Mouton v Boy Burger (Edms) Bpk (C1051/09) [2011] ZALCCT 18; (2012) 33 ILJ 249 (LC) (5 August 2011)

55 Reportability

Brief Summary

Labour Law — Unfair dismissal — Allegations of automatic unfair dismissal based on race and union activities — Applicant claimed dismissal due to marriage to a coloured woman and participation in union activities — Respondent contended dismissal was due to misconduct after disciplinary hearings — Court found applicant failed to prove automatic unfair dismissal as required by the Labour Relations Act — Dismissal deemed fair.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Cape Town Labour Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Cape Town Labour Court, Cape Town
>>
2011
>>
[2011] ZALCCT 18
|

|

Mouton v Boy Burger (Edms) Bpk (C1051/09) [2011] ZALCCT 18; (2012) 33 ILJ 249 (LC) (5 August 2011)

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
RAPPORTEERBAAR
VAN
BELANG VIR ANDER REGTERS
DIE ARBEIDSHOF VAN SUID-AFRIKA, KAAPSTAD
SAAKNOMMER: C 1051/ 09
In die saak tussen:
WILLEM
MOUTON
.............................................................................
Applikant
en
BOY
BURGER (EDMS) BPK
.........................................................
Respondent
Verhoordatums: 7-9 Maart; 27-29 Junie; 13 Julie 2011
Uitspraak: 5 Augustus 2011
Opsomming:
Applikant beweer outomaties onbillike ontslag weens
vakbondbedrywighede en op grond van ras, weens sy huwelik met ‘n
bruin
vrou (applikant is ‘n wit man). Bevind dat outomaties
onbillike ontslag nie bewys is nie.
UITSPRAAK
STEENKAMP R:
Inleiding
Die feite in hierdie saak beval al die elemente van ‘n moderne
Suid-Afrikaanse plaasroman: seks, beweerde rassediskriminasie,
die
verhouding tussen baas en werker, vakbondbedrywighede, twis tussen
pa en seun, druiwediefstal, gebreekte bakkies en plaasimplemente,
en
die onvermydelike ontslag.
Die applikant se eis
Die applikant, Willem Mouton, sê hy is ontslaan weens twee
redes:
Eerstens, weens die feit dat hy vorige verhoudings gehad het met
kleurlingvroue en dan hoofsaaklik as gevolg van sy huwelik
met
Susanna Ruiters (‘n kleurlingvrou en mede-plaaswerker).
Tweedens, weens die feit dat hy deelgeneem het aan
vakbondbedrywighede en spesifiek weens die feit dat hy die persoon
was
wat verantwoordelik was daarvoor dat die vakbond op die
werkplek begin organiseer het.
Vir die doeleindes van hierdie saak is dit ongelukkig nodig om
daarop te wys dat die applikant, Willem Mouton, ‘n wit man
is.
Dit is ook onvermydelik dat die ras van die ander rolspelers, soos
Ruiters, genoem moet word. Mouton het in Augustus 2004
vir die
respondent begin werk na ‘n rusie met sy pa, die boer op die
buurplaas, waarna Mouton snr hom die huis belet het.
Die respondent
is ‘n maatskappy wat ‘n boerdery – hoofsaaklik
sitrus en wingerd – bedryf op die plaas
Platkloof in die
distrik Citrusdal.
Die applikant se saak is dat die verhouding
tussen hom en die eienaar van die boerdery, Kobus van der Merwe
1
,
deurgaans goed was totdat hy ‘n verhouding aangeknoop het met
en later getroud is met Susanna Ruiters, ‘n bruin
vrou en
mede-plaaswerker. Volgens hom het die verhouding toe verswak, en
selfs verder agteruitgegaan toe hy namens die vakbond
Society
Development Trade Union werkers op die plaas begin organiseer het.
Hy voer aan dat hierdie twee faktore direk of indirek
tot sy ontslag
gelei het en dat dit outomaties onbillik was. Die respondent, by
monde van Van der Merwe, voer aan dat hierdie
twee faktore niks met
die ontslag te doene gehad het nie; en dat Mouton afgedank is weens
wangedrag na drie afsonderlike dissiplinêre
verhore.
Bewyslas
Die applikant se saak berus op art 187(1)(d) en
(f) van die Wet op Arbeidsverhoudinge
2
,
wat bepaal:

187.   Outomaties
onbillike ontslag.
—(1)
Ontslag
is
outomaties onbillik indien die werkgewer by die
ontslag
van
die werknemer strydig met artikel 5  optree, of indien die rede
vir die
ontslag
is—
(
a
)
...;
(
b
)
...;
(
c
)
...;
(
d
)
dat
die
werknemer
stappe gedoen het, of ’n voorneme te kenne
gegee het om stappe te doen teen die werkgewer deur—
(i)
enige reg uit te oefen wat by
hierdie Wet
verleen word; of
(ii)
deel te neem aan enige verrigtinge ingevolge
hierdie Wet
;
(
e
)
...;
(
f
)
dat
die werkgewer onbillik gediskrimineer het teen ’n
werknemer
,
regstreeks of onregstreeks, op enige arbitrêre grond, wat
insluit, maar nie beperk is nie, tot ras, geslagtelikheid, geslag,

etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid,
ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, geloof, politieke
mening,
kultuur, taal, huwelikstaat of gesinsverantwoordelikheid.”
Artikels 4 en 5 van die WAV is ook van belang. Dit bepaal:

4.   Werknemers
se reg op vryheid van assosiasie.
—(1)  Elke
werknemer
het
die reg—
(
a
)
om deel te neem aan die stigting van ’n
vakbond
of
federasie van
vakbonde
; en
(
b
)
om by ’n
vakbond
aan te sluit, behoudens sy konstitusie.
(2)  Elke
lid van ’n
vakbond
het die reg, behoudens die
konstitusie van daardie
vakbond

(
a
)
om deel te neem aan sy wettige bedrywighede;
(
b
)
om deel te neem aan die verkiesing van enige van sy
ampsdraers
,
beamptes
of
vakbondverteenwoordigers
;
(
c
)
om vir verkiesing te staan, en in aanmerking te kom vir aanstelling,
as ’n
ampsdraer
of
beampte
en, indien verkies of
aangestel, om dié amp te beklee; en
(
d
)
om vir verkiesing te staan, en in aanmerking te kom vir aanstelling,
as ’n
vakbondverteenwoordiger
en, indien verkies of
aangestel, om ingevolge
hierdie Wet
of ’n
kollektiewe
ooreenkoms
die werksaamhede van ’n
vakbondverteenwoordiger
te verrig.
(3)  Elke
lid van ’n
vakbond
wat ’n lid van ’n
federasie van
vakbonde
is, het die reg, behoudens die
konstitusie van daardie federasie—
(
a
)
om deel te neem aan sy wettige bedrywighede;
(
b
)
om deel te neem aan die verkiesing van enige van sy
ampsdraers
of
beamptes
; en
(
c
)
om te staan vir verkiesing, en in aanmerking te kom vir aanstelling,
as ’n
ampsdraer
of
beampte
en, indien verkies of
aangestel, om dié amp te beklee.
5.   Beskerming
van werknemers en werksoekers.
—(1)  Niemand mag
teen ’n
werknemer
diskrimineer vir die uitoefening van
enige reg wat by
hierdie Wet
verleen word nie.
(2)  Sonder
om die algemene beskerming verleen by
subartikel
(1)
te
beperk, mag niemand enige van die volgende doen of dreig om dit te
doen nie—
(
a
)
van ’n
werknemer
of ’n werksoeker vereis—
(i)
om nie ’n lid van ’n
vakbond
of
werkplekforum
te wees nie;
(ii)
om nie ’n lid van ’n
vakbond
of
werkplekforum
te word nie; of
(iii)
om lidmaatskap van ’n
vakbond
of
werkplekforum
te
laat vaar;
(
b
)
’n
werknemer
of werksoeker verhinder om enige reg uit te
oefen wat by
hierdie Wet
verleen word of deel te neem aan
enige verrigtinge ingevolge
hierdie Wet
; of
(
c
)
’n
werknemer
of ’n werksoeker benadeel as gevolg
van vorige, huidige of verwagte—
(i)
lidmaatskap van ’n
vakbond
of
werkplekforum
;
(ii)
deelname aan die stigting van ’n
vakbond
of federasie
van
vakbonde
of instelling van ’n
werkplekforum
;
(iii)
deelname aan die wettige bedrywighede van ’n
vakbond
of
federasie van
vakbonde
of ’n
werkplekforum
;
(iv)
versuim of weiering om iets te doen wat ’n werkgewer nie wettig
van ’n
werknemer
mag vereis of ’n
werknemer
mag
toelaat om te doen nie;
(v)
openbaarmaking van inligting wat die
werknemer
wettig aan ’n
ander persoon mag of moet gee;
(vi)
uitoefening van enige reg by
hierdie Wet
verleen; of
(vii)
deelname aan enige verrigtinge ingevolge
hierdie Wet
.
(3)  Niemand
mag ’n
werknemer
of ’n werksoeker bevoordeel of
bevoordeling belowe in ruil vir die nie-uitoefening van ’n reg
wat by
hierdie Wet
verleen word of vir die nie-deelname aan
enige verrigtinge ingevolge
hierdie Wet
nie. Nietemin
verhinder hierdie verbod nie die partye by ’n
geskil
om
’n ooreenkoms aan te gaan om daardie
geskil
te skik nie.
(4)  Enige
bepaling in ’n kontrak, hetsy aangegaan voor of na die
inwerkingtreding van
hierdie
Wet
,
wat regstreeks of onregstreeks enige bepaling van
artikel
4
of
hierdie artikel weerspreek of beperk, is ongeldig, tensy
kontraksbepaling ingevolge
hierdie
Wet
geoorloof
is.”
Die applikant beroep hom voorts op die definisie
van rassisme in die Wet op die Bevordering van Gelykheid en
Voorkoming van Onbillike
Diskriminasie.
3
Artikel 7 van daardie Wet verbied onbillike
diskriminasie op grond van ras:

7.   Prohibition
of unfair discrimination on ground of race.
—Subject
to
section
6
,
no person may unfairly discriminate against any person on the ground
of race, including—
(
a
)
the dissemination of any propaganda or idea, which propounds the
racial superiority or inferiority of any person, including incitement

to, or participation in, any form of racial violence;
(
b
)
the engagement in any activity which is intended to promote, or has
the effect of promoting, exclusivity, based on race;
(
c
)
the exclusion of persons of a particular race group under any rule or
practice that appears to be legitimate but which is actually
aimed at
maintaining exclusive control by a particular race group;
(
d
)
the provision or continued provision of inferior services to any
racial group, compared to those of another racial group;
(
e
)
the denial of access to opportunities, including access to services
or contractual opportunities for rendering services for
consideration,
or failing to take steps to reasonably accommodate the
needs of such persons.”
Hierdie wet is egter nie relevant waar die beweerde diskriminasie in
arbeidswetgewing aangespreek word nie. Artikel 5(3) van
die
Gelykheidswet bepaal:

(3)  This
Act does not apply to any person to whom and to the extent to which
the Employment Equity Act, 1998 (
Act
No. 55 of 1998
),
applies.
Aan die einde van die applikant se saak het die respondent aansoek
gedoen om absolusie van die instansie. Ek het die aansoek
van die
hand gewys en redes daarvoor verskaf op 9 Maart 2011. In die loop
van daardie
ex tempore
uitspraak het ek die kwessie van die
bewyslas in sake soos hierdie, waar outomaties onbillike ontslag
weens diskriminasie beweer
word, onder die loep geneem. Ek sal
kortliks weer die relevante beginsels saamvat vir die doeleindes van
hierdie uitspraak.
Die algemene bewyslas in gevalle van beweerde onbillike ontslag word
uiteengesit in art 192 van die WAV:

192.   Bewyslas
by geskille oor ontslag.
—(1)  By
enige verrigtinge rakende ’n
ontslag
moet
die
werknemer
bewys
dat die
ontslag
plaasgevind
het.
(2)  Indien
die
ontslag
bewys is, moet die werkgewer bewys dat die
ontslag
billik is.”
Waar die applikant beweer dat die ontslag
outomaties onbillik is, is die kwessie van die bewyslas indringend
bespreek deur Davis
WnAR
4
in
Kroukam v SA
Airlink (Pty) Ltd
:
5

[27]
The question in the present dispute concerned the application of this
test [
en
met ‘this test’ verwys hy terug na die toets in die geval
van outomaties onbillike ontslag]. T
he
starting-point of any enquiry is to be found in chapter VIII of the
Act. Thus, if an employee simply alleges an unfair dismissal,
the
employer must show that it was fair for a reason permitted by s 188.
If the employee alleges that she was dismissed for a prohibited

reason, for example pregnancy, then it would seem that the employee
must, in addition to making the allegation, at least prove
that the
employer was aware that the employee was pregnant and that the
dismissal was possibly based on this condition. Some guidance
as to
the nature of the evidence required is to be found in
Maund
v Penwith District Council
[1984] ICR 143
, where Lord Justice Griffiths of the Court of Appeal
held at 149 that:

It is
not for the employee to prove the reason for his dismissal, but
merely to produce evidence sufficient to raise the issue or,
to put
it another way, that raises some doubt about the reason for the
dismissal. Once this evidential burden is discharged, the
onus
remains upon the employer to prove the reason for the dismissal.’

[28]
In my view, s 187 imposes an evidential burden upon the employee to
produce evidence which is sufficient to raise a credible
possibility
that an automatically unfair dismissal has taken place. It then
behoves the employer to prove to the contrary, that
is to produce
evidence to show that the reason for the dismissal did not fall
within the circumstances envisaged in s187 for constituting
an
automatically unfair dismissal.”
In die aansoek om absolusie van die instansie het ek bevind dat die
applikant ten minste ‘n geloofwaardige moontlikheid
[“a
credible possibility”] te berde gebring het dat die redes wat
hy aanvoer vir sy ontslag, die werklike redes daarvoor
kon wees. Die
respondent moes hom dus van die algemene bewyslas kwyt om te bewys
dat die ontslag billik was. Dit is teen die
agtergrond van die
getuienis as geheel dat ek nou moet besluit of die respondent hom
wel van daardie bewyslas gekwyt het.
In die vroeëre saak van
SA
Chemical Workers Union & Others v Afrox Ltd
6
het die Arbeidsappèlhof ook ‘n
nuttige uiteensetting van die bewyslas in soortgelyke sake gegee.
Die hof moes beslis
of werkers ontslaan is weens hul deelname aan ‘n
beskermde staking, soos hulle beweer het; of weens operasionele
vereistes,
soos die werkgewer beweer het.
Na aanleiding daarvan dat die bewyslas kennelik op die werkgewer
berus om te bewys dat die ontslag billik was op ‘n oorwig
van
waarskynlikhede, doen die hof die volgende tweestap-toets aan die
hand:
Die eerste ondersoek is om te bevind wat die ware rede vir ontslag
was.
As die rede inderdaad die deelname aan of ondersteuning van ‘n
beskermde staking was, en nie operasionele vereistes nie,
is dit
outomaties onbillik.
Ten einde die ware rede vir ontslag vas te stel, moet die hof die
kousale verband ondersoek. Die toets in
Afrox
is soortgelyk
aan die toets wat deur Davis AR voorgestel word in
Kroukam
.
Froneman ARP stel dit só in
Afrox
:

[32]
The enquiry into the reason for the dismissal is an objective one,
where the employer’s motive for the dismissal will
merely be
one of a number of factors to be considered. This issue (the reason
for the dismissal) is essentially one of causation
and I can see no
reason why the usual twofold approach to causation, applied in other
fields of law, should not also be utilised
here (cf
S
v Mokgethi and others
1990 (1) SA 32
(A) at 39D–41A;
Minister
of Police v Skosana
1977 (1) SA 31
(A) at 34). The first step is to determine
factual
causation:
was participation or support, or intended participation or support,
of the protected strike a
sine
qua non
(or
prerequisite) for the dismissal? Put another way, would the dismissal
have occurred if there was no participation or support
of the strike?
If the answer is yes, then the dismissal was not automatically
unfair. If the answer is no, that does not immediately
render the
dismissal automatically unfair; the next issue is one if
legal
causation,
namely whether such participation or conduct was the “main”
or “dominant”, or “proximate”,
or “most
likely” cause of the dismissal. There are no hard and fast
rules to determine the question of legal causation
(cf
S
v Mokgethi
(
supra
)
at 40). I would respectfully venture to suggest that the most
practical way of approaching the issue would be to determine what
the
most probable inference is that may be drawn from the established
facts as a cause of the dismissal, in much the same way as
the most
probable or plausible inference is drawn from circumstantial evidence
in civil cases. It is important to remember that
at this stage the
fairness of the dismissal is not yet an issue (see paragraph [33]
below). Only if this test of legal causation
also shows that the most
probable cause for the dismissal was only participation or support of
the protected strike, can it be
said that the dismissal was
automatically unfair in terms of
section
187(1)(a)
.
If that probable inference cannot be drawn at this stage, the enquiry
proceeds a step further.
[33]
Section
188(1)
provides that a dismissal that is not
automatically
unfair,
is unfair if the employer fails to prove that the reason for the
dismissal is a
fair
reason
based on (amongst others) the employer’s operational
requirements and that the dismissal was effected in accordance
with a
fair procedure (
section
188(1)(a)(ii)
and (b)). It is only at this stage that fairness of the dismissal
comes into the picture.”
Wat ek dus moet besluit, op ‘n oorwig van waarskynlikhede, is
wat die feitelike oorsaak van die applikant se ontslag was.

Overgeset synde, sou die respondent steeds die applikant ontslaan
het as hy nie aan vakbondbedrywighede deelgeneem het of met
‘n
bruin vrou getrou het nie? As die antwoord ja is, is die ontslag nie
outomaties onbillik nie. As die antwoord nee is,
is die verdere
vraag of een of albei van hierdie faktore die hoofrede of mees
waarskynlike rede vir die ontslag was. En as die
ontslag nie
outomaties onbillik was nie, is die vraag steeds of daar ‘n
billike rede vir die ontslag was. (Die vraag of
die werkgewer ‘n
billike proses gevolg het, was nie pertinent deel van die applikant
se saak op die pleitstukke of in die
voorverhoornotule nie).
Die applikant se saak
Die applikant het self getuig, en daarna die volgende getuies
geroep:
Wendy Pekeur;
Johan Muller;
Susanna Mouton;
Izak Faro;
David Horn; and
Nikolaas “Linkie” Brink.
7
Willem Mouton
Mouton is in Augustus 2004 in diens geneem deur
Van der Merwe namens die respondent. (Dit is gemeensaak dat Van der
Merwe, die
respondent se besturende direkteur, vir alle doeleindes
beskou is as die eienaar van die plaas en die werkgewer). Hy het
eers
in April 2008 ‘n dienskontrak onderteken. (Dit is heel
moontlik op sigself ‘n verbreking van artikel 29 van die Wet

op Basiese Diensvoorwaardes
8
,
maar dit blyk dat Van der Merwe eers op daardie stadium advies gekry
het om skriftelike dienskontrakte met die werkers aan te
gaan, en
die feit dat werkers vir geruime tyd nie skriftelike kontrakte gehad
het nie, is nie deel van die geskil voor die hof
nie).
Mouton
het ten tyde van sy ontslag ‘n weeklikse loon van R477, 21
ontvang. Dit was ietwat meer as die meeste ander plaaswerkers
wat
die voorgeskrewe minimum loon in terme van die toepaslike
Loonvasstelling ontvang het. Alhoewel sy posbeskrywing dié

van plaaswerker was, het hy ook die trekker bestuur en gif besproei.
Mouton was voorheen by verhoudings met bruin vroue betrokke en is
die vader van kinders wat by daardie vroue verwek is. Dit blyk
uit
sy kruisondervraging en Van der Merwe se latere getuienis dat Van
der Merwe hiervan bewus was toe hy Mouton aangestel het.
Mouton het nietemin getuig dat sy verhouding met Van der Merwe
versleg het nadat hy in Oktober 2007 met Susanna Ruiters (nou

Mouton) ‘n verhouding aangeknoop het. Hy het aanvanklik ‘n
gesonde werksverhouding met Van der Merwe gehad en Van
der Merwe het
selfs aan hom ‘n lappie grond beskikbaar gestel waarop hy vir
eie wins rooibostee kon plant. Hy het getuig
dat Van der Merwe dit
later teruggeneem het sodat hy vir homself ‘n huis op die
grond kon bou.
Mouton het verder getuig dat, nadat hy die verhouding met Ruiters
begin het, sy verantwoordelikhede stelselmatig van hom weggeneem
is
sodat hy later nie meer toegelaat is om die trekker te bestuur of
gif te besproei nie. Hy skryf dit toe aan die verhouding
met
Ruiters. Sy weeklikse loon het egter dieselfde gebly en is nie
verlaag nie.

n Seun is in Januarie 2008 uit die
verhouding gebore. Op Valentynsdag, 14 Februarie 2009, is Mouton en
Ruiters getroud.
Kort daarna het sy werksverhouding met Van der
Merwe, volgens Mouton, ‘n verdere wending ten kwade geneem toe
hy begin het
om werkers namens die vakbond te begin organiseer. Wat
aanleiding gegee het daartoe, is dat die respondent in Maart 2009
begin
het om loonaftrekkings van R8,00 per week vir die gebruik van
water te maak en werkers se gelde vir die gebruik van ‘n

crèche verhoog het. Dit was skynbaar as gevolg daarvan dat
die minimumloon in terme van die toepaslike sektorale vasstelling
9
verhoog is. Die werkers was van mening dat die
aftrekkings teweeggebring het dat meer as 10% van hul lone afgetrek
is t.o.v. akkommodasie,
wat strydig sou wees met klousule 8(b) van
die sektorale vasstelling.
Die werkers het spontaan saamgedrom by die
pakstoor op Vrydag, 6 Maart 2009, nadat hulle hul loonpakkette
ontvang het, om die
aftrekkings te bespreek. Van der Merwe –
wie se kantoor in dieselfde gebou is, teen ‘n stel trappe op –
het
hulle kom toespreek. Mouton en Ruiters
10
het die werkers se griewe gelug. Volgens Mouton
het Van der Merwe vir Ruiters toegesnou, “Hou jou bek!”
en sy vinger
in die lug geswaai. Mouton het vir Van der Merwe gemaan
om nie so met sy vrou te praat nie en die werkers belowe dat hy vir
hulle
hulp van buite sou kry.
Op Maandag 9 Maart 2009 het die Moutons ‘n ANC-raadslid, Johan
Muller, op Citrusdal gaan spreek. Hy het aan die hand gedoen
dat die
werkers by die vakbond (SDTU) moes aansluit. Muller sou aan die
vakbond op Worcester, skryf en vir die vakbondverteenwoordiger,

David Horn, vra om aandag te skenk aan die Platkloof-werkers.
Op Woensdag 11 Maart 2009 het die werkers weer met Van der Merwe
vergader. Hy het gevra dat die vakbondlede eenkant moet staan.
Hy
het ook aan die werkers gevra of hulle weet wat rassisme is, en gesê
dat hy nie ‘n rassis is nie, soos blyk daaruit
dat hy o.a.
bruinmense in senior poste op die plaas aangestel het.
Mouton het ook beweer dat Van der Merwe op hierdie vergadering aan
hom gesê het hy “moet sy hotnotskinders vat en
fokof”.
Van der Merwe het voorts vir hom gesê dat hy hom gaan
dissiplineer vir die diefstal van druiwe.
Die eerste dissiplinêre verhoor: wederregtelike neem van
druiwe
Op 23 Maart 2009 is ‘n skriftelike kennisgewing aan Mouton
uitgereik om op 26 Maart ‘n dissiplinêre verhoor
by te
woon weens die “wederregtelike neem van druiwe” op 9
Maart.
Die voorsitter van die verhoor was Paul Maritz, ‘n
arbeidskonsultant. Maritz het bevind dat daar ‘n reël was

dat werkers nie druiwe mag neem sonder toestemming nie; dat Mouton
die reël verbreek het; en ‘n finale skriftelike

waarskuwing, geldig vir 12 maande, aanbeveel. Die respondent het die
aanbeveling aanvaar en op 30 Maart so ‘n waarskuwing

uitgereik.
In hierdie verhoor het Mouton ontken dat daar so ‘n reël
was en aangevoer dat ander werkers gereeld sakkies druiwe
huis toe
geneem het.
Tweede dissiplinêre verhoor: nie-uitvoering van pligte
Op 18 Mei 2009 is Mouton in kennis gestel van ‘n tweede
dissiplinêre verhoor wat op 21 Mei gehou sou word. Die

beweerde misdryf is beskryf as:
Nie-uitvoering van pligte;
Openbaring van swak gedrag;
Gebruik van kru taal teenoor werkgewer.
By hierdie dissiplinêre verhoor het Maritz eweneens as
voorsitter opgetree. Hy het die tweede en derde klagte as een

behandel, aangesien dit uit dieselfde feite voortgespruit het. Hy
het bevind dat Mouton klagte een erken het, en dat die ander
klagte
ook bewys is. Hy het ‘n verdere skriftelike waarskuwing,
geldig vir ses maande, aanbeveel. Die respondent het dit
aanvaar en
dit dienooreenkomstig uitgereik.
Die klagte het voortgespruit uit ‘n insident toe Van der Merwe
aan Mouton opdrag gegee het om ‘n lugpyp (waarmee
o.a. bande
gepomp word) reg te maak. Die pyp was geknak agter die klamp. Mouton
het in hierdie verhoor getuig dat hy dit nie
kon regmaak nie; dat
dit in elk nie sy verantwoordeliheid was nie; en dat hy die
plaasbestuurder, ene Oros, gevra het om dit
te doen. Hy het toegegee
dat hy in die daaropvolgende konfrontasie met Van der Merwe vir hom
gesê het: “Moenie jou
gesig so trek nie, jy lyk vrek
lelik as jy dit doen.” Hy het ontken dat hy die woorde “fokken
lelik” gebruik
het.
Derde dissiplinêre verhoor: Invordering en nie-oorbetaling
van vakbondgelde
Die derde dissiplinêre verhoor spruit voort daaruit dat Mouton
kontantgeld van vakbondlede verhaal het en dit na bewering
nie aan
die vakbond oorbetaal het nie, ten spyte daarvan dat die werkgewer
subskripsies namens die vakbond van lede afgetrek
en oorbetaal het.
Daar was ook ‘n verdere klag dat hy die wiel van ‘n
plaasvoertuig sonder toestemming geneem het.
Op Vrydag 22 Mei 2009 is Mouton in kennis gestel dat hy met volle
betaling geskors word hangende ‘n ondersoek oor ernstige

wangedrag, nl die invordering van gelde vanaf vakbondlede op die
plaas en die nie-oorbetaling van daardie gelde aan die vakbond.
Hy
is gevra om enige voorleggings oor die skorsing voor 25 Mei om 08h30
aan Van der Merwe te maak.
Dieselfde dag skryf Moonadiah Moosa, die algemene sekrataris van die
vakbond, aan Maritz insake die beweerde versuim om gelde
aan die
vakbond oor te betaal. Sy sê:

I/S
WILLEM:
Geliewe
hiermee kennis te neem, verwys ons na ons gesprek rakende bogenoemde
persoon en na betraging [
sic
] gedoen het ons tot die volgende
besluite gekom.
Dat
die Unie ‘n Konstitusie het wat na gekom [
sic
] moet word
en daarom is die versoek dat die Unie self die saak van bogenoemde
sal ondersoek en daar volgens [sic] optree.
Ons
is van die mening dat dit ‘n unie aangeleentheid is, en nie die
maatskappy.
Ons
versoek ook dat die maatskappy nie betrokke sal raak. “
Maritz het op Maandag 25 Mei daarop geantwoord. Hy sê dat daar
in beginsel geen beswaar is teen die versoek nie, mits die
vakbond
besonderhede sou verskaf oor die name van die persone van wie geld
verhaal is; die bedrae en tydperke waarvoor dit verhaal
is; wanneer
dit aan die vakbond oorbetaal is, en bewys daarvan. By ontvangs van
die inligting sou Mouton se skorsing opgehef
word.
Verdere korrespondensie het gevolg ingevolge waarvan die vakbond
voet by stuk hou dat hulle self sou optree; en Maritz steeds
vir die
inligting vra. Hy voeg by:

Die
werkgewer maak alreeds die toegewing aan u om die ondersoek te loots
[
sic
].
Die werkgewer het ook ‘n reg om enige beweerde ongeruimdhede
[
sic
]
wat op of van die werksplek plaasvind en wat ‘n inpak [
sic
]
op die werksplek het, te ondersoek. Hierdie ondersoek is onafhanklik
van u dissiplinêre optrede.”
Op 26 Mei het die vakbond vir Maritz in kennis gestel dat Mouton van
sewe vakbondlede geld verhaal het, en hul name verskaf.
Voorts het
die vakbond op Vrydag 22 Mei 2009 die bedrag van R250,00 ontvang wat
in die vakbond se rekening inbetaal is.
Op Woensdag 27 Mei 2009 is Mouton se skorsing opgehef.
Die volgende dag, 28 Mei, skryf Maritz weer aan die vakbond. Hy wys
daarop die vakbond steeds nie aangedui het vir watter tydperk
die
gelde verhaal is nie, en dat geen dokumentêre bewys van die
inbetaling verskaf is nie. T.o.v. die sewe name wat verskaf
is, wys
hy daarop dat, behalwe vir een persoon (M Kriege), die werkgewer van
dieselfde lede subskripsies verhaal en oorbetaal
het aan die vakbond
sedert 23 April 2009. Hy wys verder daarop dat die bedrag van R250
nie ooreenstem met die ledegeld betaalbaar
aan die vakbond nie; dat
die bedrag van R250 vir ‘n tydperk van vier weke nie oorbetaal
is nie; en dat daar geen terugvoering
is oor die vakbond se interne
ondersoek nie. Hy volg op 5 Junie op en stel die vakbond in kennis
dat, aangesien daar geen antwoord
op sy vorige skrywes was nie, die
werkgewer sou voortgaan met ‘n dissiplinêre ondersoek
van sy eie.
Op 14 Julie 2009 is Mouton in kennis gestel van ‘n
dissiplinêre verhoor wat op 17 Julie gehou sou word. Benewens

vyf klagte voortspruitend uit die invordering en nie-oorbetaling van
ledegeld aan die vakbond, wat deur die voorsitter as een
klag
behandel is, is Mouton ook beskuldig van wangedrag deurdat hy die
wiel van ‘n voertuig van die werkgewer geneem het
“sonder
die nodige toestemming en/of meedeling aan die werkgewer en/of sy
gedelegeerde.”
Die voorsitter van die dissiplinêre verhoor was Adv Johan
Coetsee, ‘n onafhanklike advokaat en oud-landdros wat deeltyds

praktiseer.
Adv Coetsee het t.o.v. klag een – die invordering van
vakbondgelde – bevind dat lede van die werksmag ontevrede was

dat Mouton van hulle ledegeld vir die vakbond verhaal het wat reeds
deur die werkgewer afgetrek is. Nadat hy dokumente van die
partye
vergelyk het, wat Mouton se dagboek en die werkers se loonstrokies
ingesluit het, het hy aanvaar dat dit wel so was. Hy
het ook
aangeteken dat Mouton vir Izak Faro as getuie geroep het, maar dat
Faro se getuienis dié van die werkgewer gesteun
het. T.o.v.
klag 2 het Mouton volgens die notule die klag erken. Ter versagting
het hy aangevoer dat die wiel aan die werkgewer
terugbesorg is deur
die polisie. Nadat ander versagtende omstandighede soos die feit dat
Mouton drie minderjarige kinders het,
oorweeg is, het Coetsee in ag
geneem dat daar ‘n finale skriftelike waarskuwing teen hom van
krag was; dat die vertrouensverhouding
volgens die werkgewer
onhoudbaar geword het weens die element van oneerlikheid wat die
misdrywe kenmerk; en die impak van die
oortredings op die werkgewer
en ander werknemers. Hy het summiere ontslag aanbeveel.
In hierdie verhoor het Mouton getuig dat hy vakbond-ledegeld van
nie-permanente werkers verhaal het, aangesien die werkgewer
net
aftrekkings namens permanente werkers gedoen het.
Wat permanente werkers betref, het Mouton getuig dat hy wel van
hulle geld verhaal het vir die week van 8 Mei 2009 (week 19)
omdat
die respondent nie daardie week geld van hulle afgetrek het nie.
Volgens hom was dit in opdrag van David Horn, die
vakbond-organiseerder
wat op Vredendal woon. Hy het die geld aan
Horn oorbetaal. Die weeklikse ledegeld het R7,50 beloop.
Mouton het weer sy dagboek blootgelê, maar sedert die
dissiplinêre verhoor is verskeie bladsye uitgeskeur. Die

aantekeninge t.o.v. ledegeld wat wel verskyn, bevat die name van 15
vakbondlede en die annotasie: “Totaal verskuldig: R127,
50.”
Mouton het ook getuig dat Van der Merwe kommissie gevra het op die
aftrekkings. Laastens het hy beweer dat vakbondlede geïntimideer

is deurdat hulle belet is om die winkel op die plaas te gebruik.
Wat die verwydering van die wiel betref, het Mouton getuig dat hy ‘n
wiel van ‘n gebreekte plaasbakkie gevat en vir
sy vriend,
Linkie Brink, geneem het wat met ‘n pap wiel by ‘n
buurplaas, Misgund, gestaan het. Brink sou dit die
volgende namiddag
terugbring. Die volgende oggend het die Suid-Afrikaanse Polisiediens
hom (Mouton) egter in hegtenis geneem
op ‘n klag van diefstal
en hom hom polisiestasie toe geneem. Nadat hy aan hulle verduidelik
het wat die situasie was, het
hulle die wiel van Brink teruggekry en
aan die respondent terugbesorg. Geen strafverhoor het plaasgevind
nie en Mouton het teruggekeer
Platkloof toe.
Onder kruisondervraging is dit aan Mouton gestel dat Van der Merwe
hom meer as die ander plaaswerkers betaal het om hom “op
sy
voete te help” nadat sy pa ‘n beskermingsbevel teen hom
gekry het en Van der Merwe hom oor hom ontferm het. Hy
het dit nie
ontken nie. Dit is voorts aan hom gestel dat sy pligte stelselmatig
verminder is, by name as trekkerbestuurder, omdat
hy plaasimplemente
en –voertuie gebreek het. Sy antwoord daarop was: “Masjiene
kan nie vir altyd hou nie.”
Wat die lappie grond vir tee betref, het Mouton erken dat, toe Van
der Merwe dit nodig gekry het om ‘n huis te bou, hy
vir Mouton
‘n alternatiewe stuk grond aangebied het.
Mouton kon onder kruisondervraging nie rekenskap gee van die
presiese bedrae geld wat hy van vakbondlede verhaal en oorbetaal
het
nie. Hy het getuig dat hy die geld “nie elke week”
inbetaal het nie; dat dit elke week verskil het, omdat vakbondlede

sou bykom of bedank; en dat hy nie presies kon sê hoeveel hy
ingevorder het nie. Die dagboek is eers tydens kruisondervraging

blootgelê, en Mouton het getuig dat sy kinders van die bladsye
uitgeskeur het. Toe hy gevra is of hy nou – ten tyde
van die
verhoor – kon bereken hoeveel geld hy ingevorder het, het hy
gesê die vakbondverteenwoordiger, David Horn,
sou dit kon doen
en hy het die geld aan Horn oorbetaal. Dit was glo meer as die R250
wat volgens die vakbond in hul rekening
inbetaal is.
Mouton het erken dat hy die werksbakkie se linker-agterwiel afgehaal
het om aan Brink te gee, en nie die noodwiel nie. Hy het
hom
“verspreek” toe hy in sy getuienis in hoof verwys het na
die “spaarwiel”. Hy het erken dat hy die
noodwiel, wat
pap was, op die bakkie gesit het in die plek van die wiel wat hy
afgehaal het om vir Brink te gee.
Wat die plaaswinkel betref, het Mouton erken dit behoort aan Oros se
vrou en nie aan Van der Merwe nie. Hy het nietemin volgehou
dat net
vakbondlede nie meer daar kon koop nie, alhoewel Mnr
Cronjé
,
die respondent se prokureur, dit aan hom gestel het dat Mev Oros
besluit het om nie meer op skuld te verkoop aan enigiemand
nie.
Wendy Pekeur
Me Wendy Pekeur is die algemene sekretaris van Sikhole Sonke, ‘n
vakbond wat veral vroue op plase organiseer. Haar getuienis
was
interessant uit ‘n sosio-ekonomiese oogpunt maar hoofsaaklik
irrelevant vir die doeleindes van hierdie geskil. Sy het
in die
algemeen getuig oor die probleme wat vakbonde ondervind om op plase
te organiseer. Onder kruisondervraging het sy getuig
dat haar
vakbond nie enige probleme op Platkloof ondervind het nie, maar dat
werkers dikwels bang is dat hulle hul voordele sou
verbeur as hulle
by ‘n vakbond aansluit.
Johan Muller
Johan Muller, ‘n ANC-wyksraadslid, het getuig dat hy in Maart
2009 ‘n gesprek met Mouton gehad het oor klagtes van
die
werkers op Platkloof. Hy het vir Van der Merwe geskakel, maar Van
der Merwe het gesê “hy is nie bereid om met
die ANC te
praat nie” en sal self enige probleme op sy plaas oplos.
Susanna Mouton (geb Ruiters)
Mev Mouton, na wie ek sal verwys op haar
nooiensvan, Ruiters, het op 1 Mei 2005 op Platkloof begin werk.
Voordat sy met Mouton
‘n verhouding aangeknoop het, het sy ‘n
verhouding met ‘n ander wit man, Alwyn Burger, gehad. Sy het
‘n
elfjarige dogter by hom. Hy is op 26 April 2005 oorlede. Sy
het getuig dat Van der Merwe die volgende dag by Karnemelksvlei na

aanleiding daarvan gesê het: “Nog ‘n hotnotnaaier
is vrek.” Drie ander werkers – Stiaan, Mandy
en Lien
11

was teenwoordig.
Volgens Ruiters het Van der Merwe nie haar huwelik met die applikant
goedgekeur nie: “As hy kon, sou hy dit gestop het.”
Sy
het getuig dat Van der Merwe vir haar verlof gegee het om voor te
berei vir die troue, maar toe aan haar gesê het om
te dink aan
die kinders wat uit die huwelik gebore sou word. Sy het ook beweer
dat, toe haar en Mouton se kind gebore is, hulle
hom “agter
toe gordyne” gehou het op die plaas.
Volgens Ruiters het Van der Merwe by die vergadering van 6 Maart
2009 vir haar gesê: “Ek skop jou gat. Jy moet jou

donnerse bek hou”. Onder kruisondervraging is dit aan haar
gestel dat Van der Merwe virhaar gesê het: “Moenie
met
my bek maak nie.”
By die volgende vergadering op Woensdag 11 Maart het Van der Merwe
die vakbondlede en nie-lede geskei en gevra, “Wie is
saam met
my en wie is saam met Willem?” Volgens haar het Van der Merwe
gesê vakbondlede mog nie meer “op die
boek”,
d.w.s. op krediet, koop by die plaaswinkel nie. Onder
kruisondervraging is aan haar gestel dat dit almal gegeld
het, nie
net vakbondlede nie, en dat Mev Oros – die eienaar van die
winkel -- so besluit het, nie Van der Merwe nie.
Wat die druiwe betref, het Ruiters getuig dat “almal”
druiwe gevat het in die parstyd en dat Mouton ‘n Spar-sakkie

met druiwe vir haar gedra het, en nie vir homself nie. Sy het nie
getuig in Mouton se dissiplinêre verhoor nie. Ruiters
het om
en by April 2009 bedank.
Onder kruisondervraging het Ruiters bevestig dat sy twee maande na
haar seun se geboorte weer in diens geneem is deur die respondent
op
haar versoek.
Izak Faro
Faro werk al sedert 1996 op Platkloof. Wat die neem van druiwe en
ander produkte – soos lemoene en patats – betref,
het hy
getuig dat Van der Merwe aan die werkers gesê het: “Julle
mag van alles vat, net nie dit wat ek kan verkoop
om julle te betaal
nie.”
Faro was teenwoordig by Mouton se eerste dissiplinêre verhoor.
Volgens hom is hy nie toegelaat om te getuig nie, maar net
om “in
te sit”.
David Horn
Horn was die vakbondorganiseerder verantwoordelik vir Platkloof in
2009. Hy het die lidmaatskapvorms vir die vakbond aan Van
der Merwe
gegee. Hy het egter met Maritz vakbond-aangeleenthede bespreek en
nie met Van der Merwe nie. Hy het wel ‘n paar
maal met die
werkers op die plaas vergader. Hy het ook vir Mouton toestemming
gegee om ledegeld van die nie-permanente werkers
te verhaal. Volgens
hom het hy die bedrae in Muton se dagboek gekontroleer. Van die geld
wat Mouton aan hom betaal het, het hy
vir petrol gebruik en dit nie
in die vakbond se bankrekening inbetaal nie. Hy het namens die
vabond ‘n geskil oor organiseringsregte
na die Kommissie vir
Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys aangesien hy van
mening was dat hulle genoegsame verteenwoordiging
gehad het sodat
die werkgewer met hulle moes onderhandel. Hy het dit egter nie
opgevolg nie en is in Augustus 2009 weg uit die
vakbond.
Onder kruisverhoor kon Horn geen inligting verskaf oor enige interne
ondersoek oor die verhaal van ledegeld deur die vakbond
nie. Volgens
hom kon ledegeld per hand ingevorder word i.t.v. klousule 15.2 van
die vakbond se konstitusie. Hy kon nie verduidelik
hoekom daar nie
voldoen is aan die volgende klousules nie:

15.2
(a) Membership fees and levies shall be collected by branch
secretaries or such other persons empowered to do so.
(b) All moneys shall be
deposited within three days of receipt by the branch secretary to the
credit of the branch executive committee.
(c) Remittances to the general
secretary shall be accompanied by statements showing the names of
members from whom collected, the
amount paid in by each member, the
names of members, if any, whose membership fees are in arrears and
the amount of such arrears.
The statements shall also detail any
arrears payments made by members.”
Horn het bevestig dat die respondent aanvaar het dat die vakbond
voldoende verteenwoordiging gehad het om aftrekorders te prosesseer

– omtrent 30% -- maar nie ‘n meerderheid wat hulle
geregtig sou maak om ‘n erkenningsooreenkoms met die
respondent
te sluit en bedingingsregte af te dwing nie.
Nicolaas Brink
Nicolaas Brink, alombekend as “Linkie”, het op die
Moutons se plaas, Maanskloof, grootgeword. Hy het bevestig dat
sy
bakkie een aand ‘n pap wiel gehad het en dat hy vir Mouton
gebel het om te help. Mouton het vir hom die plaasbakkie
se wiel
gebring en hy was van plan om dit die volgende namiddag na uitvaltyd
terug te neem. Die volgende dag het die SAPD egter
die wiel by hom
kom haal.
Die respondent se saak
Die respondent het die volgende getuies geroep:
Paul Maritz;
Adv Johan Coetsee
12
;
Stiaan Hoorns
13
;
Rentia Witbooi
14
;
en
Kobus Van der Merwe.
Paul Maritz
Maritz is ‘n arbeidskonsultant en lid van ‘n
werkgewersorganisasie. Hy het die respondent van dienskontrakte
voorsien,
geadviseer oor arbeidsaangeleenthede en namens die
respondent met die vakbond gekorrespondeer. Hy was ook die
voorsitter van
die eerste twee dissiplinêre verhore.
Maritz het getuig dat hy die respondent geadviseer het dat die
vakbond voldoende verteenwoordiging onder die plaaswerkers op

Platkloof geniet het, nl sowat 9 uit 27 permanente werkers (dws
30%), om aan hulle organiseringsregte te gee. Slegs as die vakbond

‘n meerderheid sou verteenwoordig, sou die respondent ‘n
erkenningsooreenkoms sluit en met die vakbond beding oor
lone en
diensvoorwaardes.
M.b.t. die eerste dissiplinêre verhoor (die druiwe-voorval),
het Maritz getuig dat hy vasgestel het dat daar ‘n reël

was dat werkers nie druiwe mag wegneem nie; dat Mouton die reël
verbreek het; en dat hy van mening was dat ‘n finale

skriftelike waarskuwing, geldig vir 12 maande, ‘n gepaste
sanksie sou wees. Die werkgewer het daardie sanksie aanvaar en

toegepas.
Wat die tweede dissiplinêre verhoor betref, het hy bevind dat
Mouton versuim het om die pyp reg te maak en dus ‘n
opdrag
verontagsaam het. Mouton het ook kru taal teenoor Van der Merwe
gebesig. Maritz het ‘n skriftelike waarskuwing,
geldig vir 6
maande, aanbeveel en die werkgewer het dit toegepas.
Wat die invordering van ledegeld betref, het Maritz getuig dat van
die werkers gekla het dat Mouton geld van hulle verhaal, ten
spyte
daarvan dat die werkgewer reeds ledegeld aftrek van hul lone. Hy het
dit as ‘n dubbele aftrekking beskou en aanbeveel
dat dit
ondersoek word.
Maritz het met die vakbond gekorrespondeer oor die invordering en
oorbetaling van ledegeld. Hy het die algemene sekretaris se

verduideliking dat R250 in die vakbond se rekening inbetaal is, en
die versuim om besonderhede te verskaf oor die spesifieke
bedrae wat
van bepaalde lede ingevorder en oorbetaal is, onvoldoende geag. Hy
het aanbeveel dat ‘n dissiplinêre verhoor
gehou word en
het as die inisieerder of “aanklaer” opgetree. Die
voorsitter was ‘n onafhanklike advokaat en
oud-landdros wat op
Piketberg woon, Adv Johan Coetsee.
Maritz het getuig dat nie hy of Van der Merwe enige beswaar gehad
teen vakbondlidmaatskap of die aftrekking van ledegeld van
lede se
lone nie. Die respondent se administratiewe personeel het dit tewens
gedoen en die ledegeld aan die vakbond oorbetaal.
Hulle beswaar was
gerig teen wat hulle beskou het as dubbele aftrekkings deur Mouton
en die feit dat nòg hy nòg
die vakbond daarvan kon
rekenskap gee. Dit het ‘n impak gehad op die werksmag en
daarom ook op die respondent.
Wat die sektorale vasstelling en die aftrekking van water- en
elektrisiteitskoste betref, het Maritz getuig dat hy vir Van der

Merwe aanbeveel het om die aftrekkings vir water te staak, aangesien
dit nog nie getoets is of ‘n werkgewer kragtens die

vasstelling beide bedrae kon aftrek nie. Van der Merwe het toe die
aftrekkings gestaak.
Adv Johan Coetsee
Coetsee is ‘n nie-praktiserende advokaat en oud-landdros. Hy
het as voorsitter opgetree in die derde en laaste dissiplinêre

verhoor. Hy het die eerste vyf klagte saamgevat en moes dus oor die
volgende twee klagte beslis:

Wederregtelike invordering en
terughouding van gelde van werknemers, voorgehou deur hom [Mouton]
aan die werkers as verskuldigde
unie ledegeld.
Die neem van ‘n voertuig wiel wat aan die werkgewer behoort
sonder toestemming.”
Mouton het volgens Coetsee skuldig gepleit op die tweede klag. Daar
is voortgegaan met getuienis op die eerste klag.
Van der Merwe het voor hom getuig dat sommige werkers by hom gekla
het; dat die dubbele invordering van ledegelde ‘n negatiewe

impak het op sy werksmag; en dat die vakbond nie die bewerings
weerlê het nie.
Die verrigtinge is toe verdaag sodat Mouton en Van der Merwe hul
dokumentasie – d.i Mouton se dagboek en die betaalstrokies

kon vergelyk. Daarna het beide bevestig dat daar ‘n dubbele
verhaling was. Mouton se getuie, Izak Faro, het dit
ook bevestig.
Coetsee het dus bevind dat Mouton wel “wederregtelik”
gelde ingevorder het van werknemers en dit nie
aan hulle teruggegee
het nie.
Ter versagting het Coetsee in ag geneem dat Mouton erken het “hy
het foute gemaak” maar dat hy nie die werkgewer
skade wou
berokken nie; en dat die bakkiewiel deur die SAPD teruggevind en aan
die werkgewer terugbesorg is. Verder het hy in
ag geneemdat Mouton
drie minderjarige kinders het.
Daarenteen het Coetsee die vorige oortreding van die diefstal van
druiwe, waarvoor ‘n finale skriftelike waarskuwing geldig
was,
in ag geneem. Van der Merwe het voorts getuig dat Mouton se optrede
die vertrouensverhouding tussen hulle geskaad en inderdaad

onhoudbaar gemaak het. Van der Merwe kon Mouton nie langer vertrou
nie, aangesien die aanklagte almal op oneerlikheid slaan.
Hy het tot die gevolgtrekking gekom dat summiere ontslag die gepaste
sanksie was. Mouton is dan ook op 17 Julie 2009 ontslaan.
Stiaan Hoorns
Hoorns is ‘n toesighouer by die respondent se pakstoor. Hy
werk reeds 12 jaar lank vir die respondent.
Hy het getuig dat ‘n mede-werker, Annelien Sass, vir hom gesê
het sy’s ongelukkig daaroor dat die werkgewer
ledegeld aftrek
van die vakbond en dat Mouton ook kontant verhaal. Sy’t
vermoed Mouton het van die geld aan Johan Muller,
die ANC-raadslid,
gegee. Muller het glo ‘n braai by sy huis gehou. Hierdie
getuienis is natuurlik hoorsê, en Hoorns
het verduidelik dat
Sass nie self kon getuig nie, aangesien sy twee dae vantevore ‘n
keisersnee-operasie gehad het en nog
in die hospitaal is.
Hoorns bly langs Mouton. Hy het gehoor dat Mouton en sy vrou
(Ruiters) ‘n woordewisseling gehad het en dat Ruiters gekla

het dat Mouton vir Muller druiwe gee. Hy het getuig dat die reël
op die plaas is dat jy soveel druiwe kan eet soos jy wil
in die
wingerd, maar dat jy moet vra voordat jy druiwe kan huis toe vat.
Hoorns was teenwoordig toe die werkers die nuus gekry het dat Alwyn
(ook bekend as “Elbie”) Burger, by wie Ruiters
‘n
kind gehad het, oorlede is. Mouton het by die pakstoor aan Ruiters
gesê: “Liefie, ek het slegte nuus. Elbie
is oorlede”.
Die meeste ander werkers was in die omtrek, aangesien hulle pas van
die bakkie afgeklim het by die pakstoor.
Van der Merwe het ook by
die trappe afgekom en die nuus gehoor. Hy het nooit gehoor dat Van
der Merwe sê, “nog ‘n
hotnotnaaier is dood”
of iets in dier voege nie.
Hoorns, ‘n bruinman, het nooit enige rassisme van Van der
Merwe se kant ervaar in die 12 jaar wat hy by hom gewerk het
nie. Hy
is nie daarvan weerhou om by die vakbond aan te sluit nie, maar het
verkies om nie aan te sluit nie.
Rentia Witbooi
Me Witbooi is ‘n sekretaresse wat die respondent se
administratiewe take behartig. Sy het die loonstrokies voorberei en

die aftrekkings vir die vakbond gemaak. Sy het een week vergeet om
die R7,50 ledegeld af te trek en toe die volgende week R15
afgetrek.
Sy het die week toe sy nie die aftrekkings gemaak het nie, aan die
werkers verduidelik dat sy dit die volgende week
sou aftrek.
Witbooi het ook een week R8,00 i.p.v. R7,50 per lid afgetrek. Dit is
omdat Sass aan haar gesê het Mouton verhaal R8 per
week van
die lede. Die volle bedrag is aan die vakbond oorbetaal. Nadat
Maritz aan haar gesê het die korrekte bedrag is
R7,50 het sy
dit reggestel. Die ekstra 50c per lid is nie verhaal van die vakbond
en terugbetaal aan die werkers nie. Die vakbond
het dit ook nie
oorbetaal aan die werkers nie.
Witbooi het nie gehoor dat Van der Merwe kru taal teenoor Ruiters
gebruik nie. Sy’t wel gehoor dat Ruiters vir Mouton sê,

n.a.v. die feit dat Mouton nie ‘n jaarlikse loonverhoging
gekry het nie: “Dis omdat jy met ‘n hotnotmeid getroud

is.”
Witbooi het ook getuig dat Mouton vir Johan Muller druiwe gegee het.
Sy is Mouton se ander buurvrou.
Kobus van der Merwe
Soos voorheen aangedui, was Van der Merwe die plaasboer op
Platkloof. Hy is die besturende direkteur van die respondent, maar

word allerweë beskou as die eienaar en werkgewer.
Van der Merwe het vir Mouton werk aangebied nadat twee predikante
met hom kom gesels het en hom gevra het of hy kan help. Mouton
is sy
pa se plaas belet nadat hy sy pa aangerand het. Van der Merwe het
vantevore aan “probleemkinders” ‘n
heenkome gebied
en hulle gehelp om “op die regte pad te kom”.
Hy het bevestig dat hy aanvanklik vir Mouton grond gegee het om tee
op aan te plant. Hy moes dit egter na sy egskeiding gebruik
om vir
hom ‘n huis te bou, aangesien sy gewese vrou – wat
steeds as mede-direkteur van die respondent aangebly het
– in
die oorspronklike plaasopstal bly woon het.
Van der Merwe het ook bevestig dat Mouton aanvanklik ‘n goeie
werker was en dat hy ekstra verantwoordelikhede gekry het
soos
spuitwerk en om die trekker en vurkhyser te bestuur. Stelselmatig
het sy werk egter agteruitgegaan. Hy’t kratte gebreek
met die
vurkhyser en met die trekker in ‘n sloot beland. Van der Merwe
het bereken dat Mouton oor die jare omtrent R115 000
se
plaasimplemente en -toerusting gebreek of verniel het. Hy het hom
egter nie formeel gedissiplineer nie, maar net streng aangespreek.

Hy het Mouton se nalatigheid onder meer daaraan toegespreek dat hy
(Mouton) op daardie stadium ‘n verhouding met ‘n
ander
vrou op ‘n plaas 8km weg gehad het. Hy sou saans na uitvaltyd
daarheen stap of draf, die nag daar deurbring en die
volgende oggend
moeg terugkom.
Van der Merwe het ontken dat Mouton se verhouding of huwelik met
Ruiters enigsins relevant was tot sy ontslag. Toe Van der Merwe
vir
Mouton in diens geneem het, was hy wel deeglik bewus daarvan dat
Mouton al van skooldae af verhoudings met bruin vroue gehad
het en
buite-egtelike kinders by een of meer vroue verwek het.
Van der Merwe het erken dat hy wel met die Moutons gepraat het oor
hul voorgenome huwelik. Hy het geen beswaar daarteen gehad
nie, maar
het gesê dat daar dikwels wreed opgetree word teen kinders uit
gemengde huwelike op plattelandse skole. Hy het
self ‘n vriend
wat uit so ‘n huwelik gebore is, en dié het aan hom
gesê dat hy as ‘n “basterkind”
beskou is en
baie spot moes verduur op skool.
Hy het die bewerings van rassistiese opmerkings ten sterkste ontken.
Hy het daarop gewys dat Ruiters oorspronklik gesê
het hy sou
die gewraakte opmerking oor Elbie Burger by Karnemelksvlei gemaak
het, maar aan Stiaan Hoorns is dit gestel dat dit
by die pakstoor
gebeur het. Hy (Van der Merwe) het van Burger se dood gehoor nadat
hy werkers by Karnemelksvlei opgelaai en by
die pakstoor afgelaai
het. Hy is op met die trappe, en toe hy weer afkom, sien hy dat
Mouton vir Ruiters omhels en haar vertel
van Burger se dood. Hy het
die gewraakte woorde nooit geuiter nie.
Op die vergadering by die pakstoor op 11 Maart 2009 was daar ‘n
geroesemoes oor die water-aftrekkings. Ruiters het baie
geraas, en
hy het vir haar gesê: “Moenie bek maak nie”. Op
advies van Maritz het hy die water-aftrekkings gestaak.
Hy het gesien dat Mouton ‘n sakkie druiwe by hom het, hoewel
hy nie die datum kon onthou nie. Hy het toe vir Mouton gesê

dat hy hom sou dissiplineer daaroor.
Van der Merwe het ontken dat hy teen die vakbond gekant was. Hy was
self jare gelede, in die Sewentigs, lid van ‘n vakbond
in die
motorbedryf. Hy het wel die werkers toegespreek en gevra dat die
vakbondlede eenkant moet staan. Hy het vir hulle gesê
hulle is
welkom om aan te sluit, maar hy kon nie die nut daarvan insien nie,
aangesien hy reeds meer as die voorgeskrewe minimumloon
betaal, en
dat hulle werksure, behuising, aftrekkings vir
werkloosheidsversekering e.d.m. alles in orde is. Hy het getuig dat

90% van die werkers langer as 25 jaar by hom werk en geen griewe
gehad het nie. Hy het die verdere onderhandelings met die vakbond

aan Maritz oorgelaat. Hy het ontken dat hy ‘n ekstra 50c per
week vir “kommissie” van lede sou aftrek. Die
aftrekking
wat deur Witbooi gemaak is, is aan die vakbond oorbetaal, maar dit
is reggestel en is nie verder afgetrek nie.
Wat regmaak van die pyp betref, het Van der Merwe getuig dit was ‘n
eenvoudige taak wat Mouton geweier het om uit te voer.
Toe hy
daaroor aangespreek is, het hy ‘n snedige opmerking gemaak en
vir Van der Merwe gesê: “Jy lyk darem
fokken lelik as jy
jou bek so trek.”
Van der Merwe het bevestig hy het klagtes ontvang van werkers –
onder meer Annelien Sass en Stiaan Hoorn – dat Mouton
ledegeld
by seisoenale sowel as permanente werkers verhaal het. Die
vakbondverteenwoordiger, David Horn, het nie opgedaag vir

vergaderings nie en die werkers het begin vermoed die geld word vir
ander doeleindes aangewend. Maritz het dit toe ondersoek
en ‘n
dissiplinêre verhoor aanbeveel. Hy (Van der Merwe) het die
oggend van die verhoor die eerste keer vir Adv Coetsee
ontmoet.
Mouton was opstandig in die verhoor en Coetsee het die verrigtinge
verdaag sodat hulle na Mouton se dagboek kon kyk
en die aftrekkings
vergelyk met die betaalstrokies. Hulle het tot die slotsom gekom dat
Mouton geld verhaal het wat reeds afgetrek
is i.t.v. die
betaalstrokies. Mouton se getuie, Faro, het dit bevestig.
Van der Merwe het getuig dat hy van mening is dat die aftrekkings
wel ‘n impak op die werkgewer het. Die werkers was ongelukkig

en dit het geblyk dat geld onder valse voorwendsels gekollekteer is
van mense wat dit reeds nie mildelik het nie.
T.o.v. die neem van die bakkie se wiel het Van der Merwe getuig hy
he teen oggend gesien die een regter-agterband is pap en die

noodwiel is weg. Hy het onder die werkers gevra waar dit is, en
iemand het gesê Mouton het dit gevat. Mouton het hom nie
self
daarvan verwittig nie. Hy het die SAPD in kennis gestel. Hulle het
vir Mouton ondervra en hy het erken hy het die wiel gevat.
Die SAPD
het die wiel by Linkie Brink op Maanskloof gekry en dit terugbesorg.
Van der Merwe het verder getuig dat die Departement van Arbeid op
Mouton se versoek ‘n volledige oudit op die plaas kom
doen
het. Drie inspekteurs van Vredenburg het die plaas besoek vir
omtrent ‘n uur en ‘n half, al die tersaaklike
dokumente
deurgegaan en vier van die werkers ondervra. Die inspekteurs was met
alls tevrede.
Drie weke daarna is nog ‘n inspeksie gedoen. Mouton het
blykbaar gekla dat die vorige inspekteurs “omgekoop”
is
omdat Van der Merwe vir hulle ‘n sakkie lemoene gegee het.
Faro het ook gekla oor die plaasbestuurder, Oros, se taalgebruik

omdat Oros vir hom gesê het: “Jou kind kom fok nie deur
my werf met jou bakkie in die nag nie.” Die inspekteurs
het
weer bevestig dat alles in orde is.
In antwoord van ‘n vraag deur die Hof het Van der Merwe
onderneem om seker te maak dat alle aftrekkings vir water met rente

aan die werkers terugbetaal sou word.
Redes vir ontslag
Ten einde die besluit of die applikant in sy eis kan slaag, moet ek
besluit wat die ware redes vir sy ontslag was. Is die rede
vir die
ontslag ras of, in die woorde van art 187(1)(d):

dat
die
werknemer
stappe
gedoen het, of ’n voorneme te kenne gegee het om stappe te doen
teen die werkgewer deur—
(i)
enige reg uit te oefen wat by
hierdie Wet
verleen word; of
(ii)
deel te neem aan enige verrigtinge ingevolge
hierdie Wet
”?
As die antwoord ja is, is die ontslag outomaties onbillik. Indien
nie, is die vraag steeds of daar ‘n billike rede vir
die
ontslag was.
Ten einde hierdie vraag te beantwoord, sal ek elke klag in oënskou
neem in die lig van die getuienis; en dan spesifiek die
kwessies van
ras en vakbondbedrywighede ondersoek.
Eerste dissiplinêre verhoor
Al respondent se getuies wat oor die neem van druiwe getuig het –
d.i. Van der Merwe, Hoorns en Witbooi – het getuig
dat die
reël was dat werkers kon druiwe eet in die wingerd, maar dit
nie huis toe neem nie. Izak Faro, wat deur die applikant
geroep is,
se getuienis was dubbelsinnig – volgens hom het Van der Merwe
gesê die werkers mag van alles vat, maar
nie dít wat hy
kon verkoop nie. Net Mouton en Ruiters het getuig dat hulle druiwe
kon huis toe vat.
Faro was nie ‘n indrukwekkende getuie nie. Veral sy getuienis
oor die inspeksie deur die Departement van Arbeid was by
tye
onsamehangend. Die respondent se getuies, aan die ander kant, het
beïndruk. Hulle het die indruk geskep dat hulle eerlik
en
reguit praat. Hulle het toegewings gemaak waar dit van pas was –
bv Witbooi wat erken het sy het ‘n fout gemaak
deur een week
nie ledegeld af te trek nie, en Van der Merwe wat erken hy het by
geleentheid sy humeur met Mouton verloor en vir
hom gesê:
“Donner Willem, hou op fokken breek! G’n mens kan dit
hou op dié plaas nie.”
By die dissiplinêre verhoor het die voorsitter, Maritz, Van
der Merwe se getuienis in dié verband in ag geneem;
asook
Mouton se eie verteenwoordiger, Kabola, wat bevestig het “dat
daar altyd eers gevra word voordat items op die plaas
gevat kan
word.” Kabola het nie in die verhoor voor my getuig nie.
Op ‘n oorwig van waarskynlikhede het Mouton
wel ‘n reël verbreek. Dit is so dat ‘n sakkie
druiwe dalk geringe
waarde het, veral op ‘n plaas waar dit
verbou word; maar die element van oneerlikheid is daar, ongeag die
waarde, soos
bevestig in
Anglo American
Farms t/a Boschendal Restaurant v Komjwayo
15
en vele gewysdes wat daarop volg. Die sanksie wat
deur Maritz aanbeveel en deur die respondent opgelê is, nl ‘n
finale
skriftelike waarskuwing geldig vir 12 maande, is m.i. nie
onbillik nie. Dit speel natuurlik ‘n rol by die uiteindelike

ontslag.
Op die getuienis voor my is daar geen rede om te bevind dat Mouton
oor die druiwe-voorval gedissiplineer is a.g.v. sy huwelik
met
Ruiters of sy vakbondbedrywighede nie. Daar is geen bewyse dat die
werkgewer inkonsekwent opgetree het en bewus was van ander
werkers
wat dieselfde misdryf gepleeg het, maar nie teen hulle opgetree het
nie.
Tweede dissiplinêre verhoor
Mouton het erken dat hy die opdrag om die lugpyp reg te maak,
verontagsaam het. Sy verduideliking dat hy dit nie kon doen nie

of dat Oros dit moes doen – hou nie water nie. Dit was ‘n
eenvoudige takie wat bloot behels het dat hy ‘n
deel van die
pyp moes afsny, dit weer las, en met ‘n klampie of ‘n
stuk bloudraad vasmaak. Sy snedige opmerking teenoor
die werkgewer –
hetsy of hy die woorde “vrek lelik” of “fokken
lelik” gebruik het – is ook
nie aanvaarbaar in ‘n
diensverhouding nie. Die skriftelike waarskuwing van ses maande vir
hierdie oortreding is nie onvanpas
nie, en daar is geen gronde om te
bevind dat dit voortspruit uit Mouton se verhouding of huwelik met
Ruiters of sy vakbondbedrywighede
nie.
Ras?
Daar is geen twyfel nie dat Mouton se ontslag outomaties onbillik
sou wees as die oorwegende rede daarvoor sy verhouding of huwelik

met Ruiters was. Ek aanvaar dat die huwelik, sou dit die rede of ‘n
rede vir ontslag wees, binne die bestek van art 187(1)(f)
van die
Wet op Arbeidsverhoudinge val. Dit sou direk of indirek kon
toegeskryf word aan ras of huwelikstaat.
Dat rassisme steeds ‘n euwel in ons samelewing is, 17 jaar
nadat ons met groot hoop die ideaal van ‘n nie-rassige

samelewing binne ‘n grondwetlike bestel tegemoetgegaan het, is
‘n ongelukkige feit. Dit is heel waarskynlik so, soos
Van der
Merwe getuig het, dat rassisme steeds ‘n algelemene verskynsel
is, veral op die platteland, en dat kinders uit
gemengde huwelike
steeds die hoon van hul klasmaats moet verduur. Die feit dat hierdie
soort optrede ongrondwetlik, immoreel
en onaanvaarbaar is, beteken
helaas nie dat dit orals uitgeroei is nie.
Ek stem saam met die sentimente van die
Arbeidsappèlhof in
Crown
Chickens (Pty) Ltd t/a Rocklands Poultry v Kapp & Others:
16

In
my view, courts should take a firm stand against acts of racism...
It
seems to me that in being required to uphold the Constitution and the
human rights entrenched in it, the courts are enjoined
to play a
particularly critical role in, among others, the fight against
racism, racial discrimination and the racial abuse of
one race by
another. They must play that role fairly but firmly so as to ensure
the elimination of racism in our country and the
promotion of human
rights. This Court is alive to this role and will seek to play it
fully, fairly but firmly. The role of the
Labour Court and this Court
is particularly important in the field of labour and employment. This
is so because the decisions of
these two courts have a significant
impact in almost every workplace throughout the breadth and the
length of the country –
in offices, in shops, in factories, on
farms and elsewhere. Furthermore this is because the
Employment
Equity Act 55 of 1998
has conferred on the Labour Court and, through
appeals, this Court a critical role to play in the promotion of
employment equity
in this country. To demonstrate the importance of
the role that these two courts are required to play in the new
constitutional
order in this regard, one needs only to refer to the
fact that
section 49
of the
Employment Equity Act – which
is
one of the most critical pieces of legislation passed after 1994 in
this country aimed at redressing the imbalances of the past
created
by racism – makes the Labour Court the only court that has
jurisdiction to determine any dispute about the interpretation
or
application of that Act. Racism has hindered this country in a
significant way from advancing in all kinds of ways that would
have
enabled it a long time ago to proudly take its rightful place in the
family of nations. Had it not been for racism and apartheid,
a lot of
energy that the majority of people in the country put into fighting
racism and apartheid could have been used for the
advancement of
South Africa in various spheres of the lives of its people both
internally and internationally...
The
attitude of those who refer to, or call, Africans “Kaffirs”
is an attitude that should have no place in any workplace
in this
country and should be rejected with absolute contempt by all those in
our country – black and white – who are
committed to the
values of human dignity, equality and freedom that now form the
foundation of our society. In this regard he courts
must play their
proper role and play it with conviction that must flow from the
correctness of the values of human dignity, equality
and freedom that
they must promote and protect. The courts must deal with such matters
in a manner that will “give expression
to the legitimate
feelings of outrage” and revulsion that reasonable members of
our society – black and white –
should have when acts of
racism are perpetrated
.

Ek skaar my onomwonde by hierdie uitspraak. Dis egter nie van
toepassing op die bewese feite in hierdie saak nie. Op ‘n

oorwig van waarskynlikhede is geen verband tussen die huwelik en die
ontslag bewys nie.
Mouton en Ruiters se getuienis is sterk aangedik. Dit is moeilik om
Ruiters se getuienis dat sy haar en Mouton se tweede kind
“agter
toe gordyne” moes hou, ernstig op te neem. Sy het toe reeds
twee kinders uit gemengde huwelike gehad –
een daarvan saam
met Mouton – waarvan Van der Merwe wel deeglik bewus was.
Die bewering dat Van der Merwe na Burger verwys het as ‘n
“hotnotnaaier” toe hy oorlede is, is ook deurspek
met
teenstrydighede. Eers sou dit by Karnemelksvlei gebeur het, toe by
die pakstoor. Van der Merwe ontken dit. Hoorns en Witbooi,
wat albei
by die pakstoor was, ontken dit ook. Geeneen van die werkers wat glo
teenwoordig was – soos Mandy, Lien of Ellie
– is deur
die applikant geroep nie. Ek bevind dat dit ‘n versinsel is
wat ‘n vraagteken agter die Moutons se
getuienis as geheel
plaas.
Dieselfde geld die bewering dat Van der Merwe aan Mouton sou gesê
het hy “moet sy hotnotskinders vat en fokof”
van die
plaas af.
Die paternalistiese houding van Van der Merwe, wat die Moutons
gemaan het dat hulle aan die kinders moet dink, kan wel gekritiseer

word. Hierdie soort paternalisme is steeds wel algemeen op plase in
die Wes-Kaap en elders, soos Me Pekeur ook getuig het. Dis
egter vir
my duidelik dat Van der Merwe geen kwade bedoelings daarmee gehad
het nie. Hy het sy bedenkinge uitgespreek n.a.v.
die ondervinding
van ‘n vriend van hom wat self die hoon van sy skoolmaats moes
verduur. Dit mag paternalistes wees, maar
dis nie rassisties nie.
Wat ook al Van der Merwe se politieke en lewensagtergrond mag wees,
kan ek nie bevind dat hy rassisties opgetree het op sy plaas
nie.
Geen sulke bewerings is bewys nie. Die feit dat net drie uit sowat
80 lede van die werksmag wit is, dui nie op ‘n
poging om
blankes te bevoordeel nie. Al die toesighouers op die plaas, behalwe
een, is bruin. Me Witbooi – wat ironies
genoeg, in
teenstelling met haar naam, ‘n bruin vrou is – is in ‘n
administratiewe pos aangestel bo drie gekwalifiseerde
wit
aansoekers.
In elk geval was Van der Merwe wel deeglik bewus van Mouton se
vorige verhoudings met bruin vroue, en die feit dat hy kinders
by
hulle verwek het, toe hy hom ‘n pos aangebied het. Dis darem
te dik vir ‘n daalder om nou aan die hand te doen
dat hy sewe
jaar later vir Mouton sal afdank vir dieselfde rede.
Die applikant se eis dat sy ontslag onbillik was op grond van ras,
word van die hand gewys.
Vakbondbedrywighede?
Die vraag of die applikant se vakbondbedrywigede ‘n rede vir
sy ontslag was, is ietwat meer genuanseerd. Met die eerste
oogopslag
mag dit blyk dat dit wel die hoofrede was: Hy is immers afgedank
omdat hy o.a. geld vir vakbondlidmaatskap ingesamel
het. Dit is
egter belangrik om noukeurig te ondersoek of die rede vir ontslag
wel binne die bestek van art 187(1)(d) val, soos
die applikant
beweer.
Eerstens moet die bewoording van die artikel weer bestudeer word. Is
die rede vir ontslag:

dat
die
werknemer
stappe
gedoen het, of ’n voorneme te kenne gegee het om stappe te doen
teen die werkgewer deur—
(i)
enige reg uit te oefen wat by
hierdie Wet
verleen word; of
(ii)
deel te neem aan enige verrigtinge ingevolge
hierdie Wet
”?
In hierdie geval het die werknemer nie enige stappe gedoen teen die
werkgewer of te kenne gegee dat hy voornemens was om teen
die
werkgewer stappe te doen nie. Hy het wel die vakbond genader,
werkers georganiseer om by die vakbond aan te sluit, en ledegeld
van
hulle afgetrek; maar hy het geen stappe teen die werkgewer gedoen
nie. Die ontslag val dus nie binne die bestek van art 187(1)(d)
nie.

n Verdere vraag sou kon wees of die
ontslag binne die algemene bestek van art 187(1) val, m.a.w. of die
werkgewer strydig met
art 5 opgetree het. Die vraag sou wel gevra
kon word of hy ontslaan is a.g.v een van die volgende aspekte wat in
art 5(c) vervat
word:

(i)
lidmaatskap van ’n
vakbond
of
werkplekforum
;
(ii)
deelname aan die stigting van ’n
vakbond
of federasie
van
vakbonde
of instelling van ’n
werkplekforum
;
(iii) deelname aan die wettige
bedrywighede van ’n
vakbond
of federasie van
vakbonde
of ’n
werkplekforum
...”
Dit is egter nie die saak wat gepleit is nie, en die werkgewer is
nie gevra om hom teen daardie saak te verweer nie. Die applikant
se
saak is vervat in sy pleitstukke en dit word herhaal in die
voorverhoornotule, naamlik:

The
court is required to determine whether the applicant’s
dismissal:
Constitutes
an automatically unfair dismissal in contravention of s 187(d)
[
sic
]
17
of the LRA as a result of the applicant
exercising his right of freedom of association to participate
in forming a
trade union and to join a trade union and to
participate in the lawful activities of the trade union in
terms of
subsections 4(1) and (2) of the LRA; and
Constitutes
unfair discrimination against the applicant directly or
indirectly on the grounds of race because of his
relationship
and marriage to a coloured woman, in cotravention of
subsection 187(f) [
sic
]
18
of the LRA.”
Die applikant se saak berus dus vierkantig op subartikels (d) en (f)
van artikel 187(1). Ek het reeds bevind dat hy nie slaag
op grond
van subartikel (f) nie. Wat subartikel (d) betref, is die bewoording
van daardie subartikel duidelik: die ontslag is
net outomaties
onbilik as die rede vir ontslag is:
““
dat
die
werknemer
stappe
gedoen het, of ’n voorneme te kenne gegee het om stappe te doen
teen die werkgewer deur—
(i)
enige reg uit te oefen wat by
hierdie Wet
verleen word; of
(ii)
deel te neem aan enige verrigtinge ingevolge
hierdie Wet
”.
In die onderhawige saak het Mouton geen stappe teen die werkgewer
gedoen, of ‘n voorneme te kenne gegee om stappe teen
die
werkgewer te doen, wat deur subartikel (d) ondervang word nie. Die
enigste stappe wat hy gedoen het, is om hierdie verrigtinge
teen die
werkgewer aanhangig te maak; en dit was kennelik nie die rede vir sy
ontslag nie.
Die werkgewer se saak is dat die invordering van
ledegeld deur Mouton, terwyl die werkgewer reeds aftrekorders
prosesseer, ‘n
impak gehad het op die werkplek. Horn was
ontwykend toe hy uitgevra is oor die oorbetalings aan hom en kon nie
verduidelik hoekom
die bedrag wat in die vakbond se rekening
inbetaal is, nie klop met dit wat Mouton glo aan hom oorbetaal het
nie.
Aan die ander kant het Coetsee in ag geneem dat,
volgens hom, die geld wat Mouton ingevorder het, nie oorbetaal is
aan die vakbond
nie. Dit blyk dat hy nie bewus was van die R250 wat
in die vakond se bankrekening inbetaal is nie. Mouton het nie voor
hom getuig
oor die geld wat aan die vakbondverteenwoordiger, David
Horn, oorbetaal is nie. Horn het ook nie getuig nie. Die bevinding
van
oneerlikheid het dus berus op ‘n foutiewe aanname dat
Mouton die geld wat hy van werkers verhaal het, vir homself gehou
het. Nietemin kon nòg Mouton nòg Horn in hierdie
verrigtinge, twee jaar later, behoorlik rekenskap gee van die bedrae

wat van lede verhaal is. Geld is klaarblyklik dubbeld verhaal van
lede; die werkgewer het al die geld wat hy verhaal het, aan
die
vakbond oorbetaal; en nòg die vakbond nòg Mouton het
die geld wat Mouton verkeerdelik van ten minste die permanente

werkers verhaal het, aan hulle terugbetaal. Dit is meer waarskynlik
as nie dat die werkers ontevrede was, hulle lot by die werkgewer

bekla het, en dat dit inderdaad ‘n negatiewe impak op die
werksplek gehad het. Hierdie optrede van Mouton sou ook redelikerwys

lei tot ‘n gebrek aan vertroue in hom as werknemer. En ‘n
werkgewer word nie verhoed om tee n’n vakbondverteenwoordiger

op te tree, selfs binne die uitvoering van sy pligte as sodanig, as
die optrede nie
bona fide
was nie.
19
Dit blyk verder dat die vakbond in stryd met sy eie konstitusie
opgetree het, en spesifiek met klousule 15.2 daarvan. Dit is
‘n
inderdaad in die eerste plek ‘n interne
vakbond-aangeleentheid. Die Society Development Trade Union is nie
‘n
party tot hierdie aansoek nie. Dit is laakbaar dat die
vakbond nie ‘n behoorlike ondersoek gedoen het na die
moontlike
misbruik van lidmaatskapsgelde deur òf Mouton òf
Horn nie; maar ‘n mens sou kon argumenteer dat dit nie ‘n

aangeleentheid is waarmee die werkgewer hom behoort te bemoei nie.
Soos die algemene sekretaris tereg aangedui het, is dit ‘n

vakbond-aangeleentheid. Die lede moes by die vakbond daarop
aangedring het dat daar na hul belange omgesien word en dat ‘n

behoorlike ondersoek gehou word, nie by die werkgewer nie. Die feit
is egter dat die werkers hulle lot by die werkgewer bekla
het; en
ten spyte van die werkgewer se pogings om by die vakbond vas te stel
wat die ware toedrag van sake was, kon of wou die
vakbond nie
rekenskap gee van die presiese bedrae wat deur Mouton verhaal of
oorbetaal is nie. Dit mag weer eens dui op ‘n
paternalistiese
werksverhouding, waar die werkers hulle op die werkgewer eerder as
hul vakbond beroep; maar nadat dit gebeur
het, en by gebrek aan
enige optrede deur die vakbond, het die werkgewer nie juis ‘n
keuse gehad nie – hy moes die
ontevredenheid van die werkers
aanspreek.
Een van die redes vir Mouton se ontslag was die feit dat hy
lidmaatskapsgeld vir die vakbond by lede verhaal het. Dit sou
miskien
binne die bestek van art 5(c)(iii) kon val, naamlik
“deelname aan die wettige bedrywighede van ’n
vakbond”.
Die insamel van ledegeld namens die vakbond van lede is op die
oog af wettig; maar die skynbare wanbesteding daarvan is teenstrydig

met die vakbond se konstitusie. In elk geval berus die applikant se
saak nie op artikel 5 nie.
Op die getuienis voor my het die applikant hom nie van die bewyslas
gekwyt dat die hoofrede vir sy ontslag binne die bestek van
artikel
187(1)(d) van die Wet val nie.
Prosedurele aspekte
Dit was moontlik onvanpas van Maritz, die respondent se
arbeidskonsultant, om as voorsitter op te tree in twee van die drie
dissiplinêre verhore. Die ou gesegde, “wiens brood men
eet, diens woord men spreekt,” kom onvermydelik by ‘n

mens op. Die prosedurele billikheid van die ontslag was egter nie
deel van die applikant se eis nie en ek hoef my nie verder
daaroor
uit te spreek nie.
Billike rede vir ontslag?
Die enigste oorblywende aspek is die verwydering van die plaasbakkie
se wiel. Coetsee het bevind dat Mouton, in die taal van

strafregtelike verrigtinge, “skuldig gepleit” het op
daardie klag, al die elemente daarvan begryp het en dit ten
volle
erken het. Hy het nie in ag geneem dat Mouton bloot die wiel aan
Linkie Brink geleen het en dat Brink dit die volgende
dag sou
terugbesorg nie; hy het bloot in ag geneem dat die wiel “deur
die polisie teruggevind en aan die werkgewer terugbesorg”
is.
Brink het natuurlik nie in die dissiplinêre
verhoor voor Coetsee getuig nie, en Mouton het nie die omstandighede
verduidelik
nie, in die lig daarvan dat ‘n “pleit”
van “skuldig” aangeteken is. Hierdie hof moet die klag
t.o.v.
die wiel in ag neem insoverre dit steeds kan beteken dat daar
‘n verdere billike rede vir die ontslag kon wees, wat tesame

met die ander rede vir ontslag – die insameling van
vakbond-ledegeld – in ag geneem is. Alhoewel die getuienis nie

voor Coetsee gelei is nie, kan ek wel die getuienis van Brink en
Mouton voor my in ag neem. Insoverre ek moet bevind of die ontslag

billik was – en nie net outomaties onbillik binne die
betekenis van art 187 nie – bevind ek my in dieselfde posisie

as ‘n arbiter wat die getuienis voor hom of haar van nuuts af
aan (of
de
novo)
moet oorweeg.
20
Die weergawe soos deur Mouton en Brink
verduidelik, is nie onwaarskynlik nie. Deur nie van die werkgewer
verlof te vra om die
wiel te neem, of hom selfs vroegtydig in kennis
te stel nie, het Mouton nietemin onbehoorlik opgetree. Gegewe die
omstandighede,
is ek nie van mening dat hierdie misdryf op sigself
ontslag sou regverdig nie. Daar was geen bedoeling om die werkgewer
te benadeel
of vir Mouton of Brink om die wiel te hou nie. Die
bakkie was in elk geval stukkend; daar was dus geen benadeling vir
die werkgewer
nie. Vir die versuim om die werkgewer in kennis te
stel of verlof te vra, sou ‘n skriftelike waarskuwing heel
waarskynlik
die gepaste sanksie wees, sou dit die enigste misdryf
wees.
As al die misdrywe egter kumulatief
in ag geneem word – die druiwe-voorval, die nie-uitvoering van
pligte en gebruik van
kru taal teenoor die werkgewer, die dubbele
verhaling van ledegeld, en die neem van die wiel – was die
ontslag nie onbillik
nie.
Slotsom
Die ontslag van die applikant is nie outomaties onbillik of
andersins onbillik nie:
Die applikant se ontslag was nie outomaties onbillik op grond van
ras of huwelikstaat in terme van artikel 187(1)(f) van die
Wet op
Arbeidsverhoudinge nie.
Die applikant se ontslag was nie outomaties onbillik in terme van
artikel 187(1)(d), gelees met artikel 4 van die Wet nie.
Die applikant se ontslag was nie onbillik in terme van artikel 188
van die Wet nie.
Koste
Die applikant was onsuksesvol.
Ek
neem egter in ag dat hy nou sonder werk sit; dat hy waarskynlik
regskoste van sy eie moes aangaan
21
;
en dat dit tot ‘n mate verstaanbaar is dat hy sou kon vermoed
dat daar o.a. teen hom opgetree is a.g.v. sy verhoudings
en
vakbondwerksaamhede. Dit moes moed geverg het van Mouton, ’n
jong Afrikanerman in ‘n konserwatiewe plattelandse
gemeenskap,
om die bevooroordeeldheid van die verlede te oorkom en om
nie-rassigheid en vryheid van assosiasie daadwerklik uit
te leef. Op
die feite was dit egter nie die rede vir sy ontslag nie. In reg en
billikheid, soos vervat in art 162 van die Wet,
behoort geen party
in hierdie saak aanspreeklik gehou te word vir die ander party se
koste nie.
Bevel
Die applikant se eis word van die hand gewys. Daar is geen
kostebevel nie.
_______________________
Anton Steenkamp
Regter van die Arbeidshof
VERSKYNINGS:
APPLIKANT: Adv Roseline Nyman
In opdrag van Brink & Thomas, Kaapstad.
RESPONDENT: Mnr FH Cronjé, Cronjé Ing., Bellville.
1
Eweneens
‘n wit man.
2
Wet
66 van 1995 (“die WAV”).
3
Promotion
of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act, Act 4 of
2000 (“die Gelykheidswet”). Die Wet is
sover my kennis
strek net in Engels gepubliseer.
4
soos
hy toe was.
5
(2005)
26
ILJ
2153
(LAC) 2207 B-F;
[2005] 12 BLLR 1172
(LAC) paragrawe [27] –
[28].
6
(1999)
20
ILJ
1718
(LAC), veral paragrawe [32] – [35].
7
Die
applikant se advokaat het in haar betoogshoofde na hom verwys as
“Lyntjie”. Daar is geen transkripsie van die
rekord
beskikbaar nie, maar volgens my notas staan hy alom bekend as
“Linkie”.
8
Wet
75 van 1997.
9
Sektorale
Vasstelling 13: Plaaswerkersektor, Kennisgewing R 149, Staatskoerant
no 28518, 17 Februarie 2006.
10
Ek
sal na Mev Susanna Mouton by wyse van haar nooiensvan, Ruiters,
verwys om enige misverstand tussen haar en Mnr Mouton te voorkom.
11
Verkeerdelik
in die betoogshoofde van applikant se advokaat aangedui as “Lynn”.
12
Verkeerdelik
in die betoogshoofde van applikant se advokaat aangedui as
“Coetzee”.
13
Verkeerdelik
in die betoogshoofde van applikant se advokaat aangedui as
“Horings”.
14
Verkeerdelik
in die betoogshoofde van applikant se advokaat aangedui as “Rensha”
Witbooi.
15
(1992)
13
ILJ
573
(LAC).
16
[2002]
6 BLLR 493
(LAC) paragrawe [34] – [37].
17
Dis
duidelik ‘n verwysing na art 187(1)(d).
18
Klaarblyklk
‘n verwysing na art 187(1)(f).
19
NUM
& others v Black Mountain Mining (Pty) Ltd
[2010]
3 BLLR 281
(LC);
BIFAWU & another v
Mutual and Federal Insurance Company Ltd
[2006]
2 BLLR 118
(LAC).
20
Art
158(2)(b);
NUM & others v Black
Mountain Mining (Pty) Ltd
[2010] 3
BLLR 281
(LC).
21
Daar
is geen getuienis voor my dat die applikant in hierdie geding
bygestaan is deur ‘n vakbond of enige ander organisasie
nie.