Wagner en Anders v TWK Agri (Edms) Bpk (C837/15) [2016] ZALCCT 30 (30 August 2016)

58 Reportability

Brief Summary

Labour Law — Dismissal for operational requirements — Applicants, three family members employed by TWK Agri, dismissed due to closure of unprofitable Mosselbaai branch — Applicants claimed unfair dismissal and sought damages — Respondent counterclaimed for breach of restraint of trade and recovery of cellphone expenses — Court assessed procedural and substantive fairness of dismissal — Dismissal found to be fair as the branch's closure was economically justified, but procedural deficiencies noted in consultation process — Applicants' claims dismissed, and counterclaims upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Cape Town Labour Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Cape Town Labour Court, Cape Town
>>
2016
>>
[2016] ZALCCT 30
|

|

Wagner en Anders v TWK Agri (Edms) Bpk (C837/15) [2016] ZALCCT 30 (30 August 2016)

REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Nie
rapporteerbaar nie
Van
belang vir ander regters
DIE
ARBEIDSHOF VAN SUID-AFRIKA, KAAPSTAD
UITSPRAAK
SAAKNOMMER
: C 837/15
In die
saak tussen:
W J WAGNER (SNR) en twee
ander
Applikante
En
TWK AGRI (Edms) Bpk
Respondent
Verhoor
:

16-17 Augustus 2016
Uitspraak
:
30
Augustus 2016
Opsomming:
Ontslag vir bedryfsvereistes. Teeneis vir
skadevergoeding.
UITSPRAAK
STEENKAMP
R
Inleiding
[1]
Hierdie Wagneriaanse werksplek-opera het
spoedig ontaard in dissonansie. Die drie applikante is Mnre Wynand
Johannes (Johan) Wagner
snr; Wynand Johannes (Wynand) Wagner jnr; en
Mev Jelanie Lensing (née Wagner). Johan Wagner snr is Wynand
en Jelanie se
pa.
[2]
Al drie Wagners het vir die respondent, TWK
Agri, gewerk. Hulle is al drie ontslaan vir bedryfsvereistes. Daarna
het TWK ‘n
interdik gekry om ‘n handelsbeperking teen die
eerste twee applikante af te dwing. Die applikante eis vergoeding vir
onbillike
ontslag. TWK het twee teeneise ingestel: een vir
skadevergoeding weens die beweerde verbreking van die
handelsbeperking, en een
teen Wagner jnr (die tweede applikant) om
oorbetaling van sy selfoonrekening te verhaal.
Ontslag
vir bedryfsvereistes : agtergrond en getuienis
[3]
Mnre Wagner snr en jnr was albei makelaars
in TWK se versekeringsafdeling. Mev Lensing was ‘n
ontvangspersoon. Al drie het
in 2012 vir TWK begin werk toe die
maatskappy ‘n kantoor op Mosselbaai oopgemaak het. Die
hoofkantoor is op Piet Retief.
Die drie applikante was die enigste
werknemers in die Mosselbaai-kantoor.
[4]
Die kantoor het ‘n verlies getoon. In
Februarie 2015 het Cornelius (Connie) Vermaak, TWK se
versekeringsbestuurder, die Mosselbaaitak
vanaf Piet Retief besoek.
Hy het aan Wagner snr genoem  dat Lensing waarskynlik weens
bedryfsvereistes ontslaan sou moes word.
Daar was geen verdere
bespreking nie.
[5]
In Maart 2015 het Vermaak aan die hand
gedoen dat die Mosselbaai-besigheid vanaf die Wagners se huis bedryf
word, aangesien die
kantooor sou moes sluit. Geen ooreenkoms is
bereik nie.
[6]
Op 10
April 2015 het TWK ‘n kennsigewing ooreenkomstig a 189 van die
Wet op Arbeidsverhoudinge
[1]
op
die applikante beteken. Dit het aangedui dat die tak nie ekonomies
lewensvatbaar is nie. Dit het aangedui dat net twee werknemers
geraak
sou word, nl ‘n makelaar en ‘n ontvangspersoon; en dat
LIFO (laaste in, eerste uit) voorgestel word as kriterium
vir
seleksie. Die applikante het dit so aanvaar. Die klaarblyklike gevolg
sou wees dat Wynand Wagner jnr en Lensing se poste in
gedrang was,
maar nie dié
van
Johan Wagner snr nie. Afleggings sou net die Mosselbaai-tak raak en
nie TWK nasionaal nie.
[7]
Op 2 Mei 2015 het TWK die Mosselbaai-tak
gesluit. Wagner snr het van die meubels en kantoortoerusting na sy
huis toe gevat vanwaar
hulle voortgegaan het om die besigheid te
bedryf.
[8]
Op 5 Mei 2015 het die eerste formele
konsultasie ooreenkomstig a 189 plaasgevind. TWK is verteenwoordig
deur Vermaak. TWK se personeelbestuurder,
Danie Schoeman, het as
fasiliteerder opgetree. (By die verhoor het net Vermaak en Wagner snr
getuig). Die vergadering is elektronies
opgeneem en genotuleer.
Wagner snr het TWK daarop gewys dat die maatskappy twee poste in Piet
Retief geadverteer het sonder om
enige van die applikante daarvoor te
oorweeg of hulle in kennis te stel. Vermaak het geantwoord – en
ook in hierdie verrigtinge
getuig – dat Dewald Fouché
reeds op 22 Januarie 2015 die pos as “trainee
marketer: insurance department” op Piet Retief aangebied is en
op 1 Maart
2015 diens aanvaar het. Toe Wagner snr hom onder
kruisondervraging gevra het hoekom die pos nie vir Wagner jnr
aangebied is nie,
het hy gesê
dat
Fouché, ‘n laerskoolonderwyser, goed bekend is aan die
inwoners van Piet Retief en dat hy nie gedink het dat Wagner
jnr 1600
km van die huis af sou wou gaan werk nie. Wagner snr het hom daarop
gewys dat hy in die konsultasieproses gesê
het,
“Hoekom stuur jy nie die ou Piet Retief toe nie?”
(verwysende na Wagner jnr); en dat Wagner jnr ongetroud is en
ten
minste die geleentheid gegun kon word om Piet Retief toe te trek
eerder as om sy werk te verloor. Die ander makelaar, Johan
Pretorius,
is eers op 1 April 2015 op Piet Retief aangestel. Vermaak het in sy
getuienis verduidelik dat Pretorius oorgeplaas is
van TWK motors (‘n
Toyota handelaar) na TWK versekering; maar Pretorius het maar sewe
maande vir TWK Toyota gewerk, en wel
as verkoopsman – hy het
geen ondervinding in die versekeringswêreld gehad nie. Vermaak
kon nie verduidelik hoekom Wagner
jnr nie vir die pos –
waarvoor hy klaarblyklik meer geskik sou wees as Pretorius -- in
aanmerking geneem is nie.
[9]
Dit het ook aan die lig gekom dat TWK poste
op Piet Retief en Hopetown geadverteer het vir “admin clerk :
insurance”.
Die pos van administrasieklerk: versekering op Piet
Retief is so laat as 27 April 2015 geadverteer en dié op
Hopetown 29
April. Nòg Wagner jnr nòg Lensing is
daarvan bewus gemaak of die geleentheid gegee om daarvoor oorweeg te
word. (Die
pos op Hopetown is weliswaar op die ou end nie gevul nie).
Lensing het aan die hand gedoen dat sy opgelei word vir die pos. Sy
het ook daarop gewys dat dit moontlik was om administrasiewerk van ‘n
ander kantoor af te doen; werk vir Knysna (of selfs
Bethal en Piet
Retief) kon desnoods vanaf Mosselbaai gedoen word. Sy het daarop
gewys dat Knysna o.a. van Piet Retief af gediens
word. Vermaak het
dit nie as haalbaar beskou nie.
[10]
Die moontlikheid is ook bespreek dat
Lensing na Knysna oorgeplaas kon word. Sy het daarop gewys dat Knysna
omtrent 80 km weg is
en dat dit moontlik vir TWK goedkoper sou wees
om goedkoper en kleiner kantoorruimte te soek as om haar daaglikse
reiskoste na
Knysna te betaal; soos Wagner snr egter in sy betoog
uitgewys het, het sy nie geweier om Knysna toe te gaan nie.
[11]
T.o.v. die vraag waarom TWK werknemers
landswyd nie in ag geneem is nie, het Vermaak volgehou dat net die
Mosselbaai-tak geraak
sou word omdat daardie tak nie winsgewend was
nie en moes sluit.
[12]
Die tweede konsultasie het op 28 Mei
plaasgevind. Dieselfde mense was teenwoordig. Die Wagners het aanvaar
dat die tak moes sluit
maar wou verdere alternatiewe tot ontslag
bespreek. Lensing het m.b.t. Knysna gesê: “Okay Knysna
het ek nooit nee gesê
nie en dit is ook nooit met my bespreek
nie… Ek het ook gesê dat Knysna se travelling costs, dit
maak nie vir my sin
dat hulle wil hê ek moet elke dag Knysna
toe ry nie. Dit gaan hulle meer kos as om net ‘n goedkoper
kantoor in Mosselbaai
te kry, nie van my huis af nie, van die kantoor
af. Dis al wat ek gesê het maar ek het nie nee gesê vir
dit nie.”
En m.b.t. Piet Retief het sy gesê: “Ons
word gediens deur Piet Retief, voordat Knysna oorgekoop is, is ons
gediens
deur Piet Retief. So as dit moontlik is, dan kan ek sekere
admin pligte van daar af verrig vir iemand anders wat nie by my sit
nie.”
[13]
By hierdie vergadering het Wagner snr weer
verwys na die nuwe aanstellings op Piet Retief en gesê: “Dit
maak nie vir
ons sin nie. Dit maak vir ons geen sin nie. Hoekom het
hulle nie vir hierdie ou [Wynand jnr] gesê, luister, Piet
Retief,
daar gaan jy nie, dis jou opsie.” Vermaak het belowe om
op skrif te antwoord. In sy skriftelike opsommming van die 28 Mei

konsultasie op 5 Junie het Schoeman die volgende genotuleer:

Connie:
As mentioned in the notice of 10
th
April 2015 possible affected employees will be considered for similar
positions in the company. We therefore attach a position
should
parties be interested and will continue to do so for possible
re-employment.
Parties
should inform the company of their intention to consider the attached
position before or on 10 June 2015.”
[14]
Die “attached position” was dié
van “Marketer: Insurance” op Hopetown.
Die ingeslote advertensie het gelui: “TWK Insurance Brokers,
with its head
office in Piet Retief, is investigating a possible
vacancy in Hopetown, Northern Cape: Marketer (Insurance)”.
[15]
Wagner snr het op 8 Junie daarop geantwoord
en gesê: “We will be interested when you completed your
investigation regarding
a possible vacancy in Hopetown.” Wagner
jnr het die “RE5 regulatory exam” voltooi wat ‘n
voorvereiste vir
die pos was. Hulle het geen terugvoering van TWK
gekry nie.
[16]
Vier dae daarna, op 12 Junie 2015, het TWK
kennisgewings van diensbeëindiging met effek van 30 Junie 2015
aan die applikante
gestuur. Elkeen sou een maand se kennsigewing en
twee weke se uitdienstreding-pakket ontvang.
Substantiewe
billikheid
[17]
Soos
die skrywers in
South
African Labour Law
[2]
uitwys t.o.v. substantiewe billikheid:

The
court in
Myburgh
v Barinor Holdings (Pty) Ltd
[3]
summarised the position to say that "the Court must not defer to
the employer's decision; it must decide whether the decision
to
dismiss was fair under the circumstances. However, the Court need not
decide whether dismissal was ultimately the only solution;
it must
merely decide whether the decision to dismiss was a fair one, given
the circumstances that prevailed at the time and the
process
followed, i.e. whether the parties embarked on a meaningful joint
problem-solving exercise or consensus-seeking process."’
[18]
Die applikante het nie betwis dat die
Mosselbaai-tak nie winsgewend was nie. Hulle het ingestem dat die tak
nie finansiëel
lewensvatbaar geblyk het nie en dat dit sou moes
sluit. Daar was ‘n billike rede vir TWK om die proses kragtens
a 189 van
stapel te stuur.
Prosedurele
billikheid
[19]
Alhoewel prosedurele billikheid dikwels ‘n
impak het op substantiewe billkheid in gevalle van ontslag vir
bedryfsvereistes,
blyk dit in hierdie geval dat daar wel ‘n
billike rede vir ontslag was, aangesien dit algemeen aanvaar is dat
die Mosselbaai-tak
moes sluit. Die vrae wat geopper is oor die
alternatiewe tot ontslag en die kriteria wat gebruik is, slaan myns
insiens eerder
op prosedurele billikheid.
[20]
Die
vereistes vir prosedurele billikheid word so opgesom in
South
African Labour Law
[4]
:

Having
a good business justification to retrench someone is not enough. The
fairness demanded by the lead provision, s 185, by implication

reaches into process. But if there were any doubt on the matter, it
is laid to rest by s 188, which calls not only for dismissals
"to
be effected in accordance with a fair procedure", but for
employers to prove that this is the case.
The
Act's process expectations are elaborated on in ss 189 and 189A.
While there is no statutory declaration that these provisions
are to
be taken as definitive or exhaustive on the question of procedural
fairness, they certainly are comprehensive. An employer
who satisfies
them can feel largely secure, and one who does not should expect to
be challenged. The LAC noted in
Super
Group Supply Chain Partners v Dlamini
:
[5]
'It
is trite that an employer is permitted to dismiss an employee for its
operational requirements. However, for the employer to
do so
successfully, it is obliged to have a bona fide economic rationale
for the dismissal and to comply with the provisions of
s 189 as well
as s 189A of the Act where applicable. Section 189 imposes an
obligation on the employer to consult the employee
or its [sic]
representative on the matters listed in subsection (2). There is a
duty on the employer not only to consult the affected
employee(s) but
to take appropriate measures on its own initiative to avoid and
minimize the effects of the dismissal. The consultation
envisaged by
the Act is a "meaningful joint consensus-seeking process"
in which parties to the process should attempt
to reach some
agreement on a range of issues that may best avoid the dismissal and
where not possible to ameliorate the effects
of the dismissal for
operational requirements.'
[21]
Die mees problematiese aspek van die
konsultasieproses in hierdie saak  is TWK se onwilligheid om
enige van die alternatiewe
wat die applikante voorgestel het, ernstig
te oorweeg.
[22]
Vermaak
het eenvoudig aanvaar dat Wagner jnr en Lensing nie bereid sou wees
om bv Piet Retief toe te trek, 1600 km weg nie. Maar
hulle het wel
hul bereidwilligheid uitgespreek om dit te oorweeg. En soos Nicholson
AR uitgewys het in
Porter
Motor Group v Karachi
[6]
:

There
will always be geographical limitations to bumping in that fairness
will require that limits be placed on how far an employee
is expected
to move to bump another . . . Generally speaking it is the employee
who will suffer as a result of being removed from
a cultural and
social environment he or she has become accustomed to.
Second-guessing the desires of employees is undesirable;
if they are
happy to translocate then bumping should take place whatever the
distances involved.”
[23]
TWK het nuwe aaanstellings op Piet Retief,
Bethal en Hopetown gemaak, wel wetende dat die Mosselbaai-tak sou
sluit en dat Wagner
jnr en Lensing ten minste vir twee van die poste
oorweeg kon word, selfs al sou hulle miskien verdere opleiding moes
ontvang. Dit
mag wees dat hulle op die ou end, as hulle die poste
aangebied is, sou sê dat hulle nie bereid is om daarheen te
trek nie;
maar die punt is dat hulle nooit behoorlik daaroor
gekonsulteer is en die kans gegun is om hierdie alternatief te
oorweeg nie.
Dit op sigself maak die proses onbillik.
[24]
Die volgende problematiese aspek van die
konsultasieproses is dié
van die
seleksiekriteria. Al die partye het uit die staanspoor aanvaar dat
LIFO gebruik sou word. Gegrond op TWK se versekering
in die
a189-kennisgewing dat net twee werknemers geraak sou word, was Wagner
snr se pos veilig. Hy het dit so aaanvaar en was bereid
om verder van
sy huis af te werk, alhoewel hy die praktiese probleme daarvan
uitgewys het. Op 22 Mei 2015 skryf Wagner snr bv aan
Vermaak t.o.v.
die uitdagings om van sy huis af te werk:
1.
Kan ons die landlyn laat oorplaas?
2.
Versoek asb versterker vir Vodacom?
3.
Faks en scanner moet gediens word, kan geen
dokumente aanheg, kan ek dit reël?
[25]
Wat Wagner snr nié
gedoen
het nie, is om te weier om van sy huis af te werk. Desnieteenstaande
is hy ook ontslaan nadat Vermaak besluit het dat die
tak as geheel
moet toemaak. Dit is teenstrydig met die seleksiekriteria en die
aantal werknemers wat geraak sou word volgens die
a 189-kennisgewing;
en wat dit bowendien prosedureel onbillik maak, is dat die besluit om
die kriteria te verander, nie behoorlik
met Wagner snr bespreek is
nie.
[26]
Wagner snr het wel vroeg in die proses aan
die hand gedoen dat hy, eerder as sy seun, ontslaan word. Dit was nie
vir Vermaak aanvaarbaar
nie, aangesien hy Wagner snr se kundigheid en
ervaring wou behou. Die kriteria het dus nie met Wagner snr se
toestemming, of selfs
na behoorlike konsultasie met hom, verander
nie.
[27]
TWK het inderdaad, soos Wagner snr betoog
het, die ontslag van al drie werknemers in die Mosselbaai-tak as ‘n
fait accompli
beskou.
Dit is so dat die tak nie lewensvatbaar was nie en dat daar ‘n
billike rede vir ontslag was, maar die proses skiet
ver te kort. Dit
was nie ‘n poging van TWK se kant af om gesamentlik oplossings
te vind nie. Oplosssings wat dalk haalbaar
sou wees – soos die
alternatiewe poste op Piet Retief, Bethal en Hopetown – is
nooit ernstig oorweeg deur TWK nie.
[28]
Sou
TWK ‘n behoorlike konsultasieproses tot op die einde deurgevoer
het, sou die applikante moontlik hul werk kon behou, desnoods
by
ander takke. Ons sal nooit weet of dit inderdaad haalbaar was, of
selfs of die applikante dit sou aanvaar nie, aangesien hulle
nie die
geleentheid gegun is om hulle finaal daaroor uit te spreek nie. Vir
die prosedurele onbillikheid moet hulle vergoed word.
Hulle hoef nie
daadwerklike skade te bewys nie; die vergoeding is in die aard van ‘n
solatium
.
[7]
Maar, soos Wagner snr betoog het, moet die Hof in ag neem dat al drie
lede van die gesin op onbillike wyse hul werk verloor het,
deur geen
fout van hul eie nie. En die handelsbeperking is vir twaalf maande
afgedwing.
[29]
Daar is een verdere aspek. Nòg
Wagner jnr nòg mev Lensing het getuig in die hofverrigtinge.
Wagner jnr was in die
hof; Lensing kon die verrigtinge nie bywoon
nie. Dit beteken nie, soos mnr
Posthumus
betoog het, dat sy nie meer ‘n
applikant is nie. Die getuienis van Wagner snr, opgeweeg teenoor dié
van Vermaak, was genoeg vir die hof om te oordeel
oor die billikheid van die proses wat gevolg is. En mev Lensing het
nooit afstand
gedoen van haar eis nie. Die transkripsies van die
konsultasies spreek vir hulself en is nooit betwis deur Vermaak nie.
Eerste
teeneis: verbreking van handelsbeperking
[30]
TWK het ‘n teeneis ingestel vir
skadevergoeding weens die eerste twee applikante (Wagner snr en jnr)
se beweerde skending
van hul handelsbeperking.
[31]
Die tersaaklike klousules van die
handelsbeperking lees:

1.4
Met verwysing na 1.1, 1.2 en 1.3 [wat TWK se handelsgeheime ens
uiteensit], onderneem die werknemer hiermee onherroeplik ten
gunste
van die maatskappy [TWK Agriculture Ltd] en die Groep dat vir ‘n
tydperk van 24 maande nadat hy/sy vir enige rede
hoegenaamd opgehou
het om ‘n werknemer van die maatskappy te wees, die werknemer
nêrens in die gebied
[8]
,
hetsy alleen of gesamentlik of as ‘n agent vir enige ander
persoon, vennootskap, maatskappy, beslote korporasie of vereniging

van enige aard hoegenaamd:
1.4.1
sal verbind wees tot, betrokke wees by of belang hê
in
’n maatskappy, besigheid, firma, persoon of onderneming wat ‘n
besigheid binne die [versekerings]bedryf voer in sodanige
vorm as wat
deur die Maatskappy gedoen word nie, hetsy finansiëel of
andersins en hetsy direk of indirek,
1.4.2
soos op datum van inwerkingtreding van die handelsbeperking in terme
van klousule 1.4 nie, of;
1.4.3
‘n aandeelhouer sal wees in enige besigheid wat ‘n
besigheid bedryf of wat betrokke is (hetsy direk of indirek)
by enige
besigheid of aktiwiteit soos beskryf in 1.1; of
1.4.4
as ‘n konsultant of adviseur sal optree vir enige besigheid wat
die besigheid soos in 1.3 hierbo beskryf, bedryf, of
betrokke is by
sodanige besigheid of aktiwiteit nie; of,
1.4.5
finansiëe bystand sal gee op enige wyse aan enige persoon,
vennootskap, maatskappy, beslote korporasie ofvereniging van
enige
aard hoegenaamd wat besigheid bedryf of betrokke is by aktiwiteite
soos in 1.3 beskryf nie.”
[32]
Die klousule is nie ‘n model van
helderheid nie. In kort kom dit egter daarop neer dat die Wagners vir
‘n tydperk van
24 maande na hul ontslag nie met TWK mag meeding
in die versekeringsbedryf nie. Maar daar is ook ‘n ontsnapping-
of uitsluitingsklousule:

5.
Beëindiging weens bedryfsvereistes
5.1
Die maatskappy en die werknemer erken dat omstandighede mag ontstaan
wat tot gevolg mag hê
dat die
werknemer se diens beëindig word op grond van die
bedryfsvereistes van die maatskappy.
5.2
In die geval waar die maatskappy die werknemer se diens beëindig
op grond van bedryfsvereistes,
sal
[9]
die maatskappy die bepalings in klousule 1.4 op die volgende wyse
verslap:
5.2.1
In die geval dat die werknemer oorweeg om op enige wyse op te tree
wat mag neerkom op ‘n skending van sy/haar ondernemings
sos in
klousule 1.4 hierbo uiteengesit, sal die werknemer die maatskappy in
kennis stel van sodanige gebeurtenis; en
5.2.2
volle openbaarmaking aan die maatskappy maak van die moontlike of
waarskynlike aard van die skending.
5.3
Met dien verstande dat die werknemer die openbaarmaking maak soos in
klousule 5.2.2 hierbo voorsien en hy/sy nie enige van die
maatskappy
se vertroulike inligting openbaar of oordra of gebruik nie, sal die
maatskappy nie die werknemer verhoed om besigheidsbelange
strydig met
klousule 1.4 na te streef indien die beëindiging gebaseer is op
die maatskappy se bedryfsvereistes nie.”
[33]
Die beweerde skending van die
handelsbeperking het reeds op ‘n dringende grondslag voor
hierdie Hof gedien. Ten spyte daarvan
dat die Wagners weens die
maatskappy se bedryfsvereistes ontslaan is, voer TWK aan dat hulle
nie die moontlike skending openbaar
gemaak het soos in klousule 5
vereis nie, en dat die uitsluitingsklousule dus nie geldig is nie.
[34]
Op 7 Augustus 2016 het Lagrange R op ‘n
dringende basis ‘n aansoek aangehoor om die handelsbeperking af
te dwing teen
Wagner snr en jnr. Hy het dit toegestaan maar die
tydperk afgeskaal na 12 maande. (Dit het die gevolg dat die
handelsbeperking
sowat ‘n maand gelede uitgeloop het). Hy het
die volgende bevel gemaak:

The
first and second respondents are interdicted from directly or
indirectly:
1.
Soliciting the custom of clients of the
applicant [TWK] and/or accepting any business or custom from the
clients of the applicant,
and/or in any manner enticing the clients
of the applicant to terminate their business with the applicant, in
particular those
clients appearing on the schedule annexed hereto as
Annexure ‘A’, for a period of 12 months; and
2.
Conducting any business with, or having any
business relationship with, any of the cancelled clients of the
applicant that have
cancelled their business with the applicant after
30 June 2015, and in particular any clients appearing on the schedule
annexed
hereto as Annexure ‘A’, for a period of 12
months; and
3.
Revealing or disclosing or in any way
utilising, whether for the first and second respondents’ own
purposes, or for the purposes
of any third party, any of the
applicant’s confidential information and/or client particulars
relating to any clients appearing
on the schedule annexed hereto as
Annexure ‘A’.
4.
This order applies only to clients that
were clients of the applicant during the period 1 July 2014 to 30
June 2015.”
[35]
Die Wagners sê dat hulle die bevel
streng nagekom het. Dit blyk nie in geskil te wees nie; TWK beweer bv
nie dat hulle voortgegaan
het om sake te doen met die entiteite op
aanhangsel “A” vervat nie. Wat TWK beweer, is dat die
skade reeds gedoen is,
deurdat die Wagners klante afgerokkel het
voordat die hofbevel toegestaan is. TWK bereken die skade in die som
van R 659 174, 96.
[36]
Wagner snr het ruiterlik erken dat hulle in
die loop van 1 Julie 2015 – die dag nadat hulle ontslaan is –
verskeie klante
gekontak het, meestal telefonies. Hy sê
egter dat hulle nie die klante probeer oorreed het
om hul polisse by TWK te kanselleer nie; hulle het die klante bloot
in kennis
gestel dat hulle nie meer by TWK werksaam is en deur TWK as
die klante se makelaars sou kon optree nie. Hy het verstaan dat dit

inderdaad ‘n vereiste van die Finansiële Diensteraad is
dat klante dienooreenkomstig in kennis gestel moet word. Vermaak
het
dit nie weerlê
nie; maar volgens hom
sou TWK die klante in kennis moes stel en nie die Wagners nie.
Geeneen van die partye het die Hof na die tersaaklike
regulasie
verwys nie.
[37]
Dit is gemeensaak dat sowat 78 klante in
die loop van Julie 2015 kansellasiedokumente aan TWK gestuur het.
Heelwat van die vorms
– wat voor die Hof gedien het –
bevat handgeskrewe notas waarin die polishouer meld, “Dit is my
eie keuse”;
“Ons het verneem dat Johan Wagner nie meer
werksaam is by TWK nie. Dit is ons keuse dat ons versekering nie meer
by TWK sal
wees nie”, en dies meer.
[38]
Lagrange R het bevind dat TWK wel ‘n
beskermbare belang het. Hy het ook bevind dat dit onwaarskynlik is
dat al die klante
wat hul polisse by TWK gekanselleer het, dit sou
doen sonder “active canvassing” deur die Wagners. Hy het
die interdik
toegestaan om te verseker dat hulle nie enige van TWK se
klante afrokkel nie vir ‘n tydperk van 12 maande (wat pas
verstryk
het).
[39]
Ek betwyfel hoegenaamd nie die korrektheid
van my geleerde broeder, sy edele Lagrange, se uitspraak nie. Wat
egter van belang is
vir die skadevergoedingseis wat nou voor my dien,
en wat nie in daardie uitspraak ter sprake kom nie, is klousule 5 van
die handelsbeperking.
Dit kom vir my voor dat dit nie deel gevorm het
van die betoog voor Lagrange R nie; dit blyk dat dit nie onder sy
aandag gebring
is nie. Die eedsverklarings in daardie dringende
aansoek het deel gevorm van die hofstukke voor my. Geeneen van die
partye het
klousule 5 in hul eedsverklarings beredeneer of selfs
genoem nie.
[40]
In die verhoor voor hierdie Hof,
daarenteen, het Wagner snr wel deeglik staatgemaak op klousule 5 –
en met goeie rede. Daardie
klousule het die effek dat die
handelsbeperking nie sal afgedwing word as ‘n werknemer se
diens weens bedryfsvereistes beëindig
word nie – mits hy
of sy openbaar maak dat sy of haar optrede die handelsbeperking mag
skend. Dit maak ooglopend sin. In
die geval van ontslag weens
bedryfsvereistes word die werknemer foutloos ontslaan. Dit lyk na ‘n
onnodig bestrawwende maatreël
om dan boonop daardie werknemer
daarvan te weerhou om in dieselfde bedryf tre werk in mededinging met
die werkgewer wat hom foutloos
ontslaan het. Die enigste vraag is in
hierdie geval of die Wagners wel voldoen het aan die vereiste van
openbaarmaking. Hulle beweer
hulle het; TWK betoog die teendeel. As
hulle wel daardie voorvereiste nagekom het, is klousule 5 dwingend:
TWK
sal
die handelsbeperking verslap. Dit maak nie voorsiening vir enige
diskresie of onderhandeling tot watter mate dit verslap mag word
nie.
[41]
Dit is gemeensaak dat die Wagners nie aan
TWK geskryf het en pertinent gesê het dat hulle voornemens is
om die handelsbeperking
te verbreek en staat te maak op klousule 5
nie. Waarop hulle staatmaak, is die kansellasievorms wat die
individuele polishouers
aan TWK gestuur het. Hierdie vorms verskyn
deurgaans in die volgende formaat:

AANSTELLING
VAN NUWE TUSSENGANGER
Ek/ons
____________________ (hierna ‘die polishouer’) bevestig
hiermee dat alle mandate toegeken aan TWK (hierna die
‘uittredende
tussenganger’) beëindig is van _________________ [datum:
tipies 1 Julie 2015] en dat die polishouer
All About Makelaars
(hierna die ‘nuut aangestelde tussenganger’), aan wie die
polishouer bindende/nie-bindende magtiging
gegee het, volmag gee om
alle aspekte van die polishouer se korttermynversekering ten opsigte
van polisnommer(s) ____________ van
________________ te hanteer.
Die
polishouer gee ___________________ (maatskappy) verder onherroeplik
die reg om regstreeks met die polishouer te kommunikeer,
asook met
die uittredende tussenganger met die doel om die beëndiging van
di emandaat te bevestig en met die doel om die uittredende

tussenganger van die verandering van mandaat in kennis te stel.”
[42]
Dit sou uit die aard van die saak beter
gewees het vir die Wagners om direk aan TWK te skryf en uiteen te sit
dat hulle in die proses
is om klante te kontak en hulle daarvan bewus
te maak dat hulle afgedank is weens bedryfsvereistes. Maar dis water
onder die brug.
Is die kansellasie- en aanstellingsvorms genoeg om te
voldoen aan die vereiste dat die werknemer “die maatskappy in
kennis
stel van sodanige gebeurtenis; en volle openbaarmaking aan die
maatskappy maak van die moontlike of waarskynlike aard van die
skending”?
[43]
Ek dink tog so. TWK is wel deeglik in
kennis gestel daarvan – 78 keer – dat van hul voormalige
klante verkies het om
voortaan die Wagners se dienste as makelaars te
gebruik onder ‘n ander vaandel as dié
van
TWK. Selfs al het hulle die handelsbeperking verbreek, is enige skade
ondervang deur die uitsluitingsklousule. TWK het ingestem
dat hul
belange nie meer beskerming verdien nie, gegewe die ontslag vir
bedryfsvereistes en daaropgaande inkennisstelling.
[44]
Ek bevind dus dat die eerste teeneis nie
slaag nie.
Tweede
teeneis: Selfoon
[45]
Die tweede applikant (Wynand Wagner jnr) is
voorsien van ‘n selfoon as deel van sy “tools of the
trade”, soos
Vermaak dit gestel het. Die tersaaklike klousule
in sy dienskontrak bepaal:
“’
n
Selfoon sal tot u beskikking gestel word vir besigheidsdoeleindes,
met ‘n limiet van R1 000 – die res sal maandeliks
van u
salaris verhaal word.”
[46]
Wagner jnr het herhaaldelik daardie
beperking oorskry. In die tydperk Januarie – Junie 2015 was hy
geregtig op ‘n toelae
van altesame R6000. Hy het ‘n
rekening van R39 387, 11 opgeloop. Afgesien van die toelae van R6000
het TWK ‘n verdere
R 9 461, 56 van sy salaris afgetrek. Dit
laat ‘n balans van R24 435, 35.
[47]
Hierdie bedrag is deur Wagner jnr aan TWK
verskuldig. Die tweede teeneis slaag.
Opsomming
[48]
Wat die applikante se eis betref, het ek
bevind dat hul ontslag vir ‘n billike rede geskied het, maar
dat TWK nie ‘n
billike proses gevolg het nie. Die Hof kan
vergoeding toestaan wat die reg en billik ag, maar dit mag nie twaalf
maande se inkomste
oorskry nie. Wat die eerste twee applikante
betref, neem ek in ag dat hulle, afgesien daarvan dat hulle hul
inkomste verloor het,
ook onderhewig was aan ‘n
handelsbeperking van twaalf maande wat afgedwing is nadat die
interdik toegestaan is. Ek beskou
vergoeding gelykstaande aan twaalf
maande se inkomste as billike vergoeding vir elkeen van hulle.
[49]
Mev Lensing, daarenteen, was nie aan ‘n
handelsbeperking onderworpe nie. Ek ag ses maande se vergoeding as
voldoende in haar
geval.
[50]
Die eerste teeneis is afgewys. Vir die
tweede teenis is Wagner jnr R24 435, 35 aan TWK verskulding.
[51]
Beide partye was deels suksesvol. Die
Wagners het hulself verteenwoordig. In reg en billikheid dink ek nie
‘n kostebevel is
gepas nie.
Bevel
[52]
Ek maak dus die volgende bevel:
52.1
Die ontslag van die applikante deur die
respondent vir bedryfsvereistes was vir ‘n geldige en billike
rede, maar prosedureel
onbillik.
52.2
Die respondent moet aan die onderskeie
applikante die volgende bedrae as vergoeding betaal vir prosedurele
onbillikheid:
52.2.1
Eerste applikant (Johan Wagner snr): R216
000, 00.
52.2.2
Tweede applikant (Wynand Wagner jnr): R120
000, 00.
52.2.3
Derde applikant (Jelanie Lensing): R 34
200, 00.
52.3
Die eerste teeneis word afgewys.
52.4
Die tweede teeneis slaag. Die tweede
applikant, Wynand Wagner jnr, moet aan die respondent die bedrag van
R24 435, 35 as skadevergoeding
betaal, tesame met rente van 9% per
jaar vanaf die datum van hierdie uitspraak tot op die dag van
betaling.
_______________________
Steenkamp
R
VERSKYNING
APPLIKANTE:
W J Wagner (snr) (in persoon).
RESPONDENT:
A Posthuma
In opdrag van Snyman &
vennote.
[1]
Wet 66 van 1995.
[2]
Thompson & Benjamin
South
African Labour Law
(RS 66,
2016) AA1 – 481.
[3]
[2015] ZALCCT 1.
[4]
Hierbo op AA1-501.
[5]
[2013] 3
BLLR 255
(LAC); (2013) 34
ILJ
108 (LAC).
[6]
(2002) 23
ILJ
348 (LAC), a
angehaal in
Thompson & Benjamin (hierbo) AA1-512.
[7]
Johnson & Johnson v
CWIU
[1998] 12 BLLR 1209
(LAC) para [41].
[8]
Oos-Kaap in die geval van Wagner jnr; Mosselbaai in die geval van
Wagner snr.
[9]
My onderstreping.