About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Cape Town Labour Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Cape Town Labour Court, Cape Town
>>
2013
>>
[2013] ZALCCT 54
|
|
NIBO (Edms) Bpk v Cupido (C 954/12) [2013] ZALCCT 54 (11 February 2013)
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
RAPPORTEERBAAR
VAN
BELANG VIR ANDER REGTERS
DIE ARBEIDSHOF VAN
SUID-AFRIKA, KAAPSTAD
UITSPRAAK
SAAKNOMMER:
C 954/12
In
die saak tussen:
NIBO
(EDMS)
BPK
.................................................................................................................
Applikant
en
PHILIP
JACOBUS CUPIDO
.............................................................................................
Respondent
Verhoordatum:
30 Januarie 2013
Uitspraak:
11 Februarie 2013
Opsomming:
Keerdatum van bevel nisi. Werknemer en direkteur verwyder as
direkteur en afgedank as werknemer. Eisoorsaak qua werknemer
gebaseer
op ongeldige i.p.v. onbillike ontslag. Arbeidshof het jurisdiksie om
ontslag ongeldig te verklaar. Werknemer teruggeplaas
in diens.
UITSPRAAK
STEENKAMP
R:
Inleiding
[1]
Op 4 Desember 2012 het hierdie hof ‘n
bevel
nisi
toegestaan
waarvolgens die respondent, Mnr Cupido, op ‘n tussentydse
grondslag (hangende die keerdatum) gelas is om die applikant,
NIBO,
se perseel, synde ‘n drankwinkel op Carnarvon, te verlaat. ‘n
Afskrif van die volledige uitspraak word hierby
aangeheg. In ‘n
neutedop is die tussentydse bevel toegestaan op die basis dat hierdie
hof nie op ‘n dringende basis
die billikheid van sy ontslag sou
oorweeg nie. Die Kommissie vir Konsiliasie, Bemiddeling en Arbitrasie
(KVBA) beskik oor die jurisdiksie
om daaroor te beslis.
[2]
NIBO vra op die keerdatum, 30 Januarie
2013, dat die bevel
nisi
bekragtig
word. Cupido staan dit teen. Hy het ook ‘n teenaansoek gebring
om sy ontslag nietig te verklaar. Hy steun daarop
dat sy ontslag
ongeldig was, aangesien die vergadering waarop hy ontslaan is, nie
behoorlik gekonstitueer is nie. Hy maak nie in
hierdie forum staat op
die onbillikheid van sy ontlsag nie; Mnr
Rautenbach
,
wat namens hom verskyn, gee geredelik toe dat dit iets is waaroor die
KVBA ter gelegener tyd sal moet beslis, indien nodig.
Agtergrond
[3]
Die
agtergrond tot die geskil word kortliks opgesom in die uitspraak van
4 Desember 2012.
[1]
Die volgende
feite blyk ook nou uit die volledige pleitstukke wat hangende die
keerdatum geliasseer is, gesien in die lig van die
geykte toets in
Plascon-Evans.
[2]
3.1
Die applikant, NIBO (Edms) Bpk, bedryf 'n
drankwinkel op Carnarvon.
3.2
Die applikant is 'n maatskappy met
aandelekapitaal wat op 10 Junie 1982 ingelyf is.
3.3
Die meerderheidsaandeelhouers van die
applikant is Mnr en Mev Coetzee, terwyl Mev Manel en die respondent,
Mnr Cupido, minderheidsaandeelhouers
is.
3.4
Die direksie van die applikant bestaan uit
dieselfde persone met die uitsondering van Mev Manel.
3.5
Die dag-tot-dag bestuur van die maatskappy
is te alle tersaaklike tye deur die direksie behartig, aan wie die
respondent, Cupido
– as werknemer en bestuurder - gerapporteer
het.
3.6
Mnr en Mev Coetzee is reeds afgetree en
woon 6 maande van die jaar op Stilbaai in die Suid-Kaap, en die ander
6 maande van die jaar
op ‘n plaas buite Carnarvon.
3.7
Omdat Mnr Coetzee reeds afgetree is, neem
hy op 81-jarige ouderdom nie meer aktief aan die bestuur van die
maatskappy deel nie.
Dieselfde geld vir Mev Coetzee.
3.8
Sedert 2010 is daar geen aandeelhouers- of
direksievergaderings gehou nie, behalwe vir die omstrede vergaderings
wat hieronder verder
bespreek word.
3.9
Daar was 'n byeenkoms op 23 Mei 2012
waartydens die Coetzees die respondent gekonfronteer het met 'n
beweerde tekort in die fondse
van die maatskappy, en waar Cupido
erken het dat daar 'n tekort van R24 200-00 was en aangebied het om
dit terug te betaal in maandelikse
paaiemente van R1 000-00 op die
basis dat hy in diens gehou word as direkteur. Daar is ‘n
feitegeskil of Cupido erken het
dat hy die geld gesteel het; hierdie
Hof hoef nie daaroor te beslis nie.
3.10
Op 15 Junie 2012 was daar 'n byeenkoms,
bygewoon deur die aandeelhouers, waarvoor geen formele kennisgewing
gegee is nie en waar
daar geen agenda voorgelê is, of enige
bespreking of stemming was nie. Cupido het die vergadering bygewoon.
Op hierdie vergadering
is hy onthef as direkteur.
3.11
Op 12 Junie 2012 het die Coetzees die
respondent in kennis gestel van 'n dissiplinêre verhoor
geskeduleer vir 18 Junie 2012,
waarin hy in effek aangekla is van
oneerlikheid en 'n reeks ander misdrywe.
3.12
Dit is gevolg deur 'n reeks interaksies
tussen die prokureurs vir onderskeidelik die respondent en die
applikant, waartydens nadere
besonderhede en uitstelle gevra en gegee
is. Die proses het toe verander in 'n skikkingsonderhandeling wat
voortgeduur het tot
3 Augustus 2012.
3.13
Op 'n vergadering gehou op 3 Augustus 2012
het die aandeelhouers, met die uitsluiting van Cupido wat nie
teenwoordig was nie, besluit
dat sy dienste as werknemer beëindig
word. Cupido het geen kennisgewing van die vergadering as direkteur
of in enige hoedanigheid
ontvang nie.
[4]
Cupido beroep hom daarop dat sy ontslag as
werknemer ongeldig was en dat hy daarop geregtig is om teruggeplaas
te word in NIBO se
diens. Alhoewel dit nie duidelik was toe betoog op
‘n dringende basis aangehoor is met die vorige verskyning nie,
het hy
intussen ‘n aanvullende eedsverklaring geliasseer en het
Mnr
Rautenbach
dit duidelik gestel in sy betoog op die keerdatum dat Cupido hom nie
in hierdie forum beroep op die onbillikheid van sy ontslag
nie. Sy
eisoorsaak berus op die geldigheid van die direkteurs- en
aandeelhouersvergaderings; hy voer aan dat sy ontslag as werknemer
(asook sy ontheffing as direkteur) ‘n nietigheid was. Die
billikheid al dan nie van die beweerde ontslag is nie nou ter sprake
nie.
Toepaslike
regsbeginsels en bespreking
[5]
Die vraag is dus of Cupido se ontslag
nietig was en geen regskrag het nie, desnieteenstaande of dit billik
was oif nie – iets
waaroor die KVBA sou moes beslis.
[6]
In
die saak van
NEHAWU
v University of Transkei and Others
[3]
,
waarna mnr
Rautenbach
verwys het, was die feite soos volg:
Die
universiteit het 'n groep werknemers ontslaan weens redes
voortspruitend uit die bedryfsbehoeftes van die universiteit. In die
proses het die universiteit nie voldoen aan die vereistes van die
funderende statuut van die universiteit nie. Die applikant-vakbond
het die Hof namens die ontslane werknemers genader kragtens die
bepalings van die WAV
[4]
. Die
Hof beslis dan soos volg:
"At
the outset of the hearing it was agreed that the appliction would be
argued in two stages as the first stage might dispose
of the matter.
The first stage relates to the validity of the dismissal or, more
accurately, whether in law there has been
a dismissal. The
second relates to the fairness of such a dismissal, if there has been
one.
The
jurisdiction of this court to consider a question whether employees
have been dismissed by their employer arises from the
Labour
Relations Act 66 of 1995
, especially by virtue of the provisions of
section 189
which confers jurisdiction on this court to adjudicate on
dismissals for operational requirements. The power to grant a
declaratory
order stems from
section 158(1)(a)(iv)
of the Act.
Where a dispute about a dismissal for operational requirements can be
decided at an early stage then it is clearly
within the objects of
the Act and the interests of all concerned for the court to pursue
this avenue."
[7]
Teen hierdie agtergrond bevind die Hof in
University of Transkei
dan
dat die ontslag van die ontslane werknemers nie regsgeldig was nie,
en van geen regskrag is nie, en reik 'n verklarende bevel
tot daardie
effek uit. Dit is duidelik dat die Hof in hierdie uitspraak onderskei
tussen 'n regsgeldige ontslag kragtens die siviele
reg, en 'n
onbillike ontslag kragtens die WAV. In effek bevind die Hof dat hy
nie jurisdiksie het om 'n aansoek van onbillike ontslag
aan te hoor
onder omstandighede waar die ontslag nie regsgeldig plaasgevind het
kragtens die siviele reg nie. Dit spruit
noodwendig voort uit
die Hof se redenasie dat:
"The
first stage relates to the validity of the dismissal or, more
accurately, whether in law there has been a dismissal.
The
second relates to the fairness of such a dismissal, if there has been
one."
[8]
Dit is implisiet in hierdie stellings dat
daar vir die doeleindes van artikel 186 van die WAV wat ontslag
definieer, allereers vasgestel
moet word of die ontslag van die
werknemers regsgeldiglik plaasgevind het, as die werknemer dit in
geskil plaas. Indien dit
nie regsgeldiglik plaasgevind het nie,
is daar nie 'n ontslag nie en het die Arbeidshof (of die KVBA, na
gelang van die geval)
geen jurisdiksie om 'n saak van onbillike
ontslag aan te hoor nie.
[9]
Die
uitspraak in
University
of Transkei
is met goedkeuring aangehaal in
Revan
Civils v NUM and Others
[5]
,
waar dit gegaan gegaan het oor die vraag of die applikante regsgeldig
ontslaan is in terme van die bepalings van artikel 189A
van die WAV.
Met steun op
De
Beers Group Services (Pty) Ltd v National Union of Mine Workers
[6]
bevestig die Hof dat indien voortydige kennisgewings gegee word soos
voorsien in artikel 189A(8), sodanige kennis en die gevolglike
ontslag van die werknemers ongeldig is en van geen regskrag nie.
[10]
In die appèl was dit gemeensaak
tussen die partye dat die ontslag van die werknemers ongeldig was,
maar die werkgewer het
aangevoer dat die Hof nietemin nie jurisdiksie
gehad het om oor die ongeldigheid al dan nie van die ontslag in terme
van artikel
189A 'n beslissing te vel nie. In hierdie verband bevind
die Hof soos volg:
"Unless
there has been a
valid
dismissal a court may not consider nor
grant any relief on the basis that the dismissal was
unfair
.
Section 189A(18)
is not intended to disturb this fundamental
principle. This subsection cannot be read so as to preclude a
party from alleging
that the very foundation for a claim based on the
substantive unfairness of a dismissal does not exist in law. If
this were
to be the case, it would lead to the absurd result that
employees could be reinstated or compensated although the law did not
recognise
that they had lost their jobs." (eie onderstreping).
[11]
Die Hof bevind dan ook dat die Hof
a
quo
kragtens sy magte onder artikel 158
'n verklarende bevel moes uitgereik het tot die effek dat die ontslag
van die werknemers ongeldig
was. Weer eens is dit implisiet in die
Hof se uitspraak dat die Hof geen jurisdiksie gehad het om die
onbillike ontslag van die
werknemers te oorweeg nie. Die Hof
verklaar ook dat dit nie nodig is om enige verdere appèlgronde
gebaseer op die
bestaan al dan nie vir 'n onbillike ontslag te
oorweeg nie.
[12]
Hierdie Hof is gebonde deur die uitsprake
in
Revan Civils
en
De Beers.
Dit
volg uit die reg soos neergelê deur hierdie twee uitsprake dat
NIBO se submissie dat Cupido, waar hy hom bekla oor die
regsgeldigheid al dan nie van sy ontslag, hom tot die KVBA moet wend
ingevolge die onbillike ontslag prosedures van die WAV, nie
relevant
is t.o.v. die
regsgeldigheid
in teenstelling met die
billikheid
van sy ontslag nie. Soos duidelik blyk uit beide uitsprake van
Landman WnAR (wat albei aangehaalde sake aangehoor het), moet
die Hof
of die KVBA wanneer dié ingevolge die WAV genader word op
grond van 'n beweerde onbillike ontslag, allereers vasstel
of 'n
ontslag soos beoog in artikel 186 plaasgevind het. Dit beteken
dat die Hof moet oorweeg of die ontslag regsgeldig kragtens
die
siviele reg plaasgevind het.
[13]
In die saak van
University
of Transkei
het die ongeldigheid van
die ontslag voortgespruit uit die nie-nakoming van 'n statutêre
bepaling wat die universiteit se
regsbevoegdheid beheer. In die
Revan Civils
-saak
het dit voortgespruit uit 'n statutêre bepaling, naamlik
artikel 189A van die WAV, wat die gedrag van werkgewers wat
massa-afleggings uitvoer, beheer.
[14]
Die
respondent doen aan die hand dat die regsgeldigheid aldan nie van die
huidige ontslag hoofsaaklik beheer word deur artikel 71
van die
Maatskappywet, 2008
[7]
. Artikel
71 lees soos volg:
"71.
Ontheffing van direkteure
(1)
Ondanks andersluidende bepalings in 'n
maatskappy se akte van oprigting of reëls, of enige ooreenkoms
tussen 'n maatskappy
en 'n direkteur, of tussen enige aandeelhouers
en 'n direkteur, kan 'n direkteur verwyder word deur 'n gewone
besluit aangeneem
op 'n aandeelhouersvergadering deur die persone wat
daarop geregtig is om stemreg uit te oefen in 'n verkiesing van
daardie direkteur,
behoudens sub-artikel (2).
(2)
Voordat die aandeelhouers van 'n maatskappy
'n besluit beoog in sub-artikel (1) kan oorweeg –
(a)
moet die betrokke direkteur kennis gegee
word van die vergadering en die besluit, ten minste ekwivalent aan
dit wat 'n aandeelhouer
geregtig is om te ontvang, ongeag of die
direkteur 'n aandeelhouer van die maatskappy is of nie; en
(b)
die direkteur moet 'n redelike geleentheid
gebied word om, persoonlik of deur 'n verteenwoordiger, 'n aanbieding
aan die vergadering
te maak voordat daar oor die besluit gestem word.
(3)
Indien 'n maatskappy meer as twee
direkteure het, en 'n aandeelhouer of direkteur beweer 'n direkteur
van die maatskappy –
(a)
...
(b)
die funksie van direkteur versuim het, of
die uitvoering van die funksies van direkteur versaak het, moet die
direksie, buiten die
betrokke direkteur, die saak by besluit bepaal,
en kan 'n direkteur uit sy amp onthef wat hy bepaal as
nie-verkiesbaar of gediskwalifiseer,
onbekwaam, nie woonagtig, of
nalatig of pligversakend is, na gelang van die geval.
(4)
Voordat die direksie van 'n maatskappy 'n
besluit beoog in subartikel (3) kan oorweeg –
(a)
moet die betrokke direkteur kennisgewing
van die vergadering ontvang, insluitende 'n kopie van die
voorgestelde besluit en 'n verklaring
wat redes vir die besluit
uiteensit, met voldoende spesifiekheid om die direkteur redelikerwys
in staat te stel om 'n reaksie voor
te berei en aan te bied; en
(b)
redelike geleentheid gebied word om 'n
aanbieding te maak, persoonlik of deur 'n verteenwoordiger, aan die
vergadering, voordat
daar oor die besluit gestem word.
(5)
Indien die direksie van 'n maatskappy
ingevolge subartikel (3) bepaal het dat 'n direkteur nie-verkiesbaar,
gediskwalifiseer of
onbevoeg is of nalatig of sy plig versuim het, na
gelang van die geval, kan die betrokke direkteur, of die persoon wat
daardie
direkteur aangestel het soos beoog in artikel 66(4)(a)(i),
indien van toepassing, binne 20 sake dae by 'n hof aansoek doen om
hersiening
van die bepaling van die direksie.
(6)
...
(7)
...
(8)
...
(9)
Niks in hierdie artikel ontneem 'n persoon
wat ingevolge hierdie artikel uit 'n amp as direkteur onthef word,
van enige reg wat
daardie persoon ingevolge die gemene reg of
andersins het om by 'n hof aansoek te doen om skadevergoeding of
ander vergoeding vir
–
(a)
verlies van amp as 'n direkteur; of
(b)
verlies van enige ander amp as gevolg van die ontheffing as 'n
direkteur.
(10)
..."
[15]
Ook van belang is artikel 62 van die
Maatskappywet wat soos volg bepaal:
"62.
Kennisgewing van vergaderings
(1)
Die maatskappy moet 'n kennisgewing van
elke aandeelhouers-vergadering op die voorgeskrewe wyse en in die
voorgeskrewe formaat aan
al die aandeelhouers van die maatskappy
lewer, vanaf die rekord datum vir die vergadering, ten minste –
(a)
vyftien sake-dae voordat die vergadering
moet begin, in die geval van 'n openbare maatskappy of 'n maatskappy
sonder wins oogmerk
wat stemgeregtigde lede het; of
(b)
tien sake-dae voor die vergadering moet
begin, in enige ander geval.
(2)
'n Maatskappy se akte van oprigting kan
langer minimum kennisgewing tydperke vereis as dié in
subartikel (1).
(3)
'n Kennisgewing van 'n
aandeelhouersvergadering moet skriftelik wees, en moet insluit –
(a)
die datum, tyd en plek van die vergadering,
en die rekord datum vir die vergadering;
(b)
die algemene doel van die vergadering, en
enige spesifieke doel beoog in artikel 61(3)(a), indien van
toepassing;
(c)
'n kopie van enige voorgestelde besluit
waarvan die maatskappy kennis ontvang het, en wat op die vergadering
oorweeg moet word,
en 'n kennisgewing van die persentasie stemregte
wat vereis word vir daardie besluit om aangeneem te word;
(d)
...
(e)
'n redelike prominente verklaring dat –
(i)
'n aandeelhouer wat daarop geregtig is om
die vergadering by te woon en daar te stem, daarop geregtig is om 'n
gevolmagtigde aan
te stel om die vergadering by te woon, daaraan deel
te neem en te stem in die plek van die aandeelhouer, of twee of meer
gevolmagtigdes
indien die maatskappy se akte van oprigting dit
toelaat;
(ii)
'n gevolmagtigde nie ook 'n aandeelhouer
van die maatskappy hoef te wees nie;
(iii)
artikel 63(1) vereis dat deelnemers aan die
vergadering bevredigende identifikasie moet verskaf.
(4)
Indien 'n maatskappy versuim om die
vereiste kennisgewing van 'n aandeelhouersvergadering te gee, of
indien daar 'n wesenlike defek
in die gee van die kennisgewing was,
kan die vergadering voortgaan, behoudens subartikel (5), indien al
die persone wat daarop
geregtig is om stemregte met betrekking tot
elke item op die agenda van die vergadering uit te oefen –
(a)
werklike ontvangs van die kennisgewing
erken;
(b)
op die vergaderign teenwoordig is;
(c)
kennisgewing van die vergadering laat vaar;
en
(d)
in die geval van 'n wesenlike defek in die
wyse en formaat van die gee van die kennis, die defektiewe
kennisgewing bekragtig.
(5)
...
(6)
'n Nie-wesenlike defek in die formaat of
wyse waarop kennis van 'n aandeelhouersvergadering gegee is, of 'n
toevallige of onopsetlike
versuim in die lewering van die
kennisgewing aan enige spesifieke aandeelhouer aan wie die
geadresseer was, maak nie enige handeling
wat op die vergadering
geneem is, nietig nie.
(7)
'n Aandeelhouer wat teenwoordig is op 'n
vergadering –
(a)
word geag die kennisgewing van die
vergadering te ontvang of laat vaar het;
(b)
het 'n reg om –
(i)
'n wesenlike defek in die formaat van
kennisgewing vir 'n spesifieke item op die agenda vir die vergadering
te beweer; en
(ii)
deel te neem aan die bepaling of die
vereiste vir kennisgewing laat vaar moet word, en of 'n defektiewe
kennisgewing bekragtig moet
word; en
(c)
buiten in die mate uiteengesit in paragraaf
(b), word geag enige reg op grond van 'n werklike of beweerde
wesenlike defek in die
kennisgewing van die vergadering te laat vaar
het."
[16]
Die kritieke vraag wat die respondent
opper, is of hy op die vergadering van 15 Junie 2012, wat volgens die
funderende eedsverklaring
'n "aandeelhouersvergadering"
was, die prosesregtelike regte ontvang het wat aan hom verleen word
deur die bepalings
van artikel 71 van die Maatskappyewet, en of daar
op enige regsbasis van hierdie regte afgesien is of kan word.
[17]
Die kern van artikel 71 blyk nakoming van
die
audi alterem partem
beginsel te wees, naamlik -
17.1
dat die direkteur 'n billike geleentheid
gegee moet word om te weet wat die aanklag teen hom is;
17.2
moet weet wat die voorgenome redes vir die
besluit is;
17.3
sodat hy sy saak kan stel voordat daar oor
die besluit gestem word.
[18]
By nabetragting lyk dit my nie of dit die
applikant help om te steun op die bepalings van artikel 71 of artikel
62(7), wat 'n vermoede
skep van afstanddoening van gebrekkige
kennisgewing nie. In die eerste plek slaan subartikel (a) van artikel
62(7) slegs op die
vraag of
kennisgewing
van die vergadering aan die betrokke
aandeelhouer gegee is al dan nie. Dié subartikel skep
dan 'n vermoede dat dit
wel deur die betrokke aandeelhouer ontvang
is, of dat hy daarvan afstand gedoen het. Subartikel (c) weer slaan
op die vraag of
die aandeelhouer mag steun op 'n "werklike of
beweerde wesenlike defek in die
kennisgewing
van die vergadering". Die bedoelings van subartikel 7(a) en (c)
is klaarblyklik om die situasie te voorkom dat 'n aandeelhouer
wat op
'n vergadering teenwoordig is, en wat dus aan die vergadering kan
deelneem, hom kan bekla oor die
kennisgewing
van die vergadering
as sodanig.
[19]
In die eerste plek voorveronderstel die
bepaling dat daar inderdaad 'n aandeelhouersvergadering belê
is, en dat die betrokke
aandeelhouer daarvan bewus is. Volgens Cupido
se weergawe in hierdie saak is dit duidelik dat hy nie eers daarvan
bewus was dat
daar 'n aandeelhouersvergadering gehou word op die
tersaaklike stadium nie. Die Hy maak die stelling dat:
"Mnr
Coetzee het nie 'n vergadering gehou nie maar slegs die bewerings
soos vervat in paragrawe 19.1 tot 19.4 vir my meegedeel.
Ek het
geen spreekbeurt gekry nie en was daar [
sic
] geen stemming
nie."
[20]
Daardeur weerlê
Cupido
terselfdertyd ook die vermoede van afstanddoening, derdat hy
getuienis aanbied tot die effek dat hy nie geweet het dat die
betrokke vergadering ‘n formele maatskappyevergadering was nie.
[21]
Bo en behalwe hierdie aspek, bepaal artikel
71 in elk geval dat die direkteure 'n redelike geleentheid gebied
moet word om, persoonlik
of deur 'n verteenwoordiger, 'n aanbieding
aan die vergadering te maak voordat daar oor 'n voorgestelde besluit
gestem word. Hierdie
bepaling is nie 'n bepaling wat te doen het met
die aspek van kennisgewing van die plaasvind van 'n vergadering soos
beoog in artikel
62 nie, maar slaan op die inhoudelike
prosesregtelike billikheid van die vergadering wat deur statuut
vasgelê word. Dit is
dus nie vatbaar vir die werking van
afstandoening soos in Artikel 62 beoog nie.
[22]
In hierdie verband betoog die applikant dat
die respondent 'n redelike geleentheid gegee is om sy saak te stel,
op die volgende
basis:
"Cupido
het wel op die vergadering op 23 Mei 2012 voorstellings gemaak aan
die vergadering, welke voorstellings oorweeg is
en gelei het tot die
aandeelhouersbesluit geneem op 15 Junie 2012, om Cupido te onthef as
direkteur waar Cupido self ook teenwoordig
was, asook die latere
besluit op 3 Augustus 2012 om Cupido se dienste as werknemer te
beëindig."
[23]
Hierop repliseer die respondent soos volg:
“
36.1
Ek het geensins kennisgewing ontvang van hierdie “spesiale
vergadering” (soos dit deur die Applikant genoem word
in
aanhangsel “B”) of van die vergadering van 15 Junie 2012,
soos voorgeskryf deur artikel 71 gelees met artikel 62
van die nuwe
Maatskappywet 71 van 2008 nie:
Daar
was geen vooraf kennisgewing nie;
Daar
was geensins kennis gegee van die tipe besluit wat in oorweging van
die vergadering was nie; en
Daar
is geensins kennis gegee van die redes waarom my ontheffing oorweeg
word nie.
36.2
Ek voer dus aan dat die gebreke in die kennisgewing wesenlik is
.
36.3
Ek is oorhoops en onverwags gevang en was gevolglik op geen stadium
gereed om voorleggings te maak om my ontheffing as direkteur
teen te
staan nie. Ek kon my geensins op die vergadering voorberei nie.
36.4
Indien ek vooraf bewus gemaak was van wat die gevolge van die
vergadering vir my mag ingehou het, sou ek regsadvies ingewin
het om
my saak deeglik te stel en my onskuld te bewys. Nou het ek geen kans
daarvoor gekry tot en met my ontheffing as direkteur
nie. Ek is nie
ingelig nie dat:
die
byeenkoms ‘n formele vergadering kragtens die Maatskappyreg is;
die
vergadering in effek ‘n verhoor is om te bepaal of ek ontslaan
sou word as direkteur ;
ek
die keuse gebied om ‘n verteenwoordiger - hetsy ‘n
regsverteenwoordiger of andersins – aan te stel om
my by die
verhoor te verteenwoordig.
36.5
Ek het die voorstel om die bedrag waarvoor ek bereid was om
verantwoordelikheid te aanvaar, gemaak ter skikking van die geskil
wat tussen die partye ontstaan het, en nie as voorlegging oor my
skuld aan oneerlike gedrag of as redes waarom ek nie as direkteur
onthef behoort te word al dan nie. Die kwalifikasie dat ek as
direkteur aanbly is bloot gemaak as voorsorg dat ek wel ‘n
inkomste sou verdien en in staat sou wees om my voorstel uit te voer
indien dit aanvaar sou word. Dit was glad nie gemaak onder
omstandighede waar ek vooraf bewus gemaak is, of bewus was, dat my
ontheffing as direkteur op die vergadering mag volg nie. Ek
het
verwag dat so ‘n besluit op ‘n formele vergadering wat
regtens korrek ingevolge die Maatskappyreg belê is,
oorweeg sou
word.
36.6
Ek sou, indien geleentheid daartoe gebied, deur bemiddeling van ‘n
regsverteenwoordiger as volg aan die vergadering voorgehou
het, en
met die Applikant se direkteure daaroor in gesprek getree het:
Ek
ontken ten sterkste dat ek van die Applikant gesteel het;
Die
praktyk, wanneer dit besig word in die drankwinkel, wat gereeld die
geval is, is doodgewoon dat een persoon in die geldhok nooit
kan
voorbly om geld te ontvang en kleingeld uit te keer nie, sodat die
onvermydelik is dat verskillende persone uit dieselfde geldlaai
moet
werk om voor te bly om die klante na behore te bedien;
Dit
is gevolglik onmoontlik om, in die geval van tekorte at later geblyk
het, om te bepaal, wie daarvoor verantwoordelik is;
Om
hierdie redes is die tekort ‘n bona fide een, wat geensins deur
oneerlikheid aan my kant veroorsaak is nie.”
[24]
Dit blyk dat die respondent hier aandui dat
hy nie besef het dat die betrokke byeenkoms 'n formele
maatskappyvergadering is nie,
en dat sy voorleggings of mededelings
die finale woord is om die maatskappy te beïnvloed oor die vraag
of hy ontslaan moet
word as direkteur al dan nie.
[25]
Onder hierdie omstandighede blyk dit dat
die defek in die prosedure op die vergadering van 15 Junie 2012
wesenlik is, en dat dit
nie gered kan word deur die bepalings van
artikel 62 nie, aangesien hierdie artikel bloot slaan op die
kennisgewing dat 'n vergadering
met 'n sekere doel gehou sal word en
nie oor die inhoudelike prosesregtelike billikheid van die
vergadering self nie. Die besluit
van 15 Junie 2012 voldoen nie aan
die bepalings van Art 71 nie. Dit is iets waaroor hierdie Hof hom
gewoonlik nie sou uitlaat nie,
synde ‘n geskil tussen
direkteure en aandeelhouers; maar in hierdie saak het die nietigheid
van die besluite op die vergadering
van 15 Junie 2012 ‘n
direkte uitwerking op die besluit van 3 Augustus 2012 om Cupido as
werknemer af te dank – ‘n
geskil waaroor hierdie Hof
kennelik jurisdiksie het.
Word
die respondent se teen-aansoek gekortwiek deur die
hersieningsbevoegdheid onder artikel 71(5) van die Maatskappyewet?
[26]
NIBO betoog onder meer dat Cupido in elk
geval ‘n ander remedie het – hy kan hom tot die
Hooggeregshof wends om die
besluite van die aandeelhouersvergaderings
te hersien.
[27]
Ingevolge artikel 71(5) van die
Maatskappywet mag 'n beswaarde direkteur die Hof nader vir die
hersiening van 'n besluit van ‘n
ledevergadering. Die vraag is
wat die bevoegdheid van die Hof is en die omvang van die beoogde
hersiening soos uiteengesit in daardie
artikel.
[28]
In hierdie verband is dit betenisvol dat
die artikel verder soos volg bepaal in subartikel (6), naamlik dat
waar
die mosie om ontheffing nie slaag
nie
, ‘n beswaarde direkteur die
Hof mag nader, en dat die Hof een van van die volgende besluite mag
neem:
"(i)
die bepaling van die direksie bevestig; of
(ii)
die direkteur uit sy amp verwyder, indien die Hof tevrede is dat die
direkteur nie beskikbaar of gediskwalifiseer, onbekwaam
of nie
woonagtig is, of nalatig of pligversakend was."
[29]
Die doel van die hersieningsaansoek wat in
hierdie sub-artikels beoog word, is klaarblyklik om aan die Hof 'n
toesighoudende rol
te gee oor die vraag of die maatskappy sy
diskresie behoorlik uitgeoefen het om die direkteur te verwyder op
grond van die statutêre
gronde. Dit is dus 'n hersiening
op die meriete van die besluit, en neem nie die gemeenregtelike
bevoegdhede van die Hof
om oor die prosesregtelike geldigheid van die
besluit te beslis, weg nie.
[30]
Selfs
al word daar geargumenteer dat die sub-artikel voorgee om 'n
hersieningsremedie te skep ten opsigte van die statutêre
geldigheid van die besluit om 'n direkteur te ontslaan, is daar niks
wat hierdie Hof verhoed om uitspraak oor die geldigheid al
dan nie
van die optrede te gee nie, mits dit verband hou met die
werkgewer-werknemer verhouding en die dienskontrak.
[8]
[31]
In
Mkhize
v Swemmer
[9]
het die Hooggeregshof beslis dat die hof se jurisdiksie om 'n
interdik toe te staan nie uitgesluit was deur die tersaaklike
wetgewing
wat oorweging van die geldigheid van ‘n tersaaklike
administratiewe handeling verbied, as die aksie waarteen die aansoek
gemik is, onwettig en ‘n nietigheid (
"a
nullity"
)
was nie. En in
Southwest
African Peoples Democratic United Front v Administrateur-Generaal,
Suidwes-Afrika
[10]
het Jansen WnAR beslis dat die Hof nie weerhou word van oorweging van
die geldigheid van ‘n handeling deur 'n uitdruklike
bepaling
wat die Hof verbied om dit in terme van 'n statuut te hersien nie.
In daardie geval het 'n kiesbeampte dit op homself
geneem om
wysigings aan 'n kieslys aan te bring, wat volgens die Hof gewoon 'n
aksie is wat nie ingevolge die tersaaklike statutêre
bepaling
geneem is nie.
[32]
In
Ngqulunga
v Minister of Law and Order
[11]
het die polisieregulasies bepaal dat geen geregshof oor die
geldigheid van enige aksie in terme van die regulasies mag beslis
nie, en die polisie het twee gevangenes toegang tot hulle
regsadviseurs geweier, wat hulle gemeen het hulle geregtig is om te
doen
onder die regulasies. Oor die vraag of die Hof jurisdiksie
het om daaroor te beslis, laat Howard R hom soos volg uit:
"One
only has to state that proposition to dismiss it as being utterly
devoid of substance, because the action in question
cannot have been
'taken in terms of these regulations' unless the regulations
authorised it, either expressly or by necesary implication.
The
reference to regulation 4 [die uitsluitingsklousule] simply begs the
question."
[33]
Dit is betekenisvol dat in die onderhawige
geval artikel 71(5) van die Maatskappywet bepaal dat die betrokke
hersieningsremedie
wat binne 20 dae uitgeoefen moet word, bestaan
"indien die direksie van 'n maatskappy
ingevolge
sub-artikel (3)
bepaal het dat 'n
direkteur nie verkiesbaar, gediskwalifiseer of onbevoeg is ..."
(eie onderstreping) nie. Dit volg dat alvorens
die hersieningsremedie
beoog in sub-artikel (5) enigsins ter sprake kom, daar 'n handeling
moet wees wat gepleeg is in nakoming
van die bepalings van
sub-artikel (3).
[34]
Ter verdere uitbreiding van sub-artikel
(3), bepaal sub-artikel (4) dan spesifiek dat:
"Voordat
die direksie van 'n maatskappy 'n besluit beoog in sub-artikel (3)
kan
oorweeg,
moet
die betrokke direkteur ..."
(eie onderstreping)
[35]
Dit
is duidelik dat die taalgebruik van sub-artikel (3) gebiedend is, en
dat enige nie-nakoming daarvan deur ongeldigheid gevolg
word.
Dit is verder duidelik dat dit gewoon ongemagtig is vir 'n direkteur
om ontslaan te word in terme van hierdie artikel
van die
Maatskappywet sonder dat die prosesregtelike vereistes van
sub-artikel (4) nagekom word. Dit is geykte reg dat enige
nie-nakoming
van 'n wesenlike bepaling van die Maatskappywet wat
voorskrifte bevat vir die geldige uitvoering van
maatskappyehandelings, by
nie-nakoming
ipso
facto
tot ongeldigheid lei.
[12]
[36]
Bo en behalwe die oorwegings hierbo
uiteengesit, gee Cupido in ieder geval nie voor om 'n
hersieningsaansoek in hierdie aangeleentheid
te bring nie, maar vra
hy slegs vir 'n verklarende bevel ingevolge die Hof se jurisdiksie
onder artikel 158(1)(a)(iv) van die WAV.
[37]
In ieder geval moet Cupido die reg hê
om 'n verweer te opper dat die betrokke regshandeling van die
maatskappy ongeldig is
(en nie noodwendig onbilllik nie).
Nie-nakoming van statutêre prosesregtelike vereistes wat
gebiedend is, lei tot ongeldigheid
van die daaropvolgende
regshandeling. Onder daardie omstandighede kan die Hof nie die
ongeldigheid van die regshandeling
bloot ignoreer waar dit wesenlik
en tersaaklik is tot die verweer wat Cupido opper nie. Onder al
hierdie omstandighede is ek genoop
om te bevind dat die Respondent se
verwydering as direkteur ongeldig is en van geen regskrag is nie.
Gevolge
van die ongeldigheid van Cupido se verwydering as direkteur
[38]
Dit volg as 'n kwessie van onoorkombare
logika dat waar Cupido se verwydering as direkteur ongeldig was, hy
nog steeds 'n direkteur
was ten tye van die voorgegewe ontslag as
werknemer op 3 Augustus 2012.
[39]
Artikel 73(4) van die nuwe Maatskappywet
bepaal soos volg:
"(4)
Die direksie van 'n maatskappy kan die formaat van en tyd bepaal om
kennis van sy vergaderings te gee, maar –
sodanige
bepaling moet voldoen aan enige vereistes wat in die akte van
oprigting of reëls van die maatskappy uiteengesit word;
en
geen
vergadering van 'n direksie kan belê word sonder kennisgewing
aan al die direkteure nie, behoudens sub-artikel (5).
(5)
Buiten in die mate wat die maatskappy se akte van oprigting anders
bepaal –
(a)
as al die direkteure van die maatskappy –
(i)
werklike ontvangs van die kennisgewing erken;
(ii)
teenwoordig is op 'n vergadering; of
(iii)
afsien van kennisgewing van die vergadering,
kan
die vergadering voortgaan, al het die maatskappy versuim om die
verlangde kennisgewing van daardie vergadering te gee, of al
was daar
'n defek in die gee van die kennisgewing ..." (eie
onderstreping).
[40]
Sub-artikel (5) het geen toepassing onder
die omstandighede van hierdie saak nie omdat daar geen bewering is
dat Cupido kennisgewing
van die vergadering ontvang het, teenwoordig
was op die vergadering of afgesien het van kennisgewing nie.
[41]
Die bepalings van artikel 73(4) is
gebiedend ("
geen vergadering
van 'n direksie kan belê word sonder kennisgewing ...")
(eie onderstreping). Dit volg dat enige besluit geneem op 'n
vergadering wat nie voldoen aan hierdie kennisgewingsbepaling nie,
nietig is ingevolge die beginsels hierbo aangehaal.
[42]
Die onvermydelike gevolgtrekking is dat ook
die ontslag van Cupido as werknemer nietig is aangesien hy aan die
direksie gerapporteer
het en die direksie dus verantwoordelik was
daarvoor om hom te ontslaan as werknemer. Aangesien die
direksie in effek geen
besluit as werkgewersorgaan uitgevoer het nie,
is sy ontslag regtens van nul en gener waarde. Die vraag of dit
onbillik was, ontstaan
dus nog nie. Dit volg dat die Hof eweneens 'n
verklarende bevel moet maak dat die Respondent se ontslag as
werknemer ongeldig is.
Gevolgtrekking
[43]
Cupido se ontslag as werknemer was regtens
ongeldig en dus nietig. Dit is ‘n kwessie waaroor hierdie Hof
jurisdiksie het en
‘n verklarende bevel moet maak. Die vraag of
sy ontslag pnbillik was, ontstaan dus nog nie.
Koste
[44]
Die gevolg hiervan is dat Cupido moet
teruggeplaas word in diens. Of die diensverhouding soos Lasarus sal
kan opstaan uit die dode,
weet ek nie. Ek is wel van mening dat ‘n
kostebevel op hierdie stadium net die verhouding verder kan
vertroebel. Ek maak
dus geen kostebevel nie.
Bevel
[45]
Ek maak dus die volgende bevel:
45.1
Die bevel
nisi
van 4 Desember 2012 word tersyde
gestel.
45.2
Daar word verklaar dat Cupido se ontslag
deur NIBO op 3 Augustus 2012 geen regskrag het nie en nietig
is.
45.3
Cupido word met terugwerkende effek vanaf 3
Augustus 2012 in sy pos as werknemer van NIBO herstel.
_______________________
Anton Steenkamp
Regter
van die Arbeidshof van Suid-Afrika
VERSKYNINGS
APPLIKANT:
Piet
van Staden
In
opdrag van Teresa Erasmus, Stellenbosch.
RESPONDENT:
Frans
Rautenbach
In
opdrag van GB Kempen De Wet & Nel, Carnarvon; Murray Fourie &
Le Roux, Worcester.
[1]
NIBO
v Cupido (1).
[2]
Plascon-Evans
Paints (Pty) Ltd v Van Riebeeck Paints Ltd
1984
(3) SA 623 (A).
[3]
[1999]
3 BLLR 244
(LC) para [5] – [6].
[4]
Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995.
[5]
[2012]
33 ILJ 1846 (LAC).
[6]
[2011]
32 ILJ 1293 (LAC) para [7].
[7]
Wet 71 van 2008.
[8]
Wet op Basiese Diensvoorwaardes (Wet 75van 1997) artikel 77 (3).
[9]
1967
(1) SA 186
(D) 191H – 192B.
[10]
1983
(1) SA 411
(A) 433B.
[11]
1983
(2) SA 696 (N) 698.
[12]
Jooste,
Blackman, Everingham
Company
Law
te p.7-70 en die gesag daar aangehaal.