S v Witbooi (164/88) [1988] ZASCA 169 (1 December 1988)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Common purpose — Appellant convicted of murder and theft — Appellant claimed he was coerced into participation by co-accused — Majority of court found no mitigating circumstances — Appellant appealed on basis that he should have been found guilty as an accessory only, which would likely have resulted in a finding of mitigating circumstances — Court held that the trial court erred in its assessment of the appellant's level of participation in the murder, warranting a reconsideration of mitigating factors.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 169
|

|

S v Witbooi (164/88) [1988] ZASCA 169 (1 December 1988)

SAAKNR: 164/88
/MB
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JOHANNES WITBOOI
APPELLANT
teen
DIE STAAT
RESPONDENT
Coram
: RABIE WHR, MILNE AR et VILJOEN, WAR
Verhoordatum:
11 NOVEMBER 1988
Leweringsdatum:
1 DESEMBER 1988
UITSPRAAK
VILJOEN
, WAR/
1.
VILJOEN
, WAR
Die appellant het voor 'n regter en assessore in die
Hooggeregshof in Windhoek tereggestaan op drie aanklagte van
moord en een
van inbraak en diefstal. Die verhoor het
voortgespruit uik gebeure op 3
Februarie 1987 op die plaas
Berghoek in die distrik Rehoboth waar ene
Caroline
Groenewaldt en twee van haar kleinkinders vermoor is. Daar
is ook in die huis ingegaan waar verskeie goedere buitgemaak
is. Die appellant sou saam met ene Hendrik Swartbool
teregstaan maar
Swartbooi het voor die verhoor selfmoord
gepleeg. Die appellant is skuldig
bevind aan moord op
Caroline Groenewaldt (aanklag 3) op die grondslag dat hy
saam
met Swartbooi in die uitvoering van 'n gemeenskaplike opset
gehandel
het. Op aanklagte 1 en 2 (wat betrekking het op die
dood van die dogtertjie
Angolene Groenewaldt en die seuntjie
Theo Groenewaldt onderskeidelik) is hy
skuldig bevind as
begunstiger. Op aanklag 4 is hy skuldig bevind aan diefstal.
2/..........
2.
Die skuldigbevindings op aanklagte 1, 2 en 4 was
eenparig
maar die bevinding van die hof op aanklag 3 is 'n
meerderheidsbeslissing; een assessor se bevinding was dat hy
op hierdie
aanklag hoogstens as medepligtige skuldig bevind
moes gewees het. Die
meerderheid van die hof het beslis dat
geen versagtende omskandighede
aanwesig was nie. Dieselfde
assessor wat afgewyk het ten aansien van die
skuldigbevinding
op aanklag 3 het, op die grondslag dat die meerderheid
van
die hof reg was wat die skuldigbevinding betref, bevind dat
daar wel
versagtende omstandighede aanwesig was. Uit die
aard van die saak het die
doodvonnis gevolg. Verlof om te
appelleer is aangevra en toegestaan op grond
daarvan dat die
verhoorhof se beslissing dat die appellant in die
uitvoering
van 'n gemeenskapllke opset met Swartbooi gehandel
het,
verkeerd was en dat die appellant slegs as medepligtige
skuldig
bevind moes gewees het, soos die een assessor bevind
het. Indien die hof
hierdie bevinding uitgebring het, sou,
so is betoog, die hof heelwaarskynlik bevind het dat
3/....
3. versagtende omstandighede bestaan. Dit is dan ook die
betoog wat voor hierdie hof aangevoer is. In wese kom hierdie betoog daarop
neer
dat die hof a
quo
gedwaal het ten aansien van die graad van deelname van
die appellant aan die moord op Caroline Groenewaldt en dat hierdle hof dus
bevoeg is om 'n ongebonde oordeel ten aansien van versagtende omstandighede te
vel. Met die oog op hierdie betoog is dit nodig om
die gewig van die getuienis
van die Staat teen die appellant, wat self nie getuig het nie, te bepaal.
Afgesien van omstandigheidsgetuienis het daar voor
die hof a
quo
'n verklaring wat die appellant voor 'n
landdros op 7 Februarie 1987 afgelê het, gedien. In
hierdie
verklaring plaas die appellant homself wel op die toneel maar
beweer hy dat hy in groot mate 'n toeskouer was toe Swartbooi
die kinders
en hulle grootmoeder gedood het en vir sover hy
wel deelgeneem het aan
Swartbooi se dade, beweer hy dat hy
deur Swartbooi daartoe gedwing is. Toe hy
op 9 Februarie
4/....
4.
1987
voor 'n
landdros verskyn het ingevolge a 119 van Wet 51 van 1977 en gevra is of hy
bereid was om 'n verklaring voor te lê wat
die grondslag van sy
verdediging sou aandui, het hy verwys na sy verklaring van 7 Februarie 1987 en
te kenne gegee dat hy niks by
te voeg het nie. Toe hy op 16
Februarie
1988
voor die verhoorhof verskyn,
het sy advokaat sy verweer aangedui as een van dwang deurdat hy onder 'n
dreigement van dood deur Swartbooi
gedwing is om mee te
doen.
Afgesien van die verklaring wat
sonder beswaar van
die kant van die verdediging ingelewer en deur die hof ontvang is kragtens a
122 (4) van Wet 51 van 1977 het die Staat se saak teen
die appellant op die
volgende
omstandigheidsgetuienis berus.
Die eienaar van die plaas Berghoek is ene Willem Jacobus Groenewaldt, 'n
Basterman. Hy het met sy vrou, die oorlede Caroline Groenewaldt
(die slagoffer
op wie aanklag 3
5/..............
5. betrekking het) , op die plaas saam
met drie van sy kleinkinders, die twee oorlede kinders ('n seunjie van 1 jaar en
10 maande
en 'n dogtertjie van 4 jaar oud) en 'n klein babatjie gewoon. Willem
Groenewaldt was 'n padwerker wat slegs enkele naweek huis toe
gekom het. Sy vrou
het toesig oor die boerdery gehou. Die appellant en Swartbooi, Nama-mans, was in
diens op die plaas as veewagters.
Die appellant het reeds vier jaar en Swartbooi
ongeveer vier maande op die plaas gewerk. Die plaasdiere wat uitsluitlik, so lei
ek
af, uit bokke bestaan het, is saans kraal toe gebring en is bedags veld toe
geneem. Van die bokke is gemelk om melk vir huishoudelike
gebruik te
voorsien.
Willem Groenewaldt en een van sy seuns, Andy, was
die naweek aan die einde
van Januarie 1986 tuis. Op Saterdag
31 Januarie het Willem aan die appellant en Swartbooi hulle
"rantsoene" en ook aan elkeen twee bottels wyn oorhandig.
Volgens die getuienis van Willem Groenewaldt en sy seun Andy
6/.....
6. was Willem op die Sondag 1 Februarie 1986 ontevrede
omdat die twee werknemers nie hulle pligte in verband met die vee behoorlik
nagekom het nie. Daar moes byvoorbeeld gemelk word. Volgens Andy was die melk
wat sy ma van Swartbooi ontvang het nie genoeg vir
hulle gebruik nie. Sy het aan
hom (Andy) emmers oorhandig om te gaan melk. Toe hy by die kraal kom het
Swartbooi alreeds die bokke
uit die kraal gejaag en moes hy sonder melk
terugkeer. Later die dag het sy pa vir appellant en Swartbooi betig omdat hulle
die vee
nie opgepas het nie. Sy pa het egter die versekering ontvang dat die
twee behoorlik na alles sou omsien en hy en sy pa het die Sondag-namiddag
laat
na hulle kamp vertrek.
Op Dinsdag, teen ongeveer 16h00, wou ene Jan
Brandt, wat aan telefoondrade gewerk het ongeveer 16
kilometer van Berghoek, 'n besoek by die Groenewaldts aflê.
By die huis aangekom het hy niemand daar aangetref nie. Hy
het slegs 'n babatjie wat gehuil het in die huis gesien. Die
7/.............
7.
hele huis was in wanorde. Hy het onmiddellik met
sy
vragmotor die toneel verlaat en die aangeleentheid by 'n
winkel,
skynbaar daar naby, gaan rapporteer. Die tyding is
oorgedra aan 'n ander seun
van Willem Groenewaldt, Samuel
Groenewaldt, wat as polisie-konstabel
gestasioneer was by
Klein Aub, blykbaar 'n gehuggle nie ver van die plaas af
nie.
Wanneer Samuel na die plaas toe is, blyk nie uit die
getuienis nie. Daar is getuig dat die babatjie van die plaas
verwyder is na 'n hospitaal. Dat dit deur Samuel of deur sy
bemiddeling gedoen is, is moontlik. Samuel het getuienis
gelewer oor die roete en rooster van die busdiens waarvan
Swartbooi en die appellant gebruik kon maak om Maltahohe te
bereik. Die appeliaat sê in sy verklaring dat hulle per bus
gereis het na Maitahohe. Dit wil egter voorkom of hulle,
voordat hulle 'n bus gehaal het, 'n groot afstand gestap het
want die
spore op die rivierwai en die plek waar 'n geweer
deur hulle in 'n bos versteek is, is 23 kilometer van die
plaas af.
8/....
8.
Op dieselfde Dinsdagmiddag het die appellant
en
Swartbooi by Ida Skrywer, wat 'n drankhuis bedryf het in die
Swart
woongebied in Maltahohe, opgedaag. Sy het nie drank
gehad op daardie oomblik
nie en het, op die twee se versoek,
aan hulle water om te drink, verskaf. Die
twee het verder
aangestap. Wat hulle bewegings onmiddellik daarna was,
is
nie geopenbaar nie. In die nag het Swartbooi alleen sy
verskyning
gemaak by die huis van John Voetse wat saam met
Martha Herero as man en vrou daar gewoon het. Hy het by
Voetse, vir wie hy geken het, slaapplek gevra maar is
weggewys omdat
Voetse en Martha Herero se huis te vol was.
Voetse is die volgende oggend teen ongeveer 7h20 van die huis
af weg. Voordat hy na sy werk toe is waar hy teen 7h30 moes
begin, het hy eers by Martha Skrywer se huis aangedoen om
sigarette te koop. Daar het hy vir die appellant sowel as
vir Swartbooi gesien waar hulle buite die huis gesit het.
Nadat hy sy sigarette gekoop het, is hy na buite waar hy by
die appellant en Swartbooi gaan staan het. Die appellant het
9/......
9. skielik opgestaan vanwaar hy gesit het en in die
perseel rondgehardloop terwyl hy geskree het "Help my, help my". Voetse het
daarna
werk toe vertrek.
Tussen 9h00 en l0h00 dieselfde dag het Swartbooi weer by Martha Herero se
huis aangekom en vir haar, twee vriendinne en 'n ander man
genooi om saam met
hom te gaan drink. Hy was alleen. Sy het hom vergesel na Ida Skrywer se
drinkplek en later, toe sy klaar gedrink
het, het sy huis toe gegaan.
Die appelianL het teen omstreeks 14h00 dieselfde
dag by die polisie-stasie op Malbahóhe opgedaag. Dit het vir
die
polisie-beamptes daar voorgekom asof hy onder die invloed
van drank was. Sersant Benade en sersant Karl Jod was op
diens. Aan hulle
het hy gerapporteer dat sy werkgewer se
vrou vermoor is. Omdat hy redelik
onsamehangend gepraat het,
was die twee polisiemanne skepties maar het op sy
versoek tog
10/....
10. met hom na Ida Skrywer se huis gegaan waar hulle, so
het hy hulle meegedeel, ene Hendrik Swartbooi wat, volgens hom, die moord
gepleeg hek, sou aantref. By die huls aangekom het die appellant op die
polisie-voertuig agtergebly terwyl die polisiemanne die huis
binnegegaan het.
Hulle het wel vir Swartbooi in die huis aangetref maar hulle eerste poging om
hom in hegtenis te neem, is gefnuik
deurdat hy aan hulle 'n vals naam verstrek
het. Hulle het dle huis verlaat maar nadat hulle deur teenwoordiges aldaar
verseker is
dat dit tog Swartbooi was, heb hulle weer die huis binnegegaan en
vir hom, wat intussen probeer het om in die huis weg te kruip,
in hegtenis
geneem.
Hendrik Swartbooi is in die selle toegesluit en met
die appellant het sersant Benade dieselfde middag na die
plaas Berghoek vertrek. Langs die pad, ongeveer 23 kilometer
van die plaas, het die appellant vir Benade laat stilhou en
spore, deur twee persone getrap, aan hom uitgewys asook 'n bos
11/.....
11 .
waarin die geweer waarvan ek vroeër reeds melding
gemaak het,
versteek was. Op die geweer is beslag gelê. Hy het ook h
plek uitgewys waar hulle patrone sou versteek het. Op die
plek is daar
patrone gevind. Daarvandaan het hulle na die
plaas vertrek waar ander persone aan sersant Benade die
liggaam van die oorledene, Caroline Groenewaldt, in 'n lopie
uitgewys het. Die appellant self was nie daar teenwoordig
nie. Hy is in
die poiisievoertuig agtergelaat. Sersant
Benade is vandaar na die huis wat hy
in 'n chaotiese toestand
aangetref het. Op 'n stoeptrappie het hy 'n knipmes
(wat voor
die hof a
quo
gedien het as bewysstuk 3) en 'n
patroondoppie
gevind. Aan die mes was vlekke wat na bloedvlekke gelyk
het.
In 'n paal 'n afstand van die huis was daar 'n koeëlmerk. 'n
Soektog
is op tou gesit na die twee vermiste kinders. Die
appellant het op vrae wat
van die kinders geword het,
ontwykend geantwoord en later gemeld dat die
kinders
klaarblyklik die berge in gehardloop het. Uiteindelik is die
lyke
van die twee kinders in die kraal onder 'n ysterbad
12/......
12.
gevind. Die lyke was reeds in 'n staat van ontbinding -
dié
van Caroline meer gevorderd as dié van die kinders.
Later
op dieselfde dag het polisie-inspekteur Kruger ook op die
plaas
opgedaag waar sersant Benade alles aan hom getoon het.
Kruger het gereël
dat die lyke verwyder word en huile is laat
die dag van die plaas weg. Vir
die appellant het hulle laat
aanhou op Klein Aub.
Op die volgende dag, Donderdag 5 Februarie 1987,
het Kruger weer na die plaas vertrek en het hy vir Swartbooi
wat op
Maltahöhe aangehou was, saamgeneem. Die appellant is
van Klein Aub ook
na die plaas geneem. Op pad het beide die
appellant en Swartbooi aan die
polisie die plek uitgewys waar
die appellant reeds die vorige dag die bos
uitgewys het waar
die geweer gevind is. Naby die opstal het die appellant
en
Swartbooi twee plekke waar daar klere versteek was onder
bosse,
uitgewys. Ongeveer 200 meter van die huis het die
appellant en Swartbooi
onder 'n boom 'n tas uitgewys wat
goedere, insluitende vleis, Rama margarien,
sigarette, 'n leë
13/.....
13. beursie en 'n Bybel bevat het. In Willem Groenewaldt
se bakkie wat voor die huis geparkeer geskaan het, is 'n hoed gevind en op
die
matjie op die vloer aan die bestuurderskant het daar 'n mes, bewysstuk 2, en 'n
voertuig se sleutel, gelê. Die sleutel
kon nie die bakkie aansluit nie.
Dit was 'n sleubel van 'n vorige voertuig van Willem Groenewaldt. Die sleutel
van die voertuig is
in die huis gevind waar dit nie deur die plunderaars
raakgesien is nie. Volgens die getuienig het die mes, bewysstuk 2, en die hoed
waarskynlik ook, aan die appellant behoort. Hy kon 'n motorvoertuig bestuur, is
getuig. Die afleiding is dus geregverdig dat dit
hy was wat 'n poging aangewend
het om die voerbuig aan die gang te kry en dat hulle met die voertuig wou
vlug.
Op Vrydag 6 Februarie 1987 is Kruger weer saam met
die appellant en Swartbooi na die boneel. Daar het die twee,
op 'n plek
ongeveer 10 - 12 kilometer van die opstal, 'n dolk-
tipe mes, bewysstuk 4, aangetoon wat daar weggegooi is langs
14/....
14. die roete soos die twee gestap het. Elkeen het die
ander beskuldig dat hy die vrou met daardie mes gesteek het. Kruger kon egter
niks aan die mes sien wat soos bloed gelyk het nie.
Op Saterdag 7 Februarie 1987 het die appellanb die verklaring, waarna ek
hierbo verwys het en wat ek aanstons volledig sal aanhaal,
voor 'n landdros
afgelê. Op Maandag 9 Februarie 1987 sou die appellant en Swartbooi saam
voor 'n landdros van Maltahohe in
die hof verskyn maar gedurende die vorige nag
of vroeg die oggend het Swarbbooi homself aan die sel se bralies opgehang met
repe
wat hy van sy broek geskeur het.
Die verklaring wat die appellant voor die landdros afgelê het, lui soos
volg:
"Ek en Hendrik Swartbooi werk op die plaas Berghoek. Willem Groenewald is die
eienaar van die plaas.
15/....
15.
Sondagoggend, 1 Februarie 1987 was ek en Hendrik
Swarbooi gedrink gewees.
Willem Groenewald, my
werkgewer hek my geroep om die bokke te gaan melk. Ek
en my twee dogters , nl. Josephina, 16 jaar oud en
Magdalena, 14 jaar het na
die kraal gegaan om die bokke
te gaan melk. Op pad na die kraal het Hendrik
Swartbooi
van agteraf gekom en sê vlr my daar gaan nie bokke
gemelk
word nie. Ek weet nie waarom hy dit gesê het
nie. Hy het toe my twee
dogters met klippe begin gooi.
Die dogters het toe weggehardloop. Hendrik
Swartbooi het toe die lammers in 'n hok gejaag en die hok
toegemaak. Ek en
Hendrik Swartbooi is toe na sy huis
sonder om die bokke te melk. By Hendrik
Swartbooi se
huis het ons twee beginne drink. Vandaar is ons na my
huis
waar ons verder gedrink het. Dib was nog vroeg die !
oggend. Toe my werkgewer
sien dat ons nog nie die vee j
uitgejaag het nie, het hy vir my kinders
opdrag gegee om |
dit te doen. Ons werkgewer werk by die Paaie
Departement
en hy moes die namiddag weer terugkeer na sy
werk.
Voor hy na sy werk gery het, het hy na ons gekom. Terwyl Willem Groenewald,
ons werkgewer, aangestap kom het Hendrik Swartbooi gesê:
'Ek vat nie meer
kak van die Baster nie, ek sal hom steek.' Willem Groenewald het toe hy by ons
kom, gevra: 'Wanneer gaan julle na
die vee toe?' Hendrik antwoord en sê:
'Jy sien dan ek het heeldag gedrink, vir wat moet ek vee toe gaan. ' Willem
Groenewald
het sonder om verder te praat omgedraai en geloop. Hy is toe na sy
werk. Ek weet nie waár sy kamp staan nie. Ons het die aand
geslaap. Die
Maandagoggend, 2 Februarie 1987 het die werkgewer se vrou my geroep en
gesê ek moet die bokke gaan melk. Ek het
die bokke gemelk en die melk aan
haar gaan gee. Daarna is ek na Hendrik Swartbooi se huis. Hendrik was
16/....
16.
besig om bier uit te gooi. Ons het toe van die bier
gedrink. Hendrik vra
my toe of die werkgewer se vrou, Karolina Groenewaldt, tevrede is omdat ons nie
die vorige dag die bokke gemelk
het nie. Ek het hom meegedeel dat sy nie met my
daaroor gepraat het nie. Ek en Hendrik Swartbooi is toe na die kraal. Ons het
die
vee uitgejaag en is toe met die vee na die veld.
Die namiddag het ons teruggekeer en die vee in die kraal gejaag. Ons het die
aand gaan slaap. Die Woensdagoggend, 3 Februarie 1987
het mev. Groenewald my
weer geroep en beveel om die bokke te gaan melk. Ek het die bokke gemelk en haar
die melk gaan gee. Ek is
daarna na die kraal om lammers te gaan uitkeer. Twee
van die Groenewaldt kinders het agter my aangehardloop. Hulle doen dit
gewoonlik.
Ek het die kinders opgetel en in die kraal gesit. Hendrik Swartbooi
het daar opgedaag. Ek en Hendrik het die bokke toe gedip vir
bosluise. Hendrik
sê toe: 'Ek slaan hierdie twee kinders nou dood, as jy my nie help nie,
maak ek vir jou ook dood.' Ek het
gedink hy maak 'n grap. Hy het toe 'n dropper
gevat en een van die dogters agber die nek met die dropper geslaan en sy het
geval.
Toe sy val, slaan hy haar weer 'n tweede hou agter die nek. Daarna slaan
hy die ander kind, 'n seuntjie, ook agter die nek. Die seuntjie
was nog nie dood
en Hendrik het hom aan sy twee bene gevat met hom gehardloop na 'n bad, wat daar
gestaan het. Hy het die kind aan
die bene geswaai en sy kop teen die bad
geslaan. Ek het groot geskrik en die dogtertjie opgetel. Ek het haar langs die
seuntjie waar
hy by die bad gelê het, gaan neerlê. Ek het die bad
toe oor hulle omgekeer. Hendrik het toe gesê as ek nie doen
wat hy
sê, is ek volgende aan die beurt. Hy het 'n mes by hom gehad. Een van die
skape was siek. Ek het na Mev. Groenwald gegaan
en haar vertel die skaap is
siek.
17/....
17
Ek het dit op Hendrik se instruksies gedoen. Sy het gesê ek moet die
skaap gaan haal. Ek het toe die skaap gaan keer en aangej
aag na die huis.
Hendrik het my agtervolg.
Terwyl ek die skaap na dle kraal jaag, hek mev.
Groenewald in ons rigting gekom om die siek skaap te gaan kyk. Sy het verby
Hendrik
geloop. Hendrik steek haar toe van agter met die mes in die rug. Sy het
omgedraai, toe skeek hy haar die tweede hou voor haar bors.
Sy het geval en
Hendrik sê ek moet haar vang. Ek het haar aan haar bene gevang. Sy het na
my geskop en ek het op my sitvlak
geval. Daar het by 'n vuurmaakplek daar naby
'n byl gelê. Hendrik het die byl opgetel en haar met die byl voor die kop
geslaan.
Ek kan nie sê of dit met voor of agterkant van die byl was nie.
Daarna kap hy haar oor die keel. Ek het daardie tyd weggekyk
en weet nie of dit
met skerp kant van die byl was nie. Ons het haar opgetel en gesleep en langs die
hoenderhok gaan neerlê.
Sy was reeds dood. Ek het op Hendrik se
instruksies 'n drom uit die hoenderhok gehaal en langs die oorledene neergesit.
Ons het toe
ons skoene uitgetrek en Hendrik het die oorledene se skoene
aangetrek. Ons is toe na die oorledene se huis nadat ons die lyk met
die drom
bedek het. Hendrik het die geweer agter die hangkas uitgehaal en ook van die
patrone gevat.
Hy het twee patrone in die geweer gesit en een skoot na 'n paal buite die
huis geskiet. Hy het my meegedeel dat as ek probeer ontvlug
hy my sal doodskiet.
Ons is weer die huis in en het klere in 'n koffer gepak. Geld wat in die hangkas
was het ek ook uitgehaal. Ek
het nie die geld getel nie. Ons het toe geloop. Ek
het die koffer gedra. 'n Ent van die plaas het ons ons vuil klere uitgetrek en
skoon klere aangetrek. Ons het die geweer weggesteek en op die plaas Nabasib het
ons die bus na
18/...
18.
Maltahöhe geneem. Op Maltahöhe is ons na die lokasie waar ons die aand
geslaap het. Die volgende dag het hy my nog dopgehou.
Ek het egter geleentheid
gekry om te ontvlug en het my aan die polisie gaan oorgee."
Dit
is natuurlik so dat die verklaring van die appellant die enigste weergawe bevat
van die omstandighede waaronder die moorde gepleeg
is. Dit is ook so, 'n feit
waarop daar klem gelê is deur die assessor wat afgewyk het, dat die
verklaring gemaak is voordat
Swartbooi selfmoord gepleeg het, wat die vermoede
uitskakel dat hy vir Swartbooi sou impliseer sonder gevaar dat Swartbooi hom kan
teenspreek. Dit blyk egter uit die getuienis dat toe Swartbooi nog geleef het,
die twee mekaar oor en weer beskuldig het dat die
ander een eintlik die werklike
dader was. Die appellant se verklaring is in 'n hoë mate verontskuldigend
en indien hy in die
getuiebank gegaan het kon hy deeglik deur middel van
kruisondervraging getoets gewees het. Hy het egter nie getuig nie en hoewel
die
verklaring bewysmateriaal is wat,
saam met die ander getuienis vir die Staat gelewer, in ag
19/...
19. geneem moet word, moet die gewig wat daaraan
toegeskryf word, bepaal word aan die hand van 'n kritiese beskouing en 'n
opweging teen die ander getuienis wat vir die Staat gelewer is.
Die advokaat vir die appeilant het nie die verweer van dwang probeer
subsfansieer nie, maar het tog aangevoer, soos ek die betoog
verstaan het, dat
Swartbooi die leidende rol vervul het deurdab hy die plan om die vrou en die
kinders om die lewe te bring, geinisieer
het en dat die af leiding geregverdig
is dat Swartbooi, wat 'n sterker en meer aggressiewe persoonlikheid gehad het,
op subtiele
wyse druk op die appellant uitgeoefen het om 'n ondersteunende rol
te vervul.
Weliswaar het die meerderheid van die hof bevind
dat wat die moord op die twee kinders betref, die appellant
slegs 'n begunstiger was omdat hy die kinders versteek het
20/...
20.
onder die bad nadat Swartbooi hulle met die spar geslaan
het
en die seuntjie se kop teen die bad verbrysel het. Die
beskrywing in
die appellant se verklaring van die wyse waarop
hulle gedood is, is
bestaanbaar met die mediese getuienis
maar al sou mens aanvaar dat Swartbooi
dle werklike dader was
in die verband, kom die optrede van die appellant
om
onmiddellik die kinders se liggame onder die bad te versteek
nie voor as
dié van iemand wat so pas groot geskrik het, soos
hy in sy verklaring
te kenne gee nie. Hy reageer onmiddellik
nadat die kinders gedood is en
verberg hulle liggame. Daarna
loop die appellant en lok vir Caroline uit die huis uit onder
die
voorwendsel dat sy na 'n siek skaap moes kom kyk. Die
meerderheid van die hof
a
quo
het tereg, na my oordeel,
bevind dat hy goed geweet het dat hy,
met die wete van wat
pas met die kinders gebeur het, doelbewus die vrou na haar
dood gelok het.
Soos die hof tereg daarop gewys het, kon hy,
as hy nie kop in een mus was met
Swartbooi nie, vir Caroline
vertel het wat gebeur het raet die kinders en
haar gewaarsku
21/...
21. het. Daar was 'n geweer in die huis waarvan hy
moontlik bewus was en wat Caroline waarskynlik self kon hanfeer. Hy waarsku haar
egter nie en neem aan die aanval op die vrou deel deur, soos hy self sê,
haar aan haar bene te vang. Dat sy aandeel so gering
was, is te betwyfel. Waarom
moet sy aan haar bene gevang word as sy reeds gesteek is?
Hy meld in sy verklaring van twee messteke wat die
vrou opgedoen het. Volgens die mediese getuienis was daar
vier wonde, twee
agter en twee voor, waarvan twee diep en
potensieel dodelik was. Dat die byl
waarvan hy melding maak
in sy verklaring, gebruik is, is 'n waarskynlikheid. Die
dokter se mening
is dat 'n wond aan die nek die dood
veroorsaak het. Hy kon nie die mening met
sekerheid
uitspreek nie want die nekweefsel was òf deur diere
òf deur
insekte weggevreet. Dat messe egter vryelik tussen hulle
beskikbaar was
en, indien nie gebruik om die steke toe te
dien nie, in gereedheid gehou was
om gehanteer te word indien
22/...
22.
omstandighede dit sou verg, is 'n onvermydelike
afleiding.
Die mes van Swartbooi wat op die stoeptrappie gevind is,
het
kolle op gehad wat soos bloed gelyk het. 'n Oop knipmes wat
aan die
appellant behoort het, is op die bakkie se vloer
gevind. 'n Dolk-tipe mes is
langs die pad waarlangs hulle
geloop het, uitgewys en die getuienis is dat
die appellank en
Swartbooi mekaar beskuldig het dat die ander een die vrou
met
die mes gesteek het. Alhoewel daar nie bloedviekke aan
hierdie mes
opgemerk is nie, is dit 'n sterk waarskynlikheid
dat die mes gebruik is om
vir Caroline be steek aangesien dit
uit die wedersydse beskuldigings af te
lei is dat die mes wel
gebruik is deur een van hulle. Volgens die mediese getuienis
was hierdie
mes ook die waarskynlike wapen wat die diep wonde
veroorsaak het. Dit is moontlik, gesien die wonde wat daar
aan Caroline gevind is, dat meer as een persoon die wonde
toegedien het - een van agter en een van voor. Die aantal
wonde, naamlik
vier, strook nie met die relaas van die
appellant in sy verklaring nie.
23/...
23.
Die appellant se verdere optrede wek uie die indruk van
iemand wat enigsins 'n teësinnige deelnemer was nie. Hy is besonder aktief
ten aansien van die plundering van die huis. Hy sê self dat hy geld geneem
het. Hulle probeer met die bakkie wegkom. Die omstandlgheidsgetuienis
dui daarop
dat dit hy was wat probeer het om die bakkie aan die gang te kry. Toe hulle nie
daarin kon slaag om die bakkie aan die
gang te kry nie lê hulie daarna 'n
lang afskand te voet af. Hulle versteek die geweer in die bos. Hulle kom saam in
Maltahöhe
aan. Die appellant is nie saam met Swartbooi toe iaasgenoemde
slaapplek by Voetse gaan soek het nie. Hy is
egter die volgende oggend by Ida Skrywer se drinkhuis weer
saam met Swartbooi waar hy die bisarre passies uitvoer en
skree "Help my! Help my!" sonder dat Swartbooi hom probeer
verhinder om so
op te tree. Hy raak van Ida Skrywer se huis
weg terwyl Swartbooi vir Martha
Herero gaan nooi om saam met
hom te drink. Hy het skynbaar self gaan drink op 'n ander
plek. Hy daag teen ongeveer 14h00 by die polisie op waar hy
24/...
24.
die moord op sy werkgewer se vrou aanmeld.
In sy optrede hierbo geskets is daar geen aanduiding te bespeur dat hy onder
dwang of selfs invloed van Swartbooi was nie. Hy het
vryeiik sy eie pad gegaan.
Die aankondiging wat hy by die polisie-stasie en daarna gedoen het dat dit
Swartbooi was wat vir Caroline
vermoor het, kan nie ten gunste van hom tel nie.
Dat hy vir Swartbooi sou impliseer, is heeltemal aanvaarbaar. Trouens, Swartbooi
het op sy beurt weer vir hom beskuldig.
Sy optrede na sy inhegtenisneming is ook nie met 'n
gemoedstoestand te versoen dat hy onskuldig in die dade van
Swartbooi
betrek is nie. Ek het reeds melding gemaak van die
plekke wat hy en Swartbooi
saam uitgewys het. Wat beslis nie
bestaanbaar is met 'n onskuldige gewete
nie, is sy verswyging
van die lot en die versteking van die kinders. As
hy
onskuldig was en Swartbooi die wrede slagting van die kinders
25/...
25. self beplan en uitgevoer het, was daar geen rede vir
die appellanf om die aanwesigheid van die kinders se liggame onder die bad,
nie
alleen te verswyg nie, maar om die polisie daaromtrent op 'n dwaalspoor te
bring.
Die slotsom waartoe ek geraak het is dat die Sbaat daarin geslaag heb om te
bewys dat die appellant baie dieper betrokke was by die
dood van die oorlede
Caroline as wat hy in sy verklaring wou fe kenne gee en dat die meerderheid van
die hof a
quo
hom tereg skuldig bevind het aan moord op Caroline op die
grondslag dat hy en Swartbooi in die uitvoering van 'n gemeenskaplike oogmerk
opgetree het.
Daar is geen ander bewese feite wat ten gunste van
die appellant in aanmerking geneem kon word deur die hof a
quo
nie.
Daar is voor ons betoog dat die kumulaLiewe effek
van die appellant se
geringe deelname aan die moord, 'n mate
van vrees en intimidasie wat Swartbooi by die appellant
26/...
26.
ingeboesem het, en die appellant se opvoedingspeil en
agtergrond versagbende omstandighede daarstel. Die betoog dat hy 'n geringe
deelname aan die moord gehad het en dat Swartbooi hom geintlmideer en vrees by
hom ingeboesem het, het die hof a
quo
tereg verwerp. Dit kan aanvaar word
dat sy opvoedingspeil redelik laag en sy agtergrond redelik primitief was, maar
hy is 'n volwasse
Nama-man wat reeds geruime tyd by die Groenewaldts gewerk het.
Die bewyslas was op hom om te bewys dat daar versagtende omstandighede
bestaan.
Van die las het hy hom nie gekwyt nie. Wanneer die moorde gepleeg is, is nie
vasgestel nie. Waarskynlik op Maandag 2 Februarie.
Daar is getuienis dat hulle
redelik baie gedrink het die naweek maar wat hulle toestand was toe die moorde
gepleeg is, is nie geopenbaar
nie.
27/...
27. Die appél word gevolglik van die hand
gewys.
WAARNEMENDE APPèLREGTER