S v Lubelwana (303/87) [1988] ZASCA 93 (16 September 1988)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Conviction based on group participation — Appellant convicted of murder despite lack of direct evidence linking him to the act — Appellant’s statement indicated he was part of a group involved in the assault and burning of the deceased — Court found that the use of "we" in the statement did not necessarily imply active participation in the crime — Reasonable doubt existed regarding the appellant's guilt — Conviction and sentence set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 93
|

|

S v Lubelwana (303/87) [1988] ZASCA 93 (16 September 1988)

Saak 303/87
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPÉLAFDELING)
In die saak tussen
THEMBILE LUBELWANA
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: JANSEN AR et VILJOEN, NICHOLAS Wn ARR.
Verhoor
: 21 MAART 1988 Gelewer: 16 SEPTEMBER 1988.
UITSPRAAK JANSEN AR:
Die appellant (hierna beskuldigde genoem), 'n man in sy vroee twintigerjare,
kom met verlof van die Verhoorregter in hoër beroep
teen sy
skuldigbevinding aan moord en ook teen die gepaardgaande bevinding dat daar geen
versagtende omstandighede aanwesig was nie.
2/...
2.
Die vervolging van die beskuldigde en vyf andere het voortgevloei uit gebeure
wat soos volg deur die Verhoorhof opgesom word :-
"Gedurende die aand van 7 April 1986 het 'n groep Swartmense in die Swart
woonbuurt van Port Alfred na verskeie huise in die woonbuurt
gegaan. Die huise
is bewoon deur sekuriteitswagte wat vir 'n sekuriteitsfirma gewerk het. By die
huise is die uniforms van die wagte
opgekommandeer. Nadat verskeie huise aldus
besoek is en uniforms verkry is, het die groep mense na die huis gegaan wat deur
die oorledene
bewoon is. Hy is uit die huis gebring met sy hande agter sy rug
geboei. Hy is na 'n plek geneem naby 'n dam. Hy was geslaan met kieries.
Van die
uniforms is op hom gegooi. Daar was petrol op die uniforms gegooi en dit is aan
die brand gesteek.
Dit is gemene saak dat die toneel waar die gebeure plaasgevind het, aangetoon
word op Bewysstuk D.l, 'n foto. Volgens die getuienis
van 'n Staatsgetuie het
die oorledene, nadat hy aan die brand gesteek is, opgespring en
3/.....
3.
na 'n bos gehardloop. Hy is gevang, teruggebring en weer aan die brand gesteek.
Volgens die Staatsgetuie sou hy toe weer ontvlug
het, maar hy is egter ingehaal
en gebring na punt E, aangetoon op Bewysstuk D.l waar hy weer aangerand is en
waar smeulende klere
weer op hom gegooi is en waar hy ook gesterf het. Die
liggaam is dan ook op punt E op die plan die volgende dag aan die polisie
uitgewys.
Dr Dempers, die distriksgeneesheer wat die lykskouing gehou het, het in sy
hoofgetuienis die mening uitgespreek dat die oorsaak van
die oorledene se dood
verbranding was. Onder kruisverhoor het hy hierdie mening gewysig en toegegee
dat die oorsaak van die dood
onbepaald is. Dit is egter heeltemal duidelik
volgens sy getuienis dat die oorledene as gevolg van die aanval op hom gesterf
het."
Die verhoorhof het bevind dat die
beskuldigde,
alhoewel hy nie een van die voorbokke
was nie en dit
ook nie duidelik is wat sy werklike aandeel was nie,
tog een van 'n groep mense was wat tydens die
gebeure aanwesig was en dat
hy hom vereenselwig het
met wat plaasgevind het. Die bevinding berus
geheel
4/...
4. en al op 'n verklaring wat die beskuldigde voor 'n landdros
afgelê het, Die tersaaklike deel van die verklaring
lui soos
volg:-
"Maandagaand het daar twee seuns opgedaag
by ons huis. Hulle het my wakker gemaak en
gesê ons moet loop. Ek het toe opgestaan
en ons het geloop. Onderkant ons huis het
ons h klomp seuns gekry. Ons het saam met
die groep geloop tot by Beletyu lokasie.
Ons het tot by h sekuriteitswag se huis
geloop.
Ons het die klere van die
sekuriteitswag geneem.
Ons het met die klere weggeloop tot by Thula
lokasie tot by 'n ander sekuriteitswag se huis.
Toe ons daar opgedaag het, het ons gehoor
dat hierdie sekuriteitswag nie daar is nie,
hy is te Grahamstad. Ons het toe aan h sekere
vrou wat daar was gesê dat sy vir ons die
klere van die sekuriteitswag moet gee. Sy
het ons die klere gegee en ons het geloop.
Ons het toe na die Styhotyholweni lokasie
gegaan. Ons het by 'n sekere sekuriteitswag
se huis opgedaag en ook sy klere geneem.
Ons het die sekuriteitswag meegedeel dat hy
saam met ons moet gaan. Hy het saam met
ons geloop tot by 'n ander sekuriteitswag se
huis in dieselfde omgewing. Ons het ook
daar
5/...
5. klere geneem. Ons het ook die sekuriteitswag meegedeel om saam met ons te
gaan. Ons het toe teruggekeer na Vuyani se winkel. Ons
het by 'n ander
sekuriteitswag se huis opgedaag. Die huis van die sekuriteitswag is onderkant
Vuyani se winkel. Ons het die sekuriteitswag
meegedeel om sy klere vir ons te
gee. Hy het ons meegedeel dat hy sy klere huis toe gestuur het. Daarvandaan het
ons geloop tot by
Sileyni lokasie. Ons het toe in 'n sekere huis ingegaan. In
die huis het ons 'n sekere man ontmoet en ons het hom uit die huis geneem
en
geboei. Ons het saam met hom geloop. Terwyl hierdie man geboei was het ons saam
met hom geloop tot by 'n dam. Toe ons by die dam
kom het ons die klere van
die
sekuriteitswagte op die grond gegooi en brandstof daarop gegooi en aan die brand
gesteek saam met die man wat geboei was. Ons het
die man daar gelos aan die
brand. Ons het toe huis toe gegaan. Dit is al."
Die
Hof was van oordeel dat die gebruik van die woord "ons" in die verklaring, by
ontstentenis van enige getuienis van die beskuldigde
ter verduideliking,
sodanige vereenselwiging bewys het.
6/...
6. Die Verhoorhof se beskouing berus sekerlik
op
sterk gronde. Nogtans is daar sekere opvallende
aspekte van die saak wat
moontlik tot 'n ander konklusie
sou kon lei :-
1) Dit is redelik moontlik, selfs waarskynlik,
dat sommige van diegene wat
die hoofdaders
gevolg het, dit bloot uit nuuskierigheid
en as toeskouers sou gedoen het;
2)
Die min direkte getuienis
impliseer hoegenaamd nie die beskuldigde by enige van die gebeure nie, maar
sluit hom eerder uit as een
van die aktiewe
deelnemers;
3)
Die amptelike tolk wat opgetree
het by aflegging van die verklaring aan die landdros, het die volgende getuig
wat betref die gebruik
van die woord "ons" as weergawe van die Xhosa deur die
beskuldigde gebesig:
"Die woord 'ons' soos dit in
die verklaring vorkom, u sê dit beteken nie dat hy deelgeneem het aan wat
gedoen is nie - dit verwys
na die
groep? Dit is korrek, ja.
Beteken dit dat hy saamgestem
7/.....
7. het met wat die groep gedoen het?
Nee, ek kan nie so sê nie.
U kan nie so sê nie? Nee."
Later het hy dit weer eens bevestig:
"Luister nou net mooi, want u moet versigtig wees - is die volgende stelling
van my korrek - as u getolk het dat die beskuldigde sê
'ons', het die
beskuldigde dan bedoel dat hy deel was van die groep waarvan hy praat, of is dit
moontlik dat hy miskien iets anders
bedoel het?
U Edele, soos ek nou kan verstaan, .
as die beskuldigde die woord 'ons' noem, hy verwys na die groep, na hulle
almal - ons. Met ander woorde, dit beteken, hy
is een van die groep? Met die
woord van 'ons' ja.
U het getuig in antwoord op My Geleerde
Vriend dat die Xhosa wat u vertaal
het as 'ons' beteken nie noodwendig
- dit beteken nie noodwendig dat
die persoon wat praat saamstem met
wat die groep doen nie, is dit reg?
8/....
8.
Dit is korrek.
Maar is ek nou reg as ek die stelling
maak, dit beteken nogtans dat hy
onder die groep is? Dit is korrek."
By sorgvuldige oorweging kom dit my voor dat in die bepaalde omstandighede
van die geval die gebruik van die woord "ons" in die verklaring
nie noodwendig
dui op vereenselwiging met die moord of aanranding nie en dat die beskuldigde se
versuim om getuienis af te lê
nie 'n beslissende afleiding teen hom
regverdig nie. M i moes die Verhoorhof bevind het dat daar 'n redelike
twyfel oor die skuld van die beskuldigde bestaan.
Alvorens af te sluit moet egter 'n paar
ander
aspekte genoem word. Die beskuldigde het
sekere uitwysings
aan die polisie gedoen en sekere meegaande verklarings
gedoen. Die uitwysings werp nie meer lig op die gebeure
nie en die meegaande verklarings wat die beskuldigde
gedoen het (wat nou toegegee word in aanmerking kan
kom) voer die saak ook nie juis verder nie, veral met
9/.....
9
die oog op die derde punt hierbo genoem (nl die getuienis van die amptelike
tolk oor die gebruik van die woord "ons"). Vir doeleindes
van hierdie geval word
veronderstel (sonder om enige mening daaroor uit te spreek) dat blote geestelike
"vereenselwiging" daderskap
of medepligtigheid kan konstitueer. Verder is dit
ook onnodig, en selfs onwenslik, om in te gaan op die moeilike kwessie of die
beskuldigde
nie in ieder geval hom daarop sou kon beroep het dat as hy
aanvanklik medepligtig was, hy tog voor die intrede van die oorledene
se dood
"teruggetree" het, en dat hy gevolglik nie aanspreeklik vir die dood van die
oorledene is nie.
Die appèl word gehandhaaf en die skuldigbevinding en vonnis word ter
syde gestel.
E.L. JANSEN AR.
VILJOEN Wn AR)
Stem saam.
NICHOLAS Wn AR)