About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 105
|
|
S v Quandu and Others (378/87) [1988] ZASCA 105 (22 September 1988)
Saaknommer 378/87
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPéLAFDELING
In die saak tussen:
BLACKIE QUANDU
1ste Appellant
(Besk. 2 in Hof
a
quo)
MZINDULA NDIMA
2de Appellant
(Besk. 5 in Hof
a
quo)
DIPO DEBORAH DOLOMBO
3de Appellant
(Besk. 7 in Hof
a quo)
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
HOEXTER, GROSSKOPF, ARR et NICHOLAS, Wnd
AR
VERHOOR:
9 September 1988
GELEWER:
22 September 1988
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2
HOEXTER, AR
Dit is 'n strafappèl alleen teen vonnis. In die streekhof vir die
Oos-Kaapse streekafdeling te Paterson gehou, het die drie
appellante en nege
ander persone op een klagte van openbare geweld en een klagte van oortreding van
art 46(3) van die Wet op Binnelandse
Veiligheid, No 74 van 1982, gesamentlik
tereggestaan. Nadat hulle skuldig gepleit het, is die drie appellante soos
aangekla, skuldig
bevind. Op 18 September 1985 het die verhoorhof die appellante
onderskeidelik die volgende vonnisse opgelê. Op die eerste klagte
(openbare geweld) is die eerste appellant tot sewe jaar gevangenisstraf, waarvan
twee jaar voorwaardelik opgeskort is, gevonnis;
terwyl die tweede en derde
appellante elk tot drie jaar gevangenisstraf, waarvan die helfte voorwaardelik
opgeskort is, gevonnis.
Ten aansien van die tweede klagte (oortreding van art
46(3) van Wet 74 van 1982) is elkeen van die appellante 'n boetestraf van R200,
of by
wanbetaling
3
wanbetaling daarvan ses maande gevangenisstraf, opgelê. Die appellante
se appèl teen voormelde vonnisse is deur die Oos-Kaapse
Afdeling van die
Hooggeregshof afgewys. Met verlof van die Hof
a quo
kom die appellante
voor hierdie hof in hoër beroep. Die tweede en derde appellante is op
borgtog vrygelaat. Die eerste appellant
dien sy vonnis uit.
Die strafsaak
teen die appellante en hul medebeskul-digdes het voortgespruit uit 'n onwettige
byeenkoms wat op 15 Junie 1985 te Paterson
gehou is en wat deur o a die
appellante bygewoon is (klagte 2), asook die oproerige nasleep daarvan (klagte
1). Wat betref die eerste
klagte van openbare geweld kan die tersaaklike feite
soos volg saamgevat word. Die klaers was twee konstabels, Xolile Witbooi en
Khulile Witbooi, wat broers is. Op die betrokke dag was die klaers nie aan diens
nie. In burgerdrag geklee, was hul omstreeks 1 uur
nm te voet op pad na die
woning van Xolile Witbooi toe 'n balhorige menigte
van
4
van 50 of 60 persone hul op straat voorgekeer het. Die oproer-makers
(waaronder die drie appellante) het die klaers se deurgang versper
en in
dié proses is die klaers ook rondgestamp. Na etlike minute het Khulile
Witbooi, wat 'n vuurwapen by hom gehad het, ten
einde raad 'n skoot in die lug
gevuur waarop die skare tydelik uitmekaar uit gegaan het. Die klaers het toe na
Xolile Witbooi se
huis gehardloop, maar die oproermakers het hul agternagesit en
met klippe bestook. Die klaers kon egter daarin slaag om die huis
van Xolile
Witbooi te bereik en binne te gaan; en daar het laasgenoemde sy eie vuurwapen
bekom Teen hierdie tyd was die skare besig
om die huis onder die klippe te steek
as gevolg waarvan twee vensterruite stukkend gegooi is. Sommige van die
klipgooiers het in
die straat gestaan terwyl ander die huis se erf binnegedring
het. Toe Xolile Witbooi met sy vuurwapen by sy voordeur gestaan het,
het die
eerste appellant binne die erf en op 'n afstand van twee treë probeer
om
5
om hom met klippe te gooi. Xolile Witbooi het egter gekoes en daarna sy
aanvaller in die been raakgeskiet. Daarop het die eerste appellant
die aftog
geblaas.
Die eerste appellant is 'n 27-jarige manspersoon wat 'n vaste
betrekking in die Poswese beklee het. Die tweede en derde appellante
is albei
skoolgaande jeugdiges. Op 15 Junie 1985 was die eerste appellant 'n seun van
vyftien jaar en die derde appellant 'n dogter
van sestien jaar. By die verhoor
is aldrie appellante deur 'n advokaat bygestaan. Met die oog op die verhoorhof
se vonnisoorweging
het die advokaat 'n versoek aan die streeklanddros gerig dat
m b t die omstandighede van die tweede en derde appellante die verslag
van 'n
proefbeampte ingewin en voorgelê moet word. Dienaangaande het die
streeklanddros die advokaat daarop attent gemaak dat
so 'n stap 'n uitstel van
die verhoor tot gevolg sou gehad het; en die streeklanddros het verneem in welke
verband 'n maatskaplike
verslag verlang word.
Daarop
6
Daarop het die voigende bespreking gevolg:-
"MR PILLAY
: Yes, Your Worship, their general standard of living and the
way they were brought up, their school conditions, their ability to
study, all
that.
COURT
: But surely the parents should be in a
position to testify in that regard?
MR PILLAY
: No Your Worship, I have spoken to them. I am not convinced
they can give a proper outline what the positions
are."
In die loop van 'n verdere gedagtewisseling in
hierdie verband
tussen die verhoorhof en die advokaat het die
streeklanddros
gesê:-
"At this stage I hold the view....that the parents are present and you can call
them as witnesses and I will make a final decision
regarding the application
after hearing their evidence."
Die advokaat het
egter daarmee volhard dat dit nutteloos sou
wees om die ouers in dié verband uit te vra:-
"MR PILLAY
: Your Worship if you insist I can call them, but as I say I
do not know how thêy can help the Court in any way. I went over
all the
factors that I am interested in with
them
7
them, they do not seem to be able to grasp what the intention of my questions
are."
Die slotsom waartoe die streeklanddros geraak
het, was:-
"...dat ek dit nie nodig ag dat 'n Proefbeampte-verslag ten opsigte van
beskuldigdes no 5 en 7 in hierdie saak voor my gelê
word nie. Ek nooi mnr
Pillay weer eens uit, indien hy dit goed ag, om die ouers van die beskuldigdes
te roep oor daardie aspekte
wat hy onder my aandag wil
bring."
Hierop was die reaksie van die
advokaat:-
"MR PILLAY
: Your Worship, I just want to put on record that I am still
of the view that neither of the parents in any way put the Court in
a better
position to make a decision."
Op slot van sake is
nóg die ouers van die tweede en derde
appellante nóg 'n
proefbeampte as getuie in die saak opgeroep.
Die eerste appellant het 'n bestendige
werksrekord
van ses jaar se diens by die Poskantoor.
Hy is 'n getroude man
met twee kinders. In Desember 1978 is hy weens
aanranding met
die opset om ernstig te beseer 'n opgeskorte vonnis van
twee
maande gevangenisstraf opgelê. Met inagneming van die feit dat
laasgenoemde
8
laasgenoemde misdryf 6½ jaar tevore gepleeg is asook die aard
en
omvang van die vonnis daarvoor opgelê, is die eerste appellant
se
enigste veroordeling nouliks 'n faktor wat by straftoemeting
in die
onderhawige saak sterk verswarend sou kon inwerk.
Daarenteen, soos die
streeklanddros tereg beklemtoon het, was
die eerste appellant een van die
belhamels onder die oproerige
skare. Dat hy een van die aanvoerders by die
kwaaddoenery was,
blyk uit die getuienis van Xolile Witbooi wat voor
vonnisopleg-
ging deur die aanklaer in die verhoorhof aangevoer is.
In die hof
a quo
het regter
JENNETT
(met wie
se
uitspraak regter
KANNEMEYER
saamgestem
het) daarop gewys dat in
die geval van die eerste appellant die
streeklanddros by vonnis-
oorweging geen mistasting begaan het nie; en daarna
soos volg
opgemerk:-
"Although the sentence is perhaps higher than I myself would have imposed, I do
not consider that I would be justified by going so
far as to state that no
reasonable Court would have imposed
the
sentence
9
sentence that the Magistrate did, and accordingly, I do not consider that there
are any grounds for interfering with the sentence
which he imposed on count 1 on
the first appellant."
Met bostaande beskouing van
die saak kan ek met eerbied nie
saamstem nie. Na my oordeel is die vonnis wat
die verhoorhof
die eerste appellant op klagte 1 opgelê het so
buitensporig
swaar dat hierdie 'n geval is waar die verhoorhof sy
diskresie
m b t straftoemeting nie redelikerwys uitgeoefen het
nie.
Bygevolg is hierdie hof regtens verplig om met die opgelegde
vonnis
in te gryp. Dit wil my voorkom dat geregtigheid sou
geskied indien die eerste
appellant weens sy veroordeling op
die eerste klagte 'n effektiewe termyn van
drie jaar gevangenis-
straf uitdien. Mnr
Lubbe
, wat die appél
namens aldrie appel-
lante beredeneer het, het die eerste appellant se vonnis op
die tweede
klagte nie aangeveg nie, en, met inagneming van die
eerste appellant se
persoonlike omstandighede, kan dit na my
mening nie as 'n onredelike vonnis
aangemerk word nie.
Die
10
Die tweede en derde appellante was nie alleen
blote
skoolkinders nie maar eerste oortreders daarby. Met
verwysing na die tweede
en derde appellant het JENNETT, R
hom o a soos volg uitgelaat:-
"I have already referred to the judgment in the
unreported case of
THE
STATE v MANGALISO
in which
it was said that in cases like the present,
the
personal circumstances of the offender have to
some extent to yield to
the interest of society
and therefore be accorded lesser weight than
they
might otherwise be. It is unfortunately also a
fact that crimes of
the nature of which the
appellants were convicted insofar as the
first
count is concerned appear to involve juveniles
more and more, and
indeed, on today's roll, there
are 3 appeals involving cases of public
violence,
all of which involve juveniles, with the result
that the
deterrent aspect of punishment has again
to be emphasised
Counsel appearing for the appellants before the Regional Magistrate requested
the Regional Magi-strate to call for a probation officer's
report, but despite
the Magistrate concerned repeatedly inviting Counsel to lead some evidence so as
to lay some foundation for the
court to think that a probation officer's report
would be of assistance, Counsel did not avail himself of the
invitation.
I
11
I do in the circumstances of the present case, not consider that the
Magistrate's failure to call for a probation officer's report,
was wrong, nor
that it amounts to an irregularity. As far as the sentence itself on 'Count 1 is
concerned in respect of second and
third appellants, again, it is a severe one
for a juvenile particularly, but there is again no misdirection on the part of
the Magistrate
nor is the sentence so severe that I can say that it is
unreasonable."
Met die oog op die passasie hierbo
aangehaal is daar, so meen
ek, etlike fasette wat toeligting verdien. Dat by
vonnisop-
legging in die geval van ernstige misdade soos openbare
geweld
die belange van die gemeenskap sterk na vore tree, behoef
geen
argument; en in 'n bepaalde geval kan dit ook meebring dat
die
persoonlike omstandighede van die veroordeelde in 'n mate voor
die
gemeenskapsbelang moet wyk. In hierdie verband moet twee
sake egter nie uit
die oog verloor word nie. Eerstens is dit
vanselfsprekend so dat by skuldigbevinding aan enige ernstige
misdryf -
wat ookal die aard daarvan - kennis van die
veroordeelde...
12
veroordeelde se persoonlike omstandighede vir die
straftoe-
metingsfunksie onmisbaar is. Ten tweede moet deurentyd
gewaak
word teen oorbeklemtoning van die gemeenskapsbelang
ten koste van die
veroordeelde se persoonlike omstandighede.
Insiggewend in hierdie verband is
die volgende opmerkings
van JANSEN, AR in
S v Matoma
1981(3) SA 838 op
842H-843A:-
"Die geleidelike en geregverdigde verswaring van strawwe om die vermeerderde
voorkoms van 'n bepaalde misdaad met afskrikking, retribusie
en verwydering van
die oortreder uit die gemeenskap in die belang van die gemeenskap te bekamp,
moet by straftoemeting nie lei tot
'n noodwendige negering van 'n besondere
beskuldigde se eie persoonlike omstandighede wat moontlik tot strafvermindering
kan lei
nie. Elke geval moet nog steeds in die lig van die beskuldigde se
persoon en besondere omstandighede opgeweeg
word."
In die onderhawige geval was by
vonnisoorweging van die tweede
en derde appellante die oorheersende faktor
die feit dat hulle
skoolgaande kinders is. In
S v Adams
1971(4) SA 125
(K)
verklaar regter STEYN op 126 G/H:-
"Dit is met die jeugdige soveel te meer as
met
enige
13
enige ander beskuldigde noodsaaklik dat die Hof sy straftoemetingsfunksie nie
behoort uit te voer tensy hy volledige gegewens voor
hom het aangaande wat 'n
gepaste vonnis is nie. Die regspleging verg steeds die grootste voorsorg en
versigtigheid by die vasstel-ling
van 'n geskikte straf, maar dit verg dit in 'n
besondere mate waar met jeugdiges gehandel word. Die moontlikheid van hervorming
is
by die jeug soveel meer aktueel en die gevolge van 'n onoorwoe uitoefe-ning
van diskresie deur die voorsittende amptenaar kan soveel
meer onherstelbare
skade meebring in die geval van 'n jeugdige."
Met
verwysing na
S v Adams
(
supra
) laat BOTHA, AR hom in
S v Jansen and Another
1975(1) SA 425(A) op 428A soos volg uit:-
"To enable a Court to determine the most appropriate form of punishmeht in the
case of a juvenile offender, it has become the established
practice in the
Courts to call for a report on the offender by a probation
officer."
Vanselfsprekend moet elke geval waarby 'n
jeugdige veroordeel
word aan die hand van die besondere omstandighede van die
saak
beoordeel word. Na aanleiding van die benadering in
S v Adams
(supra)
aangedui, het RUMPFF, HR in
S v Hlongwana
1975(4) SA
567
(A)
14
(A) op 571 A/B die volgende opgemerk:-
"Ek stem volmondig saam met wat daar gesê is maar wil beklemtoon dat die
feit dat 'n Verhoorhof nie 'n verslag van 'n proefbeampte
ingewin het nie, nie
in elke geval en outomaties 'n geldige rede skep om 'n opgelegde vonnis ter syde
te stel nie. Ek dink nie dit
was die bedoeling om so 'n reël in die lewe te
roep nie omdat dit in elke besondere geval sal afhang van die ouderdom van die
beskul-digde en van ander relevante feite wat reeds deur getuienis geopenbaar
is, of 'n hof 'n verdere verslag behoort te vra of
nie. In die
Jansen
-saak het die Verhoorhof klaarblyklik gefouteer om seuns van 15 en
16 jaar met dieselfde maat te meet as mans van 25 tot 28 jaar.
Die ouderdom van
die appel-lante moes in ag geneem gewees het en dit, tesame met die besondere
omstandighede, het 'n verslag van
'n proefbeampte
vereis."
Ek kan met eerbied nie saamstem met die
gedagte dat in die om-
standighede van die onderhawige geval die versuim van
die
advokaat om die getuienis van die ouers van die twee kinders
aan te
bied die verhoorhof enigsins onthef het van sy plig om
te
15
te besluit of 'n verslag deur 'n proefbeampte hom beter
daartoe in staat sou stel om 'n gepaste vonnis op te lê nie. Daar mag
uitsonderingsgevalle wees waar aan die hand van die getuienis van die
veroordeelde se ouer of ouers afgelei kan word dat 'n proefbeampte
se verslag
geen nuttige doel sal dien nie. In die onderhawige geval het die advokaat egter
die moeite gedoen om vooraf met die ouers
'n onderhoud te voer. In die lig
daarvan het die advokaat tot die slotsom geraak dat die getuienis van die ouers
hoegenaamd nie enige
bydrae tot die ondersoek na die omstandighede van die
tweede en derde appellante sou kon maak nie. By ondervraging van die ouers,
aldus die advokaat, het die ouers nie die vaagste begrip getoon vir diê
soort van ondersoek wat in dusdanige gevalle nodig
is nie. Hierdie was dus 'n
geval waar die advokaat grondige redes gehad het om nie self sodanige getuienis
aan te bied nie; en in
die loop van die tweegesprek wat hy en die streeklanddros
in verband met die
noodsaaklikheid....
16
noodsaaklikheid al dan nie van 'n proefbeampte se verslag
gevoer het, het die advokaat by herhaling die redes vir die nutteloos-heid
van
die ouers se getuienis genoem en beklemtoon.
Uit die voorgaande wil dit blyk
dat om sonder 'n proefbeampte se verslag tot vonnisoplegging oor te gaan die
streeklanddros fouteer
het. Deur aldus te besluit het die verhoorhof sy toevlug
gehad tot 'n prosedure wat teenoor die tweede en derde appellant onbillik
was;
en wat op 'n onreëlmatig-heid neerkom. Vgl
S v Jabavu
1969(2) SA 466
(A) op 472 D/E. Bowendien tref die vonnisse wat die streeklanddros die twee
jeugdiges op sowel die eerste as die tweede
klagte opgelê het my nie as
weloorwoe nie. Met inagneming van die aard en omvang van die openbare geweld
waaraan hul deel gehad
het, kom die vonnis van drie jaar gevangenisstraf, die
helfte waarvan opgeskort is, my as buite verhouding kwaai voor. Wat betref
die
vonnis op die tweede klagte dien gemeld te word dat die
Wetgewer
17
Wetgewer by art 57 van Wet 72 van 1982 die misdryf waaraan die
appellante skuldig bevind is, strafbaar gemaak het met 'n boete van
hoogstens
vyfhonderd rand of met gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens ses maande.
Ten opsigte van aldrie appellante het die
verhoorhof 'n boete van R200
opgelê en gelas dat by wanbetaling daarvan die maksimum termyn van
gevangenis-straf deur die Wet
voorgeskryf, uitgedien moet word. Die eerste
appellant was 'n salaristrekker en dit is moontlik dat hy die opgelegde boete
kon byeenbring.
Dit val egter te betwyfel of by vasstelling van die boetestraf
van R200 die streeklanddros die waarskynlike vëreffeningsvermoë
van
die twee skoolkinders deeglik oorweeg het. In al hierdie omstandighede, so meen
ek, is dit nodig om die vonnisse van die tweede
en derde appellante ter syde te
stel en om die saak teen hulle na die verhoorhof terug te verwys sodat die
verhoorhof na ver-kryging
van 'n proefbeampte verslag, en indien nodig, na
aanhoor
18
aanhoor van die proefbeampte se getuienis, opnuut vonnis
kan
oplê. Mnr
Els,
wat in hierdie Hof die betoog namens die
Staat
behartig het, het geredelik toegegee sowel dat dit nodig was vir
die
verhoorhof om die ondersoek na die omstandighede van die
tweede en derde
appellante deur inwinning van 'n proefbeampte-
verslag te verruim, as dat hul
in alle geval buitensporig swaar
vonnisse opgelê is.
Die appèl van die eerste appellant slaag ten
dele.
Op die eerste klagte word die vonnis van die
eerste appellant
gewysig tot:
"Vyf jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar opgeskort word vir vyf jaar op
voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word
aan openbare geweld
gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie."
Die appèlle van die tweede en derde appellante
slaag.
Op sowel die eerste as die tweede klagte word
die vonnisse van
die tweede en derde appellante ter syde gestel, en die saak teen
die
19
die tweede en derde appellante word na die verhoorhof
terug-verwys. Die verhoorhof sal gelas dat die verslag van h proef-beampte m
b t
die omstandighede van die tweede en derde appel-lante verkry word. Nadat die
proefbeampte sy verslag aan die verhoorhof voorgelê
het, en nadat die
partye en die hof 'n geleentheid gehad het om verdere getuienis (insluitende
dié van die proefbeampte, indien
nodig) oor straftoemeting te lei, sal
die verhoorhof opnuut vonnisse oplê. Hangende sodanige vonnisoplegging sal
die borgtog
wat op 17 September 1985 deur die Oos-Kaapse Afdeling van die
Hooggeregshof aan die tweede en derde appellante toegestaan is van
krag bly.
G G HOEXTER, AR
GROSSKOPF, AR )
NICHOLAS, Wnd. AR ) Stem saam