About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1991
>>
[1991] ZASCA 3
|
|
S v Ebrahim (279/89) [1991] ZASCA 3; 1991 (2) SA 553 (AD); [1991] 4 All SA 356 (AD) (26 February 1991)
CG SAAKNOMMER: 279/89
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak van:
EBRAHIM ISMAIL EBRAHIM
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: JOUBERT, WHR., VAN HEERDEN, STEYN,
F H GROSSKOPF, ARR. et NICHOLAS, WAR.
AANGEHOOR
: 21 SEPTEMBER 1990
GELEWER
: 26 FEBRUARIE 1991
UITSPRAAK STEYN, AR.
2
INLEIDING
Hierdie appèl gaan oor die vraag of die
verhoorhof die regsbevoegdheid gehad het om die aanklagte
teen die appellant te bereg. Hy het op 3 Augustus 1987
in die Transvaalse Oos en Suid-Oos Rondgaande Plaaslike
Afdeling op Piet
Retief tereggestaan as beskuldigde 3
voor Daniels R op 'n klag van
hoogverraad en verdere
klagtes. Voordat hy op die aanklagte gepleit het, is
'n
aansoek deur hom aangehoor ingevolge 'n kennisgewing van
mosie waarin
die volgende bevele aangevra is:
"1. Directing and holding that the Applicant is not amenable to the criminal
jurisdiction of the court in respect of the indictment
referred to in paragraph
3.
2. Declaring that the Applicant's apprehension and abduction in the Kingdom of
Swaziland on 15 December 1986 and his subsequent transportation
to the Republic
of South Africa and purported arrest and detention pursuant thereto is in breach
of international law and wrongful
and unlawful.
3. Declaring that the Applicant has not properly and lawfully been arrested and
properly and lawfully arraigned
before
3
court of competent jurisdiction for the purposes of trying him on the indictment
proffered by the prosecution against the Applicant
and two other
persons.
4.
Declaring that the Applicant is entitled to be discharged from his
imprisonment and detention at present pending his trial on the
said
indictment.
5.
Granting to the applicant
further or alternative relief."
Dié aansoek
is no A1337/87 ("die onderhawige aansoek").
Aan appellant se funderende
verklaring is die stukke
aangeheg van 'n vorige aansoek gerig deur sy broer,
Essop
Ismail Ebrahim, aan die Transvaalse Provinsiale Afdeling,
wat afgehandel
was op 14 Mei 1987. Dit is aansoek no
4341/87 ("die vroeëre aansoek"). Albei aansoeke is deur
die
respondente teengestaan en in albei is opponerende
verklarings ingedien. Die
vroeere aansoek is egter op 14
Mei 1987 geskik, soos later hierin sal blyk. Albei
partye het tydens die beredenering van die onderhawige
aansoek ook staatgemaak op die bewerings vervat in die
vroeëre aansoek. Daniels R het die onderhawige aansoek
4
op 6 Augustus 1987 van die hand gewys. Die verhoor het toe voortgegaan.
Appellant is aan hoogverraad skuldig bevind en gevonnis tot
20 jaar
gevangenisstraf. Hierdie appèl is gerig slegs teen die afwysing van die
onderhawige aansoek.
DIE FEITE
Die volgende feite soos vervat in albei voormelde
aansoeke, is óf gemene saak óf onbetwis. Appellant is 'n
Suid-Afrikaanse
burger van geboorte. Eind 1961 begin 1962 het hy lid geword van
Umkhonto We Sizwe -die militêre vleuel van die African National
Congress
("ANC"). Op 28 Februarie 1964 is hy in die Natalse Provinsiale Afdeling van die
Hooggeregshof van Suid-Afrika skuldig bevind
aan verskeie dade van sabotasie en
gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf. Hy het sy vonnis op Robbeneiland uitgedien
en is vrygelaat
op 27 Februarie 1979. Op dieselfde datum is hy ingeperk tot
die
5
landdrosdistrik van Pinetown. Op 19 Desember 1980, terwyl die gemelde
inperking nog van krag was, het hy na Swaziland gevlug. Die
respondente beweer
dat sedert sy uitwyking uit die Republiek van Suid-Afrika appellant betrokke was
by anti-Suid-Afrikaanse bedrywighede,
dat hy sy posisie as 'n toonaangewende
bestuurslid van die ANC gevestig het en dat hy nou-betrokke was by die
bedrywighede van Umkhonto
We Sizwe. (Dié bewerings is op die stukke
onbeantwoord gelaat.) In Swaziland het appellant bekend gestaan as Ahmed Zaheer
en ook as Roy Zaheer en hy was aldaar woonagtig op gedeelte 212 van plaas no
188, Dalriach, Pine Valley, in die Umgugu reservaat
aan die buitewyke van
Mbabane. 'n Manlike Swazi by name van Dumisane Zwane was daar in diens van
appellant as tuinier.
Om ongeveer 22h00 op 15 Desember 1986 was appellant in
die sitkamer van sy woning voornoemd. Hy en Zwane het gesit en kyk na die
beeldradio.
Daar was 'n
6
klop aan die voordeur. Zwane het op appellant se versoek gaan kyk wie dit was
en het die deur oopgemaak. Twee swartmans het buite
gestaan. Een had 'n blou
klinknaelbroek en sweetpak bo-stuk aan en die ahder 'n
blou broek en groen
T-hemp. Laasgenoemde het op Swazi aan Zwane gesê dat hul voertuig onklaar
geraak het en dat hulle 'n wielsleutel
wou leen. Zwane het appellant gaan roep.
Dié het sy motorsleutels geneem en met die vreemdelinge na sy motor
gegaan. Net toe
hy die bagasiebak wou oopmaak om die wielsleutel uit te haal,
het albei vreemdelinge vuurwapens op hom gerig en hom gewaarsku dat
hulle hom
sou doodmaak as hy skree of 'n
geraas maak. Appellant het hulle gevra wie
hulle was. Hulle het geantwoord dat hulle die Suid-Afrikaanse polisie was. Hulle
het appellant
teruggeneem in die huis in en vir Zwane ook daar aangehou. Hulle
het appellant se hande agter sy rug vasgemaak met 'n stuk tou, Zwane
op die
vloer laat lê en sy hande en voete vasgebind, ook met
7
h tou. Daarna het hulle die huis deursoek, verskeie dokumente verwyder en in
'n metaal lêerhouer gesit, R4 500,00 kontant, 'n
radio- en kassetspeler,
twintig kassette en verskeie ander items gevat, appellant geblinddoek, sy mond
toegebind en na sy motor geneem,
hom daarin gesit en beveel om plat te lê.
Hulle het toe met hom weggery. Zwane is agter gelaat, steeds vasgebind soos
voornoemd.
Hulle het voortgery en uiteindelik by wat vir appellant as 'n
motorhuis voorgekom het, stilgehou. (Hy was steeds geblinddoek.) Appellant
is
uit die motor gehaal en gemaak op 'n stoel sit. Een van sy ontvoerders het
weggegaan. Die ander het by hom gebly, R30,00 uit een
van sy sakke verwyder en
aan appellant gesê dat hulle hom gesoek en uiteindelik gevind het. Die
ander ontvoerder het teruggekeer
en 'n fluistergesprek met sy makker gevoer.
Hulle het appellant weer in sy motor gesit en met hom vertrek. Hulle het na 'n
ruk weer
stilgehou. Die ontvoerders het uitgeklim en 'n gesprek
8
met iemand buite die motor gevoer. Appellant is weer uitgehaal en by 'n
skuinste af geneem. Sy blinddoek is toe verwyder. Hulle het
hom deur 4 of 5
heinings geneem. Een van die ontvoerders het toe teruggedraai. Die ander het by
appellant gebly en hom teen 'n helling
laat uitklim waarna hulle 'n hoof teerpad
bereik het naby 'n
paar struike. Appellant kon vandaar af die helder ligte
van 'n grenspos sien. Appellant het gemeen dit was die Oshoek grenspos. Hulle
was toe aan die Suid-Afrikaanse kant van die grens. Die band is van appellant se
mond verwyder. Sy ontvoerder het toe aan hom gesê
dat hulle 'n
lang
ruk daar sou moes vertoef omdat die persone wat hom kom haal van Johannesburg
kom. Hy het nie sy naam aan appellant verstrek
nie, maar gesê dat hy in
Soweto woon. Hy het gesê dat appellant niks te vrese het as hy met die
polisie saamwerk nie,
en dat hulle hom selfs 'n paspoort sou gee om na
Zambië te gaan as agent van die Suid-Afrikaanse Polisie. Hy het appellant
ook
vertel van die
9
geval van 'n sekere "Wally", 'n aangehoudene wat met die SA Polisie sou
saamwerk. Hulle het hom uit 'n
polisievoertuig laat ontsnap sodat hy as 'n polisie-agent kon optree. Wally
het hulle verraai en hy is daarna doodgemaak. Hy het appellant
voorts vertel dat
hy al sedert 1983 met 'n sekere lid van die Suid-Afrikaanse Polisie saamwerk,
dat dié persoon 'n aangename
mens was en een van diegene wat appellant
sou kom haal. Hy het appellant aangeraai om met dié persoon saam te werk.
Hy het
verduidelik dat hy die vorige Vrydag op appellant se spoor gekom het
gedurende 'n strooptog in Swaziland. Appellant en sy ontvoerder
het 'n paar uur
langs die pad vertoef. Later het twee motors 'n entjie weg stilgehou. Hulle
agterligte het aangeskakel gebly. Appellant
en sy ontvoerder het na die motors
geloop. Toe hulle die motors nader, is appellant omsingel deur blanke mans
bewapen met gewere.
Een van hulle het appellant se hande losgemaak en hand- en
voetboeie aan hom gesit. Hy is toe
10
in een van die motors geplaas. Die ontvoerder het die voormelde metaal
lêerhouer aan een van dié mans oorhandig. Drie
van die blankes het
ingeklim in die motor waarin appellant was. Twee van hulle het onderskeidelik
Jeff en Chris geheet. Appellant
het nie die naam van die derde gehoor nie.
Dié persoon was skynbaar die bevelvoerder. Albei motors het toe vertrek.
Die registrasienommer
van die ander, skynbaar begeleidende, motor, wat voor gery
het, was KLC 770 T. Die twee motors was in radiokontak met mekaar en daar
is in
dié kontak- van 'n kode gebruik gemaak. Toe die reis begin het, was dit
na aan dagbreek op 16 Desember 1986. Op pad
is appellant ondervra, onder andere
oor die ANC en persone in Maputo. Uit hoofde hiervan het appellant gemeen dat sy
reisgenote lede
van die veiligheidspolisie was. Hulle het verskeie kere
stilgehou, onder andere by 'n weermag pad-afsluiting waar die bestuurder
van die
voorste (begeleidende) motor gepraat het met een van die
11
soldate wat die afsluiting beman het. Albei motors is toe deurgelaat sonder
enige ondersoek of ondervraging. Terwyl hulle daarna verder
op pad was, het Jeff
dreigend aan appellant gesê dat hulle hom op bakstene sou laat staan en
niks te drinke of ete sou gee
nie. In Pretoria aangekom, het voormelde
"bevelvoerder" radiokontak met iemand gemaak. Die motor waarin appellant was, is
daarna
in 'n straat parkeer langs 'n groot gebou. Ongeveer 15 minute later is
radiokontak hervat en is die naam van voormelde straat en
gebou verstrek aan die
persoon met wie kontak gemaak is. Dié persoon het toe gesê dat hy
appellant-hulle kon sien. 'n
Motor het net daarna agter hulle stilgehou. Jeff
het appellant na diê motor geneem. Hy is daarin geplaas. Appellant was toe
nog steeds geboei soos voormeld. Die bogenoemde "bevelvoerder" van die motor
waarin appellant na Pretoria gebring is, het toe gepraat
met een van die persone
in die pas-aangekome motor. Min of meer hierdie tyd is brigadier Jan Cronje
12
van die Suid-Afrikaanse Polisie en bevelvoerder van dié polisie se
veiligheidstak vir die afdeling Noord-Transvaal, deur twee
persone wat geen
verbintenis met die Suid-Afrikaanse Polisie gehad het nie, verwittig (blykbaar
per radio of telefonies) dat appellant
in Pretoria was. Hy het met dié
persone gereël om appellant na sy kantoor in Kompolgebou, Pretoria, te neem
waar hy hulle
sou ontmoet. Na afloop van die gesprek tussen die "bevelvoerder"
en een van die insittendes van die pas aangekome motor, het dié
motor na
Kompolgebou vertrek. Appellant en twee begeleiders is ongehinderd by die streng
sekuriteitmaatreëls in werking by die
ingang van dié gebou
deurgelaat en het per hyser gegaan na brigadier Cronje se kantoor. Hy het daar
ingekom. Brigadier Willem
Schoon en kaptein Hendrik Brittz, albei van bogemelde
veiligheidstak, was ook teenwoordig. Appellant het aan brigadier Schoon
gesê
dat hy uit Swaziland ontvoer is. Brigadier Schoon het geantwoord
dat
13
appellant toe binne die grense van die Republiek van Suid-Afrika was en "dat
sy beweerde ontvoering in die lig daarvan bloot van akademiese
waarde is".
Daarop het brigadier Cronje appellant gearresteer "ingevolge die bepalings van
art 29 van die Wet op Binnelandse Veiligheid,
1982 (Wet nr 74 van 1982), ... vir
ondervraging ooreenkomstig die voorskrifte van die [Minister van Wet en Orde en
die Kommissaris
van die Suid-Afrikaanse Polisie]". (Appellant het beweer dat hy
steeds in hand- en voetboeie by Kompolgebou aangekom het, dat dié
boeie
daar deur die polisie afgehaal is en dat hulle derhalwe in besit was van die
sleutels van daardie boeie. Brigadier Cronje en
kaptein Brittz het egter
beweêr dat hy ongeboeid in die voormelde kantoor aangekom het en dat hand-
en voetboeie deur kaptein
Brittz aan hom aangesit is eers na sy arrestasie.
Hierdie aspek word gevolglik vir doeleindes van hierdie uitspraak buite rekening
gelaat.) Appellant is toe aangehou ingevolge
14
art 29 van voormelde Wet. Op 31 Januarie 1987 is appellant se verdere
aanhouding gemagtig deur die Minister van Wet en Orde ooreenkomstig
art 29 (3)
(a) van diê Wet.
DIE VERLOOP VAN DIE SAAK
Op 13 Mei 1987 het
appellant se gemelde broer voor Van Zyl R aansoek gedoen in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling in die vroeëre
aansoek onder andere om 'n verklarende
bevel dat appellant se voormelde aanhouding ongeldig was en om 'n verdere bevel
vir sy onmiddellike
vrylating. Die Minister van Wet en Orde ("die Minister") en
die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisie - destyds generaal P
J Coetzee -
("die Kommissaris") is onderskeidelik as eerste en tweede respondente siteer.
Hierdie aansoek is op 14 Mei 1987 geskik,
soos reeds genoem. Die terme van die
skikking was onder meer dat appellant onverwyld van aanhouding onthef word en op
dieselfde dag
gearresteer word op 'n
15
akte van beskuldiging voorsien deur die Prokureur-generaal van Transvaal en
op daardie akte voor 'n hof gebring word. Die skikkingsvoorwaardes
is nagekom.
Na sy gemelde ontheffing is appellant onverwyld gearresteer op 'n klag van
hoogverraad soos uiteengesit in die bedoelde
akte van beskuldiging en na die
Pretoriase landdroshof geneem waar hy op gemelde klagte verskyn het op 14 Mei
1987. Daarna het die
onderhawige aansoek gevolg soos aan die begin van hierdie
uitspraak uiteengesit. In dié aansoek is slegs die Staat as respondent
siteer. In die vroeëre aansoek het die applikant beweer dat appellant deur
die Suid-Afrikaanse Polisie uit Swaziland ontvoer
is. Die respondente het daar
ontken dat appellant deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisie ontvoer was of
dat dié polisie
deur middel van enige persoon of instansie enigiets met
sy ontvoering te doen gehad het.
Brigadier Cronje het in sy ondersteunende
16
verklaring (aanhangsel AV 2) in die vroeëre aansoek onder
meer die volgende gesê:
"Op 16 Desember 1985 het twee persone, wat hoegenaamd geen verbintenis met die
Suid-Afrikaanse Polisie het nie, my verwittig dat
die aangehoudene in Pretoria
is. Ek het met die gemelde persone gereël om die aangehoudene na my kantoor
in Kompolgebou, Pretoria,
te neem, waar ek hulle sou
ontmoet."
(NB: Die verwysing na 16 Desember 1985 is
klaarblyklik
foutief - dit moes 16 Desember 1986 gelui het.)
In die onderhawige aansoek het appellant die
volgende pertinente bewering gemaak aangaande sy
ontvoering:
"My abduction in Swaziland took place with the authority and knowledge of the
South African Police or other agents of the South African
state or their
connivance or collaboration. (In case number 4341/87, the police denied any
involvement and stated simply that two
persons quite unconnected with the South
African Police brought me to the offices of the security police in Pretoria
(page 84 of
the record of the case) but, as was pointed out by the presiding
judge, His Lordship, Mr Justice Van Zyl, in the course of argument,
this was not
acceptable because the police did not say
who
17
the two persons were who brought me to the police offices in Pretoria, how the
police were able to unlock the handcuffs and leg irons
which had been put on me
before I came to the police offices or what was made of the repeated police
claims during my abduction that
they were members of the police or the police
claims made after I reached Pretoria that they had been involved continuously in
abductions
across the border and particularly in
Swaziland."
Die "police claims" hier
gemeld, het verwys na
vroeëre bewerings in appellant se funderende verklaring.
Dié
bewerings is onder andere die volgende:
"(xxxvii) Two days before Christmas I was taken for interrogation in the same
building. There I met two white security policemen.
There was also a black
person with them. They all wore badges saying 'Besoekers - Visitors'. They gave
their names but I cannot recall
them. These security policemen were boasting of
their success in kidnapping people from Swaziland. The black person with them
was
called September and he was apparently abducted from the Makhanyane Police
Station in Swaziland in August 1986. The security policemen
were saying that
September was now working for them and when he was kidnapped they did not
assault him. They also asked me what I
thought of Sydney Msibi whom they had
kidnapped from Swaziland in June 1986. They told me that he was released f rom
detention. (I
read a news
18
report in about October that the attorneys acting for Msibi had demanded the
release of Msibi and had threatened to take the matter
to court and that as a
result thereof Msibi was released).
(xxxviii) These policemen also told me that I must have thought that it was
quite safe for me to be in Swaziland and that they would
never get me_ They said
that they were looking for an Indian in Swaziland by the name of Ivan and that
they would also find him and
bring him into the Republic soon. This was all
quite consistent with other statements made from time to time showing their
involvement
in my abduction. (At one stage in Pretoria Captain Naude had also
stated to me that I must have been quite surprised that they came
for me so soon
after they had raided and abducted certain other persons in
Swaziland.)"
(Die "same building" genoem deur
appellant in par xxxvii
hierbo aangehaal, verwys na die Kompolgehou in
Pretoria.)
Die Minister het nie weer 'n verklaring in die
onderhawige
aansoek gemaak nie, maar die Kommissaris en brigadier
Cronje
wel. Hulle het in wese hul vorige ontkennings
herhaal. Brigadier Schoon het
egter in die onderhawige
aansoek 'n opponerende verklaring gemaak. Daarin het
hy
onder meer die volgende gesê:
19
"Ek ontken voorts dat ek enigsins kontak gehad het met die applikant se beweerde
ontvoerders en dat ek enige kennis daarvan gedra
het."
Appellant se alternatiewe bewering dat sy
ontvoerders
werktuie van die Suid-Afrikaanse regering was, is
onbeantwoord
gelaat. Daar is egter geen suggestie in
enige van die twee aansoeke dat die
Swazi regering
beswaar gemaak het by die Suid-Afrikaanse regering
oor
appellant se ontvoering nie.
By die aanvang van die verrigtinge in die hof a
quo het die partye ooreengekom dat die onderhawige
aansoek dieselfde doel
dien, en dieselfde uitwerking sou
hê, as 'n spesiale pleit in terme van
art 106 (1) (f) van
die Strafproseswet, no 51 van 1977, en dat dit op
daardie
grondslag bereg moes word. Daardie artikel bepaal soos
volg:
"106. (1) Wanneer 'n beskuldigde op 'n aanklag pleit, kan hy pleit-
(f) dat die hof nie regsbevoegdheid het om die misdryf te bereg
nie;"
20
DIE FEITE GRONDSLAG VAN DIE UITSPRAAK
In die lig van die voormelde
ontkennings moet dit na my mening aanvaar word dat die Suid-Afrikaanse Polisie
geensins by die ontvoering
betrokke was niel Dit is egter hoogs waarskynlik dat
appellant se ontvoerders werktuie van die Suid-Afrikaanse Staat was. Die bedrewe
wyse waarop die ontvoering gedoen is, die feit dat appellant so naby aan 'n
grenspos die Republiek binnegebring is, die wyse waarop
hy deur die padblokkade
geneem is en die gemak waarmee en vlak waarop daar met die polisie in verbinding
getree is en appellant aan
. hulle oorhandig is, dui alles baie sterk op 'n
staatsverbintenis met die ontvoerders. Brigadier Cronje het blykbaar die persone
geken wat met hom in verbinding getree het. Hoe anders sou hy met sulke
sekerheid kon geweet het dat hulle "hoegenaamd geen verbintenis
met die
Suid-Afrikaanse Polisie het nie"? Ten spyte van appellant se onbetwiste bewering
dat sy ontvoerders
21
werktuie van die Staat was, is geen poging deur die respondente in enige van
die twee gemelde aansoeke gemaak om die identiteit van
die ontvoerders aan die
betrokke howe te openbaar nie. Afgesien van brigadier Cronje se blykbare kennis
van die identiteit van sekere
van hulle, is die registrasienommer van die
voormelde begeleidende motor (te wete KLC 770 T) reeds in die vroeëre
aansoek deur
appellant in 'n ondersteunende verklaring genoem. (Daardie
verklaring is deur hom aan die inspekteur van aangehoudenes, die heer
C J
Strydom, gemaak en by die stukke gevoeg ingevolge 'n ooreenkoms wat tussen die
partye aangegaan is op ongeveer 18 Maart 1987
tydens die eerste fase van die
verhoor van daardie aansoek.) Daar is egter geen poging deur die respondente
aangewend in enige van
die twee aansoeke om die identiteit van die
geregistreerde eienaar van daardie motor vas te stel nie, iets wat die polisie
baie maklik
sou kon gedoen het. Die versuim om dit te doen, versterk die indruk
dat die
22
polisie bewus geword het van die identiteit van die ontvoerders, maar dit nie
raadsaam geag het om dit te openbaar nie. Hierdie appèl
moet gevolglik na
my oordeel beslis word op die grondslag dat appellant ontvoer is deur persone
wat werktuie van die Suid-Afrikaanse
Staat was. By "werktuie" in hierdie verband
word bedoel persone wat in opdrag van een of ander Staatsinstansie opgetree het.
Die
wêreldwye verskynsel, wat veral sedert die Tweede Wereld Oorlog na
vore getree het, van geheime staats-optrede deur middel
van 'n verskeidenheid
van organisasies of liggame, het ook in die Republiek posgevat. (Dit het onlangs
só opspraakwekkend
welbekend geword dat geregtelike kennis daarvan geneem
kan word.) Die wyse waarop appellant ontvoer is, is sterk aanduidend van die
betrokkenheid van só 'n liggaam of organisasie. Staatsbetrokkenheid by
sulke optrede is nie afhanklik van kennis en goedkeuring
daarvan deur die
hoogste staatsgesag nie. Die bedryf van moderne staatkunde verg
23
die delegasie van besluitneming na laer vlakke in die staatsadministrasie.
Wanneer optrede op sulke laer vlakke gemagtig en uitgevoer
word, is die Staat
nogtans daarby betrokke en verantwoordelik vir die gevolge daarvan, al sou sulke
optrede nie deur die hoogste
staatsgesag toegelaat gewees het nie. Dit geld ook
vir optrede deur die veiligheidsvertakkings van die staatsadministrasie. Die
ontvoering
van appellant is duidelik die werk van een of ander van daardie
vertakkings uitgesonderd die Polisie.
DIE SAAKSTELLING
Die effek van
daardie ontvoering op die regsbevoegheid van die verhoorhof om die aanklagte
teen appellant te bereg, moet nou bepaal
word.
Appellant se saak is dat sy
ontvoering 'n verbreking van die toepaslike reëls van die volkereg is, dat
dié reëls
deel van ons reg is, en dat die verbreking daarvan
óf die verhoorhof sy bevoegheid ontneem het om
24
hom te verhoor òf dat die verhoorhof dit nie behoort te
gedoen het
nie. In hul betoogshoofde het appellant se
advokate (mnre Mahomed SC en
Kennedy) dit samevattend só
gestel:
"It will be submitted that having regard to all the facts, the appellant was not
amenable to the criminal jurisdiction of the Court
a quo,
alternatively
that if such jurisdiction in fact existed in theory, the Court a quo had a
discretion as to whether the appellant should be tried
and should, in the
exercise of that discretion, have refused to exercise its jurisdiction in
circumstances where there had been a
fundamental breach of those rules of
acceptable behaviour which govern the comity of
nations."
In
NDULI AND ANOTHER v
MINISTER OF JUSTICE AND
OTHERS
1978 (1) SA 893
(A) het hierdie Hof beslis dat 'n
ontvoering
uit Swaziland van die betrokke beskuldigdes
deur lede van die Suid-Afrikaanse
Polisie wat die
ontvoering aldaar gedoen het in stryd met die opdragte
van
hul bevelvoerder, nie die Suid-Afrikaanse Staat by
die ontvoering betrek het nie, nie die reëls van die
25
volkereg verbreek het nie, en gevolglik nie die verhoorhof van sy
regsbevoegdheid ontneem het om die beskuldigdes te verhoor nie.
Daar, net soos
hier, was die betrokke beskuldigdes formeel binne die grense van die Republiek
van Suid-Afrika gearresteer. In die
onderhawige geval egter, soos ek reeds
aangetoon het, is die feite-grondslag dat die appellant uit Swaziland na die
Republiek ontvoer
is deur persone wat nie Polisie was nie maar wat wel in opdrag
van een of ander Staatsinstansie gehandel het. Die ratio decidendi
en die
slotsom waartoe hierdie Hof in die
NDULI
saak, supra, gekom het, is
derhalwe nie toepaslik in die onderhawige geval nie.
DIE REGSVRAAG
Die
eerste vraag in die onderhawige geval is nie wat die relevante reëls van
die volkereg is nie, maar. wel wat dié van
ons eie reg is. By die
beantwoording van hierdie vraag is dit nodig dat ek ons gemene reg op
dié
26
gebied ondersoek.
DIE ROMEINSE REG
Digesta 2, 1 , 20 lui so (ek haal aan uit die
mees resente vertaling - dié onder redaksie van Alan
Watson,
University of Pennsylvania Press 1985, Vol 1 bl
20):
"PAUL,
Edict
,
book 1
: One who administers justice beyond the
limits of his territory may be disobeyed with
impunity."
Dig 1, 18,3 bepaal die volgende (Die
Watson vertaling,
supra, Vol 1 bl 34-35):
"PAUL,
Sabinus
,
book 26
: The governor of a province has authority
only over the people of his own province, and that only while he is in the
province. For
the moment he leaves it, he is a private citizen. Sometimes he has
power even in relation to non-residents, if they have taken direct
part in
criminal activity. For it is to be found in the imperial warrants of appointment
that he who has charge of the province shall
attend to cleansing the province of
evil men; and no distinction is drawn as to where they may come
from."
Hierdie beperkings op die regsbevoegdhede van
die
27
Romeinse provinsiale regeerders en regsprekers is verstaanbaar en was in
werklikheid onvermydelik, gesien die groot getal provinsies
waaruit die Romeinse
ryk in die klassieke tyd bestaan het, hul etniese en kulturele verskeidenheid,
en die feit dat die polities
en staatkundig praktiese Romeine sake in die
oorwonne gebiede gewoonlik grotendeels gelaat het soos hulle dit gevind het ten
tyde
van die verowering. Tot laat in die geskiedenis van die Romeinse Ryk was
sekere provinsies ook onder die beheer van die Senaat en
ander onder dié
van die keiser. Inmenging van een provinsie in die huishoudelike sake van 'n
ander was belaai met 'n ernstige
konflikspotensiaal. Om onderlinge goeie
betrekkinge te handhaaf, het daar met verloop van tyd 'n gebruik onder
provinsiale goewerneurs
ontstaan aangaande die aanhouding en uitlewering van
oortreders, soos blyk uit Dig 48,3,7 (ek haal aan uit die Watson vertaling,
Vol
4 bl 801):
"MACER.
Duties of Governor
,
book 2
: It
is
28
customary for the governors of provinces in which an offence has been committed
to write to their colleagues (in whose provinces)
the perpertrators are alleged
to live, requesting that they be returned along with those who are to prosecute
them: this is also
laid down in a number of
rescripts."
In een van die latere verordeninge
(Novellae
Constitutiones) van keiser Justinianus, is regskrag
aan
voormelde gebruik verleen, te wete, in die vyfde hoofstuk
van die
134ste van daardie verordeninge (Nov. 134 c 5).
(Ek haal aan uit
S P SCOTT
se vertaling : The Civil Law
[Corpus Juris Civilis] Band 7 Vol 17 bl 141, AMS Press
Inc heruitgawe 1973):
"CHAPTER V PERSONS GUILTY OF CRIME SHALL BE SUMMONED BY MEANS OF LAWFUL
EDICTS
When any one of the criminals whom we have just mentioned conceals himself, or
leaves the province in which he has committed the
offence, We order the judge to
call him into court by the publication of lawful edicts, and if he does not
obey, the judge shail
proceed in the manner prescribed by the laws. If it should
be ascertained that the guilty party is living in some other province,
We order
the judge of the district in which the offence was committed
to
29
notify the judge of the province in which the delinquent resides, by means of a
letter, to arrest him on his own responsibility and
that of his court, and to
send the accused to him. When the judge who has received a public letter of this
kind fails to do what
We have stated, and his court does not surrender the
criminal, or if it does not execute the orders given it, We decree that the
said
magistrate shall pay a fine of three pounds in gold, and his court an egual
amount. If, induced by a desire for gain, a judge,
or any officer of his court,
does not arrest a person of this description, or if, after having arrested him,
he does not deliver
him up, he shall, after conviction, be deprived of his
office, and sent into exile."
Dit is haas ondenkbaar
dat die Romeinse owerhede h
veroordeling en vonnis sou erken het en geduld
het dat
hulle bly staan, wat gevolg het op 'n ontvoering op las of
met die
samewerking van een provinsiale owerheid, van h
misdadiger uit 'n ander
provinsie. Dit sou nie alleen h
goedkeuring van onwettige optrede gewees het
nie, en
derhalwe 'n ondermyning van gesag, maar sou ook die
interne tussen-provinsiale vrede van die Ryk bedreig het.
DIE ROMEINS-HOLLANDSE REG
30
Vir 'n behoorlike begrip van die Romeins-Hollandse reg op hierdie gebied is
dit noodsaaklik om baie kortliks te verwys na die relevante
aard en struktuur
van die Nederlandse staatkundige opset. Aan die einde van die middeleeue was die
posisie dat die verskillende gebiede
wat as graafskappe, hertogdomme en lande
die huidige Nederland en België uitgemaak het, as gevolg van oorlogvoering
en huweliksluiting
van die grawe en hertoë almal 'n gemeenskaplike
Boergondiese landsheer verkry het, soos byvoorbeeld in die persoon van keiser
Karel V (1515-1555). Die graafskappe, hertogdomme en lande het aparte staatjies
gebly wat volkome onafhanklik van mekaar was en wat
toevallig dieselfde vors of
landsheer gehad het. Dit was 'n personele unie en nie 'n eenheidsstaat nie. Elke
staatjie was soewerein
met sy eie wetgewer (Staten) en howe. Die Grote Raad te
Mechelen was wel die hoogste appèlhof vir die Nederlandse gebiede.
Raadpleeg L. Th. Maes,
DE GROTE RAAD DER
31
NEDERLANDEN EN ZIJN ARRESTISTEN
in 1949 THRHR bl 58-76 asook J T de
Smidt,
DE APPeLZAKEN VAN HOLLAND BIJ DE GROTE RAAD
, op. cit., bl 81-89.
Die State Generaal wat uit afgevaardigdes van die afsonderlike staatjies bestaan
het, het die landsheer van
advies oor algemene landsake bedien en hom ook van
geld voorsien. Dit het egter nie tot 'n sentrale bestuursliggaam ontwikkel
nie.
Phillips II, opvolger van keiser Karel V, was onder andere graaf van
Holland en Wes-Friesland sowel as Seeland, hertog van Gelderland
en heer van
Utrecht, Overijssel, Friesland en Stad-en-Lande (Groningen), die sewe noordelike
staatjies, wat in opstand teen hom gekom
het weens die godsdienstige vervolging
van die Protestantisme asook die Spaanse oorheersing en verdrukking. In 1579 het
hierdie staatjies
deur die Unie van Utrecht 'n bondgenootskap met mekaar gesluit
wat later as die grondwet van die Republiek van die Verenigde Nederlande
beskou
is. Op 26 Julie 1581 is Phillips II as
32
landsheer afgesweer deur die State Generaal as gevolg waarvan die Republiek
van die Verenigde Nederlande (1581-1795) tot stand gekom
het. Die sewe staatjies
was nou provinsies en nie meer graafskappe, hertogdomme of lande nie.
Die
Republiek was 'n statebond van sy samestellende sewe provinsies wat soewereine
staatjies was. Die staatsregtelike soewereiniteit
het by elkeen van die sewe
staatjies berus. Elke staatjie het sy eie wetgewer (Staten) en eie howe gehad.
Die Hof van Holland wat
reeds in 1428 opgerig is, het sy setel te Den Haag
gehad. Dit het ook gedien as hof van appèl vir provinsie Holland en Wes
Friesland asook provinsie Seeland. In 1582 word de Hoge Raad te Den Haag opgerig
as die hoogste appèlhof vir provinsie Holland
en Wes-Friesland asook
provinsie Seeland.
Die volkeregtelike soewereiniteit van die Republiek het by die State Generaal
berus wat onder
33
andere die volgende bevoegdhede gehad het:
1. Buitelandse sake. Dit benoem en ontvang
ambassadeurs, sluit verdrae
ens.
2. Verdediging. Dit sluit vrede, verklaar oorlog,
bepaal die sterkte van
die leër en die vloot, stel
offisiere aan ens.
3. Opperbestuur van die Generaliteitslande en later die
kolonies. Die
Generaliteitslande het bestaan uit
onder andere Katolieke/Staats-Vlaanderen,
Staats-
Brabant en die lande van Overmaze wat van Spanje
verower is en aan
die Republiek behoort het. Hulle
het geen selfbestuur gehad nie en
geen
verteenwoordiging in die State Generaal nie.
Laasgenoemde het wette
vir hulle gemaak en het hulle
bestuur.
4.
Beslegting van geskille
tussen die provinsies onderling.
5.
Uitreiking
van plakkate en ordonnansies vir
die
34
provinsies op hul versoek en met hul instemming. Raadpleeg de
Blécourt-Fischer,
KORT BEGRIP VAN HET OUD-VADERLANDS BURGERLIJK
RECHT
7de druk, bl 31-33; Wessels,
HISTORY OF THE ROMAN-DUTCH LAW
1908, bl 90-94; Maasdorp se inleiding tot sy
INTRODUCTION TO DUTCH
JURISPRUDENCE OF HUGO GROTIUS
2de druk, p xxi-xxiii. L J E de B Beyers,
DIE ECHTREGLEMENT EN DIE SUID-AFRIKAANSE REG.
(Doktorale proefskrif :
Leiden 1953 bl 62-83.) Teen hierdie agtergrond benader ek nou vir Voet.
In boek 48, titei 3, par 2 van sy Commentarius ad
Pandectas het Voet die
volgende geskryf (ek haal aan uit
Gane se vertaling vol 7 van die
SELECTIVE VOET
(bl 331):
"So far however must the limits of jurisdiction be observed in seizing a person
accused of crime that, if the judge or his representative
pursues him when he
has been caught in the judge's own area and has taken flight, he nevertheless
cannot seize or pursue further
than the point at which the accused has first
crossed the boundaries of the pursuer. A judge is regarded as a private person
in the
area of another, and thus he would in making an arrest in that area be
exercising an act of
35
jurisdiction on another's ground, a thing which the laws do not
allow."
Vir hierdie stellings het Voet hom beroep op
die Digesta
(te wete Dig 2, 1, 20 tesame met Dig 1, 18, 3.);
Gommezius :
COMMENTARIORUM VARIARUMQUE RESOLUTIONES JURIS
CIVILIS
Tom 3,
Cap 8. nr 5; en Antonius Matthaeus II :
DE CRIMINIBUS
, Boek 48, 14, 1,
3.
Die Digesta-passasies is reeds hierbo
uiteengesit. Gommezius was 'n 16de-eeuse Spaanse
professor in die regte,
Antonio Gomez, wat ooreenkomstig
die mode van sy tyd die Latynse vorm van sy
naam gebruik
het. In Tom 3 Cap 9 nr 4 van sy aangehaalde werk sê
hy
onder meer die volgende:
"4 Item adde, quod iudex, vel eius officialis, vel alium de mandato eius non
potest capere delinquens rem existentem in alieno territorio,
imo si de facto
sit captus ante omnia relaxandus est, et debet poni in pristinum statum, quasi
spoliatus naturali libertate,
In
hierdie passasie het Gomezius die mening
36
gehuldig dat 'n regter nie 'n oortreder in 'n ander se regsgebied mag laat
arresteer deur sy beamptes of deur ander in opdrag van
hom nie, en dat indien
dit wel gedoen word die aangehoude oortreder terstond weer vrygestel moet word
net soos 'n gespolieërde
voor enigiets anders weer in sy oorspronklike
posisie teruggeplaas moet word. Die belang van hierdie passasie is te vinde in
die
ratio daarvan, te wete, dat die aldus ontvoerde ante omnia vrygestel moet
word op dieselfde gebiedende wyse as diê waarop 'n
gespolieërde in
besit herstel moet word van dit waarvan hy ontneem was. Deur hom op Gommezius as
gesag te beroep, het Voet daardeur
die beskouing van Gommezius aanvaar en
onderskryf as geldend vir die Romeins-Hollandse reg.
In sy
Tractatus de
Criminibus
sê Antonius Mattheus II (1601-1654) in die 2de paragraaf
van die 1ste hoofstuk van die 14de titel in navolging van Novella
134.5 dat die
regter in wie se regsgebied die misdaad
37
gepleeg is, aan die regter in wie se regsgebied die misdadiger hom bevind,
moet skryf en om uitlewering van die beskuldigde vra. Hy
voeg by dat daardeur
verstaan word dat die eersgenoemde regter nie die bevoegdheid besit om self die
beskuldigde in die ander se
gebied te gaan arresteer nie. Mattheus II het in
1636 die eerste professor in die regte aan die Universiteit van Utrecht geword.
Die eerste uitgawe van sy
Tractus de Criminibus
is in 1644 gepubliseer.
Hy het daarin die geldende strafreg van die noordelike provinsies uiteengesit en
nie slegs dié van
Utrecht nie.
Mattheus II het geskryf in die vroeë bloeitydperk van die
Romeins-Hollandse reg terwyl Voet in 'n later fase daarvan geskryf
het. Die
Romeins-Hollandse reg het in die noordelike Nederlande tot 'n einde gekom in
1809. Dionysius Godefridus van der Keessel
(1738-1816) was een van die laaste
groot skrywers oor die Romeins-Hollandse reg. Hy was "die enigste van die later
skrywers wat
38
dieselfde peil bereik het as die skrywers van die
bloeitydperk." ( J C de
Wet,
Die Ou Skrywers in
Perspektief
(1988) 172; et vid. Van
Zyl,
Geskiedenis van
die Romeins-Hollandse Reg
(1979) 392.) Hy
was, in sy
werk,
Praelectiones ad Jus Criminale
(Voorlesings oor
die
Strafreg), die laaste groot uiteensetter van die Romeins-
Hollandse
strafreg. In voormelde werk het hy daardie reg
soos dit voorgekom het in die
laaste fase daarvan,
breedvoerig uiteengesit. Daaruit blyk dit dat
die
voorskrifte daarvan aangaande die beletsel op die
voormelde ontvoering
van 'n beskuldigde uit een regsgebied
na 'n ander nog steeds gegeld het. In
boek 48 titel 3 par
2 sê Van der Keessel die volgende (ek haal aan uit
die
vertaling deur Beinart en Van Warmelo, vol II (1972) bl
615):
"If the accused who has committed the crime lives in another province, the
magistrate cannot apprehend him in the other territory,
since he cannot exercise
jurisdiction outside his own territory: D.2.1.20; Mattheus,
de
39
Criminibus, num 3, but he can write to the magistrate of the area where the
accused is found, and require that he be sent to him:
D.48.3.7. Magistrates are
also used to do this of their own accord: D.48.3.11.1, and this has been
converted into a binding requirement
by Justinian in Nov. 134.5. cited
above."
Só jaloers was die verskillende
provinsies van die
Republiek van die Verenigde Nederlande op hul
eie
soewereiniteit en regsadministrasie dat hulle tot aan die
einde van
die lewensduur van die Republiek in 1795 'n
belet geplaas het op aanhouding
van persone in 'n
besondere regsgebied deur die owerhede van 'n
ander
regsgebied. Die verbod is nougeset nagekom selfs waar
daar aan 'n
bepaalde owerheid by onderlinge ooreenkoms
beperkte regsgesag in die gebied
van 'n ander verleen is.
In boek 2 titel 4 par 32 van sy reeds aangehaalde werk
het Voet die
volgende daaromtrent gesê (Gane, vol I, bl
295-296):
"SECTION 32 Lastly those who have a court and carry on judicial proceedings in a
foreign area in
40
virtue of some concession would not rightly order arrest against persons and
things apprehended in that area, for they are not in
control of jurisdiction
over it, but only conduct judicial proceedings there by agreement or on
sufferance. The reason is that an
order for arrest can only acquire effect if
the things or persons to be arrested are found in an area which is directly or
indirectly
subject to the person making the order; and one who exercises
jurisdiction outside that area is disobeyed with impunity.
Instances.
- Hence neither a man from Brabant, nor any other obvious
foreigner who happens to be in Holland can be arrested by decree of the
Brabantine Court, which lends its services to litigants at the Hague, for the
purpose of having a suit between the arresting plaintiff
and the defendant aired
in the Brabantine court. Nor can a Fleming or anyone else found in Zealand be
arrested by order of the Flemish
Court which administers justice at Middelburg
in Flemish causes. By parity of reasoning our view should be the same in regard
to
things found in Holland or Zealand, whether belonging to Flemings or
Brabantines or to foreigners. In all these cases detention should
be made and
the suit taken to its finish either by command of the court of Holland or of the
urban judges, according to the jurisdiction
of each of
them."
(Voet het hom beroep op Petrus Bort se
TRACTAAT VAN
ARRESTEN
3.3.4 en 15, van Alphen se
PAPEGAY
titel 25 van
41
Arresten bl 348-349 en Berlichius se
CONCLUSIONES
PRACTICABILES
part 1 concl 74 n.54-55.)
Die laaste van die skrywers oor die Romeins-
Hollandse reg was Johannes van der Linden (1756-1835).
Hy was onder meer
die skrywer van aanvullende aanteken-
inge op die eerste elf boeke van Voet
se Kommentaar op
die Pandekte en het dié aantekeninge in 1793
laat
publiseer as die sogenaamde "Supplementum". In sy
Supplementum
sê Van der Linden die volgende oor Voet
2.4.32, supra, (ek haal
voetnota (b) aan op bl 296 van
Gane, vol I):
"(b) 'What the author here says as to arrests not being made by the
Brabantine court in Holland holds good also in criminal cases.
For instance a
man from Brabant who had committed an offence there could not afterwards on
being found at the Hague be taken and
flung into prison by the Brabantine court,
as Loenius reports was judicially decided: see his
Decisions and
observations
, Case 86, and Boel's notes thereon' [L]." Hierdie kommentaar is
vir ons van belang omdat dit
daarvan getuig dat die beletsel op aanhoudings van dié
42
aard in die praktyk nog as geldend beskou was tot aan die einde van die
Romeins-Hollandse tydperk in die noordelike Nederlande. Voet
en Van der Linden
verwys albei na die geval waarvan Pieter Bort (1615/1616-1674) verslag doen in
deel 3 van sy "
Tractaat handelende van Arresten
". Bort is van belang
omdat hy as suksesvolle advokaat stewig in die praktyk gestaan het in die
bloeitydperk van die Romeins-Hollandse
reg. Deel 3 van sy voormelde traktaat
gaan oor "Wie Arrest verleende kan, ende wanneer verleent werd". Hy sê
onder meer die
volgende daarin:
"1. Niemant kan syn schuldenaer ofte desselfs goederen doen Arresteeren op
eygener authoriteyt ...
3. Maer alle 't selve moet noodsaeckelijk geschieden door een Bode, ofte
Deurwaarder, ende dat nae voorafgaande bevel Van den Rechter,
onder welckers
Jurisdictie dat den Persoon sich onthout, die men wil Arresteeren, ofte daer de
goedere gelegen zijn, die men begeert
in Arrest te
neemen."
In par 15 van
hierdie deel doen Bort onder
andere verslag oor die geval waarna Voet en Van der
43
Linden verwys soos voormeld. Dit lui só:
"15. Men magh geen Mandament van Arrest versoeken van de Raedt van Brabant, op
een Ingesetende van Brabant, in Holland zijnde: dienvolgende
den Raedt van
Brabant hebbende verleen Mandament van Arrest aan Guilliaume van der Plate,
jegen Pieter de Jems, ende daar op verzocht,
ende verleende zijnde Executoriale
van den Hove, ende Pieter Jems in Hollandt daar mede gearresteert, appeleert van
de concessie
van dezelve Executoriale, of attache, als qualick verleent, t' Hof
reparerende de grieven van den Appellant, revoceert de voorzegde
Executoriale
op't voorzegde Mandament verleent, by Sententie van 6 Novemb. 1619 om dat
Guilliaume van der Plate behoort hadden zijn
Mandament verzocht te hebben aan
t'Hof, die de universele Jurisdictie competeert, over alle persoonen in
Hollandt, ofte onder haer
resort
bevondem"
Die hof waarna Bort hier
verwys, is die Hof van Holland.
Dít blyk uit die tweede aantekening op
die 86ste saak op
bl 564 van Loenius:
DECISIEN EN OBSERVATIEN
,
soos
bygewerk deur Tobias Boel Jnr en uitgegee te Amsterdam in
1712,
waarna van der Linden ook verwys in sy bogenoemde
"Supplementum". Die voormelde aantekening lui soos volg:
44
"En is ook, dien conform, by Sententie van't Hoff van Holland op 6 November 1619
wegens een Mandament van Arrest by den
Raad
van
Braband
verleend
aan
Guillaume van der Plate
jegens
Pieter de Jems
, diè hem
daar mede in
Holland
had gearresteerd, in de selve saake sodanig
verstaan; als by de Heeren
Bort
en
van Alphen
, ter plaatse door
den Heer Professor
Voet
aangehaald, te sien is; zynde het 1.
deel van
de Papegay
. Om reeden, dat hy het Mandament van't Hoff van Holland, die de
Jurisdictie competeerd over alle persoonen in
Holland
, of onder haar
Ressort bevonden, moest versogt hebben."
Loenius se
voormelde werk is 'n versameling van 142 beslissings van die Hof van Holland,
waarvan hy 'n lid was vanaf 1621 tot sy dood
in 1641. Sy bogemelde 86ste saak
(Casus Octogesimus Sextus) is die verslag van die de
Jems
beslissing,
supra, wat gedien het as grondslag van die reël wat Bort later in
Arresten
3.15 geformuleer het.
Willem van Alphen (1608-1691) het, soos
Loenius, 'n noue verband gehad met die regspleging; hy was vir 53 jaar
(1631-1684) sekretaris
van die Hof van Holland. Sy
Papegay ofte
Formulier-Boek, van Alderhande
45
Requesten, Mandamenten, Conclusien, Schrifturen, als anders, in de
dagelijksche Practiicke dienende voor de respective Hoven van Justitie
in
Hollandt
is 'n werk oor die prosesreg wat in twee dele verskyn het in 1642
te Den Haag. (Dit het daarna verskeie herdrukke beleef en is in
die "siteerwet"
van die Republiek van die Oranje Vrystaat (Ordonnansie 1 van 1856) genoem as een
van "de tekstboeken" waarin die
Romeins-Hollandse Reg verklaar is.) Die passasie
in die Papegay waarna Voet verwys, bevat op bl 349 van die eerste deel ook 'n
verslag
van die
de Jems
beslissing. Die feit dat dié beslissing
sonder kommentaar deur Van der Linden aangehaal is, toon soos voormeld, dat die
reel
teen gebruik van eie reg vir aanhoudings buite eie regsgebied aan die einde
van die Romeins-Hollandse tydperk nog steeds van krag
was. (Bort se Traktaat op
Arres is na sy dood gepubliseer, in 1681.) Voet het, soos hierbo vermeld, hom
ook beroep op
CONCLUSIONES PRACTICABILES
van Berlichius (Mathaeus
46
Berlich 1586-1638, 'n Duitse juris en skrywer). Die
eerste uitgawe van
hierdie werk het in 1615 verskyn. Die
betrokke passasies (part 1 Concl 74
nrs. 54-55) lui só
(ek haal aan uit die 1693 uitgawe):
"54. Octavo, arestum generale non extenditur ad bona sub aliena, quantum vis
tutelari jurisdictione sita, puta, si quis omnia bona
debitoris sui generali
aresto in terris Electoris Saxoniae constrinxit, Debitor verò quaedam
bona sub Ducibus Aldenburgensibus,
vel Vinariensibus possidet, & Duces
Aldenburgenses vel Vinarienses sunt sub curatelâ Electoris Saxoniae; tum
enim ejusmodi
arestum generale ad bona sub Ducatu Aldenburgensi vel Vinariensi
sita non extenditur, sed creditor, qui posterius arestum in illa
bona
impetravit, priori praefertur. Quia arestum debet decerni à judice
competente istius loci, ubi bona sita sunt.
Coler. part. 2. de process. execut. c.2. n.14. et. seq.
Elector autem ratione curatelae Ducum Aldenburgensium vel Vinariensium non est
judex competens ratione bonorum sub istis Ducibus
sitorum, quoniam Elector
tanquam administrator saltem personis datus est. Quilibet verò Ducatus
suam specialem habet Cancellariam,
quae jurisdictionem nomine Ducum adhuc
minorennium exercet.
Alias rationes in terminis terminantibus vide
apud.
47
Jacob. Schult. in suis quaestion. Practicis. part. 1. quaest. 41. incip.
militis. cujusdam creditores 1. et. seq. per tot.
55 Nonò plus dico, quòd arestum generale non ad illa bona, quae
quidem sub uná, sed non haereditariá,
verúm
incorporatâ jurisdictione sita sunt, extendatur, puta, debitor habet plura
bona in diversis locis, quaedam sub
Electoratu Saxoniae, quaedam sub Episcopatu
Martisburgensi, quaedam sub Episiopatu Wurcensi, &c. & unus creditor in
aulâ
Electoris impetrat generale arestum in omnia bona debitoris, alter
vero, & item alter creditor impetrat arestum in bona sub Episco-patu
Martisburgensi, vel Wurcensi sita, tunc certê arestum, illud generale,
quod primus creditor, in aulá Electoris in omnia
bona debitoris
impetravit, ad bona sub Martisburgensi, vel Wurcensi Episcopatu sita, non
extenditur, sed illi creditores, qui arestum
in illa bona, quamvis posterius
impetrarunt, praeferuntur. Quia, licet Elector Saxoniae horum Episcopatuum sit
legitimus administrator,
& hi Episcopatus terris Saxoniae Electoris
haereditariis quodammodo incorporati censeantur, attamen quilibet Episcopatus
habet
suam singularem, & specialem cancellariam, & jurisdictionem, ubi
omnes controversiae debent decidi, nec potest quis rectâ
viâ
Electorem, omissâ illâ concellariâ Episcopatûs, nisi per
viam appellationis adire, secundum compactata,
quae quilibet Episcopatús
cum Electore Saxoniae iniit."
Voet se opmerking by
die aanhaling - te wete "huc
48
faciunt, guae tradit Berlichius ..." blyk heel geregverdig te gewees het. In
dié twee afdelings word die reël teen gesagsuitoefening
of ander
optrede buite eie regsgebied duidelik en sterk gestel. Die kern van nr 54 is die
stellings dat (i) 'n beslagleggingsbevel
alleenlik deur 'n bevoegde regter
uitgereik kan word; (ii) so 'n bevel geen regskrag het ten aansien van goed
geleë in regsgebiede
buitekant die van die regter wat die bevel verleen het
nie; (iii) dit so is selfs in gevalle waar die heerser van die gebied waarin
die
bevel uitgereik is ook 'n mate van politieke gesag voer oor die ander voormelde
gebiede. In nr 55 word dit duidelik gestel dat
so 'n algemene
beslagleggingsbevel geen voorkeur verleen nie bo latere bevele ten aansien van
die betrokke goed wat deur ander skuldeisers
verkry is in die howe van polities
ondergeskikte gebiede (met eie geregshowe) waarin die goed geleë is. Die
bogemelde opmerkings
aangaande Voet se beroep op Gommezius geld ook
49
vir Berlichius.
Uit hoofde van die herhaalde uiteensetting en wye
aanvaarding van voormelde reël in sy verskillende verskyningsvorms, is dit
na my mening duidelik dat die verwydering oor die gebiedsgrense heen van 'n
persoon uit die gebied waar hy onregmatiglik gevangene
geneem is, na
'n
ander regsgebied, in wese as 'n ontvoering en ernstige regskending beskou en
hanteer is in die Romeins-Hollandse reg.
Die verdere vraag is of 'n
skuldigbevinding en vonnis wat op so 'n ontvoering volg in die gebied waarheen
die ontvoerde geneem en
verhoor is, enige regskrag had in die Romeins-Hollandse
reg. Anders gestel, is die vraag of die hof waarin so 'n ontvoerde tereggestaan
het, regsbevoegheid gehad het om hom te verhoor. Mens sou verwag dat dit nie so
bevoeg was nie om basies dieselfde redes hierbo genoem
ten aansien van die
Romeinse Ryk. Dit sou daarbenewens ook sinneloos gewees het om so 'n
50
streng beletsel op skending van regsgebied te hê as dit sonder enige
nadelige gevolge ten aansien van enige daaropvolgende verrigtinge
eenvoudig
ignoreer kon word. Weens die strengheid van en redes vir die verbod sou mens
trouens verwag dat daar nie veel pogings sou
gewees het om dit te verbreek nie.
Daar is egter 'n opgetekende geval van 'n persoon teen wie 'n wettige uitspraak
gelewer is en
wat na 'n behoorlike verhoor verhuis het voor eksekusie van vonnis
en toe uit 'n andér regsgebied ontvoer is vir doeleindes
van die ten
uitvoerlegging van vonnis. Dit is die geval van Jan Guillam Bonaarts. Hy is in
Belgiese Brabant deur die Raad van Brabant
verhoor en uitspraak is teen hom
gegee ter betaling van 'n sekere bedrag. Hy het daarna, maar voor eksekusie van
vonnis, verhuis
na die distrik van Eisch geleë in die Generali-teitslande,
wat, soos vroeër in hierdie uitspraak gemeld, onder die direkte
gesag was
van die State Generaal. In opdrag van die Prokureur-generaal van Belgiese
Brabant is
51
Bonaarts binne die gebied van die Generaliteitslande gedurende 1662 aangehou
deur sy beamptes en deur hulle oor die landsgrense heen
ontvoer terug na
Belgiese Brabant. Daár is eksekusie van die vonnis teen hom verleen deur
die voormelde Raad van Brabant.
'n Regsmening is deur die State Generaal
aangevra van twee Nederlandse regsgeleerdes, te wete, die here Willem van
Strijen en Martijn
van der Goes "nopende de deugdelijkhijd van de apprehensie
van Jan Guillam Bonaarts". Hul gevolgtrekking was dat in weerwil van die
voorafgaande wettige verhoor en vonnis, die aanhouding van Bonaarts, sy
verwydering na Belgiese Brabant en die ten uitvoerlegging
van vonnis teen hom
aldaar, algeheel ongeldig was. In wese was hul opinie derhalwe dat die Raad (dit
wil sê die hof) van Belgiese
Brabant geen regsbevoegdheid gehad het om 'n
bevel tot eksekusie teen Bonaarts te verleen nie.
Dit blyk uit die feite-uiteensetting in die
52
voormelde regsmening dat die Prokureur-generaal van
Belgiese Brabant
aansoek by die State Generaal gedoen het
om verlof om Bonaarts in die
Generaliteitslande aan te
hou en voor die voormelde Raad van Brabant te bring
vir
doeleindes van die ten uitvoerlegging van vonnis teen
hom, maar dat hy
daarna en sonder dat die gevraagde
toestemming verleen is, Bonaarts ontvoer
het soos
voormeld. Daaroor is die volgende opsommenderwys gesê
in
die regsmening (ek gebruik die vertaling van die 17de
eeuse,
Goties-gedrukte Nederlands goedgunstelik gedoen
deur prof Verschoor van die
Regsfakulteit van die
Universiteit van die Oranje Vrystaat. Daardie
fakulteit
onderneem tans 'n vertaling van al vyf dele van die
Hollandsche
Consultatien. Die Bonaarts regsmening kom
voor in die vyfde deel, cons
97):
"Hierby moet gevoeg word dat die genoemde arrestasie geensins behoorlike
eksekusie genoem kan word nie, of as 'n handeling wat in
goeie reg kan bestaan
nie, maar dat dit inderwaarheid 'n loutere daad van vyandigheid en
'n
53
gewelddadigheid is wat 'n burger van hierdie staat en onderdaan van die Staten
Generaal aangedoen is, welke persoon ook in hierdie
geval, sou hy daartoe in
staat gewees het, die beskrewe geweldsdaad met geweld strafloos en sonder iets
te misdoen, sou kon afgeweer
het. En waar hy weens sy onmag hom nie kon verweer
nie het hy hom tereg op die Staten Generaal beroep, sy sowereine owerheid, wat
regtens en na rede verplig is om sy onderdane teen sodanige mag en geweld te
beskerm, en behoorlike vergoeding te bewerkstellig."
Die voormelde Prokureur-generaal was
(blykbaar
namens die State Generaal) versoek om te
antwoord op vrae
ter, verduideliking van sy optrede. Dit is namens
hom
gedoen en daar is ter regverdiging van sy optrede onder
meer 'n beroep
gedoen op die leenreg en die
Aurea Bulla
(Goue Bul) uitgereik in 1356 deur keiser Karel IV van die
Heilige Romeinse
Ryk. Die antwoorde is in die regsmening
afgemaak as "deels berustend op
verkeerde en
wanaangewende voorveronderstellings en as deels bestaande
uit
'n paar spitsvondighede en verkeerd gevormde
gevolgtrekkings". Daar is ook
melding gemaak van die
54
voormelde antwoorde en Goue Bul in die volgende verdere
passasies in die
genoemde regsmening waarin die voorval
indringend ontleed word en waarin die ratio van die
mening te vinde
is:
"Dit moet onthou word dat die prosedure van vonnis of veroordeling geskei is van
die reg tot vonnisuitvoering omdat die reg om behoorlik
te kan voortgaan met die
saak tot veroordeling of vryspraak wel vasgestel is deur die verskuldigde en
wettige aanvang van die geding,
maar die reg en gesag tot vonnisuitvoering
beperk word deur die grense van die gebied, en dus slegs toegepas kan word ten
aansien
van 'n persoon en goedere wat na veroordeling en die uitspreek van
vonnis binne die jurisdiksie van die regter wat die vonnis uitspreek
gevind
word.
By gebrek aan sulke goedere of persoon onder sy jurisdiksie kan hy die vonnis
nie uitvoer nie, maar word verplig om die regter in
wie se gebied die persoon
woonagtig is of waar sy eiendom geleë is, te ' versoek om self
vonnisuitvoering te beveel, soos hierbo
aangedui is.
Hiervan was die genoemde Prokureur Generaal bewus, toe hy magtiging van die
Staten Generaal gevra het om die genoemde vonnis teen
die genoemde Bonaarts ten
uitvoer te bring, en dat ook om hierdie rede die genoemde
arrestasie
55
deur hom nog minder te verskoon is van gewelddadigheid. Dit is baie vreemd
dat in die genoemde Antwoord voorgegee word dat iemand
'n vonnis van die Raad
van Brabant in die Ryk en tot by Weenen tot uitvoering kan bring. Dit is direk
in stryd met die bepalings
van die gemene reg, en die genoemde Goue Bul verleen
ook nie sodanige gesag en mag aan die Raad van Brabant binne die grense van
die
Ryk nie, maar bepaal wel dat 'n Brabander wat daar gearresteer word of in sy
persoon of goedere aangetas word op vrye voet gestel
moet word - iets wat tans
egter, vanwee die verdeling van die genoemde Hertogdom onderskeidend gesien moet
word: naamlik dat ten
aansien van die inwoners van Brabant onderhorig aan die
Koning van Spanje, die reg aan sy Majesteit of sy Raad toekom, en ten aansien
van die inwoners van Brabant wat onder die Staten Generaal ressorteer, dit aan
die Staten Generaal toekom en laasgenoemde alleen
bevoeg was om enige inwoners
te bevry wat op Ryksbodem aangehou is - ook al was dit met toestemming deur 'n
regter - en te meer so
as die aanhouding geskied het sonder dat 'n
regter
dit toegestaan of sy toestemming daartoe gegee het.
Hierby moet gevoeg word dat daar van die genoemde Gcme Bul deur die genoemde
Antwoorde lelik afgewyk word, deurdat dit lyk asof daar
deur die Raad van
Brabant tot Brussel magtiging gegee sou gewees het om ook teen persone buite sy
jurisdiksie te mag prosedeer en
dat dit mag geskied kragtens die Goue Bul;
dieselfde sover dit inwoners van hierdie staat betref, sou
56
afhang van die bepalings van die Staten Generaal en nie van die genoemde Raad
van Brabant tot Brussel of die Prokureur Generaal aldaar
nie. Hierdie afwyking
is onversigtig en teen die uitdruklike bepalings van die reg en rede en verwar
alle Brabanders en maak geen
onderskeid tussen die bevoegdheid om te vonnis en
die magtiging en gesag om die vonnis uit te voer nie. Hierdeur sowel as deur die
oorwegings voortvloeiend uit die verdeling van die Hertogdom van Brabant kom
alle argumente en spekulasies tot 'n end - want al is
dit so dat 'n
onderdaan van die Staten Generaal of 'n burger van Maastricht nie deur die
Raad van Brabant of die Prokureur Generaal tot Brussel
op die Ryksbodem
gearresteer mag word nie - beteken dit nie dat 'n geldige vonnis kragteloos sal
wees nie, maar dat dit alleen kan
geskied deur die gesag van diegene aan wie die
genoemde Bonaarts betreffende sy persoon of goedere onderhorig is, en daardie
persoon
kan (nadat hy die saak en prosedure in orde gevind het) die
vonnisuitvoering goedkeur of weier.
Die argument en die gevolgtrekkings daaruit gemaak deur die genoemde
Antwoorde gaán nie op nie, betreffende die jurisdiksie
voor en tot datum
van vonnis, tot die uitvoer van vonnis, en dit kan trouens as 'n dwaling in die
reg beskou word. Eerstens is die
magtiging tot eksekusie, of die
beslagleggingsbevel, wat die genoemde Prokureur Generaal graag wou hê, en
waarvoor hy self
aansoek gedoen het, ten aansien van die bevel tot betaling deur
die genoemde Bonaarts, nie gegee nie. Die
57
Prokureur Generaal moes tog die finale besluit van die Staten Generaal, wie
se magtiging hy self aangevra het, afwag, alvorens hy
tot sulke buitensporige
prosedures en gewelddadighede oorgegaan het, alhoewel selfs ná die
toestaan van die versoek, sodanige
maniere van doen ... nie toegelaat sou gewees
het nie.
Die Prokureur Generaal soek ook tevergeefs verskoning vir die gewelddadigheid
deur aan te voer dat die genoemde Bonaarts voortvlugtig
was, want dit is
ongehoord dat die verandering van domisilie as 'n voortvlugting beskou word en
dat diegene wat op 'n bepaalde en
vaste plek domisilie gevestig het, en daar
bly, en ook glad nie insolvent is nie, as voortvlugtig beskou word en as
voortvlugtig
behandel mag word, soos wat deur die genoemde Kennisgewing deeglik
uitgewys is.
Die genoemde Antwoorde raak ook die pad byster waar dit gestel word dat die
genoemde Bonaarts, toe hy van mening was dat daar oorskryding
was van die
bevoegdheid tot vonnisuitvoering, hy die saak voor die genoemde Raad van Brabant
tot Brussel moes opponeer. Hierdie reël
sou wel toepaslik kon wees in geval
(gegewe behoorlike beslagleggingsbevele) die genoemde prosedure van
vonnisuitvoering binne die
jurisdiksie van die genoemde Raad was. Maar aangesien
op daardie plek die genoemde gewelddadigheid onder die dekmantel van
vonnisuitvoering
plaasgevind het, die einste Raad geen jurisdiksie of gebiedsreg
het nie, en dat 'n inwoner van Maastricht, selfs met
58
magtiging van die regter van die gebied, nie aangetas kan word, in elk geval nie
sonder toestemming of teen die wil van die Staten
Generaal nie - so is dit dat
die genoemde Bonaarts geensins verplig was om die genoemde Raad in die stukke
oor die genoemde arrestasie
te erken nie, of om die arrestasie voor die Raad te
opponeer nie."
Die Regsmening sluit af met
dié lotsbelaaide woorde:
"Hieruit wil aangedui word dat die genoemde Raad deeglike aandag aan die
genoemde vonnisuitvoering gegee het en dat daar nie juridies
en met inagneming
van dit wat in ag geneem behoort te word teen die genoemde Bonaarts geprosedeer
is nie, maar wel op gesag van die
genoemde Raad. Niemand egter kan, buiten die
Staten Generaal, iemand vrystel van die gewone vorms van prosedeer, ten aansien
van
'n inwoner van hierdie staat, want anders word die behoorlike orde van
prosedeer tot nadeel van die inwoners, die verloop van die
gereg en reëls
van vonnisuitvoering ondermyn. Daarom behoort die genoemde arrestasie na regte
op eis van die Staten Generaal
ongedaan gemaak te word vry van koste of skade,
of anders die weg van retorsie (weerwraak) ingeslaan te word, wat al is wat
oorbly..."
Hierdie mening spreek vir sigself. Dit is
duidelik dat
daarvolgens die eksekusie van vonnis verleen deur die
Raad
van Belgiese Brabant 'n nulliteit was omdat dié Raad
59
geen regsbevoegdheid had om dit só te beveel nie. Dit is weliswaar nie
'n uitspraak van 'n hof nie maar is nogtans gesaghebbend
en wel om die volgende
redes. Soos reeds gemeld kom dié regsmening voor in die vyfde deel van
die Hollandsche Consultatien,
cons. 97, bl 331-337. Dié deel het in 1664
verskyn. Van besondere belang hier is die mening dat 'n voorafgaande wettige
verhoor
en uitspraak nie as verskoning of regverdiging kan dien vir 'n
daaropvolgende ontvoering vir doeleindes slegs van ten uitvoerlegging van
die vonnis nie, en dat so 'n gewaande eksekusie gevolglik
geen regskrag het nie.
Dit is aangevra deur die State Generaal. Die regsmening aangaande die Bonaarts
geval is 'n voorbeeld van wat
in die praktyk as die geldende reg beskou is.
Uit hoofde van die bogaande is dit duidelik dat
'n
Nederlandse hof volgens die Romeins-Hollandse gemene reg geen regsbevoegdheid
gehad het om 'n persoon te verhoor wat uit 'n ander
jurisdiksie ontvoer is
deur
60
werktuie van die staatgesag wat bewind voer in die regsgebied van so 'n hof
nie. Die vraag is of daardie beginsel ook deel van ons
huidige reg is.
DIE SUID-AFRIKAANSE REG
Ons gemene reg is steeds oorwegend die
Romeins-
Hollandse reg soos aangepas by plaaslike
omstandighede.
Geen Suid-Afrikaanse statuut verleen of
ontneem
regsbevoegdheid aan ons howe om 'n persoon te verhoor wat
op
voormelde wyse uit 'n ander land ontvoer is en die
Republiek binne gebring is
nie. Die wyse en uitwerking
van inhegtenisneming word gereel by art 39 van
die
Strafproseswet no 51 van 1977. Sub-art (3) daarvan
bepaal die volgende:
"(3) Die uitwerking van inhegtenisneming is dat die gearresteerde persoon in
wettige bewaring is en dat hy in bewaring aangehou word
totdat hy wettiglik uit
bewaring ontslaan of vrygelaat word."
Die bepalings
van art 39 is weliswaar redelik omvattend,
61
maar die wetgewer het nietemin nie. beoog om ons gemene reg deur middel
daarvan te kodifiseer nie en het dit ook nie gedoen nie. Vgl
NGQUMBA EN 'n
ANDER TEEN DIE STAATSPRESIDENT
1988 (4) SA 224
(A) op 263G-267B;
MINISTER
OF LAW AND ORDER AND ANOTHER v PARKER
1989 (2) SA 633
(A) op 637H-641G.
Artikel 39(3) handel nie met gebeure voor arrestasie nie en is nie teenstrydig
met voormelde reëls van die
Romeins-Hollandse reg nie. Daar is ook geen
beslissing van ons howe dat voormelde reëls nie deel van ons reg is
nie.
Die regsbevoegdheid van die Hooggeregshof van Suid-Afrika word onder
meer statutêr bepaal deur die Wet op die Hooggeregshof,
no 59 van 1959.
Art 19 van daardie Wet handel met die "persone oor wie en aangeleenthede met
betrekking waartoe provinsiale en plaaslike
afdelings regsbevoeg is". Die
inleidende deel van art 19 (1) (a), en ook sub-art 19 (3), is ter sake by die
oorweging van die onderhawige
vraag. Hulle lui soos volg:
62
"19 (1) (a) 'n Provinsiale of plaaslike afdeling besit regsbevoegdheid oor alle
persone wat binne sy regsgebied woon of is en met
betrekking tot alle gedinge
wat daar ontstaan en alle misdrywe wat aldaar bereg kan word en alle ander
aangeleenthede wat regtens
deur hom beregbaar is. ...
(3) Die bepalings van hierdie artikel word nie so uitgelê dat dit op
enigerlei wyse die bevoegdhede van 'n provinsiale of plaaslike
afdeling, soos
dit by die inwerkingtreding van hierdie Wet bestaan, beperk, of so 'n afdeling
van regsbevoegdheid wat hy wettiglik
by bedoelde inwerkingtreding kon uitoefen,
onthef nie."
In
BISONBOARD LTD v K BRAUN
WOODWORKING MACHINERY (PTY)
LTD
,
[1990] ZASCA 86
;
1991 (1) SA 482
(A) het Hoexter
AR die volgende gesê
op 486 D-E ten aansien van die inslag in art 19
(1) (a)
van die Engelse weergawe van die woorde "gedinge wat
daar
ontstaan":
"In a long line of cases the words 'causes arising' have been interpreted as
signifying not 'causes of action arising' but 'legal
proceedings duly arising',
that is to say, proceedings in which the court has jurisdiction under the common
law."
Dieselfde geld klaarblyklik vir die Afrikaanse
weergawe.
63
Na my oordeel het die wetgewer met die gebruik van die daaropvolgende
sinsnede "alle misdrywe wat daar bereg kan word", ook nie bedoel
om in strafsake
beperkings wat gemeenregtelik ten aansien van 'n hof se jurisdiksie gegeld het,
as't ware af te skaf nie. So 'n beperking
was nou juis te vind in die reël
dat al sou 'n misdaad binne die jurisdiksiegebied van 'n hof gepleeg gewees het,
die hof nie
die regsbevoegdheid gehad het om die betrokke persoon te verhoor
indien hy deur werktuie van die staatsgesag uit 'n ander jurisdiksiegebied
ontvoer is nie. Die uitsprake. wat gehandel het met die effek wat 'n ontvoering
oor landsgrense heen na die Republiek van Suid-Afrika
het op die regsbevoegdheid
van ons howe om die betrokke beskuldigdes te verhoor, het òf te doen
gehad met feite wat wesenlik
van dié hier ter sprake verskil òf
het nie daardie vraag in die lig van die gemenereg oorweeg nie. In
ABRAHAMS v
MINISTER OF JUSTICE AND OTHERS
1963 (4) SA 542
(K), het die appllkant om
64
habeas corpus aansoek gedoen en beweer dat hy deur lede van die
Suid-Afrikaanse Polisie in Betsjoeanaland (soos dit destyds geheet
het) ontvoer
en oor die landsgrens heen na Gobabis in die eertydse Suid Wes-Afrika geneem en
daar gearresteer is. Die respondente
kon nie ontken of erken dat hy deur die
Suid-Afrikaanse Polisie ontvoer is nie. Die hof het op gesag van
REX v
ROBERTSON
1912 TPD 10
en
REX v OFFICER COMMANDING DEPOT BATTALION,
COLCHESTER : Ex parte ELLIOT
[1949] 1 All ER 373
, besluit dat waar daar 'n
wettige arrestasie binne eie landsgrense was die omstandighede waaronder die
applikant die land binnegebring
is, nie ter sake is nie.
ROBERTSON
se
saak was ook 'n aansoek om habeas corpus en het gegaan oor 'n lasbrief om
uitlewering na Skotland ingevolge die Fugitive Offenders'
Act van 1881.
Diê lasbrief is deur 'n Transvaalse regter endosseer. Die applikant het
beweer dat hy onwettiglik in Natal gearresteer
en toe na Transvaal gebring is.
Die
65
aansoek is van die hand gewys en De Villiers RP het op bl
12-13 die volgende gesê:
"The appllcant was brought into the Transvaal. Whether he was brought here
legally or illegally, this Court has nothing to do with:
as a fact he was
brought here, and thereafter he was arrested, on the 10th October, on a valid
warrant which had been issued in Scotland,
and which in my opinion was duly
endorsed. That being so, it is not necessary to go into the other points which
have been raised."
Die Romeins-Hollandse
gemeenregtelike bepalings is nooit
tydens die betoë geopper of in die
uitspraak genoem nie.
Op die feite is diê saak ook onderskeibaar van
beide
ABRAHAMS
en die onderhawige saak.
ELLIOT
se saak, supra, was ook 'n aansoek om
habeas corpus. Dit het gegaan oor 'n droster uit die
Britse leër wat
in België na bewering onwettiglik deur
Britse militêre polisie
gearresteer is en na Engeland
gebring is om daar deur 'n krýgsraad
verhoor te word. Die
saak is beslis volgens die bepalings van die Engelse
66
gemene reg. Dit is gevolglik nie hier ter sake nie, en was dit ook nie in die
ABRAHAMS
saak nie. Dieselfde
oorwegings geld vir die latere Engelse
saak van R v
PLYMOUTH MAGISTRATES' COURT AND OTHERS, ex parte DRIVER
[1985] 2 All ER 681
QBD. (Daar was die beskuldigde deur die Turkse owerhede
in samewerking met die Britse polisie mislei om in Turkye 'n vliegtuig na
Engeland te haal waar hy op aankoms arresteer was.)
Die appellant het ons
voorsien van 'n volle afskrif van Viljoen R se ongerapporteerde uitspraak in die
saak van
DIE STAAT teen RAMOTSE EN 19 ANDER
wat op 14 September 1970 in
die Transvaalse Provinsiale Afdeling gelewer is. Soos in die
NDULI
saak
genoem op 907 E-F, is Ramotse, wat beskuldigde 1 was, uit Botswana ontvoer deur
Rhodesiese soldate en na Rhodesië geneem.
Volgens die voormelde afskrif van
die uitspraak het die betrokke staatsgetuie beweer dat hy by Beitbrug aan die
Suid-Afrikaanse Polisie
oorhandig en daar, binne die RSA, deur
67
hulle gearresteer is. Dié getuienis is nie betwis nie. Die beskuldigde
het aangevoer dat weens sy onwettige arrestasie in Botswana
die verhoorhof nie
regsbevoegdheid had om hom te verhoor nie. Viljoen R het op sterkte van die
beslissings in die
ABRAHAMS
en
ELLIOT
sake die aansoek van die
hand gewys. Die bepalings van ons gemene reg is nie in die uitspraak geopper
nie, en geen melding is van
enige van die bogenoemde Romeins-Hollandse gesag
gemaak nie. Daardie beslissing is gevolglik van geen nut vir doeleindes van
hierdie
uitspraak nie. Ek het reeds hierbo gehandel met die
NDULI
-saak.
MINISTER OF LAW AND ORDER, KWANDEBELE EN OTHERS v
MATHEBE AND ANOTHER
1990 (1) SA 114
(A) het gegaan oor die arrestasie van
die beskuldigdes deur lede van die KwaNdebele polisie in Johannesburg en hul
verwydering na
die self-regerende gebied van KwaNdebele. Daardie geval toon
gevolglik 'n groot ooreenkoms met diê van
GUILLAM BONAARTS
. Hierdie
Hof se beslissing dat die arrestasie
68
en daaropvolgende aanhouding ongeldig was, is egter gegrond op 'n vertolking
van die betrokke statute, te wete, die Grondwet van die
Nasionale State, no 21
van 1971, die Staatsdienswet, no 111 van 1984, die Polisiewet, no 7 van 1958, en
die KwaNdebele Polisiewet.
Die gemeenregtelike posisie is nie beredeneer nie, en
ook nie in die uitspraak van hierdie Hof genoem nie.
Na my mening is
voormelde reels van die Romeins-Hollandse reg steeds deel van ons huidige
reg.
EVALUERING
Verskeie fundamentele regsbeginsels is teenwoordig in
daardie reëls, te wete, dié ter behoud en bevordering van
menseregte,
goeie inter-staatlike betrekkinge en gesonde regspleging. Die
individu moet beskerm word teen onwettige aanhouding en teen ontvoering,
die
grense van regsbevoegdheid moet nie oorskry word nie, staatkundige
soewereiniteit moet
69
eerbiedig word, die regsproses moet billik wees teenoor diegene wat daardeur
geraak word en die misbruik daarvan moet vermy word om
sodoende die waardigheid
en integriteit van die regspleging te beskerm en te bevorder. Die Staat word ook
daardeur getref. Wanneer
die Staat self 'n gedingsparty is, soos byvoorbeeld in
strafsake, moet dit as't ware "met skoon hande" hof toe kom. Wanneer die Staat
dan self betrokke is by 'n ontvoering oor die landsgrense heen soos in die
onderhawige geval, is sy hande nie skoon nie.
Bepalings soos dié
voormeld getuig van gesonde regsontwikkeling van hoë gehalte. Tekens
daarvan kom ook deesdae al hoe
meer in die munisipale reg van ander lande voor.
'n Sprekende voorbeeld is dié van die
TOSCANINO
saak in die
Verenigde State van Amerika, waarna mnr
Mahomed
ons verwys het. Dit is
die saak van
UNITED STATES v TOSCANINO
,
[1974] USCA2 613
;
500 F 2d, 267
, beslis op 15 Mei
1974 in die
UNITED STATES COURT OF APPEALS, SECOND CIRCUIT
.
70
Toscanino, 'n Italianer, wat in Uruguay woonagtig was, is in die Federale
Distrikshof vir die Oostelike Distrik van New York skuldig
bevind aan
sameswering om dwelmmiddels in die Verenigde State in te voer en daar te
versprei. Hy is gevonnis tot 20 jaar gevangenisstraf
en 'n boete van $20,000.
Toscanino het voor sy verhoor en na sy skuldigbevinding maar voor vonnis, die
volgende beweer: Deur bemiddeling
van agente van die VSA is hy ontvoer uit
Uruguay en na Brasilië geneem waar hy aangehou en gefolter is; van daar is
hy per vliegtuig
na die Verenigde State geneem; daar is hy gearresteer en
aangekla en het sy verhoor gevolg. Hy het teen sy veroordeling geappelleer
na
die United States Court of Appeals, Second Circuit. Hy het sy voormelde
bewerings voor die hof van appél herhaal. Daar
is toe namens hom betoog
dat sy verhoor en daaropvolgende skuldigbevinding en vonnis nietig was omdat al
die verrigtinge wat op sy
ontvoering gevolg het regtens 'n nulliteit was. Die
hof
71
hof van appél het beslis dat indien sy bewerings waar
was die
verrigtinge inderdaad 'n nulliteit sou wees. Die
saak is na die verhoorhof terugverwys vir 'n ondersoek om
die waarheid al
dan nie van Toscanino se bewerings te
bepaal. Die saak is weliswaar
hoofsaaklik beslis op
grond van die "due process" bepalings van die
grondwet
van die Verenigde State (vide byvoorbeeld bl 275 kol 2
(4)); maar die hof moes nogtans ook beslis wat daardie
"process" behels in
die verband van die bewerings in die
saak voor hom en het die kernvraag vir
beslissing toe in
die volgende wye terme so geformuleer. (bl 271 kol
1-2):
"In an era marked by a sharp increase in kidnapping activities, both here and
abroad ... we face the question as we must in the state
of the pleadings, of
whether a federal court must assume jurisdiction over the person of a defendant
who is illegally apprehended
abroad and forcibly abducted by government agents
to the United States for the purpose of facing criminal charges
here."
(Dit is in wese dieselfde vraag as dié
in die onderhawige
geval ter sprake.)
72
Die hof het geweier om die beslissings in
KER v
ILLINOIS
119 US. 342
(1888) en
FRISBIE v COLLINS
342 US.
519
(1952) te volg, en het die redes daarvoor soos volg
gemotiveer (bl 275 kol 2
par 4):
"[4] Faced with a conflict between the two concepts of due process, the one
being the restricted version found in
Ker-Frisbie
and the other the
expanded and enlightened interpretation expressed in more recent decisions of
the Supreme Court, we are persuaded
that to the extent that the two are in
conflict, the
Ker-Frisbie
version must yield. Accordingly we view due
process as now requiring a court to divest itself of jurisdiction. over the
person of
a defendant where it has been acquired as the result of the
government's deliberate, unnecessary and unreasonable invasion of the
accused's
constitutional rights. This conclusion represents but an extension of the
well-recognized power of federal courts in the
civil context to decline to
exercise jurisdiction over a defendant whose presence has been secured by force
or fraud."
Die bevel deur die hof gemaak kom voor op
bl 281 kol 1-2,
en is in die volgende terme:
"Conclusion The case is remanded to the district court
for
73
further proceedings not inconsistent with this opinion. Our remand should be
construed as reguiring an evidentiary hearing with respect
to Toscanino's
allegations of forcible abduction only if, in response to the government's
denial, he offers some credible supporting
evidence, including specifically
evidence that the action was taken by or at the direction of United States
officials. Upon his failure
to make such an offer the district court may, in its
discretion, decline to hold an evidentiary
hearing."
Die denke wat ten grondslag lê van
die betrokke reël van
die Amerikaanse reg en bevel van die hof blyk uit
die
volgende passasie op bl 273 kol 1 bl 274 kol 2:
"As the Supreme Court has repeatedly made clear, the Exclusionary Rule has
nothing to do with the fair determination of the guilt
or innocence of the
accused. It represents a judicially-created device designed to deter disregard
for constitutional prohibitions
and give substance to constitutional rights.
Mapp v. Ohio,
[1961] USSC 142
;
367 U.S. 643
, 646,
81 S.Ct. 1684
, 6 L.Ed.2d 1081. In the words of
Justice Holmes, to allow the government to benefit illegally from seized
evidence, 'reduces the
Fourth Amendment to a form of words,' Silverthorne Lumber
Co. v. United States,
[1920] USSC 22
;
251 U.S. 385
,
40 S.Ct. 182
,
64 L.Ed. 319
(1920). The
philosophy behind the rule and possible broader application of the basic
principle underlying
74
it was best described by Justice Brandeis in an oftquoted passage from his
dissenting opinion in Olmstead v. United States,
[1928] USSC 133
;
277 U.S. 438
,
48 S.Ct. 564
,
72
L.Ed. 944
(1928), which we have only recently invoked again, see United States
v. Archer,
[1973] USCA2 565
;
486 F.2d 670
, 674-675 (2d Cir. 1973):
'The court's aid is denied only when he who seeks it has violated the law in
connection with the very transaction as to which he seeks
legal redress. Then
aid is denied despite the defenant's wrong. It is denied in order to maintain
respect for law; in order to promote
confidence in the administration of
justice; in order to preserve the judicial process from contamination. Decency,
security and
liberty alike demand that government officials shall be subjected
to the same rules of conduct that are commands to the citizen.
In a government
of laws, existence of the government will be impêrilled if it fails to
observe the law scrupulously. Oúr
Government is the potent, the
omnipresent teacher. For good or for ill, it teaches the whole people by its
example. Crime is contagious.
If the government becomes a lawbreaker, it breeds
contempt for law; it invites every man to become a law unto himself; it invites
anarchy. To declare that in the administration of the criminal law the end
justifies the means to declare that the government may
commit crimes in order to
secure the
75
conviction of a private criminal - would
bring terrible
retribution. Against that
pernicious doctrine this court should
resolutely
set its face.' 277 U.S. at
484-485.
Society is the ultimate loser when, in
order to
convict the guilty, it uses methods that lead
to decreased
respect for the law. See United
States v. Archer, supra at 677.
[1] Thus the Court's decisions in Rochin and Mapp unmistakably contradict its
pronouncement in Frisbie that ' due process of law
is satisfied when one present
in court is convicted of crime after being fairly apprized of the charges
against him and af ter a
fair trial in accordance with constitutional procedural
safeguards.' The requirement of due process in obtaining a conviction is
greater. It extends to the pre-trial conduct of law enforcement
authorities."
Die hof het die volgende bygevoeg (bl
276 ko!2):
"Drawing again from the field of civil procedure, we think a federal court's
criminal process is abused or degraded when it is executed
against a defendant
who has been brought into the territory of the United States by the methods
alleged here. Cf. Commercial Mutual
Accident Co. v. Davis,
[1909] USSC 85
;
213 U.S. 245
,
29
S.Ct. 445
,
53 L.Ed. 782
(1909); Fitzgerald Construction Co. v. Fitzgerald,
supra. We could not tolerate such an abuse without debasing 'the processes of
justice'."
76
Hierdie denke is tot 'n groot hoogte ook grondliggend tot die voormelde
reëls van ons reg.
GEVOLGTREKKING
Die volgende uitlating van Daniels R in
die
uitspraak van die hof a quo is derhalwe
verkeerd:
"I am satisfied upon the authorities referred to that even if the applicant,
therefore, was captured in violation of public international
law, such seizure
by the South African State or by an agent of the State acting with its knowledge
and connivance in Swaziland, would
not impair this Court's jurisdiction. This
view appears to me to be in accordance with the internationally accepted
approach and
one which has been consistently applied and followed in South
African Courts."
Hierdie Hof het nie in
NDULI
se saak só ver gegaan nie,
en die Transvaalse Hof in
RAMOTSE
ook nie. Die geleerde
regter se stelling is ook in stryd met voormelde
steeds
geldende reëls van ons gemene reg; en
ABRAHAMS
se
saak,
supra, is in die lig van daardie reëls verkeerd beslis.
Dit volg dat die verhoorhof ooreenkomstig ons
77
geldende gemene reg geen regsbevoegdheid gehad het om die saak teen appellant
te bereg nie. Sy skuldigbevinding en vonnis kan gevolglik
nie bly staan
nie.
Appellant se aansoek moes geslaag het. Hy was destyds geregtig op die
bevele aangevra in paragrawe 1-4 van die kennisgewing van mosie.
Na afwysing van
sy aansoek het omstandighede egter ingrypend verander. Die verhoor het
voortgegaan en die skuldigbevinding en vonnis
het gevolg. Appellant moes nie
verhoor gewees het nie. Maar die verhoor en die gevolge daarvan vir appellant is
nietemin tans bestaande
feite. Wat nou van belang is, is om daardie gevolge
ongedaan te maak. Daar sal derhalwe geen sin daarin wees om bevele te maak
ooreenkomstig
die kennisgewing van mosie nie. By die beredenering van hierdie
appèl was die partye dit trouens eens dat die appèl
beskou en
hanteer moet word as synde gerig teen die skuldigbevinding en vonnis. Appellant
het nie in sy aansoek of in hierdie appèl
om 'n kostebevel teen die
78
respondente gevra nie.
Die volgende bevele word derhalwe
gemaak:
(1)
Die appêl
slaag.
(2) Die appellant se skuldigbevinding en vonnis word tersyde
gestel.
M T STEYN AR JOUBERT Wr HR)
NICHOLAS Wr AR)