S v Mokhobo (79/1988) [1988] ZASCA 148 (25 November 1988)

Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Sentencing — Dismissal of death penalty due to insufficient evidence of guilt — The appellant was convicted of two counts of murder, with one count resulting in a death sentence and the other in a 12-year prison term. The appellant's plea was amended to guilty on four charges, including the two murder charges, based on a written statement. However, the court found that the death penalty could not be imposed as the evidence presented did not conclusively prove the appellant's guilt as if he had pleaded not guilty, thus rendering the death sentence invalid.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 148
|

|

S v Mokhobo (79/1988) [1988] ZASCA 148 (25 November 1988)

LL
Saak No 79/1988
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
GALEBOY ISAK MOKHOBO
Appellant
teen
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: VAN HEERDEN, STEYN et EKSTEEN, ARR
VERHOORDATUM: 15 NOVEMBER 1988
LEWERINGSDATUM
: 25 NOVEMBER 1988
UITSPRAAK
VAN HEERDEN AR
:
2. Die appellant, 'n volwasse man, en ene
Hugo het in die Vrystaatse Provinsiale Afdeling voor Beckley R en assessore
tereggestaan
op o a twee aanklagte van moord. Hy is op beide skuldig bevind.
Versagtende omstandighede is ten aansien van slegs een aanklag bevind.
Op
daardie aanklag ("die eerste klag") is die appellant gevonnis tot 12 jaar
gevangenisstraf. Op die ander aanklag ("die tweede klag")
is die doodvonnis
opgelê. Met die nodige verlot is die onderhawige appel slegs teen
voornoemde vonnisse gerig.
Beide beskuldigdes het by die aanvang van die verhoor op al die aanklagte
onskuldig gepleit. Die kern van die getuienis wat daarna
deur die Staat gelei
is, kan soos volg saamgevat word.
Omstreeks 6 nm op 28 Desember 1986 het mev Roberts en haar eggenoot ("die
eerste oorledene") onder 'n boom voor hul plaashuis in die
distrik van
Bothaville gesit. Naby die huis was h buitekamer waarin h Swart
3.
werknemer, Ishmael Maine ("die tweede oorledene"),
gebly
het. Op 'n stadium het die eerste oorledene
gesê dat hy wou gaan
vasstel waarom die tweede
oorledene nog nie by die huis opgedaag het om
sekere
take te verrig nie. Hy het toe na die buitekamer
geloop. Mev
Roberts het gesien dat hy die deur
oopmaak en in die kamer ingaan, waarna die
deur
toegemaak is. Kort hierna het sy opgemerk dat h Swart
man met 'n
hamer in sy hand vanaf die omgewing van die
kamer op haar afstorm. Sy het tot
binne die huis
gevlug en die voordeur toegesluit. Die man het egter
'n
glaspaneel van die deur stukkend geslaan en toegang
tot die huis verkry. In
die kombuis het hy haar met
die hamer aangerand. Sy het neergesak en
voorgegee dat
sy dood was. Hierna het sy stemme in die huis gehoor
en kon
sy vasstel dat persone van een plek na h ander
in die huis beweeg het. Later
het sy gehoor dat 'n
motor wegtrek. Sy het toe orent gekom en
telefonies
hulp ontbied.
4.
As gevolg van 'n berig wat hy ontvang het, het adjudant-offisier Lawson
dieselfde aand na die plaas gegaan. In die buitekamer het
hy die lyke van die
twee oorledenes aangetref Die eerste oorledene is in h knielende houding oor 'n
stoel gevind. h Mes se hef het
by sy rug uitgesteek. Onder die bed in die kamer
was die lyk van die tweede oorledene. Dit was toegedraai in h kombers.
Volgens mediese getuienis is albei oorledenes verskeie steekwonde toegedien.
Beide is noodlottige nekwonde toegedien wat met heelwat
geweld gepaard moes
gegaan het, en hulle moes kort na toediening daarvan gesterf het.
Nadat getuienis met bogemelde strekking gelei is, het die appellant sy pleit
gewysig. Hy het toe op vier van die vyf aanklagte, insluitende
die twee
moordklagte, skuldig gepleit. Dit het gepaard gegaan met die inhandiging ,
ingevolge art 112 (2) van die
5. Strafproseswet (51 van 1977), van 'n
skriftelike verklaring van die appellant. Die Staat het die gewysigde pleit
aanvaar en sy
saak gesluit, waarop die appellant ook sy saak gesluit het sonder
om enige getuienis aan te bied. Hugo het insgelyks gehandel. Op
daardie stadium
was daar nie aanvaarbare getuienis dat die appellant of Hugo een van die
geweldenaars was nie, of dat hulle andersins
by die pleging van die tersaaklike
misdrywe betrokke was nie. Hugo is gevolglik vrygespreek. Op sterkte van die
erkennings vervat
in sy verklaring en die getuienis wat wel gelei is, is die
appellant egter op onder andere die twee moordklagte skuldig bevind.
Bedoelde erkennings is vervat in 'n gedeelte van die verklaring wat soos volg
lui:
"Op Saterdag, 27 Desember 1986 het ene Petrus Hugo [nie die mede-beskuldigde
nie] en Rosman Chaniswa my genader en my gevra om hulle
die volgende dag te
vergesel op 'n rooftog na die plaas 'Etsamphra'.
6.
Die plaas het behoort aan die oorledene, Francis Borman Roberts, sover my
kennis gestrek het.
Die twee het my ingelig dat tydens die roof hulle beplan
het om vir Ishmael Maine te dood.
My opdrag was om net wag te staan buite sy
kamer en ek hoef self nie deel te neem aan die moord nie.
4.
Ons het mekaar weer op Sondag, 28
Desember 1986 in die oggend
ontmoet en het begin drink.
Ekself het ongeveer twaalf biere gedrink. Dit was 'Castle dumpies'
gewees.
5.
Later die middag is ons na die betrokke plaas.
Petrus en Rosman was bewapen met lang jagmesse - Ekself was onbewapen.
Dié twee het Ishmael se kamer binnegegaan, terwyl ek buite die
motorhuis gestaan en wag gehou het.
Na 'n ruk het ek vir die oorledene, Francis Roberts opgemerk.
Hy het in die tuin geloop in die rigting van Ishmael se buitekamer.
Ek het toe om die agterkant van die motorhuis weggekruip en nie gesien wat
van mnr Roberts geword het nie.
7.
Ek het egter voorsien dat as mnr Roberts vir Petrus en Rosman sou
teëkom, dat hulle
7.
vir hom ook sou vermoor, en myself daarmee vereenselwig.
8.
Daarna het Petrus en Rosman my na Ishmael se kamer geroep.
Toe ek binnegaan, sien ek beide oorledenes op die vloer lê.
Petrus en Rosman het my toe h hamer oorhandig en aanbeveel om mev Roberts te
gaan slaan sodat ek ook 'n deel aan die moorde kon hê.
9.
Ek het die hamer geneem en na die hoofwoning beweeg.
Mev Roberts het binne die huis verdwyn en die voordeur gesluit.
Petrus het toe die voordeur se ruit stukkend geslaan en ons het die huis
binnegedring.
10.
Ek het mev Roberts in die kombuis teëgekom en haar met die hamer begin
aanrand. Op 'n stadium het ek geskrik en besef wat ek
doen, is verkeerd.
11 .
Ek het met die aanval opgehou en daarna die kamers deursoek vir items wat
gesteel kon word.
12.
Ek het R200,00 kontant en h draagbare radio-kassetspeler geneem. Ek het
geweet
8.
dat dit wederregtelik was en sonder die eienaar se toestemming geneem
is.
13.
Daarna het Petrus en Rosman my geroep en ons het die toneel verlaat. Rosman het
die sleutels van 'n Datsun Laurel gevind en hy het
die motor geneem.
Ek het gevolg in Rosman se eie voertuig, h Ford
Cortina."
Nadat die appellant skuldig bevind is, het
die advokate die hof aangaande versagtende omstandig-hede toegespreek. Die
appellant het
nie getuienis in hierdie verband aangebied nie, maar sy advokaat
het gesteun op 'n verdere gedeelte van sy verklaring waarop ek later
terugkom.
Soos reeds gemeld, het die hof toe bevind dat daar ten aansien van die tweede
klag geen versagtende omstandighede was nie.
In die lig van hierdie bevinding
was die verhoorregter klaarblyklik van mening dat hy geregtig - en verplig- was
om die doodstraf
op bedoelde klag op te lê, en het hy gevolg daaraan
gegee.
9.
In hierdie hof het die appellant se advokaat
in eerste
instansie betoog dat die verhoorregter nie by
magte was om die doodstraf op
te lê nie, en ek meen dat
hy gelyk gegee moet word.
Art 112 (1) van die Strafproseswet magtig die ondervraging van 'n beskuldigde
wat op 'n aanklag skuldig pleit, welke pleit deur die
Staat aanvaar word. In
geval van 'n "ernstige" misdryf is h ondervraging ingevolge art 112 (1) (b)
verpligtend. Dit moet daarop gerig
wees om vas te stel of die beskuldigde die
bewerings in die aanklag erken. Indien die voorsittende regter, streeklanddros
of landdros
dan oortuig is dat die beskuldigde skuldig is aan die betrokke
misdryf, kan hy die beskuldigde op sy pleit van skuldig aan daardie
misdryf
skuldig bevind en 'n geoorloofde vonnis oplê. Wat vonnis betref, geld
egter die volgende voorbehoud: "Met dien verstande
dat die doodvonnis nie
opgelê word nie tensy die skuld van
10. die beskuldigde bewys is asof
hy onskuldig gepleit het."
Art 112 (2) maak voorsiening vir 'n alterna-tiewe prosedure wanneer 'n
beskuldigde op 'n aanklag skuldig pleit. Indien hy of sy regsverteenwoordiger
'n
verklaring van hom inhandig waarin hy "die feite uiteensit wat hy erken en
waarop hy skuldig gepleit het", en die hof oortuig
is dat hy skuldig is aan die
betrokke misdryf, kan die hof, in plaas van 'n ondervraging ooreenkomstig
subartikel 112 (1) (b), hom
op grond van die verklaring skuldig bevind "en
vonnis soos in genoemde sub-artikel bepaal". Art 112 (1) (b) bevat slegs twee
bepalings
aangaande vonnis. Die eerste magtig die hof om 'n geoorloofde vonnis
op te lê. Die tweede (die voorbehoudsbepaling) verbied
'n hof om die
doodvonnis op te lê tensy die beskuldigde se skuld daadwerkllk bewys is.
Dit is derhalwe duidelik dat beide bepalings
van toepassing is ook indien 'n
beskuldigde op grond van sy verklaring op 'n aanklag van
11.
moord skuldig bevind word. Anders gestei, 'n beskuldigde kan bloot op grond
van 'n ondervraging ingevolge art 112 (1) (b) of die inhandiging
van 'n
verklaring ingevolge art 112 (2) aan moord skuldig bevind word, maar nie die
doodvonnis opgelê word nie.
Art 112 vind normaalweg toepassing wanneer 'n beskuldigde by die aanvang van
'n verhoor onskuldig pleit. Daar is egter niks in die
artikel wat spreek teen h
aanwending van die bepalings daarvan indien h beskuldigde wat aanvanklik
onskuldig gepleit het sy pleit
wens te verander nadat die Staat getuienis begin
lei het nie - mits, natuurlik, die aanklaer bereid is om op daardie stadium 'n
pleit
van skuldig te aanvaar. Dit mag dan egter nie nodig wees om die
beskuldigde te ondervra, of vir hom om in sy verklaring erkennings
te maak,
aangaande elemente van die misdaad wat reeds deur getuienis bewys is nie.
Bogenoemde voorbehoudsbepaling geld egter ook
12. indien 'n ondervraging geskied, of 'n verklaring ingehandig word, nadat
'n beskuldigde soos voornoemd sy pleit gewysig het. Die
doodvonnis kan naamlik
nie opgelê word tensy die beskuldigde se skuld
bewys
is asof hy
onskuldig gepleit het nie. Bewys in hierdie verband behels bewys van al die
elemente van die misdaad, en erkennings wat
'n beskuldigde tydens ondervraging
of in 'n verklaring maak, konstitueer klaarblyklik nie sodanige bewys nie.
Indien dit anders was,
sou die voorbehoudsbepaling immers nooit toepassing kon
vind nie.
Dit kom dus nie daarop aan of die Staat reeds getuienis begin lei het, en 'n
element of elemente van die misdaad bewys het, alvorens
die beskuidigde sy pleit
gewysig het nie. Veronderstel byvoorbeeld dat 'n beskuldigde onskuldig pleit op
h aanklag van moord. Later
wysig hy sy pleit na een van skuldig en die Staat
aanvaar dit. Die enigste getuienis wat tot op daardie
13. stadium gelei is,
toon aan dat die ontbinde lyk van die oorledene deur iemand aangetref is. Dit
blyk egter nog nie of hy aan naturlike
oorsake of weens gemene spel gesterf het
nie. Tydens h ondervraging ingevolge art 112 (1) (b) erken die beskuldigde dan
dat hy wederregtelik
die oorledene 'n meswond toegedien het met die opset om hom
te dood en dat laasgenoemde oombliklik gesterf het. Geen verdere getuienis
word
gelei nie. Die beskuldigde kan dan op grond van sy erkennings aan moord skuldig
bevind word, maar kan nie die doodstraf opgelê
word nie omdat daardie
bevinding geheel of gedeeltelik op bedoelde erkennings, in teenstelling tot
bewys deur die Staat, berus. Dieselfde
sou geld indien die Staat bewys het dat
die oorledene vermoor is, hoewel nog nie deur wie nie, voordat die beskuldigde
sy pleit gewysig
het.
Dit volg dus dat ongeag die stadium waarop 'n beskuldigde aan
moord skuldig pleit, erkennings wat hy
14. ingevolge art 112 (1) (b) of (2) maak buite rekening gelaat moet word
wanneer besin word of die doodvonnis opgelê kan word.
Kortom, die
doodvonnis is nie 'n bevoegde vonnis nie tensy die Staat al die elemente van die
ten laste gelegde moord bewys het.
h Beskuldigde kan natuurlik ingevolge art 220 formele erkennings maak. Dit
sou dus kon gebeur dat nadat 'n beskuldigde informele erkennings
ingevolge art
112 gemaak het, hy daarna elke relevante feit formeel erken. Die vraag of in so
'n geval gesê sou kon word dat
"die skuld van die beskuldigde bewys is
asof hy onskuldig gepleit het", ontstaan nie in
casu
nie en kan
daargelaat word. Ek sê so omdat die appellant nie eige formele erkennings
gemaak het nie en dit nie blyk nie dat
hy aandadig aan die moorde was indien sy
verklaring buite rekening gelaat word.
Die verhoorhof se aandag is blykbaar nie op die voorbehoudsbepaling gevestig
nie. Dit het
15.
meegebring dat onnodiglik besin is oor die vraag of
versagtende
omstandighede aanwesig was. Nieteen-
staande die bepalings van art 277 (1) van die Straf-
proseswet was die
doodvonnis nie 'n geoorloofde vonnis
nie, en was dit derhalwe ontersaaklik of
daar
versagtende omstandighede, soos bedoel in art 277 (2),
aanwesig was. Dit volg dus dat die doodvonnis op die
tweede aanklag tersyde gestel en deur gevangenisstraf
vervang moet word.
In sy verklaring meld die appellant sekere feite wat, so voer hy aan, "as
versagtende omstandighede sal geld" ten aansien van beide
moordklagte. Die
juistheid van daardie feite is deur die Staat aanvaar, hoewel nie toegegee is
dat hul "versagting" daargestel het
nie. Hulle kan soos volg saamgevat word: Die
oggend van 28 Desember 1986 het die appellant en sy mede-samesweerders mekaar
ontmoet
en begin drink. Die appellant het ongeveer 12 biere
16. gedrink. Hy
was onder die invloed van drank "maar nie sodanig dat ek nie besef het wat ek
gedoen het nie". Hierbenewens was hy
"onder die invloed en leiding" van die
ander twee wat fisies die moorde gepleeg het.
Hierdie "feite" kan by die bepaling van 'n
gepaste termyn
gevangenisstraf op die tweede klag
bitter min gewig dra. Dit blyk geensins
tot welke
mate die appellant onder die invloed van drank was toe
hy en die
ander twee op die plaas aangekom het nie.
Net so min blyk dit welke invloed
die ander twee op hom
uitgeoefen het. Wat daardie klag betref, is
bowendien
reeds die vorige dag ooreengekom dat die tweede
oorledene ter
uitvoering van die voorgenome roof
vermoor sou word. Geen melding word in die
verklaring
gemaak nie van enige besondere oorreding van die ander
twee
voordat die appellant ingestem het om by die
komplot betrokke te wees. Die
feit dat ooreengekom is
dat hy buite die tweede oorledene se kamer sou
wagstaan
17. en nie fisies by die moord op hom betrokke sou wees nie, tel ook nie in
sy guns nie. Die afspraak was immers juis dat die tweede
oorledene vermoor sou
word ten einde 'n beplande roof tot voordeel van al drie samesweerders te
bevorder. Indien die doodvonnis 'n
geoorloofde vonnis was, sou daar dan ook nie
fout te vind gewees het met die verhoorhof se bevinding dat daar nie versagtende
omstandighede
was nie. 'n Gepaste vonnis is gevolglik een van 25 jaar
gevangenisstraf.
Die appellant se advokaat het ook betoog, weliswaar nie met veel entoesiasme
nie, dat die vonnis op die eerste klag treffend onvanpas
is. Daar steek nie
enige pit in hierdie betoog nie. Die appellant het ongetwyfeld voorsien dat
indien iemand sy mede-samesweerders
op heterdaad sou betrap, hy ook waarskynlik
vermoor sou word, en het onverskillig teenoor die intrede van so 'n gevolg
gestaan. Die
vonnis van 12 jaar gevangenisstraf was dus moontlik
18. ietwat
genadig. Met die oog op die kumulatiewe effek van die vonnisse op die twee
moordklagte, asook die vonnisse van 7 en 5 jaar
gevangenisstraf wat op die derde
en vierde aanklagte opgelê is, behoort egter beveel te word dat al die
ander vonnisse samelopend
met die vonnis op die tweede klag moet wees.
Gevolglik slaag die appèl tot die mate dat die doodvonnis op die
tweede klag tersyde gestel word en vervang word met 25 jaar
gevangenisstraf. Die
vonnisse wat die verhoorregter op die ander drie aanklagte opgelê het,
moet saamloop met die vonnis op
die tweede klag.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
STEYN AR
STEM SAAM
EKSTEEN AR