About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 62
|
|
S v Sinyondo (409/90) [1991] ZASCA 62 (24 May 1991)
1
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
SAAK NR:409/90 In die saak tussen:
MABANDLAONKE SINYONDO
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM:
HEFER, KUMLEBEN et
GOLDSTONE ARR.
DATUM VAN VERHOOR
: 21 Mei 1991
DATUM
GELEWER:
24 Mei 1991
2
UITSPRAAK
GOLDSTONE AR
:
Die appellant, Mabandlaonke Sinyondo, het in die Rondgaande Afdeling van die
Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling te Welkom voor
Lichtenberg R en twee
assessore tereggestaan op twee aanklagte, een van moord en die ander van roof
met verswarende omstandighede.
Hy is op beide aanklagte skuldig bevind. Wat die
aanklag van moord betref is daar geen versagtende omstandighede bevind nie en
appellant
is ter dood veroordeel. Op die aanklag van roof
3 met verswarende omstandighede is 'n vonnis van elf jaar
gevangenisstraf opgelê.
In die Hof a
quo
het Appellant aansoek gedoen om
verlof om te appelleer teen die skuldigbevindings en teen
die bevinding
dat daar geen versagtende omstandighede is
nie, en dus ook teen die oplegging
van die doodvonnis.
Geen verlof is gevra om teen die vonnis vir die roof
te
appelleer nie. Verlof om te appelleer is geweier. Hierdie
Hof het
daarna aan appellant verlof verleen om slegs teen
die oplegging van die
doodvonnis te appelleer. Weens die
bepalings van die Strafregwysigingswet,
107 van 1990, wat
intussen in werking getree het, sal die appèl teen die
vonnis nou
op 'n veranderde basis bereg moet word. Die
huidige benadering is uiteengesit
in 'n reeks onlangse
beslissings van hierdie Hof en ek hoef dit nie te
herhaal
nie. Die verhoorhof het bevind dat daar geen versagtende
omstandighede was nie. Uit hoofde van Art 20(1) van die
4 Wysigingswet is
dit nou die taak van hierdie Hof om met inagneming van strafversagtende of
-verswarende faktore self te oordeel
of die doodvonnis die enigste gepaste
vonnis is. Die relevante gebeure het plaasgevind om ongeveer 21h15 op 31
Desember 1988 te Klippan
Konsessiewinkel op die Presïdent Brand Goudmyn in
die distrik van Welkom. Ene Knight ("die oorledene") en ene Kubos was die
aand
daar werksaam. Hulle het so pas die winkel gesluit en die agterplaas inbeweeg.
Die oorledene het na die staalhekke geloop met
die doel om dit oop te maak en
Kubos het na 'n
ligte afleweringsvoertuig gestap. Laasgenoemde het 'n
briewetas wat onder andere ongeveer R9000 kontant bevat, het in sy besit
gehad. Hy het die briewetas in die voertuig geplaas. Daarna
het hy by die
regterdeur gestaan en gesien dat iemand met 'n vuurwapen in sy rigting vuur. Die
hanteerder van die vuurwapen, soos
deur die Hof a
quo
ten gunste van die
appellant aanvaar het, was ene Araltoane.
5
gunste van die appellant aanvaar het, was ene Araltoane.
Die skoot wat gevuur is het Kubos in sy linkerarm getref en
sy borskas binnegedring. Appellant het te voorskyn gekom.
Hy het 'n groot
klip in sy hande gehad en Kubos het homself
met 'n plank teen die aanvaller
verweer. Volgens sy
bekentenis het appellant ook 'n mes in sy besit
gehad.
Kubos het appellant meegedeel dat hy die geld moet vat en
loop wat
hy wel toe gedoen het. Kubos het nog twee skote
gehoor en bewusteloos op die
grond neergeval. Later die
aand is 'n koeël uit sy liggaam verwyder. Die
oorledene is
deur Araltoane op 'n kort afstand dodelik gewond. Hy is
die
betrokke nag oorlede vanweë 'n koeelwond wat
veelvuldige
beserings veroorsaak het.
Die volgende faktore, na my mening, kan as
verswarend aangemerk word:
1. Die voorbedagtheid van en die motief vir die optrede, dws die
roof;
6
2. Beide appellant en Araltoane was
bewapen;
3. Die appellant moes die moontlikheid van die dood van 'n mens besef
het.
Wat versagtende faktore betref, is
daar die volgende wat in aanmerking geneem moet word:
1 . Die appellant het nie die vuurwapen self hanteer en nie die daadwerklike
opset (
dolus directus
) gehad om die oorledene te dood nie;
2. Soos deur die verhoorhof bevind, het Araltoane die leidende rol gespeel met
die beplanning en uitvoer van die roof;
3. Ten tyde van die pleging van die misdryf was Appellant ongeveer 50 jaar oud.
Hy is ongeletterd. Hy het geen vorige veroordelings
waarvan geweld teen 'n
persoon 'n element is
nie.
Na my mening is die
volgende opmerkings deur E M
Grosskopf AR in
S v Senonohi
1990(4) SA 727(A) te 734 D - E
van
toepassing in die onderhawige geval:
7
"h Uiteensetting van die strafverswarende en -versagtende omstandighede toon
duidelik, meen ek, dat die Verhoorhof nie gekritiseer
kan word vir sy bevinding
dat daar geen versagtende omstandighede was in die sin waarin hierdie begrip in
die verlede toegepas is
nie. Ingevolge die nuwe Wet moet 'n mens egter wegkom
van hierdie benadering. Die appellant se morele verwytbaarheid, wat die wese
gevorm het van die ondersoek na versagtende omstandighede, is nie meer
allesoorheersend nie (hoewel natuurlik steeds belangrik) maar
moet nou in die
skaal geplaas word met die ander faktore wat verband hou met die doelstellinge
van straftoemeting."
Die geleerde Appèlregter
het ook opgemerk (te 734 H) dat:
"As algemene riglyn meen ek dat die afskaffing van die verpligte doodstraf vir
moord 'n aanduiding is dat die Wetgewer beoog het
dat die doodstraf voortaan net
in gevalle van uitsonderlike erns opgelê sou
word."
In 'n baie onlangse uitspraak
van hierdie Hof in
8
Amon Nkosana Mabizela v Die Staat
, gelewer op 21 Mei 1991 (Saak Nr
500/90), het Friedman AR (te bls 8/9 van die getikte uitspraak) die volgende
gesê:
"In the light of the fact that first appellant's guilt is based on
dolus
eventualis
, it becomes important to determine his degree of subjective
forseeability i.e. whether he foresaw the possibility of death to the
victim as
faint or strong. See
S v DLADLA
1980 (1) SA 1
(A) at 3. The onus is on
the State to establish the presence of aggravating factors (
S v NKWANYANA AND
OTHERS
,
supra
at 743 I-J). Accordingly, in so far as the degree of
forseeability is relevant on this issue, the onus would be on the State to prove
that first appellant subjectively foresaw the risk of death as a strong
possibility."
Ten spyte van die Verhoorhof se
bevinding dat appellant wel die moontlikheid voorsien het dat Araltoane die
vuurwapen kon gebruik
om iemand tydens die rooftog te
9 dood is daar geen getuienis oor die graad van die appellant
se beskouing oor die moontlikheid van die dood van 'n mens in
die uitvoering van die roof nie. Met die bewyslas op
die Staat, moet die
appellant die voordeel van enige twyfel
daaroor vergun word. 'n Verdere
versagtende oorweging is
dat die appellant sy laat middeljare bereik het
sonder om
enige vorige misdaad van geweld te pleeg. Na my mening
is
hierdie twee faktore kumulatief deurslaggewend. Wat die
appellant se
eie deelname en omstandighede betref, is
hierdie nie 'n geval van
"uitsonderlike erns" nie en 'n lang
tydperk van gevangenisstraf is bygevolg ook 'n gepaste
vonnis. Die
doodvonnis is dus nie die enigste gepaste
vonnis nie. Ek beskou 20 jaar as a gepaste termyn van
gevangenisstraf.
Die volgende bevel word gemaak:
Die appèl teen die doodvonnis slaag. Dit word ter syde gestel en vervang
met een van 20 jaar gevangenisstraf. Dit word ook
beveel dat die vonnis van elf
jaar gevangenisstraf op die aanklag van roof moet samelopend uitgedien
word.
R J GOLDSTONE
HEFER AR)
STEM SAAM KUMLEBEN AR)