About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 168
|
|
S v Isaacs (333/86) [1988] ZASCA 168 (30 November 1988)
HANS ISAACS / DIE STAAT
SMALBERGER, AR :-
333/86
N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPéLAFDELING
) In
die saak tussen
HANS ISAACS
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: VAN HEERDEN, HEFER, et SMALBERGER, ARR
VERHOORDATUM
: 25 NOVEMBER 1988
LEWERINGSDATUM
: 30 NOVEMBER
1988
REDES VIR UITSPRAAK
SMALBERGER, AR :-
Die appellant het sonder welslae appél aangeteken na die Provinsiale
Afdeling Kaap die Goeie Hoop teen sy skuldighevinding
in 'n landdroshof aan
handeldryf in 'n verbode afhanklikheidsvormende medisyne
/2
2 (Mandrax bevattende metakaloon) synde 'n oortreding van
artikel 2(a) van Wet 41 van 1971. Verlof tot appél na hierdie Hof
is
toegestaan. Die appellant se betoogshoofde is nie betyds ingedien nie. Op 25
November 1988 is sy aansoek om kondonasie weens dié
versuim van die hand
gewys vanwee die afwesigheid van redelike vooruitsigte van sukses op
appél. Die redes vir dié
beslissing volg.
Die appellant is tesame met sekere mede-beskuldigdes aangekla. Hy self was
beskuldigde 1 by die verhoor. Die tersaaklike, aanvaarbare
feite kom op die
volgende neer. By wyse van 'n polisielokval is probeer om verkopers van Mandrax
tablette (Mandrax) vas te trek.
Verskeie pogings is aangewend om Mandrax te
bekom. Uiteindelik is die polisiemanne wat by die lokval betrokke was na 'n huis
te Bestenbierlaan
28, Elsiesrivier, om daar Mandrax te probeer koop. Hulle
/3
3 is vergesel van die voormalige beskuldigdes 2 en 4, en ene
Esterhuyse. Laasgenoemde drie wis nie dat die voornemende kopers polisiemanne
is
nie. Daar aangekom, is Esterhuyse na die hoe muur om die eiendom waar hy die
naam "Boesman" uitgeroep het. Iemand gee toe antwoord
van oorkant die muur.
Niemand kon sien wie die persoon is nie. Daar word toe by hom 'n bestelling vir
Mandrax geplaas. Ongeveer tien
minute later word 'n pakkie bevattende Mandrax
oor die muur aan beskuldigde 2 oorhandig. Die tablette in die pakkie is getel -
daar
was altesaam 485. Eers toe openbaar die polisiemanne hulle identiteit, tot
die groot verbasing en ontstelLenis van beskuldigdes 2
en 4 en Esterhuyse.
Die betrokke perseel is toe binnegegaan. Daar was niemand in die huis nie.
Die enigste persoon op die perseel was die appellant. Hy
is in die
/4
4 agterplaas aangetref. Dit is gemene saak dat hy bekend
staan as Boesman. Hy het alle kennis van enige Mandrax ontken.
Die
omstandigheidsgetuienis teen die appellant is oorweldigend. Hy was die enigste
persoon wat op die perseel gevind is. Hy erken
dat hy gehoor het dat daar van
oorkant die muur na "Boesman" geroep is. Ofskoon, volgens die appellant, die
perseel ook deur ander
persone bewoon is, o a die huisbaas, ene Petersen, was hy
die enigste persoon wat Boesman geheet het. Onder kruisverhoor het hy erken
dat
hy na die muur gegaan het en daar met Esterhuyse gepraat het. Mnr du Toit, wat
namens die appellant verskyn het, het (heeltemal
tereg) toegegee dat die Mandrax
bestelling by die appellant geplaas moes gewees het. Die afleiding is dan
feitlik onafwendbaar dat
hy ook die verskaffer van die tablette was. Mnr du Toit
het
/5
5 egter betoog dat die redelike moontlikheid bestaan dat
iemand anders die eintlike verskaffer was, en dat die appellant poog om die
werklike skuldige te beskerm. Hierdie betoog berus egter bloot op spekulasie.
Die appellant het self nooit beweer dat hy as tussenganger
of boodskapper vir
iemand anders opgetree het nie. Ook is dit in die onderhawige omstandighede
onwaarskynlik dat hy iemand anders
ten koste van sy eie onskuld sou beskerm.
Gevolglik is die enigste redelike afleiding wat die fêite regverdig dat
die appellant die persoon is wat die Mandrax verskaf
het, en sodoende wetens
daarin handel gedryf het.
J W SMALBERGER APPéLREGTER
Ek stem saam
H J 0 VAN HEERDEN
APPéLREGTER
Ek stem saam: J J F HEFER
APPéLREGTER