About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 42
|
|
S v Wild (CC54/88) [1990] ZASCA 42 (30 March 1990)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPÉLAFDELING
)
SAAKNOMMER: CC 154/88 In die saak tussen:
JACOBA DOROTHEA WIID
APPELLANTE
en
DIE
STAAT
RESPONDENT
Coram: CORBETT HR, VIVIER AR et GOLDSTONE Wr AR
Verhoordatum: 26 Maart 1990 Leweringsdatum: 30 Maart 1990
2 UITSPRAAK
GOLDSTONE
Wr
AR
Die appellante het in die Durban en Kus Plaaslike Afdeling voor Bristowe
R en twee assessore tereggestaan op 'n aanklag van moord
op haar man, Graziel
Wiid (hierna die oorledene genoem). Sy is skuldig bevind op die aanklag haar ten
laste gelê en nadat die
Verhoorhof bevind het dat daar versagtende
omstandighede bestaan, is sy 'n vonnis van vyf jaar gevangenis-straf
opgelê wat
in die geheel op sekere voorwaardes opgeskort is. Met verlof
van die Verhoorregter kom die appellante in hoër beroep slegs teen
haar
skuldigbevinding.
Dit is nie deur die appellante betwis dat die oorledene
dood
3 is as gevolg van 'n pistoolskoot wat sy op die aand van 3
Desember 1987 afgevuur het nie. Sy het eintlik sewe skote afgevuur waarvan
drie
die oorledene getref het. Een van hulle wasnoodlottig gewees.
By die aanvang van die verhoor het die appellante die aard van haar
verweer in die pleitverduideliking volgens artikel 115 van die
Strafproseswet 51
of 1977 soos volg uiteengesit:
"2. Op 3 Desember 1987 het my verhouding met
die oorledene 'n breekpunt bereik en was ek in 'n hoogs gespanne
toestand.
3.
Kort voor
gemelde voorval het oorledene my ernstig
aangerand.
4.
Oorledene het
ook gedreig om my te
vermoor.
4
5.
Alhoewel ek
erken dat ek my man doodgeskiet het, kan ek dit nie onthou
nie.
6.
Toe ek oorledene
geskiet het, het ek as gevolg van verskeie faktore waarskynlik onbewustelik
opgetree en nie besef dat my handeling
wederregtelik is
nie.
7.
Ek, was ook nie in
staat om enige beheer oor
my gemelde
handeling uit te oefen nie. Derhalwe was my handeling nie strafregtelik
toerekenbaar nie.
8 My ontoerekeningsvatbaarheid was tydelik van
aard en is nie aan enige permanente of tydelike geestesongesteldheid of
-gebrek (soos in artikel
5 78 van die Strafproseswet bedoel) toe te skryf nie."
Die appellante het dus haar tydelike toerekeningsvatbaarheid ten tyde van
die pleeg van die beweerde misdaad in geskil geplaas. Hierdie
verweer is deur
Joubert AR in
S v Laubscher
1988 (1) SA 163
(A) op 166 F - 167 A
ontleed:
"Om strafregtelik aanspreeklik te wees, moet 'n dader
onder andere ten tyde van die pleeg van die beweerde misdaad
toerekeningsvatbaar wees. Toerekenings- vatbaarheid is derhalwe 'n voorvereiste
vir straftelike. aanspreeklikhied. Die leerstuk van toerekenings-vatbaarheid is
'n selfstandige onderafdeling van die skuldleer,
volgens De Wet en Swanepoel
Strafreg
4de uitg op 110. Om toerekeningsvatbaar te wees, moet 'n dader
se geestesvermoëns of psigiese
gesteldheid
6
sodanig wees dat hy regtens vir sy gedrag geblameer
kan word.
Die erkende psigologiese kenmerke van
toerekeningsvatbaarheid
is:
1. Die vermoë om tussen reg en verkeerd te
onderskei.
Die dader het die
onderskeidingsvermoë
om
die
regmatigheid of onregmatigheid van sy handeling
in te sien. Met ander woorde, hy het die vermoë
om te besef dat hy wederregtelik optree.
2. Die vermoë om ooreenkomstig daardie
onderskeidings-
vermoë te handel deurdat hy die
weerstandskrag
(wilsbeheervermoë) het om die versoeking
om
wederregtelik te handel, te weerstaan. Met
ander woorde, hy het die vermoë tot vrye keuse om regmatig of
onregmatig te handel, onderworpe aan sy wil.
7
Ontbreek een van hierdie twee psigologiese kenmerke
dan is die dader
ontoerekeningsvatbaar
, bv waar
hy nie die onderskeidingsvermoë het om die
ongeoorloofdheid van sy handeling te besef nie.
Insgelyks is die dader ten spyte daarvan dat hy
wel die onderskeidingsvermoë het tog ontoerekenings-
vatbaar waar sy geestesvermoë sodanig is dat hy
nie die weerstandskrag het nie."
In
Laubscher
se saak het Joubert AR dit nie nodig gevind om te beslis of die
bewyslas in die geval van nie-patologiese ontoerekeningsvatbaarheid
op die
beskuldigde of op die Staat rus nie. Maar, na my mening, is uitsluitsel hiervan
in S
v Mahlinza
1967 (1) SA 408
(A) gegee. In sy uitspraak, het Rumpff AR
die volgende op 419 A - C gesê:
8
"Hoewel die Staat die elemente van die misdaad moet bewys, bestaan daar
'n vermoede dat 'n beskuldigde wel toerekeningsvatbaar is.
Wanneer die vraag
ontstaan of daar ontoerekeningsvatbaarheid was weens geestes-krankheid, rus die
bewyslas om geesteskrankheid te
bewys op die beskuldigde. Die beslissing omtrent
geesteskrankheid in so 'n geval word gegee volgens die oorwig van
waarskynlikhede.
Ook die Staat kan geesteskrankheid beweer, vg.
R v
Holliday
, J924 A.D. 250. Indien die vraag ontstaan of die
ontoerekeningsvatbaarheid van 'n beskuldigde die gevolg is van geesteskrankheid
of van 'n geestes-
versteuring wat nie deur geesteskrankheid veroorsaak is nie, en indien
daar 'n grondslag gelê word in die getuienis vir 'n beroep
op
ontoerekeningsvatbaar-heid nie deur geesteskrankheid veroorsaak nie, moet
uitsluitsel gegee word ten gunste van die beskuldigde
9 indien daar 'n redelike twyfel oor die oorsaak van sy
ontoerekeningsvatbaarheid bestaan."
Die
verwysing in die laaste sin na "geesteskrankheid" is duidelik
'n
verwysing na 'n nie-patologiese toestand dws 'n toestand wat nie deur die
bepalings van artikel 78(1) van die Strafproseswet 51
van 1977 gedek word nie.
In Hiemstra,
Suid-Afrikaanse Strafproses
, 4e uitgawe p 189 word die
posisie soos volg gestel:
"Hoewel by gesonde outomatisme die bewyslas op die Staat rus, moet die
beskuldigde eers die fondament vir die verweer lê. Daar
moet getuienis van
die kant van die beskuldigde wees wat sterk genoeg is om twyfel te laat ontstaan
oor die vrywilligheid van die
beweerde daad of versuim. Dit moet gerugsteun word
deur geneeskundige of ander deskundige getuienis wat aantoon dat die
onwillekeurige
gedraging heel
10 moontlik te wyte was aan oorsake anders as geestes-ongesteldheid of
geestesgebrek. As aan die einde van die verhoor daar twyfel
bestaan of die
gedraging willekeurig was of nie, moet die beskuldigde die voordeel van die
twyfel geniet."
Dit is miskien raadsaam om
die waarskuwing van hierdie Hof in
R v 'n
1962 (1) SA 197
(A) op 208 B -
C te herhaal:
"... defences such as automatism and amnesia require to be carefully
scrutinized. That they are supported by medical evidence, although
of great
assistance to the Court, will not necessarily relieve the Court from its duty of
careful scrutiny for, in the nature of
things, such medical evidence must often
be based upon the hypothesis that the accused is giving a truthful account of
the events
in
question."
11
Teen hierdie agtergrond oorweeg ek die wesentlike feite wat tot die
skietery gelei het. Op die betrokke dag het die appellante en
die oorledene in
Dobleweg, Durban gewoon. Hulle was reeds 32 jaar getroud. Die appellante was 51
jaar oud. Hulle het twee kinders,
'n dogter en 'n seun gehad. Die dogter is
verstandelik vertraag gebore en het baie probleme vir die appellante veroorsaak.
Die seun
het as 'n polisieman gekwalifiseer en die appellante was baie trots op
hom. Gedurende 1983 het hy in 'n motorongeluk breinbeserings
opgedoen as gevolg
waarvan hy heeltemal verlam is in sy regterbeen en regterarm en sy visie en
spraak aangetas is. Hy het gevolglik
intensiewe sorg benodig wat deur die
appellant verskaf is. Die oorledene se verhouding met sy kinders was nooit goed
gewees nie en
in latere jare het dit vererger. Hy het byvoorbeeld geweier om
bystand te verleen in verband met sy seun se regsgeding om vergoeding
van 'n
assuransiemaatskappy
12
te eis.
Gedurende die huwelik het die oorledene vele buite-egtelike verhoudinge
aangeknoop. Wat dit betref het die Verhoorregter opgemerk
dat:
"Al het dit haar ongelukkig laat voel, was sy in die verlede gewillig dat hy
so optree."
Na my mening bewys die
getuienis die teenoorgestelde. Sy mag hom in die verlede vergewe hêt maar
het dit geensins goedgeken
nie en sy voortdurende ontrouheid het tot baie
argumente gelei. Op twee vorige geleenthede het die oorledene die appellante
ernstig
aangerand. Hy was 'n man met 'n geweldige kort humeur.
Vanaf Augustus 1987 het die appellante in 'n hoogs
gespanne
13 toestand verkeer. Sy het min geëet en van kalmeer-,
slaap-en hormoontablette gebruik gemaak. Haar emosionele toestand is vererger
omrede die oorledene met nog 'n buite-egtelike verhouding besig was. Die
betrokke vrou was ene mev Bets Bekker, 'n geskeide dame
en ongeveer twaalf jaar
jonger as appellante. Die Hof
a quo
het bevind dat in die dae voor die
voorval die appellante wel buitengewoon bekommerd en emosioneel was.
Drie dae voor die skietery het die oorledene uit sy eie aan die
appellante erken dat hy dié dag by mev Bekker te Margate deurgebring
het.
Die doel van die besoek, volgens die oorledene, was om die verhouding te
beëindig. Die reaksie van die appellante is soos
volg deur die
Verhoorregter beskryf:
"Beskuldigde se reaksie was om oorledene te dank en hom te soen. So 'n gees
van vergewensgesindheid
14 kan ons net bewonder, maar ons aanvaar dat dit wel gebeur het. Ons moet
haar getuienis in gedagte hou dat nieteenstaande die oorledene
se dwalinge en
die onreg wat hy aan haar gedoen het, sy nog steeds lief vir hom was. Sy is
uitgevra oor die aspekte van haar lewe
met die oorledene. Al het sy nie baie
inligting verskaf nie, was dit opmerklik dat haar gesig toe sy met hierdie aspek
handel,
so te sê gegloei het. Dit was vir ons duidelik
dat sy inderdaad die oorledene nog liefgehad het en dat sy talle aangename
en gelukkige herinnerings van hom koester. Trouens was
sy oortuig dat hierdie
verhouding nou beëindig was. Volgens haar ondervinding het oorledene maar
selde na dieselfde vrou teruggekeer
en nooit onmiddellik
nie."
Op die noodlottige Donderdagoggend is
die oorledene vroeg
15 uit die huis en vir verskeie redes was die
appellante seker dat hy weer na mev Bekker te Margate gegaan het. Sy was baie
ontsteld.
Soos sy self dit beskrywe:
"...ek was absoluut platgeslaan...
...ek was so teleurgesteld en so in 'n toestand gewees, want ek kon dit nie
glo nie, hy het my so plegtig belowe die Maandag dit is
verby en werklik, daar
gebeur dit weer. Dit net twee dae nadat hy my
belowe-het."
Oor dié dag het die
Verhoorregter die volgende gesê:
"Sy het vir ons gesê dat die hele dag vir haar vaag was. Ons kan
aanvaar dat sy wel min van die oggend en die namiddag onthou.
Veral as 'n mens
niks doen as om te sit en sy ellendighede in aanskou te
neem,
16 sal hy maar min van so 'n dag
onthou en ek beklemtoon dat hierdie blykbaar die eerste keer was dat die
oorledene so 'n belofte
verbreek het."
Mev Harmse is 'n Staatsgetuie. Om ongeveer vyfuur namiddag die betrokke
dag het appellante mev Harmse geskakel en haar gevra dat sy
moet oorkom. Sy het
toe daar aangekom. Die appellante het in die sitkamer gesit. Sy was baie
ontsteld.
Sy het vreeslik gehuil en gebewe en gesê sy weet nie wat om
—
te doen nie. Mev Harmse het haar probeer troos, maar tevergeefs.
Appellante het haar probleme aan mev Harmse verduidelik. Op 'n stadium
het sy
vir hulle elkeen 'n glas wyn ingeskink en hulle het dit gedrink.
Ongeveer sesuur het die oorledene tuis gekom. Volgens mev Harmse het
appellante die oorledene beskuldig dat hy weer by Mev Bekker
te Margate was. Die
oorledene het dit ontken.
17 Appellante het daarna kos vir die oorledene en mev Harmse voorgesit.
Sy het self nie geëet nie. Op 'n stadium het die oorledene
aan appellante
gevra "Waarom kyk jy vir my?" Hy het toe 'n bandopnemer gaan haal. Appellante se
reaksie was om te sê "Nie dit
weer nie". Appellante het verduidelik dat hy
verskeie kere in die verlede hulle rusies op band opgeneem het. Appellante het
probeer
om die bandopnemer af te skakel en die oorledene het haar gekeer. Die
masjien het op die
grond geval. Op daardie stadium het die
oorledene die appellante
'n hele aantal klappe teen die kop toegedien. Deur die geweld van die
aanranding is haar neus gebreek, 'n voortand by die wortel afgebreek
en stukkies
uit haar ondertande gesplinter. Haar linkeroor was die volgende dag blou en
geswel. Haar bril is gebreek. Haar neus en
mond het vreeslik gebloei. Die
redelike moontlikheid dat sy na die aanranding en toe sy op die oorledene gevuur
het, aan konkussie
gely het, kan na my mening, nie uitgesluit word nie.
18
Onmiddelik na hierdie ernstige aanranding het die oorledene gesê
"Nou loop ek". Hy is na die slaapkamer. Mev Harmse het 'n waslap
in 'n badkamer
gaan haal om die bloed af te vee en het daarna die lappie gaan uitspoel. Sy het
die oorledene in die slaapkamer gesien.
Sy het probeer om met hom te praat maar
hy het haar uit die kamer gejaag. Sy woorde aan haar was "Loop hier uit of ek
donder jou
uit". Kort daarna is sy na die kombuis om die appellante te soek. Toe
sy by die kombuisdeur uitloop, het sy die oorledene hoor sê
"O God" en toe
het sy skote gehoor. Sy het na die slaapkamer gegaan en die oorledene op die
vloer sien lê. Sy kon nie appellante
sien nie. Toe het appellante se seun
by die kamervenster opgedaag en geskree "Wat gaan hier aan?". Appellante het
geantwoord: "Dis
'n skietery". Sy het op 'n stoel in die sitkamer gaan sit. Sy
het Mev Harmse verbysterd aangekyk en gesê "Wat het ek gedoen?".
Laasgenoemde het geantwoord "Jy het Wiid
19
geskiet". Die appellante het toe gesê "Wat doen ek nou?" Mev Harmse
het gesê dat hulle die polisie moet skakel. Sy het
na die telefoon gestap
en geskakel. Die appellante het die telefoon van haar geneem en met die polisie
gepraat. Kort daarna het die
polisie opgedaag.
Speurder-konstabel De Villiers het ook namens die Staat getuig. Volgens
sy getuienis het die appellante opgetree asof sy in 'n dwaal
was. "Dit het nie
vir my gelyk asof sy weet waar sy is op die oomblik nie", het hy gesê. Mnr
Stokes, nog 'n Staatsgetuie, was
ook kort na die skietery by die appellante.
Volgens hom was sy nie by haar volle positiewe nie. Sy het verward
voorgekom.
Dit wat die weergawe van die Staatsgetuies betref. Wat van die appellante
se weergawe? Volgens haar kan sy baie min van die dag onthou.
Sy onthou dat sy
Mev Harmse geskakel
20
en haar gevra het om oor te kom. Sy onthou dat hulle gesels het en dat sy
'n glas wyn vir elkeen van hulle geskink het. Sy kan niks
onthou van wat tussen
haar en die oorledene gebeur het nie. Van die aanranding sê sy, "Wel ek
het net 'n sensasie gekry van
- dis of jy ligte sien of jy sweef". Sy het niks
pyn gevoel nie. Sy onthou niks van die gesprek voordat sy aangerand is
nie.
Oor die gebeure na die aanranding lees die appellante se
getuienis soos volg:
"Wel die volgende ding wat ek kan onthou , het ek in die kamer gestaan, aan
die onderkant van die trappe. My man het - die lig in
die aantrekkamer was aan
gewees en dit is 'n baie helder lig en hy het met sy rug na my toe gestaan en hy
het omgedraai - ek weet
nie of ek met hom gepraat het nie -
maar
21
hy het omgedraai en na
my gekyk en hy het vir my
gesê, met 'n - ek kan amper sê
wreedaardige trek
in sy oê - sy gesig...
(tussenkoms)
Sal U maar net stadig gaan. U sê met 'n wreedaardige trek in sy
gesig? — Ja.
Ja, wat het hy gesê? — Mag ek aangaan?
Ja, U kan
maar aangaan. — "Ek gaan jou vermoor". Hy het dit soort van woord vir
woord gesê. Hy het voorentoe gekom, langs
my op 'n bankie, langs waar ek
gestaan het, het ek sy pistool gesien. Ek kan nie onthou dat ek die pistool
opgetel het, dit op_ hom
gerig het of dat ek geskiet het nie. Ek kan wel onthou
dat ek skote gehoor het. Dit was ver ver skote wat ek gehoor afgaan het. Hoeveel
daar was, weet ek nie.
Mevrou... (tussenkoms) — Daarna het mev Harmse op my gegil, sy het
vir my gesê, "Joan jy het Wiid
22
doodgeskiet! Wiid is dood!". Die volgende wat ek kan onthou, was ek in die
sitkamer weer gewees. Op een of ander stadium, ek weet
nie of dit voor die skiet
of na die skiet was nie, het Leonie (Harmse) met 'n nat waslap my gesig afgevee.
Daarna het ek vir haar
gevra, "Wat nou?", toe sê sy ons moet die polisie
bel. Toe het ek opgestaan, na die telefoon gegaan. Sy het die knoppies vir
my
gedruk, en ek het die telefoon uit haar hand geneem, want sy het hom gehad en ek
het aan die persoon wat anderkant geantwoord
het, die polisie, het ek
gesê, "Ek dink ek het my man
geskiet".
Die appellante het haar eie 7,65
pistool. Sy is 'n taamlike bedrewe skut. Die oorledene het gewoonlik te alle tye
'n gelaaide vuurwapen
op sy persoon gedra. Dit was altyd gereed om te vuur. Die
sewe skote wat die appellante op die oorledene
23
gevuur het, is met die oorledene se eie pistool geskiet.
Onder kruisondervraging het appellante bevestig dat nieteen-staande sy
gedrag sy die oorledene nog baie liefgehad het. Sy het hom
elke keer sy
buite-egtelike verhoudings vergewe. Sy wou nie van hom skei nie. Volgens mnr B.T
Gillmer, 'n
sielkundige wat namens die appellante getuig het, het
die appellante die oorledene aanbid.
In sy verslag het mnr Gillmer tot die volgende slotsom gekom:
"Subject to the neuropsychological findings, it would certainly seem
feasible that this personality, in the circumstances described
by the accused,
could have had an impairment of psychological functioning such as to render her
temporarily unable to bring proper
judgement to bear upon the situation in
which
24
she found herself at the time of the
shooting."
Mnr Gillmer het die verhoor
bygewoon en na hy al die getuienis aangehoor het, het hy getuig dat die pas
aangehaalde slotsom daardeur
versterk is. "I think it now seems psychologically
more probable that her judgment was impaired to an appreciable degree".
'n Tweede sielkundige,Dr R.P.Plunkett, het ook namens die verdediging
getuig. Hy het na die volgende faktore verwys:
1. Die inname van kalmeermiddels en alkohol en die
verergering
van die effek daarvan deurdat die
appellante nie geëet het
nie;
2. Die geweldige aanranding op die appellante en veral
die houe
teen haar kop;
25
3. Die dreigement deur die oorledene dat hy die appellante sou
vermoor.
Die kombinasie van daardie faktore
en die álgemene toestand van spanning waarin sy verkeer het kon, volgens
Plunkett, redelik
die gevolg gehad het dat die appellant verkeer het
in-
"a state of... complete lack of responsibility at
that
time."
Hy het verder die mening
uitgespreek dat die appellante wel kon gehandel het in 'n toestand waarin sy nie
die vermoë gehad het
om tussen reg en verkeerd te onderskei nie. Volgens
Plunkett is die appellante se geheueverlies ook daarmee versoenbaar.
26
Die Verhoorhof het die getuienis van die Staatsgetuies aanvaar. Veral
mev. Harmse is as 'n goeie en eerlike getuie beskryf. Wat die
appellante betref
sê die Verhoorregter die volgende:
"Beskuldigde sê sy kan glad nie hierdie aanranding onthou nie. Sy het
beweer dat sy net bewus is dat op 'n stadium daar ligte
voor haar oë
geflits het
en sy 'n gesuis in haar ore gehoor het, tekens wat
sy vantevore ervaar het toe oorledene haar op haar kop geslaan het. Ons is
van mening dat sy dit egter nie wil onthou
nie."
Dit is nie vir my duidelik of dit 'n
bevinding is dat die appellante nie eerlik was nie. Indien wel, kan ek geen
bevestiging in die
oorkonde vir so 'n gevolgtrekking vind nie.
27
Die Verhoorhof het ook bevind dat die appellante doelbewus na die
slaapkamer geloop het. Die uitspraak gaan dan soos volg voort:
"Nou ons is dit eens met hulle dat oorledene nie inderwaarheid gedreig
het om die beskuldigde te vermoor nie. Ons verwerp daardie
deel van haar
getuienis, maar nie noodwendig dat sy daaromtrent gelieg het nie.
Ons is van mening dat die eintlike waarheid té
ontstellend
vir die beskuldigde was en nog is...
Die dreigement waarvan beskuldigde praat is dus geheel
en al nie karakteristiek vir die oorledene nie. In
elk geval, watter rede was daar vir hom om haar so
te bedreig? Ons kan aan geen rede dink hie en geeneen
van die getuies het so iets voorgestel nie. Hy was
vasberade om te loop. Hoekom wou hy haar vermoor?
Om dié redes dan verwerp ons die beskuldigde se getuienis
28
dat sy so bedreig was, maar dan ontstaan steeds die vraag, hoekom het sy
die pistool opgetel en dit afgevuur? Soos ek reeds aangedui
het, kon sy glad nie
dit aanvaar dat haar man haar sou verlaat vir mev Bekker nie. Dit is na ons
mening die enigste antwoord wat
as redelik moontlik beskou kan word."
Na my mening het die Verhoorhof misgetas met hierdie bevinding.Dïe
dreigement van geweld is wel in ooreenstemming. met die oorledene
se karakter.
Volgens die Staatsgetuies, en veral mnr Stoker, het die oorledene b opvlambare
humeur. gehad en was hy in staat tot
geweld. Minute voor die beweerde dreigement
het hy inderdaad 'n geweldige aanranding op die appellante gepleeg. Hy het ook
mev Harmse
uit die slaapkamer gejaag en haar met geweld gedreig. Dat hy sy
humeur heeltemal verloor het, is duidelik uit al die getuienis. Daar
is geen
rede om hierdie weergawe van die appellante bo redelike twyfel
29
te verwerp nie.
Die Verhoorregter het oók die volgende opmerkings gemaak:
"Nou word dit aanvaar dat beskuldigde bewustelik die oorledene geskiet
het, verduidelik dit dan haar woorde dat, "Dis 'n skietery".
Dit kan betoog word
dat sy van mev Harmse se beweerde woorde die feit van die
skietery geleer het,maar kyk na die woorde wat volgens
beskuldigde, mev Harmse gebesig het, 'Joan jy het Wiid geskiet. Wiid is
dood'. Daar moet opgelet word dat mev Harmse ontken dat sy
by die slaapkamer so
iets gesê het, en wat ewe belangrik is, het mev Harmse getuig dat sy die
beskuldigde op daardie stadium
glad nie gesien het nie. Hoekom sou sy dan
sê, 'Joan jy het Wiid geskiet?' En al het oorledene se lyk daar op die
vloer gelê,
hoe kon mev Harmse geweet het dat hy
30 wel dood was. Ons verwerp ook hierdie deel van beskuldigde se
getuienis."
Ek is die mening toegedaan dat dit baie gevaarlik sou wees om die
weergawe van die appellante te verwerp slegs omdat dit met die fyn
detail van
mev Harmse se getuienis bots. Mev Harmse, volgens haar eie getuienis, was in 'n
toestand van skok.
Die Verhoorregter se opsomming lui soos volg:
"Om op te som, ons is dit eens dat die volgende bo alle redelike twyfel
bewys is. Die beskuldigde het willens en wetens die oorledene
Graziel Wiid met
Bew 1 doodgeskiet, al het sy miskien kalmeerpille gebruik, al het sy wel 'n
bietjie wyn gedrink, al het sy moontlik
dié dag niks geëet nie, al
was sy in 'n emosionele en
31
gespanne toestand gewees en al het die oorledene haar ernstig aangerand
net voor die voorval, het sy nie onbewustelik opgetree nie.
Mnr Gillmer en Mnr
Plunkett hét voorgestel, alhoewel nie met groot oortuiging nie, dat
beskuldigde nie weens die voormelde
feite in staat was om die ongeoorloofdheid
van haar handeling te besef. Dit is duidelik dat, na ons oordeel, daar geen
redelike moontlikheid
bestaan dat haar toestand so was nie.
Dit is
ook duidelik, meen ons, dat sy ooreenkomstig
haar besef kon optree. Haar bewussynsvlak was nie so verlaag om hierdie
as redelike moontlikhede te laat bestaan nie, en in elk geval
haar optrede na
die skietery dui vir ons duidelik aan dat, soos ek alreeds gesê het, sy
willens en wetens opgetree het, maar
dat haar vermoë om so op te tree
verminder was, staan nie te betwyfel nie. Dit is duidelik, meen ons, dat sy aan
verminderde
toerekenbaarheid gely het."
32
In die eerste instansie is dit die mening van Gillmer en Plunkett dat
daar 'n redelike moohtlikheid bestaan dat toe die appellante
die skote afgevuur
het, sy nie by haar volle bewussyn was nie. Ek kan geen rede bevind om hierdie
moontlikheid sonder twyfel te verwerp
nie. Tweedens bestaan daar die
moontlikheid dat mev Harmse se gil dat oorledene doodgeskiet is en die skok van
die skietery self,
genoeg mag gewees het om appellante tot die besef te bring
van wat sy eintlik gedoen het.
Dan bestaan daar die vraag wat soos volg deur Joubert AR in.
Laubscher
se saak (
supra
) op 171 D - E gestel word:
"Het hy 'n totale sielkundige ineenskorting of
persoonlikheidsdisintegrasie van 'n tydelike aard ondergaan sodat hy
onwillekeurig
opgetree het omdat hy nie weerstandskrag (wilsbeheervermoë)
gehad het
33
nie? Met ander woorde het hy sonder wilsbeheer ten tyde van die pleeg van
die beweerde misdade gehandel?"
Na my mening, indien al die feite in ag geneem word, bestaan daar
redelike twyfel oor die vraag of die appellante willekeurigopgetree
het. Dat sy
bewustelik en opsetlik die oorledene wou doodskiet is nie met appellante se
persoonlikheid en karaktertrekke te versoen
nie. Dit is die effek van
haar
eie getuienis en word deur Gillmer en Plunkett gestaaf. Haar -
oorblywende en steeds sterk liefde vir die oorledene rym nie met die
doelbewuste doodmaak van die oorledene nie. Die feit dat sy sewe
skote geskiet
het, is aanduidend van onbeheersde optrede.
Appellante se geheue is wel onsamehangend of sporadies. Sy kan,
byvoorbeeld, niks van die aanranding op haar onthou nie, maar kort
daarna kon sy
onthou wat onmiddelik voor die skietery
34
plaasgevind het. Die skietery self kan sy nie onthou nie.
Op
die oog af geoordeel mag dit'n onbevredigende kenmerk van
haar
weergawe wees. Maar terselfdertyd is dáar geen
sielkundige
getuienis wat suggereer dat hierdie verskynsel
teenstrydig
is met 'n verlies van òf die onderskeidingsvermoe
om die
regmatigheid of onregmatigheid van haar handeling in te
sien
òf 'n verlies van die vermoë om daarvolgens te
handel nie.
Ek is van mening dat daar ten minste 'n twyfel bestaan
of die
appellante, ten tye van die skietery,
toerekeningsvatbaar-
was. Die appellante behoort die voordeel van
daardie twyfel
gegun te word.
Die appel slaag en die beslissing van die Hof
a guo
word soos volg
verander: "Die beskuldigde word onskuldig bevind en ontslaan".
35
R J GOLDSTONE
CORBETT HR )
) STEM SAAM
VIVIER AR )