S v Ngcamu (621/89) [1991] ZASCA 10 (11 March 1991)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Confessions — Voluntariness of confession — Appellant convicted of murder and robbery based on confession — Appellant contended confession was coerced and involuntary — Trial court accepted police testimony over appellant's claims of duress — No basis for interference with trial court's findings — Appellant's confession found to be consistent with evidence of the crimes — Appeal dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 10
|

|

S v Ngcamu (621/89) [1991] ZASCA 10 (11 March 1991)

621/89
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
JAMES NGCAMU
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
HOEXTER, E M GROSSKOPF,ARR et PREISS Wn
AR
VERHOOR:
11 Maart 1991
GELEWER:
Mondeling gelewer op 11
Maart 1991
UITSPRAAK
2
E M GROSSKOPF, AR
Die appellant is in die Witwaterrandse Plaaslike
Afdeling skuldig bevind op twee klagtes van moord, een van aanranding met die
opset
om ernstig te beseer, een van roof met verswarende omstandighede, een van
die onwettige besit van 'n vuurwapen en een van die onwettige
besit van
ammunisie. Die hof (GORDON WR en assessore) het versagtende omstandighede bevind
met betrekking tot die moordklagtes. Die
appellant is gevonnis tot verskillende
termyne gevangenisstraf, party waarvan gelas is om saam te loop. Sy effektiewe
vonnis was
16 jaar gevangenisstraf. Hy kom nou in hoër bereop slegs teen sy
skuldigbevindinge.
Die insident waaruit die klagtes ontstaan het, het
plaasgevind op 29 Junie 1986. Die twee oorledenes in die moordklagtes, Abram
Modau
en Daniël Modau, het saam met lede van hul familie by hul woning in
Meadowlands vars produkte asook drank verkoop. Op die betrokke
aand het vier
persone by die huis opgedaag, die twee oorledenes doodgeskiet, die klaagster
Anna Modau, die vrou van Abram, aangerand
met die opset om haar
3
ernstig te beseer deur haar ook te skiet (gelukkig nie noodlottig nie) en 'n
bedrag van oor die R3 000 van Anna geroof. Hierdie vier
persone het, volgens wat
hulle gesê het, opgetree in opdrag van ene Boy wat twee huise weg gewoon
het en 'n handelsmededinger
van die Modau's was. Dit is duidelik dat hierdie
groep gegaan het met die gesamentlike opset om te roof en, indien nodig, te
skiet,
en dat hulle almal skuldig is aan die misdade waarvoor die appellant
aanspreeklik gehou is.
Die enigste vraag in hierdie appèl is dan of
die appellant een van hierdie vier rowers was. Al getuienis wat hom verbind is
'n bekentenis wat hy op 10 Desember 1987 aan luitenant Vermaak van die SAP,
ex officio
'n vrederegter, gemaak het. Twee hoofpunte is namens die
appellant geargumenteer. Ten eerste is daar betoog dat die Staat nie bo
redelike
twyfel bewys het dat die bekentenis vrywillig, ongedwonge en sonder onbehoorlike
belnvloeding gemaak is nie. Die appellant
het getuig dat hy deur lede van die
polisie in 'n donker kamer geplaas is, aangerand is, en gedreig is om 'n
verklaring te maak.
Hy het verder getuig dat
4
hy voorgesê was wat om te sê. Hierdie bewerings is ontken deur
die drie polisiebeamptes wat volgens hom, betrokke was.
Daarbenewens het die hof
kaptein Coleman, die waarnemende bevelvoerder te Protea-polisiekantoor, waar die
beweerde dwang sou toegepas
gewees het, as getuie geroep. Kaptein Coleman het
getuig oor die moontlikheid dat so iets in 'n kamer in Protea-polisiekantoor kon
gebeur het. As sy getuienis aanvaar word, kon die insident nie plaasgevind het
soos deur die appellant getuig nie. Die hof
a quo
, in 'n sorgvuldige
uitspraak, het die getuienis van die polisie-amptenare aanvaar en dié van
die appellant verwerp. Myns insiens
is niks aan ons voorgedra wat ons sou
regverdig om met hierdie bevinding in te meng nie. Dan is daar betoog dat, selfs
al sou die
bekentenis toelaatbaar wees, die inhoud daarvan so veel verskil van
wat by die Modau's gebeur het dat die gevaar nie hier uitgesluit
kan word van 'n
valse bekentenis deur 'n onskuldige nie. Ek stem nie saam nie. Na my mening is
die ooreenkomste tussen die bekentenis
en die ware omstandighede van die roof en
moord by die Modau's
5
se huis te veel en te treffend om enige twyfel te laat oor die egtheid van
die appellant se bekentenis.
Ek meen dus dat die verhoorhof se uitspraak
onaanvegbaar is. Die appèl word afgewys.
E M GROSSKOPF, AR