About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 128
|
|
S v Kruger and Others (553/1986) [1988] ZASCA 128; [1989] 4 All SA 46 (AD) (30 September 1988)
LL
Saak No 553/1986
IN DIE HOOGGEREGSHOF
APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
DIE STAAT
Appellant
teen
DIRK KRUGER EN ANDERE
Respondente
CORAM
: VAN HEERDEN, HEFER, STEYN,
KUMLEBEN et EKSTEEN ARR
VERHOORDATUM
: 8 SEPTEMBER 1988
LEWERINGSDATUM
: 30 SEPTEMBER
1988
UITSPRAAK
VAN HEERDEN AR
:
2
VAN HEERDEN AR
:
Die 16
respondente en 22 ander mede-beskuldigdes is in 'n streekhof aangekla op 76
aanklagte van veediefstal. Ten opsigte van elke
aanklag was daar ook
alternatiewe aanklagte maar dié is nie tans ter sake nie. Sommige van die
beskuldigdes is apart verhoor
terwyl die aanklagte teen 'n aantal ander
be-skuldigdes teruggetrek is. Uiteindelik is die ver-hoor waarop hierdie
appèl betrekking
het, teen slegs 24 beskuldigdes voortgesit. Twee van
hulle is vryge-spreek en die ander 22 is elk op een of meer ongespesi-fiseerde
aanklagte van veediefstal skuldig bevind en 'n verskeidenheid vonnisse
opgelê.
Wat 6 van die 76 aanklagte betref, is die be-trokke beeste in
die Republiek gesteel. Die oorbly-wende 70 aanklagte het betrekking
op beeste
wat oor-spronklik in Bophuthatswana toegeëien sou gewees het. (Ek verwys
voortaan na die twee groepe aanklagte as
onderskeidelik die R-aanklagte en die
B-aanklagte.
3
Ek verwys ook na die beskuldigdes as B1, B2 ensomeer en gebruik daarby
dieselfde nommers as dié waarmee hulle in die streekhof
geïdentifiseer is.)
Die getuienis wat ter onderskraging van die
B-aanklagte gelei is, toon aan dat van die Suid-Afrikaanse beskuldigdes, veral
B5 (wat
apart verhoor is maar by die onderhawige verhoor getuig het), van tyd
tot tyd met Swart inwoners van Bophuthatswana ooreen-gekom
het dat hulle beeste
in daardie land sou versamel en beskikbaar sou stel. Bedoelde inwoners het op
hul beurt ander inwoners verkry
om met die aanjaag en laai van die beeste
behulpsaam te wees. B5 het opgetree ten behoewe van B2 en blykbaar by tye ook
ten behoewe
van B1 (wat ook apart verhoor is). B2 en B1 het weer trokke,
bestuurders en handlangers beskikbaar gestel. Die gevolg was dat beeste
op 'n
hele aantal verskillende geleenthede in Bophuthatswana op 'n trok (of soms
trokke) gelaai is en dan na die Republiek vervoer
is. Die beeste is óf
direk na 'n vendusielokaal geneem, 6f
4 eers na 'n perseel van B2 te
Westonaria en daarna na sodanige lokaal, waar hulle verkoop is.
Dit ly geen
twyfel nie dat almal wat by die gebeure betrokke was, geweet het dat die beeste
hul eienaars sonder hul toestemming ontneem
is. 'n Probleem het egter ontstaan.
Hoewel h reeks klaers op wie die B-aanklagte betrekking gehad het, getuig het
dat hul beeste
vanaf verskillende plekke in Bophuthatswana verdwyn het, blyk dit
nie uit die getuienis welke beeste op elke geleentheid getrok is
nie. Die
waarskynlikhede dui dan ook daarop dat meerdere persone se beeste telkens op een
trok gelaai is. Hierbenewens kom dit voor
dat B1 soms op sy eie in
Bophuthatswana bedrywig was. Die resultaat is dat nie bepaal kan word of die
beeste wat op enige van die
geleenthede getrok is aan spesifieke klaers, of aan
ander persone, of aan die klaers en ander persone, behoort het nie. Ook is dit
nie moontlik om wat datum en plek betref, soos vermeld in elke B-aanklag,
5
die diefstal van 'n vrag beeste met spesifieke aanklagte te verbind nie. En
selfs indien aanvaar word dat slegs die klaers. se beeste
gesteel is, kan nie
vasgestel word nie op welke B-aanklagte die beskuldigdes, of sommige van hulle,
skuldig bevind kan word sonder
dat 'n vermenigvuldiging van skuldigbevind-ings
plaasvind.
Die landdros het, met enkele uitsonderings, die probleem gemeen te
oorbrug deur elke beskuldigde ten opsigte van een of meer ongespesifiseerde
vragte beeste skuldig te bevind, sonder om die vrag of vragte met spesifieke
klagtes in verband te bring. Dit was gemene saak in
die hof a
quo
, en is
dit nog steeds, dat die landdros nie geregtig was om sulks te doen nie aangesien
die beskuldigdes ingevolge art 106 (4) van
die Strafproseswet 51 van 1977 ("die
Wet") op elke aanklag òf skuldig bevind òf vrygespreek moes gewees
het. (B28 en
B38 is elk op 'n R-aanklag skuldig bevind maar die R-aanklagte is
nie vir die doeleindes
6 van die onderhawige appêl ter sake
nie.)
Sewentien van die beskuldigdes het by wyse van verkryging
van,regtersertifikate na die Transvaalse Provinsiale Afdeling geappelleer.
Die
hof a
quo
het egter ingevolge die bepalings van art 304 (4) van die Wet
ook die posisie van die orige beskuldigdes in oor-weging geneem. Die
gevolg was
dat die skuldigbevind-ings van twintig van die beskuldigdes tersyde gestel is.
(B38 se skuldigbevinding op 'n R-aanklag
het bly staan.) 'n Skuldigbevinding van
sommige van die beskuldigdes op een of meer van die R-aanklagte is
gesubstitueer, en in effek
is al die beskuldigdes wie se posisie oorweeg is,
vrygespreek op al die B-aanklagte.Die uitspraak van die hof a
quo
is
gerap-porteer:
S v Kruger en Andere
1987 (4) SA 326
(T).
Wat die B-aanklagte betref, het die hof a
quo
in eerste instansie
bevind dat die streekhof nie bevoeg was om aanklagte van diefstal van beeste wat
in Bophuthatswana gesteel is,
te bereg nie. Tweedens is
7 bevind dat die
B-aanklagte nie tot drie - wat op drie verskillende gebiede van Boputhatswana
slaan - gere-duseer of gewysig kon
word nie.
Die beskuldigdes ten aansien van
wie skuldig-bevindings op die R-aanklagte gesubstitueer is, is opnuut gevonnis
en daarna is verlof
aan die appellant verleen om na hierdie hof te appelleer
teen die effek-tiewe vryspraak van die beskuldigdes op die B-aanklagte.
Die
appellant kon egter nie die kennis-gewing van die aansoek om verlof tot
appèl op vier van die betrokke beskuldigdes beteken
nie en het gevolglik
die aansoek, insoverre dit op hulle betrekking gehad het, prysgegee. Die
onderhawige appèl is dus slegs
gerig teen die vryspraak van die
respondente, d w s beskuldigdes 2, 4, 6-9, 11, 12, 15, 18, 19, 22, 23, 27, 29 en
34, op die 70 B-aanklagte.
Wat eersgenoemde bevinding van die hof a
quo
betref, kan die hof se benadering soos volg saamgevat word: Geen
Suid-Afrikaanse hof het die bevoegdheid
8 om diefstal gepleeg in 'n vreemde
land, soos Bophuthat-swana , te bereg nie. Indien die dief die goed na
Suid-Afrika bring,. pleeg
hy ook nie alhier 'n misdaad nie tensy diefstal
volgens die reg van Bophuthatswana 'n voortdurende misdryf is. 'n
Suid-Afrikaanse
hof kan egter nie geregtelike kennis neem van die strafreg van
Bophuthatswana nie, en in h strafsaak geld daar ook nie h vermoede
dat die
regsposisie in h vreemde land met die Suid-Afrikaanse reg ooreenstem nie. In
casu
moes die appellant dus by wyse van die voorlegging van deskundige
getuienis bewys het dat diefstal wel volgens die reg van Bophuthatswana
'n
voortdurende misdryf is. Aangesien sodanige bewys ontbreek, kon die beskuldigdes
nie op die B-aanklagte skuldig bevind gewees
het nie.
Betreffende die vraag
of 'n persoon wat goed in 'n vreemde land steel en dit dan in die Republiek
bring ('n binnebring-geval") alhier
op 'n aanklag van diefstal verhoor kan word,
het die hof a
quo
verwys na "'n reeks Suid-Afrikaanse gewysdes wat die
indruk mag
9 skep dat geregtelike kennis geneem mag word van diefstal as
voortdurende misdaad" (in die vreemde land). Die hof het egter die mening
gehuldig dat sommige van die gewysdes inderdaad nie gesag is vir die stelling
dat die regsposisie in die vreemde land nie bewys hoef
te word nie, en dat die
ander verkeerd beslis is. In besonder is gesteun op die beslissing in
S v
Makhutla en 'n Ander
1968 (2) SA 768
(0), waarin Klopper R gekonkludeer het
dat by ontstentenis van bewys dat diefstal in Lesotho 'n voortdurende misdryf
was, die "dief"
wat die goed na Suid-Afrika gebring het nie hier aan diefstal
skuldig bevind kon word nie.
In hierdie hof het die appellant se advokaat
betoog dat in h binnebring-geval dit nie vir die Staat nodig is nie om te bewys
dat diefstal
in die vreemde land 'n voortdurende misdryf is, of selfs dat die
gedraginge van die beskuldigde in die vreemde land hoegenaamd diefstal
gekonstitueer het, en ek meen dat sy gelyk gegee moet word.
10
Queen v
Philander Jacobs
1876 B 171 is, sover ek kon vasstel, die eerste
gerapporteerde saak waarin ingegaan is op die bevoegdheid van 'n hof om 'n
beskuldigde
in h binnebring-geval te verhoor op 'n aanklag van diefstal. De
Villiers HR het gesê (op p 175) dat al die gesaghebbendes waarna
verwys is
"recognise the principle that theft is a continuous crime so long as the
property is in the physical
possession of the thief " Hy het ook verwys
na
'n "universal practice" (blykbaar in die Kaapkolonie) om persone wat
elders diefstal gepleeg het en dan die goed die Kolonie binnegeneem
het aldaar
te verhoor op 'n aanklag van diefstal. Dit kom egter voor dat na die mening van
De Villiers HR in sommige gevalle afhangende
van die vreemde gebied waarin die
goed toegeëien is - wel bewys sou moes word dat die optrede van die
beskuldigde in daardie
gebied diefstal gekonstitueer het.
In 'n hele aantal ander binnebring-gevalle is
11
die beskuldigde skuïdig bevind op die grondslag dat
diefstal 'n voortdurende misdaad is. Sien bv
The
Queen v Herbst
1877 K 187;
R v Lepal
1892 SC 263
;
R
v
Williams
1907 ORC 87
;
Queen v Judelman
1893 SC
12
;
Cloete v Regina
1954 (1) PH H95, en
S v "A"
1979 (4)
SA
51
(R). Wat nie duidelik is nie, is of die howe van
mening was dat die
handelinge van die beskuldigde in
die vreemde gebied volgens die reg van
daardie gebied
diefstal moes daargestel het - wat dan voortgeduur het
-
en, indien wel, op welke basis telkens bevind is dat
dit inderdaad die geval
was.
In
R v Nel
1953 (2) SA 619
(A), het Greenberg
AR, met verwysing na 'n betoog dat die bepalings van Wet
26 van 1923 slegs van toepassing was op vee wat binne
Suid-Afrika gesteel was, die volgende gesê (op p 622):
"The argument was based on the general submission that, at any rate in the
absence of express provision, the Courts of any State
have no jurisdiction in
regard to crimes committed outside the borders of such state and that the
provisions of the Stock Theft Act
showed that it was not intended to
apply
12
in any respect to stock stolen outside the
Union. Counsel conceded that if
stock is
so stolen by an accused person and brought
into the Union by that
person, he falls
within the provisions of the Act because
theft is a
continuous offence (
R. v. von
Ellinq
,
1945 A.D. 234)
and the
accused in
such a case would be stealing within the
Union
"
Die advokaat se toegewing - wat klaarblyklik
volgens Greenberg AR die regsposisie juis weergegee het het egter berus op die
premisse
dat diefstal inderdaad in 'n vreemde gebied gepleeg was. Die vraag of
in 'n binnebring - geval bewys moet word dat die beskuldigde
wel diefstal
volgens die reg van so 'n gebied gepleeg het, asook dat diefstal daarvolgens van
voortdurende aard is, het dus nie pertinent
ter sprake gekom nie.
Bedoelde vraag is egter wel geopper in S v
Van
Coller
1970 (1) SA 417
(A), 'n beslissing waarna die hof a
quo
in
hierdie appèl blykbaar nie verwys is nie. Die appellant is in 'n
landdroshof skuldig bevind op 'n aanklag dat hy in of
naby Windhoek vier
mikroskope
13
gesteel het. Dit het geblyk dat hy die mikroskope
onregmatiglik in
Botswana bekom of behou het en hulie
daarna na Windhoek-verwyder het. Sy
motief was om die
mikroskope as hefboom te gebruik ten einde die owerheid
in Botswana te oorreed om strafaanklagte teen hom terug
te trek. Die appellant se advokaat het betoog dat
indien hy nie oorspronklik volgens die reg van Botswana
diefstal gepleeg
het nie, hy hom nie in Suidwes-Afrika
aan diefstal skuldig kon gemaak het
nie. In hierdie
verband het Jansen AR die volgende gesê (op pp
422-3):
"Whether his [d i die appellant se] conduct constituted theft according to the
laws of Botswana was canvassed at the trial and, to
some extent, debated before
us. But the only relevance of the legal concept of theft in Botswana seems to
flow from a submission
by counsel for the appellant that if theft had not been
committed initially, according to the laws of Botswana, the appellant's con-duct
in South-West Africa could not, accord-ing to the laws of the latter, have
altered the position. This contention, however, runs
counter to the
decision of this Court in
R. v. von Elling
,
1945 A.D. 234.
It must be
accepted that, as the appellant handled the microscopes
invito domino
within the jurisdiction of the trial court, his
conduct
14
there would constitute theft, provided he then had the requisite
intent."
In
R v Von Ellinq
, waarop Jansen AR
gesteun het, is met verwysing na o a
Queen v Philander Jacobs
,
supra
, en
R v Mlooi and Others
1925 AD 131
, gesê dat die
leerstuk dat diefstal h voortdurende misdryf is "must be regarded as
well-established in South African criminal
law" (p 246). Wat Jansen AR dus
bevind het, is dat die advokaat se betoog strydig met hierdie leerstuk was, en
dat al sou die appellant
nie volgens die reg van Botswana in daardie land
diefstal gepleeg het nie, hy dit wel volgens ons reg in Suidwes-Afrika sou
gedoen
het indien hy met die nodige opset aldaar die mikroskope
invito
domino
hanteer het.
Dit kom my voor dat die grondslag van die bevinding
soos volg geformuleer kan word: Die Suid-Afrikaanse strafreg het slegs interne
gelding in die sin dat 'n persoon wat daarvolgens 'n misdaad in 'n vreemde land
pleeg nie alhier daaraan skuldig bevind
15 kan word nie. In 'n
binnebring-geval kan die persoon wat volgens ons reg in die vreemde land
diefstal gepleeg het egter wel hier
verhoor word- nie vanweë die diefstal
in die vreemde land nie, maar wel vanweë sy voortgesette
toeëieningshandeling,
met die nodige opset, hier te lande. Die rede is dat
volgens ons reg diefstal 'n voortdurende misdryf is en dat die dief dus ook
binne ons grense diefstal pleeg.
Dit volg dus dat die bevinding in
Van
Coller
meebring dat dit in 'n binnebring-geval ontersaaklik is of die
beskuldigde in die vreemde land volgens die reg van daardie land diefstal
gepleeg het. Dit is net so ontersaaklik of volgens bedoelde reg diefstal h
voortdurende misdaad is. Anders gestel, die vraag of die
beskuldigde in die
vreemde land diefstal gepleeg het, word beantwoord met verwysing na ons reg. Is
die antwoord bevestigend, is die
enigste ander vraag of die diefstal - wat
volgens ons reg deurlopend van aard is - tot in die Republiek voortgeduur het; m
a w of
16
die beskuldigde ook binne ons grense diefstal van die goed gepleeg
het.
Die hof a
quo
het gevolglik verkeerdelik bevind dat die
beskuldigdes nie ten opsigte van die diefstal van die beeste, wat soos voornoemd
in Bophuthatswana
getrok is en na die Republiek vervoer is, in Suid-Afrika
verhoor kon word nie tensy bewys is dat hulle volgens die reg van Bophuthatswana
diefstal van voortdurende aard gepleeg het. Dit volg ook dat die konklusie van
Klopper R in
Makhutla
waarna hierbo verwys is, nie juis is nie. (Dit blyk
dat in
Van Coller
hierdie hof wel na
Makhutla
verwys
is.)
Hierdie slotsom bring egter nie 'n einde aan die jurisdiksionele
probleem nie. Die posisie is naamlik dat sekere van die beskuldigdes
("die
B-beskuldigdes") slegs in Bophuthatswana bedrywig was. Hulle was almal aldaar
woonagtig en het by geleenthede ander persone
se beeste bymekaar gemaak en
gehelp om dié te trok. Verder het hul aktiewe deelname egter
17 nie
gestrek nie. Meer bepaald het hulle nie in die Republiek enige vorm van beheer
oor die gesteelde beeste uitgeoefen nie. Hoogstens
kan bevind word dat hulle
geweet het, of voorsien het, dat die gesteelde beeste na Suid-Afrika vervoer en
hier verkoop sou word.
Die appellant se advokaat het betoog dat die
B-beskuldigdes nietemin ook binne ons grense diefstal gepleeg het. In hierdie
verband
het sy haar op 'n ge-meenskaplike oogmerk van die B-beskuldigdes en die
ander beskuldigdes beroep. Daardie oogmerk sou be-hels het
dat die gesteelde
beeste na Suid-Afrika geneem moes word. Dié betoog is aangevoer in
antwoord op 'n vraag wat hierdie hof
geopper het, maar die vraag is sekerlik nie
ten volle voor ons beredeneer nie. Dit is derhalwe onwenslik om te bepaal of die
B-beskuldigdes
hulle ook hier te lande aan diefstal skuldig gemaak het. In die
lig van die slotsom wat ek hieronder ten aansien van 'n voorgestelde
wysiging
van die klagstaat bereik, is dit ook onnodig om sulks te
18 doen. Ek
veronderstel dus ten gunste van die appellant dat ook die B-beskuldigdes in die
Republiek verhoor kon gewees het.
Ek kom dan by die vraag of in die lig van
die uiteensetting in die klagstaat enige van die beskuldigdes deur die landdros
skuldig
bevind kon gewees het ten opsigte van die diefstalle wat oorspronklik in
Bophuthatswana gepleeg is.
Die appellant se advokaat het tereg toegegee dat,
selfs met inagneming van die bepalings van art 11 (2) van Wet 57 van 1959, dit
nie
buite redelike twyfel blyk dat enige van die beskuldigdes enige van die
spesifieke diefstalle wat hulle in die B-aanklagte ten laste
gelê is,
gepleeg het nie. Die rede vir hierdie toegewing was dat, soos reeds hierbo
aangedui is, die diefstalle wat wel deur
die getuienis bewys is nie met enige
van die B-aanklagte verbind kan word nie. Dit geld wat betref die plekke en
datums waarop die
diefstalle volgens die klagstaat gepleeg sou gewees
19
het, die aantal beeste in elke B-aanklag vermeld, en ook die persone wat die
eienaars of besitters van die beeste sou gewees,het.
In haar betoogshoofde
het die appellant se advokaat egter aangevoer dat al die B-aanklagte tot drie
gereduseer kan word en dat die
skuldigbevindings van die landdros vervang kan
word met skuldigbevindings van die beskuldigdes, of sommige van hulle, op
hierdie
drie aanklagte (benewens die skuldigbevindings wat die hof a
quo
op die R-aanklagte gesubstitueer het). Sy het aangevoer dat dit kan geskied
sonder h wysiging van die klagstaat. In hierdie verband
het sy gesteun op
getuienis waaruit blyk, so het sy betoog, dat die diefstalle in drie aparte
gebiede van Bophuthatswana gepleeg
is, nl Hammanskraal, die streekafdeling
Ditsabotla, en h gebied "naby Rustenburg". Ten slotte het sy aan die hand gedoen
dat sekere
van die beskuldigdes by die diefstalle in elk van die gebiede
betrokke was, en dat 'n aantal beskuldigdes dus op elke
20 gereduseerde
aanklag deur die landdros skuldig bevind kon gewees het.
Ek veronderstel ten
gunste van die appellant dat die beskuldigdes oorspronklik van 'n sogenaamde
"course of conduct", waarby meerdere
toeëienings betrokke was, aangekla kon
gewees het. (Hierby laat ek jurisdiksionele probleme buite rekening.) Selfs in
hierdie
veronderstelling baat die beslissings waarop die appellant se advokaat
in haar betoogshoofde gesteun het, soos
R v Foord
1948 (3) SA 507
(A) en
R v Burwood
1941 AD 217
, egter nie die appellant nie. In hierdie, en
ander soortgelyke, sake het dit naamlik gegaan oor die bevoegdheid van 'n hof
van appèl
om 'n skuldigbevinding van die verhoorhof te korrigeer ten
einde dit in ooreenstemming met die klagstaat te bring; m a w, om 'n onjuiste
skuldigbevinding te vervang met een wat wel deur die bestaande klagstaat
geregverdig word. In
casu
kom hierdie bevoegdheid net nie ter sprake nie
want, soos meermale genoem is, kon die
21
landdros nie in die lig van die getuienis enige van die beskuldigdes op enige
van die B-aanklagte skuldig bevind het nie. 'n Vervanging
van die landdros se
skuldigbevindings deur skuldigbevindings aan drie groepe diefstalle is dus nie
sonder 'n wysiging van die klagstaat
geregverdig nie. Dit het die appellant se
advokaat dan ook uiteindelik by die verhoor van die appèl toegegee.
In
die alternatief is aansoek gedoen om so 'n wysiging. Ek kom aanstons terug op
die inhoud daarvan. Op hierdie stadium dien eers
vermeld te word dat so 'n
aansoek ook in die hof a
quo
gedoen maar van die hand gewys is. Die
vernaamste motivering was dat 'n wysiging van 'n klagstaat (d w s 'n aanklag of
aanklagte
daarin uiteengesit) volgens art 86 (1) van die Wet nie toegestaan kan
word nadat die verhoorhof reeds uitspraak gegee het nie:
1987 (4) SA 326
, 333
F-G. Dit word egter reeds sedert laatstens 1956 aanvaar dat 'n hof van
appèl die bevoegdheid het om 'n
22
wysiging toe te staan wat die verhoorhof voor uitspraak sou kon bewillig het:
R v Gibson
1956 (2) PH H 147 (A), en
S v Barkett's Transport (Edms)
Bpk en h Ander
1988 (1) SA 157
(A). Die blote feit dat die klagstaat nie in
die streekhof gewysig is nie, het die hof a
quo
dus nie verhoed om 'n
wysiging te oorweeg nie.
Ek kom dan by die inhoud van die wysiging wat in
hierdie hof aangevra is. Daarvolgens moet die B-aanklagte in drie verdeel word.
Enigeen
van die aanklagte wat met een van die drie gebiede van Bophuthatswana
verbind kan word, moet dan gewysig word sódat h aantal
bestaande
aanklagte as't ware gekonsolideer word. Dit kan ten beste aan die hand van 'n
voorbeeld verduidelik word, en dit is genoegsaam
om na die gebied Hammanskraal
te verwys (die twee ander voorgestëlde wysigings is,
mutatis
mutandis
, ooreen-stemmend). Die gewysigde aanklag ten opsigte van
Hammanskraal sou dan soos volg lui:
23
"Dat die beskuldigdes skuldig is aan die mis-dryf van Diefstal met inagneming
van die bepalings van Wet 57 van 1959 (hierna genoem
die Wet). Deurdat die
beskuldigdes geduren-de die periode Februarie 1984 tot September 1984 en te of
naby Hammanskraal (Moretele)
Bophuthatswana (sien die plekke genoem in kolom I)
en/of in die streekafdeling van Suid-Transvaal, wederregtelik en opsetlik 318
beeste, die eiendom of in die regmatige besit van die persone genoem in kolom II
(die een of die ander of almal van hulle) gesteel
het."
Agt en veertig van die B-aanklagte het, so is
betoog, betrekking gehad op diefstal van beeste uit die Hammanskraalgebied. Die
aansoek
van die appellant kom daarop neer dat enigeen van hierdie aanklagte
gewysig word om soos hierbo te lui. In kolom 1 word dan vermeld
die plekke waar
die 48 diefstalle volgens die toepaslike B-aanklagte gepleeg sou gewees het, en
in kolom 2 die name van die eienaars
of besitters van die beeste soos
uiteengesit in bedoelde aanklagte.
Ten einde die inslag van die voorgestelde
wysiging ten volle te laat blyk, kan by wyse van voorbeeld na die oorspronklike
aanklag
24 (een van
24
voornoemde 48 aanklagte) verwys word. Daarin is dit
die beskuldigdes ten
laste gelê dat hulle op of onge-
veer 30 Junie 1984 op Suurman Moretele
1 bees, die
eiendom van of in die regmatige besit van Piet
Sebeloane,
gesteel het.
Art 86 (1) van die Strafproseswet lui soos
volg:
"Waar h aanklag gebrekkig is vanweë die gebrek aan h noodsaaklike bewering
daarin, of waar daar h verskil blyk te wees tussen
h bewering in h aanklag en
die getuienis wat as bewys van so h bewering aangevoer word, of waar dit blyk
dat woorde of besonderhede
wat in die aanklag ingevoeg moes gewees het, daaruit
weggelaat is, of waar woorde of besonderhede wat uit die aanklag weggelaat moes
gewees het, daarby ingevoeg is, of waar daar h ander fout in die aanklag is, kan
die hof, te eniger tyd voor uitspraak, indien hy
van oordeel is dat die aanbring
van die toepaslike wysiging die beskuldigde nie in sy verdediging sal benadeel
nie, beveel dat die
aanklag, hetsy dit h misdryf openbaar of nie, vir sover
nodig gewysig word, sowel wat betref die deel daarvan waar die gebrek, verskil,
weglating, invoeging of fout voorkom, as wat betref h ander deel daarvan wat dit
nodig mag word om te wysig."
Hierdie
subartikel was ter sprake in
25
Barkett's Transport
,
supra
. Daarin het hierdie hof
bevind
dat die sub-artikel nie h "wysiging" van h
aanklag magtig wat meebring dat 'n nuwe aanklag geskep
word nie, "d w s
dat een misdryf deur h ander vervang
word". Weliswaar was in daardie saak ter
sprake die
vervanging van h aanklag wat die pleeg van misdryf A
ten laste gelê het met een waarvolgens die appellante
misdaad B sou
gepleeg het, maar Vivier AR het met
goedkeuring verwys na die volgende
dictum
in
S v Moyo
1979 (1) SA 1024
(R) 1026, ten aansien van die
betekenis van "amend" in h
ooreenstemmende Rhodesiese
bepaling:
" not every alteration, particularly one
that causes the complete destruction of the 'existing thing' or its substitution
by something else, can properly be deemed an
amendment."
In die huidige geval is
die beskuldigdes
natuurlik oorspronklik van diefstal aangekla terwyl die
voorgestelde
gewysigde aanklagte nog steeds op diefstal
betrekking het. Die appellant vra dus nie dat die
26
ten laste gelegde misdrywe met andersoortige misdrywe
vervang moet word nie. Dit is egter na my mening nie deurslaggewend nie
wanneer bepaal moet word of die aansoek inderdaad op'n
wysiging
gerig
is.
Neem bv die geval waarin 'n persoon daarvan aangekla word dat hy in 1987
in die distrik van Stellenbosch een bees, die eiendom van
Piet, gesteel het.
Nadat die beskuldigde gepleit het, doen die Staat aansoek dat die klagstaat so
"gewysig" moet word dat die beskuldigde
aangekla word van diefstal in 1970 in
die distrik van Pretoria van twaalf perde behorende aan Koos. Na my mening sou
die "wysiging",
indien toegestaan, wel 'n formele wysiging van die
klagstaat
daarstel, maar sou die
aanklag
in effek deur 'n geheel nuwe aanklag
vervang word. Die "gewysigde" aanklag sou dus die beskuldigde die pleging van 'n
heel ander
misdryf as waarvan hy oorspronklik aangekla is, ten laste lê.
Dit sou neerkom op "the complete destruction of the 'existing
thing' or its
substitution by something else".
27 Die begrip "wysiging" veronderstel 'n
mate van behoud van dit wat gewysig word. Indien 'n voorgestelde "gewysigde"
aanklag glad
nie meer met die oorspronklike aanklag identifiseerbaar is nie, is
daar dus nie sprake van 'n wysiging nie, maar wel van 'n ver-vanging.
Hierdie
slotsom bring vanselfsprekend mee dat die grens tussen 'n wysiging en 'n
vervanging in die praktyk nie altyd maklik te trek
sal wees nie. In elke geval
sal nagegaan moet word of die voorgestelde "gewysigde" aanklag tot so 'n mate
van die oorspronklike aanklag
verskil dat dit in wese 'n ander aanklag is.
Ek
keer terug na die wysigings wat die appel-lant se advokaat aangevra het. Indien
aanklag 24, by wyse van voorbeeld, gewysig sou
word om te lui soos die
saamgevatte aanklag wat hierbo aangehaal is, volg dit dat die beskuldigdes nie
meer aangekla word van die
diefstal van h enkele bees nie, maar wel van 318
beeste; dat beweer word dat die diefstal tussen Februarie 1984 en September 1984
(in plaas van op of
28
ongeveer 30 Junie 1984) op of naby Hammanskraal (in plaas van Suurman
Moretele) gepleeg is, en dat aange-voer word dat meer as 40
persone, in plaas
van een per-soon, se beeste gesteel is. Ek meen dus dat die voorgestelde nuwe
aanklag tot so 'n groot mate van
aan-klag 24 verskil dat daar nie van h wysiging
sprake is nie. Dieselfde geld indien die voorgestelde aanklag met die orige 47
oorspronklike
aanklagte vergelyk word. Sonder om in besonderhede in te gaan, kan
ook gekon-stateer word dat die ander twee voorgestelde aanklagte
(ten opsigte
van die ander twee gebiede van Bophuthatswana) geheel nuwe aanklagte is indien
hulle met enige van die tersaaklike oorspronklike
aanklagte vergelyk word. Op
die keper beskou, wens die appel-lant dus onder die dekmantel van 'n wysiging
die ver-vanging van al
die B-aanklagte deur drie geheel nuwe aanklagte te
bereik. Gevolglik kan die aansoek om wysiging nie toegestaan word nie.
Ek is in elk geval nie oortuig dat die
29
beskuldigdes nie benadeel sou word indien die voorge-stelde "wysigings"
toegestaan sou word nie. Ek noem slegs dat dit glad nie duidelik
is dat die
diefstalle wel in drie aparte gebiede van Bophuthatswana gepleeg is nie, en dat
dit in die lig van die bestaande klag-staat
nie vir die beskuldigdes nodig was
om die getuie-nis wat moontlik daarop dui in twyfel te trek nie. Die
appèl word gevolglik
afgewys.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
HEFER AR
STEYN AR
STEM SAAM
KUMLEBEN AR
EKSTEEN AR