S v Hoko and Others (375/87) [1988] ZASCA 151 (28 November 1988)

Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Public Violence — Sentencing — Five appellants convicted of public violence and sentenced to various terms of imprisonment — Appeal against convictions and sentences — Court's power to interfere with sentences limited to cases of irregularity, misdirection, or unreasonableness — Appellants' personal circumstances considered, with emphasis on the severity of their actions and the impact on the victim — Appeal by two appellants partially successful, sentences modified to include suspended terms, while appeals of the remaining appellants dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 151
|

|

S v Hoko and Others (375/87) [1988] ZASCA 151 (28 November 1988)

/MC Saak nr 343-/87
JOSEPH HOKO EN ANDERE
- en-
DIE STAAT
VIVIER AR
.
/MC Saak nr 363/87.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen
JOSEPH
HOKO
Appellant nr 1
DICKSON MADIKANE
Appellant nr 2
JOHN DANIELS
Appellant nr 3
ERNEST SOLOMONS
Appellant nr 4
DAVID KETSHEM
Appellant nr 5
- en -
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
JOUBERT, HEFER et VIVIER ARR.
VERHOORDATUM:
18 November 1988
LEWERINGSDATUM:
28 November
1988.
UITSPRAAK
VIVIER AR/....
2
VIVIER AR:
Die vyf appellante, na wie ek onderskeidelik as beskuldigdes 1, 3, 5, 6 en 7
sal verwys, is in die Streekhof op George aan openbare
geweld skuldig bevind.
Beskuldigdes 1, 5, 6 en 7 is elk tot agt jaar gevangenisstraf en beskuldigde 3
tot tien jaar gevangenisstraf
gevonnis. Drie jaar van die gevangenisstraf van
beskuldigde 5 is vir vyf jaar op sekere voorwaardes opgeskort,
Die appellante se appèl teen hulle skuldigbevindings en vonnisse na
die Kaapse Provinsiale Afdeling het misluk en met verlof
van hierdie Hof kom
hulle nou in hoër beroep slegs teen hulle vonnisse.
Die tersaaklike feite vir huidige doeleindes is die volgende. Om ongeveer 8
uur op Vrydagaand 22 November 1985 het ene Mann met sy
firma se vragmotor
werknemers in Bongulethu, 'n Swart woonbuurt naby Oudtshoorn, gaan aflaai. Hy
het in Derdelaan gestop en sy passasiers
het afgeklim. 'n
3 /
3
Groot skare oproeriges, waaronder die vyf appellante, het nadergekom, die
vragmotor met klippe bestook en 'n slagspreuk geskreeu.
Beskuldigdes 1 en 5 het
na die vragmotor gegaan en vir Mann uitgeruk en op die grond gegooi terwyl die
res van die skare 'n entjie
weg gestaan het. Beskuldigdes 1 en 5 het daarna die
vragmotor aan die brand gesteek met petrol uit 'n kannetjie wat beskuldigde 1
by
hom gehad het. Die vragmotor het heeltemal uitgebrand. Mann het weggehardloop,
agtervolg deur o a beskuldigdes 3, 6 en 7. Hy het
ontkom en ongeveer 1 km van
die toneel die polisie teengekom wat hom gehelp het. Hy is nie beseer nie.
Hierdie Hof se bevoegdheid om met die vonnis van die verhoorhof in te meng,
is beperk tot gevalle van
onreëlmatigheid, wanvoorligting of onredelikheid. S v
Buthelezi
1985(2) SA 806(A) op 811H en
S v Pieters
1987(3) SA
717(A) op 727F-728D.
4/
4
Mnr Desai, wat namens al die beskuldigdes voor ons verskyn het, het slegs
betoog dat die vonnisse onredelik swaar is, en wel in die
lig van die
beskuldigdes se persoonlike omstandighede, die rol wat elkeen by die gebeure
gespeel het en vonnisse wat in ander gevalle
van openbare geweld opgelê
is.
Die beskuldigdes se persoonlike omstandighede word volledig in die landdros
se uitspraak oor vonnis uiteengesit. Behalwe beskuldigde
5, wat 'n 16-jarige
skoolseun is, is al die ander jong mans tussen die ouderdomme van 22 en 29 jaar,
ongetroud, arbeiders en woonagtig
in Bongulethu. Behalwe beskuldigde 3, wat nie
minder nie as elf vorige veroordelings het, insluitende vyf vir geweldsmisdade,
is
almal eerste oortreders of kan as eerste oortreders beskou word.
Beskuldigdes 1 en 5 was die voorbokke van die skare oproeriges en hulle
optrede kon maklik die plofbare situasie wat daar geheers
het, vererger het.
Beskuldigdes 1 en 5 het
5/
5
groot skade aan eiendom aangerig en die man wat hulle uit sy vragmotor geruk
het, in lewensgevaar geplaas. Hulle is aangehits deur
die gepeupel, van wie
beskuldigdes 3, 6 en 7 deel was. Laasgenoemdes het daarna vir Mann agternagesit
toe hy ontvlug het. Gelukkig
vir almal het hy ontkom.
Geweldpleging van hierdie aard, wat al te dikwels in ons Swart woonbuurte
voorkom, moet in 'n baie ernstige lig gesien word. Die aandeel
van beskuldigdes
1 en 5 in die gebeure was groter as dié van die ander beskuldigdes.
Wat betref die vonnisse wat in ander gevalle van openbare geweld opgelê
is, waarna mnr Desai ons verwys het, is die feite van
daardie sake so
verskillend van dié in die huidige saak dat dit, na my mening, nie as
maatstat vir die huidige saak kan dien
nie. Vgl
S v Maseko
1988(4) SA
1(A) op 4F-G.
In die omstandighede van hierdie saak meen ek nie dat die opgelegde vonnis
van beskuldigde 1 onredelik swaar is
6/
6
nie, of dat nie voldoende gewig geheg is aan die jeug van beskuldigde 5 deur
drie jaar van sy vonnis op te skort nie. Vanweë
hulle mindere aandeel in
die gebeure meen ek dat dit gepas is om 4 jaar van die vonnisse van elk van
beskuldigdes 6 en 7 op te skort.
In die lig van beskuldigde 3 se vorige
veroordelings kan egter nie gesê word dat sy opgelegde vonnis onredelik
swaar is nie.
Gevolglik slaag die appèl van beskuldigdes 6 en 7 tob die mate dat
elkeen se opgelegde vonnis gewysig word deur vier jaar van
die gevangenisstraf
vir vyf jaar op te skort op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind
word aan openbare geweld, gepleeg
gedurende die tydperk van opskorting nie. Die
appèlle van beskuldigdes 1, 3 en 5 word afgewys.
W. VIVIER AR.
JOUSERT AR)
Stem saam. HEFER AR)