About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 136
|
|
Van Niekerk en 'n Ander v Administrateur,Transvaal (141/1985) [1988] ZASCA 136 (30 September 1988)
LL
Saak No 141/1985
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
J.D. VAN NIEKERK & GENOTE INGELYF
Appellant
en
DIE
ADMINISTRATEUR VAN TRANSVAA
L Respondent
CORAM
: BOTHA, HEFER et STEYN ARR
VERHOORDATUM
: 15, 16 EN 17
AUGUSTUS 1988
LEWERINGSDATUM
: 30 SEPTEMBER 1988
UITSPRAAK
BOTHA AR
:-
2
BOTHA AR
:-
Die appellant is 'n firma wat met regsper-soonlikheid
beklee is en wat praktiseer as elektro-tegniese raadgewende ingenieurs. In Maart
1982 het die appellant, as eiser, in die Witwatersrandse Plaas-like Afdeling h
geding aanhangig gemaak teen die Wes-Randse Administrasieraad,
as verweerder.
Destyds was die verweerder h statutêre lïggaam met
regspersoonlik-heid wat ingestel was en gefunksioneer
het ingevolge die
bepalings van Wet 45 van 1971. Met die aanvang van die verhoor in die Hof
a
quo
voor VAN DIJKHORST R, op 30 April 1984, het dit geblyk dat die
Wes-Randse Administrasieraad intussen, ingevolge die bepalings van
artikel 3 van
Wet 4 van 1984, vervang was deur h nuwe statutêre liggaam met
regspersoonlikheid, naamlik die Wes-Randse Ontwikkelingsraad.
Die vervanging het
nie enige praktiese uitwerking gehad op die beregting van die geskilpunte in die
saak nie; al wat nodig was, was
om die naam van die verweerder in die
pleitstukke te
3 verander. 'n Aansoek om die wysiging van die pleit-stukke in
dier voege is deur VAN DIJKHORST R toegestaan en die verhoor het op
daardie
grondslag voortgegaan. Na die afloop daarvan, op 25 Maart 1985, het VAN
DIJKHORST R uitspraak gelewer en vonnis ten gunste
van die appellant teen die
verweerder toegestaan ten bedrae van R74 237,93; hy het ook sekere bevele
uitgereik ten aansien van die
betaling van rente en koste, waarna daar later
verwys sal word. Albei partye was onte-vrede met die resultaat. Namens beide van
hulle
is 'n aansoek tot die Verhoorregter gerig om verlof om na hierdie Hof in
hoër beroep te kom. Die Verhoorregter het aan die appellant
verlof verleen
om na hierdie Hof te appelleer en aan die verweerder verlof toegestaan om 'n
teenappèl in te stel. Die appél
en die teenappèl is
behoorlik voortgesit, maar voordat 'n verhoordatum daarvoor toegeken is, is die
voortbestaan van die ver-weerder
deur wetgewing beëindig. Die bepalings van
Wet 75 van 1986 en 'n kennisgewing wat ingevolge artikel
4 3 (2) daarvan in
die Staatskoerant gepubliseer is, het tot gevolg gehad dat die Wes-Randse
Ontwikkelingsraad afgeskaf is en dat
al sy bates, laste, regte en ver-pligtinge
oorgedra is aan en gevestig het in die Admi-nistrateur van Transvaal.
Vanweë hierdie
gebeure het die appellant 'n aansoek teen die
Administrateur van stapel gestuur, waarvolgens daar by die verhoor van die
appèl
en die teenappel 'n bevel van hierdie Hof aangevra sou word om die
Administrateur in die plek te stel van die Wes-Randse Ontwikkelingsraad,
as die
respondent in die appèl en dieappellant in die teenappèl. Die
aansoek is in Maart vanjaar behoorlik op die Administrateur
bestel. Toe die saak
op 15 Augustus 1988 in hierdie Hof voorgekom het, het mnr
Burger
die Hof
meegedeel dat hy namens die Administrateur optree en dat hy in besit is van 'n
volmag wat hom aldus magtig. Mnr
Muller
, namens die appellant, het die
Hof versoek om die aan-soek teen die Administrateur toe te staan en mnr
Burqer
het die Hof meegedeel dat die aansoek nie bestry word
5 nie.
Gevolglik het die Hof toe 'n bevel uitgereik wat bepaal het dat die Wes-Randse
Ontwikkelingsraad vervang word deur die Administrateur
van Transvaal as die
res-pondent in die appèl en die appellant in die teenappèl, en dat
die koste verbonde aan die
appellant se aansoek in hierdie verband koste in die
appèl en die teenappèl sou wees. Daarna is die meriete van die
saak beredeneer.
In wat hierna volg, sal ek verwys na die appellant as "die
eiser", na beide die Wes-Randse Administrasieraad en die Wes-Randse
Ontwikkelingsraad
as "die verweerder", en na die Administrateur van Transvaal as
"die respondent".
Die dispuut tussen die partye gaan in breë trekke oor
die verweerder (nou die respondent) se aanspreeklikheid om aan die eiser
vergoeding te betaal vir professionele dienste wat die eiser gedurende 1977 aan
die verweerder gelewer het in verband met die destyds
beoogde elektrifisering
van die woongebied wat
6 bekend staan as Groter Soweto. Die
elektrifiserings-projek was van enorme omvang. Dit blyk onder meer uit die feit
dat daar, om
dit baie ruweg te stel, onge-veer 100 000 huise in die gebied was,
waarvan slegs on-geveer 20 000 van elektrisiteit voorsien was,
en uit die feit
dat die eiser se beraming van die koste van die uitvoering van die projek, met
inagneming van eska-lasie, 'n bedrag
van R94 000 000 oorskry het.
Dit is
gemeensaak dat die verweerder op 3 Junie 1977 aan die eiser 'n opdrag gegee het,
wat op 6 Junie 1977 deur die eiser aanvaar
is, om 'n volledige verslag aan die
verweerder te lewer oor die tegniese aspekte van die elektrifisering van Soweto;
dat daar op
28 Julie 1977, terwyl die eiser besig was om te werk aan die
uitvoering van die opdrag, samesprekings plaasgevind het tussen mnr
J D van
Niekerk, die hoofbelanghebbende in die eiser, aan die een kant, en vier
ampsdraers van die verweerder, mnre Mulder, Venter,
Stander en Du Plessis, aan
die ander kant,
7 waartydens daar ooreengekom is dat die eiser se opdrag
verbreed word op so 'n wyse dat die verslag betrekking sou hê op die
gebied van Groter Soweto, dat dit volledig moes wees en benewens tegniese
aspekte besonderhede moes verstrek in verband met kostes,
asook 'n program en
metodes vir die uitvoering van die hele projek, ook met verwysing na die
bedrading van huise, met deeglike inagneming
van die koste-aspek; dat die eiser
die opdrag volgens hierdie verbredingsooreenkoms uitgevoer het, deurdat Van
Niekerk op 23 September
1977 aan die verweerder 'n lywige verslag gelewer het
aangaande h skema vir die elektrifisering van Groter Soweto en huisbedrading,
met gepaardgaande planne, tekeninge, tabelle, grafieke, berekenings van koste,
en so meer; dat die eiser gedurende Oktober 1977 van
die verweerder h opdrag
ontvang het om 'n detail-ontwerp te doên en tender-dokumente op te stel
ten opsigte van die bedrading
van 46 huise van h tipe bekend as 51/9 huise in
Pimville, Soweto; dat die eiser laasgenoemde opdrag
8 uitgevoer het deurdat
Van Niekerk gedurende November 1977 die betrokke dokumente aan die verweerder
gelewer het; en dat die eiser
gedurende die laaste gedeelte van 1977 verskeie
kleiner
ad hoc
opdragte van die verweerder ontvang het, bv in verband met
die opstel van verslae, die bywoning van vergaderings, en so meer, wat
die eiser
behoorlik uitgevoer het.
Dit is ook gemeensaak dat die verweerder van
owerheidsweë gefnuik is in sy voorneme om met die beplanning van die
elektrifiseringsprojek
voort te gaan en dit uit te voer. Deur wetgewing is h
ander statutêre liggaam in die lewe geroep, naamlik die Swart
Gemeenskapsraad
van Soweto. Hierdie Gemeenskapsraad was gretig om self die
elektrifisering van Groter Soweto aan te pak, en het daarin geslaag om
sowel
magtiging as goedkeuring van Staatsweë te verkry om dit te doen. Die gevolg
was dat die verweerder se betrokkenheid by
die projek tot 'n einde gekom het
(behoudens die verskaffing van huisbedrading in 'n
9 latere stadium). 'n
Verdere gevolg was dat die eiser se dienste in verband met die verdere
beplanning, ontwikkeling en uitvoering
van die projek ook beëindig is. Die
rede daarvoor was dat die Gemeenskapsraad nie gebruik wou maak van die werk wat
die eiser
reeds gelewer het of van sy verdere dienste in verband met die
voortsetting van die projek nie, maar verkies het om self 'n nuwe
konsortium van
ingenieurs aan te stel, genaamd Ecoplan, om van voor af met die beplanning van
die projek te begin.
Van die talle geskilpunte tussen die partye is dit
wenslik om op hierdie stadium drie van die belangrikste daarvan uit te sonder en
net kortliks die strekking daarvan aan te stip.
Die eerste belangrike
geskilpunt is of die verweerder gebonde was aan die verbredingsooreenkoms van 28
Julie 1977 waarna hierbo verwys
is. Die eiser se saak was dat die verweerder met
die aangaan van die ooreenkoms behoorlik verteenwoordig was deur die vier
10
ampsdraers wat hierbo genoem is, mnre Mulder, Venter, Stander en Du Plessis.
Die bewerings in die eiser se pleitstukke in hierdie
verband is aanvanklik in
die verweerder se pleit erken, maar ongeveer 2 maande voor die aanvang van die
verhoor in die Hof
a quo
het die verweerder aansoek gedoen om die
erkenning terug te trek en sy pleit in diè opsig te wysig. Die aansoek is
toegestaan.
Volgens die pleit soos dit toe ge-wysig is, het die verweerder
aangevoer dat die vier ge-noemde ampsdraers nie "regtens bevoeg" was
om namens
die verweerder die verbredingsooreenkoms aan te gaan nie, vanweë sekere
bepalings van Wet 45 van 1971 en die regulasies
wat daarkragtens uitgevaardig
is, waarna later verwys sal word. Die verweerder se saak was dat die genoemde
persone nie behoorlik
gemagtig was om die verweerder deur die ooreenkoms te
verbind nie, om-dat daar nie aan die voorgeskrewe prosedure vir so-danige
magtiging
voldoen was nie.
Die tweede belangrike geskilpunt, wat ter
11
sprake kom indien die eerste een teen die verweerder besleg sou. word, het
betrekking op die grondslag waarvolgens die eiser vergoed
sou word vir die
dienste wat ingevolge die verbredingsooreenkoms gelewer soú word. Die
eiser se saak is dat dit 'n stilswyende
bepaling van die ooreenkoms was dat sy
vergoeding bereken sou word "volgens die standaardtariewe vir die verslag- en
voorlopige ontwerpstadium
en gedeeltelike funksies, soos uiteengesit in Vorm 1
van die Modelooreenkoms tussen kliënt en raadgewende ingenieur in verband
met ingenieurswerk". Volgens hierdie dokument, waarna ek later weer sal verwys,
beweer die eiser dat hy ten opsigte van sy verslag
van 23 September 1977, hierbo
genoem, geregtig geword het op 30% van die totale gelde wat aan hom verskuldig
sou geword het indien
sy dienste nie beëindig is nie en hy as ingenieur
aangebly het om die detail-ontwerp van die projek te doen en toesig te hou
oor
die uitvoering daarvan. Die totale gelde sou wees h primêre bedrag
12
van R23 100 plus 5% van die waarde van die projek; laasgenoemde bedrag het
die eiser in sy pleitstukke gestel op R84 860 000, synde
die beraamde koste met
inagneming van eskalasie tot Maart 1979. Volgens die eiser se berekenings het hy
dus ten opsigte van die verslag
van 12 September 1977 geregtig geword op
ver-goeding ten bedrae van R1 279 830. Die verweerder het ontken dat die
verbredingsooreenkoms
die stilswyende bepaling bevat het wat deur die eiser
aangevoer word. Die verweerder se saak was dat die eiser slegs geregtig sou
wees
op vergoeding bereken op 'n tydsbasis, en dit beteken 'n tarief per uur van die
tyd bestee aan die werk, bereken op 'n afsonderlike
grondslag vir 'n direkteur
of vennoot (soos Van Niekerk) en vir ander diensnemers van die eiser. Die
verweerder se standpunt was,
en dit is steeds die standpunt van die respondent,
dat geen vergoeding op 'n tydsbasis egter aan die eiser toegeken kon of kan word
nie, omdat die eiser se vordering nooit op so 'n basis
13 gegrond was
nie.
Die derde belangrike geskilpunt het betrek-king op die eiser se
vergoeding vir die detail-ontwerp wat hy gedoen het van die huisbedrading
van
die 46 huise in Pimville,soos hierbo genoem. Die eiser se saak is dat sy opdrag
ook weer onderhewig was aan 'n stilswyende bepaling
dat hy vir hierdie werk
vergoed sou word volgens die standaardtariewe vervat in Vorm 1 van die
modelooreenkoms reeds vermeld. Hiervolgens,
voer die eiser aan, is hy geregtig
op 70% van die gelde wat uiteindelik by die voltooiing van hierdie gedeelte van
die projek (die
huisbedrading) aan hom betaalbaar sou gewees het. Die eiser se
saak is verder dat sy opdrag was om die detail-ontwerp ten opsigte
van die 46
huise te doen op so h wyse dat dit met geringe aanpas-sings toegepas sou kon
word op al die huise in Groter Soweto wat
nog nie bedraad was nie, en dat hy die
op-drag aldus uitgevoer het. Op hierdie grondslag het die eiser sy vergoeding
bereken met
verwysing na die
14 koste van die huisbedradingsaspek van die
projek ten opsigte van al die onbedrade huise in die gebied, maar met inagneming
en aftrekking
van die 30% vergoeding ten opsigte daarvan wat alreeds ingesluit
is in die vergoeding vir die verslag van 23 September 1977. Op hierdie
wyse het
die eiser sy vergoeding vir hierdie werk gestel op R327 352,54. Daarteenoor was
die verweerder se saak (en is die respondent
s'n) dat die opdrag geen
stilswyende bepaling bevat het soos beweer deur die eiser nie, dat die eiser vir
hierdie werk ook slegs
geregtig sou wees op vergoeding op 'n tydsbasis, d w s 'n
tarief per uur, en dat die eiser in die afwesigheid van 'n vordering op
hierdie
basis geen vergoeding vir hierdie werk kon of kan verhaal nie.
Die totale bedrag van die eiser se vordering teen die verweerder was R1 622
266,47. (Ek verwys nou na die eiser se hoofeis; daar was
alternatiewe eise ook,
waarna daar later verwys sal word.) Hier-die bedrag bestaan uit die twee bedrae
wat reeds hierbo
15 genoem is, R1 279 830 en R327 352,54, tesame met twee
verdere, kleiner bedrae, naamlik R13 210,40 en R1 873,53. Laasgenoemde twee
bedrae kan dadelik en maklik uit die weg geruim word. Die bedrag van R13 210,40
is die vergoeding wat die eiser geëis het vir
die uitvoering van die
kleiner
ad hoc
opdragte ten opsigte van verslae, vergaderings, en so
meer, soos vroeer gemeld, wat bereken is op 'n tydsbasis, en die bedrag van
R1
873,53 verteenwoordig 'n eis ten opsigte van verhaalbare uitgawes en
uitbetalings. Bykans teen die einde van die verhoor in die
Hof
a quo
het
die verweerder erken dat hy aanspreeklik is om hierdie twee bedrae, tesame R15
083,93, aan die eiser te betaal, met rente daarop
a tempore morae
. Dit is
die enigste bedrae wat nie in geskil is nie. Dit kan verder buite beskouing
gelaat word, tot heel aan die einde van hierdie
uitspraak.
Met die verhoor in die Hof
a quo
is daar namens die eiser oor h
tydperk van etlike weke
16
breedvoerige getuienis aan die Verhoorhof voorgelê oor al die
geskilpunte in die saak, insluitende die drie belangrikes wat
ek reeds aangestip
het. Van Niekerk het dae lank in die getuiebank deurgebring, en het onder meer
in groot besonderhede getuig oor
die samesprekings en onderhandelings wat hy van
tyd tot tyd gevoer het met mnre Mulder, Venter, Stander en Du Plessis van die
verweerder.
Verskeie deskundige getuies is geroep, wat onder meer vir die eiser
gunstige menings uitgespreek het oor die aard, gehalte en omvang
van sy verslag
van 23 September 1977 en sy detail-ontwerp en tenderdokumente van die bedrading
van die 46 Pimville-huise. Die verslag
was bewysstuk D, en ek sal voortaan
daarna verwys as die D-verslag; die huisbedradingsdokumente was vervat in
bewysstuk H8, en ek
sal daarna verwys as die H8-dokumente. Talle ander getuies
het namens die eiser getuig, maar dit is onnodig om nou op daardie getuienis
in
te gaan. Daarbenewens is 'n geweldige massa dokumentêre
17 bewysstukke
aan die Verhoorhof voorgelê; diê wat in die appèl-oorkonde
opgeneem is, beslaan 49 volumes. Ek kom
weldra terug op die bewysstukke.
Aan
die einde van die eiser se saak is daar namens die verweerder aansoek gedoen om
absolusie van die instansie. Die aansoek is van
die hand gewys. Die verhoor is
toe verdaag vir etlike maande. Net voor die hervatting daarvan is daar namens
die verweerder aansoek
gedoen om die wysiging van sy pleitstukke, in verskeie
opsigte. Behalwe in een opsig, is die aansoek van die hand gewys, met koste.
('n
Gedeelte van die verweerder se teenappèl is gerig teen hierdie bevel van
die Verhoorregter; ek sal dit later in hierdie
uitspraak behandel.) Daarna is
daar namens die verweerder die getuienis aangebied van ene Conradie, 'n
deskundige, wat hoofsaaklik
neerhalende menings uitgespreek het oor die gehalte
en omvang van die D-verslag en die H8-dokumente. Nadat Conradie se getuienis
afgehandel is, het die verweerder, sonder om
18 enige verdere getuies te
roep, sy saak gesluit. Dit was 'n verrassing. Toe Van Niekerk getuig het, is
daar met kruisondervraging
aan hom gestel dat Mulder, Venter, Stander en Du
Plessis sy getuienis in bepaalde opsigte sou weerspreek. Ten spyte van die
beskikbaarheid
van hierdie here om te getuig, is hulle nie geroep as getuies
nie. Verskeie deskundige getuies wat die verweerder in die vooruitsig
gestel het
om te roep ten einde die menings van die eiser se deskundiges te weerspreek, is
ook nie geroep nie.
In sy uitspraak het die Verhoorregter ten aansien van die
drie geskilpunte wat ek hierbo aangestip het, tot die volgende bevindings
geraak. Op die eerste punt is daar bevind dat die getuienis voor die Hof, in die
afwesigheid van weersprekende getuienis van die
verweerder se kant, die
afleiding regverdig dat twee van die vier genoemde persone wel gemagtig was om
namens die verweerder die
verbredingsooreenkoms van 28 Julie 1977 aan te gaan;
dat die getuienis nie h
19 voldoende grondslag gebied het vir h betoog dat
daar nie-nakoming was van die prosedure-voorskrifte van die Wet (45 van 1971 )
en die regulasies nie; en dat die verweerder dus gebonde was aan die ooreenkoms.
Op die tweede punt is daar bevind dat die eiser
nie die stilswyende bepaling ten
aansien van vergoeding waarop hy gesteun het, bewys het nie; dat die basis van
vergoeding gesoek
moes word in die bepalings van die reedsgenoemde Vorm 1 van
die modelooreenkoms as sodanig; dat, volgens h behoorlike uitleg van
daardie
dokument, die eiser slegs geregtig was op vergoeding vir die D-verslag op 'n
tydsbasis; dat h berekening op sodanige basis
gedoen kon word op grondslag van
getuienis wat namens die eiser voorgelê is, sonder dat die verweerder
daardeur benadeel sou
word; en dat die eiser se vergoeding, aldus bereken, h
bedrag van R56 704,80 beloop het. Op die derde punt is daar bevind dat die
eiser
volgens Vorm 1 van die modelooreenkoms geregtig was op vergoeding vir die
werk
20 in verband met die H8-dokumente, bereken op 'n persentasiegrondslag,
maar nie ten opsigte van die koste van bedrading van al die
onbedrade huise in
die gebied nie; dat daar 'n toelating gemaak moes word vir die sogenaamde
repetisiefaktor; dat die eiser nie bewys
het wat die betrokke toelating behoort
te wees nie; dat die eiser egter ten minste geregtig was op vergoeding vir
hierdie werk, ook
op 'n tydsbasis bereken; dat die verweerder nie deur 'n
toekenning op so h basis benadeel sou word nie; en dat, volgens 'n berekening
gebaseer op die beskikbare gêtuienis, en op die genoemde basis, die eiser
onder hierdie hoof geregtig was op vergoeding ten
bedrae van R2 449,20. Die twee
bedrae tot dusver genoem, tesame met die erkende bedrag van R15 083,93 wat
vroeër vermeld is,
loop uit op 'n totale bedrag van R74 237,93. Aan die
einde van sy uitspraak het die Verhoorregter 'n bevel gemaak soos volg:
"Vonnis word gegee vir die eiser vir
21
R74 237,93 met rente daarop vanaf 1 Desember 1979 tot 7 Februarie 1985 teen
11% per jaar en vanaf 8 Februarie 1985 tot datum van betaling
teen 20% per
jaar."
Daarna is die koste van die saak beredeneer. Dit het
toe geblyk dat die
verweerder van tyd tot tyd sekere
inbetalings in die Hof gemaak het, en dat
die laaste
daarvan, op 8 Maart 1985, die totale bedrag van die
inbetalings
opgestoot het tot net bokant die bedrag van
kapitaal en rente wat die
Verhoorregter aan die eiser
toegeken het. Met inagneming van daardie feit
en
ander aspekte aangaande koste wat beredeneer is, het
die Verhoorregter
daarop 'n uitspraak oor die koste-
aspek gelewer, wat afgesluit het met 'n
bevel in die
volgende terme:
"1 . Elke party dra sy eie koste van die uitstel van die verhoor op 19
Oktober 1983.
2.
Die verweerder betaal die
eiser se koste tot en met 8 Maart 1985 en dit sluit in die koste van die aansoek
om absolusie.
3.
Die eiser betaal die
verweerder se koste vanaf 9 Maart 1985.
4.
Die
koste sluit in die koste van twee advokate aan elke
kant.
22
5. Die volgende persone word noodsaaklike deskundige getuies verklaar: Mnre
Van Niekerk, Bester, Pretorius, Dykstra, Kurton en Conradie."
Paragrawe 1 en 4 van hierdie bevel is nie in die
gedrang nie, terwyl
paragrawe 2, 3 en 5 daarvan
onderhewig is aan verandering slegs insoverre
die
bepalings daarvan geraak kan word deur die uitslag van
die
appèl en die teenappèl met betrekking tot die
bedrag van die
vonnis wat ten gunste van die eiser
verleen is.
Ek kom nou terug op die dokumentêre
bewysstukke in die saak. 'n Groot deel daarvan
bestaan uit tekeninge,
sketse, planne, berekeninge en
so meer, waarna dit nie nodig sal wees om te verwys
nie. Aan die ander
kant is daar 'n groot aantal
dokumente wat van wesenlike en trouens
deurslaggewende
belang is in die beslegting van die belangrikste
geskilpunte. Hierdie bewysstukke bestaan hoofsaaklik
uit notules van vergaderings van die verweerder se Raad
en Uitvoerende Komitee en ander vergaderings, en briewe
23
wat geskryf is aan en deur die verweerder, by wyse van sy amptenare. Vir 'n
deeglike beredenering van die oplossing van die geskilpunte
sal dit onvermydelik
wees om herhaaldelik en soms breedvoerig na hierdie dokumente te verwys. Na die
aanhoor van die betoë in
hierdie Hof op die appèl en die
teenappèl, toe ek vir die soveelste keer die bewysstukke nagegaan het,
het dit my opgeval
dat, as hulle in kronologiese volgorde gerangskik word (nogal
'n formidabele taak), hulle eintlik hulle eie verhaal vertel, enersyds
van die
geskiedenis van hoe sake tussen die eiser en die verweerder verloop het, en
andersyds van waar die antwoorde op die geskilpunte
lê. Gevolglik is ek
van voorneme om eers sonder kommentaar 'n kronologiese uiteensetting van die
tersaaklikste bewysstukke
te gee, soms by wyse van opsomming en soms by wyse van
aanhalings daaruit. Dit sal ongelukkig 'n lang uiteensetting moet wees, maar
dit
sal, met behulp van terugverwysing, die latere bespreking van die
24
geskilpunte aansienlik vergemaklik. Alvorens ek die uiteensetting aanpak, en om
aan die bewysstukke hulle volle trefkrag te gee,
is dit egter gerade om eers
sekere verdere aspekte toe te lig van die eerste twee van die drie belangrike
geskilpunte wat reeds vroeër
genoem is.
Met betrekking tot die vraag na
die verweer-der se gebondenheid aan die verbredingsooreenkoms van 28 Julie 1977,
was dit nie die verweerder
se saak dat die sluiting van so h ooreenkoms
buitekant die bevoegd-hede van die verweerder geval het en dus
ultra
vires
en om daardie rede nietig was nie. Die teendeel is erken in die loop
van die betoog voor hierdie Hof. Die verweerder se saak was
(en die respondent
sh is) dat die ooreenkoms nie in ooreenstemming met die voor-geskrewe
prosedure-maatreëls van die Wet en
die regulasies aangegaan is nie. (Ek
verwys steeds na Wet 45 van 1971.) Die kernpunt van die betoog in die Hof
a
guo
en in hierdie Hof was dat die vier amptenare
25
van die verweerder wat met die aangaan van die ooreenkoms opgetree het, nie
'n bevoegde orgaan van die verweerder vir dié doel
was nie en ook nie
behoorlik deur 'n bevoegde orgaan van die verweerder gemagtig was om aldus op te
tree nie. Die hoof bestuursorgaan
van die verweerder was sy Raad, saamgestel
ingevolge artikel 3 van die Wet, wat destyds uit 17 lede bestaan het. Dan het
die verweerder
'n Uitvoerende Komitee gehad, wat aangestel was kragtens die
bepalings van artikel 7 (1) van die Wet, en wat uit 5 lede bestaan het.
Volgens
artikel 7 (3) kon die Uitvoerende Komitee al die bevoegdhede van die Raad
uitoefen en al sy werksaamhede verrig, onderhewig
aan sekere voorbehoude wat nie
hier ter sake is nie. Gedurende die tydperk wat ter sake is in hierdie gedihg
was Mulder die voorsitter
van die Raad en van die Uitvoerende Komitee, en Venter
die ondervoorsitter van die Raad en van die Uitvoerende Komitee. Dit is twee
van
die verweerder se ampsdraers wat by die sluiting
26
van die ooreenkoms betrokke was. Die derde persoon, Stander, was die
Hoofdirekteur van die verweerder, wat kragtens artikel 10 (15)
van die Wet die
hoof-uitvoerende beampte van die raad was. Volgens die getuienis het hy alle
vergaderings van die raad en die uitvoerende
komitee bygewoon (maar hy was nie
'n lid van die een of die ander nie) en het hy die uiteindelike
verantwoordelikheid gedra vir die
opstelling van die notules van die
vergaderings van daardie organe. Uit die stukke blyk dit dat hy 'n
gekwalifiseerde persoon was,
met die grade BA, LL.B. Die vierde persoon, Du
Plessis, was 'n gekwalifiseerde siviele ingenieur. Hy was die tegniese direkteur
van
die verweerder. 'n Verdere bepaling van die Wet, wat van besondere belang
sal blyk te wees, kom voor in artikel 11 (1) (b): daarkragtens
was die Raad
bevoeg om uit sy lede een of meer komitees aan te stel en om na goeddunke van sy
bevoegdhede aan so 'n komitee oor te
dra. Die verweerdér (en die
respondent) het sterk gesteun daarop
27
dat in al die notules wat voor die Verhoorhof geplaas is, daar nie een te
vinde is waarvolgens 'n onderkomitee aangestel is met magtiging
om 'n ooreenkoms
soos dié van 25 Julie 1977 aan te gaan nie. Wat die regulasies betref, is
daar onder meer aangevoer dat alle
besluite van die bestuursorgane genotuleer
moes word; dat 'n mosie of voorstel waardeur die uitgawe van die raad geraak sou
word,
nie aanvaar kon word voordat die Uitvoerende Komitee daaroor verslag
gedoen het nie; dat daar vir kapitaaluitgawes 'n begrotingspos
in die jaarlikse
begroting vereis was; dat sodanige uitgawes nie aangegaan kon word sonder die
uitdruklike goedkeuring van die Raad
nie; en dat voldoening aan hierdie
vereistes ten opsigte van die sluiting van die verbredingsooreenkoms nie bewys
is nie.
In verband met die vergoeding waarop die eiser geregtig geword het vir die
D-verslag, het die eiser hom beroep op 'n stilswyende bepaling
van die
verbredingsooreenkoms, waarvolgens die basis van die
28
vergoeding sou wees "volgens die standaardtariewe vir die verslag- en
voorlopige ontwerpstadium en gedeelte-like funksies, sops uiteengesit
in Vorm 1
van die Modelooreenkoms tussen kliënt en raadgewende ingenieur in verband
met ingenieurswerk", soos vroeër vermeld.
Dit is nou nodig om hierdie
dokument van naderby te be-skou, met die oog op die verwysings daarna wat
voorkom in die bewysstukke
wat hieronder uiteengesit sal word. Dit is 'n
gedrukte vorm van kontrak tussen h klient en raadgewende ingenieur, wat uitgegee
is
deur die S-A Vereniging van Raadgewende Ingenieurs, soos blyk uit die dekblad
daarvan. Dit bevat uitvoerige bepalings om die kontraktuele
verhouding tussen
sodanige partye te reel. In die aanhef daarvan is daar oop ruimtes gelaat vir
die invul van die name van die kliënt
en die ingenieur en 'n beskrywing van
die betrokke ingenieurs-projek, en aan die einde daarvan is daar weer ruimtes
voorsien vir
die ondertekening daarvan deur die partye en getuies en die invul
van die betrokke datums.
29 Gedurende 1977 was slegs die Engelse weergawe van
die modelooreenkoms beskikbaar wat in 1976 gepubliseer is, soos blyk uit die
dekblad, en wat tussen die eiser en die verweerder gebruik is, soos sal blyk.
Dié spesifieke dokument is egter nooit ingevul
of onderteken nie. Volgens
die dekblad het "Form 1" van die "Model Form of Agreement between a Client and
Consulting Engineer for
use in connection with Engineering Works" betrekking op
"All Disciplines". Die tersaaklike gedeeltes van die inhoud van die dokument
lui
soos volg:
"3. DUTIES OP CONSULTING ENGINEER -
3.1 NORMAL DUTIES - The normal duties to be performed by the Consulting
Engineer are:
3.1.1 REPORT STAGE - The preparation and submission of a report embodying
preliminary proposals or feasibility studies and estimates
of cost for
consideration by the Client including as may be necessary:-
3.1.1.1
Consultation with the
Client and/or his authorised representatives.
3.1.1.2
Inspection of the site of the Works.
3.1.1.3
Preliminary investigation, route location, planning and design
where any of these are required for establishment of
feasibility.
30
3.1.1.4 Consultation with Authorities having
rights or powers of
sanction.
3.1.1.5 Advice to the Client as to the need for surveys of any kind, analyses,
tests and/or site or other investiga-tions where such
are required for the
completion of the report and arranging for these to be carried out at the
Client's expense.
3.1.1.6 Investigation and collation of avail-able data, drawings and plans
relating to the Works.
3.1.1.7 Investigations, as may be required, of
financial implications in
relation to
the proposals.
3.1.2 PRELIMINARY DESIGN STAGE - Following the Client's instruction to proceed,
the development of the preliminary proposals, or
the basic planning of the
Works, as may be required by the Client including ás may be necessary
:
3.1.2.1 Submission of a basic planning report if reguired by the Client.
3.1 .2.2 Advice to the Client as to the need for any further surveys of any
kind, analyses, tests and/or site or other investigations
which may be required
and arranging for these to be carried out at the Client's expense.
3.1.2.3 Advice to the Client, as may be neces-
sary, upon the appointment and
deline-
ation of the duties of other Consult-
ing Engineers, Architects
and Special-
ist advisers, arranging such appoint-
ments and consultation
with such
advisers in matters affecting the
Works.
3.1.2.4 Design of any process or system or re-
finement of the preliminary
process
design, where such process design is a
prereguisite for the design
of the
Works.
3.1.2.5 Preparation of preliminary plans,
drawings and estimates reguired
for
seeking approval of
statutory
31
authorities.
3.1.2.6 Consultation on technical matters
with authorities and
interested
parties other than those having
rights or powers of
sanction.
3.1.2.7 Making modifications to the
preliminary design of the
Works
dictated by or in connection with the
consultations aforesaid.
3.1.3 DETAILED DESIGN STAGE - The
preparation of all
documents
necessary to enable the Works to be
tendered for or otherwise
placed by
the Client including as may be
necessary:-
3.1.3.1 Advice to the Client as to the
necessity for setting out or
staking
out the Works and arranging for such
to be carried out at the
Client's
expense.
3.1.3.2 Preparation of designs, drawings,
specifications and
engineering
schedules of quantities.
3.1.3.3 Drafting or adapting invitations to
tender, tender conditions,
forms of
tender and conditions of contract.
3.1.3.4 Analysis of tenders and submission of
recommendations on the
acceptance of
tenders and estimates of the costs of
the Works.
3.1.4 CONSTRUCTION STAGE - The general
administration of and other
services
in connection with the carrying out
of the Works, including as
may be
necessary:
5. REMUNERATION OF THE CONSULTING
ENGINEER
5.1 NORMAL DUTIES - The remuneration of the Consulting Engineer for the
32
normal duties performed by him under Sub-Clause 3.1 of this agreement shall
be as follows:
5.1.1 REPORT STAGE - SUB-CLAUSE 3.1.1:
Fees shall be calculated on a time basis in accordance with the scale in Part
IV of the Schedule and shall become due to the Consulting
Engineer, unless
otherwise agreed, on the submission of the preliminary proposals or feasibility
studies to the Client.
5.1.2 SUB-CLAUSES 3.1.2, 3.1.3 and 3.1.4:
Fees shall be calculated on the basis and in the manner set out in Parts I
and II of the Schedule and shall become due to the Consulting
Engineer, unless
otherwise agreed, as follows, provided that when partial duties only are
required, the partial fee shall be as set
out in Sub-clause 5.1.3.
5.1.2.1 PRELIMINARY DESIGN STAGE - SUB-CLAUSE
3.1.2:
Twenty per cent of the fee when the developed proposals for the construction
of the Works have been prepared and submitted to the
Client, subject to the
Consulting Engineer allowing an appropriate credit for the value of such design
work related to the accepted
proposals and carried out under Sub-clause 3.1.1 as
can be or is utilised in the development of the preliminary proposals.
5.1.2.2 DETAILED DESIGN STAGE - SUB-CLAUSE
3.1.3:
A further forty per cent of the fee when the drawings and other documents
necessary to énable the Works to be tendered for
or otherwise placed by
the Client have been prepared and submitted to the Client provided that, if the
Consulting Engineer
33
shall have prepared such drawings and documents as part of the development of
the preliminary proposals, the fee under Sub-clause
5.1.2.1 shall be increased
to fifty per cent and the fee under Sub-clause 5.1.2.2 shall be reduced to ten
per cent.
5.1.2.3 CONSTRUCTION STAGE - SUB-CLAUSE 3.1.4:
(a) CIVIL AND STRUCTURAL
(b) MECHANICAL AND ELECTRICAL
The remaining forty per cent of the fee as and when the construction and/or
installation work proceeds in proportion to the value
of the work done.
5.1.3 PARTIAL DUTIES - When the Consulting Engineer is required to perform
only part of the duties set out in Sub-Clauses 3.1.2, 3.1.3
and 3.1.4 then fees
shall be apportioned as follows:
5.1.3.1
Preliminary Design
Stage only thirty per cent of the fee subject to an appropriate credit as
aforesaid.
5.1.3.2
Preliminary Design Stage
and Detailed Design Stage only.
(c) Mechanical and
Electrical
seventy per cent of the fee
subject to an appropriate
credit
as aforesaid.
6. PAYMENTS TO THE CONSULTING ENGINEER
6.1 For the purpose of ascertaining the interim payments due under
Sub-clauses 5.1 and 5.2 hereof the value of the Works shall be:
34
6.1.1 The value of the accepted tender or
6.1.2 If no tender is accepted, the value
of the tender recommended as the
most
suitable by the Consulting Engineer
or
6.1.3 If the contract is awarded by
negotiation, the negotiated price
or
6.1.4 If no tenders are invited or if no
suitable tenders are received or
if
no negotiation is concluded, the
mutually agreed estimate.
6.2 Such interim payments shall rank solely towards the total fee ultimately
payable which shall be calculated on the final value
of the Works as defined in
Clause 7 hereof.
11. POSTPONEMENT, CANCELLATION, REDUCTION
OR ABANDONMENT OF WORKS
11.1 If, instructions having been given by
the Client to the Consulting
Engineer
to proceed with any of the stages
referred to in Sub-clauses
3.1.2,
3.1.3 and 3.1.4, the whole or any
part of the works are
postponed,
cancelled, or abandoned, then the
payment to be made to the
Consulting
Engineer for dutiês performed in
respect of that part of
the Works so
postponed, cancelled or abandoned,
shall be determined in
accordance
with Clause 5, plus a surcharge of
one-tenth and with such
other Clause
as may be applicable, in proportion
to the duties performed
prior to the
Works being postponed, cancelled or
abandoned. "
Die "Schedule" tot die vorm dra die opskrif "FEES AND
EXPENSES", en die
eerste gedeelte daarvan het die
opskrif "PART I - WORK OF NORMAL
CHARACTER".
35
Klousule 4.1 daarvan het betrekking op "MECHANICAL AND ELECTRICAL ENGINEERING
WORK". Dit bevat vier kolomme met opskrifte en syfers,
die effek waarvan is om h
wisselende skaal van gelde te bepaal na gelang van die "value of the Works". In
die huidige geval is die
laaste ry syfers van toepassing: daarvolgens is die
gelde betaalbaar waar die waarde van die werk meer is as R2 000 000, die som
van
'n "primary fee" van R23 100 en 'n "secondary fee" van 5%, synde 'n "percentage
fee calculated on the total value of the Works".
Gedeelte IV van die skedule tot
die vorm sien soos volg daaruit:
"PART IV - TIME BASIS FEES
The scale of fees on a time basis shall be as follows:-
4.1 A Principal, Partner
or Director per hour
4.2 Technical Staff
At a rate of 15 cents per hour per R100 or part thereof of the annual salary,
plus bonus, if any:
provided that these rates shall be deemed to include establishment charges
and for time expended by
36
clerical staff which shall, therefore, not be chargeable separately."
In die vorm wat tussen die partye gebruik is, is geen syfer in die blanko
spasie hierbo ingevul nie.
Ten opsigte van die stilswyende bepaling waarop die eiser steun, is dit
wenslik om in hierdie stadium kortliks te verwys na h feitlike
bevinding wat die
Verhoorregter gemaak het en wat die kern-grondslag gevorm het van sy verwerping
van die bestaan van die beweerde
bepaling. Ek sal later Van Niekerk se getuienis
in hierdie verband, en die Verhoorregter se uitlatings daaroor, bespreek. Vir
die
huidige noem ek net dat VAN DIJKHORST R bevind het dat dit op die
waarskynlikhede vir hom duidelik was dat Mulder en Venter, wat
die verweerder se
Uitvoerende Komitee tydens die samesprekings op 28 Julie 1977 verteenwoordig
het, "totaal onbewus was daarvan dat
hul met hul verbredingsopdrag die basis van
vergoeding
37. verander na 'n persentasie van 'n beraamde kontraksprys." Ek
meld dit nou omdat die bevinding van kardinale belang is in hierdie
aspek van
die saak en omdat heelwat van die bewysstukke waarna ek gaan verwys 'n treffende
in-werking daarop het.
Ek kom dan nou by die uiteensetting van die bewysstukke. Dit word gedoen in
genommerde paragrawe, vir gemak van terugverwysing. Met
die oog op die
kronologiese rangskikking word die datum van die dokument eerste genoem en dan,
in telegramstyl, die aard van die
dokument, gevolg deur 'n parafrase of
aanhaling van die tersaaklike gedeelte(s) daarvan. Na die verweerder se Raad en
Uitvoerende
Komitee verwys ek kortweg as "Raad" en "UK". Besonder belangrike
passasies of woorde word beklemtoon deur onderstreping.
(1)
21.11.74
:) Notule UK en Raad.
5. 12.74
:)
"On 18 April 1974 the Board resolved:-
'That the Board agree in principle to
38
extend the provision of high mast area lighting to Meadowlands, Diepkloof and
Dobsonville and that the Director : Technical in conjunction
with the Director :
Finance report in due course on the planning and funding of the project.'
Provision has been made in the draft estimates for 1975/76 f or the
commencement of an electrification programme for Soweto, Bekkersdal,
Kagiso,
Mohlakeng and Dobsonville
The total estimated cost of the scheme is R21 500 000, based on ruling prices
at this stage.
RESOLVED
:
That it be agreed in principle to introduce
a scheme to provide
electricity in all
houses, and high mast area lighting 'in
Soweto,
Bekkersdal, Mohlakeng, Kagiso and
Dobsonville, at an estimated cost of
R21
500 000
The introduction of such a scheme is the subject of a separate report, and it
is necessary for applications for Ministerial approval
to be submitted for the
various projects."
(2)
2.12.76
: Notule UK.
"Since the beginning of this year the Chief Director has been engaged in
discussions, initially with the Anglo American Corporation
and subsequently with
a consortium of bankers in regard to the possibility of assistance by private
enterprise in regard to the electrification
of the Soweto complex.
Recently it also became clear that the consortium of bankers had been working
with a group, Engineering Management Services (Pty)
Limited (which is a member
of the Murray Roberts Group) and this Company has now completed a preliminary
report dealing basically
with the technical requirements, financial aspects and
details in regard to the project management.
This preliminary report was handed in at a meeting between the Chairman of
Engineering
39
Management Services, Mr. J.E.D. Bramwell, and the Chairman and Deputy
Chairman of the Board on Friday 26 November 1976.
In essence the plan produced involves a period of 3½ years during which
time the electrifi-cation of the Soweto Complex, i.e.
Greater Soweto, will be
completed at an overall cost of R74m., including provision for escalation of
cost at 12 ½ per annum.
The Chief Director and the Directors : Techni-cal and Finance briefly
discussed the report but feel that before the West Rand Board
can reasonably be
expected to consider whether or not the proposal is acceptable, other steps
should first take place. Obviously
it is essential for this matter to be given
the highest priority.
Secondly, it ïs known that the Chairman of the Consortium of Bankers had
discussions with the Secretary of Finance in regard
to this project and it is
understood that certain approvals in principle were obtained. The details of
discussions are of course,
not available but aparently the Secretary for Finance
indicated that the State would be prepared to guarantee any loans negotiated
by
the West Rand Board in regard to this project.
The Chief Director reported that a preliminary meeting would be held with the
Department of Bantu Administration and Development and
the Deputy Minister on 3
January 1977. The Board would be represented by the Chairman, the Chief
Director, and the Directors : Finance
and Technical. A sub-Committee comprising
the Chairman, the Vice-Chairman, and the Chief Director was appointed to conduct
subsequent
discussions with the Minister in regard to the whole question of
electrification.
RESOLVED
(f)
that a sub-Committee comprising the Chairman, Vice-Chairman and Chief
Director be appointed to conduct preliminary
40
discussions with the Minister or Deputy Minister of Bantu
Administration and
Development
regarding the proposed
electrification scheme
."
(3)
10.5.77
: Notule UK.
h Lang en breedvoerige bespreking vind plaas van
die sogenaamde EMS-verslag oor die elektrifisering
van Soweto.
Talle diepgaande bedenkings word
uitgespreek oor die aanvaarbaarheid en uitvoerbaar-
heid van die verslag. In die besonder word
aandag geskenk aan die behoeftes van die inwoners
van die gebied
en hulle vermoëns om by te dra tot
die koste van die verskaffing van elektrisiteit.
Dit blyk dat die Staatsdepartement Tesourie
voorgestel het dat daar van h konsortium banke 'n
lening verkry word van R60 000 000, gewaarborg deur
die Staat, wat deur die verweerder afgelos sou moes
word oor 'n
tydperk, en kommer word uitgespreek oor
die las wat daardeur op die verbruikers van
elektrisiteit geplaas sou word. Besware word
geopper teen die uitvoering van die projek
deur
41
maatskappye wat gekoppel is aan die EMS-groep. In
die samehang van al die
bedenkings word die vraag
gestel of die verweerder se raad reeds gebonde
is
aan die voorstelle van die EMS-verslag, word die
mening uitgespreek dat
dit nie die geval is nie, en
word daar gesê dat daar versigtig opgetree
moet
word om nie sodanige gebondenheid mee te bring nie.
Die laaste
gedeelte van die notule lui soos
volg:
"It was also deemed advisable to approach other Consulting Engineers to
ascertain whether they would be able to advise the Board regarding
the technical
details of the proposed electrifica-tion project, with a view to determining
whether the proposals are the best possible
and are practical, and what such
advice would cost the Board. It was felt that Mr. Barnard of the Johannesburg
Electricity Department
would be of assistance to the Board in assessing the
advice of Consultants.
The following steps were considered to be necessary at this stage:
(a) Discussions with relevant State Depart-
ments in Pretoria;
(b) representative sample surveys to deter-
mine the views of the
residents;
(c) approach to outside Consultants regarding
possibility of second opinion
on techni-
cal aspects of project;
(d) meeting of Board's three representatives
on the Joint Management Group,
viz.
Chairman, Vice-Chairman and
Chief
Director;
42
(e) thereafter, further meeting of Joint Management
Group.
However, it was felt that the
Board's officials should first go into the whole matter again in the light of
the discussion, and submit
a further report to the Executive Committee. In the
meantime, no further publicity should be given to the matter, from the side of
the Board as well.
RESOLVED
That a further report be submitted to the Committee in the light of the
dicussion."
(4)
25.5.77
: Notule UK.
Met verwysing na die UK se opdrag van 10 Mei 1977
word daar
kortliks verwys na beskikbare syfers oor
Swartes se maandelikse uitgawes op brandgoed. Dan
volg die
volgende:
"Die Voorsitter stel voor dat mnr. J.D. van Niekerk en Genote, raadgewende
ingenieurs, geraadpleeg moet word oor die tegniese aspekte
van die projek in
opvolgïng van die Uitvoerende Komitee se opdrag van 10 Mei 1977 in die lig
van hulle besondere ondervinding
op die gebied.
GOEDGEKEUR"
(5)
3.6.77
: Brief verweerder deur Direkteur :
Tegnies
(geteken Du Plessis) aan
eiser.
"ELEKTRIFISERING VAN SOWETO
Graag wens ons te bevestig dat die Uitvoerende Komitee van die Raad op 25 Mei
1977 besluit het dat u firma h opdrag gegee word om
'n volledige verslag oor die
tegniese aspekte van die elektrifisering van Soweto aan die Uitvoerende Komitee
voor te lê.
43
Soos alreeds met u bespreek, sal alle planne en verslae wat beskikbaar is oor
ontwerp en navorsing wat alreeds deur ander instansies
in dié verband
verrig is ter insae wees vir die nodige hantering van die projek.
Die vergoeding vir hierdie opdrag sal geskied op h tydsbasis volgens Vorm 1
van 1976 van die Vereniging van Raadgewende Ingenieurs
se formules."
(6)
6.6.77
: Brief eiser (geteken Van Niekerk) aan
Direkteur : Tegnies,
verweerder.
"
ELEKTRIFISERING VAN
SOWETO
Die aanstelling soos vervat in u brief gedateer 3 Junie 1977, word met dank
aanvaar.
Dit dien gemeld te word dat enige fooie wat gehef word vir hierdie ondersoek,
sal dien as gedeeltelike betaling vir projekwerk wat
daaruit mag
voortspruit.
Wees verseker van ons hartelike samewerking met u en u personeel."
(7)
28.7.77
: Notule, onder die volgende opskrif:
"NOTULE VAN VERGADERING GEHOU OP DONDERDAG 28 JULIE 1977 IN VERBAND MET DIE
ELEKTRIFISERING VAN SOWETO : LENING"
Onder die verdere opskrif "TEENWOORDIG" verskyn die
name van Mulder, Venter, Stander, Du Plessis en Van
Niekerk.
"
Mnr. van Niekerk
meld dat dit hom nog twee weke
sal neem om sy verslag te voltooi. Heelwat werk is egter reeds klaar en hy wil
die volgende puntjies
aan die Voorsitter en Ondervoorsitter stel:
44
Dan vrolg daar 9 kort genommerde paragrafies waarin
verskillende moontlikhede in verband met lenings en
sekere aspekte van die elektrifiseringskema genoem
word. Die
notule eindig soos volg:
"Die Ondervoorsitter versoek dat die posisie in verband met die aantal
koolstowe nagegaan word."
In die linkerhoek onderaan die notule is daar
getik: "AHS/jb
28.7.77."
(8)
28.7.77
: Notule, in sy geheel soos volg:
"NOTULE VAN 'N VERGADERING GEHOU OP 28 JULIE 1 977 IN DIE KOMITEEKAMER VAN
DIE WRA HOOF-KANTOORGEBOU
TEENWOORDIG
:
Lede yan die
Sub-komitee wat deur die Raad aangewys is om die
elektrifisering van Soweto verder te ondersoek
:
Mnre: H.P.P. Mulder C.P. Venter A.H. Stander
Amptenare:
Mnre. P.A. du Plessis J.D. van Niekerk
Die Voorsitter
heet almal teenwoordig welkom en sê dat die doel
van die vergadering is om te hoor hoe ver mnr. Van Niekerk met die ondersoek
gevorder het wat spruit uit sy aanstelling deur die Raad op 25 Mei 1977 as
raadgewende inge-nieur vir die elektrifisering van Soweto.
Mnr. Van Niekerk
: As uitgangspunt word gewerk
45
op die basis dat die huidige elektriese netwerk in Soweto geïntegreer
sal word met die voorge-stelde nuwe projek. So 'n groot
mate van integrasie as
wat moontlik is behoort die doelwit te wees.
Aangesien daar 20 000 huise reeds van elektri-siteit voorsien is uit 'n
uiteindelike totaal van 101 000 wonings, moet 'n mens probeer
vasstel wat die
verbruikspatroon in die huidige aanlegte is. Alhoewel daarop gelet mpet word dat
die teenswoordige elektriese verspreiding
nie vir 'n honderd persent gebruik
voorsiening maak nie, is dit nietemin waardevol as 'n beginpunt.
Mnr. Vah Niekerk le 'n plan voor waarop aange-toon word welke gedeeltes van
Soweto reeds van elektrisiteit voorsien is. Hy verstrek
'n lys van gebiede
waarin die metode van aanleg, d.w.s. bogronds of ondergronds, aangedui word
asmede die feit of huise in elk van
die gebiede bedraad is en hy verwys ook na
gebiede waar eletrisiteit nog nie aangelê is nie maar huise reeds bedraad
is.
Mnr. Van Niekerk verstrek verder gegewens oor transformators, substasies,
kabellengtes, bestaande retikulasie asook straatlengtes.
In sy ondersoek het die raadgewende ingenieur die verbruikspatroon d.w.s. oor
'n tydperk van 24 uur by die Jabavu substasie vasgestel.
Die gekonsolideerde
toevoer is by Orlando gemeet en wel oor 'n tydperk van 3 dae. Mnr. Van Niekerk
noem die spitstye asook die laagtepunte
in verbruik.
Rekenaardrukstukke gee mnr. Van Niekerk 'n aanduiding van
elektrisiteitsverbruik waarin aangedui word die aantal verbruikers in elke
woongebied asmede die hoeveelheid eenhede wat gebruik is. Hy lê ook 'n
aantal grafiese voorstellings in verband met verbruik
in verskillende
woongebiede voor. Tabelle sluit nie in alle gevalle Dobsonville, Meadowlands en
Diepkloof in nie. 'n Vergelyking
word verstrek van die verbruik tussen April en
Julie 1977.
Ten einde te bepaal watter tipe apparaat voorkeur geniet, het die firma 'n
monsteropname gedoen. Hieruit word afleidings gemaak in
verband met die
lasfaktor en die verband daarvan met die totale koste per eenheid. Dit blyk
duidelik dat dit voordelig sal wees indien
die maksimum aantal aansluitings
bewerkstellig
46
kan word.
Na bespreking voel die Komitee dat mnr.
Van Niekerk se opdrag aangevul
moet word
sodat besonderhede verkry word van 'n projek vir die groter Soweto
wat daardie gedeeltes insluit wat die Du Randt-kommissie vir inlywing
aanbeveel
het.
Die verslag moet volledig wees
, d.w.s.
benewens tegniese aspekte
moet besonderhede in verband met kostes
verstrek word
asmede h proqram en
metodes vir die uitvoering van die hele proiek
. Die verslag moet h
aanbeveling bevat in verband met
die bedrading van huise
aangesien die
Komitee begerig is om doeltref-fende diens te verskaf maar
met deeglike
inaqneminq van die koste-aspek
.
A.H. STANDER HOOFDIREKTEUR
31 Julie 1977 AHS/jb"
(9)
23.9.77
: Brief eiser (geteken Van
Niekerk) aan
Direkteur : Tegnies,
verweerder.
"
ELEKTRIFISERING VAN
SOWETO
Met verwysing na u brief van 3 Junie 1977 en soos mondelings versoek, het ons
50 afskrifte van die verslag voorberei en dit gaan hiermee
saam.
h Afskrif van Vorm 1 1976 van die Vereniging van Raadgewende Ingenieurs word
hierby aangeheg vir u inligting. Ongelukkig is dit tans
slegs in Engels
beskikbaar. Die verwagting is egter dat die ooreenkoms en tariewe eers-daags in
die Staatskoerant gepubliseer word.
Indien verdere inligting verlang word, sal ons graag tot hulp wil wees."
(10)
23.9.77
: Brief eiser (geteken Van Niekerk) aan
Voorsitter, verweerder.
47
"
ELEKTRIFISERING VAN SOWETO
Ter uitvoering van die opdrag van u Uitvoerende Komitee, is dit vir ons
aangenaam om meegaande verslag insake die elektrifisering
van Soweto aan u voor
te lê vir u oorweging.
Die verslag behels h ondersoek van die huidige stelsel tesame met h analise
van die verbruiks-patroon waaruit voortvloei dat die verbruik
gestimuleer moet
word teneinde die voorgestelde stelsel ekonomies te benut deur h skema vir die
verkoop van elektriese apparaat.
Die totale beraamde koste van die elektrifi-sering met insluiting van
eskalasie beloop R94 489 667 wat moontlik met die detailontwerp
verlaag kan word
en bekend sal wees wanneer tenders ontvang word.
Verskeie moontlike stelsels vir retikulasie en huisbedrading is ondersoek en
gebruik as basis van die kosteberamings. Met finale detailont-werp
sal verdere
optimalisering moontlik wees.
(11)
23.9.77
: D-verslag.
(a) HOOFSTUK 1 : INLEIDING.
"1.1.00
OPDRAG EN
VERBREDING
1.1.01
OPDRAG
Die opdrag soos vervat in die brief gedateer 3 Junie 1977 lees soos volg:
Graag wens ons te bevestig dat die Uitvoerende Komitee van die Raad op 25 Mei
1977 besluit het dat u firma 'n opdrag gegee word om
'n volledige verslag oor
die tegniese aspekte van die elektri-fisering van Soweto aan die Uitvoerende
Komitee voor te lê.
1.1.02
VERBREDING VAN OPDRAG
Aangesien die tegniese aspekte van
48
die elektrifisering van Soweto nie in isolasie staan nie, is na bespreking
besluit om die verslag so te verbreed dat die
teqniese aspekte gekoppel word
aan die finansiele sy, sowel as die metodes vir uitvoering van die projek in
geheel insluitend huisbedrading
met die inagneming van die Groter Soweto
soos voorgestel deur die du Randt
Kommissie."
(b) HOOFSTUK 7 :
KOSTEBERAMINGS
"7.3.11
OPSOMMING VAN BERAAMDE KOSTES
1) 11kV Ring, Miniatuur-
substasies, Laagspan-
ning distribusie R38 314 910,00
2) 11kV Skakelstasies
en toevoerkabels
R6 881 537,00
3) 132/11kV Sub-
stasies + 132kV
lyne R10 688 483,00
4) Huisbedrading
(74647 huise) R14 033
636,00
5) Hoëmasbeligting
oorblywende ge-
deeltes R3 000 000,00
6) Lugkartering R350
000,00
7)
Professionele fooi, dokumentasie, ver-wante kostes en toesig, volgens
Vorm 1 van die Vereniging van Raadgewende
In-
geniers R3 150 000,00
R76 418 565,00"
(c) HOOFSTUK 9 : ESKALASIE EN KONTANTVLOEI
"9.4.00
ESKALASIE
49
Die totale bedrag getoon in paragraaf 7.3.11 van R76 418 565 word deur
eskalasie verhoog tot R94 489 667 of met 23,65% by die voltooiing
van die projek
middel 1981 en betaling van die laaste retensiegelde middel 1982."
(12)
12.10.77
: Brief verweerder deur Direkteur :
Tegnies (geteken Du Plessis) aan
eiser.
"Ons erken hiermee ontvangs van 50 afskrifte van die verslag oor die
elektrifisering van Soweto.
Dit sal waardeer word indien u ons h voorlopige staat van kostes vir die
voorbereiding van hierdie verslag kan laat kry."
(13)
8.11.77
: Notule UK.
Die D-verslag word bespreek en vergelyk met die EMS-verslag. Aanbevelings
word gemaak, wat op die opvolgende Raadsvergadering met
enkele wysigings aanvaar
word, soos blyk uit die volgende paragraaf.
(14)
17.11.77
: Notule
Raad.
Daar word verwys na die EMS-verslag wat in November 1976 verkry is. Talle
aspekte van die verslag word uiteengesit.
50
"Dit was duidelik dat deskundige onder-soek oor alle aspekte van die
elektrifi-seringsvoorstel onontbeerlik is en gedurende Mei vanjaar
is opdrag aan
mnre. Van Niekerk en Genote, 'n firma van raadgewende ingenieurs, gegee om
verslag uit te bring 'oor die tegniese aspekte
van die elektrifisering van
Soweto' welke opdrag verbreed is om 'die finansiële sowel as die metodes
vir uitvoering van die
projek in geheel insluitende huisbe-drading met die
inagneming van die Groter Soweto soos voorgestel deur die Du Randt-kommissie',
te omvat."
Daarna word verwys na die D-verslag, en h lang
bespreking volg waarin die
verskille tussen die
EMS-verslag en die D-verslag deeglik ondersoek
word.
Die volgende besluite word dan geneem:
"
AANBEVEEL
:
(a) Dat die aanbod van lening soos
vervat in die aanbod van h
konsor-
tium banke en Engineering Management
Services (Pty.) Ltd., nie
aanvaar
word nie en dat EMS en die konsor-
tium banke
dienooreenkomstig
verwittig word;
(b) dat 'n
ad-hoc komitee bestaande uit
die Voorsitter,
Onder-Voorsitter en
die Hoofdirekteur, aangewys word
om
verdere ondersoek te doen oor die
elektrifisering van
Soweto;
(c)
dat die elektrifisering van
Soweto indringend met die betrokke Staats-departemente bespreek
word
(d)
dat die Ingenieursfirma
J.D. van
Niekerk en Genote aangestel word as Raadgewende Ingenieurs om die Raad op 'n
ad-hoc basis van advies te bedien oor die elektrifiserinq
van
Soweto
.
51
GEWYSIG EN AANVAAR
"
(15)
28.11.77
: Brief verweerder deur
Direkteur :
Tegnies (geteken Du Plessis) aan eiser.
"
ELEKTRIFISERING VAN SOWETO
Tydens die Raadsvergadering van 17 November 1977, soos per aangehegte
fotostatiese afdruk, word u firma aangestel as Raadgewende
Ingenieurs om die
Raad op 'n ad-hoc basis van advies te bedien oor die elektrifisering van
Soweto."
(16)
9.12.77
: Brief
eiser (geteken Van Niekerk)
aan Direkteur :Tegnies, verweerder.
"
ELEKTRIFISERING VAN SOWETO
Die aanstelling soos vervat in u skrywe van 28 November, 1977 word met dank
aanvaar.
Wees verseker van ons beste samewerking met u en u
personeel."
(17)
24.1.78
: Brief
verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan Sekretaris,
Departement
Bantoe-administrasie en
-ontwikkeling.
Die D-verslag word aangestuur. Die
onaanvaar-
bare aspekte van die EMS-verslag word uitgewys.
52
Die aanvanklike opdrag aan die eiser en die latere verbredingsopdrag word
aangehaal. Die besluite van 17 November 1977 word vermeld
(par (14) hierbo).
(18)
24.2.78
: Brief verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan Sekretaris, Tesourie, Departement van Finansies. Daar
word genoem dat die Minister van Finansies ingestem het
om 'n afvaardiging van
die Raad te woord te staan op 3 Maart 1978 om gedagtes te wissel oor die
elektrifisering van Soweto, en dat
die Raad verteenwoordig sal word deur die
Voorsit-ter, Onder-Voorsitter en Hoofdirekteur. 'n Memorandum word aangeheg
waarin uiteengesit
word die geskiedenis van die EMS-verslag en die besware
daarteen, die verkryging van die D-verslag, waarna verwys word as "'n uitvberige
ondersoek", en die moontlikhede, in die lig daarvan, met betrekking tot die
verkryging van 'n lening en die metodes vir
53
die delging daarvan.
(19)
24.2.78
: Brief verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan Sekretaris,
Departement
Bantoe-administrasie en
-ontwikkeling.
Met verwysing na die Minister van
hierdie
Departement, h brief met dieselfde strekking as
die vorige
een.
(20)
3.3.78
: Notule van vergadering in kantoor
van Minister van Plurale Betrekkinge en Ontwikkeling (mnr C P Mulder).
Teenwoordig is, onder meer, die genoemde Minister, die Minister
van Finansies,
verskeie amptenare van albei Departemente, die drie verteenwoordigers van die
Raad, en Van Niekerk.
Verskeie aspekte van die finansiering van die elektrifiseringsprojek word
bespreek. Minister Mulder sê dat die saak na h komitee
verwys word vir
verdere studie. Die komitee moet op 15
54
April 1978 terugrapporteer.
(21)
8.3.78:
Notule van vergadering in
kantore
van Departement Plurale Betrekkinge
en Ontwikkeling. Die Voorsitter is verweerder se Hoofdirekteur, Stander.
Teenwoordig is verskeie amptenare van Staatsdepartemente
en van die verweerder,
asook Van Niekerk. Verskeie aspekte van die finansi-ering van die projek word
bespreek.
"
BESLUIT
:
(a)
Dat in beginsel aanvaar word dat Soweto wel geëlektrifiseer
gaan word;
(b)
dat die WRA in oorleg met sy
bankiers 'n finansieringspakket vir die skema sal uitwerk wat berus op die
volgende beginsels:
(i) Mnr. J.D. van Niekerk se
verslag word aanvaar as basis vir die uitvoering en finansiering van die
projek;
(22)
15.5.78
: Brief Sekretaris Departement Plurale
Betrekkinge en Ontwikkeling aan Hoofdirekteur, verweerder. "2. Dit word graag
bevestig dat die
55.
finansieringsvoorstelle soos uit-geklaar deur u Raad en Volkskas en Barclays,
asook ander tersaaklike besonderhede rakende die elektrifi-sering
van Soweto,
aan die Gemeen-skapsraad vir Soweto voorgelê rnoet word vir oorweging.
Sodra u Raad die Gemeenskapsraad se reaksie
aan die Departement bekend gemaak
het, sal die voorstelle vir ministeriële oorweging voorgelê
word."
(23)
7.7.78
: Brief verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan eiser.
"Ek bring dit graag onder u aandag dat ek op 5 Julie 1978 genader is deur 'n dr.
L.J. Botha wat vergesel was van D. Thebehali, Voorsitter
van die
Sowetoraad.
Dr. Botha het my meegedeel
dat hy 'n besigheidsadviseur is en dat hy 'n konsortium verteenwoordig van
raadgewende ingenieurs in verskillende
dissiplines. Mnr. Thebehali het my daarop
meegedeel dat die mense van Soweto moet weet wat vir hulle gebied benodig word
en dat dit
sy Raad se voorneme is om dr. Botha en die konsortium opdrag te gee
om ondersoek in te stel na elke moontlike ontwikkeling in Soweto.
Die Direkteur : Tegnies het die twee here meegedeel dat die Raad reeds van
verskeie konsultingenieurs gebruik maak in verband met
ontwikkelingswerk in
Soweto en elders in sy gebied en dat u
self reeds volledig verslag gedoen
het in verband met die elektrifisering van Soweto
ten opsigte waarvan u
opdrag van my Raad ontvang het
.
Dr. Botha het gesê dat hy nog nooit van u gehoor het nie en dat die
afhandeling van die elektrisiteitsprojek in Soweto in elk
geval 'n firma met
tenminste 100 inge-nieurs sou verg. Daar is ook verduide-lik dat die Voorsitter
van die Sowetoraad reeds h afskrif
van mnr. Van Niekerk se verslag ter hand
het.
My indruk van wat dr. Botha en mnr. Thebehali gesê het is dat daar
gepoog
56
word om my Raad te oorreed om die konsor-tium in verband met
alle verdere inge-nieursbedrywighede in Soweto aan te stel, insluitend
elektrifisering.
Die funksies wat ingevolge Wet 125 van 1977 (kyk artikel (5)) aan die
Sowetoraad oorgedra is, sluit nie die voorsiening van dienste
soos
elektrifisering in nie. Dit sou dus onmoontlik wees vir die Sowetoraad om die
konsortium op hul eie opdrag te gee.
(24)
31.10.78
:) Briewe Sekretaris Departement Plurale
7.11.78
:) Betrekkinge en Ontwikkeling aan Hoofkommissaris,
Johannesburg. Die Minister het geen beswaar daarteen dat die Gemeenskapsraad van
Soweto sy eie konsultante, die Ecoplan-konsortium, benoem om advies te gee oor
die elektrifiseringskema nie, maar daar moet geen
herhaling wees van die studies
wat gedoen is in die reeds bestaande verslae nie en die vergoeding van die
konsultante moet nie 'n
maksimum van R6 000 oorskry nie.
(25)
7.11.78
: Notule UK.
"Gedurende Mei 1977 is mnre. J.D. van Niekerk & Genote aangestel om
verslag uit
57
te bring 'oor die tegniese aspekte van die elektrifisering van
Soweto.' In 'n later stadium is die opdrag verbreed om 'die finansiële
aspekte sowel as die metodes van uitvoering van die projek in geheel,
insluitende huisbedrading, met inagneming van die Groter Soweto
soos voorgestel
deur die Du Randt-kommissie' te omvat.
Mnr. Van Niekerk se verslag is besonder deeglik opgestel en is grootliks
gebaseer op oorspronklike navorsing wat sy firma onderneem
het.
Die verslag
kan in sy huidige vorm as basis gebruik word vir die projek
, dit wil se min
bykomstige navorsing hoef onderneem te word.
Die Hoofdirekteur is van mening dat mnre. J.D. van Niekerk & Genote nou
aangestel behoort te word vir die elektrifiserings-projek
vir die Groter Soweto
indien die Raad sou besluit om dit te onderneem.
AANBEVEEL
:
Dat mnre. J.D. van Niekerk & Genote aangestel word as die Raad se
raadgewende ingenieurs vir die uitvoering van die elektrifiserings-projek
vir
die gebied Groter Soweto, indien besluit word om so h projek te onderneem."
(26)
28.11.78
: Brief verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan eiser.
"AANSTELLING : ELEKTRIFISERINGSPROJEK
Dit is vir my aangenaam om u mee te deel dat my Raad u op 15 deser aangestel
het as sy raadgewende ingenieurs vir die uitvoer-ing
van die
elektrifiseringsprojek vir Groter Soweto indien besluit word om so h projek te
onderneem.
Ek sal u op hoogte hou in verband met verwikkelinge."
(27)
14.12.78
: Brief eiser (geteken Van Niekerk) aan
58
Hoofdirekteur, verweerder.
"
AANSTELLING : ELEKTRIFISERINGS PROJEK : GROTER SOWETO
Die aanstelling vir bostaande werk soos vervat in u skrywe van 28 November
1978, word met dank aanvaar. Die gebruiklike voorwaardes
van Vorm I van die
Vereniging van Raadgewende Ingenieurs sal van toepas-sing wees.
Graag wil ons u verseker van ons hartlike samewerking met u en lede van u
personeel."
(28)
5.1.79
: Brief eiser (geteken Van Niekerk) aan
Hoofdirekteur, verweerder.
"Na aanleiding van die toespraak gelewer deur Mnr. David Thebehali ter
geleentheid van die besoek van Sy Edele Dr. Koornhof op 13
Desember 1978, wens
ons graag kommentaar te lewer op aspekte rakende hierdie firma.
Die bewering deur Mnr. Thebehali dat hierdie firma 'small and relatively
inexperienced' is, word verwerp synde beswaddering wat van
die Eco-plan
Konsor-tium kom.
Ons wil u verder daarop wys dat die verslag en beramings
die basiese
ontwerp van die stelsel vir die elektrifisering van die Groter Soweto bevat en
dat ons nie verwag dat groot wysigings
in die detailontwerp nodig sal wees
nie
.
(29)
6.2.79
:) Notule UK en Raad.
21.2.79
:)
Die brief in die voorgaande paragraaf genoem word
59
in die notules opgeneem en daarvan word kennis
geneem.
(30)
25.6.79
: Brief eiser (geteken Van Niekerk) aan
Hoofdirekteur, verweerder.
"Aangesien daar besluit is om die elektri-fiseringsprojek vir die gebied
Groter Soweto te onderneem, sal ons met
die basiese beplanning of voorlopige
ontwerp van die projek
soos bevat in ons verskeie verslae wat deur u Raad
aanvaar is as uitgangspunt die dokumente wat nodig is om tenders vir die werke
aan te vra opstel ooreenkomstig ons aanbevelings vir die gebied en dele
uiteengesit in Hoofstuk 7 van ons verslag gedateer September
1977.
Sekere detail ontwerp is ook reeds bevat in ons verslae en dit sal nie vir
ons moeilik wees om by die tydsbepalings van die voorgestelde
program (verslag
September 1977 bls. 57) te hou nie.
Ons bevestig dat reëlings getref is vir h samespreking op 5 Julie 1979
by u kantore met die verteenwoordigers van u Raad oor
sekere aspekte van die
verdere uitvoering van die projek."
(31)
5.7.79
: Notule UK.
"FOOIE VAN NIEKERK EN GENOTE : ELEKTRIFISERING
(Op uitnodiging sluit mnr. Van Niekerk om 10h15 by die vergadering aan).
Die Hoofdirekteur verwys na die Raad se opdrag aan mnr. Van Niekerk om
verslag te doen oor die elektrifisering van Groter Soweto,
en dat hy wel 'n
volledige verslag ingedien het. Intussen het die Minister egter die
verantwoordelikheid vir die elektrifiseringsprojek
aan die Swart Rade oorgedra,
met die gevolg dat die Raad nie meer die verantwoordelike liggaam is nie.
60
Die Minister het ook die Swart Rade se aanstelling van die Ecoplan Konsortium
as Konsultante vir die projek goedgekeur.
Mnr. Van Niekerk verduidelik
dat hy die basiese ontwerp van die projek
qedoen het, sowel as die finansiele implikasies
, en daarvolgens sy verslag
aan die Raad voorge-lê het. Volgens die 1976 Standaard Ooreenkoms van die
Vereniging van Raad-gewende
Ingenieurs wat van toepassing is, word dit as
'
gedeeltelike werk
' beskou aangesien ander Konsultante nou oorneem.
Fases (a) en (b) van die Konsultant se werk soos omskryf in die Standaard
Ooreenkoms is egter volqens hom voltooi
. Na sy mening beteken dit dat hy
geregtig is op 30% van die volle fooi, plus verhaalbare koste. Alhoewel die fooi
gewoonlik op finale
koste gebaseer word, aangesien die projek nie voltooi is
nie, sal sy fooi op beraamde koste gebaseer moet word.
Die Hoofdirekteur huldig die mening dat die omstandighede in hierdie geval
soortgelyk is aan die 'kansellasie' van die proiek
insoverre dit die Raad
betref. Aangesien die Raad nie verder met die projek voort-gaan nie, verval die
funksie van sy konsultant ten
opsigte van die projek. In die geval van
kansellasie bepaal die Standaard Ooreenkoms dat die Konsultant se fooi 20% plus
1/10is.
Daar sal vasge-stel moet word of die Raad se Konsultant se fooie op die
basis van 'gedeeltelike werk' bepaal moet word volgens die
mening van mnr. Van
Niekerk, en of dit op die basis van die 'kansellasie' van die projek bepaal moet
word. Die posisie is nie duidelik
nie. Die Standaard Ooreenkoms sal in hierdie
verband bestudeer moet word. Mnr. Van Niekerk onderneem om hierdie aspek op te
neem.
(Mnr. Van Niekerk verlaat die vergadering in hierdie stadium om 10h45.)
Die Hoofdirekteur noem dat
mnr. Van Niekerk se rekeninq
, sodra dit
ontvang is en die Raad daarmee akkoord gaan, aan die Minister voorgelê
moet word met die versoek dat dit
deur die Staat betaal word
aangesien
die Minister se goedkeuring van die aanstelling van ander Konsultante vir die
elektrifi-seringsprojek die effek gehad het
om die
61
Raad se opdrag aan mnr. Van Niekerk en sy aanstelling as
Konsultant te kanselleer, en die werk wat hy reeds gedoen het oorbodig te
maak,
aangesien die nuwe Konsultante dieselfde werk ook gedoen het.
Die eerste twee
fases van die Konsultante se werk is deur die twee Konsultante gedupliseer
nl:
(a)
Voorlopige
verslag
(b)
Voorlopige
ontwerp.
Die fooi waarop mnr. Van Niekerk geregtig
is is dus vrugtelose uitgawe, tensy Ecoplan die nuwe Konsultante, ook van mnr.
Van Niekerk
se werk gebruik maak, in welke geval sy fooi van die algehele koste
van die skema verhaal kan word.
BESLUIT :
Dat 'n Memorandumopgestel word oor die kwessie van die fooi van die Raad se
elektrifiseringskonsultant, Mnre. van Niekerk & Genote,
en aan die Minister
voorgelê word met die versoek dat die Minister die Uitvoerende Komitee in
hierdie verband te woord staan."
(32)
12.7.79
: Memorandum van Hoofdirekteur,
Stander.
"3. GELDE BETAALBAAR AAN D.J. VAN NIEKERK EN GENOTE (RAADGEWENDE
ELEKTRO-TEGNIESE INGENIEURS):
Die Wes-Randse Raad het D.J. van Niekerk en vennote op 3 Junie 1977 aangestel
om verslag te doen oor die elektrifisering van Soweto.
Die aanstelling is later
uitgebrei om die Groter-Soweto gebied in te sluit.
Mnr. Van Niekerk se taak was van so h aard dat hy daartoe moes oorgaan om
bykomstige personeel aan te stel met die gevolg dat sy firma
op 6 Desember 1978
aangestel is as my Raad se raadgewende ingenieurs 'vir die uitvoering van die
elektrifiserings-projek vir die
gebied Groter-Soweto
62
indien besluit word om so 'n projek te onderneem'.
Die firma het sy verslag op 30 September 1977 ter oorweging voorgelê
dit wil sê, 4 maande na aanstelling. Heelwat bykomstige
werk moes deur
D.J. van Niekerk onderneem word veral met betrekking tot finansiële aspekte
van die projek. Daarbenewens het
hulle sekere verhaalbare kostes aangegaan wat
egter met die afhandel-ing van hul rekening geen probleem sal oplewer nie.
Die Van Niekerk-verslag is 'n omvat-tende dokument van 93 bladsye plus bylaes
in die vorm van grafieke, planne en tabelle. In die
tarief-skedules vir
raadgewende ingenieurs uitgegee deur die Suid-Afrikaanse Vereniging van
Raadgewende Ingenieurs word
vier basiese stadiums van werk in verband met
proiekte
aangedui, te wete:
(a)
'n
Voorlopige
verslag
;
(b)
voorlopige
ontwerp
;
(c)
detail
ontwerp;
(d)
konstruksie.
Die tariefskedules van die
Vereniging van Raadgewende Ingenieurs is so 'n verwarrende dokument dat selfs
praktiserende ingenieurs
nie heelte-mal seker is van die basis waarop gelde in
spesiale omstandighede bereken moet word nie.
Die Hoofdirekteur maak die volgende voorlopige berekening:
Berekening van gelde
:
Primêre bedrag betaal-
baar : R23 100,00
+ 5% van R76 418 565 R3 820 928,25
R3 844 028,25
Nota : R76 418 565 is die berekende
63
koste van die projek in 1977.
Item 5.1.3.1.:
Voorlopige ontwerp-
stadium:30% van
R3 844 028,25 = R1 153 208,40
Item 11.1:
Projekte wat afge-
stel word: 1/10
Toeslag op gelde = R115 320,00
R1 268 528,40
Op 28 Maart 1979 is verantwoordelik-heid vir die uitvoer van die
elektri-fiseringsproiek aan die drie Gemeen-skapsrade in Soweto oorgedra.
Die
Van Niekerk-rekening moet eqter nog afgehandel word
.
Die Wes-Randse Administrasieraad kan die geld nie teen die projek verhaal
nie en versoek dus dat die Departe-ment 'n skenking van
die ingenieurs-gelde aan
die WRA maak
."
(33)
18.7.79
: Notule van vergadering in kantoor van
Minister van Departement Samewerking
en Ontwikkeling.
Teenwoordigis die Minister, twee Adjunk-Ministers,
talle amptenare van die Departement, verweerder se
UK, bestaande uit die Voorsitter (Mulder), die
Ondervoorsitter (Venter) en twee ander lede, en
vier van die verweerder se amptenare, insluitende
die Hoofdirekteur (Stander) en die Direkteur :
64
Tegnies (Du Plessis).
Ter aanvang word vermeld:
"'n Memorandum opgestel deur die Hoofdirek-teur dien as basis vir bespreking
en word aangeheg as Bylae A."
[Dit is die memorandum genoem in die voorgaande paragraaf, (32)].
"3. GELDE BETAALBAAR AAN J.D. VAN NIEKERK
EN GENOTE (RAADGEWENDE
ELEKTRO-
TEGNIESE INGENIERS)
Met verwysing na die Memórandum is die Minister van mening dat by die
oorspronklike oordrag van die verantwoordelïkheid
vir elektrifi-sering, dit
die gedagte was dat Van Niekerk ook nog h verdere rol moet speel.
Mnr. Venter
verduidelik dat beide Ecoplan en Van Niekerk dieself-de werk gedoen het, naamlik
Fases a) en b) van die Konsultant se
werk soos omskryf in die 1976 Standaard
Ooreenkoms van die Vereniging van Raadgewende Ingenieurs soos volg
:-
a)
Voorlopige
verslag
b)
Voorlopiqe
ontwerp
.
Nadat die werk reeds namens die
Administrasieraad deur Van Niekerk gedoen is, is Ecoplan aangewys en het
dieselfde werk gedupliseer.
Die Raad het binne sy req opqetree om twee iaar
qelede sy Konsultant aan te stel, en om hom opdraq te gee om die beplanning en
ontwerp
te doen
.
Twee jaar later het die Swart Raad Ecoplan aangestel. Die destydse Minister
het slegs goedgekeur dat 'n bedrag van R6 000 bewillig
word om aan Ecoplan
opdrag te gee om na die voorstelle van Van Niekerk te kyk en om kommentaar te
lewer. Desnie-teenstaande het Ecoplan
die Soweto-raad genader met die oog op h
volledige ondersoek, en is toe so
65
opgedra deur die Sowetoraad. Ecoplan het toe ook volledig onder-soek ingestel
en h beplanning en ontwerp opgestel. Sodoende is die
werk van Van Niekerk
gedupliseer. As gevolg van die goedkeuring van die aanstelling van Ecoplan ten
opsigte van elektrifisering,
is
albei konsultante gereqtig op fooie vir
dieselfde werk
.
Mnr. Venter wys voorts daarop dat die oordrag van die verantwoordelikheid vir
elektrifisering van die Admini-strasieraad na die Swart
Rade, en die erkenning
van Ecoplan, die
de facto effek gehad het om Van Niekerk te ontslaan en sy
werk oorbodiq te maak. Hy moet egter betaal word vir die werk wat hy volqens
sy
wettige opdrag van die Administrasieraad gedoen het, wat eintlik nou verkwisting
van qeld
is.
Die Minister huldig die mening dat die projek so groot is dat dit eintlik te
groot is vir een konsul-tant en dat daar plek is vir
beide Ecoplan en Van
Niekerk. Mnr. Venter noem dat een konsultant enige projek wel kan hanteer,
ongeag die omvang van die projek,
deur ander ingenieurs te betrek.
Die Minister beslis dat die kontrak-tuele verpligtinge van die
Admini-strasieraad en die Sowetoraad ten opsigte' van beide Ecoplan
en Van
Niekerk, bepaal en op 'n vaste grondslag geplaas moet word. Daar moet ook gepoog
word om die verant-woordelikhede vir die
elektrifiser-ingsprojek tussen die twee
konsul-tante te verdeel, en om die verdeling te spesifiseer. Daar moet sonder
versuim samesprekings
tussen al die betrokke partye gevoer word om die saak uit
te klaar. Daarna moet daar aan die Minister teruggerapporteer word."
(34)
20.7.79
: Brief Hoofkommissaris, Witwatersrand,
66
Departement Samewerking en Ontwikkel-ing, aan Hoofdirekteur, verweerder.
"SOWETO: ELEKTRIFISERING
1.
Ek verwys na die onlangse
samesprek-ing met Sy Edele die Minister waartydens daar gevra is dat die
Departement presies ingelig moet
word oor u Raad se kontraktuele verplig-tinge
ten opsigte van mnr. Van Niekerk. Met ander woorde, wat ek verlang is h afskrif
van
u mandaat aan hom en van enige supplementêre skrywes insake die
mandaat en daarteenoor 'n opsomming van die werk reeds
gedoen.
2.
Ook het die Minister gevra dat u h
bespreking reël tussen mnre. Marais en Van Niekerk om te kyk of mnr. Van
Niekerk nie in die
groter skema betrek kan word nie.
3.
Voorts is gevra dat die Gemeenskaps-rade ook in die verband geken
word.
4.
Die Minister het dringend versoek dat
enige stremming in hierdie area ontlont word en daarom ontvang ek u kommentaar
so gou doende."
(35)
24.7.79
: Brief
verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan eiser.
"GROTER SOWETO ELEKTRIFISERINGSPROJEK
Hierdie skrywe dien om h mondelinge mededeling aan u aan die einde van Maart
vanjaar te bevestig, naamlik dat die elektrifisering
van die Groter-Soweto
gebied aan die drie betrokke gemeenskaps-rade oorgedra is. Die oordrag van
funksies is gedoen ingevolge artikel
5 (1) (n) van Wet 125 van 1977 en die
Sekretaris van Samewerking en Ontwikkeling het dit in h skrywe van 3 Mei 1979
soos volg aan
die Hoofkommissaris bekend gemaak:
67
'1.1 That the eiectrification for the greater Soweto area comprising the
areas of jurisdiction of the Soweto, Diep-Meadow and Dobsonville
Councils be
undertaken as a joint venture by the three said Councils at the earliest
possible date.
1.2 That the responsibility for the electrification scheme for the greater
Soweto be transferred from the West Rand Administration
Board to the three
respective Councils, viz.: The Soweto, Diep-Meadow and Dobson-ville
Councils.'
Soos aan u persoonlik meegedeel is, gaan my Raad derhalwe nie voort met die
elektrifi-seringsprojek nie. U sal merk dat u aanstelling
vir die uitvoering van
die projek onderhewig gestel is aan die voorwaarde dat inderdaad besluit word om
so h projek te onderneem.
Ek sal dit waardeer as u my nou u rekening sal stuur vir voorlegging aan my
Uitvoerende Komitee.
My opregte dank vir die groot taak wat u in verband met die projek gedoen
het."
(36)
6.8.79
: Brief verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan Hoofkommis-
saris, Johannesburg.
"ELÉKTRIFISERING : GROTER-SOWETO : J.D. VAN NIEKERK EN GENOTE
U skrywe (22) N9/2/2/26/3 van 20 Julie 1979 verwys. [Dit is par (34)
hierbo.]
Op 3 Junie 1977 is 'n brief wat soos volg lui aan mnr. J.D. van Niekerk gerig
:
'Graag wens ons te bevestig dat die Uitvoerende Komitee van die Raad op 25
Mei 1977 besluit het dat u firma 'n opdrag gegee word om
h volledige
68
verslag oor die tegniese aspekte van die elektrifisering van Soweto aan die
Uitvoerende Komitee voor te lê.
Soos alreeds met u bespreek, sal alle planne en verslae wat beskikbaar is oor
ontwerp en navorsing wat alreeds deur ander instansies
in dié verband
verrig is ter insae wees vir die nodige hantering van die projek.
Die vergoeding vir hierdie opdrag sal geskied op 'n tydsbasis volgens Vorm 1
van 1976 van die Vereniging van Raadgewende Ingenieurs
se formules.'
Hierop het
verskeie samesprekings tussen die Uitvoerende Komitee en mnr.
Van Niekerk
gevolg en daar is
besluit
om die oorspronk-like opdrag
uit te brei sodat sy verslag ook die finansiële aspekte van
elektrifi-sering sou dek en die Groter-Soweto
gebied sou omvat. Hy is ook
versoek om verslag te doen oor die uitvoering van die projek insluitende
huisbedrading.
Daar was kontensieuse vraagstukke waarop
die Wes-Randse Raad in daardie
stadium duidelikheid moes verkry. h Ander organisasie het toe reeds kort tevore
h voorstel vir die
elektrifisering van Soweto voorgelê. Daardie voorstel
was nie vir die Raad aanvaarbaar nie omdat dit oog-lopende tekortkominge
bevat
het. Bowendien is die projek so groot en duur dat dit riskant sou wees om
beplanning en uiteindelike besluit op enigiets behalwe
h
basiese ontwerp
te baseer.
Die vasstelling van vertroubare kostes het ook 'n noodsaaklikheid geword. Die
Sowetoraad was nie bereid om hulle tot die projek te
verbind alvorens dit aan
inwoners vir hul sienswyse voorgelê is nie. Om daardie rede is mnr. Van
Niekerk opgedra om ook die
finansiële implikasies van die projek te
ondersoek en daaroor verslag te doen. Tewens die banke se aanvanklike voorstel
vir
die aangaan van lenings is gebaseer op sy berekeninge en tabelle.
Die Van Niekerk-verslag is in September 1977 aan die Raad beskikbaar gestel
maar aangesien daar van tyd tot tyd aspekte oor elektrifisering
opgeduik het in
verband
69
waarmee die Raad geadviseer moes word, is hy op 17 November 1977 aangestel om
die Raad op 'n ad hoc basis oor verskeie aspekte in
verband met elektrifisering
te adviseer.
Mnr. Van Niekerk het tot nog toe nie 'n rekening vir sy dienste gelewer nie.
Hy het dit agterweê gehou totdat 'n besluit oor
elektrifisering geneem
word. Indien hy aangestel sou word, sou die rekening vir die voorbereidende werk
deel vorm van sy rekening
vir die projek.
Daar was lang oponthoude veral met betrek-king tot die meningspeiling in
Soweto en om mnr. Van Niekerk 'n mate van sekerheid te gee,
het die Uitvoerende
Komitee op 15 November 1978 besluit om hom vir die uitvoering van die projek aan
te stel indien besluit sou word
om met elektrifi-sering voort te gaan.
In die tariefskedules vir raadgewende ingenieurs uitgegee deur die
Suid-Afrikaanse Vereniging van Raadgewende Ingenieurs word
vier basiese
stadiums van werk
in verband met projekte aangedui, te wete:
(a)
'n
Voorlopige
verslag;
(b)
voorlopige
ontwerp
;
(c)
detail
ontwerp;
(d)
konstruksie.
Mnr. Van Niekerk se
verslag kom tot by stadium (b) hierbo
.
Die Raad se kontraktuele verbintenis met mnr. Van Niekerk berus op sy
aanstelling per brief as raadgewende ingenieur van die Raad
in verband met die
elektrifisering van Soweto, welke opdrag tydens h vergadering uitgebrei is soos
in die inleidende paragraaf aangedui.
By afhandelinq van sy opdrag het 'n
ingenieur aanspraak op besoldiging ooreenkomstig die tariefskedule
wat die
S.A. Vereniging van Raadgewende Ingenieurs voorskryf.
As aanhangsels heg ek hieraan die drie aanstellingsbriewe, 'n uittreksel uit
'n notule oor die uitbreiding van die aanvank-like opdrag,
asmede h opsomming
van die werk wat mnr. Van Niekerk gedoen het."
70
(37)
23.8.79
: Brief eiser (geteken Van Niekerk) aan
Hoofdirekteur, verweerder.
"
GROTER SOWETO ELEKTRIFISERINGSPROJEK PROFESSIONELEGELDE : INTERIM
REKENING NR. 1
1.
BERAAMDE PROJEKKOSTES
Netto beraamde koste
voor eskalasie van die
projek volgens verslag
September 1977
Netto beraamde bedrag R73 268 565,00
Netto beraamde koste
voor eskalasie volgens
aangepaste syfers vir
Maart 1979 soos in
memorandums 1979:03:27
en 1979:06:18 R84 992 000,00
2.
PROFESSIONELE GELDE
2.1
Voorlopiqe Ontwerp
Fooi volgens Vorm 1
van die Vereniging van
Raadgewende Ingenieurs,
Klousules 5.1.2.1, 6.1.4
en 6.2
R23 100 + 5% van
R84 992 000 = R4 272 700
Gedeelte tans betaalbaar
vir voorlopige ontwerp
en verslag volgens Klou-
sules 3.1.2 en 5.1.2.1
van Vorm 1
20% van R4 272 700,00 R854 540,00
2.2
Verskeie Verslae, Ver-
gaderings en Same-
sprekinqs
R13 210,40
TOTALE BEDRAG TANS
BETAALBAAR
R869 498,28
"
(38)
4.9.79
: Notule UK.
71
Daar word verwys na die besluit van UK van 5 Juliê
1977 (par (31) hierbo) en die samesprekings met
die Minister (par (33)
hierbo). Verder word daar
verwys na onderhandelings tussen
verteenwoordigers
van Ecoplan en die eiser, waaruit dit blyk dat
daar tot
geen vergelyk gekom kon word oor die
samewerking van albei die instansies in
die
elektrifiseringsprojek nie. Ten slotte gaan die
notule voort soos
volg:
"Die kwessie van die rekening is egter nie so eenvoudig nie. Die stuk wat
mnr. Van Niekerk aan die Raad voorgelê het beslaan
94 bladsye, benewens
tabelle, grafieke, kaarte, en dies meer. Gedeeltes daarvan lyk vir die
Hoofdirekteur na h voorlopige ontwerp
maar nou is dit so dat daardie gedeeltes
nie die hele groter-Soweto betrek nie. Ten minste tot en met Hoofstuk 2 van die
verslag
moet h mens dit beskou as uit-en-uit h voorlopige verslag. Daar is selfs
gedeeltes in die res daarvan wat moontlik slegs voorlopig
van aard is.
Omdat die rekening aansienlike verleentheid kan veroorsaak, voel die
Hoofdirekteur dat dit liefs aan beoordeling deur h buite-party
onderwerp moet
word. Die President van die Instituut van Raadgewende Inge-nieurs, mnr. Spence,
het te kenne gegee dat hy bereid sou
wees om dit te doen.
AANBEVEEL
:
(a) Dat mnre. J.D. van Niekerk en Genote se rekening in verband met die
elektrifisering van Soweto aan die President van die Instituut
van
72
Raadgewende Ingenieurs vir beoordeling voorgelê word;
(b) dat na ontvangs van 'n verslag van die President van die Instituut van
Raadgewende Ingenieurs, die Departe-ment van Samewerking
en Ontwikkeling
meegedeel word dat daar nie tot 'n kompromie geraak kon word in verband met die
werk wat Mnr. J.D. van Niekerk en
Genote in verband met die elektri-fisering
gedoen het nie en dat die bedrag voorgestel in die verslag van die Instituut van
Raadgewende
Inge-nieurs, aan hom as verefféning aangebied
word."
(39)
7.9.79
: Brief verweerder deur
Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan eiser.
"U interim rekening word tans deur
my Raad se Uitvoerende Komitee oorweeg en ons tree ter geleë tyd met u
daaroor in verbinding."
(40)
19.9.79
: Brief verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan eiser.
"REKENING : ELEKTRISITEITSPROJEK
Na aanleiding van u skrywe van 24 Augustus en die daaropvolgende
telefoongesprek, het ons kennis geneem van die feit dat reken-inge
van hierdie
aard binne 30 dae afge-handel moet word.
Ek het ongelukkig 'n probleem aangesien u betaal moes word uit die projek as
sulks, dit wil sê uit leningsgelde. Op my Raad
se begroting vir hierdie
jaar bestaan geen voorsiening vir 'n bedrag van die omvang wat nou hierby
betrokke is nie. Dit sal derhalwe
vir my nodig wees om ministeriële
goedkeuring te verkry vir h oorbestedings-pos. Sodra ek dit vra sal die
onderhan-delings tussen
u firma en die Ecoplan-groep ter sprake kom en soos u
weet hang die hele aangeleentheid nog in die lug. Ek het die inhoud van u
voorstel
op 10 September 1979
73
aan die Eco-mense gestel maar nog nie van hulle verneem nie.
Ek wil dus graag vra dat u my nog twee maande gee om die rekening af te
handel.
Ek rig ook weer h skrywe aan die Ecoplan Konsortium in verband met die
voorstel en tree daaroor met u in verbinding sodra ek van hulle
hoor."
(41)
20.9.79
: Notule Raad.
UK se aanbeveling van 4.9.79 (par (38)
supra
) word
aanvaar.
(42)
1.10.79
: Brief eiser (geteken Van Niekerk) aan
Hoofdirekteur, verweerder.
"I/s
GROTER SOWETO ELEKTRIFISERINGSPROJEK INTERIM REKENING NR.
1
Met verwysing na u skrywe van 19 September 1979 bevestig
ons hiermee dat u Raad aanspreeklikheid aanvaar het vir betaling van ons
interim
rekening nr 1 en dat ons bereid is om aan u Raad uitstel van twee maande na die
datum van daardie skrywe te gee vir betaling
van daardie rekening.
(43)
19.10.79
: Notule UK.
Daar word besluit om aan te beveel dat die eiser se brief in die voorgaande
paragraaf vermeld na die Raad se prokureurs verwys word
om 'n konsep antwoord op
te stel.
74
(44)
6.11.79
: Notule UK.
Die eiser se rekening word bespreek. Die
Hoofdirekteur doen verslag dat Van Niekerk nie
bereid was om een van die drie persone wat deur
die President van die S A Vereniging van Raadge-
wende Ingenieurs voorgelê is, as bemiddelaar te
aanvaar nie. Dan lui die notule soos volg:
"Om die saak heeltemal duidelik te stel behoort mnr. Van Niekerk nou
meegedeel te word dat die Raad sy rekening nie aanvaar nie omdat
betaling vir
die werk wat hy gedoen het, na die mening van die Raad op 'n tydsbasis bereken
behoort te word.
Mnr. Van Niekerk se aanvanklike aanstelling lees soos volg:
'Graag wens ons te bevestig dat die Uitvoerende Komitee van die Raad op 25 Mei
1977 besluit het dat u firma 'n opdrag gegee word
om 'nn volledige verslag oor
die tegniese aspekte van die elektrifisering van Soweto aan die Uitvoerende
Komitee voorte lê.
Soos alreeds met u bespreek, sal alle planne en verslae wat beskikbaar is oor
ontwerp en navorsing wat alreeds deur ander instansies
in dié verband
verrig is, ter insae wees vir die nodige hantering van die projek.
Die vergoeding vir hierdie opdrag sal geskied op h tydsbasis volgens Vorm 1 van
1976 van die Vereniging van Raadgewende Ingenieurs
se
formules.'
Tydens h verqadering gehou op 28 Julie 1977 het die
Onder-komitee belas met die verdere ondersoek van die elektrifiseringsproiek
mnr.
Van Niekerk opqedra
om besonderhede by te werk vir die groter-Soweto
wat daardie
75
gedeeltes insluit wat die Du Randt-kommissie vir inlywing aanbeveel het.
Benewens tegniese aspekte moes daar in die verslag besonderhede
in verband met
koste verstrek word asmede h program en metodes vir die uitvoering van die hele
projek. 'n Aanbeveling moes in verband
met bedrading van huise verstrek word
'aangesien die Komitee begerig was om doeltreffende diens te verskaf maar met
deeglike inagneming
van die koste-aspek.'"
(45)
9.11.79
: Brief verweerder deur Hoofdirekteur
(geteken Stander) aan eiser.
"ELEKTRIFISERINGSPROJEK : SOWETO
Die Uitvoerende Komitee het nou geleentheid gehad om u interim rekening
in
die lig van advies wat oor die aangeleentheid inqewin is
, te oorweeg. Dit
blyk dat u rekening nie volgens u aanstelling opgestel is nie en ten einde die
Raad in staat te stel om die bedrag
waarop u geregtig is, vas te stel, word u
versoek om 'n rekening volgens u aanstelling voor te lê.
Om enige misverstand waaronder u in verband met die aangeleentheid mag
verkeer, uit die weg te ruim,
herinner ons u nogeens aan die terme van u
aanstellinq
. U opdrag was om 'n volledige verslag oor die tegniese aspekte
van die elektrifisering van Soweto aan die Uitvoerende Komitee voor
te lê.
U vergoeding sou geskied op 'n tydsbasis
volgens Vorm 1 van 1976 van die
Vereniging van Raadgewende Ingenieurs se formules. U word nou gevra om u
gedetaileerde
rekening te lewer ten opsigte van die vergoeding waarop u
volgens die qemelde formule gereqtiq
is vir die verslag wat u gelewer
het.
Die voorgaande kronologiese rangskikking en uiteensetting van die bewysstukke
bring onmiddellik twee
76
merkwaardige aspekte van die verweerder se saak na vore, met betrekking tot
die eerste twee van die belangrike geskilpunte wat ek
vroeër genoem het.
Die eerste is dat toe die verweerder in Februarie 1984 'n wysiging van sy pleit
verkry het om die behoorlike
magtiging van sy ampsdraers ten opsigte van die
sluiting van die verbredingsooreenkoms op 28 Julie 1977 in geskil te plaas, dit
nie
alleen die heel eerste keer was dat sodanige magtiging bevraagteken is nie,
maar ook h verweer geopper het wat lynreg in stryd was
met die duidelike
standpunt wat die verweerder se bevoegde organe en verteenwoordigers deurgaans
ingeneem het soos weerspieël
word in die bewysstukke. Die tweede is dat ten
opsigte van die vergoeding van die eiser vir die D-verslag op h
persentasiebasis,
in teenstelling met h tydsbasis, die laaste twee bewysstukke
waarna ek verwys het (par (44) en (45)) h verbysterende
volte face
van
die kant van die verweerder openbaar, in die lig van talle van die voorafgaande
bewysstukke.
77
Daarby kom nog die verdere oorweging dat daar namens die verweerder geen
getuienis voor die Verhoorhof geplaas is om hierdie twee
dramatiese
frontveranderinge te verduidelik nie. Die vraag is nou of daar enige gronde
daarvoor bestaan.
Wat betref die magtiging om die verbredingsooreenkoms aan
te gaan, moet daar eerstens verwys word na die notule van die vergadering
waarop
daar aan Van Niekerk die verbredingsopdrag gegee is -par (8) hierbo. Volgens
daardie notule het Mulder, Venter en Stander
aan die vergadering deelgeneem as
lede van "die Sub-komitee wat deur die Raad aangewys is om die elektrifisering
van Soweto verder
te ondersoek." Die vermelding van "die Komitee" in die laaste
paragraaf van die notule, waarin die verbreding van die eiser se opdrag
uiteengesit word, kan alleenlik h verwysing wees na die "Sub-komitee wat deur
die Raad aangewys is", soos vermeld in die aanvangsparagraaf
van die notule, d w
s Mulder, Venter en Stander. Onthou
78
sal word dat die Raad kragtens die Wet (artikel 11 (1) (b) ) bevoeg was om
van sy bevoegdhede aan 'n onderkomitee oor te dra, en dat
die Uitvoerende
Komitee met 'n soortgelyke bevoegdheid beklee was (artikel 7 (3)). Op die oog af
beskou, weerspieël hierdie
notule gevolglik dat die verbredingsooreenkoms
namens die verweerder aangegaan is deur een van sy organe wat kragtens die Wet
bevoeg
was om aldus op te tree.
In die Verhoorregter se uitspraak het hy met
verwysing na hierdie notule die volgende opmerking gemaak: "Die status van
dié
dokument is egter verdag". Hy het egter nie daarop uitgebrei nie. In
hierdie Hof is daar namens die respondent verskeie redes aangevoer
waarom die
Verhoorregter se opmerking geregverdig was. Alvorens ek na die betoog in
diê verband verwys, is dit geleë om
eers, duideiikheids-halwe, twee
aangeleenthede te vermeld wat
nie
afbreuk kan doen aan die gewig wat die
notule dra nie. Die eerste is dat Stander in 'n beëdigde verklaring wat
79
hy gemaak het in verband met die aansoek om die wysiging van
die verweerder se pleitstukke in Maart 1985, nadat die eiser se saak
reeds
gesluit was, sekere bewerings gemaak het in verband met die tydstip en die wyse
van die totstandbrenging van die notule. Die
Verhoorregter het in die loop van
sy uitspraak na dié beëdigde verklaring verwys en bevind dat die
inhoud daarvan nie
toelaatbare bewysmateriaal in die verhoor gevorm het nie,
omdat dit nie deel van die
viva voc
e getuienis was nie; gevolglik moes
dit buite beskouing gelaat word. Na my mening was hierdie benadering
klaarblyklik korrek, en die
respondent se advokaat het tereg ook nie tot die
teendeel betoog nie. Die tweede punt is dat volgens artikel 11 (1) (b) van die
Wet
slegs lede van die Raad op h onderkomitee kon dien, en Stander was nie so 'n
lid nie. In hierdie verband het die Verhoorregter gesê
dat Stander
"prakties" 'n lid van die onderkomitee was, maar nie "regtens" nie, en dat dit
slegs probleme kon laat ontstaan by h
80 "verdeelde stem", wat nie hier die
geval was nie. Hy het bevind dat die feit dat die Hoofdirekteur ook op die
onderkomitee gedien
het nie die onderkomitee kragteloos gemaak het nie. Ook
hierdie benadering was na my mening klaarblyklik korrek, en weer eens is
die
teendeel tereg nie deur die respondent se advokaat aangevoer nie. Verder is
daar, nog eens tereg, niks gemaak nie van die feit
dat die eiser in sy
pleitstukke beweer het dat die verweerder deur vier persone verteenwoordig was,
terwyl net twee van hulle inderdaad
bevoeg was om namens die verweerder op te
tree; die foutiewe bewering is nie van so h aard dat dit die eiser se saak kan
ontsenu
nie.
Namens die respondent is aangevoer dat die notule wel verdag
was, vanweë die inhoud en die vorm daarvan. Vir dié betoog
is daar
gesteun op die bestaan van h ander notule - par (7) hierbo - wat oënskynlik
betrekking het op h ander vergadering wat
gehou is tussen dieselfde persone op
dieselfde dag, en
81
op 'n stukkie getuienis wat afgelê is deur D J Smith, wat in 1977 die
hoof-komiteeklerk van die verweerder was en wat deur die
eiser geroep is as h
getuie. Daar is op gewys dat die twee notules van 28 Julie 1977 (par (7) en
(8)), langs mekaar beskou, eintlik
geen sin uitmaak nie, omdat hulle oor
verskillende fasette van een en dieselfde projek gaan, maar tog voorgee om 'n
bespreking tussen
dieselfde persone weer te gee. Smith se getuienis was dat
geeneen van die twee notules in die vorm wat hulle is geskik was om opgeneem
te
word in die amptelike stukke van die Raad of die Uitvoerende Komitee nie. Na my
oordeel doen hierdie oorwegings egter nie af aan
die
prima facie
uitwerking wat die tersaaklike notule in par (8) op die oog af het, volgens wat
dit voorgee om te wees nie. Die bestaan van die twee
afsonderlike notules is
weliswaar 'n vreemde verskynsel, maar wat ook al die verklaring daarvoor mag
wees, kan ek nie insien hoe
dit op sigself kan afbreuk doen aan die egtheid of
geldigheid van die
82
notule in par (8) nie. Smith het ook niks van dié aard probeer
sê nie. Die strekking van sy getuienis as geheel was slegs
dat die notules
weergawes was van wat hy genoem het "informele vergaderings", en dat dit daarom
in die amptelike stukke van die verweerder
opgeneem sou kon word slegs indien
dit deel gemaak is van h amptelike verslag wat formeel aan die Raad of die
Uitvoerende Komitee
voorgelê is. Volgens hom sou dit geen ongewone optrede
gewees het nie; dit het trouens dikwels gebeur. Volgens hom was dit
ook nie
vreemd dat Stander self die notules van sulke vergaderings sou versorg het nie.
Die letters "AHS/jb" wat links onder op die
dokumente verskyn, is ook aanwesig
op talle van die erkende amptelike notules van vergader-ings van die Uitvoerende
Komitee wat deel
vorm van die bewysstukke wat in die bostaande uiteensetting
genoem word. Van Niekerk is ondervra oor die twee notules van dieselfde
datum,
maar hy kon geen lig daarop werp nie. Hy het eers van die bestaan daarvan bewus
geword
83
toe die dokumente in die loop van die verhoor vorendag gebring is. Hy het
egter volgehou dat daar net één vergadering
daardie dag
plaasgevind het tussen hom en die ampsdraers van die verweerder. Dit is die
ver-weerder se mense wat die posisie ten
opsigte van die notules kon opgeklaar
het, maar van die verweerder se kant was daar net stilswye. In die omstandighede
moet daar
aan die notule in par (8) die volle gewig geheg word wat dit volgens
voorkoms dra.
Dat daar geen genoegsame rede bestaan om die betrokke notule as
"verdag" te beskou nie, kan aangetoon word deur 'n sprong te neem
na die notule
van h vergadering van die Uitvoerende Komitee wat meer as twee jaar later gehou
is, op 6 November 1979 - par (44) hierbo.
In daardie notule word dit onomwonde
gestel dat die verbredingsopdrag aan Van Niekerk, geformuleer in die woorde van
die gewraakte
notule self (par (8)), tydens h vergadering op daardie datum aan
hom gegee is deur "die Onder-komitee belas met die verdere ondersoek
84 van
die elektrifiseringsprojek". Hier het die Uit-voerende Komitee dus sy eie
stempel van egtheid en geldigheid op die notule afgedruk.
Dit blyk nie uit die
notule in par (44) wie dit was wat op hierdie wyse die notule in par (8) as't
ware goedgekeur het nie, maar
dit kan as waarskynlik aanvaar word dat die
spreker Stander was. In daardie veronderstelling is daar namens die respondent
aangevoer
dat sy "erkenning" nie teen die verweerder toelaatbare getuienis was
nie, vanweë 'n beweerde "beginsel" dat h "erkenning" gemaak
deur een
"agent" van 'n gedingsparty aan h ander "agent" of aan die gedingsparty self nie
teen laasgenoemde toelaatbaar is nie. Dit
is onnodig om op die bestaan of die
trefwydte van die beweerde "beginsel" in te gaan, en ek sê niks daaroor
nie, omdat dit
eenvoudig nie in die onderhawige omstandighede enige aanwending
kan vind nie. Dit gaan nie hier om 'n "erkenning" gemaak deur 'n
indiwidu nie.
Dit gaan om 'n stelling wat in 'n vergadering gemaak word en wat deur die
85
stilswye van al die ander lede van die vergadering met goedkeuring aanvaar
word. 'n Mens het gevolglik hier te doen met 'n amptelike
standpunt-inname van
'n bestuursorgaan van die verweerder self, soos dit opgeneem is in en
weerspieël word deur die notule.
Ek kan aan geen rede dink waarom dit nie
toelaatbaar sou wees teen die verweerder nie. En die gewig wat dit dra is
aansienlik, as
daar in ag geneem word dat die verhouding tussen die partye in
hierdie stadium alreeds in so h mate versuur het dat die Uitvoerende
Komitee
regsadvies ingewin het en met betrekking tot die basis van die eiser se
vergoeding al h totale ommeswaai van standpunt bereik
het.
Die gesamentlike effek van die notules in par (8) en (44) is dat die eiser,
op die minste, 'n
prima facie
saak uitgemaak het dat die verweerder met
die sluiting van die verbredingsooreenkoms behoorlik ver-teenwoordig was deur
persone wat
bevoeg was om hom te verbind. Van die verweerder se kant het daar
niks
86
gekom om die eiser se
prima facie
saak te neutraliseer nie. In betoog
is daar egter sterk gesteun op die feit dat die eiser geen notule vorendag
gebring het van 'n
vergadering van die Raad of die Uitvoerende Komitee om te
bewys dat daar ooit 'n benoeming of aanstelling van 'n onderkomitee was
soos
dié wat genoem word in die notules in par (8) en (44) nie. Met betrekking
tot 'n soortgelyke argument wat in die Hof
a quo
geopper is, het die
Verhoorregter bevind dat die verweerder nie bewys het dat al die tersaaklike
notules voor die Verhoorhof was
nie en dat daar geen grondslag was om tot die
gevolgtrekking te kom dat daar geen notule bestaan het waaruit die aanwysing van
so
'n onderkomitee blyk nie. Na my oordeel is hierdie bevindings onaanvegbaar.
In hierdie Hof het mnr
Burger
die probleem probeer oorbrug deur te verwys
na 'n passasie in die oorkonde waaruit blyk dat die verweerder se destydse
senior advokaat,
mnr
Henning
, in die loop van die verhoor, tydens 'n
debat tussen die advokate oor
87
blootlegging, die stelling gemaak het dat die eiser se prokureur toegang
gehad het tot al die notules van die Raad en die Uitvoerende
Komitee, met enkele
genoemde uitsonderings ten aansien waarvan bevoorregting geopper is, en dat mnr
Muller
, wat ook in die Hof
a quo
namens die eiser opgetree het,
nie dié stelling betwis het nie. Na my mening neem dit die saak vir die
verweerder en die respondent
niks verder nie. Mnr
Muller
was
klaárblyklik in geen posisie om te ontken of te erken dat die verweerder
al die tersaaklike notules ter beskikking van
die eiser se prokureur gestel het
nie. Uit 'n ander passasie in die oorkonde, waarna mnr
Muller
ons verwys
het, blyk die volgende. In die loop van die kruisondervraging van Van Niekerk
het mnr
Henning
getrag om te "boekstaaf" dat al die notules wat aangevra
is aan die eiser se prokureurs beskikbaar gestel is. Hierop het mnr
Muller
beswaar gemaak en gesê dat die Uitvoerende Komitee se
notules nooit blootgelê is nie en dat die eiser se prokureur nog
88
steeds besig was om dié wat beskikbaar gemaak was "deur te gaan". Na
verdere debat het die Verhoorregter teenoor mnr Henning
opgemerk dat dit vir hom
lyk of wat mnr
Henning
te boek wou stel nie gemene saak was nie. Dit is
dus duidelik dat daar nie namens die eiser enige erkenning gemaak is dat al die
tersaaklike notules voor die Verhoorhof was nie. Die moontlikheid is sekerlik
ook nie uitgesluit dat die eiser se prokureurs die
tersaaklike notule kon
misgekyk het nie (dit lyk waarskynlik dat daar 'n massa van die goed was) . In
ieder geval, selfs al sou daar
aanvaar word dat daar geen sodanige notule
bestaan het nie, kan ek nog nie insien hoe dit die verweerder kon gehelp het
nie. Die
nie-vermelding van die aanwysing van h onderkomitee in enige notule van
die Raad of die Uitvoerende Komitee kon bloot 'n fout, vergissing
of versuim
gewees het. Per slot van sake was die benoeming van onderkomitees geen
buitengewone verskynsel nie, soos blyk uit die
getuienis van Smith (en kyk bv
par (2), (14) en (18)
89
hierbo). Effektief kon die
prima facie
bewyskrag van die notules in
par (8) en (44) slegs weerspreek word deur die drie betrokke persone self:
Mulder, Venter en Stander.
Die verweerder het verkies om hulle getuienis van die
Verhoorhof te weerhou. Die respondent kan hom nie op 'n lugleegte beroep om
die
eiser se
prima facie
saak die hoof te bied nie. By ontstentenis van
weerleggende getuienis het daardie saak h afdoende saak geword.
Op die
grondslag dat Mulder en Venter lede van h behoorlik aangestelde onderkomitee was
wat regtens namens die verweerder kon opgetree
het, is die vraag vervolgens of
die sluiting van die verbredings-ooreenkoms binne die omvang van hulle magtiging
geval het. Daar
was geen direkte getuienis hieroor nie, maar 'n afleiding uit
die bewysstukke dat hulle wel aldus gemagtig was, is onweerstaanbaar.
In die
D-verslag, opsigtelik heel aan die begin daarvan (par (11) (a) hierbo), het Van
Niekerk in onomwonde taal die
90 verbreding van sy opdrag uiteengesit;
niemand kon enige twyfel daaroor gehad het nie. Die feit dat sy bewoording
ietwat anders
gelui het as dié in die notule in par (8) is van geen
belang nie. In die daarop-volgende vergadering van die Uitvoerende Komitee
op 8
November 1977 (par (13)) is Van Niekerk se uiteen-setting van sy verbrede opdrag
aangehaal en aanvaar sonder enige kommentaar,
en tydens die vergadering van die
Raad wat op 17 November 1977 gevolg het, het dieselfde gebeur (par (14)). Op
albei die vergader-ings
was die D-verslag ter tafel vir bespreking, en soos blyk
uit die notule van die Raadsvergadering (par (14)) was dit deeglik ontleed
en is
belangrike besluite op grond daarvan geneem. Die lede van die Uitvoerende
Komitee en van die Raad moes noodwendig kennis geneem
het van die feit dat die
D-verslag juis die uitvloeisel was van die verbredingsopdrag wat Van Niekerk
daarin vooropgestel het, en
dit is ondenkbaar dat die behoorlike magtiging van
verteenwoordigers van
91
die verweerder se bestuursorgane om die verbredings-opdrag aan Van Niekerk te
gee nie te berde gebring sou geword het deur iemand
nie, indien daar enige
twyfel daaroor kon bestaan het. Hier reeds is die afleiding geregverdig dat die
lede van die verweerder se
bestuursorgane terdeë bewus was daarvan dat die
ver-bredingsooreenkoms uit hoofde van behoorlike magtiging namens die verweerder
aangegaan was, en dus dat sodanige magtiging inderdaad bestaan het. Daarna word
Van Niekerk se formulering van sy verbredingsopdrag
sonder meer in talle van die
verweerder se stukke opgeneem en aanvaar (bv par (17) en (25)). Daar word ook
besluit om die D-verslag
as basis vir die uitvoering en finansiering van die
projek te aanvaar (par (21 )). Om die kroon op alles te span, is daar die
belangrike
samesprekings wat op 18 Julie 1979 plaasgevind het tussen die
Minister, met sy amptenare, en die verweerder se Uitvoerende Komitee,
met sy
amptenare (par (33) hierbo). Dit was gebaseer op
92
Stander se memorandum (par (32)), wat 'n uitvloeisel was van die vergadering
van die Uitvoerende Komitee op 5 Julie 1979 (par (31)).
Die middelpunt van die
besprekings was die vergoeding wat aan Van Niekerk betaalbaar was vir die werk
wat hy gedoen het. In daardie
samehang sit Stander weer eens in sy memoran-dum
Van Niekerk se verbredingsopdrag in laasgenoemde se eie woorde uiteen. Teenoor
die
Minister verklaar Venter, wat klaarblyklik as spreekbuis van die
Uitvoer-ende Komitee opgetree het, ten aanhore van die ander lede
van die
Komitee, dat Van Niekerk betaal moes word vir die werk wat hy, pertinent,
volgens sy "
wettige opdrag
" gedoen het. Dit is klinkklare bewys dat die
verbredingsopdrag behoorlik gemagtig was. Maar nog is dit die einde nie. Kort na
die
samesprekings, op 20 Julie 1979, wil die Minister presiese inligting he oor
, die verweerder se kontraktuele verpligtings teenoor
Van Niekerk (par (34)
hierbo). In Stander se antwoord (par (36)), wat vanweë sy posisie die
antwoord van die
93
verweerder daarstel, verklaar hy dat die besluit om die verbredingsopdrag te
gee, wat hy uiteensit, voortgespruit het uit verskeie
samesprekings tussen die
Uitvoerende Komitee en Van Niekerk. Sy verwysing na die Uitvoerende Komitee as
sodanig is weliswaar, streng
gesproke, feitlik nie korrek nie, maar die feit dat
hy hierdie stelling maak, beoordeel in die lig van sy vermelding van die
onderkomitee
op die UK-vergadering van 6 November 1979 (par (44)), toon juis
onteenseglik aan dat die optrede van die onderkomitee met die sluiting
van die
verbredingsooreenkoms geskied het met die volle wete en magtiging van die
Uitvoerende Komitee.
Die afleiding van magtiging wat uit die bewysstukke
volg, bied terselfdertyd die antwoord op die betoog namens die verweerder en die
respondent dat die eiser nie bewys het dat daar aan die voorskrifte van die
regulasies voldoen was nie, soos vroeër vermeld.
Dit was nie vir die eiser
nodig om sodanige
94
voldoening te bewys nie. Wat uit die bewysstukke blyk, is 'n reeks
ondubbelsinnige erkennings gemaak deur bevoegde organe en ampsdraers
van die
verweerder dat die verbredingsopdrag geldiglik gegee was en dat die verweerder
daaraan gebonde was. Daardie erkennings het
die eiser se saak uitgemaak en in
die afwesigheid van enige weerleggende getuienis was dit voldoende om die
verweerder aanspreeklik
te hou. Dit is gevolglik onnodig om verder te verwys na
die strekking of die uitwerking van die regulasies.
Tydens die betoog in
hierdie Hof het die respondent se advokaat, toe die bogenoemde aspekte van die
bewysstukke aan hom gestel was,
meer as een keer die submissie gemaak dat die
verweerder se bestuursorgane en ampsdraers ten tyde van die betrokke uitlatings
en
oënskynlike erkennings net nie gedink het aan die vraag van behoorlike
magtiging nie. Die antwoord op die submissie is dat dit
maar net 'n submissie
is: daar is geen getuienis waarop dit
95
gegrond kan word nie. Blote bespiegeling is nie genoeg om die
prima
facie
bewyswaarde van 'n erkenning ongedaan te maak nie. Maar in ieder geval
druis die submissie in teen al die waarskynlikhede. Met die
vergadering van die
Uitvoerende Komitee op 5 Julie 1979 (par (31 ) ) was die koeël reeds deur
die kerk: die Minister het die
elektrifiseringsprojek reeds aan die Swart
Gemeenskapsrade oorgedra en die verweerder se verantwoordelikheid in dié
verband
het tot 'n einde gekom. Voordat dit gebeur het, was dit almal se
stellige verwagting dat Van Niekerk se vergoeding betaal sou geword
het uit die
gelde wat vir die projek beskikbaar gemaak sou word. Toe die verwagte bron
waaruit die vergoeding sou kom onverwags opgedroog
het, was die verweerder in
der waarheid in 'n krisis gedompel, wat sy kontraktuele verpligting teenoor Van
Niekerk betref. Vandaar
juis die vertoë aan die Minister (par (33)). In
hierdie omstandighede is dit in die hoogste mate waarskynlik dat die verweerder
se
96
organe en amptenare deeglik sou besin het oor die vraag in welke mate die
verweerder regtens aanspreeklik gehou sou kon word teenoor
Van Niekerk. Des te
meer sou dit die posisie gewees het toe die verweerder moes antwoord op die
Minister se navraag oor die presiese
kontraktuele verpligtings van die
verweerder teenoor Van Niekerk (par (34) en (36)). Die waarskynlikheid is dat
daar gesoek sou geword
het na 'n uitkomkans om aanspreeklikheid te vermy. Die
erkennings waarom dit gaan, is gevolglik gemaak in omstandighede wat inherent
nie twyfel laat ontstaan oor die waarheid of die korrektheid daarvan nie. Daarna
het die Uitvoerende Komitee goed besef dat die eiser
se rekening "aansienlike
verleentheid" kan veroorsaak (par (38) hierbo), maar Stander vra slegs tyd om
Ministeriële goedkeuring
vir 'n oorbestedingspos te verkry en om die
rekening af te handel (par (40) hierbo), en ten slotte, nadat regsadvies ingewin
is,
sien ons 'n ommeswaai wat die berekening van die bedrag van die
vergoeding
97 betref, maar nog steeds word daar gebly by h aanvaar-ding van
die geldigheid van die verbredingsopdrag (par (44)).
Om bogenoemde redes is
die Verhoorhof se be-vinding dat die verweerder gebonde was aan die
ver-bredingsooreenkoms onaanvegbaar. Wat
hierdie aspek van die saak betref, moet
die respondent se teenappél dus misluk.
Vervolgens bespreek ek die
geskilpunt aan-gaande die grondslag waarop die eiser se vergoeding vir die
D-verslag bereken moet word.
Dit hou verband met die stilswyende beding van die
verbredingsooreenkoms waarop die eiser hom beroep, soos vroeër vermeld. Op
sy beurt hang dit saam met die bevinding van die Verhoorregter, wat ek
vroeër as van kardinale belang beskryf het, dat Mulder
en Venter met die
aangaan van die ooreenkoms totaal onbewus was van h verandering in die
vergoeding, van 'n tydsbasis na h persentasiebasis.
Om hierdie geskilpunt op te los is dit nodig
98
om aandag te skenk aan Van Niekerk se getuienis en aan die waarskynlikhede.
Die twee dinge hang natuurlik saam met mekaar, maar bloot
vir gerief bepaal ek
my eers net by Van Niekerk se getuienis. Ongelukkig sal ek in h mate van
besonderhede daarop moet ingaan, want
die Verhoorregter se kommentaar daarop,
wat strek oor 'n klomp bladsye van sy uitspraak, was in heelwat opsigte na my
mening, met
respek gesê, nie geregverdig en korrek nie, soos ek sal
probeer aantoon. Ek beperk nietemin my bespreking tot die hoofpunte
wat van
belang is. Van Niekerk se getuienis kan ter wille van gerief in twee afdelings
verdeel word, wat hierdie aspek van die saak
betref: eerstens, die gesprekke wat
hy met Stander en Du Plessis gevoer het voor die vergadering van 28 Julie 1977,
en tweedens,
die inhoud van die samesprekings met Mulder, Venter, Stander en Du
Plessis op 28 Julie 1977. Ek behandel dit agtereenvolgens.
In sy hoofgetuienis het Van Niekerk verduidelik dat daar verskeie gesprekke
tussen hom en
99 Stander en Du Plessis plaasgevind het terwyl hy besig was om
te werk aan die uitvoering van sy aanvanklike opdrag (dit is die een
van 3 Junie
1977, soos aanvaar op 6 Junie 1977 - par (5) en (6) hierbo). Tydens daardie
gesprekke het Stander en Du Plessis talle
vrae aan hom gestel in verband met
verskillende aspekte van die elektrifiseringsprojek. Hy het in sy getuienis die
aard en strekking
van die vrae uiteengesit, maar dit is nie nodig om daarop in
te gaan nie. Dit het naderhand so ver gegaan, volgens Van Niekerk, dat
hy aan
Stander gestel het dat om antwoorde op die vrae te gee sou "val heeltemal buite
die bestek van die opdrag" wat aanvanklik
aan hom gegee is, dat dit sou "noop
dat ons moet begin ontwerpwerk doen en 'n basiese ontwerp daarstel", wat nie die
gedagte oorspronklik
was nie, en dat hy gedwing sou word om buite sy opdrag te
gaan. Stander het gesê hy sou 'n vergadering reël, maar etlike
weke
het verbygegaan en nog steeds is daar aan hom verdere vrae gevra. Hy het toe aan
Stander gevra,
100
kan ons nou 'n vergadering kry sodat ons die ding kan "deurbespreek". Dit was
toe op sy versoek dat die vergadering van 28 Julie 1977
plaasgevind het. Van
Niekerk sê dat hy meer as een keer aan Stander sowel as Du Plessis
duidelik laat verstaan het dat wat
hulle "soek" gaan baie verder as wat die
oorspronklike opdrag was. Hy het ook aan hulle gesê dat wat hulle soek 'n
"basiese
ontwerp" was, en dat hulle moet besef dat die vergoeding daarvoor gaan
geskied op 'n ander basis as voorheen, nl dit sou moes op
"fooiskale" geskied.
Hy het dit duidelik gestel aan hulle dat as gevolg van die bykomende werk 'n
basiese ontwerp gedoen sou moes
word en dat die vergoeding "basies verander nou
van die tydtarief na die fooi-skaal toe". Hulle het geen kommentaar gelewer
daarop
nie. In 'n latere stadium van sy hoofverhoor het hy dit so gestel, dat in
die gesprekke voor die vergadering hy aan Stander en Du
Plessis gemeld het dat,
aangesien die werk wat hulle vra soveel breër was, sou "die basis verander
en dus
101 tot 'n tariewebasis moet omskakel". Tydens kruis-ondervraging het
Van Niekerk bygevoeg dat vanweë die "diepte" van die antwoorde
wat van hom
verlang was en die oorgaan na 'n basiese ontwerp, hy op verskeie kere gesê
het dat die "hele basis van die aanstelling"
ver-ander; dat die "hele basis" van
die opdrag verander; dat die "hele prentjie verander geheel en al", soos hy dit
voor die vergadering
in die gesprekke gestel het; en dat hy uitgewys het dat
daar nou in 'n area ingegaan word wat glad nie in die opdrag vervat was
nie.
Met die oog op wat later volg, is dit belangrik om te let op wat Van
Niekerk getuig het met betrekking tot die vermelding van Vorm
1 van die
model-ooreenkoms ten tyde van die gesprekke voor die ver-gadering. Soos in die
getuienis, sal ek kortweg daarna verwys
as Vorm 1. Ek het vroeër die
tersaaklike gedeeltes daarvan aangehaal. Die verskeie stadiums van die gewone
pligte van 'n ingenieur
wat daarin genoem word, is in die getuienis dikwels
102
genoem "fases": fase 1 is die verslagstadium (klousule 3.1.1 met sy
onderafdelings), waarvoor voorsiening gemaak word vir vergoeding
op 'n tydsbasis
volgens Deel IV van die Skedule (klousule 5.1.1), en fase 2 is die voorlopige
ontwerpstadium (klousule 3.1.2 met
sy onderafdelings), ten aansien waarvan
vergoeding bereken word op h persentasiebasis (klousule 5.1.2.1). Dit is gelee
om nou reeds
te noem dat Van Niekerk dwarsdeur sy getuienis dit herhaaldelik
beklemtoon het dat Du Plessis reeds kennis gedra het van Vorm 1 (alhoewel
hy nie
in besit was van een nie en daar tydens die gesprekke en die vergadering nie een
beskikbaar was nie) en dat Du Plessis wel
bewus was van wat in Vorm 1 vervat
was. Dit is teen dié agtergrond dat daar gekyk moet word na Van Niekerk
se verwysings na
Vorm 1 in sy getuienis in verband met sy gesprekke met Stander
en Du Plessis. Reeds in sy aanvanklike uiteensetting daarvan het hy
melding
gemaak van Vorm 1 , in die samehang van die getuienis wat hierbo vermeld is.
103
Gevra oor die basis van vergoeding, het hy getuig dat
" daar is deur my aan hulle gemeld dat
wat hulle soek is h basiese ontwerp en hulle moet besef dat Vorm 1 is nog steeds
van toepassing, maar dit gaan op h ander basis geskied
as voorheen. Dit sal moet
op fooiskale geskied."
Net daarna is hy verwys na sy
aanstellingsbrief (van 3
Junie 1977) waarin daar gepraat word van Vorm 1:
hy
het bevestig dat die aanstelling verwys na Vorm 1 en
"die tydsbasis", en toe bygevoeg:
"Nou Vorm 1 beskryf ook die ander stadium."
h Rukkie
later het hy getuig dat hy vir Stander en Du
Plessis gesê het dat die
vergoeding "basies verander
nou van die tydtarief na die fooiskaal toe". In
die
samehang gelees, kan daar geen twyfel wees nie dat Van
Niekerk se
stelling aan Stander en Du Plessis, dat Vorm
1 "nog steeds van toepassing" sou wees, niks anders
beteken het as dat die
veranderde grondslag van
vergoeding dit sou wees wat in Vorm 1 bepaal word
vir
"die ander stadium", te wete die voorlopige
ontwerpstadium, fase 2 nie.
Dat dit die mededeling
104
was wat Van Niekerk inderdaad aan Stander en Du Plessis
gemaak het, blyk
in soveel woorde uit wat hy op
verskeie geleenthede tydens sy kruisondervraging gesê
het:
"Julle moet verstaan dat die hele basis van die opdrag gaan hiermee verander,
ons gaan 'n basiese ontwerp doen, ons sal in die voor-lopige
ontwerpstadium moet
ingaan."
" daarby sê dat in die gesprekke en met
hierdie uitbreiding dit duidelik uitgespel is om ten volle te antwoord op al die
vrae en probleme wat gestel is, dat ons moet oorgaan
tot die voorlopige
ontwerp-stadium en 'n basiese ontwerp daar stel en daardie verslag sal dan h
beplanningsverslag wees."
"Toe het hierdie dinge gekom, maar die diepte daarvan was nie net die normale
gangbaarheid-studie van fase 1 nie."
"Ek het ook in daardie gesprekke, het ek dit verduidelik dat ons sal moet h
verdere stadium gaan as wat ons oorspronklik sou gegaan
het. Ons sal moet in die
tweede fase ingaan en laat die hele basis van die aanstelling
verander."
Ek kom nou by Van Niekerk
se getuienis oor
wat op die vergadering van 28 Julie 1977 gebeur het.
Hy het 'n vergadering van die Uitvoerende Komitee aange-
vra om die uitbreiding van die opdrag te bespreek, maar
105
toe was dit slegs Mulder en Venter wat bygekom het.
Maar, sê hy,
Mulder en Venter was onderskeidelik die
voorsitter en ondervoorsitter, van
die Raad en die
Uitvoerende Komitee, en hy het aanvaar dat met dié
twee
here daarby "die besprekings wat plaasvind en die
opdragte wat kom
geheel en al is volgens wat gedoen
word binne-in die Administrasieraad as
sulks". Sy
getuienis oor wat op die vergadering gebeur het, is
ingelei met h vraag of hy daar 'n spesifieke
"instruksie" van Du Plessis
gekry het. Sy antwoord
was dat Du Plessis hom gevra het wanneer hy h kopie
kon
kry van Vorm 1 ; dit was toe hulle uitgestap het uit
die kantoor, na
die vergadering. (Vorm 1 was op
daardie stadium uit druk en nie beskikbaar
nie.) Sy
getuienis vervolg dan so:
"Hoekom het hy vir Vorm 1 gevra?
Die rede was, ek het genoem tydens die vergadering dat om die opdrag te kon doen
sou die werk nou op 'n ander basis geskied, en dit
sou wees volgens Vorm 1 . Ek
het ook voor die vergadering, in die gesprekke wat voorafgegaan het, het ek
gemeld, aangesien die werk
en die vrae wat hulle vra soveel breër is, sal
die basis van die ander (
sic
: verander) en dus tot h tariewebasis
moet
106
omskakel.
Dit was voor die 28e? Dit was
voor
die 28e. Ek het toe in die vergadering
genoem, net soos ek dit voorheen
bespreek het
met mnr Du Plessis en Stander, en toe ons
uitstap het Du
Plessis net vir my gesê, kan
hy h kopie daarvan kry
"
(Dit is van belang om daarop te let dat Van
Niekerk sy
verwysing na Vorm 1 regstreeks koppel aan 'n verandering
van
die grondslag van vergoeding "tot 'n tariewebasis".)
Van Niekerk het voorts
daarna verwys dat hy h Vorm 1
aan Du Plessis gestuur het saam met die
D-verslag, op
23 September 1977, soos blyk uit par (9) hierbo.
Gevra na
watter doel dit gedien het, het Van Niekerk
gesê:
"Die vorm kon net dien omdat hy nie een besit het nie, net dat hy kan ten volle
ingelig word oor wat dit bevat, maar hy het reeds
kennis daarvan gedra, van wat
dit behels, of van die vorige vorm eintlik."
Die
verwysing na "die vorige vorm eintlik" is h
verwysing na die bepaalde Vorm 1
wat in hierdie saak
ter sprake is. Ten tyde van die verhoor het daar
reeds h nuwe Vorm 1 die
lig gesien by wyse van
publikasie in die Staatskoerant ingevolge artikel 7
(6)
107
van Wet 81 /1968, maar dit is nie ter sake nie. Van Niekerk het verduidelik
dat hy destyds onder 'n wanindruk was dat nuwe tariefskale
of fooiskale
binnekort afgekondig sou word (kyk par (9) hierbo), maar dat dit toe nie so
gebeur het nie; h nuwe Vorm 1 in die geheel
het eers omtrent 5 jaar later
verskyn. Van Niekerk het voorts verwys na Du Plessis se versoek, na ontvangs van
die D-verslag, om
h voorlopige rekeningstaat te ontvang (par (12) hierbo), en
verduidelik dat hy Du Plessis toe geskakel het en aan hom gesê
het dat hy
(Du Plessis) weet die vergoeding is nou op fooiskale, en aangesien die
verweerder nog nie "fondse van die projek" bekom
het nie, sou hy nie op daardie
stadium reeds 'n rekeningstaat vir hom stuur nie.
In die voorgaande paragraaf
is Van Niekerk se hoofgetuienis oor die vergadering van 28 Julie 1977 opgesom.
Met kruisondervraging het
die uitdrukking "persentasiebasis" vir die eerste keer
in verband met
108
die vergadering voorgekom, in 'n vraag van die
verweer-
der se destydse senior advokaat, wat feitlik verkeerd
was, maar
terselfdertyd insiggewend en verstaanbaar
foutief. Ek haal die vraag en die
antwoord aan:
"U het in u getuienis in hoof gepraat van h stilswyende bepaling van die
ooreenkoms op 28 Julie 1977, dat fooie op 'n persentasie-
basis betaal sou word? Dit is korrek, wat
gebeur het, selfs voor die 28 Julie, in die gesprekke, het ek dit gestel aan
beide mnr Du Plessis en mnr Stander, die basis van alles
wat julle nou van my
verwag is heeltemal breër en dat die basis van vergoeding sal verander. Dit
het ook so gegaan, dit is gemeld
tydens daardie
vergadering."
Die getuie het herhaal dat Du Plessis
hom gevra het om
'n Vorm 1 aan te stuur en dat dit gedoen is, en
byge-
voeg:
"Omdat die verweerder mnr Du Plessis daar ge-had het wat kennis gedra het van
hierdie vorms, moes ek aanvaar dat dit heeltemal duidelik
is vir
hulle."
Later tydens kruisondervraging het die
verweerder se
advokaat weer verwys na "persentasie tariewe", toe hy
aan
Van Niekerk dit gestel het dat hy hom beroep op 'n
stilswyende bepaling dat die verweerder "persentasie
tariewe" sou betaal vir "fase 2 voorlopige ontwerp".
109
Van Niekerk het bevestigend geantwoord en bygevoeg:
" dit was voortdurend duidelik aan hulle
gestel en ek glo nie personeel ens. en die ander persone van die Raad was
oningelig daaromtrent nie. Want ek kan my ook herinner
dat die ondervoorsitter
vir my die vraag gevra het oor die fooie of dit nou die groot bedrag of jy dit
nou vir ons gaan vra. Toe
het ek ook vir hom nog gesê dit kom eers as die
projek se fondse beskikbaar is."
Van Niekerk het
hier verwys na wat op die vergadering
gebeur het. Nog later het hy
herhaaldelik beklemtoon
dat hy op die vergadering dit duidelik gestel het
dat
dit nou nodig geword het om 'n "basiese ontwerp" te
doen, en dat dit
"verander ook die basis van ons
aanstelling". Dit is aan hom gestel dat
Stander sou
getuig dat die fooie-aspek nie op die vergadering
bespreek is
nie, waarop hy geantwoord het dat hy genoem
het dat die basis van die
vergoeding sal verander.
Daar is gepraat oor Vorm 1 en hy het gesê dat
hy dit
sou aanstuur. Op 'n vraag van die Verhoorregter of
dit al was wat
gesê is wat 'n mens in verband kan bring
met h ander tarief, het Van Niekerk geantwoord:
"Dit is korrek. Al wat ek net kan noem, ek het aanvaar dat hulle op hoogte is
van wat
110
aan die gang is, dat hulle op hoogte gestel
is Ek het aanvaar dat hulle ingelig
is deur mnr Stander en mnr Du Plessis."
Gevra oor
die moontlikheid van 'n misverstand, as Mulder
en Venter nie ingelig was nie,
het Van Niekerk gesê dat
hy dit betwyfel, omdat Venter hom nog gevra
het of hy
hulle nou direk met 'n groot rekening gaan konfronteer,
waarop
hy gesê het nee, dit sal kom wanneer die projek
voortgaan. Die volgende
vrae van die Verhoorregter en
Van Niekerk se antwoorde daarop is
belangrik:
"HOF: Is dit pertinent gestel aan enige van die persone, kyk, ek was op 'n
uurtarief, ek gaan nou op 'n persentasie van die kontraks,
of beraamde
kontraksbedrag werk? Is dit so gestel soos ek dit nou aan u stel?
Nee, nie in sulke woorde nie, wat wel
gestel is, is dat die basis van vergoeding in terme van Vorm 1 sal verander, en
daarby is ook aanvaar dat hulle dit duidelik gehad
het wat daarmee bedoel is.
Daar is nie verdere vrae daaroor gevra
nie.
Maar nou op daardie stadium
het
hulle nie Vorm 1 gehad nie? Nee, hulle
was wel bewus wat in die vorige vorm vervat
was. Dit was nie h probleem nie
"
'n Rukkie later kom die volgende voor met
kruisondervraging:
"U het die stelling gemaak dat mnr Mulder op 28 Julie 1977, as
ek u reg verstaan
het, kennis gedra het van die inhoud
van Vorm 1? Die stelling wat ek wel
gemaak
het is dat ek vertrou dat hy
ingelig was deur
111
die, sy amptenare.
Nee, omtrent drie, vier antwoorde terug het u gesê dat Mulder, hulle,
ingesluit was mnr Mulder, kennis gedra het van Vorm 1?
Ja, ek het so aanvaar. 'n Mens aanvaar
dat daardie mense ingelig word deur hulle
amptenare."
Vervolgens kom ek by die
Verhoorregter se
kommentaar oor Van Niekerk se getuienis. Hy het dit
ingelei deur op te merk dat hy dit nie onkrities kon
benader nie, al staan
dit onbeantwoord. Daarmee kan
natuurlik nie fout gevind word nie. Die
probleem wat
ek ondervind is dat die Verhoorregter in die loop van
die
daaropvolgende bladsye van sy uitspraak dit, vir my
altans, nie heeltemal
duidelik aangestip het watter
presiese aspekte van Van Niekerk se getuienis
hy as
gevolg van h kritiese beskouing daarvan verwerp het
nie. Duidelike
bevindings is wel gemaak ten aansien
van bepaalde waarskynlikhede, onder meer
met betrekking
tot Mulder en Venter se kennis van 'n vergoedingsver-
andering tydens die vergadering. Daarop kom ek later
terug. Maar die Verhoorregter het geen kommentaar
112 gelug oor Van
Niekerk se gedrag of voorkoms in die getuiebank of die indruk wat hy as 'n
getuie geskep het wat betref geloofwaardigheid
nie. Die kritiek op sy getuienis,
afgesien van die oorweging van die waarskyn-likhede, skyn inhoudelik van aard te
wees. Aan die
ander kant kan die beoordeling van die gehalte van 'n getuie nie
losstaan van 'n oorweging van die waarskyn-likhede en die inhoud
van sy
getuienis nie, en ek wil my weerhou daarvan om afbreuk te doen aan enige
onuit-gesproke voordeel wat die respondent kan toekom
weens die feit dat die
Verhoorregter die geleentheid gehad het om die getuie self waar te neem terwyl
hy getuig het. Te midde van
hierdie probleme wil ek egter dadelik een ding
duidelik stel: uit 'n noukeurige ont-leding van die Verhoorregter se kommentaar
staan
dit vas, na my oordeel, dat hy in 'n fundamentele opsig, met eerbied
gesê, die aard en die strekking van Van Niekerk se getuienis
verkeerd
beoordeel het, wat nie weggerede-neer kan word deur enige voordeel
voortspruitend uit sy
113 waarneming van die getuie nie. In die stap vir stap
bespreking wat volg sal ek my daarop toespits, en slegs sydelings na ander
aspekte verwys.
Ter aanvang het die Verhoorregter verwys na die
openingsbetoog wat deur die eiser se advokaat gelewer is en bevind dat Van
Niekerk
se getuienis "uit-eindelik wesenlik" daarvan verskil het. Ek stem, met
eerbied, nie daarmee saam nie, maar ek is nie van voor-neme
om verder daaroor
uit te wei nie. Dit is genoeg om te sê dat Van Niekerk nie gedurende
kruisonder-vraging aangeval is op hierdie
punt nie en dus nooit die geleentheid
gegun is om dit op te klaar nie; uit billikheid kan dit dus nie teen hom gereken
word nie.
Daarna het die Verhoorregter kortliks opgesom wat Van Niekerk op
verskillende stadiums getuig het, en uit kommentaar tussenin kom
dit voor dat
die Verhoorregter van mening was dat sy getuienis nie deurgaans standhoudend was
nie en dat gedeeltes daarvan eers laat
in die loop van sy getuienis na vore
gekom het (met die
114
suggestie daarby dat dit dan nagedagtes was). Van
Niekerk is oor die
onderhawige aspek van die saak
ondervra op verskillende geleenthede oor h
tydperk van
nie minder nie as 5 hofdae, en ek moet sê dat met
die
ontleding van sy getuienis ek nie dieselfde ongunstige
indrukke
daarvan gekry het as die Verhoorregter nie.
Natuurlik was sy getuienis nie
foutloos of vlekloos nie
(watter getuienis van diê aard is ooit?). Maar dit is
nie nodig om
verder op die puntjies van kritiek in te
gaan nie, want sover ek kan oordeel
het dit nie op sig-
self gelei tot 'n verwerping van enige spesifieke deel
van sy getuienis
nie.
Die Verhoorregter het sy oorsig van Van
Niekerk se getuienis afgesluit met die volgende
kommentaar:
"Aan geeneen van die betrokkenes is dit ooit gestel dat van h uurtarief
oorgegaan word na 'n persentasie van die kontraksbedrag nie.
Wat gestel is, is
dat die basis van vergoed-ing in terme van Vorm 1 sal verander. Daarby het eiser
[Van Niekerk] dan aanvaar dat
die hoorders geweet het wat bedoel
word."
Oenskynlik verwys die Verhoorregter hier na
wat op die
115 vergadering self gebeur het. In diê verband is sy
kommentaar letterlik korrek. Maar soos dit staan, is dit klaarblyklik
nie 'n
volledige weergawe van die kern van die strekking van Van Niekerk se getuienis
as 'n geheel nie; en in die onvolledigheid
van die weergawe lê daar
opgesluit 'n verwronge beeld van die trefkrag van Van Niekerk se getuienis. Ek
dink dit volg vanself
uit die uiteensetting van die getuienis wat ek hierbo
gegee het. Terselfdertyd bevat die Verhoor-regter se aangehaalde kommentaar
ook
die kiem van wat ek hierbo beskryf het as 'n verkeerde beoordeling van Van
Niekerk se getuienis in h fundamentele opsig. Dit
is miskien gerade om op
hierdie stadium reeds te ver-duidelik wat ek in gedagte het. Dit het betrekking
op die uitdrukking "in terme
van Vorm 1", met verwysing na Van Niekerk se
stelling dat die basis van vergoeding sou verander. In isolasie beskou, is die
uitdrukking
moontlik vatbaar vir die uitleg dat die kwessie van vergoeding vir
die bykomende werk eenvoudig en sonder
116 meer bepaal sou word aan die hand
van Vorm 1; dus dat Vorm 1 op sigself staande, in sy geheel, sou aandui wat die
vergoeding sou
wees. In soverre daar sprake was van 'n "verandering" van die
grondslag waarop die vergoeding bereken sou word, sou dit dus opgevat
moet word
in die sin van "verandering
indien enige
", na gelang van die bepalings
van Vorm 1. Dit is inderdaad die benadering wat die Verhoorregter in effek
toegepas het, soos weldra
sal blyk. Maar ek het, met alle eerbied, geen twyfel
nie dat so 'n benadering hoegenaamd nie versoenbaar is met Van Niekerk se
getuienis
nie. Soos blyk uit my opsomming hierbo van Van Niekerk se getuienis
oor wat hy aan Stander en Du Plessis meegedeel het met betrekking
tot Vorm 1 se
toepaslikheid, in sy gesprekke met hulle voor die vergadering, is dit heeltemal
onmoontlik om te bevind dat hy die
uitdrukking "in terme van Vorm 1" gebruik het
in die sin wat ek so pas aangedui het. Sy getuienis is volkome duidelik: die
bykomende
werk wat
117 van hom verwag was, het op sigself meegebring dat die
opdrag verander het van 'n opdrag om fase 1 werk te doen na opdrag om f
ase 2
werk te doen, en dit het op sy beurt vanself meegebring dat die grondslag van sy
vergoeding en die berekening daarvan verander
het. Vorm 1 was alleenlik ter
sprake in die beperkte sin dat die toepaslike tarief van sy vergoeding vir die
reeds veranderde fase
2 werk (die "fooiskale") daarin gevind sou word. En dan
moet daarby gevoeg word dat vir iedereen met selfs net h oppervlakkige kennis
van Vorm 1 dit onmiddellik duidelik sou gewees het dat die basis van sy
vergoeding sou verander van die tydtarief wat dit voorheen
was tot die
persentasietarief wat in Vorm 1 vervat is met betrekking tot voorlopige
ontwerp-werk soos bedoel in fase 2. Dit, en niks
anders nie, is die betekenis
van Van Niekerk se getuienis dat hy aan Mulder en Venter gesê het dat die
basis van vergoeding
in terme van Vorm 1 sal verander en dat hy vertrou en
aanvaar het dat hulle deur hulle amptenare
118
(Stander en Du Plessis) ingelig sou gewees het oor wat
dit sou behels.
Na die Verhoorregter die aangehaalde
kommentaar gelewer het wat ek so pas bespreek het, het
hy gesê dat
uit sy opsomming van die getuienis die
volgende blyk:
"Dat daar 'n wesenlike verskil is tussen die pleitstukke en die openingsbetoog
enersyds en die eiser [Van Niekerk] se getuienis andersyds.
En dat die eiser
algaande poog om die saak te versterk".
Ek het reeds
na die openingsrede verwys. Wat die
pleitstukke betref, is dit geleë om
nou volledig aan te
haal hoe die eiser die beweerde stilswyende beding
ge-
formuleer het. In par 3 van sy besonderhede van vor-
dering het hy sy
aanvanklike aanstelling van 3 Junie
1977 en die aanvaarding daarvan op 6 Junie 1977 uiteen-
gesit, en in par 4 het hy die verbredingsooreenkoms van
28 Julie 1977 uiteengesit. Par 5 van die besonderhede
van vordering lui dan soos volg:
"5. Dit was 'n stilswyende bepaling van die aanvulling waarna in paragraaf 4
hierbo verwys is, dat die
119
Verweerder die Eiser vir die dienste wat daardeur meegebring is sowel as
dienste wat toe reeds ge-lewer was ingevolge die ooreenkoms
vermeld in paragraaf
3 hierbo
sou verqoed op die basis van vergoedinq volqens die standaardtariewe
vir die verslag- en voorlopige ontwerp-stadium
en gedeeltelike funksies,
soos uiteengesit in Vorm 1
van die Modelooreenkoms tussen kliënt en
raadgewende ingenieur in verband met ingenieurswerk."
Tussen die woorde wat ek onderstreep het, kom daar die
woorde voor: "en
gedeeltelike funksies". Hierdie
deeltjie van die beweerde stilswyende term
word nie ge-
dek deur Van Niekerk se relaas van sy samesprekings
nie. Ek
sal later hierop terugkom. Maar ek glo nie
dit is wat die geleerde Regter in
gedagte gehad het
nie; as 'n mens kyk na die samehang van sy
berede-
nering, moes hy die woorde wat ek onderstreep het in
gedagte gehad
het. Ek kan, met alle eerbied, nie
begryp hoe daar gesê kan word dat
daar 'n wesenlike ver-
skil is tussen die pleitskrif en die getuienis
nie.
In albei word daar in wese na Vorm 1 verwys as die
dokument waarin
die toepaslike tarief van vergoeding
vir werk in die voorlopige
ontwerp-stadium aangedui
120
word. Ek kan gevolglik nie met die Verhoorregter se opmerking oor h verskil
saamstem nie. Wat betref sy verdere opmerking dat Van
Niekerk algaande gepoog
het om sy saak te versterk, moet ek sê dat na die sorg-vuldigste
bestudering van sy getuienis ek ook
nie daar-mee kan saamstem nie. In die lig
van wat volg hoef ek egter nie verder daaroor uit te wei nie.
Daarna het die
Verhoorregter die waarskynlik-hede bespreek ten opsigte van die vraag of daar
tydens die vergadering gepraat is oor
'n verandering van die eiser se grondslag
van vergoeding, en in die loop van dié bespreking tot sy bevinding gekom
dat Mulder
en Venter totaal onbewus was van enige sodanige verander-ing. Ek laat
hierdie aspek vir eers eenkant, en kom later daarop terug.
Voorts het die Verhoorregter in drie kort paragrawe van sy uitspraak aangedui
wat hy aanvaar het ten opsigte van die samesprekings
voor en ten tyde van die
vergadering. Ek verwys agtereenvolgens na
121
hierdie drie paragrawe. Eerstens sê hy:
"Ek aanvaar, by gebrek aan teenspraak, dat die eiser [Van Niekerk] aan Mulder en
Venter op die vergadering meegedeel het dat die
verbrede opdrag ontwerpwerk sou
inhou."
Dit is die enigste passasie in die uitspraak
waarin
aangedui word dat die Verhoorregter enige gedeelte van
Van Niekerk se
getuienis oor wat op die vergadering
gebeur het, aanvaar het. Skynbaar het hy
nie eens
aanvaar dat Van Niekerk op die vergadering genoem het
dat h
"basiese ontwerp" nodig sou wees nie. Dit wil
dus voorkom dat die
Verhoorregter, met die uitsondering
van die vermelding van "ontwerpwerk", die
geheel van
Van Niekerk se relaas van die vergadering verwerp het.
Dit is
'n krasse bevinding, wat oënskynlik slegs gegrond
is op die Verhoorregter se beoordeling van die waar-
skynlikhede. Ek sal later probeer aantoon dat die
veronderstelling dat
hoegenaamd niks tydens die ver-
gadering gesê is oor die vergoedingsaspek nie, h sterk
uitwerking
het juis op die beoordeling van die waar-
skynlikhede, wat die Verhoorregter nie raakgesien het
122
nie.
Tweedens word daar gesê:
Ek aanvaar ook dat Du Plessis as Siviele Ingenieur in die bree bewus moes gewees
het van die wyse waarop gelde bereken word deur
ingenieurs, al het hy nie Vorm 1
gehad nie."
Die kwalifikasie van Du Plessis se
kennis van Vorm 1
deur die woorde "in die breë" is nie gebaseer op
enige
getuienis voor die Verhoorhof nie. Dit kom nie van Du
Plessis nie,
wat dit kon kom sê het as dit die geval
was, en dit kom ook nie van Van
Niekerk nie.
Laasgenoemde se getuienis was inteendeel dat Du Plessis
wel
bewus was van wat in Vorm 1 vervat was. Daar is
niks onwaarskynlik in hierdie
getuienis nie. Dit is
wat 'n mens van 'n ingenieur soos Du Plessis sou
verwag.
Na my mening moet daar dus aanvaar word dat Du Plessis
kennis gedra het van die inhoud van Vorm 1 , in so 'n
mate, minstens, dat
hy onder geen misverstand kon
verkeer het oor die betekenis en die gevolge van wat
Van Niekerk aan hom meegedeel het aangaande die
verandering van die basis van sy aanstelling en van sy
123
vergoeding vanweë die oorskakeling van fase 1 werk na
fase 2 werk toe
nie.
Derdens sê die Verhoorregter:
"Ek aanvaar dat aan Stander en Du Plessis voor die vergadering van 28 Julie 1977
meegedeel is dat die omvang en wydte van die versoeke
van die verweerder 'n
verbrede opdrag noodsaak, en dat hy dan 'n basiese ontwerp sal moet doen, en dat
die basis van sy aanstelling
dan verander."
Opgelet
sal word dat hier geen verwysing is na enige
vermelding van 'n verandering
van die grondslag van Van
Niekerk se vergoeding nie. Alhoewel die paragraaf
op
die oog af voorgee om alles te noem wat die Verhoor-
regter aanvaar het
in verband met die gesprekke voor
die vergadering, en dus by implikasie
verwerp wat nie
genoem is nie, kan ek vir geen oomblik glo dat dit is
wat
die Verhoorregter werklik bedoel het nie. Dit sou
beteken dat die
Verhoorregter in effek 'n streep getrek
het deur alles wat Van Niekerk getuig het aangaande sy
besprekings met Stander en Du Plessis met betrekking
tot die verandering van die grondslag van sy vergoed-
ing, en die verandering van 'n tydsbasis na 'n
124
tariefbasis of "fooiskale" toe, asook die oorskakeling van fase 1 werk na
fase 2 werk. Sy getuienis oor hierdie aangeleenthede het
ek reeds vroeer
opgesom, ook met verwysing na Vorm 1. 'n Beskouing van daardie ge-tuienis toon
aan dat by gebreke van enige weerspreking
daarvan, daar geen gronde bestaan
waarop dit verwerp sou kon word nie. Van Niekerk kon nie net 'n fout ge-maak het
met die aflê
van daardie getuienis nie; dit is ondenkbaar. As die
getuienis nie aanvaar word nie, kan dit alleen wees op die basis dat Van Niekerk
doelbewus gefabriseerde, leuenagtige getuienis afgelê het oor die
kernaspek van sy gesprekke met Stander en Du Plessis. Ek
kan nie glo dat die
Verhoorregter tot so 'n verregaande bevinding sou gekom het sonder enige
motivering daarvan nie. Gevolglik is
ek van mening dat hierdie saak beoordeel
moet word op grondslag van die aanvaarding van al die aspekte van Van Niekerk se
getuienis
aangaande sy gesprekke met Stander en Du Plessis voor die
vergadering.
125
Nadat die Verhoorregter die bestaan van die stilswyende beding waarop die
eiser steun, verwerp het, het hy soos volg voortgegaan:
"Wat is dan die vergoeding?
Myns insiens vergoeding gebaseer op Vorm 1. Dit is trouens die eiser se saak dat
die vergoeding op Vorm 1 gebaseer moet word.
Die eiser wou egter verder gaan in sy getuienis. Daarmee het ek gehandel.
In die lig van die getuienis voor my bevind ek dat Vorm 1 stilswyend deel vorm
van die ooreenkoms tussen die partye. Eerstens omdat
dit die saak op die
pleitstukke is, tweedens omdat die getuienis daarop dui en derdens (alles in die
alternatief), omdat die partye
in ieder geval bedoel het dat die ge-bruiklike
vergoeding betaalbaar is en Vorm 1 die gebruiklike vergoedingsbasis
uiteensit."
Ek verskil, met die grootste eerbied,
met die Verhoor-
regter in die bogenoemde benadering, in sy geheel en
in
elke onderafdeling daarvan. Dit is hier waar sy
fundamentele fout,
waarna ek vroeër verwys het, tot
uiting kom. Dit was nooit die eiser se
saak dat "die
vergoeding
op Vorm 1
qebaseer
moet word" met
verwysing
na Vorm 1 in sy geheel en met al sy bepalings nie; nie
in sy pleitstukke nie en nie in Van Niekerk se
126
getuienis nie, en Van Niekerk wou ook nie in sy
getuienis verder gaan as
wat die eiser se saak altyd
was nie. Die saak van die eiser en Van Niekerk
se
getuienis was steeds tot die effek dat Vorm 1 slegs
gedien het as 'n
verwysingsmeganisme, as h aanduiding
van die bron waar die toepaslike
vergoedingstarief aan-
getref sou word op die grondslag van 'n
verbredings-
opdrag wat voorlopige ontwerp en dus fase 2 werk sou
omvat
het. Daar was inderdaad geen regverdiging in
die getuienis om Vorm 1 in sy
geheel stilswyend te
verhef tot deel van die ooreenkoms tussen die
partye
nie. So h bevinding druis ook in teen die getuienis
wat Van Niekerk
gegee het, toe hy daaromtrent gevra is,
nl dat
" die dokument afgestuur was vir inlig-
ting en nie om 'n formele kontrak te
sluit op daardie basis."
Die inligting was
klaarblyklik net van die tarief wat
betaalbaar was vir werk in die voorlopige ontwerp-
stadium.
127
Met die uitgangspunt dat Vorm 1 as geheel
deel was van die ooreenkoms tussen die partye, het die
Verhoorregter
voortgegaan en 'n uitleg aan Vorm 1 geheg,
waarvolgens hy bevind het dat die
verbredingsopdrag
binne die bestek van die verslagstadium, fase 1,
geval
het. Omdat ek nie saamgaan met die uitgangspunt nie,
is dit nie vir my nodig om die uitleg van Vorm 1 as
sodanig te bespreek nie. Dit is egter nodig, om my
eie siening van die
saak in perspektief te stel, om te
verwys na enkele van die opmerkings wat
die
Verhoorregter in hierdie verband gemaak het. Ter
aanvang moet daar
genoem word dat die Verhoorregter in
'n ander deel van sy uitspraak bevind
het dat die D-
verslag inderdaad 'n voorlopige ontwerp bevat het.
Dié
bevinding was gegrond op die getuienis van Van Niekerk
en vyf deskundiges wat namens hom geroep is. Die
teenstrydige getuienis van Conradie kan nie hierteen
opweeg nie, vanweë ernstige gebreke in sy getuienis,
waarop ek nie hoef in te gaan nie. Die bevinding van
128
die Verhoorregter op hierdie punt is na my oordeel
ongetwyfeld korrek en
dit is tereg nie namens die
respondent in hierdie Hof aangeveg nie. Die werk
wat
die eiser vir die verweerder gelewer het, soos
beliggaam in die
D-verslag, was dus in der waarheid
werk wat geval het in die voorlopige
ontwerpstadium,
fase 2 van Vorm 1 . Die Verhoorregter het egter
bevind dat die feit dat
die eiser verder gegaan het as
wat normaalweg die geval sou wees in
die
verslagstadium, fase 1, tot Van Niekerk se eer strek
maar dat dit nie
die basis van die opdrag verander nie
en dat dit geen gewig dra nie, en
daarby gesê:
"Wat aangevra was, was 'n verslag. Wat gelewer was, was 'n
verslag."
As 'n feitlike stelling is hierdie
uitlating, met
respek, so h oorvereenvoudigde halwe waarheid dat dit
as verkeerd bestempel moet word. Die volle
werklikheid is dat daar
aanvanklik 'n verslag in fase 1
aangevra was en dat daar uiteindelik h voorlopige
129
ontwerp in fase 2 gelewer is. Dit is h omstandigheid wat sterk gewig moet dra
by die beoordeling van die waarskynlikhede met betrekking
tot wat ten tyde van
die verbredingsooreenkoms beoog was. In hierdie verband is dit insiggewend om in
die verbygaan te verwys na
Van Niekerk en Stander se siening van die effek van
die verbredingsooreenkoms, soos dit blyk uit die bewys-stukke. Op 23 September
1977, saam met die D-verslag, skryf Van Niekerk h brief aan die verweerder se
voorsitter, par (10) hierbo, waarin hy twee keer verwys
na dinge wat dalk
verbeter kan word met die "detailontwerp". Dit is fase 3 werk wat in die
voor-uitsig gestel word as volgende op
die D-verslag. Van Niekerk het dus uit
die staanspoor uit in die dokument-asie uitgegaan van die standpunt dat fase 2
met die D-verslag
afgehandel is. Baie later, op 6 Augustus 1979, toe Stander
verslag moet doen aan die Minister, skryf hy 'n brief, par (36) hierbo,
waarin
hy in die samehang van die geskiedenis van die verbredingsopdrag
130
vertel dat dit riskant sou gewees het om beplanning en uiteindelike besluit
te baseer op enigiets behalwe "'n basiese ontwerp" - die
einste uitdrukking wat
Van Niekerk in sy getuienis gebruik het in verband met sy verduideliking aan
Stander en Du Plessis (en ook
op die vergadering met Mulder en Venter) dat die
basis van sy aanstelling en sy vergoeding sou verander. Hierdie
dokumentêre
getuienis is strydig met die Verhoorregter se bogenoemde
benadering. Nietemin bevind die Verhoorregter verder dat om in die tweede
fase
te val, nl die voorlopige ontwerpstadium, moet daar 'n opdrag van die
kliënt wees om voort te gaan, "to proceed", vo-lgens
klousule 3.1.2 van
Vorm 1, en dat die ver-bredingsopdrag nie so 'n opdrag was nie. Hierdie uit-leg
is ook in stryd met die deskundige
getuienis wat namens die eiser gelei is,
waaruit dit blyk dat dit kan gebeur en inderdaad gebeur, dat 'n kliënt fase
1 oor-slaan
en direk h fase 2 opdrag gee, en vanselfsprekend moet dit so wees;
klousule 3.1.2 se verwysing na
131
"instruction to proceed" is klaarblyklik bedoel om te
geld slegs as daar
inderdaad 'n voorafgaande fase 1
opdrag was, wat reeds uitgevoer en
afgehandel is. Ten
slotte dan, bevind die Verhoorregter dat
die
verbredingsopdrag
"in die verslagstadium geval het en dat dit dus gegee is met die stilswyende
bepaling dat vergoeding op 'n tydsbasis betaalbaar
is."
Hierdie bevinding is so lynreg strydig met Van
Niekerk
se getuienis, selfs net met betrekking tot wat vóór
die
vergadering gebeur het, dat dit na my oordeel
onaanvaarbaar is.
Daarmee kom ek nou by die Verhoorregter se
kardinaal belangrike bevinding dat Mulder en Venter op
die vergadering van
28 Julie 1977 "totaal onbewus" was
daarvan dat hulle met die
verbredingsopdrag die basis
van die eiser se vergoeding verander het op die
manier
wat deur hom aangevoer word. My eie benadering tot
die beoordeling
van Van Niekerk se getuienis oor wat op
die vergadering gebeur het, het as
uitgangspunt h
132
beskouing vanuit 'n gans ander hoek as dié van die Verhoorregter.
Alvorens ek die waarskynlikhede oorweeg wat by hom gewig
gedra het, sal dit
geleë wees om eers my benadering te verduidelik.
Die agtergrond van die
vergadering is die voorafgaande gesprekke wat tussen Van Niekerk en Stander en
Du Plessis plaasgevind het.
Dit is na my oordeel die onvermydelike beginpunt wat
oorweeg moet word voordat die gebeure op die vergadering self in oënskou
geneem word. Soos ek vroeër aangedui het, bestaan daar geen gronde om in
enige opsig Van Niekerk se getuienis oor die inhoud
van daardie gesprekke in
twyfel te trek nie. Dit staan onweerspreek en bevat inherent geen
onwaarskynlikhede nie. Inteendeel is my
mening dat dit inherent waarskynlik is
dat Van Niekerk sou opgetree het soos hy getuig het. Met die besef dat die
antwoorde op die
vrae wat aan hom gestel is hom sou verplig om van fase 1 werk
oor te gaan na fase 2 werk, wat, soos elke ingenieur sal weet, 'n
133
ander, baie meer lonende vergoedingsgrondslag inhou, is dit skaars denkbaar
dat hy die aangeleentheid nie met Stander en Du Plessis
sou opgeneem het nie. Hy
doen dit dus, en verduidelik aan hulle die implikasies van die veranderde
situasie. Du Plessis weet waarvan
hy praat, en dat Stander, die senior man, met
die tegniese man, Du Plessis, aan sy sy, ook ingelig sou gewees het en sou
begryp het
waaroor dit gaan, is so waarskynlik dat dit as 'n feit aanvaar moet
word. Om tot 'n voorlopige ontwerp oor te gaan, met die verandering
van die
vergoedingsgrondslag wat dit inhou, is so belangrik dat Van Niekerk 'n
ontmoeting met die Uitvoerende Komitee aanvra om op
hoër vlak sy
verbredingsopdrag be-vestig te kry; en toe die saak sloer, dring hy aan op so 'n
vergadering. Die hele doel van
die vergadering was dus om h verbredingsopdrag te
verkry waardeur die grondslag van die vergoeding waarop Van Niekerk gereg-tig
sou
word vir sy werk, drasties sou verander. Stander en Du Plessis het geweet
wat die doel van die
134
vergadering was, en met daardie kennis het hulle die vergadering
gereël.
Die belangrikheid van die voorgaande agtergrond blyk dadelik en
duidelik as 'n mens die vraag vra: wat was Mulder en Venter se kennis
van die
omstandighede onmiddellik voor die vergadering h aanvang geneem het? Die vraag
beantwoord homself: dit is ondenkbaar dat
Stander en Du Plessis nie aan Mulder
en Venter vooraf sou verduidelik het wat die doel van die vergadering was nie,
en hulle kon
eenvoudig nie die doel daarvan verduidelik het sonder om aan Mulder
en Venter oor te dra dat Van Niekerk se vergoeding as gevolg
van die verbreding
van sy opdrag ingrypend sou verander nie. Daarby moet daar in gedagte gehou
word, soos vroeër in hierdie
uitspraak bevind is, dat Mulder, Venter en
Stander as 'n onderkomitee deur die Raad of die Uitvoerende Komitee aangestel is
met h
mandaat om die verbredingsooreenkoms met Van Niekerk aan te gaan. Die hele
beeld van die
135 voorafgaande besprekings, die reëling van die
vergader-ing en die magtiging aan die onderkomitee om die oor-eenkoms aan te
gaan, is na my oordeel onversoenbaar met die gedagte dat Mulder en Venter
onbewus was van die feit dat die verbredingsopdrag tot
gevolg sou hê dat
Van Niekerk se vergoedingsgrondslag sou verander van h tydsbasis na 'n
persentasiebasis.
Die waarskynlikhede kan ook op 'n ander manier getoets
word. Die Verhoorregter het skynbaar bevind, soos vroeër aangedui, dat
daar
op die vergadering niks gesê is wat Mulder en Venter kon laat dink het dat
Van Niekerk se vergoedingsgrondslag sou verander
nie. As dit so was, dan sou die
posisie moes gewees het dat Stander en Du Plessis,wat geweet het dat Van Niekerk
die vergadering
wou gehad het juis met die oog op die verandering van sy
vergoedingsbasis, bewus was tydens die vergadering dat die spesifieke punt
nie
in die bespreking geopper is nie. Hulle sou dan ook moes ge-weet het dat Van
Niekerk die vergadering verlaat het
136
met'n verbredingsopdrag, salig onder die indruk dat sy vergoedingsverandering
aanvaar is, terwyl dit in werklikheid nie so was nie
omdat Mulder en Venter niks
daarvan geweet het nie en ook nie deur hulle tot ander insigte gebring is nie.
Ek kan nie glo dat Stander
en Du Plessis hulle aan sulke onderduimse gedrag sou
skuldig gemaak het nie. Dit is die oorweging wat ek in gedagte gehad het toe
ek
vroeer gesê het dat die veronderstelling dat niks oor die vergoedingsaspek
op die vergadering gesê is nie, 'n sterk
uitwerking het op die beoordeling
van die waarskynlikhede, wat die Ver-hoorregter nie raakgesien het nie. Die
waarskynlik-hede is
dan juis dat daar wel oor die vergoedingsaspek gepraat is,
soos deur Van Niekerk getuig is. Die verdere gevolg wat voortvloei uit
die
voorgaande oor-wegings is dat Van Niekerk se aanvaarding, soos hy getuig het,
dat Mulder en Venter deur die amptenare, Stander
en Venter, ingelig is oor die
effek van ver-goeding vir "basiese ontwerp" (synde voorlopige ontwerp
137
in fase 2) 'n geregverdig aanvaarding was wat tegelyk ook feitlik korrek
was.
Nou, die waarskynlikhede waarop die Verhoor-regter sy bevinding gegrond
het: dit het hoofsaaklik gewentel om die finansiële omvang
van die
veranderde vergoedingsbasis. Die Verhoorregter het genoem dat die eiser se
vergoeding met "potensieel R1 miljoen" verhoog
sou word - dit is 'n syfer wat
ontleen is aan 'n toegewing wat uit Van Niekerk verkry is in die loop van sy
kruisondervraging. Die
Verhoorregter het gesê dat die syfer ver bo die
vermoëns van die verweerder gelê het, dat die verweerder se
finansiële
posisie "haglik" was, dat die elektrifiseringsprojek nie op die
verweerder se begroting was nie en dat die verweerder "bekommerd"
was oor die
gelde van 'n konsultant wat 'n tweede mening moes gee oor die EMS-verslag.
Laasge-noemde gedagte is blykbaar gebaseer
op die notule van die UK-vergadering
van 10 Mei 1977, par (3) hierbo, waaruit blyk dat daar vasgestel sou word wat
die advies
138
van ander konsultante die verweerder sou kos, maar waarin ek nie tekens van
"bekommernis" kan bespeur nie. Die verwysing na die verweerder
se
finansiële posisie as "haglik" is blykbaar gebaseer op Van Niekerk se
getuienis dat, as hy na die lewering van die D-verslag
'n rekening vir sy gelde
aan die verweerder gelewer het, dit vir die verweerder groot verleentheid sou
veroor-saak het aangesien
die verweerder nie oor fondse beskik het om dit te
betaal nie. Na my mening was die ver-weerder se finansiële posisie egter
nie werklik ter sake ten opsigte van die verhoogde vergoedingstarief nie. Van
Niekerk het dit uit die staanspoor uit duidelik gemaak
dat sy vergoeding betaal
sou kon word uit die fondse wat vir die uitvoering van die projek self
beskikbaar gemaak sou word. Daar
was nooit enige sprake dat die verweerder self
die koste van die projek sou kon bybring nie. Dit was altyd duidelik, van die
begin
af, dat die projek befonds sou word
139
by wyse van lenings wat deur die Staat gewaarborg sou word - kyk bv die
notules van die UK-vergaderings van 2 Desember 1976 en 10
Mei 1977, par (2) en
(3) hierbo. In Julie 1977 sou geen mens kon gedink het aan die moontlikheid dat
die verweerder nie die instansies
sou wees wat uitvoering sou gee aan die projek
nie. Die latere verskyning op die toneel van die Swart Gemeenskapsraad en
Ecoplan
en die oordrag van die verantwoordelikheid om die projek uit te voer,
was iets wat niemand kon voorsien het nie (vgl par (23), (24),
(25), (28), (29),
(31), (33) en (35) hierbo). In Julie 1977, met die stellige verwagting van almal
dat die fondse vir die projek
deur die verweerder bekom sou word, kon daar geen
werklike probleem gewees het aangaande die betaling aan Van Niekerk van die
verhoogde
vergoeding op die veranderde grondslag nie.
Met verwysing na die verwagte projekfondse het die Verhoorregter opgemerk dat
die knoop gelê het by die feit dat daar nog geen
projek was nie, en
verder
140
gesê dat die verweerder nog nie besluit het op die
elektrifisering
van Soweto nie, dat daar nog nie eens 'n beginselbesluit daaroor was deur die
Minister of die Staatskomitee nie, dat
Ministeriële goedkeuring 'n
voor-vereiste was om die projek aan te pak, dat die verweer-der nie in Julie
1977 'n opdrag kon
gegee het om voort te gaan met die projek nie, en dat die
sentrale Reger-ing nog geen fondse verskaf het of bewerkstellig het nie.
Ten
opsigte van die verwagting dat die elektri-fisering sou plaasvind, het die
Verhoorregter voorts gesê dat daar onderskei
moes word tussen 'n
standpunt-inname dat Soweto geëlektrifiseer sou word, enersyds, en die
besluit om 'n besondere projek aan
te pak, ander-syds. Na my oordeel is hierdie
benadering te tegnies en onrealisties om van gewig te wees in die samehang van
die beoordeling
van die waarskynlikhede. Die beginselbesluit om die
elektrifiseringsprojek te onder-neem is deur die verweerder geneem so ver terug
as April 1974, en herbevestig teen die einde van daardie
141 jaar (par (1)
hierbo). Teen die einde van 1976 het die verweerder alreeds die EMS-verslag
ontvang en is die elektrifisering beskou
as 'n saak van die hoogste prioriteit
(par (2) hierbo). Van Niekerk het getuig dat, as gevolg van die Soweto-onluste
in 1976, daar
geweldige druk op die verweerder uit alle oorde uitgeoefen is om
die elektrifisering te bespoedig. Hy het ook herhaaldelik in sy
getuienis
gesê dat, in die tydperk toe hy sy opdragte ontvang het, niemand enige
twyfel gehad het dat die projek sou uitgevoer
word nie; almal het
gewéét dit sou gebeur. Daar is geen rede om sy getuienis te
betwyfel nie. Die onderskeid tussen
'n standpunt-inname en h besluit om 'n
besondere projek aan te pak, en die voorvereistes vir laasgenoemde, doen myns
insiens geen
afbreuk aan die werklikheid dat almal in 1977 geweet het dat die
nodige fondse vir die uitvoering van 'n elektrifiseringskema beskikbaar
sou word
en die gevolglike waarskynlikheid dat daar vir Mulder, Venter en die verweerder
geen probleme toe
142 voorsienbaar was om Van Niekerk se verhoogde vergoeding
te betaal nie.
Die Verhoorregter het verder melding gemaak van die feit dat
die EMS-verslag ten tyde van die ver-bredingsooreenkoms nog ter tafel
was, dat
die verweer-der die eiser se verslag benodig het om 'n besluit daar-oor te neem,
en dat dit "kwalik denkbaar" is dat die
eiser, voordat daardie besluit geneem
is, opdrag sou kry op die basis dat die projek voortgaan en dat hy dit ontwerp.
Na my mening
verontagsaam hierdie benader-ing die dokumentêre getuienis
aangaande die verweerder se houding met betrekking tot die EMS-verslag.
Uit die
UK-notule van 10 Mei 1977 (par (3) hierbo) is dit duidelik dat die EMS-verslag
in etlike fundamentele aspekte vir die verweerder
onaanneemlik was. Dit word
bevestig deur Stander se stelling in sy brief van 6 Augustus 1979 (par (36)) dat
die EMS-voorstel "nie
vir die Raad aanvaarbaar (was) nie omdat dit ooglopende
tekortkominge bevat het". Alhoewel daar formeel
143 gepraat is van h tweede
opinie en die EMS-verslag amptelik nog ter tafel was, is dit duidelik dat die
verweerder alreeds geweet
het dat hy nie sou voortgaan op grondslag daarvan nie,
toe die aanvanklike opdrag aan Van Niekerk gegee is. Verder kry 'n mens 'n
taamlike duidelike indruk uit Van Niekerk se getuienis dat hy baie goed en
hartlik oor die weg gekom het en saamgewerk het met Stander
en Du Plessis in
hulle besprekings oor die projek, in so h mate dat dit ten tyde van die
verbredingsooreenkoms al feitlik 'n voldonge
vooruitsig was dat EMS van die
toneel sou verdwyn en dat Van Niekerk vorentoe sou oorneem. Dit word gestaaf
deur die besluite te
dien effekte wat reeds vroeg in November 1977, betreklik
kort na die ontvangs van die D-verslag, deur die Uitvoerende Kpmitee en
daarna
deur die Raad geneem is (par (13) en (14) hierbo). Ek is dus van oordeel dat dit
nie werklik onwaarskynlik is dat Mulder en
Venter, namens die verweerder, bereid
sou gewees het om Van Niekerk h
144 diepgaander werkstuk te laat onderneem,
met 'n gepaard-gaande aansienlik groter aanspraak op vergoeding nie. In ieder
geval is
dit duidelik dat dit van hom verwag was om 'n voorlopige ontwerp te
doen, wat hy ook gedoen het, en sy groter vergoeding sou 'n natuurlike
uitvloei-sel daarvan wees.
Die Verhoorregter het sy oortuiging uitge-spreek
dat geeneen van Mulder, Venter of Stander h ver-pligting soos dié wat
vervat
is in 'n verandering van 'n tydtarief na 'n persentasietarief sou
aangegaan het son-der terugverwysing na die Uitvoerende Komitee
of Raad en
sonder om uit te pluis presies wat dit behels het nie. Na my oordeel is dit
egter nie 'n waarskynlik-heid nie, maar blote
bespiegeling. Daar is geen
getuienis dat die betrokke persone inderdaad nie voor die vergadering reeds die
omvang van die verpligting
ondersoek het en met die Uitvoerende Komitee of die
Raad dit bespreek het toe hulle magtiging verkry het vir die aangaan van die
verbredingsooreenkoms nie.
145
Die waarskynlikhede is dat hulle dit sou gedoen het. Du Plessis was die
tegniese direkteur, die deskundige op hierdie terrein, hy
het kennis gedra van
Vorm 1 en is deur Van Niekerk daarna verwys, en alhoewel 'n kopie van Vorm 1 nie
beskikbaar was nie, kon hy
maklik, en sou hy waarskynlik, uit ander oorde
gekontrolleer het wat die nuwe verpligting behels het, bv met verwysing na die
mnr
Barnard van die Johannesburgse Stadsraad wat genoem word in die UK-notule
van 5 Mei 1977, par (3) hierbo. 'n Mens kan met veiligheid
aanvaar dat die
elektrifiseringsprojek in Julie 1977 so 'n gewigtige en dringende saak was dat
dit wyd en syd. onder die ver-weerder
se amptenare en die lede van sy
bestuursorgane bespreek sou gewees het. Dit sou nie korrek wees om die
vergadering van 28 Julie 1977
te beskou as bloot 'n byeenkoms van 'n klein
groepie mense op hulle eie, in isolasie as't ware, sonder dat hulle vooraf enige
kontak
gehad het of raadpleging gevoer het met buite-staande instansies nie. Dit
sou ook 'n verklaring
146 bied vir die feit, ook deur die Verhoorregter
genoem, dat daar op die vergadering self nie enige bespreking gewy is aan die
presiese
finansiele implikasies van die verandering van die vergoedingsgrondslag
nie. Daarby moet ook weer in gedagte gehou word dat die wiele
van die projek aan
die rol was, dat die geld uit die projek sou kom, en dat 'n mens nie die
situasie wat toe bestaan het, moet beoordeel
in die lig van die kennis wat 'n
mens nou agterna het, van die onvoorsiene en verrassende wyse waarop die
verweerder uiteindelik
self met die verpligting opgesaal bly sit het nie.
Ek
het nou al die hoofpunte bespreek van die waarskynlikhede wat die Verhoorregter
in aanmerking ge-neem het om tot sy bevinding te
geraak. Daar is ander,
ondergeskikte punte wat hy genoem het, waarna ek dit nie nodig ag om te verwys
nie. My gevolgtrekking, in
die geheel gesien, is dat die waarskynlikhede wat die
Verhoorregter behandel het nie kan opweeg teen die ander waarskynlikhede, wat
tot 'n teenoorgestelde
147 bevinding lei, soos ek dit vroeër uiteengesit
het nie.
Daarby kom daar nou nog 'n verdere oorweging, wat volgens my
beskouing hierdie aspek van die saak finaal ten gunste van die eiser
beklink.
Dit is die houding wat agterna ingeneem is deur die verweerder, deur middel van
sy Uitvoerende Komitee, en deur middel van
sy spreekbuis, Stander, soos dit blyk
uit die bewysstukke. Die eiser se eis om vergoeding op 'n persentasiegrondslag
het vir die
eerste keer pertinent ter sprake gekom tydens die vergadering van
die Uit-voerende Komitee op 5 Julie 1979. Die notule daarvan word
weergegee in
par (31) hierbo. In daardie sta-dium, soos blyk uit die notule, het die Minister
al-reeds die uitvoering van die elektrifiseringsprojek
weggeneem van die
verweerder en dit oorgedra aan die Gemeenskapsraad en dié se eie
ingenieurs, Ecoplan. Soos ek dit vroeër
gestel het, die koeël was deur
die kerk. Nou is die onderwerp van bespreking die bedrag van die vergoeding wat
die verweerder
self so
148 onverhoeds aanspreeklik geword het om aan die
eiser te betaal. Dit word deur almal teenwoordig, insluitende Mulder, Venter en
Stander, aanvaar dat die vergoeding bereken moet word op h persentasiegrondslag.
Die enigste besprekingspunt is of, om dit kort te
stel, die toepaslike formule
30% van die "volle fooi" moet wees, of 20% plus een-tiende. Mulder, Venter en
Stander moes natuurlik
geweet het dat die eiser se oorspronklike opdrag van 3
Junie 1977 gegee was op die grondslag van h vergoeding bereken op 'n tydsbasis.
Daar is geen rede om te dink dat hulle dit sou vergeet het nie. Du Plessis sou
hulle in elk geval daaraan herinner het. Maar geen
woord word daarvan gerep nie.
Dit is ondenkbaar, in die afwesigheid van enige ander verduideliking, dat hulle
aanspreeklikheid op
'n persentasiebasis sou aanvaar het, as dit nie was dat
hulle op 28 Julie 1977 met die aangaan van die verbredingsooreenkoms ten
volle
besef het dat daardie ooreenkoms inderdaad vergoeding op 'n
persentasiebasis
149 meegebring het nie. Per slot van sake is die ver-weerder
nou in 'n groot verleentheid. Hy moet betaal en hy het nie geld nie.
As Mulder,
Venter en Stander op 28 Julie 1977 niks geweet het van h verandering in
dievergoedingstarief nie, dan sou hulle reaksie
op enige suggestie van
aanspreeklikheid op h persentasie-basis, volgens algemene menslike ervaring,
ongetwyfeld gewees het om aan
Van Niekerk te sê: "Maar waarvan praat jy
nou? Ons skuld jou op 'n tydsbasis, dit was deel van jou opdrag, niks meer nie".
Die afleiding is dus onweerstaanvaar dat Mulder en Venter met die aangaan van
die verbredingsooreenkoms terdee bewus was van Van
Niekerk se standpunt, soos
vooraf aan Stander en Du Plessis verduidelik, dat die basis van sy ver-goeding
sou verander tesame met
die verandering van die basis van sy opdrag. Uit die
stilswye van die ander lede van die Uitvoerende Komitee blyk dit dat ook hulle
ten volle op hoogte van sake was.
Maar daarby bly dit ook nie. In opdrag van
150 die UK stel Stander h memorandum op (par (32) hierbo) vir voorlegging aan
die Minister om fondse te verkry om Van Niekerk te betaal.
Daarin word daar weer
aan-spreeklikheid aanvaar op h persentasiegrondslag. En tydens die vergadering
met die Minister op 18 Julie
1979 (par (33) hierbo) bepleit Venter namens die UK
die verweerder se vertoe op grondslag van die memorandum. Ten slotte aanvaar
die
verweerder amptelik en plegtig, deur middel van Stander se skrywe van 6 Augustus
1979, par (36) hierbo, dat "besoldiging ooreenkomstig
die tariefskedule" van
Vorm 1 aan die eiser betaalbaar is. Toe Van Niekerk op versoek 'n rekening op 'n
persentasie-grondslag voorlê
(par (37)), is daar nog steeds geen
ontkenning van aanspreeklikheid op sodanige grondslag nie (par (40)). Dié
verrassing kom
eers nadat regs-advies ingewin is (par (45)), maar geen
verduideliking vir die totale ommeswaai word verstrek nie, nie in die brief
nie
en ook nie in getuienis nie.
Die Verhoorregter het in sy uitspraak verwys
151
na "die lang reeks latere erkennings wat uit die ver-
weerder se
blootgelegde stukke blyk dat die eiser op 'n
persentasiebasis vergoeding
geregtig is" en gesê dat
dit noodwendig gewig moet dra, veral omdat dit
onbeant-
woord staan, maar bevind dat die gewig wat die erken-
nings dra
nie voldoende is om die waarskynlikhede ten
gunste van die eiser te beslis
nie. Sy benadering
was soos volg:
"Die enige (
sic
) afleiding daarvan is egter nie dat die eiser se opdrag
in fase 2 van die modelooreenkoms val nie. Dit is vatbaar vir die afleiding
dat
omdat die eiser se ver-slag ook ontwerpwerk wat fase 2 is, bevat, hy op die
basis vergoed moet word."
Met hierdie benadering kan
ek, met eerbied, nie saam-
stem nie. Die alternatiewe moontlike afleiding
wat
die Verhoorregter postuleer, berus op niks meer as
blote bespiegeling
nie, en soos ek vroeer in 'n ander
verband gesê het, kan die trefkrag
van 'n erkenning nie
geneutraliseer word deur blote bespiegeling nie. Dit
is geleë om hier ook iets verder te sê aangaande die
erkennings wat blyk uit die bewysstukke. Dit gaan
152
nie soseer om die erkenning dat die eiser geregtig was op vergoeding op 'n
persentasiebasis nie; dit gaan om die bewys, by wyse van
afleiding uit die
waarskynlik-hede, van die kennis wat Mulder en Venter ten tyde van die sluiting
van die verbredingsooreenkoms gedra
het van Van Niekerk se standpunt oor die
verandering van die grondslag van sy vergoeding. Ek stel dit so omdat daar
namens die respondent
in hierdie Hof betoog is dat latere uitlatings van 'n
kontraksparty nie toelaatbare gegewens is om te bepaal of die kontrak 'n
stilswyende
beding bevat het al dan nie. Ek hoef nie op die kor-rektheid of
andersins van hierdie argument as 'n veral-gemening in te gaan nie,
want vir die
doeleindes van my beredenering kom h vraag in sulke wye terme nie ter sprake
nie. Op grondslag van die beginsel dat
die bestaan al dan nie van h stilswyende
term in 'n ooreen-koms beslis moet word aan die hand van omstandighede wat
gegeld het ten
tyde van die kontraksluiting, is die vraag waarom dit hier gaan,
wat die kennis van Mulder
153 en Venter was toe die verbredingsooreenkoms
aangegaan is. Dit is met die oog daarop dat die bewysstukke verdoemende
getuienis
teen die verweerder bevat.
My gevolgtrekking is derhalwe dat die
Verhoorhof gefouteer het deur te bevind dat Mulder en Venter met die sluiting
van die verbredingsooreenkoms
onbewus was dat daardie ooreenkoms die grondslag
van die eiser se vergoeding sou verander. Aan die hand van die waarskynlikhede
wat
ek hierbo bespreek het, was hulle inderdaad bewus van Van Niekerk se
standpunt dat die verbredingsooreenkoms die eiser geregtig sou
maak op
vergoeding vir sy werk volgens die tarief wat in Vorm 1 bepaal word as toepaslik
op voorlopige ontwerp-werk in fase 2.
Uit die voorgaande gevolgtrekking volg dit verder, eintlik vanself, dat die
verbredingsooreenkoms 'n stilswyende bepaling bevat het
dat die eiser vergoed
sou word op die grondslag wat ek genoem het. Dit is so, omdat Mulder en Venter,
met kennis van Van Niekerk
154
se standpunt oor die grondslag van die eiser se vergoeding, die ooreenkoms
aangegaan het sonder om enige kommentaar te lewer oor daardie
standpunt. Hulle
het dus stilswyend daarmee ingestem. Dit is 'n geval van h stilswyende term wat
berus op die werklike wilsooreenstemming
of
consensus
van die partye,
soos afgelei uit die omstandighede en die kennis wat die partye daarvan gedra
het. As daar aan die einde van die
vergadering aan die betrokkenes die vraag
gestel was wat die eiser se vergoeding sou wees, kan daar geen twyfel bestaan
oor wat hulle
antwoord sou gewees het nie.
Die stilswyende term soos so pas
bespreek, word gedek deur die eiser se formulering van die stilswyende bepaling
waarop hy steun in
par 5 van sy besonderhede van vordering, soos vroeër
aangehaal, met die uitsondering van die woorde "en gedeeltelike funksies",
waaraan daar nou aandag gegee moet word. Daardie woorde het betrekking op
klousule 5.1.3.1 van
155
Vorm 1, waarvolgens h vergoeding van 30% van die volle gelde bepaal in Deel I
van die Skedule betaalbaar is in die geval waar 'n ingenieur
se opdrag beperk
word tot fase 2 werk, in plaas van die gewone 20% wat luidens klousule 5.1.2.1
in die normale loop van sake betaal-baar
word na afhandeling van fase 2 werk.
Wat dit betref, kan die eiser egter nie staatmaak op afgeleide werklike
consensus
nie, want niemand betrokke by die kontraksluiting het ten tyde
daarvan enigsins "gedeel-telike funksies" in gedagte gehad nie. Die
vooruitsig
was, soos vroeër gemeld is, dat die verdere voort-setting van die projek
aan die eiser toevertrou sou word. Om hierdie
besondere deel van die beweerde
stilswyende beding te regverdig, moet die eiser hom gevolglik beroep op 'n ander
grondslag vir h
stilswyende bepaling, en dit is toegedigte
consensus
, wat
berus op 'n veronderstelde wilsooreenstemming wat die partye sou bereik het
indien die toe onbekende, maar later intre-dende,
feite as h hipotese aan hulle
gestel was. Op
156
hierdie grondslag kan daar nie bevind word dat h ver-wysing na "gedeeltelike
funksies" deel gevorm het van die stilswyende term nie.
Dat die eiser se
verrig-ting van fase 2 werk, soos beliggaam in die D-verslag, uiteindelik
"gedeeltelike funksies" geword het, was
iets wat toevallig gebeur het deur
owerheidsoptrede, buitekant die wil van die partye, sonder skuld aan enige kant,
en teen hulle
sin. As wat later gebeur het, hipoteties aan die partye gestel was
op 28 Julie 1977, sou geeneen van hulle gesuggereer het dat die
verweerder se
vergoedingspligtigheid met 10% vermeerder sou moes word nie. Mulder en Venter
sou sekerlik nie so h bykomende las aanvaar
het nie, om redes wat voor die hand
lê. Uit Van Niekerk se getuienis blyk dit dat hy ook nie aanspraak sou
gemaak het op so
h by-komende vergoeding nie, want hy het getuig dat as hy in
September 1977, na aflewering van die D-verslag, h rekening aan die
verweerder
moes gelewer het, sou hy slegs 20% van die volle gelde gevorder het. Sy
157
opdrag, soos vervat in die verbredingsooreenkoms, was nie 'n opdrag wat gegee
was op die grondslag van "ge-deeltelike funksies"
nie; sy getuienis hou in dat
hy dit ook nie so beskou het nie. Die opdrag het nie verander as gevolg van die
latere gebeure nie,
en ge-volglik kon die beoogde vergoeding ook nie verander
het nie. Dit het 20% gebly. Die resultaat is dat die woorde "en gedeeltelike
funksies" in die stilswy-ende bepaling soos geformuleer moet wegval. Deur dit
net te verontagsaam kan die respondent vanselfsprekend
nie benadeel word
nie.
Namens die respondent is daar in die betoog voor hierdie Hof egter
verder gegaan. Daar is aange-voer dat die verweerder se aanspreeklikheid
om die
eiser te vergoed, in die geheel verdwyn hét toe die
elektrifiseringsprojek uit die hande van die verweerder weggeneem
is. Die betoog
het berus op Van Niekerk se herhaalde stellings in sy getuienis dat sy
vergoeding sou kom uit die beskikbaarstelling
van fondse vir die
158
projek, en dat dit ook so beoog was ten tyde van die aangaan van die
verbredingsooreenkoms. Dit, so is aangevoer, het neergekom op
'n stilswyende
opskortende voorwaarde waaraan die ooreenkoms onderhewig was, nl dat die beoogde
fondse eers verkry moes word alvorens
die verweerder se aanspreeklikheid
afdwingbaar sou word. Hierdie betoog kan nie slaag nie. Van Niekerk het dit in
sy getuienis duidelik
gemaak dat, as die verkryging van fondse nie verwesenlik
sou word nie, die verweerder nogtans 'n plan sou moes maak om geld te verkry
om
sy vergoeding te betaal. Sy getuienis bied dus geen grondslag vir die beweerde
opskortende voor-waarde nie. Sonder sy getuienis
kan so h voorwaarde ook
klaarblyklik nie ge1qïmpliseer word nie, want dit is onsinnig om te dink
dat 'n ingenieur die werk sou
onder-neem wat Van Niekerk gedoen het, op die
gevaar af dat hy glad geen vergoeding daarvoor sou kry as fondse nie beskikbaar
gemaak
sou word nie.
Aan die hand van die voorgaande bevindings
159
moet daar vervolgens aandag geskenk word aan die berekening van die bedrag
van die vergoeding waarop die eiser geregtig is ten opsigte
van die D-verslag.
Soos ek aangedui het, is dit 20% van die volle gelde wat in Deel I van die
Skedule van Vorm 1 bepaal word. Volgens
klousule.1.4, waarna vroeër verwys
is, is dit R23 100 plus 5% van die "total value of the Works". Na laasgenoemde
sal ek verwys
as die kontrakswaarde. Die kontrakswaarde moet vasgestel word
volgens die bepalings van klousule 6 van Vorm 1. Die enigste metode
wat in die
omstandighede van die huidige geval kan geld, is dié van klousule 6.1.4 ,
- "the mutually agreed estimate". Die
kontrakswaarde wat die eiser beraam het in
die D-verslag was R76 418 565. Die besonderhede daarvan blyk uit par 7.3.11 van
die verslag,
wat ek in par (11) (b) hierbo aangehaal het. Hierdie beraamde
waarde is deur Stander aanvaar as grondslag van die berekenings wat
hy gemaak
het in sy memorandum vir voorlegging aan die Minister, par (32)
160
hierbo, en daardie memorandum is namens die hele Uitvoerende Komitee aan die
Minister voorgedra op 18 Julie 1979 (par (33)). Dié
syfer is dus h
wedersyds ooreengekome beraming van die kontrakswaarde. Van Niekerk se latere
verhoging daarvan op grond van eskalasie,
tot R84 992 000, in sy rekening van 23
Augustus 1979, par (37) hierbo, kan nie in aanmerking geneem word nie, en
dieselfde geld ten
opsigte van die bedrag van R84 860 000 wat die eiser in sy
pleitstukke gebruik het, soos vroeër gemeld.
Uit Van Niekerk se
getuienis blyk dit egter dat selfs die bedrag van R76 418 565 nie h aanvaarbare
bedrag is om mee te werk nie. Met
verwysing na die items waaruit dit saamgestel
is, soos aangehaal in par (11)(b) hierbo, het hy verduidelik dat die items
genom-mer
5, 6 en 7 uit die berekening weggelaat behoort te word. Items 5 en 6,
ten opsigte van hoëmasbeligting en lugkartering, moet
wegval omdat hy geen
werk in dié opsigte verrig het nie en hy dit slegs
161
volledigheidshalwe in sy beraming opgeneem het. Item 7 moet wegval omdat dit die
ingenieursgelde vir die projek weergee, en dit
nie bygereken kan word om die
kontrakswaarde te bepaal juis met die oog op die vasstelling van die bedrag van
die ingenieursgelde
nie. As h mens die drie betrokke items aftrek van die syfer
R76 418 565, dan laat dit 'n bedrag van R69 918 565 as die korrekte beraamde
kontrakswaarde ten tyde van die lewering van die D-verslag. Van Niekerk het
voorts in sy getuienis verduidelik dat die syfer van
R76 418 565 wat Stander in
sy berekenings in sy memorandum gebruik het, verkeerd was, om die redes so pas
bespreek; dit behoort te
gewees het R69 918 565. Van Niekerk het nog verder
gegaan. Hy het getuig dat, as hy na aflewering van die D-verslag in September
1977 h rekening aan die verweerder sou gelewer het, dit sou gewees het vir 20%
van die beraamde kontrakswaarde vervat in die D-verslag,
na aftrekking van die
drie items hierbo genoem, en sonder enige byvoeging van
162
eskalasie; dus, 20% van R69 918 565. Elders in sy getuienis het Van Niekerk
uitdruklik verklaar dat sy beraamde bedrag van die kontrakswaarde
deur die
verweerder aanvaar is en dus dien as basis van die berekening van sy vergoeding.
Bring 'n mens nou die regstellings aan
ten opsigte van die syfer R76 418 565
soos vervat in die D-verslag, wat vereis word uit hoofde van Van Niekerk se
getuienis soos
hierbo genoem, dan volg dit dat die bedrag van R69 918 565 beskou
moet word as die wedersyds ooreengekome beraamde kontraks-waarde
waarvolgens die
eiser se vergoeding vir die D-verslag bereken moet word.
In die resultaat is
die berekening soos volg. Die totale gelde volgens klousule 1.4 van Deel I van
die Skedule tot Vorm 1 is R23 100
plus 5% van R69 918 565. Dit gee 'n syfer van
R3 519 028,30. Daarvan moet 20% bereken word, volgens klousule 5.1.2.1 van Vorm
1.
Dit gee R703 805,60. Dit is die bedrag wat die Verhoorhof na my mening aan
die eiser
163
moes toegeken het as vergoeding vir die D-verslag. Dit volg dus dat die
appél in hierdie opsig slaag.
Ek behandel vervolgens die derde
belangrike geskilpunt: die eiser se vergoeding vir die detail-ontwerp van die
huisbedrading van 46
huise in Pimville, soos vervat in die H8-dokumente. Die
opdrag om hier-die werk te doen is gedurende Oktober 1977 deur Du Plessis,
namens die verweerder, aan Van Niekerk, namens die eiser, gegee, en die werk is
afgelewer gedurende November 1977. Die eiser se saak
was en is dat die opdrag
tuisgebring moet word onder die eiser se latere aanstelling as raadgewende
ingenieurs om die verweerder
van
ad hoc
advies te bedien, soos vervat in
die aan-stellingsbrief van 28 November 1977, par (15) hierbo, voorafgegaan deur
die Raadsbesluit
van 17 November 1977 (par (14)), omdat die aanstelling, so word
beweer, stilswyend die voorafgaande
ad hoc
opdragte ingesluit het. Die
Verhoorregter het die eiser hierin gelyk gegee. Ek het bedenkings oor die
korrektheid van
164
hierdie benadering, aangesien daar geen getuienis was dat dit al in Oktober
1977 beoog was dat daar so 'n latere algemene aanstelling
sou kom nie. Die punt
is egter nie van enige wesenlke belang nie, want die vraag wat ondersoek moet
word, is steeds op watter grondslag
van vergoeding die opdrag gegee was, of dit
nou gedek is deur die latere aanstelling of nie.
Die eiser se saak is dat die
opdrag 'n stilswyende bepaling bevat het dat die eiser vir sy werk vergoed sou
word "ooreenkomstig die
toepaslike tariewe vervat in Vorm 1 van die
Modelooreenkoms". In hierdie geval, omdat die werk detailontwerp behels het wat
in fase
3 van Vorm 1 val, beroep die eiser hom op klousules 5.1.2.2 en 5.1.3.2
(c) van Vorm 1 vir h eis van 70% van die totale gelde vir
die
huidbedradings-aspek van die projek. Dit pas hy toe op al die huise in Groter
Soweto wat nog nie bedraad was nie, op grond daarvan
dat die H8-dokumente
ooreenkomstig sy opdrag so opgestel is dat hulle met geringe aanpassings op al
die
165
ander huise toegepas sou kon word. Op dié manier kom hy uit by h eis
onder hierdie hoof van R327 352,24. Dit maak voorsiening
vir 'n krediet ten
opsigte van die huisbedradingsaspek van die D-verslag, waarvoor hy reeds 30%
geëis het. Sonder sodanige krediet
sou sy eis vir al die werk in verband
met huisbedrading, d w s in die D-verslag tesame met die H8-dokumente, 'n bedrag
van R572 876
beloop het.
Aan die hand van die voorgaande gegewens is my
beskouing dat daar vir die eiser onoorkomelike pro-bleme in die weg lê met
betrekking
tot sy beweerde stilswyende bepaling. Om mee te begin, kom dit my
voor dat Vorm 1 nie voorsiening maak vir die deelbaar-heid van
'n projek binne
die omvang van gedeeltelike funksies in enige afsonderlike fase nie. Fase 3 werk
kan afsonderlik gehanteer word as
h gedeeltelike funksie, maar binne die bestek
daarvan is daar nie ruimte vir h berekening van vergoeding ten opsigte van slegs
h
onderafdeling van die projek nie - soos 46
166
huise uit bykans 80 000. Dit is so, omdat die totale gelde in die Skedule
slegs berekenbaar is met verwysing na die geheel van.die
kontrakswaarde ("total
value of the Works"). Dit kom dus hierop neer, dat die eiser in die formulering
van sy stilswyende bepaling
van die opdrag verder sal moet gaan om sy eis te
regverdig, want hy eis nie slegs ten opsigte van die kontrakswaarde van die
bedrading
van 46 huise nie (dit is duidelik dat vergoeding op daardie basis 'n
onbenulligheid sal wees). Hy sal moet sê dat die stilswyende
bepaling was
dat hy vergoed sou word volgens die toepaslike tariewe van Vorm 1 ten opsigte
van die kontrakswaarde van huisbedrading
vir die hele projek
. 'n Mens
hoef dit net so te stel om te besef dat die stilswyende term geen bestaansreg
het nie. Dit blyk uit die getuienis van Van
Niekerk en die eiser se werknemers
dat die taak om die H8-dokumente voor te berei, van betreklik geringe omvang
was. Van Niekerk
se skatting was dat dit ongeveer 3 weke se werk vereis
167
het, waarvan hy self maar net 8 tot 10 uur bygedra het, terwyl die persone wat
eintlik by die werk betrokke was, Dijkstra en De
Fin, se skatting was dat dit
hulle ongeveer 'n week tot 'n week en 'n half besig gehou het. Dit is eenvoudig
ondenkbaar dat Du Plessis
of die verweerder stilswyend vir werk van daardie
omvang 'n aanspreeklikheid van omtrent R327 000 sou aanvaar het. Die eiser het
heelwat deskundige getuienis aangebied van hoe maklik dit sou wees om die
ontwerp in die H8-dokumente aan te pas en te gebruik vir
ander huise in die
gebied. Dit help hom nie. Al was die opdrag om 'n aanpasbare ontwerp te doen,
was dit nog steeds, soos tereg bevind
is deur die Verhoorregter, 'n opdrag om
die detailontwerp te doen vir 46 51/9 huise en niks meer nie. Die
aanpasbaarheidskenmerk
kan nie die stil-swyende term regverdig waarop die eiser
hom moet beroep nie. Van Niekerk was in sy getuienis uiteindelik genoodsaak
om
toe te gee dat h aftrekking van die bedrag van sy eis toegelaat moes word uit
hoofde van
168
die sogenaamde "repetisiefaktor", en het toe 'n vermin-dering van 25%
voorgestel. Ook dit kan die eiser nie help nie. Soos die Verhoorregter
tereg
opgemerk het, was dit 'n bloot arbitrêre syfer wat geen verband hou met
die werklikheid nie.
My gevolgtrekking is derhalwe dat die eiser nie 'n
stilswyende bepaling van die opdrag bewys het wat hom geregtig maak op die
vergoeding
wat hy eis ten opsigte van die H8-dokumente nie. Anders as met die
verbredingsooreenkoms van 28 Julie 1977, was daar ten tyde van
die
huisbedradingsopdrag van Oktober 1977 geen bespreking tussen die partye wat mens
kan lei na Vorm 1 toe nie, en daarsonder kan
'n mens nie Vorm 1 aanwend om 'n
vergoedingsgrondslag vir die werk te verkry nie. Dat daar niks gepraat is oor
die vergoeding vir
die werk nie, beteken natuurlik nie dat die eiser dit gratis
sou doen nie. Gewoonlik, in sulke omstandig-hede, sou daar 'n stilswyende
veronderstelling wees dat die gebruiklike of 'n redelike vergoeding vir die
werk
169
betaal sou word. Van 'n gebruiklike vergoeding is daar hier egter nie sprake
nie, vanweë die buitengewone aard van die opdrag
wat saamhang met die
wanverhouding tussen die omvang van die werk en die waarde van die resultaat
daarvan vir die verweerder. As
die eiser 'n stilswyende term met verwysing na 'n
redelike vergoed-ing beweer het en getuienis oor 'n redelike vergoeding
aangebied
het, sou die saak bes moontlik, vir hom anders verloop het. Maar hy
het dit nie beweer nie en ver-goeding op daardie grondslag is
nie in die
getuienis uitgepluis nie.
In aansluiting by die voorgaande opmerking moet
daar gemeld word dat die eiser se advokaat in sy betoog voor hierdie Hof aan die
hand
gedoen het dat daar tog gegewens in die getuienis voorkom wat h be-rekening
van vergoeding moontlik maak op 'n grondslag van redelikheid.
Hierdie betoog kan
nie aanvaar word nie. In werklikheid is daar staatgemaak op 'n enkele vraag en
antwoord in die loop van die kruisondervraging
170
van Van Niekerk, wat soos volg lui:
" volgens die gegewens wat ons het, ver-
teenwoordig die 51/9 huise, 3,3% van die totale aantal huise in Soweto. Maak
die
ordesyfer vir u sin? Ja die syfer maak
sin, maar ek sal graag net wil byvoeg dat die
verweerder destyds vir my
gesê het dit is die
norm waarvolgens hulle huise in die toekoms
gaan
bou in die nuwe dele "
Op grond van hierdie stukkie
getuienis is daar 'n
berekening gemaak van die kontrakswaarde van 3,3%
van
die getal huise genoem in die D-verslag en die koste
van die
huisbedrading daarvan, en met 'n basis van 40%
van die totale vergoeding
volgens die toepaslike skaal
in die Skedule tot Vorm 1, is h syfer van net oor
R14 000 bereik. Na my
mening regverdig die
aangehaalde getuienis hoegenaamd nie h toekenning
van
vergoeding op sterkte van so 'n berekening nie. Daar
is geen getuienis in die oorkonde te vind wat die
gestelde syfer van 3,3%
enigsins staaf nie. Die blote
stelling daarvan in kruisondervraging is uit die lug
gegryp en regverdig
sekerlik nie h feitlike bevinding
ten opsigte van die korrektheid daarvan nie. En die
171 blote instemming,
verder, van die getuie dat die "ordesyfer" vir hom "sin" maak, bewys niks.
Bowendien het die vraesteller verwys
na Soweto, terwyl die syfers in die
D-verslag betrekking het op Groter Soweto. In der waarheid is die stukkie
getuienis so vaag en
bespiegelend dat dit nie bruikbaar is vir die doel waarvoor
gepoog is om dit aan te wend nie.
Die Verhoorregter het aan die eiser R2
449,20 toegeken as vergoeding vir die H8-dokumente, soos vroeër geblyk het.
Sy beredenering
was, kortliks opgesom, soos volg. Alhoewel die eiser in beginsel
geregtig was op vergoeding op 'n persentasiebasis vir die fase 3
werk, volgens
Vorm 1 , het Van Niekerk toegegee dat 'n toelating gemaak moet word vir die
"repetisiefaktor", maar daar was nie behoorlike
bewys van wat die toelating moet
beloop nie. Gevolglik kon die vergoeding nie op daardie grondslag bereken word
nie. Aan die ander
kant, het die verweerder in sy pleit, gekoppel aan sy
ontkenning van die stilswyende
172
bepaling wat die eiser aangevoer het, self beweer dat die eiser vir die
betrokke werk geregtig sou wees slegs op vergoeding op 'n
tydsbasis. Die eiser
is ten minste op sodanige vergoeding, geregtig volgens die Verhoorregter, en die
verweerder kon nie benadeel
word deur 'n toekenning op daardie basis nie. Aan
die hand van De Fin se skatting van 'n week tot 'n week en h half se werk, het
die Verhoorregter aanvaar dat lede van die eiser se personeel 6 ½ dae
gewerk het aan die H8-dokumente. (Niks is toegelaat vir
Van Niekerk se eie
beweerde bydrae nie - hoekom nie, is nie verduidelik nie.) Die Verhoorregter het
toe sy eie berekening gemaak,
met behulp van die beskikbare syfers ten opsigte
van die salarisse van die betrokke werknemers (wat voorgelê was in verband
met 'n tydsbasis-berekening vir die D-verslag), ooreenkomstig die formule van
Deel IV van die Skedule tot Vorm 1. So het hy uitgekom
by R2 449,20.
Mnr
Burqer
, namens die respondent, het begrip
173 uitgespreek vir die versoeking om hierdie betreklik klein bedrag van
vergoeding maar onaangeraak ten gunste van die eiser te laat
bly staan, maar hy
het nogtans aangevoer dat dit verkeerd sou wees om dit te doen, omdat die
grondslag van die Verhoorregter se berekening
nie as 'n geskilpunt in die saak
behandel was nie en die betrokke gegewens gevolglik nie behoorlik in die
getuienis uitgepluis was
nie. Mnr
Burqer
het daarin geslaag om my te
oortuig dat ons inderdaad nie behoort te swig voor die versoeking wat hy genoem
het nie. Van Niekerk
se skatting van ongeveer 3 weke se werk was opsigtelik
skaars meer as 'n raaiskoot. Dijkstra se skatting van h week tot 'n week en
'n
half het heel terloops as h vaagheid tydens kruisondervraging vorendag gekom. De
Fin se skatting van dieselfde tyd, waarop die
Verhoorregter se berekening
gebaseer was, blyk uit sy getuienis te berus op 'n uiters vae en onbetroubare
herinnering. Namens die
eiser is daar in die Hof
a quo
nie eens h poging
aangewend om enige
174 berekening van vergoeding op 'n tydsbasis vir die
H8-dokumente voor te lê nie (in teenstelling met die klomp getuienis en
die berekening wat voorgelê is met betrekking tot 'n tydsbasis-vergoeding
vir die D-verslag). Alle aanduidings is dat die verweerder
nie verwag het of
moes verwag het dat vergoeding vir die H8-dokumente op 'n tydsbasis deur die Hof
a quo
oorweeg sou word nie en dat die verweerder se saak gevolglik nie
gevoer is met die oog op so h moontlikheid nie. In die omstandighede
kan hierdie
Hof allermins oortuig wees daarvan dat die betrokke gegewens namens die
verweerder behoorlik in die getuienis ondersoek
is, en aangesien die eiser se
saak nie op hierdie grondslag gevoer is nie, sou dit onbillik teenoor die
respondent wees om die toekenning
van die bedrag van R2 449,20 staande te laat
bly.
My gevolgtrekking is dat die eiser nie daarin geslaag het om in sy
pleitstukke of in die getuienis 'n voldoende grondslag te lê
vir 'n
berekening van die
175
quantum
van enige vergoeding waarop hy geregtig
is ten opsigte van die H8-dokumente nie. Die Verhoorregter se toekenning van R2
449,20 in
hierdie opsig moet dus wegval.
Die drie belangrikste geskilpunte is
nou af-gehandel. Wat oorbly vir bespreking kan kortliks af-gehandel
word.
Vroeer het ek gemeld dat die eiser naas sy hoofeis ook alternatiewe
eise ingestel het. Daar is twee. Die eerste was gebaseer op die
eiser se
aan-stelling as die verweerder se raadgewende ingenieurs vir die uitvoering van
die elektrifiseringsprojek, in-dien besluit
sou word om so 'n projek te
onderneem, soos vervat in Stander se brief aan die eiser van 28 Novem-ber 1978,
par (26) hierbo, en die
eiser se aanvaarding van die aanstelling op 14 Desember
1978 (par (27)). Die Verhoorregter het hierdie eis verwerp, in kern op grond
van
sy bevinding dat die aanstelling op die toe-koms betrekking gehad het en nie
bedoel was om van toe-
176
passing te wees op die reeds afgehandelde werk waarvoor die eiser vergoeding
geëis het nie. Die bevinding is onaanvegbaar. Die
eiser se advokaat het in
hierdie Hof wyslik te kenne gegee dat hy nie op hierdie alter-natiewe eisoorsaak
staatmaak nie. Daar hoef
dus niks meer daaroor gesê te word nie.
Die
tweede alternatiewe eis was gebaseer op 'n beweerde erkenning van
aanspreeklikheid deur die ver-weerder vir die betaling van h
bedrag van R869
498,28 aan die eiser, soos vervat in Stander se antwoord van 19 September 1979,
par (40) hierbo, op die eiser se
interim rekening van 23 Augustus 1979 (par
(37)). Hierdie alternatiewe eisoorsaak is eers gedurende Februarie 1984 deur
middel van
h wysiging in die eiser se besonderhede van vordering ingevoeg. Die
verweerder het daarop sy pleit gewysig, onder meer deur die verweer
te opper dat
enige eis op hierdie skuldoor-saak alreeds verjaar het. Dit is gemeensaak dat
die toepaslike tydperk van verjaring,
wat vanaf September
177
1979 begin loop het, alreeds in Februarie 1984, toe die wysiging aangevra en
verkry is, verstreke was. Die Verhoorregter het hierdie
alternatiewe eis verwerp
op twee gronde: eerstens, omdat Stander se brief van 19 September 1979 nie h
ondubbelsinnige erkenning van
aanspreeklikheid bevat het nie, en tweedens, in
ieder geval, omdat die eis verjaar het. Ek het bedenkings oor die korrektheid
van
die eerste bevinding, maar ek gaan nie daaroor uitwei nie, omdat die verweer
van verjaring na my mening in ieder geval tereg gehandhaaf
is. Daar is namens
die eiser in hierdie Hof betoog dat die beweerde erkenning van aanspreeklikheid
'n alternatiewe eisoorsaak daargestel
het, wat nie die oorspronklike
skuldoorsaak deur skuldvernuwing uitgewis het nie; en verder, dat die
alternatiewe eisoorsaak nie
deur verjaring getref kon word voordat die
oor-spronklike skuldoorsaak verjaar het nie. Die eerste gedeelte van die betoog
is korrek,
maar die tweede gedeelte nie; dit is h
non sequitur
.
Geen
178 toepaslike gesag is daarvoor aangehaal nie en na my oordeel is dit
in stryd met basiese beginsels. In so-verre die erkenning van
aanspreeklikheid
'n eisoorsaak daarstel, is dit 'n selfstandige eisoorsaak wat 'n eie bestaan
voer. Die blote feit dat dit bestaan
as h alternatief tot die oorspronklike
skuldoorsaak kan sekerlik nie meebring dat verjaring nie ten opsigte daarvan kan
loop net
omdat die oorspronklike skuldoor-saak se verjaring onderbreek is deur
die instelling van 'n regsgeding nie. Gevolglik kan hierdie
alternatiewe eis nie
slaag nie.
Daar is een oorblywende aspek van die teen-appèl waarna nog
verwys moet word. Dit het betrekking op die Verhoorregter se weiering
van die
verweerder se aansoek om sy pleitstukke te wysig, soos vroeër ver-meld. Die
aansoek het h hele paar afsonderlike wysigings
behels, maar in die betoog voor
hierdie Hof het die respondent se advokaat hom op slegs twee daar-van verlaat.
Die eerste het betrekking
gehad op h
179 verweer dat die eiser se eis om
vergoeding vir die D-verslag onderhewig was aan 'n stilswyende opskortende
voorwaarde dat fondse
vir die projek verkry sou word. Hierdie verweer is sonder
die aangevraagde wysiging oorweeg en verwerp, beide in die Hof
a quo
en
in hierdie uitspraak. Die weiering van 'n wysiging in dié opsig was dus
geregverdig, want die verweer het uitsluitlik berus
op Van Niekerk se getuienis,
wat ten tyde van die aansoek alreeds voor die Hof
a quo
was. In ieder
geval word hierdie wysiging getref deur dieselfde oorwegings wat geld ten
opsigte van die tweede een wat geopper is,
soos nou sal blyk. Die tweede
wysiging was om 'n verweer te opper dat die verweerder nie bevoeg was om die
verbredingsooreenkoms
van 28 Julie 1977 aan te gaan nie, "aangesien gedeeltes
van Groter Soweto buite die jurisdiksiegebied van die verweerder geval het".
Die
Verhoorhof het die wysiging geweier hoofsaaklik op twee gronde. Die eerste was
wat hy genoem het "die lendelamme verskoning
180
vir die laat wysiging". Die beskrywing was ten volle geregverdig. Die
"verskoning" was aangebied in 'n beedigde verklaring van die
verweerder se
prokureur, wat so vaag was dat 'n mens nie daaruit kan agterkom waarom die
verweer nooit vantevore oorweging geniet
het nie; bowendien is geen
verduideliking in dié verband deur enige ampsdraer van die verweerder
self aangebied nie. Die tweede
grond van weiering was dat die Verhoorregter
hoegenaamd nie oortuig was daarvan dat die eiser nie benadeel sou word deur die
wysiging
op 'n wyse waarvoor hy nie vergoed sou kon word deur 'n kostebevel nie.
Dit was duidelik dat die eiser se saak heropen sou moes word,
en tydens die
betoog in hierdie Hof het dit verder duidelik geword dat langdurige nuwe
getuienis gelei sou moes word, met nuwe berekenings
en ondersoeke na gelang van
watter gedeeltes van Groter Soweto by die verweer betrokke sou wees (wat nie
eens in die wysiging gespesifiseer
is nie). Die saak het reeds baie lank geduur
en die
181 Verhoorregter het tereg gewag gemaak van die ontwrigting van die
eiser se praktyk as gevolg daarvan, en die gevolglike skade wat
die eiser
daardeur gely het, waarvoor 'n kostebevel geen afdoende vergoeding sou bied nie.
Alles inaggenome, is daar nie aangetoon
dat die Verhoorregter in sy benadering
tot die aansoek en sy redes vir die weiering daarvan in enige opsig gefouteer
het nie. Gevolglik
moet die teenappèl ook in hierdie opsig misluk.
Ten
slotte moet daar nou oorweeg word wat die resultaat is van die bevindings
waartoe in hierdie uitspraak geraak is. Die bedrag van
die vonnis wat ten gunste
van die eiser toegestaan is, moet gewysig word om uiting te gee aan die
bevinding dat die eiser vir die
D-verslag geregtig is op vergoeding ten bedrae
van R703 805,60, met inagneming van die bevinding dat die bedrag van R2 449,20
ten
opsigte van die H8-dokumente nie daarby gevoeg moet word nie. Vroeer in
hierdie uitspraak is daarop gewys dat die verweerder
182
aanspreeklikheid erken het vir sekere
ad hoc
opdragte
ten bedrae
van R15 083,93. Die bedrag van die vonnis
waarop die eiser geregtig is, is
dus soos volg:
D-verslag R703 805,60
Erkende bedrae 15 083,93
Totaal R718 889,53
Dit is gemeensaak dat die eiser geregtig is op rente op hierdie bedrag teen h
vaste rentekoers van 11% per jaar vanaf datum van
mora
tot datum van
betaling. In hierdie . Hof het mnr
Muller
namens die eiser in sy repliek
gesê dat die datum van
mora
23 Augustus 1979 is, synde die datum
van die eiser se interim rekening (par (37) hierbo). Ek gaan hom nie hierin
gelyk gee nie. Die
eiser het op 1 Oktober 1979 aan die verweerder uitstel vir
betaling verleen (par (42)) en in sy besonderhede van vordering het hy
uitdruklik beweer dat die uitstel verleen was tot die einde van November 1979.
Alhoewel in die hoofeis rente geëis is
a tempore morae
sonder om h
datum te spesifiseer, is
183
rente in die tweede alternatiewe eis gevorder spesifiek vanaf 1 Desember
1979. Dit is duidelik dat 1 Desember 1979 in die Hof
a quo
allerweë
aanvaar is as die datum van
mora
en daarom het die Verhoorregter dit in
sy bevel ook so beliggaam. Ek is nie bereid om dit nou te verander nie.
Wat
die koste van die verhoor in die Hof a
quo
betref, is 'n spesiale bevel
aangevra namens die eiser sowel as namens die respondent. Die aansoek namens die
eiser was vir 'n bevel
dat die koste van die verhoor op h grondslag soos tussen
prokureur en kliënt betaal moet word. In h repliek op die verweerder
se
wysiging van sy pleit, waarin die magtiging van die betrokke persone om die
verbredingsooreenkoms namens die verweerder aan te
gaan, ontken is, het die
eiser kennis gegee dat hy om 'n spesiale kostebevel aansoek sou doen indien die
verweerder met daardie verweer
sou volhard. In werklikheid is daar uiteindelik,
toe die koste-aspek van die saak in die Hof
a quo
beredeneer
184 is,
nagelaat om so 'n aansoek aan die Verhoorregter voor te dra. In hierdie Hof is
daar betoog dat so 'n spesiale kostebevel nou
verleen kan word, en behoort te
word, vanweë die feit dat die verweerder, ten spyte van die genoemde
kennisgewing, nie eens
'n enkele van die vier betrokke persone as 'n getuie
geroep het om die verweer te probeer staaf nie, terwyl die wysiging toegestaan
is juis op grond van bewerings wat hulle in beëdigde verklarings ter
ondersteuning van die aansoek gemaak het. Na my mening
regverdig die
omstandighede egter nie die uitreiking van die aangevraagde bevel deur hierdie
Hof nie. Die wyse waarop die verweerder
se saak in hierdie opsig gevoer is, is
sekerlik betreurenswaardig, meen ek, maar na my oordeel het dit nie so 'n graad
van afkeurenswaardigheid
bereik dat 'n drastiese bevel soos dié wat
aangevra is aangewese is nie. Die aansoek word dus nie toegestaan nie. Die
aansoek
om 'n spesiale kostebevel wat namens die respondent gedoen is, het berus
op h betoog dat h klomp
185
onnodige getuienis namens die eiser in die Hof
a quo
voorgelê
is, met betrekking tot die betekenis en toepassing van Vorm 1, wat nou geblyk
het nie ter sake te wees nie. Dit is
voldoende om te sê dat ek nie
saamstem met die betoog nie. Hierdie aansoek word dus ook nie toegestaan
nie.
Die kostebevel van die Hof
a quo
het ek
vroeër in hierdie
uitspraak aangehaal. Vanweë die
verhoging van die bedrag van die vonnis
sal die
kostebevel dienooreenkomstig aangepas moet word. Om
moontlike
misverstand te voorkom, sal ek in die
formulering hieronder van die bevel wat
die Verhoorhof
behoort uit te gereik het, diê gedeeltes behou wat
nie
omstrede was nie. Ter wille van duidelikheid noem ek
ook dat ek op die
gebruiklike manier in die bevel wat
dié van die Verhoorhof vervang,
sal verwys na die
partye soos hulle in die Hof
a quo
was, alhoewel
die
verweerder nie meer bestaan nie en die aanspreeklikheid
nou dié
van die respondent is. :
186
Wat betref die koste van die verrigtinge in hierdie Hof, is dit duidelik dat
die respondent die koste van die appèl sowel as
van die teenappèl
moet betaal. In laasgenoemde verband moet daar miskien net vermeld word dat die
feit dat 'n bedrag van R2
449,20 wegval uit die Verhoorregter se vonnisbedrag,
nie beteken dat die teenappèl enigsins suksesvol was nie, gesien die
verhoging van die vonnisbedrag as gevolg van die sukses van die
appèl.
Die bevel van die Hof is soos volg:
1.
Die appèl word
gehandhaaf en die teen-appèl word afgewys.
2.
Die respondent moet die appellant se koste van die appèl en
die teenappèl betaal, insluitende die koste voort-spruitend
uit die
gebruikmaking van twee advokate namens die appellant.
3.
Die bevele van die Hof
a quo
word tersyde gestel en vervang
deur die
187
volgende:
"(a) Vonnis word toegestaan ten gunste
van die eiser teen die verweerder vir die betaling van 'n bedrag van R718
889,53 met rente daarop teen 11% per jaar vanaf 1 Desember
1979 tot datum van
betaling.
(b) Die kostebevel is soos volg:
(i) Elke party dra sy eie koste van die uitstel van die verhoor op 19 Oktober
1983.
(ii) Andersins betaal die ver-weerder die eiser se koste van die geding, wat
insluit die koste van die aansoek om absolusie.
(iii) Die koste sluit ook in die koste van twee advokate namens die
eiser.
(iv) Die volgende persone word noodsaaklike deskundige ge-tuies verklaar:
Mnre Van Niekerk, Bester, Pretorius, Dijkstra en Kurton.
A.S. BOTHA AR
HEFER AR
STEM SAAM
STEYN AR