S v Feni (250/90) [1991] ZASCA 5 (5 March 1991)

66 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of two counts of murder and sentenced to death — Evidence against appellant overwhelming, including eyewitness accounts and confessions — Appellant's defense deemed unreliable and contradictory — Court finds no mitigating circumstances warranting death penalty — Sentences substituted with 12 years and 15 years imprisonment, respectively, with overlap of 10 years for concurrent serving — Effective sentence of 17 years imprisonment imposed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 5
|

|

S v Feni (250/90) [1991] ZASCA 5 (5 March 1991)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPÊLAFDELING
)
SAAKNOMMER: 250/90
In die appel van
ZOLILE FENI
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
Coram
: NESTADT, NIENABER ARR, PREISS WnAR.
Aangehoor: 26 Februarie 1991 Gelewer: 5 Maart 1991
2 UITSPRAAK
PREISS WnAR
:
Die appellant, 'n arbeider van die plaas Verrekyker in die
distrik
Wolseley, is op 17 November 1989 in die Kaapse
Provinsiale Afdeling deur
LATEGAN R en twee assessore op twee
aanklagte van moord skuldig bevind. Die
slagoffer op die
eerste aanklag was ene David Sicelo Valashiya (David) en
op
die tweede aanklag ene Elliot Mafenuka (Elliot). Geen
versagtende
omstandighede is bevind nie en gevolglik is die
appellant op beide aanklagte
die doodstraf opgelê. Verlof
tot appèl is ten opsigte van sowel
die skuldigbevindings as
die vonnisse deur die verhoorregter toegestaan.
.../3
3
Die twee oorledenes was mede werkers van die appellant op die
betrokke plaas. Ten tye van die gebeure het al drie van hulle 'n werkershuis
op
die plaas bewoon.
Na my mening is dit onnodig om ten aansien van die skuldigbevindings op die
detail van die gebeure in te gaan. Die getuienis wat deur
die Staat aangebied is
was oorweldigend. Dit het bestaan uit 'n beskrywing deur ooggetuies Karel
Williams en Saul Johnson van die
aanvanklike aanval op David binne sowel as
buite die werkershuis; en deur Lena Manies en Anna Andreas van die verdere
gebeure later
die aand toe 'n verdere aanranding op David gepleeg is. Ten
aansien van die beweerde moord op Elliot was daar nie soseer ooggetuies
nie en
het die verhoorhof hoofsaaklik op erkennings staatgemaak wat die appellant aan
die plaasbestuurder, Mnr van der Merwe, sou
.../4
4 gemaak het, asook op 'n bekentenis voor 'n
landdros van Tulbagh. Die appellant het gepoog om sy bekentenis te omseil deur
te beweer
dat hy nie Afrikaans magtig was nie en dat die dokument wat sonder die
bemiddeling van 'n tolk voltooi is nie sy werklike relaas
weergegee het nie. Na
my mening het die verhoorhof hierdie poging tot omseiling tereg verwerp.
Die appellant se eie getuienis was geheel en al ontwykend, onbetroubaar en
onaanvaarbaar. Dit staan in skrille kontras met die getuienis
van elkeen van die
staatsgetuies. Om die weergawe van die appellant te kon aanvaar, sou dit nodig
gewees het om te bevind dat al
die staatsgetuies opsetlik met 'n vals relaas
vorendag gekom het, insluitende die plaasbestuurder en die landdros.
Daarbenewens is
die getuienis van die appellant tereg deur die verhoorhof as "'n
lopende voorbeeld van improvisering" bestempel. Dit was niks minder
as 'n
mengelmoes
.../5
5 van ongegronde ontkennings, 'n flou poging
om noodweer te opper en 'n reeks onbevredigende weersprekings nie.
Om op te som bestaan daar by my nie die geringste twyfel dat die appellant
vir die dood van altwee van die oorledenes verantwoordelik
was nie, dat hy die
nodige opset gevorm het om hulle te vermoor en dat hy van die wederregtelikheid
van sy optrede bewus was. Ten
aansien van beide skuldigbevindings is ek die
mening toegedaan dat die hof
a quo
se beslissing korrek is, en dat die
appellant op hierdie deel van die appel nie kan slaag nie.
Ten aansien van die vonnisse is daar egter ander oorwegings, veral in die lig
van die wesenlike verandering wat ten opsigte van doodvonnisse
in die
Strafregwysigingswet 107 van 1990 vervat is. Sedert sy inwerkingtreding is
hierdie wet in 'n
.../6
6 reeks beslissings deur hierdie Hof vertolk.
Ek is nie van voorneme om die besprekings in hierdie uitspraak te herhaal nie.
Vir die
doeleindes van hierdie appèl ag ek dit voldoende om slegs enkele
opmerkings te maak.
Dié wet is van toepassing op sake soos die huidige. Daarbenewens
verkry hierdie hof die bevoegdheid om uitgebreide kriteria
ten aansien van straf
toe te pas en, in besonder, om strafversagtende en strafverswarende faktore teen
mekaar op te weeg ten einde
te kan bepaal of die doodvonnis die enigste gepaste
vonnis is, al dan nie. Dit strek heelwat verder as die magte waaroor die
verhoorhof
vroeër beskik het om slegs versagtende omstandighede te
oorweeg.
Om die relevante strafverswarende en strafversagtende faktore uiteen te sit
word in die huidige appèl bemoeilik omdat mens
.../7
7 met twee afsonderlike aanklagte van moord,
elk met sy eie omstandighede, te doen het. Faktore wat ten aansien van die een
relevant
is, geld nie noodwendig vir die ander nie. Die volgende verswarende
omstandighede geld vir beide skuldigbevindings: .
(a) Die aanrandings op die oorledenes was wreedaardig
en gevoelloos. David
sowel as Elliot is met 'n
ysterstaaf aangeval en hul skedels is deur die toediening van massiewe geweld
verbrysel.
(b) Die appellant het 'n aansienlike rekord van vorige
voordelings wat met
geweld in verband staan. Gedurende
1984 is hy op vier aanklagte van gewone
aanranding
skuldig bevind. In 1987 is hy skuldig bevind aan
aanranding met
die opset om ernstig te beseer. In
.../8
8 1987, en omtrent veertien maande voordat hy
hierdie moorde gepleeg het, is hy weer eens aan aanranding met die opset om
ernstig
te beseer skuldig bevind. Gevangenisstraf van 9 maande is hom
opgelê wat vir vier jaar opgeskort is. Hierdie moorde is binne
die
opskortingstydperk gepleeg.
(c) Hoegenaamd geen berou is deur die appellant getoon
nie.
Deurgaans het hy gepoog om 'n leuenagtige verweer te opper.
In die geval van die moord op David is daar die volgende verswarende
faktore:
(a) Die aanrandings het op twee afsonderlike tydstippe plaasgevind. Alhoewel
die verhoorhof bevind het
.../9
9 dat daar ongeveer 2 tot 2 1/2 uur tussen die
oorspronklike en die uiteindelike aanrandings moes verloop het, is daar na my
mening
onvoldoende bewys hiervan. Die getuienis oor die tydsverloop was vaag en
slegs op skattings gegrond. Aan die ander kant kan die submissie
deur die
appellant se advokaat dat die twee gebeure feitlik gêlyktydig plaasgevind
het, ook nie opgaan nie. Wat wel redelik
moontlik is, is dat die tweede
aanranding so kort op die eerste gevolg het dat enige provokasie wat denkbaar by
die eerste aanval
'n rol gespeel het, by die tweede steeds 'n faktor sou wees,
al was dit ook in 'n mindere mate.
(b) Die aanval op David het uit die bloute ontstaan in die sin dat dit nie 'n
onmiddellike reaksie op enige
.../10
10 provokasie was nie. Met ander woorde, as daar wel
provokasie was (waarmee later gehandel word), was dit nie die onmiddellike
oorsaak
van die appellant se optrede nie. Die appellant was te alle tye die
aggressor gewees.
In die geval van die moord op Elliot was daar die volgende verswarende
faktore:
(a) In teenstelling met David wat, ondanks sy dronkenskap, 'n mate van
weerstand kon gebied het, was Elliot 'n skraalgeboude ouerige
man. Hy het slegs
55kg geweeg en die mate van sy alkohol inname was sodanig dat hy, in die woorde
van die verhoorhof, "slihgerdronk"
moes gewees het. Hy kon geen wesenlike
bedreiging vir die appellant gebied het nie.
.../11
11
(b) Indien die appellant 'n grief teenoor David gekoester het
(waaroor later meer), is dit duidelik dat die appellant en Elliot op
goeie voet
verkeer het. Geen bestaande dispuut kon as regverdiging vir die aanranding op
hom deur die appellant ge-opper word nie.
Ek wend my nou tot die strafversagtende faktore. Hulle is soos volg:
(a) Daar is geen aanduiding, soos die advokaat vir die
Staat
tereg toegegee het, dat die appellant 'n berekende, voorafbeplande aanranding op
David gepleeg het nie. Alles dui daarop dat
die appellant se gevoelens skielik
opgevlam het want David "vat hom vir 'n vrou". Sy aanranding op David is 'n
toonbeeld van onbeheerste
.../12
12 woede. Van insig was hy skynbaar geheel en
al beroof. Hy jaag vir Karel Williams en Saul Johnson weg omdat, soos hy
gesê
het, hy nie ooggetuies wil hê nie. Dit is 'n vreemde uitlating
aangesien Karel en Saul immers reeds ooggetuies was.
(b) Dit is verder insiggewend dat die appellant David
om mee te begin geklap het. Dit was eers op 'n later stadium in die loop van
'n stoeiery dat die ysterstaaf gebruik is. Op hierdie
stadium het die appellant
self 'n hoofbesering opgedoen toe David hom met 'n
ligte byltjie gekap het. Hierdie besering was glad-nie ernstig van aard nie
maar was dit, vanuit sy oogpunt, 'n verdere rede vir die
appellant se
onbeheerste aanval op David.
.../13
13 (c) Dit is hoogs waarskynlik dat die moord op Elliot gevolg het terwyl die
appellant steeds in hierdie bui van woede verkeer het.
Dit kan geredelik bevind
word dat hierdie irrasionele gedrag op die ingewing van die oomblik ontketen is
en tot by die aanval op
Elliot, die tweede slagoffer, voortgeduur het.
Op 'n oorweging van bogemelde faktore is ek van mening dat die doodstraf nie
die enigste gepaste straf is nie, veral deurdat die aanrandings
op David sowel
as op Elliot nie met voorbedagte rade geskied het nie. Die verswarende faktore
noop my egter tot die gevolgtrekking
dat 'n lang tydperk van gevangenisstraf
opgelê behoort te word. Die moord op Elliot was ernstiger as die moord op
David omdat
daar nie enige grief teenoor hom bestaan het nie en omdat Elliot 'n
weerlose ouerige man was.
.../14
14 Wat die termyn van die gevangenisstraf aan
betref is daar twee aanverwante oorwegings. Eerstens moet die hof in gedagte hou
dat
twee afsonderlike moorde gepleeg is en dat 'n enkel saamgestelde vonnis van
gevangenisstraf dus nie verkieslik nie. Daarenteen is
die twee moorde kort na
mekaar gepleeg is en as gevolg van dieselfde deurlopende gemoedstoestand. Dit
sou dus onregverdig wees om
twee swaar vonnisse bloot bymekaar te tel. Dit is
myns insiens die soort situasie waar gelas kan word dat 'n aansienlike gedeelte
van die tweede vonnis met die eerste vonnis van gevangenisstraf moet
saamloop.
Die volgende bevele word gemaak:
1. Die appel teen die skuldigbevindings word van die hand gewys.
.../15
15 2. Die appel teen die vonnisse word
gehandhaaf. Die
doodvonnisse word tersyde gestel en met die volgende vervang:
(a)
Op aanklag 1 (die moord op
David) word die appellant tot twaalf (12) jaar gevangenisstraf
gevonnis;
(b)
Op aanklag 2 (die moord op
Elliot) word die appellant tot vyftien (15) jaar gevangenisstraf gevonnis,
waarvan tien (10) jaar met die
vonnis op aanklag 1 sal
saamloop.
Die effektiewe termyn van gevangenisstraf
is gevolglik sewentien (17) jaar.
.../16
16
H.J PREISS
Waarnemende Appèlregter
NESTADT AR )
)
) STEM SAAM NIENABER AR )