About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 123
|
|
Bon Quelle (Edms) Bpk v Munisipaliteit, Otavi (256/87) [1988] ZASCA 123; [1989] 1 All SA 416 (A) (29 September 1988)
Saak No 256/87
I
N DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen*
BON QUELLE (EDMS) BEPERK
APPELLANT
EN
DIE MUNISIPALITEIT VAN OTAVI
RESPONDENT
CORAM:
RABIE Wrn HR, JOUBERT, BOTHA, HEFER et
VIVIER ARR.
AANGEHOOR:
9 SEPTEMBER 1988
GELEWER
: 29 SEPTEMBER 1988.
U
I
TSPRAAK
HEFER AR :
Hierdie appèl is gêrig teenïi spoliasiebevel wab MOUTON R
in die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika op aansoek van
die
2
huidige
respondent teen die appellant verleen het. Die
bevel lui soos volg:
"Die respondent word beveel om onmiddel-lik en
ante omnia
die vloei
van minstens twaalf en 'n half persent (12 ½%) van die water wat uit die
Otavifontein op die res-terende gedeelte
van die plaas Otavi-fon-tein 794,
distrik Grootfontein, soos aan-gewys deur Punt G op Kaart nr. A.61/46 aangeheg
by Notariële
Serwituut 6/1946, afkomstig is na die reservoir waaruit die
applikant se water voorsien word,te herstel."
Dit is onnodig om die feite wat aanleiding gegee het tot die aansoek volledig
uiteen te sit. Ek volstaan met wat volg.
Vir etlike dekades voor 1986 het die
respondent water gebruik uit die Otavifontein wat op 'n plaas naby die dorp
Otavi geleë
is. Die water is uit die fontein na 'n opgaartenk gepomp
vanwaar dit na die dorp gelei en onder die inwoners versprei is. Gedurende
Julie
1986 het die appellant, aan wie die plaas sedert 1982 behoort, die vloei van die
water na die opgaartenk afgesny. Dit
3
is waaroor díe respondent hom in die aansoek bekla
het.
Sy saak is bondig saamgevat in die slotparagraaf in die
funderende
verklaring van die stadsklerk waarin beweer
is dat die appellant
" wederregtelik en onregmatig die reg
in eie hande geneem het, inbreuk maak op die vloei van die water uit die
Otavifon-tein na die reservoir waaruit die appli-kant sy
water verkry en die
applikant ont-neem van sy regte ten opsigte van die water uit die
Otavifontein."
Die bevel is toegestaan in die vorm waarin dit aangevra
is. Ek noem dit om
aan te dui dat die aansoek, behalwe
vir gedingskoste, bloot was vir 'n
spoliasiebevel en niks
meer nie,
Al wat verder genoem moet word, is dat die stads-
klerk se bewering in die
funderende verklaring dat die
respondent water uit die fontein gebruik het
totdat die
appellant die vloei daarvan afgesny het, nie in appel-
lant se opponerende verklaring betwis is nie maar dat
'n verdere bewering
dat die respondent die houer is van
4
'n serwituut wat aan hom die reg op 'n gedeelte van die water
van die fontein verleen,wel betwis is.
Die geskil oor die beweerde serwituut
het die sen-trale geskilpunt in die betoë in hierdie hof gevorm. Ap-pellant
se advokaat
het aangevoer dat die bevel, in die afwesigheid van bewys van die
serwituut, nie toegestaan moes gewees het nie terwyl respondent
se advokaat
aange-voer het dat dit onnodig was om dit te bewys.
Vir sy standpunt het respondent se advokaat staat-
gemaak op die bekende
beginsel dat die partye se regte,
en, meer bepaald, die applikant se reg op besit, nie ter
sprake is by 'n aansoek om 'n spoliasiebevel nie. In
Nino
Bonino v de Lange
1906 TS 120
op 122 is die betrokke be-
ginsel soos volg geformuleer:
"It is a fundamental principle that no man is allowed to take the law into
his own hands; no one is permitted to dis-possess another
forcibly or wrongfully
and against his consent of the posses-sion of property, whether movable or
immovable. If he does so the Court
5
will summarily restore the
status quo ante
and will do
that as a preliminary to any inquiry or investigation in-to the merits of the
dispute."
Kyk ook bv
Greyling v Estate Pretorius
1947(3) S A 514
(W) op 516-517;
Shahmahomed v Hendriks and Others
1920
A D 151
op
159, 166;
Nienaber v Stuckey
1946 A D 1049
op 1053 en vgl
Yeko v
Qana
1973(4) S A 735 (A) op 739
D-H. Die mandament van spolie is 'n
besitsremediewaar-
van die beperkte en uitsluitlike funksie is om die her-
stel van die
statusquo ante
te bewerkstellig (
ORlodzin-
ski v
Oglodzinski
1976(4) S A 273 (D & K ) op 274 F-G)
en daarom kom dit
nie daarop aan dat die spoliator %
sterker aanspraak op besit as die gespolieerde mag hê
nie of dat laasgenoemde inderdaad geen reg op besit het
nie. Die beginsel is eenvoudig:
spoliatus ante omnia
restituendus est
ongeag die partye se daadwerklike
regte op besit.
Van Wyk v Kleynhans
1969(1) S A 221
(G W) op 224A:
Burger v Van Rooyen en 'n Ander
1961(1)
S A 159 (0) op 161 D-H).
6
Appellant se advokaat het,aangevoer dat die respon-dent sy reg op water
uit die fontein nogtans moes bewys omdat dit in die huidige
geval nie om die
herwinning van die besit van 'n liggaamlike saak gaan nie, maar om die herstel
van respondent se beweerde reg. In
so 'n geval, lui die betoog, moet die reg
waarop na bewering inbreuk gemaak is, bewys word. Ter ondersteuning van hierdie
be-toog
is ons verwys na die beslissing van JACOBS R (soos hy toe was) in
Jansen v Madden
1968(1) S A 81 (NK) en die beslissing in
Beukes v
Crous en 'n Ander
1975(4) S A 215 (NK) waarin
Jansen v Madden
gevolg
is.
In
Jansen v Madden
het JACOBS R soos volg geredeneer
(op 83F-84C):
"The argument that the principles applic-able to the granting of a spoliation
or-der should be applied here is mainly based on a passage
in the judgment of
GREENBERG J.A., in
Nienaber v Stuckey,
1946 A.D.1049, where the learned
Judge, after referring to
Nino Bonino v de Lange,
1906 T.S. 120
, and
certain other authorities, says the following on pp. 1055-1056 :
7
'The fact that these authorities state generally, and without
any limitation or exception, that the possession of incor-poreal rights
is
protected against spoli-ation means that the holders of such ser- vitutal rights
as rights of way ... are entitled to the relief
against disposses-sion by
spoliation.
The argument that the principles applicable to spoliation proceedings should
be applied in cases such as this is certainly attractive
but I do not think it
is sound. I could certainly not find 8 reported case,and there are numerous
decisions on disputes similar to
this one, where those principles have been
applied. As I read the passage in
Niena-ber's
case quoted above it is the
servitutal right
which is protected against dispossession by spolia-tion
and a person claiming such an order must there-fore show that he is the holder
of such a right and not merely that he claims such a right. An incor-poreal such
as a servitude cannot of course be pos-sessed in
the ordinary sense of the word
and the possession is represented by the actual exercise of the right with the
result that a refusal
to allow a person to exerciso the right will amount to a
dis-possession of such right.
A person who claims relief against dispossession by spoliation in a case such
as the present will, how-ever, have to prove on a balance
of probabilities that
he was the holder of a servitutal right and it is not sufficient merely to say
that he claims such a right
and that he was disturbed in the exercise of the
right which he claims."
Ek neem aan dat die opmerking dat dit die "servitutal right" is wat beskerm
word teen spoliasie nie letterlik
8
bedoel is nie "Die mandament beskerm kennciik geen reg in die
sin van 'n subjektiewe reg nie maar handhaaf 'n feite-like toestand
of gegewe."
(A J van der Walt :
Toepassing van die Mandament van Spolie op Onroerende
Sake
1986 TSAR 223
op 228. Kyk ook J C Sonnekus:
Mandament van
Spolie-KraRtiae Remedie by KraRonderbreking?
1985 TSAR 331
op 334). Te
oordeel aan sy ander opmerkings en dic gevolgtrekking waartoe hy gekom het, wou
JACOBS R waarskynlik slegs daar-mee te
kenne gee dat dit die besit van die
serwituutreg is wat beskerm word sodat 'n spoliasiebevel nie verleen kan word in
die afwesigheid
van bewys van die reg nie.
Ek kan hierdie sienswyse nie aanvaar nie. Aanvanklik moet ek daarop wys dat
dit nie steun vind in enigiets wat in
Nienaber v Stuckey
gese is nie.
GREEN-BERG AR se
dictum
wat JACOBS R aanhaal,verskyn in eers-genoemde se
behandeling van die vraag of n spoliasie-bevel verleen kan word aan iemand wat
nie
die uit-sluitlike besit van n gespolieerde saak gehad
9
het uie, en dit moet in daardie samehang verstaan word. Die
doel daarvan was bloot om aan te dui dat uitsluitlike besit nie 'n vereiste
is
nie o a omdat 'n serwituuthouer, "where clearly the person who holds the
servitude does not have exclusive possession of the land"(1056),gereg-tig
is op
die beskerming van die mandament; en dit regver-dig nie die afleiding dat iemand
wat die bevoegdhede van 'n serwituuthouer
uitoefen maar nie bewys dat hy 'n
serwi-tuuthouer is nie, enigsins in 'n ander posisie verkeer nie. Om van so 'n
persoon bewys van
die serwituut te verg, bring mee, soos ek aanstons sal
aantoon, 'n drastiese afwyking van aanvaarde beginsels waarvan daar geen
aanduiding
in die uitspraak in
Nienaber v Stuckey
te bespeur is nie. Die
teendeel is eerder waar. In die
dictum
waarna JACOBS R verwys het, het
GREENBERG AR bv verwys na die feit dat
"these authorities state that the
possession
of
incorporeal rights is protected against spoliation".(My kursivering). Op 1053
is opgemerk dat
10
" a spoliation order does not decide
what, apart from possession, the rights of
the parties to the property
spoliated were
before the act of spoliation and merely or-
ders that the
status quo
be restored . "
en op 1059 dat
" it is clear that the appellant was
in possession of the right of access through this gate of which he has been
deprived,and the remedy is therefore available."
'n Duideliker formulering van die aanvaarde beginsels van
die mandament
van spolie is nouliks denkbaar.
Dat JACOBS R se aandrang op bewys van die serwituut
'n drastiese afwyking
van aanvaarde beginsels behels, is
duidelik. Ek het herhaaldelik daarop gewys dat die partye
se regte, en, meer bepaald, die applikant se
ius possidendi
,
nie ter sake is in 'n aansoek om 'n spoliasiebevel nie. In
Van Wyk v Kleynhans
(
supra
) op 224 A-B is tereg gesê
dat
"na die vorige stand van sake herstel is, kan enigeen van die partye, indien
nodig, na die hof toe kom om 'n beslissing oor die meriete
van die geskil te
verkry" ,
en is 'n spoliasiebevel tereg beskryf as 'n "voorspel tot 'n
11
geding oor die meriete van die geskil." (Kyk ook
Burger
v Van Rooyen en 'n Ander
(
supra
) op 161 D-H;
Wait v
Wait
1929 EDL 342
op 345: " it is possible that respondent
may yet satisfy the Court that he is entitled to the ex-
clusive possession which he claims but this he can
do only in subsequent proceedings"). Ek is dit eens met
D G Kleyn se opmerking in sy ongepubliseerde doktorale
proefskrif
Die Mandament van Spolie in die Suid-Afrikaanse
Reg
op 395 dat
"Indien daar van die applikant vereis word om die bestaan van die reg en die
feit dat dit aan hom toekom, te bewys, sal dit mee-bring
dat die hof op die
meriete van die geskil sal moet ingaan, wat ontoelaatbaar is in die lig van die
karakter van die man-dament as
besitsremedie."
Kyk ook
Ntshwaqela and Others v Chairman,Western Cape Regional Ser-vices
Council, and Others
1988(3) S A 218 (K) op 221 G-H waarin HOWIE R, basies
weens dieselfde rede, van JACOBS R verskil het;
The Law of South Africa
Vol 27 par 74 op 67;
Three Cases on the Mandament van Spolie
deur A J van
der Walt 1983
12
SALJ op 6:91;
Annual Survey of South African Law
1969
op 179 waar prof Scholtens daarop wys dat die beslis-sing in elk geval strydig
is met Bynkershoek
Obs. Tum.
2346. (Ek bespreek die uitspraak in
Beukes v Crous en 'n Ander
waarop appellant se advokaat ook gesteun het,
nie afsonderlik nie omdat dit grotendeels op
Jansen v Madden
gebaseer
is.) .
Die vraag is nou hoe 'n geval soos die onder-hawige waar die
respondent nie die serwituut waarop hy aanspraak maak, bewys het nie
maar tog
jarelank die be-voegdhede van 'n serwituuthouer uitgeoefen het, benader moet
word. As basiese uitgangspunt moet, myns in-siens,
aanvaar word dat 'n reg,
hoewel onliggaamlik, nogtans vatbaar is vir besit - wat natuurlik as
quasi
-besit verstaan moet word.
Quasi possessio
is 'n begrip wat
reeds in die Roméinse reg bekend was. (De Blécourt-Fischer :
Kort Begrip van het Oud-Vaderlands Burgerlijk
13
Recht
(7de uitg) 128-129; Van Oven:
Leerboek van
Ro-
meinsch Privaatrecht
(3de uitg) par 69): dit is deur skrywers oor die
Romeins-Hollandse reg erken (Voet:
Comm
. 41.2.11 en 43.16.2: De Groot
Inl
. 2.2.5 ; Van der Kessel:
Prael.
2.2.5; Van Leeuwen:
R.H.R.
2.8.1 ): en is ingeburger in die Suid-Afrikaánse reg (Van der Merwe:
Sakereg
op 79 en 94;
Law of South Af-rica
, Vol 27 par 52;
Guman
and Another v Latib
1965 (4) S A 715
(A) op 721G-722E). Van Oven merk tereg
op (tap):
"Toch gebruiken wij den term nog in dezelf-de beteekenis als de Romeinen
deden, en het feit dat hij zoo vele eeuwen praktisch bruikbaar
is gebleken,
bewijst wel dat hij niet zoo irrationeel is als theoretische juristen wel hebben
betoogd."
Die skrywer verduidelik die besit van 'n reg so :
"Immers, wanneer men hem wien een vruchtge-bruik of een erfdienstbaarheid
toekomt, ei-genaar noemt van een onlichamelijke zaak, dan
kan men hem wien het
niet toekomt, maar die het wel feitelijk, te goeder of te kwa-der trouw,
uitoefent, bezitter daarvan noe-
14
men, juist zooals men iemand die geen eigenaar is van een
lichamelijke zaak, maar wel den eigendom daarop feitelijk uitoefent, den
bezitter dier zaak noemt."
'n Onliggaamlike saak soos 'n serwituut is natuurlik nie vatbaar vir fisiese
"besit" in dieselfde sin as wat daardie uitdrukking gebruik
word met betrek-king
tot liggaamlike sake nie, maar wel vir
quasi-possessio
wat bestaan uit
die daadwerklike gebruik van die serwituut. (Waar ek later in hierdie uit-spraak
die uitdrukking "besit van 'n reg"
gebruik, bedoel ek dit in hierdie sin.) In
die samehang van die mandament van spolie neem, soos later sal blyk, die
daadwerklike
gebruik van 'n beweerde ser-wituut die plek van die besit van 'n
liggaamlike saak.
15
In Sonnekus se
Sákereg Vonnisbundel
op 54 en in
sy
artikel waarna hierbo verwys is, huldig die skrywer die
standpunt dat
'n reg nie besit kan word nie. Volgens hom
kan "slegs feitelike besit van 'n
liggaamlike saak" met die
mandament van spolie beskerm word en is die
hofbeslissings
dat dit ook aangewend kan word -
"waar daar 'n aantasting van regte van
die
applikant was uit sowel 'n
historiese
as 'n suiwer teoretiese standpunt kwalik regverdigbaar. Die historiese
ontwik-keling van die mandament van spolie uit die Kanonieke
reg en in besonder
uit die
canon Redintegranda
uit die
Decretum Gra-tiani
.II
causa
3 qu I canon 3) dui daarop dat die aanwending van die remedie
inder-daad tot feitelike besitsbeskerming be-perk is." (p 335 van die
artikel.)
Ek stem nie saam nie. Uit wat ek reeds gesê het, blyk
dit dat die
begrip van die besit van 'n reg in die vorm
van
quasi possessio
vir eeue reeds aanvaar word en ook
deur hierdie hof aanvaar is. Hieroor kan daar nie ver-
der diskoers gevoer word nie. Dit is juis die
quasi
possessio
van regte wat die hoeksteen vorm van beslissings
16
soos
Nienaber v Stuckey
(
supra
),
Nino Bonino
v de Lange
(
supra
),
Van Wyk v Kleynhans
(
supra
);
Jansen v Madden
(
supra
),
Painter v Strauss
1951(3) S A 307
(0) op 318 F-H,
Sebastian and Others v Malelane IrriRation Board
1950(2)
S A 690 (T) op 693-694,
Shapiro v South African Savings and Credit Bank
1949(4) S A 985 (W) op 991-992,
Bennett Pringle (Pty) Ltd v Adelaide
Municipality
1977 (1) S A 230
(0K) op 233 E-F en
Froman v Herbmore Timber
and Hardware (Pty) Ltd
1984(3) S A 609 (W) op 610 H waarin bevestig is dat
die mandament van spolie beskik-baar is vir die herwinning van die verlore besit
van 'n reg. Ek stem hoegenaamd nie saam dat hierdie beslis-sings nie histories
regverdigbaar is nie. Ongelukkig verwys prof Sonnekus
nie na die bron vir sy
beskouing oor die manier waarop die mandament ontwikkel het nie. Ek is bewus
daarvan dat daar in sommige skrywers
se be-handeling van die onderwerp geen
verwysing is na onlig-gaamlike sake nie maar uit ander geskrifte blyk
dit
duidelik dat die verlore verlies van die besit van sulke
sake wel met die mandament van spolie herwin kan word.
(Kyk bv Vromans (
Trac. de Foro Com
. 5de uitg p 68, Van Zut-
phen
(
Prac
, sv "possessie" par 14), Wassenaer (
Prac. Jud.
14.1) Boey (
Woorden-Tolk
sv "spolie"), Leyser
(
Med
.(7)
504.1), Muller (
Prompt
(9) 2756),
Nederlandsch
Placaat
en Rechtskundig Woordenboek
sv "spolie" en die
skrywers
aangehaal deur Kleyn (a w) op 242 n 76). Fockema An-
dreae
(
Het Oud-Nederlandsch BurKerliik Recht
verklaar on-
omwonde (op 206)
):
"Naar de theorie die zich in en na de 13de eeuw ontwikkelde, had men de
actio spolii-
bij elk onvrijwillig bezitsverlies
Men gaf de
actio spolii
ook aan den detentor, ook by verlies van
roerende, van onlicha-melijke zaken, ja selfs by onttrekking van personen aan de
over hen
gezaghebbenden."
Op p 218 verwys hy na die instruksies van die Hoogen Raad
en die Hof van
Holland oor die "bezitsactie" (vgl Kleyn
aw op 225-226) en vervolg dan:
"En deze kan dan ingevolge de algemeenheid
18
der uitdrukkingen van de instructien -zooals o.a. Vromans
opmerkt - worden ingesteld voor alle zaken, die men kan bezitten, roerende
en
onroerende, licha-melijke en onlichamelijke."
Op dieselfe bladsy beskryf hy die drie aksies wat in die
praktyk
beskikbaar was (maintenue, spolie en complainte).
Spolie word beskryf as
-
" de actie wegens ontzetting
uit het bezit, ook van roerende, ook van onlichamelijke zaken."
Volgens Van Oven (aw) op 139 -
"Een verdere en zeer belangrijke ontwik-keling heeft de
quasi-possessio
in het gerecipieerde en middeleeuwsche recht doorgemaakt.
Mede onder den invloed van het in de landen der receptie in-heemsche, en
vooral
van het canonieke recht, is er bescherming ontstaan van het bezit van een zeer
groot aantal onlichamelijke zaken, van de feitelijke
uitoefening van rechten
zonder dat hij die ze uitoefende behoefde te bewijzen, dat zij hem in waarheid
toekwamen. Een eigen procedure,
die deels uit de Ro-meinsche interdicten, deels
uit andere bronnen was ontstaan, diende voor deze bescherming die in de troebele
tijden, toen vaak de rechten moeilijk te bewijzen
19
vielen, een uitermate heilzaam middel was voor de
verdediging van eenmaal gevestigde verhoudingen tegenover gewelddadige of
heimelijke
storing."
Ek meen gevolglik nie dat daar enigiets skort met die
historiese fundering
van die reeks beslissings waarna hier-
bo verwys is nie en ek aanvaar dit as
korrek dat die manda-
ment van spolie wel beskikbaar is vir die herwinning
van
die verlore besit van 'n serwituutreg. Dit is die slotsom
waartoe
Kleyn (aw op 390) ook gekom het.
In sy
Sakereg Vonnisbundel
(op 54) wys prof Sonne-
kus daarop dat
dit in sommige van die beslissings onnodig
was om die begrip van die besit
van 'n reg te gebruik. Dit
was gevalle waar die uitoefiening van 'n reg so
nou verbonde
was aan die besit van 'n liggaamlike saak, dat die verlies
daarvan beskou kan word as inbreuk op die besit van die
saak self. (
Froman v Herbmore Timber and Hardware (Pty)
Ltd
(
supra
) waar die krag- en watervoorsiening aan 'n huis
afgesny is, was bv so 'n geval. Vgl
Naidoo v Moodley
1982
(4) S A 82 (T) op 84 A-B . ) Maar dit is nie altyd so nie,
20
en die feit dat dit in sommige gevalle moontlik is om 'n
sooliasiebevel op 'n ander basis te verleen, is onvoldoende rede vir die
verwerping van die begrip.
Die toepassing van wat tot dusver gesê is op
'n saak soos die onderhawige, is duidelik: dit is onnodig om die serwituut te
bewys.
Hierdie gevolgtrekking mag miskien onlogies voorkom omdat bewys van die
besit van 'n serwituut logies bewys van die serwituut self
sou veronderstel. Dit
is nogtans hoe die mandament van spolie ontwikkel het en die logiése
beswaar vervaag wanneer in gedagte
gehou word dat die mandament gemik is bloot
op die herstel van die feitelike toestand wat vantevore bestaan het en wat deur
appellant
se eiegeregtigeoptrede versteur is. Voor die versteuring het die
respondent, onder die indruk dat hy dit uit hoofde van 'n serwituut
doen, die
bevoegdhede van 'n serwituuthouer uitgeoefen. Dit is die
status quo
wat
herstel moet word totdat dit vasgestel word of die ser-wituut inderdaad
bestaan.
21
In appellant se skriftelike betoogpunte is ook aangevoer dat die bevel
in elk geval nie toegestaan moes gewees het nie weens respondent
se onredelike
lang versuim, aldus die betoog, om die aansoek aan die hof te rig. By die
verhoor van die appèl het dit egter
geblyk dat appel-lant se advokaat hom
misreken het met die periode wat ver-loop het. hy het die argument gevolglik nie
verder ge-voer
nie. Boonop is dit 'n punt wet ook in die hof
a quo
geopper is. MOUTON R het, in die uitoefening van sy dis-kresie, die bevel
verleen ten spyte van die tydsverloop. Niks wat in die skriftelike
betoogpunte
aangevoer is, het my oortuig dat dit 'n geval is waarin met die uitoefening van
die diskresie ingemeng behoort te word
nie.
Die appèl word gevolglik van die hand gewys met koste. Dit sluit die
koste van twee advokate in.
J J F HEFER AR. RABIE WRN HR ) JOUBERT AR ) BOTHA AR ) Stem saam VIVIER AR
)