About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1988
>>
[1988] ZASCA 90
|
|
Staatspresident van Republiek van Suid-Afrika and Others v United Democratic Front and Another (204/87) [1988] ZASCA 90; [1988] 2 All SA 631 (A); (13 September 1988)
Saak no. 204/87
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
DIE STAATSPRESIDENT VAN
DIE REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦..
Eerste
Appellant
DIE REGERING VAN DIE REPUBLIEK
VAN
SUID-AFRIKA
â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦...
Tweede
Appellant
DIE MINISTER VAN BINNELANDSE SAKE
â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦...
Derde
Appellant
DIE MINISTER VAN WET EN ORDE
â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦...
Vierde
Appellant
DIE KOMMISSARIS VAN POLISIE
â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦...
Vyfde
Appellant
en
UNITED DEMOCRATIC FRONT
â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦
Eerste
Respondent
RELEASE MANDELA CAMPAIGN
â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦â¦..
Tweede
Respondent
Coram/
Coram: RABIE WND HR, VAN HEERDEN,
HEFER, GROSSKOPF et VIVIER ARR.
Verhoordatum: 21 Maart 1988
Leweringsdatum: 13 September 1988
U I T S P R A A K
RABIE WND HR:
Dit is 'n appèl en teenappèl teen die uitspraak en
bevele van die Natalse Provinsiale Afdeling (Page en Galgut RR) in 'n
aansoek
waarin die huidige respondente (die appellante in die
teenappèl) die hof a quo versoek het om die regulasies of, in die
alternatief,
sommige van die regulasies wat deur die Staatspresident
in Proklamasie R224 van 1986 uitgevaardig is, nietig te verklaar. Die
hof
a quo, wie se uitspraak gerapporteer
is/
3
is (kyk United Democratic Front and Another v. State
President and Others
1987 (3) SA 296
(N)), het sommige van die
regulasies (of gedeeltes daarvan) wat deur die respondente aangeval
is, nietig verklaar, t.w. dié wat
genoem word in paragraaf B van sy
bevel, wat op bladsy 342 B-C van die hofverslag weergegee word. Die
appellante appelleer teen
elk van hierdie bevindings, terwyl die
respondente se teenappél gerig is teen elke bevinding van die hof a
quo dat 'n regulasie
wat deur hulle as ongeldig aangeveg is, geldig
is. Bogemelde Proklamasie R224 van 1986 is op 11 Desember 1986 deur
die Staatspresident
ingevolge die bepalings van art. 3(1)(a) van die
Wet op Openbare Veiligheid/
4
Veiligheid, 1953 (Wet 3 van 1953, hierna kortweg "die
Wet" genoem) uitgevaardig. Die Staatspresident het sowat ses
maande
tevore, op 12 Junie 1986, ingevolge die bepalings van art.
2(1) van die Wet verklaar dat daar 'n noodtoestand in die land
bestaan,
en op dieselfde datum het hy ingevolge die bepalings van
art. 3(1)(a) van die Wet in Proklamasie R109 van 1986 regulasies
uitgevaardig
wat daarop gerig was om die noodtoestand te bekamp. Wat
Proklamasie R224 van 1986 betref, kan kortliks gesê word dat dit met
betrekking
tot sekere aangeleenthede allerlei beperkings op die
nuusmedia geplaas het.
Proklamasie R224 van 1986 is, soos hierbo gesê, op 11
Desember 1986 uitgevaardig. Twaalf dae later, op
23/
5
23 Desember 1986, het die respondente aan die appellante
kennis gegee dat hulle op 6 Januarie 1987 aansoek sou doen om die
nietigverklaring
van die regulasies, of van sommige van hulle. Die
aansoek van die eerste respondent is vergesel van 'n beëdigde
verklaring van
Curnick Ndlhovu, die eerste respondent se uitvoerende
voorsitter, en diê
van die tweede respondent (Release Mandela Campaign)
deur 'n beëdigde verklaring van ene Aubrey Mokoena.
Daarop het beantwoordende beëdigde verklarings van die
eerste, die derde en die vierde appellante gevolg, en, daarna,
repliserende
verklarings van gemelde Curnick en Mokoena. Dit het
alles in Januarie 1987 gebeur.
Die aansoek is op 3 April 1987 verhoor. In die
respondente
se/
6
se verklarings word gesê dat hulle die hof by wyse van
'n dringende aansoek nader omdat hulle albei verskeie publikasies,
wat onder
hul eie lede en ook lede van die publiek versprei word,
uitgee; dat die uitgee en verspreiding van dié publikasies deur die
regulasies
belemmer sal word, en dat derhalwe so gou moontlik
uitsluitsel oor die vraag van die geldigheid van die regulasies
verkry moet
word.
Die respondente se hoofbede was dat die hof al die
regulasies in Proklamasie R224 van 1986 ongeldig moet verklaar. In
die alternatief
is gevra dat die hof die volgende regulasies ongeldig
moet verklaar, nl. (i) reg. 3(1); (ii) reg. 4(1); (iii) reg. 5;
(iv).reg.
7(v)/
7
7; (v) die omskrywing van "veiligheidsoptrede"
("security action") in reg. 1(1), alternatiewelik paragraaf
(e)
van dié omskrywing; (vi) die omskrywing van "ondermynende
verklaring" ("subversive statement") in reg. 1(1),
alternatiewelik paragrawe (a)(iii), (a)(v), (a)(vi), (a) (vii),
(a)(viii), (a)(ix) en (b) van dié omskrywing;
en, ten slotte, reg. 1(2). In hulle beëdigde
verklarings sê die respondente dat die regulasies om drie redes
ongeldig is, t.w.:
"Firstly, they contain provisions which are ultra
vires because they could never have been
contemplated by the enabling legislation. Secondly, they
contain provisions which are
void for vagueness in that no reasonably ascertainable
meaning can be given to them.
Thirdly, they purport to confer upon officials such wide
discretion as in effect to make such officials take the position of a
legislator
without/
8
without giving to the officials concerned any directions
or guidelines as to how they should exercise their delegated powers."
In die verklarings word daar ook in die geval van elk
van die regulasies waarteen beswaar gemaak word, gesê op welke
grond, of
gronde, dit aangeval word. Die hof a quo het, soos reeds
gesê, verskeie van die regulasies wat deur die respondente aangeval
is,
nietig verklaar: sommige op grond van vaagheid, en ander op grond
daarvan dat die Staatspresident by die uitvaardiging daarvan ultra
vires gehandel het, d.w.s. dat hy die bevoegdhede wat deur art. 3 van
die Wet aan hom verleen word, oorskry het. Besonderhede van
die
betrokke regulasies en die hof se bevindinge daaromtrent
sal/
9
sal blyk uit wat hieronder gesê word.
Ek behandel eerste die appèl teen die bevinding dat
sekere regulasies ultra vires is. Die regulasies wat op hierdie grond
ongeldig
verklaar is, is die omskrywing van "ondermynende
verklaring" in paragrawe (a)(vi) en (a)(ix) van reg. 1(1), asook
'n
gedeelte van regulasie 3(1)(c).
Die gemelde
paragrawe (a)(vi) en (a)(ix) lui soos volg:
"1(1) In hierdie regulasies, tensy uit die samehang
anders blyk, beteken -
'ondermynende verklaring' 'n verklaring -
(a) waarin lede van die publiek aangehits of aangemoedig
word of wat daarop bereken is om die uitwerking
te/
10
te hê om lede van die publiek aan te
hits of aan te moedig -
(vi) om 'n beperkte byeenkoms by te woon of om daaraan
deel te neem;
(ix) om 'n ander handeling of versuim te begaan wat deur
die Kommissaris by kennisgewing in die Staatskoerant geïdentifiseer
is
as 'n handeling of versuim wat die uitwerking het om die
veiligheid van die publiek of die handhawing van die openbare orde te
bedreig of die beëindiging van die noodtoestand te vertraag."
Die "Kommissaris" na wie daar
in paragraaf (a)(ix) verwys word, is die Kommissaris van die
Suid-Afrikaanse Polisie, en
die verwysing na "'n ander handeling
of versuim"
is 'n verwysing na ander handelinge en versuime as dié
wat in par. (a)(i) tot (viii) genoem word. Die begrip
"beperkte/
11
"beperkte byeenkoms" waarna daar in par.
(a)(vi) verwys word, word in reg. 1(1) soos volg omskryf, t.w. -
"enige byeenkoms ten opsigte waarvan 'n voorwaarde
kragtens artikel 46(1)(ii) van die Wet op Binnelandse Veiligheid,
1982 (Wet
74 van 1982) bepaal is of ten opsigte waarvan 'n
voorwaarde, verbod of vereiste kragtens regulasie 7(l)(bB) van die
Veiligheidsregulasies
opgelê of van krag is."
Art. 46(1)(ii) van die Wet op Binnelandse Veiligheid,
1982 waarna daar in die bogemelde omskrywing van "beperkte
byeenkoms"
verwys word, bepaal dat wanneer 'n landdros
rede het om te vrees dat die openbare rus deur 'n
byeenkoms ernstig in gevaar gebring sal word, kan hy -
"gelas dat daardie bepaalde byeenkoms of enige
ander byeenkoms met dieselfde doel, slegs gehou mag word
ooreenkomstig die voorwaardes
wat hy in die betrokke lasgewing
bepaal, met inbegrip, in die geval van 'n byeenkoms wat die vorm van
'n optog aanneem, en sonder
om afbreuk te doen
aan/
12
aan die algemeenheid van die voorafgaande bepalings van
hierdie paragraaf, van voorwaardes waarby -
(aa) die roete voorgeskryf word wat deur die betrokke
optog gevolg moet word;
(bb) die optog of enigiemand wat deel daarvan uitmaak,
verbied word om enige plek in die lasgewing vermeld, binne te gaan;
(cc) daar van persone wat die optog uitmaak, vereis word
om in voertuie te reis".
Reg. 7(1)(bB) van die Veiligheidsregulasies (d.w.s. die
regulasies afgekondig deur Proklamasie R109 van 12 Junie 1986, soos
gewysig
deur Proklamasie R225 van 1986)
magtig die Kommissaris van Polisie om bevele uit te reik
-
"(i) wat verbied dat 'n bepaalde byeenkoms, of
enige byeenkoms van 'n bepaalde aard,
klas of soort, in 'n gebied in die bevel vermeld, gehou
word behalwe ooreenkomstig
voorwaardes insgelyks vermeld, watter voorwaardes
voorwaardes kan insluit
wat/
13
wat die Kommissaris se voorafverkreë goedkeuring vir
die tyd, datum en plek van die byeenkoms vereis, wat die ure van die
dag of
die dae van die week voorskryf waartydens die byeenkoms mag
plaasvind of nie mag plaasvind nie, wat 'n beperking plaas op die
getal
persone wat die byeenkoms mag bywoon en wat 'n verbod plaas op
persone wat nie tot 'n vermelde kategorie persone behoort nie om
toesprake by die byeenkoms te hou;
(ii) wat persone verbied om handelinge in die bevel
vermeld by 'n byeenkoms in subparagraaf
(i) bedoel, te verrig of om so 'n byeenkoms ten opsigte
waarvan 'n voorwaarde in die bevel vermeld nie aan voldoen is of word
nie,
by te woon of daarby aanwesig te bly;
(iii) wat, in die geval van so 'n byeenkoms wat die vorm
van 'n optog of begrafnisstoet
aanneem, vereis dat die optog of begrafnisstoet nie
langs 'n ander roete mag beweeg as die roete deur die Komkissaris
bepaal nie
of dat die persone wat die optog of begrafnisstoet uitmaak
slegs in voertuie mag beweeg;".
Ek/.....
14
Ek haal vervolgens reg. 3(1)(c) aan en onderstreep
daarin die woorde wat die hof a quo
bevind het ultra vires te wees:
"3.(1) Behoudens subregulasie (4) mag geen persoon
enige publikasie, televisie-opname,
rolprentopname of klankopname publiseer of laat
publiseer nie wat nuus of kommentaar
bevat oor of in verband met
(c) enige beperkte byeenkoms, in
soverre sodanige nuus of kommentaar die tyd, datum, plek of doel van
die byeenkoms te eniger tyd
voordat die byeenkoms plaasvind,
openbaar, of 'n relaas gee van 'n toespraak, verklaring of uitlating
van enige spreker wat by
die byeenkoms in stryd met 'n voorwaarde,
verbod of vereiste bepaal of opgelê kragtens 'n wet vermeld in die
omskrywing van 'beperkte
byeenkoms'
opgetree het."
Reg/
15
Reg. 5, hierbo genoem, wat op die maak en publisering
van ondermynende verklarings betrekking het,
lui soos volg:
"5. Geen persoon mag -
(a) 'h ondermynende verklaring hetsy mondeling of
skriftelik maak of laat maak nie;
(b) 'n publikasie voortbring of laat voortbring waarin
'n ondermynende verklaring verskyn nie;
(c) 'n televisie-, rolprent- of klankopname maak of laat
maak waarin 'n ondermynende
verklaring opgeneem is nie;
(d) 'n publikasie of 'n televisie-, rolprentof
klankopname wat 'n ondermynende verklaring
bevat, publiseer of laat publiseer of in die Republiek
invoer of laat invoer nie."
Met sy bevinding dat par. (a)(vi) van reg.
1(1) en die hierbo aangeduide gedeelte van reg.
3(1)(c), ultra vires is, het die hof a quo soos volg
geredeneer/
16
geredeneer (op 325 G - 326 van die hofverslag):
"It is clear from a reading of these provisions
that a restricted gathering as defined in the regulations includes a
gathering
which people may lawfully attend or in which people may
lawfully take part, provided only that they do so in accordance with
the
conditions imposed. It is the contention of the applicants that
subpara (a)(vi) of the definition read
together with reg 5 is so widely formulated that it goes
beyond what Parliament could
possibly have contemplated when enacting the empowering
section. We are in agreement with the submission. There is no
conceivable
object related to the purposes set forth in s
3(1)(a) of the Act which could be served by prohibiting
the incitement or encouragement of people to attend or to take part
in gatherings
which they may lawfully attend or in which they may
lawfully take part. The suggestion of the respondents that to incite
or to
encourage them to do so might lead them to breach the
conditions imposed is neither logically justifiable nor a matter of
which
we could take judicial cognisance.
In the premises we are satisfied that subpara (a)(vi) of
the definition of 'subversive
statement' is ultra vires and consequently void."
En/....
16(a)
En ook:
"Regulation 3(1)(c) prohibits the publishing of a
publication, or of a television, film or
sound recording which contains news or comment on or in
connection with any restricted gathering. The prohibition is limited
however
to two things. The first is that the prohibition is limited
to news or comment which discloses at any time before the gathering
takes place, the time, date, definition of 'restricted gathering' it
is plain that the gathering concerned it not one prohibited
by law,
but that it is a lawful gathering in respect of which a condition,
prohibition or requirement is imposed either in terms
of
s 46(1)(ii) of the Internal Security Act or under reg
7(1)(bB) of the security regulations.
For the same reasons which we dealt with supra in
connection with para (a)(ix) of the definition of 'subversive
statement' we hold
the view that the first part of the prohibition is
void:
It could never have been contemplated in s (3) (1)(a) of
the Act that the advertising of the
holding of a lawful meeting be limited to advertising
orally (either directly by word of mouth, or by telephone), and that
all other
forms of advertising (see the definitions of
'publish', 'publication', 'television recording', 'film
recording', and 'sound recording') be
nrohibited."
17
(Kyk bl 331 F-I van die hofverslag.) Ek kan met hierdie
siening van die saak nie saamstem nie. Dit is wel waar, soos die hof
a quo
sê, dat 'n beperkte byeenkoms 'n wettige byeenkoms is indien,
en vir solank as wat, daar gehou word by die voorwaarde(s) wat in
verband daarmee opgelê is, maar dit bring nie mee dat die
Staatspresident nie kan bepaal -soos hy in regulasie 3(l)(p) gedoen
het - dat geen nuus of kommentaar deur middel van "enige
publikasie, televisieopname, rolprentopname of klankopname"
oor
die tyd, datum, plek of doel van 'n byeenkoms wat gaan plaasvind,
gepubliseer mag word nie. Die Wet gee aan die Staatspresident
die
bevoegdheid om, wanneer hy 'n noodtoestand verklaar het, sodanige
regulasies uit te vaardig as wat hy nodig of raadsaam ag
"om
voorsiening te maak vir die veiligheid
van/
18
van die publiek of die handhawing van die openbare orde,
en om voldoende voorsiening te maak vir die beëindiging van so 'n
noodtoestand,
of om te handel met omstandighede
wat na sy oordeel as gevolg van so 'n noodtoestand
ontstaan het of waarskynlik sal ontstaan", en dit laat dit aan
hom oor om
te besluit oor die metode(s) wat hy ter bereiking van die
gemelde doeleindes wil volg. (Kyk State President and Others v.
Tsenoli
1986(4) SA 1150(A) op 1182 B-F.) Die Wet magtig hom om,
behalwe soos in die Wet bepaal, regulasies uit te vaardig wat teen
bestaande
wette indruis indien dit na sy oordeel nodig of raadsaam is
om dit te doen om die doeleindes wat in art.3(l)(a) genoem word, te
bereik. Die hof a quo fouteer derhalwe om te dink dat die feit dat 'n
byeenkoms deur 'n landdros of die Kommissaris
van/
19
van Polisie toegelaat word indien daar aan sekere
voorwaardes voldoen word, tot gevolg het dat die Staatspresident nie
'n regulasie
mag maak wat enigsins op so 'n byeenkoms inbreuk kan
maak nie. Die hof a quo sê ook, soos hierbo vermeld, "There is
no conceivable
object related to the purposes set forth in s 3(1)(a)
of the Act which could be
served by prohibiting the incitement or encouragement of
people to attend or to take part in gatherings which they may
lawfully
attend or in which they may lawfully take part." As ek
dit reg verstaan, gee die hof hier te kenne dat daar geen denkbare
wyse is waarop die gedeelte van reg. 3(1)(c) wat ek hierbo
onderstreep het; kan dien om enige van die doeleindes wat in art.
3(1)(a)
van die Wet genome word, te bereik nie,en dat die
Staatspresident derhalwe
met/
20
met die uitvaardiging daarvan die bevoegdhede wat deur
art. 3(1)(a) van die Wet aan hom verleen word, oorskry het.
Ek stem nie met hierdie siening van die
aangeleentheid saam nie. Dit is na my mening nie moeilik om in te
sien waarom die Staatspresident
dit nodig of raadsaam sou geag het
dat daar nie wye publisiteit van die aard wat in reg. 3(1) genoem
word aan 'n byeenkoms gegee
moet word nie, al is dit 'n byeenkoms
wat, hoewel onderhewig aan sekere voorwaardes,
wettig is. Neem bv. 'n geleentheid soos die begrafnis
van iemand wat gedood is in 'n onlussituasie in omstandighede wat
gevoelens
gaande gemaak het. Ons weet o.a. uit sake wat in die howe
onder ons aandag kom dat by sulke geleenthede gemoedere soms so hoog
loop dat dit op onrus, en selfs op saakbeskadiging en geweldpleging,
uitloop.
Die hof a quo sê (op bl. 331 I van die hofverslag)
21
dat "it could never have been contemplated in s.
3(1)(a) of the Act that the advertising of the holding of a lawful
meeting
be limited to advertising orally (either directly by word or
mouth, or by telephone) and that all other forms of advertising (see
the definitions of 'publish'. , 'publication', 'television', 'film
recording', and 'sound recording') be prohibited." Die
relevante
vraag is of die Staatspresident, in die uitoefening van aie
bevoegdheid wat in art. 3(l)(a) van die Wet aan hom gegee
word,dit
nodig of raadsaam ag om die onderhawige regulasie uit te vaardig, en
ek vind.dit moeilik om te begryp waarom
gemeen word dat hy in die uitoefening van daardie
bevoegdhede nie sou kon besluit het om te onderskei tussen die
mondelinge adverteer
van 'n byeenkoms en die bekendmaking/
22
making daarvan deur die metodes wat in reg. 3(1) genome
word nie. Neem weer die geval van 'n begrafnis, soos hierbo genoem,
as voorbeeld.
Dit is logies om te verwag dat die bekendmaking daarvan
deur die metodes in reg. 3(1) genoem meer mense daarheen sal lok as
die
mondelinge bekendmaking daarvan deur een persoon aan 'n ander, en
indien aanvaar word - soos ek meen dit redelik is om te doen -
dat
die kanse op onrus groter is in die geval van 'n groot skare as 'n
kleiner skare, is dit goed te verstaan waarom die Staatspresident
sou
kon besluit het om die bekendmaking van byeenkomste op die wyses wat
in reg. 3(1) genoem word, te verbied, en nie die bekendmaking
daarvan
deur mondelinge mededeling nie. (Hier kan kortliks bygevoeg word dat
in die getuienis wat die appellante voor
die/
23
die hof a quo wou lê maar wat deur die hof uitgesluit
is (kyk 305 G-306 G van die hofverslag), daar in heelwat besonderhede
aangedui
word waarom beperkings op die wye
bekendmaking van beperkte byeenkomste nodig geag is.
Kennisname van hierdie getuienis sou aan die hof a quo
getoon het dat sy stelling dat "There is no conceivable object
related
to the purposes set forth in s 3(1)(a) of the Act which could
be served by prohibiting the incitement or encouragement of people
to
attend or to take part in gatherings which they may lawfully attend
or in which they may lawfully take part"; nie geregverdig
was
nie.)
Ek meen dus dat die hof a quo fouteer het toe dit die
omskrywing van "ondermynende verklaring" in par. (a)(vi)
van reg.
1(1) en die hierbo aangeduide gedeelte van reg. 3
24
3(1)(c) as ultra vires die Staatspresident, en dus
nietig, verklaar het.
Ek behandel vervolgens die appel teen die bevinding van
die hof a quo dat die omskrywing van "ondermynende verklaring"
in par. (a)(ix) van reg. l(l) nietig is omdat die Staatspresident by
die uitvaardiging daarvan ultra vires gehandel het. Die paragraaf
is
hierbo Ãngela en die hof se bespreking van die aangeleentheid
verskyn op 326 E - 328 H van die hofverslag.
Die
hof het die betoog van die respondente aanvaar dat par.
(a)(ix)
ongeldig is omdat die Staatspresident daarin aan die
Kommissaris van Polisie die bevoegdheid delegeer om handelinge of
versuime
aan te wys sonder om riglyne aan
te/
25
te dui waarvolgens hy die gedelegeerde bevoegdheid moet
uitoefen. So 'n delegasie, het die hof bevind, kon nooit deur die
Parlement
bedoel gewees het toe dit art. 3(1)(a) van die Wet
aangeneem het nie. (Kyk 326 E-H van die hofverslag.)
Die hof a quo begin sy bespreking van paragraaf (a)(ix)
deur te sê dat art. 3(1)(a) van die Wet die bevoegdheid van die
Staatspresident
om regulasies te maak, beperk tot regulasies wat hy
nodig of raadsaam ag om die doeleindes wat in dié artikel genoem
word, te
bereik. Dan gaan die hof voort om te sê (op 326 H-J):
"Section/
26
"Section 3(1)(a) of the Act limits the powers of
the State President to the making of regulations which appear to him
to be
necessary or expedient for the purposes stated in the section.
Section 3(2)(a)(i) authorises, without prejudice to the
generality of the powers conferred by the section, the making of
regulations
which empower specified persons to make orders, rules,
and by-laws for any of the purposes for which the State President is
by
s 3(1)(a) authorized to make regulations. This delegated power
could never have been intended to exceed the powers conferred upon
the State President himself. In particular, it could never have been
intended that the State President be authorized to empower
others to
make orders regulating matters which do not appear to the State
President to be necessary or expedient for the stated
purposes."
Die siening van die hof blyk voorts,
kort gestel, die volgende te wees: die bevoegdheid wat aan die
Kommissaris gedelegeer is, laat
hom toe om onafhanlik van die
Staatspresident op te tree; hy hoef dus nie vas te stel of sy
aanwysing van handelinge en versuime
(soos in par.
(a)/
27
(a)(ix) bedoel) ooreenstem met die siening van die
Staatspresident oor die betrokke aangeleenthede nie; daar is geen
riglyne neergelê
waarvolgens die Kommissaris by die uitoefening van
sy bevoegdheid moet optree nie; hy is derhalwe gemagtig om
verbiedinge uit te
vaardig ("empowered to promulgate
prohibitions" - 328 A-B) wat nie net kan verskil van die mening
wat die Staatspresident
huldig oor wat nodig is om die doeleindes wat
in art. 3(1)(a) van die Wet genoem word, te bereik nie, maar wat ook
buite die perke
("limits") van die Wet kan gaan. Gevolglik,
aldus die hof, is die delegasie ultra vires.
"It comprises", sê die hof(328 B-C), "a
delegation of a discretion which must, in terms of the statute, be
exercised
by the State President himself, and which he is
not/