About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 112
|
|
S v Van der Gryp (105/87) [1988] ZASCA 112 (28 September 1988)
105/87 WHN
JAN HENDRIK VAN DER GRYP
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
JOUBERT AR
:
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
JAN HENDRIK VAN DER GRYP
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: JOUBERT, VAN
HEERDEN et VIVIER ARR
Verhoor
: 6 September 1988
Gelewer
: 28 September 1988
UITSPRAAK JOUBERT
AR:
Die appellant is as beskuldigde 2 saam met sy
ouer broer (beskuldigde 1) in die Noordelike Rond-gang Plaaslike Afdeling te
Pietersburg
deur ESSELEN R
/2...
2
en twee assesore op twee aanklagte verhoor. Aanklag 1 is dat
hulle op 17 Augustus 1982 Jackson Hlongwane (die "oor-ledene") vermoor
het.
Aanklag 2 is dat hulle op dieselfde-datum die klaer Charles Hlongwane (hierin na
"Charles" ge-noem) aangerand het met die opset
om hom ernstig te beseer. By die
aanvang van die verhoor het altwee beskuldigdes op die twee aanklagte onskuldig
gepleit. Hulle is
tydens die verhoor verteenwoordig deur adv.
du Plessis
.
Op 14 Junie 1983 is beide beskuldigdes op aanklag 1 skuldig bevind aan strafbare
manslag. Beskuldigde 1 wat 66 jaar oud was, is
4 jaar gevangenisstraf
opgelê terwyl die appellant wat toe 53 jaar oud was tot 2 jaar
gevangenisstraf gevonnis is. Op aanklag
2 is beskuldigde 1 ooreenkomstig sy
veranderde pleit skuldig bevind aan gewone aanranding waarvoor hy tot 6 maande
gevangenisstraf
gevonnis is wat voorwaardelik vir 5 jaar opgeskort is. Die
appellant is onskuldig bevind op aanklag 2. Die aansoek van die appellant
om
teen sy skuldigbevinding
/3...
3 en vonnis t.o.v. aanklag 1 na hierdie Hof te appelleer,
is deur die Verhoorregter geweier. Op 15 Augustus 1983 is spesiale vergunning
in
terme van art 316(8)'van die Strafproseswet No 51 van 1977 (die"Wet") aan die
appellant verleen om teen sy skuldigbevinding aan
manslag in hoër beroep na
hierdie Hof te kom. Daarna is die partye versoek om aanvullende betoogshoofde in
te dien oor die vraag
of die vonnis nie verhoog behoort te word nie indien die
appèl teen die skuldigbevinding nie sou slaag nie.
Op 4 Maart 1985 het
adv.
Maritz
vir die appellant by die verhoor van die appèl in
hierdie Hof verskyn. Hy het daarop gewys dat dit gedurende die middel van
Februarie 1985 onder sy aandag gebring is dat die getuie Charles op 18 Augustus
1982 en 10 November 1982 twee getuieverklarings aan
die polisie gemaak het wat
in belangrike opsigte sou verskil van die getuienis wat Charles tydens die
verhoor afgelê het. Daar
was egter onduidelikheid of die aanklaer die twee
getuieverklarings aan adv.
du Plessis
beskikbaar gestel het.
/4...
4
Op sý versoek is die verhoor van die appèl
uitgestel ten
einde die appellant die geleentheid te bied om in terme
van
art 317 van die Wet 'n aansoek tot die Verhoorregter te rig
om 'n
spesiale aantekening op die hofoorkonde aan te bring.
Eers op 9 Oktober 1986 het die Verhoorregter
gelas dat die volgende
spesiale aantekening op die oorkonde
aangebring word:
"Die getuieverklarings van die getuie CHARLES HLONGWANE gedateer 18 Augustus
1982 en 10 November 1982 by die aansoek aangeheg en gemerk
Aanhangsels 'A' en
'B' onderskeidelik, is nie tydens die verhoor deur die Aanklaer aan die
Verdediging openbaar en beskikbaar gestel
nie. Die Verdediging beweer dat die
getuieverklarings wesenlik teenstrydig is met die getuie se getuienis en dat die
Aanklaer gevolglik
versuim het om die plig wat op hom gerus het na te kom en die
Verdediging bygevolg nie die geleentheid gehad het om die getuie met
betrekking
tot sodanige teenstrydige verklarings te kruisondervra nie."
Dit was wel gemene saak by die aanhopr van die aansoek dat
die aanklaer
nie die twee getuieverklarings tydens die verhoor
aan adv.
du Plessis
oorhandig het nie. In sy ondersteunende
/5...
5
beëdigde verklaring het adv.
du Plessis
die
aangeleentheid
egter baie verder gevoer, nl.
"Die Staatsadvokaat het dit nie onder
my aandag gebring dat die genoemde getuie
CHARLES HLONGWANE eedsverklarings aan
die polisie gemaak het wat afwyk van,
of strydig is met, die getuienis wat hy
in die loop van die saak voor die Rondgaande
Hof gegee het nie. Geen sodanige verklarings
is deur die Aanklaer aan my beskikbaar
gestel vir doeleindes van kruisondervraging
nie."
Daarenteen het die aanklaer, wat gedurende 1983 van beroep
verander het,
in sy bestrydende beëdigde verklaring die posisie
soos volg gestel:
"Sover ek kan onthou, het ek aan die advokaat vir die verdediging gemeld dat
die getuie nou meer gunstig vir die verdediging was en
die vermoede uitgespreek
dat adv.
du Plessis
nie die getuie daarop sou wou kruisverhoor nie
aangesien sulke kruisverhoor net die saak slegter vir sy kliente sou maak. Adv.
du Plessis
het toe nie belanggestel om dit te doen nie."
Soos uit die spesiale aantekening blyk, het die Verhoorregter egter nie
hierdie feitegeskil tussen adv.
du Plessis
en die
/6...
6 aanklaer opgelos nie. In wat volg, sal ek egter ten
gunste van die appellant veronderstel dat adv
du Plessis
se weergawe juis
is. Volgens 'n erkende praktyksreel is dit 'n aanklaer se ampsplig wanneer daar
'n ernstige of wesentlike afwyking
tussen 'n getuie vir die Staat se getuienis
en sy getuieverklaring ontstaan om dit onder die verhoorhof se aandag te bring
en om
die getuieverklaring aan die verdedíging vir kruisondervraging van
die getuie beskikbaar te stel. Raadpleeg:
R v Steyn
, 1954(1) SA 324(A) op
bl 337 A-C,
R v M
, 1959(1) SA 434(A) op bl 439 G,
Ex Parte Minister
van Justisie
:
In re S v Wagner
, 1965(4) SA 507 (A) op bl 515 B-C,
S v Xaba
. 1983(3) SA 717(A) op bl 728 E-729 A,
S v Masinda en 'n
Ander
, 1981(3) SA 1157 (A) op bl 1162 F. Wanneer die inhoud van die twee
getuieverklarings van Charles met sy getuienis vergelyk word dan
blyk dit dat hy
in sy getuienis wel in wesentlike opsigte van sy twee getuieverklarings afgewyk
het. In sy getuienis het hy ontken
dat die appellant hom aangerand het terwyl
die teendeel uit sy tweede getuieverklaring blyk. Hy het in
/7...
7 sy getuienis beweer dat die appellant die oorledene met
sy oop hand en vuis geslaan het maar in sy eerste getuieverklaring het hy
verklaar dat beide beskuldigdes die oorledene terwyl hy op die grond gelê
het teen sy kop met hul geskoende voete geskop het
en dat hulle die oorledene
ook op sy bors getrap het. In die onderhawige geval het die aanklaer versuim om
sy ampsplig na te kom
om hierdie ernstige afwyking onder die verhoorhof se
aandag te bring en om die twee getuieverklarings aan die verdediging beskikbaar
te stel. Die verdediging se reg om deur kruisondervraging aan die hand van
vermelde afwyking Charles se geloofwaardigheid in 'n belangrike
opsig op die
proef te stel, is ontneem. Dit is 'n onreëlmatigheid sodat art. 322(1) van
die Wet van toepassing is wat daarop
neerkom dat hierdie Hof moet besluit of die
getuienis (met weglating van Charles se getuienis) buite redelike twyfel bewys
dat die
appellant inderdaad skwldig is. Raadpleeg
S v Bernardus
, 1965(3)
SA 287 (A) op bls 299 F-G, 305 D-E. Ek gaan nou daartoe oor om die oorblywende
getuienis met hierdie
/8...
8
doel te ondersoek.
Beskuldigde 1 het met vrugte op die plaas
Lentegeur in die distrik van Tzaneen geboer. Die oorledene het ongeveer 24 na 25
jaar as
huisbediende vir Beskuldigde 1 gewerk. Die oorledene was ongeveer 45
jaar oud. Hy was klein en skraal van liggaamsbou. Fisies was
hy 'n swak persoon.
Ongeveer 3 maande voor die oorledene se dood het Beskuldigde
1 se duplikaat
kluissleutel weggeraak. Daarna het hy R260
uit sy kluis vermis. Hy het die
oorledene verdink maar die
oorledene het ontken dat hy kennis dra van die
verdwyning
van die kluissleutel en die geld. Beskuldigde 1 het
ongeveer
2 km van sy huis langs die Phalaborwa-Tzaneen pad
n
vrugtestalletjie gehad waar Charles, 'n 17 jarige seun van
die
oorledene, vrugte verkoop het. Gedurende die middag
van 17 Augustus 1982 het
Beskuldigde 1 vasgestel dat daar
n tekort aan geld by die vrugtestalletjie was. Hy het Charles daarmee
konfronteer. Volgens Beskuldigde 1 het Charles beweer dat die
oorledene die geld
het. Beskuldigde 1 het toe besluit
/9...
9 om sy vermiste kluissleutel en geld op te spoor. Hy het
Charles se hande met 'n tou vasgemaak en hom in sy bakkie na die kampong
geneem
waar die oorledene en sy gesin gewoon het. Beskuldigde 1 se deursoek van die
oorledene se huis het niks opgelewer nie. Hy
het Charles saam na sy huis geneem
waar hy die oorledene ontbied het. Hy het die oorledene se hande ook agter sy
rug vasgemaak sodat
Charles en die oorledene met dieselfde tou rug teen rug
gestaan het. Dit was toe ongeveer 7 nm. Beskuldige 1 het toe begin om die
oorledene buitekant sy huis op die grasperk aan te rand. Beskuldige 1 het ook sy
vrou per motor gestuur om die appellant te gaan
roep om hom by te staan. Sy het
dit gedoen en weer na hul huis teruggekeer. Die appellant woon ongeveer 4 km
vanaf Beskuldigde 1
se opstal. Die appellant het aan die versoek voldoen deur
met sy motor na Beskuldigde 1 se huis te ry.
Die weglating van Charles se getuienis affekteer geensins die
geloofwaardigheid van die ander Swart getuies wat vir die Staat getuig
het nie
en wie se getuienis
/10...
10
deur die Verhoorhof aanvaar is. Phineas Hlongwane, 'n seun van
die oorledene, wat vir 'n seun van Beskuldigde 1 gewerk het, het getuig
dat hy
by die draadheining van Beskuldigde 1 se opstal gestaan het. Op 'n afstand van
ongeveer 50 m het hy aanskou hoe Beskuldigde
1 die oorledene aan sy broer
Charles vasgemaak het. Hy het gehoor Beskuldigde 1 sê vir die oorledene en
Charles dat hy 'n sleutel
by hulle soek. Die oorledene het verklaar dat hy niks
van die sleutel weet nie. Beskuldigde 1 het die oorledene met sy vuiste op
sy
sye begin slaan en ook met sy geskoende voet geskop toe die oorledene op die
grond gelê het nadat hy geval het. Daar was
ook ander Swart persone
insluitende sy moeder Muthavini Bayoli agter die omheining wat toeskouers was
van die aanranding op die oorledene.
Op daardie stadium het die appellant met sy
motor by die opstal opgedaag. Dit was toe reeds skemer. Met sy aankoms op die
toneel
het die appellant vir Beskuldige 1 gesê: "Bliksem hom !" en ook:
"Slaan hom hard sodat hy die sleutel uithaal." Die vasgemaakte
honde het toe vir
die toeskouers agter die
/11...
11
omheining begin blaf. Die appellant het Beskuldigde 1 gevra
waar die haelgeweer is sodat hy hulle kon skiet. Beskuldigde 1 het die
appellant
aangesê om die blaffende honde los te maak sodat hulle die toeskouers kon
byt. Toe die appellant die honde losmaak,
het hulle weggehardloop. Phineas het
egter weer naby die omheining in die donkerte gaan staan vanwaar hy die twee
beskuldigdes met
die oorledene en Charles in die lig kon dophou. Hy het aanskou
hoe Beskuldigde 1 vir die oorledene en Charles die kombuis intrek.
Die appellant
het hulle gevolg.
Muthavini Bayoli, die oorledene se vrou en moeder van Charles en Phineas,
staaf laasgenoemde se getuienis dat sy 'n toeskouer agter
die omheining was. Sy
het op 'n laat stadium daar gekom nadat iemand 'n rapport aan haar gemaak het.
Sy het gesien hoe Beskuldige
1 die oorledene twee skoppe op sy maag toegedien
het. Toe die appellant daar kom en hulle wegjaag, het sy na die kampong
teruggekeer.
Volgens haar was die oorledene voor die voorval gesond gewees.
/12...
12
Deur die weglating van Charles se getuienis beskik die Staat
oor geen getuienis aangaande die optrede van die beskuldigdes teenoor
die
oorledene en Charles in die huis nie. Dit was egter aanvaarde getuienis dat die
appellant op 'n stadium vir Charles na buite
geneem het waar Charles die
vermiste kluissleutel langs 'n paal uitgekrap het nadat Charles en die oorledene
met mekaar in Shangaan
gepraat het. Daardeur het Beskuldigde 1 sy doel met die
foltering van die oorledene bereik. Beskuldigde 1 het toe daartoe oorgegaan
om
die geldbedrae uit te werk wat die oorledene en Charles aan hom moes
terugbetaal. Om dit op skrif te laat stel as skulderkennings
het Beskuldigde 1
vir Josias Malapane laat ontbied. Hy het ook Mutavini Baloyi laat kom. Volgens
Josias was dit tussen 8 en 9 nm
toe hulle in Beskuldigde 1 se huis gekom het. In
die kombuis het Josias toe eers Charles se skulderkenning op skrif gestel. Toe
Charles
begin om sy skulderkenning te maak, het die appellant besluit om na sy
huis te ry ten einde die geweerkluis vir sy vrou oop te sluit.
/13...
13 Hy het toe die vrou van Beskuldigde 1 saamgeneem om
sý vrou geselskap te hou. Na sy terugkoms het Josias begin om die
oorledene
se skulderkenning op skrif te stel. Terwyl Josias daarmee besig was,
het die oorledene, wat op die kombuisvloer gesit het, agteroor
geval en op sy sy
gerol. Beskuldigde 1 het die oorledene na die eetkamer gesleep en hom met %
kombers laat toemaak. Daarna het Beskuldige
1 vertrek om 'n dokter te ontbied
terwyl die appellant in 'n rondawel gaan sit het om na televisie te kyk.
Dr
Boezaart, 'n privaat mediese praktisyn, het vir die Staat getuig dat Beskuldigde
1 hom die betrokke aand omstreeks 10 nm telefonies
ontbied het om 'n beseerde
Swartman by sy huis te kom besoek. Binne 20 minute was hy daar. Hy het bevind
dat die oorledene reeds
dood was. Die lyk was reeds koud wat in die algemeen 1
1/2 uur na die dood intree. Hy het uitwendige beserings. van 'n redelik
oppervlakkige
aard waargeneem. Die appellant het tydens dr Boezaart se besoek in
die rondawel gebly. Eers na die vertrek van dr
/14...
14 Boezaart het die appellant van Beskuldigde 1 verneem
dat die oorledene dood was.
Dr Slabbert, die distriksgeneesheer wat op 18
Augustus 1982 "n lykskouing op die lyk van die oorledene uitgevoer het, het vir
die
Staat getuig. Uit sy getuienis blyk dit dat die oorledene talryke uitwendige
beserings opgedoen het wat hy in vyf groepe uiteengesit
het. Afgesien hiervan
het die oorledene interne beserings opgedoen. Daar was frakture van die
regterkant se 5e, 6e, 7e en 8ste ribbes
net lateraal van hul aansluiting aan die
borsbeen. Aan die linkerkant was daar frakture van die 3e, 4e en 5e ribbes net
lateraal
van hul aansluiting aan die borsbeen. Met die frakture het hy bedoel
dat dit deurgebreek het sodat die betrokke ribbes los van die
borsbeen was. Die
frakture van die ribbes kon deur 'n trap of skop op die borsbeen veroorsaak
gewees het. Die besering op die borskas
het 'n groot subpleurale bloeding aan
die linkerlong veroorsaak. Daar was ook 'n massiewe subpleurale bloeding aan die
regterkant
van die borskas.
/15...
15 Die oorsaak van die dood was 'n subdurale bloeding wat
heelwaarskynlik die gevolg van geweld was en waarskynlik deur 'n hou of
'n skop
teen die kop veroorsaak is. Twee beserings aan die regterwenkbrou kon die
subdurale bloeding waarskynlik veroorsaak het.
Na sy mening moes baie geweld
gebruik gewees het. Dit was onwaarskynlik dat die subdurale bloeding veroorsaak
is deur die agteroorval
van 'n sittende posisie van die oorledene op 'n
sementvloer. Volgens die aard van die beserings wat hy gevind, het moes daar 'n
ernstige
aanranding gewees het.
Die verhoorhof het tereg Beskuldigde 1 se
verduideliking oor hoe die oorledene sy beserings opgedoen het as onaanvaarbaar
in die lig
van die mediese getuienis gevind. Beskuldigde 1 se getuienis is tereg
as vals verwerp. Dieselfde geld vir die getuienis van die appellant.
Daar is dan
ook nie in hierdie Hof gepoog om hierdie bevindings van die verhoorhof te
bevraagteken nie. Die appellant was bevind
om % onbevredigende en onbetroubare
getuie te wees wat by tye ontwykend geantwoord het en sy getuienis probeer
/16...
16
aanpas het. Beide beskuldigdes het versuim om die verhoorhof
in hul vertroue te neem.
Die appellant het in sy getuienis hom probeer
voordoen as 'n bemiddelaar tussen Beskuldigde 1 en die oorledene. Dit is volkome
onwaar.
Uit die aanvaarbare getuienis van Phineas, soos deels gestaaf deur
Muthavini Bayoli, het die appellant direk met sy aankoms op die
toneel 'n
aggressiewe houding ingeslaan teenoor die toeskouers deur hul te dreig en te
verwilder as moontlike ooggetuies. Anders
as wat hy getuig het, het hy die honde
nie losgemaak omdat hy 'n liefhebber van diere is nie. Anders as wat hy getuig
het, het hy
nie probeer om Beskuldigde 1 van sy aanranding op die oorledene te
laat afsien of verminder nie. Die appellant het uit die staanspoor
op 'n uiters
aggressiewe toon Beskuldigde 1 tot die pleeg van die aanranding op die oorledene
aangehits deur die woorde: "Bliksem
hom !". Die appellant het op die toneel
gekom om Beskuldigde 1 behulpsaam te wees om die vermiste kluissleutel terug te
kry. Vandaar
sy aansporing gerig aan
/17...
17 Beskuldigde 1, nl: "Slaan hom hard sodat hy die sleutel
uithaal." Die appellant het homself volkome identifiseer met Beskuldigde
1 se
ernstige aanranding op die oorledene.
Selfs nadat die vermiste kluissleutel
teruggevind is, het die appellant nie die aftog geblaas nie. Hy het teruggekeer
na die huis
van Beskuldigde 1 nadat hy die geweerkluis vir sy vrou gaan oopsluit
het. Die appellant kon nie 'n bevredigende verduideliking verstrek
waarom hy in
die rondawel gesit het totdat dr Boezaart vertrek het nie.
Die enigste
redelike afleiding uit die aanvaarbare getuienis is dat die appellant en
Beskuldigde 1 'n gemeenskaplike oogmerk gehad
het met die aanranding op die
oorledene. Die appellant het hom daarmee vereenselwig en Beskuldigde 1
aangemoedig om die oorledene
ernstig aan te rand. Regtens is dit irrelevant of
die appellant fisies deelgeneem het in die huis aan die aanranding op die
oorledene.
Insgelyks is dit regtens irrelevant wie van die beskuldigdes die
oorledene in die huis fisies aangerand het. Hul
/18...
18
gemeenskaplike oogmerk met die aanranding bring mee dat die
aanrandingshandeling van die een regtens ook aan die ander toegedig moet
word.
Raadpleeg
S v Safatsa & Others
, 1988(1) SA 868 (A) op bl 896 D-E, 897
A-B. Hierdie beginsel geld ook in die geval van strafbare manslag, soos blyk uit
die beslissing
van hierdie Hof in
S v Nkwenja en 'n Ander
,
1985 (2) SA
560
(A). Volgens 'n objektiewe maatstaf moes die beskuldigdes voorsien het dat
in die lig van die ernstige aanranding op die oorledene
die besering op sy kop
lewensgevaarlik kon wees. Na my mening is daar in die lig van al die
omstandighede (met weglating van Charles
se getuienis) bo redelike twyfel bewys
dat die beskuldigdes skuldig aan strafbare manslag op aanklag 1 is.
Wat betref die verswaring van die appellant se vonnis is dit tans onprakties
om dit te oorweeg weens die lang tydsverloop sedert oplegging
van die vonnis.
Hierdie lang tydsverloop is nie aan die toedoen van die appellant te wyte
nie.
/19...
19
Die appèl teen die skuldigbevinding word afgewys.
C.P. JOUBERT AR.
VAN HEERDEN AR) Stem saam. VIVIER AR)
/20...