About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 21
|
|
S v Frans (130/90) [1991] ZASCA 21 (22 March 1991)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(
APPÉLAFDELING
)
SAAKNR. 130/90 In die appèl tussen:
RAYMOND FRANS
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
Coram
: JOUBERT et GOLDSTONE ARR; PREISS WnAR
Aangehoor
: Vrydag 22 Maart 1991
Transkripsie van
ex tempore
uitspraak op Vrydag 22 Maart 1991 deur Preiss WnAR gelewer en waarmee Joubert et
Goldstone ARR saamgestem het.
2
UITSPRAAK
PREISS
WnAR:
Die appellant, 'n jeugdige, is in Junie 1988 in die Kaapse
Provinsiale Afdeling deur Conradie R en twee assessore aan
'n aanklag van
moord met versagtende onstandighede skuldig
bevind. Hy is gevonnis tot 8 jaar
gevangenisstraf waarvan
3 jaar vir 4 jaar opgeskort is. Met verlof van die
verhoorregter
kom hy in hoër beroep teen die skuldigbeyinding
alleen.
Die oorledene was 'n jong seun ongeveer nege jaar oud. Sy lyk is op 'n plaas
in die distrik Paarl versteek waar dit in 'n gevorderde
toestand van ontbinding
ontdek is. As gevolg hiervan is daar by die nadoodse ondersoek twee
skedelfrakture
.../3
3 sowel as slegs twee steekwonde in die oorblywende weefsel
gevind. Die eerste steekwond was aan die kant van die regteroog en die
ander op
die linkerboud. Daar kon wel ander steekwonde toegedien gewees het maar as
gevolg van die ontbinding van die lyk kon.dit
nie bevestig word nie. Die dood
van die oorledene is aan veelvuldige beserings toegeskryf.
Drie beskuldigdes het in die hof
a quo
tereggestaan. Die
áppellant was beskuldigde Nr 3. Die enigste getuienis wat die appellant
met die beweerde moord verbind het,
bestaan uit 'n pleitverduideliking wat
beskuldigde Nr 1, ene Johnny Daniels, by die landdroshofverrigtinge ingevolge
Art 119 van
die Strafproseswet in April 1987 afgelê het. Daniels het die
volgende verduideliking verstrek:
"Ek het by Gobes, 'n swart man, se smokkelhuis
gesit.
.../4
4 c Ek het 3 bottels wyn gekoop. Toe besk 2 en 3 by
my kom toe is een bottel klaar half. Ek het vir
besk 3 gesê hy moet
die halwe en die twee bottels
uit skink. Hy het dit uitgeskink. Hy het 'n
ses
bottel kan wyn op skuld gevat. Ons sou die Vrydag
elkeen R3-00 vir die
wyn betaal. Ons loop toe met
teerpad tot in die sloot. Oorledene was ook heeltyd
by ons. By die sloot
wou ons hê oorledene moet
saam drink. Hy wou nie. Ek het kwaad geraak
en
opgestaan en 'n stok gevat en hom twee houe oor sy
kop geslaan. Hy is
toe bewusteloos. Hy het weer
bygekom. Kan was toe uitgedrink gewees. Besk
2
vat oorledene toe en dra hom op bos toe. Toe ons
in die bos kom het besk
2 hom met mes een hou op
regter arm en twee houe op regter rib gesteek,
en
een hou in die boud. Besk 3 het daarna die mes
.../5
5 gevat en die oorledene 'n hou in die maag gesteek en 'n hou in die nek, aan
die linkerkant. Besk 2 het oorledene toe gevat en hom
onder 'n boomstomp ingesit
en hom toe gemaak met dennenaalde. Besk 2 en 3 is toe weg van my af en ek het
ook huistoe gegaan. Dit
is al."
Daarna is die
volgende vrae en antwoorde aangeteken:
"V: Was oorledene al dood toe besk 2 hom onder
boomstam sit? Ja. V: Het jy hom net met die stok geslaan? Ja. V: Was die enigste
moeilikheid net die
kwessie
dat oorledene nie wou saam drink nie?
Ja."
Beskuldigde Nr 2, ene Isak
Heradien, het toe die volgende gesê:
.../6
6
"Ek wil niks byvoeg nie. Wat besk 1 gesê het is
heeltemaal korrek. Ek beaam
dit.
V: Waarom het jy hom in die bos met die mes.gesteek? Ons was toe al sterk onder
invloed van drank en ek word toe kwaad omdat hy in
eerste plek nie wou saam
drink nie.
V: Wat se mes was dit. Okapi mes. 'n Knipmes."
Op sy
beurt het die appellant die volgende gesê:
"Dit het gebeur net soos besk 1 gesê het. Ek beaam dit. Ek was ook kwaad
omdat oorledene nie wou saam drink nie, toe steek
ek hom met die mes. Ek het nie
gehelp om oorledene se lyk met die dennenaalde toe te maak
nie."
.../7
7
Voorts het die beskuldigdes, insluitende die appellant,
toegestem dat die inhoud van hul verklarings as erkennings aangeteken word.
Daarbenewens is daar die verdere oorweging dat die appellant sy saak gesluit
het sonder om enige getuienis aan te bied.
Twee hoofargumente is namens die appellant aan hierdie hof voorgelê.
Die eerste is dat die verhoorhof verkeerdelik bevind het
dat daar 'n
gemeenskaplike opset tussen die beskuldigdes ontstaan het. Die appellant verlaat
hom op een van die vereistes vir so
'n bevinding soos in
S v Safatsa and
Others
1988 (1) SA 868
(A) op 901 'n - I uiteengesit, naamlik:
"That the individual acts of each of the...
accused
.../8
8 convicted of murder manifested an active association with the acts... which
caused the death of the deceased."
Daar is namens
die appellant aangevoer dat sy handeling nie vir so 'n bevinding vatbaar is nie.
Na my mening gaan hierdie argument
nie op nie. Beskuldigde Nr 1 het die
oorledene reeds geslaan; Nr 2 het hom reeds met 'n mes gesteek. Die appellant
neem die mes by
Nr 2 en steek die oorledene twee keer op dele van sy liggaam
waar noodlottige gevolge kon intree. Daar kan beswaarlik iets anders
afgelei
word as dat die appellant 'n gemeenskaplike doel met die ander beskuldigdes
gehad het.
Vervolgens word aangevoer dat dit redelik moontlik was dat
die slagoffer
reeds dood was toe die gemeenskaplike opset
gevorm is. Hierdie argument is
eweneens gebrekkig. Die stelling
.../9
9 is nooit in die verhoorhof in getuienis ge-opper nie. Dit
bevat die onaanvaarbare situasie dat die aanval op die oorledene sou voortgeduur
het nadat hy klaar dood was. Die verhoorhof het na my oordeel korrek bevind dat
uit die bewese feite 'n sterk afleiding voortgevloei
het dat die oorledene nog
geleef het toe die appellant hom die steekwonde toegedien het. Daar is geen
aanduiding in enige verklaring
dat die oorledene gelê het of dat hy reeds
sterwend was nie. Die enigste ooggetuienis, d.w.s deur beskuldigde Nr 1, is
egter
tot die teendeel en dit is nie in kruisondervraging betwis nie. Die
appellant se versuim om self getuienis af te lê is 'n verdere
tersaaklike
oorweging.
Dit volg dus dat daar tereg bevind is dat die oorledene nog geleef het toe
die appellant hom gesteek het en dat die gemeenskaplike
opset dus bestaan het
voordat die dood ingetree
.../10
10 het.
In die verbygaan is daar namens die appellant aangevoer dat daar nie bewys is
dat hy die nodige
mens rea
gehad het nie. Die antwoord hierop is dat toe
die appellant tot die aanval toegetree het, was die oorledene tot sy kennis
reeds ernstig
gewond en hy sou moontlik sterf indien hy nog verder met 'n mes
aangeval word soos wat die appellant wel gedoen het. Die nodige opset
is dus
bewys.
Die appèl word van die hand gewys.
H. J PREISS JOUBERT AR ) GOLDSTONE AR ) STEM SAAM