S v Zietsman (424/87) [1988] ZASCA 137 (2 November 1988)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Plea and Sentencing — Appellant, a former attorney, pleaded guilty to 11 counts of fraud and 1 count of theft after initially denying the charges. The fraud involved misrepresentation in discounting agreements with financial institutions, resulting in substantial financial loss. The trial court imposed a combined effective sentence of 8 years' imprisonment. The appellant appealed on the grounds that the sentence was excessive and did not consider mitigating factors. The appeal was dismissed, with the court finding that the sentence was justified given the serious nature of the offenses and the calculated manner in which they were committed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 137
|

|

S v Zietsman (424/87) [1988] ZASCA 137 (2 November 1988)

SAAKNO:424/87 /wlb
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die appèl van:
PETRUS FODCHE ZIETSMAN
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM: RABIE WnHR, MILNE et. KUMLEBEN ARR
DATUM VAN VERHOOR: 2 November 1988 DATUM VAN REDES: 2 November 1988
SKRIFTELIKE REDES INGEHANDIG: 4/11/88
UITSPRAAK
MILNE AR/
-2-
MILNE AR:
Appellant, 'n voormalige prokureur, het in die Streekhof tereggestaan op 22
aanklagte van bedrog en 1 aanklag van diefstal. Hy het
aanvanklik onskuldig
gepleit, maar nadat die verhoor sewe dae lank gevorder het, het hy skuldig
gepleit op 11 van die aanklagte van
bedrog asook die aanklag van diefstal. Die
Prokureur-Generaal het die vervolging gestaak op die oorblywende aanklagte.
Gevolglik
is die appellant skuldig bevind op die 11 aanklagte van bedrog en die
1 aanklag van diefstal waarop hy skuldig gepleit het.
Daarna is breedvoerige getuienis van 'n sekere ds. Terblanche en van die
appellant voorgelê ter versagting van vonnis.
Die 11 aanklagte van bedrog is saamgeneem vir doeleindes van vonnis en ten
aansien daarvan is appellant
-3-
gevonnis tot 9 jaar gevangenisstraf. Ten opsigte van die diefstalaanklag, is
hy tot 4 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die Streeklanddros
het gelas dat die
opgelegde vonnis op so 'n wyse uitgedien moet word dat appellant effektief 8
jaar gevangenisstraf moet uitdien.
Hierdie vonnis, wat voorgee om ingevolge die
bepalings van artikel 280(2) van die Strafproseswet opgelê te gewees het,
word,
myns insiens, in werklikheid nie deur die artikel gemagtig nie. Al het hy
gelas dat die 4 jaar met dié 9 jaar moet saamloop,
sou die effektiewe
vonnis 9 jaar gevangenisstraf gewees het - as die Streeklanddros 'n effektiewe
tydperk van 8 jaar gevangenisstraf
wou oplê, dan moes hy òf 8 jaar
gevangenisstraf opgelê het òf minstens 1 jaar van die 9 jaar
opgeskort
het. Dit is duidelik dat sy doel was om 'n effektiewe vonnis van 8
jaar gevangenisstraf op te lê en dit is gemene saak tussen
die
regsverteenwoordigers van die appellant en van die Staat dat die vorm van die
vonnis wat deur die Streeklanddros opgelê
is, nie deur die artikel
geoorloof word nie. Die
-4-
Streeklanddros verwys na
R v Phillips
1956(1) SA 80 (SR) op p82A en
p83 D en E en
S v Mofokeng
1977(2) SA 447 (0) op p449, maar myns insiens
is dit nie moontlik om te beveel dat as daar twee vonnisse, A en B, opgelê
word,
deel van vonnis A met homself sal saamloop nie. Gevolglik sal daar 'n
formele verandering aan die vorm van die vonnis moet wees.
Onmiddellik na die vonnis opgelê is, het die
appellant
geappelleer op die enkele grond dat
dit:
"...onder die omstandighede buitensporig is en nie rekening hou met die elemente
van straftoemeting nie."
Die appèl is deur
die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling afgewys, maar laasgenoemde Hof het
verlof verleen om na hierdie
Hof te appelleer.
Die aard van die aanklagte word in die uitspraak van die Provinsiale Afdeling
baie duidelik soos volg uiteengesit:
-5-
"Ten ty de van die pleging van die misdrywe wat hier ter sprake is, het
appellant in Bloemfontein as prokureur gepraktiseer in vennootskap
met ene
Luitingh. Benewens sy prokureurspraktyk was hy ook 'n vennoot van 'n sekere
Koortzen en het hulle besigheid gedoen as handelaars
in gebruikte motors onder
die naam Hyperwheels. Die bedrogklagtes spruit almal uit
verdiskonteringsooreenkomste wat met verskeie
finansiele instellings aangegaan
is en waarin voorgegee is dat die koper 'n geldige koopkontrak met Hyperwheels
aangegaan het terwyl
die fondse wat deur die finansiële instellings aan
Hyperwheels oorbetaal is, in der waarheid deur appellant aangewend is om
sy eie
finansiele posisie te verlig. In meeste van die gevalle is appellant se eie
voertuie, nl. twee BMW motors, sogenaamd 'dubbeld
verdiskonteer' om sodoende
fondse te bekom. So bv. is motorvoertuig met registrasienommer OB 6908 gedurende
die periode 13.1.1984
tot 21.3.1984 vyf maal verdiskonteer by vyf verskillende
finansiêle instellings en is 'n bedrag van R142 440,00 aldus deur
appellant bekom. (Aanklagte 1 tot 5.) Die diefstalaanklag spruit uit dié
wanaanwending deur appellant van trustgelde van sekere
van sy kliënte om 'n
tekort op sy trustrekening òf uit te wis òf te probeer
verdoesel."
Betreklik groot bedrae geld is by
hierdie aanklagte betrokke: in die geval van die bedrogaanklagte R276 590 en in
die geval van die
diefstalaanklag R53 500. Uit die getuienis blyk dit dat van
die bedrag van R276 590, 'n bedrag van R175 547 uitstaande is indien
(a)
moontlike diwidendbetalings uit die appellant se insolvente boedel en (b) rente,
nie bygereken word nie. Dit is deur appellant
formeel erken dat indien rente tot
20 Februarie 1986 bygereken word, is die bedrag wat nog uitstaande is i.v.m. die
bedrogaanklagte
R270 496. Ten tyde van die verhoor . was slegs R12 000 van die
R53 500 nog uitstaande en moontlik is die R12 000 sedertdien deur
die
getrouheidswaarborgfonds betaal.
-6-
Die bedrog is gedurende 'n tydperk van nagenoeg sestien maande gepleeg
én die diefstal oor 'n tydperk van 21 maande.
Appellant het getuig dat hy die misdade as gevolg
van
geldprobleme gepleeg het, maar nêrens is
daar 'n duidelike
aanduiding van die oorsaak of aard van sulke probleme
nie.
Namens appellant is dit aan die hand gedoen dat die
gewraakte
transaksies uit "nood" gebore is , maar blykbaar is dit
die
appellant se eie optrede wat die nood geskep het. Dit blyk
ook
duidelik uit die volgende uittreksel uit die oorkonde:
"U sal met my saamstem dat op u eie inkomste van
u
prokureurspraktyk en afgesien van die gelde wat u
moontlik uit die
motorhandelsaak kon kry, was dit 'n
saak van feitlike onmoontlikheid om per
maand twee-en-
'n-half duisend rand aan huurkooppaaiemente terug te
betaal? — My prokureurspraktyk
wel.
Kon u dit doen uit u
prokureurspraktyk? — Nee ek kon
nie uit my prokureurspraktyk twee, R3
000,00 'n maand
betaal op karre.
Vanwaar sou u dit kry
dan? — Ek het gedink ek gaan dit
van die garage af kry.
Het u op
daardie stadium, wat was die finansiële
posisie van die garage? —
Die eerste jaar se wins was
iets soos R50 000,00.
En hoe is dit
verdeel? — Ek sou vyf-en-twintig kry.
Dit is R2 000,00 'n maand.
Het u dit
so gekry? — Nee dit het in diè garage
ingebly om dit groter te kon
maak.
Maar hoekom het u, u word dan
nou gedruk vir geld in
Januarie 1984. Jy sit met 'n oortrokke
rekening,
persoonlike rekening van R38 000,00. Jy het
moeilikheid. Hoekom
vat jy nie daardie geld wat dan
nou so gerieflikheidshalf daar in die bank
lê, hoekom
-7-
vat jy nie daardie geld en loop betaal jou skuldeisers
nie?
Hoekom moet jy van ander mense, hoekom moet jy
vals
verdiskonteringstransaksies gaan sluit om jou
maandelikse verpligtings te kan
ontmoet as jy geld
beskikbaar het by die bank, by die garage? — Ons
het
met mnr Koortzen dit gepraat. Dit het op dubbel
verdiskonterings uitgekom en ek het daarvoor
geval.
Met ander woorde, verstaan ek u
reg, u het oop oe in
hierdie ding ingeloop? — Ja.
En
u het geweet dit is 'n gevaarlike storie? — Ek het
dit geweet dit is 'n gevaarlike
storie.
U het die risiko besef en
aanvaar? -- Ja en ek was
dwaas genoeg om dit te doen.
Sal u met
my saamstem dat u ook 'n geweldige risiko was
ten opsigte van aanklag 2 vir Volkskas Bank? —"
Ja."
Namens appellant is dit betoog
dat appellant vas van
voorneme was, hoewel dit naief en oor-optimisties was, om sy
verpligtinge
ingevolge die verdiskonterings na te kom. Miskien
kon die appellant aan die
begin die hoop gekoester het dat hy sy
verpligtinge sou nakom, maar hy het
met die verdiskontering
absoluut roekeloos voortgegaan lank nadat die stadium
bereik is
toe hy besef het dat dit prakties onmoontlik sou wees om
sy
verpligtinge na te kom. Dit moes hy uiteindelik onder
kruisverhoor
toegee, soos volg:
"En op daardie stadium met u inkomste uit u besigheid van ±R3 000 'n maand
is dit 'n saak van feitlike onmoontlikheid gewees
om u verpligtinge dan na te
kom? — Dit is korrek.
Wil u dan nog steeds vir my sê, mnr. Zietsman, dat u het 'n redelike
verwagting gehad dat hierdie mense
nie
-8-
benadeel kan word? — Ek het nog altyd die verwagting gehad dat ek moes
geld...(tussenby) Ek praat van redelike verwagting,
mnr. Zietsman. Enige
mens dink dat jy oor die maan kan spring, maar dit is nie redelik nie. Ek praat
van redelike verwagting. — Ek het gedink ek
kon toe oor die maan
spring."
Onder sulke omstandighede, al is dit so dat
die appellant se
opset
dolus eventualis
sou gewees het, was die graad van
sy
roekeloosheid so hoog dat dit eintlik, vir praktiese doeleindes,
op 'n
direkte bedoeling neerkom. Die Streeklanddros het gevolglik
nie gefouteer
deur te bevind dat die dubbele verdiskonterings met
voorbedagte rade deeglik
beplan is nie.
Die landdros het hom op hierdie punt soos volg
uitgelaat:
"Dit is onteenseglik duidelik dat die dubbel verdiskonterings sluwe beplanning
geverg het en dat die transaksies met voorbedagte
rade deeglik beplan is. Op die
waarskynlikhede het die feit dat u 'n praktiserende prokureur was en wat
geopenbáar is in die
aansoeke, 'n rol gespeel by die oorweging en
goedkeuring van die transaksies deur die finansiële instansies. Dit is
duidelik
dat breinkragte ingespan is om op 'n verfoeilike wyse die misdade van
stapel te stuur ... Weens die oënskynlike waterdigtheid
waarmee die misdade
gepleeg is, is dit moeilik om dit aan bande te lê, met die gevolg dat die
howe gewoonlik uiteraard in hierdie
gevalle straf met die oog op voorkoming. U
het erken dat daar 'n vertrouensposisie bestaan het tussen u as applikant vir
finansiering
en die
finansiele
-9-
instellings. Dit het u gruwelik misbruik ten einde u wandade te verrig. ... Die
prokuruersprofessie is 'n eerbare professie en van
diegene wat die voorreg het
om as sodanig te praktiseer word die hoogste verwagtinge gekoester. ... Diefstal
deur hulle van trustgelde
is nog altyd in 'n baie ernstige lig
beskou."
Die Provinsiale Afdeling het
bevind dat die gebruik van
die woord "sluwe" om die beplanning van die dubbele
verdiskonterings te
beskryf, moontlik met reg gekritiseer kan
word "omdat die verskeie
wanvoorstellings wat deur, of namens
appellant, gemaak is, eenvoudig bestaan
het uit die invul van
valse inligting op die onderskeie aansoekvorms." Ek
gaan, met
respek, nie daarmee akkoord nie. Aan die hand van die
verwysing
na die getuienis wat in die Staat se hoofde van
argument
uiteengesit word, stem ek saam dat dit duidelik is dat die
wyse
waarop die misdrywe deurgevoer is, tekenend is van slinkse
en
deeglike beplanning. Dus, byvoorbeeld, gee appellant onder
kruisverhoor toe dat hy sy gesagsposisie teenoor mev. Vorster,
'n
werknemer by hom, ook misbruik het deur van haar naam gebruik te
maak
om finansiering te bekom toe hy in alle waarskynlikheid nie
-10-
meer in sy eie naam finansiering kon verkry het nie en dat
hierdie
aangeleentheid vir mev. Vorster ernstige finansiële
implikasies ingehou
het. Verder is appellant gevra waarom die
optrede wat die onderwerp is van
klagtes 1, 2 en 3 binne 'n baie
kort tydsbestek gepleeg is. Die oorkonde lees
soos volg:
"Kom ek wil net vir u sê hoekom is dit in 'n
kort
tydsbestek. Daar is deur mnr Kischer en mnr Koortzen
aan my
gesê kyk as jy ons nou 'n dubbel verdiskontering
doen en jy doen nou
hom en jy ry nou die kar, die bank
ouens ken my mos nou, ek ry nou met so kar
en ek gaan
nou na daardie bank toe volgende keer en ek doen weer 'n
dubbel
verdiskontering, dan sien hulle jy het dan mos
so kar waarom wil jy hom nou
verkoop. As jy dit doen,
doen dit vinnig. U verstaan? As hulle my sien,
dan
sien Volkskas hy ry so kar. Bank OVS sien so, u
verstaan?
So dit is 'n ander
addisionele skelmstreek waar 'n mens
aan moet dink wanneer jy hierdie
skelmstreke pleeg? --
Ja dit is so.
So dit is een
skelmstreek op die ander? — Dit is 'n
baie groot lot skelmstreke gewees.
'n
Mens moet seker kophou om nie uitgevang te word nie?
— Baie. Ek meen
dit is nie lekker om in daardie tyd
te lewe nie."
M.a.w. alles was beplan sodat geen
haan ooit daarna kon kraai
nie.
Wat die erns van die misdrywe betref, stem ek saam met die opmerking van
MALHERBE R dat:
-11-
"samevattend kan gesê word dat die landdros hom van sterk taal bedien het
toe hy die misdrywe beskryf het, maar ek is nie oortuig
dat hy in hierdie opsig
fouteer het nie."
Die appellant se vennoot in die
motorhandelbedryf,
Koortzen, was oorspronklik saam
met appellant aangekla, maar voor
die aanvang van appellant se verhoor is
Koortzen in 'n
afsonderlike verhoor skuldig bevind aan 9 aanklagte van bedrog
en
gevonnis tot 6 jaar gevangenisstraf, waarvan 3 jaar
voorwaardelik
opgeskort is vir 5 jaar. Hierdie aanklagte hou verband
met
dieselfde dubbele verdiskonterings wat in appellant se geval
ter
sprake is. Namens appellant word daar aan díe hand gedoen
dat
appellant soveel swaarder as Koortzen gestraf is, dat inmenging
ook om
daardie rede geregverdig is. Hierdie betoog gaan nie op
nie. Daar mag in
Koortzen se geval besondere omstandighede
gewees het waarvan ons nie weet nie, wat die hof genoop het om
deel van
die vonnis op te skort, en in elk geval is dit duidelik
dat die omvang van appellant se bedrog groter is as in die geval
van Koortzen. Boonop kan genoem word dat daar in Koortzen se
-12-
geval geen sprake was van misbruik deur 'n prokureur van sy posisie nie. Dit
is wel 90 dat die appellant nie as prokureur vir enige
van die finansiele
instellings opgetree het nie, maar tog is dit so dat hy onder kruisverhoor moes
toegee dat dit wel 'n rol by hulle
kon gespeel het met die aanvaarding van die
aansoeke.
Wat die appellant se persoonlike omstandighede betref, het die
Streeklanddros dit alles in ag geneem. Trouens daar is een opsig waarin
die
Streeklanddros 'n gunstiger standpunt teenoor die appellant ingeneem het as wat
deur die getuienis geregverdig word. Ek verwys
na sy bevinding dat die
appellant. werklik berou het "wat slaan op hartsverandering en tree as
strafversagtend in." Die appellant
het die Hof vertel van sy geestelike
kentering, van sy geesteswroeging oor wat hy gedoen het, van sy diepe berou en
dat hy die toekoms
met 'n rein gewete wil ingaan, dat hy sy hart wil skoonmaak,
dat hy die las van sy misdade van sy skouers wil afkry en van vooraf
nuut begin,
en as
-13-
gevolg daarvan, hy vir ds. Terblanche sou gesê het "...Man,
daar
waar ek skuldig is, is ek skuldig, maar daar waar ek nie skuldig
is
nie, daar is ek waaragtig nie skuldig nie. " Ten gunste van
die appellant het
die Streeklanddros hom soos volg uitgelaat:
"Die hof is van oordeel dat u nie skuldig gepleit het omdat u besef het dat die
Staat 'n dodelike saak teen u het nie en dit vir
u nutteloos sou wees om
onskuldig te pleit nie, maar dat u skuldig wou gepleit het
van meet af
,
wat skipbreuk gely het as gevolg van die onderhandelinge met die Staat wat deur
die mat geval het." (Ek onderstreep).
Ek is glad nie
daarvan oortuig dat die appellant van meet af aan
op die aanklagtes waarin hy
skuldig was, skuldig wou gepleit het
nie. Wat het hom dan verhinder om op
daardie klagtes van meet af
aan skuldig te pleit? Wat ook al die mening of
houding van die
Staat was, was daar geen rede wat die appellant belet het om
aan
die begin van die verhoor skuldig te pleit op die aanklagte
waarop hy
toegegee het dat hy inderdaad skuldig was. Wat hy
eintlik besig was om te doen, was om te knibbel om vir die beste
ooreenkoms te probeer onderhandel wat hy kon en die moontlike
pleit van skuldig op sekere aanklagte as 'n hefboom in die
-14-
onderhandelinge te gebruik om die Staat te beweeg om sekere aanklagte te laat
vaar, Daar bestaan nie die minste twyfel dat hy daarop
geregtig was om 'n
knibbelagtige houding in te neem nie, maar dit klop glad nie met 'n houding van
"diepe berou" of "geestelike verdieping"
of van 'n voorneme om hom vir die
evangeliediens te bekwaam nie, ens.
Dit moet ook genoem word dat die landdros bevind het
dat die appellant se relaas oor die Abbot-geval nie die waarheid
was nie
en die Streeklanddros het hom soos volg uitgelaat:
"Op die totaliteit van die getuienis in diá verband, het die Beskuldigde
gevolglik leuens aan die Hof vertel en word dit verwerp
as vals. Op die
waarskynlikhede het Beskuldigde die betrokke dokument opgestel toe Slabbert op
die toneel verskyn het om rekenskap
te gee teenoor Abbot vir die bedrag van R50
000 wat hy ontvang het met 'n spesifieke opdrag wat Beskuldigde ooglopend nie
nagekom
het nie en dit is jammer dat Beskuldigde in die verband leuens aan die
Hof oorgedra het ter versagting van vonnis.
Dit
getuig nie van 'n geloofskentering of 'n geestelike verdieping
wat deur die
appellant ondergaan is nie. Die Streeklanddros het
uiteindelik aanvaar dat die appellant werklike berou het a.g.v.
-15-
die feit dat:
(a) die appellant na die Wetsgenootskap gegaan het en daar oop kaarte gespeel
het en nie sy aansoek om skrapping van die rol teengestaan
het nie;
(b) tydens die ondersoek van die boeke van die appellant se firma, hy hulp
verleen het aan die rekenmeester;
(c) hy ook op eie inisiatief maj. Ackerman gespreek en 'n verklaring
afgelê het wat neerkom op 'n bekentenis;
(d) alhoewel hy van meet af op sekere aanklagte wou skuldig gepleit het, dit
skipbreuk gely het "as gevolg van die feit dat die onderhandelinge
met die
Staat...deur die mat geval het."
Ek het reeds met
die saak van die skuldigpleit gehandel. Myns insiens was die Streeklanddros in
hierdie opsigte ook miskien te goedhartig
teenoor die appellant in hierdie
verband. Hoe dit ook al mag wees, is dit die posisie dat dit uit
-16-
die optrede van die appellant blyk dat dit sy neiging is om mense vir sy eie
selfsugtige doeleindes te manipuleer. Die argument dat
die landdros hom
wanvoorgelig het m.b.t. sy beskouing van opskorting van gevangenisstraf is in
die eerste plek nie in die Kennisgewing
van Appêl tot die Provinsiale
Afdeling gemeld nie en kan dus nie op hierdie stadium gebruik word nie, en in
elk geval stem
ek saam met die mening van die Provinsiale Afdeling dat "indien
die landdros se uitspraak in sy verband gelees word, is hier geen
ruimte vir 'n
bevinding dat hy homself wanvoorgelig het nie."
Dit is wel so dat in die lig van die gerapporteerde sake en ongerapporteerde
beslissings waarin prokureurs skuldig bevind is aan diefstal
van trustgelde, dit
duidelik is dat die opgelegde vonnis onteenseglik swaar is en moontlik sou ek in
die eerste instansie 'n ligter
vonnis opgelê het. Dit is egter nie
-17-
die toets wat op appèl toegepas kan word nie. Ek sou gevolglik die
appèl afwys behalwe dat ek die vonnis van 9 jaar
gevangenisstraf m.b.t.
die bedrogaanklagte sou verminder van 9 jaar tot 8 jaar om redes wat ek reeds
gemeld het.
MILNE AR RABIE wnHR
KUMLEBEN AR