Krapohl v Oranje Kooperasie Bpk. (625/88) [1990] ZASCA 53; 1990 (3) SA 848 (AD); [1990] 2 All SA 366 (A) (29 May 1990)

70 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Unjust enrichment — Payment made under a mistaken belief — Appellant, unaware of respondent's statutory pledge over grain, paid R5 781.66 for 18.7 tons of wheat sold by respondent — Respondent's claim for payment based on contract rejected as no valid contract existed due to statutory pledge — Appellant entitled to recover payment made under mistake as no causa for payment existed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 53
|

|

Krapohl v Oranje Kooperasie Bpk. (625/88) [1990] ZASCA 53; 1990 (3) SA 848 (AD); [1990] 2 All SA 366 (A) (29 May 1990)

CG SAAKNOMMER: 625/88
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPelAFDELING)
In die saak van:
F E KRAPOHL
Appellant
en
ORANJE
KOoPERASIE BEPERK
Respondent
CORAM
: HOEXTER, E M GROSSKOPF, EKSTEEN ARR, FRIEDMAN et NIENABER
WARR
AANGEHOOR
: 17 MEI 1990
GELEWER
: 29 MEI 1990
UITSPRAAK NIENABER WAR
2
Dis 'n ou vraag, in nuwe gedaante, wie van twee niksvermoedende partye,
dié keer die appellant of die respondent, die gelag
moet betaal vir die
skelmstreke van 'n derde, hier ene Theron.
Die appellant was die verweerder
en die respondent die suksesvolle eiser in 'n geding wat in die Noord-Kaapse
Afdeling by wyse van
'n gestelde saak gevoer, en as
ORANJE KOOPERASIE BEPERK
v KRAPOHL
1988 (3) SA 763
(NKA) gerapporteer is. Gerieflikheidshalwe word
steeds na die partye as die eiser en die verweerder verwys.
Die verweerder en
Theron was beide lede van die eiser, 'n primêre landboukooperasie wat
behoorlik kragtens die bepalings van
die Kooperasiewet, wet 91 van 1981 ("die
wet") geregistreer was. Die eiser het aan Theron 'n hoeveelheid misstowwe en/of
plantmateriaal
en/of landboumiddels (soos in die wet bedoel word) verskaf.
Daarvoor het Theron die eiser meer as R6 500,00 geskuld. Al die misstowwe,
plantmateriaal en landboumiddels is
3
deur Theron vir die aanplant van koring op sy plaas
aangewend. Op grond
daarvan het 'n statutêre pandreg oor
die koring kragtens artikel 173
van die wet in die eiser
gevestig. Die tersaaklike gedeelte van hierdie
artikel
lui soos volg:
"173. Sekerheid vir produksiekrediet en lenings deur kooperasies aan lede
verskaf.
(1) Solank 'n bedrag deur 'n lid aan 'n primêre landboukooperasie ...
verskuldig is ten opsigte van ... misstowwe, plantmateriaal,
landboumiddels, ...
of ten opsigte van geld deur die kooperasie aan hom vir produksiedoeleindes
voorgeskiet -
(a) berus die eiendomsreg op die verskafte ... misstowwe, plantmateriaal,
landboumiddels, ... by die kooperasie ondanks die lewering
daarvan aan daardie
lid;
(b) ...
(c) word -
(i) alle landbouprodukte van 'n klas
waarmee die kooperasie in die gewone loop van sake handel; en
(ii) alle landbouprodukte waarvan die landbouprodukte in sub-paragraaf (i)
bedoel, verkry is of word; en
(iii)
waarvan daardie lid op die datum
waarop die skuld ontstaan het die eienaar is of wat na daardie datum deur hom
geproduseer of verkry
4
word, geag aan die kooperasie verpand te wees so volkome en werkdadiglik asof
daardie produkte aan die kooperasie gelewer is;
(d) ...
(e) mag daardie lid ... nie bedoelde produkte van die hand sit nie en mag
niemand . . . daardie produkte anders as van die kooperasie
verkry nie behalwe
deur bemiddeling van die kooperasie of kragtens 'n permit deur die kooperasie
uitgereik op die voorwaardes wat
hy
bepaal."
Voorts bepaal artikel 177:
"177. Misdrywe
(1) Iemand wat -
(a) h bepaling van subartikel (1)(e) van artikel 173
oortree;
(b) ...
(c) ...
(d) ...
is aan 'n misdryf skuldig.
(2) Indien iemand kragtens subartikel (1)(a)
aangekla word dat hy
landbouprodukte wat geag
word aan h kooperasie verpand te wees, verkry
het
anders as van of deur bemiddeling van die
kooperasie of kragtens h permit
deur die
kooperasie uitgereik, is dit 'n verweer as hy
bewys dat toe hy
daardie produkte verkry het hy
nie geweet het, en geen rede gehad het om
te
vermoed, dat dit produkte is wat geag word aan
'n kooperasie verpand te
wees nie."
Gedurende November 1985 word die koring
op
5
Theron se plaas afgeoes. Die verweerder is Theron
daarmee behulpsaam.
Paragraaf 7 van die gestelde saak
lui soos volg:
"Op of ongeveer 20 November 1985 het gemelde Theron 18,7 ton van die voormelde
koring aan die verweerder gelewer vir waarde synde
as vergoeding vir dienste
gelewer deur die verweerder aan Theron te wete die stroopkoste van
koring."
Van die bestaan van die eiser
se pandreg, so is
daar ooreengekom, was die verweerder totaal onbewus. Op
sy beurt verkoop en lewer die verweerder die 18,7 ton
koring "in die
gewone loop van sake" aan die eiser
waarvoor hy R5 781,66 betaal word.
Paragraaf 10 van die
gestelde saak gaan dan voort:
"Na ontvangs van die bedrag van R5 781 ,66 het die verweerder die bedrag werklik
deur Theron aan hom verskuldig naamlik ongeveer
R3 000,00 behou en die balans
van ongeveer R2 700,00 aan Theron
terugbetaal."
(Die frase "die bedrag
werklik deur Theron aan
hom verskuldig" is ietwat kripties. Op sy minste skep
6
dit die indruk dat die verweerder se werklike vergoeding vir sy dienste nie
soseer die oorname van 18,7 ton van die koring was nie
maar 'n bedrag van
"ongeveer" R3 000,00 - en dat die verweerder, deur die koring aan die eiser te
verkoop, dus eintlik namens Theron
opgetree het. Vir doeleindes van die huidige
geding moet die beskrywing waarop die partye in paragraaf 7 van die gestelde
saak ooreengekom
het, egter aanvaar word, nl., dat die verweerder die 18,7 ton
koring "vir waarde synde as vergoeding vir dienste gelewer" van Theron
oorgeneem
het.)
Wat die eiser, nes die verweerder, op dié stadium volgens die
gestelde saak nooit besef het nie, is dat hy kragtens artikel
173 'n
statutêre pandreg oor die betrokke koring geniet het. Toe hy later
agterkom dat hy koring gekoop het waarop hy na regte
eerste aanspraak gehad het
en wat hy ter delging van Theron se skuld kon aangewend het, het hy teen die
verweerder aksie ingestel
7
vir terugbetaling van die R5 781,66 wat hy vroeër aan die
verweerder betaal het.
Die eis vir terugbetaling is aanvanklik op
verskillende grondslae gefundeer maar is uiteindelik tot
'n enkel
eisoorsaak gereduseer. Dit is soos volg in die
eiser se gewysigde
besonderhede van vordering
geformuleer, 'n formulering wat deur paragraaf 11 van die
gestelde saak by die gestelde saak self ingelyf is:
"9. As gevolg van die feit dat eiser reeds 'n pandreg ingevolge artikel 173 van
die gemelde wet ten opsigte van die koring gevestig
het, kon hy dit regtens nie
koop nie en het geen kontrak tussen die partye tot stand gekom nie.
10. Eiser het die bedrag van R5 781 ,66 aan
verweerder oorbetaal ter betaling
van die
voormelde koring.
11. In die vooropstelling het daar geen
eisoorsaak of causa vir die
oorbetaling van die
gemelde koring deur eiser aan verweerder
bestaan nie,
en is eiser gevolglik geregtig op
terugbetaling van gemelde
bedrag."
Die verhoorhof gee die eiser
gelyk. Vandaar
die huidige appèl waarvoor verlof van hierdie Hof self
verkry is.
8
In die loop van die gerapporteerde uitspraak
verklaar die verhoorhof (op 768A-B):
"Om die bespreking van die regsposisie af te sluit, wys ek daarop dat die
pandgewer eienaar van die saak is, terwyl die pandhouer
slegs die regte verkry
wat die pandreg ten aansien van besit ten opsigte van die skuld aan hom verleen.
(Vergelyk die uitspraak van
DE VILLIERS HR in
NATIONAL BANK OF SOUTH AFRICA v
COHEN'S TRUSTEE
1911 AD 235
op 242 en 243.) En hier moet volledigheidshalwe
bygevoeg word dat die eiser se pandreg versterk word deur die bepalings deur die
Wetgewer in die Wet."
As die eiser,
toe die koring hom aangebied is,
die ware toedrag van sake besef het, sou hy sy pandreg
dadelik teenoor die
verweerder kon afdwing; in so 'n
geval sou die eiser besit van die koring van
die
verweerder kon opeis sonder om enigiets daarvoor te
betaal.
"Gevolglik", so beslis die hof op 768 G-H,
"het die eiser 'n bedrag van R5 781,66 aan die
verweerder
betaal, wat die eiser, sonder dat
beide die eiser en die verweerder dit
besef
het, nie regtens nodig gehad het om te betaal
nie.
In bovermelde omstandighede is
die eiser dus na
my mening geregtig op terugbetaling van die
9
bedrag van R5 781,66, wat hy aan die verweerder betaal
het".
Uit hierdie passasie is dit, met
eerbied, nie
duidelik wat die ratio vir die gevolgtrekking presies was
nie. In 'n
verdere ongerapporteerde uitspraak, waartydens
die verhoorhof 'n aansoek om
verlof om te appelleer
geweier het, het die geleerde regter egter verder op
sy
vorige uitspraak voortborduur. Hy verklaar:
"Indien die Hof tot die gevolgtrekking geraak het dat daar 'n bindende
ooreenkoms tussen die partye tot stand gekom het, sou die
Hof seer sekerlik nie
beveel het dat die verweerder die geld wat die eiser aan die verweerder betaal
het aan hom moes terugbetaal
nie."
Voorts:
"Dit is miskien gepas om by te voeg dat dit uit die feite duidelik blyk dat daar
nooit enige konsensus tussen die partye was oor
waaroor hulle nou eintlik
ooreenkom nie."
En:
"Regtens had die eiser 'n pandreg wat bepaal dat die koring 'word geag aan die
kooperasie verpand te wees
so volkome en werkdadiglik asof daardie produkte
aan die Kooperasie gelewer
10
is.' (Ek kursiveer.)
Na my mening is die uitdrukking
so volkome en werkdadiglik asof daardie
produkte aan die Kooperasie gelewer is
, 'n uitdrukking wat sterk bewoord
is.
Vir my beteken om te lewer niks anders nie as om in besit te stel en waar die
koring regtens geag word om gelewer te wees, is daar
niks wat die verweerder
regtens aan die eiser kan lewer
nie."
Hierdie gedagtegang, so kom dit
my voor,
weerspieël twee gronde waarop die koop tussen die eiser
en die
verweerder denkbaar aanvegbaar sou wees nl.:
(1)
afwesigheid van consensus;
en
(2)
onmoontlikheid van prestasie deur die
verweerder.
Wat die eerste van hierdie gronde betref
is dit nie duidelik waarop die hof sy terloopse stelling grond dat daar geen
consensus tussen
die partye was nie. Die eiser en die verweerder was dit immers
oor sowel die merx as die prys met mekaar eens. As daar by die eiser
enige
sprake van dwaling was, was dit 'n dwaling in die
11
beweegrede en nie 'n dwaling wat op die prestasie of die
teenprestasie as
sodanig geslaan en dus consensus
uitgesluit het nie. (Vgl DE WET EN YEATS,
KONTRAKTEREG
EN HANDELSREG
, vierde uitgawe, 7-8; 24.) Nerens in
die
gestelde saak is daar enigiets wat hierdie aanval op
die
regsgeldigheid van die koop tussen die verweerder en die
eiser
regverdig nie. Gevolglik moet dit buite rekening
gelaat word.
Die tweede grond is ook nie oortuigend nie.
Dat koring kragtens artikel 173 "geag word" aan die eiser
verpand te wees
"asof daardie produkte aan die kooperasie
gelewer is" terwyl dit bes moontlik
nog op die boer se
lande staan, is kennelik 'n fiksie. In
MEYER
v.SENTRAAL
WESTELIKE KOoPERATIEWE MAATSKAPPY
1943 OPD 93
te 109
is
gesê:
"In considering then between what persons and for what purposes the statutory
fiction is to be resorted to, the whole Act and the
language employed in the
section must be analysed."
12
Doen mens dit, dan is die wetgewende oogmerk met die artikel duidelik: om
enersyds van 'n voorafgaande verbintenisskeppende ooreenkoms
vir die skepping
van dié soort pandreg af te sien, en om fisiese lewering vir die
totstandkoming (en besit vir die voortbestaan)
van sodanige pandreg andersyds
onnodig te maak. Lewering (anders as by wyse van constitutum possessorium) is
gemeenregtelik 'n voorvereiste
vir die vestiging van pandreg. (VAN DER MERWE,
SAKEREG
, tweede uitgawe, 655;
VASCO DRY CLEANERS v TWYCROSS
1979
(1) SA 603
(A) te 611H-612D). Sodanige lewering is vanselfsprekend ondoenlik
wanneer die oes nog op die land of reeds stilletjies deur die boer
afgeoes is
sonder dat die kooperasie daarvan weet. Wat die wetgewer klaarblyklik beoog het,
was om die gemeenregtelike model van
pand met 'n fiksie aan te pas ten einde aan
'n kooperasie beter (al is dit nie maksimale) beskerming te verleen vir solank
as wat
die tersaaklike skuld van 'n lid vir betaling van
13
goedere wat hy by die produksie van die oes gebruik het, nog nie gedelg is
nie. (Vgl
MEYER v SENTRAAL-WESTELIKE KOoPERATIEWE MAATSKAPPY
, supra,
103-4; 107-8;
STATE ADVANCES RECOVERIES OFFICE v THERON
1949 (1) SA 903
(O) te 911;
EDWARDS v VAN ZYL
1951 (2) SA 93
(K) te 99G;
HEENOP v
MAGALIESBERGSE KORINGKOoPERASIE BEPERK
1962 (4) SA 97
(T) te 101;
VAN ZYL
v BURGER EN ANDERE
1965 (3) SA 221
(O) te 226-227.) Daarmee het die fiksie
sy funksie vervul - om die regsfiguur van pand aan te wend in omstandighede waar
dit gemeenregtelik
vanweë nie-lewering nie sou deug nie. Die fiksie,
volgens die bewoording van artikel 173, is bloot dat geag word dat 'n pand
ondanks nie-lewering ontstaan het; dit is nie dat lewering vir alle doeleindes
hoegenaamd regtens geag word reeds aan die eiser plaas
te gevind het en aldus
nie meer aan of deur iemand anders kan geskied nie. Volgens die artikel moet die
posisie beoordeel word asof
lewering wat in werklikheid nie plaasgevind het nie,
wel geskied het;
14
dit is nie bedoel om lewering wat in werklikheid wel plaasgevind het, te
ignoreer of te probeer verydel nie. Waar sodanige lewering
van die oes wel
plaasgevind het, hetsy deur 'n lid aan 'n derde, hetsy deur so 'n derde aan 'n
vierde, (al was dit ook in stryd met
sowel die gefingeerde pandreg as artikel
173(1)(e)) bly daardie lewering ondanks die fiksie dus as 'n onomstootlike feit
staan.
In die onderhawige geval het lewering fisies plaasgevind, eerstens
deur Theron aan die verweerder, en tweedens deur die verweerder
aan die eiser.
Sodanige lewering was nie onmoontlik slegs omdat die goedere geag word aan die
eiser se pandreg onderhewig te wees
nie. Die koop kan dus nie nietig wees omdat
dit vir die verweerder kwansuis onmoontlik was om die merx te lewer nie - as dit
is wat
die verhoorhof in gedagte gehad het.
Die eiser se statutêre
pandreg belet ook nie die oordrag van eiendomsreg in die pandsaak nie. Die
15
pandhouer is nie eienaar van die pandsaak nie. Hy geniet slegs 'n jus in re
aliena daarop (
Voet
20.1.1; 20.3.3;
NATIONAL BANK OF SOUTH AFRICA v
COHEN'S TRUSTEE
1911 AD 235
te 242;
MILNE NO EN DU PREEZ NO v DANA SHOE
AND GLOVE FACTORY (PTY) LTD AND ANOTHER
1957 (3) SA 16
(W) te 20H-21A). Om
pandhouer met eienaar te vereenselwig en op grond daarvan te redeneer dat die
koop nietig is omdat niemand sy
eie saak kan koop nie (
CAWCUTT v TEPERSON AND
SAACKS
1916 CPD 406
te 409;
SOUTH AFRICAN PERMANENT BUILDING SOCIETY v
LEVY
1959 (1) SA 228
(T) te 230), sou om daardie rede ook verkeerd wees.
Regtens is dit nie onmoontlik vir 'n pandhouer om die pandsaak te koop nie: so
iets is trouens aan ons reg welbekend. (Vgl WILLE,
MORTGAGE AND PLEDGE IN
SOUTH AFRICA
, derde uitgawe, 245-6.) Sodra eiendomsreg aan so 'n pandhouer
oorgedra word, tree confusio in (
WILLE
, op cit. 183) en vergaan die
pandreg sonder meer.
Geeneen van die gronde waarop die uitspraak
dus
16
oënskynlik berus, oortuig nie.
Inderdaad het die advokaat vir die
eiser dan ook nie op sodanige gronde probeer steun nie. Wat hy wel aangevoer
het, was iets heel
anders.
Sy eerste argument, as ek dit reg het, lui soos
volg:
(1) Artikel 173(1)(e) verbied die betrokke lid om die tersaaklike produkte van
die hand te sit solank gelde nog ten opsigte daarvan
aan die kooperasie
verskuldig is. Dit bepaal voorts dat niemand daardie produkte op 'n ander wyse
as via die kooperasie mag verkry
hie.
(2) Die ooreenkoms tussen Theron en die verweerder was gevolglik ongeoorloof en
as sodanig nietig, 'n gevolgtrekking wat deur die
strafbepaling van artikel
177(1)(a) van die wet versterk word.
(3) Omdat die ooreenkoms tussen Theron en die verweerder aldus nietig was, volg
dit verder,
17
so is betoog,
(a) dat Theron geen regte aan die verweerder kan oordra nie;
(b) dat eiendomsreg in die koring in Theron bly setel het en nooit op die
verweerder oorgegaan het nie;
(c) dat die verweerder gevolglik nie die eiendomsreg in die koring aan die eiser
kon oordra nie;
(d) dat die koop tussen die verweerdër en die eiser ook nietig was;
(e) dat betaling deur die eiser aan die verweerder derhalwe sonder enige
regsgrond geskied het en as sodanig in werklikheid onverskuldig
was; en
(f) dat aan al die vereistes vir 'n beroep op 6f die condictio indebiti
óf die condictio sine causa voldoen is;
en
18
(g) dat die eiser se terugvorderingsreg derhalwe moes slaag. Die uitgangspunt
in (1) is korrek, maar die stappe van die argument wat
daarop volg is myns
insiens almal in meerdere of mindere mate aanvegbaar. So byvoorbeeld is dit
omstrede of die ooreenkoms tussen
Theron en die verweerder in die lig van die
bepalings van die wet as geheel en artikel 177(2) in die besonder, werklik
ongeoorloof
en ongeldig was. Maar dit is nie 'n vraag wat tans besleg hoef te
word nie, en ek spreek my doelbewus nie daaroor uit nie. Argumentsonthalwe
is ek
bereid om in die eiser se guns te aanvaar dat sodanige ooreenkoms wel
ongeoorloof en dus nietig was.
Dat dié ooreenkoms nietig was, beteken
egter nie dat Theron geen regte, en in die besonder geen eiendomsreg in die
pandsaak,
aan die verweerder kon oordra nie.
Anders as wat met misstowwe, plantmateriaal en
19
landboumiddels die geval is (waar eiendomsreg kragtens artikel 173(1)(a)
ondanks lewering aan die lid ten gunste van die kooperasie
voorbehou word),
verkry die kooperasie slegs 'n statutêre pandreg oor die geproduseerde
landbouprodukte. Die artikel maak die
kooperasie nie eienaar van die produkte
nie. Sodanige pandreg, soos tereg deur die verweerder se advokaat betoog is,
verleen aan
die kooperasie ook geen sterker regte as dié van 'n gewone
gemeenregtelike pandhouer nie. (Vgl
EDWARDS v VAN ZYL
, supra, te 99G.)
Eiendomsreg in die geproduseerde landbouprodukte setel steeds in die lid wat dit
produseer. (Dat dit so is, word
trouens implisiet in artikel 173(1)(c)
erken.)
Artikel 173(1)(e) verbied nie die oordrag van eiendomsreg deur die
lid nie maar hoogstens die regshandeling waardeur hy poog om die
gewraakte
produkte van die hand te sit.
'n Regsgeldige ooreenkoms word volgens ons
reg,
20
wat 'n abstrakte stelsel vir eiendomsoorgang erken, nie vir die oorgang van
eiendomsreg geverg nie. (Vgl
VAN DER MERWE
, op cit. 302-314;
COMMISSIONER OF CUSTOMS AND EXCISE v RANDLES, BROTHERS AND HUDSON LTD
1941 AD 369
;
TRUST BANK VAN AFRIKA BEPERK v WESTERN BANK BEPERK EN ANDERE
NNO
1978 (4) SA 281
(A) te 302;
AIR-KEL (EIENDOMS) BEPERK h/a MERKEL
MOTORS v BODENSTEIN EN 'n ANDER
1980 (3) SA 917
(A) te 923-4). Wat wel
geverg word, is die wedersydse bedoeling van die partye om eiendomsreg oor te
dra. (Die gestelde saak meld
nie uitdruklik dat dit hul bedoeling was nie; maar
vir sover dit nie pertinent uitgesluit is nie, kan mens aanvaar dat dit
gewoonweg
wel die geval sou wees dat beide partye, Theron en die verweerder, die
bedoeling gehad het dat eiendomsreg in die koring op die verweerder
sou
oorgaan.) Die blote ongeldigheid van die ooreenkoms tussen hulle sou dus nie,
anders as wat die eiser se advokaat betoog het,
die oorgang van eiendomsreg
belet nie.
21
Waar die verweerder aldus eienaar geword het, sou dit gevolglik nie vir hom
onmoontlik gewees het om eiendomsreg, op sy beurt, aan
die eiser oor te dra
nie.
Sub-artikel 173(1)(e) het voorts nie op die verkoping van die koring
deur die verweerder aan die eiser betrekking nie. In die eerste
plaas verbied
die artikel slegs 'n verkoping deur "daardie lid", (
HEENOP v MAGALIESBERGSE
KORINGKOoPERASIE BPK
, supra, te 102) en dit slaan klaarblyklik op die lid
wat die produk produseer - wat nie die verweerder was nie; en in die tweede
plaas verbied die artikel klaarblyklik nie die eiser, as 'n kooperasie, om die
produk self te koop nie. Anders as wat met die ooreenkoms
tussen Theron en die
verweerder gesteld was, was die koop tussen die verweerder en die eiser dus nie
op grond van hierdie artikel
ongeldig nie.
En as dit so is, kan daar nie
gesê word dat die betaling van die koopsom deur die eiser aan die
22
verweerder onverskuldig en sonder oorsaak was wat die eiser denkbaar op
terugbetaling kragtens een of ander van die erkende verrykingsaksies
geregtig
sou maak nie.
As die eiser, na sluiting van die koopkontrak maar voor
lewering, besef het dat die aangebode koring aan sy pandreg onderhewig was,
sou
hy op die koring beslag kon lê op grond daarvan dat sy pandreg aan hom 'n
eerste en 'n sterker aanspraak op die pandsaak
gee. (Vgl
STATE ADVANCES
RECOVERIES OFFICE v THERON
, supra, te 911;
EDWARDS v VAN ZYL
, supra,
99;
VAN ZYL v BURGER EN ANDERE
, supra, 226, 228.) So 'n beslaglegging sou
effektiewe lewering van die koring deur die verweerder aan die eiser verhinder
het; en
dan sou die eiser vanselfsprekend kon geweier het om die koopsom te
betaal. Maar dit is sovêr as wat dit gaan. Pandreg verleen
aan die
pandhouer 'n aanspraak op beslaglegging van die pandsaak maar dit maak die
pandhouer nie sonder meer op die opbrengs van
die pandsaak geregtig indien die
saak
23
anders as by wyse van eksekusie op sy aandrang verkoop word nie. (Die
gestelde saak laat geen ruimte vir die eiser om hom op die actio
ad exhibendum
te beroep nie, aangesien daar geen sprake van enige mala fides aan die
verweerder se kant was nie.)
Met die oorgang van die eiendomsreg op die
kooperasie het sy pandreg in ieder geval deur confusio verval. Die eiser behou
nietemin
sy vorderingsreg teen Theron. Wat hy kwyt is, is sy sekuriteit - en dit
is te wyte aan die inherente swakheid van dié soort
sekerheid wat, anders
as in die gemene reg, 'n pandreg sonder besit is.
Maar selfs al het
eiendomsreg nie op die eiser oorgegaan nie, sou dit die koop tussen die partye
opsigself nie verydel en die eiser
op terugbetaling geregtig gemaak het nie.
Lewering het geskied; al waarvoor die verweerder, as verkoper, nog moes instaan,
was 'n
moontlike uitwinning. (Vgl
LOUIS BOTHA MOTORS v
24
JAMES & SLABBERT MOTORS (PTY) LTD
1983 (3) SA 793
(A).) Van 'n
aksie vir skadevergoeding op dié grondslag was daar in die gestelde saak
egter geen sprake nie.
Dieselfde onmiddellike beswaar tref ook die tweede
argument wat die eiser se advokaat geopper het (met verwysing na
DICKINSON
MOTORS (PTY) LTD v OBERHOLZER
1952 (1) SA 443
(A) te 450), naamlik dat die
ooreenkoms tussen die partye op grond van 'n sogenaamde gemeenskaplike dwaling
"nietig" sou wees, wat
die eiser dan op terugbetaling van die koopsom geregtig
sou maak. (Vgl
FOURIE v CDMO HOMES (PTY) LTD
1982 (1) SA 21
(A) te 28C.)
Die beweerde gemeenskaplike dwaling sou dan wees dat die koop geskoei was op die
lees dat daar geen pandreg oor die
koring gestrek het nie. Dat albei partye
afsonderlik onder die waan verkeer het dat die eiser nie 'n pandreg oor die
betrokke koring
geniet het nie, beteken egter nie dat die ooreenkoms bewustelik
op daardie grondslag aangegaan is nie. Van so iets meld die
25
gestelde saak niks nie. Gevolglik is dit nie nodig om aan dié argument
verdere aandag te bestee nie.
Kortom, die eiser se statutêre pandreg
het nie verhinder dat die verweerder die betrokke koring regsgeldiglik aan die
eiser
kon verkoop nie; dit het nie verhinder dat die verweerder die eiendomsreg
daarin aan die eiser kon oordra nie; en dit het die eiser
ook nie qua pandhouer
'n aanspraak op die opbrengs van 'n verkoping van die pandsaak verleen nie. Geen
causa vir terugbetaling van
die koopsom blyk uit die gestelde saak nie.
Die
vraag wat aan die hof a quo gestel is, moes dus ten gunste van die verweerder
besleg gewees het. Waar daar tussen die partye op
al die tersaaklike feite
ooreengekom is, en daardie feite geen eisoorsaak openbaar nie, moes die hof a
quo vonnis ten gunste van
die verweerder gegee het. Die appèl slaag met
koste. Die bevel van die hof a quo word verander na vonnis vir die
26
verweerder met koste.
P M NIENABER
HOEXTER AR)
E M GROSSKOPF AR)
EKSTEEN AR)
FRIEDMAN WAR)