S v Rataba and Another (143/88) [1988] ZASCA 142 (22 November 1988)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Sentencing of minors — Appellants, aged approximately 18 years, convicted of murder and robbery, sentenced to death and imprisonment respectively — Court found no mitigating circumstances for murder — Appellants claimed to have been under 18 at the time of the offence — Importance of accurately determining age for sentencing under section 277(2) of Act 51 of 1977 — Evidence insufficient to conclusively establish age — Appellants treated as under 18, thus court had discretion to impose a sentence other than death — Original court misdirected in failing to consider age in sentencing.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 142
|

|

S v Rataba and Another (143/88) [1988] ZASCA 142 (22 November 1988)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak
tussen:
MOHALE ELIAS RAMATABA
Eerste Appellant
PHINEAS MOKGOLA
Tweede Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram
: VAN HEERDEN, KUMLEBEN et EKSTEEN, ARR
Verhoor
: 4
November 1988
Gelewer
: 22 November 1988
1
UITSPRAAK EKSTEEN
, AR:
Die twee appellante het voor die Rondgaande Hof te Tzaneen tereggestaan op 'n
aanklag van moord, asook op een van roof met verswarende
omstandighede. Hulle
het onskuldig gepleit op albei aanklagtes maar is aan die einde van hulle
verhoor op beide skuldig bevind. Die
hof het geen versagtende omstandighede by
die moord gevind nie, en al-bei die appellante is ter dood veroordeel. Op die
tweede aanklag,
nl. dié van roof, is hulle elkeen tot 8 jaar
gevangenisstraf gevonnis. Die hof a
quo
het egter aan albei van hulle
verlof verleen om in hoër beroep te gaan teen die bevinding dat daar geen
versagtende omstandighede
bestaan het by die moord waaraan hulle skuldig bevind
is nie, asook teen die skuldigbevinding aan roof op die tweede aanklag.
2/ ...
2
Dit is die appellante ten laste gelê dat hulle
op
die aand van 29 Oktober 1986 vir Mev. Jebonisha
Gani in haar
huis vermoor het, en terselfdertyd vir haar beroof het
van
sekere van haar besittings - hoofsaaklik geld en klerasie.
Mnr. Abdul
Gani, die man van die oorledene, het getuig dat hy
en sy twee jong seuns die
betrokke aand om ongeveer 8.20 n.m.
van hulle huis weggery het om vir vriende
van hulle, die
Essop gesin, te gaan kuier. Die oorledene het alleen by
die
huis agtergebly oënskynlik om sekere kosgeregte vir die
vol-
gende dag voor te berei. Gani sê dat hy en sy twee
seuns
ongeveer 9.45 n.m. na hulle huis teruggekeer het. By sy
aankoms vind
hy dat al die ligte in sy huis af is. Die
buitedeur van die sitkamer het
oopgestaan en die televisie-
stel was aan gewees. In die lig wat die
televisiestel af-
gegee het, het hy sy vrou op die mat in die sitkamer sien
lê.
Hy sê dat hy vermoed het dat iemand by sy huis ingebreek
het,
en dat hy bang was om in te gaan uit vrees dat die inbrekers
dalk nog
in die huis kon wees en dat hulle hom kon aanval.
3/ ...
3 Hy neem toe sy seuns en ry gou terug na die vriende by
wie hy gekuier het, en wat slegs sowat 1.5 kilometer van sy huis gebly het.
Hy
het sy kinders daar afgelaai, en, vergesel van twee van sy vriende, Mohammed en
Zakir Chictay, na sy huis teruggekeer. Hierdie
keer het hulle in die huis
gegaan, die ligte aangeskakel en die polisie en die genees-heer gebel.
'n Eienaardige aspek van sy getuienis is dat nog hy nog sy vriende enigiets
gedoen het om vas te stel of sy vrou nog gelewe het en
of sy reeds dood was.
Hulle het skynbaar nie eers behoorlik na haar gekyk nie maar ewe gedweë
5-10 minute gewag vir die geneesheer
om op te daag en vas te stel dat sy reeds
dood was. Die oorledene is met h nylon koord wat om haar nek geknoop was,
verwurg. Sy het
ook drie meswonde aan die voorkant van haar borskas gehad. Twee
van hierdie wonde het haar lewer gepenetreer.
4/ ...
4 Gani het ook getuig dat sy vrou se handsak met on-geveer
R450 daarin en van haar klerasie uit hul slaapkamer vermis is. Die sleutel
van
sy hangkas en die sleutel van sy voordeur was ook weg gewees.
Die twee apellante is op 6 November - dws. ongeveer
h week na die moord - gearresteer. Die volgende dag het
hulle albei
bekentenisse voor h landdros afgelê. Dit is nie
nodig om die
besonderhede van die bekentenisse weer te gee
nie, en dit is voldoende om te
konstateer dat albei appel-
lante onomwonde erken het dat hulle die oorledene
vermoor
het. Hulle voer egter ook aan dat Abdul Gani, die
oor-ledene se
man, hulle geld aangebied het om sy vrou te
vermoor en dat hy ook teenwoordig
was en inderdaad deelgeneem
het aan die moord. Majoor Human, van die
Suid-Afrikaanse
Polisie, het daarna gereël dat hierdie aantygings deur
die
appellante in die teenwoordigheid van Gani herhaal word, en
hy getuig
dat Gani hulle heftig ontken het.
5/ ...
5 By hul verhoor egter het geeneen van die appellante in
hierdie bewerings volhard nie. Albei van hulle het die juistheid van hulle
bekentenisse, en trouens enige aandadig-heid aan die moord, ontken. Die eerste
appellant het ontken dat hy enigiets van die moord
af weet. Al wat hy weet,
sê hy, is dat die tweede appellant een nag by hom gekom het om slaapplek
te soek en dat hy toe h bebloede
mes in sy hand ge-had het. Die tweede appellant
het ook ontken dat hy teen-woordig was.toe die moord gepleeg is maar sê
dat
die eerste appellant aan hom sou beken het dat hy deur Gani omgekoop was om
die oorledene dood te maak en dat hy dit inderdaad gedoen
het.
Albei die appellante was klaarblyklike leuenaars en hulle getuienis is tereg
deur die hof a
quo
verwerp.
Die appellante was albei jong manne. Die
distriksgeneesheer te Duiwelspoort het getuig dat hy hulle
6/ ...
6 op 2 Desember 1986 ondersoek het, en dat, op grond van
die graad van ontwikkeling van hulle tande asook hulle algemene voorkoms
en
liggaamsbou, hy tot die gevolgtrekking gekom het dat elkeen van hulle min of
meer 20 jaar oud was. In kruisverhoor is hy pertinent
gevra of die eerste
appellant moontlik 18 jaar oud kon gewees het ten tye van sy ondersoek.
Aanvanklik het hy volgehou met sy mening
dat, uit hoofde van die eerste
appellant se volledige tandontwikkeling en sy algemene voorkoms, hy ouer as 18
jaar was. Uiteindelik
egter, nadat dit aan hom gestel is dat die eerste
appellant 18 jaar oud sou gewees het, antwoord die distriksgeneesheer soos
volg:
"Die punt wat ek wil maak is; volwasse tandontwikkeling is min of meer
voltooi op die ouderdom van 18 jaar, en die 20 het ek nie gesê
is 'n
definitiewe ouderdom nie; dit is 'n geskatte ouderdom. Die punt wat ek wil maak
is dat hy 18 jaar of ouer was. Op grond van
sy alge-mene voorkoms het ek gedink
dat hy bietjie ouer as 18 waarskynlik sou wees."
7/ ...
7
Uit hierdie getuienis wil dit dus blyk dat die
dis-triksgeneesheer na sy betreklik oppervlakkige ondersoek van die eerste
appellant
van mening was dat hy "waarskynlik" slegs "'n bietjie ouer as 18" kon
gewees het. By implikasie sluit hy dus nie die moontlikheid
uit dat hy selfs
jonger as 18 kon gewees het nie.
In h geval soos die onderhawige, waar die appellan-te tereggestaan het op 'n
aanklag van moord, was dit, in die lig van die bepaling
in art. 277(2) van Wet
51 van 1977 dat waar iemand onder die ouderdom van 18 jaar aan moord skuldig
bevind word 'n hof die bevoegdheid
het om 'n ander vonnis as die doodvonnis op
te lê, van wesenlike belang om die ouderdom van die appellante met soveel
noukeurigheid
as moontlik vas te stel. (Cf.
S. v. Mohlobane
1969 (1) SA
561
(A) op 567 en
S. v. Ngoma
[1984] ZASCA 59
;
1984 (3) SA 666
(A) op 672.)
8/ ...
8 In die onlangse beslissing van hierdie hof in die saak
van
S. v. M.
1988 (2) SA 779(A)
word die belangrikheid van hierdie aspek
weer eens beklemtoon, en wys die hof daarop dat alhoewel die bewyslas om
versagtende omstandighede
by moord te bewys steeds op 'n beskuldigde rus,
dieselfde benade-ring nie geld by die bepaling van die ouderdom van 'n
beskul-digde
nie. Op p. 783 sê
Hefer
AR, wat die uitspraak van die
hof gelewer het:
"For two reasons I am, nevertheless, of the opinion that the Legislature did
not intend to cast an onus on the accused. The first
one flows from the remark
in
Ngoma
's case
supra
at 671 where
Corbett
J.A. said:
'(I)t would be palpably contrary to public policy and to the intention of the
Legislature if per-sons actually under the age of 18
years were dealt with in
terms of s. 277(2), on the fac-tual basis that they were 18 years or older.' I
respectfully agree. And this
is precisely what may happen if the onus were to be
cast on the accused. Bearing in mind that the incidence of the onus becomes
9/ ...
9
relevant and decisive only where there is un-certainty arising
from the lack of evidence rela-ting to the fact in issue, it is clear
that, if
the accused were to bear the onus, the second provision (d.w.s. die bepaling van
art. 277(2) wat ek hierbo aangehaal het)
cannot be applied whenever there is no
or insufficient evidence of his age. He will then be treated as if he were 18
years or older
al-though he may well have been younger. Taking into account the
Legislature's avowed intention of treat-ing persons under the age
of 18
differently from others, such a result could, in my view, not have been
intended. Nor does it accord with public policy."
In die onderhawige saak was die enigste poging
om
die ouderdomme van die appellante vas te stel die
ondersoek
van die distriksgeneesheer waarna ek verwys het, en het
hy
gepoog om, slegs uit hoofde van hul tandontwikkeling wat hy
waargeneem
het en hul algemene voorkoms, 'n ouderdomsbepaling
te doen. Die geneesheer
het dan ook nie sy feitelike waar-
nemings aan die Hof oorgedra nie ten einde
dit in h posisie
te plaas om h oordeel te vel oor die aanvaarbaarheid van
10/ ...
10
sy gevolgtrekking nie. (Cf.
S. v. Mngomezulu
1972 (1)
SA
797 op 799.) In elk geval kom so 'n ondersoek vir my klaar-
blyklik
oppervlakkig van aard voor, en nie voldoende om met
enige redelike mate van
sekerheid iemand se ouderdom vas te
stel nie. Meer juiste bepalings sal X-straal ondersoeke
verg, en, in
grensgevalle soos die onderhawige, behoort dit
gedoen te word (Cf.
S. v.
Mohlobane supra
;
S. v. Van Rooy
en Andere
1976 (2) SA 580
(A);
S. v. Ngoma supra
, en
R. v.
Hadebe and Another
1960
(1) SA 488
(T) op 490). Die
distriksgeneesheer het waarskynlik die
onbetroubaarheid van
sy ondersoek besef - vandaar die mate van huiwering aan
die
einde van sy kruisverhoor om h vaste ouderdomsbepaling te
doen. Dit
kom my dus voor dat op die distriksgeneesheer se
ondersoek daar 'n redelike
moontlikheid is dat die eerste ap-
pellant onder die ouderdom van 18 jaar kon
gewees het. Die
onsekerheid moet dus tot die voordeel van die appellant
ge-
reken word, en hy kan nie beskou word asof hy oor die ouder-
dom van
18 jaar was ten tye van die moord nie.
11/ ...
11
Die kruisondervraging van die distriksgeneesheer waarna ek
hierbo verwys het, het slegs ten opsigte van die eerste appellant gegaan.
Ongelukkig is daar geen kruis-verhoor deur die advokaat wat namens die tweede
appellant verskyn het op hierdie punt gevoer nie. Dit
dien egter daarop gelet te
word dat die distriksgeneesheer aanvanklik albei die appellante se ouderdomme op
20 jaar gestel het. Hy
het dus geen onderskeid tussen hulle gemaak nie, en die
waarskynlikhede dui daarop dat, indien hy gevra sou gewees het, hy bes moontlik
dieselfde toegewings t.o.v. die tweede appellant sou gemaak het as wat hy in die
geval van die eerste apellant gedoen het. Dit skyn
dus billik te wees dat wat
ouderdom betref geen onderskeid tussen die twee appellante getref moet word nie.
Mnr. Roets, wat namens
die Staat voor ons opgetree het, het dan ook geredelik
toe-gegee dat albei appellante as synde onder die ouderdom van 18 jaar by
die
pleging van die misdryf beskou moet word.
12/ ...
12
In die lig van hierdie bevinding is dit nie nodig om die
bestaan al dan nie van versagtende omstandighede by die moord te oorweeg
nie,
daar die hof in elk geval uit hoof-de van die bepaling in art. 277(2) vervat die
bevoegdheid gehad het om h ander vonnis as
die doodvonnis op te lê (
S.
v. Harman
1978 (3) SA 767
(A) op 770 en
S. v. Nqoma supra
, op 670),
en waar die verhoorhof in hierdie opsig misgetas het staan dit hierdie hof vry
om h gepaste vonnis op te lê.
Beide beskuldigdes kom ook in hoër beroep teen hul-le skuldigbevinding
aan roof op die tweede aanklag. Daar is in hierdie hof
deur Mnr. More, wat
namens die tweede ap-pellant opgetree het, aangevoer dat in die lig van die feit
dat geen van die artikels, wat
Gani beweer uit die huis vermis was, na die moord
op sy vrou teruggevind is nie, daar 'n redelike moontlikheid bestaan dat iemand
anders as die appellante hulle kon gesteel het.
13/ ...
13
In sy getuienis beweer Gani dat hy al die
artikels
vermis het na die moord op sy vrou, en dat
hulle almal uit
h hangkas verwyder is. Die sleutel van die hangkas was
ook
vermis. Die goed moes dus binne die anderhalfuur wat Gani
weg was van
sy huis en waarin sy vrou vermoor was, geneem
gewees het. Om te suggereer dat
iemand anders, na die
moordenaars die huis verlaat het, die plek betree het
en die
goed gesteel het, kom vir my so vergesog voor dat dit nie re-
delik
moontlik aanvaarbaar kan wees nie.
Daar is ook in hierdie verband aan die hand
gedoen
dat Gani die appellante omgekoop het om sy
vrou te vermoor
en in diè opsig aandadig aan die moord was. In so 'n
geval,
word betoog, was die verwydering van die artikels uit die
hangkas
in alle waarskynlikheid gedoen om die skyn dat rowers
vir die moord
aanspreeklik was, te wek. Ter ondersteuning
van hierdie submissie word na die
uitspraak van die
verhoorregter t.o.v. die bestaan van versagtende omstandig-
hede verwys
waar hy tot die slotsom kom dat die getuienis die
14/ ...
14 afleiding regverdig dat Gani wel 'n rol kon gespeel
het in die moord op sy vrou.
Die hof se redenasie wat hom tot hierdie
slotsom
gebring het, is egter in so h mate met
feitelike mistastings
deurspek dat sy uiteindelike gevolgtrekking kwalik
gestand
gedoen kan word. So bv. bevind die hof dat Gani sy
kinders
teruggeneem het na sy vriende, die Essops, nadat hy die lyk
van sy
vrou op die vloer sien lê het "onder die voorwendsel
dat hy hulle nie
die toneel wou laat aanskou nie". Soos eg-
ter reeds daarop gewys is, sê Gani dat hy met sy kinders van
sy huis
weg is omdat hy bang was dat die persone wat sy vrou
aangerand het dalk nog
in die huis was en hom ook kon aanval.
Die hof bevind dan ook dat Gani slegs
'n halfuur weg was voor-
dat hy na sy huis teruggekeer het, terwyl die
getuienis dui-
delik is dat hy bykans h anderhalfuur weg was. Voorts
vind
die hof dit insiggewend dat die appellante sou weet dat die
tou waarmee Mev. Gani verwurg is en wat "na bewering deur
15/ ...
15 Gani aan hulle gegee is, deur Gani gebruik is om sinke
mee vas te maak". Hierdie bewering dat Gani die tou sou ge-bruik het om
sinke
mee vas te maak, is nooit aan Gani gestel nie, en daar is trouens geen getuienis
te dien effekte nie, behalwe 'n bewering in
die bekentenis deur die eerste
appellant voor die landdros afgelê - 'n bekentenis waarvan hy uitdruklik
by die verhoor afgewyk
het.
Afgesien van hierdie feitelike mistastings is
dit
m.i. ook van belang om daarop te let dat die
hele aantyging
as sou Gani die appellant omgekoop het om sy vrou om die
lewe
te bring slegs in hulle bekentenisse aan die landdros vervat
is. By
die verhoor maak hulle in hulle pleitverduidelikings
asook in hulle getuienis
geen melding daarvan nie. Trouens
hulle ontken uitdruklik dat hulle enigiets
hoegenaamd met die
moord op Mev. Gani te doen gehad het. Van omkopery was
daar
dus op hulle getuienis voor die verhoorhof geen sprake nie.
Gani
ontken dan ook ten ene male dat hy eingsins betrokke was
16/ ...
16
by enige sodanige omkopery of aanhitsing om sy vrou te
ver-moor.
In die lig hiervan meen ek dat dit ongeregverdig sou wees om enige gewig te
heg aan hierdie aantyging teen Gani. Bygevolg kom dit
vir my voor dat die
enigste redelike afleiding wat op die getuienis gemaak kan word, is dat die twee
appellante, nadat hulle Me.v.
Gani vermoor het, al die goed wat Gani later
vermis het uit die klerekas geneem het, en dat hulle dus tereg skuldig bevind in
aan
roof.
Daar is slegs een verdere aspek van die
verhoor
waarna ek wil verwys. Dit blyk uit die
oorkonde dat nadat
die hof die appellante skuldig bevind het aan moord en
aan
roof, die hof getuienis aangehoor het om te bepaal of daar
versagtende omstandighede teenwoordig was of nie. Die hof
bevind dat daar geen versagtende omstandighede bestaan nie,
en gaan dan dadelik daartoe oor om albei appellante die dood-
17/ ...
17 vonnis op te lê. Dan neem die hof die vonnis op
die aanklag van roof in behandeling. Hulle vorige veroordelings word bewys
en
vertoë ter versagting van vonnis word aangehoor voordat vonnis gevel
word.
Hierdie volgorde van optrede kom my uiters ongewens voor. Die doodvonnis is
en bly die uiterste vorm van straf wat 'n hof kan oplê.
Dit raak die lewe
van 'n medemens en h hof moet by die uitvoering van sy regterlike plig sorg dra
dat die erns van sy handeling by
die beskuldigde asook by die toeskouers in die
hof tuisgebring word. Dit kan kwalik geskied wanneer hierdie gewigtige handeling
onmiddellik
gevolg word deur die afhandeling van iets wat by vergelyking 'n
nietigheid moet wees. Die oplegging van die doodvonnis moet m.i.
die laaste
handeling in die saak wees en behoort die hof onmiddellik daarna te verdaag.
Uit hoofde van wat ek reeds gesê het, volg dit dat,
18/ ...
18 weens die redeiike moontlikheid dat albei appeliante
onder die ouderdom van 18 jaar kon gewees het by die pleging van die moord,
die
verhoorhof nie regtens verplig was om die doodvonnis op te lê nie, en
hierdie hof is gevolglik by magte om 'n gepaste vonnis
op te lê. Die
respondent se advokaat het tereg toegegee dat 'n lang termyn gevangenisstraf
aange-wese sou wees.
Die appèl slaag dus insoverre dat die doodvonnisse van albei
appellante tersyde gestel word en vervang word met 'n vonnis van
15 jaar
gevangenisstraf in elke geval. Die appèl teen die skuldigbevinding van
roof met verswarende om-standighede en die
vonnis op die tweede aanklag word van
die hand gewys maar dit word beveel dat die vonnis van 8 jaar gevangenisstraf op
hierdie aanklag
sal saamloop met die vonnis op die eerste aanklag.
J.P.G. EKSTEEN, AR
VAN HEERDEN, AR )
KUMLEBEN, AR ) STEM saam