About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 164
|
|
S v Lehmbeckers Transport and Another (164/88) [1988] ZASCA 164 (30 November 1988)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELIN
G)
In die saak tussen:
LEHMBECKERS TRANSPORT (EDMS) BEPERK
eerste appellant
EDRICH WANDRAG
tweede appellant
en
DIE STAAT
...........
respondent
CORAM
: " CORBETT, HEFER, SMALBERGER, MILNE et KUMLEBEN
ARR.
DATUM VAN VERHOOR
: 21 November 1988-
DATUM VAN UITSPRAAK
: 30 November 1988
UITSPRAAK CORBETT
AR:
Die eerste appellant in hierdie appèl is Lehmbeckers Transport (Edms)
Bpk, 'n maatskappy behoor-lik geïnkorporeer ingevolge
die toepaslike
Suid-Afrikaanse maatskappywetgewing, met sy hoofkantoor
2
in Randburg, wat sake doen as karweier van goedere.
Die
tweede appellant, ene Edrich Wandrag, is 'n dienaar
van eerste appellant. Die
twee appellante, saam met
ene Mziwendaba France Momela ("Momela"), het voor
die
landdros van Standerton tereggestaan op die volgende
aanklagte:
"
HOOFAANKLAG
:
Dat die genoemde beskuldigdes skuldig is aan 'n oortreding van artikel
31(1)(a) gelees met artikels 1, 34, 35, 36 en 38 van die Wet
op Padvervoer, 74
van 1977 soos gewysig.
Deurdat op of omtrent die 27ste dag van November 1984 en te of naby
Standerton-Greylingstad pad 'n openbare pad in die landdrosdistrik
van
Standerton beskul-digdes wederregtelik en onwettiglik padvervoer onderneem of
toegelaat het sonder 'n permit wat daardie padvervoer
magtig, deurdat genoemde
beskuldigdes goedere te wete soos per aanhangsel C vervoer het deur middel van
motorvoer-tuig met registrasienommer
TSN 33080
3
(voorhaker) en FHJ 136 T (leunwa) teen vergoeding.
ALTERNATIEWE AANKLAG
Deurdat die genoemde beskuldigdes skul-dig is aan 'n oortreding van artikel
31(1)(b) gelees met artikels 1, 34, 35, 36 en 38 van die
Wet op Padvervoer, 74
van 1977 soos gewysig. Deurdat genoem-de beskuldigdes, synde die houer van
openbare padvervoerpermit nommer
OP 249745 gedateer 21/6/84 ten opsigte van
motorvoertuig FHJ 136 T (leunwa) deur middel van genoemde voertuie op of
om-trent die
27ste dag van November 1984 en te of naby Standerton-Greylingstad
pad 'n openbare pad in die landdrosdis-trik van Standerton wederregtelik
en
onwettiglik padvervoer teen vergoeding anders as volgens die bepalings van
ge-noemde permit onderneem het deurdat be-skuldigdes
goedere te wete soos per
aan-hangsel C vervoer het of gemelde vervoer toegelaat het, terwyl voormelde
vervoer nie deur voormelde
permit gemagtig is nie."
4 Volgens aanhangsel C
het die goedere wat na bewering aldus vervoer is uit 29 rolle papier bestaan en
is die rolle vanaf Mondi Paper
Company Limited ("Mondi") in Durban aan Premier
Paper Products ("Premier") in Kitwe, Zambië gestuur.
Dit was in die landdroshof gemeensaak dat, o a -
(1) eerste appellant te alle relevante tye die eienaar van die betrokke
voertuie, t.w. TSN 33080 (voorhaker) en FHJ 136T (leunwa),
was (ek verwys hierna
na die voorhaker en die leunwa gesamentlik as die "voertuig");
(2) dle goedere vermeld in die klagstaat op 27 November 1984 deur eerste
appellant op die Standerton-Greylingstad pad, 'n openbare
pad in die
landdrosdistrik van Standerton, deur middel van die voertuig vervoer
is;
5
(3) hierdie goedere vanaf Mondi, Durban na
Premier in Zambie onderweg
was;
(4)
gemelde
vervoer teen vergoeding geskied het;
(5)
Momela die bestuurder van die voertuig
was;
(6) Momela 'n dienaar van eerste appellant was en
die vervoer in opdrag van
en ter bevordering
of gepoogde bevordering van eerste appellant
se belange
onderneem het (sien art 322(1) van
die Strafproseswet 51 van 1977); en
(7) tweede appellant te alle relevante tye 'n
dienaar van die eerste
appellant was en
behoorlik gemagtig was om eerste appellant
te alle relevante tye m b t hierdie
aanklagte te verteenwoordig (sien art 332(2),
(5) en (6) van die
Strafproseswet 51 van
1977).
6
Die twee appelante en Momela het almal voor
die
landdros onskuldig gepleit maar is desondanks aan
'n oortreding van art
31(1)(a) van die Wet op Padvervoer
74 van 1977 ("die Wet") skuldig bevind en soos volg
gevonnis:
Eerste appellant: 'n boete van R400,00. Tweede appellant: 'n boete van R400,00
of 3 maande gevangenisstraf; Momela: gewaarsku en
ontslaan.
Die twee appellante en Momela het teen die
skuldigbevindings en vonnisse na die Transvaalse Pro-vinsiale Afdeling
geappelleer, maar
sonder welslae. Daardie hof het egter (omdat dit geblyk het
dat 'n pad-vervoerpermit t o v die voertuig wel uitgereik is) die
skuldigbevinding
verander na een van skuldig aan die alternatiewe aanklag, d w s
'n oortreding van art 31(1)(b) van die Wet. Dit het na aanleiding
van die
beslissing van hierdie hof in die saak van
S v Smith
1986 (3) SA 714
(A)
geskied.
Met verlof van die hof a.
quo
, kom die twee appellante nou na hierdie
hof in hoer beroep teen die
7 afwysing van hulle appèlle teen
skuldigbevinding.
Momela het nie appèl aangeteken nie.
Die tersaaklike gedeelte van art 31(1) lui soos volg:
"Iemand, wat -
(b) terwyl hy die houer van 'n permit is, padvervoer anders as volgens die
bepalings van daardie permit onderneem, of ..... 'n voorwaarde
of vereiste van 'n permit....oortree of versuim om daaraan te voldoen;
is aan 'n misdryf skuldig."
Volgens die woordomskrywing van "padvervoer" in art 1(1) van die Wet sluit
dit in -
"die vervoer van persone of goedere op
'n openbare pad deur middel van 'n motor-voertuig teen vergoeding".
8 En
art 1(2) van die Wet bepaal:
"By die toepassing van hierdie Wet word die vervoer van persone of goedere in
die omskrywing van 'padvervoer' in subartikel 1(1) beoog,
geag die volgende
nie in te sluit nie, naamlik
(z) die vervoer op die by regulasie
voorgeskrewe wyse en voorwaardes
van vrygestelde goedere, deur
middel van 'n motorvoertuig -
(i) wat in die Republiek
geregistreer is kragtens die wet op die registra-sie van motorvoertuie wat op
daardie plek geld;
(ii) waarvan die eienaar in die Republiek gedomisi-
lieer is; en
(iii) wat op die by regulasie
voorgeskrewe wyse
geïden-tifiseer is,
deur iemand wat in die Republiek
gedomisilleer is, of 'n maatskappy
wat in die die Republiek geregis-
treer is, wat daadwerklik besigheid
dryf vanaf 'n plek in
die Republiek-
gelee; "
9
Hierdie subartikel moet saamgelees word met art 2(d)
van die Wet wat die Minister van Vervoerwese magtig om
by wyse van 'n kennisgewing in die Staatskoerant -
"goedere in die kennisgewing omskryf binne die gebiede in die kennisgewing
omskryf tot vrygestelde goedere (te) verklaar".
Die relevante lys van sodanige vrygestelde goedere
binne die Republiek van
Suid-Afrika is in Goewerments-
kennisgewing no 1267 van 22 Junie 1984
(Staatskoerant
no 9268) te vinde. Die lys sluit in -
"Gebruikte verpakkingsmateriaal en gebruikte stumateriaal". (Engels: "Used
packing material and used dunnage").
In die onderhawige saak het die goedere (soos reeds aangedui) uit 29 rolle
papier bestaan. Dit blyk uit die getuienis wat in die landdroshof
aangevoer is
dat elkeen van hierdie rolle nuwe bruin kraftpapier
10 bevat het. Kraftpapier
is 'n sterk, gladde tipe papier wat vroeë jaar algemeen gebruik was om
pakkette in winkels toe te draai.
Die papier op die rolle was 800 mm breed en
elke rol het 'n deursnit van 1200 mm gehad. Die rolle is deur Mondi vervaardig
en aan
Premier "ex-mill Durban" verkoop. Volgens mnr Hooper, Mondi se
verkoopsbestuurder vir uitvoer ("export sales manager") het lewering
van die
rolle aan die karweier (eerste appellant) by Mondi se fabriek eiendomsoorgang
tot gevolg gehad en ook die risiko t o v die
rolle op die koper, Premier, laat
oorgaan. Mnr Hooper het ook getuig dat die papier bestem was vir die
vervaardiging van papiersakke
(kardoese) wat vir die verpakking van suiker
gebruik sou word. Om die papier in papiersakke te omskep moes dit gesny, gevou
en gegom
word. Dit is nie duidellk of die papiersakke deur die koper, Premier,
of deur 'n ander vervaardiger gefabriseer sou word nie.
11
Die appellante het twee appèlgronde voor die hof a
guo
geopper:
(1) dat die betrokke rolle papier binne die trefwydte van die bogenoemde
vrystelling tov "gebruikte verpakkingsmateriaal" ("used
packing material") val;
en
(2) dat indien die goedere nie op hierdie grond vrygestel is nie, die Staat nie
bewys het dat die appellante die nodige
mens rea
by die pleging van die
handelinge wat na bewering
'n misdaad uitgemaak het,
gehad het nie. Dit word deur die appellante aanvaar dat indien die bogenoemde
vrystelling nie van toepassing
was nie, die appellante se handelinge
"padvervoer" was en dat soda-nige padvervoer nie deur die uitgereikte permit
gedek is nie.
Dieselfde twee punte word op appèl voor ons deur die
appellante se advokaat, mnr
Wasserman
, aange-voer.
12 Wat die eerste
punt betref, het mnr
Wasserman
se betoog op die volgende neergekom:
(a) die betrokke papier was verpakkingsmateriaal want dit was bestem vir
omskepping in papier-sakke, wat gebruik sou word vir die
verpak-king van
suiker;
(b) die papier was
gebruikte
verpakkingsmateriaal omdat dit reeds, op die
stadium toe dit ver-voer is, deur Premier (as eienaar) deur die agentskap van
die karweier
(eerste appellant) in besit geneem is met die oog op die
aan-wending daarvan as verpakkingsmateriaal; en derhalwe reeds in gebruik
geneem
was. In hierdie verband het mnr
Wasserman
hom sterk verlaat op 'n
uitspraak van Theal Stewart R (met wie Zietsman R saamgestem het) in die
ongerapporteerde saak van
Reids Transport and Others v The State
(gelewer
18.2.1982).
13
Of die papier, in die toestand waarin dit was ten tyde van die
vervoer daarvan "verpakkingsmateriaal" binne die bestek van die vrystelling
uitgemaak het, is m i te betwyfel. Ek sal egter in appellant se guns aanvaar,
sonder om die punte te beslis -
(a) dat die papiersakke waarin die rolle papier deur middel van 'n
vervaardigingsproses omskep sou word tereg as verpakkingsmateriaal
geklassifiseer sou kon word; en
verder
(b)
dat die papier, nuut uit die fabriek en
nog
op rolle, reeds in wese verpakkingsmateriaal was
omdat dit bestem was om op sodanige wyse in papiersakke omskep te word.
Dit bring my by die verdere vraag, nl of dit as
gebruikte
verpakkingsmateriaal beskou kan word.
14
Die gewone betekenis van die byvoeglike
naam-
woord "gebruikte" is, na my mening, iets wat reeds ge-
bruik is of in
gebruik geneem is. Die Afrikaanse
Woordeboek gee die volgende voorbeelde:
"
Gebruikte lakens
, waarop (waaronder) iemand geslaap het.
Gebruikte
koppies
- teenoor skoon koppies.
Gebruikte
possëels.
Nuwe en
gebruikte goedere
."
En dit is, m i, die betekenis wat die wetgewer in die onderhawige geval in
gedagte gehad het. Ek meen ver-der dat die woorde "gebruikte
verpakkingsmateriaal" in hulle samehang, beteken verpakkingsmateriaal wat reeds
as
sodaniq
gebruik is of in gebruik geneem is. Ek gaan nie daarop in of
slegs gebruik deur die karweier self of gebruik deur enigiemand anders
bedoel is
nie. (Vgl
S v Waqlines (Pty) Ltd and Another
1986 (4) SA 1135
(N), op bl
1139 D-F.)
As daardie uitleg op die feite van die onder-
15 hawige saak toegepas word, dan kan die rolle papier, na my mening,
geensins as gebruikte verpakkings-materiaal beskou word nie.
Soos ek reeds
beklem-toon het, die papier was ten tyde van die padvervoer nog nuut en
ongebruik. Volgens die getuienis was die rolle
met omhulsels bedek. Die stadium
is toe nooit bereik dat die papier as verpakkingsmateriaal (indien dit as
sodanig geklassifiseer
kan word) gebruik is of in gebruik geneem is nie. En dle
feit dat Premier dalk reeds eienaar vah die papier geword het en die risiko
gedra het (die volle besonderhede van die transaksie tussen Mondi en Premier is
nie aan die landdros voorgelê nie) en die feit
dat die eerste appellant,
as karweier, moontlik as Premier se agent opgetree het, neem appellante se saak
geensins verder nie.
Die
Reids Transport
-saak, waarop appellante gesteun het, is na my
mening geen gesag vir die stel-
16
ling wat in par (b) hierbo uiteengesit is nie. Die feite was
geheel en al anders. In daardie saak was die karweier (die eerste appellant)
se
voertuig op pad vanaf Port Elizabeth na Pietermaritzburg. Toe dit deur die
polisie voorgekeer is, is gevind dat daar sekere nuwe
palette op die voertuig
vervoer word. Hierdie palette het plat in die voertuig gelê en was nog nie
gemonteer nie. Die karweier
het lewering van die palette in Port Elizabeth
aanvaar en hulle daar op-gelaai. Hy was besig om die palette na
Pietermaritz-burg
te vervoer waar hy hulle in die loop van sy besig-heid as
karweier sou gebruik het. Een van die items in die lys van vrygestelde
goedere
is "gebruikte palet-te" (Engels "used pallets").
Regter Theal Stewart het die kernvraag so in-gesien:
"The point in issue, then, is simply whether a pallet can be said to be
17
'used' from the moment that a cartage contractor, who buys it
to use in his business, takes dellvery of it".
Hy het na sekere gewysdes m b t die betekenis van die woorde "use" and "used"
verwys en dan sy gevolgtrekking soos volg opgesom:
It will be apparent from these cases, each of which dealt with its own
pecu-liar circumstances, that, not only can the word 'used'
mean 'having been
taken into use' or even 'intended for use', but that, once a person exercises
rights of enjoyment or ownership
over an arti-cle he can be said to be using it.
If this is so, then the moment the first accused took delivery of the pallets,
they
were being used by the first accused in the course of its business and were
thus 'used' pallets".
Oor die bedoeling van die wetgewer het die geleerde regter hom soos volg
uitgelaat:
18
"The intention of the legislature in creating the list of exemptions was to
allow the conveyance of goods not inclu-ded in the permit
without the necessity
of obtaining authority to do so. Since pallets are ordinarily used by a cartage
contractor in the course of
his business, he does not defeat the object of the
Road Transportation Act if he conveys his own pallets. Indeed, it seems to me
to
be illogical, and to involve a waste of time, energy and money, to require a
cartage contractor to obtain authority to convey
new pallets which he has bought
to use in the course of his business to the point where he first loads them, or
even to his warehouse.
This is even more so when, had the pallets which he
bought been used once before he bought them, he couid convey them with impunity
in terms of the exemption".
Dit mag
nodig wees om te gelener tyd die be-slissing in die
Reids Transport
-saak
en sekere van die dicta in die uitspraak in heroorweging te neem, maar
19 nie
in dia onderhawige appêi níe want die twee sake is duidelik
onderskeibaar. Die palette, hoewel nie gemon-teer
nie, was duidelik herkenbaar
as palette; dit was nie nodig om huile te verwerk tot palette nie. Die palette
het aan die karweier
behoort en is, volgens die hof se beslissing, reeds deur
hom in die loop van sy besigheid gebruik toe die padvervoer plaasgevind
het.
Soos ek reeds aangedui het, is die feite in die onder-hawige saak heeltemal
anders.
Om hierdie redes meen ek dat mnr
Wasserman
se eerste argument nie
opgaan nie. Die rolle papier het nie onder die item, "gebruikte
verpakkings-materiaal" of enige ander item
in die lys van vrygestelde goedere
geressorteer nie. Die padvervoer was dus teenstrydig met die voorskrifte van art
31(l)(b). Ek
wil net byvoeg dat in die
Waglines
-saak (
supra
)
Didcott R (met Van Heerden R se instemming) op soortgelyke feite, en m i tereg,
tot dieselfde slotsom
20 gekom het. Hy het ook die uitspraak van Theal
Stewart R sorgvuldig ontleed en die volgende mening daaromtrent uitgespreek fop
bl
1143 C):
"The judgment cannot sensibly be construed as support for the proposition
that a cartage contractor who carries goods for a customer
but does nothing more
thereby uses the goods, although he has no greater interest in or strong-er
connection with them."
Ek stem daarmee saam. A
fortiori
is die uitspraak, m i, geen gesag vir
die stelling dat die ontvanger ("consignee") onder daardie omstandighede die
goedere gebruik
nie. (Sien ook die ongerapporteerde uitspraak van Van Coller R
(Kotze R het saamgestem) in die saak
Challenge Transport (Pty) Limited en 'n
And
er v Die
Staat
.) Dit bring my by die kwessie van
mens
rea
.
In hulle aansoek aan die hof a
quo
om verlof om te appelleer het
appellante nie die vraag van
mens
21
rea
geopper nie: hulle
aansoek was beperk tot die
vraag of die rolle papier vrygestelde goedere was
al dan nie. Mnr
Van Wyk
, wat namens die Staat opgetree het, het derhalwe
beswaar gemaak teen appellante se gebruik van hierdie argument op appèl.
Die advokate is egter toegelaat om die Hof oor
mens rea
toe te spreek.
Dit is nie nodig om uitsluitsel oor hierdie geskil te gee nie want ek is in alle
geval oortuig dat mens
rea
wel bewys is.
Die advokate het nie in hul betoë na art 34(1) van die Wet verwys nie en
ek sal veronderstel dat dit geen betrekking op hierdie
saak het nie en dat die
bewyslas t o v
mens rea
op die Staat gerus het (vgl. die tot dusver
ongerapporteerde uitspraak van hierdie hof in die saak van
Muller v Die
Staat
20.9.88). Verder was die advokate dit eens dat die skuldvorm culpa
voldoende is om die nodige
mens rea
t o v art 31(1)(b) daar te stel. Die
vraag is dus of eerste
22
appellant met die nodige omsigtigheid te werk gegaan
het om hom op die hoogte te stel van wat deur die Wet en die vrystellings
ingevolge Goewermentskennisgewing no 1267 van 'n karweier
vereis word. Die Staat
het bewys dat eerste appellant, handelende deur sy dienaars, die deur art
31(1)(b) verbode handellng begaan
het en dit regverdig 'n afleiding van mens
rea
(vgl
S v De Blom
1977 (3) SA 513
(A) op bl 532 E-F). Die
enigste getuienis wat eerste appellant aangebied het om 'n afleiding van
mens
rea
te weerlê was dié van mnr P G Vollmer, die hoofbestuurder
van die Lehmbeckers-groep maatskappye. Ek aanvaar dat, wat
hierdie
vervoertransaksie betref, sy optrede en sy gemoedstoestand aan eerste appellant
toegedig kan wórd.
Vollmer se getuienis in hoof op hierdie punt was kort en saaklik. Hy is
genader deur een van sy klerke en gevra of hulle die vrag
kan vervoer:
"He (die klerk) came to me and asked
23
whether in fact we could convey it and I then asked him what it was and he
informed me that it was kraft paper, brown kraft paper.
I then spoke to the
broker and the broker told me that the kraft paper was used for packaging
purposes. Looking in the dictionary
it was indicated as well that kraft paper
was used for packaging purposes and on that basis I authorised the conveyance of
this load".
Onder kruisondervraging het
hy verder soos volg getuig:
"For what kind of purpose was it
used?-- I have no idea what it was
ultimately going to be used for. I
assume packaging purposes.
Why do you say it was used packaging material?-- It was going to be used for
packaging purposes. I mean, that is what brown paper
is used for.
It was not used yet?— I would not know that, but I presume it was not
used yet. That is how I viewed it.
I asked you during cross-examination whether it was new and you admitted
24
that?-- It was on rolls, therefore it must be new material.
The first State witness testified here in court that it was in fact new
material, that it was not used yet?--It was new paper to
be used for packaging
purposes.
But it was not used yet?-- Correct. Would you say that this material that you
conveyed was new material or not used?— Not used
yet.
So, it was not used packaging material?— Not in the sense that you are
putting it to me now. It was going to be used for packaging
purposes,
yes."
Vollmer het ook gesê dat hy
bekend was met die uit-spraak in die
Reids Transport
-saak, maar het
toegegee: "I have not studied it in depth". Daar is geen aan-duiding in Vollmer
se getuienis dat hy enigsins probeer
het om regsadvies i v m hierdie geval in te
win nie.
Na my mening, blyk dit duidelik uit die ge- tuienis dat Vollmer
(en derhalwe eerste respondent) nie
25 die nodige omsigtigheid aan die dag gelê het nie. Hy het besef dat
die betrokke paper "was not used yet" en kon in die omstandighede
nie
verduidelik hoe hy dan kon gedink het dat dit onder die item "gebruikte
verpak-kingsmateriaal" geressorteer het nie. Indien hy
die uitspraak in die
Reids Transport
-saak deurgelees het, moes hy besef het dat, wat feite
betref, daar treffende verskille tussen dié saak en sy eie transaksie
was. Onder daardie omstandighede was dit m i nalatig om son-der regsadvies met
die vervoer van die papier voort te gaan. Die verweer
gegrond op 'n afwesigheid
van
mens rea
kan dus nie slaag nie.
Die appèl word afgewys.
M M CORBETT HEFER AR) SMALBERGER AR) Stem saam
MILNE AR)
KUMLEBEN AR)