S v Maans (292/89) [1990] ZASCA 61 (30 May 1990)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder, Rape, and Robbery — Appellant convicted of murder, rape, and robbery with aggravating circumstances — Evidence included witness testimonies and appellant's confessions — Appellant attacked a 53-year-old woman, resulting in her death and subsequent burning of her body — Appellant's claims of innocence contradicted by substantial circumstantial evidence and confessions made to fellow inmates — Court upheld convictions and death sentence, finding no mitigating circumstances present.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 61
|

|

S v Maans (292/89) [1990] ZASCA 61 (30 May 1990)

Saak nr 292/89 /MC
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA-
(APPèLADELING)
In die saak tussen
ANDRE DANIEL JOHN MAANS
Appellant
- en -
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
VAN HEERDEN, VIVIER ARR et
NICHOLAS Wn AR.
VERHOOR:
18 MEI 1990.
GELEWER:
30 MEI
1990.
UITSPRAAK
VIVIER AR.
2/...
2.
VIVIER AR:
Die appellant is in die Kaapse Provinsiale Afdeling" deur TEBBUTT R en twee
assessore aan moord, verkragting en roof met verswarende
omstandighede skuldig
bevind. Ene Dolphina Visser ("Dolphina") wat saam met die appellant op dieselfde
aanklagte verskyn het, is
aan die einde van die staatsaak op al die aanklagte
onskuldig bevind en ontslaan. Die Verhoorhof het bevind dat daar geen
versagtende
omstandighede by die moord aanwesig was nie, en die appellant is
gevolglik op hierdie aanklag ter dood veroordeel. Op die aanklag
van verkragting
is die appellant tot 10 jaar gevangenisstraf en op die aanklag van roof met
verswarende omstandighede tot 3 jaar
gevangenisstraf gevonnis. Met die verlof
van die Verhoorregter appelleer hy na hierdie Hof teen sy skuldigbevinding op al
drie
3/...
3.
aanklagte. Daar is geen appèl teen die vonnisse nie. Die aanklagte
teen die appellant spruit uit 'n aanval op 'n 53-jarige
blanke vrou ("die
oorledene") in 'n onbewoonde gebied naby 'n opgaardam bekend as die Rooidam net
buite die dorp McGregor. Die oorledene,
wat van haar man geskei was, het alleen
in 'n huis op die plaas Houtbaai ongeveer 1 km vanaf McGregor gewoon. Ongeveer
halftien op
Saterdagoggend 12 Desember 1987 het sy, soos haar gewoonte was,
langs 'n voetpaadjie wat aan die oostekant naby die Rooidam verbyloop,
dorp toe
gestap. Ongeveer vyf-oor-tien die oggend het konstabel de Kock van die polisie
op McGregor rook gewaar, ondersoek ingestel
en gesien dat die bosse in die
omgewing van die Rooidam aan die brand is. Hy het die munisipale werkers ontbied
en een van hulle
het die half-verkoolde lyk van die oorledene ongeveer 40 tree
wes van die damwal en halfpad tussen
4/...
4.
die damwal en 'n sement opgaardam wat verder wes geleë is, gevind. Die
hele gebied in die omgewing van die lyk was verbrand.
Konstabel de Kock, wat
kort daarna, op die toneel gekom het, het getuig dat die oorledene op haar rug
gelê het en dat die onderste
gedeelte van haar liggaam nakend was. Haar
boonste kledingstukke was opgeskuif tot op haar borste en die hopie as van haar
onderste
kledingstukke het op haar linkerenkel gerus. Haar gesig was
onherkenbaar verbrand. Hy het h baksteen by haar kop en nog een by haar
voete
gevind. Die polisie het later daarin geslaag om die lyk te eien aan sleutels wat
langs die lyk gevind is,sowel as aan 'n stuk
onverbrande materiaal wat die
oorledene se buurvrou, Eva Adendorff, herken het as deel van die sweetpak wat
die oorledene daardie
oggend aangehad het. Konstabel de Kock het verder getuig
dat hy later dieselfde dag 'n vars skoenspoor,so
5/...
5.
groot soos diè van 'n mansskoen, ongeveer 15 tot 20 meter vanaf die
plek waar die lyk gevind is, in die modder naby 'n dieselaangedrewe
waterpomp
langs die Rooidam gevind het. Die volgende dag het hy stoeimerke gevind in die
voetpaadjie waarlangs die oorledene dorp
toe gestap het. Daarvandaan het
skoenspore skuins oor die veld na die plek waar die oorledene gevind is, gelei.
Van die spore was
soortgelyk aan dié van die skoene wat die oorledene die
oggend gedra het.
Eva Adendorff het getuig dat die oorledene reeds vroeg die
betrokke oggend vir haar gesê het dat sy dorp toe gaan. Tussen halftien
en
tienuur het die oorledene by haar huis verby gestap op pad dorp toe. Die
oorledene het 'n bruin handsak, wat Eva as 'n "slingbag"
beskryf het, oor haar
skouer gedra en sy het 'n paar blou North Star skoene aangehad. Eva se getuienis
oor hoe laat die oorledene
6/...
6.
dorp toe is, is in ooreenstemming met die getuienis van die oorledene se
dogter, Johanna Susanna Cundell, wat getuig het dat sy net
na nege-uur
dié oggend met haar moeder oor die telefoon gepraat het en dat sy afgelei
het dat laasgenoemde van voorneme was
om ongeveer halftien daardie oggend dorp
toe te stap.
Die ondersoek-beampte, speurder-adjudant-offisier Smit, het
getuig dat hy die betrokke dag die waterpomp ondersoek en tekens gevind
het dat
dieselolie kort vantevore uit die tenk van die pomp getap is. Die tenk is bo-op
die pomp gemonteer sodat dieselolie daaruit
met 'n plastiekagtige pypie na die
pomp vloei. Waar hierdie pypie met 'n koperpypie aan die pomp verbind word, was
duidelike tekens
te sien dat die plastiekpypie onlangs losgemaak was. Omdat die
pomp slegs ongeveer 38 tree is van die plek waar die lyk gevind is,
het Smit
afgelei
7/...
7.
dat dieselolie in 'n houer uit die tenk getap was en dat die oorledene
daarmee aan die brand gesteek is. Geen sodanige houer kon egter
opgespoor word
nie.
Smit het voorts getuig dat hy die appellant die aand van 12 Desember
1987 arresteer het. Ten tyde van sy arrestasie het die appellant
'n blou
sweetpak-broek, 'n donkerkleurige hemp en wit skoene aangehad. Die appellant het
aan Smit gesê dat hy dieselfde broek
en skoene die Saterdagoggend aangehad
het, maar hy het volstrek geweier . om te sê waar die ander klere was wat
hy die oggend
aangehad het. Die appellant het op daardie stadium by sy suster,
Cynthia Jansen, gewoon. Die volgende dag het Smit by die huis van
Cynthia Jansen
'n blou trui, 'n blou broek en 'n blou hemp gekry wat laasgenoemde se 18-jarige
huisbediende, Rosetta Johnson, aan
hom oorhandig het. Die klere was pas gewas en
was nog nat. Volgens Rosetta
8/...
8.
Johnson se getuienis het die appellant gedurende die betrokke Saterdagoggend
by Cynthia Jansen se huis gekom en ander klere en 'n
paar wit skoene aangetrek.
Hy het haar gevra om die klere wat hy aangehad het, te was maar sy het geweier
en die klere net so op
die vloer gelos. Sy het later die klere, wat intussen
deur 'n ander getuie, Ju-hene Maans gewas is, aan Smit oorhandig. Volgens Smit
is die swart skoene wat die appellant die Saterdagoggend sou aangehad het, nooit
opgespoor nie. Rosetta Johnson het verder getuig
dat die appellant die betrokke
Saterdagoggend aan haar 'n silwerkleurige Casio dameshorlosie verkoop het vir
R2-00. h Paar dae later
het die appellant se ander suster, Johanna Kroukamp, die
horlosie by haar geneem sonder om haar daarvoor te vergoed. Volgens die
oorledene se dogter, mev Cundell, het die oorledene 'n silwerkleurige Casio
armhorlosie besit. Johanna Kroukamp het namens
9/...
9.
die verdediging getuig dat sy niks van die horlosie af weet nie.
DieVerhoorhof het Rosetta as 'n baie goeie getuie beskryf en haar
getuienis dat
die appellant 'n Casio horlosie op die betrokke dag aan haar verkoop het,
aanvaar. Die getuienis van Johanna Kroukamp
is verwerp. Die Verhoorhof het ook
die getuienis verwerp van Cynthia Jansen, wat getuig het dat Rosetta voor die
voorval reeds self
'n Casio horlosie besit het. Rosetta se getuienis was dat
haar eie horlosie 'n Dion horlosie was.
Getuienis is namens die Staat by die
verhoor gelei van drie buitegeregtelike mondelinge bekentenisse deur die
appellant. Die eerste
beweerde bekentenis is op 29 Desember 1987 aan die
appellant se broers Ernest en Frederick en sy swaer Abraham Petrus Kroukamp by
laasgenoemde se huis gemaak net nadat die appellant voor sy verhoor op borg
vrygelaat is. Die tweede en derde
10/...
10.
bekentenisse is na bewering vroeg in 1988 in die gevangenis
op Robertson
aan onderskeidelik die gemelde Ernest en
ene Albertus Davids gemaak nadat die
appellant se borg
vroeër in 1988 ingetrek is. Dit is gerieflik om
eerste
te verwys na die getuienis van Davids, wat ten tyde van
die verhoor
besig was om 'n vonnis van vier jaar
gevangenisstraf weens diefstal uit te
dien. Hy het getuig dat hy en die appellant gedurende 1988 saam in een sel in
die gevangenis
in Robertson aangehou is terwyl hulle verhoorafwagtend was. Dit
was algemeen bekend onder die gevangenes dat hy (Davids) vantevore
in die
dodesel was. Hy was in 1949 die doodstraf opgelê maar die vonnis is later
na 15 jaar gevangenisstraf verander. Davids
het getuig dat die appellant aan hom
vertel het dat hy van moord op 'n blanke vrou aangekla word en wat gebeur het.
Hy het gevra
dat Davids, "as 'n man wat al darem by die tou was" vir hom moes
raadgee oor wat om te sê
11/...
11.
wanneer hy in die hof kom. Die appellant het hom vertel dat hy een oggend
alleen op pad dorp toe was vanaf die plaas Houtbaai naby
McGregor toe hy 'n
blanke vrou in die voetpaadjie waarlangs hy gestap het, teenkom. Die appellant
het gesê dat hy die vrou
gevang en haar na die sloot by die waterpomphuis
geneem het. Hy het haar gevra wat sy in haar "slingbag" het en sy het geantwoord
dat daar geld in is waarmee sy wou vleis koop. Hy het die handsak by haar
afgeneem en R10-00 daarin gekry wat hy in sy sak gesteek
het. Hy het die vrou op
die grond neergegooi en haar verkrag. Daarna het hy haar omgedraai sodat sy op
haar maag lê waarna
hy haar van agter gepenetreer het. Sy het gepleit dat
hy haar moet los en gesê dat sy hom en sy ouers goed ken, waarop hy
geantwoord
het: "Dis goed dat jy my ken en dit is die laaste wat jy nou vir my
sal ken". Terwyl sy op haar maag op die grond
12/...
12.
gelê het, het hy haar met 'n baksteen teen die kop
bewusteloos
geslaan. Daarna het hy takke en blare op haar gegooi
en met 'n
gellingblikkie wat in die helfte gesny is, diesel
uit die tenk van die
dieselpomp getap en dit oor die vrou
gegooi. Hy het haar armhorlosie afgehaal
en in sy sak
gesit en toe met h aansteker die vuur aangesteek. Nadat
die
vuur 'n rukkie gebrand het, het hy die vrou omgedraai
en toe bemerk dat haar
gesig nog nie verbrand het nie.
Hy het toe bossies nader aan haar gestoot
sodat haar
gesig ook kon verbrand.
Davids het voorts getuig dat die
appellant aan hom gesê het dat toe hy daarna die toneel verlaat, hy
opgemerk het dat sy klere
vol bloed is. Hy het huis toe gegaan en ander klere
aangetrek. Die klere wat hy aangehad het, het hy in 'n bondeltjie gedraai en
dit
in sy suster se wasgoedmandjie onder die ander wasgoed gesit. Die
13/...
13.
horlosie het hy "oorhandig aan die servant wat onder sy suster werk". Davids
het getuig dat hy nog nooit op McGregor was nie. Oor
hoe dit gekom het dat hy
getuienis in die huidige saak gegee het, het Davids gesê dat hy eers die
dag voordat hy getuig het,
deur 'n speurder genader is om te getuig. Die
speurder het aan hom gesê dat hy van die appellant se broer, Ernest, wat
op h
stadium saam met die appellant en Davids in dieselfde sel in die gevangenis
op Robertson aangehou is, gehoor het dat die appellant
altyd met Davids gepraat
het en dat Davids iets van die saak af mag weet.
Ek verwys vervolgens na die
bekentenis wat die appellant na bewering aan sy broer Ernest in die gevangenis
in Robertson gemaak het.
Ernest Maans het voor Davids, by die verhoor getuig. Hy
het aanvanklik slegs getuig oor die bekentenis wat die appellant op 29 Desember
1987
14/...
/
14.
sou gemaak het. 'n Paar dae nadat hy aanvanklik getuig het, en nadat Albertus
Davids intussen getuig het, is Ernest deur die Staat
herroep en hy het toe vir
die eerste keer melding gemaak van 'n bekentenis wat die appellant aan hom sou
gemaak het terwyl hulle
in dieselfde sel in die gevangenis in Robertson aangehou
was. Hy het toe getuig dat hy in 1985 in die hof op een of ander aanklag
moes
verskyn maar dat hy "die hof geminag het". Hy het hom op 22 Januarie 1988 aan
die polisie gaan oorgee en het so as verhoorafwagtende
gevangene in genoemde
gevangenis beland. Gedurende Maart 1988 was hy en die appellant in dieselfde sel
toe laasgenoemde hom vertel
hoe hy die huidige misdade gepleeg het. Die
appellant het aan hom gesê dat hy die betrokke Saterdagoggend vanaf
Houtbaai op
pad na McGregor was toe hy by 'n blanke vrou verbystap net voordat
hy by die Rooidam sou kom. Hy het met 'n draai
15/...
15.
na haar teruggegaan en haar van haar geld beroof. Hy
het haar daarna
verkrag. Toe hy besef dat sy sou uitvind
wie hy is, het hy besluit om haar
dood te maak. Hy
het haar 'n ent gesleep, haar toe met 'n vrugtemessie of
naelknipper in die nek gesteek en haar met h klip teen
die kop gekap. Hy
het daarna diesel by die dam gaan
haal wat hy saam met takke op die vrou
gegooi en haar
aan die brand gesteek het.
Ernest het verder getuig dat die
appellant aan van sy ander selmaats ook vertel het hoe hy die misdade gepleeg
het. Albertus Davids
was saam met hulle in dieselfde sel, maar hy het nie gehoor
dat die appellant aan Davids vertel wat gebeur het nie. Davids het egter
aan hom
(Ernest) gesê dat die appellant hom wel vertel het. Ernest het sy versuim
om in sy aanvanklike getuienis melding te
maak van die bekentenis wat die
appellant aan
16/...
16.
hom in die tronk gemaak het, verduidelik deur te sê dat
hy sy
verklaring aan die polisie gemaak het kort nadat
die appellant op borg
vrygelaat is en voordat die appellant
laasgemelde bekentenis aan hom gemaak
het. Nadat hy
die eerste keer getuig het, het hy besluit om die
Verhoorhof
ook van die appellant se bekentenis aan hom in die
gevangenis
te vertel. Hy het gevolglik die seksiebeampte in die
gevangenis
waar hy ten tyde van die verhoor besig was
om h vonnis van 5 jaar en 6 maande
weens huisbraak en
diefstal uit te dien, in kennis gestel en hy is toe
deur
die polisie na die hof gebring waar hy aan h speurder
en mnr
Slabbert, wat vir die Staat by die verhoor verskyn
het, vertel het wat die
appellaht aan hom in die tronk
gesê het.
Om redes wat later sal blyk, is dit nie nodig om die beweerde bekentenis van
29 Desember 1987 te behandel nie.
17/...
17.
Prof Schwär, die patoloog wat die lykskouing op die liggaam van die
oorledene gedoen het, het getuig dat die liggaam in 'n gevorderde
stadium van
verbranding was met 'n gedeeltelike verkoling van die linkerkant van die
liggaam. Prof Schwär het gesê dat
hoewel die oorledene op haar rug
gelê het toe haar liggaam gevind is, dit onmoontlik is dat sy op haar rug
kon gelê het
toe die vuur aangesteek is, omdat sy dan geen brandwonde op
haar rug sou gehad het nie, terwyl haar rug inderdaad erg verbrand was.
Prof
Schwär het geen tekens van skedelbreuk of beserings aan die oorledene se
geslagsorgane gevind nie. Hy het die moontlikheid
van 'n natuurlike oorsaak van
dood uitgeskakel, alhoewel hy nie kon sê wat presies die oorsaak van haar
dood was nie.
Die appellant se getuienis by die verhoor was dat hy die aand voor die moord
by Dolphina op die plaas
18/...
18.
Houtbaai geslaap het. Die betrokke Saterdagoggend het hy met die voetpad
waarna reeds verwys is, na McGregor gestap. Toe hy verby
die Rooidam stap, het
hy rook agter die bome in die omgewing sien uitkom. Hy het verder niks ongewoons
gesien of gehoor nie. Hy het
aangestap dorp toe en net toe hy in die dorp kom,
het hy twee vroue ver voor hom in die pad gesien. Alhoewel hy hulle nie herken
het nie, het hy "maar net geskat op 'n naam en toe maar net geroep 'Anna' ".
Hulle het omgekyk en hy het vir hulle gewaai. Toe hy
by sy suster Cynthia Jansen
se huis kom, het hy sy klere uitgetrek, gebad en skoon klere aangetrek. Hy het
ontken dat hy ooit vir
Rosetta 'n horlosie gegee het. Alhoewel hy erken het dat
hy saam met Davids en sy broer Ernest in die tronk was, het die appellant
hulle
getuienis ten opsigte van die beweerde bekentenisse ontken.
19/...
19.
Die appellant se eienaardige getuienis omtrent sy ontmoeting met die twee
vroue is gegee in antwoord op die getuienis van twee susters,
Anna en Flora
Adendorff, wat namens die staat getuig het. Hulle het getuig dat hulle die
betrokke Saterdagoggend dorp toe gestap
het met die betrokke voetpad. Die
appellant het van agter vanaf die rigting van die Rooidam nader gekom,
gesê "Môre aunt
Anna" en by hulle verbygestap dorp toe. Dit was toe
halftien die oggend. Anna Adendorff het getuig dat sy op die kerkhorlosie gekyk
het en gesien het dat dit halftien was.
Die Verhoorhof het die getuienis van die appellant verwerp en hom as 'n
deurtrapte leuenaar beskryf. Die Verhoorhof het verder bevind
dat die appellant
die bekentenisse aan Davids en Ernest Maans gemaak het met die inhoud soos deur
hulle getuig, en dat daar voldoende
20/...
20.
stawing vir die bekentenisse was in die ander staatsgetuienis, soos vereis
deur art 209 van die Strafproseswet 51 van 1977.
Wat die bekentenisse betref,
het mnr Van der Merwe, wat namens die appellant voor ons verskyn het, betoog dat
Davids en Ernest Maans
saamgespan het om 'n storie teen die appellant saam te
flans, dat hulle egter nie die detail daarvan bespreek het nie, en dat die
besonderhede wat voorkom in die bekentenis waaroor Davids getuig het, die
versinsels is van 'n siek brein wat lank in die gevangenis
oor vroue gedroom
het. Na my mening is daar geen basis vir die betoog nie en is dit sonder
meriete. Die besonderhede wat in die bekentenisse
voorkom waaroor beide Ernest
Maans en Davids getuig het, is van so 'n aard dat hulle dit slegs van die
appellant kon gekry het. Die
enigste ander moontlikheid, naamlik dat hulle
21/...
21.
deur adjudant-offisier Smit voorgesê is, is deur die Verhoorhof oorweeg
en tereg verwerp. Die besonderhede van die seksuele
aanranding waaroor Davids
getuig het, is, na my mening, glad nie so vreemd vir ons strafhowe soos wat mnr
Van der Merwe wou voorgee
nie. Verder is sterk stawing daarvoor te vind in die
besliste getuienis van Dr Schwär dat die oorledene op 'n stadium toe sy
verbrand is, op haar maag moes gelê het, omdat die ergste verkoling op
haar rug was en sy geen brandwonde op haar rug sou gehad
het as sy die heeltyd
op haar rug gelê het nie. Davids se getuienis dat die appellant aan hom
gesê het dat toe hy die
vuur aansteek, die oorledene op haar maag
gelê het en dat hy haar later op haar rug gedraai het om ook haar gesig te
verbrand,
stem presies ooreen met wat Dr Schwar getuig het. Daar is ander detail
in die bekentenis waaroor Davids getuig het, wat deur aanvaarde
22/...
22.
staatsgetuienis bevestig word. So word die appellant
se mededelings aan
Davids dat hy die oorledene se
polshorlosie aan die "servant wat onder sy
suster werk"
gegee het, en dat hy skoon klere aangetrek en die ander
klere
laat was het, gestaaf deur die getuienis van Rosetta Johnson.
Die
appellant se mededeling aan Davids dat die oorledene
'n "slingbag" gedra het,
stem presies ooreen met die getuienis
van Eva Adendorff dat die oorledene
kort voor haar dood
by haar verbygestap het met 'n "slingbag" oor haar
skouer.
Volgens Davids het die appellant aan hom vertel dat hy
die
oorledene met 'n baksteen teen die kop gekap het.
Konstabel de Kock het
inderdaad 'n baksteen langs die
oorledene se kop gevind. Daar is ander
detail in Davids.
se relaas soos die verwysing na die voetpad na die dorp,
die waterpomphuis, die dieselpomp en die diesel wat
uit die pomp getap is, wat hy slegs van die appellant
23/...
23.
kon gekry het en wat, na my mening, 'n waarborg vir die betroubaarheid van
Davids se getuienis daarstel. Die bekentenis wat die appellant
volgens Ernest
Maans aan hom in die gevangenis gemaak het, stem wesenlik ooreen met dié
waaroor Davids getuig het, alhoewel
dit nie soveel besonderhede bevat nie, iets
wat mens sou verwag het indien daar wel 'n samespanning tussen dié twee
was. Na
my mening is daar geen rede om in te meng met die aanvaarding van die
getuienis van Davids en Ernest oor die bekentenisse wat die
appellant aan hulle
in die gevangenis gemaak het nie.
Dit is gevolglik onnodig om na die verdere bekentenis te verwys wat die
appellant op 29 Desember 1987 sou gemaak het.
Mnr Van der Merwe het betoog dat die getuienis van Anna en Flora Adendorff
beteken dat die appellant
24/...
24.
nie die misdade kon gepleeg het nie aangesien die oorledene eers om halftien
die betrokke oggend dorp toe gestap het terwyl, volgens
hul getuienis, die
appellant toe reeds verby die Rooidam en feitlik in die dorp was. Die getuienis
van die twee Adendorff-susters
oor presies hoe laat die appellant by hulle
verbygestap het, is, na my mening, sterk te betwyfel. Dit is eienaardig dat Anna
op die
kerkhorlosiesou gekyk het juis toe sy die appellant gewaar, en nog meer
eienaardig dat sy aan Flora sou gesê het dat dit halftien
is. Hulle
getuienis skep die indruk dat-hulle agterna daarop uit was om 'n presiese tyd te
bepaal vir die toevallige ontmoeting met
die appellant. Die appellant self wou
nie erken dat hy die Adendorff-susters ontmoet het nie. Na my mening kan nie op
die getuienis
van Anna en Flora Adendorff bevind word dat die appellant nie die
misdade kon gepleeg het nie.
25/...
25.
Mnr Van der Merwe het ten slotte betoog dat 'n foto wat van die liggaam van
die oorledene in die lykshuis geneem is, twyfel werp op
die betroubaarheid van
die appellant se bekentenisse. Mnr Van der Merwe het betoog dat die foto toon
dat die oorledene nog haar damesbroekie
aan het sodat dit te betwyfel is of sy
inderdaad verkrag is. Ek kan nie met die betoog saamstem nie. Die getuienis van
konstabel
de Kock, waarna ek reeds verwys het, was uitdruklik dat die oorledene
se onderlyf nakend was toe hy die liggaam gevind het. Hierdie
getuienis is nie
by die verhoor betwis nie. Dit is ook nooit by die verhoor aangevoer dat 'n
broekie op die foto sigbaar is nie en
hierdie aspek is gevolglik nie verder
ondersoek nie. Geen tekens van 'n broekie is waarneembaar op die foto nie,
alhoewel die foto
nie duidelik is nie.
Ek is gevolglik van mening dat die
appellant
26/...
26.
tereg skuldig bevind is. Die appèl teen al sy skuldigbevindings word
afgewys.
W. VIVIER. AR.
VAN HEERDEN AR)
Stem saam. NICHOLAS Wn AR)