Masjienburo Bka v Van Wyk and Another (C 719/14) [2014] ZALCCT 45 (8 September 2014)

65 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Trade Restrictions — Urgent application to enforce restraint of trade against former employee — Applicant seeks to prevent employee from joining competitor — Employee signed restraint agreement and possesses confidential information — Court must determine whether restraint is reasonable and enforceable — Applicant must prove existence of valid contract and that employee intends to breach it — Employee's knowledge of sensitive information and client relationships may justify enforcement of restraint — Court finds applicant has protectable interests and grants interim relief to enforce restraint.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Cape Town Labour Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Cape Town Labour Court, Cape Town
>>
2014
>>
[2014] ZALCCT 45
|

|

Masjienburo Bka v Van Wyk and Another (C 719/14) [2014] ZALCCT 45 (8 September 2014)

REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Rapporteerbaar
DIE
ARBEIDSHOF VAN SUID-AFRIKA, KAAPSTAD
UITSPRAAK
SAAKNOMMER
C 719/14
In
die saak tussen:
MASJIENBURO
BKA
.......................................................................................................
APPLIKANT
en
GERT
VAN
WYK
..........................................................................................
EERSTE
RESPONDENT
BREEDENET
(EDMS)
BPK
.......................................................................
TWEEDE
RESPONDENT
Verhoor
:
28 Augustus 2014
Uitspraak
:
8 September 2014
Opsomming:
Handelsbeperking – dringende aansoek om werknemer te verhoed om
diens te aanvaar by mededinger – beginsels uiteengesit

uitleg van ooreenkoms.
UITSPRAAK
STEENKAMP
R
Inleiding
[1]
Die applikant, Masjienburo, wil ‘n
handelsbeperking afdwing teen sy voormalige werknemer, Gert van Wyk
(die eerste respondent).
[2]
Mnr van Wyk het bedank uit sy pos as senior
tegnikus. Hy wil op 1 September 2014 diens aanvaar in ‘n
soortgelyke pos by die
tweede respondent, Breedenet (Edms) Bpk, ‘n
direkte mededinger van Masjienburo. Altwee maatskappye word van
Worcester af
bedryf en verskaf breëband-internetdienste.
[3]
Van Wyk het ‘n
handelsbeperking-ooreenkoms onderteken. Hy is ook gebonde aan ‘n
ooreenkoms om nie enige vertroulike
inligting van Masjienburo bekend
te maak nie.  Die vraag wat ontstaan is of die respondente
gebonde is aan die handelsbeperking;
en of dit redelik en afdwingbaar
is. Om hierdie vrae te kan beantwoord, moet die bewoording van die
handelsbeperking ook onder
die loep geneem en uitgelê
word.
Agtergrond
[4]
Masjienburo doen sake as 'n
internet-verskaffer, met inbegrip van breëband koordlose
internet diens asook ADSL en Voice-over
Internet Protocol (VOIP) aan
klante in die Boland omgewing. Die gebied verskyn op 'n kaart op
Masjienburo se internet webtuiste
en strek rofweg vanaf Bredasdorp in
die suide tot by Riversdal in die ooste, Clanwilliam in die noorde en
die Weskus in die weste.
Masjienburo lewer dienste aan 'n
verskeidenheid tipes persone, van privaat huishoudings tot groot
ondernemings, en dit behels die
oprigting van seinherleitorings en
die installasie van internet ontvangs-toerusting. Breedenet verskaf
dieselfde dienste, maar
dit het ‘n groter handelsgebied en
klantebasis.
[5]
Mnr van Wyk is op 25 Augustus 2009 as
leerling kantoormasjien-tegnikus by Masjienburo in diens geneem, en
het 'n aanstellingsbrief
onderteken. Die tersaaklike klousule in die
brief lui soos volg:

"By
diensaanvaarding tree u in die voltydse diens van Masjien Buro en mag
u nie sonder die skriftelike toestemming van die
maatskappy se hoof
amptenaar enige buite-bedrywighede onderneem of beoefen wat
potensieel op u pligte inbreuk sal kan maak of ten
opsigte waarvan u
op vergoeding of inkomste geregtig sou wees of direk in kompetisie
met die spesifieke besigheid van Masjien Buro
sal wees nie.  U
onderneem verder om vir ten minste vir 'n periode van 12 maande nadat
u Masjien Buro se diens sou verlaat,
nie in direkte kompetisie vir
Masjien Buro 'n ander maatskappy sal begin, daarvoor sal gaan werk of
'n direkte of indirekte aandeel
in so 'n maatskappy te besit wat
skadelik mag wees vir die winsgewendheid van Masjien Buro en/of sy
kliënte
[1]
basis nie."
[6]
Van Wyk is tans 'n opgeleide
internet-tegnikus wat hom besig hou met die installasie, herstel en
onderhoud van seinherleitorings
en internet ontvangstoerusting. Hy
sal by Breedenet dieselfde take verrig.
[7]
Omdat Masjienburo in 'n mededingende bedryf
is, in besonder wat betref die internetverskaffingsdiens, en dus
waardevolle klanteverhoudings
opbou asook vertroulike inligting
besit, word van werknemers in Mnr van Wyk se posisie vereis om 'n
handelsbeperking te onderteken,
soos wat hy inderdaad ook gedoen het.
Masjienburo beweer Van Wyk is werksaam in 'n baie mededingende veld,
en sy tegniese inligting
met betrekking tot die ligging, besonderhede
en voorkeure van klante, asook die tegniese besonderhede ten aansien
van die ligging
van seintorings, is baie sensitief. Om hierdie rede
is dit vir Masjienburo van groot belang dat sy werknemers hoegenaamd
nie met
hom meeding op 'n wyse waar hulle van hierdie inligting
gebruik kan maak, of verhoudings met klante kan uitbuit, ten einde
hulself
of ander persone in staat te stel om op onregmatige wyse met
Masjienburo mee te ding en hom skade te berokken ten opsigte van sy

klantebasis nie. Dit is om hierdie rede dat Masjienburo daarop
aandring dat werknemers handelsbeperkings onderteken, veral
werknemers
wat in die tegniese vleuel van die onderneming in diens
geneem word.
[8]
Dit blyk op die stukke dat baie werknemers
juis 'n bedreiging vir Masjienburo se onderneming is deurdat hulle by
ander werkgewers
aansluit en op hierdie manier van beskermbare
inligting of klanteverhoudings gebruik maak ten einde Masjienburo
skade te berokken.
Dit is om hierdie tipe skade te voorkom dat
die handelsbeperking gesluit is.
Masjienburo
se omstandighede maak dit nodig om 'n verbod te plaas op enige vorm
van mededinging wat misbruik kan maak van sy beskermbare
belange, en
daarom is die doel van die handelsbeperking, volgens Masjienburo, om
'n verbod te plaas op die stigting van 'n maatskappy,
die werk vir 'n
ander maatskappy en aandele of belange hou in 'n mededingende
maatskappy. Of daardie doel wel in die bewoording
van die
handelsbeperking vervat word, word hieronder bespreek.
[9]
Masjienburo maak o.a. daarop staat dat Van
Wyk bepaalde kennis het van waar sy seintorings geleë
is.
Hoewel die respondente ontken dat kennis van die ligging van
seintorings vertroulike inligting is, ontken hulle nie dat (op
die
basis dat dit wel vertroulike inligting is) dit Mnr van Wyk in staat
sou stel om die inligting te gebruik ten einde Breedenet
in staat te
stel om op strategiese plekke waar Masjienburo seinherleitorings
opgerig het, eweneens seinherleitorings op te rig
nie. Dit sou
Breedenet in staat stel om Masjienburo se klantebasis wat in 'n
direkte siglyn van die bepaalde posisies geleë
is, van
Masjienburo af te rokkel. (Soos later sal blyk, is Breedenet nie
bewus van die ligging van al Masjienburo se seintorings
nie).
[10]
Mnr van Wyk het 'n aangename persoonlikheid
en maak 'n goeie indruk op klante en almal met wie hy in aanraking
kom, veral in die
plattelandse opset.  Weer eens op die basis
dat die kennis oor seintorings en die ligging van klante vertroulik
is, ontken
die respondente nie dat hierdie inligting deur Mnr van Wyk
gebruik kon word om klante af te rokkel, hetsy deur hulle persoonlik

te besoek of deur die inligting aan ander kollegas by Breedenet deur
te gee nie.
[11]
Op 29 Julie 2014 het Mnr van Wyk bedank met
effek 28 Augustus 2014. Hy is van plan om op 1 September by Breedenet
diens te aanvaar.
Hy ontken dat hy aan die handelsbeperking gebonde
is.
Die
applikant se argument
[12]
Masjienburo voer aan:
12.1
Dat hy 'n beskermbare belang het ten
opsigte van die ligging van seintorings, deurdat hierdie inligting
hoogs vertroulik en nie
algemeen bekend is nie, en deur 'n mededinger
gebruik kan word ten einde Masjienburo se klantebasis binne te dring.
12.2
Dieselfde geld die spesifieke geografiese
ligging van klante wat van sy dienste gebruik maak, veral wat betref
die relatiewe posisie
van die klant ten opsige van seintorings
vanwaar sy sein ontvang word.
12.3
Die relatiewe posisie van seintorings
onderling is ook van soortgelyke belang, aangesien dit 'n vereiste
vir koordlose breëband
tegnologie is dat die versendingspunte en
die seinherleitorings tussen-in elk onderskeidelik deur 'n
ononderbroke siglyn verbind
word, en nie onderbreek word deur
natuurlike obstruksies soos berge of ander versperrings nie.
12.4
Mnr van Wyk het in die loop van sy diens
deeglike kennis van die ligging van seintorings, die ligging van
klante en ook die besonderhede
van klante se adresse en kontrakte
opgedoen.
12.5
Daarbenewens, beweer Masjienburo, het Mnr
van Wyk ook baie goeie persoonlike verhoudings met die meeste klante
of hul verteenwoordigers
opgebou. Die bewering is in geskil, en word
later behandel.
12.6
Net so, beweer Masjienburo, het Mnr van Wyk
kennis opgedoen van die spesifieke toegewings en ander
prystransaksies wat aangegaan
is met klante, wat hom in staat sal
stel om maklik om namens 'n mededinger die Masjienburo te onderbie.
Die bewering is in geskil.
Die
toepaslike regsbeginsels
[13]
Hierdie
hof het al by verskeie geleenthede die huidige reg omtrent
handelsbeperkings uiteengesit.
[2]
[14]
Ten einde te slaag in sy interdik, moet
Masjienburo bewys dat daar 'n geldige kontrak tussen die partye is
wat 'n handelsbeperking
bevat, en dat Mnr van Wyk in botsing met
daardie handelsbeperking optree of wil optree. Die bewyslas is dan op
die respondente
om aan te voerdat die handelsbeperking nie afgedwing
behoort te word nie omdat dit teen die openbare belang is deurdat dit
onredelik
is, hetsy met betrekking tot die feit dat dit nie die
beskermbare belange van die applikant dien nie, of dat die omvang
daarvan
ten opsigte van tyd en geografiese strekking te wyd is.
[15]
In
Basson
v Chilwan
[3]
is
hierdie beginsels soos volg opgesom:
"
'n Ooreenkoms is in sy geheel of ten dele aanvegbaar as dit die
openbare belang skaad en aldus teen die openbare beleid indruis.

'n Bepaling van hierdie aard wat 'n werknemer of vennoot na
beëindiging van die kontrak aan bande probeer lê –

en dis al geval wat hier in oënskou geneem moet word –
druis teen die openbare beleid in as die uitwerking van die
belemmering onredelik sou wees.  Die redelikheid al dan nie van
die belemmering word beoordeel aan die hand van die breëre

belange van die gemeenskap, enersyds, en van die kontrakterende
partye self, andersyds.  Wat die breëre gemeenskap betref

is daar twee botsende oorwegings: Ooreenkomste moet gehandhaaf word
(al bevorder dit ook onproduktiwiteit; onproduktiwiteit moet

ontmoedig word, al verongeluk dit ook 'n ooreenkoms) (vgl
Sunshine
Records (Pty) Ltd v Frohling and Others
1990 (4) SA 782
(A) te
794D-E).  Wat die partye self betref, is 'n verbod onredelik as
dit die een party verhinder om hom, na beëindiging
van hul
kontraktuele verhouding, vryelik in die handels- en beroepswêreld
te laat geld, sonder dat 'n beskermingswaardige
belang van die ander
party na behore daardeur gedien word.  So iets is op sigself
strydig met die openbare beleid.  Origens
mag 'n beperking wat
inter partes
redelik is nietemin, vir 'n rede wat nie aan die
partye eie is nie, die openbare belang skaad.  En bes moontlik
ook omgekeerd.
Vier
vrae moet in die verband gestel word:
Is
daar 'n belang van die een party wat na afloop van die ooreenkoms
beskerming verdien?
Word
so 'n belang deur die ander party in gedrang gebring?
Indien
wel, weeg sodanige belang kwalitatief en kwantitief op teen die
belang van die ander party dat hy ekonomies nie onaktief
en
onproduktief moet wees nie?
Is
daar 'n ander faset van openbare belang wat met die verhouding tussen
die partye niks te make het nie maar wat verg dat die beperking

gehandhaaf moet word, al dan nie?"
Die
regsvereistes vir vertroulike inligting
[16]
Ten
einde te kwalifiseer as vertroulike inligting, moet inligting aan
drie vereistes voldoen:
[4]
16.1
Dit moet bruikbaar in die bedryf wees.
16.2
Dit moet nie algemene kennis of algemene
besit wees nie. Dus moet dit objektief vasstelbaar aan slegs 'n
beperkte aantal persone
bekend wees.
16.3
Die inligting moet objektief gesproke van
ekonomiese waarde wees vir die persoon wat dit wil beskerm.
[17]
Die
aard van die inligting is nie ter sake nie.  Mits dit voldoen
aan die vereistes van vertroulike inligting, sal dit as vertroulik

behandel word.
[5]
Die
regsvereistes van klantekontakte as beskermbare belang
[18]
Dit
is aanvaarde reg dat klante-werfkrag ‘n bate van 'n werkgewer
is en dat in besonder klantekontakte beskermbaar is deur
'n
handels-beperkingsooreenkoms.
[6]
[19]
Die
werkgewer sal 'n beskermbare belang ten opsigte van klantekontakte hê
waar die werknemer toegang tot klante het en in
'n posisie is om 'n
besondere verhouding met die klante op te bou op so 'n manier dat
wanneer hy die werkgewer se diens verlaat,
hy maklik die klante sou
oortuig om hom na 'n nuwe onderneming te volg.
[7]
[20]
In
Caravantruck
het die hof dit soos volg beskryf:
"The
need of an employer to protect his trade connections arises when the
employer has access to customers and is in a position
to build up a
particular relationship with the customers so that when he leaves the
employer's service he could easily induce the
customers to follow him
to a new business (Joubert
General Principles of the Law of
Contract
at 149).  Haydn
The Restraint of Trade Doctrine
(1971) at 108, quoting an American case, says that the 'customer
contact' doctrine depends on the notion that
'the
employee, by contact with the customer, gets the customer so strongly
attached to him that when the employee quits and joins
a rival he
automatically carries the customer with him in his pocket'.
In
Morris (Herbert) Ltd v Saxelby
[1916] 1 AC 688
(HL) at 709 it
was said that the relationship must be such that the employee
acquires
'such
personal knowledge of and influence over the customer of his employer
... as would enable him (the servant or apprentice),
if competition
were allowed, to take advantage of his employer's trade connections
...'."
[21]
Beskermbare belange van vertroulike
inligting en handelsbetrekkinge of klantekontakte kan uiteraard in
samehang werk en hoef nie
noodwendig afsonderlik beoordeel behoort te
word nie.
Toepassing
van die regsbeginsels: feitegeskille in die saak
[22]
Die respondente plaas drie kernbewerings
deur middel van ontkennings in geskil, wat argumenteerbaar wesenlike
feitegeskille skep:
22.1
Hulle ontken dat Mnr van Wyk vaste
verhoudings met klante opgebou het.
22.2
Hulle ontken dat Masjienburo vertroulike
inligting ten opsigte van die ligging van sy eie seintorings het, en
in besonder beweer
hulle dat Breedenet kennis van al hierdie
seintorings se ligging dra.
22.3
Hulle ontken dat Mnr van Wyk kennis van die
spesifieke transaksies het wat aan klante toegestaan is, met
verwysing na afslag en
dies meer.
Verhoudings
met klante
[23]
Dit is gemeensaak dat Mnr van Wyk in die
loop van sy diens gereeld met klante – wat privaatpersone soos
huisbewoners of boere
is, of klein en groot ondernemings –
kennis gemaak het. Daar word verder erken dat Mnr van Wyk
professionele verhoudings
met die klante opgebou het, alhoewel dit in
sy hoedanigheid as tegnikus is, en nie as verkoopsman nie. Dit is
voorts gemeensaak
dat Mnr van Wyk 'n aangename persoonlikheid het en
'n goeie indruk maak op klante en almal met wie hy in aanraking kom.
Verder
maak Masjienburo die bewering dat, soos die gebruik op die
platteland is, Mnr van Wyk mettertyd mense persoonlik sou leer ken en

met hulle 'n gemoedelike en gemaklike verhouding sou opbou. Hierdie
bewering word egter deur die respondente as "blote spekulasie"

afgemaak op die basis dat Van Wyk geen persoonlike vriendskappe
opgebou het met Masjienburo se klante nie. In die repliserende

verklaring sit Masjienburo egter 'n reeks inligting uiteen wat
duidelik aantoon dat –
23.1
sommige klante persoonlik Mnr van Wyk se
dienste versoek het by tegniese probleme;
23.2
sommige klante sy selfoonnommer gehad het
ten einde hom direk te kontak in geval van probleme;
23.3
een klant in besonder, op 'n duidelik
gemoedelike wyse, per e-pos met die kantoor kommunikeer het en
spesifiek sy hulp versoek het.
[24]
Onder die omstandighede aanvaar ek dat Van
Wyk wel goeie verhoudings met klante opgebou het en dat daar geen
wesenlike feitegeskil
oor hierdie aspek bestaan nie. Boonop moet in
gedagte gehou word dat Masjienburo se saak nie op klanteverhoudings
in isolasie steun
nie, maar hulle voer ook aan dat Mnr van Wyk die
klante met hom sou kon saamneem op sterkte van 'n verskeidenheid
ander inligting
en deur mededingende pryse en dies meer aan te bied.
Vertroulike
inligting ten opsigte van seintorings
[25]
Masjienburo steun op die bewering dat die
ligging van sy seintorings vertroulike inligting is.  In die
antwoordende verklaring
beweer Breedenet soos volg:
"11.2.1
[Breedenet] gee toe dat die ligging van seinherleitorings nie
noodwendig algemene kennis is nie. Die ligging van die
applikant se
seinherleitorings is gewis nie 'n geheim vir die Tweede Respondent
nie.
11.2.2
Die rede hiervoor is dat die Tweede Respondent langer as die
applikant hierdie tipe besigheid bedryf en voor die applikant

seinherleitorings in die Boland omgewing, en selfs verder as net die
Boland omgewing, opgerig het."
[26]
Mnr van Wyk maak ook die stelling dat
Masjienburo slegs 25 seintorings het, terwyl dit foutief is aangesien
Masjienburo in die replisenrende
eedsverklaring aandui dat dit
inderdaad 37 van sy eie seintorings het.
[27]
Breedenet het in sy antwoordende
eedsverklaring geen poging aangewend om enige besonderhede te verskaf
oor die omvang, inhoud
en aard van sy kennis nie, nog minder
gee Breedenet inligting oor die wyse waarop hierdie inligting bekom
is, deur wie en op watter
stadium. Geen rede word verskaf vir die
versuim om die torings te identifiseer of individueel te lys nie.
Breedenet maak bloot
die algemene stelling dat hierdie kennis
ontstaan uit die feit dat Breedenet langer in die bedryf sake doen as
Masjienburo.
Geen verduideliking word gegee oor hoe die feit
dat Breedenet langer sake doen, hom in staat sou stel om die kennis
oor die seintorings
in te win nie.
[28]
In hierdie verband sê Masjienburo
byvoorbeeld die volgende, wat die respondente nie ontken nie:
"Die
ligging van die seinherleitorings is nie noodwendig algemene kennis
nie, omdat seinherleitorings meestal op afgeleë
plaasgrond
opgerig word, tussen natuurlike versperrings soos berge en bowendien
op 'n eko-vriendelike manier geïnstalleer
word."
[29]
Onder
hierdie omstandighede stem ek saam met Mnr
Rautenbach
dat die ontkenning dat die inligting vertroulik is, 'n blote
ontkenning is wat deur die Hof geïgnoreer kan word. In
Sofiantini
v Mould
[8]
het die Hof soos volg in hierdie verband beslis:
"In
the case of
Room Hire Co (Pty) Ltd v Jeppe Street Mansions (Pty)
Ltd
1949 (3) SA 1155
(T) at page 1165 Murray, then AJP, said:
'A
bare denial of applicant's material averments cannot be regarded as
sufficient to defeat applicant's right to secure relief by
motion
proceedings in appropriate cases.  Enough must be stated by
respondent to enable the court to conduct a preliminary
examination
... and to ascertain whether the denials are not fictitious, intended
merely to delay the hearing.'
(or
for some other purpose)
'The
respondent's affidavits must at least disclose that there are
material issues in which there is a bona fide dispute of fact
capable
of being decided only after viva voce evidence has been heard.'
See
also the case of
Prinsloo v Shaw
1938 AD 570.
If
by a mere denial in general terms a respondent can defeat or delay an
applicant who comes to court on motion, then motion proceedings
are
worthless, for a respondent that always defeat or delay a petitioner
by such a device.
It
is necessary to make a robust, commonsense approach to a dispute on
motion as otherwise the effective functioning of the court
can be
hamstrung and circumvented by the most simple and blatant stratagem.
The court must not hesitate to decide an issue
of fact on affidavit
merely because it may be difficult to do so.  Justic can be
defeated or seriously impeded and delayed
by an over-fastidious
approach to a dispute raised in affidavits."
[30]
In hierdie saak gee Breedenet geen detail
oor die spesifieke ligging van Masjienburo se torings, die persoon of
persone wat die
inligting bekom het, die wyse waarop hulle dit bekom
het, en wanneer hulle dit bekom het nie. Instede berus Breedenet hom
oënskynlik
by 'n stelling van Mnr van Wyk (met wie hy gemeensaak
in hierdie geding maak) dat Masjienburo 25 torings het.  Op
daardie
basis kan aanvaar word dat Breedenet, selfs op sy eie
weergawe, van net 25 van die Masjienburo se torings weet.  Dit
plaas
op sigself reeds 'n vraagteken oor sy weergawe in hierdie
opsig, en maak dit gemeensaak dat daar ten minste 12 torings is
waarvan
Breedenet nie weet nie. Om hierdie rede bevind ek dat die
blote bewering dat Breedenet kennis dra van die ligging van die
Masjienburo
se torings, (op onlogiese wyse gerugsteun deur die blote
stelling dat Breedenet langer in die bedryf is), geen
bona
fide
feitegeskil skep nie.
Kennis
van spesifieke afslagtransaksies aan klante
[31]
Mnr van Wyk ontken dat hy enige kennis
gehad het van afslagtransaksies wat aan klante toegestaan is.
In die repliserende verklaring
maak Masjienburo dit duidelik dat,
selfs al ken Mnr van Wyk nie die spesifieke afslagreëlings wat
aan klante toegestaan is
nie, hy in elk geval sou kon vasstel wat die
maandelikse prys is wat die klant aan Masjienburo betaal, en dan
gewoon 'n meer aantreklike
transaksie aanbied ten einde die klant af
te rokkel. Die prysvoordeel is in elk geval 'n baie klein aspek van
Masjienburo se saak,
en onder die omstandighede is hierdie
feitegeskil ook nie wesenlik nie.
Die
vereistes vir 'n finale interdik
[32]
Dit is geykte reg dat die applikant 'n saak
moet uitmaak dat –
32.1
hy 'n duidelike reg het;
32.2
daar inbreukmaking is op sy reg in die sin
dat die respondente onregmatige optree (“een gepleegde
feitelijkheid”);
32.3
hy as gevolg daarvan op 'n voortdurende
basis skade ly of staan te ly; en
32.4
hy
geen alternatiewe remedie het as om hierdie Hof op die basis te nader
wat hy inderdaad doen nie.
[9]
[33]
Waar daar feitegeskille is, kan dit opgelos
word aan die hand van die reëls met betrekking tot die vereiste
van 'n
bona fide
geskil soos hierbo uiteengesit.
Onregmatigheid
van Mnr Van Wyk se optrede: die bewoording van die handelsbeperking
[34]
In die huidige aangeleentheid moet
Masjienburo bewys dat Mnr van Wyk die handelsbeperking gaan verbreek,
met ander woorde dat sy
optrede deur by Breedenet diens te aanvaar,
binne die toepassingsveld van die kontraktueel verbode handelinge
val, soos behoorlik
geïnterpreteer.
[35]
Dit opper sekere vrae van uitleg van die
kontrak, naamlik:
35.1
Dek die kontrak die gebeurlikheid dat Mnr
van Wyk by 'n mede-dingende maatskappy
gaan
werk
, waar dit nie sy eie maatskappy is
nie?  Hierdie vraag spruit voort uit die woorde “
nie...’n
ander maatskappy sal begin,
daarvoor
sal gaan werk of ‘n direkte of indirekte aandeel in
so
‘n
maatskappy te
besit...”.
Die respondente voer
aan dat dit beteken dat Van Wyk net weerhou word daarvan om te gaan
werk by ‘n nuwe maatskappy wat hy
self gestig het, en nie by ‘n
bestaande mededinger nie.
35.2
Vervolgens moet Masjienburo aantoon dat die
omvang van die handelsbeperking van so 'n aard is dat dit die gebied
waarbinne die Masjienburo
handel dryf, soos op aanhangsel "JK2"
tot sy funderende eedsverklaring, alternatiewelik die meer beperkte
“GvW2”
tot Van Wyk se eedsverklaring, behels.
35.3
Tesame met hierdie vraag is daar ook die
vraag of die kontrak ten opsigte van sy geografiese omvang vaag is,
in die mate dat die
Hof nie die geografiese toepassingsgebied daarvan
kan vasstel nie, en bygevolg ongeldig is.
Uitleg
van die kontrak
[36]
'n
Handelsbeperking in 'n kontrak word op geen ander wyse as enige ander
kontraktuele bepaling uitgelê nie.
[10]
[37]
Die
huidige posisie ten opsigte van die uitleg van kontrakte word soos
volg saamgevat in die onlangse saak van
Bothma-Batho
Transport (Edms) Bpk v S Bothma & Seun Transport (Edms) Bpk
[11]
:
"In
Natal Municipal Pension Fund v Endumeni Municipality
2012 (4)
SA 593
(SCA) the current state of our law in regard to the
interpretation of documents was summarised as follows:
'Over
the last century there have been significant developments in the law
relating to the interpretation of documents, both in
this country and
in others that follow similar rules to our own.  It is
unnecesary to add unduly to the burden of annotations
by trawling
throught the case law on the construction of documents in order to
trace those developments.  The relevant authorities
are
collected and summarised in
Bastian Financial Services (Pty) Ltd v
General Hendrik Schoeman Primary School
.  The present state
of the law can be expressed as follows:  Interpretation is the
process of attributing meaning to
the words used in the document, be
it legislation, some other statutory instrument, or contract, having
regard to the context provided
by reading the particular provision or
provisions in the light of the document as a whole and the
circumstances attendant upon
its coming into existence.
Whatever the nature of the document, consideration must be given to
the language used in the light
of the ordinary rules of grammer and
syntax; the context in which the provision appears; the apparent
purpose to which it is directed
and the material known to those
responsible for its production.  Where more than one meaning is
possible, each possibility
must be weighed in the light of all these
factors.  The process is objective, not subjective.  A
sensible meaning is
to be preferred to one that leads to insensible
or unbusinesslike results or undermines the apparent purpose of the
document.
Judges must be alert to, and guard against, the
temptation to substitute what they regard as reasonable, sensible or
businesslike
for the words actually used.  To do so in regard to
a statute or statutory instrument is to cross the divide between
interpretation
and legislation; in a contractual context it is to
make a contract for the parties other than the one they in fact
made.
The inevitable point of departure is the language of the
provision itself, read in context and having regard to the purpose of
the provision and the background to the preparation and production of
the document.'
...
We had cited to us the well-known and much cited summary of the
earlier approach to the interpretation of contracts by Joubert
JA in
Coopers & Leibrandt and Others v Bryant
[1995] ZASCA 64
;
1995 (3) SA 761
(A) that:
'The
correct approach to the application of the golden rule of
interpretation after having ascertained the literal meaning of the

word or phrase in question is, broadly speaking, to have regard:
to
the context in which the word or phrase is used with its
inter-relation to the contract as a whole, including the nature and

purpose of the contract ...
to
the background circumstances which explain the genesis and purpose of
the contract, i.e. to matters probably present to the minds
of the
parties when they contracted ...
to
apply extrinsic evidence regarding the surrounding circumstances when
the language of the document is on the face of it ambiguous,
by
considering previous negotiations and correspondence between the
parties, subsequent conduct of the parties showign the sense
in which
they acted on the document, save direct evidence of their own
intentions.'
That
summary is no longer consistent with the approach to interpretation
now adopted by South African courts in relation to contracts
or other
documents, such as statutory instruments or patterns.  Whilst
the starting point remains the words of the document,
which are the
only relevant medium through which the parties have expressed their
contractual intentions, the process of interpretation
does not stop
at a perceived literal meaning of those words, but considers them in
the light of all relevant and admissible context,
including the
circumstances in which the document came into being.  The former
distinction between permissible background
and surrounding
circumstances, never very clear, has fallen away.
Interpretation is no longer a process that occurs in stages,
but is
'essentially one unitary exercise'.
Accordingly
it is no longer helpful to refer to the earlier approach."
[38]
Die kontrak moet dus in 'n eenmalige
oefening uitgelê word met verwysing na al die faktore wat
uiteengesit word in die uitspraak,
naamlik:
38.1
die gewone betekenis van die woorde in die
geskrewe kontrak as uitgangspunt;
38.2
die konteks van die kontrak;
38.3
die aard en doel van die kontrak;
38.4
enige feite wat aan die partye bekend is;
38.5
enige onderhandelinge van die partye,
uitgesluit 'n direkte uitdrukking van hulle bedoeling.
[39]
Teen die agtergrond van hierdie algemene
beginsels het Mnr
Rautenbach
op die volgende spesifieke toepassings daarvan in ons regspraak
gewys:
39.1
Woorde
moet hulle gewone grammatikale betekenis hê, maar die Hof sal
daarvan afwyk waar dit nie die werklike bedoeling van
die partye
weergee nie of ten einde 'n weerspreking of 'n absurditeit te vermy,
en aan die kontrak 'n sinvolle sake-uitleg te gee.
[12]
39.2
Waar
moontlik moet effek aan elke woord in 'n kontrak gegee word, en
woorde nie op so 'n wyse geïnterpreteer word dat sekere
dele
daarvan nutteloos is nie.
[13]
39.3
Woorde
moet uitgelê word binne die konteks van die kontrak as 'n
geheel.
[14]
39.4
Die
kontrak moet uitgelê word binne sy totale konteks, insluitende
alle tersaaklike agtergrondfeite.
[15]
Toepassing
van die uitlegbeginsels
[40]
Die partye is dit eens dat die
handelsbeperking drie tipes handeling verbied wat met Masjienburo sou
meeding:
40.1
Om 'n nuwe maatskappy
te
begin
.
40.2
Om
"daarvoor"
(wat dit ookal mag beteken)
te werk
.
40.3
Om 'n
belang
te hê
in
"so
'n maatskappy"
(wat dit ookal mag
beteken).
[41]
Dit is verder duidelik dat hierdie drie
verbode handelings in 'n disjunktiewe verhouding staan, met ander
woorde dat hulle as afsonderlike,
alternatiewe oortredings gesien
word.  Grammatikaal gesproke volg dit uit die feit dat die drie
handelings onderskeidelik
deur die voegwoord
"of"
geskei word.
[42]
Dit is natuurlik so dat volgens die
letterlike uitleg, waarop die respondente  staatmaak, die frase
"daarvoor sal gaan werk"
lyk of dit slaan op 'n maatskappy wat deur die werknemer
self
begin is
.
[43]
Ek het egter tot die gevolgtrekking gekom
dat so 'n uitleg absurd is, en nie besigheidseffek aan die ooreenkoms
gee nie. Volgens
hierdie letterlike interpretasie sou dit beteken dat
die werknemer óf nie 'n mededingende maatskappy mag begin nie,
óf
nie vir sy eie maatskappy mag
"gaan
werk nie"
. Die noodwendige
implikasie van so 'n uitleg is dat Masjienburo 'n verbod wou plaas
ook op die stigting van 'n maatskappy deur
Mnr van Wyk, al werk hy
nie daarvoor nie. Gegewe die agtergrondfeite, naamlik dat Mnr van Wyk
relatief onlangs eers opgelei is
as 'n tegnikus (in 2009), dus 'n
relatief junior persoon in die bedryf by aanstelling was en geen
blyke gee dat hy 'n groot sake-finansier
of derglike speler in die
mark is nie, is die kans bitter skraal dat die werkgewer hoegenaamd
besorg was dat Mnr van Wyk as tegnikus
'n maatskappy sou stig sonder
dat hy daarvoor gaan werk.
[44]
Onder die omstandighede van hierdie saak is
dit hoogs onwaarskynlik dat dit hoegenaamd 'n rol in die bekommernis
van die werkgewer
oor euwels waarteen hy sou wou waak, gespeel het.
Klaarblyklik was die werkgewer eerder bekommerd oor die moontlikheid
dat Mnr
van Wyk vir 'n mededingende maatskappy sou gaan werk.
Hy maak ook die punt in die stukke dat dit moeilik sou wees vir 'n
jong tegnikus soos Mnr van Wyk om 'n nuwe maatskappy of onderneming
wat met Masjienburo meeding, op die been te bring.
[45]
Gegewe die uitleg wat die Respondente
voorhou, is die tweede deel van die klousule (wat
"werk"
verbied) in elk geval totaal onnodig. Die verbod op die stigting van
'n maatskappy is reeds in die eerste gedeelte vervat.
As daar
reeds so 'n verbod bestaan, sou dit onnodig wees om dan boonop by te
voeg dat die werknemer nie vir so 'n self-gestigte
maatskappy mag
"gaan werk"
nie.
[46]
Myns insiens is die enigste logiese uitleg
van die klousule dat daar drie alternatiewe handelings is wat die
werkgewer as mededingende
handelings wou verbied, naamlik:
46.1
Die stig van 'n mededingende onderneming;
of
46.2
Werk vir 'n ander onderneming wat met
Masjienburo meeding; of
46.3
Die hou van 'n belang in so 'n mededingende
onderneming.
[47]
Die logiese manier waarop die klousule dus
gelees moet word (en hoe dit geskryf moes word om dit duidelik te
maak), is:

U
onderneem verder om vir ten minste vir 'n periode van 12 maande nadat
u Masjienburo se diens verlaat, nie in direkte kompetisie
met
Masjienburo:
'n
ander maatskappy sal begin;
vir
‘n mededingende maatskappy sal gaan werk;
of
'n direkte of indirekte aandeel in so 'n mededingende maatskappy sal
besit,
wat
skadelik mag wees vir die winsgewendheid van Masjienburo of sy
klantebasis nie."
[48]
Op hierdie wyse sou die drie
voor-die-hand-liggende wyses waarop werknemers met 'n werkgewer kon
meeding deur van sy beskermbare
belange gebruik te maak, almal gedek
word.
Die
uitleg van die omvang van die klousule ten opsigte van gebied
[49]
Die handelsbeperking dien om mededingende
optrede deur die werknemer te verbied. 'n Noodwendige implikasie
daarvan is dat hy nie
vir 'n mededingende maatskappy moet werk, 'n
ander maatskappy moet stig of 'n belang in 'n ander maatskappy moet
hê waar
so 'n maatskappy direk met Masjienburo meeding nie.
[50]
Dit
is bekend in die bedryf dat Masjienburo binne 'n sekere afgebakende
gebied handel dryf, en dat sy klantebasis dus in daardie
gebied
gesetel is. Die kontrak is by noodwendige implikasie die gebied waar
Masjienburo meeding, hoewel die kontrak nie die gebied
in detail
beskryf nie. Dit is egter altyd vir kontrakspartye toelaatbaar om
eksterne getuienis buite-om die geskrewe kontrak aan
te bied om sake
waarna daar in die kontrak verwys word, te identifiseer.
[16]
'n Kontraksparty mag ook getuienis lei om woorde in die skriftelike
kontrak, soos spesiale betekenisse wat in woorde gelees moet
word, te
bewys.
[17]
[51]
Masjienburo gee geredelik toe dat die
kontrak slegs van toepassing is op daardie gebied waar dit
mededingend optree.  Enige
ander
"bedreiging"
van sy klantebasis buite daardie gebied is per definisie onmoontlik.
[52]
Dit
is gevestigde reg dat selfs waar die handelsbeperking se geografiese
gebied heelwat groter is as wat redelik is, die applikant
'n basis
daarvoor in die getuienis kan lê dat die Hof 'n
handelsbeperking oor 'n kleiner gebied afdwing.
[18]
[53]
Dit is myns insiens redelik om die kontrak
af te dwing in die meer beperkte gebied wat deur die respondente
afgebaken is in “GvW2”.
Die
tydsduur
[54]
Die tydsduur van 12 maande is min of meer
'n standaard tydperk vir handelsbeperkings en is m.i. nie onredelik
lank nie.
Masjienburo
se beskermbare belang
[55]
Masjienburo doen aan die hand dat hy 'n
beskermbare belang het ten opsigte van –
55.1
vertroulike inligting ten opsigte van die
ligging van seinherleitorings;
55.2
vertroulike inligting ten opsigte van die
ligging van klante;
55.3
vertroulike inligting ten opsigte van die
besonderhede en adresse van klante;
55.4
vertroulike inligting ten opsigte van
spesifieke afslag en ander transaksies ten gunste van klante;
55.5
klanteverhoudings.
[56]
Gegewe die vertroulike aard van die
inligting waaroor hy beskik, kan Mnr van Wyk maklik (as hy sou
wou) vir Masjienburo skade
berokken.  Hy sou klante van
Masjienburo kon wegrokkel en op 'n onbillike wyse op die rug ry van
die werk wat Masjienburo
tot dusver gedoen het deur sy
klantebasis op te bou, gebaseer op navorsing en die oprigting van
seinherleitorings wat 'n ononderbroke
siglyn na klante en ander
seinherleitorings het.
Benadeling
[57]
Ek is oortuig dat Masjienburo benadeel kan
word deur die respondente se optrede deurdat hy gevaar loop om ‘n
deel van sy klante
te verloor. Insoverre die belange van Masjienburo
teenoor dié
van die respondente
opgeweeg moet word, weeg die beskerming van Masjienburo se belange
swaarder as Van Wyk se belang om nie ekonomies
onaktief te wees nie.
Hy kan by enige mededingende onderneming buite die beperkte
raakgebied van die handelsbeperking gaan werk;
en hy kan by ‘n
nie-mededingende onderneming binne die raakgebied gaan werk.
Die
respondente se ondernemings om nie onregmatig op te tree nie
[58]
Die
respondente het wel onderneem om nie Masjienburo se klante af te
rokkel nie. Dit is baie moeilik om ‘n ogie te hou oor
die
afdwinging van so ‘n onderneming, veral in afgeleë
plaaswêreld.
Ons howe weier oor die algemeen om enige gewig aan 'n belofte of 'n
versekering deur 'n werknemer dat hy nie
sy vorige werkgewer se
vertroulike inligting of handelskonneksies sal misbruik nie, te gee.
[19]
[59]
Insgelyks
is daar in
Dickenson
Holdings Group (Pty) Ltd v Du Plessis
[20]
op appèl beslis dat selfs 'n ooreenkoms tussen die partye om
nie vertroulike inligting openbaar te maak nie, nie 'n verweer
teen
die afdwinging van 'n handelsbeperking daarstel nie, en dieselfde
geld vir 'n onderneming daarna tydens litigasie gegee.
[60]
Mnr
Rautenbach
het ook verwys na
Shoprite
Checkers (Pty) Ltd v Jordaan
[21]
:
"The
undertakings tendered by Ms Jordaan are impossible to police while
she is in the employ of Pick 'n Pay.  It is also
not helpful to
suggest, as Mr
Du Plessis
did, that the applicant can police
and, if necessary, take action against suppliers who breach their
exclusivity agreements with
the applicant.  It is exactly in
order to avoid this type of harm and the attendant legal costs, that
the applicant sought
to enter into a restraint of trade agreement
with Ms Jordaan."
[61]
'n
Applikant wat 'n handelsbeperking wil afdwing waaraan 'n respondent
homself verbind het, hoef nie aan te toon dat so 'n respondent

inderdaad vertroulike inligting gebruik het nie, maar slegs dat die
respondent op onregmatige wyse van sulke inligting gebruik
kan maak.
[22]
[62]
In hierdie saak is dit so dat Mnr van Wyk
uit die aard van sy werk besoeke by klante aflê, wat dit vir
hom baie maklik sal
maak om insgelyks besoeke by Masjienburo se
bestaande klante af te lê tot voordeel van sy nuwe werkgewer,
Breedenet.
Die partye bedien dieselfde gebied in die Boland, en
dit is hoogs onwaarskynlik dat Mnr van Wyk, gegewe sy natuurlike
lojaliteit
aan sy nuwe werkgewer, nie in die versoeking sal kom om
bestaande klante van die Masjienburo te besoek nie.  Vandaar is
dit
'n baie eenvoudige stap om die klant se klandisie oor te skuif na
Breedenet.
Die
onregmatigheid van die optrede van Breedenet
[63]
Breedenet het van voor die aanvang van die
diensverhouding met Mnr van Wyk reeds geweet van die handelsbeperking
waaraan hy onderhewig
is, en het verkies om nogtans met die
verhouding voort te gaan.  Deur dit te doen het Breedenet in
effek dus vir Mnr van Wyk
bygestaan of gehelp om sy handelsbeperking
te verbreek.
[64]
Dit
is geykte reg dat 'n werkgewer wat met kennis van 'n handelsbeperking
'n kontrak met 'n werknemer sluit wat hom in staat stel
om sy kontrak
te verbreek, in effek 'n vorm van onregmatige mededinging pleeg,
naamlik deur met die kontraktuele verhoudings van
'n ander party in
te meng.
[23]
Slotsom
[65]
Die
applikant, Masjienburo, het daarin geslaag om aan al die vereistes
vir ‘n finale interdik te voldoen. Die vrae wat gestel
word in
Basson
v Chilwan
[24]
moet
in Masjienburo se guns beantwoord word.
[66]
Wat koste betref, neem die hof in ag dat
beide Van Wyk en Breedenet wel deeglik bewusgemaak is van die feit
dat hulle op die punt
was om die handelsbeperking te verbreek.
Breedenet het, as Van Wyk se nuwe werkgewer, met hom saamgespan om
dit te doen en as mede-respondent
opgetree. Daar is volgens my geen
rede, in ag genome die vereistes van reg en billikheid, waarom die
respondente nie die applikant
se regskoste moet betaal nie.
[67]
Ek is wel voornemens om die gebied van die
handelsbeperking te beperk ooreenkomstig die bespreking hierbo en die
gebied afgebaken
in GvW2 (oftewel aanhangsewl B tot die gewysigde
kennisgewing van mosie). Dit sou myns insiens ‘n billike balans
daarstel
tussen die afdwinging van Masjienburo se beskermbare belang
en die belang van die werknemer om ekonomies produktief te wees.
Bevel
[68]
Ek maak dus die volgende bevel:
68.1
Die eerste respondent, Mnr van Wyk, word
verbied om vir ‘n typerk van 12 maande vanaf 1 September 2014,
en in die gebied aangedui
as aanhangsel “B” tot die
gewysigde kennisgewing van mosie:
68.1.1

n onderneming in mededinging met die
applikant, Masjienburo BK, te stig;
68.1.2
vir tweede respondent (Breedenet) of ‘n
ander mededingende onderneming te werk; of
68.1.3

n aandeel of belang in Breedenet of
‘n ander mededingende onderneming te hê.
68.2
Die tweede respondent, Breedenet, word
verbied om die eerste respondent, Van Wyk, in diens te neem vir ‘n
tydperk van 12 maande
vanaf 1 September 2014 en in die gebied
aangedui as “B”.
68.3
Die respondente word gelas om die applikant
se koste gesamentlik en afsonderlik te betaal.
_______________________
Anton
J Steenkamp
Regter
van die Arbeidshof
VERSKYNINGS
MASJIENBURO:
Frans Rautenbach
In
opdrag van .Murray, Fourie & Le Roux, Worcester.
RESPONDENTE:
Con Joubert
In
opdrag van .Wilna Roux prokureurs,
Worcester.
[1]
Ofskoon Masjienburo deurgaans verwys na sy “kliënte”
verkies ek steeds om daardie term net vir professionele
dienste te
gebruik, Ek verwys dus na “klante”.
[2]
Bv
Esquire
System Technology (Pty) Ltd t/a Esquire Technologies v Cronjé
&
another
(2011)
32
ILJ
661 (LC);
New
Justfun Group (Pty) Ltd v Turner & ors
[2014] ZALCJHB 177 (14 Mei 2014).
[3]
1993
(3) SA 742 (A) 767.
[4]
Alum-Phos
(Pty) Ltd v Spatz
[1997]
1 All SA 616
(W) te 623f-624a;
Aranda
Textile Mills (Pty) Ltd v Hurn
[2000]
4 All SA 183
(E) te 190i-d;
Townsend
Productions (Pty) Ltd v Leech
[2001] 2
All SA 225
(C) te 272g-273a.
[5]
SA
Historical Mint (Pty) Ltd v Sutcliffe
1983 (2) SA 84
(C) te 89H-90D;
Meter
Systems Holdings Ltd v Venter
1993 (1)
SA 409
(W) te 428A-430H.
[6]
Branco
and Another t/a Mr Cool v Gale
1996 (1) SA 163
(ECD) te 177C-D;
Paragon
Business Forms (Pty) Ltd v Du Preez
1994
(1) SA 434
(SECLD) te 445G-J;
Bridgestone
Firestone Maxiprest Ltd v Taylor
[2003]
1 All SA 299 (N).
[7]
Rawlins
v Caravantruck (Pty) Ltd
[1992] ZASCA 204
;
1993 (1) SA 537
(A) te 541C-D.
[8]
1956
(4) SA 150 (E) 154.
[9]
LAWSA
Vol 11 par 396 en gesag daar aangehaal.
[10]
Logista
Inc v Van der Merwe
2010 (3) SA 105
(BCC) te par 8-11;
Coopers
& Leibrandt v Bryant
[1995] ZASCA 64
;
1995 (3) SA
761
(A) te 767E-768A.
[11]
2014
(2) SA 494
(SCA) 499-500 para 10-12.
[12]
Grand
Central Airport (Pty) Ltd v AIG Ltd
2004 (5) SA 284
(W) te 288H-I;
Scottish
Union & National Insurance Co. Ltd v Native Recruiting Corp Ltd
1934 AD 485
te 465-466;
Propfokus
49 (Pty) Ltd v Wenhandel 4 (Pty) Ltd
[2007]
3 All SA 18
(SCA);
Ekurhuleni
Metropolitan Municipality v Germiston Municipal Retirement Fund
2010 (2) SA 498 (SCA).
[13]
Owsianick
v African Consolidated Theatres (Pty) Ltd
1967 (3) SA 310
(A) te 324G.
[14]
Sassoon
Confirming & Acceptance Co (Pty) Ltd v Barclays National Bank
Ltd
1974 (1) SA 641
(A) te 646C.
[15]
Van
Rensburg v Straughan
1914 AD 317
te 328;
Scottish
Union & National Insurance Co Ltd v Native Recruiting Corp Ltd
1934 AD 458
te 465.
[16]
Smit
v Oosthuizen
1979 (3) SA 1079 (A).
[17]
McLeod
& Co. v Dunell Ebden & Co
1868 B 182;
Wides
v Davidson
1959 (4) SA 678 (W).
[18]
Turner
Morris (Pty) Ltd v Ridell
1996 (4) SA 397
(E) te 407B-G;
Sunshine
Records (Pty) Ltd v Froling
1990 (4)
SA 782
(AD) te 795J-796A;
Nampesca
(SA) Products (Pty) Ltd v Zaderer
1999
(1) SA 886
(C) te 896B-C.
[19]
Forwarding
African Transport Services CC t/a FATS v Manica Africa (Pty) Ltd
[2004] 4 All SA 527
(D) te 535i.
[20]
2007
(6) BCLR 67
(D).
[21]
[2013] ZALCJHB 333 para 42. Sien ook
BHT
Water Treatment (Pty) Ltd v Leslie
1993 (1) SA 47
(W) te 57D-58E.
[22]
International
Executive Communications Ltd t/a IIR v Turnley
1996 (3) SA 1043
(W) te 1055E-1057A.
[23]
Sien bv
Genwest
Batteries (Pty) Ltd v Van der Heyden and others
1991 (1) SA 727 (T) 728-9.
[24]
Supra.