S v Maroga (268/90) [1991] ZASCA 27 (26 March 1991)

73 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Conviction and sentencing — Appellant convicted of murder and sentenced to death — Legal issue of whether the trial court erred in finding no mitigating circumstances applicable to the appellant's case. Appellant, along with co-accused, faced multiple charges including murder, arson, and malicious damage to property stemming from violent events in Ga-Maroga on 19 February 1986, resulting in the deaths of several individuals. The appellant claimed an alibi, asserting he was working at the time of the offenses. The trial court found the appellant guilty of one count of murder, while others were acquitted or received lesser sentences. The Supreme Court of Appeal held that the trial court did not err in its findings and upheld the conviction and death sentence, emphasizing the need for individual assessment of participation in group violence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 27
|

|

S v Maroga (268/90) [1991] ZASCA 27 (26 March 1991)

EB Saaknommer: 268/90
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPÉLAFDELING)
In die saak tussen:
MARCUS MOREME MAROGA
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram
: JOUBERT, STEYN et EKSTEEN, ARR
Verhoor
: 28 Februarie
1991
Gelewer:
26 Maart 1991
UITSPRAAK
1
STEYN, AR
:
Appellant het as beskuldigde 9 met nege medebeskuldigdes voor van Dijkhorst,
R en twee assessore op 4 September 1989 tereggestaan
in die Transvaalse
Oostelike en Suid-oostelike Rondgaande Plaaslike Afdeling op nege aanklagte wat
almal verband gehou het met gebeure
op 19 Februarie 1986 in die kapteinswyk
bekend as Ga-Maroga in die Oos-Transvaalse distrik van Praktiseer. Daar was vier
aanklagte
van moord (nrs 1, 4, 5 en 8), drie van brandstigting (nrs 2, 6 en 7)
en twee van kwaadwillige saakbeskadiging (nrs 3 en 9).
Die vermoordes was Lukas Maroga ("Lukas") Lazarus Maroga, Johannes Tjie en
Samuel Maroga (onderskeidelik klagtes 1 , 4, 5 en 8). Samuel
Maroga was die
kaptein van vermelde wyk. Die aanklagte van brandstigting het verband
2
gehou met die afbrand van die woonhuise van Lukas en Lazarus Maroga en
Johannes Tjie. Die aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging
het verband gehou
met die verbranding van Lukas en Samuel Maroga se motorvoertuie. Al die
beskuldigdes was aanvanklik
pro deo
verdedig deur mnr Lewies en almal het
op al die aanklagte onskuldig gepleit en "enige aandadigheid aan enige van die
ten laste gelegde
misdade" ontken. Appellant se verweer was 'n alibi.
Beskuldigdes 3, 4, 5, 8 en 10 is onskuldig bevind op al die aanklagte. Appellant
is slegs op aanklag 1 skuldig bevind. Beskuldigdes 1 , 2; 6 en 7 is skuldig
bevind op aanklag 8 . (die moord op kaptein Samuel Maroga)
en beskuldigde 6 is
ook op aanklag 4 skuldig bevind (die moord op Lazarus Maroga). Daarbenewens is
beskuldigdes 1; 6 en 7 ook op
sekere van die ander aanklagte skuldig bevind. Die
verhoorhof het bevind dat daar in die gevalle van beskuldigdes 1, 6 en 7
versagtende
omstandighede was teh aansien van die
3 moordaanklagte waarop
hulle skuldig bevind was, maar dat daar in appellant se geval geen sulke
omstandighede was nie. Appellant
is ter dood veroordeel en beskuldigdes 1, 6 en
7 is elk gevonnis tot 17 jaar gevangenisstraf op aanklag 8. Beskuldigde 6 is
daarbenewens
gevonnis tot 'n verdere 17 jaar gevangenisstraf op aanklag 4;
waarvan 12 jaar saamloop met sy vonnis op aanklag 8. Appellant is deur
van
Dijkhorst, R verlof verleen om te appelleer teen (i) sy skuldigbevinding en (ii)
die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede
in sy geval was nie (en
derhalwe ook teen die doodvonnis).
Die pleging van voormelde misdade was nie deur die beskuldigdes ontkeh nie.
(Soos reeds genoem, het hulle slegs ontken dat hulle enigsins
daarby betrokke
was). Al die misdade is gepleeg gedurende die laat nag en vroeg oggend op
Donderdag 19 Februarie 1986. Die verloop
van
4 sake en die verhoorhof se
benadering tot die getuienis is inleidend soos volg opgesom en uiteengesit in
die uitspraak op die meriete:
"'n Groot groep persone, meestal jeugdiges, het in volgorde hierdie aanvalle en
dade gepleeg. Daar is begin by die huis van Lukas
Maroga in Driekop in die baie
vroeë oggendure toe dit nog donker was en daarna het die groep, waarskynlik
dieselfde groep, by
Lazarus Maroga die dade gepleeg toe dit al lig was. Net
daarna, maaf byna gelyktydig, het die moord op Johannes Tjie gekom en toe
dit
verby was het die moord op kaptein Samuel Maroga en die verbranding van sy
voertuig plaasgevind.
h Onderskeid wat nie uit die oog verloor moet word nie is dat toe die eerste
moord gepleeg is, dié op Lukas Maroga, dit nog
donker was, maar dat toe
die volgende drie moorde gepleeg is, dit lig genoeg was om duidelik te sien.
Hier moet ook verder opgemerk
word dat kaptein Samuel Maroga volgens dié
getuienis voor ons 'n ongewilde kaptein was; Daar is vefskiliende pogings
aangewend
om op 'n wettige wyse hom afgesit te kry en daar is taamlik
bfeedvoerig getuienis voor ons gelewer
5
waarom hy ongewild was
Ons hou in gedagte dat hierdie 'n ontstellende
reeks gebeurtenisse was; dat daar 'n voortdurende beweging was en dat die
getuies uiteraard
verskrik was. Daar moet dus teenstrydighede in hulle getuienis
verwag word. Maar juis dié feite hou ook 'n gevaar in van foutiewe
identifikasie. Dus moet 'n hof waaksaam wees. Daarby is daar altyd die gevaar by
twee faksies wat in 'n stryd gewikkel is dat onskuldiges
agterna ingesleep word
of dat feite meer verdoemend voorgestel word bloot omdat die beskuldigde in die
ander kamp is. Ook dié
moontlikheid moet voor oë gehou word.
Ons
hou in gedagte die jongste appélhofgesag van
S v Sefatsa and
Others
1988 1 SA 868
(A);
S v Mgedezi and others
1989 1 SA 687
(A);
en
S v Jama and others
1989 3 SA 427
(A) oor gemeenskaplike opset by
groepsgeweld.
Namens die staat is betoog dat omdat die misdade op vier plekke
deur dieselfde groep gepleeg is, en dit wat tyd en plek betref in
noue verband
met mekaar staan, waar 'n beskuldigde se deelname aan een misdaad duidelik bewys
is, dit volg dat hy as deel van die
groep ook aan die ander skuldig is. Ons
verwerp die betoog. Dit is logies onhoudbaar omdat 'n groep se samestelling
6
nie staties is nie. Daar kom voortdurend geweldplegers by en die wat genoeg
gehad het of elders besigheid het verlaat die groep. Daar
moet by elke misdaad
bepaal word of 'n besondere beskuldigde deel was van die groep op daardie
tydstip.
Ons behandel die gebeure kronologies, dit wil
sê eers
aanklagte 1, 2 en 3 wat betrekking het op
Lukas Maroga se moord
Ter
aanvang moet gesê word dat die beskuldigdes almal onskuldig gepleit het en
betrokkenheid by die gebeure ontken het. Dit
is gemeensaak dat die oorledenes
oorlede is as gevolg van die aanval deur die bende. Die lykskouingsverslae het
die oorsaak van dood
aangegee as verbranding, waarskynlik omdat die lyke so
onherkenbaar verkool is dat niks verder vasgestel kon word nie. Die moontlikheid
bestaan dat die dood van die oorledenes alreeds ingetree het voordat die liggame
verbrand is, hetsy as gevolg van 'n aanval met 'n
byl in geval van Lukas of met
klippe of ander voorwerpe in die geval van die ander.
Wanneer betrokkenheid bepaal word sal die moontlikhede in gedagte gehou
word.
Die verdediging het die oorsaak van dood soos
7 in die verslae
van die nadoodse ondersoeke uiteengesit, erken. Die verdediging betwis nie
wesenlik die weergawe van die staatsgetuies
oor dié gebeure in die
algemeen nie. Wat wel sterk betwis word is dat die beskuldigdes daarby betrokke
is." (Aanklag 2 is
een van brandstigting en het betrekking op die afbrand van
Lukas se woonhuis; aanklag 3 is een van kwaadwillige saakbeskadiging en
het
betrekking op die uitbrand van sy motorvoertuig).
Die voorval by Lukas se woning het so verloop. Gedurende die laat nag was hy,
sy vrou Rebecca en hul dogters, die 15 jarige Angelina
en die jongere Tembi, aan
die slaap in hul onderskeie kamers. Ongeveer 03h30 is Rebecca gewek deur "die
geraas van voetstappe" buitekant.
Sy het Lukas wakker gemaak. Hy het opgestaan
en by hul
8
kamervenster uitgeloer. Sy het by ander vensters gaan uitloer en baie
mense buite gesien. Sy het by Lukas in die sitkamer gaan aansluit.
Daar was 'n
geklop aan die sitkamerdeur en 'n stem wat sy nie herken het nie, het gesê
"maak oop, as jy nie oopmaak nie sal
ek aan die brand steek." Lukas het die rede
vir dié optrede gevra. Die antwoord was "ons wil die kaptein hê,
dit is
Maroga". Lukas het geantwoord dat die kaptein nie daar was nie. Rebecca
het die twee dogters gaan wakker maak en met hulle deur die
sitkamerdeur na
buite gevlug, gevolg deur Lukas. Rebecca het voorts soos volg getuig. Sy het
voor die huis gaan staan. Terwyl Lukas
nog besig was om by die deur uit te kom
het appellant hom voor die bors gegryp en verder na buite getrek. Sy het
appellant goed geken.
Hy en Lukas was neefs. (Hul vaders was broers). Ene Myros
Maroga (wat nie een van die beskuldigdes was nie) het toe vir Lukas 'n
harde hou
met 'n kierie op sy kop geslaan. Appellant en
9 ander van dié wat daar
saamgedrom het, het Lukas toe van die stoep af na sy motorvoertuig getrek. Die
voertuig het gestaan
in 'n gang aan die linkerkant van die woonhuis (soos van
voor af gesien). Die gang was tussen die huis en hul motorhuis. Ongeveer
40
meter agter hul woonhuis was 'n gebou waarin 'n kroeg en kafee was. Dié
gebou ("die kroeg") het elektriese ligte aan die
buitekant gehad wat nagdeur
gebrand het. Daardie ligte het tydens die voorval gebrand en het in voormelde
gang afgeskyn. Rebecca
en haar twee kinders het Lukas en sy meesleurders gevolg.
Sy was net in
'n onderrok geklee en die kinders het deurgaans weerskante
daaraan vasgeklou. Sy het op die hoek van die huis by die bek van die gang
gaan
staan. Dit is waar hul motorvoertuig gestaan het, slegs 'n paar meter van haar
af. Daar was ook
'n volmaan wat op 'n hoek van ongeveer 45° bo die
westelike horison gehang het, en ook die area aan die voorkant van die huis
belig het. Die toneel was goed belig en sy kon
10
duidelik sien wat voor haar aan die gebeur was. Die skare het
saambeweeg na die motorvoertuig, waar appellant steeds vir Lukas vasgehou
het.
Ene Makgoweng Paile (besk nr 5), wat sy ook geken het, het daar 'n byl aan
appellant gegee met dié woorde "vat so hierdie
byl en kap hom hiermee,
want hy is jou broer". Beskuldigde 5 het na Lukas verwys. Lukas het geskree dat
hulle nie vir hom moet doodmaak
nie en het bygevoeg dat as hy 'n misdryf gepleeg
het, moes hulle hom daarvoor laat betaal. Myros Maroga, wat nog steeds ook daar
was, het toe gesê "maar julle mors tyd met hierdie hond", verwysende na
Lukas. Daarop het appellant vir Lukas met die byl gekap,
maar weens die
samedromming kon Rebecca nie sien waar die hou hom getref het nie. Sy en haar
kinders het net daarna, in die nag,
oor die berge na haar ouerhuis gevlug. Twee
dae later het sy teruggekeer en gevind dat hul woning en motorvoertuig
uitgebrand was.
Lukas se verkoolde lyk is die volgende dag deur die polisie
11
gevind by die regter voorkant van die huis. Angelina het ook namens die staat
getuig en het in hoofsaak die weergawe van haar moeder
gestaaf. Daar was egter
sekere verskille in hul weergawes, bv aangaande die ligging van en getal ligte
by die kroeg. Angelina het
ook nie opgemerk of daar maanskyn was nie. Rebecca
het haarself daarbenewens in sekere opsigte weerspreek, bv deur aanvanklik te
getuig dat die kroegligte aan die binnekant van die gebou gebrand het, en later
dat hulle aan die buitekant was.
Speurder adjudant-offisier Thomas Lebopo van die Lebowa polisie te
Mecklenburg, was ook 'n staatsgetuie. Hy ken die betrokke area
goed. Volgens hom
was die kroeg destyds aan die buitekant baie helder verlig en het die ligte die
gemelde gang ook goed belig. Dit
was trouens gemene saak tydens die verhoor dat
die kroeg op die nag van 18-19 Februarie 1986 aan die buitekant belig was. Slegs
die
12
aantal, plasing en sterkte van die ligte was in geskil. Rebecca se getuienis
aangaande die volmaan was nie betwis nie.
Appellant het getuig op die meriete. Hy het beweer dat hy op 19 Februarie
1986 in diens was by die Winterveld Chrome Mine. (Dié
myn is op
Steelpoort). Sy woonplek was 27-30 km van die myn af. Hy het op daardie stadium
die eerste dagskof by die myn gewerk. Dié
skof was van 06h00 tot 13h30.
Die tweede dagskof was van 14h00 tot 22h00. Hy was om ongeveer 04h00 deur sy
broer Josef in dié
se motorvoertuig opgelaai en werk toe geneem, waar hy
om ± 05h05 aangekom het. Na voltooiing van sy skof is hy terug huis toe.
Appellant het 'n teenwoordigheidsrooster, bewysstuk Z, ingehandig, wat aantoon
dat hy inderdaad op 19 Februarie 1986 'n dagskof gewerk
het. Dit toon egter nie
watter van die twee dagskofte hy gewerk het nie. Maar aan
13 Rebecca en
Angelina was dit tydens kruisondervraging gestel dat appellant op 18-19
Februarie 1986 nagskof gewerk het (dié
skof was van 21h00 tot 05h00) en
derhalwe nie teenwoordig was (of kon gewees het) tydens die moordaanslag op
Lukas nie. Hulle het
egter voet by stuk gehou dat hy daaraan deelgeneem het soos
voormeld.
By die hervatting van die saak op die oggend van 19 September het rnnr Lewies
hom onttrek as appellant se advokaat "weens 'n geskil
oor die instruksies wat hy
van appellant gekry het". 'n Beampte van die myn waar appellant gewerk het, het
op versoek van die staat
daardie oggend by die hof ópgedaag en appellant
het hom daar opgemerk voordat die dag se verrigtinge begin het. Na 'n verdaging
van die saak is appellant se verdere verdediging deur mej Jordaan
waargeneem.
14 Rebecca en Angelina is toe herroep en dit is deur haar aan
hulle gestel dat daar 'n misverstand tussen appellant en mnr Lewies
was as
gevolg waarvan die stelling aan hulle gemaak was dat hy "nagdiens gewerk het"
terwyl hy in der waarheid "dagdiens gewerk het".
Appellant se broer Josef het ook getuig. Hy het beweer dat hy appellant altyd
werk toe vervoer het en dat hulle so vroeg soggens vertrek
het soos deur
appellant beweer is. Hy kon datums egter glad nie onthou nie en het nie eens
geweet dat dit 1989 was toe hy getuig
het nie. Daarbenewens kon hy geen
aanvaarbare verduideliking gee waarom hulle so vroeg vertrek het om só 'n
kort ent pad te
ry nie.
Beskuldigde 5, Henry Paile, het ook getuig en het ewenseens ontken dat hy
teenwoordig was by die moord op
15 Lukas. Hy het beweer dat hy daardie nag
aan diens was by 'n myn, Tobatsi Ferro Chrome, van 23h00 op 18 Februarie tot
07h00 die
volgende oggend. Hy het 'n diensrooster ingehandig ên ook twee
getuies geroep om sy bewering te staaf.
Die hof het die weergawes van Rebecca en Angelina aanvaar wat appellant
betref. Die hof het bevind dat beskuldigde 5 "'n baie swak
getuie was op wie
geensins peil getrek kan word nie", en dat die diensrooster om verskeie redes
onoortuigend was. Beskuldigde 5 is
nietemin onskuldig bevind weens die aard en
gehalte van die ander stawende getuienis en die feit dat hy net vlugtig voor
Rebecca
en Angelina verskyn het. Dit het gesamentlik 'n
twyfel by die hof
laat onstaan oor die betroubaarheid van hulle uitkenning van hom. Daar was egter
geen sodanige twyfel oor hul uitkenning
van appellant nie. Hy was baie
16
goed aan albei bekend, hy was vlak voor hulle vir 'n veel
langer tyd
as beskuldigde 5 en het in 'n goed beligte area
vir Lukas beetgehad en met 'n
byl te lyf gegaan. Die
weergawes van appellant en Josef is o a in die volgende
terme verwerp:
"[Appellant] het vrae ontwyk veral toe hy gevra is oor die teenstrydige opdragte
oor nag- en dagdiens, en kon geen verduideliking
gee waarom hy juis op 19
September 1989, toe hy sy werkgewer sien, weer eens sy veklaring met sy advokaat
moes deurgaan nie. Ons
bevind dat beskuldigde 9 'n
leuenagtige getuie is.
Beskuldigde 9 het ter stawing van sy weergawe sy broer Joseph Maroga geroep.
Dié het getuig dat hy beskuldigde 9 elke dag
om 04h00 opgelaai het by sy
skoonouers se huis te Maandagshoek en hom afgelaai het te T.C.L. by sy werk om
05h05. Dit geld ook die
19 Februarie 1986. Ons het die volgende kommentaar op
Joseph Maroga.
Hierdie getuie het sy getuienis met veel gebare en beweging gelewer en ons nie
beïndruk nie. Sy weergawe dat hy om 03h00 opstaan
om beskuldigde 9 om 04h00
op te laai een tot twee
17
kilometer weg en dan mense aflaai vir hulle 06h00 skof en self om 07h00 begin
en dit alles om ongeveer 16 kilometer af te lê
wat seker binne 30 na 45
minute gedoen kan word is geheel ongeloofwaardig. Dit is 'n deursigtige poging
om die oplaaityd van beskuldigde
9, indien hy hom ooit opgelaai het, sover in
die nag in te skuif as moontlik ten einde beskuldigde 9 'n alibi te verskaf wat
die
dood van Lukas Maroga betref. Hy sê dat beskuldigde 9 van 1985 tot
1987 deur hom opgelaai is. Ook sê hy dat beskuldigde
9 in 1986 met verlof
gegaan het, maar hy weet nie eers dat vanjaar 1989 is nie. Dit is 'n getuie wat
nie sal skroom om te lieg ter
wille van sy broer nie. Dat dit die geval is, is
duidelik uit die feit dat beskuldigde 9 se saak aanvanklik was dat hy nagskof
gewerk
het. Dit klop glad nie met hierdie weergawe nie. Dit is duidelik dat toe
beskulidgde 9 sy werkgewer se amptenaar gesien het en hy
sy alibi verander het,
hy die getuie verkry het om vir hom in die bresse te tree.
Teenoor die
staatsaak staan daar dus 'n vals alibi."
18
Die hof het voorts bevind dat die toneel genoegsaam belig was vir Rebecca en
Angelina om appellant betroubaar te kon uitken.
Daar is na my oordeel geen genoegsame rede om met die voormelde bevindings
van die verhoorhof in te meng nie. Dit is derhalwe bo redelike
twyfel bewys dat
appellant Lukas te lyf gegaan het met die direkte opset om hom te vermoor. Die
appèl teen sy skuldigbevinding
moet gevolglik misluk.
Wat die vonnis betref, geld wesenlik ander oorwegings nou as die wat van
toepassing was tydens die verhoor. Die benadering is nou
nie meer of daar
versagtende omstandighede teenwoordig was nie maar of die doodstraf die enigste
gepaste vonnis is. Daarvoor is 'n
oorweging van strafversagtende en
strafverswarende faktore nodig. Daar is nou ook geen bewyslas meer op 'n
beskuldigde soos voorheen
19
die geval met versagtende omstandighede was nie. Faktore ter strafversagting
behels ook 'n wyer begrip as versagtende omstandighede.
Die gepastheid van die
doodstraf aan appellant opgelê moet gevolglik nou op die nuwe grondslag
bepaal word.
Op 19 Februarie 1986 was appellant 28 jaar en 11 maande oud. Geen vorige
veroordelings is teen hom bewys nie. Hy het 'n vaste betrekking
gehad.
Dié faktore is almal strafversagtend en gevolglik nou van wesenlike
belang. By die ondersoek na versagtende omstandighede
was hulle egter
irrelevant. Die aard van die misdaad en die wyse waarop dit gepleeg was, is baie
ernstig en weersinwekkend, en appellant
het 'n leidende rol daarin gespeel. Dit
is faktore wat sterk strafverswarend is en verg gedugte bestraffing. Maar dit is
duidelik
dat die moord op Lukas gekoppel was aan die gegriefdheid jeens die
kaptein wat op
20
19 Februarie 1986 tot uitbarsting gekom het. Die uitroep dat die skare
by Lukas na die kaptein gesoek het, is sprekende bewys daarvan.
Die gepeupel het
klaarblyklik vir Lukas beskou as 'n aanhanger van die kaptein. Die feit dat dit
moontlik 'n verkeerde indruk was,
doen nie afbreuk aan die effek daarvan op die
gemoedere van sy stamgenote nie. Daardie uitbarsting is voorafgegaan deur 'n
lang tydperk
van steeds verskerpende wrewel wat in stamgeledere teen die kaptein
aan die opbou was. Dit is hoogs waarskynlik (in weerwil van appellant
se
ontkenning daaromtrent), dat hy as lid van die stam daardeur beïnvloed en
uiteindelik meegesleur was, al het hy nie aktief
aan die stampolitiek deelgeneem
nie. Die verloop van en rede vir daardie wrewel is soos volg geskets in die
uitspraak aangaande versagtende
omstandighede:
"Die eerste feit wat duidelik na vore staan is dat kaptein
Samuel Maroga uiters ongewild was
21
by 'n aansienlike deel van sy stam. Of die ongewildheid geheel en al aan
homself te wyte was is nie ter sake nie. Klaarblyklik was
hy tot groot mate
outeur van sy eie ongeluk. Sy ongewildheid was so groot dat hy op 5 November
1983 aangerand is deur lede van sy
stam en dat sy huis op 29 Desember 1985 aan
die brand gesteek is. Dit het aanleiding gegee tot strafsake wat die
ongewildheid verder
aangewakker het. Klagtes teen hom was dat die
begrafnisverenigings deur hom by homself gesentraliseer is sodat hy die fondse
kon
beheer en dié wat nie daarmee akkoord gegaan het nie moes 'n bees of
R200 betaal in elke sterfgeval. Dit was is stryd met
die stamgebruike. Hy het
gelde gevorder vir sy inhuldiging en die funksie is nie gehou nie. Hy het geld
gevorder vir 'n skool wat
nie gebou is nie, grafstene vir sy ouers wat nie
opgerig is nie en 'n kantoor wat nie gebou is nie. Ook het hy geld ingevorder
vir
bogadi van 'n vrou en toe met sy bestaande vrou getrou. Hy het
ouderdomspensioene en ongeskiktheidspensioene vir sy eie doeleindes
geneem en
het kwitansies uitgereik vir die helfte van bedrae wat ontvang is. Vir sy
toestemming vir 'n bewysboek en vir bywoning
van die stamskool is geld
gevorder
22
teenstrydig met die stamgebruike. Die stam was ontevrede dat hy sy bestaande
vrou en moeder van sy vyf kinders tot die kapteinskap
wou verhef het. Hy het
geld gevorder vir die bou van 'n dam en dit is nie gebou nie. Hy het die
waterkraan laat afsluit wat betref
sy teëstanders.
Hierdie klagtes haal ons hoofsaaklik uit die getuienis van die beskuldigdes en
hul getuies oor wie se betroubaarheid ons reeds kommentaar
gelewer het. 'n Groot
deel daarvan is egter waarskynlik
waar.
'n Groep waaronder van die
beskuldigdes het 'n
prokureur gespreek nadat dit in die Legotla besluit is om die kaptein af te sit.
Verskeie regslui is geraadpleeg en die saak was
by die kommissaris en by die
hoofminister maar het op niks uitgeloop nie. Dit het aanleiding gegee tot groot
frustrasie."
Dié faktor van deurlopende en
verskerpende frustrasie is deur die verhoorhof gevind om 'n versagtende
omstandigheid
23
te wees ten aansien van die moorde op Lazarus Maroga (aanklag 4) en op die
kaptein, Samuel Maroga (aanklag 8). In appellant se geval
kom die verdere
belangrike faktor by dat hy tot moorddadige geweld teen Lukas aangehits was deur
die persoon wat die byl aan hom
oorhandig het en deur Myros Maroga. Die
omstandighede waaronder appellant die moord gepleeg het, is gevolglik na my
mening ook sterk
strafversagtend.
By die opweeg van alle tersaaklike faktore is die doodvonnis nie die enigste
gepaste bestraffing van appellant nie. Dit kan gevolglik
nie bly staan nie. Die
aangewese vonnis is na my mening 'n lang tydperk van gevangenisstraf. Appellant
se strafwaardigheid verskil
nie wesenlik van dié van sy medebeskuldigdes
wat ook aan moord skuldig bevind was soos hierbo uiteengesit, nie. 'n Vonnis
van
17 jaar gevangenisstraf is gevolglik na my mening die gepaste
24
vonnis.
Bygevolg word die volgende bevele gemaak
1 Die appèl teen appellant se skuldigbevinding aan moord word van die
hand gewys.
2 Die appèl teen die doodvonnis
slaag.
3 Die doodvonnis word ter syde gestel en word vervang met 'n vonnis van 17 jaar
gevangenisstraf.
APPÊLREGTER
JOUBERT AR)
stem saam EKSTEEN, AR)