Fleming v Fleming and Another (328/87) [1988] ZASCA 158; [1989] 4 All SA 417 (AD) (29 November 1988)

58 Reportability
Administrative Law

Brief Summary

Eierproduksie — Geldigheid van permitte — Appellante, eienaars van landbouhoewes, betwis die geldigheid van permitte vir eierproduksie wat aan die eerste respondent uitgereik is, na die verkoop van hul besigheid aan hom. Eerste respondent het aanvanklik die permitte van die appellante gebruik en later aansoek gedoen om 'n nuwe permit in sy naam. Die tweede respondent het die oordrag van die permitte aan die eerste respondent goedgekeur, ondanks besware van die appellante. Die hof het bevind dat die bepalings van die Wet op die Beheer van Eierproduksie en die regulasies bepalend is, en dat die appellante geen regte op die betrokke permitte het nie.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 158
|

|

Fleming v Fleming and Another (328/87) [1988] ZASCA 158; [1989] 4 All SA 417 (AD) (29 November 1988)

/MC Saak nr 328/87
MARTHA MARIA FLEMING
vs
GIDEON STEYN FLEMING
en
DIE HOOFBESTUURDER VAN DIE EIERRAAD.
VIVIER AR.
/MC Saak Nr 328/87
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen
MARTHA MARIA FLEMING
Appellante
- en -
GIDEON STEYN FLEMING
Eerste Respondent
DIE HOOFBESTUURDER VAN DIE EIERRAAD
Tweede Respondent
CORAM:
CORBETT, JOUBERT, VIVIER, STEYN et EKSTEEN ARR.
Verhoordatum:
11 November 1988.
Leweringsdatum:
29 November
1988.
UITSPRAAK
.
VIVIER AR
/
2
VIVIER AR:
Hierdie saak handel oor die
geldigheid van sekere per= mitte vir die produksie van eiers wat deur tweede
respondent uitge= reik is
ingevolge die regulasies wat kragtens die Wet op die
Beheer van Eierproduksie 61 van 1970 (die "Wet") uitgevaardig is.
Die
appellante is die eienares van twee landbouhoewes geleë in Panorama in die
distrik Roodepoort. 'n Besigheid vir die produksie
van eiers, bekend as Panorama
Hoenderboerdery, is op die eiendom eers deur appellante se oorlede eggenoot tot
sy dood op 4 September
1981 en daarna deur haarself tot 31 Oktober 1981 bedryf.
Op laasgemelde datum was appellante die houer van permit nr 4/125/04 vir
die
produksie van eiers wat in haar naam deur tweede respondent uitgereik is.
Ingevolge h skriftelike koopkontrak gedateer 10 November 1981, saamgelees met
'n addendum daartoe gedateer 18 November 1981, het appellante
met ingang van 1
November 1981 die besigheid, insluitende die hoenders en sekere voorrade en
toerusting, aan die eerste respondent
vir die bedrag van
3/
3 R26 676-19 verkoop. Verder het appellante ingevolge
'n
skriftelike huurkontrak gedateer 18 November 1981 die hoenderhokke,
eierkamer met eiersorteerder, kantoor en arbeidershuise vir 'n
onbepaalde
tydperk vanaf 1 November 1981 aan die eerste respondent verhuur. Die huurkontrak
was wedersyds opsegbaar met een jaar
skriftelike kennisgewing. Die bogemelde
drie ooreenkomste bevat slegs een verwysing na 'n permit vir eierproduksie. In
klousule 9
van die huurkontrak word gesê dat die verhuurder geen waarborg
gee dat die verhuurde perseel geskik is vir 'n hoenderboerdery
nie en dat die
huurder self alle stappe moet neem om die nodige permitte te verkry ten einde 'n
hoenderboerdery op die verhuurde
perseel te bedryf.
Eerste respondent het aanvanklik geen stappe geneem om self 'n permit te
bekom nie en het voortgegaan om met die goedkeuring van die
appellante die
besigheid te bedryf uit hoofde van voormelde permit nr 4/125/04 en sy
plaasvervanger, permit nr 4/125/05 wat op 14
Desember 1982 in die naam van
4/...
4 die appellante uitgereik is. Die eerste stappe wat die
eerste respondent geneem het om 'n permit in sy naam te verkry was op 28
Junie
1983 toe hy 'n skriftelike aansoek aan die tweede respondent gerig het dat
permit nr 4/125/05 op sy naam "oorgedra" word. Die
aansoek is toegestaan en
permit nr 4/125/06 is op 18 Augustus 1983 aan die eerste respondent uitgereik.
Soos sy twee genoemde voorgangers
was hierdie permit ook 'n "gewysigde
permit".
Op 23 Julie 1985 het die eerste respondent sy eierpermit, twee voertuie en
die besigheid se klandisiewaarde aan ene Wilkens vir die
bedrag van R232 404-00
verkoop. Die koopprys was in maandelikse paaiemente betaalbaar. Ingevolge
klousule 4 van die koopkontrak het
die eerste respondent onderneem om sy permit
"tot die koper se beskikking te stel by wyse van h sambreelpermit" totdat die
volle
koopprys betaal is, waarna hy afstand sou doen van die permit ten gunste
van die koper, onderhewig aan die tweede respondent se goedkeuring.
5/...
5 Die begrip "sambreelpermit" word nie in die
eedsverklarings verduidelik nie en kom nie voor in die Wet of die regulasies
nie. Dit
is blykbaar 'n permit wat aan twee houers gesamentlik uitgereik word en
op bwee afsonderlike persele van toepassing is.
Op 29 Julie 1985 het die eerste respondent skriftelike kennisgewing aan die
appellante gegee dat hy die huurkontrak tussen hulle op
31 Julie 1986
beëïndig. Op sy beurt het Wilkens op 26 Julie 1985 by die tweede
respondent skriftelik aansoek gedoen dat
'n sambreelpermit vir h kydperk van een
jaar ten opsigte van sy eie eiendom en dié wat deur eerste respondent van
die appellante
gehuur is, toegestaan word. Tweede respondent se reaksie hierop,
soos uiteengesit in 'n brief gerig aan die eerste respondent en
gedateer 18
November 1985, was dat hy reeds op 18 Julie 1985 die "oordrag" aan Wilkens
goedgekeur het op voorwaarde dat appellante
geen beswaar daarteen het nie, dat
sy egter wel beswaar gemaak het en dat daar
6/....
6 gevolglik geen beslissing gegee kan word totdat die
"uitslag van die privaatregtelike geskil" bekend is nie. Verdere briefwisseling
tussen aldrie die partye het hierop gevolg waarin botsende aansprake deur die
appellante en die eerste respondent ten opsigte van
permitte 4/125/05 en
4/125/06 gemaak is en waarin 'n aansoek gedateer 30 Januarie 1986 deur eerste
respondent dat h nuwe permit aan
hom uitgereik word, deur tweede respondent
geweier is.
Dit het daartoe gelei dat eerste respondent 'n aansoek na die Transvaalse
Provinsiale Afdeling gerig het vir 'n verklarende bevel
dat appellante geen
regte het met betrekking tot permit nr 4/125/06 nie en vir h bevel wat die
tweede respondent magtig om oordrag
van hierdie permit aan Wilkens te
bewerkstellig sonder verwysing na die appellante. Die Eierraad, 'n
statutêre liggaam ingestel
kragtens die Bemarkingswet 59 van 1968, is
aanvanklik as die tweede respondent tot die aansoek siteer, maar nadat sy
adjunk-hoofbestuurder,
mnr D
7/...
7 J Gouws, in 'n antwoordende beëdigde verklaring
daarop gewys het dat die bevoegdheid om permitte kragtens die Wet en die
regulasies
uit te reik, by die hoofbestuurder van die Eierraad berus en nie by
die Eierraad self nie, is die aansoek gewysig om die Eierraad
met die
hoofbestuurder van die Eierraad as tweede respondent te vervang. Soos ek later
sal aantoon, was mnr Gouws se beëdigde
verklaring nie slegs gemik teen die
verkeerde sitasie nie, maar het hy ook standpunt ingeneem ten opsigte van die
meriete van die
geskil tussen appellante en die eerste respondent. Geen verdere
beëdigde verklarings is deur die hoofbestuurder geliasseer nie
en hy was
daarna ook nie by die verhoor van die aansoek voor die Hof
a quo
verteenwoordig nie.
Die aansoek is deur die appellante bestry wat, sonder om 'n formele
teenaansoek ingevolge Hofreël 6(7) te doen, in haar antwoordende
beedigde
verklaring 'n verklarende bevel gevra het dat permit nr 4/125/05 nog regsgeldig
is, dat sy
8/...
8 die wettige alleenhouer daarvan is en dat dit nie deur
die uitreiking van enige permit aan die eerste respondent of enige oordrag
van
laasgemelde permit geraak is nie. Eerste respondent se aansoek is deur STRYDOM R
toegestaan wat die appellante beveel het om
die koste daarvan te bebaal. STRYDOM
R het verder bevind dat die appellante geen regte behou het in permit 4/125/05
nie. Met verlof
van hierdie Hof kom die appellante nou in hoër beroep teen
die uitspraak en bevele van die Hof
a quo.
Na my mening is die beslissing van hierdie saak te vind,nie in die
kontraktuele verhouding wat daar tussen die appellante en die eerste
respondent
tot stand gekom het nie, maar in die bepalings van die Wet en die regulasies
daartoe. Die algemene doel van die Wet, volgens
sy lang titel, is om voorsiening
te maak vir die beperking van eierproduksie in sekere omstandighede. Ingevolge
art 2(1) van die
Wet kan die Minister van Landbcu regulasies uitvaardig om,
onder die
9/...
9 omstandighede en gedurende 'n tydperk in art 2(5) beoog,
eierproduksie te beperk. Dié omstandighede is, volgens art 2(5),
indien
daar na die oordeel van die Minister van Landbou h toestand van oorproduksie in
die eierbedryf bestaan of binnekort waarskynlik
sal bestaan. Dan kan die
Staatspresident by proklamasie in die Staatskoerant verklaar dat die regulasies
in werking is vanaf die
datum en vir 'n bepaalde of onbepaalde tydperk wat in
die proklamasie vermeld word. Die regulasies wat die Minister ingevolge art
2(1)
van die Wet uitgevaardig het, is afgekondig by Goewermentskennisgewing R1862 van
15 September 1978. Op dieselfde dag het die
Staatspresident ingevolge art 2(5)
van die Wet by Proklamasie R230 in die Staatskoerant verklaar dat die regulasies
in werking is
met ingang van publikasie daarvan vir h onbepaalde tydperk. Die
regulasies, soos daarna gewysig, was te alle wesenlike tye tot hierdie
saak
steeds van krag.
Regulasie 3, gelees met Goewerments=
10/...
10
kennisgewing R1863 van 15 September 1978, het voor
sy wysiging deur die regulasies gepubliseer by Goewermentskennisgewing R2698 van
19 Desember 1986, bepaal dat geen "gespesifiseerde persoon", soos omskryf in
regulasie 1, na 15 September 1978 enige lê-henne
vir eierproduksie mag
aanhou nie, en dat niemand anders na 15 September 1978 meer as 1999
lê-henne vir eierpro= duksie mag
aanhou nie, behalwe uit hoofde van, en
ooreenkomstig die voorwaardes gestel in h permit wat aan daardie persoon deur,
of op las van,
die tweede respondent uitgereik is. Dit is gemene saak dat die
persone wat betrokke is by hierdie saak nle "gespesifiseerde persone"
is nie.
Ingevolge regulasie 4 moet bestaande of nuwe produsente wat h permit benodig,
aansoek doen op een van die vorms wat in Aanhangsels
A en B van die regulasies
verskyn. Van die aansoeker word verwag om volledige besonderhede ten opsigte van
die perseel waarop die
hoenderboerdery bedryf word of bedryf gaan word, te
verstrek. Onder andere moet dle applikant meld wat die aard van sy reg
11/...
11
in die eiendom is indien hy nie die eienaar is nie en wanneer daardie reg
verval. Die aansoek word eers oorweeg deur die Eierproduksiekomitee
wat deur die
Eierraad kragtens regulasie 2 ingestel is, waarna die aansoek en alle ander
stukke wat daarop betrekking het, saam met
h aanbeveling aan die tweede
respondent voorgelê word. Laasgenoemde kan, na oorweging van die aansoek
en die aanbeveling van
die Komitee, na goeddunke aan die applikant h permit
uitreik onderhewig aan voorwaardes wat hy bepaal, met inbegrip van h voorwaarde
wat die getal lê-henne beperk wat deur die applikant vir eierproduksie
aangehou mag word, of hy kan die aansoek van die hand
wys (regulasie 6(1)).
Ingevolge regulasie 7, soos gewysig deur Goewerments= kennisgewing R732 van 6
April 1979, kan die tweede respondent
na goeddunke, maar eers nadat hy met die
Komitee oorleg gepleeg het, enige permit wat deur hom ingevolge regulasie 6
uitgereik is,
intrek of wysig. Regulasie 8 maak voorsiening vir die wysiging of
intrekking van permitvoorwaardes. Op die
12/...
12
ter saaklike datum het regulasie 8 bepaal dat tweede
respondent òf uit eie beweging na raadpleging van die Komitee òf
op aansoek van die houer van 'n permit: (a) die maksimum getal lê-henne
wat ingevolge 'n permit vir eierproduksíe aangehou
mag word, kan verhoog
of verlaag; (b) enige ander voorwaarde waaronder 'n permit uitgereik is, kan
wysig of intrek. Regulasie 9,
soos dit oorspronklik gelees het, het bepaal dat
'n permit nie verhandelbaar, of op enige ander wyse oordraagbaar is nie, en dat
dit verval indien die houer daarvan sy lê-henne of enige aantal daarvan
verskuif vanaf die perseel ten opsigte waarvan die
permit uitgereik is, na enige
ander perseel wat ingevolge 'n ander transportakte gehou word. Regulasie 9 is
deur Goewermentskennisgewing
R1933 van 2 September 1983 met 'n nuwe regulasie
vervang wat vir die eerste keer voorsiening gemaak het vir die oordrag van
permitte
van een houer na 'n ander. Regulasie 11 vereis van elke permithouer om
maandeliks 'n opgawe aan die Komitee te verstrek van onder
13/...
13 andere sy getal lê-henne en die hoeveelheid eiers
deur hom geproduseer. Iemand wat versuim om hierdie inligting te verstrek
is
ingevolge regulasie 13 aan 'n misdryf skuldig.
Volgens die Wet en die regulasies is dit duidelik, meen ek, dat 'n permit wat
ingevolge regulasie 6 uitgereik word, 'n persoonlike
statutêre vergunning
is aan h bepaalde persoon om 'n bepaalde aantal lê-henne vir eierproduksie
op 'n bepaalde perseel
aan te hou. Dit is ook duidelik, meen ek, dat die
uitreiking van 'n permit die uitoefening deur die betrokke instansies van 'n
delectus personae
inhou, met die gevolg dat 'n permithouer nie sy permit
kan vervreem of andersins daarmee kan handel tensy hy daartoe gemagtig is
ingevolge die regulasies nie.
In die huidige saak het regulasie 9, soos oorspronklik bewoord, gegeld toe
die tweede respondent op 18 Augustus 1983 "gewysigde permit"
nr 4/125/06 aan
eerste respondent uitgereik het. Mnr Woudstra, namens die eerste respondent, het
tereg
14/...
14 toegegee dat indien die uitdruklike verbod bevat in
regulasie 9 op die tweede respondent van toepassing was, hy nie gemagtig was
om
permit nr 4/125/05 aan dié eerste respondent oor te dra nie en dat enige
sodanige "oordrag" 'n nulliteit sou wees. Mnr
Woudstra het ook tereg toegegee
dat tweede respondent nie 'n nuwe permit aan eerste respondent kon uitreik nie
omdat laasgenoemde
nie daarvoor aansoek gedoen het nie. Tweede respondent het
natuurlik nie voorgegee om òf permit nr 4/125/05 oor te dra òf
om
'n nuwe permit uit te reik nie. Volgens die bewoording van permit nr 4/125/06
het tweede respondent met die uitreiking daarvan,
ingevolge regulasie 7 gehandel
deur permit nr 4/125/05 te wysig.
Wat die gepoogde wysiging betref, het mnr Woudstra betoog dat aangesien
regulasie 8 reeds voorsiening maak vir die wysiging van permitvoorwaardes,
die
woord "wysig" in regulasie 7 'n wyer betekenis dra sodat alle veranderings van
die permit, ook die verandering van die permithouer,
ingevblge
15/...
15 regulasie 7 geoorloof is. Ek stem nie met die betoog
saam nie. Daar is allerlei wysigings van h permit te voorsien wat nie betrekking
het op die permitvoorwaardes nie, sodat dit ingevolge regulasie 7 en nie
regulasie 8 nie, aangebring moet word. Daar is gevolglik
geen rede om aan die
woord "wysig" in regulasies 7 en 8 verskillende betekenisse te heg nie.
Die substitusie van een permithouer met 'n ander is nie h wysiging van die
permit nie. 'n Permit is, soos reeds geblyk het, 'n vergunning
aan 'n bepaalde
persoon, en wanneer daardie vergunning aan 'n ander persoon gegee word, beteken
dit dat h nuwe permit uitgereik word
of dat die eerste permit oorgedra word aan
h nuwe permithouer, en is daar nie sprake van h wysiging van die permit nie.
Gevolglik
kon tweede respondent nie ingevoige regulasie 7 permit nr 4/125/06 aan
eerste respondent uitgereik het nie.
Ten einde aan die gevolge van die verbod op die
16/...
16 oordrag van 'n permit in regulasie 9 te ontkom, het mnr
Woudstra betoog dat regulasie 9 alleen 'n oordrag tussen partye onderling
verbied het, maar dat dit nie betrekking gehad het op 'n oordrag van 'n permit
wat deur die tweede respondent goedgekeur is nie.
Ek kan nie saamstem nie.
Regulasie 9 het 'n absolute verbod op die oordrag van 'n permit bevat. Die
verbod kon alleen verwys na 'n
oordrag deur die tweede respondent, want hy is
die persoon wat deur die regulasies belas is met die uitreiking ens van permitte
en
'n onderlinge oordrag was ondenkbaar. Anders as in die geval van die
uitreiking, wysiging en intrekking van 'n permit, het die regulasies,
voor die
gemelde wysiging van regulasie 9, geen uitdruklike magtiging aan die tweede
respondent verleen om 'n permit oor te dra nie.
Dit is gevolglik duidelik, meen
ek, dat die verbod in regulasie 9 die tweede respondent verbied het om enige
permit oor te dra. Die
feit dat tweede respondent gepoog het om, wat in
werklikheid op 'n oordrag of die uitreiking van 'n nuwe permit neergekom
het,
17/...
17 te bewerkstellig ingevolge regulasle 7, is 'n
aanduiding dat hy bewus was daarvan dat hy nie by magte was om 'n permit oor te
dra
nie.
Weens bogemelde redes is ek van mening dat tweede respondent sy magte oorskry
het toe hy permit nr 4/125/06 aan eerste respondent
uitgereik het, met die
gevolg dat hierdie permit 'n nulliteit was. Daaruit volg dat die eerste
respondent nie geregtig was op enige
van die regshulp wat hy by die Hof
a
quo
aangevra het nie en dat sy aansoek verkeerdelik toegestaan is. Die
betoog in hierdie Hof deur mnr Vorster, namens die tweede respondent,
dat eerste
respondent die verkeerde prosedure in die Hof
a quo
gebruik het deurdat
hy die hersieningsprosedure van Hofreël 53 moes gebruik het ten opsigte van
sy aanval op die versuim van
die tweede respondent om permit nr 4/125/06 aan
Wilkens oor te dra, kom gevolglik nie ter sprake nie.
Wat permit nr 4/125/05 betref, bestaan daar twyfel oor die geldigheid van
hierdie permit sowel as van dié van
18/...
18 sy voorganger of voorgangers wat aan die appellante
uitgereik is. Op 14 Desember 1982 toe permit nr 4/125/05 uitgereik is, het
appellante nie 'n hoenderboerdery bedryf nie en ook oor geen persele beskik
waarop sy 'n hoenderboerdery kon bedryf nie. Verder is
dit nie bekend onder
welke omstandighede en ingevolge welke regulasies die voorganger of voorgangers
van permit nr 4/125/05 aan die
appellante uitgereik is nie en of hulle mank gaan
aan dieselfde gebrek wat aan permit 4/125/06 kleef nie. Dit is egter nie nodig
om hieroor te beslis nie. Die saak in die Hof
a quo
het oor die
geldigheid van eerste respondent se permit nr 4/125/06 gegaan, al het die
appellante die hof gevra om te verklaar dat
permit nr 4/125/05 geldig is. In
hierdie Hof het mnr Hopf, namens die appellante, nie vir enige bevel aangaande
permit nr 4/125/05
gevra nie.
Dit laat die kwessie van koste. Mnr Hopf het vir 'n kostebevel teen sowel die
eerste as die tweede respondent gevra, beide wat die
verrigtinge
19/...
19
in die Hof
a quo
en op appèl betref.
Die algemene reël, waarop
namens die tweede respondent gesteun is, is
dat 'n kostebevel
nie toegestaan word teen 'n openbare amptenaar wat in die
foutiewe
maar
bona fide
uitoefening van sy ampspligte opgetree het
nie. Dit is egter nie 'n onbuigsame reël wat in alle gevalle
geld sodat die Hof se diskresie aan bande gelê word nie.
(
Coetzeestroom Estate and Gold Mining Company v Reqistrar
of Deeds
1902 TS 216
op 223;
Die Meester v Joubert en
Andere
1981(4) SA 211(A) op 224 L)-F en die tot nog toe ongerapporteerde
beslissing van hierdie Hof, gelewer op 30 Augustus 1988 in
The Attorney
-
Generál for the Eastern Cape v Blom and
Others
).
In die aansoek voor die Hof
a quo
is 'n kostebevel teen die tweede
respondent aangevra slegs indien hy die aansoek sou bestry. Soos ek reeds daarop
gewys het, was
die antwoordende beëdigde verklaring van mnr Gouws nie net
gemik teen die verkeerde sitasie nie. Sy houding, waarmee die huidige
tweede
respondent hom daarna ten volle vereenselwig
20/...
20
het, was om kant te kies in die geskil tussen die
appellant
en die eerste respondent en om, instede van te berus in
die
uitspraak van die Hof, te vra dat die regshulp wat deur die
eerste
respondent aangevra is, van die
hand gewys word.
Die kern van mnr Gouws
se beswaar was dat, waat 'n perseel
met die fasiliteite vir 'n
hoenderboerdery, verhuur was, die
tweede respondent by magte was om af te wyk van die normale
prosedure en
om nog die bestaande permit in te trek, nòg 'n
nuwe permit uit te reik, maar om 'n gewysigde permit ingevolge
regulasie 7 aan die huurder uit te reik wat sou geld vir die
duur van die
huurkontrak, met behoud van die regte van die
verhuurder. Tweede respondent het deurgaans in die verkeerde
standpunt volhard dat permit nr 4/125/06 geldiglik aan die
eerste respondent uitgereik is en dat dit nie sonder appellant
se goedkeuring vervreem kon word nie. Die verwarring wat
uit hierdie standpunt gespruit het, was na my mening die direkte
oorsaak van die geskil en daaropvolgende litigasie tussen
21/...
21 die appellante en die eerste respondent.
Onder
hierdie omstandighede is ek van mening dat 'n kostebevel ook teen tweede
respondent gemaak moet word soos deur mnr Hopf versoek
(vgl
Rent Control
Board and Another v South African Breweries Ltd
1943 AD 456
op 467-468 en
MacLean v Haasbroek NO and Others
1957(1) SA 464(A) op 468G-469B).
Gevolglik slaag die appèl met koste, wat insluit die koste van die
aansoek by die Hof a quo
om verlof om te appelleer sowel as die koste van die
aansoek by hierdie Hof vir verlof om te appelleer. Die koste word deur die
eerste
en tweede respondente gesamentlik en afsonderlik betaal. Die bevel van
die Hof
a quo
word met die volgende bevel vervang: "Die aansoek word van
die hand gewys met koste wat deur die applikant en die tweede respondent
gesamentlik en afsonderlik betaal moet word".
W. VIVIER AR.
CORBETT AR)
JOUBERT AR) Stem saam.
STEYN AR)
EKSTEEN AR)