art 1 van die Wet
op Notariële Verbande (Natal) 18 van 1932) uit sodat dit nie h versekerde
vordering oor die beswaarde roerende sake verleen
nie.
4. Geen omskrywing van die uitdrukking "versekerde
vordering" (
secured
claim
) word verstrek nie ofskoon
/52
52
dit wel in die Insolvensiewet 24 van 1936 aangetref word, bv in art 89(3), 94(a)
en 95(1). Uit
die samehang waarin dit gebruik word, is dit egter duidelik dat dit op 'n
vordering wat op 'n sekuriteit betrekking het,
slaan.
Na die tegeldemaking van die insolvente
boedel se bates word daar by die distribusie onderskei tussen die opbrengs van
sekuriteite
en die opbrengs van nie-sekuriteite wat die vrye oorskot
uitmaak.
(a)
Opbrengs van sekuriteite
. Sekuriteite is daardie bates waaroor die
volgende versekerde vorderinge bestaan nl :
(i) Die
verhuurder se stilswyende hipoteek oor die huurder se
invecta et illata
op die gehuurde perseel vir agterstallige huurgeld (art 85(2)) en die verkoper
se
/53
53
stilswyende hipoteek oor goedere deur die insolvent onder 'n
afbetalings-verkooptransaksie kragtens die Wet op Kredietooreenkomste
75 van
1980 gekoop (art 84(1)).
(ii) Spesiale verband van bepaalde onroerende sake. Raadpleeg die
woordomskrywings van "sekuriteit" en "spesiale verband" gelees met
art
95(1).
(iii) Pand (
pignus
). Raadpleeg art 89(1) gelees met art 95(1).
(iv)
Retensiereg (
ius retentionis
). Raadpleeg art 89(1) gelees met art 95(1).
Uit die opbrengs van 'n sekuriteit word eers die koste van instandhouding en
tegeldemaking
daarvan, die trustee se vergoeding en onkoste ten opsigte daarvan
asook
/54
54
'n eweredige deel van die Meester se fooie ens. bestry (art
89(1)). Waar die vrye oorskot onvoldoende is, is versekerde skuldeisers
verplig
om bydraes tot die sekwestrasiekoste te maak (art 106). Die opbrengs van elke
beswaarde bate word tot die betaling van die
versekerde vordering daarop
ooreenkomstig die rangorde van preferensie aangewend (art 95(1)).
(b)
Vrye oorskot
. Dit bestaan uit die opbrengs van nie-sekuriteite asook
die balans van sekuriteite se opbrengs nadat daar aan die versekerde vorderings
en art 89(1) voldoen is. Die rangorde van statutêre preferensies rakende
die distribusie van die vrye oorskot is soos
volg:
(i) Begrafnis- en sterfbed-onkoste (art
96(1)). (ii) Sekwestrasiekoste (art 97(1)). (iii) Eksekusiekoste (art
98(1)).
/55
55
(iv) Sekere statutêre verpligtinge (art
99(1)). (v) Salarisse van werknemers (art 100(1)(a)). (vi) Belastings op
persone, inkomste
of
winste art 101). (vii) Algemene verband volgens art 102
wat soos volg lui:
"Daarna word die orige van die vrye oorskot aangewend tot betaling van
vorderings wat teen die betrokke boedel bewys is en wat deur
'n algemene verband
verseker was, en wel volgens hul rangorde, met rente daarop bereken volgens
voorskrif van sub-artikel (2) van
artikel
honderd-en-drie
." (viii)
Onversekerde of nie-preferente vorderinge van konkurrente skuldeisers (art 103).
Om terug te keer na die hierbo vermelde
/56
56
regsvraag, nl. of Sentraalwes as verbandhouer van die
geregistreerde spesiale notariele verband van die bepaalde roerende sake wat
in
die besit van die verbandgewer Aldrich gebly het totdat sy boedel gesekwestreer
is, 'n preferensie het bo konkurrente skuldeisers
ten aansien van die opbrengs
van die bepaalde roerende sake wat die vrye oorskot uitmaak. Dit was gemene saak
dat hierdie spesiale
notariële verband nie 'n versekerde vordering oor die
beswaarde roerende sake verleen het nie. Die beswaarde roerende sake was
derhalwe nie sekuriteite nie en hul opbrengs van R138 895-50 het die vrye
oorskot uitgemaak.
h Algemene verband word nie in die Insolvensiewet 24 van
1936 omskryf nie. OLIVIER R het beslis dat 'n algemene verband in art 102
"die
tegniese betekenis dra van 'nie 'n spesiale verband wat sekuriteit gee nie' en
daarom sou art 102 dan wel 'n spesiale notariële
verband van
/57
57
bepaalde roerende sake insluit omdat 'n dergelike verband nie
sekuriteit gee nie" (behalwe in Natal). (p 173 F-I).
Adv
Edeling
het
namens die appellante die korrektheid van hierdie vertolking deur OLIVIER R van
'n algemene verband in art 102 betwis. Hy het
myns insiens tereg betoog dat dit
die wetgewer se bedoeling was om in arts 96(1) tot 102 inklusief 'n geslote lys
van rangorde van
statutêre preferensies rakende die distribusie van die
vrye oorskot te skep. Art 96(1) verwys uitdruklik na "in die eerste
plek" terwyl
arts 97(1) tot 102 opvolgend aan mekaar gekoppel word met die woorde "daarna"
terwyl artikel 103 dit afrond met die
woorde "nadat voorsiening gemaak is vir
die uitgawe vermeld in artikels
ses-en-negentig
tot en met
honderd-en-twee
." Daar is geen ruimte om in hierdie geslote lys van
rangorde van statutêre preferensies een op te neem wat nie daarin
uitdruklik
vermeld is nie. Hy het voorts betoog
/58
58
dat die uitdrukking "algemene verband" onteenseglik nie h
"spesiale verband", soos 'n spesiale notariële verband, kan insluit
nie. Hy
het verder daarop gewys dat sodanige insluiting anomalieë sou meebring.
OLIVIER R het naamlik beslis dat die insluiting
van die spesiale notariële
verband as 'n vrye oorskot-preferensie meebring dat die boedelrekening op so 'n
wyse opgestel moet
word om aan te toon dat sodanige preferensie slegs "tot die
opbrengs van die versekerde goed wat dan nog in die vrye oorskot beskikbaar
is,"
geld (p 174 F-G). Van die vernaamse anomalieë wat deur sodanige opstel van
die boedelrekening veroorsaak word of kan word,
is die volgende: (1) Wat van die
koste van die instandhouding en
tegeldemaking van die betrokke beswaarde bates ? Moet dit van die opbrengs van
die betrokke beswaarde bates afgetrek word ? Anders
as wat die
geval
/59
59
is met art 89(1) ten aansien van die opbrengs van elke
sekuriteit, soos
supra
aangetoon, het die wetgewer nie voorsiening gemaak
vir 'n soortgelyke bepaling ten aansien van die opbrengs van bates onderhewig
aan 'n vrye-oorskot preferensie nie. (2) Die vrye oorskot is 'n enkele
omvattende fonds van die opbrengs van nie-sekuriteite wat
distribueer moet word
ooreenkomstig die voorgeskrewe rangorde van statutêre preferensies (arts
96 tot 103). Die wetgewer maak
geen voorsiening daarvoor om die opbrengs van
nie-sekuriteite in die vrye oorskot te oormerk nie. Ten einde die opbrengs van
die
spesiale notariele verband as 'n vrye oorskot-preferensie te oormerk en
afsonderlik te hou van die opbrengs van die ander nie-sekuriteite
se opbrengs in
die vrye oorskot om uitvoering aan OLIVIER R
/60
60
se uitspraak te gee, sal spesiale wetgewing verg. (3) Dit
gebeur dikwels in die praktyk dat die trustee
nie-sekuriteit bates
en
masse
te gelde maak in welke geval dit onmoontlik sal wees om die opbrengs
van roerende bates wat deur 'n spesiale notariële verband
beswaar is, vas
te stel. Hierdie anomalieë is
indicia
wat daarop dui dat dit nie die
bedoeling van die wetgewer was om in art 'n spesiale notariële verband as
'n vrye oorskot preferensie
op te neem nie maar om dit eerder as 'n onversekerde
of nie-preferente vordering met konkurrente skuldeisers se vorderings in art
103
te beskou.
Adv
Brand
het namens Sentraalwes nie die
ratio decidendi
van
OLIVIER R se uitspraak ondersteun nie. Sy submissie was dat art 102 nóg
met algemene notariële verbande nóg
met spesiale notariële
verbande handel. Die begrip "algemene verband" word afgesien van art 102 ook in
arts 86
/61
61
en 88 aangetref. In art 102 beteken "algemene verband"
nie
'n algemene notariële verband nie. Volgens hom het die
algemene verband
oor onroerende goed bestaan totdat die
registrasie daarvan deur art 53(1) van
die Registrasie van
Aktes Wet 47 van 1937 verbied is. (Ek mag tussen
hakies
daarop wys dat art 53(1) die registrasie van 'n
notariele
verband
oor onroerende goed verbied). Volgens art 86 verleen
'n
algemene verband wat na 31 Desember 1916 geregistreer is
geen preferensie
oor onroerende goed nie. Hy het voorts
gesteun op die uitsprake in
Adolph
Mosenthal and Co v The
Master and Feinberg's Trustees
,
1931 C P D
155
, en
B. Ebrahim Ismail & Co v Khan's Trustee
,
1930 N P D
136
,
as gesag vir die stelling dat 'n spesiale notariële verband
van
roerende goed wat nie aan die verbandhouer gelewer is
nie, glad nie 'n "special mortgage" in terme van art 87(1)
van die
Insolvensiewet 32 van 1916 is nie maar dit verleen
/62
62
wel 'n gemeenregtelike preferensie oor die beswaarde roerende
bates bo konkurrente skuldeisers. Hierdie gemeenregtelike preferensie
van 'n
spesiale notariële verband van roerende goed is nooit deur die
Insolvensiewet 24 van 1936 afgeskaf nie. Ten slotte het
hy aangevoer dat
Vrede Koop Landbou Maatskappy Bpk v Uys
, 1964(2) S A 283 (0), korrek
beslis is, nl dat 'n geregistreerde spesiale notariële verband van roerende
sake wat nie aan die
verbandhouer gelewer was nie maar in besit van die
verbandgewer gebly het 'n gemeenregtelike voorkeur bo konkurrente vorderings van
onversekerde skuldeisers verleen het.
Myns insiens is die volgende submissies
van adv
Brand
onaanvaarbaar: 1. Sy ontkenning dat "algemene verband" in
art 102
van die Insolvensiewet 24 van 1936 na 'n algemene
notariële verband verwys.
/63
63
Wat sy submissie oor die hoof sien, is dat met die inwerkingtreding van die
Insolvensiewet 24 van 1936 op 1 Julie 1936 De Wet op
Registratiekantoren van
Akten 13 van 1918 reeds sedert 1 Januarie 1919 gegeld het. Die bewoording van
Insolvensiewet 24 van 1936 moet
vertolk word (tensy latere wetgewing anders
bepaal) soos hulle verstaan is toe hierdie wet in werking getree het. Raadpleeg
Finbro Furnishers (Pty) Ltd v Registrar of Deeds, Bloemfontein, and
Others
, 1985(4) SA 773 (A) op p 804 D. In arts 3(e), 55 en 61 s v "mortgage
bond" van Wet 13 van 1918 word voorsiening gemaak vir die registrasie
van 'n
"mortgage bond" oor bepaalde onroerende sake wat deur 'n aktevervaardiger
opgestel is en deur 'n registrateur van aktes geattesteer
en geregistreer
is.
/64
64
Daarbenewens het gemelde wet in arts 3(i), 17, 18 en 61 s v "notarial bond"
die registrasie van "general and special bonds" wat deur
'n notaris opgestel is,
gereël. Die regshandboeke is verdeeld oor die vraag of 'n notariële
algemene verband roerende sowel
as onroerende sake in die algemeen kon beswaar.
Prof Wille in sy
Mortgage and Pledge in South Africa
, 1920 p 137 het dit
bevestigend beantwoord met 'n beroep op art 3(i) van Wet 13 van 1918 en
In re
Insolvent Estate of Loudon. Discount Bank v Dawes
,
(1829) 1 Menz 380
, maar
hierdie gesag ondersteun hom nie. Art 3(1) van Wet 13 van 1918 bepaal dat 'n
registrateur van aktes bevoeg is om "general or
special notarial bonds" te
registreer, terwyl 'n spesiale notariële verband oor bepaalde roerende sake
wat 'n algemene klousule
bevat het in
In re
/65
65
Insolvent Estate of Loudon. Discount Bank v Dawes
, (
supra)
ter
sprake was. Prof Lee in sy
Introduction to Roman-Dutch Law
, 5e druk, p
203 stel dit soos
volg: "A general conventional mortgage, whether of
immovables or of movables, is constituted by a general bond or by a general
clause
in a speciai bond. A general bond is executed before a notary and two
witnesses." Aan die anderkant is daar regshandboeke wat die
standpunt ingeneem
het dat 'n algemene notariële verband al die roerende sake van die
verbandgewer beswaar. Raadpleeg Nathan
& Holmes,
The Law of Deeds
Registration in South Africa
, 1919, p 29, Van Zyl,
The Theory of Judicial
Practice in South Africa
, vol 2, 1923, 3e druk, p 740, Nathan, Holmes &
Craighead,
Land and Mining Title and Conveyancing in South
/66
66
Africa
, 1934, p 176: "A general bond mortgages
the whole of the
movable
property of the debtor."
(My emfase). Die Registrasie van Aktes Wet
47 van 1937 het dieselfde
indeling van verbande
met dieselfde omskrywings behou soos blyk uit
die
woordomskrywings van "mortgage bond" en "notarial
bond" in art 102.
Nog Wet 13 van 1918 nóg Wet
47 van 1937 het die registrasie van die
gemeenregtelike
generale of algemene verband wat volgens art 35
van die
Politieke Ordonnansie van 1 April 1580 oor
al die sake van 'n verbandgewer
voor enige gereg
in provinsie Holland en Wes Friesland verly kon
word (soos
supra
aangetoon) moontlik gemaak.
In die gerapporteerde gewysdes kon ek geen voorbeeld
vind van 'n
geregistreerde algemene verband oor
onroerende sake nie. Ek is ook nie na 'n
dergelike
/67
67
voorbeeld verwys nie. Volgens art 86 van die
Insolvensiewet 24 van 1936
(sowel as art 87(1) van
die Insolvensiewet 32 van 1916 voorheen)
verleen
'n algemene verband wat na 31 Desember 1916 geregistreer
is geen preferensie oor onroerende sake nie.
'n Algemene klousule
(
supra
) wat in 'n spesiale verband
van onroerende sake gevoeg is en na
31 Desember
1916 geregistreer is om die effek van 'n algemene
verband oor al die sake
van die verbandgewer te
hê, verleen geen preferensie oor onroerende
sake
nie (art 87(1) van die Insolvensiewet 32 van 1916,
art 86 van die
Insolvensiewet 24 van 1936). Art
53 van Wet 47 van 1937 verbied die registrasie van
'n verband oor bepaalde
onroerende sake wat 'n algemene
klousule bevat ten einde al die sake (het sy onroerend
het sy roerend) van die verbandgewer te beswaar.
/68
68
Verder verbied dit ook die registrasie van h notariële verband oor
onroerende sake.
Alles in ag geneem het die wetgewer
na my oordeel met "algemene verband" in art 102 'n algemene notariële
verband wat al die
roerende sake van die verbandgewer beswaar, bedoel. 2. Sy
beroep op bepalings van die Insolvensiewet 32
van 1916 en
dicta
in die beslissings in die
Adolph Mosenthal and
Co
-saak (
supra
) en die
B. Ebrahim Ismail Co
-saak
(
supra
) as gesag vir die stelling dat 'n spesiale notariële verband
'n
gemeenregtelike
preferensie oor die beswaarde roerende sake verleen
het. Dit hou egter nie rekening met die bewoording en skema van die
Insolvensiewet
24 van 1936 nie. 'n Dergelike gemeenregtelike preferensie sou in
ieder geval onbestaanbaar met 'n geslote lys
van
/69
69
rangorde van statutêre preferensies in arts 96(1) tot 102 inklusief van
die Insolvensiewet 24 van 1936 wees.
Myns insiens is
die submissies van adv
Edeling
juridies suiwer en korrek. Na my oordeel
het hy gelyk dat arts 96(1) tot 102 inklusief van die Insolvensiewet 24 van 1936
'n geslote
lys van rangorde van statutêre preferensies bevat. Dit volg dat
die spesiale notariële verband van bepaalde roerende sake
in die
onderhawige geval nie 'n statutêre preferensie verleen nie en gevolglik
het dit geen preferensie bo ander konkurrente
skuldeisers t.o.v. die vrye
oorskot nie.
Dit volg dat die appèl slaag en dat die uitspraak in
Vrede Koöp Landbou Maatskappy v Uys
(
supra
) nie nagevolg
behoort te word nie.
Die resultaat is dan soos volg:
/70
70
1.
Die
appèl slaag met koste.
2. Die bevel van die Hof
a quo
word tersyde gestel en deur die volgende
bevel vervang:
(a) An order is granted setting aside
the decision of the First Respondent, as contained in two letters, dated 28
October 1988, and
in terms of which: (i) The Second Respondent's objection
to the liquidation and distribution account in the insolvent estate of
FRANCES POTTINGER ALDRICH (estate number B190/1987) was upheld;
(ii) The First
Respondent instructed the First and Second Applicants to amend the said
liquidation
/71
71
and distribution account, so
as to reflect a preference in terms of the common law, in respect of the
Second Respondent's claim, by virtue of a notarial bond over
specified movable
assets.
(b) Declaring that notarial bond number
B N 3004/1985, in terms of which the debtor F.P. ALDRICH notarially hypothecated
certain specified movable assets to the Second Respondent,
does not give rise to
any security or right of preference in respect of the proceeds of such of the
assets thereby bonded as were
not in the
possession
/72
72
of the Second Respondent at the date of
sequestration of F.P. ALDRICH, or in respect of any of the assets in the
insolvent estate
of F.P. ALDRICH.
(c)
Dismissing the Second
Respondent's objection to the liquidation and distribution account in the
insolvent estate F.P. ALDRICH.
(d)
Ordering
the Second Respondent to pay the costs of the
application.
C P JOUBERT AR.
E M GROSSKOPF AR
VIVIER AR Stem saam.
F H GROSSKOPF AR
VAN COLLER Wn AR