S v April (155/90) [1991] ZASCA 9 (8 March 1991)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Fraud — Sentencing — Appellant convicted of 36 counts of fraud and sentenced to five years' imprisonment, two years suspended — Appellant's appeal against sentence on grounds of excessive severity — Appellant, a former accountant, misappropriated funds through fraudulent cheque transactions and misuse of company credit cards, totaling over R80,000 — Court found mitigating factors including early admission of guilt, cooperation with authorities, and restitution of funds — Original sentence deemed disproportionate; new sentence of four years' imprisonment, with two years suspended, imposed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 9
|

|

S v April (155/90) [1991] ZASCA 9 (8 March 1991)

1
Saak nr 155/90 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING
)
In die saak tussen
EDGAR MERVIN APRIL
Appellant
- en -
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN ARR.
VERHOOR: 21 Februarie 1991.
GELEWER:
8 Maart 1991.
UITSPR
A
AK
VIVIER AR.
2/...
2.
VIVIER AR:
Die appellant is in die Streekhof in Kaapstad op 36 aanklagte van bedrog
skuldig bevind. Die aanklagte is saamgeneem vir doeleindes
van vonnis en die
appellant is gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar
gevangenisstraf vir vyf jaar op die gebruiklike
voorwaardes opgeskort is. Sy
appêl teen die vonnis na die Kaapse Provinsiale Afdeling het misluk en met
die verlof van daardie
Hof appelleer die appellant nou na hierdie Hof teen die
vonnis alleen.
By die aanvang van sy verhoor het die appellant skuldig
gepleit op al die aanklagte waaraan hy skuldig bevind is. Die tersaaklike
feite
en omstandighede waaronder die misdade gepleeg is, blyk uit die appellant se
skriftelike verklaring wat ingevolge art 112(2)
van Wet 51 van 1977 by die
3/...
3.
Verhoorhof ingehandig is, asook uit die getuienis wat die
appellant en ene Francisco Neethling ter versagting van vonnis by sy verhoor
afgelê het. Die apppellant het ten tyde van die pleging van die misdade as
rekenmeester by 'n firma, Protea Industrial Chemicals
(Edms) Bpk gewerk en was
gemagtig om saam met 'n ander werknemer, ene Jonas, tjeks namens die firma te
teken. Gedurende die tydperk
vanaf 18 Junie 1987 tot 28 Februarie 1988 het hy op
verskillende geleenthede blanko tjeks deur Jonas laat onderteken, dit daarna
aan
homself uitgemaak en mede-onderteken en in sy bankrekening inbetaal (aanklagte
2-7, 9, 10, 11 en 13). 'n Totale bedrag van R54,235-65
was by hierdie tien
aanklagte betrokke. Gedurende dieselfde tydperk het die appellant deur 'n valse
inskrywing in die boeke van die
firma aangetoon dat 'n lening van R5,000-00 wat
hy
4/...
4.
van die firma ontvang het, reeds deur hom terugbetaal is,
terwyl dit nie die geval was nie (aanklag 14). Verder was die appellant,
as
rekenmeester, geregtig om met twee kredietkaarte van die firma goedere en
brandstof aan te koop en dienste te bekom vir sy eie
motor tot 'n maksimum
bedrag van R300 per maand. Gedurende die tydperk vanaf November 1985 tot en met
Januarie 1988 het hy elke maand,
met twee uitsonderings, die perk van R300
oorskry en aan Eerste Nasionale Bank voorgegee dat hy wel geregtig was op die
oorskryding.
Sodoende het hy goedere, brandstof en dienste vir homself ter
waarde van altesaam R21,593-63, waarop hy nie geregtig was nie, verkry
(aanklagte 15-39 ). 'n Totale bedrag van meer as R80,000-00 was dus betrokke by
die oortredings wat oor 'n tydperk van meer as twee
jaar gestrek het.
Die appellant was ten tyde van sy
verhoor
5/...
5.
27 jaar oud, getroud en was 'n eerste oortreder. Hy het sy
studies gestaak nadat hy die tweede jaar van die B.Com-kursus suksesvol
voltooi
het, maar het 'n diploma in rekenaarswetenskap behaal. Nadat hy sy werk by die
firma weens die saak verloor het, het hy werk
gekry as gewone klerk by 'n
prokureursfirma waar hy 'n netto salaris van R850-00 per maand verdien het.
Daarna het hy daarin geslaag
om weer 'n betrekking as rekenmeester by 'n ander
firma te kry waar hy ten tyde van die verhoor van die appêl voor hierdie
Hof 'n netto salaris van R2,500-00 per maand ontvang het. Ten tyde van die
pleging van die misdade het die appellant 'n netto salaris
van R2,200-00 per
maand ontvang.
Hoewel die getuienis van die appellant hieromtrent nie heeltemal duidelik is
nie, was mej Immelman, wat namens die Staat voor hierdie
Hof verskyn het, bereid
om te aanvaar dat die appellant uit eie
6/...
6.
beweging sy misdade aan die firma openbaar het. Dit kan dus
aanvaar word dat die appellant vroeë berou oor sy dade gehad het.
Hy het
verder sy volle samewerking aan die polisie gegee. Mej Immelman was ook bereid
om te aanvaar dat die appellant teen hierdie
tyd, met die hulp van sy kerk wat
R30,000-00 bygedra het, die firma sy totale verlies vergoed het.
Mnr Cloete,
namens die appellant, het betoog dat die appellant die misdade gepleeg het ten
einde sy moeder, wat by hom inwoon in 'n
huis wat aan hom behoort, te
bevoordeel. Ek is egter nie daarvan oortuig dat die appellant met 'n
altruïstiese motief gehandel
het nie. Sy optrede dui, na my mening, eerder
op gierigheid en eie finansiële gewin. In hierdie verband is die getuienis
van
Francisco Neethling, die moderator van die kerk wat die appellant gehelp het
met die terugbetaling van die firma se geld,
7/...
7.
insiggewend. Hy het getuig dat die appellant, wat voor hom
grootgeword het, ambisieus is en baie duur smaak het sodat hy "alles van
die
beste, die mooiste in die huis gesit het".
Mnr Cloete het betoog dat die
Verhoorlanddros enersyds die erns van die misdade oorbeklemtoon en andersyds die
strafversagtende omstandighede
onderbeklemtoon het. Wat die erns van die misdaad
betref, verwys die Verhoorlanddros in sy uitspraak oor vonnis na die feit dat
die
appellant in 'n vertrouensposisie verkeer het en na die appellant se eie
getuienis dat hy een of ander swak plek in die firma se
boekhoustelsel ontdek en
dit uitgebuit het om homself te verryk. Dit is duidelik, meen ek, dat die
appellant nie in 'n skielike versoeking
gekom of in 'n oomblik van swakheid
gehandel het nie. Dit is ook duidelik dat hy nie in geldnood gehandel het
nie.
8/...
8.
Die misdade dui op berekende optrede oor 'n lang tydperk vir
eie geldelike gewin. Die Landdros meld verder dat 'n aansienlike bedrag
by die
saak betrokke is. Hy was klaarblyklik geregtig om al hierdie aspekte in ag te
neem en daar is niks in sy uitspraak wat daarop
dui dat hy die erns van die
misdaad oorbeklemtoon het nie. Dit is verder duidelik uit die Landdros se
uitspraak oor vonnis dat hy
wel deeglik gewig geheg het aan die appellant se
betoning van berou en dat hy besig was om die geld terug te betaal. Die Landdros
verwys egter nie in sy uitspraak na die feit dat die appellant uit eie beweging
die misdade openbaar het nie en dit wil voorkom asof
hy nie hierdie aspek in ag
geneem het nie moontlik omdat die getuienis daaromtrent nie heeltemal duidelik
was nie. In die lig van
die toegewing deur mej Immelman moet hierdie faktor
egter wel in die guns van die appellant in ag geneem word.
9/...
9.
Dat daar in die huidige saak sterk versagtende omstandighede
aanwesig is wat dit onderskei van ander sake van hierdie aard, is duidelik.
In
die lig daarvan kom die opgelegde vonnis my buitensporig swaar voor. Nogtans
meen ek nie dat daar aan mnr Cloete se betoog gehoor
gegee kan word dat 'n
totale opgeskorte vonnis, gekoppel aan 'n aansienlike boete, opgelê word
nie, veral indien die bedrag
betrokke by die misdade, die tydperk waaroor dit
gepleeg is en die reelmatigheid waarmee dit gedoen is, in ag geneem word.
Na
my mening sal reg geskied indien 'n vonnis van vier jaar gevangenisstraf,
waarvan twee jaar opgeskort word, opgelê word.
Die appèl slaag
gevolglik. Die vonnis deur die Landdros opgelê, word vervang met die
volgende vonnis: vier jaar gevangenisstraf
waarvan twee jaar gevangenisstraf
opgeskort word vir vyf jaar op
10/...
10.
voorwaarde dat die appellant nie skuldig bevind word aan 'n gemeenregtelike
misdaad waarvan oneerlikheid 'n
element is en wat gepleeg word gedurende die
tydperk van opskorting nie.
W. VIVIER AR.
KUMLEBEN AR)
Stem saam. EKSTEEN AR)