About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 38
|
|
Land en Landboubank van Suid Afrika v Meester van die Hooggeregshof Kimberley en Andere (438/89) [1991] ZASCA 38; [1991] 4 All SA 528 (AD) (27 March 1991)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPÉLAFDELING
In die saak van
DIE LAND- EN LANDBOUBANK VAN SUID-AFRIKA
Appellant
en
DIE MEESTER VAN DIE
HOOGGEREGSHOF
,
KIMBERLEY
1ste Respondent
en
HENDRIK
PETRUS A VENTER N O
2e Respondent
en
ORANJE KOOPERASIE BPK
3e
Respondent
Coram
: JOUBERT, SMALBERGER, EKSTEEN
ARR
et PREISS, KRIEGLER Wn
ARR.
Datum van Verhoor
: 14 Maart 1991
Datum gelewer
: 27 Maart
1991
UITSPRAAK
/2
2
JOUBERT
AR :
Deurdat Schreuder, 'n boer van Upington,
'n promesse vir die bedrag van R30 690-00 plus rente teen 12% per jaar
betaalbaar in 6 jaarlikse
paalemente agteruit op 15 April jaarliks aan die
Appellant ("die Landbank") verstrek het, het die Landbank op 6 September 1983 in
terme van art 34(1) van die Landbankwet No 13 van 1944 ("die Wet") aan hom 'n
voorskot van R30 690-00 plus rente teen 12% per jaar
verstrek ten einde
landboumasjienerie en ander landbou-implemente en -toerusting aan te
koop.
Aangesien Schreuder egter agterstallig geraak het met sy betalings wat
hy ingevolge sy promesse aan die Landbank moes maak, het die
Landbank se
takkantoor te Upington op 16 April 1986 in terme van art 34(3)(b) van die Wet 'n
aangetekende brief aan Schreuder gerig.
In hierdie
/3 ......
3
brief is Schreuder verwittig dat na verloop van 7 dae vanaf die
datum van die skrywe daarvan die Landbank op soveel van sy roerende
goed as wat
nodig was om sy volle skuld van R33 399-86 te delg, beslag sou lê en die
goed sou verkoop tensy hy sy volle skuld
binne die vermelde 7 dae betaal. Hy is
ook daarop gewys dat indien daar na die verkoop van sy roerende goed 'n balans
van die skuld
sou oorbly, sou die Landbank in terme van art 34(3)(c) van die Wet
op enige onroerende goed van hom beslag lê en dit laat verkoop
ter
invordering van sy oorblywende skuld. Die Landbank het egter nie sy dreigemente
uitgevoer nie. Gedurende Mei 1986 het Schreuder
self 'n veiling van sy roerende
goed laat hou en uit die opbrengs daarvan R8 251-64 aan die Landbank
betaal.
Op 26 Mei 1986 het die geregsbode 'n relaas van
nulla bona
uitgebring nadat die Landbank aan hom in terme van art 34(3)(b) van die Wet
opdrag gegee het om op roerende
/4
4
goed van Schreuder beslag te lê. Op 3 Julie 1986 het die
Landbank in terme van art 34(3)(c) op sekere onroerende goed van Schreuder
beslag gelê en daarmee gehandel volgens die bepalings van gemelde
artikel.
Die boedel van Schreuder is op 29 Augustus 1986 voorlopig
gesekwestreer. Dit is op 3 Oktober 1986 finaal gesekwestreer. Die tweede
respondent ("die Trustee") is die trustee van sy insolvente boedel. Ten tyde van
die sekwestrasie van sy boedel was die insolvent
Schreuder 'n lid van die derde
respondent ("die Oranje Kooperasie Bpk"). Op daardie tydstip was die insolvent
Schreuder 'n bedrag
van R27 631-23 plus rente aan laasgenoemde verskuldig. Dit
is gemene saak dat daar in die boeké van die Oranje Kooperasie
Bpk 'n
krediet was ten gunste van die insolvent Schreuder van R5 279-92 uit hoofde van
krediete t.o.v. ledebelangefonds, uitgestelde
bonusbetalingsfonds en
/5
5
ledeheffingsfonds.
Op 10 Maart 1987 het die Oranje
Kooperasie Bpk 'n eis van R27 631-23 teen die insolvente boedel van Schreuder
bewys. Dit het ook aanspraak
gemaak op 'n voorkeureis van R5 329-92. Ek mag
daarop wys dat dit gemene saak is dat die voorkeureis vir die bedrag van R5
279-92
is. Vir sy voorkeureis het die Oranje Kooperasie Bpk gesteun op drie
sessies
in securitatem debiti
van die insolvent Schreuder as sedent ten
gunste van hom as sessionaris. Hierdie sessies word gevind in die wysiging van
arts 87,
88 en 89 van die statute van die Oranje Kooperasie Bpk wat ingevolge
die bepalings van art 32 van die Kooperasiewet No 91 van 1981
gewysig is en wat
op 25 November 1985 deur die Registrateur van Kooperasies geregistreer is. Die
gewysigde art 87(4)
bis
van die statute lui soos volg:
"Bedrae wat tot krediet van elke afsonderlike
/6
6
lid in die Uitgestelde Bonusbetalingsfonds staan, word
hierkragtens deur sodanige lede sedeer en verpand as sekuriteit vir die nakoming
van alle bestaande en toekomstige skulde van sodanige lede teenoor die
kooperasie."
Die gewysigde arts 88(3)
bis
en 89(5)
bis
van die statute
t.o.v. die ledebelangefonds en die ledeheffingsfonds respektiewelik is
mutatis mutandis
gelykluidend.
Op 21 Mei 1987 het die Trustee die
Landbank skriftelik verwittig dat hy van voorneme was om self reëlings te
tref vir die tegeldemaking
van die insolvente boedel se bates. Hy gee 'n
onderneming aan die Landbank om aan laasgenoemde die insolvente boedel se skuld
met
rente te betaal. Indien die insolvente boedel egter nie in staat is om die
volle skuld met rente te betaal nie, sal die vrye oorskot
(na vereffening van
versekerde eise t.o.v. onroerende eiendom
/7
7
en koste) aan die Landbank betaal word.
Uit die Trustee se
Eerste en Finale Likwidasie- en Distribusierekening in die insolvente boedel
blyk dit dat Oranje Kooperasie Bpk
'n totale eis van R31 308-47 bewys het
waarvan R4 739-19 'n preferente/versekerde eis was na aanleiding van die
opbrengs van die
insolvent Schreuder se ledebelange by Oranje Kooperasie
Bpk.
Op 8 Junie 1988 het die Landbank skriftelik beswaar by die Trustee teen
die Eerste en Finale Likwidasie - en Distribusierekening aangeteken
omdat hy die
R4 739-19 synde die saldo opbrengs van die insolvent Schreuder se ledebelange by
die Oranje Kooperasie Bpk aan laasgenoemde
toegeken het. Ingevolge die
onderneming van 21 Mei 1987 maak die Landbank aanspraak op die bedrag van R4
739-19. Die Landbank dreig
om beslag op die R4 739-19 in terme van art 34 van
die Wet te laat lê indien die Trustee nie sy Eerste
/8
8
en Finale Likwidasie- en Distribusierekening in ooreenstemming
met sy beswaar wysig nie. Op dieselfde datum het die Landbank 'n soortgelyke
skrywe aan die eerste respondent ("die Meester") gerig.
Die Meester het op 26
Julie 1988 die Landbank skriftelik meegedeel dat laasgenoemde se beswaar teen
die Eerste en Finale Likwidasie-
en Distribusierekening nie gehandhaaf kan word
nie. Hy onderskryf die Trustee se standpunt dat Oranje Kooperasie Bpk as
versekerde
skuldeiser voorkeur op die ledebelange van die insolvent Schreuder
wat laasgenoemde aan die Oranje Kooperasie Bpk sedeer het, geniet.
Die Meester
sluit ook 'n afskrif van die Trustee se kommentaar in waarmee hy saamstem. Die
Trustee steun o.a. op die bepalings van
die gewysigde statute van Oranje
Kooperasie Bpk wat die sessies
in securitatem debiti
bevat.
Op 10 Augustus 1988 het die Landbank uit
/9
9
hoofde van art 34(3)(b) van die Wet deur die geregsbode op die
insolvente Schreuder se vorderingsreg teen die Oranje Kooperasie Bpk
t.o.v. die
opbrengs van sy ledebelange beslag gelê.
Vervolgens het die Landbank 'n
aansoek by die Noord-Kaapse Afdeling teen die Meester as Eerste Respondent, die
Trustee as Tweede Respondent
en die Oranje Kooperasie Bpk as Derde Respondent
ingedien. In sy gewysigde Kennisgewing van Mosie, gedateer 2 Junie 1989, het die
Landbank die volgendê regshulp aangevra:
"1. Dat verklaar word dat die Tweede
Respondent
verplig is om die volle opbrengs van die bedrag wat tot die krediet van die
insolvent, P J VAN DER R SCHREUDER, in die ledebelange-fonds,
uitgestelde
bonusfonds eh ledeheffingsfonds van die Derde Respondent gestaan het, aan die
Applikant oor te
betaal;
2. Dat verklaar word dat die Derde
Respondent
/10
10
as die houer van 'n sessie
in securitatem debiti
ten aansien van die
vordering wat die gemelde insolvent het teen die Derde Respondent vir die bedrag
wat tot die krediet van die
insolvent in die Derde Respondent se
ledebelange-fonds, uitgestelde bonusfonds en ledeheffingsfonds staan, nie
teenoor die Applikant
enige voorkeur geniet op die opbrengs van die vordering
aldus sedeer nie;
3. Dat verklaar word dat die Applikant ingevolge
die bepalings van artikel
34 (3) (b) van die
Landbankwet, Nr 13 van 1944, geregtig is om
op 'n vordering wat die insolvent het, ten spyte daarvan dat dit
in
securitatem debiti
verpand en sedeer is, beslag te lê;
4. Dat die volgende beslissings van die Eerste
Respondent geneem op 26
Julie 1988 in die
insolvente boedel van P J VAN DER R SCHREUDER,
hersien
en ter syde gestel word :
(a) Dat die Tweede Respondent se standpunt dat die Derde Respondent as
versekerde krediteur voorkeur geniet op die opbrengs van die
ledebelange-fonds,
uitgestelde
/11
11
bonusfonds en ledeheffingsfonds aan hulle sedeer, korrek is;
en (b) dat die Applikant se beswaar teen die Eerste Respondent se eerste
en
finale likwidasie- en distribusierekening nie gehandhaaf word nier
5. Dat die Tweede Respondent gelas word om die
opbrengs van die bedrag wat
tot die insolvent
se krediet in die ledebelange-fonds, uitgestelde bonusfonds en
ledeheffingsfonds by die Derde Respondent gestaan het, aan die Applikant
oor te
betaal,
alternatiewelik
dat die Applikant geregtig is om dit van die
Derde Respondent te vorder;
6. Dat die Tweede Respondent gelas word om die
koste van die aansoek te
betaal en dat sodanige
ander Respondent as wat die aansoek bestry,
gelas word om die koste gesamentlik en afsonderlik met die Tweede Respondent
te betaal;
7. Alternatiewe regshulp."
Die Oranje Kooperasie Bpk
het die aansoek bestry deur hom
te beroep op sy voorkeureis bo die Landbank deurdat die insolvent
/12
12
Schreuder ingevolge die vermelde gewysigde statute sy
ledebelange se krediete ten gunste van die Oranje Koöperasie Bpk in
securitatem debiti
sedeer het. Die Meester en die Trustee het nie die
aansoek geopponeer nie. Blykbaar het hulle hul by die uitspraak van die hof
berus.
Op 16 Junie 1989 het
STEENKAMP
R die Landbank se aansoek met koste
van die hand gewys. Met verlof van die Hof
a quo
kom die Landbank in
hoër beroep na hierdie Hof.
Vervolgens is die kernvraag in hierdie appel
of die Oranje Kooperasie Bpk as sessionaris op grond van die drie sessies
in
securitatem debiti
'n voorkeureis bo die Landbank op die opbrengs van die
insolvent Schreuder se krediete van sy ledebelange het ten spyte van die
Landbank
se beslaglegging kragtens art 34(3)(b) van die Wet op die insolvent
Schreuder se vorderingsreg teen die Oranje Kooperasie Bpk ten
aansien van die
opbrengs van sy ledebelange..
/13
13
Die Landbank is deur art 3(1) van die Wet met
regspersoonlikheid beklee. As 'n statutêre regspersoon hethy slegs daardie
bevoegdhede
wat deur wetgewing uitdruklik of by noodsaaklike implikasie aan hom
verleen is insluitend sodanige bevoegdhede wat redelikerwyse
gepaard gaan met
die doeltreffende uitoefening van sy statutêre bevoegdhede. Raadpleeg
East London Municipality v Legate
1915 AD 313
op bl 322,
Neale v East
London Municipality
1913 E D L 297
op bl 305,
Durban City Council v
Glenore Supermarket and Café
1981(1) SA 470 (D) op bl 478 C. Die
Landbank is onthef van die bepalings van ander wette wat op handelsbanke
betrekking het (Art
3(2) van die Wet). Hy is nie 'n handelsbank wat vir sy eie
gewin besigheid doen nie. Sy statutere bevoegdhede en verpligtinge word
nog deur
die bepalings van die Insolvensiewet No 24 van 1936 (sien art 90 daarvan)
nòg deur die bepalings van die Wet op Landboukrediet
No 28 van
/14
14
1966 (sien art 54 daarvan) geraak. Die hooffunksie van
die Landbank is om by wyse van geldelike steun uit o.a. openbare
fondse deur die Parlement toegesê die landbou in die algemeen
in Suid-Afrika te bevorder. Volgens art 25 van die Wet
maak die Landbank
in die reël 'n voorskot aan 'n boer op eerste
verband oor grond as
sekuriteit. Art 34 van die Wet,
soos gewysig, maak egter voorsiening vir die verlening van
h voorskot aan
'n boer vir die dryf van sy boerdery bloot aan
die hand van 'n voltooide
promesse.
Die relevante bepalings van art 34 van
die Wet lui soos volg :
"(1) Ondanks die bepalings van artikel 25 kan die raad aan 'n boer, by
voltooiing van
'n promesse deur hom, 'n voorskot verstrek ten einde hom in staat te stel om
die koste te bestry wat volgens die oordeel van die raad
in verband staan met
die produksie, bewerking, insameling, verwerking
/15
15
of bemarking van 'n oes deur hom of om skulde te delg wat deur hom aangegaan
is om sodanige koste te bestry, of om lewende hawe of
landboumasjinerie of ander
-implemente of -toerusting aan te koop en sodanige masjinerre of toerusting te
installeer. (2) Indien
-
(a) te eniger tyd betaling van 'n som geld,
verskuldig ten opsigte van 'n
voorskot
bedoel in subartikel (1), agterstallig
is, hetsy dit die hoofsom
of rente
daarop is; of
(b) ; of
(C)-----------------------; of
(d) die skuldenaar
insolvent raak of tot gevangenisstraf sonder die keuse van
'n boete gevonnis word, of vonnis vir die betaling van 'n som geld teen die
skuldenaar verkry word, of van sy bates by bevel van 'n
bevoegde hof eksekutabel
verklaar word of ingevolge 'n bevel van so
/16
16
'n hof of kragtens artikel 37 van die Wet op Landboukrediet, 1966 (Wet No 28 van
1966), in beslag geneem word of die onderwerp word
van 'n opdrag kragtens
subartikel (1) van genoemde artikel 37; of (e) - - - - - - - - - - - - - -;
of
(f) ; of
(g) - ; of
(gA) - - - - - - ; of
(h) - - ; of
(i) ,
kan die raad volgens voorskrif van subartikel
(3)
handel. (3) Wanneer die een of ander omstandigheid
bedoel in subartikel (2) ontstaan, kan
die raad -
(a) ;
(b) na verstryking van sewe dae nadat
terugbetaling van die voorskot per aangetekende brief gevorder is, gerig na die
adres van die
skuldenaar wat in die vorm van aansoek om die voorskot
/17 ,
17
aangegee is, sonder geregtelike proses 'n balju of enige ander persoon deur
die raad vir die doel aangewys, aansê om soveel
van die roerende goed van
die skuldenaar in beslag te neem en (hetsy sodanige balju of sodanigê
ander persoon 'n gelisensieerde
afslaer is al dan nie) by openbare veiling te
verkoop as wat nodig is om die bedrag te delg wat ten opsigte van die voorskot,
tesame
met rente en koste ten aansien daarvan, verskuldig is, of kan die raad
self die goed waarop aldus beslag gelê is, by openbare
tender verkoop op
die voor-waardes wat hy bepaal;. (c) indien daar na die verkoping van al die
beskikbare roerende goed van die skuldenaar
ingevolge paragraaf (b), nog 'n
bedrag ten opsigte van die voorskot en genoemde rente en koste verskuldig is, na
behoorlike kennis-gewing
aan verbandhouers, en sonder
/18
18
geregtelike proses, maar behoudens die bepalings van subartikel (4), op enige
onroerende goed van die skuldenaar beslag lê deur
skriftelike kennisgewing
daarvan per geregistreer-de brief, gerig "aan die skuldenaar na die adres bedoel
in paragraaf (b), en aan
die betrokke registrateur van aktes, wat die
beslaglegging in sy registers moet laat aanteken, en kan die raad na goeddunke,
maar
behoudens die bepalings van genoemde subartikel (4), genoemde onroerende
goed op die voorwaardes wat hy billik ag, by openbare veiling
laat verkoop deur
'n afslaer of balju, hetsy daardie balju 'n gelisensieerde afslaer is al dan
nie; (d) die onroerende goed bedoel
in para-graaf (c) wat verkoop is, aan die
koper transporteer en aan hom 'n
regsgeldige titel daarop gee, al is dit dan verhipotekeer of
/19
19
onderhewig aan 'n retensiereg of be-
swaring ten gunste van iemand
anders,
en sonder om die titel-
bewys aan die registrateur van
aktes oor te
lê, mits gesertifi-
seer word dat die raad daardie titelbewys nie kon
kry nie; en
(e) .
(4) .
(5) Die opbrings van 'n verkoping bedoel
in subartikel (3) (b), word, na betaling van die koste aangegaan in verband met
die inbeslagneming en verkoping, aangewend ter vermindering
of delging van die
bedrag wat ten opsigte van die voorskot, tesame met rente en koste ten aansien
daarvan, verskuldig is, en as daar
'n oorskot is, word dit aan die skuldenaar of
sy regsverteenwoordiger uitbetaal,
(6) Die opbrings van 'n verkoping bedoel in
subartikel 3 (c), word, na
betaling van
die koste aangegaan in verband met
die
/20
20
inbeslagneming en verkoping, en na betaling van die bedrag
verskuldig ingevolge 'n verband of ander saaklike reg, aangewend ter
vermindering
of delging van die bedrag
wat ten opsigte van die voorskot, tesame
met rente en koste ten aansien daarvan,
verskuldig is, en as daar 'n oorskot is,
word dit ooreenkomstig die bepalings van
artikel 56 uitbetaal.
(7) .
(8) .
(9) .
(10) ."
Die woord "raad" in art 34 van die wet slaan op die raad
van
die Landbank wat laasgenoemde se orgaan is deur wie hy handelinge
verrig.
In hierdie Hof het adv.
Maritz
namens die Landbank aangevoer
dat die woorde "roerende goed van die skuldenaar" in art 34(3)(b) die Landbank
magtig om op roerende
goed van 'n skuldenaar beslag te lê en by openbare
veiling
/21 ......
21
te laat verkoop ongeag of die skuldenaar se eiendomsreg deur
die regte van ander persone beperk is of nie. Dit is die Wetgewer se
bedoeling
soos vas te stel is aan die hand van die volgende oorwegings:
1.
Art 34(3)(b) maak geen
melding van ander persone se regte oor die roerende goed nie. Ek sal straks met
die vertolking van art 34(3)(b)
handel.
2.
Art
34(5) maak voorsiening daarvoor dat enige balans wat beskikbaar word nadat die
skuldenaar se roerende goed
te gelde gemaak is en
die Landbank se voorskot betaal is aan die skuldenaar of sy regsverteenwoordiger
uitbetaal moet word. Daar is
geen verwysing na ander reghebbendes nie. Ek mag
daarop wys dat "sy regsverteenwoordiger" eintlik 'n baie ongelukkige woordkeuse
deur die Wetgewer
/22
22
is omdat in die konteks van art 34(2) persone soos trustee van
die skuldenaar se insolvente boedel, geregtelike bestuurder of likwidateur
van
'n skuldenaar-maatskappy blykbaar onder "sy regsverteenwoordiger" tuisgebring
moet word ofskoon nie een van hulle regtens sy
ver-teenwoordiger is nie.
Bowendien waar die skuldenaar se boedel gesekwestreer is, kan daar tegnies nie
sprake wees van "die skuldenaar
se roerende goed" nie omdat die eiendomsreg van
'n insolvent se roerende bates volgens art 20(1)(a) van die Insolvensiewet No 24
van 1936 in die trustee van sy insolvente boedel vestig.
3. In art 34(3)(c),(d) en (6) hou die Wetgewér wel rekening met die
bestaan van 'n verband of ander saaklike reg oor "die onroerende
goed van die
skuldenaar". Dit is volgens adv.
Maritz
'n sterk aanduiding dat die
Wetgewer
/23
23
in art 34(3)(b) en (5) bedoel het dat daar nie rekening gehou moes word met
die bestaan van ander persone se regte t.o.v. die skuldenaar
se roerende goed
nie. Hierdie argument hou egter nie rekening met die besondere posisie van
onroerende goed volgens ons stelsel van
grond-registrasie kragtens die bepalings
van die Registrasie van Akteswet No 47 van 1937 nie. Afgesien van die
grondregister is daar
ook ander registers van verbande, huurkontrakte,
servitute, prospekteerkontrakte, minerale regte ens. Dat daar by die
beslaglegging
en tegelde-making van die "onroerende goed van die skuldenaar"
rekening gehou moet word met die saaklike regte van ander persone
is in
ooreenstemming met erkende regspraktyk. Aan daardie regspraktyk het die Wetgewer
tereg erkenning verleen in art 34(3)(c), (d)
en (6).
/24
24
4. In art 34
bis
, wat ingevoeg is deur art 16 van
Wet
No 47 van 1959 en daarna verskeie kere gewysig is totdat
dit herroep is deur art 4 van Wet No 52 van 1975, het
die Wetgewer in subartikel (1) daarvan uitdruklik voorsiening
gemaak vir die verlening deur die Landbank van 'n voorskot
aan 'n boer uit hoofde van 'n hipoteek oor roerende goed
"waarvan die applikant die eienaar is en ten opsigte
waarvah hy die gebruiks- en beskikkingsreg besit".
Hierdie spesiale metode om 'n voorskot aan 'n boer uit
hoofde van 'n hipoteek oor sy roerende goed te verleen,
is deur die Wetgewer herroep. Na my oordeel werp
die herroepe art
bis
34 se bepalings egter geen lig
op die betekenis van die "roerende goed van die skuldenaar"
in art 34(3)(b) nie.
Dit bring my by die vertolking van art
/25
25
34(3)(b). Die bewoording daarvan moet in die gewone,
grammatikale betekenis daarvan verstaan word tensy dit uit die samehang van die
Wet sou blyk dat so 'n vertolking aanleiding tot 'n absurditeit sou gee of tot
'n resultaat sou lei wat strydig met die bedoeling
van die Wetgewer sou wees, in
welke geval
'n hof bevoeg sou wees om van die gewone grammatikale betekenis
van die bewoording af te wyk ten einde aan die duidelike bedoeling
van die
Wetgewer gevolg te gee. Raadpleeg R
v Venter
1907 TS 910
op bl 915,
Shenker v The Master and Another
1936 AD 136
op bl 142,
Ebrahim v
Minister of the Interior
1977(1) SA 665 (A) op bl 678 A - G.
In die
onderhawige geval is die bewoording van art 34(3)(b) volgens sy gewone,
grammatikale betekenis ondubbelsinnig, nl. om aan die
Landbank 'n bevoegdheid
van parate eksekusie te verleen sodat hy sonder geregtelike proses beslag kan
lê op soveel van "die
roerende goed van die
/26
26
skuldenaar" en dit by openbare veiling te laat verkoop
as
wat nodig is om die betrokke voorskot te delg. Die Landbank
kan self
die "roerende goed van die skuldenaar" waarop beslag
gele is by openbare
veiling verkoop. "Roerende goed" is
'n regstegniese begrip wat roerende sake
of bates beteken.
'n Eienaar van roerende sake se eiendomsreg kan volle
eiendomsreg
(
dominium plenum
) of beperkte eiendomsreg (
dominium
minus
plenum
) wees. Waar die Landbank sy bevoegdheid van
parate
eksekusie t.o.v. "roerende goed van die skuldenaar"
uitoefen,
behoort dit geen probleme te skep waar die skuldenaar
slegs
beperkte eiendomsreg het nie. Dit kan aan die hand van
h voorbeeld
toegelig word. Veronderstel die skuldenaar
het van sy oorlede vader 'n plaas
met vee onderhewig aan die
vruggebruik van sy langslewende moeder geërf.
Kan die Landbank
op die vee beslag laat lê en ditin eksekusie laat
verkoop
asof die skuldenaar volle eiendomsreg daaroor het met
volkome
/27
27
verontagsaming van die weduwee moeder se lewenslange
vruggebruik daaroor
? Gemeenregtelik sou die Landbank slegs op die
skuldenaar se beperkte eiendomsreg kon beslag lê en in eksekusie verkoop.
M.a.w.
die Landbank sou die vee
onderhewig
aan die lewenslange
vruggebruik van die weduwee moeder in beslag laat neem en verkoop. Daar is
immers 'n vermoede teen die wysiging
van die bestaande reg deur 'n statuut
andersins as wat duidelik aangedui word. Raadpleeg
Protective Mining &
Industrial Equipment Systems (Pty) Ltd v Audiolens (Cape) (Pty) Ltd
1987 (2)
SA 961
(A) op bl 991
in fine
- 992 A. Bowendien is dit 'n erkende
beginsel by die vertolking van statute dat 'n duidelike bepaling nodig is om 'n
bestaande reg
weg te neem.
Rose's Car Hire (Pty) Ltd v Grant
1948(2) SA
466 (A) op bl 471
in fine
,
Vrystaat Ko-operasie Bpk v Minister van
Landbou-ekonomie en - bemarking en 'n Ander
1965(3) SA 377 (A) op bl 382.
Nergens kan ek in art 34(3)(b) of elders
/28
28
in die Wet enige bepaling vind wat uitdruklik of by implikasie
die Landbank die bevoegdheid sou gee om die lewenslange vruggebruik
van die
weduwee moeder oor die vee as niebestaande te ignoreer en te vernietig nie. Ek
kom derhalwe tot die gevolgtrekking dat die
betoog van adv.
Maritz
nie
opgaan nie.
Dit is erkende reg dat die verpanding van vorderingsregte deur
sessie
in securitatem debiti
geskied. Dit gebeur wanneer 'n skuldenaar sy
vorderingsreg aan sy skuldeiser sedeer ter versekering van die hoofskuld wat hy
aan
sy skuldeiser verskuldig is. Die skuldenaar behou as sedent die
dominium
van sy vorderingsreg terwyl die sessionaris die bevoegdheid
verkry om die gesedeerde vorderingsreg uit te oefen indien daar wanbetaling
van
die hoofskuld deur die sedent is. Bowendien by insolvensie van die sedent het
die sessionaris 'n versekerde sekuriteit wat aan
hom 'n voorkeurreg verleen. Die
dominium
van die
/29
29
sedent is 'n "reversionary interest" op die vorderingsreg
terwyl die sessionaris 'n beperkte saaklike reg op die vorderingsreg het
om dit
uit te oefen of in te stel waar daar wanbetaling van die hoofskuld is. Bly daar
'n balans oor nadat ,die hoofskuld betaal
is, kan die sedent op grond van sy
"reversionary interest" daarop aanspraak maak. Raadpleeg
National Bank of
South Africa Ltd v Cohen's Trustee
1911 A D 235
op bl 254,
Leyds N 0 v
Noord-Westelike Kooperatiewe Landboumaatskappy Bpk en Andere
1985(2) SA 769
(A) op bl 780 B,
Marais en Andere N N 0 v Ruskin N O
1985 (4) SA 659
(A)
op bl 669 I - 670 A,
Bank of Lisbon and S A Ltd v The Master & Others
1987(1) S A 276 (A) op bl 294 I,
Sasfin (Pty) Ltd v Beukes
1989(1) SA 1
(A)'op bl 9 H-J.
In die onderhawige geval het die "reversionary interest" van Schreuder in die
Trustee van sy insolvente boedel gevestig. Daarop kon
die Landbank
/30
30
wel beslag laat lê maar die Landbank kon nie beslag laat
lê op die gesedeerde vorderingsregte wat die Oranje Kooperasie
Bpk as 'n
versekerde sekuriteit gehou het nie. Die Oranje Koöperasie Bpk kon hom in
die onderhawige geval derhalwe tereg op
sy voorkeureis bo die Landbank beroep.
Dit volg dat die Hof
a quo
tereg die Landbank se aansoek met koste
verwerp het.
Die resultaat is dat die appèl afgewys word met koste
insluitende die koste van twee advokate.
SMALBERGER AR C P JOUBERT AR.
EKSTEEN AR Stem saam.
PREISS Wn AR
KRIEGLER Wn AR