About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 62
|
|
S v Moller (119/88) [1990] ZASCA 62; 1990 (3) SA 876 (AD); [1990] 2 All SA 437 (A) (1 June 1990)
Saak Nr 119/88
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak
tussen:
HENDRIK JACOBUS MOLLER
Applikant
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
E M GROSSKOPF, STEYN, EKSTEEN, ARR
VERHOOR:
15 Mei 1990
GELEWER:
1 Junie 1990
UITSPRAAK
2
E M GROSSKOPF, AR
Wat tans voor die hof dien is, eerstens, 'n
aansoek om kondonasie vir die laat indiening van 'n oorkonde op appèl
deur die
applikant, en, tweedens, 'n appèl deur die prokureur-generaal.
ingevolge artikel 311 van die Strafproseswet, no. 51 van 1977.
Die omstandighede
is soos volg.
Die applikant het in die Streekhof Pretoria-tereggestaan op vyf
aanklagte van motordiefstal, asook op twee aanklagte van oortredings
van die Wet
op Wapens en Ammunisie, No 75 van 1969. Laasgenoemdetwee aanklagte speel geen
rol meer in hierdie saak nie en ek hoef
nie verder na hulle te verwys nie.
Nieteenstaande
'n pleit van onskuldig op die
aanklagte van motordiefstal, is die applikant op 15 September 1983 as volg
skuldig bevind: op die eerste
aanklag, aan heling, en op aanklagte 2 tot 5, aan
oortredings van artikel 37 van die Algemene Regswysigingswet, no. 62 van 1955.
Ek sal voortaan na hierdie artikel verwys bloot as "artikel 37". Die applikant
is op die eerste aanklag tot vier jaar gevangenisstraf
gevonnis, en
3
op aanklagte 2 tot 5 tot een jaar gevangenisstraf elk. Die vonnisse op
aanklagte 2 en 3 is samelopend gemaak met die vonnisse op aanklagte
4 en 5. Die
applikant se effektiewe gevangenisstraf het dus ses jaar beloop. Hierna het die.
applikant 'n geslaagde aansoek aan die
Transvaalse Provinsiale Afdeling gerig om
tersydestelling van die skuldigbevindinge en vonnisse en terugverwysing na die
Streekhof
vir die aanhoor van verdere getuienis. Sodanige getuienis is
aangehoor, en op 23 Mei 1985 het die landdros die applikant weer skuldig
bevind
soos vantevore, en dieselfde vonnisse opgelê.
Die applikant het appèl aangeteken na die Transvaalse Provinsiale
Afdeling teen sy gemelde skuldigbevindinge en vonnisse. Wat
aanklag 3 betref het
die hof (KIRK-COHEN en SCHABORT RR) bevind dat die feitegrondslag soos deur die
hof bevind, nie regtens 'n oortreding
van artikel 37 uitmaak nie. Die applikant
se appèl teen daardie aanklag is dus gehandhaaf. Ten opsigte van die
ander aanklagte
is sy appèl teen die skuldigbevindinge en vonnisse
afgewys. Met verlof van die
4
hof
a quo
het albei partye 'n appèl aangeteken na hierdie hof
-die applikant teen sy skuldigbevindinge en vonnisse insoverre hulle deur
die
hof
a quo
in stand gehou is, en die Prokureur-Generaal teen die
handhawing van die appèl op die derde aanklag. In sy aansoek om
kondonasie
getuig die applikant dat sy
fondse uitgeput was op 14 Mei 1986 toe
hy verlof om te appelleer bekom het, en dat hy nie geld vir die voorbereiding
van die oorkonde
gehad het nie. Hy het gevolglik toestemming van die Staat
verkry dat indiening van die oorkonde uitgestel word tot 31 Desember 1986.
Die
applikant het toe besluit om van prokureurs te verander. Volgens sy getuienis
het hierdie verandering nie vrugte afgewerp nie.
Na heelwat probleme het hy _ na
sy oorspronklike prokureurs teruggekeer. Hy het ook genoeg geld in die hande
gekry om die appèl
te finansier. Die oorkonde is uiteindelik op 29 Maart
1988 geliasseer, 15 maande na die ooreengekome datum.
Ek wil nie volledig op die applikant se relaas, wat met heelwat besonderhede
in sy aansoek weergegee word, ingaan nie.
5
Sy verduideliking vir hierdie lang vertraging is nie in alle opsigte
bevredigend nie, en daar is sekere aspekte wat meer oortuigend
sou gewees het as
die applikant stawende getuienis aangebied het. Ek meen egter dat, ten spyte van
hiêrdie tekortkominge, die
aansoek behoort te slaag as daar redelike
vooruitsigte op sukses op appèl is. Ek gaan dus voort deur te oorweeg of
daar sulke
vooruitsigte is. Terselfdertyd sal ek die Prokureur-Generaal se
appèl behandel.
Die getuienis in hierdie saak was kortliks soos volg.
Die applikant is 'n opgeleide motorwerktuigkundige en die eienaar van h
skrootwerf.
Op die kleinhoewe waar hy woon het hy fasiliteite om aan motors te
werk. Ene Heyns was 'n jarelange kennis en sakevriend van die
applikant in die
motorhandel. In Desember 1982 het die polisie Heyns se beweerde aandadigheid aan
motordiefstalle ondersoek. Heyns
het selfmoord gepleeg. Op 28 Desember 1982 het
sersant De Beer van die Suid-Afrikaanse Polisie die applikant se kleinhoewe
besoek.
Daar het hy die voertuie of artikels gevind ten opsigte waarvan die
applikant aangekla is.
6
Hulle was die volgende: Aanklag 1: h Groen Mercedes motor. Aanklag 2: h Rooi
Datsun bakkie Aanklag 3: h Roomkleurige Datsun bakkie
Aanklag 4: h Toyota Hi Ace
paneelwa Aanklag 5: h Volkswagen enjin.
Die applikant het aan De Beer
gesê dat hy hierdie vier voertuie en enjin by Heyns gekoop het. Soos later
sal blyk het die applikant
by sy verhoor afgewyk van hierdie verklaring. By die
verhoor was dit gemene saak dat die voertuie en enjin gesteelde goedere was,
hoewel die applikant steeds beweer het dat hy nie daarvan bewus was toe hy die
artikels in besit geneem het nie en selfs nie toe
De Beer by hom gekom het
nie.
Dit is hierdie agtergrond waarteen die getuienis op die individuele aanklagte
oorweeg moet word. Ek sal eers die getuienis ten opsigte
van die eerste aanklag
behandel en daarna die getuienis op die ander vier aanklagte.
Aanklag een
. Ten spyte van die applikant se
verklaring
7
aan sersant De Beer dat hy die voertuig wat betrokke was by hierdie aanklag
by Heyns gekoop het, was dit gemene saak by die verhoor
dat hy dit inderdaad van
ene Van Rensburg verkry het. Van Rensburg het 'n insleepdiens en ook 'n
paneelklop-besigheid gehad en was
goed bevriend met die applikant. Ten tyde van
die verhoor het hulle mekaar reeds nagenoeg ses tot agt jaar geken. Gedurende
Augustus
1982 het ene Van den Berg vir Van Rensburg genader en aan hom die
betrokke Mercedes aangebied. Van Rensburg het nie self geld hiervoor
gehad nie
en het dit op sy beurt aan die applikant aangebied, wat dit by hom gekoop het.
Van Rensburg het getuig dat hy geweet het
dat die voertuig gesteel was en
hierdie feit ook aan die applikant oorgedra het toe hulle oor die koop
onderhandel het. Hierdie getuienis
word deur die applikant betwis. Ek kom later
daarop terug. Dit is egter gemene saak dat die motor na die applikant se
kleinhoewe
geneem is. In November 1982 het die applikant die wrak van 'n
roomkleurige Mercedes Benz 280E van ene Bosch gekoop. Onderdele van
hierdie wrak
(en, in besonder, die enjin) is in die groen
8
Mercedes, wat die onderwerp "van hierdie aanklag was, ingebou.
Gerieflikheidshalwe sal ek na die twee voertuie verwys onderskeidelik
as "die
wrak" en "die groen Mercedes". Die onderstelnommer is uit die wrak verwyder en
ingesweis in die groen Mercedes. Ook die wrak
se nommerplaat, lisensieskyfie en
derdepartyversekering-skyfie is na die groen Mercedes oorgeplaas. Die
eindresultaat was dus dat
die groen Mercedes volgens enjinnommer,
registrasienommer, onderstelnommer, lisensieskyfie en
derdepartyversekering-skyfie die identiteit
van die wrak aangeneem het.
Die
applikant se weergawe was dat hy die groen Mercedes vir Heyns gekoop het. Dit
was ook op Heyns se versoek dat hy die wrak by Bosch
gekoop het en die enjin by
die groen Mercedes ingebou het. Heyns self het van tyd tot tyd by die applikant
se perseel aan die motors
gewerk. Die applikant het nie die onderstelnommer uit
die wrak verwyder en dit in die motor ingesweis nie en hy kon alleen vermoed
dat
Heyns dit moes gedoen het. Die applikant was nie bewus dat dit plaasgevind het
voordat
9
die polisie dit ontdek het nie. Ook die ander dade om die identiteit van die
groen Mercedes te laat ooreenstem met die wrak het nie
met sy kennis geskied
nie.
In sy uitspraak van 15 September 1983 het die streeklanddros die
getuienis van Van Rensburg ten effekte dat hy aan die applikant gesê
het
dat die groen Mercedes 'n gesteelde voertuig was, aanvaar, en die applikant se
ontkenning verwerp. Die landdros se redes was
kortliks soos volg. Hy het begin
deur te noem dat Van Rensburg se getuienis in verskeie opsigte vatbaar vir
kritiek was. Van Rensburg
was self 'n deelnemer aan die misdaad in aanklag no. 1
beweer. Daar was ook verskeie opsigte waar hy onseker van homself was en
toegewings
moes maak dat sy getuienis oor sommige sake nie korrek was nie. Die
hof het egter nie die indruk gekry dat hy as getuie opsetlik
getuienis
gefabriseer het nie maar eerder dat as gevolg van die verloop van tyd sekere
gebeure of gesprekke nie meer absoluut duidelik
in sy geheue was nie. Die
applikant daarenteen, so bevind die landdros, was duidelik leuenagtig. Soos
reeds gemeld het hy
10
aanvanklik gesê dat hy die groen Mercedes van Heyns gekry het. In sy
getuienis moes hy egter toegee dat dit 'n leuen was en
dat hy dit by Van
Rensburg gekoop het. Sy verduideliking hiervoor was dat hy op die dag van sy
arrestasie by Van Rensburg aangegaan
het en laasgenoemde hom gevra het om niks
van sy verbintenis met die Mercedes te vertel nie. Hierdie leuen werp twyfel op
die applikant
se geloofwaardigheid. Dit blyk verder dat die applikant geen
dokumente vir die voertuig van Van Rensburg bekom het nie en dat Van
Rensburg
inderdaad nie dokumente aan hom kon verskaf nie. Die applikant se getuienis was
dat hy die voertuig vir Heyns gekoop het
en nie die moeite gedoen het om vir
Heyns die nodige dokumente te kry nie. Dit weer eens is 'n onwaarskynlike
stelling, veral aangesien
dit die getuienis van die applikant was dat Heyns en
Van Rensburg mekaar nie geken het nie en dat Heyns derhalwe nie self die
dokumente
van Van Rensburg kon verkry nie.
Dan was daar die getuienis oor die sogenaamde "warm voertuig". Van Rensburg
het getuig dat hy nie kon onthou in
11
presies watter terme hy vir die applikant gesê het dat die voertuig
gesteel was nie. Onder meer het hy getuig dat hy moontlik
na die voertuig kon
verwys het as 'n "warm" voertuig. Dit was gemene saak tussen hom en die
applikant se advokaat dat dit 'n gesteelde
voertuig sou beteken. Toe die
applikant self later getuig het, het hy ontken dat Van Rensburg hoegenaamd aan
hom te kenne gegee het.
dat die voertuig gesteel was. Hy het toegegee dat Van
Rensburg miskien die byvoeglike naamwoord "warm" kon gebruik het, maar het
gesê dat hy nie juis ag geslaan het daarop nie en dat hy dit sou vertolk
het as 'n vinnige voertuig. Hierdie getuienis is duidelik
onaanvaarbaar.
'n
Belangrike aspek waarop die landdros sterk gesteun het was die oorplanting van
die wrak se onderstelnommer in die gesteelde Mercedes.
As die applikant onder
die indruk was dat die transaksie tussen hom en Van Rensburg 'n wettige een was,
kon hy uiteraard nie vir
Heyns gesê het dat die voertuig gesteel was nie.
Heyns self het nie vir Van Rensburg geken nie en kon dus ook nie hierdie
inligting
van Van Rensburg bekom het nie. Hoekom
12
sou Heyns dan die onderstelnommer van die wrak oorplaas en insweis in die bak
van die gesteelde Mercedes? En as Heyns dit nie gedoen
het nie, was die
applikant die enigste persoon wat dit kon gedoen het. Die applikant op sy beurt
sou nie die onderstelnommer oorgeplant
het tensy hy dit gedoen het om die
oorsprong van die groen Mercedes te verberg nie, met ander woorde, tensy hy
bewus was dat die
groen Mercedes gesteel was en hy ontdekking wou vermy
nie.
Die logika van die landdros se beredenering in hierdie
verband is
myns insiens onomstootlik en dit het klaarblyklik ook
'n aansienlike
uitwerking op die applikant gehad. Na sy
skuldigbevinding het hy, soos reeds
vermeld, by die
Transvaalse Provinsiale Afdeling aansoek gedoen
om
tersydestelling van die skuldigbevinding en 'n terugverwysing na
die
landdros vir die aanhoor van verdere getuienis. Die beoogde
getuienis sou
aantoon dat Heyns en Van Rensburg mekaar
inderdaad geken het. Die oogmerk was dan klaarblyklik om dit minder
onwaarskynlik te maak dat dit Heyns was wat die
13
onderstelnommer uit die wrak verwyder het en in die groen Mercedes ingesweis
het. Die volgende verdere getuienis is toe gelei. Die
eerste getuie was ene
Chauke, 'n Swart man wat getuig het dat hy gedurende 1982 vir Heyns gewerk het.
Toe hy gevra is of hy Heyns
gehelp het om aan motors te werk het hy ontkennend
geantwoord. Hy het ook getuig dat hy nooit Van Rensburg by Heyns se
woning-gesien
het nie. 'n Vorige teenstrydige verklaring is aan hom gestel en hy
het erken dat dit vals was maar gesê dat hy hierdie valse
verklaring
verstrek het omdat die applikant hom 'n bedrag geld daarvoor aangebied het. Die
verdediging het hierdie getuie dus gediskrediteer.
Daarna is 'n verdere
getuie, ene Kgokane, namens die applikant geroep. Hy ook het van h vroeëre
beëdigde verklaring afgewyk
en beweer dat die applikant hom betaal het om
valse getuienis af te lê. Hy ook is gediskrediteer.
Ten slotte het die applikant se vrou getuig. Sy het gesê dat sy teen
die einde van 1982 by die applikant se skrootwerf vir Heyns
in besit gesien het
van vier items, naamlik
14
h nommerplaat van 'n motor, 'n stuk metaal van ongeveer 18 duim lank van
dieselfde kleur as die Mercedes wrak met nommers daarop,
'n swart plaatjie met
nommers op en 'n blou plaatjie met nommers op. Heyns het om een of ander rede
die blou plaatjie. agtergelaat.
Die plaatjie is by die hof ingedien as 'n
bewysstuk en dit is gemene saak dat die besonderhede op die plaatjie verwys na
die wrak.
Die afleiding moet dus-gemaak word, so is betoog, dat Heyns inderdaad
aan die wrak gewerk het en dela daarvan verwyder het. Hy kon
dus ook dele
daarvan oorgeplant het op die groen Mercedes.
Die landdros het nie Mev.
Moller se getuienis aanvaar nie. Hy wys daarop in sy uitspraak van 23 Mei 1985
dat Mev. Moller altyd as
'n getuie beskikbaar was en dat dit derhalwe effens
verbasend is dat sy eers geroep is nadat die saak heropen is. Die blou plaatjie
waarna sy verwys kon op enige stadium uit die wrak geneem gewees het, ook deur
die applikant. Die applikant se vrou het 'n klaarblyklike
motief om hom te
probeer beskerm. In die verlede het sy reeds gelieg vir hierdie doel.
15
Toe die polisie die nag opgedaag het om die applikant te arresteer en hy
gevlug het ('n insident wat ek later beskryf), het sy aan
die polisie gesê
dat die applikant in Durban agtergebly het waar hulle met vakansie was. By 'n
ander geleentheid tydens die
ondersoek toe die polisie wou weet wat in 'n sekere
vertrek was het sy gesê dat die plek leeg was en dat die applikant 'n
musieksentrum
of radio daar aanhou. Toe die vertrek oopgemaak is, is daar egter
verskeie gesteelde artikels daar gevind, insluitende 'n gesteelde
motor. Die
landdros het gevolglik tot die gevolgtrekking gekom dat weinig waarde aan die
applikant se vrou se getuienis geheg kon
word. Die aanvullende getuienis wat na
heropening van die saak gelei is het gevolglik nie die landdros se standpunt
verander dat
die applikant se skuld behoorlik bewys was nie. Soos reeds gemeld,
het hy die vorige skuldigbevindinge en vonnisse herhaal.
Die heropening van die applikant se saak het dus niks opgelewer om twyfel te
werp op die vroeëre getuienis dat Heyns en Van Rensburg
mekaar nie geken
het nie. Die hof se
16
afleiding dat dit dus alleen die applikant kon gewees het wat die
onderstelnommer van die wrak op die motor oorgeplant het, het nog
staande gebly.
En soos reeds gemeld, hierdie afleiding dra heelwat daartoe by om Van Rensburg
se geloofwaardigheid te ondersteun
waar hy getuig het dat die applikant daarvan
bewus was dat die Mercedes gesteel was.
In argument voor ons is daar betoog
deur Mnr. Ferreira, namens die applikant, dat Van Rensburg se getuienis verwerp
moes gewees het
en dat die applikant se getuienis as redelik moontlik waar
aanvaar moes gewees het. Hy het veral klem gelê op die swakhede
in Van
Rensburg se getuienis waarna die landdros in sy uitspraak ook verwys het. In
besonder wys hy ook daarop dat Van Rensburg in
'n stadium toegegee het dat hy
vir die applikant kon gesê het dat die voertuig behoort het aan 'n dame
wat nie die paaiemente
daarop kon bekostig nie en dit derhalwe wou verkoop het.
Soos ek Van Rensburg se getuienis lees, getuig hy egter steeds dat hy aan
die
die applikant gesê het dat die voertuig inderwaarheid gesteel was. Dit wil
in een passasie in herverhoor
17
voorkom dat hy in 'n vroeë stadium van die onderhandelinge die verhaal
van die dame in geldnood aan applikant vertel het ooreenkomstig
inligting wat hy
van Van den Berg ontvang het. Later, nadat hy weer met Van den Berg gepraat het,
het hy egter, volgens sy getuienis,
pertinent aan die applikant gesê dat
die motor gesteel was. Die inligting wat Van Rensburg oorspronklik van Van den
Berg verkry
het sou egter ook geen regverdiging aan die applikant gebied het om
die motor te koop nie. Volgens Van Rensburg het Van den Berg
hom gesê dat
die dame wat nie die paaiemente kon betaal nie, die motor wou verkoop en dan aan
die assuransiemaatskappy (en
vermoedelik die huurkoopverkoper) sê dat dit.
gesteel was.
Die applikant se eie getuienis was tot die effek dat hy nooit kennis gehad
het dat die betrokke Mercedes Benz 'n gesteelde voertuig
was nie en dat hy
deurgaans geglo het dat dit verkoop word omdat die verkoper nie die balans van
die koopprys wat nog deur haar verskuldig
was, kon betaal nie. By ontleding blyk
dit dat hierdie weergawe onwaarskynlik en onaanvaarbaar
18
was. Die applikant se getuienis oor wat die uitstaande bedrag op die voertuig
was het gewissel tussen R5 500 en R6 000. Daarbenewens
het die applikant getuig
dat hy die prys nog verder afgekibbel het na R5 250. Dit was, volgens hom, nadat
Heyns, vir wie hy die motor
gekoop het, aan hom gesê het dat dit 'n
bargain" was teen die prys wat gevra word. Hoekom die applikant sou kibbel om
vir Heyns
nog 'n verdere verlaging in die prys te kry waar hy, volgens hom, self
geen voordeel daaruit sou kry nie is nie duidelik nie. Dit
is nog te meer so
waar die verkoper van die voertuig geld benodig om die uitstaande bedrag op 'n
huurkooptransaksie te betaal. Verder
lyk dit onwaarskynlik dat die applikant te
goeie trou 'n motor onder sulke omstandighede sou koop sonder om seker te maak
dat daar
inderdaad 'n huurkooptransaksie was en dat hierdie transaksie
afgehandel sou word deur die betaling wat hy aan Van Rensburg maak
nie. Sonder
sodanige kennis sou hy steeds in die posisie kon gewees het dat die eiendomsreg
nog in die huurkoop- verkoper setel en
dat hy geen regte hoegenaamd deur sy
betaling verkry nie. Die getuienis
19
dat hy gemeen het dat Van Rensburg 'n tussenganger was, direk of indirek,
tussen hom en die dame wat nie haar paaiemente kon betaal
nie, is dus op sigself
uiters onoortuigend. Geneem saam met die ander faktore wat ek hierbo bespreek
het en wat die landdros in ag
geneem het, was daar na my mening oorweldigende
redes om van Rensburg se getuienis, ten spyte van die swakhede daarin, te
aanvaar.
dat die applikant. geweet het dat die voertuig gesteel was toe hy dit
in sy besit geneem het; en om die applikant se ontkenning daarvan
te verwerp.
Myns insiens was die applikant dus korrek skuldig bevind op hierdie aanklag en
het die hof
a quo
geensins gefouteer deur sy appèl teen sy
skuldigbevinding af te wys nie.
Dit bring my dan by aanklagte twee tot vyf.
Daar sal onthou word dat die applikant aanvanklik aan sersant De Beer gesê
het dat
hy die artikels waaroor hierdie aanklagte gaan, van Heyns gekoop het. By
die verhoor was sy weergawe egter effens anders. Ten aansien
van aanklag 2 het
applikant getuig dat die betrokke voertuig deur Heyns na hom gebring is om die
masjien uit te haal
20
sodat dit na die ingenieurs geneem kon word vir werk daaraan. Die masjien is
later deur Heyns. teruggebring en weer in die voertuig
teruggeplaas. Die
voertuig was nog op die applikant se perseel toe hy gearresteer is. Die
roomkleurige Datsun bakkie wat ter sprake
is in aanklag 3 is deur Heyns by die
applikant se perseel aangebring sodat dit daar vir Heyns bewaar kon word. Wat
aanklag 4 betref,
het Heyns die Toyota voertuig een aand daar aangebring en die
applikant gevra om dit in sy motorhuis te parkeer. Na sowat twee weke
het die
appellant die voertuig van Heyns gekoop. En die Volkswagen enjin waaroor aanklag
5 gaan, het die applikant van Heyns gekoop
vir sy eie gebruik.
Soos reeds
gemeld is die applikant ten opsigte van hierdie aanklagte skuldig bevind aan 'n
oortreding van artikel 37(1) van Wet 62
van 1955. Voordat ek op die feite ingaan
is dit wenslik om eers te oorweeg wat die presiese trefwydte van hierdie artikel
is, veral
ook met die oog op die applikant se sukses in die hof
a quo
met
betrekking tot aanklag 3 en die Prokureur-Generaal se appèl teen die
handhawing van die appèl op daardie aanklag.
21
Artikel 37(1) van Wet 62 van 1955 lui soos volg:
"lemand wat op enige wyse, behalwe by 'n openbare verkoping, ander gesteelde
goed as 'vee' of 'produkten' soos in artikel
dertien
van die 'Veediefstal
Wet, 1923', omskrywe, van iemand anders verkry of in sy besit ontvang sonder om
redelike gronde, waarvan die
bewyslas op eersgenoemde persoon rus, daarvoor te
hê om ten tyde van sodanige verkryging of ontvangs aan te neem dat die
goed
die eiendom is van die persoon van wie hy dit ontvang of dat daardie
persoon deur die eienaar van die goed behoorlik gemagtig is
om daaroor te beskik
of om dit van die hand te sit, is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding
strafbaar met die straf wat
by 'n veroordeling weens die ontvangs van gesteelde
goed wetende dat dit gesteel is, opgelê kan word behalwe vir sover die
oplegging van so 'n straf verpligtend
is."
In die onderhawige geval is dit
gemene saak dat die
vier motorvoertuie en een enjin wat die onderwerp van die
aanklagte vorm,
gesteelde goed was. Die vraag wat geopper word
deur die Prokureur-Generaal se
appèl is of die applikant die
voertuig betrokke in die derde aanklag
"van iemand anders verkry
of in sy besit ontvang" het. Die hof
a guo
het die volgende
gesê oor die feite van hierdie aanklag.
22
"Daar is geen getuienis wat die appellant se weergawe dat Heyns hierdie bakkie
aan hom gelewer het, weerspreek nie. Voorts is nie
bewys gelewer, behoudens die
appellant se eie weersprekende weergawe, dat hierdie bakkie nie bloot in sy
bewaring geplaas is nie.
Alles in ag genome sou ek ook hierdie verduideliking
nie as so vergesog of onwaarskynlik kon bestempel dat dit nie as redelik
moontlik
waar kan deurgaan nie."
Weens
hierdie bevinding moes die hof beslis of die
applikaht die voertuig van "iemand anders verkry of in sy besit
ontvang"
het binne die betekenis van die artikel." Dit was gemene
saak dat die
applikant dit nie "verkry" het nie, en die enigste
vraag was dus of hy dit
"in sy besit ontvang" het. Hierdie
element word in die Engelse teks weergegee
as "receives into his
possession", 'n uitdrukking wat reeds lank in ons reg
voorkom met
betrekking tot heling en verwante misdade. So het Gardiner
en
Lansdown in die eerste uitgawe van hul South African Criminal Law
and
Procedure in 1919 heling ("receiving stolen property") as
volg omskryf:
"Anyone who receives into his possession property which he knows to be stolen is
guilty of an offence."
23
Hierdie omskrywing was nog gangbaar in 1945 toe
R v Von Elling
1945 AD
234
beslis is. Ek sal later in groter besonderheid met hierdie beslissing
handel.
Wat ons wettereg betref, het die Veediefstal Wet, no. 26 van 1923,
met betrekking tot "gestolen vee of gestolen prqdukten" 'n bepaling
soortgelyk
aan artikel 37(1) gehad. Dit het gegeld ten opsigte van iemand wat sodanige
gesteelde goed "verkrijgt of in zijn bezit
ontvangt" ("acquires or receives into
his possession") - met ander woorde, dieselfde uitdrukking wat in artikel 37(1)
gebruik word.
(Tans verskyn hierdie bepaling in artikel 3 van die Wet op
Veediefstal, no 57 van 1959). 'n Soortgelyke bepaling het voorgekom in
artikel
22 van The Stock and Produce Theft Repression Consolidation Act, no. 35 van 1893
van die Kaap die Goeie Hoop. Hierdie artikel
het die ontvangs in besit egter
beperk deur die woorde "by way of purchase, bargain, exchange or gift".
Eienaardig genoeg is die betrokke begrip, ten spyte van
24
sy eerbiedwaardige ouderdom en groot praktiese belang, nie gesaghebbend
oorweeg voor
Von Elling
se saak (
supra
) nie. Von Elling was voor
'n spesiale hoërhof.aangekla van die diefstal van 'n motorvoertuig. Hy is
skuldig bevind aan begunstiging
by 'n diefstal gepleeg deur ene Van Rensburg. Op
appèl was dit gemene saak dat die spesiale hof geen jurisdiksie gehad het
om Von Elling aan begunstiging by diefstal skuldig te bevind nie. Die vraag was
dus of hy ooreenkomstig die bewese feite aan 'n ander
misdaad wat binne die
verhoorhof se bevoegdheid geval het, skuldig bevind kon word. Die hof se
feitebevindinge was dat Von Elling
geweet het dat Van Rensburg die motor gesteel
het, en dat hy dit op versoek van Van Rensburg bestuur het van die middestad van
Pretoria
na ene Dommisse se pergeel in een van die oostelike voorstede van
Pretoria waar hy dit in die motorhuis geparkeer en versteek het.
Op sterkte van hierdie getuienis het die appêlhof eerstens beslis dat
Von Elling aan diefstal skuldig bevind kon word. Die hof
het egter voortgegaan
deur die volgende omtrent
25
heling te sê (op bll. 250-1):
"I am also of opinion that on the findings of the trial Court a verdict of
receiving stolen property knowing it to have been stolen
would have been
competent, that being a verdict which the Special High Court had jurisdiction to
bring in on a charge of theft, by
virtue of sec. 11 of War Measure 13 of 1942.
It was argued by Mr.
van Reenen
that this verdict was not competent
because von Elling did not have possession or control of the car and did not
hold the car for
his own profit or gain. The history of this offence in South
Africa is discussed in
Maserow's
case. The nature of the crime appears
from the stereotyped form of charge in use in South Africa which commences by
alleging that
the accused is guilty of receiving stolen property
knowing it to have been stolen, and then (after alleging the theft of the
property in question) proceeds to allege that the accused
did wrongfully and
unlawfully receive and take the said property into his possession, well knowing
the same to have been stolen.
The definition of the offence in
Gardiner
and
Lansdown's
book is: ' Anyone who receives into his possession
property which he knows to have been stolen is guilty of an offence.' I am not
aware of any authoritative decision which defines the meaning of the expression
'receive into his possession.' In my opinion possession
does not mean juridical
possession in the sense that the accused must receive the property with the
intention of holding it as his
own. In the present case von Elling, while
driving the car to Dommisse's garage, had the physical detention and control of
the car
and that, in my opinion, constituted receiving it into his possession.
As he knew when he took the car into his control that it was
stolen,
he
26
committed this offence. It is no answer to say that van Rensburg requested him
to take the car to Dommisse's garage. Nor is it a
defence that von Elling
apparently had no personal financial interest in the
car."
Von Elling
se saak het
dus te doen gehad met diê
gemeenregtelike misdaad van heling. Dit is egter redelik om te
vermoed dat
die wetgewer nie bedoel het om 'n ander betekenis aan
die begrip "in besit
ontvang" te heg in artikel 37 en sy
eweknie in die wette oor veediefstal as
wat toepaslik was by
heling nie. Ons regspraak het dan ook
Von Elling
se saak gevolg
ten opsigte van gemelde wette. Wat die vroeëre sake
betref, sien
R v Luthingo
1961(2) SA 343 (N) op bl. 344 D-H en
S v
Nel
1963(1)
SA 383 (T) op bll. 384 G tot 385 D. In
Luthinqo
se
saak het die
appellant goedere wat inderdaad gesteel was, in sy
voertuig
vervoer saam met die dief. Onder hierdie omstandighede het
die
hof bevind op bl. 344 H dat die appellant moontlik "custody" van
die
goedere gehad het, maar dat hy nie die beheer daaroor gehad
het wat deur
Von Elling
se saak vereis word nie deurdat, so wil
dit blyk, die dief
self beheer uitgeoefen het.
27
Nel
se saak het gegaan oor artikel 3 van die Wet
op
Veediefstal. Daar het die appellant die gesteelde
vee in veilige
bewaring namens 'n ander persoon gehou. Die hof het as
volg
beslis (,op bl. 385 B-D):
"... in neither
von Elling's
case nor
Luthingo's
case did the
Court indicate what the nature of the control must be in order to constitute
'receiving into possession' within the
meaning of sec. 2. It seems to me that
although mere physical custody of cattle or goods carries with it some measure
of control,
a custodian for safe custody, as accused must be regarded
if his evidence may reasonably be true, had a duty to
control the cattle in order to discharge his obligation to the person to whom he
gave the undertaking of safe custody. Such duties
do not constitute rights of
control in the sense which it seems to me is necessary, in order to bring the
áppellant within
the mischief of the
section."
Vir hierdie gevolgtrekking
is gesteun op vorige
gewysdes, insluitende
Von Elling
se saak (
supra
) asook op
die
oorweging dat, indien die blote bewaring van gesteelde eiendom
vir h
ander strafbaar sou wees, die volgende resultaat sou volg
(bl. 383 H):
"Thus if a person was aware or suspected that stock was offered for sale by the
thief thereof and detained the
28
stock with the object of informing the police and handing over possession to
them this would constitute a criminal contravention.
Such an intention cannot in
reason be credited to the Legislature."
Nel
se saak is gevolg in
S v Mtolo
1963(3) SA 676 (T) op bl. 679
F-H. In
Mtolo
se saak het die appellant die betrokke goedere
ontvang van sy
nefie, Daniel, wat saam met hom in die huis gewoon
het. By h deurlees van die
uitspraak wil dit vporkom dat die
goed miskien steeds onder Daniel se beheer
was (soos in
Luthingo
seaak,(
supra
)en dat die appellant
derhalwe nie in besit
daarvan was nie. Die hof het die saak egter beslis op
die basis
dat die veilige bewaring van goed vir 'n ander persoon nie
op
besit vir die doeleindes van artikel 37 neerkom nie. Hiervoor
word
gesteun op
Nel
se saak (
supra
) maar die hof verskaf ook
die
volgende beredenering van sy eie (op bl. 679 A-E):
"It is manifest that that provision is one which has far-reaching consequences
upon the rights of individuals. It raises a presumption
in certain circumstances
that a person has been guilty of a serious crime. It is therefore a provision
which calls for narrow construction
within the limits permitted by its language.
And it is certainly not permissible, in construing it, to equate possession to
mere
detentio
.
29
While it is easy to understand the reasons of public policy which moved the
Legislature to create a rebuttable presumption of criminality
against one who
assumes control of stolen goods with the intent to deal with them for his own
benefit, it is difficult to accept
the view that it was intended to bring about
that situation in relation to a person who has received the
detentio
of
such goods solely on behalf of another. It is not unreasonable to expect a
person in the former class to satisfy himself with
regard to the title of the
one from whom he receives the goods; but to expect that of a person in the
latter class would hardly be
reasonable.
On the broad construction contended for by the State in this case, every hotel
porter, every cloak-room attendant, and every lodging-house
keeper who receives
or handles property on behalf of his lodger, would be exposing himself to
prosecution, and possibly to conviction,
unless he made enquiries which seem to
me to be inappropriate to the situation in which he was acting. No servant would
be safe in
accepting, in the normal course of his employment,
detentio
of
anything on behalf of his master, nor would any member of a household be safe in
doing so on behalf of any other
member."
Die uitsprake in
Nel
en
Mtolo
se sake is aan heelwat
kritiek onderwerp. Die belangrikste punt van kritiek, myns
insiens, is dat
Nel
se saak blykbaar 'n verkeerde vertolking aan
die uitspraak in
Von Elling
se saak geheg het - soos uitgewys in
30
Hunt, South African Law and Procedure, hersiene tweede
uitgawe,
vol. II bl. 744 (asook in vorige uitgawes), word dit beklemtoon
in
Von Elling
se saak (in die passasie hierbo aangehaal) dat
Von
Elling nie die motor gehou het "for his own profit or gain" nie.
Oor
die gevaar genoem in
Nel
se saak dat 'n persoon wat goedere
hou om dit
aan die polisie te oorhandig, skuldig aan 'n oortreding
van die artikel mag
wees, sê die geleerde skrywer die volgende
(op bl. 744):
"While it seems true to say that this cannot have been the legislature's
intention, it is doubtful whether the way in which to avoid
this conclusion is
by bending the meaning of 'possession'. The better approach, it is, submitted,
is to say that in those cases,
as with common-law receiving, X has not acted
unlawfully, the legislature having intended s 37 not to apply to lawfully
justified
receivings into possession."
Ek stem met
hierdie standpunt saam. Sien
Ex parte Minister of Justice : re Rex v. Maserow
and Another
1942 AD 164
op bl. 170.
Daarbenewens wys Hunt daarop (
ibid
. , bl. 745) dat die vrese
uitgespreek in
Mtolo
se saak (
supra
) oor die posisie van
31
"every hotel porter, every cloakroom attendant, and every
lodging-house
keeper" effe oordrewe voorkom. Hy stel dit as
volg:
"Unless there are special circumstances, a porter, cloakroom attendant or
lodging-house keeper cannot have anything but reasonable
cause - even if he
makes no enquiries - for believing that the depositor is entitled to deal with
the goods. Therefore, unless there
are special circumstances, prosecutions and
convictions are inconceivable. If there are special circumstances, it is
difficult to
see why s 37 should not
apply."
Hier ook lyk Hunt se
standpunt vir my gegrond.
Nel
en
Mtolo
se sake is gevolg in
S v Visser
1969(2) PH
H 156 (NK) en
S v Henderson and Another
1969(2) SA 439 (E), maar dit is
nie nodig om hierdie sake in besonderhede te behandel nie.
Die juistheid van die uitsprake in
Nel
en
Mtolo
se sake is
pertinent geopper in
S v Zungu
1972(3) SA 44 (N). Die feite in daardie
saak was dat ene Govender by h winkel ingebreek het en sigarette gesteel het.
Govender en
ene Pillay het later die sigarette na die appellant geneem met die
versoek dat sy dit vir hulle hou totdat hulle dit later sou kom
haal. Na 'n
deeglike
32
oorweging van die vorige gewysdes, asook van die bogemelde
kritiek deur
Hunt, kom die hof (HENNING R, met wie LEON R
saamgestem het) tot die volgende
gevolgtrekking (op bl. 49 E-H):
"I am persuaded by a consideration of the cases referred to above, that the
better view is that in order to obtain a conviction in
terms of sec. 37(1) of
Act 62 of 1955, it is incumbent upon the State to prove that the accused
received stolen property into his
possession in the sense that he had
detentio
thereof as well as physical control, where there is no proof, as
in this case, of acquisition of the property. 'Physical control'
has not been
defined in any of the cases referred to, but it seems clear that for physical
control to exist it is not essential that
the receiver should intend to, or in
fact exercise control on his own behalf or on behalf of someone other than the
person who delivered
the property. If the receiver has
detentio
of stolen
property in circumstances where he has either expressly or by necessary
implication undertaken to safeguard it on behalf
of the person from whom it is
received, it appears to me that he has, in fact, physical control of it. The
measure of such control
may be limited, but once it exists, there is a receiving
into possession within the contemplation of sec. 37(1) of Act 62 of 1955.
Indeed, I venture to suggest that, although exceptions are conceivable,
detentio
would generally be accompanied by physical
control;"
Die hof het dus bevind dat
die appellant skuldig was
aan 'n oortreding van artikel 37(1). Sy het
detentio
van die
33
sigarette gehad asook fisiese beheer. Oor laasgenoemde element
sê die hof (op bl. 50 C):
""I am satisfied that once she received the stolen cigarettes she assumed
physical control thereof. She was entitled to keep them
in whatever place she
chose in her room. Moreover, by undertaking the obligation . of safe keeping she
obviously also obliged herself
not to permit the removal of the cigarettes by
third parties.
Zungu
se saak is sedertdien
gevolg in
S v Moniz
1982(1) SA 41 (K) op bl. 47 G tot 48 C en
S v
Krause
1982(1) SA 943 (NK) op bl. 948 D tot 949 A. (Laasgenoemde was 'n
beslissing van drie regters van die Noord-Kaapse Afdeling wat afgewyk
het van
daardie hof se vorige beslissing in
S v Visser
,
supra
).
Zungu
se saak het ook byval gevind by akademiese skrywers. Sien Hunt,
op cit
., bl. 744; Snyman, Strafreg, 2 e uitg., bl. 549-550 en Hiemstra,
Suid-Afrikaanse Strafprosesreg, 4 e uitg., bl. 827. Om die redes
hierbo
uiteengesit meen ek dat dit korrek beslis is.
In die onderhawige saak het die
hof
a quo
hom gebonde geag aan die beslissings in
Nel
se saak en
Mtolo
se saak, en op daardie grondslag die appèl op die derde
aanklag gehandhaaf. Ek
34
het reeds aangedui dat
Nel
en
Mtolo
se sake myns insiens
verkeerd beslis is, en dit volg dus dat die hof
a guo
die saak op 'n
verkeerde grondslag benader het. Die vraag was of die applikant
detentio
en fisiese beheer oor die gesteelde artikels gehad het, en die blote feit dat hy
sodanige beheer vir die voordeel van Heyns uitgeoefen
het, soos hy beweer het,
sou geen verskil maak nie. Ek wil nie die getuienis op hierdie aspek in
besonderhede behandel nie. Dat hy
detentio
van die voertuie gehad het,
was gemene saak. Dit blyk verder duidelik uit die applikant se eie getuienis dat
die voertuig in aanklag
3, soos ook die voertuie betrokke in aanklagte 2 en 4,
onder sy beheer op sy perseel was. Hy was in besit van die voertuie se sleutels,
en het hulle gestoor waar hy goed gedink het - meestal agter slot en grendel in
sy stoor waarvan hy die sleutel gehad het. Onder
hierdie omstandighede het die
applikant myns insiens fisiese beheer oor, die voertuie gehad. Ek meen gevolglik
dat die applikant
hierdie voertuie "in sy besit ontvang" het binne die betekenis
van artikel 37 toe hy hulle van Heyns ontvang het. Dit is dus nie
35
nodig om te oorweeg of die hof
a guo
reg gehad het deur te bevind, wat
aanklag 4 betref, dat die applikant die betrokke voertuig "verkry" het toe hy
dit later van Heyns
gekoop het nie. Aanklag 5 gaan oor 'n Volkswagen enjin wat
die applikant van Heyns gekoop het. Hier is artikel 37 klaarblyklik van
toepassing.
Myns insiens het die applikant dus die betrokke drie voertuie en
die enjin "van iemand anders verkry of in sy besit ontvang" binne
die betekenis
van artikel 37(1). Geen van die uitsluitingsgevalle genoem in die artikel is van
toepassing nie, en dit is gemene saak
dat die goedere gesteel was. Die applikant
was dus beswaar met 'n bewyslas om te bewys dat hy redelike gronde gehad het om
ten tyde
van die verkryging of ontvangs aan te neem dat die goed die eiendom was
van Heyns (van wie hy gesê het dat hy dit ontvang het)
of dat Heyns
gemagtig was om daaroor te beskik of om dit van die hand te sit.
By die vraag of die applikant hom van hierdie bewyslas gekwyt het, is daar
myns insiens twee faktore van kardinale belang. Die eerste
is die applikant se
algemene
36
geloofwaardigheid. Soos blyk uit my bespreking van die eerste aanklag was die
applikant 'n deurtrapte leuenaar. Min gewig kan aan
sy getuienis oor enige
onderwerp geheg word.
Die tweede belangrike aspek is die applikant se
getuienis oor die transaksies wat ter sprake is by aanklagte 2 tot 5. 'n Mens
moet
steeds in gedagte hou dat die applikant se aanvanklike stelling aan die
polisie was dat hy al hierdie voertuie en die enjin van Heyns
gekoop het. Hy het
geen verduideliking vir hierdie leuen gegee nie. Sy latere getuienis moet dus
met 'n groot mate van skeptisisme
bejeen word.
Volgens die applikant se
getuienis het hy die vier voertuie en die enjin sonder enige dokumente van Heyns
ontvang, en het hy ook geen
rekord ten. opsigte van die beweerde transaksies met
Heyns nie. Hy is hieroor gekruisvra, en het baie onoortuigend gevaar. In die
loop van hierdie kruisondervraging het hy toegegee dat hy Heyns later gewantrou
het, maar sy optrede was nie hiermee te vereenselwig
nie.
Dan was daar die applikant se optrede ten tyde van sy
37
inhegtenisneming. Volgens sy getuienis het hy op 27 Desember 1982 van
vakansie in Durban teruggekeer. Iemand het hom gesê om
die opsighouer by
sy besigheid, ene Saaiman, te bel. Op versoek van Saaiman het hy laasgenoemde by
sy huis besoek. Saaiman het hom
meegedeel dat Heyns geskiet is, dat daar
gesteelde voertuie by hom (Heyns) was, en dat van die voertuie ook by die
applikant staan.
Aanvanklik, sê die applikant, was hy nie hieroor
bekommerd nie, maar toe hy terug by sy huis was, het hy reëlings met
sy
vrou en 'n ander persoon getref om die voertuie na Heyns se perseel terug te
neem. Daarna het hy voertuie sonder ligte na sy perseel
sien aankom (blykbaar
die polisie). Die applikant het geskrik en probeer om te voet na Heyns se vrou
te gaan om uit te vind wat aangaan.
Hy het egter verdwaal, en hy het teruggestap
deur die stad na van Rensburg se werk. Daarvandaan het hy van Rensburg gebel en
hom
om die leen van h voertuig te vra. Hy het ook verskeie prokureurs gebel.
Uiteindelik het hy van Rensburg gevra om hom na die polisie
te neem waar hy hom
oorgegee het. Hierdie optrede getuig nie van 'n skoon gewete met betrekking
tot
38
die betrokke voertuie nie.
Daar is ook ander faktore wat deur die landdros
in ag geneem is, maar dit is nie nodig om almal hier te herhaal nie. Uit wat ek
hierbo
aangestip het moet dit reeds duidelik wees dat die applikant hom nie van
die bewyslas in artikel 37(1) gekwyt het nie.
Weens die voorgaande meen ek
dat die landdros tereg die applikant skuldig bevind het op aanklagte 2 tot 5, en
dat die hof
a guo
gefouteer het deur sy appèl op aanklag 3 te
handhaaf. Die Prokureur-Generaal se appèl met betrekking tot hierdie
aanklag
moet dus slaag.
Ten slotte is daar voor ons betoog dat die applikant
se vonnis op appèl verminder behoort te word. In hierdie opsig is
dieselfde
argument voor ons voorgedra as voor die hof
a guo
, en ek hoef
niks meer te sê as dat ek my ten volle vereenselwig met laasgenoemde se
uitspraak nie. Die herinstelling van 'n
skuldigbevinding ten opsigte van die
derde aanklag maak hieraan geen verskil nie - die vonnis op hierdie aanklag pas
aan by dié
39
op die ander aanklagte en maak trouens geen verskil aan die totale effektiewe
vonnis wat opgelê is nie.
Die slotsom waartoe ek kom ten opsigte van
die applikant se aansoek om kondonasie is dat die applikant geen redelike
vooruitsig op
sukses op appèl het nie, en dat die aansoek gevolglik
afgewys moet word.
Die volgende bevel word uitgereik.
1. Die applikant se aansoek om kondonasie van die laat-
indiening van die
oorkonde word afgewys.
2. Die Prokureur-Generaal se appèl slaag, en die hof
a quo
se
bevel word gewysig om as volg te lui:
Die appèl word van die hand gewys, en die skuldigbevindinge en vonnisse
op alle aanklagte word bekragtig.
STEYN, AR
E M GROSSKOPF, AR EKSTEEN, AR Stem saam