S v Steyn (87/90) [1991] ZASCA 30 (26 March 1991)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Intent — Appellant convicted of theft of a hired vehicle after being involved in an accident; vehicle removed from the scene without owner's consent and falsely reported as stolen. Appellant claimed no intent to steal as he intended to repair and return the vehicle. The trial court found that the appellant had the intent to permanently deprive the owner of the vehicle from the outset. Appellant's appeal against the sentence was dismissed as the trial court properly considered all relevant factors and the sentence was not deemed inappropriate.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 30
|

|

S v Steyn (87/90) [1991] ZASCA 30 (26 March 1991)

87/90 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPeLAFDELING
)
In die saak tussen:
FREDERIK JACOBUS STEYN Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
CORAM
: SMALBERGER, VIVIER, ARR, et PREISS, Wn AR
VERHOORDATUM
:
21 Maart 1991
LEWERINGSDATUM
: 26 Maart 1991
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR :-
Die appellant kom, met die nodige
verlof, in hoër beroep teen sy vonnis van drie jaar gevangenisstraf,
die
/2
2 helfte waarvan voorwaardelik opgeskort is, wat hom in die
Streekhof, Bloemfontein, vir die diefstal van 'n motorvoer= tuig opgelê
is. Die betrokke voertuig was 'n gehuurde een waarmee die appellant in 'n
ongeluk betrokke was. Die voertuig was behoorlik verseker.
Die ongeluk was nooit
aan die polisie gerapporteer nie. Die appellant het die deels beskadigde
voertuig van die ongelukstoneel na
sy huis in Bloemfontein laat verwyder. Dit
het geskied sonder die toestemming of medewete van die eienaar. Etlike dae
daarna het
die appellant valslik die voertuig as gesteel aangemeld by 'n
polisiekantoor in Johannesburg, waar die diefstal kwansuis sou plaasgevind
het.
Veertien maande later is die voertuig tydens 'n polisieondersoek in sy motorhuis
gevind. Die voertuig was gedeeltelik uitmekaar
gemaak. Die appellant, toe hy
aanvanklik genader is, het alle kennis van die voertuig ontken. Daarbenewens het
hy geen verduideliking
vir sy besit van die voertuig verstrek
/2
3 nie.
Die appellant se getuienis by sy verhoor dat hy
aanvanklik nie 'n dieftige opset gehad het nie omdat hy van voorneme was om die
voertuig
te herstel en aan die eienaar terug te besorg, is deur die
verhoorlanddros verwerp. Hy het bevind dat die appellant na die ongeluk
van meet
af bedoel het om die voertuig te steel. Die korrektheid van hierdie bevinding is
deur mnr
Reinders
, wat namens die appellant verskyn het, aangeval. Hy het
verwys na 'n passasie in die verhoorlanddros se uitspraak oor vonnis waar
daar
gesê is :
"Die hof neem in aanmerking die feit dat hierdie spesifieke diefstal nie op die
ingewing van die oomblik gepleeg is nie. Na 1 September
1987 kon u die voertuig
nog terugbesorg, maar op 5 September het u dit as gesteel aangegee."
/4
4 Mnr Reinders het betoog dat die aangehaalde woorde daarop
dui dat die verhoorlanddros nie ten gunste van die appellant aanvaar het
dat die
voertuig in 'n ongeluk betrokke was nie, en verkeerdelik bevind het dat die
diefstal 'n voorafbeplande, berekende een was.
Hierdie betoog gaan nie op nie.
Dit is duidelik uit die verhoorlanddros se uitspraak op die meriete dat hy ten
alle tye aanvaar het
dat die voertuig wel in 'n ongeluk beskadig is. Waar hy
verwys het na die terugbesorging van die voertuig na 1 September 1987 het
hy
klaarblyklik bedoel die terugbesorging van die voertuig in sy beskadigde
toestand. Die appellant se bewering dat hy aanvanklik
die voertuig wou herstel
en aan die eienaar terugbesorg is, in die lig van sy optrede en die bewese
feite, so onwaarskynlik dat die
verhoorlanddros geregtig was om dit te verwerp
as synde nie redelikerwys moontlik waar nie. Gevolglik het vonnisoplegging tereg
geskied
op die grondslag dat die appellant na die ongeluk
...../5
5 van meet af die opset gehad het om die voertuig te
steel.
Die oplegging van 'n gepaste vonnis berus by uitstek in die diskresie
van die voorsittende regterlike beampte. Hierdie Hof se reg
tot inmenging met 'n
opgelegde vonnis is beperk. Inmenging kan alleenlik geskied waar daar 'n
onreëlmatigheid is, of 'n wesenlike
mistasting, of die opgelegde vonnis
treffend of ontstellend onvanpas is. In die onderhawige geval is geeneen van
hierdie gronde aanwesig
nie. Die verhoorlanddros het by vonnisoplegging alle
tersaaklike faktore, insluitende die persoonlike omstandighede van die
appellant,
in aanmerking geneem en hom nie aan enige mistasting skuldig gemaak
nie. Die diefstal van 'n voertuig, gesien veral die veelvuldigheid
daarvan, is
'n ernstige misdaad. Dit was deurgaans die appellant se bedoeling om die
eienaar van die voertuig permanent van sy eiendomsreg te
ontneem. Die opgelegde
vonnis kan, selfs
/6
6 in die ietwat buitengewone omstandighede van hierdie saak,
gevolglik nie as treffend onvanpas beskou word nie. Die appèl
word
afgewys.
J W SMALBERGER APPèlREGTER
VIVIER, AR )
PREISS, Wn AR) STEM SAAM