Philander and Others v La Maison (C 596/2013) [2014] ZALCCT 37; (2014) 35 ILJ 3222 (LC) (29 July 2014)

66 Reportability

Brief Summary

Labour Law — Unprotected strike — Dismissal for misconduct — Employees participating in an unprotected strike and subsequently failing to report for work and refusing to carry out lawful instructions — Dismissal deemed fair despite claims of unfairness — Employees acknowledged the unprotected nature of the strike and did not present mitigating circumstances during disciplinary hearings.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Cape Town Labour Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Cape Town Labour Court, Cape Town
>>
2014
>>
[2014] ZALCCT 37
|

|

Philander and Others v La Maison (C 596/2013) [2014] ZALCCT 37; (2014) 35 ILJ 3222 (LC) (29 July 2014)

REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Rapporteerbaar
DIE ARBEIDSHOF
VAN SUID-AFRIKA, KAAPSTAD
UITSPRAAK
SAAKNOMMER:
C 596/2013
In
die saak tussen:
CHRISTIAAN
PHILANDER
.........................................................................................
Eerste
applikant
JACOBUS
BURGER
.....................................................................................................
Tweede
applikant
ADAM
LOUW
..................................................................................................................
Derde
applikant
CSAAWU
..........................................................................................................................
Vierde
applikant
EN
LA
MAISON
............................................................................................................................
Respondent
Verhoor
:
17-23 Junie 2014
Uitspraak
:
29 Julie 2014
Opsomming:
Onbeskermde staking – verdere
wangedrag – ontslag billik.
UITSPRAAK
STEENKAMP
R
Inleiding
[1]
Die Du Toits van La Maison boer nie in
Frankryk nie, maar in die Goree-distrik van Robertson in die
Breërivier-vallei. Drie
van hulle werkers, mnre Christiaan
Philander, Kobus Burger en Adam Louw, het deelgeneem aan ‘n
onbeskermde staking. Hulle
word verteenwoordig deur die Commmercial,
Stevedoring, Agriculture and Allied Workers Union (CSAAWU). Nadat die
staking opgehef
is, het hulle verdere wangedrag gepleeg deur te
versuim on vir werk aan te meld en, nadat hulle wel gaan werk het, te
weier om
‘n opdrag uit te voer. Hulle het elkeen ‘n
afsonderlike dissiplinêre verhoor bygewoon. Hulle is ontslaan.
Hulle
het ‘n geskil na hierdie hof verwys waarin hulle beweer
dat hul ontslag onbillik is.
[2]
Die getuienis voor die hof was oorwegend in
Afrikaans, alhowel beide advokate hul betoog in Engels gevoer het.
Die applikante het
aangedriing op ‘n uitspraak in Afrikaans,
hul huistaal. Ek maak so.
Die
getuienis
[3]
Baie van die feite voor die hof is
gemeensaak. Plaaswerkers in die De Doorns-omgewing in die
Hexrivier-vallei het in November 2012
op ‘n onbeskermde staking
gegaan om hoër lone te eis. Op daardie stadium was die
minimumloon vir plaaswerkers, voorgeskryf
in ‘n sektorale
vasstelling, R69 per dag. Die werkers het R150 per dag geëis.
Die staking het oorgespoel na die Breëriviervallei.
Die
individuele applikante – mnre Philander, Burger en Louw —
het deelgeneem aan die staking. Dis opgeskort in Desember.
Op 9
Januarie 2013 het die applikante weer begin staak. Hul vakbond,
CSAAWU (die vierde applikant) het die staking aangemoedig
en
ondersteun. Philander was ‘n vloervlakverteenwoordiger (shop
steward) van CSAAWU. Hy het, soos hy getuig het, “van
dag een
af” geweet dis ‘n onbeskermde staking; nietemin het hulle
voortgegaan daarmee.
[4]
Die werkgewer, La Maison, het op 15
Januarie ‘n ultimatum uitgereik. Die Du Toits – mnre
Charl of KW du Toit (snr) en
Phillip du Toit (jnr) het dit persoonlik
aan al drie applikante by hul huise gaan gee tussen 07h00 en 07h15.
(Philander en Louw
woon albei op die plaas in huise wat gratis deur
die werkgewer verskaf word). Du Toit jnr het dit ook om 10h30 aan
CSAAWU gefaks.
[5]
Die ultimatum lees soos volg:

KENNISGEWING
OM VIR WERK AAN TE MELD
U
is vanaf 9/1/13 besig met ‘n onbeskermde staking.
Hiermee
gee ons kennis dat ons van u verwag om op 16 Januarie 2013 op normale
invaltyd terug te wees by die werkplek en om aan te
gaan met u werk.
U
moet daarop let dat om te versuim om vir werk aan te meld,
dissiplinêre prosedures gevolg sal word.
FINALE
ULTIMATUM OM VIR WERK AAN TE MELD
U
is reeds vanaf 9/1/13 afwesig van die werkplek en besig met ‘n
onbeskermde staking.
Hiermee
word u finaal in kennis gestel om op 16 Januarie 2013 invaltyd by die
werk te wees en voort te gaan met u werk aktiwiteite.
By
versuim om vir werk aan te meld, sal die dissiplinêre prosedure
gevolg word.
Werkgewer.”
[6]
Die ultimatum is onderteken deur Du Toit
jnr. Die applikante het geweier om vir ontvangs daarvan te teken,
maar hulle erken dat
die Du Toits dit per hand aan hulle gegee het
die oggend van 15 Januarie.
[7]
Soos uit die evaluering van die getuienis
hieronder sal blyk, het die applikante die ultimatum verontagsaam.
Hulle het eers op 21
Januarie vir werk aangemeld. Du Toit snr het aan
hulle opdrag gegee om onkruid (hondepisbos en langskraalhans) in ‘n
vrugteboord
uit te skoffel. Hulle het dit vir drie dae gedoen. Dit
was warm. Me
Nyman
,
vir die applikante, het dit aan die respondent se getuies gestel dat
die temperature van 42 tot 46 ˚C gewissel het. Sy moes
dit later
terugtrek toe dit blyk dat die temperature wat gemeet is, in die
dertigs was. Op 24 Januarie het hulle glad nie gaan
werk nie. Op
Vrydag 25 Januarie het hulle wel vir werk aangemeld, maar geweier om
hul grawe te vat om verder bossies uit te spit.
Hulle het getuig dat
hulle lyfseer was en dat hul hande vol blase was. Hulle het dit egter
nie vir Du Toit gesê
nie, en geeneen
van hulle het die kliniek op die plaas of op die dorp besoek nie.
[8]
Op Maandag 28 Januarie was die drie werkers
weer afwesig sonder verlof. Hulle het eers op Dinsdag 29 Januarie
weer begin werk. Op
Woensdag 30 Januarie het die werkgewer aan hulle
kennisgewings gegee van dissiplinêre verhore. Louw en Burger se
verhore
sou op 1 Februarie plaasvind en Philander s’n op 11
Februarie. Die kennisgewing lees soos volg:

KENNISGEWING
VAN VERHOOR
KLAG:
1.
Deelneem aan onbeskermde staking (9
Januarie – 18 Januarie 2013).
2.
Afwesig sonder toestemming (24 Januarie
2013; 28 Januarie 2013).
3.
Weiering om redelike en billike opdrag uit
te voer (25 Januarie 2013).
4.
Verlaat werksplek sonder toestemming (25
Januarie 2013).
Datum
& tyd van oortreding: 9 Januarie – 18 Januarie 2013; 24
Januarie 2013; 25 Januarie 2013; 28 Januarie 2013.
U
word kennis gegee van ‘n dissiplinêre verhoor op 1
Februarie 2013 om 11h00 en u word versoek om op die perseel (plaas
La
Maison – die kelder) te wees vir die verhoor.
U
het die volgende regte:
1.
Die reg om verteenwoordig te wees deur ‘n
medewerker / shopsteward van u keuse.
2.
Die reg om getuies in te roep.
3.
Die reg om die aanklaer se getuies te
ondervra.
4.
Die reg om aangehoor te word.
5.
Die reg om bewyse voor te lê.
6.
Die reg om ‘n tolk te gebruik.
7.
Die reg om te appelleer teen die uitspraak
van die verhoor.
As
u versuim om die verhoor by te woon sal dit sonder u teenwoordigheid
voortgaan. U sal skriftelik in kennis gestel word van die
uitslag.”
[9]
Louw en Burger se verhore is op 1 Februarie
gehou. Die voorsitter was ‘n arbeidskonsultant, Me Rolene van
Zyl. Aangesien Philander
‘n vloervlakverteenwoordiger was, is
die vakbond in kennis gestel dat ‘n beampte hom kon
verteenwoordig. Die vakbond
het gevra dat die verhoor uitgestel word
na 12 Februarie aangesien hulle daardie dag ook ‘n verhoor by
‘n naburige
plaas moes bywoon. Du Toit jnr het op 8 Februarie
aan CSAAWU geskryf en gesê dat dit nie geskuif kan word nie
aangesien ander
verpligtinge reeds geskeduleer is vir die week.
CSAAWU het nietemin nie ‘n beampte beskikbaar gestel om
Philander te verteenwoordig
nie. Hy is deur Louw verteenwoordig op 11
Februarie.
[10]
Van Zyl het op 12 Februarie die uitslag van
die drie verhore aan die applikante gegee, dit gelees en verduidelik.
Sy het gevra dat
die werkgewer sy verswarende omstandighede en die
werknemers hul versagtende omstandighede skriftelik aan haar moes
stuur nie later
nie as Donderdag 14 Februarie om 09h00. Die werkgewer
het dit gedoen; die applikante het nie. Op daardie dag – 14
Februarie
– nege minute voor die spertyd, het die assistent-
hoofsekretaris van CSAAWU, Karel Swart, aan die werkgewer ‘n
faks
gestuur en gesê:

The
union herewith would like to inform you that our shop steward
Christiaan Philander was denied the right to be represented by
the
union as in terms of code of good practice chapter 8.
The
union would like to attend the hearing to assist the above workers in
the mitigation stages.
Thus
we propose to meet at 13h30 on the 15th February 2013.”
[11]
Van Zyl het dadelik geantwoord. Sy het
gesê:

U
is kennis gegee van die verhoordatum en dit is jammer dat geen van u
beamptes dit kon bywoon nie.
Die
verhore is alreeds gehou. Ek is nou afwagtend op die drie werknemers
se versagtende omstandighede en die werkgewer se verswarende

omstandighede op skrif. U is welkom om u verteenwoordiger hiermee
behulpsaam te wees. Daar sal uitstel tot Vrydag 15 Februarie
2013 om
12h00 gegee word om dit in te handig.”
[12]
Ten spyte van die verdere uitstel het nòg
CSAAWU nòg die werkers die geleentheid gebruik om versagtende
omstandighede
voor te lê.
[13]
Die voorsitter het op 25 Februarie haar
bevinding bekendgemaak en aan al drie werkers oorhandig. Sy het hulle
skuldig bevind op
al vier aanklagte, behalwe vir Burger, wat nie by
was toe die opdrag op 25 Januarie gegee was nie, en dit dus nie kon
weier nie.
Klag 3 was dus nie op hom van toepassing nie.  Van
Zyl het verder opgemerk:

Voorsitter
het met K Swarts van CSAAWU Donderdag gepraat. Hy het aangedui dat
hul nie versagtende omstandghede gaan gee nie. Voorsitter
het
verduidelik dat hulle hul lede ‘n kans op versagting misgun en
weer uitstel gegee tot Vrydag. Geen versagtende omstandighede
is
gestuur nie.
...
Dit
spyt die voorsitter dat geen versagtende omstandighede ingehandig is
nie”.
[14]
Die werkgewer het ‘n sanksie van
onmiddellike ontslag versoek en die voorsitter het dit toegestaan.
Hulle is op 25 Februarie
2013 ontslaan.
[15]
Die applikante het ‘n geskil na
hierdie hof verwys. Hulle betoog dat die ontslag onbillik was.
Alhoewel hulle oorspronlik
in hul pleitstukke aangedui het dat die
stakking “ ‘n mate van beskerming” geniet het, het
hulle daarvan afstand
gedoen in die betoog voor die hof. Daar was
kennelik geen gronde vir so ‘n submissie nie. Hulle aanvaar nou
dat die staking
onbeskermd was en dat hulle daarbenewens ten minste
op 24 en 28 Januarie afwesig was sonder verlof (d.i. dat hulle
skuldig is op
klag 2), alhowel Me
Nyman
dit onder kruisondervraging aan die Du
Toits gestel het dat hulle wel op 24 Januarie gaan werk het. Hulle
voer nietemin aan dat
hulle op 16 Januarie wou aanmeld vir werk, en
dat hulle dus net van 9 tot 15 Januarie gestaak het; en dat die
opdrag om op 25 Januarie
verder te skoffel, nie redelik en billik was
nie.
Die
regsbeginsels
[16]
Die
beginsels van toepassing op onbeskermde stakings word saamgevat in
Bylae 8 van die Wet op Arbeidsverhoudinge
[1]
,
die Goeie Praktykskode: Ontslag. Item 6 bepaal:

Ontslag
en nywerheidsoptrede
(1)
Deelname aan ‘n staking wat nie aan
die vereistes van Hoofstuk IV voldoen nie, is wangedrag. Soos enige
ander vorm van wangedrag,
regverdig dit egter nie altyd ontslag nie.
Die wesenlike billikheid van enige ontslag in hierdie omstandighede
moet bepaal word
met inagneming van al die feite van die geval, met
inbegrip van –
(a)
die erns van die oortreding van die
bepalings van hierdie Wet;
(b)
pogings aangewend om ooreenkomstig hierdie
Wet op te tree; en
(c)
of die staking plaasgevind het in reaksie
op onregverdige optrede deur die werkgewer.
(2)
Voordat ontslag plaasvind, moet die
werkgewer by die eerste geleentheid wat hom voordoen met
vakbondbeamptes in verbinding tree
om die optrede wat hy beoog, te
bespreek. Die werkgewer moet ‘n ultimatum in duidelike en
ondubbelsinnige taal uitreik waarin
verklaar word wat van die
werknemers vereis word en watter sanksie opgelê
sal
word indien hulle nie aan die ultimatum gehoor gee nie. Daarna moet
die werknemers voldoende geleentheid gebied word om die
ultimatum te
oorweeg en daarop te reageer, hetsy deur nakoming of verwerping. Daar
kan met hierdie vereistes weggedoen word in
omstandighede waar daar
nie redelikerwys van die werkgewer verwag kan word om dit op die
betrokke werknemers van toepassing te
maak nie.”
Evaluering
[17]
Dit is teen hierdie agtergrond wat klag 1
onder die loep geneem moet word. Ek sal vervolgens die ander drie
klagte hanteer.
Klag
1: onbeskermde staking 9-18 Januarie
[18]
Dit is gemeensaak dat die drie werkers,
gerugsteun deur CSAAWU, op ‘n onbeskermde staking was van 9 tot
16 Januarie. Die enigste
feitegeskil is of hulle wel op 16 Januarie
aangemeld het vir werk, soos hulle beweer. Indien nie, het die
staking verder voortgeduur
tot 18 Januarie.
[19]
Op hierdie aspek huiwer ek nie om die
getuienis van die Du Toits bo dié
van
die applikante te verkies nie. Die applikante se getuienis was
deurspek van weersprekings. Hulle sê
dat
hulle wel op die oggend van 16 Januarie op pad was werk toe, maar dat
Du Toit snr hulle aangesê
het om teug
te gaan huis toe, omdat “hy nog daaroor wou dink” of
hulle kon terugkom werk toe. Daardie weergawe is hoogs
onwaarskynlik,
gegewe Du Toit se ultimatum aan hulle om juis die oggend van 16
Januarie in te val. Maar Philander en Louw se weergawes
van gebeure
verskil ook hemelsbreed van mekaar. (Die derde applikant, Burger, het
nie getuig of die hofverrigtinge bygewoon nie.
Hy het skynbaar
spoorloos verdwyn). Philander het daarop gestaan dat hulle drie
presies “ses minute na invaltyd” (wat
06h30 was) op 16
Januarie vir Du Toit snr langs pad teëgekom het en dat hy gesê
het hulle moet huis toe gaan, want hy het nog nie
klaar gedink oor hule nie. Du Toit ontken dit ten sterkste. Volgens
Philander
het hulle drie die oggend van 15 Januarie “langs die
kanaal” besluit om aan die ultimatum gehoor te gee en die
volgende
oggend aan te meld. Louw, daarenteen, het eers in sy
hoofgetuienis – op ‘n vraag van sy advokaat – gesê
dat niks verder van belang gebeur het op 15
Januarie nadat hy die ultimatum ontvang het nie. In kruisondervraging
het hy eers gesê
dat hulle drie “die
oggend van 16 Januarie” by Philander se huis besluit het om aan
te meld. Toe het hy gesê
dat die drie
van hulle die middag van die 15e – en nie die oggend nie –
bymekaargekom het by Philander se huis (en nie
by die kanaal nie).
[20]
Daar is ‘n verdere interne
weerspreking in die applikante se weergawe oor die gebeure van 15 en
16 Januarie. Philander beweer
dat hulle op 15 Januarie besluit het om
die staking op te hef en op 16 Januarie te gaan werk. Maar in sy
dissiplinêe verhoor
op 11 Februarie het hy gesê
dat hulle op 20 Januarie die besluit geneem het om
die staking op te hef en terug te gaan werk toe.
[21]
Ek aanvaar dat die applikante deelgeneem
het aan ‘n onbeskermde staking van 9 tot 18 Januarie en dat
hulle dus skuldig is
aan klag 1, soos wat die voorsitter, Me van Zyl,
bevind het. Maar selfs as hulle wel op 16 Januarie sou op pad gewees
het werk
toe, hoe onwaarskynlik dit ook al is, sou dit steeds beteken
dat hulle van 9-15 Januarie – dus vir ‘n week – op

‘n onbeskermde staking was.
[22]
Die Wet maak dit maklik vir ‘n
vakbond en sy lede om op ‘n beskermde staking te gaan, soos wat
dit hoort om ‘n
grondwetlike reg uit te oefen. Hulle hoef bloot
die eenvoudige proses te volg wat in a 64 voorgeskryf word. In
hierdie geval het
die appplikante dit nie gedoen nie. En om dit erger
te maak, het hulle reeds in Desember 2012 die staking opgeskort, wel
wetende
dat dit onbeskermd is. Nietemin het hulle dit op 9 Januarie
2013 hervat sonder om die behoorlike proses te volg. En in elk geval

was hulle gebonde aan ‘n sektorale vasstelling.
[23]
Die erns van die oortreding van die
bepalings van die Wet kan nie oorbeklemtoon word nie. Soos Philander
dit gestel het, die applikante
het “van dag een af”
geweet die staking was onbeskermd. Desnieteenstaande het hulle op
roekelose wyse daarmee voortgegaan.
Die vierde applikant, CSAAWU, het
deurgaans hierdie onbeskermde optrede ondersteun, wel wetende dat dit
sy lede se werk in gevaar
stel. Die assistent-hoofsekretaris van die
vakbond, Karel Swart, het aan sy drie lede gesê
hulle
kan hul werk verloor. Nietemin het hulle voortgegaan, terdeë
bewus van daardie risiko.
[24]
Die applikante het hoegenaamd geen poging
aangewend om ooreenkomstig die Wet op te tree nie; dit teen die
agtergrond daarvan dat
die Departement van Arbeid reeds op daardie
stadium begin het met die hersiening van die sektorale vasstelling
wat die minimum
loon bepaal, en dat die LUK vir Landbou op 8 Januarie
2013 plaaswerkers gewaarsku het om aan hulle werksekerheid te dink
voordat
hulle aan die onbeskermde staking deelneem. CSAAWU het eerder
op 12 Januarie ‘n oproep op sy lede en ander werkers gedoen:

“We call on workers everywhere to stregthen the farm workers’
strike”.
[25]
Daar
is ook geen sprake daarvan dat die staking plaasgevind het in reaksie
op ongeregverdigde optrede deur die werkgewer nie. Dit
is so dat die
destydse minimumloon van R69 per dag ‘n hongerloon was. Dit is
vanaf 1 Maart 2013 verhoog tot R2247, 82 per
maand of R105 per dag,
met ‘n verdere verhoging van die verbruikersprysindeks plus
1,5% vanaf 1 Maart vanjaar.
[2]
Die lone en werksomstandighede van plaaswerkers in die algemeen, op
‘n paar utsonderings na, is nie ideaal vir enigiemand
se
menswaardigheid nie. Maar dit maak nie die staking beskermd of die
werkers se optrede regverdigbaar nie. Die werkgewer het aansienlik

meer as die minimumloon betaal. Philander is vir November 2012 R88,
28 per dag betaal en Louw vir Januarie 2013 R80 per dag. (Kennelik

was deel daarvan betaal op die basis van “stukwerk” of
“moniteerwerk” waarvoor ‘n bonus betaal is
as hulle
die gewenste produksie bereik het). Daar is hoegenaamd geen sprake
daarvan dat die werkgewer enigsins onwettig opgetree
het of die
onbeskermde staking uitgelok het nie. Dit is ook merkwaardig dat net
hierdie drie werkers uit ‘n werksmag van
57 voltydse werkers en
32 seisoenswerkers besluit het om te staak.
[26]
Die werkgewer het die vakbond in kennis
gestel van die ultimatum en van sy voorgenome optrede. Ten spyte
daarvan het die vakbond
(die vierde applikant) nie sy lede aangeraai
om aan die ultimatum te voldoen nie. Die vakbond het ook nie sy reg
uitgeoefen om
vir Philander by sy verhoor te verteenwoordig of om
namens al drie sy lede versagtende omstandighede voor te lê
nie.
[27]
Die werkgewer het ‘n ultimatum in
duidelike en ondubbelsinnige taal uitgereik en dit persoonlik by elk
van die drie stakende
werkers afgelewer. Hulle het dit bloot
verontagsaam. Soos Philander getuig het, nadat die Du Toits hom die
oggend van 15 Januarie
uit sy bed uit geroep het om die ultimatum aan
hom te oorhandig en hy dit deurgelees het en verstaan het, het hy
eenvoudig gesê

ek is nog besig
met strike”. Hy het geweier om ‘n afskrif van die
ultimatum te neem of ontvangserkenning daarvoor te
teken. Hy het
geweet dat die staking onbeskermd was en het erken dat hy geweet het
dit kan tot sy ontslag lei. Nietemin het hy
voortgegaan daarmee.
[28]
Die werkers het 24 uur gehad om die
ultimatum te oorweeg en daarop te reageer. Hulle is deur hul vakbond
verteenwoordig en kon vir
Swart raadpleeg. Ten spyte daarvan het
hulle dit verontagsaam en eers vyf dae of drie werksdae later
teruggekeer werk toe. Om sake
te vererger, het hulle ‘n paar
dae later weer weggebly van die werk af.
[29]
In al hierdie omstandighede kan daar geen
twyfel wees dat ontslag ‘n billike sanksie was vir die
wangedrag in klag een nie.
Die applikante was almal terdeëe wus
daarvan dat die staking onbillik was, dat dit op wangedrag neerkom,
en dat hulle ontslaan
sou word as hulle daarmee voortgaan. Dit word
ook so vervat in die werkgewer se dissiplinêre kode, waarmee
hulle vertroud
was. Selfs toe hulle ‘n ultimatum gekry het wat
hulle ‘n kans sou gee om hul werk te behou, het hulle dit
verontagsaam.
Dit is ‘n growwe verbreking van nie net die
diensverhouding nie, maar ook die landswette wat deur ‘n
demokraties verkose
regering daargestel is in ooreenstemming met die
Grondwet.
Klag
2: Afwesig sonder toestemming 24 en 28 Januarie
[30]
Dis nou gemeensaak dat die werkers op
hierdie twee dae afwesig was sonder toestemming, alhoewel die
applikante se advokaat dit oorspronklik
betwis het in haar
kruisondervraging. (Dit plaas ‘n verdere vraagteken agter die
applikante se geloofwaardigheid). Philander
het ook in sy
dissiplinêre verhoor skuldig gepleit op hierdie klag. Me
Nyman
het nietemin betoog dat hulle redes
gehad het waarom hulle nie gaan werk het nie.
[31]
Op Donderdag 24 Januarie, sê
hulle, het hulle nie gaan werk nie omdat hulle
lyfseer was van die vorige drie dae se skoffelwerk. Maar daar is ‘n
kliniek
op die plaas. Mev du Toit jnr is ‘n opgeleide
verpleegsuster. Nie een van die drie het haar gaan sien nie. Nie een
van hulle
of hul vakbond het die werkgewer gekontak en aangedui dat
hulle nie kon kom werk nie. Hulle het bloot weggebly. In plaas
daarvan
om te gaan werk, is Philander en Burger dorp toe. Met ‘n
merkwaardige vermoë
om tye tot op die
minuut te onthou wanneer dit hom pas, het Philander getuig dat Burger
“om 13 minute voor twee” by
hom aangekom het om te vra hy
moet saamgaan dorp toe om krag te gaan koop. (Burger woon nie op La
Maison nie en kan dus nie krag
op die plaas kry nie). Hulle twee is
dorp toe, maar het ook nie die kliniek op die dorp besoek nie. En
Louw kon eenvoudig geen
ander rede gee hoekom hy nie werk toe is nie.
[32]
Al drie werkers is klaarblyklik skuldig
daaraan dat hulle op 24 Januarie sonder toestemming afwesig was. Hul
bewering dat hulle
so lyfseer was dat hulle nie kon werk nie, en dat
hulle selfs blase op hul hande gehad het, is onwaarskynlik in die lig
daarvandat
hulle geen mediese hulp gesoek het nie. Philander beweer
hy het gedink die Du Toits sou onsimpatiek wees; maar niks het hom en
Burger verhoed om na die kliniek op die dorp te gaan toe hulle in elk
geval daar was nie. En selfs al sou hulle lyfseer gewees het,

is daar geen verskoning daarvoor dat hulle dit nie onder die aandag
van die werkgewer gebring het of verlof gevra het om die dag
af te
neem of om ligter werk te doen nie. (Du Toit snr het met verwysing na
die bywoningsregister daarop gewys dat van die ander
werkers ligte
werk gegee is as hulle ongesteld was, maar nie so siek dat hulle van
die werk weggebly het nie).
[33]
Wat hul afwesigheid op Maandag 28 Desember
betref, maak hul verskoning nog minder sin. Philander en Louw sê
die plaas was “deurmekaar” omdat die
vorige Vrydag betaaldag was en van die ander plaaswerkers die naweek
baie gedrink
het. Hoe dit, selfs al sou dit waar wees, hulle drie
verhoed het om te gaan werk, is onverklaarbaar.
Klag
3: Weiering om redelike en billike opdrag uit te voer (25 Januarie)
[34]
Dis gemeensaak dat Philander en Louw die
oggend van 25 Januarie geweier het om hul grawe te vat om verder te
gaan skoffel en dat
hulle huis toe is. Die vraag is of hulle geweier
het om ‘n redelike en billike opdrag uit te voer.
[35]
Hulle weergawe is dat hulle aangemeld het
vir diens; dat Du Toit snr hulle aangesê
het
om hul grawe te kry, maar dat hulle geweier het; dat hulle vir Du
Toit probeer verduidelik het dat hulle lyfseer was, maar dat
hy nie
wou luister nie; en dat Du Toit hulle huis toe gestuur het.
[36]
Hierdie weergawe is onwaarskynlik.
Philander sê
nou dat hy blase op sy
hande gehad het en dat dit in verbande toegedraai was. Daardie
weergawe het hy nie by sy dissiplinêre
verhoor geopper nie. Dis
hoogs onwaarskynlik dat Du Toit snr nie sou opgemerk het dat een van
die twee werkers voor hom se hande
met verbande toegedraai is en dat
hy nie daarna sou vra nie. Philander en Burger is dieselfde dag dorp
toe, maar het nie die moeite
gedoen om die kliniek te besoek nie.
Hulle is deurentyd deur die vakbond verteenwoordig. Daar was geen
poging van die vakbond se
kant om die werkgewer te kontak en te
verduidelik waarom sy lede geweier het om die opdrag uit te voer om
weer te gaan skoffel
nie.
[37]
Op ‘n oorwig van waarskynlikhede is
Philander en Louw behoorlik skuldig bevind op hierdie klag.
Klag
4: Verlaat werksplek sonder toestemming (25 Januarie)
[38]
Hierdie klag hang saam met klag 3. Dis
hoogs onwaarskynlik dat Du Toit snr aan die twee werkers sou gesê
het om huis toe te gaan – m.a.w. dat hy aan
hulle toestemming gegee het om die werksplek te verlaat – as hy
nie eers
geweet het wat die rede is nie. Dis gemeensaak dat hulle nie
vir hom gesê
het dat hulle lyfseer is
nie – op hulle weergawe, omdat hy hulle nie kans gegee het nie.
Hoekom sou hy hulle dan huis toe
stuur?
[39]
Du Toit snr se weergawe is meer
geloofwaardig. Hy was ‘n indrukwekkende getuie wat nie geskroom
het om reguit te praat nie.
Sy weergawe is dat hy die oggend vir
Philander en Louw gegroet het en gevra het, “Waar’s julle
grawe, kêrels?”.
Hulle het geweier om die grawe te vat.
Hy sê
toe: “Dis julle besluit.
Dan moet julle by die huis gaan sit”. Hulle het nie gevra vir
ligte diens – soos hy bv
aan ander werkers gegee het indien
nodig, soos blyk uit die diensregister – of verduidelik hoekom
hulle nie wou werk nie.
Hulle het net geweier om die opdrag uit te
voer en toe huis toe gegaan.
[40]
Die twee werkers kon onder geen indruk
verkeer het dat Du Toit snr se woorde aan hulle neergekom het op
verlof om die werksplek
te verlaat nie. Hulle is klaarblyklik skuldig
aan hierdie klag.
Prosedurele
billikheid
[41]
In ‘n voorverhoornotule van 24 Mei
2014 het die applikante verder beweer dat hul ontslag onbillik was
vir die volgende redes:

i.
The applicants were not allowed to present any evidence in
mitigation.
ii.
The applicants were not given a chance to adequately represent their
case.
iii.The
applicants were dismissed without a fair and unbiased hearing.
iv.
Neither the notice nor the charge sheet mentioned that the
consequences of being found guilty would be dismissal or that
dismissal
was contemplated.
v.
The notice did not allege the dominant reason for the dismissal. The
respondent misrepresented the reason for the dismissal.
vi.
On 11 January 2013, Mr Swart went to La Maison farm and reported to
Rolene van Zyl, the labour consultant who chaired the disciplinary

hearing. He requested that the hearing be adjourned for an hour
because he had to attend to another hearing. The request was
refused.”
[42]
In Me
Nyman
se betoog het hierdie aantygings vervaag tot die volgende:

We
submit that the chairperson of the disciplinary enquiry committed
gross irregularities in relation to sanction in respect of
the
following grounds:
1.
The chairperson failed to take into account
mitigating factors as set out in paragraph 3 of the Code of Good
Practice.
2.
The chairperson was not independent because
she consulted with the respondent regarding the sanction that had to
be imposed.
3.
The chairperson failed to apply paragraphs
3(2) and 6 of the Code of Good Practice”.
[43]
Dis
nie vir my duidelik waarop die geleerde advokaat se verwysing na
“gross irregularities” sinspeel nie. Sy maak staat
op die
volgende
dictum
in
Toyota
South Africa Motors (Pty) Ltd v Radebe & others
[3]
:

If
there is a yawning chasm between the sanction which the court would
have imposed and that which the commissioner imposed then
it would
seem to me that a gross irregularity has been committed.”
[44]
Hierdie
is ‘n verhoor, nie ‘n hersiening nie. Afgesien daarvan
dat dit te betwyfel is of bg aanhaling nog van toepassing
is in die
lig van die hersieningstoets in
Sidumo
[4]
is dit van min of geen relevansie vir die saak voor my. Ek sal
nietemin haar oorblywende argumente en die applikante se
oorspronklike
argumente oorweeg.
[45]
Dit is so dat die voorsitter die werkgewer
gevra het watter sanksie hy sou verkies. Die voorsitter is nie ‘n
werknemer van
La Maison nie. Sy kon nie die werkers ontslaan nie. Sy
moes ‘n sanksie aanbeveel. In daardie omstandighede was dit
relevant
wat die werkgewer se houding is. Sou die werkgewer gesê
het, “ten spyte van alles, sal ek hulle nog
‘n kans gee”, sou sy dit sekerlik aanvaar het. Dis nie
onbehoorlik
nie.
[46]
Dis nie duidelik hoedat Me
Nyman
aanvoer dat die voorsitter nie voldoen
het aan items 3(2) en 6 van die praktykskode nie. Item 3(2) bepaal:

Dissiplinêre
stappe teen ‘n vakbondverteenwoordiger of ‘n werknemer
wat ‘n ampsdraer of beampte van ‘n
vakbond is, behoort
nie gedoen te word alvorens daar eers aan die vakbond kennis gegee is
en daar met die vakbond oorleg gepleeg
is nie.”
[47]
Die werkgewer het wel aan CSAAWU kennis
gegee dat hulle teen Philander sou optree en die vakbond genooi om
hom te verteenwoordig.
Die vakbond het gevra dat die verhoor na 12
Februarie i.p.v. 11 Februarie verskuif word (en nie, soos die
applikante te kenne gee
in die voorverhoornotule, dat dit net vir ‘n
uur uitgestel moet word nie). Die voorsitter het aan Swart
verduidelik hoekom
dit nie moontlik is. Die vakbond het nie die
geleentheid gebruik om die verhoor by te woon nie.
[48]
Wat versagtende omstandighede betref, het
die applikante dieselfde geleentheid as die werkgewer gehad om dit
skriftelik aan die
voorsitter voor te lê. Hulle het geweier.
Daar is niks in die praktykskode wat bepaal dat dit mondelinmgs
gedoen moet word
nie. Daar is niks onbilliks hieromtrent nie. Die
applikante kan net hulself blameer dat hulle nie die geleentheid
gebruik het nie,
selfs nadat die voorsitter hulle ‘n verdere 24
uur uitstel gegee het.
[49]
Die
applikante is meer as voldoende kans gegee om hul saak te stel. Die
werkgewer het in hierdie opsig baie verder gegaan as wat
verwag word
in die lig van items 6 en 7 van die praktykskode en die riglyne van
hierdie hof.
[5]
Hulle het ‘n
billke verhoor gehad. Die sanksie van ontslag was in ooreenstemming
met die sanksie wat as riglyn dien vir drie
van die klagte in die
werkgewer se dissiplinêre kode waarmee die applikante vertroud
was.
[50]
Dis nie vir my duidelik waarop die
applikante sinspeel as hulle aanvoer dat “respondent
misrepresented the reason for the
dismissal” nie. Me
Nyman
het ook nie daarop uitgebrei nie. Die
klagtes en die redes vir ontslag stel dit wel duidelik.
[51]
Wat Swart se interaksie met Van Zyl betref,
kon dit kennelik nie op 11 Januarie geskied het nie. Die werkers het
toe nog gestaak
en is nog van geen verhoor in kennis gestel nie. As
daardie bewering op 11 Februarie sinspeel, word dit nie deur die
getuiemnis
gestaaf nie. Swart het getuig dat hy op 11 Februarie op
die plaas was en vir Van Zyl gevra het om die verhoor met twee ure
(en
nie met een uur nie) uit te stel. Dit stem nie ooreen met die
vakbond se brief wat vra dat die verhoor uitgestel word na 12
Februarie
nie. Maar wat meer is, dis gemeensaak dat Philander se
verhoor reeds om 09h00 op daardie dag begin het. Swart het getuig hy
was
tussen 10h30 en 11h00 op die plaas. Dis onmoontlik dat hy toe vir
uitstel kon vra, aangesien die verhoor reeds plaasgevind of ten

minste ‘n aanvang geneem het. Sy weergawe is, soos mnr
Crowe
aan hom gestel het, ‘n wolhaarstorie.
[52]
Die proses was billik. So ook die sanksie.
Bevinding
[53]
Die applikante is skuldig op al die klagte
(behalwe vir Burger op klag 3). Die sanksie van ontslag is billik.
Koste
[54]
Die applikante, wel wetende dat hul
optrede, in Philander se woorde, “van dag een af”
onbeskermd was, het roekeloos
voortgegaan met hul wangedrag. Hulle is
hierin gesteun deur hul vakbond, CSAAWU. Selfs nadat hulle
uiteindelik teruggekeer het
werk toe, het die werkers weer weggebly
sonder enige rede. Hulle het ‘n redelike opdrag van die
werkgewer geweier. Hul optrede
was deurgaans roekeloos en uitdagend.
Die werkers het, as gevolg van hul wangedrag, hul werk verloor. Hulle
sal waarskynlik ook
hul gratis verblyf moet prysgee. Daarvoor kan
hulle net hulself en hul vakbond blameer. Dis onwaarskynlik dat die
werkers in staat
sal wees om boonop die respondent se koste te
betaal. Die vakbond, aan die ander kant, het sy lede se werksekerheid
en verblyf
in gevaar gestel en hul ledegeld gebruik om voort te gaan
met hierdie hofaansoek ten spyte daarvan dat hulle geen kanse op
sukses
gehad het nie. Die assistent-hoofsekretaris, Swart, het nie na
sy lede se belange omgesien nie. Die vakbond moet, gesamentlik en

afsonderlik met die ander applikante, die werekgewer se koste betaal.
Beide kante is deur ‘n advokaat verteenwoordig. Die
regskoste
sal die koste van ‘n advokaat insluit.
Bevel
[55]
Die applikante se saak word van die hand
gewys met koste, insluitende die koste van een senior advokaat, wat
gesamentlik en afsonderlik
deur die applikante betaal moet word.
______________________________________
Anton Steenkamp
Regter van die
Arbeidshof van Suid-Afrika
VERSKYNINGS
APPLIKANTE:
R Nyman
In
opdrag van Brink & Thomas.
RESPONDENT: M A
Crowe SC
In
opdrag van Bagraims.
[1]
Wet 66 van 1995.
[2]
R 65
Staatskoerant
36115, 5 Februarie 2013.
[3]
[2000] 3 BLLR 243
(LAC) para [53].
[4]
Sidumo
& another v Rustenburg Platinum Mines Ltd & others
(2007)
28
ILJ
2405
(CC).
[5]
Avril
Elizabeth Home for the Mentally Handicapped v CCMA & others
[2006]
9 BLLR 833
(LC).