S v Maginda and Others (110/88) [1988] ZASCA 111 (28 September 1988)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Common purpose — Appellants convicted of murder following violent attack on deceased — Deceased pursued by group including appellants, ultimately killed by unknown assailant — Appellants' actions and intent assessed under common purpose doctrine — Evidence established that appellants acted with shared intent to kill — Convictions upheld despite arguments regarding individual culpability.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 111
|

|

S v Maginda and Others (110/88) [1988] ZASCA 111 (28 September 1988)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
Insake die appèl van:
PATRICK MAGINDA
Eerste
Apellant
DESMOND MAJOLA
Tweede Appellant
RONNIE NYUKA
Derde Appellant
DICKSON MADIKANE
Vierde Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram
: JOUBERT, KUMLEBEN ARR et VILJOEN Wn AR
Verhoor
: 12
September 1988
Gelewer
: 28 September 1988
UITSPRAAK JOUBERT
AR:
Die vier appellante is as beskuldigdes
/2...
2
1, 2, 5 en 6 respektiewelik saam met vier ander beskuldigdes in
die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling deur LATEGAN R en twee
assessore op
'n aanklag van moord verhoor deurdat hulle op Vrydag 22 November 1985 PATRICK
MARENENE (die "oorledene") in Mullerstraat
van die Kleurling woonbuurt Bridgton,
in die distrik van Oudshoorn, vermoor het. Beskuldigdes nos 7 en 8 is onskuldig
bevind en ontslaan
terwyl beskuldigdes 3 en 4 aan roof skuldig bevind is. Die
le, 2e en 4e appellante is skuldig bevind aan moord sonder versagtende
omstandighede en is ter dood veroordeel. Die 3e appellant is skuldig bevind aan
moord maar omdat hy slegs 15 jaar oud was, is hy
'n vonnis van 5 jaar
gevangenisstraf opgelê. Met verlof van die Verhoorregter kom die
appellante tans in hoër beroep na
hierdie Hof teen hul skuldigbevindinge en
vonnisse. In sy uitspraak betreffende verlof om te appelleer, het die
Verhoorregter die
mening uitgespreek "dat 'n ander redelike
/3...
3
Hof moontlik mag verskil van hierdie Hof se bevindinge,
veral
met betrekking tot applikante 3 en 4 , " d.w.s. appellante
nos 3 en
4, terwyl hy dit uit 'n beleidsoogpunt wenslik geag het dat hierdie Hof net
sowel op dieselfde feitekompleks oor appellante
nos 1 en 2 kon besin.
Die
oorledene wie se bynaam Big Boy was, was 'n 35 jarige Swartman wat met sy gesin
in 4e Laan van die Swart woonbuurt Bongolethu
in die distrik van Oudshoorn
gewoon het. Hy was 'n lid van die gemeenskapsraad in Bongolethu, hy was
voorsitter van die laerskool
se skool-komitee en hy het Sondagskool-lesse gegee.
Daarbenewens het hy 'n "engineering" werksplek asook 'n winkel gehad. Hy kon
bestempel word as 'n gesiene en welvarende lid van die Swart gemeenskap in
Bongolethu.
Op Woensdag 20 November 1985 teen skemer
het die eerste aanslag op die
huis van die oorledene plaasgevind
/4...
4
toe 'n groot groep van 200 na 300 Swart mense in die straat
voor die oorledene se huis opgedaag het. Hulle het die huis se vensters
met
klippe stukkend gegooi. Klippe is ook op die huis se dak gewerp. Hulle het die
bakkie van Dorothy Fortuin, die oorledene se tweede
"vrou", in die straat aan
die brand gesteek. Sy het appellante nos 1, 2 en 5 asook beskuldigde 7 in die
lig van die bakkie se vlamme
gesien. Dit het begin stil raak. Daarna het 'n
tweede aanslag op die oorledene se huis plaasgevind toe 'n groep jeugdiges op
die
toneel gekom het en die perseel binnegestorm het. Hulle het begin om die
meubels uit die huis te dra wat toe deur appellante nos
1 en 2 asook beskuldigde
no 7 op die brandende bakkie gegooi is. Toe appellant no 3 begin om die gordyne
af te ruk, het Dorothy Fortuin
hom gevra wat aangaan. Sy antwoord was: "Ons jag
Big Boy se bloed nou." Sy het hom ook in die huis hoor sê: "Hier is die
vark
se suitcase." Die oorledene
/5...
5
en sy gesin het uit die huis gevlug. Later daardie nag het
hulle teruggekeer om in die gestroopte huis te slaap maar die volgende
dag het
hulle die huis verlaat.
Vrydag 22 November 1985 het Benedict Marenene, die 12
jarige seun van die oorledene, laasgenoemde by hul huis in Bongolethu aangetref
waar die oorledene gesoek het na items wat nie verbrand is nie. Hulle het
besluit om na Bridgton te stap om 'n bakkie te gaan kry
om die items te vervoer.
Toe hulle Bongolethu verlaat, moes hulle 'n oop vlakte van ongeveer 200 m
oorsteek om aan die oorkant Mullerstraat
van Bridgton te bereik. Blykbaar is hul
teenwoordigheid raakgesien. 'n Groot groep jeugdiges het uit die strate van
Bongolethu begin
om saam te drom en hulle te agtervolg. Die groep jeugdiges het
geraas en klippe na hulle gegooi. Op die voorhoede was appellante
nos 1, 2 en 5
asook beskuldigde no 7. Die oorledene het tydens die agtervolging
/6...
6
verskeie kere omgedraai en na sy agtervolgers met sy vuurwapen
geskiet. Mullerstraat is ongeveer 100 m in lengte tot by die kruising
met Jan
Mc'Kaystraat. Die oorledene het Benedict vooruitgestuur. Toe die oorledene
hierdie kruising nader, het twee mans vanaf die
kant van Mullerstraat hom
voorgekeer, hom op die grond laat val en met hom op die grond gestoei ten einde
sy vuurwapen af te neem.
Die Verhoorhof het bevind dat daardie twee mans
beskuldigdes 3 en 4 was. Die oorledene se agtervolgers het hom ingehaal en daar
aangerand.
Sy lyk is op daardie plek gevind. Ek sal straks daarmee
handel.
Dit is gerade om eers te let op die aard van die mediese getuienis.
Dr Barnard, die distriksgeneesheer, wat op 28 November 1985 'n
lykskouing op die
lyk van die oorledene uitgevoer het, het drie wonde aan die agterkop met 'n
onderliggende skedelfraktuur gevind.
Hierdie drie wonde kon deur 'n stomp
voorwerp, soos klippe of die stompkant van 'n
/7...
7
byl, veroorsaak gewees het. Waarskynlik is dit deur drie
afsonderlike handelinge veroorsaak. Ongeveer in die middel van die nek was
daar
'n nekfraktuur. Na sy mening kon die skedelfraktuur op sigself die dood
veroorsaak het terwyl die nekfraktuur slegs bydraend
was en nie op sigself die
dood kon veroorsaak nie. Na toediening van die skedelfraktuur sou die oorledene
nie meer sy bewussyn gehad
het nie. Die dood sou binne 1/2 uur na toediening van
die skedelfraktuur ingetree het. Daar was vier penetrerende steekwonde wat
die
middel van die borskas van agter binnegedring het. Hulle was waarskynlik deur 'n
mes toegedien. Hulle was nie op sigself fataal
nie. Die linkerlong het as gevolg
van hierdie vier penetrerende steekwonde platgeval. Die brandwonde aan die
oorledene se nek en
regterhand was oppervlakkig en nie diep nie. Na sy mening
was die oorledene miskien dood of na-aan dood toe hy gebrand is.
/8...
8
Toe die groep agtervolgers die oorledene agternagesit het, het
'n klein splintergroep van sowat 14 jeugdiges 'n knap maneuver uitgevoer
om die
oorledene se ontvlugting te probeer fnuik indien hy in Jan Mc Kaystraat sou
probeer ontsnap. Hierdie splintergroep het na
Pritchardstraat in Bridgton
gehardloop. Pritchardstraat wat parallel met Mullerstraat loop, kruis Jan Mc
Kaystraat. Op die hoek van
Pritchardstraat en Jan Mc Kaystraat het hierdie
splintergroep gewag totdat hulle gesien het dat die groot groep agtervolgers die
oorledene by die kruising van Mullerstraat en Jan Mc Kaystraat ingehaal het. Die
splintergroep het toe by die groot groep gaan aansluit.
Wat van belang is, is
die feit dat Ellie Daniels, 'n getuie vir die Staat, vir appellant no 3 gesien
het toe hy saam met die splintergroep
verby haar huis in Pritchardstraat
gehardloop het.
/9...
9
Benedict het intussen reeds die kruising van Mullerstraat en
Jan'Mc Kaystraat oorgesteek en by die le paal na die kruising in Mullerstraat
gaan staan vanwaar hy die aanval op die oorledene dopgehou het. Die Verhoorhof
het bevind dat vanwee sy jeugdige ouderdom en die
geweldige emosionele spanning
wat hy meegemaak het toe hy aanskou hoe sy vader doodgemaak word, sy getuienis
met groot omsigtigheid
benader moes word en dat daar stawing moes wees alvorens
sy getuienis wat iemand inkrimineer, aanvaar kon word. Hierdie benadering
vind
ek in orde.
Nadat beskuldigdes 3 en 4 met die oorledene op die grond gestoei
het om hom van sy vuurwapen te beroof, het hulle opgespring en weggehardloop.
Terwyl die oorledene op sy maag lê, het 'n onbekende Swartman op sy
sitvlak gaan sit en hom met 'n mes gesteek. Daarna het
die Swartman verdwyn
/10...
10
in die geledere van die ommestand Swartmense wat gesing en
geraas het. Hulle het ook klippe na die oorledene gegooi wat op sy maag
gelê het. Appellant no 1 het toe 'n klip van omtrent 8 duim in
deursneë op die kop van oorledene gegooi. Dit is aanskou
deur getuies
Botha, Japhta en Benedict wat vir die Staat getuig het. Persone in die geledere
van die ommestand het klippe na die
oorledene se kop gegooi. Die volgende stap
was toe appellant no 2 na die oorledene gestap het en hom met 'n byl 'n hou
agter sy kop
toegedien het. Appellant no 2 het in sy getuienis homself wel op
die toneel van die misdaad geplaas. Hy het erken dat hy die byl
gehad het maar
het beweer dat hy slegs 'n simboliese kap toegedien het wat hy,onder dwang
verrig het. Die getuies Botha, Japhta,
Ellie Daniels en Benedict het vir die
Staat oor appellant no 2 se optrede getuig. Die oorledene het toe stil
gelê. Op daardie
stadium is 'n motorband van hand tot hand aangegee na
waar
/11...
11
die oorledene gelê het. Droë gras en plastiese
sakke wat opgetel is, is in die motorband geplaas en aan die brand gesteek.
Dit
is toe om die nek van die oorledene geplaas. 'n Rooi motor het stadig in die
straat verby gery. Sommige van die Swartmense het
na die motor gehardloop om
brandstof te vra maar die bestuurder Bokka Solomons het geweier en weggery.
Hulle het toe die agterruit
van die motor met klippe stukkend gegooi. Die
Swartmense het toe terug in die rigting van Bongolethu geloop.
In hierdie Hof
was die hoofbetoog van adv
Donen
namens die appellante dat die oorledene
'n noodlottige hou deur beskuldigdes 3 en 4 toegedien is voordat die Swart horde
op die toneel
verskyn het sodat die Staat nie bo fedelike twyfel bewys het dat
die oorledene nog geleef het toe hy deur appellante nos 1 en 2 aangerand
is nie.
Sy betoog was dat appellante nos 1 en 2 hoogtens aan poging tot moord
skuldig
/12...
12
bevind kon geword het. Vergelyk die beslissing in
S v
Ndlovu
,
1984 (3) SA 23
(A). Hierdie betoog word egter nie ondersteun deur
die mediese getuienis nie aangesien die vier penetrerende steekwonde nie op
sigself
fataal was nie. Bowendien is daar die lekegetuienis van ooggetuies, soos
Botha, wat getuig het dat die oorledene probeer opstaan
het nadat beskuldigdes 3
en 4 hom aangerand en weggehardloop het. Ook Japhta het gesien dat die oorledene
beweeg het voordat appellant
no 1 hom met die klip teen sy kop gegooi het. Na my
oordeel is die enigste redelike afleiding aan die hand van die mediese getuienis
en die aanvaarbare lekegetuienis dat die oorledene wel geleef het toe hy deur
appellante nos 1 en 2 aangerand is
Verder is ek van mening dat die enigste
redelike afleiding wat uit die aanvaarbare getuienis gemaak kan word, is dat die
groot groep
sowel as die splintergroep
/13...
13
met 'n gemeenskaplike doel opgetree het vandat hulle
Bongolethu verlaat het om die oorledene te agtervolg ten einde hom te vermoor
by
wyse van 'n "necklace" moord. Regtens is dit irrelevant wie van die appellante
die oorledene fisies aangerand het. Hul gemeenskaplike
oogmerk om die oorledene
te dood, bring mee dat die aanrandingshandeling van die een regtens ook aan die
ander toegedig moet word.
Raadpleeg
S v Safatsa & Others
, 1988(1) SA
868 (A) op bls 896 D-E, 897 A-B. Dit lewer geen moeilikheid op wat appellante
nos 1 en 2 betref nie. Die vraag is of
appellante nos 3 en 4 hul met die groep
se gemeenskaplike doel aktief vereenselwig het. Die posisie van appellant no 3
is duidelik
uit sy optrede met die splintergroep. Daarna is hy op die
moordtoneel gesien deur Ellie Daniels terwyl Benedict gesien het hoe hy
'n klip
na die oorledene gooi. Appellant no 4 is deur Botha op die moordtoneel gesien
waaf hy die oorledene meer as een keer
/14...
14
met 'n mes op sy rug gesteek het. Die Verhoorhof wat hom sien
en hoor getuig het, was bereid om op sy enkele getuienis 'n persoon
skuldig te
bevind.
Weliswaar het adv
Donen
in hierdie Hof gepoog om die getuienis
van sommige van die getuies vir die Staat te kritiseer. Sy kritiek was egter
geensins oortuigend
nie en verdien nie om vermeld te word nie. Na my oordeel het
die Verhoorhof die getuienis baie grondig en goed ontleed sonder om
'n
mistasting te begaan. Die gevolg is dat die appellante tereg skuldig aan moord
op die oorledene bevind is.
Die appellante het self nie oor versagtende
omstandighede getuig nie. Prof. du Preez, 'n professor in sielkunde aan die
Universiteit
van Kaapstad, het getuienis gelewer oor die teorie van
groepsielkunde. Dit is egter van geen praktiese nut in die onderhawige geval
nie
omdat 'n indiwidu
/15...
15
moet verklaar hoe hy deur die groepsoptrede beinvloed is, soos
prof du Preez tydens kruisondervraging toegegee het. Die appellante
het egter
versuim om dit te doen. Hulle het nie kom getuig hoe hul geestesvermoens
subjektief deur groepsielkunde beinvloed is nie.
Vergelyk
S v MonResi en
Andere
, 1981(3) SA 204 (A) op bl 207 E-H. Na my oordeel het die Verhoorhof
geen mistasting of onreëlmatigheid begaan toe dit tot die
gevolgtrekking
gekom het dat daar geen versagtende omstandighede in die geval van die le, 2e en
4e appellante is nie. Insgelyks kan
geen hof redelikerwyse tot 'n ander
gevolgtrekking kom nie. Adv
Donen
het tereg nie die vonnis van die 3e
appellant aangeveg nie. Die gevolg is dat die Verhoorhof tereg tot die
gevolgtrekking gekom het
dat daar geen versagtende omstandighede in die geval
van le, 2e en 4e appellante is nie.
/16...
16
Die resultaat is dat die appelle van die appellante teen hul
skuldigbevindings sowel as hul vonnisse afgewys word.
C. P. JOUBERT AR. KUMLEBEN AR) Stem saam. VILJOEN Wn AR)
/17...