S v Ncaphayi en Andere (6/89) [1990] ZASCA 44 (5 April 1990)

78 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder and Public Violence — Appellants convicted of murder and public violence in connection with the death of Albert Nkumbi and damage to his property — Appellant 9's conviction for public violence set aside due to insufficient evidence linking him to the crime — Court finds mitigating circumstances for Appellant 9 regarding the murder conviction, resulting in a sentence reduction from death penalty to 18 years imprisonment — Other appellants' convictions for public violence also overturned, while murder convictions upheld with sentences adjusted.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 44
|

|

S v Ncaphayi en Andere (6/89) [1990] ZASCA 44 (5 April 1990)

Saak nommer 6/89 E du P
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APP
è
LAFDELING)
In
die
saak tussen:
MXOLISIE NCAPHAYI
Eerste
Appellant
NONTLOPEKO MADOLO
Tweede
Appellant
VUZUMSI JACK
Derde
Appellant
RICHARD YEBE
Vierde
Appellant
ELVIS NELANI
Vyfde
Appellant
MAGI SIYOKO
Sesde
Appellant
SAMSON BOOYSEN
Sewende
Appellant
BENNET SONAMZI
Agste
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram:
HOEXTER, STEYN et F
H GROSSKOPF ARR.
Verhoordatum:
Leweringsdatum:
27 November 1989.
5
April 1990.
2
U
I
T S P R A A K
F H
GROSSKOPF AR:
Ek het die
voorreg gehad om die uitspraak van my ampsbroeder
STEYN
te lees en ek stem saam met sy bevindings ten aansien van appellante
1 tot en met 7, asook met sy voorgestelde bevele in paragrawe
1 en 3
ten opsigte van daardie appellante. Wat appellant 8 (hierna
beskuldigde 9 genoem) betref, verskil ek egter met respek van
sekere
van sy bevindings, asook van dievoorgestelde bevel in paragraaf
2
ingevolge waarvan die app
è
l van
beskuldigde 9 van die hand
gewys moet word.
Vir die redes hieronder
uiteengesit, het die verhoorhof na my oordeel vir beskuldigde 9 ten
onregte aan openbare geweld (aanklag 2)
skuldig bevind en moet sy
skuldigbevinding en vonnis op daardie aanklag tersyde gestel word.
Wat aanklag 1 betref, is ek van mening
dat beskuldigde 9 tereg aan
moord skuldig bevind is, maar vir die redes wat later volg, is ek
egter van oordeel dat die verhoorhof
3
fouteer het
deur te bevind dat daar nie op 'n oorwig van
waarskynlikhede aangetoon is dat daar versagtende omstandighede was
nie. Beskuldigde
9 se app
è
l teen die
bevinding dat daar geen versagtende omstandighede by die moord was
nie, moet myns insiens dus gehandhaaf word. Dit
bring
verder mee dat 'n gepaste vonnis vir die moord oorweeg
moet
word.
Die Staat se saak van openbare
geweld teen beskuldigde 9 berus op die getuienis van sersant Meyer en
konstabel Nelani. Nelani betrek
beskuldigde 9 egter veel meer by die
pleging van die openbare geweld as wat Meyer doen. Volgens Nelani het
hy gedurende die namiddag
van 24 Desember 1985 die dorpsgebied van
Kwezi agterop 'n bakkie binnegery om die meubels van die oorledene en
sy eggenote te gaan
oplaai. Sersant Meyer en adjudant-offisier
Hattingh het die bakkie in 'n Landrover gevolg. Die bakkie het naby
die ingang van die
dorpsgebied stilgehou sodat die Landrover hulle
kon inhaal. Terwyl hulle daar wag, het Nelani vir
4
beskuldigde 9 na die bakkie sien
aangeloop kom. Beskuldigde 9 het 'n knopkierie en 'n fluitjie by hom
gehad. Hy het by die venster
voor in die bakkie ingeloer waar die
oorledene se eggenote gesit het. Nelani het beskuldigde 9 gevra of hy
hom met iets kan help,
maar beskuldigde 9 het nie geantwoord nie. Hy
het omgedraai, die fluitjie geblaas en met die . kierie al swaaiend
weggehardloop.
Volgens Nelani was die Landrover op daardie stadium
slegs ongever 10 tot 12 meter "agter hulle eh moes Meyer vir
beskuldigde
9 gesien het. Meyer maak egter geen melding in sy
getuienis van so 'n voorval nie. Daar is geen bewering dat Meyer dit
nie gesien
het nie, en geen verduideliking waarom hy dit sou verswyg
het as hy dit wel gesien het nie.
Nog merkwaardiger is die wesenlike
verskille wat daar bestaan tussen die weergawes van Nelani enersyds
en Meyer andersyds met betrekking
tot die omstandighede waaronder
beskuldigde 9 by die oorledene se huis opgedaag het. Volgens Meyer se
getuienis het hy en beskuldigde
9
5
ongeveer gelyktydig by die
oorledene se huis aangekom. Beskuldigde 9 met met 'n knopkierie in
die hand uit 'n systraat te voorskyn
gekom en in die straat voor die
oorledene se huis gedans. Tot sover stem Meyer en Nelani se getuienis
ooreen. Nelani getuig egter
verder dat beskuldigde 9 aan die voorpunt
van 'n groep volgelinge uit die
systraat gekom het, en dat die volgelinge vryheidsliedere gesing het
en klippe met hulle saamgedra
het. Daarvan maak Meyer geen melding
nie.
Daar is ook verdere verskille
tussen die onderskeie weergawes van Meyer en Nelani. Nelani, het bv.
getuig dat Meyer die hele tyd in
die Landrover bly sit het, terwyl
Meyer self beweer het dat hy buite die Landrover gestaan het toe
hulle daar by die oorledene se
huis was.
Die Staat het geen verduideliking
vir al hierdie botsende weergawes aangebied nie, en na my mening word
die betroubaarheid van hierdie
getuienis daardeur geaffekteer. Myns
insiens kan daar nie sonder behoorlike stawing met veiligheid op die
weergawe van Nelani gesteun
word vir sover
6
hy beskuldigde 9 by die pleging
van openbare geweld betrek nie. Wat die dansery voor die oorledene se
huis betref, steun Meyer en
Nelani mekaar egter oor en weer.
Beskuldigde 9 het self ook getuig dat hy met 'n kierie by die
oorledene se huis opgedaag het, maar
hy het die dansery voor die huis
ontken. Aangesien Meyer en Nelani mekaar in hierdie opsig staaf, kan
dit egter aanvaar word dat
beskuldigde 9 wel so opgetree het.
Die afleiding kan gemaak word dat
beskuldigde 9 deur middel van hierdie dansery voor die oorledene se
huis die skare tot openbare
geweld probeer aanhits het, maar na my
mening is dit nie die enigste redelike afleiding wat daar van al die
getuienis gemaak kan
word nie. Dit blyk dat Meyer, Nelani en
beskuldigde 9 so te sê gelyktydig by die oorledene se huis
arriveer het. Daarna was
beide Meyer en Nelani vir 'n geruime tyd
saam met beskuldigde 9 op die toneel waar die openbare geweld gepleeg
is. Indien beskuldigde
9 inderdaad probeer het om 'n groep oproeriges
tot openbare
7
geweld aan te
hits, sou mens een of ander vorm van meer doelgerigte optrede aan sy
kant verwag het wat onmiskenbaar daarop sou dui.
N
ò
g
Meyer nog Nelani maak egter enige
melding van verdere optrede aan
die kant van beskuldigde 9 wat hoegenaamd op openbare geweld dui.
Na my oordeel
regverdig die aanvaarbare getuienis nie die afleiding, as enigste
redelike afleiding, dat beskuldigde 9 die gemeenskaplike
doel gehad
het om die oorledene se huis aan te val en aan die brand te steek
nie. Die getuienis is na my mening eweneens ontoereikend
om tot die
gevolgtrekking te kom dat beskuldigde 9 'n medepligtige was wat hom
bewustelik met die pleging van die misdaad van openbare
geweld
verenselwig het, of wat bewustelik hulp verleen het om die pleging
van daardie misdaad te bevorder. Beskuldigde 9 se app
è
l
teen sy skuldigbevinding en vonnis op aanklag 2 (openbare geweld)
moet gevolglik gehandhaaf word.
Die verhoorhof se skuldigbevinding
van beskuldigde 9 aan openbare geweld was sekerlik 'n verswarende
faktor wat teen beskuldigde 9
in aanmerking geneem was toe die vraag
na
8
versagtende omstandighede in sy
geval oorweeg was. Daardie openbare geweld het die moord van die
oorledene voorafgegaan en was immers
gerig teen die oorledene, sy
huis en sy besittings. Beskuldigde 9 was trouens beskou as een van
die hoof aanhitsers tot geweld. Waar
hierdie skuldigbevinding aan
openbare geweld nou wegval, en nie langer by die beoordeling van
versagtende omstandighede enige rol
speel nie, moet sy posisie
heroorweeg word in die lig van die veranderde omstandighede. Die
morele verwytbaarheid van beskuldigde
9 moet, soos in die geval van
die ander appellante wie se doodvonnisse tersyde gestel word,
beoordeel word teen die agtergrond van
die destydse onrus-situasie in
die land, en die toestand van verdeeldheid, spanning en vyandigheid
wat ten tye van die pleging van
die misdaad in die gemeenskap van
Kwezi geheers het. Teen daardie agtergrond was daar na my oordeel ook
in die geval van beskuldigde
9 versagtende omstandighede aanwesig en
hoef die doodvonnis ook nie in sy geval opgelê te word nie. In
die
9
lig van beskuldigde 9 se ouderdom
(hy was 31 jaar oud toe die misdaad gepleeg is), en die rol wat hy by
die pleging van die moord
gespeel het, sal dit na my mening egter
gepas wees om hom 'n lang termyn van gevangenisstraf op te lê.
Beskuldigde 9 se doodvonnis
op aanklag 1 (moord) moet gevolglik
tersyde gestel word en vervang word met 'n vonnis van 18 jaar
gevangenisstraf.
Die volgende bevele word derhalwe
gemaak:
1.
Die
app
è
l van die vierde
appellant
(beskuldigde 5) slaag en sy
skuldigbevindings
en vonnisse op albei
aanklagte word
tersyde gestel;
2. Die appelle van eerste, tweede,
derde,
vyfde, sesde, sewende en agste appellante
(beskuldigdes
1, 2, 3, 6, 7, 8 en 9)
slaag gedeeltelik, en wel soos volg:
2.1 Die skuldigbevindings en
vonnisse van
eerste, tweede, derde, sesde en agste
appellante
(beskuldigdes 1, 2,3, 7 en
9) op die tweede aanklag
(openbare
geweld) word tersyde gestel;
2.2 Die appelle van eerste,
tweede, derde,
vyfde, sesde, sewende en agste
appellante
(beskuldigdes 1, 2, 3, 6, 7, 8 en 9) teen
10
hulle skuldigbevidings op die
eerste aanklag (moord) word van die hand gewys;
2.3
Die
app
è
lle van eerste, derde,
sewende
en agste appellante
(beskuldigdes 1, 3,
8 en 9) teen die
bevinding dat daar in
hulle gevalle geen versagtende
omstandighede
by die moord aanwesig was
nie, en teen
hulle doodvonnisse op die
eerste aanklag
(moord), slaag. Daardie
vonnisse word
tersyde gestel en znet die
volgende
vervang:
Eerste appellant (beskuldigde 1)
- 10 jaar gevangenisstraf;
Derde appellant (beskuldigde 3) -
12 jaar
gevangenisstraf;
Sewende appellant (beskuldigde 8)
- 15 jaar gevangenisstraf;
Agste appellant (beskuldigde 9) -
18 jaar gevangenisstraf;
2.4
Die
app
è
lle van tweede, vyfde en
sesde
appellante (beskuldigdes 2, 6 en
7) teen
die vonnisse van 18 jaar
gevangenisstraf
aan elkeen van hulle
opgel
ê
op
die eerste
aanklag (moord) slaag.
Daardie vonnisse
word tersyde gestel en vervang met
vonnisse
van 10 jaar gevangenisstraf elk.
F H GROSSKOPF AR. HOEXTER, AR
Stem saam
SAAKNOMMER: 6/89
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APP
è
L
AFDELING
)
In die saak tussen:
MXOLISIE
NCAPHAYI
Appellant
no1
NONTLOPEKO
MADOLO
Appellant
no 2
VUZUMSI
JACK
Appellant
no
3
RICHARD
YEBE
Appellant
no
4
ELVIS
NELANI
Appellant
no
5
MAGI
SIYOKO
Appellant
no
6
SAMSON
BOOYSEN
Appellant
no
7
BENNET SONAMZI
Appellant
no
8
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
:
HOEXTER,
STEYN et F H GROSSKOPF, ARR.
AANGEHOOR
: 3 en 27 NOVEMBER
1989
GELEWER
: 5 APRIL 1990
UITSPRAAK
2
STEYN, AR.
Op 4 Mei 1987 het appellante en 'n
jong vrou, Nomakula Mnyamana, in die Spesiale Hof te Grahamstad,
tereggestaan voor Le Roux Wn.R.
en twee assessore, op twee aanklagte,
t.w. moord en openbare geweld, wat albei gespruit het uit 'n voorval
op die namiddag van 24
Desember 1985 te Kwezi, die swartwoonbuurt by
Hanover in die Kaapprovinsie. Ene Martin Holland was, as beskuldigde
no 4, saam met
hulle aangekla, maar hy was afwesig by die aanvang van
die saak en die verhoor het in sy afwesigheid voortgegaan. Hy sou
blykbaar
later apart verhoor word. Die nommers van die beskuldigdes
het egter onveranderd gebly. Appellante 1-3 was onderskeidelik
beskuldigdes
1-3 en appellante 4-8, beskuldigdes 5-9. Nomakula
Mnyamana was beskuldigde no 10. Geriefshalwe sal steeds na appellante
verwys word
as beskuldigdes volgens hul bogaande nommers.
3
Dit is beweer dat die beskuldigdes
op voormelde datum en plek vir Albert Nkumbi (die oorledene) vermoor
(klagte 1) het en openbare
geweld (klagte 2) gepleeg het deur
onwettiglik met ander persone te vergader en die oorledene se
woonhuis te 68 Kwezi opsetlik met
klippe en petrolbomme te beskadig
ter uitvoering van 'n gemeenskaplike doel om die openbare vrede en
sekuriteit te versteur of inbreuk
te maak op die regte van andere.
Die klagstaat is aangevul deur nadere besonderhede wat op versoek van
die verdediging deur die Staat
verskaf is.
Die nege oorblywende beskuldigdes
was almal verteenwoordig deur mnre Tshabalala en Mncwabe en het almal
op albei aanklagte onskuldig
gepleit sonder enige
pleitverduidelikings ingevolge art 115 van die Strafproseswet, no 51
van 1977. Na afloop van die verhoor is
beskuldigde no 10 (Nomakula
Mnyamana) op albei aanklagte onskuldig bevind. Die bevindings t.a.v.
die ander beskuldigdes was soos
volg:
4
Beskuldigdes 1, 2, 3, 7 en 9
skuldig op albei klagtes. Beskuldigde no 5 skuldig aan strafbare
manslag op klagte 1 en skuldig op klagte
2. Beskuldigdes 6 en 8
skuldig op klagte 1 en onskuldig op klagte 2.
Dit was gemene saak dat die
ouderdomme van dié oorblywende beskuldigdes (die agt
appellante) op 24 Desember 1985 die volgende
was.
- 18 jaar en 10 maande,
- 19 jaar en 2 maande,
- 21 jaar,
- 26 jaar,
- 19 jaar en 7 maande,
- 18 jaar (geb op 17/12/1967),
- 33 jaar, en
- 31 jaar.
Na aanhoor van getuienis deur mev
Evelyn Rasmeni ('n onderwyseres op Kwezi), prof Manganyi en dr
Simpson, het die hof bevind dat weens
hul ouderdomme daar t.a.v. die
5
moordklag versagtende
omstandighede was in die gevalle van beskuldigdes 2, 6 en 7, maar dat
geen versagtende omstandighede bewys is
t.a.v. beskuldigdes 1, 3, 8
en 9 nie. Die hof het bevind dat beskuldigde no 1 in weerwil van sy
jeugdigheid die moord uit inherente
boosheid gepleeg het. Op klagte 2
is beskuldigdes 1, 2 en 7 gëvonnis tot 5 jaar gevangenisstraf
elk en beskuldigdes 3, 5 en
9 tot 6 jaar. Op die moordklag is
beskuldigdes 1, 3, 8 en 9 ter dood veroordeel; beskuldigdes 2, 6 en 7
is elk gevonnis tot 18 jaar
gevangenisstraf en beskuldigde 5 tot 5
jaar (vir strafbare manslag), welke vonnisse van gevangenisstraf
saamlopend uitgedien moet
word met dié opgelê t.a.v.
klagte 2. Die beskuldigdes het aansoek gedoen om verlof om te
appelleer teen hul skuldigbevindings
en vonnisse en dat h spesiale
aantekening op die oorkonde aangebring word ingevolge art 317 (1 )
van die Strafproseswet, no 51 van
1977, en om kondonasie van hul
versuim om diê aansoeke betyds te
6
doen. Die aansoeke is aangehoor op
11 April 1988. Die aansoek om kondonasie is toegestaan t.a.v. verlof
om teen die skuldigbevindings
en vonnisse te appelleer maar geweier
t.a.v. die spesiale aantekening. Verlof is daarna toegestaan aan
beskuldigde no 1 om teen die
doodvonnis aan hom opgelê te
appelleer (en gevolglik ook teen die bevinding dat daar in sy geval
geen versagtende omstandighede
was nie). Origens is die aansoeke om
verlof om te appelleer op die meriete geweier. Ek handel later met
die gronde vir en verloop
van sake t.a.v. die aangevraagde spesiale
aantekening. Met verlof van hierdie Hof appelleer die beskuldigdes
nou teen hul skuldigbevindings
en vonnisse op albei klagtes (en
derhalwe ook in die gevalle van beskuldigdes 1, 3, 8 en 9, teen die
bevinding dat daar, wat hulle
betref, geen versagtende omstandighede
was nie).
Tydens die verhoor op die meriete
het agt persone namens die Staat getuig. Drie van hulle was lede
7
van die Suid-Afrikaanse Polisie op
Hanover, te wete sers Anton Michael Meyer, wat tydelik op Hanover
diens gedoen het, en konstabels
D M Nelani en Petrus Booysen. Die
ander staatsgetuies was dr Renier Basson, distriksgeneesheer vir
Richmond en Hanover; Richard Mhlaba,
Betty Nkumbi (oorledene se
vrou). en Charlotte en William Nkumbi (onderskeidelik 'n suster en 'n
broer van die oorledene), almal
van Kwezi. (Laasgenoemde drie getuies
sal hierna slegs by hul voorname genoem word.) Al die beskuldigdes
het getuig, asook twee ander
persone, t.w."Shorty" Jantjies
van De Aar (namens beskuldigde no 7) en April Favour van Kwezi
(namens beskuldigde no 8).
Uit die erkende en onbetwiste
feite blyk die volgende. Kwezi is 'n klein gemeenskappie waarvan die
meeste lede aan mekaar bekend is.
As gevolg van die wydverspreide
onrus in die RSA gedurende 1985 het daar ook onderlinge onenigheid en
selfs vyandigheid ontstaan
tussen die inwoners van Kwezi en is
verskeie woonhuise
8
aldaar
afgebrand. As gevolg daarvan het die gewese voorsitter van die Kwezi
bestuurskomitee (ook die "burgemeester" genoem),
ene
Mhlaba, met sy volgelinge uit die swartwoonbuurt uitgewyk na 'n
gebied nader aan die blanke dorp waar hulle in tente gehuisves
is en
onder polisie beskerming geplaas is. Dié gebied het as die
"tentedorp" bekend geword en die inwoners daarvan
as die
"tentemense". Onder die inwoners wat in Kwezi agtergebly
het was 'n groep wat as die "Comrades" bekend
was. Die 25
jarige oorledene was 'n vriend van die "oud-burgemeester",
maar aanvanklik het hy en sy familie nie ook na
die tentedorp
verskuif nie. Sy vrou, Betty, het steeds bly woon in hul woonhuis te
68 Kwezi. Oorledene was werksaam op Secunda in
die Oos-Transvaal en
het slegs gedurende vakansietye huis toe gekom. In Desember 1985 het
hy oudergewoonte huis toe gegaan. Hy het
toe besluit om ook
na die
tentedorp te verhuis. Op die namiddag van
Dinsdag,
24 Desember 1985, tussen 16h00 en 17h00, het
9
sers Meyer,
konstabel Nelani en adjudant-offisier Hattingh, ook van die SA
Polisie op Hanover, op versoek van oorledene en sy vrou,
met 'n
Landrover en 'n bakkie na oorledene se woning in Kwezi gegaan om
hulle behulpsaam te wees met die verskuiwing van hul besittings
na
die tentedorp. Met hul aankoms was daar reeds 'n groep van
±
50
mense in die straat voor die huis.
Terwyl hulle besig was om van
oorledene se meubels in die straat op die bakkie te laai het die
skare vinnig aangegroei. Konstabel
Nelani het toe vertrek met die
volgelaaide bakkie na die tentedorp. Kort daarna het Hattingh en
Meyer ook vertrek om versterkings
te gaan haal. Oorledene en sy vrou
is by hul huis agtergelaat sonder enige polisiebeskerming. Persone in
die skare het hul huis aangeyal
met klippe en aan die brand gesteek.
Skade ten bedrae van R8 000,00 is daardeur aan die huis en die
oorblywende inhoud daarvan berokken.
Oorledene het uit die huis
gevlug en weggehardloop gevolg op baie
10
kort afstand
deur sy broer William, wat by die oorledene se huis opgedaag het net
toe oorledene daaruit padgegee het. Hulle is gevolg
deur h gedeelte
van die skare wat hulle met klippe bestook het. Van die agtervolgers
het ook geskree dat oorledene gestop moet word.
Uiteindelik -
toe oorledene en William reeds buite Kwezi was op
pad na die tentedorp - is oorledene neergevel deur 'n klip gegooi
deur 'n persoon
wat van vooraf te voorskyn gekom het. In William se
onmiddellike teenwoordigheid is oorledene verder aangerand deur die
klipgooier
en ook deur sekere van die voormelde agtervolgers, o.a.
met
klippe en skerp instrumente, soos bv
pangas, terwyl hy op
die grond gel
ê
het. Toe di
é
aanranding nog aan die gang was het William vertrek nadat hy deur 'n
vrou daarop attent gemaak is dat hy aan die rug gewond is, iets
waarvan hy algeheel onbewus was. (Dit was h steekwond
waarvoor
hy dieselfde aand op Richmond behandel is en wat
chirurgies
geheg moes word.)
11
Kort na William se vertrek het
sers Meyer die oorledene gevind; hy was nog lewendig en het op sy
maag alleen in die veld gelê
ongeveer 20 m van die naaste Kwezi
woonhuise af. Om hom het 17 klippe van verskillende groottes gelê;
meeste van hulle had
skerp kante of hoeke, en van hulle was met bloed
bevlek. (Hulle is deur Sers Meyer bymekaar gemaak en is tydens die
verhoor deur
hom ingehandig as Bewysstuk 1.) Meyer het oorledene in
die polisievoertuig van die toneel verwyder en hom laat neem na dr
Basson
se spreekkamer in Hanover waar hy in 'n sterwende toestand
deur die geneesheer ontvang is. (dr Basson het gewoon en gepraktiseer
op Richmond maar het ook op Hanover 'n spreekkamer gehad waarheen hy
twee keef per week gegaan het. Hy was op die punt om na Richmond
te
vertrek toe die oorledene na hom gebring is.) Daar was nie voldoende
fasiliteite op Hanover om die oorledene enigsins effektief
te
behandel nie en dr Basson het hom onverwyld
12
per ambulans na die hospitaal op
Richmond laat vervoer en het in sy eie voertuig saam gery. Oorledene
het egter op pad soontoe gesterf;
hy was in werklikheid reeds
reddeloos toe dr Basson hom op Hanover ontvang het.
Op die volgende dag, kersdag, 25
Desember 1985, is 'n vergadering gehou in die A.M.E. Kerk in Kwezi,
waarvan ene eerw Tini die voorsitter
was en waarop die aanval op
oorledene se huis en sy dood bespreek is. Betty, Charlotte en William
was ook daarop teenwoordig.
Op 27 Desember 1985 het dr Basson
'n lykskouing op oorledene uitgevoer en 'n nadoodse verslag opgestel
wat hy bevestig en ingehandig
het. Dit is Bewysstuk A. Die oorsaak
van oorledene se dood was "skok weens bloedverlies weens
veelvuldige beserings". Die
oorledene was soos volg beseer.
Skaaf en kneuswonde aan sy gesig, aan die agterkant van sy regter
skouer en van albei hande, asook
aan die voorkant van albei bene. Die
palms van albei hande en al die vingerpunte was vol klein
13
oppervlakkige laserasies, en daar
was 'n fraktuur van die linker middelvinger. Daar was 17 diep
laserasies (almal kaphoue) aan die
gesig en kop, sommige waarvan deur
die skedelbeen gedring het met onderliggende bloedings van die
breinweefsel. Dié aan die
gesig was soos volg. Tussen die oë,
aan die bokant van die neusbrug, was 'n 2 cm x 3 cm laserasie wat nie
deur die skedel is
nie. Aan die linker voorkop was daar egter h 2 cm
x 2 cm laserasie wat die skedel deurdring het, en aan die linkerwang
h 3 cm-diep
laserasie wat die wangbeen deurboor het en die linker
maksillêre sinus vernietig het.
Die kaphoue op die ander dele van
oorledene se kop wat ook die skedel deurdring het, was só
geleë - een elk agter die
regter en linker ore, een aan die
linker agterkop en een bo-op die kop. Aan die regterkant van
oorledene se rug (aan die agterkant
van sy borskas) was ook drie diep
kaphoue (elkeen 3 cm x 4 cm en 5 cm diep) wat deur die 9de, 10de en
11de tussen-rib spasies gegaan
14
het, groot bloedvate afgesny het
en aldrie tot binne-in die lewer ingedring het. Die deursnyding van
die bloedvate het erge bloedverlies
tot gevolg gehad. Hierdie drie
verwondings was die hoof oorsaak van die dood, maar die kaphoue wat
die skedel deurdring het was bydraende
oorsake daarvan. Volgens Dr
Basson was die ergste aanranding aan die agterkant van oorledene se
liggaam en was die kaphoue wat die
lewer binnegedring het toegedien
met 'n voorwerp wat 'n groot lem had, soos bv 'n panga. Die ander
kaphoue is insgelyks toegedien
met skerp voorwerpe soos messe of
klippe met skerp kante. Oorledene se gebreekte vinger en beserings
aan sy hande en vingerpunte
was aanduidend van pogings deur hom om
houe af te weer en kruipend van sy aanranders weg te kom. Dr Basson
se gevolgtrekking t.a.v.
die aard van die aanranding op oorledene en
die oogmerk van sy aanranders, was die volgende:
"... dit was een van die
ergste tipe
15
aanrandings toegedien op 'n mens
wat ek nog gesien het in hierdie tydperk wat ek distriksgeneesheer
was, en dit is - 'n mens kry die
idee dat dit aanhoudend met brutale
geweld toegedien is. Die hoofdoel van die geweld wat toegedien is, is
om hierdie man te vernietig,
met ander woorde, om hom dood te maak.
Hierdie gevolgtrekking word bevestig deur die veelvuldige aard van
die beserings wat opgelet
is en ook deur die mate van geweld wat
gebruik is [en] daardie houe wat toegedien is, om dit te veroorsaak."
Hierdie gevolgtrekking en dr
Basson se bevindings en
getuienis as geheel, is nie deur
die verdediging betwis
nie.
Dit is uit hoofde van die
voorgaande duidelik
dat sekere persone inderdaad
openbare geweld gepleeg het,
en oorledene vermoor het met die
direkte opset om te
dood. Dit
was trouens gemene saak tussen die Staat en
die verdediging, soos blyk uit die
volgende passasie in
die uitspraak:
"The issue in this case is
one of identity. At the outset of his argument, Counsel for the
accused stated that it was common
cause: (a) That on 24th December,
1985 a crowd of
16
people
assaulted the deceased with the common purpose intentionally to kill
him.
(b) That
on the same day at Kwezi location, persons assembled unlawfully with
the common intent forcibly to disturb the public peace
or security or
to invade the rights of other persons; and that these people acted in
concert unlawfully and intentionally damaging
the house of Albert
Nkumbi by stoning and petrol bombing the said house.
We agree
with Counsel.
Counsel
also submitted that having regard to
all the
evidence the State failed to prove that any one of the accused
participated in these
acts."
Die
korrektheid van daardie opmerkings is tereg nie
tydens
die beredering van hierdie app
è
l
bevraagteken nie.
Die kernvraag is
gevolglik wie by die voorval as daders
of
medepligtiges betrokke was.
Sekere van
die beskuldigdes is anersyds deur Betty en Charlotte as sulks betrek
by die aanval op oorledene se huis en andersyds deur
Betty, William
en Konstabel Nelani by die aanranding op oorledene nadat hy van sy
huis af aan die weghardloop was. Die beskuldigdes
17
het almal egter ontken dat hulle
enigsins die huis aangeval of oorledene aangerand het. Beskuldigde no
1 het beweer dat hy daardie
middag 'n passasier was in 'n voertuig
deur Richard Mhlaba (nie die "oud-burgemeester" nie)
bestuur, en dat diê hom
op sy versoek in die omgewing van die
oorledene se huis afgelaai het. Hy wou na sy vriendin gaan. Hy het 'n
skare gesien wat naby
die oorledene se huis vergader het maar het
ontken dat hy soontoe wou gaan of gegaan het of geweet het waarom
hulle daar vergader
het. Hy het na sy vriendin gaan soek wat in 'n
nabygeleë huis gewoon het. Sy was nie tuis nie en hy het toe
huistoe gegaan en
daar gebly. Hy het beweer dat die skare niks gedoen
het terwyl hulle in sy sig was nie, en dat hy niks met die voorval te
doen gehad
het nie. Beskuldigdes 2, 3, 6 en 9 het weliswaar erken dat
hulle daardie middag in die straat voor oorledene se huis was terwyl
'n
skare daar vergader het, maar het ontken dat die skare dreigend
was of enigiets onwettigs gedoen het
18
terwyl hulle
daar was. Hulle het almal beweer dat hulle weer daarvandaan wegbeweeg
het terwyl die skare nog heel vreedsaam daar verkeer
het en dat hulle
ook niks met die voorval te doen gehad het nie. Beskuldigde no 5 het
beweer dat hy op 24 Desember 1985 twee kamers
in sy huis
uitgeverf
het en hom daarna tuis so dronk gedrink het met drank deur sy vrou
verskaf dat hy sy bewussyn verloor het
en
eers die volgende oggend, nog steeds ten volle gekleed, op sy bed
wakker geword het, en niks met die voorval te doen gehad het
nie.
Beskuldigdes 7 en 8 het
albei ook beweer
dat hulle niks daarmee te doen gehad het
nie.
Albei het beweer dat hulle tydens die voorval nie op Hanover was nie.
Beskuldigde no 7 het beweer dat hy
gedurende
die tydperk 21-27 Desember 1985 by ene "Shorty"
Jantjies
op De Aar gekuier het, en di
è
het sy
bewering bevestig. Beskuldigde no 8 het beweer dat hy en sy vrou op
23 Desember 1985 na De Aar was om kers-inkopies te doen
en op die nag
van 23-24 Desember oornag het by die
19
suster van ene April Favour, nadat
hulle nie daarin kon slaag om 'n geleentheid terug na Hanover te kry
nie. Beskuldigde no 8 het
voorts beweer dat hy, sy vrou en April
Favour die hele volgende dag gepoog het om so 'n geleentheid te kry
maar eers om ongeveer
19h00 op 24 Desember daarin geslaag het, toe hy
en sy vrou en April Favour gelyktydig in aparte voertuie opgelaai is.
Hulle het eers
om ongeveer 20h00 daardie aand in Hanover teruggekom.
April Favour het hierdie bewerings gestaaf.
Die verhoorhof het die getuienis
van William en konstabel Nelani aanvaar. Die getuienis van Betty en
Charlotte is met groot omsigtigheid
benader maar is nogtans aanvaar
waar dit deur ander betroubare getuienis gestaaf is. Die getuienis
van sers Meyer aangaande die teenwoordigheid
van sekere van die
beskuldigdes in die skare by oorledene se huis is ook aanvaar. Die
weergawes van appellante en die twee ander
verdedigingsgetuies is
egter verwerp. Beskuldigde no 10, wat ook ontken het dat
20
sy daardie middag by oorledene se
huis was, is onskuldig
bevind o.a omdat Betty se
getuienis dat sy wel daar was
nie gestaaf is nie. (Betty het
egter nie beweer dat
beskuldigde no 10 ook aan die
aanval op oorledene se huis
deelgeneem het nie.) Beskuldigde
no 6 is onskuldig
gevind op die tweede aanklag in
weerwil van sy erkenning
dat hy op die toneel was. Die
redes daarvoor is soos
volg in die uitspraak uiteengesit:
"As far as accused no. 6 is
concerned, Counsel conceded that he was a hopeless witness. So much
so that in re-examination Counsel
had to elicit evidence that he was
unintelligent. Accused no. 6 placed himself on the scene at the
house. He also saw nobody there
whom he recognised except Constable
Nelani. He tried to discredit Nelani but Nelani's evidence took his
participation in the crime
no further than
he himself did. There is no
evidence that accused no. 6 did anything at the house but play his
tape recorder. Betty originally
testified that accused no.'s 10
and 6 picked up stones, but did not adhere to that evidence during
cross-examination. She only saw
accused no. 6 there and she puts him
inside the yard. Her evidence in this regard is uncorroborated and we
are not prepared to find
that accused no. 6 was inside the yard. The
possibility of
21
mistaken identity in his case is
too great. He was, however, at the scene of the killing. Both Betty
and William saw him there. His
evidence that he left the scene at the
house to go back to his home is rejected. Had he been an innocent
bystander it is most improbable
that he would have left this unusual
scene. The whole incident could not have lasted more than a couple of
minutes. His evidence
about his meeting with his father and
subsequent events are totally unconvincing. Neither his father nor
his mother gave evidence
on his behalf.
We considered whether the fact
that he took part in the assault on the deceased is not sufficient
evidence to draw an inference that
he made common cause with the
crowd at the house. It is, however, possible that he only decided to
join in when the chase started.
In this regard Mr. Tshabalala
referred us to the case of
R v CELE & OTHERS
, 1958(1) S.A.
p. 144 (N) at p. 153 B to C."
Die verhoorhof het om die volgende
redes Betty
en Charlotte se getuienis met
sulke omsigtigheid benader.
Hulle het hulself en mekaar in
sekere materiële opsigte
weerspreek en daar is ook
verskille tussen hulle
weergawes en dié van sers
Meyer en konst Nelani en in
Betty se geval ook dié van
William. Die hoofrede vir die
22
hof se houding was egter die feit
dat daar klaarblyklik
wesenlike verskille was tussen
hulle getuienis en sekere
belangrike nadere besonderhede tot
die klagstaat wat
ongetwyfeld van hul
polisieverklarings afkomstig was.
(Dit is onnodig vir doeleindes
hiervan om daardie
verskille uiteen te sit.) Dit was
gevolglik duidelik dat
daar belangrike verskille was
(soos bedoel in
S v XABA
1983 (3) SA 717
(A) 729) tussen
hulle getuienis en
daardie verklarings. In weerwil
daarvan het die
staatsaanklaer nie gemelde
verklarings aan die
verdediging beskikbaar gestel nie.
In die uitspraak is
die volgende daaromtrent gesê:
"Far more serious is the
discrepancy between their evidence regarding the actions of accused
no.'s 5 and 7 and the further particulars
and the discrepancy between
their evidence regarding the stoning of the house and Meyer's
evidence that no stoning took place in
his presence.
As to the first, one must accept
that either one or both, in their original police statements,
attributed the throwing of the stone
onto the dressing table to
accused no. 5.
23
The fact that both now say that
accused no. 7 acted in that way, tends to indicate some collusion or
discussion. One would have expected
the State Prosecutor to disclose
a material divergence from the witnesses' statements. He, however,
informed the Court that he had
not compared the original statements
with the Further Particulars. He said in addition that there was no
material departure by the
witnesses from the statements taken from
them in Grahamstown prior to the trial. According to him the latter
statements were taken
because of the incompleteness of the original
statements.
In our view this communication
does not assist the State at all. No evidence was led to clarify this
aspect and we are left with a
doubt as to the credibility of these
two witnesses. This is one of the reasons why we should scrutinize
their evidence against all
the accused with great caution."
(Slegs 'n paar verskille is hier
genoem. Hulle is egter
aanduidend van die aard van meeste
van die ander,
ongenoemde, verskille.)
Appellante se aansoek om die
aanbring van
voormelde. spesiale aantekening is
gegrond op die
verhoorhof se besluit om Betty en
Charlotte se getuienis
in aanmerking te neem in weerwil
van die staatsaanklaer
24
se
versuim om hul vorige verklarings aan die verdediging
beskikbaar
te stel. By die beredenering van die app
è
l
het mnr Tyler, wat namens die Staat
opgetree het, betoog
dat geen verlof deur
hierdie Hof verleen was aan die
beskuldigdes
om die spesiale aantekening aan te bring nie
en
dat dit gevolglik nie geopper kan word nie. In die alternatief het hy
betoog dat di
é
aantekening nooit op
die oorkonde aangebring is nie en dat daar
geen
kennisgewing van app
è
l
daaromtrent is nie. Mnr Melunsky,
wat,
bygestaan deur mnr Tshabalala, die app
è
l
namens
appellante beredeneer het, se
teenbetoog was dat verlof
wel deur hierdie
Hof toegestaan is om die spesiale
aantekening
aan te bring en alternatiewelik, dat die
onre
ë
lmatigheid
waarteen die aantekening gemik is, so duidelik is ex facie die
oorkonde dat dit nie nodig was
om die
aantekening formeel te doen nie.
Die
app
è
l is aanvanklik beredeneer op 3
November 1989 maar is weens gebrek aan tyd
uitgestel tot
25
27 November terwyl mnr Tyler nog
aan die woord was. By
hervatting op laasgenoemde datum
het hy sy beswaar t.a.v.
die spesiale aantekening tereg
laat vaar. Ek het insae
gehad in die aansoek na hierdie
Hof om verlof om te
appelleer. Daarin is ook pertinent
aansoek gedoen om
kondonasie van bogenoemde versuim
en om die aanbring van
die spesiale aantekening. Ten
aansien van al die
voormelde aansoeke is algemene en
ongekwalifiseerde
verlof verleen om te appelleer
teen die skuldigbevindings
en vonnisse.
By die voormelde aansoek aan
hierdie Hof is
die aansoek aan
die verhoorhof ook ingesluit as
'n
aanhangsel. In laasgenoemde word
die onreelmatigheid
waarop die aangevraagde spesiale
aantekening gegrond was,
só geformuleer:
"... the failure of the State
Counsel to disclose State witnesses' statements when they differed
from the evidence ..."
Die motivering van dié
aansoek lui o.m. so:
26
"...the evidence of State
witnesses differed
materially from the further
particulars
furnished by the State.
... in view of the aforegoing one
would have
expected State Counsel to disclose
a material
divergence from the witnesses'
statements.
It is submitted that failure by
the State
Counsel to disclose the statements
not only
affected the credibility of the
State witnesses
but amounted to a failure of
justice."
In die aansoek aan hierdie Hof is
die volgende
verder daaroor gesê:
"It is further submitted that
merely drawing unfavourable inferences against witnesses does not
serve to cure the irregularity
as actual cross-examination of
witnesses on their statements might lead the court to reject the
witnesses' testimony in toto."
Die betrokke onreëlmatigheid
is, soos reeds genoem,
duidelik ex facie die oorkonde van
die saak, en die
grondslag van appellante se
beswaar daarteen is ook
duidelik geformuleer in die
voormelde aansoeke. In die
lig van die aard en omvang van die
verlof aan appellante
deur hierdie Hof verleen, is dit
na my oordeel duidelik
dat die voormelde onreëlmatigheid
daarby ingesluit is;
27
m.a.w. dat die kondonasie wat ten
aansien daarvan
aangevra is, aan appellante
verleen is en dat verlof aan
hulle verleen is om ook teen
daardie onreëlmatigheid te
appelleer. Dit was gevolglik
onnodig om 'n spesiale
aantekening daaromtrent aan te
bring.
R v NZIMANDE
1957
(3) SA 772
(A) 773-774;
R v
JANTJIES
1958 (2) SA 273
(A)
275 A-B;
S v XABA
, supra,
op 731 H.
In sy uitspraak t.a.v. die aansoek
om
kondonasie en verlof om te
appelleer, het die geleerde
regter o.m. die volgende gesê
aangaande vermelde
onreëlmatigheid.
"
S v XABA
1983 (3) SA
717
(AD) makes it clear that the failure of the State prosecutor to
disclose prior inconsistent statements amounts to an irregularity.
Although the State prosecutor gave us the assurance that no serious
discrepancies appeared from the statements he had taken, one
must
accept, because of the difference between the evidence and the
further particulars, that there are discrepancies between the
police
statements and the evidence. There was no request at the trial for
the state prosecutor to obtain and disclose those statements.
However, the
28
possible
discrepancies were fully debated insofar as these witnesses were
cross-examined on the differences between their evidence
and the
further particulars.
I
cannot speculate at this stage as to what
would have happened had those statements
been
disclosed, but because of these
discrepancies,
we drew an unfavourable
inference against the
two State witnesses
Charlotte and Betty."
Mnr Tyler
(wat nie in die verhoor opgetree het
nie) het
betoog dat dit aanvaar kan word dat Betty en
Charlotte
van hul polisieverklarings afgewyk het slegs in
die
opsigte waarin hulle getuienis van die nadere
besonderhede
verskil het. Hy het voorts betoog dat hulle
t.a.v. al
daardie verskille deur die verdediging ondervra
is en dat
die beskuldigdes gevolglik nie wesenlik
benadeel
is deur die versuim van die destydse aanklaer om
dié
twee getuies se gemelde verklarings aan die
verdediging
beskikbaar te stel nie. Die benadering van
die
verhoorhof was derhalwe nie verkeerd nie. Dié betoog
gaan nie
op nie. Dit is blote spekulasie, en dus
gevaarlik,
om te aanvaar dat daar geen ander afwykings
29
tussen die getuienis van Betty en
Charlotte en hul polisieverklarings is nie, en ook om te aanvaar dat
hulle genoegsaam kruisondervra
is op die verskille wat soos voormeld
aan die lig gekom het. Daardie verskille is wesenlik en dit moes vir
die aanklaer duidelik
gewees het dat hul bron dié twee getuies
se oorspronklike verklarings was. Die plig van 'n aanklaer in só
'n geval
behoort nou reeds welbekend te wees omdat dit al meermale in
duidelike terme oor vele jare deur hierdie Hof uiteengesit is. 'n
Aanklaer
moet die vorige verklaring van die betrokke getuie aan die
verdediging beskikbaar stel sodat die geloofwaardigheid van die
getuie
behoorlik getoets kan word deur kruisondervraging met behulp
van daardie verklaring. In gevalle soos die onderhawige waar dit aan
die lig kom dat die wesenlike verskille tussen h getuie se weergawe
in die hof en nadere besonderhede tot die klagstaat, te wyte
moet
wees aan afwykings tussen die getuie se oorspronklike verklaring en
sy getuienis tydens
30
die verhoor, is 'n aanklaer nie
van sy voormelde plig onthef deur sonder goeie rede te versuim om
daardie verklaring na te gaan en
met die betrokke nadere besonderhede
te vergelyk nie. So 'n versuim sou ten minste op nalatigheid neerkom,
en hy kan nie toegelaat
word om ten nadele van 'n beskuldigde agter
sy eie nalatigheid te skuil nie. 'n Aanklaer is ook nie van daardie
plig onthef deur
eenvoudig die standpunt in te neem dat daar geen
verskil is tussen die getuie se latere verklaring en sy weergawe in
die hof nie.
In so 'n geval bly staan die afwyking tussen daardie
weergawe en die nadere besonderhede, en is dit dan ook duidelik dat
die getuie
minstens twee verskillende verklarings afgelê het.
Blote onvolledigheid van 'n vorige verklaring verduidelik ook nie
werklik
wesehlike verskille tussen die feitebewerings wat wel in so
'n onvolledige verklaring vervat is en dié in die getuie se
latere
verklaring en getuienis nie. In so 'n geval (waar daar twee
botsende
31
verklarings is) is dit die plig
van 'n aanklaer om albei verklarings aan die verdediging te openbaar
en beskikbaar te stel. Afwesigheid
van 'n versoek deur die
verdediging om beskikbaarstelling van die afwykende verklaring (en
waar dit die geval is, van onderling botsende
verklarings), onthef 'n
aanklaer allermins van sy voormelde plig tensy die verdediging bv.
bewus gemaak is van die bestaan van sulke
verklarings en te kenne
gegee het dat beskikbaarstelling daarvan nie verlang word nie. Dit
was nie in die onderhawige saak die geval
nie.
Geen rede is verstrek vir die
aanklaer se versuim om die vorige verklarings van Betty en Charlotte
na te gaan en met die betrokke
nadere besonderhede te vergelyk nie.
Hierdie ontstellende verskynsel noop my om die onlangse samevatting
van daardie plig en die
bondige uiteensetting van die grondslag
daarvan deur Botha AR. in
S v XABA
, supra, op 728-729 te
herhaal in die hoop dat dit sodoende beter inslag onder regslui sal
vind as wat
32
blykbaar tot nog toe die geval
was. Dit lui so:
"It is clear, therefore, that
when a State witness gives evidence from which a serious discrepancy
emerges between that evidence
and a prior statement made by the
witness to the police, the prosecutor has no choice; he is obliged to
disclose that fact and apart
from special circumstances which are not
relevant here, to make the statement available to the defence for the
purposes of cross-examination
of the witness. It is equally clear
that a
prosecutor's duty of disclosure in
these circumstances is one of the rules or principles of procedure
which must be adhered to in
a criminal trial in order to ensure that
the accused has a fair trial and that justice is done.
It follows that the failure of a
prosecutor to observe this duty is an irregularity in the proceedings
for the purposes of s. 317
(1) of the Act. ...
It must be borne in mind that the
rationale of the rule reguiring disclosure of a previous inconsistent
statement is to provide a
safeguard against the danger of an accused
being convicted on the evidence of a witness who is not a credible
and reliable witness."
33
Daar is in die onderhawige geval
geen suggestie van enige spesiale omstandighede wat die
nie-openbaarmaking van die betrokke verklarings
sou kon regverdig het
nie. Die versuim van die aanklaer om die aanvanklike en latere
verklarings van Betty en Charlotte aan die verdediging
beskikbaar te
stel, was gevolglik 'n materiële onreëlmatigheid in die
verrigtinge.
Dit is egter moeilik om vas te
stel presies wat die geleerde regter se beskouing daaromtrent was.
Dit wil my egter voorkom (ook op
grond van wat hy gesê het in
die hierbo aangehaalde passasie in sy uitspraak t.a.v. die aansoek om
verlof om te appelleer),
dat dit die volgende was. Daar was inderdaad
verskille tussen Betty en Charlotte se getuienis en die nadere
besonderhede tot die
klagstaat, en daardie verskille was klaarblyklik
afkomstig van hul oorspronklike verklarings. Daar was egter geen
versoek deur die
verdediging om openbaarmaking en beskikbaarstelling
van daardie verklarings nie. Die
34
moontlike verskille ("possible
discrepancies") tussen die gemelde verklarings en die nadere
besonderhede was ten volle gedebatteer
("were fully debated")
in dié mate dat Betty en Charlotte kruisondervra was oor diê
verskille, en daar kan
nie gespekuleer word oor wat sou gebeur het as
die verklarings geopenbaar was nie. Hierdie oorwegings affekteer die
geloofwaardigheid
van dié twee getuies tot so 'n mate dat die
hof genoop is om hul weergawes met omsigtigheid te benader. Maar
hulle getuienis
kan, met daardie voorbehoud, nogtans saam met die
ander gelewerde getuienis in aanmerking geneem word. Dit is dan ook
wat die verhoorhof
gedoen het. Hierdie beskouing is foutief en die
geleerde regter het daardeur 'n regsdwaling begaan en hom op die
feite wesenlik wanvoorgelig.
Sonder om te weet wat in die
oorspronklike verklarings staan is dit onmoontlik om te kan sê
dat die gemelde verskille "ten
volle gedebatteer" is deur
middel van dié mate van kruisondervraging waartoe die
35
verdediging in staat was met die
beperkte middele tot hul beskikking. Juis omdat daar nie gespekuleer
kan word oor wat sou gebeur
het (d.w.s. hoe o.a. die
kruisondervraging van die getuies sou verloop het) indien die
betrokke verklarings beskikbaar gestel was
aan die verdediging nie,
was dit onmoontlik om te kon bevind dat die getuienis van Betty en
Charlotte enigsins aanvaarbaar was. Die
redelike moontlikheid kan hie
uitgesluit word dat hul geloofwaardigheid vernietig kon word d.m.v.
kruisondervraging met behulp van
daardie verklarings nie. Hul
getuienis behoort gevolglik geheel en al buite rekening gelaat te
gewees het by oorweging van die vraag
of die Staat daarin geslaag het
om die skuld van die beskuldigdes bo redelike twyfel te bewys. Deur
dit nie te gedoen het nie het
die geleerde regter h wesenlike
regsdwaling begaan. Die wyse waarop die aangeleentheid nou benader
moet word is ook deur Botha AR.
uiteengesit in
S v XABA
,
supra, op 735-736. Onder die omstandighede
36
meen ek dit is gepas om dit ook te
herhaal. Dit lui so:
"In considering the appeal
regard must be had to the proviso to s. 322 (1 ) of the Act, in terms
of which the accused's convictions
and sentences are not to be set
aside by reason of the irregularity unless it appears to this Court
that a failure of justice has
in fact resulted from the irregularity.
The irregularity in guestion here is not of the kind that per se
vitiated the proceedings
as in
S v MOODIE
1961 (4) SA 752
(A);
it is of the kind, as in
S v NAIDOO
1962 (4) SA 348
(A), which
requires consideration of the guestion whether on the evidence and
credibility findings unaffected by the irregularity
there was proof
of the accused's guilt beyond reasonable doubt in accordance with the
test laid down in
S v YUSUF
1968 (2) SA 52
(A) at 57 C-D (See
MASINDA'S
case, supra, [
S v MASINDA EN 'n
ANDER
1981 (3) SA 1157
(A)] at 1162D-1163C)."
Die geleerde regter moes ook
hierdie benadering gevolg
het.
Ek handel nou met die oorblywende
(d.w.s. die.
"onaangetaste")
getuienis, en sal begin met di
é
t.a.v.
die tweede aanklag omdat dit
betrekking het op die
voorspel tot die moordklag. Soos
reeds genoem, is
beskuldigdes 1, 2, 3, 5, 7 en 9 op
hierdie klag skuldig
37
bevind. Beskuldigdes 2, 3 en 9 het
trouens erken dat hulle by of naby die skare voor oorledene se huis
was. Mnr Tyler het nietemin
toegegee dat beskuldigdes 1, 2, 3, 5 en 7
nie op die oorblywende getuienis aan openbare geweld skuldig bevind
kan word nie. Hy het
egter betoog dat die skuld van beskuldigde no 9
op klag 2 steeds op dié getuienis bo redelike twyfel bewys is.
In weerwil van mnr Tyler se
toegewing t.a.v. beskuldigdes 1, 2, 3, 5 en 7, handel ek kortliks ook
met die getuienis teen dié
vyf beskuldigdes op die tweede
aanklag om sodoende die verloop van die gebeure behoorlik kronologies
in perspektief te stel en omdat
daardie getuienis ook van belang is
op die moordklag.
Richard Mhlaba het getuig dat
terwyl hy met beskuldigde no 1, Mxolisie Ncaphayi, as passasier in sy
voertuig pm ongeveer 16h45-16h50
op 24 Desember 1985, op pad terug
was van 'n sekere winkel, hulle 'n skare voor oorledene se huis
opgemerk het; dit was nie 'n vreedsame
38
skare nie; daar is bv na oorledene
se huis deur hulle geskree dat "hy moet uitkom". Hy en
beskuldigde no 1 het mekaar afgevra
wat daar aan die gang is.
Beskuldigde no 1 het hom versoek om stil te hou omdat hy "soontoe
wou gaan", beduiende na die
skare. Hy het stilgehou. Beskuldigde
no 1 het uitgeklim en vinnig in die rigting van die skare aangestap.
Richard Mhlaba het toe
aangery huis toe, maar nie by die skare verby
nie. Weens die houding en gedrag van die skare sou hy nie gewaag het
om sy voertuig
naby hulle te bring nie. Beskuldigde no 1 was reeds
verby die ingange na sy vriendin se woning en was steeds op pad na
die skare,
toe hy uit Richard se gesig verdwyn het.
Richard Mhlaba is gestaaf deur 'n
verklaring wat beskuldigde no 1 op 29 Desember 1985 aan sersant Meyer
gemaak het. Die toelaatbaarheid
van dié verklaring is betwis.
Na 'n tussenverhoor het die hof egter beslis dat dit toelaatbaar is.
Dit is bewysstuk C. Die
korrektheid
39
van daardie beslissing is nie voor
hierdie Hof betwis
nie. Dié verklaring lui só:
"Op 1985-12-24 om ongeveer
17h00 het ek [en] Swartman Richard Mahlaba vanaf Pops motorhawe gekom
na my ma se huis te 202 Kwezi,
Hanover (K). By die E M E kerk te
Kwezi woonbuurt het ek [en] Swartman Richard Mahlaba 'n groot groep
mense in die straat gesien,
voor swartman Albert Nkumbi se huis,
asook 'n Land Rover patrolliewa en 'n 1400 Datsun bakkie. Swartman
Richard Mahlaba het toe sy
motorkar gaan bêre
en ek het langs die kerk bly
staan.
Ek het later gesien dat die Land
Rover en die Datsun bakkie gery het. Swartman Vuzumsi Jack het toe na
vore gekom en langs die draad
voor die huis gaan staan en 'n
petrolbom na die huis gegooi, ek het net gesien dat die venster van
die huis gebrand het en later
het hy en nog ander swartmense die
ruite van die huis met klippe stukkend gegooi. Swartman Albert Nkumbi
@ Tosman het toe by die
huis uitgehardloop gekom en sy suster
Swartvrou Nowente Nkumbi het dieselfde tyd met 'n rakplank by die
huis uitgekom.
By die hekkie het Tosman se broer
Swartman William Nkumbi probeer [om] hom te vang maar Swartman
William Nkumbi het gegly en op sy
hande en knieë geval met sy
gesig na onder toe. Terwyl hy so gestaan het ek gesien dat Swartman
Tosman hom twee maal op sy kruis
met 'n mes gesteek. Swartman Mokkie
Holland het toe die plank by Swartvrou Nowente afgevat. Ek weet nie
wat hy daarmee gedoen het
nie. Swartvrou
40
Nowente het toe ook probeer om vir
Tosman te keer maar hy het haar toe met 'n mes in haar linkerhand
gesteek. Swartman Tosman het
toe in die straat afgehardloop en 'n
hele spul swartmense het hom agterna gesit. Ek het toe na die
Swartman Bennet Tini se huis gegaan.
Dit is al wat ek kan verklaar."
Die hof het Richard Mhlaba geglo,
en het bevind dat beskuldigde no 1 se verklaring, bewysstuk C, hom
betrek by die aanval op oorledene
se huis. Na my mening is dit nie so
nie. Daarvolgens was hy slegs 'n toeskouer (al was dit dan ook
volgens Richard, 'n baie nuuskierige
een). Daar is niks in dié
oorblywende getuienis wat hom met die aanval op die huis verbind nie.
Beskuldigde no 2, Nontlopeko
Madolo, het, soos reeds genoem, erken dat sy na oorledene se huis
gegaan het en 'n skare daar sien staan
het. Haar getuienis was soos
volg. Sy het op die namiddag van 24 Desember 1985 na kouse gaan kyk
by ene, Nomile Kani, se huis. Terwyl
sy daar was het Nomile se seun
kom sê dat daar 'n bakleiery buitkant was. Sy en ander daar
teenwoordig het
41
uitgehardloop. Sy het mense sien
hardloop na oorledene se huis. Sy en dié by haar het ook
soontoe gegaan. Sy het by die A.M.E.
Kerk, 'n endjie weg van die
huis, gaan staan. Daar was 'n groot skare voor oorledene se huis maar
geen bakleiery nie. Die skare het
net daar gestaan. Sy het geen
musiek of singery gehoor nie. Sy het niemand in die skare herken nie.
'n Bakkie en 'n "van"
het voor oorledene se huis gestaan.
Haar oom, konstabel Nelani, was by die bakkie. Persohe was besig om
goed uit oorledene se huis
te bring en op die bakkie te laai. Sy het
nie vir konstabel Nelani gevra wat aangaan nie omdat dit nie "in
haar belang was"
om dit te doen nie. Sy het na 'n rukkie alleen
weggegaan terwyl die bakkie nog daar gestaan het. Sy is toe na haar
oom se huis. Geen
ander oorblywende getuienis betrek haar by die
gebeure voor oorledene se huis nie.
Beskuldigde no 3, Vuzumsi Jack, 'n
ongeletterde, met 'n treffende, erg verbrande, gesig, het as
42
ghriesjoggie in Bloemfontein
gewerk, maar sy mense was in Kwezi. Hy was tuis by hulle vir die 1985
kersvakansie. Op die namiddag van
24 Desember het hy na sy tante
gegaan om 'n kersgeskenk ("christmas box") by haar te gaan
kry. Op pad soontoe het hy in
die straat voor oorledene se huis verby
geloop. Twee voertuie, 'n bakkie en 'n "van", was in die
straat voor die huis geparkeer.
Oorkant die straat was 'n dansende
skare. Hy hetook musiek gespeel deur 'n bandmasjien gehoor. Hy het
geen notisie van die skare
of die huis geneem nie en maar net
verbygeloop. Hy het niemand by die voertuie en geen polisie op die
toneel gesien nie. Hy ken sy
mede-beskuldigdes, maar het geen een van
hulle daar gesien nie en niemand in die skare herken nie. Hy het nie
ag geslaan op die bui
van die skare nie. Hy het aangeloop na sy tante
toe. Sy was nie tuis nie maar het na 'n rukkie teruggekom en sy
geskenk aan hom gegee.
Hy is toe langs 'n ander roete na 'n vrou wat
hom geld geskuld het. Sy was ook nie tuis nie en hy
43
is toe maar huistoe en is nie weer
na oorledene se huis nie. Geen oorblywende getuienis verbind
beskuldigde no 3 met die gebeure by
oorledene se huis nie.
Beskuldigde no 5, Richard Yebe, se
weergawe is reeds hierbo uiteengesit. Hy is wel deur sersant Meyer en
konstabel Nelani verbind
met die gebeure by oorledene se huis, maar
slegs tot 'n beperkte mate. Sersant Meyer het getuig dat toe hy om
ongeveer 17h00 daardie
namiddag in die Landrover by oorledene se huis
aangekom het, was beskuldigde no, 5 in die groep van ongeveer 50
mense wat toe reeds
daar was. Hy het 'n rooi pet op gehad. Meyer het
hom toe reeds vir ongeveer 'n maand geken. Hy het beskuldigde no 5
niks sien doen
of hoor sê nie. Van die persone in die skare,
wat vinnig tot ongeveer 400 aangegroei het, het egter sersant Meyer
en sy kollegas
aangesê om binne drie minute daar pad te gee,
maar hulle het daar gebly en toegesien dat die eerste vrag meubels in
die bakie
gelaai word. Daarna het die bakkie vertrek
44
met konstabel Nelani agterop.
Meyer en Hattingh het toe in die Landrover gaan sit. Daarna het van
die skare die voertuig begin skud,
op die dak en teen die kante
daarvan geslaan en dit met klippe gegooi. Hy en Hattingh het vertrek
om versterkings te gaan haal. Die
skare het die voertuig agterna
gesit en steeds klippe daarna gegooi. Meyer het beskuldigde no 5
egter nie by hierdie optredes van
die skare betrek nie; hy het
trouens in verband daarmee glad nie sy naam genoem nie. Meyer het ook
getuig dat voor sy vertrek daar
nog geen aanval op oorledene se huis
was nie.
Konstabel Nelani het getuig dat
beskuldigde no 5, met wie se suster hy getroud is, na hom gekom het
vanuit die skare en aan hom gesê
het dat "julle impimpi's"
(d.w.s. berriggewers, verraaiers, ens.) binne drie minute uit Kwezi
moet padgee. Die skare het
gedans en "vryheidsliedere"
gesing, t.w. "die soort liedere wat mense sing as hulle van plan
is om die polisie en
andere
45
aan te val" (aldus Nelani).
Die skare was "onvriendelik", maar het nie toe al
gewelddadig opgetree nie. Hy het by die
voertuie gestaan om hulle te
beskerm. Na 'n rukkie het die bakkie, met meubels gelaai, na die
tente dorp vertrek. Nelani het agterop
gesit om 'n wakende oog oor
die vrag te hou. Met sy vertrek het van die persone in die skare rond
gespring en gesê "daar
gaan die impimpi weg".
Beskuldigde no 5 was egter nie een van hulle nie. Voor Nelani vertrek
het was daar nog geen aanval op
oorledene se huis nie.
Beskuldigde no 7, Magi Siyoko, se
weergawe is eweneens reeds hierbo uiteengesit. Hy is slegs deur
konstabel Nelani verbind met die
gebeure by oorledene se huis, en dit
ook slegs in die stadium voordat daar enige aanval op die huis was.
Nelani het getuig dat terwyl
hy by die bakkie voor oorledene se huis
gestaan het, was beskuldigde no 6 ook in die skare en het hy musiek
op sy bandspeler gespeel
(daar sal later, by die oorweging van
46
die getuienis op die moordklag
pertinent gehandel word met die getuienis t.a.v. beskuldigde no 6).
Nelani het tikkend met sy voet
maat gehou met die musiek. Beskuldigde
no 7, wat hy reeds meer as 20 jaar ken en met wie hy saam groot
geword het (Nelani was tydens
die verhoor 30 jaar oud), het vanuit
die skare na vore getree en die klankreguleerder van die bandspeler
na 'n laer klanksterkte
afgedraai met die woorde "geen impimpis
sal hier dans nie", blykbaar verwysende na Nelani se maat hou
met die musiek. Kort
daarna is Nelani weg soos reeds beskryf.
Selfs indien die getuienis van al
vyf voormelde beskuldigdes (en in die geval van no 7, ook van
"Shorty" Jantjies) verwerp
word en die oorblywende
staatsgetuienis t.a.v. hulle op klag 2 in toto aanvaar word, is daar
na my mening nogtans geen bewys bo redelike
twyfel dat beskuldigdes
1, 2, 3, 5 en 7 enige aandeel gehad het aan die geweldpleging by
oorledene se huis nie. Die redelike
47
moontlikheid dat hulle slegs
toeskouers (al is dit dan ook geesdriftige toeskouers) daarvan was,
is nie uitgesluit nie. Hulle skuldigbevindings
op die tweede aanklag
kan gevolglik nie bly staan nie.
Beskuldigde no 9, Bennet Sonamzi,
het soos reeds genoem, ook erken dat hy op die toneel was. Sy
weergawe van hoe dit gekom het dat
hy daar was is soos volg. Hy het
daardie middag 'n kierie gaan haal by ene Nolinge waarmee hy na 'n
besnydenisplegtigheid by die
woning van 'n sekere Madikane in Kwezi
wou gaan. Dit was 'n knopkierie. Mans wat sulke plegtighede bywoon
moet volgens volksgewoonte
kieries dra. Terwyl hy in Jupiterstraat
van Nolinge na Madikane aan die loop was het hy by die Nkumbi
ouerhuis verbygegaan. Ene Andries
Stadhouer, wat daar besig was met
bouwerk, het hom ingeroep en om tabak gevra wat hy hom gegee het.
Oorledene se broer, William,
was ook daar en was ook met die bouwerk
besig. William het vir hom, no 9, daar
48
gesien. Hy het vir ongeveer 15 min
daar vertoef en toe weer na Madikane aangeloop met dieselfde straat.
Hy het die kierie soos 'n
wandelstok vasgehou, met sy hand oor die
knop.Hy het twee voertuie en baie mense (±100-150) voor
oorledene se huis sien staan.
(Later, tydens kruisondervraging, het
hy egter gesê dat hy vanuit 'n systraat in Jupiterstraat
ingekom het en toe die voertuie
en mense voor oorledene se huis
gewaar het.) Die voertuie was 'n bakkie en 'n polisievoertuig.
Sersant Meyer het agter laasgenoemde
voertuig met A/O Hattingh staan
en praat. Konstabel Nelani het 'n vuurwapen vasgehou en in die bakkie
gesit wat met goed gelaai was.
(Vir hom was Nelani 'n "gogga";
hy het hom gevrees omdat Nelani hom tevore al aangerand het i.v.m. 'n
aanrandingsaak wat
hy, no 9, teen ene Mike aanhangig gemaak het. Hy
is daarna valslik daarvan aangekla dat hy Mike se huis aangeval het.
Hy was daaraan
skuldig bevind en tot tronkstraf gevonnis. Hy was
steeds daarvoor in
49
die gevangenis toe hy in die
onderhawige saak getuig het.) Hy het nie by oorledene se huis vertoef
nie en het in die middel van die
straat aangeloop. Terwyl hy so aan
die verbyloop was het die bakkie rukkend weggetrek. 'n Onderdeel van
'n gasstoof het afgeval.
Hy het dit opgetel en op die bakkie
teruggeplaas. Die skare het nie gesing of gedans nie. Hulle het net
staan en kyk na die verwydering
van die goed uit oorledene se huis.
Hy het wel musiek gehoor maar kon nie vasstel of dit van 'n radio of
van 'n bandspeler afkomstig
was nie. Hy het niemand gevra wat by
oorledene aan die gang was nie omdat hy nie daarin belanggestel het
nie. Hy ken al die beskuldigdes
van sien maar het niemand in die
skare herken nie. Hy het aangeloop na Madikane se plek en daar saam
met ander gesit en vleis eet.
Ongeveer 15 min nadat hy daar arriveer
het, het hy gehoor mense in die straat skree dat daar 'n brand is. Hy
het uitgegaan en rook
gewaar in die rigting van oorledene se huis. Hy
het soontoe gegaan.
50
Die huis
was aan die brand. Die voertuie was nie meer daar nie. Hy het gemerk
dat 'n eetkamervenster gebreek was. Hy het die brand
help blus en het
gehelp keer dat dit nie na die aangrensende huis versprei nie. Hy het
ontken dat hy enigiets met die aanval op oorledene
se huis te doen
gehad het.
Die
oorblywende getuienis teen beskuldigde no 9 op hierdie klag is dié
van sersant Meyer en konstabel Nelani. Nelani het getuig
dat hy op
die namiddag van 24 Desember 1985 agter op die bakkie was toe dit met
Betty Nkumbi, wat voor gesit het, op pad was van
die polisiestasie in
Hanover na oorledene se woning om die meubels en ander besittings
daar te gaan oplaai. Nelani was op sy knieë
en het vorentoe
gekyk. Die bakkie was voor en die Landrover agter. Naby die NG Kerk
in Kwezi het die bakkie stilgehou sodat die Landrover
dit kon inhaal.
Net nadat dit tot stilstand gekom het, het beskuldigde no 9 die
bakkie aan die bestuurderskant
51
genader en
toe hy langs dit was, bukkend by die kajuit ingeloer. Hy het 'n
knopkierie in die een hand gehad en 'n fluitjie in die
ander. Nelani
het gevra of hulle hom kan help. Beskuldigde no 9 het nie geantwoord
nie. Hy het omgedraai in die rigting van 'n ander
straat. Hy het op
die fluitjie geblaas, die kierie opgehou, dit in die rondte geswaai
en in daardie ander straat opgehardloop waar
'n groep mense ongeveer
20-30 treë van hom af gestaan het. Nelani het getuig dat die
blaas van só 'n fluitjie destyds
die gebruiklike wyse van
oproep was aan mense om te vergader. Die bakkie en Landrover het toe
aangery na oorledene se huis. By hul
aankoms daar was daar reeds 'n
skare van "30, 50 tot 80". Kort daarna het Nelani
beskuldigde no 9 dansend sien aankom vanuit
h systraat voor aan 'n
groep mense wat vryheidsliedere saggies gesing het. Hy het steeds die
kierie in die rondte geswaai, en hy
en die singende groep wat hom
gevolg het, het voortbeweeg na oorledene se huis. Sommige van dié
groep
52
het klippe in hul hande gehad.
Hulle en beskuldigde no 9 het aangesluit by die skare wat reeds by
oorledene se huis vergader het.
Toe Nelani met die bakkie vertrek het
soos reeds beskryf, het dié skare reeds tot ongeveer 250
aangegroei.
Sersant Meyer het getuig dat hy by
die oorledene se huis uit die Landrover geklim het en aan die
bestuurder se kant daarvan gaan staan
het. Hulle het "seker
omtrent net stilgehou" toe beskuldigde no 9 vanuit 'n systraat
aangekom het met 'n kierie in sy hand.
Hy het aangesluit by die skare
wat reeds voor oorledene se huis was en daar in die straat met die
kierie in sy hand rond gedans.
Meyer het later saam met Hattingh
vertrek soos reeds genoem. Toe hulle ongeveer 15 min later met twee
polisieversterkings weer daar
aangekom het was die aanval op
oorledene se huis reeds verby. Die vensters aan die voorkant was
stukkend en voor die huis het 'n
brandende bed gestaan. Hy het toe
van 'n onbekende swartvrou 'n
53
berig i.v.m. die oorledene
ontvang. Hy het onmiddellik
met die Landrover vertrek en
oorledene alleen in die veld
kry lê soos reeds beskryf.
Oorledene het ongeveer 500 m
van sy huis af gelê. Ek
handel later verder met hierdie
klag teen beskuldigde no 9.
Die oorblywende getuienis teen
beskuldigdes 1
2, 3, 6, 7, 8 en 9 op die
moordklag is dié van William
Nkumbi en konstabel Nelani. Daar.
is geen verdere
getuienis teen beskuldigde no 5
nie. Om hierdie rede kan
sy skuldigbevinding aan strafbare
manslag nie bly staan
nie. Dié skuldigbevinding
was grootliks baseer op die
getuienis van Betty Nkumbi, wat
nou buite rekening gelaat
moet word. Die gronde waarop hy
skuldig bevind was, is
o.a. soos volg in die uitspraak
saamgevat:
"Accused no. 5's evidence
that he was not at the house is rejected. Betty is the only person to
identify accused no. 5 at the
scene of the assault. Her evidence in
that regard is uncorroborated and in view of what we said . above in
regard to the need for
corroboration, we cannot find as a fact that
accused no. 5 was
54
at the scene of the killing. More
so because it is easy to include an innocent person in a general
allegation such as "that they
all threw stones", and she
may have been inf luenced by the fact that she saw him at the house.
We did consider accused no.
5's false alibi as corroboration for
Betty's evidence. If regard is had to what is said in
S v MTSWENI
1985 (1) S.A. 590.A.D.
at p. 594 B to E it is, however, possible that
accused no. 5, in fear of being placed at the scene of the killing,
also falsely denied
being at the house. We therefore find that the
State did not prove that accused no. 5 was at the scene of the
killing.
The matter, however, does not rest
there. He did participate in the attack on the house. He tried to
lure the deceased outside and
he ordered the police, who were'
supposed to be guarding the deceased and his property, to leave the
location. He made common purpose
with the enraged mob to drive the
deceased from his house. We considered on these facts whether accused
5 is guilty of murder on
the basis of dolus directus or dolus
eventualis. On the evidence before us we cannot find that accused no.
5 in fact had the necessary
legal intent to kill. We do find,
however, that a direct consequence of the attack on the house by the
mob with which he made common
purpose, was the driving out and
killing of the deceased by the mob. Accused no. 5 should have
foreseen that result and his failure
to do so amounted to negligence
on his part."
55
Onder die omstandighede is dit nie
nodig om enigiets te sê oor die korrektheid aldan nie van dié
skuldigbevinding op
die feite deur die verhoorhof bevind nie.
Van die feite genoem in dié
aanhaling bly net beskuldigde no 5 se vroeë teenwoordigheid in
die skare en sy uitlating aan
konstabel Nelani nou oor. Op die
oorblywende getuienis is daardie feite ewe vatbaar vir die onskuldige
vertolking dat hy slegs 'n
toeskouer was wat nie van die
teenwoordigheid van die polisie gehou het nie en hulle slegs om
daardie rede wou laat padgee. Sy skuld
is gevolglik nie bo redelike
twyfel bewys nie.
Ek handel nou met die getuienis
van William en Nelani op die moordklag.
William se weergawe is reeds ten
dele hierbo uiteengesit en dit sal nie nou herhaal word nie.. Die res
van sy getuienis lui so. Hy
is 'n onderwyser. Hy is op Hanover gebore
maar het destyds op Philipstown klas gegee vir standerds 3, 5 en 6.
Sy kwalifikasies in
1985 was
56
Std 8 plus 2 jaar
onderwysers-opleiding. Ten tyde van die verhoor het hy reeds vir 5
jaar onderwys gegee. Gedurende November 1987
sou hy die
matriek-eksamen aflê. In Kwezi was daar in 1985 'n groep
persone wat "Comrades" geheet het. Hy het nie
met hulle
assosieër nie want hulle "brand ander mense se huise af".
Oorledene was sy jonger broer. Vanaf Januarie
1986 hou William skool
op Kwezi. Maar hy bly van toe af in die tente dorp.
Op die namiddag van 24 Desember
1985 was William, Andries Stadhouer en dié se vader besig met
bouwerk in die huis van sy ouers
op Kwezi. Hy was toe ook daar tuis.
Hy het beskuldigde no 9 nie daar gesien nie, maar het toegegee dat hy
wel daar kon aangedoen
het. Terwyl hy om 16h30-17h00 nog met die
bouwerk doenig was het hy 'n meisie, sy susterskind Nombeko, buite
hoor skree. Hy het uitgegaan
en rook sien kom uit die rigting van
oorledene se huis. Hy het soontoe geloop. Toe hy om die straathoek
kom het hy 'n skare in die
straat naby
57
oorledene se huis gewaar. Die huis
was aan die brand. Die oorledene het by die huis uitgehardloop in die
straat in. Die oorledene
was toe ongeveer 12 meter van die skare af.
Daar was krete vanuit die skare dat die oorledene gejaag moet word.
William het omgedraai
en saam met die oorledene weggehardloop. Hy het
nie omgekyk om te sien wie hulle agtervolg het nie. Die twee van
hulle het aangehardloop
en was aan die wegkom van hul agtervolgers
af. Omdat William gevrees het dat die oorledene na die.Nkumbi
ouerhuis wou hardloop het
hy hom 'n roete aangedui weg daarvan, en
wat lei na 'n voetpad wat die kortste roete na die tentedorp was. Die
oorledene het dié
roete gevolg. Hulle het uiteindelik in
Neptunestraat beland, wat aan die buitekant van Kwezi geleë was
met woonhuise aan die
een kant en oop veld aan die ander. Hulle was
steeds op pad na die voormelde voetpad. Voordat hulle dit kon bereik,
het beskuldigde
no 8, "Bobby" Booysen, skielik voor hulle
tevoorskyn
58
gekom. Die agtervolgers was op
daardie stadium buite sig om 'n straathoek agter hulle, maar het
hoorbaar geskree dat die impimpi gestop
moes word. Hulle het na
oorledene verwys; omdat hy aan die verhuis was na die tentedorp het
persone in Kwezi vir oorledene as 'n
impimpi beskou. William het ook
getuig dat wanneer iemand "deesdae" 'n impimpi genoem word,
word hy doodgemaak. Hy het,
in die verband waarin hy getuig het,
klaarblyklik by "deesdae" ook die tydperk van die voorval
(d.w.s. Desember 1985) ingesluit.
Beskuldigde no 8 het 'n klip
opgetel en dit na die oorledene gegooi. Die klip het hom getref en
die oorledene het geval aan die buitekant
van die straat, in die
veld. As oorledene nie so neergevel was nie sou hy en William die
agtervolgers ontwyk het. Nadat oorledene
geval het is hy egter deur
hulle ingehaal en waar hy gelê het aangerand deur sekere van
hulle en deur beskuldigde no 8, deels
in William se teenwoordigheid,
soos reeds vermeld. William het ongeveer 2 meter van die oorledene
59
gestaan tydens dié
aanranding, wat só verloop het.
Beskuldigde no
3 het eerste bygekom en het oorledene met 'n klip gegooi. Beskuldigde
no 2 het toe arriveer en beskuldigde no 8 het
oorledene weer met 'n
klip gegooi. Beskuldigde no 2 het ges
ê
"maak Botha se hond dood" en het hom ook met 'n klip
gegooi. Beskuldigde no 9 het ook bygekom met 'n kierie in die hand.
Nadat William hierdie beskuldigdes genoem het is hy gevra of hy enige
van die ander agtervolgers herken het. Hy het geantwoord, beskuldigde
no 6. Toe hy gevra is wat no 6 gedoen het', was sy antwoord dat al
diegene wat hy genoem het oorledene met klippe gegooi het terwyl
hy
op die grond gel
ê
het. Toe hy later gevra is. of hy beskuldigde no 7 ken, het William
bevestigend geantwoord en bygevoeg dat "hy ook daar was".
(Dit was sonder beswaar genotuleer dat beskuldigde no 7 se nommer
aanvanklik skynbaar nie vir William sigbaar was nie.) Daarna is
William gevra of hy beskuldigde no 1
enigsins op 24
60
Desember 1985 gesien het. Hy het
geaarsel en toe geantwoord dat hy ook by die steniging teenwoordig
was. Op 'n vraag deur die hof
waarom hy geaarsel het, was sy antwoord
dat die voorval lank gelede plaasgevind het, dat dit moontlik is om
dinge te vergeet en dat
hy besig was om die gebeure in sy herinnering
te herroep. Op verdere vrae het hy gesê dat dit 'n knopkierie
was wat beskuldigde
no 9 gehad het, maar dat hy oorledene slegs met
klippe gegooi het. Daarna is hy pertinent gevra of hy beskuldigde no
6 enigiets "daar"
(d.w.s. by oorledene) sien doen het; hy
het geantwoord dat no 6 ook klippe gegooi het. Al hierdie vrae en
antwoorde was tydens hoofondervraging.
Onder kruisverhoor het William
getuig dat die beskuldigdes wat hy genoem het een vir een by die
oorledene aangekom het en hom dan
dadelik begin stenig het. Hy is
daar weg terwyl die steniging nog aan die gang was. Hy het net
diegene genoem wat hy aan die steniging
sien deelneem het en nie ook
dié wat net
61
bygestaan
het nie. Toe hy tydens kruisondervraging daarop attent gemaak is dat
sy getuienis t.a.v. beskuldigde no 2 nie met die nadere
besonderhede
strook nie omdat daarin geen melding gemaak is van haar genoemde
uitlating nie het William gesê dat hy dit nie
aan die polisie
gesê het nie omdat hy nie daaroor gevra is nie. Die polisie wou
slegs van hom weet wat elkeen van die aanranders
gedoen het. Toe
William in kruisverhoor gevra is hoeveel mense die oorledene
aangerand het, het hy geantwoord dat dit die ses is
wat hy genoem
het. Die kruisondervraer het dit daarby gelaat. Toe dit aan William
gestel is dat hy oor beskuldigde no 1 geaarsel
het omdat hy onseker
was oor dié se deelname, het hy geantwoord dat hy geaarsel het
omdat hy oor die verloop van die gebeure
nagedink het en geen persoon
wou betrek by iets wat hy nie gedoen het nie. (Ek het die inhoud en
verloop van die hoof- en kruisondervraging
van William oor die
deelname aan die aanranding op die oorledene
62
duidelikheidsonthalwe hier
gesamentlik uiteengesit omdat mnr Melunsky betoog het dat die hof die
inslag daarvan misgekyk het en as
gevolg daarvan die betroubaarheid
van William verkeerdelik en ten nadele van appellante oorskat het en
gevolglik aanvaar het.)
William het verder getuig dat hy,
soos reeds genoem, teenwoordig was op die vergadering wat die
volgende dag, 25 Desember, in die
A.M.E. Kerk gehou was. Al die
beskuldigdes was ook op daardie vergadering teenwoordig. Die volgende
dag, 26 Desember, het beskuldigde
no 7 en ander persone, op Kwezi vir
William en sy familielede ondervra oor gebede deur hulle t.a.v.
oorledene se dood. William het
beskuldigdes 1, 2, 3, 6, 7, 8 en 9
almal goed geken. Hy het beskuldigdes 1 en 6 by die skool op
Ntlahlela leer ken; beskuldigdes
2 en 3 het voor hom groot geword; hy
en beskuldigde no 7 en dié se familie het aan dieselfde kerk
behoort en William het sy
ouers goed geken; hy en no 8 het saam skool
gegaan,
63
en hy en no 9 het saam groot
geword. Sy kennis van die beskuldigdes is nie deur die verdediging
bevraagteken nie.
Konstabel Nelani se getuienis
t.a.v. die moordklag is die volgende. Nadat die bakkie se vrag by die
tentedorp afgelaai is, het dit
weer na oorledene se woning vertrek
met Nelani steeds agterop. Hierdie keer het dit soontoe beweeg op 'n
"tweespoor-paadjie",
wat 'n kortpad Kwezi toe is. Terwyl
die bakkie nog daarop aan die voortbeweeg was, het Nelani beskuldigde
no 9 opgemerk. Hy was besig
om iemand wat Nelani nie kon herken nie,
te jaag en met 'n kierie op die boonste deel van die liggaam te
slaan. Dié persoon
het gebukkend en koetsend gehardloop in 'n
poging om die houe te ontwyk en het hulle ook probeer afweer. Sy rug
was na Nelani gekeer.
Dit is die rede waarom Nelani nie kon uitmaak
wie hy was nie. Hulle was toe ongeveer die lengte van 'n rugbyveld
van Nelani af. (D.w.s.
ongeveer 100-110 treë,
64
soos later sal blyk.) Hulle was
gevolg deur 'n skare van 20-25 wat 'n endjie agter hulle was. Die
persoon wat deur beskuldigde no
9 geslaan was, het nie geval nie en
het bly weghardloop. Nelani het toe 'n groot geraas gehoor en het
weggekyk in die rigting van
waar dit gekom het. Hy sien.toe 'n groot
rasende en skreeuende skare van ongeveer 400-500 wat agter die kleine
in aantog was. Die
bestuurder van die bakkie het toe stilgehou. Dit
was 'n Administrasieraadvoertuig. Nelani wou aanry om vas te stel wie
dit was wat
so deur beskuldigde no 9 aangerand word. Die bestuurder
van die bakkie het geweier. Hy was te bang. Die groot skare het die
kleine
ingehaal, daarmee saamgesmelt en aangehardloop agter
beskuldigde no 9 en die persoon wat hy aan die slaan was. Nelani het
William
geken maar het hom nie op dié geleentheid gewaar nie.
Hy het ook niemand behalwe beskuldigde no 9 herken nie want hy het sy
aandag toegespits op die persoon wat die slaanwerk gedoen het.
65
Die polisie Landrover het toe teen
'n hoë spoed vanuit Kwezi se rigting te voorskyn gekom en na die
polisiestasie gejaag. Die
bakkie het dit gevolg omdat Nelani wou
uitvind wat aan die gebeur was. Hy het toe nie opgelet hoe
beskuldigde no 9 en die skare se
jaagtog verder verloop het nie.
Ongeveer 15-20 minute het verloop vandat hy in die bakkie van
oorledene se huis vertrek het na die
tentedorp toe totdat hy
beskuldigde no 9 se jaag en slaantog gewaar het. Hy het later in
opdrag van Meyer gehelp om die klippe, bewysstuk
1, bymekaar te maak
op die plek waar die oorledene gelê het. Dit is "verder as
die lengte van 'n rugbyveld" van die
plek waar Nelani
beskuldigde no 9 die onbekende persoon sien slaan het. Nelani het toe
ook dié distansie op ongeveer 150 treë
geskat.
Ten aansien van die moordklag het
mnr Melunsky die getuienis van William en konstabel Nelani op
verskeie gronde gekritiseer en betoog
dat die verhoorhof
66
verkeerdelik
hul weergawes aanvaar het en dié van die betrokke beskuldigdes
verwerp het. Hy het egter toegegee dat indien William
en Nelani se
getuienis korrek deur die hof a quo aanvaar is daar geen redelike
twyfel kan bestaan dat dié beskuldigdes die
oorledene vermoor
het met die direkte opset om hom dood te maak nie.
Mnr
Melunsky se kritiek het in hoofsaak die volgende behels. William en
konstabel Nelani was elk 'n enkel getuie t.a.v. die aspekte
waaroor
hulle op hierdie klag getuig het; William het op onoortuigende wyse
beskuldigdes 1 en 6 betrek en onsekerheid oor die identiteit
van die
aanranders geskep deur sewe te noem maar uiteindelik te getuig dat
ses die oorledene aangerand het; William het nie in sy
polisieverklaring melding gemaak van beskuldigde 2 se uitlating nie;
die verhoorhof het die getuienis van beide William en Nelani
aanvaar,
maar hulle weergawes is onderling onversoenbaar en dit is gevolglik
onmoontlik om bo redelike twyfel te
67
bepaal wat werklik gebeur het; die
verdedigingsgetuienis t.a.v. beskuldigdes 7 en 8 se alibi's is
oortuigend en behoort aanvaar te
gewees het, en is in elk geval nie
bo redelike twyfel deur die Staat weerlê nie.
Mnr Melunsky het ook betoog dat
beskuldigde no 9 om die volgende redes verkeerdelik op die tweede
klag skuldig bevind is. Sersant
Meyer en konstabel Nelani het mekaar
op belangrike aspekte weerspreek. Sersant Meyer, wat agter die bakkie
in die Landrover was,
het geen melding daarvan gemaak dat beskuldigde
no 9 by die bakkie se kajuit ingekyk het en 'n fluitjie geblaas het
nie. Hy het trouens
geen melding daarvan gemaak dat hy hom op dié
stadium gesien het nie. Meyer het ook geen melding gemaak van 'n
skare wat beskuldigde
no 9 uit die systraat gevolg het nie, en ook
nie van die sing van vryheidsliedere nie. Daar is in elk geval geen
oorblywende getuienis
dat beskuldigde no 9 aan die aanval op
oorledene se huis deelgeneem het, of dit op enige wyse
68
aangestig
het nie. Aldus mnr Melunsky.
Die
oorblywende staatsgetuienis en die verdedigingsweergawes moet oorweeg
word teen die agtergrond van die erkende en onbetwiste feite
wat
vroeër in hierdie uitspraak uiteengesit is. By daardie oorweging
moet die volgende ook in ag geneem word. Dit is nie betwis
dat die
hele gewelddadige voorval vanaf die aanval op die vertrekkende
Landrover tot die moord op oorledene binne 'n tydperk van
ongeveer
15-20 minute plaasgevind het nie. Die beskuldigdes was almal bekend
aan die staatsgetuies Meyer, Nelani en William. Die
gebeure het in
daglig afgespeel en daar is geen suggestie dat die algemene uitsig
swak was nie. By oorledene se huis was Meyer en
Nelani baie naby aan
die skare wat daar vergader het en die dodelike aanval op oorledene
het in William se onmiddellike teenwoordigheid
plaasgevind. Alhoewel
daar geen geweldpleging was voordat Meyer en Hattingh weer in die
Landrover geklim het net voor hul
69
vertrek van oorledene se huis af
nie, is dit duidelik dat daar 'n vinnig-oplaaiende spanning was,
vernaamlik weens die snelle aanwas
van die skare wat daar saamgedrom
het. Dit is ewe duidelik dat die situasie uiteindelik so dreigend
geword het dat Meyer en Hattingh
op die vlug geslaan het en
oorledene, sy gesin en sy huis sonder enige beskerming aan hulle lot
oorgelaat het. Die wegvlug van oorledene
en agtervolging deur die
skare was 'n hoogs vloeibare, snel-wisselende geleentheid, en William
was onder só 'n groot druk
dat hy nie eens besef het dat hy
redelik ernstig beseer is nie. Onder al hierdie omstandighede is dit
duidelik dat bekendes maklik
herken sal kan word, maar is dit ook
onvermydelik dat die betrokkenes nie almal dieselfde gewaarwordings
sal hê nie, of alles
sal oplet wat op 'n besondere tydstip by
hulle aan die gebeur is nie.
Beskuldigde no 1 se verklaring,
bewysstuk C, is 'n direkte weerspreking van sy getuienis en is
belangrike
70
stawing
van Richard Mhlaba. Beskuldigde no 1 het ontken dat hy gesê het
wat in dié verklaring staan, maar die hof het
bevind dat dit
wel van hom afkomstig is. Daardie bevinding is nie voor hierdie Hof
betwis nie. Dit is gemene saak dat oorledene in
Kwezi ook as "Tosman"
bekend was. Dat beskuldigde no 1 belang gestel het in die skare voor
oorledene se huis, soos deur
Richard Mhlaba getuig, is bewys deur sy
vermelding van beskuldigde no 3, Vuzumsi Jack, as een van die
teenwoordiges. As hy nie daar
naby was nie en nie in die skare se
optrede belanggestel het hoe sou hy van no 3 geweet het? Hy het nie
in sy getuienis beweer dat
hy van vêr af enigiemand per toeval
in die skare herken het nie. Dat daar ongetwyfeld onwaarhede in sy
verklaring is, doen
nie afbreuk aan die voormelde aspek nie. Die hof
het na my oordeel korrek bevind dat sy getuienis vals was en dat hy
inderdaad belanggestel
het in die gebeure by die oorledene se huis en
na die skare wat daar vergader was, wou gaan en gegaan
71
het. Hierdie feite is ter sake by
die oorweging van die getuienis op die moordklag.
Die hof het bevind dat
beskuldigdes 2 en 3 swak getuies was. Daar kan geen fout met daardie
oordeel gevind word nie.. Dit is hoogs
onwaarskynlik dat beskuldigde
no 2 belangstellend sou hardloop na oorledene se huis waar 'n snel
vermeerderende skare voor haar oe
aan die vergader was en dan, nadat
sy 'n rukkie die gebeure daar staan en bekyk het, eenvoudig sou
wegloop van 'n situasie van ooglopende
en snel-oplaaiende spanning
sonder om by enigiemand, nie eens by haar oom nie, te vra wat aan die
gang is. Dit is ewe onwaarskynlik
dat sy niemand in die skare herken
het nie. Dit is net so onaanneemlik dat beskuldigde no 3 so
onbelangstellend by so 'n situasie
sou verbyloop waarop hy per toeval
afgekom het, en vlak by die skare sou verbygaan sonder om enigiemand
te herken.
Die gronde vir die verhoorhof se
verwerping van
72
beskuldigde no 6 se
verontskuldigende getuienis is reeds vroeër in hierdie uitspraak
uiteengesit. Hy het getuig dat hy dié
middag na sy suster
gegaan het om te verneem na 'n broek wat sy vir hom aan die heelmaak
was. Hy het sy bandspeler saamgeneem en
het bandmusiek daarop
gespeel. Die werk aan die broek was nog nie klaar nie. Nadat hy koek
by haar geëet het is hy weg huis
toe. Hy was koorsig, het siek
gevoel en wou gaan lê. Hy het die vorige dag al begin siek
voel. Toe hy daar weg is, het hy 'n
skare naby oorledene se huis
opgemerk. Hy het soontoe geloop om te sien wat daar aangaan. 'n
Datsun bakkie en 'n Landrover was voor
die huis geparkeer. Sy oom,
konstabel Nelani, het langs die bakkie gestaan. Daar was rusbanke op
die bakkie. Later het hy bygevoeg
dat toe hy daar aankom Nelani besig
was om iets op die bakkie te laai. 'n Groot skare het naby die huis
in die straat gestaan. Hy
het 'n rukkie daar vertoef en het eenkant
gestaan en kyk wat aan die gang is. Sy
73
bandmusiek was weer aan die speel
maar niemand het die volume daarvan verminder nie. Mense in die skare
het gedans op die maat van
die bandmusiek, maar die skare het
andersins net daar gestaan en niks gedoen nie. Hy het nie opgelet na
die bui van die skare nie
en het niemand daarin herken nie. Hy het
ook geen blanke polisie daar gesien nie. Die bakkie het vertrek met
konstabel Nelani agterop,
gewapen met 'n geweer. Hy het toe ook
aangeloop huis toe. Hy het steeds sleg en koorsig gevoel en wou gaan
slaap. Op pad het hy sy
vader in h stegie ontmoet. Sy vader het pas
van 'n kooptog na De Aar teruggekeer en wou hê hy moet hom gaan
help met die aflaai
van kruideniersware. Beskuldigde no 6 het egter
verskoning gemaak weens sy koorsigheid. Hulle het saam huis toe
gegaan en beskuldigde
no 6 het voor sononder gaan slaap. (Hy het ook
getuig oor vorige moeilikhede wat hy met oorledene en konstabel
Nelani ondervind het,
maar was nie meer kwaad vir oorledene nie. Dit
is onnodig om verder
74
daarop in te gaan.) Dit is
onwaarskynlik dat indien beskuldigde no 6 werklik so siek gevoel het
soos hy wou te kenne gee, hy nogtans
sou rondgeloop het en koek geeet
het soos beweer. Waar hy uit nuuskierigheid weens die samedromming by
oorledene se huis, soontoe
gegaan het, soos hy self getuig het, is
dit hoogs onwaarskynlik dat hy daarna só belangeloos en
onoplettend sou gewees het
toe hy daar aangekom en vertoef het, soos
hy te kenne wou gee. Daar kan geen fout gevind word met die
verhoorhof se verwerping van
beskuldigdes 2, 3 en 6 se
verontskuldigende weergawes nie. By die beoordeling van die getuienis
t.a.v. klag 1 moet gevolglik aanvaar
word dat hulle al drie deel van
die skare by oorledene se huis was al was dit dan op daardie eerste
stadium, voor die aanvang van
die agtervolging van die oorledene,
slegs as toeskouers.
Die verhoorhof se opsomming van
die getuienis van en ten behoewe van beskuldigdes 7 en 8, en die
redes
75
vir die verwerping van hul
alibi's, is breedvoerig in die
uitspraak uiteengesit. T.a.v.
beskuldigde no 7 en
"Shorty" Jantjies is die
volgende o.m. gesê:
"Accused no 7 also gave
evidence. He cannot be faulted on the way in which he gave his
evidence. He is patently an intelligent
young man. He was employed as
a plastic welder, a specialised job for which he received special
training.
He testified that during the
period 21 to 27 December 1985 he was not in Hanover, but
visited a friend in De Aar. After
his arrest on 30th December 1985, he informed the police of his
alibi, but they disbelieved him.
He did not tell the police that he
was with Shorty, a friend who could corroborate his story. We find
this very strange.
He did not elect to say nothing,
as he was entitled to do. He did raise his alibi and especially when
that was doubted one would expect
a person of his intelligence to
say, "if you do not believe me, ask Shorty he stays in Street
no. 16 and he will bear me out".
He is prepared without demur,
to remain in custody until the trial. In fact, according to him, he
never even considered calling Shorty
as a witness until at a very
late stage. He also professed to be totally ignorant about the
troubles in Kwezi. We just cannot believe
that a person such as
accused no 7 can come back to his home town, see a tent village,
where people he must have known as former
76
inhabitants of Kwezi reside, and
make no enquiries as to the reason therefor. He could advance no
reason why Betty, Charlotte, Nelani
and William should implicate him,
but maintained that in his case, they deliberately falsely implicated
him.
It is important that according to
William, accused no 7 was at the meeting of 25th December, 1985 as
well as at William's house on
26th asking whether they were holding
prayers. This evidence was not contested during cross-examination,
nor did accused no 7 deny
it when giving evidence. If this evidence
is true, and we have no reason not to believe it, then
accused no 7 could not have
returned on 27th December 1985.
Mr Tshabalala argued on this
aspect that it might be an oversight on the part of Counsel. This
might be so. This, however, gives us
no reason to disbelieve William.
Shorty, who
testified cm behalf of accused no 7, was a poor witness. He was
clearly uneasy in the witness box. There are contradictions
and
discrepancies in his evidence. He cannot
remember
dates, dates even confuse him, but he
did
remember the 21st and the 27th. He planned to go to town to do some
purchases on the afternoon of the day accused no 7 arrived.
He did
not change his plans when accused no 7 arrived. Later he said that
they went to town on the Monday. There was some confusion
in
court
about the Friday, being the 20th - but
I
got the impression that Shorty had the
Friday in mind as the day he wanted to do his purchases because shops
would be closed on
77
Saturday
afternoon, depending of course, on what he wanted to buy.
I
may, however, be wrong in my impression.
Par more important is Shorty's
totally unsatisfactory explanation about his eagerness to come and
assist accused no 7 when he did
not know the date on which the crime
was committed."
Dit is 'n korrekte opsomming van
die wesenlike aspekte van
beskuldigde no 7 en "Shorty"
Jantjies se getuienis asook
van die gebrek aan
kruisondervraging van William
aangaande die gebeure van 25 en 26
Desember 1985. Die
verhoorhof het die getuienis van
beskuldigde no 8 en
April Favour o.m. só
opgesom en beoordeel.
"The remarkable thing about
the evidence of accused no 8 and his witness is the detailed
corroboration up to a certain point.
This, especially so, if one has
regard to April Favour - an uneducated, very simple person. We cannot
believe that he could have
given such evidence had they not
thoroughly discussed it. Their using the OK Bazaars as the same
reference point to estimate a distance
strengthens that belief. There
are many prominent reference points in Grahamstown in the vicinity of
the court building. So also
their use of the time 7 o'clock, as the
time they got lifts. It will be recalled that
78
accused no 8 merely gave 7 o'
clock as an estimate. April on his own admission cannot read time,
cannot relate the position of the
sun to time, and was not told at
the hiking spot what the time was. How he arrived at an estimate of 7
o'clock, can only be explained
if they discussed it.
However, we are of the view that
at least part of their story could be true, otherwise April would not
have been able to give his
evidence the way he did. He never
hesitated to give an answer or even pondered to think when minute
detail was reguired from him.
It is possible that on some occasion
they met in De Aar and
that accused no 8 and his wife
spent the evening at the house of Shorty's sister. We doubt that they
were together when accused no
8 got his lift back. Accused no 8's
version of how this white driver drove past April to pick them up and
then asked them where April
was going to, just does not sound right.
They were standing some distance apart. How would they, from the
driver's point of view,
know where April was going to. He did not ask
whether they knew. Why also drive past a single hitch-hiker to pick
up two others and
then call him forward."
(Met "Shorty" het die
geleerde regter klaarblyklik April Favour bedoel.) Met hierdie
opsomming, en met die beoordeling van
die gehalte van daardie
getuienis, is geen fout te vinde nie.
Die verhoorhof het o.m. die
volgende gesê oor beskuldigde no 9 as getuie:
79
"He was a most unsatisfactory
witness. He was argumentative, evasive, sometimes aggressive and
openly glared at the prosecutor
and the one assessor when they asked
certain guestions. He was also involved in long altercations with the
interpreter. He was exceedingly
voluble. ... His reason why Betty,
William and Constable Nelani gave evidence against him is simply
nonsense. We have no difficulty
in rejecting his evidence that he was
not involved in the attack on the house and in the killing as false.
That he played a leading
role is consistent with his attitude in the
witness box and his evidence that nobody governs him.
Dit moet aanvaar word dat
beskuldigde no 9 op een of
ander stadium daardie middag
kortliks by die Nkumbi
ouerhuis aangedoen het. Dit is ook
redelik moontlik dat
hy daardie middag aanvanklik op
pad was na die
plegtigheid by Madikane en vir
daardie doel die kierie
gedra het. Dit is egter, net soos
in die geval van
beskuldigdes 2, 3 en 6, hoogs
onwaarskynlik dat hy so
belangeloos was oor wat by
oorledene se huis aan die gang
was soos wat hy voorgegee het.
Daar was volgens hom nie
alleen 'n skare daar by die huis
nie, maar ook 'n gewapende
80
polisieman
(Nelani) en voertuie. Persone was ook klaarblyklik besig om die huis
te ontruim. Hy het homself in dieselfde asem weerspreek
of hy haastig
was aldan nie om by die plegtigheid te kom. Hy was nie soontoe genooi
nie - hy het volgens gewoonte soontoe gegaan
omdat hy 'n man was, en
kon daar aankom wanneer dit hom pas want niemand regeer hom nie. Daar
is na my mening geen fout te vind met
die verhoorhof se verwerping
van die verontskuldigende deel van sy getuienis nie.
Die
kernvraag t.a.v. die skuldigbevinding van beskuldigde no 9 op die
tweede klag is of die verhoorhof se aanvaarding van sersant
Meyer en
konstabel Nelani se getuienis korrek was aldan nie. Dit is oorbekende
reg dat in die afwesigheid van wanvoorligting h verhoorhof
se
geloofwaardigheidsbevindings nie deur 'n hof van appél
omvergewerp sal word nie tensy daardie hof oortuig is dat daardie
bevindings verkeerd is.
R v DHLUMAYO AND ANOTHER
1948 (2) SA
677
(A) op p 706 punt 8;
S v NEL
1987 (4) SA
81
950 (W) 955 C-E;
HOFFMANN EN
ZEFFERTT
: The South African Law of Evidence, 4de uitgawe (1988)
489. Hier was geen wanvoorligting nie. Ek is ook nie oortuig dat die
verhoorhof
se aanvaarding van die getuienis van Meyer en Nelani
verkeerd was nie.
Konstabel Nelani se getuienis
aangaande die verskyning en gedrag van beskuldigde no 9 by die bakkie
met hul aankoms in Kwezi is weliswaar
nie deur sersant Meyer bevestig
nie. Dit volg egter nie dat hulle mekaar met hul aankoms in Kwezi is
weliswaar nie deur sersant Meyer
bevestig nie. Dit volg egter nie dat
hulle mekaar daarop weerspreek nie. Daar is geen aanduiding van hoe
ver die Landrover op daardie
tydstip agter die bakkie was nie, of
waarop Meyer se aandag toe gevestig was nie. Die feit dat sersant
Meyer slegs beskuldigde no
9 by die systraat sien uitkom het, en nie
ook die skare wat hom gevolg het nie, en nie die sing van
vryheidsliedere gehoor het nie,
kom na my oordeel ook nie op 'n
82
weerspreking van Nelani neer nie.
Daar is geen aanduiding van hoe lank of hoe goed Meyer se aandag toe
op beskuldigde no 9 gevestig
was nie. Ten aansien van hierdie
verskille het Meyer weens die wyse waarop hy en Hattingh op die vlug
geslaan het soos voormeld,
klaarblyklik 'n beweegrede gehad om die
verloop van sake by die oorledene se huis voordat hy daarvan vertrek
het ietwat te versag.
Die voormelde omringende omstandighede en hul
versteurende aard kan egter ook die verskille tussen hul getuienis op
hierdie aspekte
verklaar. Die hof was bewus van sekere ander
verskille tussen die getuienis van Nelani en sekere ander
staatsgetuies, o.a. Betty
en ook sersant Meyer (maar in laasgenoemde
geval op 'n onbelangrike aspek). In weerwil daarvan is Nelani se
getuienis aanvaar. Die
aspekte waarop hy weerspreek en gestaaf is
deur Betty moet ook gesien word teen die agtergrond van die hof se
bevinding dat sy nie
op haar eie 'n betroubare getuie was nie.
83
Stawing
deur haar kon gevolglik nie 'n gewigtige faktor gewees het by die hof
se aanvaarding van Nelani se getuienis nie. Nelani is
deur beide
Meyer en beskuldigde no 9 gestaaf dat laasgenoemde vanuit h systraat
tevoorskyn gekom het, en Meyer staaf hom verder dat
beskuldigde no 9
met kierie in die hand naby die voertuie gedans het. Nelani is ook
deur Meyer gestaaf aangaande die aanvanklike
grootte van die skare.
Die hof het in sy behandeling van Nelani se getuienis pertinent
melding daarvan gemaak dat hy getuig het dat
die skare wat
beskuldigde no 9 gevolg het klippe gedra het. Na 'n oorsig van Nelani
se getuienis as h geheel het die hof die volgende
t.a.v. hom
opgemerk. "Judging Constable Nelani's evidence as a whole, we
find no reason to disbelieve him."
Die skuld
of onskuld van beskuldigde no 9 op die tweede aanklag moet derhalwe
bepaal word op die voormelde getuienis van sersant Meyer
en konstabel
84
Nelani, tesame met die bevinding
dat sy verontskuldigende weergawe van die gebeure vals is. Dit is
moontlik (soos meeste dinge in
die lewe moontlik is) dat hy nie die
geweld teen die oorledene se huis aangestig het nie en dat hy in
weerwil van sy vroeëre
en latere optrede, tydens daardie
geweldpleging slegs 'n toeskouer daarvan was. Maar onder die
omstandighede is so h moontlikheid,
myns insiens, gering, en is dit
nie in die minste waarskynlik dat dit wel die geval was nie. Vgl.
MILLER v MINISTER OF PENSIONS
1947 (2) All ER 372
(KBD) op
373H. By toepassing van die benadering neergelê in
R v BLOM
1939 AD 188
op 202-293, is die enigste redelike afleidings wat
gevolglik gemaak kan word van die feite deur die oorblywende
staatsgetuienis bewys,
die volgende. Toe beskuldigde no 9 by die
bakkie gekom het en in die kajuit daarvan ingeloer het, het hy Betty
Nkumbi herken en besef
dat die polisie besig was om haar met iets by
te staan, wat weens die teenwoordigheid van die bakkie
85
waarskynlik 'n verhuising na die
tentedorp was. Hy het nie genoeë daarmee geneem nie en toe sy
fluitjie geblaas om 'n skare op
te roep om na die oorledene se huis
te gaan. Sy kierie het hy geswaai as aanhitsing van die groep wat
reeds naby hom was. Hy het
daarin geslaag om 'n skare van onbepaalde
grootte byeen te bring en het hulle langs die systraat na die
oorledene se huis in Jupiterstraat
gelei. Hy het voor hulle uit
gedans en kierie geswaai om hulle steeds aan te hits. Hy het weens
die sing van die vryheidsliedere
deur die skare en die openlike dra
van klippe, geweet dat hulle met kwade bedoelings na oorledene op pad
was. Dat hy daarmee saamgestem
het en hulle steeds daarmee aangehits
het, blyk uit die feit dat hy na aankoms by oorledene se huis steeds
sy kierie geswaai het
en gedans het. Met sy aankoms het die skare
vinnig aangegroei en het die skare so dreigend geword dat Meyer en
Hattingh uiteindelik
op die vlug geslaan het. Op daardie oomblik het
die geweld
86
losgebars, eers teen die polisie
in die Landrover en toe teen die oorledene se huis en persoon. Dit
was beskuldigde no 9 en ten minste
'n deel van die skare se
gemeenskaplike doel om oorledene se huis aan te val en aan die brand
te steek, en hy het ter uitvoering
van daardie doel vir hulle
aangehits om dit te doen. Al het hy self nie aan die aanslag op
oorledene se huis deelgeneem nie, is hy
nogtans as medepligtige
skuldig op klag 2 aan openbare geweld. Vgl.
S v WILLIAMS
1980
(1) SA 60
(A) op 63.
Die kernvraag op die moordklag is
insgelyks of die verhoorhof se aanvaarding van William en Nelani se
getuienis staande kan bly. Sekere
opmerkings en bevindings van die
hof t.a.v. Nelani se getuienis is reeds hierbo aangehaal.
Daarbenewens, en spesifiek m.b.t. die
moordklag, het die hof ook die
volgende oor hom gesê:
"If Nelani wanted falsely to
implicate anybody,
87
one would expect him to implicate
all the accused. His evidence regarding the assault on deceased by
accused no 9 with his kierie
is to a certain extent corroborated by
the medical evidence. Dr Basson found bruises on the deceased's
shoulders, hands and limbs
and said that some of these wounds
indicated that the deceased fended off blows. It might, of course,
also have happended whilst
lying on the ground. ...
We accept his evidence and also
that he saw the crowd chasing the deceased, whom however, he did not
recognise. At that time he also
saw the Landrover leaving the
township at a high speed. There is no reason for Nelani to invent
this story."
Oor William het die verhoorhof die
volgende gesê:
"William Nkumbi was, in our
opinion, an impressive witness both as to demeanour and to the
content of his evidence. He never
contradicted himself and never
evaded questions. We do keep in mind that he is far better educated
than the other witnesses; and
for that matter also the accused. His
evidence was criticised by Counsel in the following respects:
He said at one stage all six of
the accused he mentioned threw stones, although he named seven of
them. He did not see Betty at the
scene and, according to her, she
was there. He did not see the assault with the kierie testified to by
Constable Nelani when William
and deceased fled. He attributed words
to accused
88
no 2 of which no mention is made
in the Further Particulars. He also hesitated before naming accused
no 1 as an assailant.
As to the last aspect, he
explained that he had to recollect because it happened a long time
ago. If he wanted to falsely implicate
accused no 1 as suggested, to
hesitate would be the last thing an intelligent person like him would
have done. His answer both to
the Court and in cross-examination
sounded totally credible. The fact that the words used by accused no
2 are not in the Further
Particulars may be due to an incomplete
statement and William said that much. There is no reason not to
believe
him.
The fact that
he did not see the assault with the kierie or see Betty at the scene
is totally understandable. He did not even notice
that he himself had
been wounded. Had there been any conspiracy, he could easily have
given more detailed evidence. He could easily
have included all the
accused or said that accused no 3 stabbed the deceased. He identified
accused no's 1, 2, 3, 6, 7, 8 and 9 at
the scene of the killing.
I
may just mention that at one stage during
his evidence-in-chief there was a power failure in court. This
occurred just after his evidence
that accused no 2 shouted "Kill
Botha's dog". The next sentence, according to my notes started
with "No 6". The
court then adjourned. When we reconvened,
he continued with his evidence where he said "all those threw
stones whilst deceased
was lying on the ground." William had
limited time to make his
89
identification. Then again, he
knew all the accused. There is nothing to suggest that the light was
not good. Towards the latter stages
of the assault the crowd may have
obscured his view but his identification took place during the early
stages of the final assault.
The people he identified were the first
to arrive."
Die volgende is betekenisvol
bygevoeg:
"We accept William's evidence
that accused no 2 said 'Kill Botha's dog' ...
I
may
say that William made such a good
impression
on us that his evidence even
standing alone, would have been
sufficient identification of the culprits."
T.a.v. William se identifisering
van beskuldigde no 8 het
die hof dit gesê:
"Betty and William identified
him at the scene of the killing. His appearance on the scene was so
dramatic that his identification
cannot be due to a mistake. Once
again it is most improbable that William and Betty would dish up this
story to get him involved
and deliberately implicate the innocent
person instead of the real culprit. No reason for this false evidence
could be suggested
by accused no 8. We found none. On the evidence as
a whole, we find that his version is false and that of Betty and
William true."
Weens die hof se voorgaande
opmerking oor die
90
aanvaarbaarheid van William se
alleenstaande getuienis en die vorige opmerkings oor Betty as getuie,
doen die bybring van Betty in
hierdie passasie nie afbreuk aan die
hof se aanvaarding van William se identifisering van beskuldigde no 8
nie.
Weens die
voormelde vloeibaarheid en snelle verandering van die situasie
gedurende die agtervolging van oorledene is die feit dat
Nelani nie
vir Wiliiam
gewaar het nie
toe
hy gesien het hoe beskuldigde no 9 die
vlugtende
persoon met die kierie slaan, nie 'n weerspreking van William nie.
Nelani het die gebeure vanuit 'n ander hoek as William
waargeneem en
sy aandag
was gevestig op die persoon wat
die slaanwerk gedoen het.
Die voorkoms van
die agtervolgende skare en die samesmelting van die groot groep met
die kleine, is
insgelyks nie
onvereenselwigbaar met William se getuienis
nie,
en wel om die voormelde redes. William was ook
immers
aan die wegvlug en sou nie deurlopend kon sien wat
91
agter hom aan die gang was nie.
Daar moet ook nie uit die oog verloor word nie dat Nelani dié
gebeure waargeneem het toe beskuldigde
no 9 nog ±150 treë
weg was van die plek waar die oorledene uiteindelik geval het. In so
'n distansie kan die verhouding
van agtervolgers tot agtervolgdes
merkbaar verander. Die verskyning van die Landrover is onder die
omstandighede ook geensins onvereenselwigbaar
met die waarheid van
Nelani se betrokke getuienis nie. Daar is na my mening geen rede om
in te meng met die verhoorhof se aanvaarding
van William en Nelani se
getuienis op die moordklag nie. Daar kan onder die omstandighede geen
redelike twyfel wees dat dit die oorledene
was wat deur beskuldigde
no 9 met die kierie te lyf gegaan is soos deur Nelahi beskryf nie.
Dit is gevolglik bo redelike
twyfel bewys dat beskuldigdes 1,2, 3, 6, 7, 8 en 9 almal die
oorledene daadwerklik aangerand het op die
plekke en wyse deur
William en Nelani beskryf. Die feit dat die dodelike
92
verwonding van oorledene sekerlik
na die aanvanklike aanranding deur die beskuldigdes geskied het, en
waarskynlik deur ander agtervolgers
toegedien is, doen nie afbreuk
aan die aard van die beskuldigdes se dade nie. Beskuldigdes 1, 2, 3,
6, 7 en 9 was almal deel van
die skare by oorledene se huis en
alhoewel no's 1, 2, 3, 6, 7, en moontlik ook no 9, nie fisies aan die
aanval daarop deelgeneem
het nie, het hulle oorledene agterna gesit
toe hy op die vlug geslaan het, en was hulle saam met beskuldigde no
8 die eerstes wat
hom te lyf gegaan het. Beskuldigde no 8 het die
vlugtende oorledene en William sien aankom, klaarblyklik gehoor hoe
die agtervolgers
skree dat "die impimpi" gestop moet word,
en oorledene toe terstond met h klip neergevel. Daarna het hy na die
neergevelde
en weerlose oorledene gegaan en hom verder aangerand. Die
beskuldigdes en die ander aanranders het almal binne h baie kort
tydjie
aan die aanranding op oorledene deelgeneem ter uitvoering van
'n
93
gemeenskaplike doel (wat in die
geval van al die beskuldigdes, en veral in dié van no 8,
pasgebore was) om hom dood te maak.
Die beskuldigdes is gevolglik
korrek as daders skuldig bevind op klag 1.
Die geheel-aanvaarding van
konstabel Nelani se getuienis het 'n verdere betekenisvolle gevolg.
Daardeur is die voormelde afleiding
dat beskuldigde no 9 'n hoof
aanstigter van die geweld was, versterk en is die verdere en enigste
redelike afleiding van die bewese
feite dat hy deurgaans 'n
aanstigter daarvan was, en by die aanranding op die oorledene ook 'n
dader, en fisiese voorbok, was.
Die verhoorhof se bevinding dat
daar t.a.v. beskuldigdes 1, 3, 8 en 9 geen versagtende omstandighede
was nie, was gegrond op die hele
corpus van gelewerde getuienis.
Daardie corpus is nou wesenlik verander met die uitskakeling van
Betty en Charlotte se getuienis.
Dit bring mee dat in die gevalle van
beskuldigdes 1, 3 en
94
9 die grondslag van die verhoorhof
se bevinding wesenlik anders was as dié waarop die kwessie van
versagtende omstandighede
nou deur hierdie Hof t.a.v. hulle oorweeg
moet word. Op sterkte van Betty en Charlotte se getuienis het die
verhoorhof bevind dat
dié drie beskuldigdes deelgeneem het aan
die aanval op oorledene se huis, en het dit teen hulle in ag geneem
by die bevinding
dat daar in hulle gevalle geen versagtende
omstandighede was nie. Daardie oorweging het nou weggeval. In die
geval van beskuldigde
no 8 het die feitegrondslag van die verhoorhof
se bevinding egter nie wesenlik verander nie. Betty en William se
getuienis was in
sy geval in alle materiële opsigte dieselfde.
Die uitskakeling van Betty se getuienis het gevolglik, wat hom
betref, geen effek
gehad nie. T.a.v. beskuldigde no 8 geld die
benadering van hierdie Hof derhalwe wat soos volg herbevestig is deur
Diemont AR. in
S v MKHONZA
1981 (1) SA 959
(A) op 963 E-H:
95
"As has been said many times,
the jurisdiction of the Appeal Court is strictly limited; unless it
is shown that there has been
a misdirection, or irregularity or that
the finding, viewed in the light of all the evidence, is of such a
nature that it could not
reasonably have been arrived at, the
judgment of the trial Court must stand. In
S v NELL
1968 (2)
SA 576
(A) at 580 Ogilvie Thompson JA. stated:
'It must again be emphasised that
the decision as to the existence or otherwise of extenuating
circumstances is, in the first instance,
essentially one for the
trial Court. It
is well established that, in the absence of any misdirection or
irregularity, this
Court will not interfere
with a trial
Court's finding as to the
non-existence of extenuating circumstances unless that finding is one
to which no reasonable Court could
have come. (
S
v MALINGA AND OTHERS
1963 (1) SA 692
(A) at 695;
S
V
SAAIMAN
1967 (4) SA 440
(A) at 441.)'"
Waar hierdie Hof die kwessie van
versagting moet benader
op 'n stel feite wesenlik anders
as dié waarop die
verhoorhof dit gedoen het, kan
voormelde benadering egter
uiteraard nie sonder meer toegepas
word nie. In so 'n
96
geval sal hierdie Hof nog moet
besluit of die verhoorhof korrek was met sy bevindings t.a.v. die
getuienis wat nie uitgeskakel is
nie. In daardie opsig geld die
gewone benadering van hierdie Hof tot sulke bevindings. (Daardie
benadering is behels in wat Diemont
AR. gesê het in die eerste
deel van die bogaande aanhaling.) Maar hierdie Hof sal nietemin tot
sy eie (d.w.s. nuwe) bevinding
moet kom of daar op die aanvaarde
oorblywende en enige bykomstige getuienis bewys is aldan nie van
versagtende omstandighede.
In die onderhawige geval moet die
vraag t.a.v. versagtende omstandighede nou benader word op die
grondslag dat beskuldigdes 1 en 3
in geen opsig betrokke was by die
aanval op die oorledene se huis nie. Dit moet aanvaar word dat hulle
aanvanklik slegs toeskouers
was en hulle weerhou het van enige
geweldpleging. Dit moet ook aanvaar word dat hulle twee by die
agtervolging en aanranding op die
oorledene betrokke geraak het eers
toe
97
die skare hom begin agtervolg het
nadat hy op die vlug geslaan het. Wat het hulle skielik daartoe
beweeg? Geeneen van die beskuldigdes
het getuig by die ondersoek na
versagtende omstandighede nie. Die morele verwytbaarheid van al vier
die betrokke beskuldigdes moet
egter beoordeel word teen die reeds
gemelde erkende toestand van verdeeldheid en onderlinge spanning en
vyandigheid wat destyds in
hul gemeenskap geheers het, en dat hulle
en die oorledene aan teenoorgestelde kampe behoort het. Dit kan na my
oordeel nie betwyfel
word dat daardie toestand op al vier van hulle
ingewerk het nie, al was dit dan ook op verskillende wyses. Dat h
jeugdige
soos beskuldigde no 1 (wat, soos
reeds gemeld, toe slegs
18 jaar en 10
maande
oud was), en 'n jong persoon soos
beskuldigde no 3 (wat toe 21 was),
besonder vatbaar was
vir beïnvloeding deur die
destyds heersende strominge in
hul gemeenskap val nie te betwyfel
nie. Net toe die
oorledene begin wegvlug het was
daar persone in die skare
98
wat geskree het dat hy agtervolg
moet word. Daar is geen bewys dat beskuldigdes 1 en 3 van diegene was
wat só geskree het nie.
Dit moet gevolglik aanvaar word dat
dit ander persone in die skare was, maar ook dat dit ten aanhore van
dié twee beskuldigdes
geskied het. Weens die feit dat dit
aanvaar moet word dat beskuldigdes 1 en 3 hulle tot op daardie
stadium van enige geweldpleging
weerhou het, is dit na my mening
minstens hoogs waarskynlik dat hulle deur die optrede van ander
persone en op die ingewing van die
oomblik, beweeg was om aan die
agtervolging van, en dodelike aanranding op die oorledene mee te
doen. Onder daardie omstandighede
kan daar geen sprake wees van
innerlike boosheid by beskuldigde no 1 nie, soos deur die verhoorhof
op ander feite bevind was. (Dit
is nie nodig om nou enige kommentaar
te lewer op die korrektheid aldan nie van daardie bevinding nie.) Sy
jeugdigheid, met die daarmee
gepaardgaande onvolwassenheid en die
toestand van beïnvloeding en
99
opwinding waaronder hy op die
ingewing van die oomblik meegedoen het aan die moord op die
oorledene, het na my oordeel sy geestesvermoëns
en
gemoedstoestand op so 'n wyse en tot so 'n mate subjektief beïnvloed
dat sy optrede t.a.v. die dood van die oorledene daardeur
volgens
objektiewe beoordeling wesenlik minder laakbaar en verwytbaar geword
het. (
S v MONGESI EN ANDERE
1981 (3) SA 204
(A) op 207 G.)
Daar is na my oordeel gevolglik versagtende omstandighede in sy
geval. Wesenlik geld dieselfde oorwegings t.a.v. beskuldigde
no 3, al
is dit in effe minder mate gesien die feit dat hy, alhoewel nog jonk,
meer as 2 jaar ouer as beskuldigde no 1 is. Ook in
sy geval is ek
derhalwe van mening dat die bestaan van versagtende omstandighede
bewys is op die tereg aanvaarde oorblywende staatsgetuienis
en die
reeds genoemde erkende en onbetwiste feite.
Dit is moeilik om te bepaal wat
die verhoorhof se gronde vir die bevinding t.a.v. beskuldigde no 8
was
100
omdat daar nie in die uitspraak op
versagting spesifiek met sy geval gehandel is nie. Na my mening is
dit egter duidelik dat die hof
homself wesenlik wanvoorgelig het deur
sekere belangrike oorwegings spruitende uit die bewese feite uit die
oog te verloor en gevolglik
verkeerdelik bevind het dat daar in sy
geval geen versagtende omstandighede was nie. Daardie oorwegings is
die volgende. Daar is
geen suggestie dat beskuldigde no 8 ooit deel
was van die skare by die oorledene se huis nie. Dit moet derhalwe
aanvaar word dat
hy hom per toeval bevind het op die oorledene en
William se vlugroete. (D.w.s. op die verkeerde plek op die verkeerde
tyd.) Dit is
uit wat reeds hierbo uiteengesit is, duidelik dat hy op
die ingewing van die oomblik gehoor gegee het aan die agtervolgers se
uitroepe
dat die vlugtende impimpi gestop moet word, en die oorledene
toe aangerand het soos reeds beskryf. Weens die gebruik van die woord
"impimpi" het die bestaande situasie van
101
spanning en verdeeldheid hoogs
waarskynlik toe ook terstond op sy gemoed ingewerk. Weens hierdie
oorwegings is beskuldigde no 8 se
morele verwytbaarheid ook wesenlik
verminder en bestaan daar gevolglik ook in sy geval versagtende
omstandighede.
Beskuldigde no 9 was reeds 'n
volwasse op 24 Desember 1985. Weens sy ouderdom en sterk,
aggressiewe, persoonlikheid was hy gevolglik
minder vatbaar vir
beïnvloeding deur andere en deur omstandighede as sy jeugdige
mede-beskuldigdes. Hy was ook nie, soos beskuldigde
no 8, onverwags
by die geweldpleging op die oorledene betrek nie en het nie soos hy
op die ingewing van die oomblik gehandel nie.
Sy geval verskil
gevolglik wesenlik van die van sy mede-beskuldigdes, ook wat die
kwessie van versagtende omstandighede betref. Daarom
is dit nodig.om,
wat hom betref, oorweging te skenk aan die getuienis van mev Rasmeni,
prof Manganyi en dr Simpson. Mev Rasmeni het
op grond van haar kennis
van die
102
plaaslike omstandighede, oor die
destydse situasie in
Kwezi getuig maar was ooglopend
partydig vir die
beskuldigdes en het haarself
dikwels aan growwe
oordrywing skuldig gemaak. Die
volgende is o.a. van haar
gesê in die hof se bevinding
t.a.v. versagtende
omstandighede:
"The second witness was Mrs
Evelyn Rasmeni a resident and teacher in Kwezi. She was a member
of the executive committee which
took over after the community council resigned. At the outset it
should be stated that she did not
impress us as a witness at all. Her
testimony is one-sided and in conflict with evidence led during the
trial. Her evidence that
the people living in the 'tents' labelled
themselves as 'impimpi' is so improbable that it cannot be accepted,
also her evidence
that everybody in the township regarded themselves
as 'comrades'. The Nkumbi's who gave evidence during the trial
certainly did not."
Daardie is geregverdigde
opmerkings en ek gaan daarmee
akkoord.
Prof Manganyi en dr Simpson het
elk 'n geskrewe
verslag opgestel (bewysstukke N2
en O onderskeidelik) en
103
het hul getuienis grootliks op hul
respektiewe verslae gegrond. Hulle is albei breedvoerig daarop
kruis-ondervra, maar dit is nie
nodig vir doeleindes van hierdie
uitspraak om in detail daarmee te handel nie. Hul onderskeie
curricula vitae en akademiese kwalifikasies
(o.a. op die gebiede van
sielkunde en psigiatrie) is indrukwekkend, en elkeen is ongetwyfeld
hoogs gekwalifiseerd op sy vakgebied..
Albei het hulself d.m.v.
konsultasies, en in dr Simpson se geval, ook deur die lees van die
getuienis by die verhoor gelewer, vergewis
van die destydse
onrus-situasie en van die omstandighede wat toe in Kwezi geheers het.
In daardie mate het hulle 'n feitebasis vir
hul menings bekom. Maar
die beskuldigdes het steeds aan hulle ontken dat hulle enigsins by
die geweldpleging betrokke was. Selfs
met die bybring van die
situasie in Kwezi en van die verdeeldheid wat tot die stigting van
die tentedorp gelei het, was hul getuienis
nietemin (en weens die
104
beskuldigdes se gemelde
ontkennings, ook feitlik onvermydelik) grootliks van 'n algemene
strekking, hoofsaaklik m.b.t. politieke en
sosio-ekonomiese
ongeregtighede en die daarmee gepaardgaande vyandelikheid en
gegriefdheid, die sielkunde en optrede van 'n skare,
en die inwerking
daarvan op die individu. Die feite waarop albei staatgemaak het is
grootliks deur hulle van die beskuldigdes verkry
tydens onderhoude.
Baie van daardie feite is nooit in die getuienis tydens die verhoor
op die meriete geopenbaar nie en baie daarvan
was hoorsê. Baie
van daardie feite is ook teenstrydig met die getuienis (o.a. dié
van die beskuldigdes self) gelewer
gedurende die verhoor, en ook
teenstrydig met die feitebevindings wat die hof reeds op die meriete
gemaak het. (So het beide bv.
uitgegaan van die standpunt dat daar
wydverspreide vyandigheid en gegriefdheid in Kwezi was teenoor die
oorledene weens sy gedrag,
terwyl die beskuldigdes dit in hul
getuienis pertinent ontken het,
105
en benadruk het dat hulle destyds
geen kwade gevoelens
teen die oorledene gekoester het
nie.)
In die uitspraak oor versagtende
omstandighede
is die volgende bondige opmerkings
gemaak oor hul
getuienis:
"Both Professor Manganyi and
Dr Simpson's testimony is of a very general nature. They experienced
the difficulty that the accused
denied any participation in these
crimes and could therefore not tell the experts what role
they in fact played or what
influences, if any, they were subjected to."
Sover dit strek kan daar nie met
dié opmerkings fout
gevind word nie. Maar dit het nie
ver genoeg gegaan nie.
Die feit dat albei dié
deskundiges hulle van die
plaaslike omstandighede van
verdeeldheid ens. vergewis
het, is nie genoem nie. In daardie
opsig was daar 'n mate
van miskenning van die deskundige
getuienis. Die effek
van daardie getuienis t.a.v.
beskuldigde no 9 moet nou
oorweeg word. (Twyfel was ook deur
dr Simpson
uitgespreek oor beskuldigde no 9
se geestestoestand. Hy
106
was daarvoor na 'n inrigting
gestuur vir deskundige
waarneming. Dit was gevind dat hy
normaal was, en
daardie bevinding is nie betwis
nie.)
Albei deskundiges was van mening
dat die
heersende omstandighede en die
daarmee gepaardgaande
effek van die skare se optrede,
waarskynlik beskuldigde
no 9 se geestesvermoens en
gemoedstoestand tot só 'n mate
beïnvloed het dat daar in sy
geval (spos, volgens hulle,
ook in dié van die ander
beskuldigdes) versagtende
omstandighede bestaan het. Prof
Manganyi het in sy
verslag bv. o.m. die volgende gesê
en in sy getuienis
bevestig:
"With
regard to behaviour in crowds,
I
make
the
point without further discussion that
loss of self-monitoring capacity and by the same token moral
judgement and restraint are well
established consequences amongst
participants in a crowd situation such as the one which
resulted
in the death of Mr Thozamile Nkumbi on
24
December 1985. Hpwever,
I
would
like to provide the court with a broader conception which enables us
to appreciate the larger
forces which
foster the emergence in a society,
107
of violence
without moral constraint.
I
will
attempt a coherent synopsis of this complex form of explanation.
In considering an atrocity such as
the one involved in the killing of Thozamile Nkumbi, we need to ask
why ordinary citizens become
capable of such inhuman conduct -
conduct lacking in moral restraint. ...
Kelman has demonstrated cogently
that moralistic prejudices of the kind generally resorted to by the
lay public are of little explanatory
value. An example of an
explanation using popular wisdom is one that says that participants
in atrocities are individuals with psychopathic,
antisocial and
sadistic tendencies in their personality make-up. In his view: 'Any
explanation that has recourse to the presence
of strong
sadistic--impulses is obviously inadequate. There is no evidence to
support the notion that the majority of those who participate
in
these killings, in one or another way, are sadistically inclined.'
Indeed, also inadequate is the suggestion that high levels
of
frustration are sufficient in themselves to produce violent
behaviour. The reality seems to be that frustration like deprivation
creates a state of readiness in an individual which may result in
violent behaviour given the co-existence of other psycho-social
conditons. Conditions favourable to the perpetration of atrocities by
ordinary, otherwise moral individuals, are deindividuation
in crowd
situations and what Kelman describes as authorisation, routinisation
and
108
dehumanisation. Authorisation
requires an institutional and ideological base. Law and order
imperatives may be used as a source of
authorisation and so can
ideological differences such as those between rival political
groupings such as those between supporters
of civic associations and
supporters of the community council system. ... Routinisation is best
understood as a form of progressive
desensitisation of individuals in
situations in which violence has become an everyday occurrence. The
progressive transformation
of gruesome occurrences into routine
everyday occurrences often results in
an associated insidious loss of
moral sensitivity. ...
Victims and
victimisers lose their capacity for
moral
restraint as a consequense of the phenomena of dehumanisation. What
is commonly denied in the psycho-social economy of the atrocity
producing environment is a common humanity between victim and
victimiser. In the dehumanisation characteristic of such environments
the victim's identity is
substituted by an
abstract category. ...
M'Lord and Gentlemen
Assessors,
I
believe
that the assessment of moral blam
ê
worthiness
and by the same token of the existence or absence of extenuating
circumstances cannot be undertaken
responsibly
and meaningfully outside the socio-
political
climate in which the atrocity at stake in this court w
á
s
perpetrated. It would
be a grave conceptual
misunderstanding to think
that what
I
am suggesting is the complete
'deindividualisation' of personal action and
109
moral
judgment.
What is at
issue, and this is of crucial importance, is that the processes
described earlier have indeed become operative in our society
as a
consequence of the incremental impact of so much violence within a
historically short period of time. It is a matter of common
knowledge
that by 1985, violent struggles were taking place in town and country
in most parts of South Africa. The Kwezi Black residential
area in
Hanover was no exception. ...
I
am suggesting M'Lord and Gentlemen
Assessors
that an adeguate accounting of
extenuating
circumstances under prevailing
conditions
reguires that we also look
beyond the
individual. This suggested
approach results in
a two-barrelled focus
in which both individual
and contextual
influences are taken into
account.
The
contextual factors in the case of the accused namely deindividuation,
authorisation, routinisation and dehumanisation remain crucial
to an
assessment of the conduct of the accused during the tragic events of
24 December 1985."
In sy
verslag (wat hy insgelyks in sy getuienis
bevestig
het) sê dr Simpson o.a. die volgende:
"Twenty
years ago, massive urban riots tore across America, and it is
instructive to look back on the f indings of the President'
s
Commission on Civil Disorders after their major study of collective
violence. They listed five
110
'powerful' factors as 'catalysts'
of riots -
a) frustrated hope (then related
to the
civil rights struggle)
b) a climate heavy with 'approval
and
encouragement of violence'
c) the frustration of feeling
powerless to
move the system
d) a new mood (especially in the
young) of
'self-esteem and enhanced racial pride'.
and
e) the view of the police as a
symbol of
'white power, white racism, and white
repression.'
The pattern in America two decades
back is
familiar in South Africa today.
Some change in a long-resented repressive system led to hope -but the
limited responsiveness of institutions
leads to bitterness and
frustration. ... The crowd is very relevant in this case. People in
crowds may behave very differently than
they do when alone, including
showing a much higher propensity for violence - such as the lynch
mob. Le Bon stressed that people
in a crowd 'infect each other with
whatever emotion they feel ... hostility turns into murderous rage.'
Once joining a crowd, a man
can be 'induced to commit acts contrary
to his most obyious interest and best known habits. Social restraints
on violence such asfear
of retribution, and inner moral qualms, are
less within a crowd. The perception of unity, by which it appears
that all share the
same resolve, helps each feel righteous; with less
fear of personal conseguences, a dilution of guilt and a diffusion of
responsibility.
It is
111
as if everyone can get a full
share of the triumph, with a fractional share on the onus. ... The
unpredictability of a crowd makes
it hard for anyone to deliberately
lead it. Rather prominent roles within the mob, as aggressor and as
victim, may be thrust upon
those who are in the wrong place at the
wrong time."
Die algemene strekking van hierdie
aanhalings is deur
albei hierdie getuies tot h mate
herlei na die destydse
omstandighede in Kwezi. Maar hulle
het nie behoorlik ag
geslaan op die getuienis en bewese
feite wat toe reeds
vir 'n geruime tyd tot albei se
beskikking was nie. Prof
Manganyi het, bv., nie die
getuienis gelees nie, en dr
Simpson het, bv., in weerwil van
konstabel Nelani se
aanvaarde getuienis, van die
standpunt uitgegaan dat die
blaas van 'n fluitjie nie die wyse
was waarop 'n skare
destyds byeengeroep is nie.
In weerwil van dr Simpson se
getuienis dat dit
feitlik onmoontlik is om 'n skare
te lei of doelgerig te
beïnvloed, kan dit
menslikerwys gesproke nie 'n universeel
112
geldende reël wees nie. Daar
moet altyd gekyk word na die feite wat die aanvaarde getuienis in
elke besondere saak openbaar.
In die onderhawige geval is dit, soos
reeds genoem, duidelik dat beskuldigde no 9 inderdaad deel van die
skare opgeroep en na oorledene
se huis gelei het. Dit is ewe duidelik
dat hy, indien nie dié aanstigter nie, dan ten minste een van
die hoof aanstigters
van die geweldpleging was. Sy rol as leier het
hy deurgevoer tot die eindstadium toe hy aan die spits van die
agtervolgende skare
was en die oorledene daadwerklik met sy kiere
aangerand het. Alhoewel hy ook beïnvloed moes gewees het deur
die situasie wat
destyds in Kwezi geheers het, het hy daardie
situasie, en die spanning wat daardeur veroorsaak is, doelbewus
uitgebuit en vir sy
eie doeleindes aangewend om geweld aan te stig.
Hy was as't ware soos 'n blaasbalk wat die smeulende kole van onmin
aangeblaas het
tot die vlamme van moorddadige geweld. Sodoende het hy
nie alleen die Nkumbi gesin nie,
113
maar ook die oorledene en sy
mede-beskuldigdes in rampsoed gedompel. Daar was geen onreg wat die
oorledene hom aangedoen het nie.
Die wyse waarop hy die bestaande
situasie uitgebuit het, het die morele verwytbaarheid en laakbaarheid
van sy optrede vermeerder
en nie verminder nie. Daar kan gevolglik
geen sprake wees van versagtende omstandighede in sy geval nie, en
die verhoorhof se bevinding
moet derhalwe bly staan.
Weens die bevinding dat daar t.a.v
beskuldigdes 1, 3 en 8 versagtende omstandighede is moet die vonnisse
op klagte 1 aan hulle opgelê
heroorweeg word. Die doodstraf is
onder die omstandighede nie 'n gepaste vonnis nie. Die erns van hul
misdaad verg egter dat 'n lang
termyn van gevangenisstraf aan elk van
hulle opgelê word. Beskuldigde no 1 was 'n eerste oortreder,
maar beskuldigde no 3 het
vier vorige veroordelings, drie aan
diefstal en een aan "statutêre meineed". Hy het ook
drie latere veroordelings,
nl. besit van dagga, verset teen
114
arrestasie en brandstigting.
Laasgenoemde veroordeling had betrekking op die afbrand van huise en
daarvoor is 'n vonnis van 8 jaar
gevangenisstraf aan hom opgelê
op 20 Junie 1986. Daarvan is 2 jaar voorwaardelik vir 5 jaar
opgeskort. Met inagneming van die
feit dat hulle onder dieselfde
omstandighede die moord gepleeg het maar dat beskuldigde no 3 twee
jaar ouer as beskuldigde no 1 was
en gemelde veroordelings het, meen
ek dat 12 jaar gevangenisstraf 'n gepaste vonnis vir beskuldigde no 1
sal wees en 13 jaar vir
beskuldigde no 3. Die strafwaardigheid van
beskuldigde no 8 is heelwat meer as dié van beskuldigde no 3.
Hy is heelwat ouer
en was ook aan heelwat minder beïnvloeding
blootgestel. Daarbenewens het hy vyf vorige veroordelings, waarvan
drie weens aanranding
was. In sy geval sal h vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf na my oordeel gepas wees.
Die vonnisse aan beskuldigdes 2, 6
en 7 opgelê moet egter ook heroorweeg word. Die hof het, soos
reeds
115
genoem,
net hulle ouderdomme in ag geneem by die
ondersoek
na versagtende omstandighede. In die bevinding
daaromtrent
is slegs die volgende t.a.v. hulle gesê:
"In
the cases of accused no's 2, 6 and 7, having regard to all the
circumstances, their prima facie immaturity is not disturbed,
although we came to that conclusion with regard to accused no 2 with
some reluctance."
Weens die
onskuldigbevinding van beskuldigde no
6 deur die
verhoorhof op die tweede aanklag was die
destydse
omstandighede wat hom betref dieselfde as dié
wat nou op
die oorblywende getuienis geld t.a.v.
beskuldigdes
1 en 3, en was dieselfde reeds genoemde
oorwegings
aangaande versagtende omstandighede toe reeds
op hom van
toepassing. Die hof het daardie omstandighede
destyds
egter by vonnisoplegging misgekyk, en sodoende
t.a.v.
beskuldigde no 6 in hierdie opsig by die bepaling
van sy
strafwaardigheid 'n wesenlike wanvoorligting begaan
omdat dié
versagtende omstandighede ook strafversagtend
is in die
gewone sin. Beskuldigdes 2 en 7 is deur die
116
verhoorhof bestraf op 'n wesenlik
ander stel feite as dié wat nou op die oorblywende getuienis
aanvaar moet word en waarop
hul strafwaardigheid nou herbepaal moet
word. Beskuldigde no 6 het weliswaar een vorige veroordeling
(diefstal), maar dit is tereg
deur die hof buite rekening gelaat by
vonnisoplegging. Wat die omstandighede t.a.v. die moord betref,
verskil die gevalle van beskuldigdes
2, 6 en 7 nie wesenlik van dié
van beskuldigde no 1 nie, in weerwil van beskuldigde no 2 se
uitlating in die knelgreep van
die oomblik. Ek meen derhalwe dat in
hulle gevalle 'n vonnis van 12 jaar gevangenisstraf ook gepas sal
wees. Wat betref die vonnis
op klag 2 aan beskuldigde no 9 opgelê,
is daar na my oordeel geen regverdiging vir inmenging nie.
S v
PIETERS
1987 (3) SA 717
(A) 727F-728G.
Ek sou derhalwe die volgende
bevele gemaak het:
1. Die app
è
l
van die vierde appellant (beskuldigde
no 5) slaag en sy
skuldigbevindings en vonnisse
117
op albei klagtes word tersyde
gestel;
2. Die appêl van die agtste
appellant (beskuldigde
no 9) word van die hand gewys;
3.
Die
app
è
lle van eerste, tweede, derde,
vyfde,
sesde en sewende appellante
(beskuldigdes 1, 2,
3, 6, 7 en 8) slaag
gedeeltelik, en wel soos
volg:
(a) Die skuldigbevindings en
vonnisse van
eerste, tweede, derde en sesde
appellante
(beskuldigdes 1, 2, 3, en
7) t.a.v. die tweede aanklag
(openbare
geweld) word tersyde
gestel;
(b)
Die
app
è
lle van eerste, tweede,
derde,
vyfde, sesde en sewende
appellante (beskuldigdes 1, 2, 3, 6,
7
en 8) teen hul skuldigbevindings op
118
die eerste aanklag (moord) word
van die hand gewys;
(c)
Die
app
è
lle van eerste, derde en
sewende
appellante (beskuldigdes 1, 3
en 8) teen
hul doodvonnisse op die
eerste aanklag slaag. Daardie
vonnisse
word tersyde gestel en met
die volgende vervang:
eerste appellant (beskuldigde no
1)
- 10 jaar gevangenisstraf;
derde appellant (beskuldigde no 3)
- 12 jaar gevangenisstraf;
sewende
appellant (beskuldigde no 8)
- 15 jaar gevangenisstraf;
(d)
Die
app
è
lle van tweede, vyfde en
sesde
appellante (beskuldigdes 2, 6
en 7) teen die vonnisse van 18
jaar
gevangenisstraf aan elk van hulle
119
opgelê
op die eerste aanklag slaag. Daardie vonnisse word tersyde gestel en
vervang met vonnisse van 10 jaar gevangenisstraf
elk.
M T STEYN,
AR.