About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 52
|
|
S v Coetzee (533/89) [1990] ZASCA 52 (25 May 1990)
SAFLII
Note:
Certain
personal/private details of parties or witnesses have been
redacted from this document in compliance with the law
and
SAFLII
Policy
CG
SAAKNOMMER:
533/89
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APP
è
LAFDELING)
JACQUES
COETZEE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
:
VAN
HEERDEN, STEYN ARR et NIENABER WAR
AANGEHOOR
: 10 MEI 1990
GELEWER
: 25 MEI 1990
UITSPRAAK
STEYN AR
2
Appellant is op 4 Augustus 1989 in
die Rondgaande hof vir die Distrik van Zoeloeland deur Hugo R en twee
assessore skuldig bevind
aan die verkragting van en moord op die
14-jarige skooldogter, M.C.P., op 21 Julie 1988 te Eshowe. Die hof
het voorts bevind dat
daar t.a.v. die moord geen versagtende
omstandighede was nie. Op die verkragtingklag is hy gevonnis tot 10
jaar gevangenisstraf
en op die moordklag is hy ter dood veroordeel.
Met verlof van die hof a quo appelleer hy nou teen sy
skuldigbevinding aan verkragting
en teen die bevinding dat daar
t.a.v. die moord geen versagtende omstandighede was nie (en
klaarblyklik ook teen die daaropvolgende
doodvonnis). Die verlof
verleen t.a.v. die verkragting is egter beperk tot die vraag of dit
bo redelike twyfel bewys is dat M.
P. lewend was toe sy verkrag is.
Op 21 Julie 1988 was appellant 20
jaar en 8 maande oud (gebore op 15. November 1967) en M.
3
feitlik 14 jaar en 11 maande
(gebore op 29 Augustus
1973).
Dit was gemene saak dat sy 'n maagd en 'n toegewyde
jong
Christen was. (Daar sal in die vervolg deurgaans na M. as die
oorledene verwys word.) Sy en appellant het albei by hul respektiewe
ouers op Eshowe ingewoon. Albei moeders was lede van dieselfde kerk,
t.w. die "Eshowe Community Church", en appellant
se moeder
was
voor 21 Julie 1988 verskeie
keer aan huis by Mev P..
Die oorledene was in standerd sewe en
het daardie dag oudergewoonte haar moeder om 07h20 gegroet en te voet
skool toe vertrek. Die
derde skoolkwartaal het pas begin. Haar woning
was 2,2 km van die skool af. Die pad van haar woning na en van die
skool is 'n teerpad
met die naam "Natural Arch Drive", wat
rofweg oos-wes deur die Dhlinza bos loop. Dit is 'n baie digte bos
wat deel uitmaak
van h natuurreservaat in die Eshowe dorpsgebied.
"Natural Arch Drive"
is die enigste teerpad deur die bos.
Amper halfpad soos mens
van die skool af na die oorledene
4
se huis met dié pad loop,
en in die bos, draai 'n destyds erg verspoelde grondpad na links
(d.w.s. in 'n rofweg suidelike
rigting) uit die teerpad uit. Hierdie
grondpad gaan na die George Hotel wat suid van die bos geleë is.
Dit was deur sekere
van die skoolkinders gebruik as 'n voetpad na en
van die skool. Verder aan in die rigting van oorledene se huis, ook
binne-in die
bos, draai 'n steil en moeilik begaanbare voetpaadjie
ook na links uit die teerpad uit. Die voetpaadjie gaan langs 'n
draadheining
afdraende vir 'n distansie van ongeveer 180 treë
tot by 'n moerasagtige stroompie in 'n laagte in die bos.
Toe sy van die huis vertrek het,
was die oorledene gekleed in haar skool uniform - 'n groen jurk wat
voor oopknoop, met 'n gordel
om die middellyf, skoolkleurbaadjie, wit
sokkies en knoopband skoolskoene. Haar onderklere het bestaan uit 'n
brassiere en broekie.
Sy was in goeie gesondheid maar had haar
maandstonde.
5
Om
ongeveer 14h30 daardie middag het sy van die skool af huis toe
vertrek in die rigting van die "Natural
Arch
Drive". Sy het nooit by die huis aangekom nie. Laat daardie
middag is 'n soektog na haar op tou gesit. Die volgende oggend
is
haar kleurbaadjie, netjies opgevou, haar brassi
è
re,
skooldrasak en skoene bymekaar gevind op 'n dig beboste plek ongeveer
5 meter anderkant die stroompie van die voormelde voetpaadjie
se kant
af. Daar was modder aan die skoene. Die brassi
è
re
was nie geskeur of gekreukel nie, maar had vlekke op wat soos bloed
gelyk het. Die skoenbande was losgeknoop. Daar was egter
geen teken
van 'n worsteling of ander geweld op daardie toneel nie. Dié
plek was in 'n reguit lyn ongeveer 65 treë
van die naaste pad -
die teerpad. Later dieselfde dag (d.w.s. 22 Julie 1988) is die
oorledene se lyk gevind in 'n baie dig begroeide
en moeilik
begaanbare deel van die Dhlinza bos, ongeveer 80-85 treë van
waar haar klere en drasak gevind was en ongeveer 80
treë vanaf
6
die grondpad. Dié plek was
onsigbaar van daardie pad af maar binne hoorafstand daarvan. Dit was
tussen daardie pad en die
plek waar haar kleurbaadjie ens. gevind
was. Die lyk was baie deeglik met vars blare en takke bedek en was
moeilik sigbaar. Die
oorledene het op haar rug gelê. Sy was
gekleed in haar skooljurk wat toegeknoop was maar dit was so hoog
teen haar bene opgeskuif
dat haar broekie daaronder sigbaar was. Die
mik van die broekie was bloedbevlek en het haar skaamdele bedek. (Dit
het later egter
geblyk dat dit nie tot bo opgetrek was nie en nie
haar boudjies bedek nie. By die nadoodse ondersoek, wat op die 25ste
Julie uitgevoer
is, het dit voorts geblyk dat 'n self-klewende
maanddoekie binne-in die broekie was en dat die broekie en doekie
albei bevlek was
met 'n mengsel van bloed en urine.) Die gordel van
haar skooljurk was styf om haar nek gedraai en om h stok getol wat as
draai-instrument
gebruik was om die gordel styf te trek. Haar kouse
was net deels aan haar voete en het nie
7
haar hakskene bedek nie. Ongeveer
3 m van die lyk af was 'n borshoogte pyp wat horisontaal op pilare
deur daardie deel van die bos
gaan.
Die voormelde nadoodse ondersoek
is op Durban uitgevoer deur prof Jan Botha, hoof van die departement
van geregtelike geneeskunde
in die mediese fakulteit aan die
Universiteit van Natal en konsultant vir die Natalse Provinsiale
Administrasie. By dié
ondersoek is bevind dat die oorledene
soos volg beseer was:
(1)
'n
20 mm-breë kneuswond teen die regter agterkop met 'n klein
onderliggende sub-durale breinbloeding. Prof Botha was van mening
dat
dit deur 'n harde hou veroorsaak was wat haar minstens katswink sou
geslaan het, dat die hou met 'n stomp voorwerp (moontlik
'n vuis)
toegedien was en dat dit kenmerkend is van die soort besering wat van
agter aan 'n vlugtende met 'n hou teen die kop toegedien
was deur sy
of haar agtervolger;
(2)
'n
18 mm-breë afbindmerk ("ligature") reg rondom haar
8
nek wat deur die gordel veroorsaak
is. Die gordel was so styf om haar nek met die stok vasgedraai dat
dit nie ontknoop kon word
nie en met 'n sjirurgiese lem deur prof
Botha losgesny moes word;
(3)
'n
groot hoeveelheid puntbloedings aan die oorledene se gesig, borste,
tong, oë, longe en hart, wat kenmerkend van versmoring
is;
(4)
klein
bloedings van die sagte weefsel wat die onderkaak bedek; dit is
volgens prof Botha kenmerkend van die geweldadige toedruk
van die
mond met 'n hand, bv om krete te smoor;
(5)
'n
15 mm-wye kneuswond aan die linker-agter skaamlip,
wat na prof
Botha se mening deur aanvanklike penetrasie deur die manlike
geslagsorgaan veroorsaak was. Die besering van dié
skaamlip
het egter wyer gestrek as die kneuswond self. Prof Botha was van
mening dat hierdie besering so pynlik moes gewees het
dat verdere
vrywillige gemeenskap daarna haas ondenkbaar is. Binne-in die
9
vagina is manssaad egter gevind,
wat na prof Botha se oordeel bewys is van verdere penetrasie. Die
maagdevlies was intak maar oopgerek;
(6) aan die agterkante van haar
kuite en arms was modder
en
veelvuldige parallelle lynvormige krap- en skaafmerke,
wat
volgens prof Botha aanduidend daarvan was dat sy na haar dood op haar
rug aan die skouers oor takkes of dergelike voorwerpe
gesleep is.
Prof
Botha se bevinding was dat die oorsaak van
dood verwurging met
die gordel was. Hy het geen tekens gevind van verwurging met die hand
nie, en die tongbeen -'n besering waarvan
kenmerkend is van só
'n verwurging -was ongeskonde. Die besering aan die vagina was na sy
mening baie kort voor dood toegedien
(prof Botha het h tydperk van 5
minute of minder genoem). Dit is volgens hom selfs moontlik dat dit
kort na die dood veroorsaak
kon gewees het. Prof Botha het die
terrein besoek en besigtig waar oorledene se lyk en besittings gevind
is.
10
Hy was van mening dat indien haar
lyk oor daardie oppervlakte gesleep was dit die lynvormige beserings
aan haar bene en arms sou
veroorsaak het. Daar was geen beserings aan
die binnekant van haar dye nie wat volgens prof Botha te verwagte sou
wees as haar
bene met geweld oopgedruk was. Tydens kruis-ondervraging
het prof Botha, in antwoord op vrae deur appellant se advokaat,
getuig
dat die besering aan die oorledene se agterkop moontlik deur
'n val teen 'n klip, en by verdere, later hernude kruisondervraging,
deur 'n val op 'n knoesterige wortel, veroorsaak kon gewees het. In
sulke gevalle sou sy volgens hom egter agteroor, en nie vooroor
nie,
moes geval het, en sou hy grond of blare aan haar hare verwag het -
iets wat hy nie gevind het nie. Die voormelde beserings,
soos gevind
deur prof Botha, was nie deur die verdediging betwis nie.
Die oorledene se moeder het by die
verhoor namens die Staat getuig. Sy het die oorledene se vertrek
11
skool toe, hoe sy daardie dag
gekleed was en wat haar toestand toe was, beskryf soos reeds hierbo
uiteengesit. Sy het bygevoeg dat
die oorledene 'n redelik
vriendelikejong persoon was wat graag eendag 'n welsynwerkster wou
word, nie veel in sport belanggestel
het nie, haar medemens graag wou
help en verbeter, stigtelike boeke gelees het wat sy by die
kerkbiblioteek gekry het, en baie
gelowig was. Sy het, sovêr
haar moeder geweet het,
geen seunsvriende gehad nie en was
'n baie gehoorsame kind. Volgens appellant, wat ook tydens die
verhoor getuig het, was sy h baie
skaam meisie en seksueel
onervare.
Appellant se agtergrond-beskrywing
en weergawe van die gebeure op 21 Julie 1988 toe hy op die meriete
getuig het, is soos volg deur
Hugo R in die hof se
uitspraak
opgesom:
"The accused testified in his
own defence. He testified that during May 1988 he had formed a
friendship with the deceased,
at first
12
apparently a very platonic one. He
says about a week and a half before the 21 st of July he had asked
her to be his girlfriend and
she had agreed. They met three times
between then and the deceased's death. During those meetings no
sexual activity had taken
place, apart from kissing, and there was no
discussion on sexual matters. Both he and she were shy persons and
both were sexually
inexperienced.
On
the day in question he met the deceased in a
park after
school. They kissed, whereupon the deceased suggested that they go to
a stream in the forest for more privacy. They had
been there before
just to talk. they went to the stream and sought a dry spot. Both sat
down and, after the deceased had put down
her schoolbag and blazer,
he started kissing her neck and fondling her breasts through her
dress. He suggested sex to her
but she demurred
saying that it was wrong and he knew that
this was because she was a committed Christian. He continued,
however, to unbutton her
dress down to the level of the belt and
pulled it down over her shoulders, however not exposing her breasts.
He kissed her shoulders
and neck and was not stopped by the deceased.
She, however, turned round and tried to push him back with one arm.
Later in cross-examination
he slightly watered down this action on
the part of the deceased. He, however, pushed her down onto her back
and started kissing
her on her mouth. He says, and this is important,
that at this stage he could not stop himself. He then, in his
evidence-in-chief,
uses a very telling phrase. He said 'Die oorledene
sien toe dat
13
dit nie sal help om te keer nie."
The deceased then placed her arms
around his . neck and according to him kissed him back. He asked her
if this was her way of showing
that she was willing to have
intercourse, upon which she replied that she was. He got up, took off
his T-shirt while she also got
up and stripped naked, including her
shoes and socks. He, however, kept on his shoes, his trousers and his
underpants,
inter alia
because he says he was taller than the
deceased and if he had intercourse he would muddy his feet. He
arranged deceased's dress
on the ground and placed his T-shirt on top
of it. They lay down on these items of clothing and commenced to
attempt intercourse.
The deceased suffered pain which she expressed
both facially and orally. He, however, explained or tried to explain
to her that
this was normal and that the pain would go away. Despite
her expression of pain he proceeded to enter her and ejaculated
almost
at once. She again complained or continued to complain of
pain. He stopped and rolled off her.
When he got up the deceased saw
blood on his penis and became very upset. She felt her own private
parts, apparently getting blood
onto her hands, and she used an item
of underclothing to wipe off the blood from her hands. She started
dressing and said that
she would tell her mother what had been done
to her. He says he had heard from, his friends that a girl would
bleed on the first
time she
had
intercourse and he tried to explain this to
her. She, however,
would not listen. He got
14
angry he says because of the fact
that she would not listen to him and because, he says, he wanted to
continue with the sexual activity
inasmuch as he had not enjoyed the
first time. He grabbed her by the arm and pulled her towards him. She
hit him in the face. This
angered him further and he slapped her
back. She fell back into a sitting position. He approached, he says,
to help her up. She
got a fright, jumped up and ran away. At first he
left her. Then he saw her blazer and satchel. He put on his T-shirt
and followed
her. He saw
her
ahead of him, called to her and she stopped
running and
commenced walking. He walked alongside her. He tried again to explain
to her what had happened and that he would get
into trouble if she
should tell her mother. She ignored him. He grabbed her. He says he
was furious. She hit him again. He leapt
forward to strangle her. He
says he could not get his hands around her neck properly and
demonstrated a loose grip with his fingers
round behind the ears and
his thumbs over the windpipe. He says he applied very little
pressure. In the course of this motion he
says he lost his balance,
fell against the deceased and they both f ell to the ground. In the
process she struck her head against
a pipe and fell limply to the
ground. He thought she was dead. He took out her belt from the loop
in
her dress, tied it around her
neck, picked up a
stick and tightened it. He dragged her a few
metres away where he placed her under branches and leaves and left
for home. In cross-
examination
he conceded that at the time he put
15
the ligature around her neck he
realised that
she might still be
alive and strangled her with
the ligature to cater for this
possibility."
(Alhoewel die verhoorhof se
uitspraak op die meriete in Engels gelewer is ter wille van die
oorledene se Engelssprekende ouers,
is appellant Afrikaanssprekend en
het hy deurgaans op Afrikaans getuig. Daarom word hierdie uitspraak
in Afrikaans gelewer.)
Appellant se voormelde weergawe
verskil in
sekere wesenlike opsigte van dié
vervat in vroeëre verklarings deur hom. Om 16h50 op die dag na
die voorval, d.w.s.
22 Julie 1988, het appellant kort na sy
arrestasie in 'n bekentenis gemaak aan 'n landdros op Eshowe (wat met
appellant se toestemming
tydens die verhoor ingehandig is as
bewysstuk E), en op 25 Julie 1988 tydens verrigtinge in die
landdroshof op Eshowe
ingevolge
art
119
van die Strafproseswet, no 51 van 1977,
beweer dat hy
oorledene met sy hande verwurg het. Tydens die art
119
verrigtinge het hy gesê dat sy weens daardie
16
verwurging gesterf het. In albei
verklarings het hy gesê dat hy die lyfband om haar nek gebind
het nadat hy haar reeds verwurg
het. In die landdroshof het hy by
herhaling gesê hy het dit gedoen sodat "alles anderste
moet lyk". Toe hy tydens
kruisondervraging daaroor uitgevra is,
het hy die vrae meermale onbeantwoord gelaat, maar tog ook o.a. gesê
dat hy deurmekaar
was, nie weet waarom hy dit gesê het nie en
nie kan onthou wat hy daarmee bedoel het nie. In die bekentenis het
hy niks van
'n val gesê nie. In die landdroshof het hy slegs
beweer dat hulle albei geval het toe hy besig was om die oorledene te
verwurg.
Appêllant
se getuienis dat oorledene teen 'n pyp
geval het, verskil ook
betekenisvol van die voormelde vrae namens hom aan prof Botha. Aan
nog A/0 Nicholson, sers A du Preez of
kol Ockert Jonker, almal van
die SA Polisie is enige vrae gevra oor dié pyp of oor die
teenwoordigheid van klippe of wortels
op die toneel. A/0
17
Nicholson het foto's geneem van
voormelde tonele en van die lyk soos dit gevind is. Dié foto'
s is deur hom ingehandig as
die H-reeks bewysstukke. Hy het pertinent
na daardie pyp verwys en beduie dat dit sigbaar is op foto H2. Sers
du Preez het die
lyk gevind en kol du Preez het die lyk besigtig toe
dit nog gelê het waar dit gevind was. Dit was slegs in antwoord
op vrae
deur Hugo R in die loop van hoof-ondervraging dat appellant
vir die eerste keer beweer het dat oorledene teen 'n pyp geval het.
Dit sou gebeur het toe hy teen haar geval het terwyl hy haar losserig
aan die keel beetgehad het. Tydens kruisondervraging het
hy beweer
dat dit die pyp was wat op foto H2 verskyn. Die verloop van dié
kruisverhoor was so:
"Jy het teen haar geval? --
Dis reg.
Ja. En? -- Toe het sy haar kop
teen die pyp
wat agter haar was geslaan.
Die pyp wat op daardie foto
verskyn? -- Dis
reg. Dit is dieselfde pyp.
Dit is daardie pyp. Het jy dit vir
jou
advokaat vertel? -- Nee."
18
Hy kon daardie versuim nie
verduidelik nie en die verhoorhof het dit onverklaarbaar gevind
indien sy
bewering die waarheid
was.
Appellant se getuienis is verwerp.
In die
uitspraak is die volgende ten
slotte daaroor gesê:
"The demeanour of the accused
in the witness box was also not of such a nature that it instilled
any confidence in his veracity.
On numerous occasions he appeared to
mouth his answers silently to himself before committing himself to
speech. It was as if he
was trying to remember the words of a
recitation. He was often hesitant and his answers were, in some
respects, self-contradictory.
We have had
little
difficulty in deciding that the evidence
of the accused must
be rejected as being false and unreliable. That, however, is not the
end of the matter."
Die geleerde regter het toe
gehandel met die vermanende opmerkings van hierdie Hof in
S v
MTSWENI
1985 (1) SA 590
(A)
op 593I-594D oor die effek van valse getuienis deur 'n
beskuldigde,
en soos volg voortgegaan:
"We are left with
circumstantial evidence only as to the events in Dhlinza forest on
the 21st
19
of July 1988. The following
circumstances are beyond dispute.
The deceased's blazer was found
neatly folded. Her shoes were found unbuckled. There is not evidence
before us of signs of any struggle,
either along the paths or in the
vicinity of where these clothes were found. The deceased's
bra
had been removed without apparent damage to
it. These
circumstances, to our mind, show that there may have been some
voluntary
association with the
accused on the part of the
deceased. Although we find it to be
unlikely in the circumstances we must consider the
possibility
that there was some petting between
these two people prior to
the intercourse and the death of the deceased and, on the basis only
of it being reasonably possibly true,
we give the benefit of the
doubt in this respect to the accused.
We also know, and this is a
circumstance of some importance, that the deceased was a shy,
inexperienced, Christian and obedient
girl who was also menstruating
at the time. These circumstances, to our mind, make it almost
impossible to believe that she would
have consented voluntarily to
intercourse. If one takes, in addition to these circumstances, the
conduct of the accused following
upon the intercourse, the inference
is to our mind inevitable that there was no consent to intercourse.
It is possible that the
deceased was already unconscious at the time
of intercourse. The blow to the back of the head could have caused a
loss of consciousness.
The injury to the vagina was caused shortly
before
20
death, but it is not possible to
speculate further on that possibility. It is sufficient to find that
the circumstances were such
that we can infer nothing else than that
there was no consent to intercourse.
The
accused must, therefore, be found quilty on
the first count.
As
far as the second count is concerned we have
the following
undeniable circumstances. The deceased was found with a ligature
tightly wound around her neck tightened with a stick.
There was an
injury to the back of her head which probably caused unconsciousness.
She had been hidden under branches and leaves.
There were no signs of
manual strangulation. There were no fingermarks around the ligature
which may have been expected if a deceased
attempts to free herself
of the strangulating ligature.
This
may be an indication that the deceased was
already unconscious
when the ligature was placed around her neck.
It is argued on
behalf of the accused that the
Court
should accept his version, namely that he
thought
that she was already dead, and that if
a
conviction of murder were to follow it should
be
on the basis of dolus eventualis in the sense that although he
thought she was dead he recognised the possibility that she was
alive
and strangled her knowing of that possibility.
I
cannot accede to this argument. The version
related
by the accused is so bizarre as to defy
credence.
I
cannot for a
second believe that a person who believes that a person has been
accidentally killed, would try to make an accident
look like murder.
It is conceivable
21
that a person would try to make
murder look like an accident, not the other way around.
The
only inference to be drawn from the fact of
this
strangulation is that it was done with the
intention to cause
death. No other inference is open.
I
have
had some regard to the comparative youthfulness of the accused and
his degree of development as
I
am
enjoined to do in the
Mtsweni
case.
I
can find
nothing in the accused's background, his degree of development, that
would make the fact that he lied take a different
complexion to the
one that
I
have
put on it. The only reason for his
having
lied, both in respect of the rape charge
and
of the murder charge, can only be to disguise or lessen his
implication in these offences.
The unanimous finding of the Court
is that the accused put the ligature around the deceased's neck with
the direct intention to
kill her. He is found guilty also on the
second count as charged."
In sy uitspraak op appellant se
aansoek om
verlof om te appelleer het die
geleerde regter beslis dat wat die verkragting betref daar geen
redelike vooruitsig bestaan dat h
ander hof sou kon vind dat die
oorledene tot gemeenskap toegestem het nie. Hy het egter soos volg
voortgegaan:
22
"However, as it stands, there
is a possibility
that the
intercourse took place post-mortem, in
which case the verdict
of guilty of rape would be inappropriate. There being that
possibility
there is some
prospect of success on appeal and
leave to appeal is granted
in respect of the conviction of rape."
Na my mening bestaan daar geen
redelike
moontlikheid
dat die oorledene dood was toe sy verkrag was nie. Appellant se
bewerings was deurgaans dat sy lewend was toe hy gemeenskap
met haar
gehad het. Volgens hom was sy daarna ook nog in staat om gedeeltelik
aan te trek en op die vlug te slaan. Die mediese
getuienis was ook
tot die effek dat sy lewend was toe sy met haar gordel verwurg was.
Prof Botha se bevinding was trouens dat daardie
verwurging die
oorsaak van die dood was. Daar was nooit enige suggestie dat
appellant met haar geslagsverkeer gehad het eers nadat
sy
weggehardloop en met die gordel gedood is nie. Daar is gevolglik geen
meriete in die app
è
l vir sovêr
dit teen die skuldigbevinding aan verkragting gerig is nie.
23
Drie
persone het getuig tydens die ondersoek na
die bestaan al dan
nie van versagtende omstandighede t.a.v. die moord, almal ten behoewe
van appellant. Hulle was appellant self,
dr John Dunn, 'n psigiater
in privaat-praktyk en prof Stephen Edwards, professor van Sielkunde
aan die Universiteit van Zoeloeland.
Dr Dunn was een van die twee
psigiaters wat op bevel van die landdros van Eshowe i.t.v. art 77(1)
van die Strafproseswet 1977,
appellant ondersoek het gedurende die
tydperk 4/8/1988-5/9/1988. Die verslae wat op daardie ondersoek
betrekking het, is bewysstukke
A, wat by die aanvang van die verhoor
ingedien is, M ('n duplikaat van A) N en O, wat deur dr Dunn
ingehandig is. 'n Verslag deur
'n maatskaplike werkster gedateer
23/8/1983 aangaande appellant, is ook deur sy pro deo advokaat, mnr
Kemp, ingehandig as bewysstuk
P.
Die volgende blyk kortliks uit
hierdie corpus van bewysmateriaal. Appellant se familielewe was nie
van
24
die beste nie. Hy het twee ouer
broers en 'n jonger sussie. Hy en sy familie het herhaaldelik van
woonplek verwissel. (Volgens die
verslag, bewysstuk P, was dit weens
die werksverpligtinge van sy vader, wat 'n bestendige werker was.)
Appellant en een van sy
broers het gereeld stokkies gedraai en
uiteindelik begin steel. Appellant se ouers was egter deurgaans
oor-beskermend teenoor hom.
Hy het deur die jare vanaf 11-jarige
ouderdom herhaaldelik in die moeilikheid beland. Hy was herhaaldelik
na Nywerheidsskole gestuur
maar het telkens daaruit gedros.
(Bewysstuk P was juis 'n verslag vir doeleindes van
drostersverrigtinge ingevolge art 54 van die
Kinderwet, no 33 van
1960. ) Telkens het hy by sy oom, Johannes Jacobs, op purban gaan
skuil. Die oom was self in die tronk vir
motordiefstal en hy en
appellant het gereeld saam gedrink en gesteel. Appellant het 'n reeks
vorige veroordelings, o.a. vir huisbraak
en diefstal, maar geen vir
gewelds- of geslagsmisdade nie.
25
Gedurende April 1985 is hy
gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf weens motordiefstal. Hy het sy
vonnis uitgedien in die geselskap
van "harde misdadigers".
Daarna is tronkstraf weer aan hom opgelê, dié keer op
Eshowe. Hy is uit die gevangenis
ontslaan op 30 April 1988 en het
daarna werkloos by sy ouers ingewoon tot 22 Julie 1988 toe hy vir die
onderhawige misdade arresteer
is. Terwyl hy verhoorafwagtend in
hegtenis was, het hy uit aanhouding ontsnap maar is spoedig weer
aangekeer. Dit blyk uit die
sielkundige verslag, bewysstuk O, dat
appellant slegs std 7 (Tegnies) op skool behaal het en dat sy
intelligensiepeil laag is (IK
71-84), maar dat die toetsresultaat 'n
onderskatting van sy vermoë is weens sy beskeie opvoedingspeil.
Dr Dunn en prof
Edwards was dit eens dat appellant
'n
psigopaat is met 'n uitgesproke graad van psigopatie. Dit is nie deur
die Staat betwis nie. Hulle was dit ook eens oor die hoofkenmerke
van
'n psigopaat
26
t.w. emosionele onvolwassenheid,
gevoelloosheid teenoor ander, onvermoë om deur ondervinding te
leer, swak impuls beheer en
gebrek aan insig met die daarmee
gepaardgaande impulsiwiteit van optrede sonder inagneming van die
gêvolge. Hulle het saamgestem
dat appellant se
intelligensiepeil heelwat laer was as wat van 'n persoon van sy
ouderdom verwag kan word. Prof Edwards het dit
gestel op dié
van 'n 16-jarige, maar het toegegee dat dit 'n "baie rowwe
skatting" (very rough estimate) is. Dr
Dunn het vir die rede
daarin gemeld, saamgestem met die stelling in die verslag, bewysstuk
0, dat die uitslag van die toetse 'n
onderskatting van appellant se
verstandelike vermoëns was, maar prof Edwards het van hom
verskil. Hulle was dit egter eens
dat appellant verstandelik tot 'n
mate onvolwasse is. Dr Dunn.het getuig dat appellant gedurende die
voormelde ondersoektydperk
'n merkwaardige mate van impulsbeheer
getoon het en die vermoë het om homself te beheer. Hy was ook
van mening dat toe
27
appellant die moord gepleeg het,
hy doelgerig gehandel het en nie impulsief nie. Prof Edwards het nie
daarmee saamgestem nie. Volgens
hom was daar wel h mate van
impulsiwiteit in appellant se optrede. Dat hy egter heelwat
onsekerheid daaroor gekoester het, blyk
uit die
volgende passasie in sy getuienis
toe hy tydens kruisondervraging deur Hugo R ondervra is:
"HUGO
J Isn't the probability Professor that he
strangled this girl because of his fear of
the
repercussions? ---
Yes.
Didn't he consider the
repercussions and try and avoid the repercussions by strangling her?
Doesn't that show some degree of planning,
of
forethought?
---
Yes,
I
would
think so.
Isn't that contrary to the normal
reaction of
the
psychopath?---No,
I
think
a psychopath
often is - does display a lot of
forethought and manipulative planning.
Is
that what you consider this to have been? --
-
No, not in this case.
I
can't
see it that way.
I
don't
understand it that way.
How do you see
it?
I
'm not
sure what
actually
happened and the accused - I've asked
the
accused and he' s not - he can' t explain it
clearly
and
I
don't know
whether
I
can,
you know, go by what he's saying."
Dr Dunn was van mening dat
appellant se psigopatie geen
28
rol by die pleging van die moord
gespeel het nie, maar prof Edwards het nie daarmee saamgestem nie.
Appellant het beweer dat hy
op die oggend van 21 Julie 1988 "taamlik
baie" dagga gerook het, dat hy daardeur kalmeer
was
en nog onder die invloed daarvan was toe hy oorledene
daardie
middag ontmoet het. Hierdie bewering is na my mening tereg soos volg
deur die hof verwerp:
"Wat die invloed van dagga
betref was dit 'n klaarblyklik impulsiewe gedagte aan die kant van
die beskuldigde toe hy daarna
gevra is. Daar is nooit gewag gemaak
van dagga of die invloed daarvan tydens sy getuienis nie. Dit is
alleenlik heel teen die einde
van sy getuienis ter versagting dat hy
op h suggestie van die hof dit aangegryp het as 'n moontlikheid. Die
invloed van dagga word
vir huidige doeleindes genegeer."
Die hof het egter aanvaar dat
appellant 'n swak
gesinsagtergrond het en "nie
aan die normale voordele van 'n gesonde gesinslewe blootgestel was
nie". Die hof het ook
in sy guns aanvaar dat hy 'n lae vlak van
intelligensie het en dat "'n mate van onvolwassenheid" by
29
hom teenwoordig was, alhoewel hy
nie die indruk van onvolwassenheid op die hof gelaat het nie.
Appellant se betreklike jeugdigheid
is ook in ag geneem. Die hof het
egter na oorweging van die uitspraak in
S v PIETERSE
1982 (3)
SA 768
(A) bevind dat appellant se psigopatie geen rol by die pleging
van die moord gespeel het nie. Dit is ook gevind dat die ander
voormelde
faktore nóg afsonderlik nóg kumulatief
appellant se morele verwytbaarheid versag of verminder het en
gevolglik nie
versagtende omstandighede was nie. Hierdie bevindings
is
soos volg gemotiveer:
"Die beskuldigde se gedrag in
die verlede soos uit die getuienis voor ons blyk, is gekenmerk deur
anti-sosiale optrede van
'n nie-gewelddadige aard. Daar is geen
getuienis voor
ons van 'n
besondere drang tot of seks óf geweld
nie. Inteendeel
sy hele geskiedenis, soos aan ons voorgelê, spreek tot die
teendeel. Dit is
ook die indruk
wat ek gekry het van Dokter Dunn
se getuienis. Sy lewenswyse
in die verlede
moes van so 'n
aard gewees het dat geweld op die
een of ander stadium vir hom
h opsie moes gewees het. Hy was blykbaar in staat om dit te bedwing.
Voor ons was sy optrede deurgaans
30
kalm en beheersd. Dit is ook die
indruk van
Dokter Dunn, soos ek
sy getuienis verstaan het.
In hierdie saak, soos in die
Pieterse
saak, meen ons dat daar geen verband bestaan tussen
die beskuldigde se psigopatie en die ten lasgelegde dade nie. Hierdie
was nie
'n impulsiewe uiting van geweld nie. Hoewel daar geen
langdurige vooruitbeplanning was nie was dit tog 'n daad wat gepaard
gegaan
het met 'n berekende optrede aan die kant van die beskuldigde.
Hy het die oorledene se lyfband van haar lyf gehaal, hy het dit om
haar nek vasgebind, hy het gesoek na, en h voorwerp
gekry
wat hy kon gebruik om die lyfband styf te
trek. Hy het dit
styf getrek. Alles dié is
aanduidend
daarvan dat dit 'n berekende optrede
aan sy kant was. Was
hierdie 'n geval van 'n verwurging deur sy hande kon die afleiding
moontlik in sy guns gemaak
gewees het dat dit 'n
impulsiewe geweld was. Daar is, na ons
insiens, geen aanduiding daarvan nie. Hoewel hy dus as psigopaat
geklassifiseer kan word,
hoewel ons nie twis met daardie bevinding
nie, is dit ons eenparige mening dat die psigopatie irrelevant was
tot die pleging van
die huidige misdaad.
Die
beskuldigde se IK is eweneens na ons mening hoewel laag, kousaal
irrelevant tot die pleging
van hierdie misdaad.
Die swak gesinsgeskiedenis van die
beskuldigde verduidelik tot 'n mate waarom die beskuldigde tot 'n
misdadige lewe oorgegaan het,
maar verskoon dit na ons mening nie,
nog minder het dit enige verband na ons mening, met die pleging van
die huidige misdaad.
31
Na ons mening dus is geeneen van
die faktore wat genoem is, individueel gesien, aan te merk as
versagtende omstandigheid nie. Ook
die kumulatiewe effek van al
hierdie faktore is
deur ons wel
deeglik oorweeg en het ons ook tot
die gevolgtrekking gekom
dat dit ook nie as versagtende omstandighede aangemerk kan word nie.
Tot die mate dat dit gesê kan
word dat
hierdie
faktore se teenwoordigheid wel 'n rol op
die
misdaad gespeel het, is ons van oordeel dat
daardie mate nie
die morele laakbaarheid van die beskuldigde verlaag nie en ons is dus
van mening dan daar geen morele verontskuldiging
van die beskuldigde
kan wees nie. Dit is dus ons eenparige bevinding dat daar geen
versagtende omstandighede by die beskuldigde
teenwoordig is nie."
Ek kan geen fout met hierdie
redenasie vind nie.
Mnr Kemp, wat
ook in die app
è
l voortreflik
namens appellant opgetree het, se
betoog is dat die verhoorhof met sy evaluering van die appellant se
lae vlak van intelligensie
en daarmee gepaardgaande onvolwassenheid
fouteer het deur te min waarde daaraan te heg en 'n wesenlike
wanvoorligting begaan het
deur te bevind dat appellant se psigopatie
geen rol by die pleging van die moord gespeel het nie. Mnr Kemp het
32
betoog dat die benadering van die
verhoorhof verkeerd was. Volgens hom sou die korrekte benadering wees
om uit te gaan van die vertrekpunt
dat die verkragting van en moord
op die oorledene die produk was van 'n onvolwasse persoonlikheid; dat
daardie onvolwassenheid
'n weerlegbare vermoede van verminderde
verwytbaarheid skep; dat dié vermoede nie deur die feite
weerlê is nie; en
dat die korrekte bevinding gevolglik moes
wees dat appellant se onvolwassenheid 'n versagtende omstandigheid
was. Hy het voorts
betoog dat appellant se psigopatie op 'n oorwig
van waarskynlikheid inderdaad op sy onvolwasse gemoed ingewerk het,
sy insig en
selfbeheersing verder verswak het, sy verwytbaarheid
sodoende verder verminder het en derhalwe h bykomstige versagtende
omstandigheid
was.
Hierdie betoog gaan nie op nie.
Appellant was reeds op die drumpel
van mondigwording toe hy oorledene vermoor het. Sy
33
onvolwassenheid skep geen vermoede
van verminderde verwytbaarheid nie. As 20-jarige het die bewyslas op
hom gerus om op 'n oorwig
van waarskynlikheid te bewys dat sy graad
van onvolwassenheid regtens 'n versagtende omstandigheid was. Dié
regsposisie
is soos volg uiteengesit deur Rumpff HR in
S v
LEHNBERG EN 'n ANDER
1975
(4) SA 553
A op 561 G-H:
"Dit beteken alleen dat 'n
tienderjarige prima facie as onvolwasse beskou word en op daardie
grond versagtende omstandighede
bevind kan word
tensy dit blyk dat die boosheid van sy daad sy
onvolwassenheid uitskakel. Veral sou jeugdigheid van 'n tienderjarige
as versagting
geld, indien ander
faktore weens sy jeugdigheid
sy persoonlikheid beïnvloed
het. Dit sou ook beteken dat 'n persoon van 20 jaar of ouer kan
aantoon, deur aanvaarbare getuienis,
dat hy dermate geestelik
onvolwasse was dat sy onvolwassenheid as versagting kan dien."
By die bepaling
van die effek van appellant se onvolwassenheid en van sy psigopatie
moet die verhoorhof en by app
è
l,
hierdie Hof ook - nie net die.psigiatriese en sielkundige getuienis
in ag neem nie maar ook die
34
feite op die meriete bewese, die
betroubaarheid van die appellant as getuie en die aard van sy bewese
optrede gedurende die relevante
tydperk. Dit is trouens die taak van
die verhoorhof en nie van psigiaters en sielkundiges nie, om op die
bewese feite te besluit
oor die bestaan al dan nie van versagtende
omstandighede.
S v HARRIS
1965 (2) SA 340
A 365 B-C;
S v
MNGOMEZULU
1972 (1) SA 797
(A) 798G-799A;
S v LAUBSCHER
1988 (1) SA 163
(A) 17U-172F en
S v VAN DER MERWE
30/3/89
(Appêlhof) op p 50-51.
Die
benadering van hierdie Hof tot die vraag of 'n
verhoorhof se
bevinding aangaande versagtende omstandighede korrêk of
verkeerd was, is onlahgs
herkonstateer
in
S v McBRIDE
1988 (4) SA 10
(A) op 18-19.
Bondig gestel is dit dat in die
afwesigheid van wanvoorligting of onreëlmatigheid hierdie Hof
alleen dan met so 'n bevinding
sal inmeng as dit een is waartoe geen
redelike hof kon geraak het nie en dat hierdie Hof nie sy
35
eie siening in die plek van die
verhoorhof se bevinding kan stel slegs omdat hy nie daarmee saamstem
nie. In die onderhawige saak
stem ek saam met die bevinding van die
verhoorhof en met voormelde motivering daarvan. Daar was geen
wanvoorligting of onreëimatigheid
nie. Die vraag aangaande die
bestaan al dan nie van versagtende omstandighede moet beslis word
deur die waarskynlikhede voortvloeiende
uit die bewese feite te
oorweeg. Dit is algeheel onwaarskynlik dat die oorledene die voorstel
gemaak het dat sy en appellant in
die bos moet ingaan. Dit is ewe
onwaarskynlik dat sy haar feitlik goedsmoeds "poedelnakend"
(appellant se eie woord)
voor appellant sou uittrek, veral waar sy
haar maandstonde gehad het. Op daardie stadium van hul lewens is die
verskil tussen 'n
jong man wat amper mondig is en 'n skoolmeisie wat
nog nie 15 is nie, baie groot en is dit hoogs waarskynlik dat dit die
manlike
ouere is, en nie die vroulike jongere nie, wat die leiding
sal neem. Ek is tevrede dat dit op die
36
waarskynlikhede inderdaad is wat
gebeur het. Appellant se optrede was na my mening deurgaans berekend
en doelgerig, al was sy oorspronklike
bedoeling denkbaar nie
verkragting nie maar slegs 'n intieme vryery. Die feit dat sake na
die verkragting vinnig verloop het en
binne ongeveer vyf minute
afgespeel het, regverdig nie die gevolgtrekking dat appellant toe
impulsief opgetree het nie. Hy het
inteendeel vinnig 'n aantal
berekende alternatiewe opsies oorweeg en toegepas oor hoe om die
skielike krisis te hanteer wat vir
hom ontstaan het toe die oorledene
sê dat sy haar moeder gaan vertel wat hy aan haar gedoen het.
Hy het aanvanklik met haar
geredeneer en probeer oortuig om dit nie
te doen nie. Eers daarna, toe sy op die vlug geslaan het om van hom
weg te kom en die
onmiddellike gevaar hom in die gesig gestaar het
dat sy tog aan haar moeder gaan rapporteer, het hy haar te lyf gegaan
en doodgemaak
om daardie gevaar te vermy. Deur haar lyk te verberg,
het hy doelbewus
37
hy daardeur
inderdaad 'n groter kans gestaan om moeilikheid te vermy. Dit was
deurgaans berekende, doelgerigte en volwasse optrede.
Die
kwesbaarhede van sy onvolwassenheid en psigopatie het klaarblyklik
geen rol by dié optrede gespeel nie en kon gevolglik
nie sy
verwytbaarheid verminder nie. Die oorblywende faktore was ook nie
genoeg om dit te bewerkstellig nie. Die bevinding van
die verhoorhof
was op die bewese feite goed gefundeer en moet gevolglik bly staan.
Die app
è
l word afgewys.
M T STEYN AR
VAN HEERDEN AR)
NIENABER WAR)