About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 107
|
|
S v Marx (600/87) [1988] ZASCA 107; [1989] 1 All SA 401 (A) (23 September 1988)
600/87
N v H
ROBERT WILLIAM EAGER MARX
en
DIE STAAT
SMALBERGER, AR
:-
600/87 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
ROBERT WILLIAM EAGER MARX
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: CORBETT, SMALBERGER, ARR,
et VILJOEN, Wn AR
VERHOORDATUM
: 19 Augustus
1988
LEWERINGSDATUM
: 23 September 1988
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR :-
Dit is n appèl teen vonnis. Die appellant en ene Theart is gesamentlik
in die Streekhof
te Parow aangekla van bedrog, alternatiewelik, diefstal.
Hulle het aanvanklik albei onskuldig gepleit, maar die
appellant het sy pleit later verander na een van skuldig
2/
2 aan bedrog, en is hy dienooreenkomstig skuldig bevind.
Theart het in sy pleit van onskuldig volhard. % Skeiding van verhore is gelas,
en die saak teen die appellant het voortgegaan. Die appellant het ter versagting
getuig. Sy getuienis, wat aanvaar is, word bondig
in die uitspraak van die hof a
quo
as volg uiteengesit:
"Theart het die appellant meegedeel dat hy geld nodig het. Appellant het 'n
sekere Van Rooyen genader en Van Rooyen het 'n blanko
tjekvorm aan die appellant
oorhandig. Die tjekvorm het aan 'n saak bekend as Three M Enterprises behoort.
Theart het appellant meegedeel
dat 'n sekere N Parker gemagtig was om Three M
Enterprises se tjeks te teken. Appellant het die tjek ingevul deur 'n bedrag van
R12
000 aan Theart betaalbaar te maak en die naam N Parker op die tjek te teken.
Appellant het toe gereël dat 'n derde persoon die
tjek in Theart se
bankrekening te Volkskasbank sou inbetaal. As gevolg daarvan is Theart in staat
gestel om 'n gelykstaande bedrag
geld op sy kitskaart-rekening te trek. Theart
het wel 'n bedrag van R10 000 getrek voordat
agter=
3/
3
gekom is dat die tjek vir R12 000 nie 'n geldige tjek was
nie".
Dit is gemene saak dat as gevolg van die
bedrog Volkskasbank skade ten bedrae van R10 000 gely het.
Die appellant, wat
geen vorige veroordelings het nie, is tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis
waaarvan twee jaar voorwaardelik opgeskort
is. Hy het appèl aangeteken
teen sy vonnis. Sy appèl het op 24 Maart 1987 voor die Provinsiale
Afdeling Kaap die Goeie
Hoop gedien. Dit het geslaag in dié mate dat sy
vonnis verminder is tot drie jaar gevangenisstraf, die helfte waarvan
voorwaardelik
opgeskort is. Sy aansoek om verlof om na hierdie Hof te appelleer
is dieselfde dag van die hand gewys. Op daardie tydstip was die
saak teen Theart
nog nie afgehandel nie. Theart is eers op 13 April 1987 in h aparte verhoor voor
'n ander streeklanddros aan bedrog
skuldig bevind. Sy skuldigbevinding was op
presies dieselfde feite as dié van die appellant gegrond.
4/
4 Die appellant het teen Theart getuig, en sy getuienis is
aanvaar. Theart was beskou as 'n eerste oortreder. Hy is gevonnis tot 'n
boete
van R3 000 of, by wanbetaling, twee jaar gevangenisstraf plus 'n verdere drie
jaar gevangenisstraf wat voorwaardelik opgeskort
is. Een van die
opskortingsvoorwaardes was dat hy die bedrag van R10 100 tesame met rente teen
8% per jaar aan Volkskasbank moet
betaal teen R300 per maand.
Die appellant
kom nou in hoër beroep teen sy vonnis met verlof van hierdie Hof. Toe
verlof aan hom toegestaan is, is daar gelas
dat die uitsprake ten opsigte van
skuldigbevinding en vonnis van die streeklanddros wat Theart verhoor het aan die
Hof wat die appèl
aanhoor, voorgelê moes word. Dit is wel gedoen.
Die grondslag van die appèl is dat daar 'n treffende wanverhouding
bestaan
tussen die vonnisse wat die appellant en Theart onderskei= delik vir
dieselfde misdaad opgelê is, en dat inmenging met die
appellant se vonnis
gevolglik geoorloofd is.
5/
5
As 'n algemene beginsel poog ons howe om sover doenlik gelyke deelname aan 'n
misdaad eenvormig te straf, tensy die betrokke misdadigers
se uiteenlopende
persoonlike omstandighede ongelyke vonnisse regverdig. Dit is belangrik dat by
vonnisoplegging geregtigheid nie
alleenlik moet geskied nie, maar duidelik moet
blyk te geskied, uit die oogpunt van sowel 'n beskuldigde as die publiek.
Ongelyke
strawwe op gelyke misdadigers ten opsigte van dieselfde misdryf druis
teen die algemene gevoel van geregtigheid in (Du Toit :
Straf in
Suid-Afrika
, op 118). Dit is makliker om eenvormigheid van straf te
bewerkstellig waar gelyke misdadigers saam verhoor en gevonnis word as in
die
geval van aparte verhore. In laasgenoemde geval kan wesenlike verskille in
vonnisse meer geredelik voorkom. Waar dit gebeur blyk
die benadering wat op
appél gevolg moet word uit die beslissing in
S v Giannoulis
1975(4) SA 867 (A). Na 'n oorsig van die tersaaklike gewysdes vat HOLMES, AR
die beginsels wat van toepassing
6/
6 is as volg saam (op 873 F - H):
"1. In general, sentence is a matter for the discretion of the trial court.
Disparity in the sentences imposed on participants
in an offence (whether tried together or in separate courts) will not
necessarily warrant interference on appeal. Uniformity should
not be elevated to
a principle, at variance both with a flexible discretion in the trial court and
with the accepted limitation of
appellate interference therewith.
2. Where, however, there is a disturbing dis=
parity in such sentences,
and the degrees
of participation are more or less equal,
and there are not personal factors warranting such disparity, appellate
interference with the sentence may, depending on the circumstances,
be
warranted. The ground of interference would be that the sentence is disturbingly
inappropriate.
3. In ameliorating the offending sentence
on appeal,
the Court does not necessarily equate the sentences: it does what it considers
appropriate in the circumstances."
7/
7 Hieruit blyk dit duidelik dat 'n hof van appèl nie
'n onbelem= merde diskresie het om in te meng met ongelyke vonnisse wat
ten
opsigte van gelyke deelname aan dieselfde misdaad opgelê is nie. Inmenging
kan alleenlik geskied volgens die riglyne neergelê
in
Giannoulis
se
saak. Soos blyk uit die tweede stelling, geskied inmenging waar die opgelegde
vonnis ontstellend onvanpas ("disturbingly inappropriate")
is. Uit die samehang
blyk dit dat HOLMES, AR, nie hier in gedagte gehad het die geval van 'n vonnis
wat ontstellend onvanpas is geoordeel
bloot aan die feite en omstandighede van
die betrokke misdaad nie. Die vraag of die vonnis waarteen geappelleer is
ontstellend onvanpas
is, moet klaarblyklik beantwoord word aan die hand van 'n
vergelyking tussen daardie vonnis en die minder vonnis wat opgelê
is op 'n
veroordeelde met 'n gelyke aandeel in die pleging van dieselfde misdaad, en met
vergelykbare persoonlike omstandighede.
Selfs al is daar 'n treffende verskil
tussen die twee vonnisse wanneer hulle vergelyk
8/
8 word, beteken dit nie noodwendig dat daar ingegryp sal kan
word nie. Daar is 'n verdere vereiste. Ingryping is alleenlik geregverdig
as die
ligter vonnis 'n redelike of gangbare vonnis is. Slegs dan, weens die
wanverhouding in die vonnisse, kan die swaarder vonnis
versag word as synde
ontstellend onvanpas. Waar die ligter vonnis egter as onredelik of duidelik
onvanpas aangemerk kan word, en
die swaarder vonnis in al die omstandighede 'n
gepaste een is, sou ingryping met, en versagting van, laasgenoemde vonnis nie
geoorloofd
wees nie, desondanks die wanbalans wat die vonnisse betref.
Geregtigheid vereis dat gepaste strawwe opgelê moet word. Die stelling
in
S v Moloi and Another
1987(1) SA 196 (A) op 224 A is onderhewig aan
bogemelde kwalifikasie.
Voordat hierdie beginsels in die onderhawige geval
toegepas word, verdien een verdere aangeleentheid aandag. Vonnis word bepaal na
aanleiding van feite en omstandighede wat ten tyde van vonnisoplegging
bekend
9/
9 is. Slegs in uitsonderlike gevalle kan feite wat eers na
vonnisoplegging bekend word op appèl in aanmerking geneem word.
Waar
gelyke misdadigers in aparte verhore verskillend gevonnis word, is dit
vanselfsprekend dat die vroeëre vonnis bekend sal
wees wanneer die latere
vonnis opgelê word. Daar kan dus behoorlik daarop ag geslaan word, ook
later op appél. Wat gebeur
egter as die eerste vonnis die swaarder vonnis
is? Kan die latere, ligter vonnis in aanmerking geneem word by die aanhoor van
die
appèl teen die vroeër, swaarder vonnis? Logies en in beginsel
blyk daar geen grondige rede te wees waarom dit nie gedoen
kan word nie.
Trouens, dit sou afwykend wees, en tot onbillikhede lei, sou dit nie die geval
wees nie. Dit is ook reeds in vorige
sake gedoen (vgl.
S v Shadaya
1977(4) SA 108 (RA)). Gevolg= lik kan daar op Theart se vonnis ag geslaan word
in die onderhawige geval.
10/
10
Ek het reeds daarop gewys dat die skuldigbe= víndings van die
appellant en Theart op identiese feite gegrond is. 0p die keper
beskou is die
appellant se morele verwytbaarheid ietwat minder as dié van Theart. Dit
is Theart wat geld benodig het, die
misdaad aan die gang gesit het, en geldelike
voordeel uit die bedrog getrek het. Ofskoon die appellant 'n belangrike rol in
die uitvoering
van die misdaad gespeel het, is hy self geensins daardeur
bevoordeel nie. Dit blyk ook dat hy berou gehad het oor sy optrede, en
sy volle
samewerk= ing aan die polisie gebied het. Wat hulle persoonlike omstandighede
betref, is daar weinig tussen die appellant
en Theart te kies. Albei is omtrent
ewe oud met verge= lykbare lewensomstandighede en gesinsverpligtinge. Die
appellant is 'n eerste
oortreder, en Theart is as een beskou ondanks die feit
dat hy in sy jeugjare in 'n verbeteringsskool was weens misdade deur hom
gepleeg.
11/
11
Dit blyk nie uit die streeklanddros se redes vir vonnis of Theart aangebied
het om die bedrag van R10 100 aan Volkskasbank terug te
betaal nie. Ek aanvaar
dat hy dit wel gedoen het. Die appellant het aangebied om terugbetalings van
R100 per maand te maak. In die
hof a
quo
se uitspraak word daar
gesê dat die appellant "se aanbod was 'n powere een wat nie eers
moratoriese rente sou gedek het nie".
Dit appellant het egter die potensiaal
gehad om meer te betaal, en kon daartoe gelas gewees het. Dit is nie 'n geval
waar die appellant
geensins in staat was om 'n boete sowel as vergoeding te
betaal nie, of om reëlings in dié verband te tref nie, sodat
gevangenisstraf die enigste gepaste straf was. Die appellant was altyd bereid en
in staat, en is nog bereid en in staat, om 'n boete
en vergoeding te betaal. Hy
bied tans aan om R350-00 per maand aan Volkskasbank terug te betaal. Dit is 'n
faktor wat in die omstandighede
12/
12
van die onderhawige saak in aanmerking geneem kan word (vgl
S v
Charlie
1976(2) SA 576 (A)).
In die appellant se geval is hy tot 'n
effektiewe agtien maande gevangenisstraf gevonnis; Theart is 'n boetevonnis
opgelê. Albei
is bowendien opgeskorte tydperke van gevangenisstraf
opgelê. Vergeleke met mekaar is daar 'n treffende verskil tussen die twee
vonnisse. Namens die Staat is daar, myns insiens tereg, toegegee dat die vonnis
wat Theart opgelê is, 'n redelike vonnis is.
Gevolglik moet die appellant
se vonnis as ontstellend onvanpas beskou word, en is inmenging daarmee geregtig.
Na my mening sal geregtigheid
geskied as daar ook in die appellant se geval 'n
boete en 'n opgeskorte vonnis opgelê word. Sy vonnis behoort nie
noodwendig
volkome gelykgestel te wees aan dié van Theart nie - soos blyk
uit
Giannoulis
se saak (
supra
), handel hierdie Hof na goeddunke
inagnemend al die omstandighede.
13/
13
Die appèl slaag. Die appellant se vonnis word tersyde gestel en word
met die volgende vonnis vervang:
'n Boete van R3 000 of, by wanbetaling, agtien maande gevangenisstraf, plus 'n
verdere twee jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar
opgeskort word op voorwaarde
dat die
appellant:
1)
nie skuldig bevind wond aan diefstal, roof, bedrog, vervalsing of
uitgifte van 'n vervalste dokument, of 'n poging om enigeen van
genoemde
misdrywe te pleeg, wat gepleeg word gedurende die tydperk van opskorting nie;
en
2)
gesamentlik met Johan Andries Burger
Theart, of afsonderlik, die bedrag van R10 100, tesame met rente daarop teen 8%
per jaar vanaf
die datum of datums waarop die bedrag by Volkskasbank onttrek is,
aan Volkskasbank betaal teen R350-00 per maand vanaf 31 Oktober
1988 tot tyd en
wyl die verskuldigde bedrag plus rente ten volle betaal
is.
J W .SMALBERGER APPèLREGTER
CORBETT, AR )
VILJOEN, WN AR) Stem saam