S v Munonjo en 'n Ander (445/89) [1990] ZASCA 11; [1990] 2 All SA 196 (A) (12 March 1990)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Joint enterprise — Appellants convicted of murder and sentenced to death — Conviction based on common purpose to kill — Evidence insufficient to establish that appellants foresaw the possibility of death occurring during the commission of the crime — Appellants' primary intention was theft, not murder — Conviction for murder set aside, but found guilty as accessories to murder — Sentences of death replaced with 15 years' imprisonment, taking into account personal circumstances and community interests.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 11
|

|

S v Munonjo en 'n Ander (445/89) [1990] ZASCA 11; [1990] 2 All SA 196 (A) (12 March 1990)

SAAK NR 445/89
ccc
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING}
In die saak tussen:
SEBEDEUS MUNONJO
EERSTE APPELLANT
JEFTA MBI
TWEEDE APPELLANT
en
DIE STAAf
-
RESPONDENT
CORAM
: JOUBERT, NESTADT ARR et. NICHOLAS Wnde AR
VERHOOR
: 6
MAART 1990
GELEW
ER: 12 MAART 1990
UITSPRAAK NEST
A
DT, AR:
Die twee appellante is in die Hooggeregs-
hof van Suidwes-Afrika aan twee aanklagte van moord (sonder versagtende
omstandighede) en een aanklag van huisbraak met
2/
2. die opset om te roof en roof (met
verswarende
omstandighede) skuldig bevind. Hulle
is op al drie aanklagte ter dood veroordeel.
Die skuldigbevindings het
betrekking op 'n voorval wat op 'n plaas in die distrik Otjiwarongo in
Suidwes-Afrika op die aand van 21
September 1988 gebeur het. Twee persone het
die plaaswoning betree deur 'n gaasraam van 'n venster op te skuif en deur te
klim. Binne
die huis is hulle deur die inwoners daarvan, die 61-jarige Mnr
Kretzschmar en sy eggenote, die 54-jarige Mev Kretzschmar, gekonfronteer.
Mnr en
Mev Kretzschmar is toe deur een van die indringers met 'n rewolwer noodlottig
geskiet. Hierop het hulle sekere goed uit die
huis verwyder en die plaas in die
oorledene man se bakkie verlaat.
Ter aanvang handel ek met die appél teen die skuldigbevindings aan
moord. Dat moord gepleeg is, is nie te betwyfel nie. Dit
is
voor-die-hand-liggend dat die
3/
3. aanval op die oorledenes wederregtelik was en dat dit met
die nodige opset gepleeg is. Dit was ook nie in geskil nie dat die twee
inbrekers die appellante was. Daar was egter geen bewys nie watter een van die
twee die oorledenes geskiet het. Die enigste (onbetroubare)
getuienis in
dié verband was diê van die appellante self en hulle het elkeen
skuld op die ander gewerp. Die grondslag
waarop hulle skuldig bevind is, was dat
alreeds toe hulle ingebreek het hulle 'n gemeenskaplike doel gehad het om te
vermoor (in
die sin van para (c) van
S vs Madlala
1969(2) SA 637(A) op
640 H, dws
dolus eventualis
).
Ek kan met hierdie slotsom nie saamstem
nie. Die appellante se onmiddellike oogmerk was om die sleutel van die voertuig
en geld vir
brandstof in die huis te steel. Dit is juis dat die appellante, voor
hulle ingebreek het, alreeds geweet het dat daar mense in die
huis was en dat
hulle wakker was. Dit staan ook vas dat hulle voorsien het dat die Kretzschmars
hulle moontlik sou voorkeer en dat,
in
4/
4. hierdie omstandighede, en ten einde hulle doel uit te
voer, dit nodig mog wees, as die appellante nie sou kon ontvlug nie, om die
inwoners vas te maak. Dit is bygevolg duidelik dat die appellante se
gemeenskaplike doel die moontlike aanranding van die inwoners
behels het. Die
vraag is egter of dit (as die enigste redelike afleiding) bewys is dat hulle die
moontlikheid van hulle slagoffers
se dood voorsien het. Na my mening moes die
Verhoorhof hierdie vraag ontkennend beantwoord het. Van kardinale belang is die
feit
dat afgesien van 'n verband wat in die tweede appellant se besit was (en
wat, indien nodig, gebruik sou gewees het om die inwoners
vas te maak) hulle
onbewapen was. Die vuurwapen waarmee die oorledenes geskiet is, was hulle s'n.
Dit blyk dat dit deur die vrou
te voorskyn gebring is nadat sy bewus geword het
van die appellante se teenwoordigheid in die huis. Klaarblyklik is sy toe
ontwapen
en die skietery van haar en haar man het daarop gevolg. Onder
kruisondervraging het
5/
5. beide die appellante erken dat dit te verwagte was dat
plaasmense vuurwapens aanhou en teen inbrekers gebruik. Daardie risiko was
hulle
bereid om te loop. Maar dit volg nie (en op 'n behoorlike nalees van die
appellante se getuienis en veral sekere antwoorde
onder kruisondervraging is
daar niks wat hieraan afbreuk doen nie) dat hulle voorsien het dat een van hulle
Mev Kretzschmar sou ontwapen
en haar en haar man daarna sou doodskiet.
Inteendeel wat gebeur het, was 'n buitengewone wending in die verloop van sake
wat nie
deur die appellante beoog is nie. Soos alreeds gesê, hulle oogmerk
was diefstal en ontvlugting (indien nodig nadat hulle die
inwoners vasgemaak
het); niks meer nie. In die omstandighede is die beginsel soos in
R vs Shezi
and Others
1948(2) SA 119(A) neergelê nl, dat die aanspreeklikheid van
persone wat 'n gemeenskaplike oogmerk het, daarvan afhang of die
gevolg, dws die
dood (eerder as die presiese wyse waarop dit teweeggebring word) voorsien moet
word, nie van toepassing
6/
6. is nie. En die feit dat hulle na die voorval volgehou het
om met mekaar te assosieer (deur oa saam in die voertuig te ry en die
vuurwapen
te verkoop) dien nie (soos die Verhoorhof met 'n beroep op
S vs Kramer en
Andere
1972(3) SA 331(A) bevind het) as bevestiging van die nodige
gemeenskaplike oogmerk nie.
Samevattend, is ek die mening toegedaan dat dit
nie bewys is nie dat die appellante subjektief die moontlikheid van dood
voorsien
het nie en dat daar bygevolg geen grondslag is waarop die appellante
weens moord skuldig bevind kon gewees het nie. Dit volg egter
nie dat hulle ten
opsigte van die moorde vrygespreek moet word nie. Dit is namens die appellante,
m i, tereg toegegee dat die appellante
as begunstigers by moord skuldig is.
Ongeag dat een van die appellante die moorde gepleeg het, kan beide van hulle as
begunstigers
daarby skuldig bevind word (
S vs Jonathan en Andere
1987(1)
SA 633(A)). Ek is nie van voorneme om die ter saaklike feite uiteen te sit nie.
Dit is voldoende om te sê
7/
7. dat die appellante met die nodige opset hulle met die
moorde vereenselwig het en mekaar aktief gehelp het om aanspreeklikheid te
ontduik. Wat vonnis betref, sal 8 jaar gevangenisstraf ten opsige van elkeen van
die twee aanklagte na my oordeel 'n gepaste vonnis
wees. Omdat die appellante se
optrede na die moorde op 'n enkele gedragspatroon neerkom, sal dit gelas word
dat die vonnisse saamloop.
Daar is geen appêl teen die
skuldig-bevindings aan huisbraak met die opset om te roof en roof nie. Dit is
bygevolg onnodig om
te beslis of die skuldigbevindings nie dalk aan huisbraak
met die opset om te steel en diefstal moes gewees het nie. Wat wel aangeval
word
is die doodvonnis wat die appellante opgelê is. Na my mening het die
Verhoorregter by die uitoefening van sy diskresie
hom misgetas. Hy het versuim
om in ag te neem dat die appellante die huis ongewapend binne gegaan het, nie
met (in die Regter a quo
se woorde) "
men
s
rea
... by wyse van
dolus even
t
ualis
om
8/
8. die twee oorledenes te dood", maar (hoofsaaklik) om
diefstal te pleeg. Dit staan hierdie hof dus vry om opnuut oor vonnis te besin.
Na my mening is 12 jaar gevangenisstraf eerder as die doodstraf 'n gepaste
vonnis. Dit neem genoegsaam in ag nie net die appellante
se persoonlike faktore
nie (hulle is volkome volwassenes wat geen ter saaklike vorige veroordelings het
nie), maar ook die belange
van die gemeenskap en die erns van die misdaad. Wat
lg betref , het ek in gedagte dat dit huisbraak van 'n geïsoleerde woning
in die nag was toe die inwoners tot die kennis van appellante tuis was.
Hierbenewens is dit 'n misdaad wat gereeld voorkom.
Weens die kumulatiewe
effek van die vonnis is ek van voorneme om te gelas dat hulle saamloop sodat 'n
effektiewe vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf gevel word.
Die volgende bevel word gemaak: (1) Die skuldigbevindings en vonnisse op die
twee
aanklagte van moord word tersyde gestel en met die
volgende vervang:
9/
9.
(a) Beskuldiges word op elke aanklag van moord
aan
begunstiging by moord skuldig bevind.
(b) (i) Ten opsigte van elke aanklag word
hulle tot 8 jaar gevangenisstraf ge-vonnis; (ii) Dit word gelas dat die
vonnisse saam-loop.
(2) Die doodvonnis wat tov die skuldigbevinding aan huisbraak met die opset om
te roof en roof opgelê is, word tersyde gestel
en met 12 jaar
gevangenisstraf vervang.
(3) Dit word gelas dat 5 jaar van die 8-jaar vonnis waarna in para (1) (b)
verwys word, met die 1 2 jaar gevangenisstraf waarna in
para (2) verwys word,
saamloop, sodat 'n effektiewe vonnis van 15 jaar ge-vangenisstraf opgelê
word.
NESTADT, AR
JOUBERT, AR )
) STEM SAAM NICHOLAS, Wnde AR)