S v Kubheka and Another (333/90) [1991] ZASCA 36 (27 March 1991)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Role of co-accused in murder — Appellants convicted of murder based on circumstantial evidence and witness testimony — First appellant's testimony inconsistent with that of key witness, while second and third appellants did not testify — Court finds sufficient evidence to uphold convictions despite lack of direct evidence against second and third appellants — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 36
|

|

S v Kubheka and Another (333/90) [1991] ZASCA 36 (27 March 1991)

Saak nr 333/90
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APP
è
LAFDELING)
In die saak tussen
GLOW BHEKI KUBHEKA
Eerste
Appellant
NICHOLAS SHEZI
Tweede
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: E M GROSSKOPF, F H
GROSSKOPF, NIENABER, ARR
VERHOOR
: 19 Februarie 1991
GELEWER
: 27 Maart 1991
UITSPRAAK
2
E M GROSSKOPF AR
Die twee appellante, albei
volwasse mans, is saam met ene Esther Mabona, 'n 22-jarige vrou, in
die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling
van moord aangekla. Mabona was
die eerste beskuldigde, en die twee appellante nommers twee en drie
onderskeidelik. Gerieflikheidshalwe
sal ek gewoonlik na die
appellante verwys volgens hul beskrywings in die hof
a quo
. Al
drie beskuldigdes het onskuldig gepleit. Na 'n verhoor voor IRVING
STEYN WR en twee assessore is al drie beskuldigdes skuldig
bevind aan
moord. Ten opsigte van die eerste beskuldigde het die hof
a quo
versagtende omstandighede bevind, en sy is gevonnis tot 6 jaar
gevangenisstraf. Geen versagtende omstandighede is bevind met
betrekking
tot dië tweede en derde beskuldigdes nie, en hulle is
ter dood veroordeel. Met die nodige verlof kom die tweede en derde
beskuldigdes
hou in hoër beroep teen hul skuldigbevindings en
vonnisse. Die eerste beskuldigde het nie geappelleer nie.
Dit blyk uit die getuienis dat die
eerste beskuldigde swanger was as gevolg van 'n liefdesverhouding met
ene Samuel
3
Mofokeng. Mofokeng was egter reeds
getroud volgens inheemse gebruik met die oorledene, 'n 19-jarige
vrou, by wie hy twee kinders gehad
het. Dit is duidelik dat die
oorledene se dood uit hierdie liefdesdriehoek gespruit het. Die moord
op die oorledene was wreed en
grusaam. Op 24 Julie 1987 is haar lyk
gevind, kop na onder, in die put van 'n buite-kleinhuisie naby
Bapsfontein. Haar hande was
agtër haar rug vasgebind met nylon
tou. Daar was vier plastieksakke oor haar kop wat om die nek
vasgebind was met nylon tou.
Gedeeltes van die plastieksakke asook
van haar voorkop, wange, ken en lippe, was deur gediertes weggevreet.
Daar was 'n hemotoom
onder die kopvel, oor die voorkop en oor die
regter agterhoof, wat 'n aanduiding was van 'n val of 'n hou teen die
kop. Volgens die
mediese getuienis het hierdie hoofbesering egter nie
die oorledene se dood veroorsaak nie - sy is dood as gevolg van
asfiksie veroorsaak
deur die plastieksakke oor haar kop.
Die vraag vir beslissing in die
appél teen die skuldigbevindinge is watter rol, indien enige,
die tweede en
4
derde beskuldigdes by hierdie
moord gespeel het. Die saak teen hulle berus hoofsaaklik op die
getuienis van die Staatsgetuie Morris
Selolo. Dit kan soos volg
weergegee word. Gedurende Julie 1987 het Selolo in 'n hostel in
Tembisa gewoon. Op 8 Julie het beskuldigde
no. 3 hom daar besoek. Op
no. 3 se versoek het Selolo toegestem om hom die volgende dag te
vervoer na Kaalfontein waar no. 3 geld
sou gaan haal. Hulle het
ooreengekom op 'n vergoeding van R100.
Die volgende oggend (9 Julie) het
Selolo vroeg na no. 3 se woonplek gery, en hom in die straat gekry.
No. 3 het in Selolo se motor
ingeklim en beduie waarheen hulle moes
gaan. Hulle het 'n man langs die pad sien staan, en no. 3 het Selolo
versoek om stil te hou
om die persoon op te laai. Selolo het so
gemaak en die persoon het ingeklim. Dit.was beskuldigde no. 2. Selolo
het hom nie voorheen
geken nie.
Nadat hulle no. 2 opgelaai het,
het no. 3 weer beduie waarheen hulle moes gaan. Uiteindelik het hulle
by beskuldigde no. 1 se huis
uitgekom. Selolo het haar ook nie
voorheen geken
5
nie. No. 3 het aan no. 1 se
venster geklop, en mettertyd het sy uitgekom. Sy het ook in die motor
geklim, en het voor langs Selolo
gesit. No. 3 het gesê dat daar
nog 'n persoon was wat saam met hulle Kaalfontein toe moet gaan, en
dat die persoon woonagtig
was te Mfuyaneng, 'n seksie van Tembisa.
Hulle het verder gery, maar toe was dit no. 1 wat die roete aangewys
het. Mettertyd het
no. 1 'n huis aangewys as die woning van die
persoon wat hulle moes oplaai. Selolo het voor die hek stilgehou,
maar no. 3 het hom
aangesê om agteruit te ry, en nie voor die
hek te staan nie. Selolo het gevra hoekom nie, en no. 3 het
geantwoord dat hy nie
die mense in die huis wou pla nie, aangesien
hulle nog geslaap het, en dat die persoon wat opgelaai moet word sou
weet dat hulle
daar wag.
Na ongeveer twintig minute het 'n
vrou by die huis uitgekom en in die straat afgestap in die
teenoorgestelde rigting van waar die
beskuldigdes was. Soos later sal
blyk was dit die oorledene. No. 3 het uitgeklim en agter haar
aangestap. Toe hy by haar kom het
hy sy arm om haar skouers gesit en
haar as
6
"sweetheart"
aangespreek. No. 3 het probeer om haar na die voertuig te bring, maar
sy het haar teengesit. No. 1 het toe
vir Selolo gesê om
vorentoe te ry sodat die oorledene hulle kon sien. Selolo het gery
tot waar no. 3 en die oorledene was en
daar stilgehou. No. 2 het
uitgeklim en na no. 3 gestap. Toe die oorledene no. 1 in die motor
sien het sy egter ontspan en rustig
in die motor ingeklim. Sy en no.
1 het mekaar gegroet en het duidelik mekaar geken. Die oorledene het
op die agterste sitplek tussen
no. 2 en no. 3 gesit.
Nadat almal in die motor was het
Selolo na Kaalfontein gery. Toe hulle daar kom het hy vir no. 3 gevra
waarnatoe hy moes gaan. No.
3 het geantwoord dat no. 1 die plek ken,
en aan Selolo sou beduie hoe om te ry. No. 1 het toe verder beduie,
totdat hulle by 'n stat
in Bapsfontein gekom het. Dit was ongeveer 25
km van die huis waar die oorledene opgelaai was. Die stat het
blykbaar bestaan uit
'n paar huisies wat 'n entjie uitmekaar gelee
was. Selolo het geen ander mense by die stat gesien nie maar daar was
'n geparkeerde
motor.
7
By die stat het no. 1 vir Selolo
na 'n huis beduie waar hy geparkeer het. No. 1 het uitgeklim en die
oorledene gewink om haar te vergesel.
Die twee yroue het geloop na
die werf van 'n sinkhuis waar daar 'n vuur gebrand het. Hulle het
langs die vuur gaan sit. Selolo en
nos. 2 en 3 het in die motor
gebly. Nadat die twee vroue lank daar sit en gesels het, het hulle
opgestaan en weggeloop. Selolo kon
nie sien waarheen hulle is nie.
Na 'n ruk het no. 1 alleen na die
motor teruggekeer. Sy het no. 2 geroep en hulle is saam in die
rigting waarin no. 1 en die oorledene
vroeër geloop het. Na nog
'n ruk het no. 1 weer alleen na die motor gekom en vir no. 3 geroep.
Hulle het omgeloop agter die
huis en Selolo kon hulle nie verder sien
nie.
Nadat no. 1 en no. 3 lank weg was,
het al drie die beskuldigdes na die motor teruggekeer. Die oorledene
was nie saam met hulle nie.
Toe hulle by die voertuig kom, het no. 3
gesê dat hulle die ding gekry het wat hulle gesoek het (d.w.s.
geld), en dat hulle
huis toe kon ry. Selolo het hom gevra waar
8
die oorledene was, en no.'3 het
geantwoord: "Nee, jy hoef nie daaroor bekommerd te raak nie, die
reëling was sy moet hier
agterbly." Selolo het in geen
stadium enige gegil 'of geskreeu gehoor nie.
Die groep is toe terug na Tembisa
toe. Seloló het die beskuldigdes by hul wonings afgelaai. No.
3 het hom nooit betaal vir
die rit nie.
Soos reeds gemeld is die oorledene
se lyk in 'n buite-kleinhuisie gevind op 24 Julie. Die kleinhuisie
was in die stat waar die beskuldigdes
op 9 Julie was, en, volgens 'n
foto wat as bewysstuk voor die hof was, wil dit voorkom dat dit nie
meer as 100 m of so van die punt
was waar Selolo se motor volgens hom
geparkeer was nie. Die polisie het die lyk gevind nadat no. 1 die
kleinhuisie aan hulle uitgewys
het.
Selolo se getuienis was dat hulle
nie per toeval op hierdie stat afgekom het nie. Hy is spesifiek
soontoe gelei. En dit is waar die
moord plaasgevind het. Hoewel die
stat dus die middelpunt van die gebeure was, het die Staat geen
getuienis
9
aangebied oor wat die aard daarvan
is nie - hoeveel huise daar is; of hulle bewoon word, en indien wel,
hoeveel mense daar woon; of
enige inwoners 'n verbintenis het met die
partye; of daar iemand teenwoordig was in die stat gedurende die
oggend van 9 Julie; wie
dit was wat die brandende vuurtjie daar
gelaat het, e.d.m. Die afwesigheid van hierdie gegewens maak dit baie
moeiliker om 'n duidelike
prentjie van die gebeure te vorm, soos
later sal blyk.
Die enigste beskuldigde wat getuig
het, was no. 1. Haar getuienis was kortliks soos volg. Gedurende
Julie 1987 het Mofokeng opgehou
om vir haar geld te gee. Sy was siek
en moes hospitaal toe gaan. Sy het toe vir no. 3, wat 'n vriend van
Mofokeng was, om geld gevra.
Hy het gesê dat hy Donderdag na
haar sou kom.
Op die betrokke Donderdagoggend 9
Julie, terwyl sy nog in die bed was, het sy 'n toeter buite haar huis
gehoor. Sy het deur haar venster
gekyk en no. 3 in 'n geparkeerde
motor buite haar huis gesien. No. 2 en Selolo was ook in die motor.
Sy het
10
uitgegaan en in die motor geklim
in die waan dat hulle haar moontlik hospitaal toe sou neem. Hulle het
egter eers na die huis in Mfuyaneng
gegaan. No. 1 het nie die huis
geken nie. Na 'n rukkie het die oorledene uit die huis gekom. No. 1
het haar nie vantevore geken nie.
No. 3 het agter die oorledene
aangegaan, en haar, met no. 2 se hulp, in die motor gedwing. Onder
kruisverhoor het no. 1 getuig dat
no. 3 toe gesê het dat dit
die dame is wat 'n verhouding met no. 1 se kêrel het. Volgens
no. 1 het sy nie voorheen geweet
dat Mofokeng 'n verhouding met 'n
ander vrou het nie.
Die bestuurder het toe weggery in
die rigting van Kaalfontein. No. 1 was steeds onder die indruk dat sy
hospitaal toe gaan. Die bestuurder
het aangery tot by Bapsfontein
waar hy uit sy eie by die stat stilgehou het. Np. 1 het die plek glad
nie geken nie.
No. 2, no. 3 en die oorledene het
uit die motor geklim. Die twee mans het die oorledene vasgehou en met
haar weggestap. No. 3 het
toe 'n plastieksak opgetel. Hulle het agter
'n huis
11
verdwyn.
Na omtrent 'n uur het no. 2 en no.
3 sonder die oorledene teruggekeer. No. 1 het nie vir hulle gevra wat
van die oorledene geword
het nie en hulle het nie gesê nie. Die
drie beskuldigdes en Selolo is toe terug Tembisa toe.
Soos reeds aangedui, het
beskuldigdes 2 en 3 verkies om nie getuienis af te lê nie.
In sy uitspraak het die hof
a
quo
die volgende met
betrekking tot Seloló se
getuienis gesê:
"We have examined it ... with
a microscope, more or less. We find not a single contradiction, not a
single improbability and
not a single reason for faulting him in any
respect whatsoever. 'He was a completely satisfactory witness ... We
are satisfied that
he told the truth to the best of his ability ..."
Gedurende argument voor ons is
hierdie bevinding nie ernstig
aangeveg nie en ek meen dit word
ten volle deur die rekord
geregverdig.
Wat no. 1 betref, het die hof haar
beskryf as "a most
unsatisfactory witness" maar
bygevoeg "... we see no reason
12
whatsoever not to accept the
evidence of accused no. 1 in so far
as it supports or is consistent
with the evidence given by Morris
Selolo." Vir huidige
doeleindes is hierdie laaste kwalifikasie
nie van veel belang nie - no. 1 se
getuienis wat nos. 2 en 3
impliseer is deurgaans teenstrydig
met dié van Selolo - en die
hof se algemene kritiek op no. 1
se getuienis is duidelik korrek.
Aangesien die korrektheid van haar
skuldigbevinding nie tans ter
sprake is nie, is ek nie
voornemens om verder in te gáan op die
getuienis teen haar nie.
Wat die Staat se saak teen die
tweede en derde
beskuldigdes betref, is daar
hoofsaaklik die getuienis van
Selolo, saam met die verdere
faktor dat hierdie beskuldigdes nie
self getuig het nie. Die gewig wat
geheg kan word aan h
beskuldigde se versuim om te
getuig is soos volg gestel in
S v
Mthetwa
1972(3) SA 766 (A)
op bl. 769 B-F:
"(a),Where the State case
against an accused is based upon circumstantial evidence and depends
upon the drawing of inferences
therefrom, the extent to which his
failure to give evidence may strengthen the inference against him
usually depends upon various
13
considerations. These include the
cogency or otherwise of the State case, after it is closed, the ease
with which the accused could
meet it if innocent, or the possibility
that the reason for his failure to testify may be explicable upon
some hypothesis unrelated
to his guilt; see
R v Ismail
,
1952(1) SA 204 (AD) at p. 210, and
S v Letsoko and Others
,
1964(4) SA 768 (AD) at p. 776B-D.
(b) Where, however, there is
direct
prima facie
evidence implicating the accused in the
commission of the offence, his failure to give evidence,
whatever
his
reason may be
for such failure, in general
ipso
facto
tends to strengthen the State case, because there is then
nothing to gainsay it, and therefore less reason for doubting its
credibility
or reliability; see
S v
Nkombani and Another
,
1963(4) SA 877 (AD) at p. 893G, and
S v Snyman
, 1968(2) SA 582
(AD) at p. 588G. In the latter case this Court went on to say, at p.
588H,
'The ultimate requirement of
course, is proof of guilt beyond reasonable doubt; and this depends
upon an appraisal of the totality
of the facts, including the fact
that he did not give evidence.'"
In die onderhawige geval het
Selolo direkte getúienis
gelewer wat beskuldigdes 2 en 3
impliseer. Hierdie getuiënis is
tereg deur die hof
a quo
as
geloofwaardig aanvaar, en is nie
deur die appellante weerspreek
nie. In ooreenstemming met die
beginsel gemeld in paragraaf b)
van die aanhaling uit
Mthetwa
se
saak hierbo
meen ek dat hierdie app
èl
dus beslis
moet word op die
14
basis dat Selolo se getuienis in
alle wesentlike opsigte korrek is.
Selolo was egter nie 'n ooggetuie
tot die moord nie. Sy getuienis bied slegs materiaal wat, tesame met
ander bewese of erkende feite,
tot 'n afleiding mag lei dat die
appellante aandadig aan die moord was. Die mate waartoe die
appellante se versuim om te getuig so
'n afleiding versterk hang dus
af van die faktore behandel in paragraaf a) van die gemelde
aanhaling.
Namens die appellante is daar twee
hoofbetoë gelewer. Die eerste, wat namens beskuldigde 2 geopper
is, berus op die tydsverloop
tussen die datum van die besoek aan die
stat waaroor Selolo getuig (9 Julie) en die datum waarop die lyk van
die oorledene gevind
is (24 Julie). In hierdie verband is daar betoog
dat daar geen toelaatbare getuienis was van die tyd van die oorledene
se dood nie,
wat op enige tydstip tussen 9 Julie en 24 Julie kon
plaasgevind het. Hierdie betoog is ook aan die hof
a quo
voorgedra wat as volg bevind het:
"... there is only one
inference to be drawn from all
15
the facts and circumstances, which
exclude any other inference but the one which we have drawn, and that
is that.on 9th July the deceased
met her death and at no other time.
The submission that it may have happened some time later and that her
death may have been caused
by somebody else, can be relegated to the
wildest speculation."
Dit is nie vir my duidelik hoe
daar hoegenaamd
geargumenteer kan word oor die
datum van die oorledenê se dood
nie. Reg by die aanvang van die
verhoor het al die beskuldigdes
die volgende erkennings,
inter
alia
, gemaak:
"2. Dat die oorledene op 9
Julie 1987 gesterf het as gevolg van beserings wat sy opgedoen het op
9 Julie 1987 te Bapsfontein,
in die distrik Kempton Park.
3. Dat die liggaam van die
oorledene geen
verdere beserings'Opgedoen het nie
vanaf die tydstip waarop sy die beserings opgedoen het op 9 Julie
1987 totdat 'n lykskouing op
29 Julie 1987 daarop uitgevoer is."
Die hof
a quo
en die partye
het blykbaar uit die oog
verloor dat die datum van die
oorledene se dood glad nie in
geskil was nie. Maar, hoe dit ook
al sy, ek,meen daar was in elk
geval genoeg getuienis om die
afleiding te regverdig dat die
oorledene reeds op 9 Julie vermoor
was. Dit klink uiters
16
onwaarskynlik dat die drie
beskuldigdes die oorledene na die stat in Bapsfontein sou neem, haar
daar sou laat, en dat iemand anders
haar dan daar sou vermoor. Die
toestand waarin die lyk gevind was, was aanduidend dat die moord 'n
ruk voor 24 Julie moes plaasgevind
het. Daarbenewens gee no. 1 in
haar getuienis duidelik te kenne dat die moord op 9 Julie plaasgevind
het. Hierdie aspek is nie deur
nos. 2 of 3 in getuienis ontken nie.
Indien die oorledene ongedeerd was toe hulle haar daar gelaat het,
sou dit baie maklik vir hulle
gewees het om dienooreenkomstig te
getuig - 'n faktor wat die gevolgtrekking versterk dat die moord
inderdaad tydens die besoek op
9 Julie gepleeg is (vgl. paragraaf a)
van die passasie uit
S v Mthetwa
hierbo).
Die tweede hoofargument wat namens
nos. 2 en 3 aan ons voorgedra is, is dat daar nie bewys was dat
elkeen van hulle aandadig aan die
moord was nie. Om hierdie argument
na waarde te skat is dit nodig om eers te bepaal watter afleidings bo
redelike twyfel teen hierdie
beskuldigdes uit die staatsgetuienis
17
gemaak kan word.
Ter aanvang is dit duidelik, myns
insiens, dat die drie beskuldigdes vooraf beplan het om die oorledene
op 9 Julie voor te lê
en na die stat in Bapsfontein te neem.
Wat hul doel hiermee was is egter minder duidelik. Klaarblyklik het
dit iets te doen gehad
met die liefdesdriehoek tussen no. 1, die
oorledene en Mofokeng, maar wat presies no. 1 met die besoek beoog
het is duister. Dit
is natuurlik moontlik dat die drie beskuldigdes
van die begin af die oogmerk gehad het om die oorledene te vermoor,
maar in die geheel
gesien lyk dit taamlik onwaarskynlik. Volgens die
karige inligting wat ons omtrent die stat in Bapsfontein het, lyk dit
nie na 'n
baie gunstige plek vir 'n moord nie. Die stat was blykbaar
nie onbewoon nie: op die oggend van 9 Julie was daar 'n geparkeerde
motor
en 'n brandende vuurtjie. Volgens no. 1 se getuienis het die
polisie op 24 Julie, net voor hulle die lyk ontdek het, 'n kers by
die
inwoners van een van die huise in die stat gaan vra. Daar is geen
rede waarom sy hieroor sou lieg nie, en haar getuienis word inderdaad
tot 'n mate gestaaf deur
18
konst. Feleza, wat getuig het dat
hy die lyk van die oorledene in die lig van 'n kers gesien het.
Hierdie getuienis is 'n verdere
aanduiding dat daar mense in die stat
gewoon het. Dit laat dan die vraag ontstaan: hoekom sou die drie
beskuldigdes die oorledene
25 km van Tembisa na 'n bewoonde stat in
Bapsfontein vervoer as hulle die oogmerk gehad het om haar te
vermoor? Daar moes tog baie
plekke gewees het wat nader aan Tembisa
en meer verlate was. Natuurlik, daar mag redes gewees het hoekom
Bapsfontein uitgekies was
wat nie onversoenbaar met 'n voorafbeplande
moord is nie. Die inwoners van die stat mag vriende of familie van
een of meer van die
beskuldigdes gewees het, of kon moontlik deel van
die komplot gewees het. Dit is egter blote bespiegeling - daar is
geen getuienis
om dit aan te dui nie. Daarbenewens, as 'n mens
veronderstel dat een of meer van die inwoners van die stat moontlik
saam met beskuldigde
no. 1 deelgeneem het aan 'n komplot teen die
oorledene, is dit moeiliker om afleidings te maak oor wie almal vir
die oorledene se
moord verantwoordelik was.
Pro tanto
sou dit
enige afleiding
/
19
verswak
dat dit noodwendig die tweede en derde beskuldigdes moes gewees het.
Indien
daar getuienis was dat die drie beskuldigdes die moordwapens (die
plastieksakke en die nylon-tou) saam met hulle Bapsfontein
toe geneem
het, mag dit 'n aanduiding gewees het dat hulle die moord vooraf
beplan het. Daar was egter geen sodanige getuienis nie.
Natuurliký
hulle kon die sakke en die tou êrens in hul klere weggesteek
het, maar dit is ewe moontlik dat hierdie artikels,
wat gewone
gebruiksartikels is, in die stat gekry is, net soos konstabel Feleza
die kers daar gekry het.
'n Verdere
faktor wat aandui dat daar moontlik nie vooraf beplan was om die
oorledene te vermoor nie, is no. 1 se optrede by die stat.
Die eerste
wat sy doen is om alleen 'n lang gesprek met die oorledene by die
vuur te voer. 'n Mens kan alleen raai oor wat daar bespreek
is:
moontlik die toekoms van elk se verhouding met Mofokeng, of miskien
bloot die finansiële implikasies van die kind wat no.
1 verwag
het. Hoe dit ook al sy, as die drie beskuldigdes vooraf beplan het om
die oorledene
20
te vermoor, kom dit eienaardig
voor dat no. 1 eers 'n lang private gesprek met haar sou voer. En dit
kom nog eienaardiger voor dat
sy dan alleen met die oorledene agter
die geboue sou verdwyn. Daar is niks om aan te dui dat no. 1 bewapen
was nie. Sy was ver swanger,
en volgens haar onbetwiste getuienis nie
gesond nie. As sy en haar mede-beskuldigdes beplan het om die
oorledene te vermoor, sou
'n mens verwag het dat een of albei van
hulle by haar sou aangesluit het, ten laatste toe sy uit Selolo se
gesigsveld verdwyn het.
Dit het egter nie gebeur nie.
Die volgende stap was dat no. 1
alleen na die motor gekom het om no. 2 te roep. Die vraag ontstaan:
waar was die oorledene op daardie
tydstip? Hieroor kan 'n mens weer
eens net bespiegel. Dit is moontlik dat sy niksvermoedend op no. 1 se
terugkoms gewag het. Dit
is ook moontlik dat sy bewusteloos was as
gevolg van 'n hou teen die kop. Dit sou inpas by die mediese
getuienis. Sy kon in een van
die hutte in die stat toegesluit gewees
het. Dit is selfs moontlik dat sy reeds vasgebind was met die
plastieksakke oor haar kop.
Met meer of minder
21
verbeeldingskrag kan daar seker
ook aan ander moontlikhede gedink word, maar wat vasstaan is dat nos.
2 en 3 tot op daardie tydstip
geen aandeel gehad het in enige leed
wat die oorledene by die stat aangedoen mag gewees het nie.
Weens die voorgaande is dit myns
insiens onmoontlik om enige afleidings te maak oor wat met die
oorledene gebeur het voordat no. 1
vir no. 2 by die motor kom roep
het. Dit is gevolglik eweneens raaiwerk om te probeer bepaal hoekom
sy eers vir no. 2 en toe vir
no. 3, by die motor kom haal het. As
daar 'n komplot tussen die drie beskuldigdes was om die oorledene te
vermoor, en as no. 1 haar
mede-beskuldigdes kom roep het om haar te
help, sou 'n mens verwag het dat albei gelyk sou gegaan het. Dit het
nie gebeur nie. Al
wat 'n mens kan aflei is dat no. 1 gemeen het dat
sy die hulp van een man nodig het vir wat ook al sy beoog het; dat sy
no. 2 kom
roep het; dat no. 2 nie die gewenste hulp kon of wou
verleen nie; en dat sy toe vir no. 3 kom roep het. Wat no. 2 en no. 3
inderdaad
elk gedoen het, bly egter volkome duister. Dit is denkbaar
(hoewel onwaarskynlik) dat no.
22
1 die moord alleen gepleeg het, of
die hulp gehad het van een of meer inwoners van die geheimsinnige
stat voordat sy haar mede-beskuldigdes
gaan roep het, en dat sy hulle
net nodig gehad het om dié lyk te help verberg. Maar selfs al
veronderstel 'n mens dat een
of ander van haar mede-beskuldigdes haar
wel met die moord gehelp het, is dit nog steeds moontlik dat hulle
nie albei deelgeneem
het aan die moord nie. So, byvoorbeeld, kon no.
2 geweier het om te help, wat dan sou verduidelik waarom no. 1 ook
vir no. 3 gaan
roep het. Op hierdie veronderstelling sou net no. 1 en
no. 3 die moord gepleeg het. Dat no. 2 aanwesig was sonder om aan die
moord
deel te neem is onwaarskynlik, maar dit is egter goed denkbaar
dat nos. 1 en 2 klaar die daad gepleeg het toe no. 3 geroep is, en
dat hy net nodig was om die lyk te help verberg. Indien dit die geval
was, sou dit net nos. 1 en 2 gewees het wat aan moord skuldig
was.
Dit spreek vanself dat as die hof nie seker is watter een van die
twee appellante hulp by die moord verleen het nie, albei die
voordeel
van die twyfel moet kry.
Die laaste relevante insident op
hierdie dag was die
23
terugkeer van die drie
beskuldigdes na die motor sonder die oorledene. As 'n mens aanvaar
dat die oorledene toe reeds vasgebind en
in die put geprop was (wat,
soos ek reeds aangedui het, myns insiens 'n onafwendbare afleiding
is) kan daar ook redelikerwyse afgelei
word dat nos. 2 en 3 hiervan
bewus was. Die feit dat hulle (en veral no. 3) meegehelp het om 'n
onskuldige prentjie aan Selolo voor
te skilder is dan 'n aanduiding
dat hulle hul minstens vereenselwig het met hierdie daad.
Op hierdie stadium wil ek 'n paar
aanmerkings maak oor die appellante se moontlike
mens rea
in
hierdie saak. Soos ek hierbo aangedui het, het die Staat myns insiens
nie bo redelike twyfel bewys dat die appellante aandadig
aan die
moord was nie. Die moord self was klaarblyklik gepleeg met direkte
opset, en as die appellante hieraan aandadig was, sou
hulle ook
direkte opset gehad het. Volledigheidshalwe behandel ek egter ook die
vraag of daar moontlik opset by moontlikheidsbewussyn
by hulle
aanwesig kon gewees het. Die appellante het inderdaad gehelp om die
oorledene te ontvoer, en hulle sou stellig geweld hiervoor
24
gebruik
het indien nodig. Dit het egter geblyk dat geweld nie nodig was nie -
die oorledene het haar nie verset nie. Indien opset
by
moontlikheidsbewussyn hoegenaamd 'n rol kon speel onder die
omstandighede van hierdie saak, sou die Staat dus minstens moes bewys
het dat die appellante geweet het dat die oorledene nie net na die
stat geneem moes word nie, maar dat sy moontlik daar vermoor sou
word. Ons weet egter myns insiens glad te min omtrent die saak om tot
so 'n gevolgtrekking te kan kom. Veral weet ons nie wat die
werklike
rede vir die besoek aan Bapsfontein was nie, en, miskien meer
belangrik, ook nie watter rede aan die appellante voorgehou
is nie.
Ook weet ons te min omtrent die verhouding tussen beskuldigde no. 1
en die twee appellante, en hoeveel hulle omtrent haar
geweet het.
Onder al hierdie omstandighede meen ek dat daar geen ruimte vir
dolus
eventualis
in hierdie appel is nie.
Dit bring
my dan by die moeilikste vraag in hierdie appel: watter gewig moet
geheg word aan die appellante se versuim om te getuig?
Die hof
a
quo
het in hierdie verband die
25
volgende
gesê:
"We
are entitled to take into account that accused No's 2 and 3 saw fit
not to give evidence at all, but that, according to the
questions put
on their behalf to Morris and to No 1 accused, it appears abundantly
clear that they had instructed their counsel that
they in fact knew
something about the affair because according to those questions all
three of them had been in each other's company
the day before or the
day of the alleged incident."
Die
kruisverhoor namens die appellante waarna die hof verwys neem die
saak myns insiens vir huidige doeleindes nie verder nie. Om
die redes
wat ek genoem het is daar, selfs sonder die hulp van die gemelde
kruisverhoor, bo redelike twyfel bewys dat die appellante
iets van
die saak geweet het - trouens, dat hulle die betrokke dag saam met
no. 1 gegaan het om die oorledene na Bapsfontein te neem
en saam met
no. 1 teruggekeer het nadat die oorledene vermoor is. En die
kruisverhoor dra niks by om aan te toon dat hulle hulp verleen
het
met die moord self nie.
Al wat dan
oorbly is die versuim om te getuig. By die beoordeling van die effek
hiervan moet daar eerstens gelet word op die sterkte
van die Staat se
saak. In die onderhawige saak,
26
soos ek aangedui het, kan daar
myns insiens nie bo redelike
twyfel uit die Staat se getuienis
afgelei word dat elk van die
appellante aandadig aan die moord
was nie. 'n Mens moet egter die
volgende woorde van SCHREINER AR
in gedagte hou (
Rex v Ismail
1952(1) SA 204 (A) op bl. 210
A-B):
"it would of course be
wrong,in cases resting on circumstantial evidence, to require that
the inference of guilt should be inevitable,
without the factor of
the absence of defence testimony, before that factor could be used.
If that were so it could only be used where
it was unnecessary. On
the other hand it is right to bear in mind that there is no
obligation upon the accused to give evidence in
any sense except that
if he does not do so he takes a risk. The extent of that risk cannot
be analysed in terms of logic; it depends
on the correlation and
assessment of the factors by the trier of fact, that is, on his
judgment. When the matter comes on appeal
the judgment of the
appellate tribunal, subject to certain limitations, fixes again the
measure of the risk taken."
As ek die oordeel waarna SCHREINER
AR verwys tot die
beste van my vermoë uitoefen,
kom ek tot die volgende
gevolgtrekking. Soos reeds gesê,
kan daar nie uit die getuienis
as geheel (sonder inagneming van
die appellante se versuim om te
getuig) afgelei word dat hulle (of
elkeen van hulle) aandadig aan
27
die moord
was nie. Daar was geen maklike manier waarop hulle hul onskuld deur
getuienis kon aantoon nie. Al was hulle (of een van
hulle) onskuldig
aan die moord, was hulle albei teenwoordig gedurende die ekspedisie
na Bapsfontein en was hulle myns insiens nie
sonder kriminele
aanspreeklikheid in die saak nie (h faktor waarop ek later terugkom).
Hulle het reeds vals
verontskuldigende
verduidelikings deur kruisverhoor en in buite-geregtelike verklarings
gegee. Hulle kon dus wel gedink het dat, in
die moeras waarin hulle
hul bevind het, dit die beste sou wees om niks te sê nie (vgl.
S v. Mtsweni
1985(1) SA 590 (A) op bl. 594 B-F). Natuurlik, as
dit hul gedagterigting was, sou dit nie positief aanduidend van hul
onskuld wees
nie. Die enigste punt wat ek maak is dat die "ease
with which the accused could meet [the State case] if innocent"
(
Mathetwa
se saak
ubi supra
), nie hier 'n faktor is wat
teen hulle tel nie. As 'n mens dan verder ag slaan daarop dat daar
waarskynlik nie voorafbeplanning was
om die oorledene te vermoor nie,
dat die rede waarom die stat in Bapsfontein uitgekies is as
bestemming duister is, dat dit nie
28
seker is
of daar ander persone aanwesig was nie, en dat die twee appellante
nie deurgaans saam met die oorledene en beskuldigde no.
1 was nie,
meen ek nie dat hul versuim om te getuig so swaar weeg dat hul skuld
aan moord bo redelike twyfel bewys is nie.
Dit is
egter nie die einde van die saak nie. Uit wat ek hierbo gesê
het is dit duidelik dat die oorledene vermoor was terwyl
beskuldigde
no. 1 en die oorledene buite sig van Selolo was. Gedurende die laaste
deel van hierdie tydperk was beskuldigdes no. 2
en no. 3 in
beskuldigde no. 1 se geselskap. As 'n mens veronderstel dat hulle
onskuldig was aan die moord, ontstaan die vraag wat
hulle agter die
geboue gedoen het. En die voor-die-hand-liggende antwoord is dat
hulle vir no. 1 (alleen of met van die skimagtige
inwoners van die
stat) gehelp het om die oorledene se lyk te verberg. Dit klink
feitlik onmoontlik dat no. 1 wat, soos reeds gemeld,
swanger en siek
was, hierdie taak op haar eie sou kon verrig het. En die lyk sou
klaarblyklik verberg gewees het net voordat die
drie beskuldigdes
teruggekeer het na Selolo toe, of, andersom gestel, 'n mens sou nie
verwag het
29
dat no. 1,
en wie ook al haar gehelp het om die liggaam te verberg, in die
omgewing sou vertoef het nadat hulle hierdie taak verrig
het nie. Die
afleiding is dus onafwendbaar dat beskuldigdes no. 2 en no. 3
teenwoordig was toe die lyk verberg was. Dit is miskien
teoreties
denkbaar dat een of ander van die twee appellante daar kon gewees het
sonder om te help, maar dit is uiters onwaarskynlik.
Die twee
appellante het klaarblyklik op die betrokke dag saam met no. 1 gegaan
om haar oor die algemeen by te staan. Sy het hulle
by die motor kom
haal om haar met iets te help. Na alle waarskynlikheid het sy hulp
ontvang met die verberging van die lyk. Onder
hierdie omstandighede
is dit oorweldigend waarskynlik dat albei van hulle haar op een of
ander manier hiermee gehelp het. Indien
een of ander van hulle nie
aan die verberging wou deelneem nie, sou 'n mens nie verwag het dat
hulle daar sou bly nie. En dan is
daar die verdere feit dat toe die
drie beskuldigdes na Selolo terugkeer, beskuldigde no. 3 uitdruklik
vir hom gelieg het om die afwesigheid
van die oorledene te
verduidelik, en dat no. 2 deur sy stilswye homself
30
hiermee
vereenselwig het. Die afleiding dat die drie beskuldigdes gemene saak
gemaak het en saamgewerk het minstens op die stadium
toe die lyk
verberg was en onmiddellik daarna is na my mening so sterk dat, in
die afwesigheid van 'n verduideliking deur beskuldigdes
nos. 2 en 3,
dit bo redelike twyfel aanvaar kan word. Dit beteken dus dat hulle
skuldig was minstens aan begunstiging by moord.
Dit is
natuurlik moontlik dat een of ander of albei van beskuldigdes 2 en 3
ook aan die moord self aandadig was. Hierdie moontlikheid
skep egter
geen hindernis teen 'n skuldigbevinding aan begunstiging nie (sien
R
v Gani and Others
1957(2) SA 212 (A) en
S v. Jonathan en
Andere
1987(1) SA 633 (A)).
Dit bring
my dan by vonnis. Beskuldigde no. 2 was ten tyde van die verhoor 25
jaar oud en het b skoon rekord gehad. Beskuldigde no.
3 was 24,en het
ook 'n skoon rekord gehad behalwe dat hy as 'n jeugdige in 1970
skuldig bevind is aan fietsdiefstal. Hierdie vorige
veroordeling was
nie alleen baie lank gelede nie maar was vir 'n andersoortige
misdaad. Hy sal dus ook as 'n eerste
31
oortreder
behandel word.
Soos reeds
gemeld het die twee appellante op die betrokke dag saam met no. 1
gegaan om haar te help. Dit blyk nie dat hulle betaal
was, of
enigsins anders as uit vriendskap opgetree het nie. Daar moet aanvaar
word dat hulle skielik en onverwags besef het dat die
oorledene
vermoor is en toe ingestem het om te help om die misdaad te probeer
verberg. No. 1, as hoofdader, het slegs 'n vonnis van
6 jaar
gevangenisstraf ontvang, en hoewel daar versagtende faktore by haar
aanwesig mag gewees het wat nie ten opsigte van die huidige
appellante geld nie, moet daar tog 'n mate van ewewig wees in die
vonnisse van beskuldigdes wat op verskillende maniere betrokke
was by
dieselfde transaksie.
Onder al
hierdie omstandighede meen ek 'n vonnis van 6 jaar gevangenisstraf
waarvan drie jaar opgeskort word, gepas sou wees.
Die
volgende bevel word dus uitgereik:
1. Die
appel van albei appellante teen hul
skuldigbevindinge
slaag. Die skuldigbevindinge aan moord word tersyde gestel en vervang
met
32
skuldigbevindinge
aan begunstiging by moord. 2. Die vonnis van die verhoorhof word
tersyde gestel en
ten
opsigte van elk van die appellante vervang met die volgende:
"Ses
(6) jaar gevangenisstraf, waarvan drie (3) jaar opgeskort word vir
vyf (5) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig
bevind
word aan begunstiging by enige misdaad, gepleeg gedurende die tydperk
van opskorting, waarvoor die beskuldigde gevonnis word
tot
gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete nie."
E M
GROSSKOPF, AR
F H
GROSSKOPF, AR Stem saam
Saak nr 333/90
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APP
è
LAFDELING)
In die saak tussen:
GLOW BHEKI KUBHEKA
Eerste
Appellant
NICHOLAS SHEZI
Tweede
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: E M GROSSKOPF, F H
GROSSKOPF, NIENABER, ARR
VERHOOR
:
19 Februarie 1991
GELEWER
:
27
Maart 1991
UITSPRAAK
2
NIENABER
AR
Die
uitspraak van E M GROSSKOPF AR het ek met waardering gelees. Met sy
uiteensetting van die gebeure is ek dit volkome eens, met
sy
uiteindelike gevolgtrekking dat beskuldigdes nos. 2 en 3 hoogstens as
begunstigers tot moord skúldig bevind kan word, ongelukkig
nie. Na my mening is beskuldigdes nos. 2 en 3 om gegronde redes deur
die verhoorhof aan moord skuldig bevind en behoort die appêl
teen hul skuldigbevindings derhalwe nie te slaag nie.
Twee vrae,
so lyk dit my, is pertinent ter sake:
1.
Of
die
Staat
prima
facie
bewys
gelewer
het
dat
beskuldigdes
nos. 2 en 3 met
die
moord op
die
oorledene
gemoeid
was.
Di
ê
vraag,
so word
geleer,
moet
uitgemaak
word
sonder
verwysing
na
die
besluit
van
die
twee
beskuldigdes
om
nie
te
getuig
nie
- want
'n
beskuldigde
se
stilswye
mag
nie
gebruik
word om 'n swak
saak
tot
'n
prima
facie
saak
te
verhef
nie;
2. indien
prima
facie
bewys wel gelewer is,
of daar nie
'n ander rede as skuldbesef is wat
redelikerwys kan verklaar
waarom die beskuldigdes
3
besluit
het om nie te getuig nie - want in so 'n geval kan 'n beskuldigde se
stilswye nie gebruik word om
prima
facie
bewys tot
bewys bo redelike twyfel te verhef nie.
Op die
eerste vraag is die antwoord na my mening bevestigend en op die
tweede ontkennend. Ek sé dit om die redes wat volg.
Vanuit die
staanspoor was die drie beskuldigdes kop in een mus. Beskuldigde no.
1 het 'n grief teen die oorledene gekoester. Sy het
beskuldigdes nos.
2 en 3 daarby betrek. Uit wat namens beskuldigdes nos. 2 en 3 in
kruisverhoor van staatsgetuies gestel is, en uit
beskuldigde no. 2 se
verklaring aan die landdros ingevolge artikel 119 van die
Strafproseswet, 1977, is dit duidelik dat die drie
van hulle die dag
voor die moord reeds met mekaar oorleg gepleeg het. Dit kon alleen
maar gewees het met die oog op die volgende
dag se ekspedisie na
Kaalfontein.
Volgens
wat aldus deur beskuldigde no. 2 verklaar en wat namens hom deur sy
advokaat gestel is, was hy die een wat op aandrang van
beskuldigde
no. 1 vir vervoer moes reël. Hy, beskuldigde no. 3 en Morris
4
Selolo is
die vorige dag saam na beskuldigde no. 1 se huis, waar die reëlings
vir die volgende dag gefinaliseer is. In sy verklaring
aan die
landdros sê hy onder meer:
"Mabaso
[beskuldigde no. 3] het met no. 2 [Morris Selolo] gepraat.
Beskuldigde 2 [Selolo] het gesê hy kan die mense vervoer,
ons
het ingeklim en na beskuldigde 1 se huis toe gery. Beskuldigde 1 het
toe gesê ons moet die volgende dag in die oggend terugkom
saam
met beskuldigde 2 [Selolo] en Mabaso [beskuldigde no. 3]. Beskuldigde
2 [Selolo] het my by my ouerhuis gaan aflaai. Ek het hul
weer op
Vrydag gesien. Dis al."
Uit dié
verklaring blyk dit dat daar beoog is dat al drie van hulle die
volgende dag die ekskursie sou meemaak. Voorts blyk
dit dat hy sy
mede-beskuldigdes die Vrydag na die moord weer ontmoet het.
In sy
pleitverduideliking ontken beskuldigde no. 3 enige kennis van die
gebeure maar onder kruisverhoór van beskuldigde no.
1 word die
volgende weergawe namens hom deur sy advokaat gestel:
"Hy
sal ook verder getuig dat die enigste kennis wat hy dra van die
voorval self is dat hy genader was deur Beki, dit is beskuldigde
5
2, die
vorige dag om vervoer te reël vir u na Mfuyaneng Afdeling waar u
wou gaan eiendom van u gaan haal het? --- Ek ontken dit.
Dit is
verder sy weergawe dat beide hy en beskuldigde 2 het gery saam met
Morris na die huis toe waar u woon die dag voor die
voorval
plaasvind? --- Nee, dit is nie so
nie.
Goed, hy
sal ook getuig dat tydens daardie voorval het u en Morris Selolo die
terme bespreek op grond waarvan hy u sou vervoer het
en dat hy
ooreengekom het dat hy
en u
alleen sal gaan die volgende oggend? ---
Nee, ek
het niks eiendom by 'n ander plek nie, al my goedere is by my huis."
Morris
Selolo weerspreek beide weergawes. Vir sover sy getuienis deur die
hof aanvaar is, beteken dit dat beskuldigdes nos. 2 en 3
bewese
leuenaars was. Volgens Morris Selolo was dit beskuldigde no. 3 wat
met hom die reëling getref het "om hulle te vervoer
met sy
voertuig ... na Kaalfontein toe om geld te gaan haal". Daar is
spesifiek op 'n vergoeding van R100 ooreengekom. Die volgende
dag was
'n weeksdag, Donderdag, 'n werksdag. Dit alles dui daarop dat die
reëling eerstens nie sommer net 'n uitstappie was
nie, dat die
bestemming tweedens vooraf bepaal was en, derdens, dat al drie die
beskuldigdes die rit sou meemaak.
6
Volgens
beskuldigde no. 1 was beskuldigde no. 3 'n vriend van haar minnaar,
Samuel Mofokeng. Dit sou dan die rede wees waarom sy hom
genader het.
Mofokeng, 'n getuie wat deur beskuldigde no. 2 geroep is, ontken dit.
Hy ontken trouens dat hy enige van beskuldigdes
nos. 2 of 3 geken het
- getuienis wat nie deur enige van hulle in kruisverhoor (of deur
middel van eie getuienis) betwis is nie.
Hieroor het beskuldigde no.
1 dus 'n leuen vertel. Sy ontken insgelyks 'n suggestie wat namens
beskuldigde no. 2 aan haar gestel
is dat die twee van hulle in die
verre verlede 'n liefdesverhouding gehad het. Een van hulle verkondig
dus n onwaarheid. Al dié
leuens is 'n aanduiding dat dit nie
uit vriendskap was wat hulle bymekaar gekom het nie en op sy beurt is
dit n aanduiding dat beskuldigdes
nos. 2 en 3 deur beskuldigde no. 1
gewerf is om haar in haar vete teen die oorledene by te staan. Daar
is geen ander voor-die-hand-liggend
onskuldige rede waarom
beskuldigde no. 1 nou juis vir beskuldigde nos. 2 en 3 by die hele
petalje sou betrek nie.
Ook is
daar geen klaarblyklik onskuldige rede waarom die drie van hulle die
oorledene die volgende
7
oggend sou
gaan voorlê en na 'n betreklik afgeleë en verlate plek sou
neem nie. Waarom was die ekspedisie hoegenaamd nodig?
Waarom was dit
nodig dat beskuldigdes nos. 2 en 3 vir beskuldigde no. 1 moes
vergesel? Dit dui alles op die een of ander bose plan
wat vooraf
beraam is.
Ook die
ontvoering van die oorledene dui op 'n vooraf afgesproke sameswering.
By haar huis aangekom, dou voor dag, gee beskuldigde
no. 3 aan Selolo
opdrag om te tru sodat hulle die inwoners van die huis nie sou steur
nie. KlaarblykTik was dit daarop gemik om die
oorledene voor te lê.
Toe die oorledene uit haar huis kom, het beskuldigde no. 3 haar
genader en gepoog om haar na die motor
te bring maar sy het
teëgestribbel. Beskuldigde no. 2 het uitgeklim om te gaan help.
Beskuldigde no. 1 het toe aan Selolo opdrag
gegee om nader te ry en
dit was eers toe die oorledene beskuldigde no. 1 sien dat sy bereid
was om in die motor in te klim.
Myns
insiens is die omstandighede waaronder die oorledene ontvoer is so
suspisieus dat die afleiding alleen maar kan wees dat die
drie van
hulle
8
vooraf 'n
komplot gesmee het om op die een of ander manier vir die een of ander
rede die een of ander vorm van druk op die oorledene
uit te oefen en
die oorledene desgewens leed aan te doen. As die doel net was om haar
te konfronteer, was die hele uittog Kaalfontein
toe onnodig. Dit kon
ewe goed deur beskuldigde no. 1 by oorledene se huis geskied het,
sonder die morele en fisiese bystand van twee
betreklik onbekendes.
Geen onskuldige rede lê voor die hand waarom beskuldigdes nos.
2 en 3 juis moes saamgaan nie. Vermoedelik
was dit nie om dowe neute
nie. Hulle moes voorsien het dat oorreding nodig mag wees. Juis
daarom was beskuldigdes nos. 2 en 3 se
teenwoordigheid nodig .
Sodanige oorreding kon in die laaste instansie alleen maar geweld
beteken het.
Dat die
ekspedisie nie onskuldig was nie, blyk voorts daaruit dat beskuldigde
no. 3 aan Morris Selolo 'n opgemaakte storie oor die
rede vir die rit
opgedis het, naamlik om kastig geld te gaan haal.
Dan volg
die rit van die drie beskuldigdes saam na Kaalfontein, 25 kilometer
daarvandaan, na 'n oënskynlik afgeleë plek.
Soos reeds
gesê, is daar op
9
die
waarskynlikhede sterk gronde vir die vermoede dat geweld van die een
of ander aard beoog was. En dit word daardeur bevestig dat
geweld
inderdaad gebruik is. Die oorledene is vermoor. Die wyse waarop dit
gebeur het, laat geen twyfel dat dit doelbewus geskied
het nie. Haar
hande is met n nylon tou agter haar rug vasgebind, vier plastieksakke
is oor haar kop getrek en styf vasgebind, wat
haar laat versmoor het.
Alleen sou beskuldigde no. 1 haar nie kon oorrompel het nie.
Beskuldigde no. 1 was tingerig, sieklik, en
sewe maande swanger.
Daarenteen was die oorledene 'n 19-jarige normaal geboude vrou, 1,65
meter lank wat 60 kilogram geweeg het,
en wat haar maklik teen die
aanslae van beskuldigde no. 1 sou kon verset het.
Nou kan
mens spekuleer oor wat buite sig van Morris Selolo gebeur het.
Beskuldigde no. 1 kon die oorledene dalk met 'n hou oor die
kop
katswink geslaan het - so iets sou met die mediese getuienis
versoenbaar wees. Daarna kon sy beskuldigde no. 2 gaan roep het
om
die oorledene te kom doodmaak. Hy kon wellig geweier het, waarop sy
beskuldigde no. 3 gaan haal wat heel toevallig n nylon tou
en vier
plastiese
10
sakke
byderhand gehad het om die oorledene mee te versmoor. Of, omgekeerd,
beskuldigdes nos. 1 en 2 kon die oorledene oorval en versmoor
het
waarna beskuldigde no. 1 vir beskuldigde no. 3 kon geroep het om te
kom help, of om raad te gee, of om net te kom kyk. Al dié
dinge is teoreties seker moontlik. As enige van die twee beskuldigdes
ooreenkomstig so n draaiboek kom getuig het, kon so 'n
verontskuldigende
verduideliking altemit as goed moontlik waar beskou
gewees het.
Feit is
egter dat beskuldigdes nos. 2 en 3 nie so getuig het nie. Sonder hul
verduidelikings bly dit 'n stukkie ongesubstansieerde
spekulasie van
wat agter die gebou gebeur het. Om onder daardie omstandighede te
bespiegel dat een van hulle denkbaar geheel en al
onskuldig mag
gewees het, sodat albei vry moet uitgaan omdat mens nie weet watter
een die skuldige was nie, gaan goeie geloof te
bowe.
Na my
mening geld dieselfde gedagtegang ten opsigte van die mindere misdaad
van begunstiging aan moord. Toegegee dat as beskuldigdes
nos. 2 en 3
nie moordenaars was nie, dan moes hulle op sy minste begunstigers tot
moord gewees het, al is dit dan ook
11
net op die
grondslag dat beskuldigde no. 3, op pad terug, ten aanhore van
beskuldigde no. 2, vir Morris Selolo 'n vals verduideliking
verstrek
het oor waarom die oorledene hul nie vergesel het nie. Die bedoeling
kon net wees om Selolo gerus te stel en op 'n dwaalspoor
te bring ten
einde die moord sodoende te verberg.
Die
omstandighede vroeër vermeld dui na my mening daarop dat die
drie beskuldigdes die gemeenskaplike oogmerk gehad het om die
oorledene leed aan te doen en dat dit tot haar dood gelei het. Saam
het hulle vooraf 'n komplot gesmee; op die oorweldigende
waarskynlikhede
is dit voorsien dat daar, indien nodig, geweld teen
die oorledene gebruik sou moes word; saam het hulle haar ontvoer na
die plek
waar sy inderdaad vermoor is; elk was in die nabyheid toe
dit gebeur het of op sy minste toe sy, kop onderstebo, in plastiek
toegewikkel,
in die gat van die buite-toilet ingestop is; en albei
help om Selolo agterna oor die oorledene se ware lotgeval om die bos
te lei.
Die omstandighede dui sterk daarop dat al drie beskuldigdes
met 'n gemeenskaplike oogmerk opgetree het en dat die moord in die
uitvoering
daarvan gepleeg is.
12
Die
sameloop van soveel agterdogwekkende omstandighede, veral die
beplanning en die samesyn van die drie beskuldigdes voor, tydens
en
na die moord, is sodanig dat dit, op sy minste, 'n
prima
facie
saak uitmaak dat die drie beskuldigdes die
gemeenskaplike oogmerk moes gehad het om die oorledene, soos wat
gebeur het, les bes te
vermoor, al is dit ook op die grondslag van
dolus
eventualis
. Dit was 'n saak wat 'n
onomwonde antwoord van die beskuldigdes geverg het, selfs al word die
getuienis van beskuldigde no. 1, wat
beskuldigdes nos. 2 en 3 direk
impliseer, geheel en al buite rekening gelaat.
Daardie
antwoord het beskuldigdes nos. 2 en 3 die hof verskuldig gebly. As
enige van die beskuldigdes hom daarop wou verlaat het dat
hy nie 'n
moordenaar was nie, maar hoogstens n begunstiger tot moord, dan moes
hy dit na my mening in die hof kom sê het. Dié
teorie
van blote begunstiging, gestapel op die enkele omstandigheid dat
beskuldigde no. 1 eers vir beskuldigde no. 2 en daarna vir
beskuldigde no. 3 gaan roep het, is vir die eerste keer tydens betoog
deur die Staat in hierdie hof geopper. Nóg in die uitspraak
van
13
die
hof
a
quo,
n
ö
g
in
die
argumentshoofde
word
dit hoegenaamd
genoem.
As
dit
werklik
gebeur
het, sou
die
twee
beskuldigdes,
wat
regsverteenwoordiging
geniet
het,
dit
na my
mening
onteenseglik
onder
hul
advokate
se
aandag
gebring
het,
en
dan
sou
die
verhoor
vermoedelik
n
totaal
ander
wending
geneem
het.
En dit
bring my by die tweede vraag wat vroeër geopper is.
Die twee
beskuldigdes was kennelik nie onvolwasse, ongekunstelde agtervelders
nie. Albei was woonagtig te Tembisa. Albei was stadsmense.
Volgens
wat namens hom gestel is was beskuldigde no. 2 die een wat die
onderhandelinge oor die vervoer met Morris Selolo gevoer het.
Beskuldigde no. 3 se ouerhuis was blykbaar in Alexandra. Hy was tuis
in 'n hostel by Tembisa. Volgens wat namens hom deur sy advokaat
aan
staatsgetuies gestel is, was hy op 'n stadium by 'n spoorweg
konstruksie-ingenieur werksaam. Hy het 'n trok besit en het vir
'n
tyd lank selfs 'n sjebeen bedryf. Geoordeel aan die manier waarop hy
met Selolo oor 'n fooi onderhandel het en die oggend vroeg
teenoor
die oorledene opgetree het, was hy alles behalwe 'n
14
ongesofistikeerde,
onkundige soort persoon.
Na my
mening sou enige betreklik gesofistikeerde persoon, iemand in die
posisie van beskuldigdes nos. 2 en 3, onmiddellik besef het
dat daar
'n wêreldse verskil is tussen die man wat iemand vermoor en die
een wat eers agterna op die moordtoneel opdaag. Begunstiging
voorveronderstel dat die oorledene reeds vermoor was toe die betrokke
beskuldigde sy hulp verleen het. Enigiemand wat onder daardie
omstandighede met die moord van so 'n oorledene gekonfronteer word,
sou so 'n verweer na my mening teenoor sy regsverteenwoordiger
geopenbaar het. Dan sou dit gestel gewees het, eerder as die vals
weergawe wat namens die beskuldigdes voorgedra is. Die verskil
in
erns van die twee optredes, teenoor mekaar gestel, is so opvallend
dat enigiemand in hul posisie na my mening nooit sou gehuiwer
het om
met die waarheid vorendag te kom nie. Dat die twee beskuldigdes dit
onder daardie omstandighede nie gedoen het nie, regverdig
die
afleiding dat hulle iets gehad het om te verswyg, dat hulle dit nie
kon waag om te getuig nie op gevaar af dat die waarheid dan
ontbloot
sou word . Hul
15
oorwoë
stilswye maak van die teoretiese moontlikheid dat óf die een
óf die ander denkbaar bloot 'n begunstiger
tot moord was, na
my mening nie 'n redelike moontlikheid nie. En as dit nie n redelike
moontlikheid is nie, beteken dit voorts dat
die
prima
facie
saak van aandadigheid aan moord nie weerlê is nie en gevolglik
as bo redelike twyfel bewese beskou moet word.
Ek meen
dus dat albei van hulle behoorlik aan moord skuldig bevind is.
Waar
hierdie siening 'n minderheidsmening is, het dit geen sin dat ek op
die verdere kwessie van vonnis ingaan nie.
P. M.
NIENABER AR