About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 97
|
|
Sasfin (Pty) Ltd v Suid-Afrikaanse Vervoerdienste (Transmed) (155/87) [1988] ZASCA 97 (19 September 1988)
LL
Saak No 155/1987
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
SASFIN (PROPRIETARY) LIMITED
Appellant
teen
SUID-AFRIKAANSE VERVOERDIENSTE (TRANSMED)
Respondent
CORAM
: RABIE WND HR, JANSEN, VAN HEERDEN,
SMALBERGER et NESTADT ARR
VERHOORDATUM
: 8 MAART
1988
LEWERINGSDATUM
: 19 SEPTEMBER 1988
UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN AR
...
2.
VAN HEERDEN AR
:
Soos blyk uit die uitspraak van my kollega, Smalberger, is een van die gronde
waarop die respondent in die hof a
quo
gesteun het vir die regshulp deur
hom aangevra, die ongeldigheid van die sessie-ooreenkomste. Op daardie grond het
die hof a
quo
dan ook die respondent gelyk gegee. Om die redes wat blyk
uit my uitspraak in
Sasfin (Proprietary) Limited v Beukes
(appèl
no 149/ 1987), meen ek egter nie dat die ooreenkomste as geheel nietig is
nie.
Die hof a
quo
het ook op 'n verdere grond in die guns van die
respondent beslis, nl dat hoewel die respondent volgens regulasie onder bepaalde
omstandighede die voordeel wat 'n lid ingevolge die respondent se mediese skema
toekom, direk aan die verskaffer van die dienste
(
in casu
drie
geneeshere) moet betaal, die verskaffer nie 'n vorderingsreg ten opsigte van
sodanige voordeel teen die respondent het nie.
Die sessie-ooreenkomste
/wat ...
3.
wat die drie geneeshere met die appellant aangegaan het, het
derhalwe, aldus die hof a
quo
, nie meegebring dat die appellant
as.sessionaris enige regte teen die respon-dent verkry het nie. (Die appellant
was een van drie
sessionarisse maar om herhaling tevermy, verwys ek slegs na
hom.)
In beide die hof a
quo
en in hierdie hof is namens die appellant
betoog dat die respondent nie in sy aansoek op bogenoemde grond gesteun het nie
en dat
dit dus nie oorweeg kon word nie. Na my mening is hier-die betoog
gegrond.
Die respondent se tersaaklike smeekbedes, vervat in sy kennisgewing van
mosie, lui soos volg:
"1. 'n Verklarende bevel dat die sessies van
regte, wat deur dokters Beukes, du Plessis en Klopper ten gunste van die
Respondent aangegaan is, en waarvan aanhangsel 'A' tot hierdíe
aansoek 'n
voorbeeld is,
contra bonos mores
en onafdwingbaar
is;
2.
Alternatiewelik
tot paragraaf 1:
'n Verklarende bevel dat die gesegde sessies
/onafdwingbaar ...
4.
onafdwingbaar is, tensy die Applikant
daartoe ingestem het;
3.
Alternatiewelik
tot paragrawe 1 en 2:
'n
Verklarende bevel dat die Applikant nie verplig is om ingevolge die gesegde
sessies enige gelde, wat die genoemde dokters toekom,
aan die Respondent uit te
betaal nie;"
(Die applikant en die respondent na wie verwys word, is onderskeidelik die
huidige respondent en appel-lant.)
Die eerste smeekbede berus klaarblyklik slegs op die beweerde ongeldigheid
van die sessie-ooreenkomste, terwyl die tweede smeekbede
gegrond is op die
premisse dat sessie van die geneeshere se vorderings teenoor die respondent nie
sonder laasgenoemde se toestemming
kon geskied nie. Die tweede bede
voorveronderstel dus dat die drie geneeshere wel vorderingsregte teen die
respondent het. So ook
die derde smeekbede wat dit in soveel woorde het oor
"gelde wat die genoemde dokters toekom", klaarblyklik vanaf die respondent.
/In ...
5.
In die aansoek self is daar geen suggestie dat die
sessie-ooreenkomste, indien geldig, nie tot ge-volg kon gehad het dat die
appellant
vorderings teen die respondent verkry het nie, In besonder word
nòg uitdruklik nóg stilswyend aan die hand gedoen dat
die drie
geneeshere nie skuldeisers van die respondent was nie ten opsigte van dienste
verskaf aan laasgenoemde se lede, en dat die
ooreenkomste dus onder geen
omstandig-hede aan die appellant as sessionaris regte teen die respondent kon
verleen nie. Inteendeel
word by her-haling melding gemaak van gelde wat die
geneeshere toe-kom, gelde betaalbaar (deur die respondent) aan die ge-neeshere,
en van 'n verpligting van die respondent om betalings aan die geneeshere te
maak. Dit is dan ook oorvloediglik duidelik dat dit een
van die respondent se
uitgangspunte was dat die geneeshere onder die om-standighede hierbo uiteengesit
vorderings teen die respon-dent
verkry het. Dit was eers by die verhoor van die
aan-soek in die hof a
quo
dat geargumenteer is dat, al sou
/die ...
6.
die ooreenkomste geldig wees, die appellánt nie 'n
skuld-eiser van die respondent kon geword het nie.
Die appellant het nie 'n bestrydende verklaring ingedien nie maar slegs
aangedui dat hy op regsgronde die aansoek sou teenstaan. Deur
die tweede grond
te oorweeg, het die hof a
quo
dus in effek die respondent toegelaat om op
'n addisionele skuldoorsaak, wat die ap-pellant nie geroepe was om te beantwoord
nie,
staat te maak. En hoewel ek dit moeilik vind om te dink aan feite wat die
appellant ter bestryding van so 'n skuldoor-saak sou kon
aangevoer het, kan ek
nie die moontlikheid uitsluit nie dat hy dit wel sou kon gedoen het (bv deur aan
te toon dat bedinge tot voordeel
van die geneeshere tussen die respondent en sy
lede tot stand gekom het en dat die geneeshere die voordele aanvaar het).
Der-halwe
moes die hof a
quo
nie op die tweede grond ten gunste van die
respondent beslis het nie.
In die aansoek is op 'n aantal ander gronde ter
/bewilliging ...
7.
bewilliging van die smeekbedes gesteun. Die respondent was nie
by die verhoor van die appèl verteenwoordig nie en gevolglik
is nie
betoë ter onderskraging van bedoelde gronde gelewer nie. (Hulle is ook nie
pertinent deur die hof a
quo
oorweeg nie.) Ek volstaan dus deur te
sê dat hulle na my mening nie houdbaar is nie.
Ek sou dus die appèl met koste handhaaf, in-sluitende die koste van
twee advokate, en die bevel ver-leen deur die hof a
quo
wysig om te
lui:
"The application is dismissed with costs, including the costs of two
counsel."
H.J.O. VAN HEERDEN AR
RABIE WND HR
STEM SAAM