S v Muller (222/87) [1988] ZASCA 98 (20 September 1988)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Mens Rea — Road Transportation Permit — Appellant charged with violating road transportation regulations by transporting steel plates without proper authorization under his permit — Appellant claimed entitlement to transport the goods under the permit — Court found that the appellant, as permit holder, failed to prove he lacked mens rea as required by section 34 of the Road Transportation Act — Appeal dismissed, confirming the conviction and sentence imposed by the lower court.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 98
|

|

S v Muller (222/87) [1988] ZASCA 98 (20 September 1988)

Saaknommer: 222/87
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
ERIC ANDRE MULLER
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM: JOUBERT, MILNE et EKSTEEN ARR VERHOORDATUM: 25 Augustus 1988
DATUM VAN UITSPRAAK: 20 September 1988
UITSPRAAK
MILNE AR/
2
MILNE AR:
Die appellant is in die landdroshof aangekla van
oortreding van artikel 31(1)(a), alternatiewelik, artikel
31(l)(b) van die
Wet op Padvervoer, Nr 74 van 1977, deurdat
hy op 16 Januarie 1985 'n
hoeveelheid staalplate op 'n
openbare pad en in die loop van 'n bedryf,
óf sonder 'n
permit, óf anders as volgens die bepalings van sy permit,
vervoer
het, óf toegelaat het dat dit vervoer word. Hy is
oorspronklik saam
met sy werknemer, ene Rassebonong
aangekla, maar die klagte teen laasgenoemde
is voor die
verhoor teruggetrek. Die appellant is ten tyde van die
verhoor deur 'n raadsman bygestaan. Hy het onskuldig
gepleit, maar sekere skriftelike erkennings gemaak, soos
volg:
"1. Dat hy op die l6de dag van Januarie 1985 op die Witbank-Middelburg pad,
'n openbare pad in die Landdrosdistrik van Middelburg
'n hoeveelheid staalplate
vervoer het; 2. Dat die vervoer soos in paragraaf 1 hierbo padvervoer uitgemaak
het;
3
3.
Dat die
padvervoer onderneem is met meganiese voorhaker registrasienommer CLK525T en
leunwa registrasienommer GRT975T;
4.
Dat die
padvervoer onderneem is teen vergoeding;
5.
Dat die bestuurder van die voertuig in diens was van beskuldigde
nommer 2 en opgetree het met die uitvoer van sy pligte as werknemer
van
beskuldigde nommer. 2.
6.
Dat die voertuie
behoort aan S.A. Trucking (Pty) Ltd as geregistreerde
eienaar."
(Die appellant was beskuldigde nommer 2).
Die appellant is op die hoofaanklag skuldig
bevind
en gevonnis, en die voertuig en die goedere op die
voertuig is aan die Staat
verbeurd verklaar. Appél is
aangeteken na die Transvaalse Provinsiale
Afdeling. Op
appèl is die skuldigbevinding ingevolge artikel
31(1)(a)
van die Wet na aanleiding van die uitspraak in
S v Smith
1986(3) SA 714(A) vervang met 'n skuldigbevinding ingevolge
artikel 31(1
)(b). Weens die feit dat dit by die aanhoor
van die appèl in die provinsiale afdeling gemene saak was
dat die appellant toe reeds suksesvol appelleer het na die
Oos-Kaapse Provinsiale Afdeling teen sy twee
4
skuldigbevindings wat te Queenstown opgeloop is, is die
verbeurdverklaringsbevel ten aansien van die voertuig en vrag tersyde gestel.
Die res van die vonnis is onveranderd gelaat. Verlof is aangevra om na hierdie
hof te appelleer, maar dit is geweier. As gevolg van
'n petisie wat aan die
Hoofregter gerig is, is verlof verleen om na hierdie hof te appelleer teen die
skuldigbevinding "... op die
enkele grond nl of die landdros fouteer het deur te
bevind dat
mens rea
afdoende bewys is."
Op 16 Januarie 1985 was die
appellant die houer van 'n padvervoerpermit wat hom magtig om die volgende te
vervoer: "Shaft sinking
equipment - within the Republic of South Africa".
In
die landdroshof sowel as op appèl na die Transvaalse Provinsiale
Afdeling, is aangevoer dat die appellant geregtig was om
die vrag staalplate te
vervoer ingevolge hierdie magtiging. Die provinsiale afdeling het tot die
gevolgtrekking gekom dat die appellant
die
5
staalplate vervoer of laat vervoer het, anders as volgens die
bepalings van die permit. Teen hierdie bevinding is geen verlof om te
appelleer
toegestaan nie en moet die appèl behandel word op die basis dat
dié bevinding korrek was.
Die enigste punt wat deur hierdie hof beslis
moet word, is gevolglik of die permithouer d.w.s. die appellant, die nodige
mens rea
gehad het of nie. Uit die voorgemelde erkennings en die
getuienis blyk dit dat die bestuurder van die voertuig 'n werknemer van die
appellant was, en moet dit aanvaar word dat hy 'n daad of versuim begaan het wat
'n misdryf kragtens die Wet sou wees indien die
houer van die permit, d.w.s. die
appellant, dit begaan het. As gevolg van die feit dat artikel 34 van die Wet van
toepassing is,
is die saak beredeneer op die grondslag dat die vraag of die
appellant die nodige
mens rea
"gehad het volgens die bepalings van
dié artikel besleg moet word. Dit word in die appellant se aanvullende
hoofde van argument
aan die hand gedoen dat:
6
"Die voorbehoudsbepalings vervat in paragrawe (a),(b) en (c)
van artikel 34 van Wet Nr 74 van 1977 is niks meer as die statutêre
beliggaming van omstandighede waaronder geag word dat die permithouer geen
mens rea
gehad het nie."
Verder word dit toegegee dat artikel 34(1) die
bewyslas op die permithouer
plaas om aan te toon dat
hy binne die beskerming val van die
bepalings van
paragrawe (a), (b) en (c) van genoemde artikel.
Op die besondere feite van hierdie saak is
hierdie toegewing
tereg gemaak, sonder om hiermee te
kenne gee dat die vraag van
mens
rea
in elke saak
alleenlik volgens dié bepalings beslis moet
word.
Artikel 34(1) lees soos volg:
"(1) Wanneer 'n bestuurder, agent of werknemer van die houer van "n permit 'n
daad of versuim begaan wat 'n misdryf kragtens hierdie
Wet sou wees indien
daardie houer dit begaan het, dan, tensy daardie houer bewys dat
-
(a) hy daardie daad of versuim nie oogluikend toegelaat of veroorloof het nie;
en
(b) hy alle redelike maatreëls getref het om 'n daad of versuim van die
betrokke aard te voorkom; of
(c) 'n daad of versuim, hetsy wettig of onwettig, van die ten laste gelegde aard
onder geen voorwaardes of omstandighede binne die
bestek van die bevoegdheid of
in die loop van die diens van daardie bestuurder, agent of werknemer geval het
nie,
7
word daardie houer geag self daardie daad of versuim te begaan
het en kan hy ten opsigte daarvan skuldig bevind en gevonnis word,
en by die
toepassing van paragraaf (b) word die feit dat hy 'n daad of versuim van die
betrokke aard verbied het, nie op sigself
as voldoende bewys beskou dat hy alle
redelike maatreels getref het om so 'n daad of versuim te voorkom nie."
Die appellant het nie getuig nie en dit is aan
die hand gedoen dat die appellant hom van die opgelegde
bewyslas gekwyt het deur die getuienis van sy bestuurder,
ene Texeira. Om
die getuienis van Texeira behoorlik te
kan evalueer, is dit nodig om op die
feite in te gaan.
Kortliks saamgevat, is die tersaaklike feite soos volg:
(a) Te Kleinkoppies, naby Witbank, is daar 'n steenkool snellaaiterminaal gelee
waar drie silo's gebruik word vir die opberging van
steenkool en om dit in
spoorwegtrokke in te laai.
(b) Hierdie terminaal staan bekend as "S. A. Coal Estates Rapid Loading
Terminal" en dit dien drie steenkoolmyne.
8
(c) Die silo's is met staalplate aan die binnekant uitgevoer en in Januarie 1985
het ene Humphries, wat die ingenieur was en wat
verantwoordelik was vir die
instandhouding van die terminaal, opgemerk dat die syplate van een van die
silo's verweer was, en besluit
dat dit vervang moet word.
(d) Gevolglik het Humphries 'n bestelling vir die staal uitgemaak en dit by die
stoorman van die myn ingehandig.
(e) Die stoorman het kwotasies gevra en, volgens 'n brief gedateer 22 Januarie
1985 (wat deur 'n sekere maatskappy Trident Steel
(Pty) Ltd ("Trident") aan "TO
WHOM IT MAY CONCERN" gerig is), is Trident die maatskappy by wie die bestelling
vir die staalplate
geplaas is. Die brief lees soos volg:
"Steel
was urgently required by the Anglo American Rapid Loading
9
Terminal for the re-lining of their export silo. It had been
noticed that the existing lining of the silo was breaking loose and
contaminating
coal destined for export. Although steel fragments in the coal
were detected by metal detectors over the bayhead conveyors, every
steel
fragment has to be removed which necessitates the stopping of the entire
line.
Enquiries were made for a suitable steel lining, and as Trident Steel had the
steel in stock the order was placed with our Company
for immediate delivery to
Magna Construction in Middelburg. Magna Construction have been commissioned to
replace the lining in the
silo, but as the silo is round, the plates first have
to be rolled into shape in Middelburg.
The steel was to have been delivered by our transport contractors, S A
Trucking who hold a valid shaft sinking permit which would
allow them to
transport the steel on our behalf to the Mine. We are now somewhat amazed to
hear that the truck, together with its
very urgent load of steel, has been
impounded in Middelburg. We therefore make urgent application for the release of
the truck in
order that it may complete its delivery, thereby facilitating the
completion of a job vital to the efficient export of coal."
Die brief is deur ene Biggar, as administratiewe
direkteur, geteken.
(f) Die appellant se firma was egter voor 16 Januarie 1985 opdrag gegee om die
staal vanaf Trident in Germiston na Magna Construction
in Middelburg te
vervoer.
(g)
Die
appellant was besig om die staalplate na
Magna
10
Construction in Middelburg te vervoer toe dit deur adj.-off.
Muller, 'n speurder adjudant-offisier in die Suid-Afrikaanse Spoorwegpolisie,
op
16 Januarie 1985 voorgekeer is. (h) Toe adj.-off. Muller vir die bestuurder vra
of hy enige dokumente het vir die vrag op die
voertuig, is 'n faktuur van
Trident deur die bestuurder (bg Rassebonong) aan hom getoon en, volgens die
faktuur, is die vrag bestem
vir Magna Construction & Erection in
Middelburg.
Dit is dus duidelik dat wat hierdie besondere padvervoer betref,
Magna Construction die persoon is wat die staalplate gaan gebruik,
en dit volg
noodwendig dat hy in die beste posisie sou wees om te kan sê waarvoor die
staalplate bestem was. Die myn, d.w.s.
SA Coal Mines, sou natuurlik by monde van
sy ingenieur ook in staat gewees het om 'n behoorlike beskrywing te gee. Dit
moet ook genoem
11
word dat die appellant vantevore moeilikhede ondervind het
i.v.m. dieselfde magtiging wat in hierdie saak ter sprake is. Die appellant
was
die onsuksesvolle respondent in 'n siviele saak nl
Trencor Services (Pty) Ltd
v Muller t/a SA Truckine
1983(4) SA 893(K). Ook op appél was die
huidige appellant onsuksesvol en die uitspraak op appèl is gerapporteer
in
1985(3) SA 213(A). Die sake het oor presies dieselfde magtiging gehandel
naamlik: "shaft-sinking equipment". Daar het dit gegaan
oor die vraag of sement
"shaft-sinking equipment" kan wees en het hierdie Hof beslis die betekenis
daarvan is: "... apparatus or
material which either is exclusively used in shaft
sinking operations or, while capable of use for other purposes, is intended to
be used for the purpose of shaft sinking." P221(D). Wat van besondere belang in
hierdie appèl is, is die volgende woorde van
ELOFF WAR op p221H-222A: "
Appellant's counsel argued that to construe the permit as the
12
Court
a quo
did leads to the imposition upon the permit
holder of an obligation to ascertain the state of mind of the consignee. How is
the permit
holder to know for what purpose the goods are going to be used? I do
not think that this need be a real problem. In many cases the
destination and
purpose of use will be obvious to the permit holder. Reference may be made to
the facts of this case. The appellant
must have known perfectly well that the
cement transported by him was not destined for a mine, and would probably not be
used for
shaft-sinking operations. In less obvious cases the appellant should
make enquiries, and I think that he would be on safe ground
if he were to be
given an assurance that shaft-sinking is the objective. It appears that it is
not unusual for permits issued in
terms of the Act to limit the class of goods
to be conveyed by reference to the end use. The very permit under discussion
contains,
in part of it, such limitations."
Volgens die appellant se aanvullende hoofde is
die afleiding onvermydelik (as daar na die getuienis van
Téxeira in
geheel gekyk word), dat hy vergewis is van die
effek van die
Trencor
-uitspraak, en dat hy aangesê is om in
die toekoms
uiterste sorg te dra ten einde te verseker dat
enige vervoer wat in terme van die "shaft-sinking
equipment" magtiging onderneem word, vierkantig binne die
trefwydte van daardie beslissing val. Dit word verder
betoog dat die appellant die verdere stap geneem het om die
13
effek van die
Trencor
-saak aan Texeira te laat
verduidelik deur sy prokureur. As dit aanvaar word, dan sou 'n mens natuurlik
verwag dat Texeira hom aan
die primêre bron van die tersaaklike inligting
sou aanwend naamlik Magna Construction & Erection. Hy moes vanselfsprekend
geweet het dat Magna Construction die geadresseerde is voor die faktuur
aangaande die staalplate ingevul kon gewees het, en, inderdaad,
toe die voertuig
deur adj.-off. Muller op die openbare pad voorgekeer is, het die bestuurder die
faktuur aan hom getoon waarop dit
geblyk het dat die vrag wel bestem was vir
Magna Construction & Erection. Die permit waarop die appellant in
hierdíe saak
gesteun het, het beperkings bevat wat volgens die uitspraak
in die
Trencor
- saak: "limit(s) the class of goods to be conveyed by
reference to the end use." As dit nou so duidelik deur die appellant se
prokureur
aan Texeira verduidelik is, dan is dit voor die hand liggend dat hy by
Magna Construction
14
moes vasgestel het waarvoor hierdie vrag bestem was. Dit het
hy net eenvoudig nie gedoen nie. Al wat hy gedoen het, is om telefonies
met
voorgenoemde Biggar by Trident in verbinding te tree, en hom gevra om te
"bevestig dat die vrag staalplate vir skagsinkingsdoeleindes
bedoel was."
Trident was nie die primêre of natuurlike bron van inligting oor die
eindgebruik van die staalplate nie. Daar
moet in gedagte gehou word dat die
vervoer wat die onderwerp van hierdie aanklagte vorm, vervoer was vanaf Trident
se perseel in
Germiston na Magna Construction se perseel in Middelburg. Eers
nadat dit deur Magna Construction in Middelburg in ronde vorm gerol
is, sou dit
na die snellaaiterminaal vervoer moes gewees het. Dit is die inligting wat blyk
uit voorgenoemde brief van Trident gedateer
22 Januarie 1985. Dit is egter glad
nie die inligting wat volgens Texeira deur Trident aan hom gegee is drie tot
vier dae voor 16
Januarie 1985 nie. Verder
15
verskil dit ook hemelsbreed van die inligting wat in die brief
van 16 Januarie 1985 verskyn. Hierdie brief wat deur Biggar namens
Trident
geteken is en wat aan SA Trucking gerig is, lui soos volg: "We refer to the
telephonic conversation with your Mr Texeira,
and confirm that the steel as per
order no 907841 and our invoice no 323739 is destined for a mine to facilitate
shaft-sinking operations
on the mine." Mens wonder waar hierdie "inligting"
vandaan gekom het. In die eerste plek, kan die snellaaiterminaal te Kleinkoppies
nouliks as 'n myn beskou word. In die tweede plek, was die staal (vir die
doeleindes van die vervoer waarin Texeira belanggestel
het) vir geen myn bestem
nie, maar vir verwerking deur Magna Construction in Middelburg. Derdens, was dit
glad nie bestem vir skagsinkingsdoeleindes
nie, maar vir die voering van 'n
bo-grondse silo
16
steenkool opgeberg word. M.a.w. die inligting wat
volgens
Texeira telefonies en deur die eerste brief gegee is, was
geheel
en al verkeerd. Dit is natuurlik wat 'n mens sou
verwag as jy by die
verkeerde bron inligting gaan soek. Ek
moet ook meld dat ek nie heeltemal
tevrede is dat Texeira
die hele waarheid gepraat het toe hy getuig het
dat
Biggar vir hom sou gesê het "... Yes, it is definitely
going to
a mine and it is going to be used for shaft-
sinking operations." Vergelyk sy
getuienis waar hy gesê
het dat Biggar vir hom gesê het: "...Yes,
it is definitely
going to shaft-sinking or for operations use." En
dan
weer:
"When a customer places an order for a load to be done, my question, like I
stated before it was done as a shaft-sinking permit, for
shaft-sinking equipment
within the Republic of South Africa permit, I established immediately is it
going to a mine. The customer
says 'Yes', it is going to a mine and he later
confirms it with a letter. The use, or, the customer can only tell me it is
going
to a mine. I mean he is not specialised in mining or whatever it may be.
He sold the material and it is going to a mine. Now this
Trident Steel is would
you agree, not a mining institution,
17
they would not therefore be or they would not be experts as to
the various things used in a mine?... Correct.
So if they in fact had said to
you that it was for the use of mining or shaft-sinking equipment, it would have
been but only their
opinion or what they had thought it would have been useful?
... or what they have been told, Yes, I cannot deny that.
Now seeing that
they are not experts in this field and seeing that you had previous problems as
to shaft-sinking equipment, do you
not consider it negligent not to have tried
tó locate or find out the exact use of this particular steel in
question?... By
confirming with my customer what I have said before, what he is,
well when he sold the steel when I ask him now Why do you say it
is to a mine,
he says to me It is going to a mine, Anglo American Corportion and therefore it
is for a shaft-sinking operation, and
him being the supplier he must I must
agree with him and I must accept what he said to me. I mean like I have said I
cannot phone
every single receiver of goods in this country for 130
vehicles."
Hierdie uittreksel laat 'n mens twyfel of Biggar enigiets
meer aan Texeira
sou gesê het as dat die staal "vir 'n myn"
bestem is.
Hoe dit ookal mag wees, is dit heel duidelik dat
Texeira nie die nodige sorg aan die dag gelê het nie om uit
te vind waarvoor dit bestem was. As dit nodig is om:
"every single receiver of goods in the country" te skakel,
om behoorlik vas te stel dat die beoogde vervoer wettig is,
dan moet hy dit doen. Texeira het nie eers getrag om selfs
18
by die myn navraag te doen nie en toe hy in kruisverhoor gevra
is waarom hy dit nie gedoen het nie, het hy die baie flou verskoning
geopper dat
"...I mean you have to get to the right person to speak to before you can
confirm something like that." As hy die myn
geskakel het en navraag gedoen het,
sou hy óf na Humphries, die ingenieur verwys gewees het óf na die
stoorman wat
hom waarskynlik ook na Humphries sou verwys het. As hy dit gedoen
het sou hy die nodige inligting bekom het en sou hy vir Trident
gesê het
dat dit nie vir die appellant wettig was om die staalplate te vervoer nie.
In
die lig van die voorafgaande volg dit dat die landdros nie fouteer het deur te
bevind dat
mens rea
afdoende bewys is nie.
Die appèl word afgewys.
A J MILNE
Appélreeter
JOUBERT AR )
)STEM SAAM EKSTEEN AR )