S v Barnabas (146/90) [1991] ZASCA 8; [1991] 2 All SA 111 (A) (8 March 1991)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence — Appellant convicted of murder with extenuating circumstances and sentenced to 20 years' imprisonment — Appellant contended that the sentence was excessive, particularly considering his personal circumstances and the nature of the crime — Court found that the trial court had overemphasized the appellant's previous convictions and failed to adequately consider the circumstances of the crime — Sentence reduced to 12 years' imprisonment as more appropriate.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 8
|

|

S v Barnabas (146/90) [1991] ZASCA 8; [1991] 2 All SA 111 (A) (8 March 1991)

1.
Saak nr 146/90 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA (APPelAFDELING)
In die saak tussen:
KENNETH BARNABAS
Appellant
- en -
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
VIVIER, KUMLEBEN et EKSTEEN
ARR.
VERHOOR:
21 Februarie 1991.
GELEWER:
8 Maart 1991.
UITSPRAAK
VIVIER AR.
2/...
2.
VIVIER AR:
Die appellant kom in hoër beroep teen 'n vonnis van 20 jaar
gevangenisstraf wat hom opgelê is deur STEENKAMP R in die Noord-Kaapse
Afdeling, nadat hy skuldig bevind is aan moord met versagtende omstandighede.
Verlof om te appelleer is deur die Verhoorregter geweier,
maar is daarna aan die
appellant toegestaan na 'n versoekskrif aan die Hoofregter.
By die verhoor
het die appellant skuldig gepleit aan moord. 'n Verklaring ingevolge art 112(2)
van Wet 51 van 1977 is daarna deur
sy advokaat by die Verhoorhof ingelewer.
Daarin sê die appellant kort en bondig dat hy die oorledene een hou met 'n
mes in
die nek gesteek het in die loop van 'n argument toe hy deur die oorledene
uit laasgenoemde se huis gestoot is. Hy
3/...
3.
sê verder dat hy onder die invloed van drank was maar
dat hy nogtans wederregtelik en met indirekte opset om te dood gehandel
het. Die
advokaat wat namens die Staat opgetree het, het die Verhoorhof meegedeel dat hy
die pleit aanvaar en die appellant is daarop
aan moord met versagtende
omstandighede skuldig bevind. Daarna is die appellant se vorige veroordelings,
wat hy erken . het, voorgelê
en het die advokate die Verhoorhof
toegespreek oor vonnis. Uit die Verhoorregter se uitspraak, wat onmiddellik
hierna gevolg het,
blyk nog die volgende oor die omstandighede waaronder die
misdaad gepleeg is: die appellant was vroeer die betrokke aand in die huis
van
die oorledene, met wie hy bevriend was. 'n Argument het tussen die twee ontstaan
en die appellant het geloop, maar later die
aand weer teruggekeer. Die stryery
het weer begin en die
4/...
4.
oorledene het die appellant by die huis uigestoot en is in die proses die
dodelike steekwond toegedien. Waaroor die stryery gegaan
het, en wie dit weer
begin het, blyk nie uit die Verhoorregter se uitspraak nie.
Die appellant se
persoonlike omstandighede is dat hy 31 jaar oud is, standerd 4 geslaag het, 'n
vaste werk het en 'n vrou en twee
kinders het.
Dit blyk uit die Verhoorregter
se verslag wat ingevolge art 320 van genoemde Wet by die verlening van verlof om
te appelleer aangevra
is, dat die swaar vonnis grootliks te wyte is aan die
appellant se vorige veroordelings. Die Verhoorregter sê dat indien die
appellant geen vorige veroordelings gehad het nie, hy "h maksimum vonnis van 12
jaar gevangenisstraf, waarskynlik slegs 10 jaar gevangenisstraf"
sou
opgelê het. Die Verhoorregter sê
5/...
5.
verder in sy verslag dat hy die appellant as 'n gevaar vir die samelewing
beskou het en hom gevolglik "so lank as moontlik uit die
samelewing (wou)
verwyder".
Na my mening het die Verhoorregter die appellant se vorige
veroordelings oorbeklemtoon. Die appellant het ongetwyfeld 'n slegte rekord:
twee vorige veroordelings vir roof, ses vir aanranding met die opset om ernstig
te beseer en twee vir gewone aanranding. Vir geen
een van die vorige
veroordelings is 'n swaarder vonnis as 12 maande gevangenisstraf opgelê
nie, wat as 'n aanduiding van die
relatiewe geringe aard van die misdade beskou
kan word. In die omstandighede van die huidige saak regverdig die appellant se
vorige
veroordelings, na my mening, nie die oplegging van 'n addisionele 10 of
12 jaar gevangenisstraf nie.
6/...
6.
Omdat hy soveel gewig aan die appellant se vorige veroordelings geheg het,
het die Verhoorregter, meen ek, onvoldoende aandag geskenk
aan die presiese
omstandighede waaronder die misdaad gepleeg is. In
S v Soci
1986 (2) SA
14
(A) het hierdie Hof die volgende gesê omtrent 'n Verhoorregter se
korrekte benadering voordat 'n vonnis soos die huidige opgelê
word (per
BOTHA AR op bl 17 I - 18 B) -
"'n Vonnis van 18 jaar gevangenisstraf is 'n
geweldige swaar vonnis. Straftoemeting van hierdie omvang behoort na my mening
nie te geskied sonder 'n deeglike en diepgaande ondersoek
na al die tersaaklike
faktore nie, onder meer die presiese omstandighede waaronder die oortreding
gepleeg is. Om so
'n vonnis te vel aan die hand van die karige soort gegewens wat in die huidige
geval vorendag gekom het, slegs by wyse van
kort
7/...
7.
verklarings gemaak deur en namens 'n beskuldigde, kom my voor onbevredigend en
onwenslik te wees. 'n Verhoorregter wat in gedagte
het om so 'n swaar straf op
te lê, behoort homself te vergewis daarvan dat al die feite in verband met
die pleeg van die misdaad
behoorlik uitgepluis is, desnoods deur van die Staat
te verlang om getuienis voor te lê, waarop die beskuldigde die geleentheid
sal hê om te antwoord."
Hierdie benadering is
in die huidige saak nie gevolg nie. 'n Verklaring wat die advokaat vir die
verdediging blykbaar gemaak het oor
hoe die stryery ontstaan het en waaroor dit
gegaan het (wat die appellant in sy aansoek aan hierdie Hof vir verlof om te
appelleer
herhaal het), is gevolglik nooit ondersoek nie. Dit mag wel wees dat
so 'n ondersoek 'n
totale ander beeld van die gebeure aan die Verhoorregter
sou openbaar het.
8/...
8.
Selfs geoordeel op die grondslag van die feite wat voor die ,
Verhoorregter was, is die vonnis na my mening,
buitensporig swaar. Dit is omdat, soos ek reeds daarop gewys het, die
Verhoorregter die appellant se. vorige veroordelings oorbeklemtoon
het. Na my
mening sal reg geskied indien 'n vonnis van 12 jaar gevangenisstraf in die plek
gestel word van die vonnis wat deur die
Verhoorregter opgelê is.
Die
appel word gehandhaaf. Die vonnis opgelê deur die Hof a
guo
word
tersyde gestel en vervang deur 'n vonnis van 12 jaar gevangenisstraf.
W. VIVIE
R AR.
KUMLEBEN AR)
Stem saam. EKSTEEN AR)