S v Burt (348/87) [1988] ZASCA 114 (29 September 1988)

81 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Conviction and sentence — Appellant convicted of murder after deceased found dead with multiple wounds and evidence of prior assault — Appellant's appeal against conviction and death sentence based on alleged lack of mitigating circumstances and request for reopening case for further evidence — Court held that the evidence presented at trial sufficiently supported the conviction and that no mitigating factors were established, thus upholding the original sentence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 114
|

|

S v Burt (348/87) [1988] ZASCA 114 (29 September 1988)

Saaknr 348/87
/mb
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
H G BURT
. ... APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: VAN HEERDEN, EKSTEEN, ARR, et VILJOEN,
WAR
VERHOORDATUM
: 29 AUGUSTUS 1988
LEWERINGSDATUM
: 29
SEPTEMBER 1988
UITSPRAAK
VILJOEN, WAR
Kort voor middernag op 6 Junie 1986 is die
liggaam
2/....
2. van Jacob Johannes Boti Ndimande (hierna die oorledene
genoem) deur 'n verbygaande motoris, ene Marais, en sy vriend gesien lê
langs die Hennopsrivier-grondpad op 'n plek in 'n landelike gebied ten weste van
Pretoria. Om die liggaam was daar 'n motorband wat
aan die brand gesteek moes
gewees het en wat nog gegloei het toe die liggaam daar gevind is deur polisie
wat op die toneel aangekom
het nadat Marais die vonds gerapporteer het. 'n
Nadoodse ondersoek deur dokter Oelofse, 'n staatspatoloog, het aan die lig
gebring
dat die oorledene nog geleef het toe die band aan die brand gesteek is.
Hy was egter dood toe die polisie kort voor middernag op
die toneel opgedaag
het. Hoewel die liggaam erg verbrand was, is daar deur die nadoodse-ondersoek
vasgestel dat die oorledene sekere
wonde voor sy dood opgedoen het. Daar was 'n
groot gapende wond aan die agterkant van sy kop en 'n steekwond onder die
ribbekas in
die maag wat die ingewande laat uitpeul het. Na 'n polisie-ondersoek
is die appellant aangekla van moord op die oorledene en is hy
na 'n uitgerekte
verhoor skuldig
3/....
3. bevind deur die Hof a
quo
wat bestaan het uit
Human WR en assessore. Geen versagtende omstandighede is bevind nie en die
appellant is ter dood veroordeel.
Teen sy skuldigbevinding en die bevinding dat
daar geen versagtende omstandighede aanwesig was nie kom hy nou, met verlof van
die
Hof a
quo
, in hoer beroep. Op 'n laat stadium is daar ook 'n aansoek
by hierdie Hof ingedien vir die heropening van die saak om verdere getuienis
aan
te voer. Hierdie aansoek sal ter geleenertyd aandag geniet.
Die
omstandighede,rondom die dood, soos dit uit die getuienis wat die Staat
aangevoer het, blyk, insluitende sekere verbandhoudende
gebeure wat die dood van
die oorledene voorafgegaan het, kan soos volg kronologies geskets word: Die
appellant het op alle relevante
tye gewoon saam met sy verloofde, mej Moekie
Grobbelaar, 'n parapleeg, op 'n landbouhoewe in die Laezonia-gebied wat in n
groot aantal
landbouhoewes verdeel is. Die gebied lê ten noorde van die
Pretoria-Krugers-dorp-hoofweg en word aan die oostekant begrens
deur 'n teerpad
wat van 'n suid-oostelike rigting in 'n noordwestelike rigting
4/
4. loop na die Hartebeespoortdam (hierna die
Hartebeespoortdampad genoem). Ongeyeer in die middel van die deel van die pad
wat die
oos-grens van die'gebied Laezonia uitmaak vurk daar 'n ander pad wat
noord-oos na Erasmia loop. Reghoekig uit die Hartebeespoortdampad
loop daar 'n
grondpad waarna verwys is as die ou skoolpad. Die ou skoolpad vorm dus 'n
T-aansluiting met die Hartebeespoortdampad.
'n Hele afstand na die weste aan die
westelike grens van die Laezonia-landbouhoewes lê 'n gedeelte van die
plaas Doornrandjie
van ene Van der Hooft. Nog 'n bewoner van 'n hoewe in die
Laezonia-gebied was ene Roger North wie se hoewe noord van die skoolpad
gelee is
soos ook die hoewe van die appellant wat egter meer oos van die hoewe van North
gelee is.
Die betrokke gebied is geleê ten weste van Pretoria. Hoewel 'n
landelike gebied is die aanduidings dat dit redelik dig bewoon
is. In die
omgewing was daar aansienlike bewoning en
5/....
5. beweging van Swart persone. Sommige het op die
landbou-hoewes gewerk of hulle vroue het daar gewerk en hulle het daar ingewoon.
Misdaad in die vorm van diefstal, inbrake, daggasmokkelary en onwettige
drankhandel by sjebeens het hoogty gevier in die area en
die bewoners van die
landbou-hoewes het veel las gehad van hierdie onwettige bedrywighede. Daar naby,
in 'n noordoostelike rigting,
lê die Erasmia-polisiestasie, wat die
omgewing moes bedien, maar weens 'n tekort aan personeel kon die misdaad in
dié
area nie behoorlik bekamp word nie.
Een persoon wat deurgeloop het onder die aktiwiteite van diewe en inbrekers
was die gemelde North. Gedurende Februarie 1986 was hy
in 'n voorval (die
presiese aard waarvan nie duidelik is nie) met vier Swart mans betrokke wat hom
aangeval of bedreig het. Toe hy
hom wou verweer het hy homself in die been of
die voet met 'n vuurwapen geskiet en het hy vir 'n geruime tyd krukke of een
kruk gebruik
om oor die weg te kom. Die gerug is in die omgewing versprei dat
die bewegings van 'n blou Datsun-
6/...
6. voertuig, wat dikwels in die area in die aand of nag
gesien is, in verband gestaan het met die inbrake en diefstalle in die omgewing.
Die eienaar van 'n voertuig wat aan hierdie beskrywing voldoen het was ene
William Masipa of Mashila (hierna William genoem). William
se vrou was werksaam
as 'n huishulp by 'n kwekery in die omgewing genaamd die Paradise View-kwekery,
oos van die Erasmia-pad. Hy
het daar by haar gewoon maar nie daar gewerk nie. Hy
het bouwerk in die omgewing gedoen. Op 19 Mei 1986 is daar op sy voertuig
geskiet.
Hy is self gewond en van die ruite van die voertuig is stukkend
geskiet. Die bakwerk het ook n hele aantal gate vertoon. Dit is gemeensaak
dat
die skote deur North afgevuur is. William het n klag van poging tot moord en
saakbeskadiging by die polisie teen North aanhangig
gemaak en die saak sou later
voorkom. Uit die getuienis blyk dit dat North na sy ervaring met die Swart mans
besonder bedrywig was
in n poging om die misdadigers van die omgewing op te
spoor en te vervolg of laat vervolg en dat die appellant, om dit sagkens te
stel, nie ongenee
7/..,.
7. was om vir North in sy pogings te help nie. Dit is nie
nodig om in besonderhede in hierdie verband in te gaan nie.
William is die oom van ene Johannes Makgoko (hierna Johannes genoem) wat by
die Paradise View-kwekery gewerk het. Hy het dikwels met
William in die blou
Datsun rondgery. Albei hierdie persone het 'n rol gespeel in die gebeure wat
plaasgevind het op Vrydag 6 Junie
1986, die datum van die dood van die
oorledene. Voordat ek terugkom op die verband tussen hulle, William se voertuig
en die oorledene,
skets ek eers die bewegings van die oorledene op daardie dag
sover as wat dit uit die beskikbare getuienis vasgestel kan word.
Solomon Tefo was, net soos die oorledene, 'n polisieman wat werksaam was by
die Polisie-opleidingskollege in Pretoria-Wes. Om 14h30
het albei van hulle van
diens gegaan en saamgestap totdat hulle wee op die hoek van Rebekka- en
Karelstrate, Pretoria-Wes, geskei
het. Die oorledene wat
8/....
8.
by of naby die Plek van Varke (waarna meer volledig hierna
verwys sal word) gewoon het, het noord gestap in Rebekka-straat na 'n bushalte
by Marabastad vanwaar busse vertrek, oa na Erasmia. Hy was in 'n
polisie-sweetpak geklee en het sy polisie-uniform in 'n polisie-drasak
saam met
hom gedra. Wat die oorledene se bewegings was tussen sy vertrek na die bushalte
en later die dag is nie bekend nie, maar
hy moes iewers drank gekoop het -
moontlik nog voor hy die bus bestyg het.
Teen ongeveer 18h00 het William wat op daardie oomblik by die hek van die
Paradise View-kwekery uitgery het met sy voertuig die oorledene
teengekom. Hy
het die indruk gekry dat die oorledene pas van 'n ander voertuig afgeklim het.
William was op pad na die Erasmia-polisiestasie.
Hy het die oorledene gevra of
hy wou saamry, 'n uitnodiging wat deur die oorledene aanvaar is. By die Plek van
Varke (waar varkhokke
omskep is in woonplekke wat aan Swartes verhuur is en wat
berug was as 'n plek waar sjebeens bedryf is) naby die kwekery
9/....
9. het hy ook vir Johannes opgelaai. Hulle drie het gery
na die polisie-stasie waar William, wat 'n boodskap tot dien effekte ontvang
het, hom moes aanmeld. Daar aangekom het William en die oorledene die
polisie-stasie binnegegaan (terwyl Johannes in die voertuig
bly sit het) slegs
om vas te stel dat die persoon wat vir William wou spreek (vermoedelik in
verband met sy saak teen North) nie
daar was nie, Dit was ongeveer 18h30. Hulle
het daarvandaan vertrek op pad na die voorstad Wierdapark ten suid-weste van
Pretoria
waar William 'n baadjie van hom wat hy by 'n Swart vrou, Johanna,
gelaat het, wou gaan haal. Aangesien daar min brandstof in sy voertuig
was, het
hy besluit om eers by die kwekery aan te gaan waar hy R10,00 van sy vrou vir
brandstof ontvang het. Hulle het daarna terug
in die rigting van Erasmia gery
tot by 'n vulstasie waar hy brandstof ingeneem het. Met die kleingeld het hy
wors gekpop wat die
oorledene aangebied het om in sy drasak te hou. Die
oorledene het twee botteltjies bier uit die drasak tevoorskyn gebring wat hy
en
William gedrink het. Die bier
10/......
10. was in h sellofaanpak wat ses botteltjies bier hou.
Die genoemde twee botteltjies was die laaste wat nog in die omhulsel was.
Op pad
na Johanna het hulle nog twee passassiers opgelaai wat hulle langs die roete by
'n Indierwinkel afgelaai het. By Johanna in
Wierdapark aangekom, het, weer eens,
slegs William en die oorledene van die voertuig afgeklim en het Johannes
agtergebly. Na ongeveer
10 - 15 minute het William en die oorledene teruggekeer
na die voertuig en het William besluit om nie met die Erasmia-pad na die
kwekery
terug te keer nie, maar met die Hartebeespoortdampad en met die ou skoolpad te
ry om ene Uys wat vir William geld geskuld
het, te gaan soek en sy geld in te
vorder.
Op daardie aand was daar 'n vergadering by Van der Hooft se huis op sy plaas.
Die bespreking op die vergadering wat ook deur die appellant
bygewoon is (maar
nie deur North nie), het gegaan om veiligheids- en ander sake van belang vir die
bewoners van die Laezonia-gebied
en het, volgens Van
11/......
11.
der Hooft, van ongeveer 19h35 tot ongeveer 21h30 - 22h00
geduur. Nadat daar, na die verdaging, iets genuttig is, het daar 'n hele
aantal
voertuie gelyktydig van Van der Hooft se plaas vertrek. Dit word nie betwis dat
die appellant die agterhoede van hierdie stoet
met 'n groen Stanza gevorm het
nie. Toe William met sy twee passasiers in 'n westelike rigting langs die ou
skoolpad beweeg, het
die voertuie van die vergadering-gangers hulle van voor in
'n oostelike rigting genader en verby William se voertuig gery. Die laaste
voertuig, dié van die appellant, het egter, kort nadat hy verby is,
omgedraai en William se voertuig agtervolg. William en
Johannes het die voertuig
herken as die voertuig van die vriend (die appellant) van die persoon (North)
wat op William en sy voertuig
op 19 Mei geskiet het. Langs en aan die oostekant
van die ou skoolpad is die hoewe van ene Banfield gelee. Daar het 'n vroulike
kennis
van William en Johannes, ene Elizabeth Phakela, in die qmgang bekend as
Mtswaki, gewerk en in h bediende-kamer naby die pad gewoon.
William en Johannes
het besluit om te
12/.....
12. vlug vir die appellant wat hulle agtervolg het.
William het sy voertuig in Mtswaki se perseel tot stilstand gebring en hy en
Johannes
het uit die voertuig geklim en gevlug. Die oorledene het agtergebly.
Johannes het na 'n druiwe-prieel gehardloop en daar gaan skuil.
William self is
eers na Mtswaki maar, nadat hulle 'n kort gesprek gevoer het, vlug hy die veld
in en gaan sit op sy hurke om te kyk
wat die appellant van plan was om te doen.
Hy kon nie in die donker die appellant uitken nie en het hom trouens nie geken
nie, maar
die groen Stanza was bekend in die omgewing en uit die getuienis kan
die afleiding gemaak word dat hy die appellant vereenselwig
het met die vete van
North teen die persone wat in die blou Datsun rondgery het en vir wie hy verdink
het as die misdadigers van
die omgewing.
Die appellant het naby William se voertuig stilgehou en William het gesien
dat 'n persoon, wat hy in die donker afgelei het die oorledene
te wees, met die
appellant gesels.
13/.....
13. Hy sien dat die oorledene by die appellant in die
groen Stanza inklim en dat hulle van die toneel vertrek. Die voertuig het met
die ou skoolpad langs terug ooswaarts in die rigting van die
Hartebeespoortdampad gery maar nie so ver as die T-aansluiting nie.
Die voertuig
het links, dws noord, uit die skoolpad uitgedraai en gery tot by Roger North se
huis waar die appellant die ligte van
die voertuig uitgedoof het. William is, so
het hy getuig, terug na Mtswaki waar hy met haar 'n gesprek gevoer het. Van haar
is hy
terug na sy voertuig waar Johannes vir hom gestaan en wag het. Hulle het
die voertuig bestyg en teruggery na die Paradise Viewkwekery
waar hy teen
ongeveer 22h00 aangekom het. Tuis het hy aan sy vrou vertel wat gebeur het en
het hy gaan slaap.
Die getuienis wat ek so pas opgesom het, is in hoofsaak die getuienis van
William. Johannes het, wat sy aandeel betref, die getuienis
van William in
hoofsaak bevestig. Elizabeth Phakela (Mtswaki) het ook William se getuienis, wat
haar geringe
14/.....
14. aandeel betref, in hoofsaak bekragtig. Daar was
klein verskille, waarvan die appellant se advokaat die meeste gemaak het wat hy
kon, maar na my oordeel is hierdie verskille nie wesentlik nie.
Die polisie het daardie selfde nag, soos ek hierbo reeds gemeld het, as
gevolg van 'n aanmelding wat opgevolg is, op die toneel waar
die liggaam van die
oorledene langs die ou Hennopsrivierpad (wat die Erasmia-pad met die
Harte-beespoortdam-pad verbind het) gelê
het, sekere ondersoekwerk gedoen.
Daar is daardie selfde nag foto's geneem van die liggaam van die oorledene soos
en waar dit gelê
het asook van 'n sleepmerk en voetspore wat daar gevind
is en 'n foto van die pad is die volgende oggend geneem. 'n Bloedmonster
is deur
adjudant-offisier Hattingh geneem van die bloed wat uit die agterkant van die
oorledene se kop gesypel het. 'n Groot klip
wat naby die lyk van die oorledene
gelê het, is ondersoek vir die teenwoordigheid van bloed of hare maar niks
is gevind nie.
Daar is ook 'n
15/.....
15. koppelaar-plaat, (van 'n motorvoertuig, neem ek
aan,) half onder die lyk gevind. Dit was pikswart gebrand. As daar enige bloed
aan was het dit afgebrand, is getuig. 'n Duidelike voetspoor is opgemerk in die
middel van die pad asook om die liggaam. 'n Gipsafgietsel
is van die spoor
gemaak. 'n Ander stel spore wat nie identifiseerbaar was nie, is ook opgemerk.
Ook was daar 'n motorspoor in die
middel van die pad waargeneem. Aan die
linkerpols van die oorledene was daar 'n swart digitale armhorlosie. Daar is ook
'n ander,
soos dit voorgekom het, 'n goue of goudkleurige horlosie by die lyk
gevind. Dit het los by die lyk gelê. Die drasak van die
oorledene is nie
op die toneel gevind nie. Trouens, dit is nooit gevind nie.
Volgens die getuienis van William is hy die Saterdagoggend na hulle ervaring
die vorige aand na die Plek van Varke waar hy sy suster
se kind wou versoek om
die wors wat hy die vorige aand gekoop het en wat die oorledene in sy drasak
geplaas het, by die oorledene
te gaan haal. Toe
16/....
16. hy by die Plek van Varke teen ongeveer 9h00 aankom
het hy 'n polisie-voertuig daar gesien. Twee Wit lede van die polisiemag het
daar gestaan. Op navraag is hy meegedeel dat twee Swart lede van die polisiemag
na die oorledene se huis is. Toe die Swart lede terugkeer,
het hy van hulle
verneem dat 'n Swart polisieman gedood is. Volgens die mededeling is die Swart
polisieman se liggaam verbrand. Hy
was ook met iets agter die kop geslaan en hy
is met iets gesny by sy maag, is aan hom meegedeel. Hy het nie geweet dat dit
die oorledene
was nie. Hy het eers die volle verhaal daardie Saterdagaand van
luitenant Austin gehoor. Tydens kruisondervraging het hy ontken dat
hy teen 8h00
daardie oggend aan sy werkgewer Krugel enigiets aangaande die dood van die
oorledene vertel het. Teen daardie tyd het
hy nog nie van iemand wat die vorige
nag dood is, geweet nie. Hy het eers daarvan by die Plek van Várke, waar
hy teen ongeveer
9h00 aangekom het, gehoor.
Op Maandag 9 Junie 1986 teen ongeveer 19h00 is
17/.....
17-speurder-adjudantoffisier Mentz saam met 1t Austin,
sers Viljoen en 4 Swart kollegas na Erasmia-polisiestasie waar William en
Johannes
aangehou was as verdagtes. Hierdie twee het vir die polisie-amptenare
geneem na hoewe 28 van Banfield waar hulle vir Elizabeth Phakela
(Mtswaki)
uitgewys het met wie die polisie-amptenare 'n onderhoud gevoer het. Vandaar is
hulle saam met die twee verdagtes eers na
die hoewe van North waar hulle niemand
teengekom het nie. Hulle het vervolgens gegaan na die hoewe van die appellant.
Mentz en 1t
Austin het die appellant daar aangetref en hom ondervra. Hy het
erken dat hy die oorledene opgelaai het die vorige Vrydagaand maar
het beweer
dat hy hom by die T-aansluiting afgelaai het. Lt Austin is toestemming verleen
deur die appellant om sy huis te deursoek.
Op daardie stadium was die appellant
se verloofde, in 'n rolstoel, en ene Swart, 'n kollega van die appellant, ook
buite teenwoordig
waar hulle gesels het. Austin en sers Viljoen het die huis
ingegaan en spesifiek na skoene gesoek. Nadat hulle uit die huis te voorskyn
gekom het, is
18/....
18.
die appellant deur Austin versoek om die plekke te gaan wys
waar hy die oorledene opgelaai en weer afgelaai het. Hy het hulle na Banfield
se
hoewe geneem en gewys presies waar hy die oorledene sou opgelaai het. Hy neem
hulle daarna na die T-aansluiting waar hy beweer
het dat hy hom afgelaai het.
Vandaar, het hy beweer, is hy na sy woning. "Austin het nie die bewering dat hy
die oorledene by die
T-aansluiting afgelaai het geglo nie. Hy het die appellant
meegedeel dat dit strydig was met die inligting wat die polisie ontvang
het en
die appellant is daar en dan gearresteer en na die Erasmia-polisie-stasie
geneem. Daar is William en Johannes vrygelaat.
Dit is gemeensaak dat die appellant weer vrygelaat is op 10 Junie 1986. Na sy
vrylating het hy 'n interdik teen oa 1t Austin verkry
op grond van beweerde
aanranding en het hy ook 'n strafaanklag ingedien. Aangesien Austin vanwee die
genoemde geregtelike stappe
teen hom in die gedrang gekom het, het 1t Viljoen (
'n ander Viljoen as sers Viljoen waarna
19/....
19. verwys is) as ondersoekbeampte by Austin
oorgeneem.
Op 14 Junie 1986 is 1t Viljoen na die hoewe van Roger North waar
hy vir North aangetref het. Hy het met die hulp van krukke oor die
weg gekom. By
North se plek het hy op 'n paar Adidas sportskoene van North beslag gelê
wat hy daarna aan speurder-sersant Ludwig
Scholer wat 'n spoor op die toneel met
gips gelig het, oorhandig het. Op 25 Junie 1986 is 1t Viljoen na die appellant
se hoewe. Hy
het die appellant op hierdie datum vir die eerste keer ontmoet. Hy
het hom ondervra. Die appellant het oa die groen Stanza aan hom
uitgewys as die
voertuig wat hy die Vrydagaand van 6 Junie gebruik het. Dit was eintlik die
eiendom van die appellant se verloofde,
Moekie Grobbelaar, wat sy van 'n ander
parapleeg gekoop het en wat spesiaal ingerig is vir die hantering deur 'n
parapleeg maar op
die gewone wyse ook bestuur kon word. Lt Viljoen het vir die
doeleindes van ondersoek van die voertuig deur deskundiges verbonde
aan die
forensiese laboratorium van die polisie die voertuig daarheen verwyder. Op 1t
Viljoen
20/........
20.
se versoek het die appellant die voertuig bestuur met
Viljoen
as passasier. In die loop van die rit het daar 'n gesprek
tussen
Viljoen en die appellant plaasgevind oor bloed wat,volgens
die appellant, wel
moontlik gevind sou word in die voertuig.
Hy het gedurende die rit en selfs
nadat hulle by die forensiese
laboratorium aangekom het, verskeie
moontlikhede aan die hand
gedoen vanwaar bloed, indien dit gevind sou word,
vandaan
kon gekom het. Daar het ook 'n gesprek plaasgevind oor tye
in die
loop waarvan die appellant, volgens Viljoen, hom attent
daarop gemaak het dat
hy vir 'n geruime tyd reeds sonder 'n
horlosie was. Die gesprek het ook
gegaan om die rede waarom
die appellant die blou Datsun die aand van 6 Junie
1986
agternagesit het. Die verduideliking van die appellant was
dat die
voertuig van William gekoppel was aan 'n hele aantal
inbrake in die
omgewing.
Die voertuig is by die laboratorium gelaat en later daardie aand het Viljoen
die appellant weer in besit gestel
21/.....
21. van die Stanza, egter sonder die agterste sitplekke.
Volgens Viljoen het die appellant dikwels daarna geskakel, oenskynlik, so
het hy
dit vertolk, om uit te vind wanneer hy die sitplekke kon terugkry, maar in
werklikheid om vas te stel deur navrae wat hy versigtig
en skynbaar terloops
gedoen het, wat die uitslag van die bloedtoetse was. Die sitplekke is op 27
Junie 1986 aan die appellant terug
besorg. Daar was egter twee stukkies van die
materiaal uitgesny wat kaptein (destyds luitenant) Claassens agtergehou het vir
ontleding.
Claassens het ook 'n bloedmonster van Hattingh ontvang. Dit was die monster,
volgens Hattingh, wat hy geneem het van die kopwond van
die oorledene. Ten
aansien van hierdie monster is 'n argument aan hierdie Hof gerig waarop ek later
terugkom. Nadat die ontleding
voltooi is van die sitplek-materiaal, die
bloedmonster en ander stukke wat aan Claassens oorhandig is, het Claassens 'n
verslag opgestel.
22/...
22.
Op 16 Julie 1986, nadat 1t Viljoen die verslag van die
forensiese laboratorium ontvang het, is hy, vergesel van adj Visser, na die
appellant se werkplek waar hy hom meegedeel het dat daar bloed op die agterste
sitplek van die Stanza gevind is en dat dit die bloed
van die oorledene was. Hy
het hom gewaarsku dat, as hy nie 'n redelike verduideliking vir die aanwesigheid
van die bloed kon verskaf
nie, hy hom sou moes aankla van moord. Die appellant
het geantwoord dat hy by sy verklaring wat hy reeds aan 1t Austin gemaak het,
staan en niks by te voeg het nie. Viljoen het hom toe na sy kantoor in
Kerkstraat geneem waar hulle teen ongeveer 17h30 aangekom
het. Daar het hy hom
weer gewaarsku en andermaal aan hom gestel dat daar bloed van die oorledene op
die agterste sitplek van die
Stanza gevind is. Die appellant wou geen verdere
verduideliking verstrek nie en het, hoewel hy op een stadium beweer het dat
Austin
hom gedwing het om 'n verklaring te maak, verkies om met sy verklaring
wat hy aan 1t Austin gemaak het, te volstaan. Wat hierdie
standpunt van hom
betref,
23/....
23.
is hy ondersteun deur sy prokureur Currin wie se hulp hy
ingeroep het. Viljoen het daarna vir die appellant gearresteer en hom by
die
Sunnyside-polisiekantoor aangehou.
Dieselfde aand, 16 Julie 1986, is 1t Viljoen uit na Roger North se hoewe. Hy
het vir North ondervra nadat hy hom gewaarsku het. North
het 'n skriftelike
verklaring in sy eie handskrif aan hom oorhandig wat Viljoen aan hom voorgelees
en deur North laat beedig het.
North het ook sekere voorwerpe aan hom uitgewys
en oa 'n motorbuiteband aan hom oorhandig waarop hy beslag gelê het.
Hierdie
band het 'n spoorpatroon gehad soortgelyk aan die patroon van die een
wat om die oorledene se lyf gevind is. Met sy vertrek het Viljoen
vir North
meegedeel dat hy die saak met die Prokureur Generaal sou bespreek.
Op 18 Julie 1986 het hy vasgestel dat North met sy vrou die land verlaat
het.
24/....
24.
Die appellant het later aansoek gedoen om op borg vrygelaat
te word. By hierdie geleentheid is North se verklaring ingehandig en die
appellant daaroor kruisondervra. Die notule van die verrigtinge is aan die
Verhoorhof beskikbaar gestel. Hierdie beskikbaarstelling
het as grondslag gedien
vir 'n argument aan hierdie Hof gerig dat die Hof a
quo
'n
onreelmatigheid begaan het - 'n betoog wat ek later sal behandel.
Lt Viljoen se stelling aan die appellant dat die oorledene se bloed op die
agterste sitplek gevind is, is natuurlik nie korrek nie,
soos dit inderdaad aan
hom tydens die verhoor verduidelik is. Die bloed wat op die sitplek gevind is,
het wel aan dieselfde bloedgroep
behoort as die bloed van die monster wat
Hattingh aan Claassen oorhandig het en as aanvaar word dat die bloed van die
monster wel
die bloed is van die oorledene (wat in geskil geplaas is in hierdie
Hof), het Claassen se verslag slegs aangedui dat die bloed wat
in die Stanza
gevind is, wel aan dieselfde bloedgroep
25/....
25. as die bloed van die oorledene behoort het - naamlik
die bloedgroep A en MM. Hoewel Claassen vasgestel het dat daar meer bloed,
en
wel bloed van 'n primaat, op die sitplekke was en ook aan die binnekant van die
linkeragterdeur van die voertuig, was die bloed,
vanweë die feit dat, so
het hy afgelei, die bekleedsel van die agterste sitplekke gewas moes gewees het,
nie genoegsaam om die
bloedgroep te bepaal nie. Slegs die bloed op die
uitgesnyde gedeeltes kon hy bepaal - met die resultaat soos hierbo gemeld. Die
bloed
van Moekie Grobbelaar, die verloofde van die appellant, en sy eie bloed
behoort nie aan daardie bloedgroep nie.
Daar was ook bloed gevind op die linkerdrafskoen - die Adidas - wat by North
gekry is, maar ook die groep waaraan hierdie bloed behoort
het, kon hy nie
bepaal nie. Die forensiese verslag het egter aangetoon dat die patroon van die
drafskoen se sool ooreengestem het
met die spoor wat op die toneel met gips
gelig is, en dat die grootte ook ooreengestem het, maar
26/....
26
speurder-sersant Scholer, 'n deskundige op die gebied, kon nie bo twyfel
getuig dat dit wel North se skoen was wat die spoor op die
toneel getrap het
nie.
Vir die verdediging het die appellant self, sy verloofde Moekie Grobbelaar,
Swart, die kollega van die appellant waarna hierbo verwys
is, Krugel, die
werkgewer van Johannes en dr Klatzow, 'n deskundige wat bloedgroeperinge betref,
getuig. Ook het die beskuldigde
se broer, James Albert Burt, en 'n lid van die
prokureursfirma wat vir die appellant opgetree het, ene Kotze, getuig.
Laasgenoemde
twee se getuienis is aangebied om die getuienis van William en
Johannes dat hulle die groen Stanza se koers kon volg vandat dit uit
die
skoolpad uitgedraai het totdat dit by North se huis stilgehou het waar die ligte
uitgedoof is, te weerlê.
Met geringe afwykings wat sy optrede in 'n meer onskuldige lig stel as wat
die Staat se getuienis aandui,
27/....
27.
het die appellant die gebeure wat die dood van die oorledene
op 6 Junie voorafgegaan het, erken. Hy was bewus van die besering wat
North
opgedoen het en van die skote wat North op William self en sy voertuig geskiet
het.
Wat die gebeure van die aand van 6 Junie 1986 betref, alhoewel hy sy vertrek
vanaf Van der Hooft se plek vroeer stel as die Staat
se getuies, erken hy dat hy
laaste in die ry was van die voertuie toe hulle vir William se voertuig
verbygegaan het. Hy erken dat
hy omgedraai het, en die voertuig agtervolg het.
Hy het dit gedoen, sê hy, omdat hy wou vasstel waarheen die insittendes op
pad was. Hy het die voertuig herken as die een wat verbind is met inbrake in die
omgewing. Toe die voertuig stilhou by Banfield se
plek het hy gesien daar is lig
in die huis en waarskynlik mense en was hy gerus gestel dat die insittendes van
die voertuig nie daar
sou gaan
28/...
28.
inbreek nie. Hy het 'n ent verby Banfield se huis gery en het
toe omgedraai om na sy huis te ry. Toe hy op pad terug verby Banfield
se plek
ry, het hy die oorledene langs die pad opgemerk. Hy het gesien dit is 'n
polisieman met 'n dra-sak. Hy besluit daar en dan
om hom op te laai. Hy het
aanvaar dat die polisieman die insittendes van die blou voertuig ken aangesien
hy van die perseel kom waar
hulle so pas ingery het. Hy besluit om hom te
ondervra. Hy klim uit sy voertuig en praat met die polisieman in fanagalo.
Laasgenoemde
deel hom mee dat hy in die rigting van Paradise View-kwekery gaan
en hy bied aan dat die polisieman kan saamry maar nie tot by die
kwekery nie -
slegs tot waar die appellant uitdraai na sy huis toe. Sy doel was om die
polisieman te ondervra oor die persone in
die blou voertuig. Die polisieman het
die aanbod aanvaar en het voor links, hoewel met moeite,ingeklim. Hy het
gesukkel om sy drasak
in die spasie by sy voete in te pas en die appellant het
die indruk gekry dat die man onder die invloed van drank was. Hy was lomp
met
die inklim en het
29/...
29.
ook met 'n sleeptong gepraat. Die appellant vra hom waarom hy
in so 'n toestand is waarop die polisieman antwoord dat hy van 'n
voetbalwedstryd
in die rigting van Johannesburg kom. Hy het die polisieman oor
die mense in die voertuig uitgevra. Die polisieman antwoord dat hy
hulle nie ken
nie en dat hulle hom slegs 'n geleentheid gebied het.
Toe hy by die T-aansluiting kom het hy stilgehou en die polisieman het
afgeklim. Hy het toe teruggery met die skoolpad langs totdat
hy by die
uitdraaipad na sy eiendom gekom het waar hy regs, dws noord, gedraai het en na
sy huis gery het. Sy verloofde het die deur
vir hom oopgemaak en hom ingelaat.
Hy het die vuur weer laat opvlam en het met sy verloofde vir ongeveer 15 minute
gesels. Hy het
haar toe verwittig dat hy na North toe wou ry om vir hom om 'n
verduideliking te vra waarom North nie die afspraak wat hy vir hom
by die
Regshulpraad gereel het vir moontlike geldelike hulp vir sy verdediging in
verband met die aanklag deur William
30/...
30.
ingestel, nagekom het nie. Hy het besluit om vir North
daardie selfde aand nog te gaan spreek aangesien hy die volgende oggcnd afsprake
gehad het wat hom sou verhinder om dit dan te doen. Geeneen van hulle het 'n
telefoon gehad nie. Hy ry na North in die groen Stanza.
North was wakker. Hy het
met North vir 'n rukkie gesels oor die rede waarom North nie die afspraak
nagekom het nie. North het 'n
ongeergde houding oor die aangeleentheid ingeneem.
Hy en North het bier genuttig terwyl hy daar was. Terwyl hulle gesels het, het
hulle honde hoor blaf in die rigting van ene Vermeulen ('n afgetrede persoon van
81 jaar oud) se eiendom, hoewe 92, meer noord as
wat hulle was. Vermeulen se
huis was ongeveer 400 - 500 meter van North se eiendom gelee. Hy en North
besluit om in daardie rigting
te ry en ondersoek in te stel. Hulle ry met die
groen Stanza. Hulle merk niks en besluit om terug te keer. Hy laai vir North af
by
sy huis en ry huis-toe. Hy het wel 'n horlosie gehad daar-die aand (hierdie
getuienis was daarop gemik om die implikasie in Viljoen
se getuienis dat die een
horlosie wat by die lyk
31/...
31. van die oorledene gevind is, sy horlosie
was, te weerlê). Hy het egter nie op sy horlosie gekyk toe hy tuis gekom
het nie
en weet nie hoe laat dit was nie. Hy meen egter dit was tussen 22h00 en
23h00. Sy verloofde moes weer eens vir hom die deur oopsluit.
Hy het die vuur
weer laat opvlam en het gaan slaap.
North en sy vrou, wat geen badgeriewe by hulle huis gehad het nie, het die
volgende oggend by sy plek kom bad.
Die appellant beweer in sy getuienis dat hy die nuus van die dood in Erasmia
van 'n Swartman die Saterdagoggend teen ongeveer 7h00
gehoor het.
Op Maandagaand was hy tuis. Sy vriend en kollega Swart was ook daar - by hom
en Moekie. Lede van die polisiemag onder beheer van 1t
Austin het daar aangekom.
Hulle ondervra hom oor die dood van 'n Swart polisieman. Hy verklaar dat
32/...
32.
hy wel een opgelaai het die vorige Vrydagaand en bied aan om
hulle te gaan wys waar hy hom opgelaai en afgelaai het. Voor hulle vertrek,
het
hulle eers sy huis deursoek en onder andere na sy skoene gekyk. Hulle het ook
met flitse in die groen Stanza gekyk.
Hulle het van sy huis vertrek en hy gaan wys hulle waar hy die polisieman op-
en weer afgelaai het en verduidelik ook waarom hy hom
opgelaai het. Hulle het
van hom verskil veral ten aansien van waar hy die polisieman afgelaai het. Hy
beweer dat hy daar aangerand,
geboei en gearresteer is. Hulle neem hom eers na
Erasmia-polisiestasie en vandaar na die Moord- en Roof-afdeling se kantore in
Kerkstraat,
Pretoria, waar hy ondervra is deur Austin en Mentz en later
toegesluit is.
Op Dinsdag 10 Junie is hy ontslaan. Hy het 'n dokter gaan spreek en het ook
'n proses teen die polisie aanhangig
33/...
33.
gemaak vir 'n interdik vanwee die aanranding van hom deur die
polisie. Dit is gemene saak, soos ek hierbo gemeld het, dat aan hom
'n bevel
nisi
toegestaan is. Die saak is deur die polisie bestry en is uiteindelik
vir verhoor verwys. Die verhoor het ten tyde van die strafsaak
teen die
appellant nog nie plaasgevind nie. Hy het ook 'n strafregtelike aanklag teen die
polisie aanhangig gemaak. Ek meld dit omdat
die appellant sekere gebreke in sy
getuienis toegeskryf het aan hoofpyne en verwarring as gevolg van die aanranding
op hom. Sy weergawe
van die gebeure op 25 Junie 1986 toe 1t Viljoen die groen
Stanza vir ondersoek gehaal het is dat, hoewel hy, die appellant, vanwee
sy
fisiese toestand as gevolg van die aanranding nie graag wou bestuur nie, Viljoen
daarop aangedring het dat hy bestuur. Hy het
na Viljoen se getuienis geluister.
Hy kan die gesprek waaroor Viljoen getuig het, nie onthou nie. Dit is moontlik
dat hulle oor bloed
in die kar gepraat het, sê hy. Hy erken dat hy vir
Viljoen herhaalde male geskakel het maar dit was vanwee sy verloofde se
ontevredenheid in
34/...
34.
verband met die verwydering van die sitplekke wat haar
in-
en uitklim in die voertuig van agter (wat vir haar meer gerieflik
was)
en die intrek van die rolstoel, vergemaklik het.
Op 16 Julie 1986 is hy, soos 1t Viljoen getuig het, by sy werk in hegtenis
geneem. Hy was in aanhouding tot 24 Augustus 1986 op welke
datum hy, na 'n
aansoek op borg vrygelaat is.
Soos ek hierbo gemeld het is daar kennis gegee van 'n aansoek wat aan hierdie
Hof gerig sou word vir die aanbieding van verdere getuienis
ooreenkomstig die
bepalings van a 22(a) van die Hooggeregshofwet 59 van 1959. Soos gestel is in
die kennisgewing, sou die aansoek
op twee bene berus, naamlik:
1.
getuienis dat beide die
horlosies die oorledene se eiendom was,
en
2. die getuienis van dr Klatzow wat
hoofsaaklik
35/...
35.
betrekking het op die vraag of daar bloed in
die onderliggende skuimrubber aanwesig sou gewees
het indien die sitplekke wel gewas was.
Wat die tweede aspek betref, het dr Klatzow getuienis gegee tydens die
verhoor. Ten aansien van die metodes wat kaptein Claassens
aangewend het om,
eerstens, vas te stel of daar bloed in die voertuig was en, tweedens, om die
bloed te groepeer, het dr Klatzow
nie wesentlik van kaptein Claassens verskil
nie. Sy getuienis is blykbaar aangebied om twyfel te werp op kaptein Claassens
se getuienis
dat hy bloed gevind het, want hyself kon nie bloed op die materiaal
van die sitplekke vind nie. Die getuienis van dr Klatzow wat
die appellant
aan-vullend wou aanbied was om te bewys dat daar hoegenaamd nie enige bloed
gevind kon gewees het nie, want as daar
bloed was sou dit, indien die sitplekke
gewas sou gewees het, soos wat kaptein Claassens vermoed het, in die skuimrubber
ingetrek
het. Klatzow het egter die skuimrubber ondersoek en hy het geen
36/...
36. bloed gevind nie. Sy aanvullende getuienis sou ook
aantoon, so is in die stukke wat ter stawing geliasseer is, beweer, dat dit
nie
wenslik is om die bloedgroepering te bepaal nadat luminol gebruik is om die
aanwesigheid van bloed vas te stel nie, soos wat
kaptein Claassens gedoen het.
Ook sou hy aanvoer dat dit onwaarskynlik is dat die twee kolletjies bloed wat
kaptein Claassens gevind
het, gevind kon gewees het nadat die sitplek gewas is.
Hy sou ook verder kon getuig, so is beweer, dat bloed wat van die kopwond
van
die oorledene verkry is, heel waarskynlik gekontamineer sou wees en dat
mikro-organismes veranderinge in bloedgroepe kan bewerkstellig.
Met die aanvang van die verrigtinge in hierdie Hof het adv De Vos aangekondig
dat hy besluit het om nie met die aansoek om verdere
getuienis van dr Klatzow
aan te bied, voort te gaan nie en dat hy die aansoek abandoneer. Dit was 'n wyse
besluit en niks verder
hoef dus daaroor gesê te word nie.
37/...
37.
Wat die horlosie betref, beweer die huidige prokureur van die
appellant dat 'n horlosie deur 1t Viljoen aan hom oorhandig is. Dit
sou die
horlosie wees wat by die lyk van die oorledene gevind was. Hierdie horlosie, so
word verklaar in beedigde verklarings, is
deur a/o Labuschagne en die oorledene
se kollega Tefo uitgeken as 'n horlosie wat aan die oorledene behoort het.
Indien, so betoog
adv De Vos, hierdie getuienis aanvaar word, soos dit
waarskynlik sou word deur enige hof, werp dit ernstige twyfel op die getuienis
van 1t Viljoen dat die appellant aan hom sou gesê het dat hy geruime tyd
reeds sonder 'n horlosie was en weerlê dit die
implikasie dat dit sy
horlosie was wat daar by die lyk agtergebly het. Ek kan nie saamstem nie. Al sou
die appellant so 'n mededeling
gemaak het aan 1t Viljoen en al sou laasgenoemde
vermoed het dat dit die appellant se horlosie was, sou dit die saak nie verder
voer
nie. Ek meen nie dat die feit dat dit die oorledene se horlosie was, op
sigself 'n skadu van ongeloofwaardigheid oor Viljoen se getuienis
werp nie. So
'n gesprek kon wel
38/...
38.
plaasgevind het. Dit is aanvaarbaar dat 1t Viljoen 'n
oplossing sou gesoek het vir die aanwesigheid van die tweede horlosie op die
toneel en vir die appellant sou wou uitlok juis vanwee die vermoede wat hy
moontlik gekoester het dat dit die appellant se horlosie
was, en dat hy die
waarheid in die verband vertel het. Die Hof het nie, as een van die
omstandighede wat dit in aanmerking geneem
het, die afleiding gemaak dat dit die
appellant se horlosie was nie. In die uitspraak is niks daaromtrent gesê
nie. Ek kan
dus nie insien hoedat verdere getuienis in die verband enigsins die
saak van die appellant verder voer nie. Advokaat De Vos het ook
nie in hierdie
verband sterk standpunt ingeneem nie en het ook hierdie twispunt later gewonne
gegee.
'n Betoog is aan hierdie Hof gerig dat die Hof a
quo
'n
onreelmatigheid begaan het om 'n afskrif van die verrigtinge van die appellant
se borgaansoek toe te laat. Daar is aan hierdie
Hof voorgehou dat die beedigde
verklaring van North
39/...
39.
waarna breedvoerig verwys is in die loop van die
borgverrigtinge, die Hof kon beinvloed het. Dit is wel so dat die aanklaer in
die
landdroshof voor wie die borgaansoek gedien het, sekere passasies uit North
se verklaring aan die appellant in daardie hof gestel
het - passasies wat die
appellant in 'n groot mate geimpliseer het in die sin dat North beweer het dat
hy die appellant gehelp het
om van die liggaam van die oorledene ontslae te
raak. 'n Gedeelte van die notule van die verrigtinge
-
wat daardie gedeelte van die
gemelde kruisondervraging insluit
-
is in die
Hof a
quo
ingelewer en toegelaat maar dit is gedoen met die oog daarop om
die getuienis en veral erkennings van die appellant in daardie verrigtinge,
voor
die Hof a
quo
te kry. Hy het enige
gesamentlike optrede van hom en North ontken en bowendien was enige verklaring
van North nie toelaatbaar voor
die Hof nie - op twee gronde naamlik dit is,
eerstens, hoorsê-getuienis en, tweedens, enige bekentenis wat deur enige
persoon
gemaak is, is nie toelaatbaar teen 'n ander persoon wat so 'n persoon as
medepligtige in die
40/...
40. bekentenis betrek nie. Die Hof a
quo
was
deeglik bedag hierop en het, soos dit blyk uit die uitspraak, die verklaring van
North glad nie in ag geneem nie.
Die hoofbetoog ten behoewe van die appellant het uit 'n dubbele aanval op
sekere getuienis wat die Staat aangevoer het, bestaan. Daar
is aangevoer, soos
ek die betoog begryp, dat elkeen van hierdie aanvalle afsonderlik, indien
enigeen slaag, die skuldigbevinding
wesentlik aantas, of dat die gesamentlike
effek daarvan die Staat se saak so verswak, dat die appellant op sy vryspraak
geregtig
ís. Die twee aanvalle is, eerstens, dat daar nie 'n behoorlike
nexus
bewys is nie tussen die bloedmonster wat Hattingh van die oorledene
se kopwond verkry het en die monster wat Claassens ontleed het,
en tweedens, dat
die gebreke wat kleef aan William en Johannes se getuienis so ernstig is dat die
Hof verkeerdelik daarop staatgemaak
het en, so is betoog, as William en Johannes
se getuienis as ongeloofwaardig bevind was, soos dit moes bevind
41/...
41. gewees het, was 'n skuldigbevinding nie alleen nie
geregverdig nie, maar was dit, vanuit 'n positiewe oogpunt gesien, ook 'n
redelike
moontlikheid in ag genome al die omringende omstandighede en die
getuienis van Krugel, dat William en Johannes self betrokke was
by die dood van
die oorledene.
Adjudant-offisier Hattingh het getuig dat sy pligte insluit die neem van
foto's op die toneel, die versameling van enige leidrade
en die neem van
monsters wat hy dan agterna aan die forensiese laboratorium oorhandig vir
ondersoek. Hy is onder andere behoorlik
toegerus vir die neem van bloedmonsters.
Die houertjie waarin hy die bloedmonster van die bloed uit oorledene se kopwond
geneem het
was 'n plastiese botteltjie wat spesiaal aan hom uitgereik is vir die
doel. Nadat hy die monster geneem het, het hy 'n prop op die
botteltjie geplaas
en dit in 'n koevert geplaas. Hy het die monster in 'n yskas bewaar by sy huis
gedurende die naweek (want hy was
op bystand-diens) en vanaf Maandag 9 Junie is
dit gehou in die
42/....
42.
fotografiese afdeling ("by ons in die kantoor"). Op 16 Junie
1986 het hy die monster aan kaptein Claassens van die forensiese afdeling
oorhandig. Hy het verduidelik dat hy, nadat hy die monster geneem het, 'n klein
wit etiket daarop aangebring het waarop hy die tyd
van die neem van die monster,
die datum en "watse tipe monster" dit was, aangebring het. Hy het nie
onmiddellik 'n misdaadregisternommer
op die botteltjie aangebring nie omdat hy
nog nie so 'n nommer beskikbaar gehad het nie, maar toe hy die volgende Maandag
op kantoor
kom, het hy die saak geregistreer en 'n planregisternommer
(PR-nommer), sowel as 'n misdaadregisternommer (MR-nommer) wat die wyk
Erasmia
aandui, daarop in sy eie handskrif aangebring. Met hierdie besonderhede op het
hy dit aan kaptein Claassens oorhandig. Volgens
kaptein Claassens se getuienis
het hy 'n monster van a/o Hattingh ontvang wat gemerk is "Jacob Ndimandi -
Erasmia MR 48/6/86."
Dit is duidelik, betoog die advokaat vir die appellant, dat die twee
botteltjies nie dieselfde kan wees nie. A/o
43/...
43.
Hattingh het nooit die oorledene se naam op die botteltjie
wat hy aan kaptein Claassens oorhandig het, geskryf nie. Daarteenoor, gaan
die-betoog voort, meld kaptein Claassens niks van die planregisternommer, die
datum, die tyd of die tipe monster wat geneem was nie.
Dit is n verregaande
betoog. Dit was in die Hof a
quo
nie in geskil geplaas dat dit dieselfde
botteltjie was nie. Hattingh sê hy het die betrokke MR-nommer van Erasmia
se polisiestasie
op die botteltjie aangebring en dit is nooit betwis nie dat die
MR-nommer waarna Claassen in sy verslag verwys het, ooreengestem
het met die
MR-nommer wat Hattingh op die botteltjie aangebring het. Daar is nie
kruisondervraging gerig om enige onbestaanbaarhede
tussen die geskrif op die
monster wat Hattingh oorhandig het en wat Claassens in sy verslag beskryf het,
aan die lig te bring nie.
Hierdie betoog word gevolglik verwerp.
Die getuienis van William en Johannes is heftig aangeval veral wat betref
hulle bewering dat hulle die appellant
44/...
44. se voertuig kon gesien het totdat dit by North se huis
stilgehou het. In hierdie verband is dit betoog dat die getuienis van Kotze
en
James Burt in 'n ernstige mate twyfel werp op die getuienis afgesien van die
algemene ongeloofwaardigheid van die twee getuies,
maar veral William.
Kotze, 'n ingeskrewe klerk by die prokureursfirma wat tydens die verhoor
opdrag van die appellant gehad het, is op Sondagaand, 1 Maart
1987, saam met die
appellant se broer na die Laezonia-hoewes om sekere proefnemings te doen met die
betrokke Stanza-voertuig. Kotze
het, toegerus met 'n stophorlosie, gaan staan
waar, volgens hom, William beweer het dat hy gestaan het toe hy die appellant se
voertuig
dopgehou het op die betrokke aand. James Burt het ook 'n stophorlosie
gehad. Laasgenoemde het met die Stanza, met die hoofligte aan,
gestaan by die
plek waar die appellant beweerdelik vir die oorledene opgelaai het. Soos hulle
ooreengekom het, het Burt onmiddellik
toe hy wegtrek, die toeter gedruk en
albei
45/...
45. het hulle stophorlosies geaktiveer. Burt het die roete
na North se huis waarlangs die appellant op die betrokke aand, volgens
William
en Johannes se getuienis, gery het, gevolg. Aanvanklik was die ligte en die
voertuig sigbaar. Na 15 sekondes het die motor
en die ligte en die geluid
verdwyn. Hy het daarna die roete dopgehou wat van die foto vir hom bekend was en
eers na omtrent twee-en-'n-halwe
minuut kon hy die voertuig vir die eerste keer
weer sien. 'n Tweede motor het op daardie stadium op die pad na North se huis
verskyn
en hom verwar. Hy kon die voertuig wat deur Burt bestuur is, egter weer
onderskei toe Burt, soos hulle ooreengekom het, die voertuig
se ligte flikker op
die tydstip toe hy by North se huis aankom. Volgens die stophorlosie het die rit
min of meer vyf minute geneem.
Hy het die proefneming herhaal vanaf 'n posisie,
deur hom ingeneem, waar Johannes sou gestaan het. Hierdie keer het hy na tien
sekondes
alle sig en geluid van die motor verloor. Na ongeveer
twee-en-'n-driekwart-minute kon hy die voertuig self weer tussen die bome sien
in die vallei waardeur die
46/...
46.
pad loop. Hy het dit benadruk dat die foto's wat by die Hof
ingelewer is, bedrieglik is. Dit wek die indruk dat die terrein waaroor
die pad
loop, plat is terwyl dit nie die geval is nie maar 'n bultende en golwende
landskap is. Daarbenewens is daar heelwat bome
wat die uitsig versper. Hy het
ook melding gemaak van 'n ligskynsel op die horison veroorsaak deur stadsligte
wat 'n bewegende voertuig
se ligte minder sigbaar maak. Ook sal, volgens hom,
die skynsel van ligte in die talle huise in die omgewing die sigbaarheid van
ligte van 'n voertuig affekteer. Die straal van die ligte was vanweë al
hierdie faktore ook moeilik sigbaar. Hy kon alleen die
ligte self sien. Kotze
het toegegee dat van die bome wat gedurende Maartmaand die uitsig kon belemmer
het, in Junie-maand heeltemal
kaal sou wees en die sigbaarheid sou verhoog.
Op 19 Maart is Kotze terug na die toneel om verdere proefnemings en
observasies te doen. Hy was op die toneel om ongeveer 19h30 saam
met prokureur
Currin van dieselfde
47/...
47. firma. Hy het besluit om weer te gaan aangesien hy nie
voorheen van 'n punt waar William gestaan het nadat hy, soos hy getuig
het, na
die pad gehar-dloop het, die sigbaarheid in die aand van 'n voertuig langs
daardie roete, vasgestel het nie. By hierdie geleentheid
het Currin sy eie
voertuig, 'n nuwe Volkswagen Kombi, bestuur. Die ligte van die kombi is veel
hoër en ook skerper as dié
van die Stanza. Na ongeveer 'n minuut het
die ligte verdwyn. Na ongeveer 15 na 20 sekondes kon hy, hoewel hy nie die ligte
self kon
sien nie, die gloed of straal van die ligte gesien. Na ongeveer twee
tot twee-en-'n-half minute kon hy die voertuig self weer sien.
Toe die voertuig
by die bome kom, kon hy die voertuig tussen die stamme sien beweeg, hoewel hy
dit vir 'n oomblikkie verloor het.
Hy kon ook die voertuig sien arriveer by
North se huis.
'n Behoorlike evaluering van Kotze en James Burt se getuienis noop my om saam
te stem met die uitspraak van die Hof a
quo
waarin gesê word:
48/...
48.
"Dit is dus duidelik dat volgens hierdie getuienis William en Johannes die kar
en ligte van beskuldigde kon sien vir 'n sekere tydperk
en dat hulle wel die
ligte kon sien toe dit by North se huis arriveer. Die rit vanaf punt C na North
se huis neem maar ongeveer vyf
minute."
Ofskoon die Hof a
quo
na my mening dus tereg
tot
die gevolgtrekking gekom het dat die getuienis
van James Burt
en Kotzé nie afbreuk doen aan die getuienis van William
en
Johannes sover dit die sigbaarheid aanbetref van 'n voertuig
wat in die
aand langs daardie pad ry nie, bly die vraag egter
nog staan of die getuienis
van William en Johannes so
geloofwaardig is dat 'n Hof daarop kan staatmaak,
soos wat
die Hof a
quo
wel gedoen het. Soos ek hierbo gemeld
het,
is hulle getuienis heftig aangeval, veral dié van William.
Die
appellant se advokaat het onder andere daarop gewys dat
William twee
teenstrydige verklarings aan die polisie gemaak
het. In sy eerste verklaring
het hy ontken dat hy die oorledene
op die betrokke aand in sy voertuig
vervoer het, terwyl hy
49/...
49. later 'n verklaring gemaak het wat ooreenstem met sy
getuienis voor die Hof. Die appellant se advokaat wys daarop dat die getuienis
daarop dui, 'n aangeleentheid wat deur die Staat erken is, dat William aangerand
is deur 1t Austin terwyl hy in aanhouding was, 'n
feit wat William ontken het.
Hierdie leuenagtige ontkenning werp 'n skadu van verdenking op die tweede
verklaring en ook op sy getuienis,
is aangevoer. Hoewel dit waar is dat William
die aanranding verswyg het wat moontlik agterdog wek dat hy een of ander
aansporing
ontvang het om vals te getuig in die Hof, meen ek dat sy
verduideliking waarom hy eers ontken het dat hy iets van die oorledene weet,
'n
aanvaarbare verduideliking was. Die verduideliking was naamlik dat hy, na die
geskil met North, deur die polisie gewaarsku is
om nie weer met sy voertuig in
die Laezonia-gebied rond te beweeg nie. Ook Johannes se getuienis is in
dieselfde verband aangeval.
Soos die advokaat vir die appellant tereg daarop
wys, het ook Johannes, wat saam met William aangehou was vir ondervraging,
ontken
dat William aangerand is. Daar
50/...
50. was dus, so is betoog, samespanning tussen William en
Johannes om nie die waarheid te praat nie en, wys die advokaat daarop, Austin
wat, volgens die advokaat, 'n verduideliking aan die Hof verskuldig was, is
nooit geroep nie. Advokaat De Vos het ook William en
Johannes se getuienis dat
hulle nie opgemerk het dat die oorledene sterk onder die invloed van drank was
nie, heftig gekritiseer.
Hy het dit beklemtoon dat die bloedmonster van
oorledene se bloed wat vir die alkoholinhoud getoets is, aangetoon het dat die
oorledene
'n alkoholinhoud van ,39%, dus 'n besonder hoe persentasie, in sy
bloed gehad het.
Advokaat De Vos kan gelyk gegee word dat dit 'n besondere hoe persentasie is.
Die moontlikheid van nadoodse vorming van alkohol in
'n dooie se bloedstroom
deur fermentasie is genoem. Dit, so lui die getuienis, kon egter nie 'n
aanmerklike verskil gemaak het nie.
Daar is egter getuienis dat die oorledene 'n
gereelde drinker was en waarskynlik het
51/...
51. hy 'n betreklike weerstandsvermoe opgebou. Die
appellant self het, hoewel hy die indruk gekry het dat die oorledene in 'n
redelike
mate onder die invloed van drank was, nie getuig dat hy papdronk was
nie. Hy kon nog 'n rasionele gesprek met hom voer. Dat die oorledene
wel drank
iewers in die hande gekry het is seker, maar dat hy, William en Johannes
waarskynlik van die een sjebeen na die ander gery
het om te drink, soos aan die
hand gedoen is deur die appellant se advokaat, kan nie as 'n redelike
moontlikheid aanvaar word nie.
Waar die oorledene drank gekry het en gedrink het
voordat William en Johannes hom opgelaai het, is nie geopenbaar nie. Dat hy wel
drank iewers moes gekoop het, kan afgelei word van William se getuienis dat hy
die laaste twee biere van 'n pakkie van ses tevoorskyn
gehaal het en dat hulle
dit in die voertuig genuttig het. Waar en wanneer hy die ander vier biere (en
moontlik ander drank) ingeneem
het, kan nie eers oor bespiegel word nie. William
en Johannes het oor al hulle bewegings vanaf die oomblik toe die oorledene
opgelaai
is, getuig en
52/...
52.
hierdie getuienis is heeltemal bestaanbaar met die feit, wat
gemeensaak is, dat hulle ietwat voor 22h00 vir die appellant teengekom
het op
die skoolpad.
Die Hof a
quo
was heeltemal bewus van die swakhede in veral William se
getuienis en het vir stawing gesoek. Dit het die Hof gevind, nie alleen
in die
getuienis van Johannes en 'n mindere mate van Elizabeth Phakela nie, maar ook in
die waarskynlikhede wat uit die bewese omstandighede
geblyk het. Dat die saak
van die Staat op omstandigheidsgetuienis berus en dat die skuldigbevinding
alleen geregverdig sou wees indien
die skuld van die appellant die enigste
redelike moontlike afleiding is, het die Hof a
quo
terdee besef.
Die appellant se moeilike taak was om hierdie Hof te oortuig dat die Hof a
quo
verkeerdelik die skuld van die appellant as die enigste redelike
moontlikheid bevind het. Daar is verskeie alternatiewe moontlikhede
deur die
appellant
53/...
53. se advokaat aan die hand gedoen, die meeste waarvan
egter slegs as blote bespiegelinge bestempel kan word. Die enigste voorstel
wat
aandag verdien, is die moontlikheid dat William en Johannes self iets te doen
sou gehad het met die dood van die oorledene. Daar
is aan die hand gedoen dat
die moontlikheid bestaan dat William en Johannes vir die oorledene later, nadat
hy deur die appellant
afgelaai is, weer opgelaai het en om een of ander rede hom
om die lewe gebring het. Een motief wat aan die hand gedoen is, is dat
die vrees
by hulle gewek kon gewees het dat die oorledene, 'n polisieman, moontlik met die
appellant sou saamwerk om die twee se
misdadige bedrywighede kort te knip of dat
hy moontlik aan die appellant onthullings sou gedoen het wat hulle kon benadeel.
As bewys
dat William en Johannes iets meer geweet het as wat hulle voorgegee
het, is die getuienis van Krugel opgehaal dat, soos af te lei
is uit sy gesprek
met William, laasgenoemde vir hom details meegedeel het van die wyse waarop die
oorledene gedood is (hy het byvoorbeeld
verwys na 'n borswond) nog voordat
dit
54/...
54. aan William, indien hy onbewus was van die dood,
bekend kon gewees het dat die oorledene, afgesien van 'n wond aan sy kop, ook
'n
ander wond opgedoen het.
Ek kan die betoog nie aanvaar nie. Krugel se geheue van presies waar en
wanneer die gesprek tussen hom en William sou plaasgevind
het, was, soos die
Verhoorhof tereg bevind het, gebrekkig en die waarskynlikheid is dat, soos
William getuig het, hy eers die volgende
oggend by die Plek van Varke van Swart
lede van die polisiemag verneem het van die vonds van die liggaam van die
oorledene die vorige
nag. Dat besonderhede van die wonde wat opgemerk is, aan
hom meegedeel kon gewees het, is aanvaarbaar. As hy enige gesprek met Krugel
gevoer het, moes dit daarna gewees het. Sy getuienis dat hy die Saterdagoggend
na die Plek van Varke gegaan het om sy wors wat die
oorledene in sy drasak
geplaas het, te haal, is nooit in twyfel getrek nie. Sy optrede in dié
verband is onbestaanbaar met
enige aandadigheid van sy kant aan die
55/...
55. dood van die oorledene.
Na my oordeel het die Hof a
quo
tereg bevind dat die enigste redelike
moontlikheid wat af te lei is uit die aangebode getuienis is dat die appellant
aandadig was
aan die dood van die oorledene. Die deurslaggewende omstandighede
en die afleidings wat daarvan gedoen kan word is die volgende:'
1. William en Johannes het die gang van die appellant
se voertuig
gevolg totdat dit by North se plek stilgehou het en die ligte daar afgeskakel
is.
2. Die appellant erken dat hy by North se plek was daardie
aand. Die
getuienis dat hy eers by sy eie huis
aangegaan het is tereg verwerp; so ook
die rede wat
hy aangegee het vir sy rit daardie aand na North. Die aangeleentheid van
North se versuim om die afspraak met die Regshulpraad na
te kom was nie so
dringend dat dit 'n rit daarheen na 22h00 in die aand genoodsaak of selfs
geregverdig het nie.
3.
By die toneel is twee stelle
spore gevind; die sool-patroon van een van die spore kom ooreen met North se
skoen.
4.
By North se hoewe word 'n band
gevind met 'n loopvlak-patroon soortgelyk aan die patroon van die band
wat
56/...
56.
om die liggaam van die oorledene gevind is.
5. North gee skielik pad uit die
land.
6.
Bloed wat
ooreenstem met die bloedgroep van die oorledene word agter in die Stanza gevind
- 'n feit wat bestaanbaar is met 'n afleiding
dat die appellant die voertuig
bestuur het en dat North sy passasier
was tot by die
plek waar die liggaam van die oorledene, wat agter in die voertuig was,
uitgesleep is en aan die brand gesteek is.
7. Die beweerde rit na Vermeulen se hoewe deur hom en
North is as 'n
rookskerm opgewerp om die rit na die
plek waar hulle die liggaam afgelaai
het, te verdoesel.
Kumulatief gesien, lei die bewese omstandighede na my
oordeel
slegs tot een gevolgtrekking en dit is dat hy alleen
of hy en North die
oorledene erg beseer het, heel waarskynlik
in die loop van 'n
ondervragingsproses, en dat hy en North
besluit het om van sy liggaam ontslae
te raak op 'n wyse wat
die indruk sou wek dat daar 'n halssnoermoord op hom
uitgevoer
is.
Die appél teen sy skuldigbevinding kan nie slaag nie.
57/...
57. Die appellant het self ter versagting getuig. Benewens
sy eie getuienis, is namens hom 'n kliniese sielkundige, dr Olivier, se
getuienis aangebied en die Staat het die getuienis van dr Lundt, 'n psigiater
van Weskoppiesinrigting vir Geestesversteurdes aangebied.
Die appellant het volgehou dat hy niks met die moord op die oorledene te doen
gehad het nie. Hy het, wat beskryf kan word as 'n redelike
stormagtige
lewensverhaal, aan die Hof voorgedra. Hy was aggressief van aard; hy kon nie
aanpas by die militêre lewe toe hy
sy diensplig verrig het nie; hy het hom
nie maklik aan dissipline onderwerp nie; sy huwelikslewe was ongelukkig - hy het
sy vrou,
van wie hy later geskei is, sowel as sy skoonvader, aangerand; hy het
dikwels van werk en verblyf verander, totdat hy h verhouding
met Moekie
Grobbelaar aangeknoop het en vir die laaste vier jaar 'n vaste betrekking by die
Uraanverrykingskorporasie gevul het -
omstan-dighede wat 'n mate van
bestendigheid in sy lewe gebring het.
58/...
58.
Dr Olivier het verskeie psigo-diagnostiese onderhoude met die
appellant gevoer en het ook verskeie psigometriese toetse op hom uitgevoer".
Sy
het bevind dat hy 'n antisosiale persoonlikheidsafwyking vertoon. Hy besit
kenmerke van iemand wat voorheen beskryf is as 'n psigopaat
('n term wat die
wetenskaplikes deesdae vermy) maar hy is nie een nie. Hy het 'n bogemiddelde IK
van 112. Tog het hy swak op skool
gepresteer. Sy het tot die gevolgtrekking
gekom dat hy 'n leuenaar is en dat, hoewel hy in die laaste jare 'n redelike
bestendige
lewenspatroon gehandhaaf het, sy gevoelslewe en emosies vlak is.
Volgens wat sy vasgestel het van sy werkgewers is die gehalte van
sy werk
ondergemiddeld. Waar drank en dwelms (dagga) eers 'n probleem was, was dit in
die laaste aantal jare nie so nie, hoewel hy
nog sosiaal gedrink het. Dr Lundt
het met dr Olivier saamgestem.
Die Hof het bevind dat drank nie op hierdie betrokke dag 'n rol gespeel het
nie. Daar was getuienis dat die appellant
59/...
59. by die werk een bier gedrink het, dat hy nog een
genuttig het nadat hy tuis gekom het en voordat hy vergadering toe is, dat hy
na
die vergadering weer bier gedrink het en by North ook bier gedrink het. Daar was
egter geen getuienis dat die drank-inname enigsins
sy gemoedstoestand
geaffekteer het in sy optrede teen die oorledene nie.
Die Verhoorhof het aanvaar, soos betoog is deur die appellant se advokaat in
daardie Hof, dat hy deur North bygestaan is maar die
Hof het die betoog dat hy
moontlik deur North beinvloed is, verwerp. Daar was, so bevind die Hof a
quo
, geen getuienis wat so 'n bevinding regverdig nie. Daar is aangevoer
dat die appellant en North nie die opset gehad het om die oorledene
te dood nie,
maar dat hulle, toe hulle meen dat die dood as gevolg van die aanranding
ingetree het, paniekbevange geraak het en besluit
het om die halssnoer-metode
aan te wend om alle tekens dat hy aangerand is, uit te wis. Die Hof het, tereg,
na my oordeel, bevind
dat daar geen bewys
60/...
60.
is dat dit hulle mening en gemoedstoestand was nie.
Voor hierdie Hof is daar aangevoer dat die volgende. omstandighede die Hof
moes genoop het om versagtende omstandighede te bevind:
1. Die misdadigheid van elemente in die omgewing, wat
waarskynlik sou
toeneem indien die nuwe beoogde Swart
dorpsgebied Norweto, nie ver van
Laezonia nie, tot
stand sou kom, is op die vergadering by Van der
Hooft
bespreek. Dit het waarskynlik 'n invloed gehad op
die gemoedstoestand van die appellant.
2.
Op sy terugrit van die
vergadering word die verdagte voertuig deur die appellant met 'n aantal persone
daarin in agterdogwekkende
omstandighede opgemerk. Die Hof moes die afleiding
maak, is aangevoer, dat dit die appellant wat van geaardheid 'n aggressiewe
persoon
is, nog verder geirriteer het en op sy gemoed ingewerk
het.
3.
Die getuienis toon ook aan dat die
appellant drank ingehad het die aand.
Die betoog lui dat die Hof die faktore hierbo genoem
nie
kumulatief in ag geneem het of nie genoegsaam in ag geneem
het nie. Indien
met die betoog bedoel is dat die Hof 'n
61/...
61.
mistasting begaan het, kan ek nie saamstem nie. Die appellant
se groot moeilikheid is dat hy nie die Hof in sy vertroue geneem het
en aan die
Hof verduidelik het wat in sy gemoed omgegaan het nie. Hy het alle betrokkenheid
by die dood van die oorledene ontken.
Wat die drank betref stem ek saam met die
Verhoorhof dat daar geen getuienis is dat drank die appellant enigsins beinvloed
het nie.
Ek wil nie beweer dat indien die appellant wel sou getuig het dat die
ander faktore op sy gemoed ingewerk het, dit deur die Verhoorhof
in die
uitoefening van sy diskresie as versagtende omstandighede in ag geneem moes
gewees het nie. My standpunt is slegs dat, by
ontstentenis van getuienis van die
appellant self welke gemoedsdrange hom beweeg het om die daad te pleeg, die
Verhoorhof nie ten
gunste van hom kon gis nie. Die appél teen die
bevinding dat daar geen versagtende omstandighede bestaan nie, kan dus ook
nie
slaag nie.
62/...
62.
Die appèl word van die hand
gewys.
WAARNEMENDE APPèLREGTER
VAN HEERDEN AR)
EKSTEEN AR) -stem saam