About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1990
>>
[1990] ZASCA 6
|
|
Staatspresident van die Republiek van Suid Afrika en 'n Ander v Lefuo (428/88) [1990] ZASCA 6; 1990 (2) SA 679 (AD); (2 March 1990)
Saak nr 428/88 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
Tussen
DIE STAATSPRESIDENT VAN DIE
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Eerste
Appellant
DIE REGERING VAN QWAQWA
Tweede Appellant
- en -
GAUTA LAWRENCE LEFUO
Respondent
CORAM
: HOEXTER, SMALBERGER, VIVIER,
KUMLEBEN ARR et NICHOLAS Wn AR.
VERHOOR:
15 Februarie 1990.
GELEWER:
2 Maart 1990.
U I T S P R A A K
2/...
2.
VIVIER AR:
Die gebied Qwaqwa, gelee in die omgewing van Witzieshoek in die
noord-oostelike Oranje-Vrystaat, is kragtens Prok R203 van 25 Oktober
1974
uitgevaardig ingevolge art 26(1) van die Grondwet van die Bantoetuislande (tans
die Grondwet van die Nasionale State) 21 van
1971, as 'n selfregerende gebied
verklaar. Ingevolge Prok R169 van 2 Desember 1987 (waarna ek bloot as Prok R169
sal verwys) uitgevaardig
kragtens die bevoegdheid aan hom verleen in art 1(2)
van laasgenoemde Wet, het die eerste appellant voorgegee om die gebied van
Qwaqwa
te wysig deur die inlywing daarby van 'n Swart dorp naby Thaba 'Nchu,
bekend as Botshabelo. Botshabelo is ongeveer 270 km vanaf Qwaqwa
en sowat 64 km
vanaf Bloemfontein geleë. Die respondent, 'n inwoner van
3/...
3.
Botshabelo, het hierna in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling aansoek
gedoen om 'n bevel wat verklaar dat Prok R169 ongeldig
is. 'n Volle regbank van
daardie Afdeling (MALHERBE, HATTINGH RR en FINDLAY Wnd R) het die aansoek met
koste toegestaan. Die uitsprake
van die Hof a
quo
is gerapporteer in
1989(3) SA 924. Met verlof van die Hof a
quo
appelleer die appellant nou
na hierdie Hof.
Die feite waarop die respondent se aansoek in die Hof a
quo
berus het,
is vervat in twee beëdigde verklarings, een deur homself en een deur Dr
Erasmus, 'n senior lektor in Volkekunde aan
die Universiteit van die
Oranje-Vrystaat. Die eerste en tweede appellante het volstaan met antwoordende
beëdigde verklarings
deur mnr J C Heunis, die destydse Minister van
Staatkundige Ontwikkeling en Beplanning (namens die eerste appellant) en Dr T K
Mopeli,
die Hoofminister in die kabinet van die regering
4/...
4. van Qwaqwa (namens die tweede appellant), waarin nie 'n
enkele feitebewering wat ter ondersteuning van die aansoek gemaak is, betwis
of
ontken is nie. By die verhoor van die appèl het die twee appellante by
wyse van Kennisgewing van Mosie aansoek gedoen dat
hierdie Hof ingevolge art 22
van die Wet op die Hooggeregshof 59 van 1959, sekere verdere getuienis toelaat,
alternatiewelik dat
die saak na die Hof a
quo
terugverwys word vir die
aanhoor van verdere getuienis. Vir redes wat later sal volg, is die aansoek met
koste, insluitend die koste
van twee advokate, afgewys.
Die bergagtige en betreklik geisoleerde gebied bekend as Qwaqwa, wat ongeveer
1300 km of 48000 ha groot is, word reeds sedert die
sestigerjare van die vorige
eeu deur die Suid-Sotho bevolkingsgroep bewoon en beheer. Die historiese feite
betrëffende die teenwoordigheid
van hierdie bevolkingsgroep in die gebied,
soos dit blyk uit Erasmus se beëdigde verklaring, relevante wetsbepalings
van die
destydse Vrystaatse Republiek asook geskiedenisboeke
5/...
5. soos Theal,
History of South Africa
1854-1872 op
246-256 en Eloff,
Oos-Vrystaatse Grensgordel
is kortliks die volgende
(omtrent die gebruik van geskiedenisboeke sien in die algemeen Hoffmann and
Zeffertt,
Law of Evidence
, 4de uitgawe op 424-425 en Schmidt,
Bewysreq,
2de uitgawe op 199). Na die oorlog van 1865-1866 tussen die
Vrystaatse Republiek en die Basoetoes het verskeie Basoetoekapteins gevra
om
onderdane van die Vrystaatse Republiek te word. Een van hulle, Paulus Mopeli, 'n
broer van die Opperhoof van die Basoetoes, Moshesh,
is gevolglik gedurende
Augustus 1867 met sy volgelinge, wat lede van die Kwenastam was, op
afgeleë, onbesette staatsgrond in
Witzieshoek gevestig. Diê stam het
daar gebly en nie deelgeneem aan die verdere botsings tussen die Vrystaatse
Republiek en
die Basoetoes nie. Art 3 van Ord 34 van 1877 van die destydse
Vrystaatse Republiek, verwys na die vestiging in die volgende woorde:
"het
grondgebied van Witzieshoek, als afgegeven aan Paulus Mopelie ter bewoning door
hem en zijn volk". (Vgl ook Ord 3 van 1866.)
Gedurende
6/...
6.
1875 is 'n ander Suid-Sothostam, die Tlokwa, ook toegelaat om hulle in
Witzieshoek te vestig. Die Kwena- en Tlokwastamme het hul eie
stamowerhede
gehad. Ingevolge art 1 van Wet 9 van 1898 is "het volk te Witzieshoek",
onderdane van die Vrystaatse Republiek gemaak,
Die twee gemelde Suid-Sotho
stamme heers sedertdien in die gebied.
Vir huidige doeleindes is slegs die verdere geskiedenis van die gebied sedert
1951 van belang, en dit is ten nouste verbonde aan Qwaqwa
se staatkundige
ontwikkeling sedert daardie datum. Soos Verloren van Themaat,
Staatsreg
,
3 de uitgawe op bl 435-436 daarop wys, was dit voor 1951 nie staatsbeleid om
afsonderlike state of selfs selfregerende gebiede vir
die landelike Swart
bevolking te skep nie. Alhoewel daar reeds voor Uniewording sekere gebiede vir
die bewoning van Swartes afgesonder
is en dié proses daarna by wetgewing
voortgesit
7/...
7.
is in die Naturellen Grond Wet (later bekend as die Swart Grondwet) 27 van
1913 en die Naturelletrust en -grond Wet (later bekend
as die Ontwikkelingstrust
en Grond Wet) 18 van 1936, was dit gedoen ten einde beter bestuur en ekonomiese
vooruitgang van landelike
Swartes te ver-seker. Die
Naturelle-Verteenwoordigings-Wet 12 van 1936 het voorsiening gemaak vir die
instelling van 'n Naturelle
Verteenwoordigende Raad met adviserende funksies
sowel as vir die verteenwoordiging van Swartes in al vier die provinsies in die
Senaat en die verteenwoordiging van Swartes in die Kaapprovinsie in die
Volksraad en Kaapse Provinsiale Raad.
In 1951 is die Wet op Bantoe-owerhede (tans die Wet op Swart Owerhede) 68 van
1951 gepromulgeer. Art 18 van hierdie Wet het die Naturelle
Verteenwoordigende
Raad afgeskaf en die grondslag gelê vir 'n nuwe staatsbeleid van die
ontwikkeling van tradisionele Swart
owerheidstelsels
8/...
8.
vir die landelike Swart bevolking. Dit is in 1959 gevolg deur die Wet op die
Bevordering van Bantoe-selfbestuur (later die Wet op
die Bevordering van Swart
Selfbestuur) 46 van 1959. Tans is die Wet, na sy wysiging deur Wet 32 van 1987,
bekend as die Wet op die
Verteenwoordiging tussen die Republiek van Suid-Afrika
en die Selfregerende Gebiede. Hierdie Wet het die
Naturelle-Verteenwoordigings-Wet
van 1936 herroep, met behoud van sekere
bestaande regte van individue. Die verteenwoordiging van Swartes in die
Parlement en in die
Kaapse Provinsiale Raad het dus in beginsel tot 'n einde
gekom. Die Wet op Burgerskap van die Nasionále State 26 van 1970
en die
Grondwet van die Nasionale State 21 van 1971 (waarna ek reeds by die aanvang van
die uitspraak verwys het), het daarna gevolg.
Die bogemelde Wette wat sedert
1951 gepasseer is, is onlangs deur hierdie Hof oorweeg in
Mathebe v
9/...
9.
Regering van die Republiek van Suid-Afrika en Andere
1988(3) SA 667(A)
en daar is gesê (op bl 691 B-C) dat die Wette 'n samehangende sisteem vorm
waarkragtens 'n hiërargie
owerheidstelsels daargestel is. So het die Wet op
Swart Owerhede voorsiening gemaak vir die instelling van drie vlakke van
regering
vir Swartes in hul gebiede, nl stam-, streeks- en gebiedsowerhede en
het art 1 van die Grondwet van die Nasionale State voorsiening
gemaak vir die
instelling van 'n wetgewende vergadering vir 'n Swart gebied wat deur 'n
gebiedsowerheid bestuur word, of vir sodanige
gebied soos aangepas. Artikels 26
tot 36A van laasgenoemde Wet het voorsiening gemaak vir die verklaring van 'n
gebied wat bestuur
word deur 'n wetgewende vergadering tot 'n selfregerende
gebied met groter uitvoerende en ander regeringsmagte.
Die konstitusionelé ontwikkeling van Qwaqwa
10/...
10.
sedert 1951 het streng ooreenkomstig bogemelde wette geskied. Op 19 Junie
1953 is daar kragtens Goewerments-kennisgewings 1273 en
1274 stamowerhede vir
onderskeidelik die Tlokwastam en die Kwenastam kragtens die Wet op Swart
Owerhede ingestel. Op 10 Augustus
1962 is hierdie twee stamowerhede tot
streeksowerhede verhoog kragtens Prok R182 van 1962. 'n Gebiedsowerheid ten
opsigte van die
twee gebiede van die twee stamme is op 24 April 1969 ingevolge
Prok R58 ingestel en het bekend gestaan as die Basotho ba Borwa-gebiedsowerheid.
Hierdie gebieds-owerheid is deur Prok R225 van 1 Oktober 1971, uitgevaardig
kragtens art 1 van die Grondwet van die Nasionale State,
deur 'n wetgewende
vergadering wat bekend sou staan as die Wetgewende Vergadering van die
Basotho-Qwaqwa, vervang. Uiteindelik is
die gebied kragtens Prok R203 van 25
Oktober 1974 tot 'n selfregerende gebied onder die naam Qwaqwa,
11/...
11 .
met ingang vanaf 1 November 1974, verklaar. Intussen het die Wet op die
Bevordering van Swart Selfbestuur, voor sy wysiging deur Wet
32 van 1987, die
Suid-Sotho as 'n aparte volkseenheid erken.
Wat die bevolkingsgetalle en
-samestelling van Qwaqwa betref, verwys Erasmus na die 1980 sensus waarvolgens
die totale bevolking van
Qwaqwa toe 157620 was. Hiervan was 80 persent lede van
die Suid-Sotho bevolkingsgroep. Geen inligting is in hierdie verband deur
die
twee appellante voor die Hof a
quo
geplaas nie. Erasmus se gevolgtrekking
dat die Suid-Sotho van Qwaqwa 'n hoë mate van etniese en kulturele
homogeniteit behou
het, waartoe die betreklik geisoleerde landstreek waarin
hulle reeds vir meer as 'n eeu woon, die oorheersing deur die twee gemelde
stamme en die erkenning van hulle tradisionele stamgesag en- strukture bygedra
het, is,
12/...
12.
soos ek reeds gesê het, nie deur die appellante in die Hof a
quo
betwis nie.
By die verhoor van die appel het mnr de Villiers, namens die twee
appellante, egter betoog dat bogemelde gevolgtrekking, sowel as
ander gedeeltes
van Erasmus se getuienis waarna ek later sal.verwys, ontoelaatbaar is. Die
eerste grond waarop mnr de Villiers gesteun
het vir hierdie betoog, is dat
Erasmus nie ondersoek ingestel het na die kernvraag wat in hierdie saak ter
sprake is nie, naamlik
die volksverband van die inwoners van Owaqwa en
Botshabelo onderskeidelik. Gevolglik is hy, aldus die betoog, nie bevoeg om hom
daaroor
uit te laat nie en is sy gevolgtrekkings nie ter sake nie. Na my mening
is hierdie betoog ongegrond. Die opdrag aan Erasmus, waarop
mnr de Villiers vir
sy betoog gesteun het, was om sy mening
13/,..
13. te verskaf oor "die uitwerking van die vermeende wysiging van
Qwaqwa se grondgebied deur die toevoeging daartoe van Botshabelo
deur Prok
R169". Hierdie opdrag het klaarblyklik 'n ondersoek na die volksverband van die
onderskeie gebiede se inwoners behels en
dit is ook uit Erasmus se getuienis
duidelik, meen ek, dat hy sy opdrag so vertolk het. Dit is daarom dat hy in sy
bogemelde gevolgtrekking
verwys het na die hoê mate van etniese en
kulturele homogeniteit van die inwoners van Qwaqwa, wat 'n belangrike faktor by
volksverband
is. (Vgl Odendaal & Andere,
Verklarende Handwoordeboek van
die Afrikaanse
Taal,
se definisie van die begrip "volk", as "h
groep
mense wat deur eenheid van taal en historiese ontwikkeling
h duidelike besef van saamhorigheid besit".)
Mnr de Villiers het verder betoog dat Erasmus
nie
self navorsing gedoen en self die feite vasgestel
het nie, maar hom bloot op die menings van ander deskundiges
14/...
14. verlaat het en dat sy bogemelde gevolgtrekking dus
op
hoorsê berus en ontoelaatbaar is. Die antwoord op hierdie
betoog
word deur Erasmus self verskaf. Hy sê oa dat
sy doktorale proefskrif,
wat in 1983 voltooi is, handel
oor "Die invloed van die mate van etniese
bewustheid
op die volksontwikkeling van die stedelike Suid-Sotho".
Dit kan met veiligheid aanvaar word dat die meeste stedelike
Suid-Sothos hul in Botshabelo bevind en dat die proefskrif
dus navorsing in Botshabelo ingesluit het. Erasmus sê
ook dat hy betrokke is by navorsing in beide Qwaqwa en
Botshabelo. Daarby het hy 'n groot aantal artikels oor
verwante onderwerpe, insluitende etniese bewustheid van
die indiwidu, gepubliseer wat klaarblyklik navorsing
geverg het. Hy maak die stelling dat die feite waaroor
hy getuig, sowel as sy gevolgtrekkings, op sy studie-,
werks-, doseer- en navorsingservaring oor die afgelope
17 jaar berus, dat hy verder in staat is om die data
en bronne waarna hy verwys, te evalueer en dat hy bevoeg
is om 'n selfstandige mening daaroor uit te spreek.
15/...
15. Hierdie stelling is nie in die Hof a
quo
aangeveg nie. Na my mening is mnr de Villiers se betoog ongegrond. Erasmus is
nie alleen bevoeg om as deskundige die betrokke afleiding
te maak nie, maar daar
bestaan behoorlike gronde vir sy opinie en dit het nie die reël teen
hoorsê oortree nie. Vgl
Wiqmore on Evidence
, 3de uitgawe, Vol 2,
para 665b en
R v Abadom
(1983) 1 All ER 364(CA).
Dit is gevolglik nie
nodig om te handel met die betoog van mnr Dugard, namens die respondent, dat mnr
de Villiers nie toegelaat word
om die beswaar teen die toelaatbaarheid van
Erasmus se getuienis op appèl te opper nie omdat dit 'n nuwe geskilspunt
is en
ook omdat die appellante die reg om die punt te opper, verbeur het.
Dit bring my by Botshabelo, wat ongeveer 10000 ha beslaan, terwyl 'n verdere
12000 ha aangewys is vir uitbreiding. Uit Erasmus en
Mopeli se beëdigde
verklarings blyk dit dat Botshabelo se ontstaan gespruit het uit die
onderhandelings wat die onafhanklikheidswording
van Bophuthatswana voorafgegaan
het. Die Regering van
16 /...
16. Bophuthatswana het blykbaar daarop aangedring, as 'n
voorwaarde vir die aanvaarding van onafhanklikheid, dat Suid-Sothos vanuit
Bophuthatswana se grondgebied verwyder en elders gevestig word. 'n Stuk grond is
deur die Suid- Afrikaanse Regering vir dié
doel bekom en die eerste
inwoners is gedurende April 1979 in Botshabelo gevestig. Die regering van
Suid-Afrika het onderneem om Botshabelo
mettertyd by Qwagwa in te lyf. Drie jaar
later is Botshabelo as 'n dorp vir die "okkupasie, bewoning en ander
redèlike behoeftes
van Swartes" verklaar ingevolge
Goewermentskennisgewing 2468 gepubliseer in die Staatskoerant van 19 November
1982. Volgens Erasmus
is 'n Dorpsraad vir Botshabelo kragtens die bepalings van
Prok R293 van 16 November 1962 ingestel nadat 'n verkiesing vir daardie
doel
gedurende November 1983 gehou is. Ses raadslede is toe verkies waarvan drie
sedertdien bedank het. Die vakatures is nie gevul
nie, nog is bykomende
raadslede gekies vir daardie wyke wat sedert die eerste verkiesing ontstaan het.
Erasmus vermeld
17/...
17.
voorts dat Botshabelo deur 11 lede (uit 80 lede)
verteenwoordig word in die Wetgewende Vergadering van Qwaqwa. Ses van die elf
lede
word verkies in drie kiesafdelings in Botshabelo en daar is ook 5 benoemde
lede. In die verkiesing van 1985 het die regerende Dikwankwetla-party
al drie
die setels verower.
Wat die bevolkingsyfers van Botshabelo betref, sê Erasmus dat presiese
syfers níe beskikbaar is nie.
Hy verwys na 'n ongepubliseerde verslag van D S Krige,
getitel Black Local Government Developments in the
Bloemfontein-Botshabelo Region, waarvolgens die inwonertal
in 1986 op 400,000 beraam word. In sy beëdigde verklaring
sê die respondent dat daar volgens beraming reeds meer
as 500,000 mense in Botshabelo woon. Ek vind dit nie
nodig om 'n bevinding hieroor te maak nie. Dit is egter
'n bekende feit
dat Botshabelo 'n snelgroeiende Swart stad
is, en dat dit tans die tweede grootste stad van die
aard in die land is. Wat verder van belang is, is Erasmus
se stelling, wat nie deur mnr de Villiers aangeveg is
18/...
18.
nie, dat ongeveer 70 persent van die inwoners van Botshabelo lede van die
Suid-Sotho.volk is.
Erasmus. het beklemtoon dat Botshabelo gestig is om
voorsiening te maak vir die vestiging van Swartes uit Bophuthatswana en dat dit
sedertdien 'n vestigingsgebied geword het vir alle Swartes van Bloemfontein en
die res van die Oranje-Vrystaat wat nie elders huisvesting
kan kry nie. Volgens
hom het Botshabelo deel geword van die groter S'uid-Vrystaatse ekonomie en
arbeidsmark en is daar, vanweë
die herkoms en samestelling van die
bevolkihg, nie sprake van sterk Suid-Sothoskap of sterk
etniese bewustheid
onder die inwoners van Botshabelo
nie. Mnr de Villiers het dieselfde beswaar as voorheen teen hierdie getuienis
geopper, en vir die genoemde redes kan die beswaar nie
gehandhaaf word nie.
In die lig van die feite en omstandighede betreffende Qwaqwa en Botshabelo
soos hierbo
19/...
19.
uiteengesit,moet nou bepaal word of die eerste appellant
binne sy bevoegdheid ingevolge art 1 van die Grondwet van die Nasionale State
gehandel het by die uitreiking van Prok R169. Die artikel lui soos volg :
"1.(1) Die Staatspresident kan, na raadpleging
deur die Minister van 'n gebiedsowerheid, 'n wetgewende, vergadering by
proklamasie in die
Staatskoerant
instel vir die i Swart gebied waarvoor
daardie
gebiedsowerheid ingestel is of vir daardie gebied soos aangepas deur die
Staatspresident by gemelde
proklamasie.
(2) Die Swart gebied waarvoor 'n wetgewende vergadering ingestel word, kan
uit verskillende Swart gebiede bestaan, word in die proklamasie
bedoel in
subartikel (1) omskryf en kan, na raadpleging deur die Minister van die
uitvoerende raad van die betrokke
20/...
20.
gebied, van tyd tot tyd deur die Staatspresident by
proklamasie in die
Staatskoerant
gewysig word."
Dit is gemene saak dat die vereiste raadpleging wel geskied het.
In die
Mathebe
-saak was 'n soortgelyke vraag as dié in die
huidige saak ter sprake, nl of die
Staatspresident binne sy magte ingevolge art 1 van die Grondwet van die
Nasionale State gehandel het toe hy
die gebied Moutse ingelyf het by die selfregerende gebied
van KwaNdebele. GROSSKOPF AR, wat die eenparige uitspraak van hierdie Hof
gelewer het, wys ter aanvang van sy bespreking van die juiste
uitleg van hierdie
artikel daarop (op 694 D-E), dat art 1 geen uitdruklike aanduiding bevat dat die
Staatspresident by die skepping
of wysiging
21/...
21 .
van 'n wetgewende vergadering se gebied hoegenaamd
ag
hoef te slaan op die bevolkingsamestelling van 'n gebied
se inwoners nie. Hy gaan dan as volg voort (op 694I-
695B) -
"Die voorrede dui egter die doel van die Wet aan, naamlik die ontwikkeling van
Swart volke tot selfbestuur en onafhanklikheid. Hierdie
voorrede vorm 'n deel
van 'n patroon wat ook sigbaar is in ander relevante wetgewing, soos byvoorbeeld
die voorrede tot die Wet op
die Bevordering van Swart Selfbestuur, die bogemelde
bepalings van die Wet op Burgerskap van Nasionale. State, die aanstelling van
kommiesarisse-generaal vir die bepaalde volksgroepe, die funksies van die
kommissarisse-generaal in die
administrasie van
gebiedsowerhede, en dies meer. Dit kan skaars betwyfel word dat die beleid wat
in hierdie Wette beliggaam word,
gerig was op die skepping van volkstate wat
ontwikkel sou word tot selfregering en selfs moontlik uiteindelike
onafhanklikheid, soos
gebeur het in die gevalle van Transkei, Ciskei,
22/...
22.
Bophuthatswana en Venda",
en op 695 C-E -
"Die wye bevoegdhede wat aan die Staatspresident verleen word deur art 1 moet
deur hom uitgeoefen word ter uitvoering van die doel
waarvoor die Wet
uitgevaardig is, naamlik die ontwikkeling tot selfbestur en onafhanklikheid van
Swart
volke, of, soos die kort titel van die Wet aandui, die skepping van 'nasionale
state'. Die woord 'nasionale' in hierdie titel is
klaarblyklik gebruik om te
verwys na 'mense van dieselfde stam wat in die reël dieselfde taal praat,
'n politieke eenheid vorm
en dieselfde sedes het' (Van Schaik se
Verklarende
Afrikaanse Woordeboek
7de uitg
sub voce
'nasie'. Sien ook die feitlik
identiese omskrywing in 'n
J
Terblanche en J J Odendaal
Afrikaanse Woordeboek
)"
Nadat hy die redes van die Staatspresident vir die inlywing van Moutse
ontleed het, beslis GROSSKOPF, AR as volg (op 700 D-E) -
23/...
23.
"Na my mening het die Staatspresident dus sy bevoegdhede ingevolge art 1(2) van
die Grondwet van die Nasionale State gebruik vir
'n doel waarvoor dit nie
verleen was nie, tw om, in weerwil van die volksverband van die meeste inwoners
van Moutse, die distrik
vir administratiewe gerief toe te voeg tot
KwaNdebele.
Dit volg dus dat die gepoogde optrede van die Staatspresident na my mening nie
regsgeldig was nie, en dat Prok R227 van 31 Desember
1985
nietig is."
Die Wet op die Bevordering van Swart
Selfbestuur sowel as die Grondwet van die Nasionale State is gewysig deur die
Wysigingswet op
Staatkundige Wetgewing 32 van 1987, die ter saaklike artikels
waarvan in werking getree het op 8 Julie 1987, dws voor die afkondiging
van Prok
R169 maar na die afkondiging van die Proklamasie wat in die
Mathebe
-saak
ter sprake was. Die Hof a
quo
het
24/...
24.
die uitwerking van Wet 32 van 1987, op die uitleg wat in die
Mathebe
-saak aan die Grondwet van die Nasionale State en die ander
verwante Wette gegee is, ontleed en tot die gevolgtrekking gekom (op 940C)
dat
Wet 32 van 1987 nie wesenlik verander het aan die bedoeling van die Wetgewer
soos in die
Mathebe
-saak uiteengesit nie, en gevolglik nie die
ratio
decidendi
van die uitspraak in daardie saak geraak het nie.
Mnr de
Villiers het nie hierdie bevinding van die Hof a,
quo
betwis nie.
Inderdaad was die kern van
sy betoog juis dat die volksverband van die Suid-Sothos
van Botshabelo in werklikheid die oorheersende faktor
was by die inlywing van daardie gebied by Qwaqwa.
Die eerste appellant het dit nie goed geag
om in hierdie saak, soos in die
Mathebe
-saak, redes te
verskaf vir die uitreiking van Prok R169 nie. Gevolglik
25/...
25.
moes die Hof a
quo
op afleidings staatmaak om sy
beweegredes vir hierdie stap te bepaal. Die Hof a
quo
het tot die
gevolgtrekking geraak (op 941J-942B) dat die gepoogde inlywing nie gedoen kon
gewees het om die inwoners van Botshabelo
se politieke ontwikkeling binne
volksverband te bevorder nie, en dat dit derhalwe nie strook met die bedoeling
van die Wetgewer soos
uitgedruk in die magtigende bepaling nie.
Art 1 van die
Grondwet van die Nasionale State maak voorsiening vir die instelling van 'n
wetgewende vergadering vir sekere Swart
gebiede. Subart 1(2) maak voorsiening
vir die wysiging van daardie Swart gebiede. Ten einde uitvoering te gee aan die
bedoeling van
die Wetgewer moet die wysiging geskied ter bevordering van die
ontwikkeling tot selfbestuur en onafhanklikheid van die Swart gebied
wie se
gebied gewysig word, in hierdie geval Qwaqwa, en daarby moet die volksverband
van die
26/...
26.
inwoners van Qwaqwa die oorheersende faktor wees (soos dit in
die
Mathebe
-saak op 691F gestel is). Dit spreek vanself dat by die
gepoogde aanpassing van die gebied van Qwaqwa die volksverband van die inwoners
van Botshabelo ook van wesenlike belang is. Die inlywing van volksvreemde
persone by Qwaqwa kan sekerlik nie ter bevordering van
die bedoeling van die
Wetgewer wees nie. Die essensiële vraag bly egter of die respondent
aangetoon het dat die gepoogde inlywing
van Botshabelo by Qwaqwa nie
die
ontwikkeling tot selfbestuur en onafhanklikheid binne
volksverband van die inwoners van Qwaqwa ten doel kon
gehad het nie.
Die Hof a
quo
het bevind dat alhoewel ongeveer
70 persent van Botshabelo se inwoners Suid-Sothos van
afkoms is, daar in die volgende opsigte 'n wesenlike verskil
is tussen die gebied se inwoners en die van Qwagwa:
hul politieke ontwikkeling, leefwyse, kultuur en die
27/...
27.
afwesigheid van enige historiese aanspraak deur Qwaqwa op
Botshabelo.
Wat politieke ontwikkeling betref, sê die Hof a
quo
dat Qwaqwa deur al die stadiums van politieke ontwikkeling gevorder het terwyl
Botshabelo 'n kunsmatige dorp is wat minder as 'n
dekade gelede tot stand gekom
het as opvanggebied vir, veral verstedelikte, Swartes wat nie elders heenkome
kan vind nie. Mnr de
Villiers het betoog dat die feit dat die inwoners van
Botshabelo
nie deur dieselfde stadiums van politieke ontwikkeling
as dié van Qwaqwa gegaan het nie, irrelevant is omdat
eersgenoemdes almal reeds polities ontwikkel is tot burgers
van 'n selfregerende gebied, in dié geval Qwaqwa, en geregtig
is om verteenwoordig te word in die Wetgewende Vergadering
van Qwaqwa. Mnr de Villiers het verwys na die bepalings
van art 2(2) van die Wet op Burgerskap van Nasionale
28/...
28.
State 26 van 1970 waarvolgens elke Swart persoon in die
Republiek van Suid-Afrika wat nie 'n burger is van enige van die sogenaamde
TBVC-lande nie, ooreenkomstig die bepalings van art 3 van daardie Wet 'n burger
van een of ander gebiedsowerheid, en dus per definisie
'n burger van 'n
selfregerende gebied, is. Die Suid-Sothos van Botshabelo is gevolglik reeds
burgers van Qwaqwa. Wat die res van
die bevolking van Botshabelo betref,
het.
mnr de Villiers gesteun op Erasmus se getuienis dat Swartes van alle
volkseenhede toegelaat word om in Botshabelo
te woonymits hulle bereid is om hul as Suid-Sothos te laat registreer. Mnr de
Villiers het betoog dat sodanige registrasie 'n daad
van vereenselwiging is
ingevolge art 3(1)(d) van laasgemelde Wet sodat die res van die bevolking van
Botshabelo by registrasie burgers
van Qwaqwa geword het.
29/...
29.
Die burgerskap van Qwaqwa waarop mnr de Villiers staatmaak,
is na my mening vir huidige doeleindes niks meer as 'n kwessie van
statutêre
definisie, van vorm en nie van substansie nie, en is van weinig
of geen hulp by die bepaling van die volksverband van die inwoners
van
Botshabelo. Volksvreemde, ontwortelde en verstedelikte Suid-Sothos van
Botshabelo kan nouliks die ontwikkeling tot selfbestuur
en onafhanklikheid van
Qwaqwa binne
volksverband bevorder, al kwalifiseer hulle tegnies as
burgers van daardie gebied. Wat betref die 30 persent van die inwoners van
Botshabelo wat nie lede van die
Suid-Sotho volkseenheid is nie, kan ek in elk geval nie
met mnr de Villiers saamstem dat die registrasie deur
Erasmus gemeld, noodwendig as 'n daad van vereenselwiging
vir doeleindes an art 3(1)(d) van die Wet op Burgerskap
van Nasionale State beskou moet word nie. Dit is 'n
30/...
30.
verpligte formaliteit ten einde in Botshabelo te kan
woon
en kan nie as 'n noodwendige aanduiding van gesindheid
beskou word
nie.
Dit is duidelik, meen ek, dat in die politieke ontwikkeling van Qwaqwa
die volksverband van sy inwoners inderdaad 'n oorheersende
rol gespeel het. Dit
is die twee Suid-Sotho stamme, die Kwena en die Tlokwa, wat, nadat stamowerhede
vir hulle ingestel is, later
onder
een gebiedsowerheid saamgevoeg en so tot selfbestuur
gelei is. Dit kan dus gesê word dat die politieke
ontwikkeling tot versterking van die volksverband van
die inwoners van Qwaqwa gelei het. Ander faktore wat
hiertoe bygedra het, is die hoë mate van etniese en
kulturele homogeniteit wat deur die inwoners van Qwaqwa
behou is (waartoe die betreklik geisoleerde landstreek
waar hul woon, bygedra het) en die oorheersing van die
31/...
31 .
gebied deur die twee gemelde stamme. Vanweë die wyse
waarop Botshabelo tot stand gekom het sowel as vanweë sy
bevolkingsamestelling
kan daar, na my mening, nie sprake wees van enige
beduidende mate van volksverband tussen sy inwoners nie, ten spyte van die feit
dat 70 persent van hulle van afkoms Suid-Sothos en Suid-Sothosprekend is. Uit
die oogpunt van die inwoners van
Qwaqwa kan die mense van Botshabelo as
volksvreemde,
ontstamde stedelinge beskou word wat in volksverband nie as
assimileerbaar beskou kan word nie.
Wat die afwesigheid van enige historiese aanspraak deur Qwaqwa op Botshabelo
betref, het mnr de Villiers betoog dat geen selfregerende
gebied in elk geval
enige historiese aanspraak op Botshabelo het nie, en dat hierdie aspek dus
neutraal is. Ek kan nie met die betoog
saamstem nie. Dit gaan in hierdie saak
nie om kompeterende aansprake
32/...
32.
op Botshabelo nie, maar om die vraag of die gepoogde inlywing
by Qwaqwa geskied het vir die doel waarvoor die bevoegdheid in art 1(2)
van die
Grondwet van die Nasionale State verleen is. By die beantwoording van daardie
vraag is die afwesigheid van enige historiese
verband tussen Qwaqwa en
Botshabelo, soos ook die ander faktore soos verskil in politieke ontwikkeling,
leefwyse en kultuur, wel
van belang en dit is tereg deur die Hof a q
uo
in
aanmerking geneem.
By 'n oorweging van al die ter saaklike faktore
het ek tot die gevolgtrekking geraak dat, alhoewel dit
nie moontlik is om te bepaal wat die bedoeling van die eerste appellant was
met die gepoogde inlywing van Botshabelo by Qwaqwa nie,
dit nie gedoen kon
gewees het vir die doel waarvoor sy bevoegdheid ingevolge art 1(2) van die
Grondwet van die Nasionale State verleen
was nie, naamlik die ontwikkeling tot
selfbestuur en
33/...
33.
onafhanklikheid van Qwaqwa binne volksverband. Dit volg dus
dat Prok R169 nietig is.
Ek kom ten slotte by die redes vir die weiering van
die twee appellante se aansoek om verdere getuienis te lei, waarna ek in die
begin
van hierdie uitspraak verwys het.
Die verdere getuienis was dië van mnr P.W. van
Niekerk wat die Direkteur: Selfregerende Gebiede van
die Departement Ontwikkelingshulp is; Dr S.L. Strydom,
'n volkekundige; Mnr F.G.J. Wiid, wat die Direkteur:
Maatskaplike/Etnologiese Dienste van die Departement
Ontwikkelingshulp is; Dr T.J. de Vos, 'n sosioloog verbonde
aan die Instituut vir Sosiale en Ekonomiese Navorsing
aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat; Dr Mopeli,
die Hoofminister in die kabinet van tweede appellant,
en laastens getuienis oor die statistiek in die 1985
34/...
34.
sensus ten opsigte van die bevolkingsamestelling van Qwaqwa en
Botshabeio.
Die redes wat aangevoer is vir die versuim om die getuienis
aanvanklik te gelei het, was kort en saaklik dat, alhoewel al die getuienis
beskikbaar was, die appellante se destydse regsverteenwoordigers geadviseer het
dat dit vir 'n beslissing van die saak nie nodig
was om die feite uiteengesit in
die aansoek te bestry nie,
en dat die getuienis wat die appellante nou wil aanvoer,
geen doel sou dien nie. Hierdie advies het, na my mening,
op 'n duidelike misvatting van die geskilspunte in die
saak berus.
Art 22 van die Wet op die Hooggeregshof, ingevolge
waarvan die aansoek om verdere getuienis te lei, gedoen
is, bepaal as volg:
35/...
35.
"(22.) Die appèlafdeling of 'n
provinsiale afdeling of 'n plaaslike afdeling wat appèlbevoegdheid besit
is bevoeg -
(a) om by die verhoor van 'n appèl verdere
getuienis te ontvang,
hetsy mondeling
of by verklaring voor iemand deur
bedoelde afdeling
aangestel, of om
die saak vir verder verhoor na die
hof van eerste
instansie, of die
hof waarvan die uitspraak die onderwerp van die appèl is, terug te
verwys, met 'n opdrag wat betref die afneem van verdere
getuienis of andersins
soos vir die betrokke afdeling nodig
blyk; en
(b) om die uitspraak of bevel wat die
onderwerp van die appèl is,
te bevestig,
te wysig of ter syde te stel, en
om enige uitspraak te gee of bevel uit te vaardig wat die omstandighede
vereis."
36/...
36.
Terwyl die artikel 'n wye bevoegdheid aan hierdie Hof
verleen, blyk dit nie uit die artikel self of uit die ander artikels van die
Wet
onder welke omstandighede 'n aansoek om'verdere getuienis te lei, toegestaan kan
word nie. Die beginsels waarvolgens aansoeke
ingevolge
die artikel en sy
voorganger, art 4 van Wet 1 van 1911, wat 'n soortgelyke bevoegdheid aan hierdie
Hof verleen
het, toegestaan kan word, is egter reeds in verskeie
uitsprake van hierdie Hof neergelê. Die uitgangspunt
is dat verlof om verdere getuienis te lei, slegs in
uitsonderlike gevalle toegestaan word. In een van die
eerste van dié sake,
Shein v Excess Insurance
Company
Ltd
1912 AD 418
, het INNES WHR, by sy oorweging van
die
Hof se bevoegdheid involge art 4 van Wet 1 van 1911,
die beginsels wat in
Engeland toegepas word, gevolg en
37/...
37. op bl 429 die volgende gesê :
"It seems desirable therefore that we should adopt as a matter of
precautionary practice the express qualification contained in the
English rule,
and hold that special application by either party for leave to adduce fresh
evidence in appeals should only be granted
where special grounds exist, and
where it is clear that such a course would not unfairly prejudice the other side
and would enable
the Court to do justice between the parties,"
Aangaande die gronde wat as buitengewoon beskou kan word het INNES WHR
voortgegaan om op dieselfde bladsy die volgende te sê
:
"It would be undesirable to endeavour to frame an exhaustive definition of
the special grounds on which the Court ought to accede
to the application of a
litigant desirous of leading
38/...
38.
further evidence upon appeal. But neither
the circumstance that the matter at issue is
of great importance to the applicant nor the
circumstance that he finds himself able materially
to strengthen the case he made in the trial
Court or materially to weaken that of his opponent
would in themselves be such special grounds."
Die reël in Engeland waarna INNES WHR in die passasie hierbo na verwys
het, is in 1869 as volg deur LORD CHELMSFÓRD in
Shedden and Another v
Patrick and
Others
(22 LT 631
op 634) geformuleer in 'n
passasie
wat met,goedkeuring deur hierdie Hof in
Deintie v Gratus
& Gratus
1929 AD 1
op 6 aangehaal is :
"It is an invariable rule in all the courts, and one founded upon the
clearest principles of reason and justice, that if evidence,
which either was in
the possession of parties at the time of a trial, or by proper diligence might
have been obtained, is either
not produced or
39/...
39.
has not been procured, and the case is decided adversely to
the side to which the evidence was available, no opportunity for producing
that
evidence ought to be given by granting a new trial."
In daaropvolgende uitsprake van hierdie Hof is sekere basiese vereistes
neergelê vir aansoeke van die aard. Sien o a
Colman v Dunbar
1933
AD 141
op 161-162;
R v Carr
1949(2) SA 693(A) op 698-699;
R v De
Beer
1949(3) SA 740(A) op 747-749;
R v Weimers and Others
1960(3) SA
508(A) op 514-515;
S v De Jager
1965(2) SA 612(A) 6p 613 en
S v
Swanepoel
1983(1) SA 434(A) op 439.
Alhoewel in die formulering van die
vereistes nie altyd dieselfde woorde gebruik is nie, kom dit op die volgende
neer. Eerstens moet
die applikant 'n redelik aanvaarbare verduideliking verskaf
waarom die getuienis nie by die verhoor van die saak gelei is nie; tweedens
40/...
40..
moet die betrokke getuienis van wesenlike belang in die saak
wees en derdens moet dit waarskynlik die uitslag van die saak kan verander
(die
Weimers
-saak op 514H-515F). In die
Colman
-saak is 'n vierde
vereiste gestel, naamlik dat die aansoek nie toegestaan sal word indien
omstandighede so verander het dat die ander
party benadeel sal word
nie (op
162). In die
De Beer
-saak is dit egter beklemtoon (op 748) dat elke
aansoek op sy eie meriete beslis moet word en in
S v de Jager
,
supra
, het HOLMES AR op 613 E-F daarop gewys dat, hoewel die aansoek vir
die lei
van verdere getuienis gewoonlik geweier sal word indien enige
vanbogemelde basiese vereistes nie aanwesig is nie, die Hof wel in 'n
seldsame
geval op een of ander buitengewone grond die aansoek mag toestaan.
In die
huidige saak het Mnr de Villiers betoog dat die eerste vereiste hierbo gestel,
naamlik 'n redelik
41/...
41 .
aanvaarbare verduideliking vir die versuim om die getuienis
by die verhoor te lei, in die lig van die uitsonderlike omstandighede
wel
nagekom is. In
R v Carr
,
supra
, het GREENBERG AR op 699 gesê
dat "the inadequate presentation of the defence case at the trial will only in
the rarest instance
be remediable by the adduction of further evidence at the
appeal stage" en in
S v Swanepoel
,
supra
, het
RABIE HR op 439
F-H gesê dat 'n regsverteenwoordiger se
besluit om sekere beskikbare getuienis nie te lei nie,
nie as 'n redelik aanvaarbare verduideliking beskou kan
word nie. Sien ook
Benjamin v Gurewitz
1973(1) SA
418 (A) op 428 E-G en
S v N
1988(3) SA 450 (A) op 460 B-C.
Die uitsonderlike omstandighede waarop mnr de Villiers in hierdie verband
gesteun het, was die feit dat die uitspraak in die
Mathebe
-saak eers
gelewer is nadat uitspraak in die huidige saak deur die Hof a
quo
42/...
42.
voorbehou is. Mnr de Villiers het betoog dat die
Mathebe
-beslissing 'n nuwe vertolking van art 1 van die Grondwet van die
Nasionale State gegee het, wat meegebring het dat iedere inlywing
beoordeel moes
word in die lig van die volksverband van die inwoners van die betrokke gebiede.
Gevolglik het die noodsaaklikheid
vir die nuwe getuienis eers na die voltooiing
van die verhoor van die huidige saak in die Hof a
quo
ontstaan. Ek kan
nie met die betoog saamstem nie. Ek het reeds hierbo gesê dat die advies
van die appellante se regsverteenwoordigers
op
'n duidelike misvatting van die geskilspunte in die saak
berus het. Die vertolking van die betrokke artikel in die
Mathebe
-beslissing het bloot hierdie misvatting beklemtoon. Daar is
gevolglik, na my mening, geen redelik aanvaarbare verduideliking vir
die versuim
om die getuienis te lei nie. In die lig van die feit dat die eerste
43/...
43.
van bogemelde basiese vereistes nie nagekom is nie, is 'n
oorweging van die ander vereistes nie nodig nie.
Mnr de Villiers het ook
betoog dat die aansoek om verdere getuienis te lei, toegestaan moet word
vanweë die buitengewone aard
van die saak. Hy het betoog dat die saak van
groot belang is vir Qwaqwa en Botshabelo sowel as vir die inwoners van die twee
gebiede,
en dat die betrokke getuienis nodig is om 'n onreg te voorkom. Na my
mening kan die blote feit dat die saak van groot belang vir
die gebiede en hul
inwoners is, nie as buitengewone omstandighede vir doeleindes van die
toelating
van die betrokke getuienis beskou word nie. Ek meen
ook nie dat daar enige redelike moontlikheid is van 'n
regskending indien die aansoek nie slaag nie. Die
aansoek is gevolglik afgewys.
Vir die redes hierbo uiteengesit het ek tot
44/...
44.
die gevolgtrekking gekom dat die Hof a
quo
tereg Prok
R169 nietig verklaar het.
Die appèl word afgewys met koste,
insluitende die koste van twee advokate.
W. VIVIER AR.
HOEXTER, AR)
SMALBERGER AR)
KUMLEBEN AR)
NICHOLAS Wn AR) Stem saam.