Bank of Lisbon International Ltd. v Venter and Another (371/1988) [1989] ZASCA 159; [1990] 2 All SA 14 (A) (28 November 1989)

70 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Breach of contract — Cancellation — Appellant sold a loader to the first respondent under a written contract, with the second respondent as surety — First respondent defaulted on payments, leading to cancellation of the contract by the appellant — Appellant claimed outstanding amount in court, but trial court raised issue of enforceability under the Contractual Penalties Act 15 of 1962, which was not pleaded by the respondents — Trial court dismissed appellant's claim based on this issue — Appeal against dismissal of claim and refusal to amend particulars of claim — Court held that the trial court's decision on the enforceability issue was correct, affirming dismissal of the appellant's claim.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 159
|

|

Bank of Lisbon International Ltd. v Venter and Another (371/1988) [1989] ZASCA 159; [1990] 2 All SA 14 (A) (28 November 1989)

LL
Saak No 371/1988
IN DIE HOOGGSRBGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING
In die saak tussen:
BANK OF LISBON INTERNATIONAL LTD
Appellant
(Voorheen bekend as THE BANK OF LISBON AND SOUTH AFRICA LIMITED)
en
BAREND JOHANNES VENTER
Eerste Respondent
VERONICA DAWN VENTER
Tweede Bespondent
CORAM: JOUBERT, BOTHA, HEFER, MILNE et
KUMLEBEN ARR
VERHOORDATUM
: 3 NOVEMBER 1989
LEWERINGSDATUM
: 28 NOVEMBER 1989
UITSPRAAK
BOTHA AR
:-
2.
Die appellant en die eerste respondent het op 26 Junie 1983 'n
skriftelike kontrak aangegaan, waarvolgens die appellant aan die eerste
respondent 'n laaigraaf-masjien verkoop het. Terselfdertyd het die tweede
respondent 'n skriftelike borgstelling onder-teken, waarvolgens
sy haar teenoor
die appellant
verbind het as borg en mede-hoofskuldenaar vir die
betaling aan die appellant van enige bedrag geld wat
deur die eerste respondent aan die appellant verskuldig was of sou
word.
Ingevolge die kontrak tussen die appellant en die eerste respondent het
laasgenoemde onderneem om aan eersgenoemde h totale bedrag
van R97 116,00 te
betaal, bestaande uit h kontant-koopprys van R72 000,00, verkoopsbelasting van
R4 320,00, inkomsteseëls ten
bedrae van R50,40, en finansieringskoste ten
bedrae van R20 745,60. Die totale bedrag sou deur die eerste respondent betaal
word
by wyse van. 'n deposito van R15 000,00 en daarna 36 maandelikse paaiemente
van
3. R2 281,00 elk. Die eiendomsreg van die laaigraaf sou van die appellant
na die eerste respondent oorgaan eers met die betaling van
die laaste
paaiement.
Die eerste respondent het die deposito van R15 000,00 aan die
appellant betaal, die besit van die laaigraaf ontvang, en die ooreengekome
maandelikse
paaiemente aan die appellant betaal tot in Maart 1984.
Daarna het die eerste respondent in gebreke gebly om
verdere betalings te maak, en sodoende kontrakbreuk
gepleeg. Op 4 Desember 1984 het die appellant, soos
hy volgens die bepalings van die kontrak geregtig was om te doen, die kontrak
gekanselleer weens die eerste respondent se kontrakbreuk,
en herbesit van die
laaigraaf verkry.
Die appellant het daarna 'n aksie teen die respondente
ingestel in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling, waarin betaling gevorder
is
van 'n bedrag van R9 294,44 met rente en koste. Die wyse waarop die appellant sy
eis in' sy besonderhede van vordering
4.
geformuleer het, sal later blyk. Die respondente het in hulle verweerskrif
onder meer die kontrak, die eerste respondent se kontrakbreuk
en die appellant
se kansellasie van die kontrak erken, maar die appellant se bewerings met
betrekking tot die gevorderde bedrag van
R9 294,44 en die respondente se
aanspreeklikheid ten opsigte daarvan in algemene terme in geskil geplaas. Die
eerste respondent het
voorts 'n teeneis
teen die appellant ingestel vir die
betaling van 'n bedrag van R8 523,27, wat 'n bedrag van finansierings-koste
verteenwoordig, op
die terugbetaling waarvan die eerste respondent beweer het hy
geregtig was.
Die verhoor van die aksie het plaasgevind voor FLEMMING R. Met
die aanvang van die verhoor het die appellant se advokaat aangedui
dat die
bedrag van die appellant se eis verminder word tot R8 643,37. Hoe hierdie bedrag
saamgestel is, sal later blyk. Daarna is
die getuienis van verskillende getuies
(vyf namens die appellant en twee namens die respondente)
5. aan die
Verhoorregter voorgelê. Die getuienis het betrekking gehad op besondere
items wat deel gevorm het van die bedrag
wat die appellant van die respondente
geëis het.
Na die afsluiting van die getuienis en tydens die
beredenering van die saak in die Hof
a guo
, het
daar 'n ongelukkige
wending in die saak gekom, wat
veroorsaak het dat die verdere verloop daarvan verval
het in 'n moeras van verwarring en irrelevanthede, wat
voortgeduur het tot tydens die beredenering van die
appèl voor hierdie Hof. Dit het gekom omdat die
Verhoorregter
mero motu
teenoor die advokate die vraag
geopper het of die appellant
se eis teen die
respondente nie onafdwingbaar was nie vanweë
die
bepalings van artikel 2(1) van die Wet op Strafbedinge
15 van 1962 (dit word later hieronder aangehaal).
Hierdie punt was
geensins in die pleitstukke aangeraak
nie en die advokate was nie voorberei
om die
Verhoorregter daaroor toe te spreek nie. Hulle is toe
6. die
geleentheid gegee om later skriftelike betoë oor die aangeleentheid aan die
Verhoorregter voor te lê. Dit is gedoen.
In die appellant se skriftelike
betoog (vir die opstelling waarvan die dienste van 'n senior advokaat bygebring
is) is daar verskillende
gronde aangevoer waarom artikel 2(1) van die Wet op
Strafbedinge nie op die appellant se eis van toepassing sou wees nie, en is daar
verder aansoek gedoen om h wysiging van die appellant se besonderhede van
vordering, in h oënskynlike poging om 'n vermeende
probleem wat
voortgespruit het uit die punt wat die Verhoorregter geopper het, te bowe te
kom. In die respondente se skriftelike
betoog het hulle die punt wat die
Verhoorregter geopper het, aangegryp en daarop gesteun as 'n verweer teen die
geheel van die appellant
se vordering. Hulle het egter geen aansoek gedoen om h
wysiging van hulle verweerskrif nie, maar wel die appellant se aansoek om
wysiging van sy besonderhede van vordering teengestaan.
7. In sy uitspraak
het die Verhoorregter die verskillende argumente wat in die skriftelike betoe
vervat was, breedvoerig behandel,
en uiteindelik die punt wat hy
mero
motu
geopper het, teen die appellant en ten gunste van die respondente
beslis, met die gevolg dat die appellant se eis (behalwe vir h
bedrag
van
R50,00) van die hand gewys is, op grond van die
bepalings van artikel 2(1) van die Wet op Strafbedinge.
Ek sal na hierdie aspek van die saak verwys as die
"hoofpunt". Afgesien van die hoofpunt, het die
Verhoorregter in sy
uitspraak ook breedvoerig aandag
geskenk aan die besondere items van die
appellant se
eis wat in die getuienis ondersoek was, en tot die
slotsom
geraak dat sommige van daardie items nie bewys
is nie. Ek sal na hierdie aspek van die saak verwys as
"die ondergeskikte punte". Volgens die Verhoorregter
se bevindings en berekenings ten opsigte van die
ondergeskikte punte, sou
die appellant in ieder geval,
as dit nie vir die hoofpunt was nie, nie meer
van die
8.
respondente kon verhaal het nie as 'n bedrag van
nagenoeg R4 823,00.
Die bevel wat die Verhoorregter aan die einde
van sy
uitspraak uitgereik het, het hy soos volg
bewoord:
"1. The amendment sought after the
conclusion of argument, is
not
permitted.
2.
Plaintiff's claim is
dismissed with costs except that defendant is ordered to pay R50,00 to
plaintiff.
3.
Defendant's claim is dismissed
with costs which will be taxed on the basis as if plaintiff successfully
excepted to defendant's
counter-claim."
Namens die appellant
is daar by die
Verhoorregter aansoek gedoen om verlof om te appelleer,
met betrekking tot
paragrawe 1 en 2 van die bogenoemde
bevel. Die respondente het die aansoek
teengestaan.
In sy uitspraak het die Verhoorregter aangedui dat na
sy mening sy beslissing oor die uitleg en die
toepassing van die Wet op Strafbedinge (die hoofpunt)
9. deur die
Appèlafdeling in oorweging geneem behoort te word, maar dat die verlof om
te appelleer nie tot daardie punt beperk
sou word nie - die ondergeskikte punte
sou ook in die appèl te berde gebring kon word, indien die beslissing op
die hoofpunt
die geleentheid daarvoor sou skep. Voorts het die
Verhoorregter
aangedui dat hy 'n klaarblyklike fout in paragraaf 2 van
die oorspronklike bevel sou regstel. Die bevel wat hy
uitgereik het, lui soos volg:
"1. Paragraaf 2 van die bevel wat voorheen gegee is word
gewysig deur
dit met die volgende te vervang:
'Plaintiff's claim is dismissed with costs, except that the defendants, jointly
and sever-ally, are ordered to pay R50 to
plaintiff.'
2.
Verlof word verleen om teen hierdie uitspraak te
appelleer.
3.
Die koste van hierdie aansoek
word voorbehou vir beregting by die
afhandeling van
die appèl."
Ek is nie seker wat die Verhoorregter in gedagte gehad
10. het met sy
verwysing na "hierdie uitspraak" in paragraaf 2 van die pas aangehaalde bevel
nie. Dit is nie duidelik of die verleende
verlof bedoel was om ook van
toepassing te wees op paragraaf 1 van die oorspronklike bevel, ten aansien van
die appellant se aansoek
om wysiging, al dan nie. Soos later sal blyk,
is dit
egter van geen belang, met die oog op die
beslissing van hierdie appèl, om hierdie vraag te
probeer beantwoord nie, en ek laat dit dus daar. Wat
wel met veiligheid aanvaar kan word, is dat die
Verhoorregter nie kon bedoel het dat sy verwysing na "hierdie uitspraak"
betrekking moes hê op paragraaf 3 van sy oorspronklike
bevel nie, want die
appellant het in sy aansoek om verlof geen beswaar geopper teen die beperking
van die kostebevel in sy guns ten
opsigte van die eerste respondent se teeneis
nie (in die aansoek is daar trouens nie eens verwys na paragraaf 3 van die
oorspronklike
bevel nie), en die eerste respondent het geen aansoek gedoen om
verlof om te appelleer teen die
11.
afwysing van sy teeneis nie. Ek noem dit om dit duidelik te maak dat die
eerste respondent se teeneis nie in die gedrang is in hierdie
appèl nie
en verder heeltemal buite rekening gelaat kan word.
Ek gaan nou oor tot 'n
bespreking van die hoofpunt. Volgens my beskouing blyk dit uit
die
skriftelike betoë wat in die Hof
a quo
aan die
Verhoorregter voorgelê is nadat hy
mero motu
die
hoofpunt geopper het, dat die benadering tot die
hoofpunt deur die advokate van beide kante berus het op
'n paar fundamentele. wanopvattings aangaande die strekking van sekere
bepalings van die kontrak tussen die appellant en die eerste
respondent, die
betekenis van die bepalings van die Wet op Strafbedinge, en die uitwerking van
die bewerings wat vervat is in die
appellant se besonderhede van vordering.
Hierdie wanopvattings het, met eerbied gesê, weerklank gevind in die
uitspraak van
die Verhoorregter en word weerspieël in sy beredenering van,
en beslissing oor,
12.
die hoofpunt. Om die bespreking van die aangeleent-heid te probeer
vergemaklik, sal ek die tersaaklike gedeeltes van die kontrak,
die Wet en die
besonderhede van vordering agtereenvolgens aanhaal en eers my eie sienswyse
daaroor weergee, en daarna terugkom op
die wyse waarop dit benader is in die Hof
a quo
.
In die kontrak word daar na die appellant
verwys as "die Kredietgewer", na die eerste respondent as "die
Kredietopnemer", en na die verkoopte laaigraaf as "die Goedere". Die
bepalings
wat van belang is, word aangetref in klousules 12.2.2, 12.3 en 18.2.
Daarbenewens is dit gerieflik om nou reeds ook klousule
6.6 aan te haal, met die
oog op wat later in hierdie uitspraak volg. Die aanhalings hieronder is 'n
weergawe van die bepalings net
soos hulle in die oorkonde voorkom, sonder enige
verbetering van tekstuele of tikfoute (met 'n enkele uitsondering, waarop ek nie
hoef in te gaan nie):
13.
"12.2 Indien die Kredietopnemer:
versuim om enige ander voorwaardes, bedinge en/of verpligtinge van hierdie
Ooreenkoms wat die kredietopnemer bind, na te kom of uit
te voer; of
dan, en indien enige van hierdie gebeure plaasvind, is die Kredietgewer na sy
keuse en sonder benadeling van enigte ander regte, geregtig
om:
12.2.1 onmiddellik betaling van alle bedrae, betaalbaar ingevolge hiervan, op te
eis ongeag of sulke bedrae dan bétaalbaar
sal wees aldan nie; of
12.2.2 onmiddellik hierdie Ooreenkoms te beëindig, die Goedere terug te
neem, alle betalings te be-hou wat alreeds ingevolge
hier-van deur die
Kredietopnemer ge-doen is, en as gelikwideerde skadevergoeding betaling te eis
van die verskil tussen die uit-staande
balans en die hoogste van die getakseerde
waarde of die herverkoopwaarde van die Goedere soos ingevolge klousule 12.3
vasgestel.
Ingeval van beëindiging sal die Krediet-opnemer verplig wees om
die Goedere op sy eie risiko en koste aan die Kredietgewer terug
te besorg by
sodanige adres as wat die Kredietgewer mag
aanwys.
14.
12.3 Indien dit sou nodig word om die waarde van die Goedere ingevolge
hierdie Oor-eenkoms te bepaal, word sodanige waarde op die
koste van die
Kredietopnemer vasgestel deur 'n waardeerder, aangestel deur die Kredietgewer
welke waardasie finaal en bindend op
die Kredietopnemer sal wees, indien die
Kredietgewer daar-na die Goedere verkoop of verhuur op voorwaarde wat die
Kredietgewer in
sy uitsluitlike diskresie redelik ag, teen 'n bedrag hoër
as die waardasie, finan-sieringskoste uitgesluit word die prys waarteen
die
Goedere aldus verkoop of verhuur word, minus enige uitgawes ge-noem in 18.2,
geag as die waarde van die Goedere te wees.
18.2 Verder is alle koste en uitgawes in-sluitende regskoste op die
prokureur-kliëntskaal, deur die Kredietgewer aan-gegaan
om besit van die
Goedere te kry, of die Kredietopnemer op te spoor en/of die Goedere op te spoor
en die Goedere te verkoop, om alle
of enige bedrae wat ingevolge hiervan of
andersins deur die Kredietopnemer aan die Kredietgewer be-taalbaar is, in te
vorder of te
probeer invorder, en alle invorderingskommis-sies, aftakelings- en
verwyderingskoste en alle ander gelde en koste van 'n dergelike
aard, vir die
rekening van die Kredietopnemer en betaalbaar aan die Kredietgewer soos en
wanneer dit aangegaan word.
15.
6.6 'n Sertifikaat onder die hand van enige Bestuurder van die Kredietgewer,
wie se status nie bewys hoef te word nie, is op sigself
voldoende bewys van die
Kredietopnemer se verskuldigheid op enige wesenlike stadium van hierdie
Ooreenkoms. Sodanige sertifikaat
kan deur die Kredietgewer gebruik word vir die
doel om vonnis, voorlopige of sum-miere vonnis of enige ander bevel of regshulp
teen
die Kredietopnemer te verkry."
Uit klousule 12.2.2 is dit duidelik dat, in
die
geval waar die appellant sy reg sou uitoefen om op
grond van die eerste
respondent se kontrakbreuk die
kontrak te kanselleer en die verkoopte artikel
in
herbesit te verkry, soos inderdaad hier gebeur het,
daar twee verdere
regte ten gunste van die appellant
beding word. Vir gemak van terugverwysing
identifiseer
ek hierdie twee regte van die appellant soos volg:
1.
reg A:
om alle betalings te behou wat die
eerste respondent ingevolge die kontrak
gedoen het voor die
kansellasie daarvan
en
16.
2.
reg B
: om betaling te eis van gelikwideerde skadevergoeding, die
bedrag waarvan be-reken word op die wyse vermeld in klou-sule 12.2.2,
met
verwysing na klousule 12.3 en klousule 18.2; in die geval waar die laaigraaf
herverkoop word vir
'n hoër bedrag as die waardasie daarvan,
behels die berekening die verskil tus-
sen die uitstaande balans wat die
eerste respondent verskuldig is volgens
die kontrak, en die herverkoopprys van die laaigraaf, na aftrekking van,
onder meer, die koste en uitgawes deur die appellant aangegaan
om die besit
daar-van te verkry, om die eerste respondent of die laaigraaf op te spoor, om
die laaigraaf te verkoop, asook verwyder-ingskoste
en alle ander gelde en koste
van h dergelike aard.
17.
Vervolgens kan die Wet op Strafbedinge
in
oënskou geneem word. Die tersaaklike
bepalings daarvan
lui soos volg:
"1. (1) 'n Beding, hieronder 'n strafbeding genoem, waarby bepaal word dat
iemand weens h doen of late in stryd met 'n kontraktuele
verpligting,
aanspreeklik is om ten bate van 'n ander persoon, hieronder 'n skuldeiser
genoem, 'n geldsom te betaal of enigiets te
lewer of te presteer, hetsy by wyse
van straf of as gelikwideerde skade-vergoeding, kan, behoudens die bepalings van
hierdie Wet,
in 'n bevoegde hof afgedwing word.
(2) 'n Bedrag vir die betaling of enigiets vir die lewering of prestering
waarvan iemahd aldus aanspreeklik mag word, word in hierdie
Wet h strafbedrag
genoem.
2. (1) 'n Skuldeiser is nie geregtig
om ten opsigte van 'n doen of late wat
die
onderwerp van 'n strafbeding is, beide die
strafbedrag en
skadevergoeding, of, behalwe
waar die betrokke kontrak uitdruklik
aldus
bepaal, skadevergoeding in plaas van die
strafbedrag te verhaal
nie.
(2)
3. Indien dit by die verhoor van h eis
om h strafbedrag vir die hof blyk dat
daardie
bedrag buite verhouding is tot die nadeel
deur die skuldeiser gely
weens die doen of
18.
late ten opsigte waarvan die straf beding is,
kan die hof die strafbedrag
verminder in die
mate wat hy onder die omstandighede billik
ag:
4. 'n Beding waarby bepaal word dat waar 'n party by 'n ooreenkoms hom onder
daarin gemelde omstandighede daaraan onttrek, 'n ander
party daarby die reg
verbeur om restitusie te eis ten opsigte van enigiets wat hy ingevolge die
ooreenkoms gepresteer het, of ondanks
die onttrekking aanspreeklik bly om
enigiets daaronder te presteer, geld in die mate en onderworpe aan die
voorwaardes in artikels
een tot en met drie yoorgeskryf, asof dit 'n strafbeding
is."
As die bepalings van die Wet nou in verband
gebring
word met die bepalings van die kontrak, dan is
twee gevolgtrekkings
onmiddellik duidelik. Die eerste
is dat die appellant se reg A ontleen word
aan 'n beding
wat klaarblyklik val binne die bestek van die
bewoording van
artikel 4 van die Wet, naamlik 'n beding
wat bepaal dat, waar die appellant
hom aan die kontrak
onttrek weens die kontrakbreuk van die eerste
respondent, soos gemeld in die kontrak, die eerste
respondent die reg verbeur om restitusie te eis ten
19. opsigte van alle
betalings wat hy ingevolge die kontrak gepresteer het. Die tweede is dat die
appellant se reg B voortspruit uit
'n beding wat klaarblyklik val binne die
bestek van die bewoording van artikel 1(1) van die Wet, naamlik 'n beding wat
bepaal dat
die eerste respondent weens sy kontrakbreuk aanspreeklik is om ten
bate van die appellant 'n geldsom te betaal as gelikwideerde
skadevergoeding.
Uit die voorgaande volg dit verder, ewe
duidelik, dat die appellant se regte A en B voortspruit
uit 'n beding wat, op die oog af beskou, 'n strafbeding is volgens die Wet,
en wat dus afgedwing kan word "in 'n bevoegde hof", soos
dit in artikel 1(1)
gestel word, onderhewig aan die moontlikheid van 'n vermindering van "die
strafbedrag" deur die hof, ingevolge
die bepalings van artikel 3 van die Wet. Ek
verwys na "'n strafbeding" in die enkelvoud, omdat dit my voorkom dat die
kontraksbepalings
waaruit regte A en B voortspruit, een strafbeding daarstel wat
twee bestanddele behels,
20.
naamlik die verbeuring van reeds betaalde paaiemente en die betaling van
gelikwideerde skadevergoeding. Dit kan egter geen verskil
maak aan die
regsposisie as 'n mens die kontraksbepalings sou beskou as bevattende twee
strafbedinge wat regte A en B skep nie. Gesamentlik
of afsonderlik behandel, val
die betrokke bepalings van die kontrak binne die bewoording van die
Wet en is
die strafbedrag of strafbedrae dienooreen-
komstig verhaalbaar.
Daar is nog 'n aspek van die Wet wat heeltemal
duidelik is, en wat beklemtoon moet word. Dit het
betrekking op die
bepalings van artikel 2(1), wat die
verloop' van die saak in die Hof
a
quo
beduiwel het.
Daar kan vanselfsprekend geen twyfel wees nie dat
die
"skadevergoeding" waarna in artikel 2(1) verwys word,
geen betrekking kan
hê op die "gelikwideerde
skadevergoeding" wat in artikel 1(1) vermeld word nie.
Die "gelikwideerde
skadevergoeding" van artikel 1(1)
is, volgens artikel 1(2), 'n "strafbedrag", terwyl
21.
artikel 2(1) betrekking het op die verhaal van skade-vergoeding sowel as, of
in plaas van, "die strafbedrag". Die "skadevergoeding"
waarop artikel 2 (1)
slaan, moet dus noodwendig skadevergoeding wees wat
val buite die bestek van 'n strafbeding wat 'n strafbedrag bepaal in die vorm
van gelikwideerde
skadevergoeding. Die gevolg hiervan, metdie oog op
die huidige saak, is belangrik: binne die raamwerk van
die afdwinging van die appellant se regte A en B, as
sodanig, bestaan daar
hoegenaamd geen ruimte vir die
toepassing van artikel 2(1) nie.
Teen die voorgaande agtergrond moet daar
vervolgens gekyk word na die wyse waarop die appellant
se eis in sy
besonderhede van vordering uiteengesit is.
Die tersaaklike bewerings is die
volgende. In
paragraaf 4.1 word die sluiting van die kontrak beweer
(genoem 'n "instalment sale agreement") waarvolgens die
laaigraaf (genoem "the goods") verkoop is. In
paragraaf 4.2 sê die appellant dat 'n afskrif van die
22.
kontrak aangeheg word, gemerk "A"; die bepalings van die kontrak is dus in
effek by die besonderhede van vordering ingelyf. Paragraaf
4.3 lui dan soos
volg: "4.3 In terms of the instalment sale agreement:
4.3.1
the first defendant
undertook to pay the total purchase price of R97 116,00 by way of a deposit of
R15 000,00 and 36 monthly instalments
of R2 281,00 each, the first of which was
payable on the 26th August 1983 and the remaining instalments on the same day of
each succeeding
month;
4.3.2
notwithstanding
delivery, ownership of the goods would not pass to the first defendant unless
and until the pur-chase price had been
paid in full;
4.3.3
in the event of the first defendant defaulting in the punctual
payment of any instalment, the plaintiff would have the right to cancel
the
agreement, to obtain possession of the goods, to retain all payments made by the
first defendant and to claim as liquidated damages
the difference between the
outstanding balance and the greater of the appraised and resale values of the
goods;
4.3.4
in the event of it being
necessary to determine the value of the goods, such value shall be determined by
an
23.
appraiser appointed by the plaintiff, whose appraisal would be final and
binding on the first defendant;
4.3.5 a certificate signed by any manager of the plaintiff, whose status and
appointment need not be proved, would be sufficient proof
of the first
defendant's indebtedness at any material stage."
In paragrawe 5, 6 en 7 word beweer dat "the goods" aan
die eerste respondent gelewer is, dat hy die deposito
betaal het van R15 000,00 en daarna /maandelikse
paaiemente tot in Maart 1984 ten bedrae van R18 258,00,
waarna hy in
gebreke gebly het om enige verdere bedrae
te betaal, en dat die kontrak op 4
Desember 1984
gekanselleer is. Die besonderhede van vordering lui
voorts
soos volg:
"8.1 The goods were duly returned to the plaintiff and were valued on the 4th
January 1985 by an appraiser appointed by the plaintiff
in terms of the
instalment sale agreement at R40 000,00 at a cost of R50,00.
8.2 A copy of the affidavit of the said appraiser is annexed hereto, marked
"C".
8.3 The goods were subsequently resold for
24.
R61 000,00.
8.4 Apart from the cost of the appraisal, the plaintiff disbursed amounts
totalling R12 838,60 in recovering and repairing the goods
to enable the goods
to be sold at the aforementioned price.
9. In consequence of the first defendant's
aforesaid breach of contract, the
plaintiff
has suffered damages calculated as follows:
Total purchase price R97 116,00
Less deposit paid R15 000,00
Less instalments paid 18 258,00
Less value of goods 61 000,00
Add back costs of recovery
and repair 12
838,60
Add back cost of appraisal 50,00
Less reduction
of finance charges
to which the first defendant
is entitled, calculated as
at
4 December 1984 6 452,16
TOTAL R9 294,44
10. A certificate in terms of clause 6.6 of the
instalment sale agreement
reflecting the
first defendant's indebtedness to the
plaintiff is annexed
hereto, marked "D"."
Uit 'n beskouing van die
bewerings hierbo aangehaal, blyk dit onteenseglik dat die appellant se
25.
eis, soos dit geformuleer is, 'n eis was ter afdwinging van regte A en B,
albei waarvan pertinent aangevoer word in paragraaf 4.3.3.
Die eis was presies
gegrond op die bepalings van die kontrak wat die strafbeding daargestel het,
soos hierbo verduidelik is. Die
afdwinging van reg A blyk uit die feit dat daar
geen aanbod is om bedrae wat deur die eerste respondent ingevolge die kontrak
betaal
is, terug te betaal nie, maar dat daardie bedrae in verrekening gebring
word in die tweede en derde items van die saméstelling
van die bedrag van
die eis in paragraaf 9. Die afdwinging van reg B blyk ten duidelikste uit die
bewerings vervat in paragraaf 8,
wat geen sin kan hê anders as in die
verband van die afdwinging van reg B nie. Daarbenewens pas die metode van
berekening van
die gevorderde bedrag, soos uiteengesit in paragraaf 9, volkome
in by die afdwinging van reg B.
Daar is twee bewerings in die besonderhede
26. van vordering wat denkbaar twyfel sou kon skep oor die aard van die
appellant se eis, maar dit is slegs die geval by 'n oppervlakkige
beskouing
daarvan; by nadere beskouing skep dit geen probleme nie. Die eerste is die
bewering in paragraaf 8.4 dat die appellant
uitgawes aangegaan het, onder meer
ten opsigte van
"repairing the goods to enable the goods to be sold at
the aforementioned price". In klousule 18.2 van die
kontrak (hierbo aangehaal) is daar geen melding van die
koste van herstelwerk nie, met of sonder verwysing na h
bepaalde herverkoopprys wat behaal word. Die gemelde bewering kan egter nie
beskou word as aanduidend van 'n
bedoeling om die eis buitekant die perke
van reg B te laat gaan nie. Volgens klousule 12.3 word daar van die
herverkoopprys die uitgawes
afgetrek wat genoem word in klousule 18.2, en
volgens laasgenoemde klousule sluit dit in "alle ... uitgawes ... deur die
Kredietgewer
aangegaan om ... die Goedere te verkoop....". In hierdie samehang
dra die woordjie
27.
"om" die sin van "met die doel" ("in order to"), en op daardie grondslag val
herstelwerk om die artikel in 'n verkoopbare toestand
te bring klaarblyklik
binne die omvang van die uitgawes waarop klousule 18.2 betrekking het. Die
grondliggende bewering van paragraaf
8.4 van die besonderhede van vordering is
dat uitgawes aangegaan is om die laaigraaf te verkoop, en die
voortborduring
op daardie bewering deur die byvoeging
van die woorde "enable" en "at the
aforementioned price" kan daaraan geen afbreuk doen nie.
Die tweedé
bewering is dié in paragraaf 9, dat "the plaintiff has suffered damages
calculated as follows...". Met die
eerste oogopslag kan dit lyk asof die
appellant hier 'n eisoorsaak wou stel anders as, en buiteom, die kontraktueel
bedonge regte
A en B, maar dit kos net 'n oomblik se nadenke om te besef dat
hierdie bewering nie die uitwerking kan hê dat die appellant
se eis verder
gaan of iets anders is as 'n eis wat steeds gebaseer is op die bepalings van
die
28.
strafbeding en die regte A en B wat daaruit voortspruit
nie. Wat
laasgenoemde eis betref, is die gemelde bewering ontbeerlik en oorbodig. As die
bewering dat
die appellant skade gely het soos dit bereken word in paragraaf
9 nie gemaak was nie, as daar byvoorbeeld slegs beweer is: "the plaintiff
is
entitled to payment
of an amount calculated as follows ...", dan sou die
besonderhede van vordering nog 'n volledige en geldige
eisoorsaak bevat het, gegrond op die strafbeding en
regte A en B. Dit is geen ongewone verskynsel nie dat
'n eiser in die
uiteensetting van sy eis bewerings maak
wat onnodig is vir die formulering
van 'n geldige
eisoorsaak en dat sodanige bewerings hom nie benadeel
nie.
In die huidige geval kan die appellant se
bewering dat hy skade gely het soos
uiteengesit hom
nie benadeel nie, omdat die wyse van berekening van
die
gevorderde bedrag presies val binne die kader van die
strafbeding en regte A en B soos aangevoer in die
besonderhede van vordering. (Die laaste item in die
29.
berekening, waarvolgens aan die eerste respondent krediet verleen word ten
opsigte van die vermindering van finansieringskoste, spruit
voort uit iets wat
irrelevant is tot die huidige bespreking (die bepalings van die Woekerwet 73 van
1968) en dit kan buite beskouing
gelaat word.) Les bes, vir sover die verwysing
na die skade wat gely is in paragraaf 9 die indruk kan skep dat die appellant
"skadevergoeding"
wou geëis het, is dit volkome duidelik uit die berekening
van die gevorderde bedrag dat die appellant in der waarheid niks anders
geëis het as juis die "gelikwideerde skadevergoeding" soos bepaal in die
strafbeding nie, en dat hy dus inderdaad geen bedrag
geëis het bo en
behalwe, of in plaas van, die totale strafbedrag wat bepaal is in die
strafbeding nie.
Uit die voorgaande bespreking volg dit vanself dat artikel
2(1) van die Wet op Strafbedinge nie van toepassing gemaak kon word op
die
appellant se eis nie, en dat die beslissing van die Hof
a guo
oor
30.
die hoofpunt verkeerd was.
Om nou terug te kom op die verloop van die saak in
die Hof
a quo
: wat die saak daar laat ontspoor het, was klaarblyklik die
bewering in paragraaf 9 van die appellant se besonderhede van vordering
wat ek
hierbo bespreek het, naamlik dat die appellant skade
gely het soos
uiteengesit. Toe die Verhoorregter
tydens die beredenering van die saak
teenoor die advokate die vraag geopper het of die appellant se eis nie
onafdwingbaar was nie
vanweë die bepalings van artikel 2(1) van die Wet op
Strafbedinge, moes hy in gedagte gehad het dat die appellant se eis 'n
eis om
skadevergoeding kon wees van die aard wat beoog word in artikel 2(1) van die
Wet. Die reaksie van die advokate van albei kante
daarop, soos blyk uit hulle
skriftelike betoë destyds, was om te aanvaar dat die appellant inderdaad
skadevergoeding geëis
het soos bedoel word in artikel 2(1), en die
Verhoorregter se uitspraak berus op dieselfde grondslag. Soos hopelik sal blyk
uit wat
31. ek reeds hierbo gesê het, was daardie uitgangspunt
verkeerd. Dit is daarom streng gesproke onnodig om in te gaan op enige
verdere
aspekte van die betoë oor dïe die hoofpunt en die Verhoorregter se
bevindings dienaangaande. Ek ag dit nietemin
gerade, ten einde moontlike
misverstand ten opsigte van die uitwerking van hierdie uitspraak te vermy, om
kortliks na enkele verdere
aspekte van die benadering tot die hoofpunt in die
Hof
a quo
te verwys.
Daar is skynbaar in die Hof
a guo
allerweë aanvaar dat 'n hof in die algemeen bevoeg is (en miskien selfs
verplig) om
mero motu
te oorweeg of 'n eiser se eis om skadevergoeding
strydig is met die bepalings van artikel 2(1 ) van die Wet op Strafbedinge, en,
indien bevind sou word dat dit wel die geval is, dan
mero motu
te weier
om die eis af te dwing, selfs waar die verweerder geen verweer in dier voege in
sy pleitstukke geopper het nie. Ek het bedenkings
daaroor of so 'n benadering
korrek is, ten minste in die geval van h
32.
bestrede aksie (die posisie in onbestrede aksies, soos waar vonnis by verstek
aangevra word, laat ek buite beskouing). 'n Hof sal
wel
mero motu
weier
om 'n onwettigheid af te dwing, as daar aan sekere vereistes voldoen word (kyk
bv
Yannakou v Apollo Club
1974 (1) SA 614
(A) op 623 H), maar 'n eis om
skadevergoeding
strydig met artikel 2(1) van hierdie Wet kan nouliks
beskou word as 'n onwettigheid. Al wat dïe artikel
bepaal, is dat 'n skuldeiser nie "geregtig" is om
skadevergoeding te verhaal bykomstig tot, of in plaas
van, 'n
strafbedrág nie (in die een geval, tensy die
kontrak uitdruklik aldus
bepaal). Die artikel verskaf
in die gegewe omstandighede aan 'n skuldenaar 'n verweer
wat hy kan opper,
maar as hy dit nie doen nie, of nie
wil doen nie (byvoorbeeld waar die bedrag
van die
skadevergoeding wat geëis word minder is as die
strafbedrag), dan mag dit wel wees dat die hof geen
rede het om hom uit eie beweging te bemoei met die
artikel nie. Die bewoording van hierdie artikel kan
33. gekontrasteer word
met die andersluidende bewoording van bepalings soos dié van artikels
2(1), (2) en (3) en 5(2) van die
Woekerwet, waar ander oorwegings denkbaar kan
geld. Daarteenoor kan artikel 2(1) vergelyk word met artikel 3 van die Wet op
Strafbedinge,
ten aansien waarvan dit duidelik is dat 'n hof in 'n bestrede
saak
nie ongevraagd 'n vermindering van die strafbedrag sal
oorweeg nie - die verweerder moet die grondslag van h
vermindering beweer en bewys (
Smit v Bester
1977 (4) SA
937 (A) op 942 D-G;
Magna Alloys and Research (SA)
(Pty) Ltd v Ellis
[1984] ZASCA 116
;
1984 (4) SA 874
(A) op 906 D-I en 908 C-D;
Chrysafis and Others v Katsapas
1988 (4) SA 818
(A) op 828 I). 'n
Soortgelyke benadering tot artikel 2(1) sou bes moontlik vanpas wees. Soos die
saak egter in die Verhoorhof verloop
het, is daar nie namens die appellant
beswaar gemaak daarteen dat die hoofpunt in oorweging geneem word sonder dat die
respondente
hulle verweerskrif gewysig het nie, en het die appellant in effek
met die respondente in geding getree ten opsigte
34. van die meriete daarvan.
Die uitslag van die huidige appèl is ten gunste van die appellant, ten
opsigte van die hoofpunt.
In hierdie omstandighede is dit nie vir my nodig om 'n
finale mening uit te spreek oor die wyse waarop die toepaslikheid van artikel
2(1) in die Hof a
quo
te berde gebring en gehanteer is nie. Die
opmerkings wat ek daaroor gemaak het, het slegs ten doel om te verseker dat
hierdie uitspraak,nie
beskou
word as 'n stilswyende goedkeuring van die prosedure wat
in die Hof
a guo
gevolg is nie.
Namens die appellant is daar op verskeie gronde aangevoer dat die Wet op
Strafbedinge in sy geheel nie op die appellant se eis toepaslik
is nie (dit is
gedoen - nogal ironies, dink ek - in 'n poging om weg te kom van die
verkeerdelik vermeende gevaar wat daar vir die
appellant in artikel 2(1) van die
Wet sou gelê het). Een van die argumente wat geopper is, was dat die
kontrak tussen die appellant
en die eerste respondent 'n krediettransaksie was
wat onderhewig was
35. aan die bepalings van die Woekerwet, en dat die Wet op
Strafbedinge nie op so 'n kontrak van toepassing is nie. Die Verhoorregter
het
hierdie argument in sy uitspraak behandel en bevind dat die kontrak wel
onderhewig was aan die bepalings van die Woekerwet, maar
dat dit nie die
toepaslikheid daarop van die Wet op Strafbedinge
uitgeskakel het nie.
Terloops kan ek daarop wys dat
die Verhoorregter ter ondersteuning van laasgemelde
bevinding nie verwys het na die bepalings van artikel 9 A van die Woekerwet
nie, klaarblyklik omdat sy aandag nie daarop gevestig
was nie. Hoe dit ook al
sy, ek spreek geen mening uit oor die Verhoorregter se beslissing op hierdie
punt nie. Ek noem die aangeleentheid
slegs om aan te toon dat die toepaslikheid
en die bepalings van die Woekerwet wel ondersoek en aangespreek was in die
betoë
van die advokate in die Hof
a guo
, en in die uitspraak van die
Verhoorregter behandel is. Dit is teen hierdie agtergrond dat ek daarop moet wys
dat daar in die appèl
36. voor hierdie Hof namens die respondente nie
gesteun is op die bepalings van die Woekerwet om in enige opsig die appellant se
eis
die hoof te probeer bied nie. Tydens die beredenering van die appèl
is die respon-dente se advokaat pertinent gevra of die
respondente enige steun
wil plaas op die bepalings van artikel 5(2) van die Woekerwet, waarop die
antwoord ontkennend was. Die Woekerwet
kan dus verder buite rekening gelaat
word.
'n Ander grond waarop daar namens die appellant aangevoer is dat die
Wet op Strafbedinge nie op die kontrak van toepassing is nie,
is dat die
betrokke bepalings van die kontrak nie
in terrorem
ingevoeg is nie en dus
nie 'n strafbeding uitmaak soos in die Wet beoog word nie. Dié betoog is
deur die Verhoorregter verwerp.
Dit is nie vir my nodig om 'n standpunt hieroor
in te neem nie, en ek doen dit ook nie, maar ek wil nie hê dat my stilswye
beskou word as 'n aanvaarding van die gedagte dat die bestaan van 'n
37.
bedoeling
in terrorem
altyd, of in die huidige samehang, 'n voorvereiste
is vir 'n beding om te kwalifiseer as 'n strafbeding binne die bestek van die
Wet nie. Daar is natuurlik gevalle waar dit nodig is om vas te stel of 'n
bepaalde beding beoog was om 'n uitwerking
in terrorem
te hê, soos
blyk uit die beslissings van hierdie Hof waarop daar namens die appellant
gesteun is (
Da Mata v Otto N 0
1972 (3) SA 858
(A) op 878G-879C;
De
Pinto and Another v Rensea Investments (Pty) Ltd
1977 (2) SA 1000
op 1007
A-H;
Tamarillo (Pty) Ltd v B N Aitken (Pty) Ltd
1982 (1) SA 398
(A) op
438C-H). Sonder om op besonderhede in te gaan, kom dit my egter voor dat die
feitelike situasies wat ter sprake was in die
genoemde sake onderskei kan word
van die omstandighede van die huidige saak. Die appellant se reg B, om
gelikwideerde skadevergoeding
te. eis, berus klaarblyklik op 'n egte
vooruitberaming van skade, waarby geen element
in terrorem
inbegrepe is
nie, maar wat tog as 'n strafbeding geld kragtens
38.
artikel 1(1) van die Wet; en aangesien daardie artikel die onderskeid tussen
'n straf en gelikwideerde skadevergoeding afgeskaf het,
terwyl artikel 4 aan die
verbeuringsbeding waaruit die appellant se reg A voortspruit (soos dit hier
gekoppel is aan reg B) die gelding
van 'n strafbeding toeskryf, skyn dit weinig
sin
te hê om nog aandag te skenk aan die
in terrorem
-
element
met betrekking tot die onderhawige beding as 'n geheel.
In die loop van sy
uitspraak, en in verband met sy verwerping van die betoog namens die appellant
dat die Wet op Strafbedinge nie
op die onderhawige kontrak van toepassing is
nie, het die Verhoorregter die stelling kwytgeraak dat, indien die Wet op
Strafbedinge
nie van toepassing sou wees nie, die strafbeding waarop die
appellant se eis berus, in ieder geval nie afdwingbaar sou gewees het
nie, met
'n sydelingse verwysing na die regsposisie soos dit gegeld het voor die aanname
van die Wet op Strafbedinge. Na
39.
my mening, met eerbied teenoor die Verhoorregter, is hierdie stelling van hom
irrelevant en hoef dit dus nie in oorweging geneem te
word nie. Ek sê dit
om die volgende redes. Soos vroeer vermeld, het die respon-dente in hulle
verweerskrif die kontrak tussen
die appellant en die eerste respondent erken, en
die appellant se bewerings met betrekking , tot die gevorderde bedrag en die
respondente
se aanspreeklikheid ten opsigte daarvan in algemene terme in geskil
geplaas. Die erkenning van die kontrak het 'n erkenning behels
van die
grondliggende bepalings daarvan wat die strafbeding uitgemaak het en waarop die
appellant se eis berus het, soos aangevoer
in paragraaf 4.3.3 van die
besonderhede van vordering. Wat betref die ontkenning in algemene terme, het die
respondente ten opsigte
van paragraaf 8 van die besonderhede van vordering
gepleit dat hulle geen persoonlike kennis dra van die inhoud daarvan nie, en dat
hulle dit nie erken nie en bewys daarvan verg. Met betrekking tot
40.
paragraaf 9 van die besonderhede van vordering, het die respondente die
eerste drie bedrae genoem in die appellant se berekening erken,
beweer dat die
laaste bedrag (die krediet ten opsigte van finansieringskoste) verhoog moes word
tot R11 381,27, en origens sonder
meer elke bewering in paragraaf 9 ontken "asof
spesifiek weerlê", en bewys daarvan geverg. Daar is geen suggestie in die
verweerskrif
van enige verweer wat berus op die ongeldigheid of
onafdwingbaarheid, regtens gesproke, van die kontraksbepalings wat aangevoer
word
in paragraaf 4.3.3 van die besonderhede van vordering of van die appellant
se regte daaruit voortspruitend nie. Volgens die pleitstukke
was die
afdwingbaarheid van die strafbeding geen deel van die geskilpunte tussen die
partye nie. As gevolg van die Verhoorregter
se optrede het die afdwingbaarheid
van die appellant se eis wel 'n geskilpunt geword, maar slegs in die samehang
van die bepalings
van artikel 2(1) van die Wet op Strafbedinge. As dit nou
blyk,
41 . soos ek bevind het, dat die appellant se eis nie op daardie grond
onafdwingbaar is nie, dan is dit nog steeds geen deel van die
geskilpunte tussen
die partye dat die strafbeding op enige ander grond, afgesien van die Wet op
Strafbedinge, regtens onafdwingbaar
is nie. Dit word bevestig deur die feit dat
daar nie namens die respondente aangevoer is, òf in die Hof
a quo
òf op appèl in hierdie Hof, dat die strafbeding onafdwingbaar sou
wees as die Wet op Strafbedinge nie daarop van toepassing
sou wees nie. Die punt
ontstaan eenvoudig nie vir oorweging nie. Dit is dan ook op daardie grondslag
dat ek dit hierbo onnodig gevind
het om 'n standpunt in te neem oor die vraag of
die Wet op Strafbedinge van toepassing is op die kontrak al dan nie.
Verder
moet ek daarop wys dat die Verhoorregter in sy uitspraak aangedui het dat hy nie
saamstem nie met die beredenering wat gevolg
is in die sake
De Lanqe v
Deeb
1970 (1) SA 561
(O) en
Tierfontein
42.
Boerdery (Edms) Bpk v Weber
1974 (3) SA 445
(C). In sy betoog in
hierdie appèl het die appellant se advokaat ons verwys na die onlangse
beslissing van hierdie Hof in
Botha (now Griessel) and Another v Finanscredit
(Pty) Ltd
1989 (3) SA 773
(A), waarin (op 795F-796H) die benadering in
De
Lange
se saak goedgekeur is en daar met goedkeuring verwys is na die
Tierfontein
-saak, en aangevoer dat dit 'n volkome antwoord behels op die
beslissing van die Hof
a guo
oor die hoofpunt. Maar volgens die uitleg
wat ek hierbo geheg het aan die kontraksbepalings in die huidige saak, en aan
die appellant
se besonderhede van vordering, is sowel die onderhawige
kontraksbepalings as die appellant se eis om "skadevergoeding" wesenlik
verskillend
in aard van die kontraksbepalings en die eise om skadevergoeding wat
in die genoemde sake ter sprake was. Gevolglik gaan ek nie verder
daarop in
nie.
Daarmee is my bespreking van die hoofpunt afgehandel. Dit is nou nodig om
aandag te skenk aan
43.
die ondergeskikte punte.
Soos vroeër genoem, is daar namens die
appellant met die aanvang van die verhoor te kenne
gegee dat die bedrag
van die appellant se eis verminder
word tot R8 643,37. Dit het saamgehang met
die
vervanging van die sertifikaat wat aanvanklik ingevolge
klousule 6.6
van die kontrak uitgereik is, waarna
verwys word in paragraaf 10 van die
besonderhede van
vordering en wat die syfers bevat wat verskyn
in
paragraaf 9 van die besonderhede van vordering, deur 'n
ander
sertifikaat wat kragtens klousule 6.6 uitgereik
is, en wat onderteken is deur ene Dos Santos. Hierin
sertifiseer Dos Santos soos volg:
"1. I am the acting manager of the Instalment Finance Department of the Bank of
Lisbon and South Africa.
2. Barend Johannes Venter is presently indebted to The Bank of Lisbon and South
Africa Ltd as follows:
Total purchase price R97 116,00
Less deposit paid 15 000,00
Less instalments paid 18 258,00
44.
Less resale value of goods 61 000,00
Add back
reasonable costs: Recovery costs R1 200,00 Recovery costs 691,56 Repair costs 10
947,04 Valuator costs
50,00
12 888,60 12 888,60 Less reduction of finance charges
7
103,23
total
R8
643,37
"
Die enigste wesenlike verskil tussen die
syfers in
Dos Santos se sertifikaat en dié in paragraaf
9 van die besonderhede
van vordering is dat die laaste
item (die krediet ten opsigte van
finansieringskoste)
verhoog is van R6 452,16 tot R7 103,23, wat vir
die
verskil in die totale verskuldigde bedrag verantwoorde-
lik is. Die
kredietbedrag van R7 103,23 is nie in die
gedrang in hierdie appèl nie
en dit behoef geen verdere
aandag nie. Ook nie in geskil nie is die eerste
drie
items (R97 116,00, R15 000,00 en R18 258,00) en die
item ten opsigte van die waardasiekoste (R50,00). Wat
wel in geskil is, is
sekere aspekte van die oorblywende
items, na aanleiding van die Verhoorregter se
bevindings dienaangaande.
45.
Alvorens ek die afsonderlike geskilpunte behandel, is dit nodig om iets in
die algemeen te sê oor die uitwerking van Dos Santos
se sertifikaat. Dit
is nie namens die respondente betwis dat sy sertifikaat in 'n formele sin
behoorlik uitgereik is ingevolge klousule
6.6 van die kontrak nie. Gevolglik is
die sertifikaat, kragtens klousule 6.6, "op sigself voldoende bewys", van die
eerste respondent
se "verskuldigheid" ingevolge die kontrak. Die presiese
trefkrag van die uitdrukking "voldoende bewys", soos dit gebruik word in
klousule 6.6, is nie vir my duidelik nie. Wat wel seker is, is dat die
appellant, om mee te begin, niks meer hoef te doen as om net
staat te maak op
die sertifikaat ten einde die bedrag van sy eis te bewys nie, en dat, as daar
geen verdere getuienis vorendag kom
met betrekking tot die inhoud van die
sertifikaat nie, die appellant geregtig sou wees op vonnis teen die eerste
respondent ooreenkom-stig
die sertifikaat. Die probleem ontstaan egter
46.
wanneer daar wel ander getuienis vorendag kom wat twyfel kan werp op die
korrektheid van die inhoud van die sertifikaat. Daar is nie
betoog namens die
appellant dat getuienis nie toelaatbaar is om die inhoud van die sertifikaat te
weerspreek nie. So 'n betoog is
tereg nie geopper nie. "Voldoende bewys" beteken
normaalweg nie dieselfde as "afdoende bewys" nie; alhoewel in 'n buitengewone
samehang
"voldoende" ("sufficient") moontlik dieselfde uitwerking kan hê
as "afdoende" ("conclusive") (vgl die bespreking in Schmidt,
Bewysreg
(derde uitgawe) op 216-8, van die uitspraak in
S v Seleke
1980 (3) SA 745
(A)), is ek oortuig daarvan dat dit nie die geval is met betrekking tot klousule
6.6 van die kontrak nie.
Die vraag is dan op watter wyse getuienis ter
weerspreking van die inhoud van die sertifikaat beoordeel moet word. Daar is
sake waarin
daar beslis is, ten opsigte van sekere statutêre bepalings,
dat die uitdrukking "voldoende getuienis" die betekenis dra van
47. "
prima
facie
getuienis", en dat die uitdrukking "sufficient proof" gelykstaande is
aan die begrip "
prima facie
proof" - kyk
S A Army Fund v Umdloti Beach
Health Committee
1974 (4) SA 948
(N) op 954D-H en
S v Moroney
1978
(4) SA 389
(A) op 406D-H. Dit volg egter nie noodwendig dat die woorde
"voldoende bewys" in
klousule 6.6 nou juis op dieselfde wyse ve'rtolk
moet
word nie. Die betekenis en uitwerking van so 'n
uitdrukking hang af van die samehang waarin dit
voorkom. In
Senekal v
Trust Bank of Africa Ltd
1978
(3) SA 375 (A) het die Hof te doen gehad met 'n kontrak
wat, ten opsigte
van 'n sertifikaat van dieselfde aard
as waarmee ons in die huidige saak te
doen het, bepaal
het dat die sertifikaat
"... shall be
prima facie
evidence of the
amount due by the debtor ...."
Ten aansien daarvan
het MILLER AR die volgende gesê (op
382-3):
"At the end of the case, when all the evidence (which includes
the certificate) is
48.
in, the Court must decide whether the party upon whom the
onus
rests has
discharged it on a proper balance of probabilities. As was pointed out by
STRATFORD JA in
Ex parte Minister of Justice : In re R v Jacobson and
Levy
1931 AD 466
at
478:
'
Prima facie
evidence, in its more usual sense, is used to mean
prima
facie
proof of an issue the burden of proving which is upon the party giving
that evidence.'
If the
prima facie
evidence or próof remains unrebutted at the
close of the case, it be-comes 'sufficient proof' of the fact or facts (on the
issues with which it is concerned) necessarily to be established by the party
bearing the
onus of proof
. (
Salmons v Jacoby
1939 AD 588
at
593.)"
Dit is opvallend dat MILLER AR, in
teenstelling met
"
prima facie
evidence", die uitdrukking "sufficient
proof" gebruik
het om te verwys na 'n toestand van sake
waar 'n eiser hom van sy
uiteindelike bewyslas gekwyt
het. Dit mag wees dat "voldoende bewys" in
klousule
6.6 'n ooreenstemmende sterker betekenis dra as "
prima
facie
bewys", ook in ag genome dat die laaste gedeelte
van die
klousule wyd genoeg is om gevalle te omvat waar
daar weersprekende getuienis voor die hof geplaas word.
49.
Dit sou dan beteken dat klousule 6.6 nie slegs 'n
weerleggingslas op die
eerste respondent plaas nie, maar 'n bewyslas, met die gevolg dat hy die
bewyskrag van die sertifikaat slegs
sou kon neutraliseer deur op
'n oorwig
van waarskynlikhede te bewys dat die inhoud van die sertifikaat verkeerd
is.
Die betekenis en effek van die uitdrukking "voldoende bewys" in klousule
6.6 is hie deur die advokate voor hierdie Hof beredeneer
nie, en gevolglik sou
ek verkies om nie 'n besliste mening uit te spreek oor die vrae hierbo geopper
as dit nie nodig is om dit te
doen nie. Inderdaad meen ek dat dit nie nodig is
nie. Volgens my beskouing van die getuienis wat voor die Verhoorhof geplaas is,
het die eerste respondent nie eers daarin geslaag om hom van 'n weerleggingslas
te kwyt ten opsigte van die inhoud van die sertifikaat
nie, ten spyte van die
Verhoorregter se bevindings tot die teendeel. Ek sal dus bloot veronderstel,
sonder om te beslis, dat "voldoende
bewys" in klousule 6.6 nie
50. meer
beteken nie as "
prima facie
bewys", en dienooreenkomstig die benadering
in die
Senekal
-saak
supra
op hierdie geval toepas.
Die eerste
betwiste item in Dos Santos se sertifikaat is die herverkoopwaarde van die
laaigraaf, R61 000,00. Die Verhoorregter het
bevind dat daar 'n
verdere
bedrag van R1 500,00 by hierdie bedrag gevoeg moes word. Die feite waarop sy
bevinding berus het, is kortliks die volgende.
Nadat die appellant die besit van
die laaigraaf teruggekry het, is dit besorg aan 'n maatskappy, "Sherguip", om
dit te herstel en
om 'n koper daarvoor te probeer vind. Uiteindelik het Sherquip
self die masjien van die appellant gekoop vir 'n bedrag van R61 000,00.
Voordat
dit gebeur het, het die laaigraaf beland by 'n ander maatskappy, "Quarry-Cats",
wat dit vir 'n tyd lank gebruik het. Geen
regstreekse getuienis is gelei
aangaande die transaksie tussen Sherquip en Quarry-Cats nie, maar daar was drie
dokumente voor die
Verhoorhof wat daarop betrekking
51 .
gehad het, en wat deur die partye aanvaar is om
dokumente te wees wat is
wat dit voorgee om te wees,
sonder dat die inhoud daarvan erken is. Eerstens was
daar 'n faktuur van
Sherguip aan Quarry-Cats, gedateer
18 September 1985, waarin 'n debietbedrag
weerspieël
word van R4 100,00, synde R3 600,00 ten opsigte van die
huur van die laaigraaf van 27 Maart 1985 tot 9 Mei 1985
en vervoerkoste van R500,00. Tweedens was 'daar 'n brief
van Quarry-Cats aan Sherquip, gedateer 14 Oktober 1985,
waarin daar met
verwysing na die genoemde faktuur die
volgende gesê word:
"It is our policy to purchase new, so it was arranged with your Mr Cowley that
your machine be on demonstration for a certain period
and not on hire.
The machine arrived on the 28th March 1985 and from the very next day we
encountered numerous problems with the machine and because
of this we informed
your Mr Cowley on the 29th April 1985 that we were not interested in the
machine.
We hope this clarifies the matter and we await your credit note in due
course."
Onderaan die brief is daar 'n handgeskrewe
nota:
52. "Settled for Rl 500". Derdens is daar 'n volgende faktuur van
Sherquip aan Quarry-Cats, gedateer 20 November 1985, waarin 'n kredietbedrag
van
R2 600,00 weerspieël word "Being credit against hire of the above
machine".
Op grond van hierdie dokumente het die Ver-hoorregter bevind dat
Sherquip waarskynlik aangedring het op betaling van die bedrag van
R1 500,00,
dat Quarry-Cats ingestem het om die bedrag te betaal by wyse van 'n skikking van
'n potensiële dispuut, dat Sherquip
waarskynlik verplig was om die bedrag
aan die appellant oor te betaal, en dat die appellant die bedrag sou ontvang het
bykomstig
tot die bedrag van R61 000,00, as deel van die opbrengs van Sherquip
se poging om die laaigraaf te verkoop. Ek kan, met eerbied,
nie met hierdie
bevindings saamstem nie. Daar bestaan net nie enige toelaatbare getuienis met
enige bewyswaarde ten opsigte van enige
van die bevindings nie. Die dokumente
kan na my oordeel tot niks meer
53. aanleiding gee as blote bespiegeling nie,
en gevolglik het dit dit nie weerleggingskrag met betrekking tot die
prima
facie
uitwerking van die sertifikaat en die syfer van R61 000,00 wat daarin
vervat is nie.
Die tweede betwiste item is dié van terug-krygingskoste
ten bedrae van R1 200,0. Die agtergrond
tot hierdie item is die volgende.
Twee amptenare van
die appellant het herbesit van die laaigráaf verkry
op die plaas Doornkop, by Roodepoort, waar dit deur ene Holtzhausen gebruik
is
om sand te laai. Die appellant se amptenare het vir ongeveer 25 kilometer met
die laaigraaf gery tot by 'n plek genaamd Triomf,
waar die masjien gaan staan
het en nie weer aan die gang gekry kon word nie. Die appellant het die hulp van
Sherquip ingeroep. Sherquip
se werktuigkundiges het herstel-werk aan die masjien
gedoen waar hy gaan staan het, maar ten slotte moes die masjien ingesleep word
na Sherquip se werkswinkel op Springs. Daar is omvangryke herstelwerk aan die
masjien gedoen om dit in 'n werkende
54.
en verkoopbare toestand te bring. Sherquip se vergoeding vir die aanvanklike
herstelwerk by Triomf en die insleep van die voertuig
na Springs word
weerspieël in die tweede item ten opsigte van "recovery costs" in Dos
Santos se sertifikaat, ten bedrae van
R691,56, terwyl die herstelkoste op
Springs weergegee word in die syfer van R10 947,04 ten opsigte van "repair
costs". Oor laasgenoemde
twee items is daar getuienis gelei van werknemers van
Sherquip. Oor die betwiste bedrag van R1 200,00, d w s die eerste item van
"recovery costs" in die sertifikaat, het die appellant egter geen getuienis
aangebied nie. Daar was slegs onder die bundel dokumente
wat aan die Verhoorhof
voorgelê is, 'n debietnota van die appellant aan die eerste respondent,
met die inskrywing:
"Repossession charges re IS/A/1 750/01 R1 200,00" maar
die getuies van die appellant kon nie daarop enige verdere lig werp nie.
In sy uitspraak ten opsigte van hierdie item
55. het die Verhoorregter uitgewei oor die feit dat hy nie verstaan het wat
die bedrag van R1 200,00 veronderstel was om te verteenwoordig
nie, dat daar in
die appellant se getuienis geen verduideliking daarvan aangebied was nie, in
teenstelling met die ander bedrag van
terug-krygingskoste (R691,56) en die
bedrag van herstelkoste
(R10 947,04), en dat daar geen grondslag was waarop die
appellant die bedrag van R1 200,00 kon vorder nie,
tensy die sertifikaat van Dos Santos sodanige grondslag
verskaf het. Wat
dit betref, het die Verhoorregter die
uitwerking van die sertifikaat oorweeg,
onder meer met
verwysing na die
Senekal
-saak
supra
, en toe sy
algemene
gevolgtrekking, wat die verwerping van hierdie item
ingesluit
het, soos volg gestel:
"This Court is required to take cognisance of all evidence. On the totality of
evidence, the certificate ' at the end of the day'
and despite any placing of
the onus of proof, leads to no different result, except in re-gard to the R50,00
for the valuation, than
would have been appropriate if the certifi-cate had
never been produced."
56. As die Verhoorregter
hierdeur bedoel het om te bevind (soos dit my voorkom) dat die sertifikaat geen
bewyswaarde gehad het ten
opsigte van die bedrag van R1 200,00 nie, dan kan ek,
met eerbied, nie met hom saamstem nie. Die juiste benadering is dat die
sertifikaat
(ten minste)
prima facie
bewys daargestel het dat die bedrag
van R1 200,00 behoorlik in berekening gebring is met die bepaling van die eerste
respondent se
skuld teenoor die appellant, en dat daar beoordeel moes word of
daar weerleggende getuienis was van genoegsame gewig om sodanige
bewys te
neutraliseer. Ter ondersteuning van die Verhoorregter se bevinding op hierdie
punt, is daar namens die respondente verwys
na die swak gehalte van die
getuienis van Dos Santos, waarvan die Verhoorregter ook gewag gemaak het in sy
beredenering. Onder kruisondervraging
het Dos Santos erken dat hy self geen
kennis gedra het van enige van die inskrywings in die sertifikaat nie, en dat hy
bloot aanvaar
het dat dit
57. korrek was toe dit aan hom voorgelê is
vir onderteken-ing. Dit het verder geblyk dat die sertifikaat opgestel was deur
ene
Sadie, 'n werknemer van die appellant, in samewerking met die advokaat wat
namens die appellant opgetree het, en dat Dos Santos veronderstel
het dat die
inskrywings nagegaan is aan
die hand van die appellant se grootboekkaart
ten
opsigte van die eerste respondent se skuld. Op grond
van hierdie getuienis is daar aangevoer dat die
bewyswaarde wat die
sertifikaat andersins kon gehad
het, vernietig is, of in elk geval verminder
is tot
feitlik niks. Na my mening kan hierdie betoog nie
opgaan nie.
Volgens klousule 6.6 is die sertifikaat
"
op sigself
" voldoende bewys
van die eerste respondent
se skuld. Die oogmerk van die bepaling is klaarblyklik
juis om
bewysprobleme in verbánd met inskrywings in die
appellant se rekeningboeke uit te skakel (vgl die
Senekal
-saak op
381H-382A), en die feit dat die
ondertekenaar daarvan nie persoonlik kennis dra van die
58. korrektheid
van die items wat daarin vervat is nie, kan na my mening nie afbreuk doen aan
die ooreengekome bewyskrag daarvan nie.
Hoogstens kan daar gesê word dat,
indien getuienis ter weerlegging van die inhoud van die sertifikaat vorendag
gebring word,
die onkunde
van die ondertekenaar daarvan 'n negatiewe faktor
is by
die beoordeling van die uiteindelike vraag of die
bewyslas aan die einde van die saak gekwyt is.
Voorts is daar namens die
respondente betoog dat die Verhoorregter tereg klem gelê het op die feit
dat die appellant getuienis
aangebied het ter bewys van die items van R691,56 en
R10 947,04, maar nie ten opsigte van die item van R1 200,00 nie. Na my oordeel
is daardie feit, op sigself staande beskou, van geen betekenis nie. Die
appellant was nie geroepe om enige getuienis hoegenaamd aan
te bied, bo en
behalwe die sertifikaat nie, en dat hy dit wel gedoen het ten opsigte van
sommige items (om watter rede ook al), kan
geen nadelige afleiding teen hom
regverdig ten opsigte
59.
van ander items nie; ten opsigte van laasgenoemde bly die bewyskrag van die
sertifikaat op sigself staan. Maar dan was die betoog
verder dat die getuienis
wat wel voorgelê is, aandui dat dit onwaarskynlik is dat enige ander
terugkrygingskoste aangegaan
sou gewees het, aangesien die getuienis alles dek
wat gedoen is
vandat die laaigraaf by Triomf gaan staan het en
daarna.
Hierdie oorweging het by die Verhoorregter ook 'n rol gespeel. Met die eerste
oogopslag skyn daar iets daarin te steek, maar
na my oordeel verontagsaam dit
ander aspekte van die getuienis, waarna ek nou kortliks sal verwys. Soos
vroeër genoem is, het
die eerste respondent geen paaiemente betaal na Maart
1984 nie. Uit die getuienis van die respondente se getuie, Holtzhausen, onder
kruisondervraging, het dit geblyk dat hy die eerste respondent se "besigheid"
(blykbaar die laai van sand) op 9 April 1984 "oorgeneem"
het, en tesame daarmee
ook die laaigraaf, wat hy daarna vir sy eie voordeel gebruik het. Eers op 4
Desember 1984 het
60. die eerste respondent 'n dokument onderteken waarin hy
ingestem het tot die kansellasie van die kontrak en die terugname van die
laaigraaf deur die appellant. Oor wat daar tussen die appellant en die eerste
respondent gebeur het in die tydperk van Maart tot
Desember 1984 is daar geen
getuienis gelei nie. Die eerste respondent self het nie getuienis afgelê
nie en het geen getuienis
aangebied aangaande die gebeure in die genoemde
tydperk, of ter weerlegging van die gevorderde bedrag van R1 200,00 nie. Dit
verg
geen verbeelding om 'n mens in te dink dat die appellant in daardie tyd
stappe sou gedoen het om die herbesit van die laaigraaf te
probeer verkry nie.
In die afwesigheid van enige getuienis, is dit goed moontlik dat die appellant
regstappe teen die eerste respondent
kon ingestel het om die besit van die
laaigraaf te herwin. Om dus uit die getuienis van wat by Triomf en daarna gebeur
het, te probeer
aflei dat die appellant nie vóór daardie tyd
terugkrygingskoste aangegaan het nie, kom my voor in 'n
61 .
hoë mate op blote bespiegeling te berus.
Op die keper beskou, is my
gevolgtrekking dat die getuienis wat buiteom die sertifikaat voor die
Ver-hoorhof geplaas is, nie van genoegsame
weerleggings-waarde was om die
prima facie
bewyskrag van die serti-
fikaat te ontsenu met betrekking tot die item van
R1 200,00 nie, en dat die Verhoorregter gevolglik
gefouteer het deur daardie bestanddeel van die
appellant se eis te verwerp.
Die oorblywende betwiste items het betrekking
op 'n
paar afsonderlike bedrae wat deel uitmaak van die
terugkrygingskoste van
R691,56 en die herstelkoste van
R10 947,04 wat in die sertifikaat vermeld
word. Die
betwiste bedrae wissel in omvang van R25,00 tot
R837,78. Ek is
nie van voorneme om die besonderhede
daarvan te behandel nie. In die algemeen
het die
respondente se advokaat die Verhoorregter se verwerping
van hierdie items probeer ondersteun op die grondslag
62.
dat die getuienis nie aangetoon het dat die betrokke onkoste meegebring is
deur die toestand waarin die masjien verkeer het toe dit
op Doornkop in herbesit
geneem is nie, in teenstelling met wat daarna gebeur het. Daar is aangevoer dat
die betrokke herstelwerk
in sommige opsigte onnodig was om die laaigraaf verkoop
te kry, en in ander opsigte veroorsaak is, of kon gewees het, deur die wyse
waarop die appellant se eie ampte-nare die voertuig gehanteer het. Na my oordeel
is die betoog onaanvaarbaar. Dit het berus op die
getuienis van ene Kuhn, wat
geroep is namens die appellant (hoe-kom, weet ons nie), en wat 'n
werktuigkundige van Sherquip was wat
met die masjien te doen gehad het nadat dit
by Triomf gaan staan het. Kuhn het onder kruisondervraging enkele toegewings
gemaak wat
oënskynlik die respondente se saak bevoordeel het, maar hy het
dit daarna in herverhoor weer ongedaan gemaak. In die geheel
beskou, meen ek nie
dat sy getuienis die appellant se saak noemenswaardig verswak het nie, as
63.
dit oorweeg word tesame met die
prima facie
bewyskrag van die
sertifikaat. Die weerleggingslas van die eerste respondent is dus weer eens nie
afgelos nie, en die Verhoorregter
het gefouteer deur hierdie bestrede items te
verwerp.
Die uiteindelike resultaat is dat die appel
moet slaag. Die appellant is geregtig op vonnis vir
die bedrag wat geeis is, teen die respondente gesament-
lik en afsonderlik, en, soos tereg toegegee is as dit
die uitslag sou
wees, ook op die rente wat gevorder is.
Wat betref die koste van die saak in die Hof
a quo
, is daar tereg nie aangevoer dat daar enige rede
bestaan om
die appellant sy aanspraak op koste soos
tussen prokureur en kliënt te
ontneem nie, soos bepaal
word in die kontrak (vgl
South African
Permanent
Buildinq Society v Powell and Others
1986 (1) SA 722
(A)). Die appellant is ook geregtig op die koste
meegebring deur die
gebruikmaking van die dienste van
twee advokate ten opsigte van die opstelling van die
64.
skriftelike betoog aan die einde van die verhoor, na
aanleiding van die punt wat die Verhoorregter geopper het. Wat die aansoek om
wysiging betref, hoef daar slegs gesê te word dat die appellant geen
wysiging nodig gehad het nie, dat die bevel ter weiering
van die aansoek nie
verander hoef te word nie, en dat die
appellant die verkwiste koste daaraan
ver,bonde self
behoort te dra.
Wat betref die koste van die appèl, is
daar.
geen rede om dit nie aan die appellant, as
die
suksesvolle party, toe te ken nie. Die respondente het
die hoofpunt as
'n verweersgrond aangegryp nadat dit
deur die Verhoorregter geopper is, en
het deurgaans
daarmee volhard, en bowendien het hulle ook die
appèl
op al die ondergeskikte punte onsuksesvol bestry.
Die
appellant se skriftelike betoogshoofde in hierdie Hof
is voorberei deur twee advokate, maar slegs die senior
advokaat het by die
verhoor van die appèl opgetree.
Daar was geen verduideliking waarom
dit die geval was
65.
nie. In al die omstandighede is ek nie bereid om toe
te gee aan die
versoek namens die appellant om die
skriftelike betoogshoofde afsonderlik te
behandel en
die koste van twee advokate ten opsigte daarvan toe te
laat
nie, en die versoek word dus geweier.
Die bevel van die Hof is soos volg:
1. Die
appèl word gehandhaaf, met koste,
insluitende die koste van die
aansoek om
verlof om te appelleer in die Hof
a quo
.
2. Paragraaf 2 van die bevel van die Hof a
quo
word
tersyde gestel en vervang deur
die volgende bevel:
"2. Judgment is granted for the plaintiff against the defend-ants jointly and
severally, for the payment of -
(a)
the sum of R8
643,37;
(b)
interest on the said sum at the
rate of 20% per annum from 5 December 1984 to date of
payment;
(c)
the costs of suit on the attorney
and client scale, including the costs of two counsel
in
66.
respect of the prepara-tion-of written argument after the conclusion of the
hearing, but exclud-ing the wasted costs occasioned by
the appli-cation for an
amendment which accompanied the said written argument, which latter costs are to
be paid by the plain-tiff."
A.S. BOTHA AR
JOUBERT AR
HEFER AR
STEM SAAM
MILNE AR
KUMLEBEN AR