About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 108
|
|
S v Blaauw (226/87) [1988] ZASCA 108 (26 September 1988)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
HENDRIK MATTHYS JACOBUS BLAAUW
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM
: JOUBERT, SMALBERGER et KUMLEBEN ARR
VERHOORDATUM
:
1 SEPTEMBER 1988
LEWERINGSDATUM
: 26 SEPTEMBER 1988
UITSPRAAK
KUMLEBEN
, AR
Die appellant het in die landdroshof vir die
2/...
2. distrik Luderitz op 'n aanklag van oortreding van art
28(1) van die Ordonnansie op Natuurbewaring (Suidwes-Afrika), 4 van 1975,
("die
Ordonnansie") tereggestaan. Luidens die klagstaat word beweer dat hy op 29
Augustus 1985 naby Aus op "Administrasiegrond, te
wete, Diamantgebied Nr 1,"
wederregtelik jagbare wild, een gemsbok, sonder die nodige toestemming gejag
het. Daar was ook 'n tweede
aanklag. Dié is nie meer in gedrang nie en
dit is derhalwe onnodig om daarna te verwys. Sy pleit van onskuldig ten spyte,
het die landdros die appellant op altwee aanklagte skuldig bevind. Sy
appèl na die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika teen die
skuldigbevindings
en vonnisse het misluk, asook sy aansoek om verder te appelleer. Hierdie hof het
egter verlof aan hom verleen om
teen die skuldigbevinding op die eerste aanklag
te appelleer.
By die verhoor was dit gemene saak, of in alle geval heel duidelik bewys, dat
appellant nie die nodige
3/...
3. toestemming om op die gebied bekend as "Diamantgebied Nr
1" ("die Administrasiegrond") te jag, verkry het nie; dat hy op die betrokke
dag
in die omgewing van Aus 'n gemsbok gejag en geskiet het; dat die Administrasie
op die tersaaklike tydstip die eienaar van die
Administrasiegrond was; en dat
ingevolge die Ordonnansie 'n gemsbok onder die omskrywing "jagbare wild"
ressorteer.
Subartikel 28(1) ("die subartikel") van die
Ordonnansie lui soos volg:
"(a) Behoudens die bepalings van Hoofstuk IV mag niemand sonder die
skriftelike toestemming van die Uitvoerende Komitee enige jagbare
wild, jagbare
wildvoël of uitheemse wild of enige ander wilde dier op enige grond waarvan
die Administrasie die eienaar is,
jag nie.
(b)
By die toepassing van
paragraaf (a) word grond wat deur die Administrasie verhuur is, tensy 'n
teenoorgestelde bedoeling uit die huurkontrak
blyk, geag nie grond te wees
waarvan die Administrasie die eienaar is nie.
(c)
Iemand wat 'n bepaling van paragraaf (a) of enige voorwaarde,
vereiste of beperking van
4/...
4.
enige skriftelike toestemming daarkragtens verleen, oortree of
versuim om daaraan te voldoen is aan 'n misdryf skuldig en by skuldigbevinding
strafbaar met 'n boete van minstens sewehonderd en vyftig rand en hoogstens
duisend vyfhonderd rand of met gevangenisstraf vir 'n
tydperk van minstens
twaalf maande en hoogstens drie jaar of met sowel sodanige boete as sodanige
gevangenisstraf."
Aangaande die uitdrukking "word geag" word in
S v
Rosenthal
1980(1) SA 65 (A) 75, 76 daarop
gewys dat dit meer as een betekenis mag hê:
"Some of the usual meanings and effect it can have are the following. That
which is deemed shall be regarded or accepted (i) as being
exhaustive of the
subject-matter in question and thus excluding what would or might otherwise have
been included therein but for
the deeming, or (ii) in contradistinction thereto,
as being merely supplementary, ie, extending and not curtailing what the
subject-matter
includes, or (iii) as being conclusive or irrebuttable, or (iv)
contrarily thereto, as being merely
prima
5/...
5.
facie
or rebuttable."
Dit is gemene saak dat die woorde "word geag" in die subartikel die betekenis
dra wat in (i) en (iii) van die aanhaling genoem word.
Voor die landdros het appellant op twee gronde
aangevoer dat hy nie aan die misdryf skuldig is nie. Hy het
eerstens
betoog dat die getuienis nie bo redelike twyfel
bewys het dat hy die gemsbok
binne die grense van die
Administrasiegrond geskiet het nie. In die
alternatief het
hy ter oorweging gegee dat daar wel bewys gelewer is dat
die
Administrasiegrond op die tersaaklike tydstip verhuur was.
Sowel die
verhoorhof as die hof a
quo
het beide hierdie
verwere verwerp. In
hierdie hof het Mnr Maritz, namens
appellant, die eerste verweer laat vaar.
Hy het, myns
insiens heeltemal tereg, toegegee dat die getuienis van twee
staatsgetuies, Mnr Bezuidenhout en Mnr Uys (en die optrede
van appellant deur die spoormerke van sy voertuig dood te
6/...
6. vee) heel duidelik op die gevolgtrekking dui dat die
gemsbok binne die grense van die Administrasiegrond gejag en geskiet is.
Wat betref sy alternatiewe verweer, het appellant gesteun op twee antwoorde
wat die staatsgetuie, Mnr du Plessis, tydens kruisondervraging
gegee het. Die
betrokke vrae en antwoorde lui soos volg:
"Die stuk grond (verwysende na voormelde Administrasiegrond) is CDM die eienaar?
... Nee, konsessie-houer. CDM huur? ... Ja."
In sy
hoofgetuienis het Mnr du Plessis verduidelik dat hy 'n "beskermingsbeampte" in
diens van CDM, Luderitz is, en dat sy werk,om
sy eie woorde te gebruik,
"patrollering van sper-gebied beheer onwettige ingang" behels. Dit word betoog
dat hierdie antwoorde, en
veral die tweede, sou bewys dat die Administrasiegrond
verhuur was. Hiermee kan ek nie saamstem
7/...
7. nie. Dit is amper ondenkbaar en hoogs onwaarskynlik dat
enige huurkontrak tussen die "Administrasie" (wat volgens die woordbepaling
in
die Ordonnansie die Administrasie van die Gebied Suidwes-Afrika is) en die CDM
diamantmaatskappy nie in 'n skriftelike dokument
vervat sou gewees het nie. In
daardie geval sou bewys van verhuring inhandiging van die huurkontrak vereis,
tensy die grondslag vir
die toelaatbaarheid van sekondêre getuienis
dienaangaande gelê word. Soos Tindall AR in
R v Amod & Co. (Pty.)
Ltd. and Another
1947(3) S.A. 32(A) 40 beslis het:
"It is, of course, clear that the general rule is that when the purpose is to
establish the terms of a writing, the writing itself
must be produced, but that
secondary evidence may be given of the contents when the original has been
destroyed or lost and proper
search has been made for
it."
Selfs in die veronderstelling dat 'n mondelinge
huurkontrak
8/...
8.
bestaan het, is du Plessis se getuienis in dié
verband
hoorsê. Ek kan my nouliks voorstel dat du Plessis, in
sy
hoedanigheid as 'n beskermingsbeampte van CDM, namens die
maatskappy 'n
huurkontrak sou aangegaan het; en hy beweer ook
nie dat sodanige
huurooreenkoms in sy teenwoordigheid
aangegaan is nie. Hoorsê getuienis
wat deur
kruisondervraging uitgelok is en wat tot 'n beskuldigde
se
voordeel strek is ontoelaatbaar. Al word dit in die
oorkonde
genotuleer, beskik dit oor geen bewyswaarde nie. Soos
Hoffmann en
Zeffertt "South African Law of Evidence" (3de
uitgawe) op 354 dit stel:
"A cross-examiner is not entitled to elicit inadmissible evidence in his
favour."
(Kyk ook Schmidt "Bewysreg" (2de uitgawe)
289.)
Verder moet daarop gewys word dat volgens die notule hierdie
getuie
op 9 Junie 1986 getuig het, terwyl die gemsbok op 29
Augustus 1985 geskiet
is, d.w.s., tien maande voor die
verhoor plaasgevind het.
Prima facie
,
en in die afwesigheid
9/...
9. van verdere vrae om die werklike toedrag van sake op te
klaar, slaan die antwoord oor verhuring op die situasie wat op 9 Junie
1986
geheers het. Dit is nie die tersaaklike datum nie.
Die saak moet dus bereg word op die grondslag dat aanvaarbare getuienis oor
die vraag of die betrokke grond toentertyd verhuur was
al dan nie ontbreek.
Mnr Maritz het aan die hand gedoen dat die bepaling vervat in paragraaf (b)
'n element van die misdryf uitmaak en derhalwe deur die
Staat bewys moet word.
Mnr Heyman, wat die appél namens die Staat behartig het, het daarenteen
aangevoer dat die gemelde bepaling
'n uitsondering of kwalifikasie daarstel wat
kragtens die bepalings van art 90 van die Strafproseswet, 51 van 1977 deur
appellant
bewys moet word. Art 90 bepaal dat:
10/...
10.
"In strafregtelike verrigtinge kan 'n
uitsondering, vrystellinR
,
voorbehoud
,
verskoning of kwalifikasie
, hetsy dit in dieselfde
artikel tesame met die beskrywing van die misdryf in die wetsbepaling wat die
misdryf skep, voorkom al dan
nie, deur die beskuldigde bewys word, maar dit hoef
nie in die aanklag uiteengesit of ontken te word nie en, indien aldus
uiteengesit
of ontken, hoef dit nie deur die vervolging bewys te word nie." (My
beklemtoning)
(Geriefshalwe sal al die onderstreepte
woorde onder
"voorbehoud" saamgevat word.)
Die vraag of 'n bepaling as 'n voorbehoud ingevolge art 90 of as 'n wesenlike
bestanddeel van die misdryf uitgelê moet word,
is veelal moeilik om te
beantwoord. In
Rex v Zondagh
1931 A.D. 8
op 16 (met verwysing na een van
art 90 se voorgangers, art 127 (2)(b) van Wet 31 van 1917) is daarop gewys
dat:
"In every case the Court has to apply the ordinary rules of construction to the
language used and decide whether the negative element
is an exception to the
offence, or whether it forms an additional element in the
offence."
11/...
11.
Met betrekking tot hierdie vraag word in die toonaangewende
beslissing van
R v Kula and Others
1954(1) S.A. 157(A) beklemtoon dat
uitsluitsel nie aan die hand van 'n enkele toets of aanduiding gegee kan word
nie. Op bladsye
160 en 161 sê Schreiner AR:
"In the present appeal great stress was laid by counsel for the appellants on
what he called 'the truncation test' said to have been
laid down in
Beebee's
case."
en verder
"The interpretation so put upon what was said in
Beebee's
case is not
supportable. No 'test' for the applicability of sec. 127 (2) (b) was laid down.
The question whether the residue, apart
from the alleged exceptions, discloses
an offence is, strictly speaking, only another way of putting the question,
finally to be
answered, whether the alleged exceptions are really such, so that
sec. 127 (2) (b) applies to them, or whether they are part and
parcel of the
offence created by the provision. What was clearly intended to be conveyed was
that in applying the ordinary rules
of construction to the language used, i.e.
in examining the meaning of the individual expressions, the grammatical shape of
the provision,
its context, its apparent scope and object and the practical
consequences of the
12/...
12.
competing constructions, assistance may be derived from considering whether if
the alleged exceptions were excised what remains looks
like something that the
Legislature might well have intended to make an offence. Only in this loose
sense can it be said that
Beebee's
case provides a test for applying sec.
127 (2) (b)."
Paragrawe (a) en (b) van die
subartikel moet saamgelees word. In eersgenoemde word die verbod opgelê en
in laasgenoemde word
die omvang van een van die elemente van die verbod
beperkend omskryf. Altwee paragrawe het betrekking op die aard en inhoud van die
misdryf wat die wetgewer wou daarstel, naamlik, ongeoorloofde jag op
onverhuurde
grond waarvan die administrasie die eienaar is. Mnr Heymans
het toegegee, dat, indien die beperking in paragraaf (b) by paragraaf
(a)
ingelyf sou gewees het, dit nooit as 'n voorbehoud beskou kon word nie:
byvoorbeeld, indien die laaste gedeelte van paragraaf
(a) sou gelees het "op
enige
onverhuurde
grond waarvan die administrasie die eienaar is." Na my
mening maak dit prinsipieel geen verskil
13/...
13.
dat die beperking in die daaropvolgende afsonderlike
paragraaf voorkom nie. Die invoeging van die kwalifikasie -"tensy 'n
teenoorgestelde
bedoeling uit die huurkontrak blyk" - is heel waarskynlik die
rede daarvoor, want dit sou moeilik gewees het om in dieselfde samehang
na
onverhuurde
grond en 'n
huurkontrak
te verwys.
Die inleidende woorde van paragraaf (b) is, myns insiens, belangrik en
betekenisvol ("by die toepassing van ..." en, in die Engelse
teks, "For the
purposes of ..."). Deur hierdie sinsnede te gebruik het die wetgewer te kenne
gegee dat die verbod nooit sonder inagneming
van die bepalings van subparagraaf
(b) toegepas mag word nie of, anders gestel, dat die verbod slegs toepaslik is
indien die grond
nie verhuur is nie. Daar kan dus nie gesê word dat
paragraaf (a) die omvang en trefwydte van die verbod bepaal en dat paragraaf
(b)
by wyse van uitsondering die oorspronklike aanwendingsveld daarvan verkrimp
nie.
14/...
14.
Ex
visceribus actus
is daar ook aanduidings dat
paragraaf (b) nie as 'n voorbehoud bedoel is nie. Art 20(1) van die Ordonnansie
plaas, byvoorbeeld, 'n
verbod op jag in wildtuine deur te bepaal:
"Ondanks enige andersluidende bepalings in hierdie Ordonnansie vervat, mag
niemand sonder die skriftelike toestemming van die Uitvoerende
Komitee, enige
dier in 'n wildtuin of natuurreserwe jag nie:
Met dien verstande
dat 'n
gevaarlike dier doodgemaak mag word ter verdediging van 'n menselewe of om die
besering van 'n mens te voorkom." (Ny
beklemtoning.)
Heel duidelik word die verbod, wat
hierdie subartikel op jag in 'n wildtuin plaas, deur 'n voorbehoud
gekwalifiseer. Dit is dus insiggewend
dat die voorbehoud deur die woorde "met
dien verstande ...." (en die Engelse teks "provided that ....") ingelei word in
teenstelling
met die inleidingswoorde van paragraaf (b) van die subartikel
waarna reeds verwys is. (Vergelyk verder art 23 (1) van die Ordonnansie.)
15/...
15. Mnr Heyman het in die loop van sy betoog gesteun op
die feit dat, indien die Staat in dié opsig die bewyslas dra, dit sou
meebring dat die Staat 'n negatiewe bewering moet bewys. Dit bevat 'n
aanduiding, aldus sy betoog, dat die bepaling in paragraaf
(b) nie deel van die
misdryf uitmaak nie. Hierdie oorweging gaan egter van die veronderstelling uit
dat dit 'n buitensporige las
op die Staat sou plaas, of dat dit vir die Staat
onprakties sou wees, om so 'n bewering te bewys. In
casu
geld hierdie
oorweging nie. Of die betrokke administrasiegrond verhuur is al dan nie, is 'n
feit wat ewe maklik deur die Staat en
die beskuldigde bepaal kan word (tensy
laasgenoemde 'n ongeletterde is wat sonder regsverteenwoordiging staan). Navraag
by die betrokke
amptenaar van die administrasie sal die feit aan die lig bring
en hy kan gedagvaar word,
duces tecum
of andersins, om die nodige
getuienis voor die hof te plaas.
Uit hoofde van die redes hierbo genoem meen ek
dat
16/...
16. die bepaling in subparagraaf (b) 'n wesenlike element
van die verbod, en bygevolg dan ook van die misdryf, is. Aangesien die Staat
versuim het om te bewys dat die gemsbok op
onverhuurde
grond geskiet is,
was appellant op sy ontslag geregtig.
Die appèl slaag en die skuldigbevinding en vonnis word tersyde
gestel.
M E KUMLEBEN
APPèLREGTER
JOUBERT AR) Stem saam SMALBERGER AR)