Guroviph v Standard General Versekeringsmaatskappy Bpk (487/1987) [1988] ZASCA 141 (17 November 1988)

45 Reportability
Personal Injury Law - Road Accident Fund

Brief Summary

Motor Vehicle Accident — Negligence — Collision between motorcycle and Mazda vehicle — Appellant seeking damages from respondent, insurer of Mazda — Key issues: whether collision caused by negligence of Mazda driver and contributory negligence of appellant — Court found insufficient evidence to establish that collision occurred on appellant's side of the road, leading to absolution from the instance — Appellant's theory of how collision occurred not supported by credible evidence, resulting in dismissal of appeal.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 141
|

|

Guroviph v Standard General Versekeringsmaatskappy Bpk (487/1987) [1988] ZASCA 141 (17 November 1988)

LL
Saak No 487/1987
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van
PETER GEORGE GUROVIPH
" Appellant
en
STANDARD GENERAL VERSEKERINGSMAATSKAPPY
BEPERK
Respondent
CORAM
: VAN HEERDEN, HEFER et VIVIER ARR
VERHOORDATUM
: 8 NOVEMBER 1988
LEWERINGSDATUM
: 17 NOVEMBER 1988
UITSPRAAK
VAN HEERDEN AR
:
2. Vroegaand van 16 September 1983 het
die appellant sy motorfiets op 'n teerpad tussen Pretoria en Brits bestuur. Hy
het weswaarts
gery. Terselfdertyd was 'n Mazda voertuig bestuur deur mev Erwee
("die bestuurderes") vanuit die weste in aantog. Kort nadat die
appellant 'n
draai van die pad in 'n noordwestelike rigting begin volg het, het die
motorfiets en die Mazda met mekaar gebots. Ten
gevolge daarvan het die appellant
ernstige liggaamlike beserings opgedoen.
Voortspruitende uit hierdie gebeure het die appellant in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling 'n aksie vir skadevergoeding ingestel
teen die respondent,
die bevoegde versekeraar van die Mazda ingevolge die bepalings van Wet 56 van
1972. Die partye het later by
ooreenkoms die omvang van die appellant se skade
bepaal, en by die aanvang van die verhoor was daar slegs twee geskilpunte. Hulle
was of die botsing
3. veroorsaak is deur nalatigheid van die bestuurderes en,
indien wel, of die appellant bydraend nalatig was. Nadat getuienis gelei
is, was
die hof a
quo
egter geroepe om slegs een vraag te besleg, naamlik, of die
botsing op die suidekant (d i die appellant se korrekte kant) dan wel
op die
noordekant van die pad plaasgevind het. Die hof het bevind-dat die appellant nie
bewys het dat die botsingspunt aan die suidekant
was nie en het gevolglik
absolusie van die instansie met koste beveel. Verlof is egter aan die appellant
verleen om na hierdie hof
te appelleer. Daaroor later meer.
Die appellant se getuienis kan soos volg saamgevat word. Oor 'n aansienlike
afstand voor die betrokke draai ry hy teen 'n spoed van
100-120 kilometer per
uur. Dit is reeds donker en sy hooflig is aan. So 'n 10-15 meter voor hom ry sy
vriend, Coetzee, op 'n tweede
motorfiets. Beide hy en Coetzee ry ongeveer 1,2
meter links (d w s suid) van die wit middellyn van
4. die pad. Hy handhaaf
dieselfde afstand vanaf die middellyn toe hy die draai ingaan en gewaar word van
die ligte van 'n aankomende
voertuig. Hy sien hoe Coetzee verby dié
voertuig (die Mazda) ry en 'n gedeelte van h sekonde later vind die botsing
plaas.
Die appellant sê hy is oortuig
dat sy
motorfiets nie na noord oor die middellyn
beweeg het
nie. Aan die ander kant het hy nooit opgemerk dat
die Mazda suidwaarts oor
daardie lyn gery het nie.
Trouens, sê hy, sy laaste indruk van die baan
van die
Mazda was dat daardie voertuig aan die noordekant van
die middellyn was. Dit blyk ten beste uit die
volgende uittreksel uit sy
genotuleerde getuienis:
"And you were convinced that the car, as you saw it, was on its correct side of
the road? -- Correct.
And you have no doubt about that? -- No doubt.
And
you never had any doubt about that? -- No.
5.
And even now you do not have any doubt about that? — No."
At no stage did you see that car coming across the white line to its incorrect
side?
— No."
By wyse van afleiding het die appellant
probeer verduidelik hoe die botsing op die suidekant van die pad kon plaasgevind
het. Hy postuleer
naamlik dat net nadat die Mazda by Coetzee verby is, en
onmiddellik voor die botsing, die regterkant daarvan oor die middellyn beweeg
het.
Coetzee getuig ook dat hy ongeveer 10-15 meter voor die appellant gery het.
Hy het in die middel van die suidelike baan van die pad
gery met die appellant
reg agter hom "in sy spoor". Toe hy die draai ingaan, het hy bewus geword van
die aankoms van die Mazda. Hierdie
voertuig was op sy korrekte kant van die pad
en het "heeltemal normaal" aangekom. Toe hy by die Mazda verby is, was dit nie
'n kwessie
dat hul mekaar rakelings gemis het nie. Hy was dan ook
6. geensins
bekommerd dat die Mazda en die appellant sou bots nie. Hy het nie die botsing
waargeneem nie maar het kort daarna agtergekom
dat die appellant hom nie meer
gevolg het nie. Hy het toe teruggedraai na die plek waar die botsing plaasgevind
het.
Die bestuurderes ontken dat Coetzee pas voor die botsing by die Mazda verby
is. Sy het wel verby 'n ander motorfiets - vermoedelik
Coetzee s'n - gery maar
dit het ongeveer h kilometer wes van die betrokke draai geskied. Sy getuig
voorts dat sy teen 'n spoed van
om en by 80 kilometer per uur gery het en dat sy
toe skielik gewaar geword het van die lig van 'n aankomende rytuig. Die Mazda
was
op haar korrekte kant van die pad en die aankomende lig was feitlik reg voor
haar. Sy voel toe net dat iets die Mazda "slaan". Daarna
het die Mazda getol.
Haar indruk was dat die linker voorwiel van die teer af gery het want sy het
gevoel "die kar maak snaaks". Nadat
die Mazda tot stilstand
7. gekom het, het
sy by die linker voordeur uitgeklim en toe het sy met haar hande en knieë
op die grond (vermoedelik die gruisskouer
van die pad) te lande gekom.
Haar eggenoot, Erwee, was 'n passasier in die voertuig. Hy staaf die
bestuurderes dat sy op haar korrekte kant van die pad was toe
die aankomende lig
op die Mazda afgepyl het. Die verhoorhof het egter bevind dat hoewel Erwee 'n
eerlike getuie was, hy "vol twyfel
oor alles" was. Soos dit my voorkom, het die
hof daarom nie op sy getuienis peil getrek nie. Derhalwe laat ek dit ook buite
rekening.
Sersant Prinsloo het na die botsing op die toneel opgedaag. Op grond van sy
waarnemings en afmetings wat hy gemaak het, het hy later
'n plan opgestel. Die
botsingspunt, soos op die plan aangetoon, is op die noordelike baan van die pad.
Volgens Prinsloo is hierdie
punt deur Erwee aan hom
8.
uitgewys. Hy het egter self waargeneem dat daar op die betrokke plek
glasstukke, oliekolle en skuurmerke was. In die suidelike baan
was daar geen
reele aanduidings dat 'n botsing aldaar plaasgevind het nie.
Prinsloo het die Mazda op die gruisskouer aan die noordekant van die pad
aangetref. Die neus daarvan het weswaarts gewys. Hy het dus
op sy plan aangetoon
dat dit die posisie was waarin die Mazda na die botsing tot stilstand gekom het.
Dit blyk egter uit die getuienis
van persone wat kort na die botsing op die
toneel was dat die Mazda met sy neus ooswaarts op die geteerde noordelike baan
gestaan
het. Coetzee verduidelik dat die Mazda later, maar klaarblyklik voor
Prinsloo se aankoms, met 'n boog weggestoot is sodat dit met
die neus weswaarts
op die skouer van die pad tot stilstand gekom het. Coetzee betwis ook dat die
botsing plaasgevind het op die plek
wat deur Prinsloo as die botsingspunt
aangedui is.
9.
Daar was wel oliekolle en merke op die noordelike baan, sê hy, maar
dié was onder die voorkant van die Mazda waar dit
net na die botsing
gestaan het.
Foto's van die Mazda en die appellant se motorfiets dui aan dat die voorkant
van laasgenoemde waarskynlik die Mazda se voorkant in
die omgewing van die
regter hooflamp getref het. Daaruit kan egter nie afgelei word of die motorfiets
die Mazda reg van voor dan
wel met 'n hoek getref het nie. Die foto's is ook nie
van enige hulp by beantwoording van die vraag of die botsing op die suidelike
dan wel die noordelike baan plaasgevind het nie.
Met uitsondering van Erwee het die verhoorhof nie spesifieke
geloofwaardigheidsbevindinge aangaande die getuies gemaak nie. Absolusie
is
egter beveel omdat dit as onwaarskynlik beskou is dat in die breukdeel van 'n
sekonde vandat Coetzee by die Mazda verby is totdat
die botsing plaasgevind het,
die
10.
voertuig oor die middellyn beweeg het maar tog na die botsing op die
noordelike baan tot stilstand gekom het. Die appellant se advokaat
het in 'n
aantal opsigte die bestuurderes se getuienis gekritiseer. Hy het aangevoer dat
haar getuienis nie betroubaar is nie en
dat geen waarde geheg kan word nie aan
haar ontkenning dat die Mazda ten tyde van die botsing aan haar verkeerde kant
van die pad
was. Hy het veral gesteun op haar weergawe dat sy nie die lig van
die aankomende motorfiets gesien het voordat dit vlak voor die
Mazda was nie. Ek
vind dit onnodig om hierdie betoog te ontleed en veronderstel ten gunste van die
appellant dat bogenoemde ontkenning
buite rekening gelaat moet word. Dit is
egter nodig om te meld dat, afgesien van antwoorde wat sy verstrek het aangaande
die vraag
of sy die Mazda na links laat swenk het, en waarop ek hieronder
terugkom, daar niks in die bestuurderes se getuienis is nie wat kan
lei tot 'n
positiewe bevinding dat die botsing op die suidelike
11.
baan plaasgevind het.
Soos reeds genoem, het die appellant die afleiding gemaak dat die Mazda net
nadat dit by Coetzee verby is oor die middellyn beweeg
het. Sy advokaat moes
toegee dat hierdie afleiding nie deur die getuienis gefundeer word nie. 'n
Deskundige, wat deur die appellant
as getuie geroep is, het naamlik getuig dat
inaggenome die massas van die rytuie en die spoed waarteen elk beweeg het, die
Mazda
na die botsing nagenoeg in dieselfde rigting as net voorheen sou bly
voortbeweeg het. Indien die Mazda onmiddellik voor die botsing
vanaf die
noordelike baan in h suidoostelike rigting oor die middellyn beweeg het, sou dit
dus na die botsing geheel of gedeeltelik
op die suidelike baan tot stilstand
gekom het. Dit was egter by die verhoor gemene saak dat in sy stilstaande
posisie na die botsing
al vier wiele van die Mazda noord van die middellyn
was.
12. Die appellant se advokaat was derhalwe genoop om met 'n teorie
vorendag te kom waarvoor daar nie direkte steun in die getuienis
is nie.
Daarvolgens het die Mazda eers oor die middellyn beweeg. Toe die bestuurderes
bewus word van die lig van die aankomende motorfiets
van die appellant het sy na
links geswenk. Die botsing het egter plaasgevind alvorens die Mazda weer ten
volle op haar korrekte kant
van die pad was. Na die botsing het die Mazda nog
steeds in 'n noordoostelike rigting bly beweeg en dit verklaar waarom dit op die
noordelike baan van die pad tot stilstand gekom het.
Dit is betoog dat gedeeltelike steun vir hierdie teorie te vind is in die
bestuurderes se getuienis dat sy kort voor die botsing die
Mazda se stuurwiel na
links gepluk het. Die voertuig moes dus, so is aangevoer, ten tyde van die
botsing min of meer noordoos beweeg
het. Indien die Mazda toe op
13.
die noordelike baan was, sou dit gevolglik daarna geheel of gedeeltelik noord
van daardie baan tot stilstand gekom het. Inderdaad
het die Mazda egter ongeveer
in die middel van die noordelike baan - wat 3,15 meter breed is - gestop. Dit
bewys, is ten slotte betoog,
dat die Mazda - of die regterkant daarvan - suid
van die middellyn was voordat die bestuurderes dit na links laat swenk het.
In eerste instansie dien opgemerk te word dat die teorie gegrond is op 'n
selektiewe aanname van 'n stukkie getuienis van die bestuurderes.
Aan die een
kant is aangevoer dat haar getuienis onbetroubaar is, en aan die ander kant dat
'n deel daarvan, wat deur geen ander
getuienis gestaaf word nie, aanvaar moet
word. Tweedens is dit vir my glad nie duidelik dat die bestuurderes volgens haar
weergawe
wel daarin geslaag het om kort voor die botsing die Mazda van koers te
laat verander nie. Haar getuienis in hierdie verband
14. is alles behalwe
helder. Op 'n stadium sê sy weliswaar dat sy definitief die voertuig na
links laat draai het, maar ander
passasies in haar getuienis skep die indruk dat
sy 'n afleiding maak uit die feit, volgens haar, dat die linker voorwiel van die
Mazda van die teer af was toe dit tot stilstand gekom het. 'n Mens weet egter
dat dit nie die geval was nie.
Dit is bowendien hoogs twyfelagtig of die bestuurderes op haar weergawe
voldoende geleentheid gehad het om die Mazda van koers te
laat verander. Sy het
die aankomende lig van die appellant se motorfiets opgemerk toe dit ongeveer 10
meter vanaf die Mazda was.
Vanaf daardie tydstip totdat die rytuie gebots het,
sou volgens die deskundige getuienis slegs 18 van 'n sekonde verloop het en dit
is dus haas onmoontlik dat die bestuurderes in hierdie kort tydsbestek
uitvoering sou kon gee aan 'n voorneme om die Mazda na links
te laat
swenk.
15. 'n Verdere oorweging kom ter sprake. Indien die Mazda wel ten tyde
van die botsing in 'n noordoostelike rigting beweeg het, sou
dit skaars nagenoeg
parallel met die middellyn van die pad gestop het. Coetzee getuig egter dat na
die botsing die Mazda "met die
neus effens links geswaai" gestaan het, terwyl 'n
ander getuie, ene mev Coetzee, sê dat dit "in die middel van" die
noordelike
baan was. In hierdie verband dien gemeld te word dat indien die
motorfiets die Mazda skuins getref het - d w s, vanuit 'n suidoostelike
rigting
- die voertuig volgens die deskundige getuie wel ietwat links gedeflekteer sou
gewees het.
Die grootste struikelblok in die weg van bogenoemde teorie is egter die
getuienis van die appellant en Coetzee. Soos hierbo geblyk
het, getuig beide dat
die twee motorfietse kort voor die botsing 10-15 meter van mekaar af was. Die
appellant se
16. advokaat het tereg toegegee dat indien dit die geval was die
botsing nie op die geteoretiseerde wyse kon plaasgevind het nie.
Hy het egter
betoog dat die appellant nie aan sy skatting van bedoelde afstand gebonde gehou
moet word nie. My eerste probleem betreffende
hierdie betoog is dat dit nie gaan
om 'n blote skatting wat ex
post facto
van h posisie op 'n kritieke
oomblik gemaak is nie. Beide getuies sê naamlik dat daar oor 'n geruime
afstand voor die botsingspunt
konsekwent h gaping van 10-15 meter tussen die
twee motorfietse was. Maar al word aanvaar dat die gaping soveel as 50 meter was
-
wat volgens die appellant se advokaat die maksimum afstand tussen die
motorfietse was - is dit vir my steeds onwaarskynlik dat die
botsing op die
aangevoerde wyse kon plaasgevind het. In hierdie veronderstelling sou ,9 van 'n
sekonde verloop het vandat die Mazda
by Coetzee verby is totdat dit die
botsingspunt bereik het. In minder as h sekonde sou die Mazda oor die middellyn
moes
17. beweeg het, die bestuurderes moes besef dat dit gebeur het, en sy
moes gereageer het deur die voertuig na links te laat swenk
voordat die rytuie
gebots het. Selfs indien h blitssnelle reaksievermoë aan haar toegeskryf
word, is dit na my mening onaanvaarbaar
dat dit alles binne 'n sekonde kon
geskied het.
h Verdere probleem is dit: Indien die Mazda wel soos voornoemd sou beweeg
het, sou 'n mens verwag het dat die appellant bewus moes
gewees het dat dit oor
die middellyn gery het nadat dit by Coetzee verby is. Voordat die Mazda geswenk
het, moes dit immers nader
aan die suidelike rand van die pad gewees het as ten
tyde van die botsing. Op 'n stadium kort voor die botsing sou die regter
voorkant
van die Mazda dus verder suid van die middellyn gewees het as wat die
appellant se motorfiets was. Daaruit volg dat die regter voorlig
van die
voertuig links (suid) van die baan van die motorf iets moes gewees het. Daar
is
18. geen rede aan die hand gedoen waarom die appellant dit nie sou
opgemerk het nie. Tog getuig hy dat hy op geen stadium bewus was
dat die Mazda
die middellyn oorgesteek het nie. Trouens, sy laaste gewaarwording voor die
botsing was dat die Mazda aan sy korrekte
kant van die pad was.
Samevattend is die posisie soos volg: Daar is geen direkte getuienis dat die
Mazda nadat dit by Coetzee verby is tot op die suidelike
baan beweeg het nie.
Inteendeel spreek die appellant se getuienis teen so 'n moontlikheid.
Hierbenewens is daar geen reële getuienis
wat daarop dui dat die
botsingspunt op die genoemde baan was nie. Die glasstukke en merke waaroor
Prinsloo getuig, is trouens op
die noordelike baan gevind. Ten slotte is dit
heel onwaarskynlik dat in die kort tydsbestek vandat die Mazda by Coetzee verby
is
totdat dit met die appellant se motorfiets gebots het die voertuig eers oor
die middellyn beweeg
19.
het en daarna weer begin teruggeswenk het. Gevolglik is daar geen fout te
vind met die bevinding waartoe die verhoorhof gekom het
nie.
Ten slotte is enkele opmerkings aangewese oor die uitspraak van die hof a
quo
ten opsigte van die aansoek om verlof om te appelleer. Daarvolgens is
verlof tot appèl na hierdie hof toegestaan maar is glad
nie oorweeg of
die appèl nie deur 'n volle hof van die Transvaalse Provinsiale Afdeling
aangehoor moes word nie. Dit kom dus
voor dat die verhoorhof nie aandagtig aan
die bepalings van art 20 (2) (a) van Wet 59 van 1959 was nie. Daardie hof moes
nie enige
regsvraag oorweeg nie, en ook nie ingewikkelde feitlike geskille
ontrafel nie. Gevolglik was dit 'n duidelike geval waarin die appèl
nie
die aandag van hierdie hof geverg het nie.
20. Die appèl word met koste
afgewys.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
HEFER AR
STEM SAAM
VIVIER AR