S v Maree (515/88) [1989] ZASCA 157 (27 November 1989)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Fraud — Appeal against sentence — Appellant convicted of fraud involving R309 187,00 — Sentence of 7 years imprisonment, 2 years suspended — Appellant's fraudulent activities involved fictitious transactions with Trust Bank — Appellant argued financial distress as motivation for actions — Court found that circumstances of the case did not warrant a lesser sentence despite appellant's claims of necessity — Appeal dismissed, original sentence upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1989
>>
[1989] ZASCA 157
|

|

S v Maree (515/88) [1989] ZASCA 157 (27 November 1989)

CG SAAKNOMMER: 515/88
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèL
AFDELING)
In die saak tussen:
WESSEL JACOBUS MAREE
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: VAN HEERDEN, VIVIER et STEYN, ARR. VERHOOR: 6 NOVEMBER 1989
GELEWER
: 27 NOVEMBER 1989
UITSPRAAK STEYN, AR.
2
Appellant kom met verlof van hierdie Hof op verdere appèl teen 'n
vonnis van 7 jaar gevangenisstraf waarvan 2 jaar voorwaardelik
vir 4 jaar
opgeskort is, wat op 7 Oktober 1987 aan hom opgelê is in die Streekhof te
Welkom op 7 aanklagte van bedrog waarby
R309 187,00 betrokke was. Die aanklagte
was saamgeneem vir doeleindes van vonnis.
Aanvanklik het appellant en ene
G.C.J. de Bruyn (De Bruyn) saam op gemelde aanklagte tereggestaan as
beskuldigdes 1 en 2 onderskeidelijt,
maar hul verhore is geskei nadat appellant
skuldig en De Bruyn onskuldig gepleit het op al die aanklagte. Daar is toe
voortgegaan
met die verhoor van appellant. 'n Geskrewe verklaring. ter
verduideliking van sy pleit is namens appellant ingehandig en deur hom
bevestig.
Daarop is hy ooreenkomstig art 112 (2) van Wet 51 van 1977 skuldig bevind op al
7 aanklagte sonder aanhoor ván getuienis.
Vir doeleindes van vonnis het
vyf persone egter getuig,
3
appellant self en drie ander namens hom ter versagting van vonnis en een
namens die Staat. Geen vorige veroordelings is teen appellant
bewys nie. Hy het
sonder welslae na die Vrystaatse Provinsiale Afdeling teen sy vonnis
geappelleer.
Die voormelde klagtes het onderskeidelik gegaan oor sewe
fiktiewe kooptransaksies. Soos aangevul deur die nadere besonderhede op
appellant
se versoek verstrek, lui diê klagtes samevattend soos volg. Op
22 Maart 1985 by Trust Bank op Welkom het appellant mondelings
en deur lewering
van sewe fakture uitgereik deur Gerrie de Bruyn Motors, Hertzogville, en deur
appellant en De Bruyn onderteken,
aan Gideon Lochner 'n beampte in diens van
dié bank, valslik en bedrieglik voorgegee dat op gemelde datum te
Hertzogville
die volgende goed deur Gerrie de Bruyn Motors namens Trust Bank
teen die ondergenoemde onderskeie koopsomme aan hom verkoop en gelewer
is,
t.w.:
4
(i) 'n Nuwe Mazda 1985 model
B2000 bakkie R11 853,00
(ii) 'n Nuwe 1985 model
padver=
voerbare massa-opbergingswa 74 770,00
(iii) 'n
Nuwe 1985 model Wilton
9-skaar ploeg met reeksno 1913 ..... 13 000,00
(iv)
'n Nuwe 1985 model John Sheerer
"Airseeder" met reeksno 155 328 ... 76 184,00 (v) 'n Nuwe 1985 model John
Sheerer
"Airseeder" met reeksno 155 795 ... 76 184,00 (vi) 'n Nuwe 1985 model Vetsak
oor=
laaiwa met reeksno 017HBJ024 12 400,00
(vii) 'n
Nuwe 1985 model volledige
John Sheerer "Tandem" met
reeksno 9464 44 796,00
Toe appellant gemelde
voorstellings gemaak het, het hy geweet dat voornoemde transaksies fiktief was
en dat die betrokke goed nie
aan hom gelewer was of gelewer sou
5
word nie. Hy het dié voorstellings aan Lochner gemaak met die
bedoeling dat Trust Bank daardeur beweeg moes word om tot die
bank se verlies en
nadeel huurkoopooreenkomste ten aansien van voormelde transaksies met hom aan te
gaan en om die totaal van voormelde
koopsomme te betaal. Trust Bank was aldus
beweeg, het sulke ooreenkomste op 30 April 1985 met appellant aangegaan en op 2
Mei 1985
die voormelde kooppryse d.m.v. sewe tjeks aan Gerrie de Bruyn Motors
betaal. Die totaal van daardie betalings het die som van R309
187,00
beloop.
Dit was gemene saak dat De Bruyn handel gedryf het op Hertzogville as
Gerrie de Bruyn Motors die firma). In sy pleitverduidelking
het appellant onder
andere verklaar dat hy destyds h boer in die Hertzogville distrik was, dat hy 25
jaar daar geboer het maar weens
droogtes en misoeste finansieël agteruit
gegaan het, dat hy gedruk is deur sy skuldeisers, onder andere deur die
6
verbandhouers oor sy eiendom en Volkskas Bank, en dat die doel van sy
voormelde bedrieglike optrede was om geld te bekom ten einde
die skuldeisers wat
hom gedruk het te betaal.
Appellant het in sy getuienis bogenoemde bewerings
in die klagstate en pleitverduideliking grootliks bevestig en selfs aangevul
maar
ook in 'n betekenisvolle opsig daarvan afgewyk. Hy het ter aanvulling
getuig dat hy persoonlik voormelde tjeks van Trust Bank ontvang
het en in De
Bruyn se teenwoordigheid aan die bestuurder van Volkskas oorhandig het. Die
tjeks is inbetaal op die firma se rekening
by daardie bank. Ter afwyking het hy
egter beweer dat dit sy bedoeling was dat al die betrokke items spoedig aan hom
gelewer sou
word. Hoekom hy verwag het dat dit sou gebeur, het hy soos volg
verduidelik.
Appellant het vroeg in sy landboukundige loopbaan die B.Comm graad verwerf en
deur die jare met
7
welslae geboer. Hy het sy aktiwiteite op dié gebied so uitgebrei dat
hy uiteindelik 5000 hektaar bewerk het op
eie en gehuurde grond. Weens
herhaalde grootskaalse misoeste veroorsaak deur die ongekende droogte-toestand
van die vroeë en
middel tagtigerjare het hy egter in ernstige
finansiële moeilikheid beland. Om dit die hoof te bied, het hy hom om raad
na deskundiges
gewend. Hy het daarin geslaag om 'n volledige verslag en
aanbeveling oor sy boerdery aktiwiteite te verkry van die landbou-adviseur
van
die destydse Barclays Bank. Met behulp daarvan het appellant 'n sogenaamde
"meester-finansieringsplan" bedink om hom finansieël
weer op gesonde voet
te plaas. Die kern-element daarvan was dat hy sy boerdery nog verder moes
uitbrei en sy bestaande toerusting
vir groter doeltreffendheid moes moderniseer
om daardeur die opbrengs en winsgewendheid van sy boerdery te kon vergroot en sy
finansiële
verknorsing sodoende te bowe te kom. Dié plan het onder
andere "'n
8
projek van R2,3 miljoen ten opsigte van plaaseiendomme" en 'n konsolidasie
van skulde behels. Hy het besluit om vir dié doeleindes
gebruik te maak
van finansiering deur Trust Bank. Na besprekings met appellant, het dié
bank besluit om hom 'n voorskot van
R1 000 000,00 toe te staan, hoofsaaklik vir
die beoogde konsolidasie van skulde. Maar daarvoor het die bank 'n
dekkingsverband oor
appellant se vaste eiendomme geverg as sekuriteit. Daar was
egter reeds ander verbande oor daardie eiendomme en die toestemming van
die
bestaande verbandhouers was nodig vir die registrasie van dié
dekkingsverband. Hulle het sekere betalings deur appellant
vereis as voorwaarde
vir die verlening van daardie toestemming. Dié betalings het die totale
bedrag van R240 000,00 beloop.
Volkskas was een van daardie verbandhouers.
Appellant het destyds 'n ooreenkoms met Volkskas gehad om sy lopende rekening
tot op
die perk van R400 000,00 te oortrek en was toe reeds oortrokke met R230
000,00. Daarbenewens het hy Volkskas
9
ook die bedrag van R200 000,00 geskuld ten aansien van huurkoopooreenkomste.
As voorwaarde vir die voormelde toestemming het Volkskas
geverg dat appellant
R140 000,00 op sy huurkoopverpligting aan hom betaal. Hy kon weliswaar
genoegsame sekuriteit aan Trust Bank
bied ten aansien van die dekkingsverband
omdat die waarde van sy vaste eiendomme R2 500 000,00 was, wat R1 400 000,00
meer was as
die totale bedrae van die bestaande verbande, 'n surplus waarmee
Trust Bank tevrede was, maar hy moes dringend elders gaan soek om
korttermyn
finansiering vir betaling van die"toestemmingsbedrag" van R240 000,00. Daarvoor
het hy hom tot De Bruyn gewend. Hulle
het mekaar goed geken en appellant het
reeds tevore met De Bruyn sake gedoen. De Bruyn was gewillig om appellant te
help maar het
nie self oor genoegsame fondse beskik nie. Hulle twee het toe
gesamentlik die voormelde bedrieglike projek bedink en deurgevoer.
Die R309
000,00 wat De Bruyn aldus in die firma se naam van Trust Bank bekom
10
het, is deur hom aangewend om die voormelde som van R240 000,00 aan Volkskas
en die ander betrokkenes te betaal. Die vereiste toestemming
is daarna van hulle
verkry en Trust Bank se dekkingsverband is uiteindelik geregistreer. Die balans
van bykans R70 000,00 is deur
De Bruyn aan appellant oorhandig as
bedryfskapitaal om sy boerdery mee voort te sit. Appellant het die som van R309
000,00 beskou
as "'n korttermynlening" deur die firma aan hom wat hy spoedig sou
kon terugbetaal op die volgende wyse. Die totale waarde van sy
bestaande
boerderytoerusting (voertuie, implemente, ens.) was R1 000 000,00. h Bedrag van
R650 000,00 was egter nog daarop verskuldig
ingevolge verskeiê
huurkoopooreenkom-ste. Appellant sou met die Trust Bank-voorskot van R1 000
000,00 dié huurkoopverpligtings
aflos en die R309 000,00 aan die firma
terugbetaal. Dan sou hy sy bestaande toerusting aan die firma lewer. Deel
daarvan sou ingeruil
word op nuwe, beter toerusting en die res
11
sou deur De Bruyn herbou word in verbeterde vorm. Die nuwe en omgeboude
toerusting sou dan deur die firma aan appellant verkoop en
gelewer word. Die
items genoem in die fiktiewe ooreenkomste sou deel vorm van die toerusting aldus
deur die firma aan appellant verkoop
en gelewer. Op hierdie wyse sou die bedrog
nie ontdek word nie en sou Trust Bank die sekuriteit van die betrokke items
verkry ten
aansien van elkeen van die voormelde transaksies wat dan nie meer
"fiktief" sou wees nie. Appellant sou dan met verdere beoogde finansiering
voortgaan met betaling van die paaiemente ooreenkomstig elkeen van daardie
transaksies en Trust Bank sou derhalwe nie benadeel word
nie.
Die beoogde
lewering van die nuwe en herboude toerusting sou na appellant se verwagting
spoedig geskied. De Bruyn sou ten volle met
hom saamwerk om dit te
bewerkstellig. Appellant was vir 'n geruime tyd voor 22 Maart 1985 reeds in
besit van sekere van die
12
implemente betrokke by die fiktiewe transaksies. Dié implemente het
dus in werklikheid bestaan en sou deur hom aan De Bruyn
gelewer word vir die
beoogde herbouing. Die twee John Sheerer Airseeders (d.w.s. planters) en die
John Sheerer 25" Tandem (klagtes
4, 5 en 7) was die implemente wat aldus herbou
sou word. Daar was nog h totale bedrag van R210 000,00 verskuldig op
huurkoopoor-eenkomste
wat appellant ten aansien van dié drie implemente
met J.I. Case SA (Edms) Bpk aangegaan het. Anders as aanvanklik beplan,
het hy
sy persoonlike tjeks vir daardie bedrag aan Case gestuur ter aflossing van
dié huurkoopooreenkomste sodat hy gouer
die betrokke implemente aan De
Bruyn kon lewer vir herbouing. Weens die balans van die oortrekkingsfasiliteit
wat nog tot sy beskikking
by Volkskas was, en die saldo van R350 000,00 wat hom
sou toekom na lewering van sy bestaande implemente aan die firma vir herbouing
en inruil op nuwe implemente, het appellant gemeen dat
13
Volkskas sy Case-tjeks sou honoreer. Volkskas het dié tjeks egter
dishonoreer, beslag gelê op sekere van sy los bates
en hulle in eksekusie
laat verkoop. Alhoewel appellant dit nie gesê het nie, moes hierdie
beslagleggings en verkopings klaarblyklik
geskied het ingevolge hofbevele wat
dié bank teen appellant verkry het. Weens die moeilikheid met Volkskas
kon appellant se
reëling met De Bruyn nie op dreef kom nie. In 'n poging om
dit weer te laat vlot het hy met welslae by Fidelity Bank aansoek
gedoen om
"plaasvervangende finansiering" van R600 000,00. Die fiktiewe ooreenkomste met
Trust Bank het toe egter aan die lig gekom
en die Fidelity Bank reëling het
skipbreuk gely. Appellant se hele meesterplan is daardeur verongeluk. Op aansoek
van Volkskas
is sy boedel gedurende Oktober 1985 gesekwestreer en het hy alles
verloor. Trust Bank het weens die bedrog ook verliese gely.
Die Streeklanddros het appellant se weergawe in
14
wese aanvaar. Die omstandighede waaronder die misdade
deur hom gepieeg is
en sy verwagtinge oor die
uiteindelike verloop van sake, is deur die
landdros
raakgesien en in ag geneem. Hy het met vonnisoplegging
onder meer die volgende daaromtrent gesê:
"Die Hof neem in ag dat die pleging van die misdade in 'nood' gebore was. Die
feit is egter dat dit in daardie stadium reeds finansieël
met u nie goed
gegaan het nie. Luidens u eie getuienis het u skuldeisers veral Volkskas u begin
druk. U finansiële probleme
in die boerdery het al in 1982 begin as gevolg
van die droogte wat Hertzogville-distrik onder andere besonder swaar getref het.
U
het geld verloor as gevolg van die aanhoudende droogtes daarna ook. U wou
graag die agteruitgang finahsieël gesproke wat ontstaan
het
inhaal."
en
"Luidens u getuienis sou die implimente, en die voertuig wel later gelewer word
en u het geen rede gehad om vir mnr De Bruyn te wantrou
nie. U sou dan ook die
paaiemente op die ooreenkomste met betrekking tot aanklag 1 tot 7 betaal
het."
Hy het eweneens die gevolge van die druk
waaronder
appellant verkeer het om vinnig 'n korttermynlening te
15
bekom besef, soos blyk uit dié passasie:
"Die sekuriteit wat u volgens u aan Trust Bank kon aanbied, was voldoende. Die
eerste stap sou wees om u skuld oor te dra na Trust
Bank en dit so te
konsolideer. Om die konsolidasie van u skuld te bewerkstellig moes u korttermyn
finansiering bekom en die eise
van die bostaande verbandhouers soos reeds genoem
bevredig alvorens hulle toestemming verleen dat Trust Bank verdere verbande
registreer
oor die eiendom. Al manier hoe u die geld vir hierdie doel in die
hande kon kry was om vir Gerrie de Bruyn van Gerrie de Bruyn Motors
te nader vir
'n korttermynlening. Dit blyk voorts dat die geld vir die korttermynlening ...
op die bedrieglike wyse soos vermeld
in die klagstate van aanklagtes 1 tot 7,
deur u met die samewerking van De Bruyn bekom
was."
Die landdros het trouens bevind dat appellant
destyds
terdeë bewus was van die dilemma waarin hy geldelik
verkeer
het en dat hy tot die pleging van die bedrog
oorgegaan het omdat sy posisie
toe so hopeloos was dat hy
die benodigde fondse op geen ander manier kon
bekom nie.
Hy het egter ook bevind dat appellant
onverantwoordelik
opgetree het, dat die inisiatief met die beplanning
van
die bedrog van hom gekom het en dat die feit dat De Bruyn
16
die projek saam met hom beplan en deurgevoer het, nie die
graad van sy
blaamwaardigheid verminder het nie.
Handelende met 'n betoog namens appellant dat verlies wat
'n bank ly weens
bedrog deur die gemeenskap in h minder
ernstige lig beskou word as wanneer sulke verlies deur h
arm weduwee gely
word, het die landdros hom onder meer
soos volg uigelaat:
"Die gemeenskap beskou die verlies van geld deur 'n finansieringsinstelling op
hierdie wyse seersekerlik in 'n ernstige lig, en ook
nie in h minder ernstige
lig as waar 'n weduwee byvoorbeeld bedrieg word en skade ly
nie."
Daarbenewens het hy bevind dat Trust Bank die
volle
bedrag van R309 187,00 skade gely het en dat dit h
strafverswarende
faktor was. Hierdie bevinding is
gegrond op die getuienis van Mnr F.C.J.
Dysel, 'n Trust
Bank bestuurder wat namens die Staat getuig het. Mnr
Dysel
het beweer dat die bank daardie hele bedrag verloor
het. Hy het getuig dat
geen paaiemente op die sewe
betrokke transaksies betaal is nie. Die eise
is
17
uiteindelik ooreenkomstig 'n bestaande interne reeling deur Trust Bank sedeer
aan Kolektor, 'n filiaal in die Bankkorp groep van maatskappye,
wat dan sou poog
om die verskuldigde bedrag te verhaal. Dysel het nie geweet of enigiets aldus
verhaal is nie. Daar was egter geen
suggestie dat Trust Bank die eise teen
vergoeding aan Kolektor sedeer het nie en Dysel het ook getuig dat die bank die
hele bedrag
gedurende 1986 afgeskryf het.
Mnr van Rooyen, wat in hierdie Hof
namens appellant opgetree het (maar nie ook by die appèl na die
Provinsiale Afdeling of
by die verhoor nie) het die vonnis van twee kante af
aangeval, te wete dié van wanvoorligting en dié van onredelikheid.
Hy het betoog dat die landdros 'n reeks wesenlike wanvoorligtings begaan het as
gevolg waarvan hy appellant se strafwaardigheid te
hoog aangeslaan het en
daardeur beweeg is om 'n onvanpaste vonnis op te lê met die gevolg dat
hierdie Hof daarteen kan ingryp
en die bestraffing temper.
18
Die beweerde wanvoorligtings waarop hy
staatgemaak
het, is die volgende:
(i) Die versoeking waarin appellant verkeer het om deur middel van die bedrog
die R1 000 000,00 van Trust Bank te bekom het sy blaamwaardigheid
ingrypend
verminder, maar dié versoeking is geheel en al deur die landdros
misgekyk.
(ii) Die landdros het verkeerdelik bevind dat appellant, en nie De Bruyn nie,
die bedrieglike skema inisieër het en het appellant
se getuienis dat hy die
wyse waarop te werk gegaan moes word aan De Bruyn oorgelaat het, ook
misgekyk.
(iii) Die landdros het nie besef dat appellant se opset slegs was om Trust Bank
net tydelik aan potensiële nadeel bloot te stel
maar geen blywende skade te
berokken nie, en het ook nie besef dat die situasie as gevolg
van
19
registrasie van die dekkingsverband reeds deels "geregulariseer" was nie.
(iv) Die landdros het verkeerdelik bevind dat Trust Bank
die hele bedrag van
R309 187,00 verloor
het en het Dysel se getuienis dat hy nie weet of Kolektor
enige deel daarvan verhaal het nie, misgekyk. (v) Die landdros het verkeerdelik
die hoë en toenemende voorkoms van bedrog in sy hof se regsgebied in ag
geneem omdat
(a)
daar geen suggestie was dat
daar destyds enige sodanige voorkoms in die Hertzogville area was nie,
en
(b)
hy versuim het om aan die verdediging
te openbaar dat dit sy mening was dat daar sò 'n graad van voorkoms was
en dat hy van
voornemens was om dit in ag te
neem.
20
(vi) Die landdros het fouteer deur te bevind dat die gemeenskap 'n verlies gely
deur 'n finansieringsinstelling weens bedrog in dieselfde
ernstige lig beskou as
dié deur 'n weduwee gely.
Na my mening was
daar geen sodanige wanvoorligtings nie. Die landdros het die versoeking waarin
appellant verkeer het klaarblyklik
raakgesien en in ag geneem. Hy het die feite
wat daarmee verband hou in sy vonnis-uitspraak duidelik uiteengesit, soos blyk
uit die
bogaande aanhalings. Hy het ook nie fouteer met sy bevinding dat
appellant die bedrog inisieër het nie. Dit blyk uit sy eie
getuienis dat
appellant nie alleen vir De Bruyn genader het nie, maar ook dat dit hy was wat
by Trust Bank in Welkom persoonlik die
betrokke wanvoorstellings gemaak het en
daarna die tjeks ontvang het en self bank toe geneem het. Appellant is ook geen
onkundige
op sakegebied nie. Daarvan spreek sy B.Comm
21
graad en die vernuftige wyse waarop hy in die verlede sy
sake hanteer het. Hy het ook as deeltydse saakgelastigde
die
finansiële sake van sy kerkgemeente behartig. Wat
appellant aan De Bruyn
oorgelaat het, was nie die wyse
waarop die bedrog gepleeg moes word nie, maar
slegs die
wyse waarop sy bestaande implemente herbou en dan verder
finansier moes word. Dit blyk duidelik uit die volgende
passasie in sy
getuienis:
"Ek wou die goed nuut oorgebou hê, basies splinternuwe goed; John Sheerer
of Case sal dit in elk geval bevestig op hierdie
stadium. Ek wou dit nuut
oorgebou hê en ek wou die spesifieke items herfinansier kry deur Trust
Bank. Ek het glad nie op besonderhede
ingegaan nie. Ek het vir hom gesê
dit is wat ek wil doen en daarmee het ek volstaan." (Die "hom" was De
Bruyn.)
Die landdros het goed begryp
dat appellant nie
die direkte opset gehad het om Trust Bank permanente
skade te berokken nie. Daarvan spreek die bogaande
aanhalings uit, en
opsommings van sekere dele van, sy
uitspraak heel duidelik. Wat die landdros
egter ook
22
ingesien het, was dat appellant onverantwoordelik opgetree het omdat hy weens
die haglike stand van sy finansies inderdaad moes besef
het dat daar 'n groot
gevaar was dat sy sake maklik skeef kon loop, dat sy beoogde reddings-aksies nie
deurgevoer sou kon word nie
en dat Trust Bank inderdaad permanente skade sou kon
ly weens sy bedrog. Hoe haglik appellant se situasie inderdaad destyds was,
blyk
uit die volgende. Daar was reeds verbande van meer as R1 000 000,00 oor sy vaste
eiendomme. (Appellant het getuig dat sy eiendomme
R2 500 000,00 werd was en dat
daar h onbelaste waarde-oorskot van R1 400 000,00 was, wat Trust Bank beskou het
as genoegsame sekuriteit
vir die tydelike voorskot van R1 000 000,00.) Hy het
aan Volkskas R430 000,00 geskuld (R230 000,00 op sy oortrokke rekening en R200
000,00 ten aansien van huurkope). Die waarde van sy bestaande implemente was
weliswaar R1 000 000,00, maar hy het nog R650 000,00
op hulle geskuld
kragtens
23
huurkoopooreenkomste. Die R1 000 000,00 wat hy as voorskot van Trust Bank sou
kry, sou die felheid van druk op hom miskien in 'n mate
tydelik verlig het, maar
sou sy skuldlas nie verminder het nie. Die "meester-finansieringsplan" wat
appellant se redding moes bewerkstellig,
het ook die verkryging van addisionele
eiendomme behels en "was gebaseer op h projek ten opsigte van plaaseiendomme van
R2,3 miljoen"
ten aansien waarvan appellant onder andere gebruik sou gemaak het
"van verskeie privaat-finansieringsbronne". Op watter grondslag
hy daardie
finansiering in die lig van sy uiters swak posisie sou kon bekom, weet nugter.
Dat appellant wel bereid was om "'n kans
te vat" in die uitvoering van sy projek
blyk voorts uit die feit dat die tjeks wat hy aan Case gestuur het die balans
van sy oortrekkingsfasiliteit
oorskry het. Die registrasie van die
dekkingsverband in Trust Bank se guns het nie die fiktiewe ooreenkomste
"regulariseer" nie en
het geen
24
beskerming aan die bank ten opsigte van hulle gebied nie.
Wat die omvang
van Trust Bank se uiteindelike verlies weens die bedrog betref, is dit duidelik
dat die Bank self werkiik die hele
bedrag skade gely het. Die bank se boeke sal
weens die gemelde afskrywing inderdaad 'n totale verlies aandui. Op daardie
grondslag
het die landdros in hierdie opsig dan ook geen wanvoorligting begaan
nie.
Die landdros se inagneming van die voorkoms van bedrog in sy regsgebied
is nie genoem in die kennisgewing van appèl na die
Provinsiale Afdeling
nie en die landdros was gevolglik nie die geleentheid gebied om daarop te
antwoord nie. Dit kom ook nie voor
in appellant se argumentshoofde nie, en was
slegs geopper in die loop van Mnr van Rooyen se mondelinge betoog. Ek sal
nietemin daarmee
handel. Appellant was verhoor in die streekhof vir die
streekafdeling van die Oranje-Vrystaat. Hertzogville en distrik val binne
die
regsgebied van
25
daardie hof. Die landdros het op sy eie kennis
staatgemaak aangaande daardie voorkoms in sy regsgebied
as geheel, en hy
was nie beperk tot die voorkoms in dié
deel daarvan waar die appellant
gewoon en geboer het nie.
DU TOIT : STRAF IN SUID-AFRIKA
93,
S v
RADEBE
1974 (4) SA
248
(T) 251; en vgl
R v BOESIGO
1956 (1) 234
(A) 237.
In die onderhawige geval is appellant egter op Welkom
verhoor, en
dit is daar waar hy die bedrieglike
wanvoorstellings aan Lochner gemaak het.
Mnr van Rooyen
het, wat die tweede deel van hierdie beswaar betref
(nl.
die van nie-openbaarmaking aan die verdediging),
staatgemaak op die
volgende passasie in die uitspraak
van Wessels AR. in
S v H
1977 (2)
SA 954
(A) op 960 H
ten aansien van die voorkomsaspek:
"In the case where a court intends to rely on its own personal knowledge of
facts having a bearing on sentence, those facts should
in fairness to the
defence be communicated to an accused so as to enable him, if so advised, either
to controvert them or to address
the court
thereon."
26
Hy het betoog dat dit in die onderhawige geval nie gedoen is nie. Daardie
betoog gaan egter mank aan die nodige feite-grondslag. Daar
is geen aanduiding
in die oorkonde dat dit nie gedoen is nie. Die betoë ten aansien van vonnis
is nie transkribeer nie. Mnr
van Rooyen was genoop om toe te gee dat dit
genoegsaam sou gewees het indien die landdros die verdediging gedurende die
betoog ter
versagting van vonnis mondelings van sy voorneme verwittig het om die
voorkoms van die misdaad in sy regsgebied in ag te neem by
vonnisoplegging. Daar
is gevolglik geen meriete in hierdie beswaar nie.
Die landdros se
reeds-aangehaalde opmerking aangaande die gemeenskapsbeskouing van verlies weens
bedrog gely deur finansierings-instellings
en weduwees moet in behoorlike
verband beskou en beoordeel word. As 'n algemeengeldende stelling kan dit tereg
as ietwat te sterk
beskou word. Ek sê "ietwat" omdat h bank aangewese
27
is op die goeie trou van h kliënt wat by dit om geldelike steun aanklop.
So 'n vertrouensverhouding is noodsaaklik vir die gesonde
voortbestaan en
werking van die bankwese en van die ekonomie. Bedrog teen h bank is in hierdie
opsig derhalwe h ernstige morele vergryp.
In die konteks van die onderhawige
saak het die landdros hom egter na my mening nie te sterk uitgedruk nie. Mnr van
Rooyen het betoog
dat Trust Bank as't ware "die tafel gedek het" vir die bedrog
deur gewillig te wees om die R1 000 000,00 voorskot aan appellant te
bied
wetende van die benarde posisie waarin hy verkeer het, en dat die Bank derhalwe
"met oop oë" die risiko van verlies aanvaar
het. Daardie verlies behoort
gevolglik in h veel minder ernstige lig beskou te word as dié op
bedrieglike wyse aan 'n arm
weduwee berokken. Hierdie betoog gaan nie op nie.
Die bank was gewillig om appellant met h baie groot bedrag geld te help in
weerwil
van die reeds gevaarlike geldelike verknorsing waarin hy verkeer het.
Instede
28
daarvan om dankbaarheid teenoor die bank te betoon vir daardie
hulpvaardigheid, bedrieg appellant sy weldoener.
Dit was 'n dubbele morele
vergryp wat die
afkeuringswaardigheid van sy misdaad wesenlik
vergroot
het. Onder hierdie omstandighede kan die landdros nie
kwalik
geneem word vir sy uitlating nie, en het hy geen
wanvoorligting in daardie
verband begaan nie.
Mnr van Rooyen het in sy verdere aanval op die
vonnis voorts betoog dat, gesien die sterk versagtende
omstandighede
waaronder die bedrog gepleeg was, die
bedrag daarby betrokke, die beoogde
beperkte en tydelike
omvang van die nadeel aan die bank daaruit
voortvloeiend
en die gehalte van appellant as persoon, die
opgelegde
vonnis so onredelik swaar is dat dit nie kan bly staan
nie. Hy
het betoog dat "hierdie h gepaste geval sou wees
waar daar deur (hierdie) Hof
agteroor geleun behoort te
word om die appellant h vonnis op te lê wat
sou meebring
dat hy nie effektiewe gevangenisstraf moet ondergaan
/
29
nie". Hy het sterk daarop staatgemaak dat die landdros inderdaad die volgende
bevind het. Appellant is 'n basies eerbare en hardwerkende
persoon wat oor baie
jare sy boerdery voortreflik en met welslae bedryf het, en het as leiersfiguur
in sy gemeenskap waardevolle
dienste aan die samelewing gelewer en 'n
voorbeeldige en nuttige lewe gelei, beide in gesins- sowel as in
gemeenskapsverband. Hy
is weens omstandighede waaroor hy geen beheer gehad het
nie deur rampspoed oorval, het in ernstige finansiële moeilikheid beland
en
is deur algehele ondergang en die verlies van alles waarvoor hy oor die jare so
hard gewerk het in die gesig gestaar. Hy het toe
in 'n desperate poging om die
dreigende rampspoed te vermy die bedrog gepleeg. Hy het opregte berou oor die
misdade wat hy gepleeg
het, en daar is geen gevaar dat hy dit weer sal herhaal
nie. In die lig hiervan het Mnr van Rooyen betoog dat die opgelegde vonnis
in
die geheel opgeskort behoort te word, of alternatiewelik, dat h strawwe
boete
30
aan appellant opgelê word gekoppel aan 'n mindere en geheel opgeskorte
termyn van gevangenisstraf. As 'n laaste alternatief
het hy betoog dat die
vonnis vervang word met 'n veel korter termyn van effektiewe gevangenissetting.
Mnr van Rooyen het ook verwys
na gevalle waar mindere vonnisse as dié
hier ter sprake opgelê was vir bedrog waarby groot bedrae en h bedoeling
om
blywende skade te berokken betrokke was.
Dit is oorbekende reg dat, waar
moontlik, in die geval van vergelykbare oortredings van dieselfde aard die
bestraffing nie merkbaar
oneweredig behoort te wees nie, maar dat die vonnis
nogtans bepaal moet word na gelang van die besondere omstandighede van elke
afsonderlike
geval. Die bedrog wat appellant gepleeg het, was van groot omvang
en is deeglik beplan. Weens die feite en die oorwegings waarmee
vroeër in
hierdie uitspraak breedvoerig gehandel is, meen ek dat h termyn van effektiewe
gevangenisstraf die enigste gepaste
vonnis
31
in die onderhawige geval is. Weens daardie selfde feite
en oorwegings
aangevul deur die bovermelde bevindings van
die landdros betreffende
appellant as persoon is ek egter
van oordeel dat die termyn van die opgelegde
vonnis
getemper moet word. Ter benadrukking en aanvúlling van
die
landdros se laasgenoemde bevindings is dit in hierdie
verband gepas om die
volgende passasies in die landdros
se uitspraak op vonnis betreffende
appellant pertinent
aan te haal:
"U is tans 45 jaar oud. U is getroud. U het 'n dogter wat tans in matriek op
skool is. Daar bestaan 'n hegte gesinsverband tussen
u as familie. Beide u
dogter en vrou is sensitiewe tipe mense. Hierdie feit is 'n faktor wat deeglik
deur die Hoof oorweeg word.
... U is ook 'n eerste oortreder. ...
In die gemeenskap waar u gewoon het asook geboer het was u 'n gesiene persoon en
van voorbeeldige karakter. Mense het na u opgesien
en kon u yoorbeeld navolg. U
was dan ook h leierfiguur reeds op skool. Na skool was u betrokke op landbou,
kulturele en kerklike
gebied, waar u u kant gebring het. Die feit dat u
finansieël ondergegaan het, en alles verloor het was 'n besondere harde
slag
vir u en daarbenewens het u nog die misdade gepleeg
en
32
het u uself onttrek van die gemeenskap en is u volgens mnr Van der Westhuizen 'n
geknakte riet. Dit insigself is reeds 'n straf vir
u. Die Hof neem dit in
ag.
Die Hof neem verder in ag dat juis vanweë u agtergrond en posisie in die
gemeenskap, dit vir u 'n harde val sal wees tot op
die vloer van die tronk,
indien die Hof u vandag gevangenisstraf sal oplê. Verdere faktore rakende
u persoon wat in ag geneem
word is dat u tans werkloos is en nie 'n vaste
betrekking kan bekom nie, so lank die saak teen u hangende gewees het nie. U is
'n
persoon met 'n B.Com graad en die Hof aanvaar dat u van bruikbare
mensemateriaal is.
U het, soos u dit stel, niks en die kans om 'n boete te kan betaal is nul. U
word onderhou deur u familie wie u alreeds R40 000,00
skuld daarvoor. Die Hof
aanvaar verder dat u berou het oor die misdade wat u gepleeg het, en dat u berou
opreg is wat dui op 'n hartsverandering.
... Dat u van goeie mensemateriaal is,
lei geen twyfel nie. Dat u rehabiliteerbaar is word aanvaar. Die Hof glo dat u
reeds besig
is om te rehabiliteer. U is dus nie h persoon wat nie wil
rehabiliteer en daarom daarvoor gevangenis toe gestuur moet word
nie."
Die beeld wat duidelik na vore
kom in die
landdros se bevindings aangaande appellant as persoon en
die aard en
omstandighede van die misdade deur hom
gepleeg is dié van 'n goeie,
nuttige mens wat deur h groot
33
natuurramp in ernstige moeilikheid beland het en toe die vergryp begaan het
in 'n poging om ondergang te vermy. Die landdros het trouens
pertinent bevind
"dat die pleging van die misdade in 'nood' gebore was". Appellant was
klaarblyklik in 'n toestand van ernstige emosionele
wanbalans toe hy die misdade
gepleeg het.
Na my oordeel is 'n vonnis van 7 jaar gevangenisstraf derhalwe
onder al hierdie omstandighede buite verhouding swaar met appellant
se
strafwaardigheid. Weens die feit dat hy reeds aan die rehabiliteer is, 'n
opregte hartsverandering ondergaan het en gevolglik
nie van verdere misdadigheid
weerhou hoef te word deur 'n deels opgeskorte vonnis van gevangenisstraf nie, is
opskorting van enige
gedeelte van die vonnis onnodig. Die landdros het inderdaad
al die relevante strafversagtende faktore raakgesien. Dit was egter slegs
deel
van sy plig by die bepaling van h gepaste vonnis. Sy verdere plig was om h
waarde-oordeel oor daardie
34
faktore te vel en sodoende hul inwerking op appellant se strafwaardigheid te
bepaal. Na my oordeel het die landdros, in 'n baie deeglike
uitspraak oor
vonnis, ongelukkig die strafversagtende werking van daardie faktore tot so 'n
mate te gering evalueer dat hy appellant
se strafwaardigheid opmerklik te hoog
aangeslaan het. Ek meen dat vier jaar gevangenisstraf 'n gepaste bestraffing vir
appellant
sal wees.
Die appèl slaag en die volgende bevel word
gemaak:
Die vonnis deur die streeklanddros opgelê word tersyde gestel en met
die volgende vervang:
Vier (4) jaar gevangenisstraf.
M T
STEYN
VAN HEERDEN, AR.) VIVIER, AR.)