S v Lengane (233/89) [1989] ZASCA 168 (30 November 1989)

80 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Self-defence — Appellant convicted of murder and robbery — Appellant claimed he acted in self-defence after being attacked by the deceased with a brick — Court found no mitigating circumstances for the murder — Appellant's version rejected in favour of the State's evidence, which established intent to kill — Appeal dismissed, conviction and sentence upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 168
|

|

S v Lengane (233/89) [1989] ZASCA 168 (30 November 1989)

CG SAAKNOMMER: 233/89
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèL
AFDELING
)
NICHOLAS MUZI LENGANE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: BOTHA, STEYN et EKSTEEN, ARR.
AANGEHOOR
: 20 NOVEMBER
1989
GELEWER
: 30 NOVEMBER 1989
UITSPRAAK
M T STEYN, AR.
2
Hierdie appèl is met veflof van die . verhoorregter gerig teen
appellant se skuldigbevinding aan moord, die bevinding dat daar
ten aansien van
die moord geen versagtende omstandighede was nie en die doodvonnis wat gevolglik
aan hom opgelê is deur Spoelstra
R. in die Witwatersrandse Plaaslike
Afdeling op 19 Augustus 1988. Die skuldigbevinding en vonnis spruit uit gebeure
in Unionweg,
Kliptown, op 6 April 1987 wat die dood van Daniel November (die
oorledene) tot gevolg gehad het.
Appellant het tesame met Attwel Jabulani
Glasamba en Jabulani Harry Nzuzo in voormelde hof tereggestaan op twee
aanklagte, te wete,
moord en roof met verswarende omstandighede. Glasamba,
appellant en Nzuzo was onderskeidelik beskuldigdes 1, 2 en 3. Dit was hulle
ten
laste gelê dat hulle op 6 April 1987 te Kliptown vir die oorledene vermoor
het (klagte 1), en vir hom en ene Abram Seleke
onder verswarende
omstandighede
3
beroof het van kontantgeld en eetware (klagte 2). Hulle het almal onskuldig
gepleit. Hulle is egter soos volg skuldig bevind: Beskuldigde
no 1 : aan roof
sonder verswarende omstandig-
hede; Appellant : aan moord en roof sonder
verswarende
omstandighde; Beskuldigde no 3 : aan diefstal.
Die hof het
bevind dat daar geen versagtende omstandighede ten aansien van die moord was
nie. Die verpligte doodvonnis is toe aan
appellant opgelê. Vir die
skuldigbevindings op klagte 2 is appellant en beskuldigde no 1 elk gevonnis tot
2 jaar gevangenisstraf
waarvan 1 jaar voorwaardelik vir 3 jaar opgeskort is en
beskuldigde no 3 tot 6 maande gevangenisstraf. Appellant het, wat die roof
betref, berus by sy skuldigbevinding en vonnis.
Weens die skuldigbevindings op die tweede
4
aanklag moet die volgende feite vir doeleindes van hierdie appèl
as bewese aanvaar word. Die 25-jarige oorledene en die 24-jarige
Abram Seleke
was in diens van die Village Bakery, Eldoradopark. Abram Seleke was gebreklik.
Sy regterhand en arm is van geboorte
af nutteioos. Hy kan net sy linkerhand en
arm gebruik. Die oorledene en Seleke se pligte was onder meer om produkte van
die bakkery
op straat te verkoop. Op Maandag, 6 April 1987, 'n openbare
vakansiedag, het hulle met 'n voorraad van die bakkery se produkte, te
wete
skons en verskeie soorte koek, onder andere "rooi koeke" (wat ongeveer 100mm in
deursnit was) na Kliptown gegaan om dié
ware daar op straat te verkoop.
Hulle het stelling daar ingeneem op die sypaadjie in Unionweg voor 'n
uitgebrande winkel wat in die
proses van herstel was. Daar het hulle, soos hulle
gereeld gedurende die afgelope drie weke gedoen het, om ongeveer 08h00 hul ware
vir verkoop uitgestal. Die vertoonvensters van die winkel was in die
5
brand vernietig en daar was toé net oop ruimtes waar die vensters
voorheen was. ('n Foto, bewysstuk F1 toon dat daardie ruimtes
met sinkplate
bedek is, maar destyds was die sinkplate nie daar nie.) Om ongeveer 13h00 het
appellant en sy twee mede-beskuldigdes
daar opgedaag. Seleke het toe in sy
linkerbroeksak ongeveer R5,00 in silwer muntstukke gehad wat hy reeds van die
verkoop van die
gebak verkry het. Die volgende het toe feitlik gelyktydig
gebeur. Appellant en sy makkers het gesê dat hulle honger was. Appellant
het vyf van die rooi koeke gevat sonder om daarvoor te betaal; beskuldigde no 3
het 'n pakkie koeke gegryp, daarmee weggehardloop
en op 'n nabygeleë
straathoek gaan staan; beskuldigde no 1 ,het Seleke aan sy linkerhand gegryp en
toe dié probeer losruk,
het beskuldigde no 1 die geld in sy broeksak hoor
klingel, sy hand daarin gesteek, die geld gevat en daarmee weggehardloop.
Oorledene
het gepoog om die rooi koeke van appellant terug te neem en in
dié proses het
appellant hom dodelik met 'n mes verwond. Oorledene het
binne-in die uítgebrande winkel op sy máag gaan val en is later
van daar af verwyder. Hy het die volgende beserings gehad. 'n Diep,
penetrerende, steekwond op die linkerkant van die rug, 12 cm
van die liggaam se
vertikale middellyn en 22 cm laer as die armholte, wat horisontaal maar
middelwaarts (d.w.s. van links na regs
soos van die rugkant gesien) deur die
agtste tussenrib spasie gedring het tot in die linkerlong; dit het die boonste
lob van die
long deurboor en in die onderste lob geëindig. (Die boonste lob
hang hier van agter af oor die onderste lob. ) Dit is hierdie
wond wat die dood
veroorsaak het. Daar was twee verdere diep insnydende ("deeply incised")
steekwonde op die rug, een aan die regterkant,
17 cm laer as die armholte en die
ander aan die linkerkant, 3 cm regs van die voormelde middellyn en 17 cm laer as
die linkerskouer.
Daar was ook 'n oppervlakkige, 4 cm lange snywond op die rug
net links
7
van gesegde middellyn, maar heelwat hoër op as die dodelike steekwond.
Al hierdie wonde was heelwat hoër as die horisontale
middellyn van die
liggaam. Voor aan die liggaam was daar skaafwonde op die area van die linker
sleutelbeen en op die sentrale gedeelte
van die borskas. Dié skaafwonde
kon, volgens die mediese getuienis, deur 'n val of met 'n stomp voorwerp
veroorsaak gewees
het, en is waarskynlik aan die voormelde val toe te skryf.
Daar was geen alkohol in oorledene se bloed nie.
Die verdere omstandighede
waaronder appellant oorledene verwond het, was by die aanvang van hierdie
appèl egter nog in geskil.
Appellant se weergawe was dat hy regmatig en
ter selfverdediging gehandel het. Hy het getuig dat oorledene hom aan die broek
vasgegryp
het, 'n baksteen opgetel het en hom só hard daarmee teen die
regterwang en -slaap geslaan dat 'n bloeiende en geswolle besering
veroorsaak is
en dat helfte van die baksteen afgebreek het; hy het op sy sitvlak geval en
homself
8
sittende met sy arms gestut; hy was duiselig; oorledene het hom dreigend weer
genader met die halwe baksteen in sy hand, blykbaar
om hom weer daarmee te
slaan; beskuldigde no 1 het 'n mes na hom gegooi, klaarblyklik om teen oorledene
te gebruik; hy het opgestaan,
die mes opgetel en net toe oorledene sy kop draai
het hy hom met die mes gesteek, hy weet egter nie waar op sy liggaam hy
oorledene
getref het of hoeveel keer hy hom gesteek het nie. (Later, tydens
kruisondervraging, het appellant egter beweer dat oorledene weer
na hom geslaan
het met die halwe baksteen maar misgeslaan het en dat met die swaai van sy arm
oorledene sy lyf ook gedraai het en
toe deur appellant op die rug gesteek is. )
Appellant het beweer dat hy nie bedoel het om oorledene dood te steek nie en dat
hy saam
met sy twee makkers weggehardloop het net nadat hy oorledene gesteek
het. Appellant het ingevolge art 119 van die Strafproseswet
(die Wet) in die
landdroshof op die voormelde aanklagte verskyn, daar ook
9
onskuldig gepleit en is toe deur die landdros ondervra.
Die oorkonde van
daardie verrigtinge is tydens die
verhoor ingevolge art 122 (4) van die Wet
ingehandig as
bewysstuk H. Daaruit blyk dit dat appellant die
volgende
gesê het:
"The deceased hit me with a brick on the right side of my face. I fell. The
deceased sat on my chest and he was about to hit me with
a brick again. I kicked
him off and by then accused 1 handed me a knife. After I stabbed deceased once
accused told me we should
go."
Aanvanklik het
appellant erken dat oorledene en Seleke
hul ware buite op die sypaadjie voor die winkel verkoop
het en dat die
rusie tussen hom en oorledene dáar buite
ontstaan het. Later, tydens
kruisondervraging deur die
Staat, het appellant erken dat hy oorledene
binne-in die
uitgebrande winkel gesteek het, maar het toe beweer
dat
Seleke en oorledene die gebak daar binne verkoop het en
dat die hele
voorval binne-in die winkel plaasgevind het.
Appellant en sy
mede-beskuldigdes het mekaar op
10
talle aspekte weerspreek. Elkeen van hulle het enige betrokkenheid by die
roof ontken, maar appellant het byvoorbeeld beweer dat beskuldigde
no 1
gesê het dat hulle die koekverkopers van hul geld moet beroof en dat hy
inderdaad vir Seleke van geld beroof het. Beskuldigde
no 1 het dit alles ontken.
Beskuldigde no 3 het egter ook beweer dat beskuldigde no 1 Seleke aldus beroof
het. Hy het voorts beweer
dat oorledene wel 'n baksteen in sy hand gehad het en
dat beskuldigde no 1 'n mes aan appellant oorhandig het, maar het ontken dat
dit
na hom gegooi is. Hy het ook nie gesien dat oorledene vir appellant met die
baksteen geslaan het of deur hom met die mes gesteek
is nie. Beskuldigde no 3 en
appellant se suster, Gladys Lengane, het albei getuig dat appellant 'n besering
aan sy gesig gehad het
daardie dag na die voorval maar het van mekaar verskil
aangaande die voorkoms daarvan. Beskuldigde no 1 het ontken dat hy appellant
van
'n mes voorsien het. Hy het ook ontken dat
11.
oorledene vir appellant met 'n baksteen aangerand het. Hy het net iets in
appellant se hand sien blink en was toe slegs ongeveer 7
m van hom af.
Abram
Seleke het getuig dat oorledene die koeke wat appellant gevat het by hom wou
terugneem, dat daar 'n woordewisseling daaroor
tussen hulle ontstaan het, dat
appellant in dié proses terugbeweeg het, klaarblyklik in die straat in,
die koeke laat val
het en 'n 30-35 cm lange vaste-lem mes te voorskyn gebring
het, dat oorledene toe weggehardloop het in die uitgebrande winkel in,
agtervolg
deur appellant wat hom vir ongeveer 14 m gejaag het en toe met die mes in die
rug gesteek het terwyl oorledene in die winkel
nog aan die weghardloop was, dat
oorledene toe binne-in die winkel geval het en dat appellant en sy makkers
weggehardloop het. Seleke
het ontken dat oorledene vir appellant met 'n baksteen
geslaan het of enigsins aangerand het of dat appellant op enige stadium geval
het. Hy het ook ontken dat daar enige bakstene in
12
die pnmiddellike omgewing was waar hulle die gebak verkoop het en waar
die voorval plaasgevind het. Seleke se polisieverklaring is
aan die verdediging
beskikbaar gestel en as bewysstuk G ingehandig. Hy was daarop kruis-ondervra.
Daar is mindere verskille tussen
daardie verklaring en sy getuienis. Sy
verduideliking daarvoor was dat die persoon wat die verklaring van hom geneem en
in Engels
neergeskryf het Zoeloe-sprekend is en Tswana nie goed magtig was nie.
Seleke het met hom in Tswana gepraat maar dié het nie
goed begryp wat hy
gesê het nie. Die persoon wat die verklaring aldus afgeneem het, het nie
daaroor getuig nie.
Die verhoorhof het by oorweging van die getuienis van die
standpunt uitgegaan dat Seleke "prakties 'n enkel getuie is" en het sy weergawe
met "'n groot mate van versigtigheid bejeën". Daar is gevind dat weens sy
goeie gehalte as getuie, die feit dat sy getuienis
"in soveel wesentlike opsigte
deur ander
13
getuies se getuienis bekragtig word" en dat die beweerde
afwykings in sy
polisieverklaring nie werklike afwykings
van die feite deur hom getuig was nie, daar met vertroue
op sy weergawe
staatgemaak kon word. Oor die weergawes
van appellant en sy twee
mede-beskuldigdes is die
volgende onder meer in die uitspraak op die meriete
gesê:
"Hulle weergawes is deurspek van onwaarhede, verdraaiing en aanpassing van feite
en klaarblyklike versinsels. Elkeen was klaarblyklik
besig om homself
sovêr moontlik te bevoordeel en te beskerm. Die een se getuienis word
prakties deur die getuienis van die
ander
vernietig."
(Daarom is al drie op die tweede aanklag
skuldig bevind
soos voornoemd.) Deur Seleke se getuienis op die
eerste
aanklag ook te aanvaar en diê van appellant en
beskuldigde no
3 te verwerp het die verhoorhof
klaarblyklik ook die getuienis van Gladys
Lengane
verwerp.
Ek kan geen fout vind met die verhoorhof se
evaluasie van die getuienis nie. Die weergawe van Seleke
14
is na my mehing tereg aanvaar. Die voorkoms van die wonde aan oorledene se
liggaam is sterk stawing vir sy weergawe. Mnr Louw het
in die loop van sy
bekwame betoog namens appellant, tereg toegegee dat hy nie Seleke se weergawe
kan bevraagteken nie en dat appellant
se aanspreeklikheid daarop bepaal moet
word. Hy het tereg toegegee dat op daardie weergawe appellant onwettig opgetree
het toe hy
oorledene gesteek het. Hy het nietemin betoog dat dit nie bo redelike
twyfel bewys is dat appellant die opset gehad het om oorledene
te dood nie en
dat hy slegs aan strafbare manslag skuldig bewys is. Ek stem nie saam nie. Daar
kan na my mening geen redelike twyfel
wees dat appellant inderdaad subjektief
besef het dat daar 'n wesenlike gevaar was dat hy oorledene kon doodmaak deur
hom met so
'n wapen so te lyf te gaan nie en dat hy ongeag daardie gevaar
nogtans voortgegaan het om dit te doen. Ek is egter van mening dat
dit nie bo
redelike twyfel bewys is dat hy in die
15
omstandighede die direkte opset gehad het om die
oor ledene dood te maak
nie. Hy het die mes eers te
voorskyn gebring toe sake onverwags skeef begin
loop en
hy teenstand van die oorledene gekry het. Appellant was
toe maar
slegs 18 jaar en 4 maande oud (dit was nie
betwis dat hy op 19 Desember 1968
gebore was nie), en dit
is waarskynlik dat sy onvolwasse en ontstelde gemoed
hom
op die ingewing van die oomblik tot die onbesonne daad
beweeg het. Hy
het nietemin die nodige opset by
moontlikheidsbewussyn gehad om te moor en
die appèl teen
sy skuldigbevinding kan gevolglik nie slaag nie.
Dit is anders gesteld met sy appèl teen
die
bevinding dat daar geen versagtende
omstandighede was
nie. Die verhoorhof se benadering tot daardie vraag
blyk
uit die volgende passasie in die geleerde regter se
uitspraak:
"Dit is so dat die jeug van 'n persoon in baie gevalle 'n versagtende
omstandigheid kan wees. Die aard van die daad sal dan aantoon
dat die
16
beskuldigde nie met die nodige oordeel gehandel het wat 'n volwassene onder
dieselfde omstandighede aan die dag sou gelê het
nie. Ons is egter van
oordeel dat in die omstandighede van hierdie saak die feite aantoon dat die
beskuldigde opgetree het - soos
wat dit by geleentheid gestel was - as gevolg
van blote steeklus. Sy optrede spreek na ons oordeel van 'n inherente boosheid
wat
in hom teenwoordig is. Daar was geen rede waarom hy 'n mes onder daardie
omstandighede moes gebruik het nie. Net soos beskuldigde
3 sy diefstal gepleeg
en gevlug het, kon beskuldigde 2 gevlug het met wat hy geneem het. Die oomblik
toe daar verset kom het hy besluit
om daardie verset met 'n mes uit die weg te
ruim. Dit is na ons oordeel nie optrede wat bloot aan die jeugdigheid van die
beskuldigde
toegeskryf kan word nie. Dit is 'n totale verontagsaming van die
fisiese integriteit van 'n ander persoon. Ons is eenparig van oordeel
dat die
beskuldigde nie daarin geslaag het om versagtende omstandighede aan te toon nie
en hy word gevolglik skuldig bevind aan moord
sonder versagtende
omstandighede."
Dit is nie die
korrekte benadering nie. By die
ondersoek na die bestaan aldan nie van versagtende
omstandighede is die
uitgangspunt die dader self en nie
sy daad nie; dlt word eers later oorweeg.
Die korrekte
benadering tot daardie vraag in die geval van 'n jeugdige
17
beskuldigde is welbekend. Dit is só geformuleer deur
Rumpff HR. in
S v LEHNBERG EN 'n ANDER
1975 (4) SA 553
(A)
op 561:
"Wat die probleem van versagting betref, behoort na my mening tienderjariges in
die algemeen as onvolwasse beskou te word, en derhalwe
geregtig op versagting,
tensy die onstandighede van die saak van so 'n aard is dat 'n Hof homself genoop
voel om die doodvonnis op
te lê. Vanselfsprekend is daar grade van
volwassenheid by tienderjariges, maar uiteraard het geen tienderjarige die
rypheid
van 'n volwassene nie. Jeugdigheid is onvolwassenheiud, gebrek aan
lewenservaring, onbesonnenheid, en veral 'n geestestoestand van
vatbaarheid vir
beïnvloeding, veral deur volwassenes. En 'n persoon van 18 of 19 jaar is,
volgens my mening, onvolwasse of hy
nog op skool of universiteit is, en of hy
reeds 'n jaar of wat gewerk het."
Dit is na my
mening ook verkeerd om (soos die geval- in
wese hier was) van die standpunt
uit te gaan dat
jeugdigheid as 'n versagtende omstandigheid beskou kan
word slegs indien
die pleging van die betrokke misdaad
"bloot aan die jeugdigheid van die beskuldigde toegeskryf
kan word" maar nie andersins nie. By jeugdige oortreders
18
is die werklikheid in verreweg die meeste van die gevalle dat ander faktore
só op die onvolwasse gemoed inwerk dat dit daardie
inwerking nie
effektief kan verwerk en beheer nie met die gevolg dat die betrokke jeugdige
beskuldigde dan oorgaan tot die pleging
van die misdaad. In meeste sulke gevalle
word die beskuldigde se jeugdigheid as 'n versagtende omstandigheid beskou al is
sy optrede
nie bloot aan sy jeugdigheid toe te skryf nie.
Appellant was ten
tyde van die moord slegs 4 maande oor die statutêre perk tot die hof se
diskresie om bloot weens jeugdigheid
'n ander vonnis as die doodstraf op te
lê. Hy is gevolglik "geregtig op versagting, tensy die omstandighede van
die saak van
so 'n aard is" dat dit die versagtende effek van sy jeugdigheid
neutraliseer en die hof noop om die doodvonnis op te lê. Weens
die
oorwegings reeds genoem ten aansien van die vorm van appellant se opset is ek
van mening dat die omstandighede waaronder hy die
moord gepleeg het nie so h
19
neutraliserende effek het nie. Daardie omstandighede het inteendeel op 'n
sterk oorwig van waarskynlikheid tot so 'n mate op appellant
se onvolwasse
gemoed ingewerk dat hy daardeur beweeg was om oorledene met die mes te lyf te
gaan en in die proses dodelik te verwond.
Hy het dit klaarblyklik nie weens
"blote steeklus" gedoen nie, en voormelde omstandighede, tesame met die feit dat
hy 'n eerste oortreder
was, dui ewe sterk daarop dat hy nie inherent boos is
nie. Daar is gevolglik versagtende omstandighede in die onderhawige geval en
die
verhoorhof het sigself daaroor in al die bogenoemde opsigte wesenlik
wanvoorgelig. Na my mening is die doodvonnis nie in hierdie
geval 'n gepaste
bestraffing nie en moet dit tersyde gestel word. Appellant was weliswaar nog
baie jonk en 'n eerste oortreder, maar
sy vergryp was nietemin baie ernstig.
Alhoewel hy en sy makkers waarskynlik mekaar onderling tot 'n mate in die
pleging van die roof
(wat tot die moord aanleiding gegee het) beïnvloed
het,
20
was dit nie vir die verhoorhof moontlik om te besluit wie die roof
geïnisieer het nie. Na my mening is 'n gepaste vonnis in hierdie
geval 12
jaar gevangenisstraf. Die volgende bevele word gemaak:
(1) Die appèl teen die skuldigbevinding aan moord word afgewys.
(2) Die appèl teen die doodvonnis slaag. Die doodvonnis aan appellant
opgelê word tersyde gestel en vervang deur 'n
vonnis van 12 (twaalf) jaar
gevangenisstraf.
M T STEYN, AR.
BOTHA, AR.) EKSTEEN, AR.)